17
(Opgedateer 13/09/2017) AANWENDINGSINSTRUKSIES

APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

(Opgedateer 13/09/2017)AANWENDINGSINSTRUKSIES

Page 2: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

AGTERGROND

Pool Solutions bied ‘n gespesialiseerde swembad epoksieverf in verskeie kleure. ‘n Goeie doelgerigte epoksie presteer goed teen algbesmetting wanneer aangewend op marmersement, veselglas, sementpleister of konkruit. Kwaliteite van ons tweeledige epoksieverfsisteem is die hoë verbindingskrag met genoemde oppervlaktes, bestandheid teen chloor en suur wanneer HTH produkte en gewone swembadsuur teen aanbevole toedienings gebruik word. (Sien notas onder Belangrike Nasorg (bladsy 7) waar produkte gelys word wat al gerapporteer is dat dit die produk kan vlek.) _____________________________________________________________________________________BELANGRIK

Deur die PH-gehalte, chloor, alkaliniteit en kalsium hardheid vlakke reg te hou, sal die produk se lewensduurte verleng word. Laat u swembadwater deeglik toets na watertoevoeging om enige wanbelanse reg te stel. Laat toets spesifiek ook vir Kalsium Hardheid (“Total Harness” of “Calcium Hardness”) en Alkaliniteit. Indien dié lesings te laag is kan dit die produk laat verpoeier en sal die verflaag vinnig uitdun. Maak seker dat Kalsium vlakke tussen 350-500 ppm, Alkaliniteit 100-150ppm en pH 7.2-7.6 gestel word. Vir waarborgdoeleindes sien die laaste bladsye 7, 9 en 10 van hierdie dokument.______________________________________________________________________________________*Nota vir veselglas swembaddens: Alhoewel die aanwysings die proses vir marmersement swembaddens verduidelik, kan die produk ook op veselglas aangewend word. Ignoreer die punte wat verwys na die herstel en skoonmaak van mosaiek teëls en die herstel van sement oppervlaktes. Veselglas oppervlaktes moet egter nie gekraak wees nie en die oppervlakte moet solied en stewig wees. Skuur veselglas met die hand en P60 skuurpapier deeglik voor aanwending van die onderlaagepoksie.Aanlyn hulp videos is beskikbaar hier : http://www.poolsolutions.co.za/diy.html

NB: MOENIE DIE PRODUKTE VERDUN MET WATER, OF ENIGE VERFVERDUNNERS NIE(Enige verdunning van die produk sal die kwaliteit en mengverhouding versteur met onvoorspelbare resultate)

KORT OORSIG

Daar is twee metodes van aanwending wat gevolg kan word:

Lang Metode (4-5 dae)

Indien u alleen werk of min ekstra helpers gaan hê en ’n redelike groot swembad het, volg dan liewer die langer en veiliger 4-5 dae metode.

Dag 1: Voorbereiding van die oppervlakte en afskuur met P16 skuurskywe gemonteer op 230mm hoeksnyers en ‘n rugsteun rubberskyf. Skuur chemikalië en alge af. Krake, barste en lekkasies word herstel en opgevul. Opsioneel kan PCT56 gebruik word as vog-seëllaar om die oppervlakte te seël indien hoë watertafels rondom swembad is en op nuwe sement/konkruit strukture.Dag 2: wend ‘n versadigende onderlaag (primer) aan. Na +/-30-60min, terwyl die onderlaag steeds half-nat is, word die eerste bolaag aangewend vir ‘n chemiese “samesmelting”van die twee lae. (laat 2 ure tussen lae toe vir temperature onder 18ºC)Dag 3: Skuur volledig met skuurpapier orals om die waslagie “blushing” te verwyder en die glans te breek vir ‘n sterker meganiese verbinding tussen lae. Wend tweede bolaag aan. Laat oornag om te droog. Dag 4: Skuur die oppervlakte weer per hand. Die laaste dag word die finale bolaag aangewend. (4-5dae in totaal), 4-lae in totaal. Wag 3 dae voor water ingetap word, 7 dae tydens koue weersomstandighede. Nota: Onder 15ºC bedags, laat 1 dag tussen bolae toe vir droging.

Neem kennis: Ervare werkers kan in sekere gevalle dikker, eweredige lae aanwend sonder verfloop en kan al die bollaagproduk voorsien in twee lae aanwend. Indien al, of meeste van die bolaag produk voorsien vir ‘n spesifieke grootte swembad gebruik is vir die aanwending, sal die droë verflaag dikte binne verwagte spesifikasie wees (0.6mm -0.8mm).

Vinniger Metode (2-3 Dae)

Op warm somerdae kan ’n ervare nutsman met ’n paar helpers al 4 die epoksielae op een dag aanwend. Vir meer inligting oor dié metode, besoek www.poolsolutions.co.za/diy.html. Nota: Met temperature onder 20ºC bedags of vir ’n meer egalige afwerking met minder risiko van traanloop, volg die langer metode.

Dag 1: Voltooi stap 1 soos hierbo genoem vir langer metode om oppervlakte voor te berei.

1

Page 3: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

Dag 2: Voltooi stap 2 soos hierbo genoem. Wag ongeveer 60-90 min na applikasie van die 1ste bolaag. Terwul die eerste twee lae nog klam/nat is, wend ’n tweede bolaag (3de epoksielaag) aan met Mowhair rollers of enige korthaar rollergemerk vir “enamel paints” wat aan verlengingspale of teleskopiese pale gemonteer is. Loop rondom die swembad en wend die epoksie aan sonder om die swembad te betree. Alternatiewelik kan die taak makliker verrig word deur met verf spykerskoene die swembad te betree. ‘n Paar verwers sal dalk benodig word om die taak te voltooi voordat die gemengde epoksie hard word (30-45 minute). Laat een persoon bystaan om verf te meng en die verwers se emmertjies te vul soos benodig.Wag weer ongeveer 60-90 min en wend die laaste bolaag (4de laag epoksie) aan op dieselfde wyse. ’n Verwer met ’n kwas moet terselfdertyd terwyl ander die bo-lae aanwend, insny teen die onderkant van die mosaiek teëls.

____________________________________________________________________________________VOLLEDIGE INSTRUKSIES VIR LANGER METODE

___________________________________________________________________________________INSPEKSIE VAN SWEMBAD OPPERVLAKTE

Die eposksiebedekking is hoofssaaklik bedoel as ‘n dekoratiewe opknappingslaag wat die voorkoms sal verbeter en en onderhoud van die swembad sal vergemaklik. Die epoksielaag sal nie die struktuur as sodanig versterk, kraking voorkom of noodwendig lekkasieprobleme oplos nie. Vryf en tik die pleisterwerk om seker te maak dat dit nie sanderig is of losbreek nie. Veseglas belyings moet moet ook nog struktureel in goeie toestand wees, krake of blase moet eers herstel word met ‘n veselglas herstel stel.

Op gepleisterde (marblite, gunnite of sement) oppervlaktes, let op vir nat kolle wat van buite die swembad af deurslaan agv poreusheid of krake in die konkruitwande. Moenie die eposkieverf aanwend oor nat kolle nie. Nat kolle kan gedreineer word deur ‘n gat deur die wand te boor of die marblite pleister oop te sny met ‘n hoeksnyer. Laat dan staan todat heeltemal gedreineer en droog is, dit kan ‘n paar dae neem. In sekere gevalle kan konstante water invloei gestop word deur ander produkte te gebruik soos o.a beskibaar hier: www.hydrosealant.co.za

Ondersoek die swembadoppervlakte vir osmose druk van buite

Op ‘n klein persentasie van swembaddens mag konstante watervloei van buite af voorkom (osmose water druk) wat klein blasies in die verflaag kan laat onstaan later. Vir meer inligting sien gerus ons aanlyn videos hier: www.poolsolutions.co.za/diy.html .

Om dit te voorkom toets vir die toestand deur ‘n 5cm x 5cm blok oop te sny deur die dikte van pleisterwerk met ‘n klein hoeksnyer. Sny ‘n paar kruislyne en kap die pleisterwerk uit binne hierdie klein area (1-2cm diepte) todat konkruit laag gesien kan word. Doen verkieslik op die vertikale kant van die trappies en ook in die diepkant op die vloer. Toets met vingers om te voel vir vogtigheid. Indien vog teenwoordig is, behandel die swembadoppervlakte met PCT56 waterblokmiddel n dag voodat met eposkieverf begin word. PCT56 is beskikbaar vanaf Pool Solutions en sommige hardewarewinkels. Die dekkingsvermoë van PCT56 is 7-8m²/L. PCT56 kan aangesproei word deur gewone huishoudelike spreibottel of insekdoder pompspreier of rollers. Skuur die oppervlakte ligweg die volgende dag met P60 of P80 skuurpapier voor epoksieverf aanwending. Inspeksiegate kan weer toegestop word met Underwater Pool Patching, sementpleister of marblite. Vir meer inligting oor PCT56 doen ‘n internet soek met “PCT56” as soekterm.

Nuwe gepleisterde swembaddens

Nuwe swembaddens wat met steenmure opgerig word of enige nuwe swembad wat met gewone sementpleister afgewerk is, is dit ‘n defnitiewe aanbeveling om die PCT56 behandeling toe te pas. Indien gewone pleistersement gebruik word vir afwerking met die oog op ‘n epoksieverf aanwending, voeg ‘n goeie vebindingselement by die pleisterwater soos bv Sika 1.

Nuwe marbelite oppervlaktes moet nie dadelik met ‘n epoksieverf oordek word nie maar eerder vir ‘n tydeperk van 6 maande in gebruik geneem word om die vrystelling van dioksiedgas toe te laat om te ontsnap uit die struktuur.

BELANGRIKE NOTAS en VOORBEREIDING VAN OPPERVLAKTE

Die voorbereiding van die oppervlakte is ‘n belangrike deel van die proses en moet deeglik gedoen word. Enige vuilheid en/of klammigheid tydens aanwending van die produk sal ‘n nadelige invloed hê op die prestasie van die produk. Moenie die swembad met suur was voor aanwending van die epoksie nie. Indien die swembad wel met suur gewas is voor aanwending van die epoksie, was alle suur tweekeer af met ‘n neutraliseerder soos industriële koeksoda. Gebruik spatkwaste vir aanwending van die neutraliseerder en was/skrop die swembad goed uit met ‘n drukspuit en water.

1. Pomp swembad leeg. Elektries- sowel as petrolpompe kan gehuur word by enige gereedskap-verhuringsmaatskappy soos Tallisman, Toolhire, Hire Quip ens. Gebruik lang uitlaat afleipyp tot indie straat en laat uitloop na die stormwater dreins, verkieslik nie in die kompleks of huis se munisipale dreins nie.

2

Page 4: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

2. Was teëls met iKleen7 (onverdund), beskikbaar van Pool Solutions. Dit is nie-giftig, nie-skadelik op die vel. Wend aan met spuitkannetjie en los om te week vir 10 minute. Was en skrop teëls met growwe skuursponse en water. Sien http://www.poolsolutions.co.za/iKLeen7.html vir meer inligting oor die produk.

3. Vir dik kalsium aangepakte teëls, gebruik ‘n “Wire Wheel 50 x 12” of “Flapwheel Sander 60 x 40mm paint remover disc”, ( ‘n “Disc Sanding 115mm Flap 80” kan gebruik word). Bogenoemde word op hoeksnyer (angle grinder) of boormasjien gebruik om erg aangepakte teëls effektief mee te skoon te skuur. Sowat 2 tot 3 van hierdie skywe sal benodig word vir die teëlwerk in normale grootte swembaddens (Builders Warehouse). Toets eers deur een teël te skuur om te bepaal of dit nie die teëls gaan krap of brand nie.

NB! Na gebruik van sterk chemikalië, was en skrop die teëls met seep en water. Chemikalië soos suur wat agterbly in die oppervlakte kan die nuut-aangewende epoksielaag geel vlek.

4. Klop die hele swembad om seker te maak dat daar nie los sement is wat later kan losbreek nie. Hol klanke is aanvaarbaar indien die pleisterwerk nog dik en solied is, nie losbreek of tekens wys van kraking nie.

5. Kap los gedeeltes uit en herstel. Gebruik Underwater Pool Patching (Cemcrtete produk) vir beperkte opvulwerk. Ook beskikbaar vanaf Pool Solutions. Meng die Pool Patch sementpoeier met water om ’n pasta te vorm. Wend aan met ’n vulmes “putty knife”. Skuur glad en gelyk met res van die oppervlakte na droging. Underwater Pool Patch droog binne enkele ure. ‘n Warmlugblaser kan gebruik word om droogtyd te versnel.

6. Groter areas pleisterwerk kan met gewone pleistersement opgevul word. Voeg verbinder in die pleisterwater soos Sika 1 (10:1 verhouding).

7. Skuur die hele swembad met P16 “fibre discs” gemonteer op‘n 180mm rubber stutskyf en 230mm hoeksnyer (angle grinder) toegerus met ’n M14 Flexidisk buigbare rubber stutskyf (P16 fibre discs en M14 Stutsky is beskibaar vanaf Pool Solutions, P16 skywe vanaf Lucas Abrasives is die beste tiepe) todat alle los alge, pleistersement en vuilheid verwyder is. Swart alge is dooie alge wat gefossilleer het, dit is hard en solied en sal nie die verflaag kompromeer nie en hoef dus nie in totaliteit uitgeskuur te word nie. Die hoofdoel met die skuurwrk is om los materiaal, groen alge en aanpaksel te verwyder.

8. Alternatiewelik indien die swembad ‘n harde soliede oppervlakte het, kan gebruik gemaak word van ‘n hoë-drukwasser (high-pressure washer) met ten minste 200KPa druk om die wande voor te berei. Die hoëdrukwasser toegerus met ‘n draai-spuitpunt “rotating-pencil-nozzle” werk die beste. Doen navraag by u plaaslike toerustingverhuringswinkel. Was die swembadwande ten minste tweemaal volledig en orals met die hoëdrukwasser op ‘n afstand van 4-6cm vanaf die wand. Indien die mamersement holtes vorm of stukke uitgespuit word, werk liewer met die skuurskywe soos beskryf.

9. Na skuurwerk, vee swembad uit met besem, verwyder stof met handgrafie. Vee oppervlakte af met klam lap.10. Indien nat kolle opgemerk word agv water wat van buite af deursypel, kan dit gedreineer word deur gate deur

die wand te boor waar nat kolle voorkom. Andersinds kan hierdie poreuse marmersement gedeeltes uitgekap word en hervul word met Underwater Pool Patching. Indien waterdruk van buite vermoed word, seël die hele swembad eers met PCT56 (vanaf Pool Solutions of sommige hardeware winkels). Dit sal help om die vorming van balse in die verf te voorkom agv waterdruk van buite die swembadwande.

11. Verwyder water uit die “Weir” en blaas ook hard in die inspuitgate om water uit die pype te kry.

WENK: Om seker te maak daar nie water uitdrup op die nat epoksie nie, skroef die tuitringe af van die swembad spuitinlaatpunte. Maak ’n “prop” deur ‘n lap binne in ’n plastieksakkie te druk, smeer silikon verseëllaar rondom die plastieksakkie en prop binne-in die uitlate. Alternatiewelik span gewone opblaasbalonne om die spuitpunte om die water in die balonne op te vang. Hou ’n oog op die balonne wat mag opvul.

12 Nuwe gepleisterde swembaddens (of konkruit): Die oppervlakte moet hard en solied wees. Vir sementpleister kan Sika1 of ander verbinder by die water gevoeg wanneer die sement gemeng word om die sement goed te laat bind en seël. Poreuse of stowwerige sement kan later saam met die epoksielaag loskom. Laat nuwe konkruit en sement swembaddens genoeg tyd toe om te droog voordat die swembad met epoksie bedek word, gewoonlik 28 dae volgens industriestandaard, of toets volgens onderstaande metode.

13 Op nuwe sementpleister toets die voginhoud van die nuwe sement oppervlakte deur ‘n deurskynende plastiekvel (1m x 1m) op die bodem van die swembad te plaas in die son. Gebruik maskeerband om die kante van plastiekvel vas te plak en ventolasie onder die plastiek te verhoed. Indien geen vogdruppels of nat kolle in die sement aan die onderkant van die pastiek gevorm het na 2 dae nie, is die oppervlakte normaalweg gereed om geverf te word.

14 Verf met n kwas in tot teen die teëllyn. Moenie oor die teëls of tussen die klein teëltjies probeer verf nie. Gebruik ‘n medium-grootte kwas waar nodig om fyner verfwerk te doen teen die teëls en in skerp hoeke. Verf relatief vinnig terwyl die epoksieverf nog goed nat is om te voorkom dat die rollers vesels begin afgee. Gebruik MOWHAIR rollers om die epoksie aan te verf op die res van die oppervlakte. Korthaar rollers gemerk vir emal verwe moet gebruik word. Skaapvel rollers is nie geskik om die dik tiepe verf aan te wend nie en is geneig om deeltjies agter te laat. Koop genoeg roller vervanigings sodat nuwe rollers vir elke laag gebruik kan word. Gebruik een handvatsel en vervang net die rollers elke keer. Ervare verwers kan met die rollers teen die teëlrante verf sonder die gebruik van maskeerband afskerming. Maskeerband, indien gebruik, moet onmiddelik na aanwending van elke laag verwyder word.

3

Page 5: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

15 Die produk se stoltyd in die emmer wissel tussen 15 minute (baie warm dae) en 60 minute (koue dae). Hoe hoër die temperatuur, hoe korter die stoltyd nadat A en B komponente saamgevoeg is. Kry ‘n helper om te help met die kwaswerk terwyl ‘n ander persoon die wande en vloer verf om sodoende tyd te bespaar. Hou al die produkte koel en in die skaduwee op warm dae om die stoltyd te verleng. NB! Meng slegs beperkte hoeveelhede (bv. 2L) op ‘n keer om seker te maak dat die hoeveelheid gemengde produk opgebruik word binne die stoltyd (potlife) van die gemengde produk, veral tydens warm weer. Ongemengde produkte kan in die skaduwee gehou word en kan self in ‘n groter houer met ys geplaas word om stoltyd te verleng vir toestande warmer as 32 grade Celsius. Verf vroeg in die oggend terwyl die oppervlaktes koeler is. Moet nie die verfemmers of panne op die warm oppervlakte neersit tydens aanwending nie. Dit sal die stoltyd drasties verkort of kan onmiddelike verdikking sneller.

16 Gedurende wintermaande onder 15ºC, moet die produkte verskaf weer liewer in die son gehou word vir effense verwarming om die mengproses, vloeibaarheid en aanwending te vergemaklik. Dit sal ook help dat aangewende lae gouer sal verhard.

17 Maak voorsiening vir ‘n plastiekvel “drop sheet” naby die trappe van die swembad waar in- en uitgeklim word. Verfskoene en handskoene moet altyd op die plastiekvel gelaat word wanneer die swembad verlaat word. Maak voorsiening vir “Methylated Spirits” (of Verf verdunner) en “Mutton Cloth” op plastiekvel, sodoende kan besmetting van plaveilsel en ander oppervlaktes dadelik verwyder word terwyl die produk nog nat is. Epoksie besmetting moet verwyder word voordat dit droog word.Werkers is geneig om met die een hand (wat heel moontlik vol epoksie is) te stut teen plaveiseloorhang of die teëls. Hou dus dop vir vatmerke teen die rante en op die teëlwerk._______________________________________________________________________________________

WAARSKUWING en VRYWARINGGebruik rubberhandskoene, waterskoene, filtermaskers met chemiese- en stoffilters en beskermbrille wanneer met chemikalië gewerk word. Die epoksie verf bevat verfverdunners en benzien alkohol wat nadelige damp inaseming kan veroorsaak in ongeventileerde areas. Vermy onnodige inaseming en kontak met die vel. Was kontaminasie op die vel af met Spiritus, warm water en seep so gou moontlik na kontaminasie. Oë kan beskerm word met ‘n beskermbril tydens meng en aanwending. Moenie eet, drink en toilet gebruik tydens aanwending nie, trek besmette klere uit, was en stort deeglik voor etenstye. Besmetting van die oë moet dadelike behandel word deur herhaaldelik met skoon water en/of melk uit te was. Raadpleeg ‘n geneesheer so gou moontlik.

Meeste vloeistof chemiklalië is vlambaar, vermy oop vuur en rokery naby die werkarea en stoorareas.

Nuut aangewende produk is glad selfs ook na verharding onder water. Wees versigtig. Teenglip glas partikels kan bygevoeg word in areas soos die trappies om ongelukke te help voorkom.

Vrywaring: Pool Solutions, die eienaars, werknemers en/of enige afiliale, is nie verantwoordelik in enige hoedanigheid vir enige ongelukke, beserings, gesondheidsprobleme of enige ander skade of eise wat mag voortspruit uit die stoor, gebruik en aanwending van enige van die produkte wat verskaf word nie._______________________________________________________________________________________

AANWENDING VAN ONDERLAAG (Primer)

Hou “Primer“ en “Topcoat“ produkte apart tydens projek om moontlike verwarring te voorkom.

Die onderlaag (Primer) word in twee komponente Primer-A en Primer-B verskaf wat gemeng moet word in die verhouding 3:1 per volume (nie gewig nie). Indien u voorsien is met “Wet-Smart Primer” op versoek, is die mengverhouding 3:2. (Wet-Smart Primer is duurder maar bied verhoogde bindkrag op vogtige oppervlaktes)Let asseblief op na die plakkers op die houers vir die korrekte komponente gemerk Primer A en Primer B

Voorbeeld (3:1) PRIMER-A PRIMER-B 1.5 l 0.5 l

Moet verkieslik nie meer as 2 liter meng per aanwender nie. Hou in gedagte dat die settyd 30 min of minder kan wees op warm dae en tot so min as 15min op baie warm dae. Indien produk verskaf is in kleiner verpakkings soos 4 liter stelle kan die inhoud van die B-komponent by die A komponent gegoi word en gemeng word vir twee aanwenders.

Wenk: Gebruik ou 500g margarine houers of 1L plastiek bottels wat in helfte deurgesny is om dele A en dele B komponente uit te skep/af te meet. Dit behoort ‘n gemaklike verfhoeveelheid te voorsien. Moenie ook nie te klein hoeveelhede probeer meng nie aangesien dit onakkurate mengsels kan veroorsaak wat verkleuring kan veroorsaak of selfs kan faal om te verhard. Vir baie klein mengsels, meet die hoeveelhede uit met 60ml inspuitings indien nodig.

4

Page 6: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

Meng die Primer-A komponent eers afsonderlik in emmer waarin voorsien is. Meet die twee komponente uit (A en B) voeg bymekaar in aparte mengemmer. Meng die saamgevoegde produk vir ongeveer 2 minute.1 Gebruik ’n elektriese boor toegerus met ’n verfmengpunt (beskikbaar by Pool Solutions of hardeware winkels)

teen medium spoed. Ronde stokke meng nie goed nie. Maak mengpunt skoon tussen mengsels om kruis-kontaminasie te voorkom tussen produkte.

2 Wend nou aan met MOWHAIR, Mock Mowhair of enige tiepe korthaar roller gemerk vir “Enamel Paints”. Wend een versadigende laag aan deur die hele swembad. Tiepiese verspreiding op ou marmersement is 14m²-18m² afhangende van poreusheid van oppervlakte. Nuwe sement pleister sal meer absorbeer.

3 Begin by die diepkant en verf die kante en bodem in die rigting van die vlakkant en die trappe laaste. Op baie groot swembaddens kan die Onderlaag en 1ste Bolaag soos in hierdie proses beskryf in aparte gedeeltes aangewend word op verskillende dae. Skuur vorige verharde lae voordat die volgende afdeling geverf word ter voorbereiding van die opvolgende lae en om binding te verseker waar oormekaar geverf word.

4 ‘n Goeie versadigende onderlaag moet aangewend word om die oppervlakte te help verseël. Na aanwending moet die nat,blink onderlaag orals sigbaar wees.

5 Hou elke 10 minute dop waar droë kolle dalk kan vorm. Versadig hierdie kolle weer goed. Kolle van verskillende skakerings (geel/bruin) mag voorkom, dit is normaal.

6 Begin vroegoggend sodat die eerste bolaag (Topcoat) aangewend kan word op dieselfde dag terwyl die onderlaag (Primer) nog klam/nat is.

7 Toets elke 10 minute in sonnige areas waar begin is deur met die vigers te voel. Sodra die onderlaag efens klewerig begin voel in sekere plekke is dit ;n teken dat daar voortgegaan moet word met die eerste bolaag (normaalweg binne 30-60 minute op warm dae, dit mag verleng na 120min op koue winterdae). Op groot swembadens op baie warm dae kan onmiddelik met bolaag aanwending begin word na voltooiing van die onderlaag.

8 Temperature het ’n hoë invloed op die droogtyd en stoltyd van epoksies. Onder normale warm toetstande sal die laag voelbaar droog wees na +/-3-4 ure en reënbestand wees. Droogword tye sal langer word soos temperatuur daal (bv. 12-18 uur gedurende wintermaande).

9 Bedek veral die boonste 500mm strook van die swembad en die trappies baie goed om ‘n sterk beskermingslaag te vorm teen vog en water wat van die tuin/grondoppervlakte af mag deursyfer.

Verf die eerste bolaag (gekleurde epoksielaag) aan terwyl die onderlaag nog redelik klam/nat is en nog nie te taai of droog geword het nie (+/-30-60min, 120min in kouer toestande). Verf liewer op te nat onderlaag as te droë onderlaag om chemiese verbinding tussen lae te verseker. Indien dit wel blyk dat die onderlaag droog geword het op plekke, stop die aanwending van die bolaag en verf die volgende dag die hele oppervlakte nadat die harde laag eers goed met skuurpapier geskuur is.

Indien enige opoksielaag vir enige rede heeltemal droog geword het, skuur die oppervlakte met P60 skuurpapier om die glans effens te breek en om die waslagie wat mag vorm (“blushing”) te verwyder. Skuurwerk van verharde lae is dus noodsaaklik om tussenlaag afdopping te voorkom.

10 Gebruik ou skoene of waterstewels “Gum Boots” om op die onderlaagepoksie te loop. Alternatiewelik kan Verfspykerskoene (Spiked Paint Shoes) (Beskibaar vanaf Pool Solutions) gebruik word om op die nat onderlaagepoksie te loop. Die spykermerkies sal weer opvul. Let daarop dat werkers hulle voete vertikaal moet optel en neerplaas om en nie sleepmerke te laat nie.

AANWENDING VAN BOLAAG (Top-coat)

Meng die bolaag wat in twee aparte houers verskaf word gemerk Topcoat-A en Topcoat-B Let asseblief op na die aanduiding op die houers aangebring vir die speisifieke Bolaag voorsien en korrekte mengverhoudings per volume aangedui (liters)

Voorbeeld - Mengverhouding aangedui op houers 2:1 TOPCOAT-A TOPCOAT-B 2 l 1 l

Meng gemaklike 2-4 liter (1 tot 2 werkers) hoeveelhede op ‘n keer aangesien die produk ‘n settyd (potlife) van +/- 30 -45 min het of selfs minder (15min) op baie warm dae. Moenie aanwend indien die epoksie begin hard/styf word het nie. Indien produk verskaf is in kleiner verpakkings soos 4 liter stelle kan die inhoud van die B-komponent by die A komponent gegooi word en gemeng word vir twee aanwenders.

1 Belangrik: Meng altyd Topcoat-A afsonderlik in houer waarin verskaf vir +/- 2 minute voor uitgemeet word saam met B-gedeelte (elke keer) aangesien dit swaar pigmente bevat wat kan afsak. Indien dit nie gereeld gedoen word nie kan dit tot gevolg hê dat sekere kolle na aanwending nie droog word nie, onegalige kleur kan verkry word of ’n bedekking waarvan die chemiese bestandheid nie optimaal ontwikkel word nie.

2 Meet die hoeveelhede Topcoat-A en Topcoat-B uit voor saamgevoeg word. (Wenk: Gebruik leë 500g margarienbakkies om 3 dele van die A-komponent en 1 deel van die B-komponent uit te meet)

5

Page 7: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

3 Die eerste Bolaag hoef nie so dik aangewend te word nie om traanloop te voorkom. Wees versigtig vir traandrupples wat kan begin loop en rol gereeld plat tydens die verfproses. Die eerste bolaag kan nog onegalige kolle vertoon met die onderlaag wat deurskyn, dit is normaal.

4 Wend die 1ste bo-laag aan op klam/nat onderlaag soos verduidelik. Begin in diepkant en werk deur na die vlakkant en trappies. Wees versigtig om te gly op klam/nat onderlaag nie. Op baie warm dae moet vinnig gewerk word omdat die onderlaag vinnig kan verhard in direkte son en op warm oppervlaktes.

5 Op warm dae, laat werkers kopbande dra om voorkom dat sweet op die nat epoksie drup, veral tydens finale laag aanwending.

6 Loop om die swembad en kyk reguit afwaarts na die verfwerk. Waar kolle opgemerk word wat oorgeslaan is, wend weer produk aan.

7 Laat die bo-laag toe om oornag te droog en te verhard. Die volgende dag kan die swembad met kaalvoete betree word om die tweede bolaag aan te wend sonder beskadiging van die eerste lae. Gedurende koue toestande sal die verharding langer neem en ‘n ekstra dag kan in beslag geneem word tussen bolae.

8 Die eerste bo-laag en onderlaag wat oornag gelaat was om te droog en ‘n harde glanslaag gevorm het, moet volledig per hand geskuur word met P60 skuurpapier om die glans te breek. Verkieslik moet epoksielae nie langer as 48 uur gelaat word voordat dit met die volgende laag bedek word nie. Indien dit wel gebeur moet die glanslaag baie goed geskuur word. (Verwys na die kort oorsig in die begin van die handleiding indien die korter metode gevolg word).

9 Wend die tweede bolaag aan. Wend n dikker laag aan hierdie keer.10 Laat oornag om te droog, skuur weer goed soos voorheen en verf die derde bolaag aan op dieselfde wyse.

Moet nie te dun aanwend nie, ‚n ideale verspreiding is 12m2 / ℓ.11 Indien produk oorbly, herbedek die trappies en boonste 500mm van die swembad sodra die vorige Bolaag

taaierig begin voel (nog nie heeltemal droog nie).12 Gaan die volgende dag in die swembad in met kouse aan hande en voete. Voel vir skerp uitsteeksels deur

met hande teen kante te vryf en voete oor die vloer te sleep. Skuur haakplekkies liggies en maak reg deur’n klein hoeveelheid verf te meng (Altyd 3 en 1 bv: 60ml Top-A met 20ml Top-B). Indien nodig kan 60ml inspuitings gebruik word om akkurate hoeveelhede van A en B komponente af te meet.

13 Normale verhardingstyd is 3 dae, tydens koue weer verleng 7 dae, voordat water ingetap word.______________________________________________________________________________________DEURSIGTIGE EPOKSIE VIR MOSIEK PATRONE EN TEëLS

‘n Deursigtige eposksielagie kan oor ou geskuurde mosaiek tëels of mosiek patrone aangewend word:Gebruik produk wat oorgebly het of ekstra aangekoop is en meng as volg:

Meng Primer-A met Topcoat-B in ‘n 3:2 verhouding (3 Dele Primer-A en 2 Dele Topcoat-B). Glans oppervlaktes moet ligweg geskuur word met skuurskywe vir goeie meganies verbinding. Sien gerus ons helpvideo in die verband by : http://www.poolsolutions.co.za/videos.htmlDeursigtige epoksielae word aangewend sonder onderlaag. In area waar ontbloot is aan direkte sonlig sal die laag nie so lank hou as die gekleurde eposkielae nie en sal meer gereeld oorgedoen moet word. Hierdie toepassing is eksperimeteel en kan probeer word op baie ou teëls wat in elk geval einde van leeftyd bereik het en dalk vervang moet word een of ander tyd._____________________________________________________________________________________TEENGLIP AFWERKING OP TRAPPIES

1. Glaskorrels (400–800 mikron) kan gebruik word in die verflaag om die gladheid onder voet te help teëwerk op die trappies of waar benodig. Glaskorrels word voorsien in 150gram hoeveelhede wat oorgenoeg is om groot areas in normale swembaddens te behandel (+/- 10-20m²). Die glaskorrels is beskikbaar vanaf Pool Solutions en kan saam met die selfdoenpakket bestel word.

2. Boor 2mm groote gaatjies (+/-10-12 gaatjies) in die dekseltjie van die klein plastiek botteltjie waarin die glaskorrels voorsien is. Gebruik die botteltjie soos ‘n soutpotjie om die korrels te versprei oor die nat epoksieverf. Hou die botteltjie onderstebo ongeveer 10cm bo die oppervlakte wat bedek moet word. Skud op en af terwyl oor die area beweeg word todat ‘n egalige verspreiding verkry is met gemiddeld 3-5mm tussen korrels.

3. Na aanwending van die laaste Bolaag, begin dadelik met die sprinkel van die glaskorrels oor die oppervlakte wat behandel moet word. Wend ‘n dikker bolaag epoksie aan op hierdie areas.

______________________________________________________________________________________NAVERKOOPDIENS INDIEN DINGE VERKEERD LOOP

Sou u enige probleme ondervind met die aanwending of dalk materiaal verloor het, kontak ons gerus, ons sal help om enige probleme so koste-effektief moontlik op te los. Ongelukke gebeur en en ons is nie ingestel om weer wins te maak op kliënte se ongelukkies nie. Wees eerlik en vertel ons wat gebeur het, ons sal die verlore epokiemateriaal vervang teen laer fabriekskoste. (Sien na-ure kontakbesonderhede op bladsy 8)

6

Page 8: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

INDIEN DIE EPOKSIE NIE VERHARD NIE

Produk word nie gratis vervang indien dit nie verhard het na aanwending nie. Die eposkie formulasies is chemies gebalanseerd en getoets op duisende swembaddens. Indien die “Part-A” komponent apart geroer is voor samevoeging met “Part-B” en die korrekte dele reg afgemeet is, sal ’n chemiese reaksie verharding laat plaasvind tussen die epoksie hars “resin” en die verharder binne 1-2 ure in die mengemmer. Indien verharding na 24 uur nie plaasgevind het nie, was die mengsel gekompromeer gewees en dit is nie ‘n produk probleem nie. Indien die produk nie verhard nie, is verkeerde elemente bymekaargevoeg of in verkeerde verhouding gemeng, water kontaminasie of verdunning met verfverdunners sal ook die produksamestelling kompromeer.

Indien ‘n fout wel begaan is, gebruik asetoon, of brandspiritus om die aangewende laag te verdun en skraap af. Skuur die oppervlakte weer en volg die proses van vooraf.

BELANGRIKE NASORG

Indien u die produk reg aanwend, sal dit vir u baie jare van helderskoon swembadwande verseker. Om die produklewe te verleng, is dit belangrik dat u kennis neem van die volgende aspekte:

1. Lae Kalsium Hardheid – (Low Calsium Hardness), lae alkaliniteit en lae pH lesings is ’n groot oorsaak van korosie op baie swembaddens en verkalking (“chalking”) van swermbadverf wat die verflaag vinnig sal verdun en leeftyd sal verkort. Laat toets die water na invulling by ’n swembad watertoetsfasiliteit. Herhaal die toets elke 3 maande. Hou Kalsium Hardheid tussen 350-500 ppm. Water meetstrokies is ook algemeen beskikbaar, gebruik die tiepe wat ook vir “Calsium Hardness” toets. (InstaTest 6 Plus of Aquachek). Kalsium flokkies (kalsium chlried) is beskikbaar vanaf Pool Solutions of meeste swembadwinkels. Stel pH tussen 7.2 – 7.6 en alkalinitiet 100-150ppm.

2. Die verhardingstyd is belangrik. Die eerste 4-6 ure is krities aangesien die produk nog klam en sag is. Na 4-6 ure in die somer behoort die produk ook reënbestand te wees.

3. Vermy tuinwerk en sproeiers naby die swembad terwyl die epoksie nog nat is nie. Probeer sovêr moontlik verhoed dat stof, blare en ander vuilheid onnodig in die swembad beland. Hou troeteldiere, tuinwerkers en kinders weg van die swembad tydens die verhardingstydperk.

4. ‘n Styfgespande skoon skadunet wat kan lug deurlaat en wat goed vasgebind word, kan gebruik word om die swembad te bedek die eerste dag. Die is nie ‘n vereiste nie en is normaalweg nie nodig nie, aangesien die produk relatief vinnig verhard. Indien u ‘n bedekking gebruik, moenie probeer vaspak nie aangesien wind die voorwerpe in die swembad kan intrek, bind liewer goed vas.

5. Water kan eers na 3 dae toegevoeg word (somer). Verleng die tydperk na 7 dae tydens kouer toestande.6. Poele reënwater wat dalk in die diepkant gevorm het tydens die verhardingstyd (3-7 dae), kan verkieslik met

‘n stok en lap opgeweek en uitgedroog word aangesien langdurige staande poele water die verhardingsproses in die spesifieke area kan vertraag en die glans van die bolaag nadelig kan beinvloed. Na 24 ure kan die swembad met kaalvoete betree word indien nodig om waterpoele op te droog. Moenie onnodig die swembad betree nie.

7. Laat die swembad (na 3-7 dae) volloop deur ‘n aaneenlopende toevloei van water. Moenie die water-toevoer stop voordat die swembad nie vol is nie om sodoende die moontlikheid van ringmerke te voorkom. Laat die water in die diepste kant inloop op die vloer, weg van die muur af, sodat die aanhoudend wrywing van die lopende water nie loopmerke teen die muur veroorsaak nie. Verdere verharding vind plaas selfs nadat water ingetap is.

8. Toets die water se alkilaniteit. Lae alkilaniteit veroorsaak verkeerde lesings wanneer die pH-gehalte en chloorinhoud getoets word. Lae alkilaniteit is ook die sondebok vir baie oppervlakvlekking in swembaddens. Voeg HTH Alkalinity-up toe indien nodig. Gebruik 2Kg per keer en laat paar ure toe voor weer bygevoeg word om moontlike vlekking te voorkom.

9. Voeg die aanbevole hoeveelheid Swembadsuur (paar koppies behoort genoeg te wees) by die swembadwater om die pH gehalte reg te stel. Gebruik HTH droëkorrel chloor soos normaalweg. HTH 4 in 1 Maandpakke (drifters) kan ook gebruik word. Bio Guard of PoolBrite dryfpakke kan ook gebruik word. Bio Guard droë chloorkorrels moet toegedien word deur die filtreermadjie en die filtreersisteem soos per aanwysings. Ons beveel HTH droë chloorkorrel aan wat direk in die swembad toefevoeg kan word, of die HTH 4in1 Dryfpakke. Blue52 kan gebruik word maar pas metaalverwyderaar behandeling toe 12 maandeliks.

10. Alhoewel die epoksie baie goed bestand is teen sterk chemikalië en nie maklik sal vlek nie, bly dit goeie gebruik om sterk chemikalië eweredig deur die swembad te versprei of deur die filtreermanjie toe te voeg terwyl die pomp loop. Volg vervaardigers se aanwysings.

11. Skakel die outomatiese skoonmaker (Kreepy, Baracuda ens ) aan nadat die water volledig ingetap is. 12. Indien ‘n roesmerk deur ‘n ystervoorwerp veroorsaak is of ander vlekke voorkom, gebruik ’n growwer

skottlegoedwasspons deurweek met Clean Green, Handy Andy of iKleen7 om selfs onder die water oppervlak, vlekke af te haal.

13. Neem kennis: Indien u gebruik maak van n soutchlorineerder, gebruik vir die eerste 4 weke eers normale HTH chloor produkte. Na n maand, voeg die voorgeskrewe hoeveelheid sout by en skakel die soutchlorineerder aan. Gebruik die minimum toevoeging van sout benodig aangesien die hoë soutinhoud en chemiese reaksie die epoksielaag se leeftyd sal verminder. Onthou dat die swembad nou heelwat minder chemikalië gaan benodig om die alge te beheer.

7

Page 9: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

14. Waterwell droë chloorkorrels, en n produk wat te koop is om alkilanitiet te verhoog deur Acua Cure, is al gerapporteer om geel vlekking te veroorsaak vemoedelik as gevolg van hoë kopersulfaat inhoud. Vermy die gebruik van hierdie produkte. Toetse met HTH chloor , HTH dryfpakke, HTH Clear 4 Weeks het bewys dat dit heeltemaal genoegsaam en veilig is, gewone swembadsuur sal nie die produk vlek nie asook HTH Alkality-Up is veilig om volgens voorskrif gebruik te word. Alge kan verder beheer word met ‘n produk wat getoets is – Two10blue of Waterwell Clarifier and Algaecide

Tipiese Materiaallys vir twee werkers

ITEM HOEVEELHEIDRollers Handvatsel 100mm (Pool Solutions) 2

Mohair Rollers 100mm (Pool Solutions) 8

Kwaste 35mm (Pool Solutions) 8

Skuurpapier P60 (rol) 2

Swart Plastiek Sakke (rol) 1

Lap (rol) 1

Methylated Spirits 5L 1

Maskeerband (rol) 1

Ikleen & Teëlskoonmaakmiddel, veeldoelige reiniger (Pool Solutions). Opsioneel

1L

Verf Spykerskoene (Spiked Paint Shoes) vanaf Pool Solutions. Opsioneel maar nodig vir 2-dag metode

2

Handskoene Sweis (Stel) vir skuurwerk/grinder beskerming. 2

Handskoene Rubber (Stel) chemies bestand vir Mosaic Wonder en of ander skoonmaak chemikalië (Opsioneel indien nodig)

2

Underwater Pool Patching 5Kg vir herstel van marblite en barste ens (Pool Solutions) Opsioneel indien nodig

1

Plastiekvel (drop sheet by trappies) 1

Elektriese verlengingskoord (20m) 1

Veilighheidsbril vir skuurwek met grinder/skuurder 2

Stofmasker met 2 filterkapsules (P1) vir stof tydens skuur, of materiaal masker verkrygbaar vanaf apteke. 2 filterkapsules (A1) vir Chemikalie tydens meng en verfwerk, (Opsioneel - benodig hoofsaaklik vir ongeventileerde areas)

2

Emmer 5L/10L vir mengery - aparte emmers vir Bolaag en Onderlaag

2-4

Maatbekertjies of 500g magarine bakkies of iets soortgelyks 4

Opvullingmes (Putty knife) Opsioneel 1

Skopgrafie, Besem en borsel (Stel) 1

Boormasjien (bv Ryobi 550w) vir mengwerk met verfmengpunt 1

Mengpunt vir boormasjien 1

Hoeksnyer (Grinder) vir 180mm skuurskywe 2

P16 Fiber discs (Lucas Abrasives) vir skuurwerk (Pool Solutions) 1 per 10vkm

M14 Flexipad Rubber Backing Disk vir grinder (Pool Solutions) 2

2L Emmertjies met handvatsels vir verfwerk 2

Roller verlengingstele of teleskopiese verlengpale (Opsioneel) 2

Kontak nommers: Celéne – 083 227 6663 Gerhard- 072 603 8895 Philip – 083 455 9632

Vir na-ure ondersteuning: skakel 083 227 666 3. Indien geen antwoord, stuur teksboodskap (SMS) na 083 227 6663 met u naam en kort beskrywing. Ons sal u so spoedig moontlik terugskakel.Website: www.poolsolutions.co.za

8

Page 10: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

INSTALLASIE en WAARBORG NAGAANLYS

Vir ons 3 jaar 100% pordukvervangingswaarborg in die geval van ‘n faling, voltooi hierdie vorm terwyl die taak verrig word en fotos waar soos aangedui. Stuur terug aan ons binne 30 dae na aankoop. ´n Watertoetsverslag (wat Kalsium Hardheid insluit) moet binne 30 dae na aanwending deurgestuur word. Sien bladsy 7 vir aanbevelings oor nasorg om produkleeftyd te verleng.

Naam van eienaar/kliënt: _________________________________

Installasie Adres: _________________________________________________________________

Dui aan metode gevolg: 4-5 dae [ ] of 2 dae [ ]

Merk afgehandelde take, nagegaande items met (Ö , Ja or Nee), monitor datum en tyd, neem foto waar van toepassing. (Vir vinnige 2-dag metode kanselleer punte 12 en 14 maar neem al die fotos)

STAP TAAK/BESKRYWING NAGEGAAN(Ö) (Ja) (Nee)

DATUM TYD FOTO

1 Swembad leeggemaak en gelaat om te droog 12 Kyk vir krake, los marmersement, probleme

reggemaak, mosaiek teëls skoon geskrop.3 Is chemikalië/skoonmaakmiddels gebruik om

teëls skoon te maak? (Ja, Nee)4 Is teëls met seep en water geskrop na

chemiese middels gebruik is?5 Skuur (met hoeksnyersmasjien) of hoëdruk-

was die hele swembad. (Hoëdruk-was twee keer)

6 Na skuurproses was die hele swembad om seker te maak dit is stofvry. Laat heeltemal droog word

2

7 Roer Primer A apart en deeglik. Meet Primer-A en Primer-B uit in korrekte hoeveelhede en meng praktiese hoeveelhede in korrekte 3:1 (A:B) -verhouding in aparte emmer. (meng vir 3 min) Gebruik n verfmengpunt en elektiese boormasjien.

8 Wend deeglik aan met rollers, gaan kort-kort na vir droë kolle en wend weer op droë kolle aan. Gebruik kwaste om langs teëls en in klein areas te verf.

3

9 Wend Bolaag aan op klewerige, klam onderlaag op dieslfde dag. Sodra effens klewerig voel op plekke, wend bolaag aan na +/- 30-60 minute. (+/-120min tydens koue weer)

10 Eerste Bolaag AanwendingRoer Topcoat A apart en deeglik vir 2min deur n verfmengpunt en boormasjein te gebruik, elke keer voordat met Topcoat-B gemeng word.Meet uit in korrekte hoeveelhede en meng klein hoeveelhede in korrekte verhouding in aparte emmer. (Sien Bladsy 5) Meng 3 min

11 Wend deeglik aan met rollers, gaan kort-kort na vir kolle gemis en bedek. Wend goed aan bolangs en op die trappies.

12(Ignoreer

vir vinnige metode)

Laat oornag toe om droog te word en skuur deeglik met p 60 skuurpapier om glans te breek(Ignoreer die stap vir vinnige 2-dag metode)

4

9

Page 11: APPLICATION INSTRUCTIONS - poolsolutions.co.za€¦  · Web view*Nota vir veselglas ... vir enige rede heeltemal droog ... Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm

13 Wend 2de Bolaag aan(Vir vinige metode herhaal punt 9)Roer Topcoat A deeglik en apart deeglik,Meet Topcoat-A en Topcoat-B uit en meng praktiese hoeveelhede in korrekte verhouding in aparte emmer. (Sien Bladsy 5). Meng 3 min

14(Ignoreer

vir vinnige metode)

Laat oornag toe om droog te word en skuur deeglik met p 60 skuurpapier om glans te breek en waslagie te verwyder

5

15 Wend derde Bolaag aan(Vir vinnige metode herhaal punt 9)Roer Topcoat A deeglik en apart,Meet uit in korrekte hoeveelhede en meng praktiese hoeveelhede in korrekte verhouding in aparte emmer. (Sien Bladsy 5). Meng 3 min

16 Wend aan met rollers. Gaan gereeld na vir plekke gemis, bedek weer. Gebruik kwaste waar nodig. Hou oog op verfwerk om loopmerke uit te rol terwyl epoksie nat is.

6

17 Na een dag betree kaalvoet en gaan na vir skerp punte en beskadigde plekkies, maak reg deur te sny met lem of skuur met water skuurpapier.

18 Los vir 3 dae in die somer om te droog, 7 dae in koue winter voor water bygevoeg word. NB

19 Vul bad in een aaneenlopende inloop weg van die mure af.

7

20 Neem foto van gevulde swembad 821 Hoekom nie sommer ‘n mooi foto van helder

blou swembad nie?9

Notas: (Gee gerus terugvoer)

__________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________

Vir ons produkvervangingswaarborg:

1.Voltooi die vorm en fotos soos aangedui tydens installasie (nie na die tyd nie) en stuur terug aan ons binne 30 dae na aankoop.

2.Laat ook die swembadwater toets (insluitend Kalsium Hardheid – ook genoem “Calcium Hardness CA“ of Total Hardness TH“) en stuur die resultaat na ons toe vir rekordhoudig. Waar ´n toetsfasiliteit (meeste swembadwinkels) nie beskikbaar is nie, gebruik watertoetsstrokies (Insta Test 6 Puls of Aquachek6 or 7) om water te toets en stuur ´n foto van die lesing na ons toe. Kalsium Hardheid moet gestel word tussen 350ppm en 500ppm afgesien van enige aanbeelings deur swembadwinkel toetsfasiliteite, dit sal die leeftyd van die verflaag verleng en buitensporige verpoeiering ´chalking´ voorkom. Vir meer inligting rakende ons waarborg, besoek: www.poolsolutions.co.za/guarantee.html

Terugvoer kan gestuur word na:Posadres : Posbus 74170, Lynnwoodrif, Pretoria, 0040Of e-pos : [email protected]: 0866572412

Gee gerus terugvoer oor u projek. U kan ook fotos, of enige ander aanbiedinge instuur vir publikasie wat ander gebruikers kan help. Alle bydrae word waardeer.

10