7
Deuroffer volgende week: Rosedon Huis PROGRAM VIR VANDAG Baie welkom in die erediens. ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente. Het jy geweet dat jy die Bybel op jou foon kan aflaai? Oggenddiens: 09:00 Kategese 10:00 Nagmaal: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: 1 Kon 3:3-15 Tema: Om uit my droomwêreld gewek te word. Deuroffer: Bybelgenootskap 11:00 Saameet-Gemeente-Ete Aanddiens: 18:00 Nagmaal: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: Joh 6:51-58 Tema: Jesus was lief vir eet! Stof tot nadenke..... Volgende Sondag: 26 Augustus 2018 Oggenddiens Skriflesing: Joh 6:60-71 Tema: S.A. Weermag en seuns of .... Aanddiens Skriflesing: Jesaja 43:1-5 Tema: Wat doen God vir ons? Bring asb jou Bybel saam! Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch NG Gemeente Rondebosch Derryweg 2, Rondebosch Die Bulletin: 19 Augustus 2018 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community. Augustus is Rosedon Huis-Maand Maranata besoek Rosedon Huis een keer ʼn maand. Ons het drie baie getroue lidmate wat in Rosedon Huis woon en ons wil die huis graag onder- steun. Talita Momsen neem een van die dae by Jacques Kriel oor as leier van die Maranata-groep. Hulle nooi die hele gemeente om een keer ʼn maand, van 19:00 - 20:00, by die Rosedon-inwoners te gaan kuier. Rosedon Huis is baie afhanklik van donasies en ons wil graag Augustusmaand ... “Rosedon-maand” by ons ge- meente maak. Soortgelyk aan die insamelings wat ons vir Huis Lückhoff doen, gaan ons ook vir Rosedon Huis ʼn paar benodighede bymekaarmaak. Regs is die lysie van benodighede. Enige donasies kan in die kerk in gemerkte houers geplaas word. Bydraes ten opsigte van die projek kan by die kerkkantoor inbetaal word of via internet bankdienste: NG Kerk Rondebosch ABSA Claremont Rek: 2870141125 Verw: Rosedon Huis Lysie van Benodighede: Blikkieskos Sopmengsel/ Split-ertjies Tee/Koffie Tandepasta Seep Deodorant (mans en vroue) Waslappe

Augustus is NG Gemeente Rondebosch Rosedon Huis-Maand · 2019-11-25 · Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 ... Jurie en Magdaleen Goosen: Werk vir ’n internasionale

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Augustus is NG Gemeente Rondebosch Rosedon Huis-Maand · 2019-11-25 · Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 ... Jurie en Magdaleen Goosen: Werk vir ’n internasionale

Deuroffer volgende week: Rosedon Huis

PROGRAM VIR VANDAG

Baie welkom in die erediens. ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente.

Het jy geweet dat jy die Bybel op jou foon kan aflaai?

Oggenddiens: 09:00 Kategese

10:00 Nagmaal: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: 1 Kon 3:3-15

Tema: Om uit my droomwêreld gewek te

word. Deuroffer: Bybelgenootskap

11:00 Saameet-Gemeente-Ete

Aanddiens: 18:00 Nagmaal: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: Joh 6:51-58

Tema: Jesus was lief vir eet!

Stof tot nadenke..... Volgende Sondag: 26 Augustus 2018

Oggenddiens

Skriflesing: Joh 6:60-71

Tema: S.A. Weermag en seuns of....

Aanddiens

Skriflesing: Jesaja 43:1-5

Tema: Wat doen God vir ons?

Bring asb jou Bybel saam!

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch

NG Gemeente Rondebosch Derryweg 2 , Rondebosch

Die Bulletin: 19 Augustus 2018

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community.

Augustus is

Rosedon Huis-Maand Maranata besoek Rosedon Huis een keer ʼn maand. Ons het drie baie getroue lidmate wat in Rosedon Huis woon en ons wil die huis graag onder-steun. Talita Momsen neem een van die dae by Jacques Kriel oor as leier van die Maranata-groep. Hulle nooi die hele gemeente om een keer ʼn maand, van 19:00 - 20:00, by die Rosedon-inwoners te gaan kuier. Rosedon Huis is baie afhanklik van donasies en ons wil graag Augustusmaand ... “Rosedon-maand” by ons ge-meente maak. Soortgelyk aan die insamelings wat ons vir Huis Lückhoff doen, gaan ons ook vir Rosedon Huis ʼn paar benodighede bymekaarmaak. Regs is die lysie van benodighede. Enige donasies kan in die kerk in gemerkte houers geplaas word. Bydraes ten opsigte van die projek kan by die kerkkantoor inbetaal word of via internet bankdienste: NG Kerk Rondebosch ABSA Claremont Rek: 2870141125 Verw: Rosedon Huis

Lysie van Benodighede:

Blikkieskos

Sopmengsel/ Split-ertjies

Tee/Koffie

Tandepasta

Seep

Deodorant

(mans en vroue)

Waslappe

Page 2: Augustus is NG Gemeente Rondebosch Rosedon Huis-Maand · 2019-11-25 · Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 ... Jurie en Magdaleen Goosen: Werk vir ’n internasionale

Verjaardae vir die Week

Johan Nieder-Heitmann 19 Aug Antoinette Coetzee 20 Aug Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 Aug

FINANSIËLE OORSIG AUGUSTUS 2018:

Dankoffers vir Augustus: R14 152 Mikpunt: R50 000 p.m.

Erediensoffers vir Augustus: R5 248 Mikpunt: R12 000 p.m.

1. Railway Vintage Market: 28 September 16:00-20:30 en

2 November.

Ons fokus is die jongmense in

ons gemeenskap. Stalletjies sal

baie bepaald op hulle behoeftes

probeer fokus. Stalletjies gaan

aan buite-uitstallers verhuur word

vir R50.

(Indien jy weet van mense wat 'n

stalletjie sou wou kom opsit, laat weet gerus. Ons kort nog

plate- en klerestalletjies. Ons gaan egter die kos en drink-

goed self verkoop.

Ons wil die mark klein begin en hoop om dit 'n permanente

instelling hier by ons te maak. Indien jy ou plate, nog in

hulle omslae, aan ons wil skenk, kan dit by die kerkkantoor

afgelaai word. Indien jy 'n stalletjie met ou “vintage” klere,

wil kom opsit, kontak ons gerus. Kontak vir Arina by

071 594 9659 vir meer inligting. * Gebruik asb. die los blaadjie om iemand te nooi!

2. Kerkraadsvergadering: Die volgende kerkraadsvergade-

ring vind DV 30 Augustus om 19:00 by die kerkkompleks plaas.

3. Gebedsimfonie 25 Augustus: Ons gebedsoggend vind by die volgende gebedshuise plaas:

* Johann en Ina du Toit - Freanweg 15, Rondebosch

* David en Thea Lotz - Dumbartonweg 1, Nuweland

* Koos Venter - Ranelaghweg 61, Claremont

Kontak ons as jy meer inligting wil bekom. 021 686 4315 Indien jy gebed of huisbesoek benodig, voltooi asb. die groen vorm in die kerk of kontak die kerkkantoor by 021 686 4315.

Sendingwerkers vir die week:

Internasionale Studentewerk Stellenbosch

Ds. Jurie en Magdaleen Goosen:

Werk vir ’n internasionale studente-bediening.

Die plaaslike instansie het ʼn beson-dere impak op die Stellenbosch-

kampus.

Voog: Karen Nefdt

Page 3: Augustus is NG Gemeente Rondebosch Rosedon Huis-Maand · 2019-11-25 · Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 ... Jurie en Magdaleen Goosen: Werk vir ’n internasionale

‘n Brief van Danie en Esther van Niekerk van Masedonië

(kinders van Jacob en Riëtte van der Merwe) Dagsê,

Gedurende die Julie-vakansie het daar ‘n span van Suid-Afrika vir ons kom besoek. Dit was ‘n groot voorreg vir ons as familie om die kultuur, uitdagings en ons be-diening aan hulle bekend te stel. Ons kry beslis nie dikwels besoekers vanuit Potchefstroom nie. God het ons gelei om die Ekballō Challenge benadering (lees meer hieroor by https://world-outreach.com/ekballo/) met hulle te volg en dit was vir talle lewensveranderend --- twee jongmense het die roeping gekry om in Masedonië te kom werk!

Ons is dankbaar en verheug en glo dat ons hulle gou hier sal kan verwelkom. Gedurende die tyd wat hulle hier gekuier het, het ons ook nader aan die middestad van Skopje getrek en die span het ons baie gehelp met die regmaak van die huis en die verhuising. Sonder hulle hulp sou ons tuisskool-klaskamer seker nou nog toege-pak gewees het onder bokse en apparaat! Ons vertrou ons sien gou weer spanne uit Suid-Afrika!

Ons is tans in Chiang Mai, Thailand vir World Outreach se driejaarlikse beraad wat 20 Julie begin het. Ons het ‘n paar dae vroeër gekom om te akklimatiseer en aan te pas. Met ons vier kinders is dit ‘n uitdaging! Dit is ‘n voorreg om saam met mede-veldwerkers en vriende te luister na waarmee God besig is in hulle lewens en werkterreine. Dit gee ons ook die geleentheid om interaktief met die leiers en ander werkers van World Outreach te verkeer en te hoor wat die organisasie se strategie is en hoe ons kan meehelp om hul doel te verwesenlik. Ons almal wil God se droom vir ons verwerklik.

Gebedsversoeke:

Dank God dat Hy voorsien het dat ons na Thailand kon reis. Dank God dat Hy ‘n wonder laat plaasvind het dat ons Chereni se visum en paspoort vir die Thaise reis in Ankara Turkye kon kry. Vra God dat ons leerbaar en nederig voor Hom sal wees en goeie getuies vir Hom sal wees. Vra God vir rustigheid by die kinders. Bid in besonder vir die twee Potchefstromers wat beplan om Masedonië toe te kom om in Sy diens te staan.

Dankie vir jul ondersteuning! Danie en Esther van Niekerk

Besoekers vanuit Potchefstroom

Page 4: Augustus is NG Gemeente Rondebosch Rosedon Huis-Maand · 2019-11-25 · Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 ... Jurie en Magdaleen Goosen: Werk vir ’n internasionale

.....vervolg

4. NAGMAAL: Sondag 19 Augustus

Ons wil die Nagmaal 'n besonderse aanbiddingsgeleent- heid maak. Die liturgie gaan dus soos volg verloop: 09:40 Aanbiddende samesang. Geen aankondiging van liedere nie. Ons aanbidding vloei in die erediens in. 10:00 (Let op: sonder aankondiging) Votum en seën-

groet. Ons sal net vir die eerste lied en die slotlied staan. Verloop van erediens soos gewoonlik, sonder aankondigings tot by die Nagmaal. Almal word bedien met die tekens, daarna word die woorde

oor die tekens gespreek en ons gebruik almal saam die Nagmaal. Na die nagmaal volg die afkondigings, kollekte en ons groet

mekaar. Slotsang. Seën

Program vir die Week

Maandag: 19:30 Jedida

19:30 Maranata Omgee

Dinsdag: 19:00 Steundienste

Siekes Tuis:

Mariana Heath, Brackenfell by haar suster (diabetes)

Flip Rossouw

Huis Piet du Toit, Rosebank

Hospitaal:

Bennie en Alida Havenga

(Christiaan Barnard Hospitaal)

Cora Louw (Huis Lückhoff Siekeboeg)

Thys, Beaufort-Wes Hospitaal (Lorette Jaguasi se vader)

Rousmart:

Ons innige simpatie met die familie van Leslie Rix met sy afsterwe.

Bybelleesrooster 19 Augustus - 25 Augustus

So 1 Konings 2:1-12 Do Efesiërs 5: 1-14

Ma 1 Konings 3: 1-15 Vr Efesiërs 5: 15-20

Di Psalm 11 Sa Johannes 6: 51-58

Wo Psalm 111

Woensdag: 10:00 Nagmaal Siekeboeg

15:00 Bybelstudie Huis Lückhoff

Saterdag: 09:00 Gebedsimfonie

Sien punt (3.) by algemeen

Page 5: Augustus is NG Gemeente Rondebosch Rosedon Huis-Maand · 2019-11-25 · Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 ... Jurie en Magdaleen Goosen: Werk vir ’n internasionale
Page 6: Augustus is NG Gemeente Rondebosch Rosedon Huis-Maand · 2019-11-25 · Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 ... Jurie en Magdaleen Goosen: Werk vir ’n internasionale
Page 7: Augustus is NG Gemeente Rondebosch Rosedon Huis-Maand · 2019-11-25 · Cecile du Toit 20 Aug Mara van Wyk 20 Aug Anna Shaw 23 ... Jurie en Magdaleen Goosen: Werk vir ’n internasionale

Hulle benodig die volgende: