4
Hoër Volkskool Heidelberg N UUSBRIEF Uitgawe 18 van 2018 Bl 1 BELANGRIKE DATUMS Maandag: 17 September 2018 Gr. 12 Voorbereidende Eksamen Jacobs straat 1 Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected] Dinsdag: 18 September 2018 Gr. 12 Voorbereidende Eksamen Toetsreeks: Gr. 811 KRIEKET: 0/14 Semi-finaal Woensdag: 19 September 2018 BINNEMUURSE HOKKIE: 0/14- & 0/15spanne te St. Dominics 14:30 Donderdag: 20 September 2018 Toetsreeks: Gr 8 - 12 Gr 12 Voorbereidende Eksamen BINNEMUURSE HOKKIE: 0/16- en 1ste span te St. Dominics KRIEKET: Evergreen T20 1ste span teen H/S Randburg (W) 0/15 A– teen H/S Randburg (T) Vrydag: 21 September 2018 Gr 12- Voorbereidende Eksamen TENNIS: Vaaldriehoek gemengde tennisliga (A– en B– liga) Saterdag: 22 September 2018 KRIEKET: Liga-bepalings: 1ste span teen H/S Sasol (W) 0/15 A– teen H/S Sasol (tuis) PRESTASIES Baie geluk aan MG Joubert, Joshua van Zyl, Ethan Baird, Michael Barnard, Aidan Venter en Francois du Plessis wat tot Vaaldriehoek Krieketspanne verkies is en 28 - 30 September 2018 aan die Gauteng proewe gaan deelneem. KRIEKET Baie geluk aan Frederick Malgas wat verkies is tot die 0/17 Sewes Valke rugbyspan om aan die Nasionale Sewes Toernooi van 27 tot 29 September 2018 te Kimberley deel te neem. HEIDELBERG EISTEDDFOD GALA-AAND TROFEE WENNERS 7’S RUGBY Die Heidelberg Eisteddfod Gala-aand het op 7 September 2018 plaasgevind. Baie geluk aan die volgende Volkies wat algehele beste presteerders is en as trofeë wenners aangewys is. Bo LNR: Chris Janse van Vuuren: Onvoorbereide Drama, Wihan Botha: Ligte Vokaal, Lise-Marié Ver- woerd: Dans, Mathys Strydom: Model, Tarien Trollip: Redenaars, Claudine Steyn: Klassiek Vokaal 2de ry LNR: Marelisé Pretorius: Ligte Vokaal en Sang-voordrag, Human van der Merwe: Ligte Vokaal en Spraak, Marissa Joubert: Kreaewe Skryuns, Zander de Vries: Model Baie geluk aan Mohamed Gani wat algeheel 4de eindig tydens die Provinsiale Wiskunde Olimpiade. WISKUNDE OLIMPIADE

UUSBRIEF - volkiesh.co.za · Hoër Volkskool Heidelberg N UUSBRIEF Uitgawe 18 van 2018 Bl 1 BELANGRIKE DATUMS Maandag: 17 September 2018 Gr. 12 Voorbereidende Eksamen

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Hoër Volkskool Heidelberg

N UUSBRIEF Uitgawe 18 van 2018

Bl 1

BELANGRIKE DATUMS Maandag: 17 September 2018

Gr. 12 Voorbereidende Eksamen

Jacobs straat 1 Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected]

Dinsdag: 18 September 2018

Gr. 12 Voorbereidende Eksamen

Toetsreeks: Gr. 8—11

KRIEKET: 0/14 Semi-finaal

Woensdag: 19 September 2018

BINNEMUURSE HOKKIE: 0/14- & 0/15–

spanne te St. Dominic’s 14:30

Donderdag: 20 September 2018

Toetsreeks: Gr 8 - 12

Gr 12 Voorbereidende Eksamen

BINNEMUURSE HOKKIE:

0/16- en 1ste span te St. Dominic’s

KRIEKET: Evergreen T20

1ste span teen H/S Randburg (W)

0/15 A– teen H/S Randburg (T)

Vrydag: 21 September 2018

Gr 12- Voorbereidende Eksamen

TENNIS: Vaaldriehoek gemengde

tennisliga (A– en B– liga)

Saterdag: 22 September 2018

KRIEKET: Liga-bepalings:

1ste span teen H/S Sasol (W)

0/15 A– teen H/S Sasol (tuis)

PRESTASIES

Baie geluk aan MG Joubert, Joshua van Zyl, Ethan Baird, Michael Barnard, Aidan Venter en Francois du Plessis wat tot Vaaldriehoek Krieketspanne verkies is en 28 - 30 September 2018 aan die Gauteng proewe gaan deelneem.

KRIEKET Baie geluk aan Frederick Malgas wat

verkies is tot die 0/17 Sewes Valke

rugbyspan om aan die Nasionale

Sewes Toernooi van 27 tot 29

September 2018 te Kimberley deel te

neem.

HEIDELBERG

EISTEDDFOD GALA-AAND

TROFEE WENNERS

7’S RUGBY

Die Heidelberg Eisteddfod Gala-aand het op 7 September 2018 plaasgevind. Baie geluk aan die volgende Volkies wat algehele beste presteerders is en as trofeë wenners aangewys is. Bo LNR: Chris Janse van Vuuren: Onvoorbereide Drama, Wihan Botha: Ligte Vokaal, Lise-Marié Ver-woerd: Dans, Mathys Strydom: Model, Tarien Trollip: Redenaars, Claudine Steyn: Klassiek Vokaal 2de ry LNR: Marelisé Pretorius: Ligte Vokaal en Sang-voordrag, Human van der Merwe: Ligte Vokaal en Spraak, Marissa Joubert: Kreatiewe Skryfkuns, Zander de Vries: Model

Baie geluk aan Mohamed Gani

wat algeheel 4de eindig tydens

die Provinsiale Wiskunde

Olimpiade.

WISKUNDE OLIMPIADE

Hoër Volkskool Heidelberg

N UUSBRIEF

1 Jacobs straat Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected]

Uitgawe 18 van 2018

Bl 2

• Die bekroningsaand vind op 18 Oktober 2018 om 18:30 in die skoolsaal plaas.

• Baie geluk aan die volgende ses leerders wat as hoofleiers van die Volkieraad vir 2019 verkies is:

Danielle Mostert

Marelisé Pretorius

Meagan Thompson

Fredrich Barnard

Dehan Opperman

Wian Wiersma

• Die “LCS Challenge 4 Hope” vind op 13 Oktober 2018 by Lezar Opstal plaas. Ons wil ons ouers/voogde en leerders motiveer om

aan die uitdaging deel te neem. Die ouers/voogde en leerders moet GROOT ASSEBLIEF by die skool inskryf. Elke ouer en leerder

wat inskryf, ontvang by registrasie ‘n geskenkbewys van R50-00 by Spur. Elke leerder wat vooraf by die skool registreer, kan op 12

Oktober 2018 gewone klere aantrek en 10:00 huis toe gaan.

• Die skool gaan in 2019 na ‘n baie sterker Superreeks skuif. Die skool was vir twee jaar op ‘n waglys om by die PUK Prestige reeks in

te skakel. Ons is baie opgewonde omdat kleinsportsoorte soos tennis, skaak, gholf, bergfiets en landloop in die reeks

geakommodeer kan word. Die skole wat deel is van die reeks is die volgende:

Hoërskool Middelburg

Hoërskool Wesvalia

Hoërskool Lichtenburg

Hoërskool Hugenote

Hoërskool Zwartkop

Hoërskool Randburg

Hoërskool Oosterlig

Hoërskool Noordheuwel

Hoërskool Marais Viljoen

Hoërskool Jeugland

Hoërskool Montana

Potch Gimnasium

Potch Volkies

Die Anker

HTS Witbank

• Volkies se rugby is gepromoveer na Afdeling 1 (Skild) in die Virsekerbeker vir 2019. Hoër Volkskool is amptelik die kleinste skool in

die Makro-liga. As skool is ons baie trots op die prestasie en sien ons uit na die groot uitdaging. Die volgende skole neem in Afdeling

1 deel:

Hoërskool Lichtenburg

Hoërskool Oos-Moot

Hoërskool Centurion

Hoërskool Middelburg

Hoërskool Florida

Hoërskool Jeugland

Hoërskool Hugenote

Hoër Volkskool Heidelberg

N UUSBRIEF

1 Jacobs straat Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected]

Uitgawe 18 van 2018

Bl 3

Ek wil graag die volgende artikel wat deur Dr. Johan Coetzee geskryf is met die Volkie-ouers deel.

Die onderwerp van die artikel is “Mamma en Pappa – Ek wil asseblief Ouers hê!”

Die hartseer-verandering in gesinstruktuur en huweliksverbande, binne die bestek van twee generasies, is so dramaties as

wat dit tragies is.

Die moderne gesin het gedisintegreer en die kinders daarbinne het weeskinders geword, terwyl hulle wel ouers het, maar

weinig intieme raakvlak met mekaar.

Dit is die leefstyl en leefwyse van die moderne kind wat naasbestaan en eenvoudige sosiale funksionering bemoeilik.

Dubbelloopbaanhuwelike en -huisgesinne kan nooit ooit optimaal funksioneer nie, alhoewel dit vir so baie mense

onafwendbaar is. ʼn Verdere tragedie hieraan verbonde is die feit dat die uitkontraktering van jouself as ouer so maklik en

bekostigbaar geword het en ʼn infrastruktuur rondom hierdie tragiese surrogaat-oorlewing aan die orde is. Dit is asof jong

ouers verslaaf geraak het aan hierdie modegier van afwesigheid en selfgelding, ten koste van hulle kinders en uiteindelik

hulleself. Hoe kan ʼn moeder ooit sê “Dit is beter vir my kinders dat hulle my nie voltyds by die huis het nie”. Het hierdie

nuwe geslag ouers dan ʼn gewetenlose gemeenskap geword, wat kinders meganies produseer en hulleself dan van hulle

kinders distansieer terwyl hulle besig is met hulle eie voorkeure, en die kinders die weerlose slagoffer van verwronge en

gewetenlose ouers word?

Ja, die argument gaan sterk op dat hierdie moreel-etiese standpunt outyds is, en gestroop van alle dimensies van realiteit en

werklikheid. Indien daardie aanslag meriete sou hê, dan moet ook beide die huwelik-en doopformulier herskryf word.

Wanneer twee jong mense geseën is met talent, twee professionele loopbane en hulle beoog ʼn gesin, dan moet hulle nie

net begroot vir baie komplekse logistiek nie, maar waarskynlik ook pyn. Dit is ingewikkeld om ʼn optimale rolverdeling te

definieer en te praktiseer en om ʼn rustige gesinsverbondenheid in plek te kry.

Indien daar nie hiervoor antisipasie en selfloosheid geld nie, lei dit gewoonlik tot chaos binne die gesin, en tragies-genoeg,

waarskynlike, en selfs voorspelbare, ellende vir kinders.

Daar is geen plaasvervanger vir ʼn ouer nie. Daar is nie iets soos kwaliteit-tyd wat moet vergoed vir afwesigheid nie.

Kwantiteit is wat ʼn kind vra en veral beskikbaarheid.

Wanneer die dagmoeder of au pair of, daardie wonderlike bediende, jou baba se eerste tree waarneem, die eerste

woordjies hoor, of selfs die eerste tand sien deursny, dan het daardie ouers morele bedrog gepleeg, en het elke sent wat vir

hierdie professionele bystand betaal is, bloedgeld geword. Die verskoning dat mense móét werk, is inderdaad net dit, ʼn

verskoning.

Hoër Volkskool Heidelberg

N UUSBRIEF

1 Jacobs straat Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected]

Uitgawe 18 van 2018

Bl 4

Vyftig jaar gelede het mense niks gehad nie, maar alles vir mekaar beteken, veral vir die kinders. Moeders was skaamteloos

en trots huishoudster en moeder. Ja, sy was dikwels ʼn enkelouer met ʼn man, omdat daardie arbeidadel die broodwinner

genoop het tot ʼn werketiek en ʼn beroepsverbintenis wat ongelukkig afwesigheid tot gevolg gehad het. Ons is ook as kinders

Maandagoggend saam met die melkkanne afgelaai, in die koshuishuisvesting opgeneem, en is Vrydagmiddag weer met die

lorrie opgelaai plaas toe. Maar, die verskil is, daar was liefdevol versnaperinge voorberei en koestering en liefdevolle oorleg

was nooit afwesig nie. Dit was gewoon só omdat die skool in die dorp was, en nie omdat ouers hulle ouerplig wou ontkom

nie.

Die ingebore vergewensgesindheid van ʼn kind is wonderbaarlik. Wanneer kinders nie beter weet nie, en uitgelewer is aan

die verwronge keuses en besluite van ouers, dan is ál keuse wat hulle het, geen keuse nie! Kinders word die slagoffers van

verwarde ouers. Sulke ouers is nooit werklik volwassenes nie, en allerlaas begeleidende pa en ma.

Omdat die krisis opgesluit lê in ʼn komplekse lewenstyl en ʼn voorskriftelike struktuur, verdwyn die dimensies van geredelike

ontspanning, vryetydsbesteding, intieme raakvlak en naasbestaan en aan die einde van elke dag, ʼn ingegewe rustigheid wat

verhoudinge bou en interafhanklikheid snoer. Mense beleef nie, maar oorleef. Dit is die kentekens van paniek en chaos, en

hierbinne disintegreer die verhoudings van egliede noodwendig. Die gevolg is ʼn ongemak met mekaar, ʼn ingewikkelde

rolverdeling wat skuld en beskuldiging tot gevolg het, en uiteindelik aggressie en ʼn morsige bakleiery tuis wat ontstaan, en

helaas, voortduur. Hieraan is kinders uitgelewer. Nie net ervaar kinders die verwarring en onuitspreeklike pyn van ouers wat

grof teenoor mekaar lewe nie, hulle ervaar ook, onderbewustelik, ʼn sensasie dat hulle die oorsaak daarvan is. Kinders moet

aanhoor hoe ouers kwaadwillige argumente opper oor ouerskap, rolverdeling, moete en koste rondom die kinders. Kinders

huis hulleself aan die slaap terwyl hulle ouers woes besig is met die burgeroorlog tuis.

Die antwoord is nie ʼn terugkeer van een van die ouers na die huis en huisgesin, om voltyds weer ʼn konvensionele en

tradisionele rol op te neem nie. Dit lê nie in óf die oortuiging óf die mondering van hierdie moderne ouer nie. Die antwoord

lê veel eerder opgesluit in die vind van ʼn model wat kompromie en verwaarlosing meer bekwaam sal kan hanteer, omdat

dit helaas die moderne idioom en verkose lewensvorm geword het. Nog erger, ons moet begin verlief neem met die

tragedie dat moderne ouers net eienaars van kinders is, maar die opvoeding en vorming van die moderne kind deur die

dagmoeder, crèche, au pair, die skool en die kerk sal plaasvind, en dikwels ook ouma en oupa.

Kortom, eienaarkap van ʼn kind vrywaar jou nie van die opvoeding van daardie kind nie. Geen fisiese of finansiële rede of

oortuiging mag enige ouer ooit noop om die verwaarlosing van ʼn kind te regverdig nie. Indien jou verkose

lewensomstandigheid veroorsaak dat jy grof voor jou kind optree, moet jy onmiddellik jou lewensvorm rehabiliteer, en ʼn

nuwe dimensie van egte geborgenheid vir jou kind ingee, in ʼn gees van selfloosheid.

ʼn Mens wat verslaaf geraak het aan eie voorkeur, is nie net selfsugtig nie, maar bewerk ʼn bedenklike lotsbestemming vir

ander mense. Indien daar nie ʼn kentering, en selfs ʼn radikale beroepsbeperking by die moderne ouer ontstaan nie, sal ons

gewoon toekomsgenerasies produseer van verwarde en verwese mense, wat tydens hulle kinder- en jeugjare moes

ontbeer, terwyl ouers so krampagtig presteer!