3
TELNO: 016 341 3165 FAKSNO: 016 341 3987 DATUM: 5 - 10 Augustus 2019 UITGAWE 17 van 2019 ADRES: JACOBS STRAAT 1 HEIDELBERG GAUTENG POSADRES: POSBUS 215 HEIDELBERG 1438 E-POS: [email protected] BELANGRIKE DATUMS Maandag, 5 Augustus 2019 LANDLOOP: Liga-bepaling te Hoërskool Dr. Malan 5 - 10 Augustus 2019 Donderdag, 8 Augustus 2019 Toetsreeks Gr.8 - 12 Gr.12 Gasvryheidstudies PAT Vrydag 9 Augustus 2019 VROUEDAG Saterdag, 10 Augustus 2019 RUGBY: 1ste span Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Middelburg (weg) 0/16 A Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Florida (weg) 0/14 A Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Jeugland(weg) Die Voorbereidende Eksamen vir die graad 12-leerders begin 13 Augustus 2019. Dit is elke graad 12-ouer/voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat u kind(ers), ure agter die lessenaar sal deurbring. Die harde werk nou, sal vrugte afwerp vir die finale eksamen. Baie sterkte aan elke graad 12-leerder! Ouers/voogde van graad 12-leerders moet kennis neem dat die Afrikaans Huistaal (vraestel 3) in die Voorbereidende Eksamen wat op 15 Augustus 2019 geskryf sou word, verskuif na 13 Augustus 2019 om 09:00. Die Toetsreeks het alreeds op 30 Julie 2019 begin. U as ouer/voog moet toesien dat u kind(ers) deeglik voorberei vir elke vraestel wat in die toetsreeks geskryf word. Die volgende graad 12-leerders is vir die Distrik se “Grade 12 Awards Ceremony” genooi. Die seremonie vind plaas op 06 September 2019 te NWU Vaalkampus om 14:00. Baie geluk! 8 onderskeidings: Human van der Merwe; Zonika Vorster 7 onderskeidings: Anika Bothma 6 onderskeidings: Kallyn van der Spuy; Johgemus van der Vyver; Wian Wiersma 5 onderskeidings: Carissa Breytenbach; Casandra du Toit; Marionne Nel; Shane Strydom, Meagan Thompson 4 onderskeidings: Geo-Mari Adendorff; Dewald Kloppers; Claudia Oosthuizen; Sonique Rock, Zylia Schultz; Christiaan Steenekamp; Johannes van Buuren; Aidan Venter 3 onderskeidings: Hanko Beyers; Morgan Fourie; Marlou Froneman; Rudolf Henning; Lara Jobe, Nicole Jordaan; Charmien Maloney; Melissa Nel; Adriaan Pieters; Joshua Swart, Tiaan Pretorius; Marlé Viljoen Dinsdag, 6 Augustus 2019 Toetsreeks Gr.8 - 12 Bloedskenk Netbal: Fast 5 liga-bepaling te H/s Transvalia Krieket: 0/14 A teen H/s Sasol (tuis) Woensdag, 7 Augustus 2019 KRIEKET: 2de span liga-bepaling teen H/s Drie Riviere (tuis) AKADEMIE PERSONALIA Dit is met leed dat ons die Volkie-skoolgemeenskap meedeel van die afsterwe van mev. Angelique Visser op 30 Julie 2019, Mev. Visser was hart en siel ‘n Volkie en was ongelooflik trots en presies op haar werk in die Mediasentrum. Met haar afsterwe laat sy ‘n groot leemte by Volkieland. Mev. Visser se nalatenskap sal lank bly leef by Volkieland met die implementering van ons doeltreffende sisteem rakende die inneem en uitreik van handboeke wat sy self geïmplementeer het. Baie sterkte aan haar twee kinders, Natalie Visser (graad 10) en Tristan Visser (graad 12) wat groot hartseer ervaar. Dit is ons gebed dat ons Hemelse Vader hulle in die holte van Sy hand sal vashou en help om die trane van hartseer af te vee. Op Maandag, 5 Augustus 2019, het die graad 10-leerders hul harte oopgemaak teenoor die gemeenskap. Ons weet dat liefdadigheid altyd plaaslik begin, dus het ons “Freedom Recovery Centre” te Nigel asook “Lesedi Community Centre”besoek . Jou huis is waar jou hart is en ons harte is ongetwyfeld aan hierdie mense uitgeleen. Hierdie uitstappie was ‘n ontnugtering wat ons almal laat besef het dat jy altyd die mag het om te sê: Dit is nie hoe my storie sal eindig nie”. Dit was ‘n inspirasie, om die minste daarvan te sê; wat jou met vreugde en trots vervul vir mense wie se dryfkrag om gerehabiliteer te word, net nooit ophou nie. Baie dankie aan juffrou van Schalkwyk en meneer Wilhelm Swanepoel wat ons vergesel het en die uitstappie moontlik gemaak het. Mag ons konstant dankbaar wees vir alles wat ons het en besef dat wanneer ons op die goeie goed fokus, die goeie goed selfs beter word. Geskryf deur Tarien Trollip (Gr.10) GRAAD 10’S BESOEK FREEDOM RECOVERY CENTREEN LESEDI COMMUNITY CENTRE

BELANGRIKE DATUMS - volkiesh.co.za

  • Upload
    others

  • View
    12

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BELANGRIKE DATUMS - volkiesh.co.za

TELNO: 016 341 3165

FAKSNO: 016 341 3987

DATUM: 5 - 10 Augustus 2019 UITGAWE 17 van 2019

ADRES: JACOBS STRAAT 1

HEIDELBERG

GAUTENG

POSADRES: POSBUS 215

HEIDELBERG

1438

E-POS:

[email protected]

BELANGRIKE DATUMS

Maandag, 5 Augustus 2019

LANDLOOP: Liga-bepaling te Hoërskool Dr. Malan

5 - 10 Augustus 2019

Donderdag, 8 Augustus 2019

Toetsreeks Gr.8 - 12

Gr.12 Gasvryheidstudies PAT

Vrydag 9 Augustus 2019

VROUEDAG

Saterdag, 10 Augustus 2019

RUGBY:

1ste span Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Middelburg (weg)

0/16 A Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Florida (weg)

0/14 A Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Jeugland(weg)

Die Voorbereidende Eksamen vir die graad 12-leerders begin 13 Augustus 2019. Dit is elke graad 12-ouer/voog

se verantwoordelikheid om seker te maak dat u kind(ers), ure agter die lessenaar sal deurbring. Die harde werk

nou, sal vrugte afwerp vir die finale eksamen. Baie sterkte aan elke graad 12-leerder!

Ouers/voogde van graad 12-leerders moet kennis neem dat die Afrikaans Huistaal (vraestel 3) in die

Voorbereidende Eksamen wat op 15 Augustus 2019 geskryf sou word, verskuif na 13 Augustus 2019 om 09:00.

Die Toetsreeks het alreeds op 30 Julie 2019 begin. U as ouer/voog moet toesien dat u kind(ers) deeglik

voorberei vir elke vraestel wat in die toetsreeks geskryf word.

Die volgende graad 12-leerders is vir die Distrik se “Grade 12 Awards Ceremony” genooi.

Die seremonie vind plaas op 06 September 2019 te NWU Vaalkampus om 14:00. Baie geluk!

8 onderskeidings:

Human van der Merwe; Zonika Vorster

7 onderskeidings:

Anika Bothma

6 onderskeidings:

Kallyn van der Spuy; Johgemus van der Vyver; Wian Wiersma

5 onderskeidings:

Carissa Breytenbach; Casandra du Toit; Marionne Nel; Shane Strydom, Meagan Thompson

4 onderskeidings:

Geo-Mari Adendorff; Dewald Kloppers; Claudia Oosthuizen; Sonique Rock, Zylia Schultz;

Christiaan Steenekamp; Johannes van Buuren; Aidan Venter

3 onderskeidings:

Hanko Beyers; Morgan Fourie; Marlou Froneman; Rudolf Henning; Lara Jobe, Nicole Jordaan;

Charmien Maloney; Melissa Nel; Adriaan Pieters; Joshua Swart, Tiaan Pretorius; Marlé Viljoen

Dinsdag, 6 Augustus 2019

Toetsreeks Gr.8 - 12

Bloedskenk

Netbal: Fast 5 liga-bepaling te H/s Transvalia

Krieket: 0/14 A teen H/s Sasol (tuis)

Woensdag, 7 Augustus 2019

KRIEKET: 2de span liga-bepaling teen H/s Drie Riviere (tuis)

AKADEMIE

PERSONALIA

Dit is met leed dat ons die Volkie-skoolgemeenskap meedeel van die afsterwe van mev. Angelique Visser op

30 Julie 2019, Mev. Visser was hart en siel ‘n Volkie en was ongelooflik trots en presies op haar werk in die

Mediasentrum. Met haar afsterwe laat sy ‘n groot leemte by Volkieland. Mev. Visser se nalatenskap sal lank bly leef by

Volkieland met die implementering van ons doeltreffende sisteem rakende die inneem en uitreik van handboeke wat sy

self geïmplementeer het. Baie sterkte aan haar twee kinders, Natalie Visser (graad 10) en Tristan Visser (graad 12) wat

groot hartseer ervaar. Dit is ons gebed dat ons Hemelse Vader hulle in die holte van Sy hand sal vashou en help om

die trane van hartseer af te vee.

Op Maandag, 5 Augustus 2019, het die graad 10-leerders hul harte oopgemaak teenoor die gemeenskap. Ons weet dat

liefdadigheid altyd plaaslik begin, dus het ons “Freedom Recovery Centre” te Nigel asook “Lesedi Community

Centre”besoek . Jou huis is waar jou hart is en ons harte is ongetwyfeld aan hierdie mense uitgeleen.

Hierdie uitstappie was ‘n ontnugtering wat ons almal laat besef het dat jy altyd die mag het om te sê: Dit is nie hoe my

storie sal eindig nie”. Dit was ‘n inspirasie, om die minste daarvan te sê; wat jou met vreugde en trots vervul vir mense

wie se dryfkrag om gerehabiliteer te word, net nooit ophou nie. Baie dankie aan juffrou van Schalkwyk en meneer

Wilhelm Swanepoel wat ons vergesel het en die uitstappie moontlik gemaak het. Mag ons konstant dankbaar wees vir

alles wat ons het en besef dat wanneer ons op die goeie goed fokus, die goeie goed selfs beter word.

Geskryf deur Tarien Trollip (Gr.10)

GRAAD 10’S BESOEK “FREEDOM RECOVERY CENTRE” EN “LESEDI COMMUNITY CENTRE”

Page 2: BELANGRIKE DATUMS - volkiesh.co.za

ALGEMEEN

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Elke ingeskrewe leerder is ‘n ambassadeur van Hoër Volkskool en daarom is die voorkoms van ons leerders ‘n prioriteit. U as ouer/voog moet

toesien dat u kind(ers) nie die huis soggens verlaat indien hulle nie volgens die skoolreëls geklee is nie. Indien u kind die kleredragreël oortree,

sal u as ouer/voog gekontak word om u kind(ers) na voogperiode te kom haal. As u kind goed lyk, voel hy beter en dan presteer hy ook beter.

Ouers/voogde wie se skoolgelde agterstallig is, moet so gou moontlik betaal of die finansiële kantoor kontak. Baie dankie aan al die

ouers/voogde wat hulle skoolgelde elke maand getrou betaal of wat reeds vir die jaar vooruitbetaal is. Die geldsake van Hoër Volkskool kan net

gesond wees indien ouers/voogde hulle verpligtinge rakende die betaling van hulle kind(ers) se skoolgelde nougeset nakom.

Die Fotodag vind op 12 Augustus 2019 plaas en sal stiptelik om 09:00 na die toetsperiode begin. Dit is belangrik dat al ons leerders by die

skool sal wees en die korrekte drag vir die onderskeie aktiwiteite sal saambring. Hierdie foto’s wat geneem word sal gebruik word vir die

samestelling van die jaarblad. Hoër Volkskool is een van min skole in die land wat al die jaarblaaie sedert sy onstaan gepubliseer het. Ons wil ons

Volkieouers/voogde aanmoedig om vanjaar die jaarblad te bestel.

Die Mnr. en Mej. Volkie vind op 28 Augustus 2019 in die koshuissaal om 18:30 plaas. Indien u belangstel om hierdie aand by te woon kan u

die kaartjies by die onderskeie finaliste koop. Mev. E Dalhouzie is die organiseerder van die aand en het reeds beloof dat dit ‘n aand gaan wees

wat nie gemis mag word nie. Koop dus u kaartjie om teleurstelling te voorkom!

Die pawiljoen se sitplekke is van asbes en ons wil dit graag met geskikte staalplate vervang. Na die veiligheidsoudit deur

“Ecology SA-Pty Limited” is die aanbeveling dat die asbesplate so gou moontlik vervang moet word. Dit gaan ‘n deurlopende proses wees om

die asbesplate met staalplate te vervang. Die plaatafmetings (2 x sitplekke) is 1 250mm x 650mm x 3mm. Die kostes beloop R450-00 per plaat.

Leerders van ouers/voogde wie ‘n staalplaat borg se naam sal teen die muur van die pawiljoen aangebring word.

Ons tema vir die week is: “n Positiewe houding maak alle laste lig”. Om die heeltyd negatief te praat en op te tree, plaas ‘n swaar las

op ons skouers. Daar is baie dinge waaroor ons in elk geval nie beheer oor het nie en hoekom ons nie onnodige tyd en energie

daaraan moet spandeer nie. Ons het wel beheer oor onsself as dit kom by ons gesindheid en ingesteldheid teenoor mense en die

lewe. Daar sal altyd uitdagings wees, maar dit is hoe ons daardie uitdagings hanteer., wat die verskil maak.

Elkeen van ons se LEWENSUITKYK bepaal hoe ons die lewe beleef. Om positief te wees wek energie. Dave Weinbaum het die volgende gesê: “The memories of tomorrow depend on your attitude today”. Sterkte vir die week!

DUVENHAGE Verushke 1 92.00

SPRONG André 2

LABUSCHAGNE Gerhardus 3

HANCKE Carli 4

PIETERS Dené 5

MOLL Simoné 6

SCHULTZ Lianthe 7

VAN TONDER Marli 8

GRUNDLING Liané 9

DU TOIT Neveah 10

GR.8

GR.9

FOURIE Miné 1 90.44

DE VILLIERS Lisa-Marié 2

CLOETE Alisna 3

KOTZE Karli 4

SCHOEMAN Marli 4

GANI Mohamed 6

DU PLESSIS Maria 7

LUBBE Jordan 8

MARÉ Herman 9

SCHOEMAN Izelle 9

PRESTASIES: AKADEMIE TOP 10

Page 3: BELANGRIKE DATUMS - volkiesh.co.za

TROLLIP Catharina 1 89.75

CORNELIUS Johanna 2

THORBURN Robinn 3

GROBLER Stefan 4

VISSER Natalie 5

PRINSLOO Megan 6

OOSTHUIZEN Celine 7

VAN DER SPUY Cade 8

BOTHMA Jana 9

BARNARD Ruan 10

GR.10

VAN ZYL Beulha 1 89.14

DU PLESSIS Johannes 2

VAN WYK Petronella 3

BOTHA Zoe-Luise 4

VAN SCHALKWYK Kate 5

COETZEE Lindie 6

PRETORIUS Johann 7

BAIRD Ethan 8

REINECKE Andri 8

TE BAERTS Tonia 10

GR.11

PRESTASIES: AKADEMIE TOP 10

GR.12

VAN DER MERWE Human 1 90.63

BOTHMA Anika 2

VORSTER Zonika 3

VAN DER SPUY Kallyn 4

WIERSMA Wian 4

THOMPSON Meagan 6

VAN DER VYVER Johgemus 7

STRYDOM Shane 8

VAN BUUREN Johannes 9

OOSTHUIZEN Claudia 10

PRESTASIES: SKAAK

Hoër Volkskool se 0/15 en 0/19 skaakspanne het 3 Augustus aan die D7-finale te Phoenix High

deelgeneem en as ligawenners uit die stryd getree. Die skaakspelers kwalifiseer dan ook om aan die

Gauteng Skole Skaakkampioenskappe op 24 Augustus 2019 deel te neem. Baie geluk!