9
24/2019 1 18 Augustus 2019 Dagboek Sondag 18 Aug Deurkollekte: Teologiese Studentekas Skinkbeurt: Wyke D35 en D33 Woensdag 21 Aug 19:00 Buitengewone vergadering Kerkraad met Diakens, gevolg deur Ouderlinge en Diakens verslagvergaderings afsonderlik. Skinkbeurt: Wyke D52, D71 en Sustersbestuur Donderdag 22 Aug 09:00 Gemeente Bybelstudie Vrydag 23 Aug 06:00 Vroegoggend- volgelinge Sondag 25 Aug Nagmaal Deurkollekte: Franse Media Bediening MEELEWING Ons deel in Andre en Carina Janse van Vuuren se vreugde met die huweliksbevestiging van hul seun JW Grove en Gerdine Visser verlede Saterdag. Ds. Petrus het die seremonie waargeneem. Ons onderskraag lidmate wat gehospitaliseer word en hulle wat aansterk met God se belofte in Psalm 40:1 “Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.” Tony en Maria Westwood se seuntjie Ian ontvang behandeling vir ʼn langdurige allergiese toestand. Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. Jaco Kornelius sterk aan nadat ʼn gewas verwyder is. Jan Kornelius ontvang behandeling vir ʼn rare bakterie wat sy gestel aftakel. Alida van Dijk word in Kloof behandel. Evert du Plessis het ʼn operasie ondergaan om ligamente in sy elmboog te heg. Gerhard Pentz met behandeling vir prostaatkanker. Marianne Erasmus het met behandeling begin nadat sy met leukemie gediagnoseer is. Pieter van der Walt ontvang chemoterapie na die verwydering van ‘n breingewas. Laurie Nieuwoudt is tuis na intensiewe chemo behandeling. Tina Knox was gehospitaliseer en pas nou aan nadat ʼn senuwee in haar been beskadig is wat haar mobiliteit inperk Bennie Kotze se Pa sterk goed aan na ʼn operasie. Ons dra vir Ria van Biljon saam met Justin en Lindi en hul kinders, en Clinton en Susan en hul kinders aan die sorg van ons Here op om vrede en berusting te vind. Sakkie het onomkeerbare breinskade na ʼn operasie opgedoen. Hy word steeds in Pretoria-Oos versorg. Kollektes onder die diens gaan vir die diens van Barmhartigheid.

Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 1 18 Augustus 2019

Dagboek

Sondag 18 Aug

Deurkollekte: Teologiese Studentekas Skinkbeurt: Wyke D35 en D33

Woensdag 21 Aug

19:00 Buitengewone vergadering Kerkraad met Diakens, gevolg deur Ouderlinge en Diakens verslagvergaderings afsonderlik. Skinkbeurt: Wyke D52, D71 en Sustersbestuur

Donderdag 22 Aug

09:00 Gemeente Bybelstudie

Vrydag 23 Aug

06:00 Vroegoggend-volgelinge

Sondag 25 Aug

Nagmaal Deurkollekte: Franse Media Bediening

MEELEWING Ons deel in Andre en Carina Janse van Vuuren se vreugde met die huweliksbevestiging van hul seun JW Grove en Gerdine Visser verlede Saterdag. Ds. Petrus het die seremonie waargeneem. Ons onderskraag lidmate wat gehospitaliseer word en hulle wat aansterk met God se belofte in Psalm 40:1 – “Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.”

• Tony en Maria Westwood se seuntjie Ian ontvang behandeling vir ʼn langdurige allergiese toestand.

• Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan.

• Jaco Kornelius sterk aan nadat ʼn gewas verwyder is.

• Jan Kornelius ontvang behandeling vir ʼn rare bakterie wat sy gestel aftakel.

• Alida van Dijk word in Kloof behandel.

• Evert du Plessis het ʼn operasie ondergaan om ligamente in sy elmboog te heg.

• Gerhard Pentz met behandeling vir prostaatkanker.

• Marianne Erasmus het met behandeling begin nadat sy met leukemie gediagnoseer is.

• Pieter van der Walt ontvang chemoterapie na die verwydering van ‘n breingewas.

• Laurie Nieuwoudt is tuis na intensiewe chemo behandeling.

• Tina Knox was gehospitaliseer en pas nou aan nadat ʼn senuwee in haar been beskadig is wat haar mobiliteit inperk

• Bennie Kotze se Pa sterk goed aan na ʼn operasie.

Ons dra vir Ria van Biljon saam met Justin en Lindi en hul kinders, en Clinton en Susan en hul kinders aan die sorg van ons Here op om vrede en berusting te vind. Sakkie het onomkeerbare breinskade na ʼn operasie opgedoen. Hy word steeds in Pretoria-Oos versorg.

Kollektes onder die diens gaan vir die diens van Barmhartigheid.

Page 2: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 2 18 Augustus 2019

DEURKOLLEKTE: TEOLOGIESE STUDENTEKAS Dit is vir die kerke in kerkverband van wesenlike belang dat daar genoeg predikante vir die bediening van Gods Woord is. (Sien Art. 19 KO) ‘n Tekort aan predikante is nadelig vir die geestelike groei van die lidmate, terwyl dit ‘n bykomende las op dienende predikante lê. Die kerke het die gesamentlike verantwoordelikheid om teologiese studente finansieel te ondersteun en daarom het die kerke beursfondse in die lewe geroep, waarvan die “Kas vir Teologiese Studente” die belangrikste is. Plaaslike kerke dra tot hierdie Beursfonds by deur middel van eredienskollektes. Hulp uit hierdie Fonds word deur ‘n kommissie vir finansiële ondersteuning (KFO) volgens ‘n vasgestelde reglement hanteer. Beurse word aan studente wat daarvoor aansoek doen, toegestaan alleen vir registrasiegeld, klasgeld en indien fondse dit toelaat, vir ‘n boeketoelaag. Vandag is die vierde van ses kollektes wat jaarliks vir die doel ingesamel word. Van die mikpunt van R25/lidmaat/jaar het die eerste drie kollektes gesamentlik slegs R9-35 opgelewer. Baie dankie vir u bydrae.

Deure/Kerkraad Diakonie onder

die diens

Bevestiging van Ampsdraers: Die broeders wat op 24 Julie 2019 as ouderlinge en diakens verkies is, en wat die roeping opvolg, sal DV vanaand in hulle onderskeie ampte bevestig word. Ons bid hulle die Here se seën toe in die beoefening van hierdie ampte.

Nagmaal volgende Sondag: Wyke met ongelyke nommers vier DV om 07:30 en wyke met gelyke nommers om 09:15 Nagmaal.

Bediening: • Vanaf 25 Augustus (Nagmaal) tot

15 September beplan ons ʼn fokustydperk wat met die Dankfees in September eindig. Die Bedieningsriglyn sal volgende Sondag beskikbaar wees.

• Ons nooi elke lidmaat om te skakel met voorstelle en gedagtes om te help dat Rietvallei in geloof en dienswerk mag groei.

• Laat weet waar ʼn afspraak gemaak kan word en ʼn besoek verlang word.

Ds Petrus en Ds. Danie

Katkisasie: Laerskoolleerders vergader om 09:10 in die kerkgebou. Hoërskoolleerders vergader soos gewoonlik om 17:00, waarna hulle saam met hul ouers by die aanderediens om 18:30 aansluit.

Preekbegeleiding: Vir kinders tot die ouderdom van 8 tydens die eerste diens in die saal.

Page 3: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 3 18 Augustus 2019

Beroeping van ‘n

mede-leraar:

• Baie dankie aan lidmate wat name van

predikante wat vir beroeping oorweeg behoort te word, ingedien het. ‘n Totaal van 15 name is ontvang.

• Die beroepingskommissie het op 14 Augustus vergader om nominasies teen die agtergrond van Rietvallei se bedieningsuitdagings te oorweeg. ‘n Volledige lys met motiverings word nou aan ‘n vergadering van die kerkraad met diakens, geskeduleer vir 21 Augustus 2019, voorgelê. Die vergadering sal dan ‘n tweetal vir oorweging van die gemeente, stel.

• Dit bly steeds die uitgangspunt dat ons die leiding van die Heilige Gees in die beroepingsproses soek. Dit bly dus elke lidmaat van Rietvallei se verantwoordelikheid om die saak in gebed aan die Here op te dra.

Senior Tee Ons Senior lidmate geniet vanoggend tee en verversings saam tussen die

twee eredienste. Dit is ʼn heerlike geleentheid om mekaar ook beter te

leer ken. Baie dankie vir almal wat met die reëlings gehelp het.

Kom deel jou talent! Gee jou naam vir Christine by die orrel 13 September 2019

Dankfees

RIETVALLEI’S GOT TALENT – R10 per item

DANKFEES! 13-14 September 2019

Vrydag Piekniek

18:00 Rietvallei’s Got Talent

19:00-21:00 Barista

21:00-21:15 Deurnag deur die Bybel

21:30

Saterdag Pretstap

07:00 Geloofsfamilie ontbyt

08:00-10:00 Bybelse Speletjies

09:00-11:00 Bybelse Ete

18:00 vir 18:30

Bybelstudie-groepe: Lidmate wat graag by ‘n Bybelstudie-groep wil aansluit, kan gerus met een van die volgende skakel:

• Bybelstudie Maandagaande vanaf 19:00 vir ouderdomme ongeveer 25 - 35. Dis elke keer by ‘n ander huis (Monumentpark-, Elarduspark-, Menloparkomgewing). Enige iemand wat wil aansluit of selfs net wil kom

Page 4: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 4 18 Augustus 2019

inloer kan Mareli Edwards by 079 523 3259 skakel.

• Ignite Bybelstudie-groep: Indien jy tussen 18 en 25 jaar oud is, kom sluit Woensdagaande by die kerk by hierdie bybelstudie-groep vir jongmense aan. Ons drink saam koffie vanaf 18:30 en van 19:00 tot 20:00 doen ons bybelstudie. Skakel vir Arne Verster (083 587 1434).

• Wyk, D13, (Oudl. Blikkies Blignaut) het ‘n aktiewe bybelstudiegroep in Moreletapark wat elke 2e week bymekaar kom. Lidmate van ander wyke wat wil aansluit, is welkom. Sr. Annelize van der Loo (083 958 0581) is die skakelpersoon.

• Wyk D31, Oudl. Tiaan Hoogenboezem, se wyksbybelstudie vind weekliks - Donderdae 18:00 vir 18:30 - plaas: Cornwall Hill, Irene. Nicolene Hoogenboezem kan by 082 551 4053 geskakel word vir meer inligting.

• Bybelstudie Woensdag-aande vanaf 18:30 vir jong werkendes met of sonder kinders. Dit word gereël deur Anculien en Vicci Schoeman en vind plaas by verskillende huise. Kontakbesonderhede is Anculien 073 155 0806 of Vicci 071 852 8578.

• Oudl. Guy Stubbs van RCT lei ‘n bybelstudie Sondagoggende om 09:15 in die klein kombuis by die saal.

Gee asseblief inligting oor bybelstudie-groepe aan die skriba deur, sodat dit in die Eljada bekend gestel kan word.

President Kruger Kinderhuis – 80ste Verjaarsdag vieringe

Opwindende verjaarsdag feesvieringe – 7 September 2019, Oos-Moot Hoërskool.

Vermaak – Die Campbells

R300 (sluit kos en vermaak in), bring eie drinkgoed. Tafels (10) is te koop teen R3000. Wonderlike bewusmaking en fondsinsameling

vir Kinderhuis. Kontak Marlene Spies by 012 332 1366 /[email protected] vir

besprekings/navrae.

Moeg Gesukkel / Gee Reg Indien enige lidmate belang stel om boekies te koop of meer inligting wil

hê, kontak gerus Mart-Mari Kruger by 0721010173

(verkieslik sms/WhatsApp)

Omgewingspitkos Die wind. Wat ‘n bekende en tog geheimsinnige en onverstaanbare iets! Die wind waai waar hy wil en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie (Joh 3:8). Juis daarom gebruik die Skrif wind as beeld van die Heilige Gees in sy wederbarende werking. Wind sal altyd ‘n wonder bly in sy vrymag van menslike beïnvloeding en verskeidenheid van werking te midde van sy invloed op klimaatsverandering. Ons ervaar reeds meer verwoestende werwelstorms terwyl huilende droogtewinde en singende treurwinde die nood van sugtende skepsels verder verskroei. Mag die sagte aandwindjie as Totius se ‘pelgrimskind’ ons ook laat wonder wie klop terwyl ons wag op minder wordende vogbelaaide reënwinde.

Page 5: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 5 18 Augustus 2019

VLAMVAT KONFERENSIE EXPANDO nooi lidmate uit na die volgende Vlamvat konferensie wat van 18 tot 20 Oktober by GK Brooklyn gehou word. Die tema van die konferensie is:

God se proses vir kerkvitaliteit Koste: R200 per persoon Kontak Ds. Chris de Beer; 082 758 3550 of per e-pos by [email protected]

Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys:

TOIBO se Julie 2019 nuusbrief is op die kennisgewingbord geplaas. TOIBO is ‘n kerklike nie-wins organisasie en ‘n gesamentlike aksie van die drie Afrikaanse Susterskerke. TOIBO verleen ondersteuning aan vyf skole vir kinders met spesiale leerbehoeftes. Een van die skole is in Bloemfontein en vier in Pretoria. Die skole in Pretoria akkommodeer 1858 leerders waar hulle met die beste tegnieke en onderrig gehelp word om hulle potensiaal te bereik. Loslitdag: 6 September 2019 Bestel jou plakkers nou en laat jou LIG skyn vir ‘n kind met ‘n gestremdheid.

ELJADA HUIS Boekenhoutkloofstraat 949, Claremont

012 377 0503 / 060 984 0809(An) / 079 377 5711 (Petro)

[email protected] / www.eljadahuis.weebly.com

Bankbesonderhede: Eljada Huis, Standard Bank, Montana,

Marketlink spaar, 044396058, Bankkode 051001

Vader skenk my die insig en wysheid om Eljada Huis en sy mense met Jesus liefde te hanteer. U ken my hart en ons behoeftes. Dankie. Amen Daar hang 'n wolk van hartseer oor die huis oor ons leraar, vertroueling, leier, ouderling en soveel meer wat weggaan. Volgende Sondag is dit die pastorie afskeid. Ons weet en glo dat GK Daspoort en Eljada Huis weer geseën sal word met 'n leraar wat sal omgee en betrokke wees. Bid asseblief vir ons ook in hierdie tyd. Ek is so dankbaar vir die verbeteringe wat hier aangebring word. Behalwe die deur wat verskuif is om plek te maak vir 'n pragtige vlekvrye staal dubbel wasbak, is die gasstoof ook in gebruik. Dankie aan elkeen wat daarby betrokke was en steeds is. Ons groter uitdaging nou is om ongeveer R30 000 bymekaar te maak om die inloop yskas se betonblad te gooi, die verkoel sisteme aan te koop en die skuif te laat plaasvind. Die naaldwerk sentrum is aan die gang, en nuwe naaldwerk projek is om ons gehawende stoele oor te trek. Nuwe spons en planke word benodig vir die oortrek van die stoele in die huis. Dit gaan ongeveer R50/stoel kos (40 stoele). Vertrou dat elke inbetaling van R50 gemerk "stoel" gou gaan gebeur. Die mooiste kompliment wat ek die afgelope week gehoor het was "julle is so blymoedig besig binne die ellende wat hier is". Ja ons dien Hom met

Page 6: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 6 18 Augustus 2019

oorgawe en vra elke oggend met gebed dat Hy ons altyd bly sal maak. Ons huil ook saam maar gaan moedig voort met ons dagtake. Dink aan ons in julle gebede want die elende kan maklik die blymoedigheid tem en net gebede hou ons regop sodat ons altyd net kan opkyk. Die volgende word benodig: • Veiligheid skoene #11 vir Collin • Swaardiens verlengkoorde 30m x

2, lyn vir die randsnyers x 4 & elektriese grassnyer

• Wol, hekelgare en penne. • Kussings, komberse, warmwater

sakke, mans, vroue en veral alle grote kinder warm klere, skoene en kouse.

• Gebruikte 2lt koeldrankbottels wat ons tans 'n koper voor het @ .50c elk. Die inkomste word gebruik om dan vars plaasmelk te koop vir die huis.

• DRINGENDE BEHOEFTE VIR BABAGOED; KLERE, EETSTOELTJIES, STOOTWAENTJIES EN BEDJIES ASB.

• Ons blikkies vleis is heeltemal uitgeput nl: pilchards, bully-beef en -hoender, ook bovril, sanitêre doekies (dogters bly uit skool wanneer hulle nie het nie) en kerse.

• Beddens, kaste, kantoortoerusting, yskaste, kaste, klein radiotjies, ou selfone, gereedskap vir die mans,

Dink aan ons in julle gebede want die elende kan maklik die blymoedigheid tem en net gebede hou ons regop sodat ons altyd net kan opkyk. Lekker naweek. Annatjie

Oggend 08:00 en 10:15

Sb 4-6 – Ere aan God Lied 500:1,2 – God’s dade is volmaak en goed Lied 547:1,2 - Alle volke klap julle hande Sb 17-1:1,6 – Wees nie besorgd oor jul lewe Lied 585:1-3 O Jesus laat ons nooit vergeet (V1 Susters, V2 Broeders, V3 Almal)

Skriflesing: Deut 8:1-19 en 2 Kor 12:1-10 Kernverse: Deut 8:10 en 2 Kor 12:9 Tema: Genoeg is genoeg 1. Swaarkry, honger ly, ontberings,

vervolging en moeilikhede is deel van ons lewe. • Hiervan kan die volk van ons

Here en Paulus nie genoeg vertel nie.

• Dit is ʼn realiteit wat ons aan ons lyf voel.

• Vandaar die uitroep: - Genoeg is genoeg

• Wat is daar in jou lewe om ook so te voel? Waar trek jy die streep?

2. God leer ons om sy genade te ken

• God beveel ons om gehoorsaam te wees en om volgens elke gebod te lewe

• Die Israeliete word veertig jaar in die woestyn bewaar. Hulle kry kos en klere, die beloofde land en veel meer. Hulle voete swel nie, hulle klere verslyt nie en daar is oorvloed . Die detail waarmee God versorg word beklemtoon “Genoeg”

• Paulus ken ʼn man wat deur God na die paradys weggeruk is. Dit beteken dat God gered het.

Page 7: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 7 18 Augustus 2019

3. God leer ons om as oorwinnaars te leef • Benewens alles wat God gee is

daar duidelike praktiese riglyne wat ons kan gebruik om staande te bly:

• ...... onthou hoe die Here jou God jou daagliks lei. (Deut 8:2)

• ...... leef van elke woord wat uit die mond van God kom. (Deut 8:3) So het Christus die Satan in die woestyn oorwin.

• ...... dank die Here as jy genoeg geëet het (Deut 8:10)

• Onthou God se belofte dat sy genade vir my genoeg is (2 Kor 12:9) Dit het Christus aan die kruis met sy sterwe bevestig.

4. Ons word tot gehoorsaamheid

opgeroep • Wanneer ons God se genade

leer ken, word my belewenis van “genoeg is genoeg” anders.

• Ek besef dat God oor my ongehoorsaamheid ook kan sê: Genoeg is genoeg.

• Ek beleef dat God se genade vir my genoeg is.

AAND 18:30

Sing: Psalm 95:1,2,4. SB 15-4:2,3,4,5. Psalm 19:6,7. Lees: Matteus 18:15-18. Fokusverse: Matteus 18:17-18. HK Sondag 31. Die sleutels van die koninkryk: koninkrykskinders gee om vir mekaar. Verlede Sondag het ons gekyk na die sleutels van die koninkryk en hoe die verkondiging van die Woord oop en toesluit. Vandag kyk ons hoe die onderlinge tug ook ‘n sleutel is wat oop en toe sluit. Matteus 18 leer ons die proses hoe die tug moet plaasvind. • In die eerste plek probeer jy dit

uitsorteer “tussen jou en hom/haar alleen”

• In die tweede plek, as ’n gesprek onder vier oë nie suksesvol was nie, neem mens een of twee mense, steeds ’n klein groepie, saam om as getuies te dien van jou eerlike poging om die saak te besleg.

• In die derde plek word die gemeente (die ekklesia – die kerk) ingelig, sodat almal saam die persoon kan bearbei.

• En in die vierde en laaste plek word hy of sy nie meer as deel van die geloofsgemeenskap geag nie. Toegesluit uit die koninkryk.

Page 8: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 8 18 Augustus 2019

Baie geluk aan die volgende lidmate wat verjaar. BELYDENDE LIDMATE

Bosua Benita 08/11 N14

De Klerk Annebie 08/11 D33

Kornelius Lana 08/11 S22

Kruger Mariando 08/11 S21

Malan Kobus 08/11 S64

Van Tonder Jeanri 08/11 S46

Steinbach Susan 08/12 D52

Van Der Linde HS 08/12 D11

Bosman Dirk 08/13 N75

Ehlers Johan 08/13 N15

Swart Cobus 08/13 S59

Truter Frans 08/13 D53

Van Biljon Lindi 08/13 N18

Veldhuizen Melodie 08/13 D71

Beck Lydiamarie 08/14 D33

de Meillon Jaco 08/14 S20

Erasmus Riana 08/14 S79

Greyling Marie 08/14 S77

Marais Martie 08/14 N56

Van Wyk Hannes 08/14 D52

Erasmus Martiens 08/15 D72

van Jaarsveld Elmie 08/15 N39

Martinson Gert 08/16 S04

van der Bijl Anthonie 08/17 N56

Van Schalkwyk Abrie 08/17 S21

Steenkamp Bertus 08/18 S21

Du Plessis Evert 08/19 D37

Lehman Petro 08/19 N41

Oosthuizen Ansie 08/19 S19

Snyders Ansie 08/19 N41

Van Tonder Roelof 08/19 S46

Cronje Andre 08/20 D53

De Kock Karien 08/20 S22

Duncker Carina 08/20 S59

Hutten Lydi 08/20 S19

Pienaar Fanie 08/20 D33

Pieterse Faan 08/20 S21

Schutte Awie 08/20 S22

Van Schalkwyk Tieneke 08/20 S21

Goodchild Hanneke 08/21 N15

Lindeque Roelf 08/21 D32

Coetsee Alicia 08/23 S04

Kruger Riaan 08/23 D10

Venter Marius 08/23 S20

Van Niekerk Giel 08/24 S22

Van Vliet Trudie 08/24 S78

DOOP LIDMATE

Rheeder Mia 08/11 S20

Janse van Rensburg Lenè 08/13 S48

Bronkhorst Henco 08/14 D35

Steyn Annika 08/14 D31

Smit Sarna 08/16 S19

Du Plessis Philip 08/18 D35

Kriel Lambert 08/19 S21

Venter Lenicke 08/21 D12

Venter Marius 08/21 S20

Havenga Hanno 08/24 D32

Page 9: Dagboek Tony en Maria Westwood segkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2019/... · • Martie Prinsloo het ʼn galblaas operasie ondergaan. • Jaco Kornelius sterk aan nadat

24/2019 9 18 Augustus 2019

Predikante

D Blok D10-D35 ds Danie; D36-D72 ds Petrus N Blok Ds. Danie Potgieter - 072 272 9631 [email protected] S Blok Ds. Petrus van Blerk - 082 456 0235 012 997 2010; [email protected] English Service Rev. Arthur Miskin - 083 657 4980 [email protected]

Skriba Oudl. Klaas Steyn - 012 361 4946, 071 471 4930 Faks 086 537 7392 [email protected] Orrelis Christine van Helden - 072 658 5664 [email protected] Koster Pieter Hoffman 012-345 2249, 082 898 2330

Kerkkantoor Finansiële aangeleenthede Titus Van Aswegen Tel: 012-347 7362 E-pos: [email protected] Faks: 086 537 7392 Kantoorure: 09:00 – 14:00 Attestate en Administratiewe aangeleenthede Karen de Lange Tel: 012-347 7362 E-pos: [email protected] Faks: 086 537 7392 Posbus 914-1095, Wingatepark, 0153 Kantoorure: 08:00 – 14:00

Diakonie Voorsitter: Bennie Kotze - 082 444 4942

Hope Community Church Gerrit Kornelius 082 925 9569

Franse Radiobediening Ds. Eric Kayayan [email protected] www.foi-vie.org.za

Topia (Toerus van predikante in Afrika)

Ds. Johannes Aucamp 072 815 7375) [email protected]

Bediening In Indië Ds. Rajesh Kumar [email protected]

Eljada - [email protected]

Heidi Muller 082 326 8968 Babara Labuschagne 082 630 6208

Susters Zelda van Blerk - 082 447 0674

Biblioteek Ria Vorster – 0827792406

Jeugsake Eljadi Lynelle Steyn - 082 410 9923 [email protected] Algemene Jeugsake en Katkisasie (Admin & Navrae) Gert Steyn 082 410 9922 [email protected] Preekbegeleiding Vakant

Eljada Huis - Daspoort Annatjie van Schalkwyk (012 377 0503/ 072 855 8289)

Pres. Kruger Kinderhuis Diensgroep Ronelle Berry 083 630 9989 Mart-Mari Kruger 072 101 0173

Bankbesonderhede Gereformeerde Kerk Rietvallei Absa Menlyn (Takkode: 355 645)

• Kerkkas - Tjekrek nr 34 9014 4306 • Diakonie -Tjekrek nr 40 5113 8620 • Franse Radio RF Faith and Life;

Tjekrek nr 40 4878 6755 • Susters – Tjekrek nr 4094 739 097