11
Uitgawe/Issue 53 Vars uit die veld BULLETIN THURSDAY, 31 October 2013 http://www.simmentaler.org/Documents/Home/2014%20Cha mpionship%20Programme.pdf 2014 Nasionale Kampioenskappe Program http://www.simmentaler.org/Documents/Home/2014%20Inte rnasionale%20Simmentaler%20Kampioenskappe%20Skouklass e.pdf 2014 Kampioenskappe Klasse (Simmentaler) http://www.simbra.org/Home/Championships/2014%20Inter national%20Simbra%20Championships%20Show%20Classes.p df 2014 Kampioenskappe Klasse (Simbra) Program en Klasse in Afrikaans en Engels beskikbaar op ons webblaaie www.simmentaler.org www.simbra.org Neem asb kennis dat die Kantoor gesluit sal wees vanaf 23 Desember 2013 tot Maandag, 6 Januarie 2014. Please note that the Office wil be clossed from 23 December 2013 to Monday, 6 January 2014. PROSIM AFSLUITING Kampioenskap Borge

BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

Uitgawe/Issue 53

Vars uit die

veld

BULLETIN THURSDAY, 31 October 2013

http://www.simmentaler.org/Documents/Home/2014%20Championship%20Programme.pdf

2014 Nasionale Kampioenskappe Program

http://www.simmentaler.org/Documents/Home/2014%20Internasionale%20Simmentaler%20Kampioenskappe%20Skouklasse.pdf

2014 Kampioenskappe Klasse (Simmentaler)

http://www.simbra.org/Home/Championships/2014%20International%20Simbra%20Championships%20Show%20Classes.pdf

2014 Kampioenskappe Klasse (Simbra)

Program en Klasse in Afrikaans en Engels beskikbaar op ons webblaaie

www.simmentaler.org www.simbra.org

Neem asb kennis dat die Kantoor gesluit sal wees vanaf 23 Desember 2013 tot

Maandag, 6 Januarie 2014.

Please note that the Office wil be clossed from 23 December 2013 to Monday, 6 January 2014.

PROSIM AFSLUITING

Kampioenskap Borge

Page 2: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 2

NB - Onderhewig aan verandering

OO

K B

ESKIK

BA

AR

OP

O

NS W

EBB

LAA

IE

Veilingsuitslae

Salerika Veiling: 9 Oktober 2013

DIERE AANGEBIED/VERKOOP GEMIDDELD HOOGSTE Bulle 43 / 43 R32 000 R120 000 Dragtige Koeie 16 / 15 R31 230 R120 000 Koei & Kalf 26 / 25 R29 730 R65 000

Stansim, Kykso & Kyksim Veiling: 3 Oktober 2013

DIERE AANGEBIED/VERKOOP GEMIDDELD HOOGSTE Bulle 7 / 3 R64 666 R120 000 Dragtige Koeie 14 / 9 R17 944 R35 000 Koei & Kalf 30 / 22 R28 318 R70 000 Verse 12 / 8 R17 875 R37 000

Baie welkom aan die volgende nuwe lede wat by die Genootskap aangesluit het.

G & H Punt BOTRIVIER 0726021183

Aquanoir Cc Koot Steyn ONVERWACHT 0827716386

CS Bessit MIDRAND 0826147300

LJ Lesch MALMESBURY 0824439933

Oubos Sim Stoet Adolf Malan BROOKLYN 0829048128

Nov 1 Vry Deo-Volente Veiling (Dannhauser) plaas Goedgedacht Parys

21 Do Vryburg November Bulveiling

ADMIN AFDELING Hiermee word u in kennis gestel dat Mev Jana Bester nie meer in diens van die Genootskap is nie. Ons Mev Belinda Putter sal haar telers en data werk oorneem. Die indeling volgens lidmaatskap naam, (bv. H vir JDH Hattingh en nie Salerika nie) vir die telers is dus nou as volg: Marguerite Fouchè [email protected] A,B en V-Z Belinda Putter [email protected] C-G Kathryn Kruger [email protected] H-M Chantel Viljoen [email protected] N-U Let asb na die verskeie e-pos adresse. Let ook asb daarop dat Mev Chantel Viljoen slegs vanaf 08h00 tot 12h30 by die kantoor beskikbaar is. Marguerite Fouchè werk nie van ons Bloemfontein Kantoor af nie en is beskikbaar by 079 503 8100. Baie dankie vir u samewerking in hierdie verband.

DIERE VERKOOP GEMIDDELD HOOGSTE Bulle 4 R27 500 R40 000 Koeie 9 R8 387 R10 000 Koei & Kalf 18 R10 916 R12 000 Verse 11 R7 809 R9 200

Page 3: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 3

All Namibia, Botswana and Zimbabwe members Standard Bank and Absa Bank no longer accept cheques from foreign countries. We kindly request that no cheques are to be posted to us in future, please deposit your cheque payment in Namibia, Botswana and Zimbabwe directly into our Absa Bank account or into our Standard Bank account. Please contact Erna at the office for any further queries.

BAIE BELANGRIK

Die Simmentaler en Simbra Genootskap se adres het verander. Gebruik asb die onderstaande adres:

Privaatsak X 7002, Langenhovenpark, 9330

REFERENCE USE FOR ACCOUNT PAYMENTS Please use your account number or your account name or your member number as a reference when you pay us electronically or per direct payment.

SIM Gholfdag – 4 Oktober 2013 Vroeg, vroeg het die registrasie begin. Manne het tougestaan – te bang hulle mis dalk iets. ‘n Feestelike gebeurtenis met lekker kuier was dit beslis. Lourens Conradie, het almal aan sy voete gehad met kwinkslae wat net nooit opgehou het nie. So, is daar tot in die oggendure gekuier. Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) speler en ondersteuner . Sonder u ondersteuning was die dag onmoontlik.

ADVERTISE IN BULLETIN OR ON WEBSITE Bulletin Cost is R275 per advertisement, per newsletter. Simmentaler and/or Simbra Web There are two options for advertising on the web: · A static link – this is permanently viewed on the right hand side of the home page and consists of your stud’s logo, contact details and then also a link to your website. This option is R900 per month. · The slide show – is viewed like Delft’s on the home page. This option is R400 per month. To place advertisement in Bulletin and/or on the Webpage, contact Belinda Putter at 051-4460580/2 or e-mail [email protected] OR [email protected]

Page 4: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 4

Simmentaler Joernaal vs Gedenkboek Na vele kopkrap is besluit om die Simmentaler joernaal van die gedenkboek te skei. Die joernaal is ’n verslagdoening van ’n jaar se bedrywighede, terwyl die gedenkboek die Genootskap se 50-jarige bestaan herdenk. Die Simmentaler en Simbra joernale word nou saamgestel om teen die einde van April 2014, betyds vir Nampo beskikbaar te wees. Stuur asseblief u advertensie/besprekings, nuuswaardighede, skoue, boeredae en vele meer so spoedig moontlik aan die kantoor. Ons be-oog om die gedenkboek teen die einde van 2014 te voltooi. U kan ook hierin adverteer. Dit mag slegs ‘n generiese advertensie wees. U kan ongelukkig nie u veiling of boeredag hierin adverteer nie. Ondersteun ons asseblief ook in hierdie groot poging. Simmentaler Journal vs History Book After much deliberation it was decided to separate the Simmentaler journal from the History Book The journal is a “report of the year’s activities”, whilst the History Book aims to celebrate the Society’s 50-year existence. The Simmentaler and Simbra journals are being compiled at this very moment to be ready at the end of April 2014, just in time for Nampo. Kindly let the office have your advertisements / reservations, news, shows, farmer’s days and much more as soon as possible. We aim to have the History Book finished by the end of 2014. You may also advertise in the book. It may only be a generic advertisement. You may unfortunately not advertise your auction or farmer’s day. Please support us in this huge project.

Pick n Pay en Molatek se bested stoetteler in Suider-Afrika is onlangs op die jaarlikse vleisbeesproduksieskool by Aldam in die Vrystaat aangewys. Die produksieskool word jaarliks deur die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) en Breedplan gehou. Tien telers van oor die streek is vanjaar benoem. Van liks is Christopher Sparks (vierde plek) van Mount Olive-Grangusstoetery by Harrismith, Gerrit van Zyl (gesamentlike naaswenner) van Hanzyl-Bonsmaras by Dewetsdorp, Diethelm Metzger (wenner) en sy vrou, Katja, van die Kamab-Simbrastoetery by Omitara in Namibia, die broers Hennie en Willie Snyman (derde plek) van die Jacusta-Bonsmaras by Bloemfontein, en Hennie Viljoen (gesamentlike naaswenner) van die Vlensburg-Simmentaler-Simbrastoetery by Parys. Foto: JOHAN NORVAL

Baie geluk aan die volgende Simmentaler en Simbra telers wat toekennings op die jaarlikse Landbouweekblad, BREEDPLAN, Pick&Pay en Landbank toekenningsaand ontvang het. Landbank Koeigroep van die Jaar toekenning: Simmentaler - JDH Hattingh, Delareyville Simbra - Delft Vennootskap, Piet Retief Landbouweekblad, BREEDPLAN, Pick&Pay Stoetteler van die Jaar toekenning: 1ste - D Metzger, Windhoek (Simbra) 2de - HM Viljoen, Parys (Simbra) HGS Voigts, Windhoek (Simmentaler) is ook vir die toekenning genomineer. 'Completeness of Performance' toekenning: Simmentaler - RE Rusch, Windhoek Simmentaler en Simbra - William Angus PTY Ltd, Arlington

Page 5: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 5

Die Gr. 11 Landbouwetenskap-leerders van Klerksdorp Hoërskool het op 21 en 22 Augustus 2013 ʼn Simbra-beesbeoordelingskursus afgelê. Dit was vir ons ʼn groot voorreg om die plaas Ysterspruit van mnr. Fanie Maré te besoek waar hy en sy twee seuns, Jaco en Orgie, ons touwys gemaak het rakende funksionele korrektheid die funksies daarvan met gepaardgaande praktiese beoordeling. Aanvanklik het ons soos wafferse boere rondbeweeg in die krale met ʼn hoed op die kop en ʼn pen in die hand. Min het ons geweet dat daar twee dae se harde werk vir ons voorlê. Ons is dit egter almal eens dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute beoordelaars en dat ons nou met ander oe na’n bees kyk. Ons was ook baie bederf met die heerlikste eetgoed en baie lekker middag etes deur die Marè-vrouens. Die kursus was vir ons baie leersaam en toepaslik en ons wil graag die Simbra-beestelersgenootskap bedank vir die moontlikheid van so ʼn kursus asook die erkenning vir die top 3 leerlinge en sertifikate vir alle kursus gangers. Lizelle Bruwer

Foto: Die 3 top leerders wat die Simbra Opleidingskursus geslaag het, saam met mnr. Fanie Maré en mev Lizelle Bruwer, Landbou-juffrou. Die beste kursusgangers in was Monique Kooij(1ste), Jakkie Wilkens(3de) en Almeru van Wyk.(2de)

Page 6: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 6

Die saak of die mens? Ek is tans erg onder die indruk van hoe maklik ’n organisasie soos ’n telersgenootskap uitmekaar geskeur kan word as gevolg van agendas wat te sterk gedryf word. En ek wonder wanneer is die saak belangriker as die mense. Ek wonder of die saak ooit belangriker is as die mense. Ek verstaan die passie wat gepaard gaan met die teel van diere waarvoor jy lief is. Ek verstaan die mag van sentiment, veral as dit verweef is met jou eie geskiedenis. Maar ek wonder ook watter waarde hierdie dinge alles oor 100 jaar gaan hê? Sal dit waarvoor ons soms voel ons moet baklei oor 100 jaar, as ons nageslag terugkyk, enigsins sin maak? Of sal dit net so vreemd klink soos wat ons vandag die vervolging van hekse in die Middeleeue bejeën? Die stoetbedryf staar tans besonderse uitdagings in die gesig. Hierdie uitdagings wissel van wetlike kwessies wat besleg moet word, tot strategiese besluite wat die voortbestaan en welsyn van individuele rasse direk kan beïnvloed. Daarmee saam dra die stoetbedryf nog altyd ’n besondere mate van passie. En dit is juis hierdie passie wat so dikwels suiwer besluitneming kan vertroebel. Ek bly myself afvra: As hulle oor 100 jaar hierdie era waarin ons leef moet opsom, was sal die slotsom wees? Het ons onsself deur sobere, suiwere denke laat lei, of is ons era gekenmerk deur onbesonne besluite wat 100 jaar later heeltemal onverstaanbaar sal lyk en steeds ’n negatiewe invloed sal hê? IZAK HOFMEYR REDAKTEUR [email protected]

Breeders not using HerdMaster can also submit their data electronically. The following forms are available on the Simmentaler and Simbra web – www.simmentaler.org / www.simbra.org Click on ‘Forms and Documents’ (SIM) ‘Forms and Documents’ (SBA) The Birth notification form is an Excel file which you can save on your computer and is an efficient method of submitting birth notifications with e-mail. The Weigh Form is also an Excel form for submitting weights and scan data electronically with e-mail. Please follow the instructions to submit the weights correctly. Improve your Herds’ Completeness of Performance rating by submitting all mating details by using the Days to Calving form. Please follow the instructions to submit the mating details correctly. Excel Cancellation Form. Excel Sale Catalogue information form.

Telers wat nie HerdMaster gebruik nie kan ook data elektronies instuur. Die volgende vorms is op die Simmentaler and Simbra web beskikbaar – www.simmentaler.org / www.simbra.org Kliek op ‘Vorms en Dokumente’ (SIM) ‘Vorms en Dokumente’ (SBA) Die Geboortekennisgewing vorm is ‘n Excel lêer wat u op u rekenaar kan ‘save’ en dit is ‘n efektiewe metode om geboortes per e-pos aan te meld. Die Weegvorm is ook ‘n Excel lêer waarmee gewigte en skandeer data per e-pos ingestuur kan word. Volg asseblief die instruksies sodat data korrek ingestuur word. Verbeter u kudde se ’ Completeness of Performance’ gradering deur paringsinligting met die Dae tot Kalwing vorm in te stuur. Volg asseblief die instruksies sodat data korrek ingestuur word. Excel Kansellasie vorm. Excel Veiling Katalogus inligting vorm.

Page 7: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 7

Birth & Fertility Statistics Animal Details Statistics Weight Statistics Carcase Statistics Indicated on birth notification: 1. Calving Ease 2. Birth weight, weigh within

48 hours of birth 3. AI date Submit with 400day (yearling) weight: 1. Scrotal circumference Days to Calving: 1. All joining information 2. Natural mating, bull in and

bull out dates 3. AI dates 4. Fate code

(NB: different fate codes to the Society codes. See the Days to Calving form for the correct fate codes)

Submit calf registrations as complete as possible: 1. Always indicate the sex

of the calf, including commercial calves

2. Indicate mating type (AI, Natural service or Embryo Transfer)

3. Always complete the Dam and Sire ID, indicate the breed if not Simmentaler or Simbra

4. Always complete the birth date

5. Complete the Breed and birth date/year of Recipient dams in case of Embryo calves.

Weigh all animals, including commercial animals still on your farm: 1. 200day Weight (wean).

Indicate actual wean date and weigh date. Weigh between 80 – 300 days with the dam.

2. 400day Weight (yearling). Weigh between 301 – 500 days and measure scrotal circumference.

3. 600day Weight (final). Weigh between 501 – 900 days.

4. MCW (mature cow weight). Weigh with calves wean weight.

Scan your animals for EMA (Eye Muscle Area), Rib Fat, Rump Fat and IMF (Intramuscular Fat) between the age of 300 – 800 days. Contact Kathryn at the Society for more details – [email protected]

How to IMPROVE your Herds’ Completeness of Performance rating:

VERBETER u kudde se ‘Completeness of Performance’ gradering:

Geboorte en Vrugbaarheid Dier besonderhede Gewigte Karkas Dui aan op die geboortekennisgewing: 1. Kalwingsgemak 2. Geboorte gewig, weeg

binne 48 uur na geboorte 3. KI datum Meet saam met 400dae (jaaroud) gewig: 1. Skrotum omtrek Dae tot Kalwing: 1. Alle paringsinligting 2. Natuurlike dek, bul in en

bul uit datums 3. KI datums 4. Uitskot kode

(NB: die dae tot kalwing uitskot kode verskil van die Genootskap kansellasie kode, sien die korrekte kodes op die Dae tot Kalwing vorm)

Voltooi die geboorte-aanmeldings so volledig as moontlik: 1. Teken altyd die geslag

van die kalf aan, kommersiële diere ook.

2. Teken dek tipe (KI, natuurlik of Embrio)

3. Teken altyd beide moeder en vader aan, dui die Ras aan indien dit nie Simmentaler of Simbra is nie.

4. Voltooi altyd die geboortedatum

5. Voltooi die Ras en geboortedatum/jaar van die Ontvanger moeder met embrio kalwers.

Weeg alle diere, insluitend kommersiële diere nog op u plaas: 1. 200dae Gewig (speen).

Voltooi die datum van speen asook die weegdatum. Weeg kalwers tuseen 80 – 300 dae asook die moeder.

2. 400dae Gewig (jaaroud). Weeg tussen 301 – 500 dae en meet die skrotum omtrek.

3. 600dae Gewig (finale). Weeg tussen 501 en 900 dae.

4. MCW (volwasse koeigewig). Weeg met speengewig van kalf.

Skandeer u diere vir EMA (Oogspier oppervlak), Rib Vet, Kruis Vet and IMF (Binnespier vet) tussen 300 – 800 dae. Kontak Kathryn by die Genootskap vir meer inligting – [email protected]

Page 8: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 8

Changing the Simbra BLUP analysis from a purebred to a crossbred model Brad Crook, a member of the ABRI team in Australia is the person dedicated to the RSA Simbra BLUP analysis

Brad Crook joined ABRI in 2000 and is a member of the BREEDPLAN Technical team.

Brad's primary responsibilities involve the testing and implementation of enhancements to

the BREEDPLAN analytical software, the provision of routine BREEDPLAN genetic evaluations

for a number of beef cattle breeds (both domestically and overseas) and the provision of

follow-up technical and diagnostic support to BREEDPLAN clients. Brad provides technical

support to BREEDPLAN clients in North America, South America and Southern Africa, as well

as engaging in contract R&D and customized genetic analyses on their behalf. Brad is

responsible for the implementation and routine undertaking of the Pan American Hereford

evaluation involving the Hereford populations in the USA, Canada, Uruguay and Argentina

and is also investigating the possible development of cross-country evaluations for a number

of Bos Indicus and tropically adapted breeds represented by ABRI’s international BREEDPLAN

clients.

Brad can be contacted on +61 2 6773 5263 by phone or at [email protected] by e-mail

Background

ABRI, Agricultural Business Research Institute through Breedplan is committed to continuous improvement in service and

usefulness of the products and services provided. During the past 18 months ABRI and specifically Brad Crook has investigated a

more appropriate model for the establishment of EBV’s for Simbra.The current Simbra evaluation is run using a "purebred"

model, i.e. from the basis that the Breed is purebred animals, with constraints to the contemporary groups to limit head-to-head

comparisons to those animals within the same F-generation. This results in a higher frequency of smaller contemporary groups,

compared to what would be formed if breed content and stage of crossing was ignored. The evaluation uses a generic set of

adjustment factors and covariance components used for tropically adapted and composite types.

A more appropriate model

ABRI has recently developed a crossbred model that accounts for heterosis and combining this with adjustment factors and

covariance components based on the Simbra Breed population data. The result is an improved simulation of the Breed given

that the results are based on larger (actual) contemporary groups. The accuracy of Breeding values improved largely due to the

benefit of larger contemporary groups.The Simmentaler/Simbra Breed Improvement Forum on behalf of the Board, has

evaluated the results from the improved analysis in comparison to previous data. The improved analysis results in a significantly

improved breed average for milk. Most other traits observed less significant changes to the breed average. The improved

breeding values and accompanying indexes will be published from the November analysis going forward. Breeders are

recommended to study the member reports available on the web.The Society would like to express its gratitude to ABRI for the

continuous drive for improvement.

Page 9: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 9

Aanpassing van die Simbra BLUP analise vansuiwer telingsmodel na kruistelingsmodel Brad Crook, ‘n lid van die ABRI span in Australia is aanspreeklik vir die RSA Simbra BLUP analise.

Brad Crook is sedert 2000 ‘n lid van die BREEDPLAN tegniese span.

Brad se primêre verantwoordelikheid sluit onder andere in die implimentering van

produkverbeteringe tot die BREEDPLAN analitiese sagteware, Brad is verantwoordelik vir die

Hereford evaluasie oorgrens in die Amerikas waarby die Hereford populasies in die VSA,

Kanada, Uruguay en Argentinië ingesluit is. Brad is verder betrokke by ‘n ondersoek na die

ontwikkeling van ‘n oorgrens-evaluasie vir ‘n aantal Bos Indicus en tropies aangepaste rasse

wat deel is van ABRI se internasionale BREEDPLAN kliëntebasis is.

Brad kan gekontak word by +61 2 6773 5263 per foon of by [email protected] per e-pos

Agtergrond

ABRI, (Agricultural Business Research Institute) deur middel van Breedplan is verbind tot deurlopende verbetering in diens en

benutbaarheid van die produkte en dienste wat verskaf word. Gedurende die afgelope 18 maande het ABRI en spesifiek Brad

Crook ondersoek ingestel na ‘n meer toepaslike model vir die daarstelling van BTW’s vir Simbra.

Die huidige Simbra BLUP evaluasie is gebaseer op ‘n ‘n suiwertelingsmodel , dit wil sê die onderliggende aanname was ‘n ras

saamgestel uit suiwer geteelde diere (F4), met beperkinge tot die kontemporêre groepe om die direkte vergelyking van diere

uit verskillende F-generasies of verskillende bloedsamestelling te vermy. Die resultaat is ‘n groter aantal kleiner kontemporêre

groepe in vergeleke met wat van toepassing sou wees indien bloedsamestelling en F-generasie ge-ignoreer was. Die

vergelykings maak verder gebruik van ‘n generiese stel aanpassingsfaktore en kovariasie komponente tiperend vir tropies

aangepaste en saamgestelde rasse.

‘n Meer toepaslike model

ABRI het onlangs ‘n kruisrasmodel ontwikkel wat heterose vereken en dit kombineer met aanpassingsfaktore en kovariasie

komponente gebaseer op die Simbra ras populasie data. Die resultaat is ‘n verbeterde simulasie van die ras gegewe dat die

resultate gebaseer is op groter (werklike) kontemporêre groepe en eie populasie data.

Die akuraatheid van teelwaardes het verbeter hoofsaaklik gebaseer op die voordele verbonde aan groter kontemporêre

groepe.

Die Simmentaler/Simbra Rasverbeteringsforum het die resultate van die nuwe benadering namens die Raad ge-evalueer in

vergeleke met die resultate vanuit die vorige analise. Die nuwe analise toon ‘n beduidende verbetering in die ras gemiddeld vir

melk BTW. Die meeste ander eienskappe vertoon nie-beduidende veranderinge aan die rasgemiddeldes.

Die verbeterde beraamde teelwaardes en gepaardgaande ekonomiese indekse sal vanaf November 2013 gepubliseer word.

Telers word aangeraai om die telersverslae beskikbaar op die webtuiste te bestudeer.Die Genootskap spreek met graagte sy

dank uit teenoor Breedplan/ABRI vir die verbetering in die produk en diens.

Page 10: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 10

SIMBRA VROULIKE DIER

“FOTO-KOMPETISIE”

Stuur vir ons jou foto’s, Naam en Van aan

[email protected] NB: NOEM ASB DAT DIT VIR

DIE KOMPETISIE IS!

Lekker KIEK!

Ons tema:

SIMBRA VROULIKE DIER/DIERE OF KOEIE/KOEI MET KALWERS OF VERS-GROEP

Ons dank aan Mnr Hennie de Lange (Exelsus Trust) wat die inisiatief geneem het om hierdie kompetisie te borg.

Die kompetisie sal oor die volgende 9 maande aangebied word. Die wenner wen R2500. Daar sal ook ‘n tweede plek (R1500) en derde plek (R1000) aangewys word. Die finaliste se foto’s sal gepubliseer word en die wenner plus naaswenners van die groot pryse sal by die Nasionale Kampioenskappe in 2014 aangekondig word. Die foto’s sal op Simbra Genootskap se Facebook-blad gelaai word en lesers is baie welkom om daarna te kyk en kommentaar te lewer. Die wenner plus naaswenners word deur ’n paneel bepaal. Die paneel sal saamgestel word uit die Raad van die Genootskap. Die reëls • Die reëls en inligting op hierdie kompetisieblad is deel van die voorwaardes en bepalings van deelname en inskrywing. • Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes. • Werknemers van die Genootskap mag nie aan die kompetisie deelneem nie. • Die Genootskap behou die reg voor om onderhoude met wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer. Pryswenners

sal in die Bulletin aangekondig word. • Alle inskrywings word die eiendom van die Genootskap en sal in ’n databasis vasgelê word vir toekomstige

promosiedoeleindes. • Die beslissing van die paneel is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. • Die Bulletin/Simbra Vroulike Dier foto-kompetisie begin op 1 Julie 2013 tot einde Maart 2014. Die wenner plus

naaswenners sal by die Nasionale Kampioenskappe 2014 bekend gemaak word. • Foto’s moet oorspronklik en groot genoeg wees vir publikasie (ten minste 1 MB en 300 DPI). • Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar word nie. Om ’n foto te sny (crop) word nie as

manipulasie beskou nie. • Foto’s kan alleenlik per e-pos ingestuur word. Die e-pos-adres is [email protected] • Die wenner plus naaswenners se name en foto’s sal in Bulletin gepubliseer word.

Page 11: BULLETIN Uitgawe/Issue 53 - simmentaler.org Bulletin 2013.pdf · Baie dankie aan elke borg (Agri Petrolium, borg van die dag) ... dat ons baie geleer het in die twee dae by gesoute

BULLETIN, Thursday, 31 October 2013 11

Stuur jou nuus aan [email protected]

Gelukwensings

Te Koop

Sterftes

Follow us on:

www.simmentaler.org

www.simbra.org

Simmentaler Cattle South Africa

Simbra Cattle South Africa

The Bulletin is the monthly newsletter of the Simmentaler & Simbra Breeders’ Society of Southern Africa. Opinions expressed in the Bulletin are not necessarily the views of the council of this Breeders’ Society. This Society accepts no responsibility for claims made in advertisements.

Articles may only be reproduced with the approval of the Editor. COPYRIGHT RESERVED

Simmentaler & Simbra Breeders’ Society of Southern Africa

Baie geluk aan die volgende persone wat gedurende

November verjaar:

1 Mynie Lauwrens 5 Jimmy Fouchè 11 Anina Bester 26 Martha Diba

Diere van die volgende telers ook te koop:

Cobus Fourie (Sim/Sba) Martyn van Aarde (Sim) Edele Köhler (Sba) (Namibia) Trevor Schefferman (Sim) Floris Pretorius (Sba) Petrus du Toit (Sim)

Kontak Fred Dell by 082 926 0716

Simbra Bul te koop

Boetan 0815 F2 bul met goeie lengte,

hoog in melk (+6) en goeie groei teelwaardes

Skakel eienaar: K van Niekerk Langkop Boerdery Boshof 0832619951

Bruikbare jong Limpopo bosveld Bulle beskikbaar

CSV 1059A CSV 1075A CSV1110B

Kontak: 083 529 9961

GESOEK: Haupner Tattoeëertang se

syfers. Vir meer inligting kontak

Jan Hattingh by 0832744493

KI fles met Simmentaler saad te koop. Vir navrae

skakel – Faan Marx by 082 9254 084.

MATRIEKS 2013 Baie sterkte aan al die Matrieks wat eersdaags begin met

eksamen. Glo en vertrou dat dit met elkeen van julle goed sal gaan.

'n Gebed vir Matrieks: Ek staan op die brug Heer, tussen gister en more, Nou. Tussen kindwees en grootwees is ek nou. En ek weet: nog nooit het ek so veel geweet nie, Of so min: Nog nooit was ek so groot nie En so klein: Nog nooit was ek so honger vir die lewe Of so bang nie As juis nou. Here, wees U by my, langs my oor hierdie brug Want sonder U, Here, wil ek omdraai en vlug! Here, help my om gister suksesvol af te sluit; Help my om myself vir more te slyp Help my fokus, Heer, help my lees. Gee my moed en insig en krag Vir elke vraestel; elke eksamendag. En in elke vak wat ek studeer, o Heer, Laat my opnuut die wonder van U aarde, U skepping sien - Die Hand van die Almagtige God wat ek dien. Maak my rustig Heer, kalm en stil; Hou spanning en angs weg van my. Laat my hand in U s'n bly. Bid daarvoor in die Naam van ons Here Jesus Christus. Amen.

Ons innige simpatie met Oosie Strydom met die

afsterwe van sy pa.