4
BESOEK ONS OPEDAG 18 MEI 2013 Die Universiteit van Pretoria bied jaarliks ’n opedag op die Hatfieldkampus aan. Voornemende studente word sterk aangeraai om hierdie geleentheid by te woon. Werk van huidige studente word uitgestal en dosente en adviseurs is beskikbaar om vrae te beantwoord. Inligtingsessies word om 09:00 en 11:00 in Ouditorium 3-3 in die Boukundegebou op UP se hoofkampus aangebied. Administratiewe studente-aangeleenthede soos aansoeke, klasgeld, beurse, registrasie en studiepermitte vir buitelandse studente word nie deur die Departement Argitektuur behartig nie. Voornemende studente moet hulle aansoeke om toelating en navrae oor hierdie aangeleenthede aan die Kliëntedienssentrum rig. Kliëntedienssentrum, Universiteit van Pretoria Tel: 012 420 3111 E-pos: [email protected] KONTAK ONS www.up.ac.za/argitektuur [email protected] 2013/2014 DEPARTEMENT ARGITEKTUUR VOORGRAADSE PROGRAMME 1 DEPARTEMENT Die Departement Argitektuur aan die Universiteit van Pretoria bied programme in argitektuur, binne-argitektuur en landskapargitektuur aan. Hierdie rigtings fokus op die ontwerp en realisering van ruimte, en as ontwerpprofessies in die bou-omgewing komplementeer hul mekaar. Al drie die studierigtings vereis vindingrykheid en bied die geleentheid om die rasionele en die kreatiewe in een beroep te verenig waar wetenskap én kreatiwiteit ingespan word om waardige omgewings te skep wat in alle opsigte aan gebruikers se behoeftes voldoen. Aanbieding in die Departement steun swaar op ateljeewerk, waar projekte vaardighede in ontwerp, teorie, kommunikasie en bestuur verskerp. Projekte wat in die ateljees uitgevoer word, steun op inligting uit die vakmodules wat studente onderlê in uiteenlopende aspekte soos aardleer, konstruksie, praktykbestuur, omgewingsleer en –geskiedenis. Modules met programspesifieke inhoud word vanaf die tweede studiejaar aangebied. Die Departement onderskryf ‘n formele onderrig wat akademies en teoreties gefundeer en tegnologies onderlê is. Gegradueerdes van die Departement geniet plaaslik én in die buiteland hoë aansien. Deur internasionaal geakkrediteerde programme in argitektuur, binne-argitektuur en landskapargitektuur en ‘n toewyding aan innovasie, dra die Departement tot ’n welvarende en volhoubare Suid- Afrikaanse samelewing by. ARGITEKTUUR 2012 TOP STUDENTE IN DIE M(PROF) PROGRAMME kloksgewys van regs bo: J. Matthysen - ML(Prof); D. Shand - ML(Prof) (gedeel) H. Raubenheimer - MInt(prof) N.A. Koch - MArch(Prof)

DEPARTEMENT ARGITEKTUUR - up.ac.za · ‘Binne-argitektuur’ is ‘n kategorie van die wyer dissipline bekend as ‘binne-ontwerp’. Binne-ontwerp het betrekking op alle werk wat

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DEPARTEMENT ARGITEKTUUR - up.ac.za · ‘Binne-argitektuur’ is ‘n kategorie van die wyer dissipline bekend as ‘binne-ontwerp’. Binne-ontwerp het betrekking op alle werk wat

BESOEK ONS

OPEDAG 18 MEI 2013

Die Universiteit van Pretoria bied jaarliks ’n opedag op die Hatfieldkampus aan. Voornemende studente word sterk aangeraai om hierdie geleentheid by te woon. Werk van huidige studente word uitgestal en dosente en adviseurs is beskikbaar om vrae te beantwoord. Inligtingsessies word om 09:00 en 11:00 in Ouditorium 3-3 in die Boukundegebou op UP se hoofkampus aangebied.

Administratiewe studente-aangeleenthede soos aansoeke, klasgeld, beurse, registrasie en studiepermitte vir buitelandse studente word nie deur die Departement Argitektuur behartig nie. Voornemende studente moet hulle aansoeke om toelating en navrae oor hierdie aangeleenthede aan die Kliëntedienssentrumrig.

Kliëntedienssentrum, Universiteit van Pretoria Tel: 012 420 3111 E-pos: [email protected]

KONTAK ONS

www.up.ac.za/[email protected]

2013/2014 DEPARTEMENT ARGITEKTUUR VOORGRAADSE PROGRAMME1

DEPARTEMENT

Die Departement Argitektuur aan die Universiteit van Pretoria bied programme in argitektuur, binne-argitektuur en landskapargitektuur aan. Hierdie rigtings fokus op die ontwerp en realisering van ruimte, en as ontwerpprofessies in die bou-omgewing komplementeer hul mekaar. Al drie die studierigtings vereis vindingrykheid en bied die geleentheid om die rasionele en die kreatiewe in een beroep te verenig waar wetenskap én kreatiwiteit ingespan word om waardige omgewings te skep wat in alle opsigte aan gebruikers se behoeftes voldoen.

Aanbieding in die Departement steun swaar op ateljeewerk, waar projekte vaardighede in ontwerp, teorie, kommunikasie en bestuur verskerp. Projekte wat in die ateljees uitgevoer word, steun op inligting uit die vakmodules wat studente onderlê in uiteenlopende aspekte soos aardleer, konstruksie, praktykbestuur, omgewingsleer en –geskiedenis. Modules met programspesifieke inhoud word vanaf die tweede studiejaar aangebied. Die Departement onderskryf ‘n formele onderrig wat akademies en teoreties gefundeer en tegnologies onderlê is.

Gegradueerdes van die Departement geniet plaaslik én in die buiteland hoë aansien. Deur internasionaal geakkrediteerde programme in argitektuur, binne-argitektuur en landskapargitektuur en ‘n toewyding aan innovasie, dra die Departement tot ’n welvarende en volhoubare Suid-Afrikaanse samelewing by.

ARGITEKTUUR

2012 TOP STUDENTE IN DIE M(PROF) PROGRAMMEkloksgewys van regs bo:

J. Matthysen - ML(Prof); D. Shand - ML(Prof) (gedeel)H. Raubenheimer - MInt(prof)

N.A. Koch - MArch(Prof)

Page 2: DEPARTEMENT ARGITEKTUUR - up.ac.za · ‘Binne-argitektuur’ is ‘n kategorie van die wyer dissipline bekend as ‘binne-ontwerp’. Binne-ontwerp het betrekking op alle werk wat

Argitektuur behels die ontwerp van geboue en die ruimtes daartussen. Dit is die kuns en wetenskap wat ingespan word om ‘n menswaardige omgewingte skep en lewer só ‘n bydrae tot die geestelike en materiële welvaart in die land. Argitekte is dikwels onafhanklike denkers, individualiste en innoveerders.Hoewel hul in diens geneem word deur instansies wat in ontwikkeling, belegging, navorsing, bemarking, die industrie of opleiding spesialiseer, word diemeeste argitekte onafhanlike konsultante en ondernemers.

The Departement se programstruktuur vir Argitektuur is as volg:

VOORGRAADS (GEDOSEER) MINIMUM DUUR UITKOMS (registrasie by SARAP)BSc(Arch) 3 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-argitekstegnoloogAanbevolle tydperk van werk of reis ten minste een jaarNAGRAADS (GEDOSEER)

BArch(Hons) 1 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-senior-argitekstegnoloogMArch(Prof) 1 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-argitekNOTA: Die Departement bied ook nagraadse grade deur navorsing en nagraadse grade in toegepaste wetenskappe aan. Vir meer inligting besoek asseblief www.up.ac.za/argitektuur

Toelating tot die gelyste kursusse hierbo geskied op grond van keuring (keuring sluit ‘n onderhoud in) - details op bladsy 3 van hierdie dokument.Die minimum vereistes* vir die BSc(Arch) - Baccalaureus Scientiae in Argitektuur is as volg: AFRIKAANS of ENGELS: 5 (60 - 69%) WISKUNDE: 4 (50 - 59 %) FISIESE WETENSKAPPE: 4 (50 - 59%) TPT: 27* Daar is geen waarborg dat ‘n kandidaat wat aan die toelatingsvereistes voldoen, tot die kursus toegelaat sal word nie aangesien die gedoseerde programme ‘n beperkte getal studente inneem.

ARGITEKTUURGevalideer deur die Suid Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (SACAP) en word erken deur die Statebondvereniging vir Argitekte (CAA)

BINNE-ARGITEKTUURErken deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir die Binne-ontwerp Professies (IID)

LANDSKAPARGITEKTUURGevalideer deur die Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskapargitektuurprofessie (SACLAP)

‘Binne-argitektuur’ is ‘n kategorie van die wyer dissipline bekend as ‘binne-ontwerp’. Binne-ontwerp het betrekking op alle werk wat gemoeid is metdie ontwerp van ingeslote binneruimtes in die bou-omgewing, vanaf die toerus van interieurs tot by die aangepaste hergebruik van bestaande geboue(uitbreidings ingesluit). Binne-ontwerpers werk met, en reageer op, bestaande of voorgestelde strukture binne die bou-omgewing. Hulle is veral gemoeidmet die vorming en bevraagtekening van die verhouding wat bestaan tussen ruimte, voorwerpe en die gebruikers wat hierdie strukture bewoon.

Die program in binne-argitektuur is een van slegs vier soortgelyke programme in Suid-Afrika wat opvoedingslidmaatskap by die Internasionale Federasievan Binne-Argitekte / -Ontwerpers (IFI) verwerf het. Die Departement was instrumenteel in die onlangse verstigting van professionele benamings ingevolgedie Wet op Nasionale Kwalifikasie-raamwerke (Wet 67 van 2008).

The Departement se programstruktuur vir Binne-Argitektuur is as volg:

VOORGRAADS (GEDOSEER) MINIMUM DUUR UITKOMS (registrasie by IID)BSc(Int) 3 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-binne-ontwerper Aanbevolle tydperk van werk of reis ten minste een jaarNAGRAADS (GEDOSEER)

BInt(Hons) 1 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-senior-binne-ontwerperMInt(Prof) 1 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-binne-argitekNOTA: Die Departement bied ook nagraadse grade deur navorsing en nagraadse grade in toegepaste wetenskappe aan. Vir meer inligting besoek asseblief www.up.ac.za/argitektuur

Toelating tot die gelyste kursusse hierbo geskied op grond van keuring (keuring sluit ‘n onderhoud in) - details op bladsy 3 van hierdie dokument.Die minimum vereistes* vir die BSc(Int) - Baccalaureus Scientiae in Binne-Argitektuur is as volg:

AFRIKAANS of ENGELS: 5 (60 - 69%) WISKUNDE: 4 (50 - 59 %) FISIESE WETENSKAPPE: 4 (50 - 59%) TPT: 27* Daar is geen waarborg dat ‘n kandidaat wat aan die toelatingsvereistes voldoen, tot die kursus toegelaat sal word nie aangesien die gedoseerde programme ‘n beperkte getal studente inneem.

Landskappe verbeeld die uitdrukkings van die dinamiese interaksie tussen die tegnologiese en kulturele aktiwiteite van menslike samelewings met die fisieseomgewing. Landskapargitektuur is ‘n beroep en akademiese dissipline bemoeid met die ontwerp van landelike en stedelike buiteruimtes op verskeie skale enword deur bogenoemde interaksie informeer. Dit neem veranderings oor tyd in ag en bemiddel kuns en wetenskap; artefak en natuur; stad en streek; en private en openbare belange. Dus sintetiseer landskapargitekte kennis van die geesteswetenskappe en die wetenskappe om op volhoubare wyse betekenisvolle en mooi plekke te ontwerp wat in die stoflike en geestelike kultuur en in die ekologie van plaaslike kontekste gegrond is.

Die program in landskapargitektuur is die enigste voorgraadse kursus van hierdie aard wat by ‘n universiteit in Suid-Afrika aangebied word. Daar is plaaslik ‘n groot aanvraag vir praktisyns in beide die openbare en privaatsektor.

Die Departement se programstruktuur vir Landskapargitektuur is as volg:

VOORGRAADS (GEDOSEER) MINIMUM DUUR UITKOMS (registrasie by SARLAP)BSc(LArch) 3 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-landskapargitekstegnoloog Aanbevolle tydperk van werk of reis ten minste een jaarNAGRAADS (GEDOSEER)

BL(Hons) 1 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-landskapargitekstegnoloogML(Prof) 1 jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-landskapargitekNOTA: Die Departement bied ook nagraadse grade deur navorsing en nagraadse grade in toegepaste wetenskappe aan. Vir meer inligting besoek asseblief www.up.ac.za/argitektuur

Toelating tot die gelyste kursusse hierbo geskied op grond van keuring (keuring sluit ‘n onderhoud in) - details op bladsy 3 van hierdie dokument.Die minimum vereistes* vir die BSc(LArch) - Baccalaureus Scientiae in Landskapargitektuur is as volg:

AFRIKAANS of ENGELS: 5 (60 - 69%) WISKUNDE: 4 (50 - 59 %)FISIESE WETENSKAPPE / GEOGRAFIE / LEWENSWETENSKAPPE: 4 (50 - 59%) TPT: 27

* Daar is geen waarborg dat ‘n kandidaat wat aan die toelatingsvereistes voldoen, tot die kursus toegelaat sal word nie aangesien die gedoseerde programme ‘n beperkte getal studente inneem.

VOORGRAADS NAGRAADS NOTA: Internasionale nagraadse aansoeke sluit op 31 Augustus 2013SLUITINGSDATUMS: 30 JUNIE 2013 30 SEPTEMBER 2013

2013/2014 DEPARTEMENT ARGITEKTUUR VOORGRAADSE PROGRAMME2

Page 3: DEPARTEMENT ARGITEKTUUR - up.ac.za · ‘Binne-argitektuur’ is ‘n kategorie van die wyer dissipline bekend as ‘binne-ontwerp’. Binne-ontwerp het betrekking op alle werk wat

1. AANSOEKEVoornemende studente kan aansoek doen deur ’n volledig voltooide aansoekvorm vóór die sperdatum in te handig. Vorms kan by die Kliëntedienssentrum verkry en weer daar ingedien word (sien ‘Kontakbesonderhede’). Om aanlyn aansoek te doen, moet u die Universiteit se webwerf by http://www.up.ac.za besoek en die ‘Nuwe Studente’-skakel volg.

Sorg asseblief dat u al die vereiste ondersteunende dokumente, soos gewaarmerkte kopieë van identiteitsdokumente (ID’s) en skooluitslae, vóór die sluitingsdatum inhandig. Onvolledige aansoeke kan nie oorweeg word nie. Aansoekers wat nog met Graad 12 besig is, moet hulle finale Graad 11-uitslae in hulle aansoek vermeld. Hulle sal in die eerste keuringsrondte op grond van hierdie uitslae beoordeel word.

‘n Beperkte getal studente word jaarliks ingeneem. Die Departement ontvang heelwat meer aansoeke as die getal plekke beskikbaar en daarom word voornemende studente wat programme van die Departement as hulle tweede keuse aandui nie vir keuring oorweeg nie. Alle aansoekers word aangeraai om ander moontlikhede te oorweeg ingeval hulle aansoeke onsuksesvol is.

2. MINIMUM TOELASTINGSVEREISTESDie volgende minimumvereistes is van toepassing:

• ‘n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes;• Engels of Afrikaans as Huistaal of Eerste Addisionele Taal:

min. prestasievlak van 5 (ten minste 60%);• Wiskunde: min. prestasievlak van 4 (ten minste 50%);• Fisiese Wetenskappe1: min. prestasievlak van 4 (ten minste

50%); • Lewensoriëntering: min. prestasievlak van 4 (ten minste 50%),

al word hierdie vak nie gebruik in die berekening van die TPT nie;• Toelatingspunttelling (TPT) van 27, bereken volgens die

onderstaande formule:

Onderrigtaal aan die Universiteit: Engels of Afrikaans+

Ander taal+

Wiskunde+

Fisiese Wetenskappe1

+twee ander vakke (behalwe Lewensoriëntering)

VOORBEELD VAN BEREKENING VAN TPT:

VOORGESKREWE VAKKE PUNT PRESTASIE KODE

Vak Groep AHuistaal 82 7Eerste Addisionele Taal 65 5Wiskunde 58 4Lewensoriëntering 72 -Vak Groep BFisiese Wetenskappe1 63 5

ANDER VAKKEbyvoorbeeld Lewenswetenskappe 76 6byvoorbeeld Rekeningkunde 55 4

TOTAAL TPT: 31

3. KEURINGSPROSESDaar is geen waarborg dat ‘n kandidaat wat aan die toelatingsvereistes voldoen tot die kursus toegelaat sal word nie. Toelating geskied op grond van keuring, wat twee rondtes behels:

In die EERSTE RONDTE word kandidate op grond van akademiese meriete gekeur. Diegene wat aan die minimum vereistes voldoen word na die tweede rondte genooi, waar hulle ’n departementele keuringstoets moet aflê. Saam met die uitnodiging ontvang hulle (per pos) ’n assesseringspakket wat hulle tuis moet deurwerk en op die dag van die keuringstoets moet inhandig. In die TWEEDE RONDTE word kandidate se algemene kennis, vermoëns en ervaring getoets by wyse van ’n departementele keuringstoets, wat op geskeduleerde Saterdae in Junie, Julie, Augustus en September afgeneem word. Kandidate moet die assesseringspakket wat hulle ná die eerste rondte ontvang het, ook dan indien. ’n Kortlys word saamgestel op grond van kandidate se prestasie in die keuringstoetse en assesseringspakkette. Kandidate wie se name op die kortlys verskyn, word na die finale keuringsonderhoude tydens die September-reses genooi. Die beslissing van die keurkomitee is finaal en geen bespreking of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Kandidate moet hierdie keuringstoets en onderhoud verkieslik bywoon. Indien ’n kandidaat egter werklik nie op die toegekende datums teenwoordig kan wees nie, kan hy of sy vra dat ’n pakket met verdere keuringsmateriaal aan hom of haar gepos word. ’n Telefoononderhoud kan toegestaan word.

Indien kandidate wat voorlopige keuring gekry het se Graad 12- eindeksamenuitslae nie aan die minimum vereistes vir toelating voldoen nie, kan finale toelating tot die Departement geweier word.

4. PORTEFEULJESTradisionele portefeuljes (met kuns of tegniese tekeninge) word nie vereis nie, of om duidelik te wees: aansoekers ontvang opdragte (klein navorsingstake en enkele vryhandtekeninge) om tuis voor te berei; dit word opgevolg deur toetse, waar hulpbronne nie beskikbaar is nie en tydsbeperkings geld. Ons keuring berus, naas akademiese prestasie, op ‘n holistiese evaluering van die aansoeker se algemene kennis en belangstellings, vermoëns, ervaring en motivering.

5. BELANGRIKE DATUMSDie Universiteit van Pretoria se akademiese jaar begin in Februarie en eindig vroeg in Desember. Die jaar word in twee semesters (of vier kwartaalmodules) verdeel, met kort resesse in April, Julie en September. Studente word aangeraai om gedurende die resesse in praktyke te werk sodat hulle praktiese ervaring kan opdoen.Die universiteitskalender is beskikbaar by http://www.up.ac.za/calendars/.

1 MAARTAansoeke vir toelating tot die volgende akademiese jaar open.

30 JUNIELaaste dag om alle voorgraadse aansoeke om toelating tot die Departement Argitektuur vir die volgende akademiese jaar in te dien. Hierdie afsnydatum geld ook vir alle aansoeke om oorskakeling.

JUNIE / JULIE / AUGUSTUS / SEPTEMBERDepartementele keuringstoetse word afgeneem op geskeduleerde Saterdae. Datums word toegeken en kan nie verskuif word nie.

SEPTEMBER RESES: 19 SEPTEMBER – 29 SEPTEMBER 2013Finale keuringsonderhoude vir kandidate op die kortlys.

31 OKTOBERKeuringsuitslae beskikbaar. Kandidate word skriftelik in kennis gestel.

30 NOVEMBERLaaste dag waarop gekeurde studente hulle keuring kan bevestig en deposito’s kan betaal of reëlings vir betaling kan tref.

NOTAS1 Vanaf 2011: Vir die BSc(Landskapargitektuur) program word Fisiese Wetenskappe of Lewenswetenskappe of Geografie aanvaar: minstens 50%.

2013/2014 DEPARTEMENT ARGITEKTUUR VOORGRAADSE PROGRAMME3

ALGEMENE INLIGTING vir alle voorgraadse grade

Page 4: DEPARTEMENT ARGITEKTUUR - up.ac.za · ‘Binne-argitektuur’ is ‘n kategorie van die wyer dissipline bekend as ‘binne-ontwerp’. Binne-ontwerp het betrekking op alle werk wat

6. KANDIDATE WAT VOOR OF IN 2007 MATRIKULEERDie volgende minimumvereistes is van toepassing: ’n Graad 12-sertifikaat met universiteitstoelating en ten minste 40% (E-simbool) vir Wiskunde en Natuur- en Skeikunde1 op Hoër Graad, of ten minste 50% (D-simbool) vir dieselfde vakke op Standaardgraad. Die vereiste minimum M-telling vir Graad 12 is 18 punte. Vir instruksies rakende die berekening van die M-telling, kontak asseblief die Departement: [email protected]. 7. INTERNASIONALE STUDENTEDie toelatingsvereistes vir internasionale kandidate verskil van dié vir kandidate wat die Suid-Afrikaanse Graad 12-eksamen afgelê het. Kandidate wat nie oor Suid-Afrikaanse burgerskap beskik nie, moet daarop let dat hulle studiepermitte moet bekom. Die verantwoordelikheid om die nodige reëlings hiervoor te tref, berus by die kandidaat.

’n Vrystellingsertifikaat word vir toelating vereis, en kan by die Matrikulasieraad, Hoër Onderwys Suid-Afrika (HESA) verkry word.

SUID-AFRIKAANSE MATRIKULASIERAADTel: 012 481 2842 plaaslik / +27 12 481 2842 internasionaalFaks: 012 481 2922/7 plaaslik / +27 12 481 2922/7 internasionaalE-pos: [email protected]: http://www.hesa.org.za

Internasionale studente word aangeraai om betyds aansoek te doen,en om hulle vrystellingsertifikaat sowel as gewaarmerkte kopieë van finalejaar-skoolsertifikate by hulle aansoek in te sluit. Alle sertifikate wat in ’n vreemde taal uitgereik is, moet deur ’n geakkrediteerde vertaler in Engels vertaal word. Let daarop dat onvolledige aansoeke nie vir keuring oorweeg kan word nie.

Rig navrae oor studiepermitte, mediese versekering, klasgelde en heffings asseblief aan die Kliëntedienssentrum (sien ‘Kontakbesonderhede’).

8. OORSKAKELENDE STUDENTEIngeskrewe studente van ander departemente kan aansoek doen om na die Departement Argitektuur oor te skakel. Vir hierdie kandidate is die eerste keuringsrondte gebaseer op:• Graad 12 resultate (sien ‘Minimum Toelatingsvereistes’); • Onlangse akademiese rekord;• ’n Gedetaileerde geskrewe motivering waarin die redes vir

oorskakeling duidelik uiteengesit word.

Studente wat tans by UP geregistreer is, kan bogenoemde dokumente regstreeks by die Toelatingsbeampte, Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie, indien (sien kontakbesonderhede). Studente wat by ander tersiêre instellings geregistreer is, moet via die Kliëntedienssentrum aansoek doen. Geen kandidaat sal toegelaat word om vir enige module te registreer voordat finale toelating op grond van keuring toegestaan is nie. Let op dat aansoeke jaarliks op 30 Junie sluit.

9. TAALBELEIDLesings word, waar dit ekonomies regverdigbaar en prakties is, in beide Afrikaans en Engels aangebied, maar slegs in Engels in sekere spesialisgebiede, of waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie.

10. NASIONALE NORMTOETS (NNT)Die Departement Argitektuur vereis nie van alle aansoekers om die Institusionele Vaardigheidstoets (algemeen bekend as die Nasionale Normtoets) af te lê nie. In spesiale gevalle waar dit wel vereis word, sal dié kandidate deur die Toelatingsbeampte in kennis gestel word van die reëlings. Kandidate wat ook by ander departemente en instellings aansoek wil doen word aangeraai om seker te maak of die toets wel elders vereis word.

11. KONTAKBESONDERHEDEAdministratiewe studente-aangeleenthede soos aansoeke, klasgeld, beurse, registrasie en studiepermitte vir buitelandse studente word nie deur die Departement Argitektuur behartig nie. Voornemende studente moet hulle aansoeke om toelating en navrae oor hierdie aangeleenthede aan die Kliëntedienssentrum rig.

ALGEMENE NAVRAE EN AANSOEKEKliëntedienssentrum, Universiteit van PretoriaLynnwoodweg-ingang, Hoofkampus, Universiteit van Pretoria Tel: 012 420 3111 plaaslik / +27 12 420 3111 internasionaalFaks: 012 420 4555 plaaslik / +27 12 420 4555 internasionaalE-pos: [email protected]

AKADEMIESE NAVRAE: VOORNEMENDE STUDENTEElana van der Wath, Departement ArgitektuurBoukundegebou, UP HoofkampusTel: 012 420 2182 plaaslik / +27 12 420 2182 internasionaalFaks: 012 420 2552 plaaslik / +27 12 420 2552 internasionaal E-pos: [email protected]

AANSOEK- EN KEURINGSNAVRAE Jenny van Rooyen, Toelatingsbeampte, Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en InligtingtegnologieKamer 6-9, Ingenieursgebou 1, Hoofkampus, UPTel: 012 420 5166 plaaslik / +27 12 420 5166 internasionaalFaks: 012 420 4669 plaaslik / +27 12 420 4669 internasionaal

E-pos: [email protected]

12. NUTTIGE SKAKELSUniversiteit van Pretoria: www.up.ac.za Regulasies, vakmodules en sillabusse is beskikbaar by: www.up.ac.za/yearbooks (kies ‘Bou-omgewing’) LANDSKAPARGITEKTUUR:Die Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskapargitektuurprofessie (SACLAP):

www.saclap.org.za

Instituut van Landskapargitekte van Suid-Afrika (ILASA):www.ilasa.co.za

BINNE-ARGITEKTUUR:Die Suid-Afrikaanse Instituut vir die Binne-ontwerp Professies (IID):

www.iidprofessions.com

Internasionale Federasie van Interieurargitekte en -ontwerpers (IFI): www.ifiworld.org

ARGITEKTUUR:Die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (SACAP):

www.sacapsa.com

Die Suid-Afrikaanse Instituut van Argitekte (SAIA): http://www.saia.org.za

2013/2014 DEPARTEMENT ARGITEKTUUR VOORGRAADSE PROGRAMME4