4
1 Bybelskool 2012 (tweede kwartaal) Die Boek Openbaring van Johannes “Die boek is baie kunstig saamgestel. Dit kan vergelyk word met ‘n orrelkomposisie waarin swaar dreuning van oordeel, geweld en smart, afgewissel word met die crescendos van oorwinning en blydskap en wat uitloop op die finale oorwinningslied” (B. Duvenage,1999, p. 3). 1. Is die boek Openbaring ’n moeilike en geheimsinnige boek, met allerlei kodes? 1.1 666 – Hitler, ea? 1.2 Sewe gemeentes is sewe eras, ons nou in sewende? 1.3 Letterlike verklarings (baie kreatief!) 1.4 Moeilik? Jy moet seker verstand hê – Op 13:18 1.5 Openbaring 1:3; 22:10,18,19 moenie boek verseël nie! 1.6 Profesie gaan altyd oor die wil van God in bepaalde tydsomstandighede, maar dan kry dit ook universele betekenis vir die kerk oor die eeue 1.7 Apokaliptiek - visioenêr, toekoms-voorbereidend, nie-voorspellend, 1.8 ’n Profetiese brief (Aanhef en slot soos alle briewe) met apokaliptiese styl om die kerk van die laaste te vertroos (ons lees van verskriklike dinge wat gaan gebeur, maar telkens kry selfs die apostels en die kerk gedurig - bv. Op 1, 4,5,7,15,19,22 2. Tema: Op 1:1 stel dat die boek oor Jesus Christus handel (Obj Genetief – Jesus is die voorwerp van die apokalips)). Terwyl ons Hom nie nou kan sien sien ons Hom nou tog wel in alles wat gebeur, solank ons kyk deur die Gees wat die opanbring gee (1:10). 2.1 Wederkomende Christus Openbaring 1:7,8 (Vergelyk met geboortepyne van Romeine 8:18-23) Openbaring 22:20,21 (Slot herhaal tema) 2.2 Christus gee sin aan die lewe van sy kerk Openbaring 1:19 – “Skrywe op wat jy gesien het , wat nou daar is en wat hierna moet gebeur” Dit word nogal duidelik dat die boek Openbaring vir die aardse mens ’n goddelike perspektief gee op die verlede , hede en toekoms.... Die lewe wat sin en betekenis kry in en deur die versoeningswerk van Christus! 3. Skrywer (Apostel Johannes, seun van Sebedeus, skrywer ook van die Evangelie en die drie Briewe) Johannes is (volgens die kerkvader Irenaeus) deur keiser Domitianus, wat self die keiser-aanbidding ingevoer het, na die eiland Patmos verban (lees ook 1:9b). Domitianus regeer van (81-96nC). Kommentare is dit nogal eens dat die boek Openbaring ongeveer in die jaar 95nC op Patmos ontstaan het. Werklike Skrywer is God self: Die drie getuies (marturian = getuie/martelaar) wat die waarheid bevestig - Op 1:1,2. Twee of drie getuies - (vgl Num 35:30 en Deut 17:6) Johannes skryf dit neer, op Patmos (1:9), op die dag van die Here, deur die Gees meegevoer. (Die boek slegs verstaanbaar as leser ook deur die Gees gelei word). 4. Adres (1:1 – aan sy dienskengte; gleufie in die deur van die hemel/toekoms)) Gerig aan die Christene van Klein-Asië om hulle te bemoedig in tye van swaarkry, vervolging en krisisse. Op 1:11 - Sewe gemeentes verteenwoordig die universele kerk van Christus op aarde. Dui op kaart aan waar Turkye en Patmos geleë is. Die boek is nie aan al die bestaande kerke geskryf nie ( vgl. Kol 4:16) 5. Sleutel 5.1 Nederigheid/beskeidenheid as vereiste vir verklaring van die Bybel 5.2 Op 1:20 Die betekenis is “verborge” vir gewone lesers (nie vir kerk) (Kyk ook Luk 8:9,10) 5.3 Openbaring 12 - die tweestryd 5.4 Openbaring 4,5 - die Een op die troon 5.5 Openbaring 1:1a - ’n apokalips oor Jesus

Bybelskoolriglyne8mei2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

nuusbrief,brief

Citation preview

Page 1: Bybelskoolriglyne8mei2012

1

Bybelskool 2012 (tweede kwartaal)

Die Boek Openbaring van Johannes

“Die boek is baie kunstig saamgestel. Dit kan vergelyk word met ‘n orrelkomposisie waarin swaar dreuning van oordeel, geweld en smart, afgewissel word met die crescendos van oorwinning en blydskap en wat uitloop op die finale

oorwinningslied” (B. Duvenage,1999, p. 3).

1. Is die boek Openbaring ’n moeilike en geheimsinnige boek, met allerlei kodes?

1.1 666 – Hitler, ea?

1.2 Sewe gemeentes is sewe eras, ons nou in sewende?

1.3 Letterlike verklarings (baie kreatief!)

1.4 Moeilik? Jy moet seker verstand hê – Op 13:18

1.5 Openbaring 1:3; 22:10,18,19 moenie boek verseël nie!

1.6 Profesie gaan altyd oor die wil van God in bepaalde tydsomstandighede, maar dan kry dit ook universele

betekenis vir die kerk oor die eeue

1.7 Apokaliptiek - visioenêr, toekoms-voorbereidend, nie-voorspellend,

1.8 ’n Profetiese brief (Aanhef en slot soos alle briewe) met apokaliptiese styl om die kerk van die laaste te

vertroos (ons lees van verskriklike dinge wat gaan gebeur, maar telkens kry selfs die apostels en die kerk

gedurig - bv. Op 1, 4,5,7,15,19,22

2. Tema: Op 1:1 stel dat die boek oor Jesus Christus handel (Obj Genetief – Jesus is die voorwerp van die apokalips)). Terwyl ons

Hom nie nou kan sien sien ons Hom nou tog wel in alles wat gebeur, solank ons kyk deur die Gees wat die opanbring gee (1:10).

2.1 Wederkomende Christus

Openbaring 1:7,8 (Vergelyk met geboortepyne van Romeine 8:18-23)

Openbaring 22:20,21 (Slot herhaal tema)

2.2 Christus gee sin aan die lewe van sy kerk

Openbaring 1:19 – “Skrywe op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna moet gebeur”

Dit word nogal duidelik dat die boek Openbaring vir die aardse mens ’n goddelike perspektief gee op die

verlede , hede en toekoms.... Die lewe wat sin en betekenis kry in en deur die versoeningswerk van Christus!

3. Skrywer (Apostel Johannes, seun van Sebedeus, skrywer ook van die Evangelie en die drie Briewe)

Johannes is (volgens die kerkvader Irenaeus) deur keiser Domitianus, wat self die keiser-aanbidding ingevoer het,

na die eiland Patmos verban (lees ook 1:9b). Domitianus regeer van (81-96nC).

Kommentare is dit nogal eens dat die boek Openbaring ongeveer in die jaar 95nC op Patmos ontstaan het.

Werklike Skrywer is God self: Die drie getuies (marturian = getuie/martelaar) wat die waarheid bevestig - Op 1:1,2.

Twee of drie getuies - (vgl Num 35:30 en Deut 17:6)

Johannes skryf dit neer, op Patmos (1:9), op die dag van die Here, deur die Gees meegevoer. (Die boek slegs

verstaanbaar as leser ook deur die Gees gelei word).

4. Adres (1:1 – aan sy dienskengte; gleufie in die deur van die hemel/toekoms))

Gerig aan die Christene van Klein-Asië om hulle te bemoedig in tye van swaarkry, vervolging en krisisse.

Op 1:11 - Sewe gemeentes verteenwoordig die universele kerk van Christus op aarde.

Dui op kaart aan waar Turkye en Patmos geleë is.

Die boek is nie aan al die bestaande kerke geskryf nie ( vgl. Kol 4:16)

5. Sleutel

5.1 Nederigheid/beskeidenheid as vereiste vir verklaring van die Bybel

5.2 Op 1:20 Die betekenis is “verborge” vir gewone lesers (nie vir kerk) (Kyk ook Luk 8:9,10)

5.3 Openbaring 12 - die tweestryd

5.4 Openbaring 4,5 - die Een op die troon

5.5 Openbaring 1:1a - ’n apokalips oor Jesus

Page 2: Bybelskoolriglyne8mei2012

2

6. Stylsoorte

In boek Openbaring het ons te make met baie metafore – bv. die kerk is sewe kandelare

6.1 Vergelyking - gebruik die woordjie “soos”

6.2 Gelykenis – vergelyking in storietrant - hoofsaaklik een punt van vergelyking

6.3 Allegorie - elke deel van die verhaal is bedoel om iets ander te dui

6.4 Metafoor – vergelyking sonder soos; mees effektiewe kommunikasievorm.

Gebruik van so baie metafore dui baie duidelik aan dat die boek nie letterlik gelees en verklaar moet word nie.

7. Getalle en simbole

7.1 Die getal 7 (3+4)

7.2 Die getal 12 (3x4)

7.3 Die getal 6, byna 7!

7.4 Die getal 10

7.5 Veelvoude bv. 144000

8. Struktuur en indeling

8.1 Met die eerste lees lyk die boek na ’n kaleidoskoop van losstaande visioene.

Tog word die eenheidslyne van die boek mettertyd duideliker. Let op na die volgende:

Brief het ’n aanhef en slot

Simbole en beelde word gereeld herhaal

Kruisverwysings [Bv. Op 1 se Jesus kom in elke brief (2-3) voor, ens]

Getallestruktuur word regdeur behou in die simboliese gbruik daarvan

Die tussentonele (Bv 7:1-17) dien as kommentaar en vertroosting

Merkers wat herhaal – “deur die Gees” (1:10; 4:2; 17:3) en

“wat hierna/binnekort moet gebeur” ( 1:1; 1:19; 4:1; 22:6)

Sewe saligsprekinge – 1:3; 14:13; 16:15; 19:9; 20:6; 22:7; 22:14

8.2 Verskeie kommentare bied pogings tot ‘n bepaalde struktuur.

Die maklikste is egter om die struktuur te beskou as ineengeweef in sewe sewes:

(konsentriese sirkels met Jesus Christus as middelpunt!)

Die sewe goue staanlampe (en die briewe)

Die sewe seëls (nadat ons gesien het Wie op die troon regeer)

Die sewe trompette

Die sewe visioene van die draak

Die sewe bakke

Die sewe visioene van Babel

Die sewe eindvisoene

Die gebeure loop in hierdie visoene parallel en dieselfde gebeure word telkens uit ‘n ander hoek beskrywe, terwyl daar

die hele tyd verdieping plaasvind. Die skrikwekkende openbaringe word telkens onderbreek met ‘n tussen-visioen

waarin die ontvanger Johannes, en lesers bemoediging kry om verder te kyk!

9. Bronne en boeke

Du Rand, JA. 2007. Die A-Z van Openbaring

Hendriksen, W. Meer as oorwinnaars

Hoeksema, HC. 1969 Behold he cometh

Van Helden, M. et al, Internet: www.gkcenturion.org.za - Bybelstudieriglyne

Duvenage,B. 1999. Van stryd tot oorwinning

Ander kommentare en Bybelvertalings en aantekeninge

10. Opdrag 1#

Neem Openbaring 1:1,3 en 7,8 as uitgangspunt om aan te dui dat die boek Openbaring deur Jesus aan sy kerk gegee is

om hulle te troos in tye van swaarkry.

Page 3: Bybelskoolriglyne8mei2012

3

11. Openbaring 1:4-5 - Lesers van die boek word deur God Drie-enig geseën!

Genade en vrede (Garis en sjalom, met ’n verkalerende koppelwoord)

Drie-Enige God seen die lesers:

Vader – Hy wat is en wat was en wat kom (= uitbouing van Eks 3:14 – EK IS…. Jahwe)

Onveranderlike maar ook altyd bewegende (aktiewe God)

Heilige Gees – Sewe Geeste voor sy troon (1:4; 3;14:5; 5:6)

Hele kerk (sewe gemeentes) het deel aan die Gees wat op hele kerk uitgestort is

Seun - met drie hoedanighede versier (vgl Ps 89:3,8,28)

Gestorwe – martus (martelaarsgetuie, getrou tot die dood)

Opgestaan – prototokos (eersgeborene uit die dood)

Verheerlik – argoon (owerste oor die alle konings)

Die eerste lesers is die jong kerk in benouing, en daarom moet hulle Christus se heerskappy erken en aanvaar anders sal

die boek vir hulle niks beteken nie. Anders kan hulle maar ophou lees!

12. Openbaring 1:6 – lofprysing op die voltooide werk van Christus

Die volgende woorde is ‘n lofprysing of Euologie/doksologie, wat met ’n amen bevestig word! Johannes wil die kerk

oproep tot lofprysing aan Christus! Ooreenstemmende lofprysings by Op 5 en Op 7:10.

Die skrywer verseker ons van die versoeningswerk wat Christus vir sy kerk voltooi het. (Tetelestai?)

Die bloed van Christus dui nie op iets mistiek nie maar op sy sterwe as betaling tot regverdiging/vryspraak.

Die gevolg is nie net priesterskap soos in die tabernakeltyd van Israel in die woestyn nie, maar nou is ons meer as

oorwinnaars (Rom 8) en daarom “konings en priesters van sy God” (Vervulling van Eks 19:6). Daar is dus ontwikkeling in

die openbaringswerk van God.

Ons deel dus nou in die waardigheid van Christus se ampte. Sondag 12 HK – Waarom word jy ‘n Christen genoem?

13. Openbaring 1:7,8 - Die boodskap van anderkant die dood! “Hy kom met die wolke...!”

Kernboodskap is die wederkoms, wat vas en seker is. (Hand 1)

Twee OT tekste is hier saamgevoeg: Dan 7:13 Die Seun van die mens kom met oordeel en bevryding

Sagaria 12;10 – Roubeklag

Jesus Christus is die vervulling van die OT!

Hy kom as deurboorde/gekruisigde om die oordeel te fel oor alle mense.

Ja, amen. Dit sal beslis waar word. Word bevestig in twee tale (Nai – Gr en Amen – Heb) – 7:9 “alle volke en tale”

14. Openbaring 1:9-20 - Verskyning van die verheerlikte Jesus aan Johannes op Patmos

Roepingsvisioen – dit is Johannes se legitimasie om die apokalips te skryf! (1:11)

Op die dag van die Here (1:10)

Deur die Gees meegevoer (In die Gees) – (1:10)

Opdrag: Skrywe! (1:11)

- Kandelare/lampe – kerklike visitasie van die Here self. Sewe briewe is visitasie rapporte!

- Kandelare is van duursame goud!

- Hy hou die sterre in sy (regerende) regterhand

- “Seun van die Mens” – Eretitel vir die opgestane Here (Dan 7; Matt 12:40; Mat 24;30)

“Iemand soos…” (Op 1;12) vergelyk met die woorde van Daniël 7:13. Té groots om werklik in woorde te beskrywe.

Page 4: Bybelskoolriglyne8mei2012

4

Visioen van die verheerlikte Christus. Sou mens dit kon vergelyk met Hooglied 5:10-16?

• lang kleed – Hoëpriester (Eks 28)

• goue band – Koninklike band van waardigheid

• hare wit soos wol – Ouderdom se wysheid en heilige majesteit

• oë soos vuur – sy oordeelsoog ontgaan niks

• voete soos geelkoper wat gloei – sy oordeel verteer alle teenstand

• stem – Profeet se stem helder, duidelik, net nog meer ontsagwekkend

• sewe sterre – sewe engele of bodes - leraars van die gemeentes

• swaard uit sy mond – twee snydende swaard van Heb 4:12

• sy voorkoms soos die son – Hy is die Son van geregtigheid (Mal 4:2)

In ‘n sterk beeld van sy bevoegdheid om te oordeel verskyn die Here Jesus Christus aan sy dienaar, en hy laat ons deel in

wat hy sien, sodat ons weet wat Jesus in sy kerk bevind nie maar opinies of gedagtes van ‘n mens is nie. Hy is ons ware

koning en priester voor God!!

Wat is Johannes se reaksie op hierdie ontsagwekkende verskyning van die Here? Wat sou u doen as die Here vandag

so aan u verskyn? Hoe vergelyk dit met die volk se reaksie by die berg Sinaï (Eks 20:18-21)? Watter troos bied die

Here aan sy dienaars? Waar kan ons nog van die soortgelyke “Ek is”-uitsprake vind?

Dit is tegelyk ‘n waarskuwende en bemoedigende verskyning ! Johannes skrik hom nie dood nie, maar val in absolute

aanbidding en eerbied (vrees/ontsag) neer voor die grootse Christus!

Jesus lê troosvol sy regterhand (sy krag) op die apostel en gee hom die troos van die evangeliewaarheid – Dit is Ek

(onthou Johannes was die een vir wie Jesus baie lief was – Jn 21:20).

Ek is die Eerste en die Laaste en die Lewende. Hier sien ons weer die “Ek is”-uitsprake wat so tipies aan Johannes is

(Joh 6;35;10:11;14:6 ens). Moenie bang wees nie, is die troos van ‘n Here wat die mens ken en verstaan. Dit is Ek wat

die dood en doderyk oorwin het, jy het niks te vrees nie.

15. Opdrag 2#

Skryf uit elkeen van die sewe briewe (sonder om enige ander bronne daaroor te lees) die boodskap wat jy vir

jouself en vir die kerk van ons tyd neem kortliks en duidelik neer.