Upload
justice-malanot
View
1.577
Download
8
Embed Size (px)
Citation preview
Boom Lusern: www.boomlusern.co.za
http://www.facebook.com/pages/Boom-LusernTree-Lucerne/236632356385580
Wondergewas vir veeboere
Wetenskaplike name:
Chamaecytisus palmensis, Chamaecytisus proliferous, Cystisus proliferous
Wat maak Boom Lusern so wonderlik?
1. Dit het dieselfde voedingswaarde as gewone Lusern, maar groei as n struik wat netso afgevreet
kan word, atyd vars en altyd groen, regdeur die jaar.
2. Boom Lusern bevat geen blousuur nie en bees kan heel jaar daarop loop en selfs 1 Kg per dier
per dag gewig aansit. Diere kan geen skade optel nie, anders as met gewone lusern waar diere
kan vrek.
3. Boom Lusern sit 80-300N stikstof gratis in die grond omrede dit n peulgewas is. Dis is dieselfde
as ongeveer R1000-R3000 se gratis kunsmis per hektaar per jaar (teen 700-1000 bome per ha)
en is veral goed vir gras groei tussen in die boomlusern struik lanings in die interry.
4. Die plant lewe vir 60-80 jaar en is immergroen – dit verskaf heel jaar groenvoer kos.
5. Die plant verhoog drakrag tipies tot tienkeer van gewone veld na n aangeplante boom lusern
blok. Veld wat 1 ton gras per hektaar per jaar lewer lewer tipies so 8-10 ton eetbare boom
lusern per hektaar. Die bepalende faktor is water ,met een ton eetbare metariaal vir elke
100mm reen (of vog in die grond reserwe). Indien daar n vlak water tafel is produseer
boomlusern teen ongeveer dubbeld die jaarlikse reenval in tonnemaat. In Bothaville met
800mm reen sal boom lusern bv ongeveer 16 ton eetbare materiaal kan lewer indien die plant
die watertafel kan bykom. Dit is elke jaar, heel jaar, met net n eenmalige aanplanting.
6. Die plant groei die beste in diep sand of diep dreinerende grond met n PH van 4-8 en kan
strawwe winters van tot minus 10 grade Celcius oorlewe- voor net die punte begin doodryp
(waarna dit weer uitloop). Die enigste ryp risiko is met baie jong plantjies, ouer boom lusern is
geweldig gehard teen beide koue, vuur en droogte. Dis n woestyn plant.
7. Dit word aanbeveel dat daar stelselmatig 10% van n veeplaas met Boom lusern gevestig word,
wat dan tipies die drakrag verdubbeld. Dit vind plaas omrede gras op kritieke tye gerus kan
word. Die effek is dat vee in die SA winter in kondisie bly en vet die nuwe seisoen begin.
8. Die minimum water vereiste is so 200mm water per jaar en die maksimum potensiaal tot soveel
as 3500mm water per jaar (bv drup besproeing).
9. Die aanbevole digtheid is blok aanplantings van so 700-1000 plante per hektaar wat in (enkel of
dubbel) rye 10 meters uitmekaar geplant word met plante in die ry so 2-3 meter uitmekaar. Die
interry is tipies aangeplante meerjarige gras soos Smustvinger or Erogrostis. Die tipe meerjarige
grasse produseer fantasties omrede hulle toegang kry tot die gratis stikstof van die boom lusern.
10. Die beste manier van aanwending is drukbeweiding per blok, intens vir n kort ruk (paar weke).
Dit kan bv 100 skape/40 beeste per hektaar vir n paar weke wees wat met druk selbeweiding in
n rotasie stelsel bewei word. Dit gee die plant kans om te herstel, en hoe meer die plant dan
gevreet word, hoe meer verbete groei dit. Na n tyd ontwikkel die plant n bossie struik vorm.
11. Die plant word as n saailing gevestig vir vinigste vestiging en kan binne 10 maande die eerste
keer ligweg bewei word, en is in kommersiele produksie van jaar twee.
Die Wonder Aksie van Boom Lusern:
1. Die wonder aksie van die plant is dat dit met n vertikale penwortel van tot 10 meters diep vog
uit die arde optrek, en dit dan met n proses van “Ondergrondse Besproeing” deur middel van
horisontale haarwortels uitlek. Die horisontale haarwortels groei tot 15 meters weg en sit
stikstof in die grond. So sirkuleer die plant grondstowwe van baie diep (tipies fosfaat en ander
dinge wat deur die jare uitgeloog het) op na bo en uitwaards . Die proses was grondstowwe los
wat uitgeloog het en nie andersins beskikbaar is nie. Die grondstowwe en water word dan aan
die boom lusern en ander plante soos Smutsvinger gras in die interry beskikbaar gestel naby aan
die oppervlak. Op die wyse word diep ondervog en minerale grondstowwe hersirkuleer. Die
vraag is nie meer wat kom die gras wortels in die boonste 30 cm van de grond by nie, maar wat
kom die boomlusern in die onderste 10 meter van die grond by. Dit stel n nuwe standaard van
produksie en winsgewendheid.
2. Rhizobium noduleer op die wortels en neem stikstof uit die lug en stel dit aan die plant
beskikbaar. Die plante worfd met n spesifieke Tagasaste entstof behandel saam met die
saailinge verskaf word. Dit wissel van tussen 80N tot soveel as 540 N wat per hektaar per jaar
gratis in die grond gesit word. Die effek hiervan op die 2/3 gras wat in die land tussen die boom
lusern lanings groei is fenominaal in terme van kwantiteit en kwaliteit. Dit is soos om met 100N
se chemiese Stikstof kunsmis op graslande te boer, maar jy betaal nie vir die kunsmis nie en jou
grond bly gesond en jou drakrag hou net aan verhoog, standhoudend. Vir meer hieroor loer na
http://en.wikipedia.org/wiki/Tagasaste
3. Mychorrhizal Fungi groei tssuen die plantwortels en die grond. Die fungi vegroot die voedings
area van die plantwortels met tot 7000 keer en neem water, grondstowwe en ander voeding op
wat de plantwortels nie self kan ontsluit nie (bv in klei) en voer dit dan die vir die plant in ruil vir
water, suiker en stikstof van die plant af. Vir meer hieroor loer na
http://en.wikipedia.org/wiki/Mycorrhizal_fungi Dit is n symbiotiese verhouding tussne mikro
organisms en die plant self, waar die plant suiker en voeding aan die organismse lewer en hulle
stikstof, voeding en water aan die plant beskikbaar maak in n mini ekosisteem. Dit is hierdie
groep organismes wat grondgesondheid aanhelp en n ontploffing in mikrobiese lewe tot gevolg
het. Met verlang van tyd val daar meer mis van die vee, en styg die vlak van mikrobiese lewe.
Opsomming:
4. Dit is die kombinasie van ondergrondse besproeing, die stikstof en die fungi wat boom lusern so
ryk aan proteine maak (15-25%), vir 12 maande van die jaar, in strawwe droogtes en waternood
wat ander plante sou verskroei.
5. Boom lusern verskaf n 12 maande voedingspeil aan diere, omrede die wortels, rhizombium en
fungi aan die plant n 12 maande voedingspeil verskaf. Die plant delf dinge uit die aarde los wat
gewone gewasse nie kan bykom en losmaak nie, en dit is wat Rande in jou sak sit.
Foto Verhaal: Kern Impak op Vee:
Dor Sand vlakte tydens droogte Bob Wilson se plaas Australia 1985
Dieselfde Kamp by Bob Wilson Australia met Boom Lusern in die 1990’s.
Dieselfde Bob Wilson sanderige plaas vandag-sonder erosie, met groenvoer en 2000 hektaar Boom
Lusern en derduisende stuks vee wat jaarliks afgerond word.
Boom Lusern Opsomming In kort:
Dieselfde voeding as gewone Lusern, maar sonder die risiko (blousuur en ontydige reen) en
kostes (baal en sny). Dit is groenvoer wat as n lewendige hooimied dien (“living haystack”).
Grootvee en wild word spekvet, terwyl kleinvee begin meerlinge gooi en suksesvol speen danksy
n 12 maande voedingspeil veral in die winter.
Daar is twee tipes boom lusern - n groter boom wat meer vir beeste (“Bees” tipe) is, en n kleiner
een wat meer vir kleinvee (“Skaap” tipe) is.
Indien boom lusern nie n lanings geplant word nie groei hy uit as n 4-6 meter boom. Let veral
hoe die onderkant van die boom gelyk afgevreet word deur vee.
n Boom Lusern plant wat toegelaat is om enkel alleen uit te groei na 4-6 meter
Bees tipe Boom Lusern:
Hierdie boom lusern is egter meganies gesny en vorm n struikagtige bossie agtige plant wat in toom
gehou word deur vee met intense beweiding. Die nabyheid van plante in die laning help
struikagtigheid aan.
Wei Strategie: Voerkraal in die veld!
Bees:
Bees kan 12 maande van die jaar op boom lusern loop omrede hulle bekke nie elke blaartjie kan
verwyder nie. Skaap sal egter na 6 weke n plant doodvreet en die bas begin afstroop. Skaap
vereis dus meer beheer as bees (kampe en drade en weidings bestuur), Bees nie.
Groeikrag is die meeste in die lente en vroee somer.
In die herfs en winter maande word die beste gewigstoename ondervind deur n suiker of lek
aanvulling addsioneel vir die vee beskikbaar te maak wat die 25% proteine van die boom lusern
help opneembaar en metaboliseerbaar maak. Dis nie nodig nie, maar dit lei tot maksimum
gewigstoename en die beste voeromset.
Met bees is die fokus om 1 kg per dier per dag gewigstoename te geniet. n Lek of suiker
aanvulling in die dor seisoen sal help om meer opneembare Boom Lusern proteine beskikbaar te
stel. Die plant bestaan uit 15-30% Ru Proteine, en ongeveer 70% van die plant materiaal is
eetbaar.
Boom Lusern en Kikuyu
Skaap tipe Boom Lusern:
Die skaap tipe Boom lusern wat afgevreet is
Dieselfde skaap tipe Boom lusern net 6 weke later!
Skaap Fokus:
Skape kan tot 850 gram per dag groei, asof op gewone lusern, sonder die risiko van gewone
lusern (opblaas en vrektes met ongereguleerde toegang). Daar is ook nie baal kostes en die
risiko van ontydige reen wat n normale gesnyde lusern oes vinnig kan laat vrot nie.
Skaap sal die plant doodeet indien hulle heel jaar op hom loop. Dit gebeur omrede hulle elke
blaartjie kan verwyder (wat fotosintese stop) en ook lief is om die bas te begin afstroop van die
smaaklike plant waneer daar nie meer ander kos is nie. Jaag hulle uit as die kos min raak.
Vuur:
Boom lusern is n droogte en brand buffer. Groen plante brand nie en maak uitstekende
brandbane. Die vuur brand tot by hom en brand dan dood. Groen bome brand nie.
Droogte:
In droogte “myn” die plant en fungi vorige jare se grondvog 10 meters diep en 15 meters wyd
en presteer asof dit n nat jaar is. Jy het n benutbare reserwe water in die droogte, in jou grond!
Die plant verskaf ook baie goeie beskerming teen ysreen en yswind en uitermatige koue as n
windskerm. Dit verhoed erosie.
Lammers:
Boom Lusern vervang basies hand en wei mielies. Ooie kan op die boom lusern loop en hulle
lammers grootmaak in die tradisionele dor lam seisoen.
Boom lusern se voedingspeil laat n 12 maande lam periode toe.
Boom Lusern = Meerlinge = wins.
Die verskil tussen boom lusern en tradisionele konvensionele weidings gewasse is dat dit geld in
die boer se sak sit, instede van die kunsmis maatskappy, die saad maatskappy, die diesel
maatskappy en die trekker maatskappy, die baaltou handelaar en die stoor verskaffer. Daar is
minder vermorsing en meer voedingswaarde aan n lewendige plant.
Hoekom pille maak as jy kan lewendige groenvoer gee.
Hoekom vermorsing, moeite, koste en risiko loop indien jy met n eenmalige aanplanting vir jou
60 -80 jarelange voeding kan vestig. Die Ram, die Bul en die Boom Lusern moet werk.
Lam kampie Boom lusern met ogiesdraad toegespan vir Skaap Ooie, Perde, Lama’s, Apacha’s en selfs
Buffels en wilde diere.
Wei strategie:
Die skaap tipe boom lusern is die heel beste vir kleinvee omrede dit struikagtig in vorm is en nie
te hoog kan groei vir kleinvee nie. Beide die bees en skaap tipe kan egter deur beide grootvee en
kleinvee gewei word, met die bees tipe wat meer algemeen beskikbaar en bekostigbaar is. Die
skaap tipe se saad is baie skaars en is eers onlangs geteel.
Die beste strategie is drukbeweiding in n roterende stelsel, waar die skaap vir 6 weke op die
boom lusern kan loop en dit dan weer vir 6 weke rus, waarna dit weer gewei kan word.
Wat belangrik is, is dat alle blare nie afgevreet word en die bas van die struike afgestroop word
omrede dit so smaaklik is nie. As die boom lusern kos min raak, jaag die vee uit en laat die plant
herstel. Die boom lusern groei dan net nog meer verbete, en die mis van die diere dien as
natuurlike kunsmis en kompos wat deur die baie mikro organismes in die grond benut word.
Drakrag hou dan aan styg jaar vir jaar agv toenemene standhoudende grondgesondheid. Baies
neem die stikstof en mikrobes in die grond toe, asook die humus, koolstof, water retensie en
dies meer. Kyk die prentjies indien jy nie verstaan nie.
Met tyd neem drakrag toe, tipies van 1 na 10 skape per hektaar in die 550mm reenval zone op
diep sand, en dan na so 5 jaar op na 15 skape per ha, en na 10 jaar na ongeveer 20-25 skape per
ha per jaar drakrag. Dit is soos die grondgesondheid toeneem en mis wegsak en komposteer
met die geweldige baie stikstof wat die plant produseer. Soos die mikrobviese lewe en koolstiof,
water retensie en erdwurms in die grond meer word, verhoog drakrag. Die lang termyn ideaal is
gesonde herstelde grond wat intens in groot getalle gewei en bemis word, met n gesonde
herstel fase vir die plant elke paar weke. Drup besproeing tot by 3500mm water is ook moontlik
wat tot 35 ton boom lusern per hektaar moontlik maak. Dit is sinvol om voeding via die water by
te voeg. Meer water verkort die herstel periode aansienlik, en verhoog drakrag (!).
Die maksimum wins strategie is om van tyd tot tyd fosfaat kunsmis (Superfosfaat) by te voeg tot
die plant omrede dit maksimum diereprestasie moontlik maak. Die diere sit dan die meeste
gewig moontlik aan. Tipies word daar n 1kg meer gewig per bees aangesit vir elke addisonele kg
superfosfaat wat toegedien word per ha. Onthou egter dat die plant dit wat deur die jare
uitgeloog het gaan “myn” en hergebruik. Die kern vraag is watter vog en grondstowwe is daar
binne 10 meters diep en 15 meters wyd om die plant? Dit bepaal prestasie, met water as die
beperkende faktor. Ou lande kan baie ekonomies presteer as gevolg van die kunsmis
geskiedenis lekker diep uitgeloog.
Onthou, die plant maak sy eie stikstof en dis nie nodig om dit toe te dien nie.
Vervuil die plant?
Nee. Die rede is dat die plant nie nie blomme of peule maak waneer dit deur vee bewei word
nie. Die plant skrik en sit al sy groei in nuwe lote in, wat dan weer afgevreet word. Dan skrik die
plant sy gat af en groei vir n vale, en so hrhaal die proses me boom lusern as a weidings gewas.
Hoe meer die plant gevreet woprd hoe meer verbete groei dit.
Opslag word ook onmiddelik doodgevreet deur weidende diere.
Bye is baie lief vir die blomme van aleen staande lusern bome.
Hase, koyne en voeltjies is ook baie lief vir die plant.
Jou probleem is nie dat die plant mettytd vervuil nie, maar eerder dat jy n uitdaging het om dit
die eerste maal gevestig te kry omrede al wat n dier is dit sou afwei indien hulle kon. Span dit
toe en maak die hek goed vas.
Die beste raad is om genoeg te vestig dat jy voorkom en dat n enkele dier nie als opvreet nie.
Boom lusern kan na so 10 maande die eerste keer ligweg bewei word om struikagtigheid te
bevorder.
Waar Koop mens dit en wat kos dit?
SaailingKostes:
Saailinge is beskikbaar vanaf hierdie website, teen n koste van R7 per saailing (vir die bees
tipe) en R10 per saailing (vir die skaap tipe, waneer beskikbaar). Die bestellings word dan
uitgevoer deur n paar kwekerye.
Vul jou kontak details in en die hoeveelheid saailinge wat jy verlang en verskaf jou kontak
besonderhede by Kontak Ons.
Minimum bestellings is 500 plante (bees tipe) (R3500) gelewer te Bothaville net om die hoek
van Nampo. Dis genoeg boom lusern saailinge vir 0.5 tot 1 hektaar. Ons het die jaar net 500
000 bome beskikbaar.
Boom lusern maak nie blomme en saad indien dit deur vee gewei word nie. Dit neem so 3
jaar om jou eie saad te kweek en daar is verskeie kwaliteit en ontkiemings uitdagings. Jong
piepklein plantjies is ook uiters kwesbaar in terme van vog, ryp, diere, vuur en hael. Dit word
aanbeveel dat kommersiele aanplantings deur saailinge gevestig word en kommersieel
gewei word vir die beste ekonomiese resultate.
Saad:
Saad is beskikbaar teen R5 per saadjie vir bees, en R7 vir skaap.
Boom Lusern saailinge
Boom Lusern saailinge (al bietjie groot vir n haas om dood te vreet)
Prinsiep met vestiging: doen dit reg, doen dit eenkeer, en skryf die koste af oor 60-80 jaar.
Impak op drakrag:
Dit word aanbeveel dat n mens so 10% van jou grond met boom lusern plant teineinde jou
drakrag met vee te verdubbel. Dit is veral moontlik omrede gras op kritieke tye gerus kan
word. Dit bied dan n buffer in droogte jare en is n effektiewe bestuurs opsie. Waneer ander
diere verkoop in droogte jare, koop jy aan.
Die mees ekonomiese aanwending is om bv speenkallers te koop, vet te maak en dan te
verkoop, sonder sentiment of jou eie aanteel kudde. Draai soveel diere soos jy kan, met n kg
per dier per dag fokus, vir 12 maande van die jaar. Dink voeromset, nie aanteel.
Die tipiese verbetering is van veld wat 1 skaap per ha kan dra na 10-15 skape drakrag per ha.
Dis n voerkraal in die veld vir 12 maande van die jaar. Maksimum wins kom met maksimum
benutting. Jou eie aanteel is dalk effe min en effe stadig. Rond af vir ander indien dit sin
maak. In Australia is daar duisende hektare boom lusern wat vir afronding beskikbaar
gemaak word en waar die eienaar 30% van die gewigstoename as betaling ontvang. Dit
werk, veral in die winter, en veral in droogte.
Die beste plek om dit te vestig is binne in bestaande graslande en reeds aangeplante
weidings. Basies word 1/3 van die land in rye gedis en dan word daar met n “auger” gate
gemaak. Boom lusern word dan op die 1/3 geplant (700-1200 plante per ha). Die gras wat
verloor word, wor din volume opgemaak deur die 2/3 gras wat oorbly. Die rede hiervoor is
die 100N se stikstof wat die boom lusern tot die hele land toevoeg, gratis, elke jaar, as
stikstof bemesting. Water is die beperkende faktor.
Die ander 1/3 is groenvoer, tipies boom lusern lote wat n hele paar keer n jaar afgewei kan
word, dan loop die plant weer uit. Dis die nodig om te baal nie, omrede dit vars bewei kan
word sonder enige vermorsing of meganiese kostes en slytasie.
Dit is baie goedkoper om vertikaal uit te brei as om grond by te koop-met n plant wat n
eenmalige vestiging behels, en wat dan elke jaar amper kosteloos gewei kan word, teen die
effek van gewone lusern. Beheer en bestuur is ook makliker en goedkoper.
Voordele van Vertikale uitbreiding:
Dis makliker om 15 skape op 1 hektaar te bestuur, as om 15 skape op 15 hektaar te bestuur. Dis
die beste om 100 skape op 1 hektaarboom lusern vir net 30 dae te bestuur, in 12 kampies van 1
hektaar elk, reg deur die jaar. Jaag hulle elke 30 dae na die volgende kampie.
Dis goedkoper om dit wat jy reeds het maksimaal te laat produseer, as om nuwe grond te moet
beykoop teen heersende mark pryse. Werk uit wat kos 1 hektaar se boom lusern en wat kos 1
hektaar se grond. Die politiek leen hom tot vertikale uitbreiding.
Dis goedkoper om jou grondgesondheid te herstel, met n plant wat mikrobiese lewe voed en
gratis stikstof uit die atmosfeer oes, as om dit uit n sakkie te moet finansier en uitstrooi, met die
lang termyn negatiewe gevolge (dooie erdwurms, verbrakking en verdigting van grond etc).
Die heel beste metode om wins te genereer is om hulpbronne meer doeltreffend te benut.
Vertikale uitbreiding waar vog en uitgeloogte historiese grondstowwe 10 meters diep gedelf en
benut word is meer sinvol as om meer hektare veld gras te wil aankoop en ekstenstief te benut.
Die gras benut die boonste 30 cm water ondergronds, die boom lusern die onderste 10 meter
water. Indien iets soos Honey Locut bome ook aangeplant word benut dit waters tot 60 meters
diep. Dit is n baie meer produktiewe status waar jy gras, struike en bome in een aanplanting het,
as om slegs op n enkel gewas te fokus wat nie die totale vog en grond diepte ten volle benut nie.
Boom lusern is n kopskuif wat inpas by organiese veeboerdery, standhoudend, met die
minimum insette en die maksimum uitsette, waar jy meer in die grond inset op n natuurlike
wyse as wat jy daaruit haal. Jy boer met erdwurms, mirkrobes, plante en diere, en strewe na n
gebalanseerde ekosisteem wat maksimaal die energie van die son omsit in vleis.
Silvopasture:
http://en.wikipedia.org/wiki/Silvopasture
http://www.centerforagroforestry.org/practices/sp.php
Dit is n vertakking van bosbou waar boom en struik gewasse deur vee benut word. Boom Lusern
aanplantinsg resorteer onder die tipe Boerdery. Jy is n vee boer wat met mikrobiese grondlewe lewe
boer, wat jou erdwurms voed. Jou gesonde grond voed jou plante (gras boom en struik). Die plante voed
jou vee, en die vee voed jou bank rekening. Die gedagte is om n kapitale inset te vestig wat n lang
termyn kapitale rendement lewer, en wat jou kinders se kinders eendag gaan benut. Die kern fokus is
egter kapitaal onder die grond, deur meer in te sit as wat mens uithaal. Boom lusern is die sleutel tot
hierdie kopskuif. Die ekonomiese perspektief is eenmalige vestiging met jaarlikse benutting vir 60-80
jaar lank deur vee. Dis die minste risiko vir jou vee faktor, droogte ryp en vuur bestand.
Dit is n organiese manier van boer wat ekonomies baie meer sin maak as om elke jaar chemiese kunsmis
oor aangeplante weidings uit te strooi. Dit maak meer sin as om te sny en te baal elke jaar. Vestig die
boom lusern, laat dit jou gras voed, en wei dit as n lewendige hooimied waneer jy dit die nodigste het.
Boom Lusern van naderby
Boom Lusern korrek geplant en bestuur
Boom lusern tydens droogte waneer geen ander groenvoer beskikbaar is nie
Grootste probleme met vestiging van Boom Lusern:
Boom Lusern is poeding, en kan veral deur hase, duikers en ystervarke gevreet word waneer dit
n baie klein plantjie is. Indien via saad gevestig moet sulke probleem diere voor die tyd beheer
word. In een Woord, PMP.
Waneer n mens saailinge vestig is dit n baie meer geharde plantjie wat reeds oor die mees
kritieke fase is (waar n tarentaal bv die plantjie afknip of n haas dit uittrek). Hou egter alle
weidiere weg van die aanplanting om maksimale groei te bewerkstellig. Dit sit die plantjie terug
as dit vroeg gevreet word.
Die tweede groot probleem is ander plante soos veldgras wat water steel. Dis n strook so 2
meters wyd of spuit Round-up 2 meters wyd en maak alle gras dood. Dit verseker dat daar
maksimaal water beskikbaar is vir die plant se vestiging. Dit is kritiek in jaar een.
Wikipedia agtergrond: Tagasaste, 100 000 ha in Australia
“History of introduction into Australia
The potential of tagasaste as a Spanish fodder was identified by Dr Perez, a medical practitioner,
based on La Palma island in the Canary Islands in the 1870s, and Spanish cattle farmers. He
wrote to the Spanish authorities promoting tagasaste as a fodder shrub but could not get them
interested. He then sent seed to Kew Gardens in England. Kew Gardens tested tagasaste and then
sent seed to all its colonies around the world. In Australia, tagasaste's potential was promoted by
a number of individuals over the next century (e.g. Dr Schomburge in South Australia and Dr
Laurie Snook in Western Australia) but was not adopted on a large scale until the 1980s in
Western Australia.
The first 2 ha of tagasaste in the West Midlands was planted by John Cook on his farm near
Dandaragan in 1982. The success of this small paddock excited the interest of other local farmers
and researchers. Before this the farming systems in the region were totally based on annual
pastures and crops. The region has strongly winter dominant rainfall, with up to 8 months
without rain over some summers. Until the development of tagasaste it was believed it was not
possible to grow perennial pastures in this region.
In 1984 the 'Martindale Research Project" was started by the University of Western Australia
with a large grant from Sir James McCusker. This project encouraged the participation of local
farmers and the Western Australia Department of Agriculture in the research and development.
Farmers such as John Cook and Bob Wilson at Lancelin developed seeding and mechanical
cutting equipment that allowed tagasaste to be sown and managed cheaply by farmers on a
broadacre scale. The Martindale Research Project resolved many issues relating to the agronomy,
animal production and economics that resulted in a reliable package that farmers could adopt
with confidence. The Western Australia Department of Agriculture also conducted trials on their
Badgingarra Research Station and at Bob Wilson's farm at Lancelin. Local farmers and
researchers formed the West Midlands Fodder Shrub Improvement Group. This later evolved
into the Evergreen Group (http://www.evergreen.asn.au/index.htm), which expanded its interests
to include a range of other shrubs, grasses and perennial legumes.
There are now about 100,000 ha planted to tagasaste in Western Australia. In WA it is mostly
grown on deep, infertile sands in regions nearer the coast with 350 to 600 mm rainfall. Most of
the tagasaste in Western Australia is in the West Midlands sand plain to the north of Perth”.
Kontak Ons:
Bestellings Prosedure:
1. Vir kommersiele bestellings van 500 plante of meer (0.5 tot 1 Hektaar @R3500) kontak
ons: Justice Malanot +27 82 3245982 Or [email protected]
2. Bank rekening: Absa Brooklyn Pretoria Branch, Current Account account nr
4059501706 . Dit is die enigste rekening wat gebruik word vir bestellings.
3. Reference nommer jou Naam .
4. Email Bewys van Betaling na [email protected] met jou kontak besonderhede en die
bestellings besonderhede.
5. Ons werk op n “progressive number” sisteem en eerste in is eerste uit. Kry jou nommer
en bevestiging van jou bestellings en lewerings details.
6. Laat n 2-4 weke bestellings periode toe en berei solank U lande voor (maak gate, maak
nat, maak die gras en hase dood, skiet die probleem diere, maak die drade reg, gooi n
handjie fosfaat kunsmis in elke gat en n bietjie kompos, dalk kalk).
7. Ons verwag van kliente om die plant
jies sel fte kom haal in Bothaville, of om met ons te koordineer rakende vervoer. Die
vervoer is vir U koste.
8. Plante word aan U gelewer met entstof vir maksimale prestasie reeds toegevoeg.
9. Die plante kom in 2 liter sakkies en dit word aanbeveel dat U dit spoediglik uitplant deur
die sakkie om te dop en die saailing in sy bestaande plantsakkie grond in die gat te
vestig.
10. Onthou, boom lusern groei die beste in goed gedreineerde grond met n PH van 4-8 en
meer as 300mm reen. Dis die ideaal, maar dis nie kritiek nie. Bly egter uit vleie en plekke
waar die wortels sal versuip. Indien daar baie klei is, boor die plant gat n meter diep.
Loer gerus na ons Downloads seksie vir meer agtergrond inligting.
Groetnis
Justice Malanot,
In samewerking met Anton Kordier en Marriete van Dyk
www.boomlusern.co.za
www.treelucerne.co.za
http://www.facebook.com/pages/Boom-LusernTree-Lucerne/236632356385580
Kontak Justice Malanot on [email protected] or 082 3245982