32
Die Die Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika Ligdraer April 2016 Nr 243

Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

DieDie

TTyyddsskkrriiff vvaann ddiiee CChhrriisstteelliikkee VVeerreenniiggiinngg vvaann SSuuiidd--AAffrriikkaa

LLiiggddrraaeerr

April 2016 Nr 243

Page 2: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

“.....en sonder woorde bring hul troos vir dié in smart.”

Voorblad

Indien u ‘n artikel in die Ligdraer wil plaas kan u vir br Hermann Havenga kontak

Selfoon 084 437 6266E-pos [email protected]

Die Ligdraer is in PDF formaat beskikbaar op die Kerk se webwerf by www.cvsa.co.za

DDiiee

TTyyddsskkrriiff vvaann ddiiee CChhrriisstteelliikkee VVeerreenniiggiinngg vvaann SSuuiidd--AAffrriikkaa

LLiiggddrraaeerr

Page 3: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

1 “U is die man!” - Leraar Fanie Visagie

6 ‘n Voorreg om oud te word - Baba Kriel

7 My Getuienis - Coreen Zwarts

9 Hou vas aan God se belofte - Susan Oberholzer

11 Nietigheid van die mens - Bettie Rossouw

12 Die Ligdraer - Christine Kaltwasser

13 Tyd gaan so gou verby - Sannie Rossouw

14 Versekerings grond - Jan Smit

15 Ons Vader se troue sorg - Mariana Nell

18 24 Desember 2016 - Jan Smit

19 Ek wil die Here loof! - Elize van Rensburg

20 Kyk, die Heer het opgestaan - Miemie van Heerden

21 Verjaarsdae 70

23 Nuwe lidmate

23 Dopelinge

24 Huwelike

25 Algemene inligting

27 Sterfgevalle

28 Spesiale Dienste 2015 en 2016

InhoudInhoud

+

Page 4: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

Fanie

Vis

agie

(Le

raar

)

1

““UU iiss ddiiee mmaann!!””

2 Samuel 12 vers 7:

“Toe sê Natan vir Dawid: U is die man!”

BOODSKAP VAN ONS LERAAR OP SONDAG 7 FEBRUARIE 2016

Met ons vorige dienste by Baviaanskrans het hierdie woorde duidelik na my gekom: “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is daar vir u iets waardevols hierin opgesluit.

As ons in die geskiedenis terugkyk sien ons vir koning Dawid op die dak van sy woning, besig om af te kyk oor sy stad, en iewers onder is daar 'n vrou besig om te bad op die dak van haar woning – moontlik met opset, ons weet nie. Haar man Uria was weg op die oorlogsveld. Maar Dawid merk haar op en skielik begeer hy haar. Hy het haar laat haal en hy het by haar ingegaan. Later het daar berig gekom dat sy swanger is, en Dawid het begin planne maak. Hy gee opdrag dat haar man op die voorgrond veg sodat hy se lewe kan verloor. Alles onder 'n dekmantel bedek. Ek wonder hoeveel keer gaan mense

terugkyk in hul lewe en sê: “As ek maar net nie die eerste keer toegegee het aan die vyand se aanslag op my lewe nie.” Miskien daardie eerste drankie wat u gemaak het, iets iewers wat gelei het tot die vernietiging of tot baie groot skade van jouself. En dit is nie net oor jouself nie, dit het 'n ketting effek.

Uria, die soldaat wat gehelp het om vir Dawid te beveilig, moet sterf, want die sonde het mos 'n effek om verder en al verder in 'n mens se lewe uit te kring. Om en by tien maande lank het Dawid as koning in Israel geheers s o n d e r d a t i e m a n d i e t s agtergekom het. Hy het gelewe soos elke dag en sy take verrig soos 'n koning. Hy was geliefd soos 'n koning – die liefling van alle mense. Hulle was baie lief vir hom. Maar iewers op hierdie lewenspad het die sonde 'n neiging om soos 'n kanker aan jou binneste te eet. Dit het hom gepla, maar hy het dit bedek

Page 5: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

2

gehou, maar die oomblik het aangebreek wat sy vriend Natan na hom toe gekom het. Dawid was seker trots op die feit dat hy 'n priester as vriend het. Hier praat Natan met hom en vertel die verhaal van die ryk man en die arm man en dit wat gebeur het, en Dawid, onmiddellik kwaad vir die ryk man, sê: “Hy moet sekerlik sterwe!” Iets wat ek net vir u wil noem is dat ek gesien het dat mense baiemaal kyk na ander en hulle reageer op 'n fout wat gemaak word. Ons kan vir Dawid sê: “Maar Dawid, is jy blind? Kan jy nie sien jy is besig om verkeerd te doen nie?” Maar weet u, die sonde verblind 'n mens. Ek het baiemaal gesien dat m e n s e s o v a s g e v a n g i s i n omstandighede dat hulle eers later besef: “Ek was verblind.” Baie wil moedswillig verblind wees. Hulle wil nie die verkeerde raaksien nie. Dawid is verblind deur die sonde. Ek dink as ons geweet het van dit wat wag, daardie oordeel wat gaan kom, sou ons nooit die sonde gedoen het nie. Die sielemoordenaar het 'n manier om vir die mens te sê: “Maar die sonde is nie so erg nie, dit gaan nie soveel skade maak nie.” Hier in jou hart vertoef daar dalk 'n reisiger wat ons in hierdie geval wellus kan noem, of begeerte. En hierdie reisiger wil iets hê. Toe Natan daardie dag met die verhaal kom, spreek Dawid die kras oordeel oor daardie man uit deur vir Natan te sê: “As dit ek was sou ek hierdie man laat sterf het, en hom vierdubbeld daardie ooilam laat terugbetaal het.” Dan kom daardie hou uit die blou lug: “U o koning, u is die man!”

Ek wil met elkeen van ons praat: Ons is

so geneig om wanneer ons na ander kyk te sê: “Ja, hulle maak so, en hulle maak so.” Ons kyk na Dawid en sê dalk maar hy moes gewéét het! Dawid – 'n man na Gods hart, wat deur baie dinge in die lewe moes gaan. Wat my opval is hierdie Dawid was van kleins af God se seuntjie. Hy het hom beskerm, Hy het vir hom 'n pad gemaak. Toe Dawid vir koning Saul gevlug het, het Hy hom toegedek. Hy het Saul se lewe hoeveel keer in Dawid se hand gegee. Dawid was 'n man na Gods hart. Maar 'n man wat geval het, en 'n man wat sy sonde toegesmeer het. As u ooit weer op 'n plek kom en sê: “Kyk hoe lyk hulle. Hulle loop met tweegesigte rond, maar hulle lyk so.” As 'n graf vol dooi bene word – hoe voller hy word hoe witter word hy buite gepleister. Dit is mos hoe die sonde maak.

Wat my opval is dat God nie sy kinders los nie – al val hulle. Dawid het nie die Here gaan soek nie, die Here het vir Dawid gaan soek. Toe hy daardie woord hoor: “U is die man!” toe maak hierdie verhaal vir hom sin. Want, hy het baie vroue gehad , ook Saul s'n, en hy kon nog baie kry, maar nou vat hy die enigste een (volgens die verhaal) wat Uria gehad het – omdat hy haar begeer het. En toe Dawid sien dinge loop skeef vermoor hy hom. Dubbeld skuldig voor die Here! Natan sê vir hom: “Jy het jou eie oordeel oor jou uitgespreek.” Miskien moet ons net 'n oomblik stilstaan en sê maar is dit nie met ons elkeen wat die Here praat nie? Die stem sê dalk vir my of u: “U is die man, u is die vrou, u is die man wat my Sabbat ontheilig. U is die man of vrou wat my Naam ydellik gebruik het. U is

Page 6: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

3

die man of vrou wat julle kinders nie in die vrese van die Here opgevoed het nie.” U en ek is dalk die man en vrou wat voor die Here skuldig staan omdat ons dalk kyk na iemand anders met verkeerde gedagtes. Die Woord van die Here sê as jy na 'n vrou kyk om haar te begeer het jy klaar egbreuk gepleeg. U is dalk die vrou wat lief is vir die aandag wat u kry deur ander mans, daarom trek u dalk klere aan wat maak dat die aandag op u gevestig word. U is dalk skuldig aan moord omdat ons nie kan vrede maak met ons broer of suster in hierdie lewe nie, en ons sê dinge van hulle. Die Bybel sê ons noem hulle Raka.

Ek kan baie lank aanhou om dinge uit te lig wat partymaal sommer net by ons verbygaan, wat ons toesmeer sodat ander nie daarvan weet nie. U of ek is dalk die man of vrou wat die wêreld en die blink dinge van die wêreld najaag. Dit is dalk u of ek wat ons kinders voorgaan in die sonde. Dit is dalk u en ek wat te min bid. Nou sê hierdie vriend (die profeet Natan): Jy is die man of vrou. Wanneer ek hierdie dinge so kyk besef ek baie van ons staan dalk skuldig voor die hooggerig. Ek is hierdie laaste tyd so bewus daarvan dat die Here sy volk wil kom suiwer, wil reinig en heilig.

Dawid hoor die woorde: “U is die man!” U moet oplet – hy maak geen verskoning nie. Al wat hy sê is: “Ek het gesondig voor die Here.” Nie maar sy het gaan bad, of sy het dit of dat nie – nee: “Ek het gesondig voor die Here.” Hy noem sonde sonde. U weet, ons is in 'n moderne tyd so geneig om

verskonings te maak vir sonde sodat dit aanvaarbaar kan wees vir ander mense. By die Here is sonde sonde. As jy jou kind nie voorgaan om die Here te dien nie doen jy sonde.As jy hom voorgaan in die wêreld doen jy die verkeerde. As jy hom afhanklik maak van al jou geld en nie van God nie, doen jy sonde, want geld het mense se God geword. Welvaart!

Weet u, ons is almal die Here se kinders. As u terugkyk op u lewenspad moet u weet die Here het op 'n spesifieke manier u vanmôre hier in die huis gebring om eintlik te kom d a n k i e s ê v i r ' n w o n d e r l i k e genadegawe wanneer Hy vir ons reën gee. Wanneer Natan met Dawid praat sê hy: “Kyk wat het die Here vir jou gegee. Hy het vir jou die koningskap gegee, Hy het vir jou die troon van Saul gegee, Hy het vir jou al sy vroue gegee. Kyk bietjie Dawid, wat het jy. Hy wou vir jou nog meer gee, maar die sonde het jou gevang Dawid!” U en ek is dalk vasgevang deur die sonde. U sit dalk met 'n skuldige gewete. U het dalk 'n buite-egtelike verhouding met iemand. Dan sê die Here: “Jy is die man. Jy is die vrou.” Dierbare broer en suster, wat gaan u vir 'n verskoning gebruik as die Here hier kom staan? Dit is wonderlik om te vra: “Here ons kry swaar” of ons wil dit of dat, en die Here gee net. Ons het die liedjie gesing: “Sal jou klere rein wees as die Heiland kom?” Is jy gewas in die bloed van die Lam? Het hierdie dinge al in jou lewe 'n effek gehad? Het die krag van hierdie evangeliewoord al in jou hart ingang gevind? Of gaan ons maar

Page 7: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

4

weer terug na die normale, en smeer hierdie dinge toe?! Dit is tragies, maar dit is waar dat jy kan sonde toesmeer vir maande lank en nog steeds soos 'n koning optree, en nog geërd is en jy nog al jou verpligtinge nakom. Maar, hier binne is daar dooie bene!

Dierbare broer en suster, ons moet hierdie voorbeelde in die Woord van die Here vat, ons moet kyk hoe kom die Here na sy kinders toe. Dawid was nie 'n sondaar nie, die Here het hom liefgehad van sy kinderdae af – 'n man na Gods hart. Hy was deel van die uitgesoektes wat die Here as koning oor sy volk aangestel het. Maar hy het geval. En hier kom die Here in sy groot liefde, en toe Dawid sê: “Ek het gesondig teen die Here” sê Natan: “So het die Here ook jou sonde vergewe.” Dit is soos wat ons ook in die gebed gehoor het, en in die eerste deel van die sendbrief van Johannes lees waar hy sê: “As julle julle sondes bely, Hy is getrou en regverdig om dit te vergewe.” As u Psalm 91 gaan lees, sien u vir Dawid wat sê: “Here, ek het gesondig teen die hemel en voor U. Reinig my, maak my skoon, vergewe my.”

Toe daardie kindjie sterwend is, lê Dawid plat op die grond en hulle kry met hom niks uitgerig nie – toe is hierdie groot koning platgeslaan, want dit is sy sonde wat op daardie kind rus. Die kind moet sterf, want Natan het gesê die kind sal nie lewe nie. Hy het gevra: “Here help, wees genadig?”, maar die dag toe die boodskap kom dat die kind gesterf het toe staan Dawid op. Toe hulle vra: “Wat nou?” antwoord hy: “Ek gaan die kind weer eendag

ontmoet.” Maar toe die boodskap kom dat sy seun Absalom gesterf het, loop hy rond en hy rou en sê: “My seun, my seun Absalom! As ek maar in jou plek kon sterf!”, want hy weet nie waar die kind se siel is nie. Weet u waarmee is u kinders besig? Weet u waar is hulle siele? As hulle vandag of more by jou kom en sê hier is die liggaampie wat oorgebly het, maar jou kind is die ewigheid in, kan jy sê: My kind het 'n getuie gedra in sy of haar lewe dat hulle die Here aangeneem het? Of gaan jy soos Dawid rondloop en sê my seun of my dogter, as ek maar liewer in jou plek kon sterf, want ek weet nie hoe was jou verhouding met die Here nie!

Het u eerbied vir u ouers? Of is u en ek die man of vrou wat oneerbiedig optree teenoor ouer mense? Mense wat vir ons die pad getrap het. Mense wat vir ons spore getrap het om in te volg. Wanneer ons vanmôre hier saam is en wil dankie sê, sê die Here: “Ek neem julle dank aan, maar Ek wil hê julle moet skoonmaak.” Ons het baie in die verlede die deeltjie gelees van Jakob wat vir sy mense sê: “Kom, bring die vreemde gode - ons moet Bet-el toe.” Ons is so geneig om te sê: “Laat die sweep maar langs my val, en laat die evangeliewoord se seermaak my links en regs en voor en agter tref. Die Here wil met ons elke een praat. Die woorde sê: “Jy is die man, en jy is die vrou, jy is die kind.“ Die Here sê: “Ek stuur my profeet na jou toe om vir jou te vra of is daardie dinge in jou lewe reg?” Is u en ek reg? Het ons klaargemaak?

Dit is 'n voorreg om vir die Here te kan sê: “Dankie Here.” Terwyl ek in hierdie

Page 8: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

5

dae vir iemand vertel van die dinge wat die Here ook vir my in my lewe gedoen het, lyk dit elke geleentheid staan uit soos 'n mylpaal in my lewe. As ek voor die Here moet staan sal ek geen verskoning kan hê nie, want sy goedheid het my oorweldig. Sy liefde het my oorweldig, sy genade het my oorweldig. Elke keer kry ek my soos daardie sondares by sy voete. Dan kan ek nie sê Here, maar ek wil nog dit, of ek wil nog dat nie. Ek kan maar net ween en ween en ween, omdat ek my eie bedorwenheid besef. Dan hoor ek Hy sê: “Simon, Ek het iets om vir jou te vertel.” So sal mense by die Here se voete bly sit, maak nie saak wat ander sê nie, want die Here kyk diep in ons harte.

Ek hoor hulle sê baie jare gelede, toe die kerk nog kleiner was, het een ou vader vroeg in die oggende hier kom bid. Een

Sondagmôre besluit hy om ook vroeg te kom, en toe hy hier inkom sien hy in die hoekie 'n bondeltjie lê. Hy het daarheen geloop en sien toe dit is 'n persoon wat so in 'n bondeltjie gekniel is. Toe hy aan die persoon vat, is dit oom Fanie Roos. Hy het sy kop opgetel en gesien sy gesig is nat van die trane. Hy vra: “Omie, wat maak omie hier?” Hy sê: “Ou boetie, hier lê ek baie nagte en bid vir hierdie volk en die nageslag.” Dierbare broer en suster, daar is vir ons gebid sodat ons nie verlore hoef te gaan nie. U kan maar aanspraak maak op 'n mooi erfenis wat vir ons weggebêre is. Die Here wil nie hê ons moet val oor ons foute nie. Hy wil hê ons moet kyk hoe Hy na ons kom. Kom ons maak hierdie saak reg sodat as ons daar by Baviaanskrans kom, daar weer 'n nuwe lus in ons harte sal wees om die Here met opregtheid te dien.

Skep vir my ’n rein hart, o God,

en gee opnuut in die binneste van my

’n vaste gees.

Verwerp my nie van u aangesig nie

en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.

Gee my weer die vreugde van u heil,

en ondersteun my deur ’n gewillige gees.

Psalm 51:12 - 14

Page 9: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

6

Ek weet dit mag vreemd klink vir die jonger mense, maar vir my skep my oudag die geleentheid om terug te kyk oor baie lewensjare, en besef ek dat dit 'n voorreg was en steeds is – onverdiende genade van bo.

Dit is dan dat ek opnuut besef hoe God my gedra het in tye van vreugde saam met my geliefdes, hartseer ure by 'n sterfbed, deur pyn en trauma, en hoe Hy my in gevaarlike situasies beskerm het. Ek weet nie hoe lank dit nog sal wees voor my einde aanbreek nie. Deur siekte en operasies heen het ek net nader aan die Here gegroei en my totale afhanklikheid van Hom besef. Wat ek weet, en met my hele hart glo, is dat God my in sy groot genade en liefde daardeur sal dra. Hy sal my nooit verlaat nie

– daarom sien ek uit om by Christus te wees.

Die tyd wat my nog beskore is om hier te vertoef wil ek vreugdevol en doelgerig tot sy eer lewe. Ek wil Hom dank vir die geleentheid om dit steeds te kan doen. Ek dank ons hemelse Vader vir die voorreg dat Hy my en my eggenoot Jan, reeds vir 67 jaar saam gespaar het. Ook dat Hy ons vergun het om kinders te hê, en dat hulle bereid is om met liefde na ons om te sien. Al die eer en die lof kom Hom toe! Ons dank ook almal wat ons so dra in hul gebede. Die Here seën u!

Die Here se lig wink vir ons deur storms van die lewe. Dit lei ons na veiligheid, na die regte pad huis toe.

Bab

a K

riel

‘‘nn VVoooorrrreegg oomm oouudd ttee wwoorrdd

Oom Jan en tannie Baba Kriel

Page 10: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

7

Dit was 21 Oktober 2015. Ek het vir my man gesê ek wil graag met die Here praat, en het na ons spaarkamer gegaan, en net begin gehuil. Ek kon nie bid nie, en het besluit om te skryf. Wat ek geskryf het was die volgende: “Hoor U my? Hoor U as ek met U praat? Praat met my asseblief Here! Ek voel so verslae op die oomblik. My hart is seer. Ek kan nie eens bid nie, Here. Praat U met my!” Ek het 'n teksvers getrek uit my houertjie met Koringkorrels. Dit het gelees: “Ek kan hom met een woord gesond maak.” Ek het geantwoord: “Here doen dit!”

Dit was die aand wat my pappie in die Sunningdale hospitaal opgeneem is. Die volgende oggend vroeg is hy oorlede - op my verjaarsdag. Ek voel nie sleg daaroor dat hy op dié dag oorlede is nie. My verjaarsdaggeskenk was dat hy gespaar is vir die jaar tot op dié dag. Ek en my man kon weens my werkskontrak eers in Desember 2014 Klerksdorp toe trek. My pappie was toe alreeds baie siek gewees. Na my pappie se dood het ek besef dat toe die Here vir my gesê het dat Hy hom met een woord gesond kan maak, Hy eintlik vir my probeer sê dat, hoewel Hy dit kan doen, dit nie sy wil is nie. My pappie is begrawe op 27 Oktober 2015. Van 21 Oktober tot die aand van 28 Oktober kon ek nie bid of met die Here praat nie.

In aansluiting hierby wil ek graag aan u 'n gebeurtenis in 2003 vertel. Ek het deur 'n baie moeilike tyd gegaan en het die Here gevra dat as ek ooit deur 'n moeilike tyd gaan en ek hoor of trek die vers: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie”, dat ek dan sal weet Hy is by my. Daar is twee van dié verse. Die een is in Deuteronomium 31:6: “ Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.” Ek het die Koringkorrelkaartjie met hierdie vers oral ingedruk en opgesteek in ons huis. Toe die kaartjie eendag wegraak was ek so teleurgesteld! Maar toe ek weer nodig het om hierdie vers te hoor, trek ek 'n kaartjie wat lees: Hebreërs 13:5: “ Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” As God vir jou 'n boodskap het beskik Hy dat jy dit hoor!

Op my pappie se begrafnis spreek oom Fanie Visagie, wie die diens waargeneem het, dit: Hy sal jou nooit begewe of verlaat nie. Die aand van 28 Oktober 2015, praat ek weer met die Here, en sê vir Hom: “Here, ek weet dat dit nie oom Fanie was wat daardie woorde gespreek het nie, maar dat dit U was wat dit aan my gerig het. Dankie Here! Soveel maal het U my daardie boodskap gegee, of dit iewers laat deurglip. Dan weet ek altyd dat U by my is.” Ek sê toe vir die Here dat ek dit van nou af gaan dokumenteer in my biddagboek elke keer as Hy vir my hierdie teksvers gee.

Co

reen

Zw

arts

MMyy GGeettuuiieenniiss

Page 11: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

8

Ek het so gehuil dat ek skaars verder kon bid. Ek sê toe: “Here, ek kan nie praat nie, ek wil nie praat nie. U sê glo en jy sal sien. Glo ek dan nie? Ek hoor van so baie mense wat U stem hoor, of drome of visioene kry waarin U met hulle praat. Ek glo! Praat U vanaand met my!” Hierna trek ek 'n kaartjie uit die Koringkorrels wat lees: Hebreërs 13:5: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Die volgende oomblik kom daar 'n onbeskryflike vrede oor my! Waarlik 'n vrede wat alle verstand te bowe gaan! Ek het geweet ek is in die Allerhoogste se teenwoordigheid. My gemoed verwissel vanaf histeriese snikke, na 'n onbeskryflike blydskap! Ek sê toe vir die Here: “ Here, ek weet dat U altyd by my is, maar ek voel hierdie is 'n baie persoonlike en 'n baie spesiale besoek - moet my nie verlaat voordat u my nie geseën het nie.” Ek vra toe vir 'n woord, en trek die teksvers: Psalm 91:11: “Want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.” Ek het die hele Psalm 91 gaan lees, en het aanvaar dat dit 'n belofte is wat Hy persoonlik aan my kom maak het, en dat ek daarop aanspraak moet maak. Wat 'n besondere Psalm en belofte! Sedertdien is ek vir niks bang nie. Ek sal nooit weer bang wees nie!

Op Sondagoggend, 8 November 2015 droom ek hoe 'n stem vir my sê dat ek 'n musiekinstrument moet opneem. Ek vra toe: “Watter instrument? 'n Trekklavier?” Die stem sê: “Nee!” “'n Kitaar?” vra ek. “Ja” sê die stem, en ek word wakker. Die droom was so helder, dit voel ek het werklik met iemand gepraat. Later die dag kyk ek op die internet wat dit kos, of dit moeilik is om te bespeel, ensovoorts. Ek besef toe dat dit 'n paar rand gaan kos, en dat ek nie nou die fondse daarvoor het nie. Ek bid en vra vir die Here: “Here, ek weet ek ontvang so baie, maar wat is die kanse dat U vir my 'n kitaar kan voorsien? Asseblief?”

Die Dinsdagaand ry ek en my man sommer net rond. Ek vra hom om my te help kyk vir winkels wat musiek instrumente verkoop. Ons ry eers een kant toe, en sien niks, maar kom toe op 'n winkel af: Guitar Man. Woensdag besluit ek om hierdie winkel te besoek en net so bietjie daar te kyk na my opsies, en ook om so bietjie uit te vra oor lesse.

Ek kom aangestap en sien twee mans - een is ouerig, soos my oupa. Hy vra aan my: “Hoe help ons?”, en ek vertel aan hulle my droom. Die oom sê: “Ek wil graag vir jou iets gee.” Hy loop en kom terug met 'n splinternuwe kitaar, nog nooit gebruik nie. Hy sê toe vir my: “Hier is jou kitaar.” Ek vra: “Om hier lesse mee te neem?” “Nee” sê hy, “ek gee dit vir jou. Dit is 'n geskenk aan jou!” Ek het hom omhels van blydskap! Dit het gevoel of my binneste wou bars. Wat 'n wonderlike God dien ons nie!

Ek het vir God gevra om met my te praat, en Hy het my nie net bevoorreg met 'n persoonlike ontmoeting in die kamer nie, Hy het ook met my gepraat in 'n droom. Ek wil hierby voeg: As God vir jou 'n taak gee, dan gee Hy ook vir jou die toerusting om hierdie taak te verrig. “Dankie my Koning vir my kitaar! Mag U so baie geloof word met hierdie instrument!”

Page 12: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

9

Aan ons hemelse Vader al die eer wat my deur diep water gedra het! Groot dank vir gebede van ons leraar, evangeliste, kinders, kleinkinders, familie en vriende. Gemeente van Chr is te l i ke Vereniging in Bloempark vir besoeke in die hospitaal en tuis. Kosie en Elize dankie dat julle altyd beskikbaar was deur Gally se siekte. Die afgelope twaalf jaar wat ek baie keer op laagtepunte was, was dit net 'n oproep en julle was daar. Nog het ek die geleentheid om te getuig, om te vertel wat God kan doen.

Na Gally se heengaan in 2003 het ek begin pyne kry in die regterkant v a n m y g e s i g . N a v e l e doktersbesoeke en medikasie het die pyn steeds vererger, en d i a g n o s e e r h u l l e n a ' n breinskandering Trigiminale Neuralgi. Onbeskryflike pyn en vir elf jaar is ek van een dokter na die ander. Later lê ek in 'n dokter se spreekkamer vir spuitstof in my aar, maar die pyn bly terugkom en die dokter besluit om my in die hospitaal op te neem. 'n Neuroloog versoek weer 'n breinskandering en verduidelik aan my dat medies gesproke, 'n operasie die laaste uitweg is – maar dit is my besluit.

Dit is 'n groot risiko en ek bid tot die

Here vir 'n antwoord. In Desember 2014 het die Here my al voorberei en ek besef in die hospitaal dat Hy altyd daar is. Een aand lees ek Jesaja 41 vers 3 en skryf dit neer in my gebedsboekie: “Want ek die Here jou God gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: 'Wees nie bevrees nie, Ek help jou.” Die oggend met stiltetyd maak ek weer die Bybel by Jesaja 41 oop. Ek lees die hele hoofstuk en skryf vers 10 af: “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou. Kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.” Ek het my gebedsboekie altyd by my. Die oggend voordat die neuroloog inkom, nadat ek die hele nag geworstel het met pyn, bid en vra ek die Here wat ek moet antwoord. Nadat ek klaar gelees het weet ek wat God se antwoord is…

Die dokter kom met 'n groot glimlag langs my staan, en 'n onbeskryflike vrede kom oor my. Deur 'n stortvloed van trane sê ek aan die dokter dat ek sal gaan vir die operasie, want die Here wat ek dien gaan saam met my, wat ookal gebeur. As ek terugdink aan elf jaar van pyn, besef ek net die Here se hand het my vasgehou. Ek moet erken, as die pyn so erg is

Susa

n O

ber

ho

lzer

HHoouu vvaass aaaann GGoodd ssee bbeellooffttee

Page 13: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

10

kom daar gedagtes in jou op en dink jy aan alles wat in jou laai is, maar ek drink net my gewone dosis en slaap oorval my. Nog steeds bewaar die Here my om nie tot so 'n stap oor te gaan nie. My kinders en die mense na aan my het al gesien dat as pyn my vastrek niks meer help nie.

Vyf weke na my skoueroperasie is ek terug in teater. Ek bid: “Here soos U wil. Ek het alles neergelê, klaar gemaak en my kinders gegroet. As U my kom haal, ek het U waarlik lief.” Ure later word ek in die intensiewesorgeenheid wakker. Die neuroloog verduidelik dat hy 'n stent oor die aar gesit het wat bloed na die senuweepunte neem. Die senuwees het die aar toegedruk. Drie dae en nagte bid ek net: “Here help!” Ek het geen gevoel of pyn aan die regterkant van my gesig nie, en my gesig lyk sleg. Ek word uitgeplaas na 'n gewone saal, en daar pak vrees my beet. Ek kan nie loop nie, en neem voedsel met 'n strooitjie in. My sluk is gedeeltelik verlam en my regteroog maak nie toe nie. Ek is so bekommerd, maar ek bly biddend. Die neuroloog verseker my elke dag dat dit sal regkom en dat die herstel van senuwees maande kan vat. Met trane,

gebede en krag van bo pak ek die maande aan.

In Januarie 2016, my tiende maand, besoek ek die oogspesialis wie drie maande na die operasie steke aan die buitekant van my oog moes sit om die kornea te beskerm. My sig was 30 %, maar nadat die steke uitgehaal is verbeter dit na 70 %. Ek is so dankbaar vir die verbetering en kan nie genoeg vir liewe Jesus dankie sê vir my sig en gesig nie. Ek kan weer mense in die oë kyk. Al die dokters was instrumente in die Here se hand. Ek het u gebede steeds baie nodig vir volkome herstel.

Die moeilikste deel was om my onafhanklikheid en woonstel prys te gee. Ek moes vrede daarmee maak – wat moeilik was. My werk op aarde is nog nie klaar nie, ek is in die wedloop en die wenstreep lê nog voor. Broers, susters, my kinders en kleinkinders, ek wil julle aanmoedig: al is die stryd baie dae moeilik, die prys sal ons ontvang vir die wat volhard en die geloof behou. Dit is God se belofte en ons kan aanspraak maak daarop. Ek sien uit om my geliefdes weer te sien.

“Ons gaan juig daar in die hemel,

ons gaan kroon die Lam, geslag;

sal dit daar nie heerlik wees nie,

want die Lam is altyd daar!”

Page 14: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

11

Deur middel van die Ligdraer wil ek graag aan ons hemelse Vader al die eer en dank van my hart bring vir alles wat Hy vir my gedoen het die afgelope tyd. Ja, ek kan sê Hy het my deur die woeste storms wat my getref het gedra, en my voet weer op die vaste rots Jesus gesit. Die Rots wat nooit sal vergaan.

Dan wil ek ook baie dankie sê aan elkeen wat my tot hulp was die dag toe ek geval het. Elkeen wat vir my gebid het, elkeen wat my besoek het, en ook vir my blomme gebring het. In die besonder my kinders wie so baie moeite gedoen het, en my sussie Ria wie gewillig was om by my te kom bly toe ek uit die hospitaal ontslaan is. Ek, wie op my ouderdom nog alles vir mysel f gedoen het , was hulpeloos en kon nie eers loop nie. Ek kon niks vir myself doen nie.

deDie 6 Januarie 2016 was ek nog vol lewe en gesond, en die volgende oomblik toe val ek en beseer my heup, my arm en my hand. Soveel so dat ek 'n operasie moes kry. Net 'n halfuur nadat ek nog so lekker kon loop lê ek hulpeloos in die hospitaal, en kon my nie roer

nie. Die pyn was te erg!

Dit het gebeur 'n paar dae voordat ek 89 geword het, en al die jare het ek so goed geloop en alles vir myself gedoen. Ek het elke dag vir die Here dankie gesê. Al is ek doof en kan nie meer goed sien nie, het ek baie om voor dankbaar te wees, want ek kon loop en myself help en alles doen, en het nog my verstand. Andermaal het ek gesien 'n mens is niks. Die Here maak met jou soos Hy goed dink. Hoe lank Hy my nog gaan spaar weet ek nie, maar ek is in sy hande. Wat Hy met my doen is goed. Hy moet net sy vrede in my hart sit en my klaarmaak as Hy my kom haal.

Ook wil ek dankie sê aan my voorganger en ons evangeliste vir hul gereelde besoeke aan my. Pieter Rossouw wat elke môre terwyl ek in die hospitaal was vir my kom bid het voordat hy werk toe gaan. Ook Johann Rossouw en die pragtige klomp jongmense wat vir my kom sing het: “Omdat Hy leef, sien ek kans vir môre.” Dit alles word opreg waardeer. Ek hou vas daaraan: Omdat Hy leef, sien ek kans vir môre!

Bet

tie

Ro

sso

uw

DDiiee nniieettiigghheeiidd vvaann ddiiee mmeennss

Page 15: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

12

Die volgende skrywe is ontvang vanaf mejuffrou Christine Kaltwasser. Sy is nie 'n lidmaat van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika nie, maar 'n jarelange intekenaar op Die Ligdraer:

Die artikels in die “Die Ligdraer” help my om die lig in my geestelike groei voort te sit. Die inhoud daarvan is net so kragtig soos die boekie se naam. Soos ek artikel na artikel lees vind ek dit nie net leesstof soos enige ander leesstof, wat 'n mens lees en wegbêre by die versameling, nie. Eers kyk ek wie die skrywer van die artikel is, en wat my raak na die lees van die artikel is die diepte van die geestelike lewe van elke skrywer. Die geestelike groei, en hoe elkeen 'n pad met sy Skepper en Verlosser stap – nie net in die goeie tye nie, maar hoe elkeen vasgehou het aan hulle Verlosser om hulle by te staan deur nog 'n storm in hulle lewe.

Dan lees ek die woorde van waardering, hoe dat die Here weereens mense deurgedra het deur 'n donker wolk. Die bemoediging wat gekom het uit die Woord… Om sulke verhale te lees gaan lê diep in die hart van die leser. Weereens kom mens tot die besef dat ons Verlosser leef en dat Hy belangstel in die mens.

Een verhaal wat my altyd sal by bly is toe ons Verlosser vir leraar Fanie Visagie uit die dood teruggebring het. As ons kyk na die werk van “Die Ligdraer” – om hierdie lig na 'n verloregaande wêreld uit te dra, dan weet ek die Here het leraar Visagie teruggebring na die lewe om verder die lig na 'n verloregaande wêreld uit te dra.

““DDiiee LLiiggddrraaeerr””

Christine Kaltwasser.

Page 16: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

13

Meer as drie jaar is reeds verby sedert ek weens gesondheids-redes nie meer in die orkes kan s p e e l n i e . Ty d e n s d i e Kersfeesdienste van 2011 het ek agter gekom my rug word 'n probleem wanneer ek trekklavier speel. Vroeg in 2012 moes ek 'n geneesheer gaan spreek. Die X-strale het getoon dat die kussingkies tussen die drie onderste rugwerwels verweer is – die werwels is been op been. Dit het ook getoon dat daar in die r e g t e r h e u p o s t e o p o r o s e teenwoordig, en aan my rug kan niks gedoen word nie. Vir die werk van die Here en orkes, wat ek sò liefhet, was daar net een uitweg – ek sou die tuig moes neerlê. Voorwaar 'n baie moeilike en groot hartseer besluit!

Nou gaan my gedagtes terug na my kinderjare. Ek is gebore in die Rustenburg distrik. Ons het op 'n plaas gebly naby Thabazimbi en die Bosveld kerkie is later daar naby gebou. Hoe goed kan ek onthou dat ons Kerstyd, as die finansies dit toegelaat het, met die trein Klerksdorp toe gereis het om die Kersfeesdienste by te woon. Vir my was dit die lekkerste om in die voorreg te kon deel om die vroeëmôre en aanddienste by te woon. Dit was wonderlik om saam met my ouers en al die ander mense buitekant voor die

kerk Kersliede te sing saam met die orkes. Hoe goed kan ek onthou hoe ek in my kinderhartjie begeer het om ook in die orkes trekklavier te kan speel!

Op tienjarige ouderdom het dit gebeur dat my ouers besluit het om Klerksdorp toe te verhuis. My pappa het vir my en my sussie Lettie toe ons heel kleiner was elkeen 'n verskalfie gemerk, wat intussen opgegroei het en saam met al die ander vee verkoop moes word. Ek en my sus het elkeen ons eie geldjies gekry en ek het dadelik besluit ek gaan nie my geld gebruik nie, maar dit spaar en nog by spaar sodat ek vir my 'n trekklavier kan koop. Groot was my vreugde toe ek my eie splinternuwe trekklavier kon koop!

Oom Lewies en tannie Truia Cordier het net oorkant die straat vanwaar ons gewoon het gebly, en het daardie tyd die jongmense geleer om musiekinstrumente te bespeel. Hulle het ingewillig om my ook te help en te leer trekklavier speel. Die eerste liedjie wat ek kon speel was “Nader, my God by U.” So het dit gekom dat oom Lewies gesê het ek mag nou maar in die orkes begin speel. Dit was die beste nuus wat ek kon hoor! Dit was ongeveer 1959.

“Kom sing, kom juig met hart en

Sannie

Ro

sso

uw

TTyydd ggaaaann ssoo ggoouu vveerrbbyy

Page 17: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

14

stem: God is goed, God is goed!” Al die dank en eer kom ons hemelse Vader toe wat my al die jare die wysheid, die krag, en die moed gegee het om aan te hou! Ek is baie baie lief vir ons Geeswerk en baie dankbaar om aan so 'n Geeswerk te mag behoort. Die meetsnoere het vir my ook op lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi!

Liewe jong ouers, maak gebruik van die geleenthede en bring julle kindertjies na die vroeëmôre en aande se bidure toe. Die musiek en sang maak 'n blywende indruk op 'n kinderhartjie.

Ek versoek elkeen wat hier lees om asseblief vir die orkeslede te bid. Aan God al die eer en danksegging.

Versterkings grond

As die son sy kop uitsteek daar vanaf die oostekantdan slaan sy strale vas teen Baviaanskrans se rant.Teen die halwe randjie staan die huisies in geruig,

ook 'n ou kerkgebou wat van Onse Vader kan getuig.

So nou en dan van die pad se kant soon stofstreep.By die geboutjie is waar jy waarlik van Jesus weet.Hulle sal bly aankom van heinde en ook van ver,

hier word jy van vooraf weer 'n wonder Jesus ster.

As jy so verby die nuwe kerkgebou ry na jou plekkiesien jy daar na die pan se kant nog die ou kerkie.Soon gevoel van verheerliking kom stadig oor jou

hier kan jy vervalle bande weer met jou Vader bou.

Wanneer jy so deur die Krans se kamp beweegvoel jy die gesonde lug en vat nog soon diep teug.Almal groet jou vriendelik asof jy lankal familie is.

Tussen die mense is jy regtig familie en dit is gewis.

Aan van die kamertjies kan jy die oudheid bespeur.Lank terug het hier die wonderlikste ding gebeur.

Voor die gemeente staan nou die vyfde predikant -van kleins af reeds opgelei deur Jesus se hand.

Wanneer die son se strale na die dag se afbreek trekbegin die kamp lewe as die mense loop na die kerk.Voedsel vir jou siel kan jy weer in oormaat hier kry -hierdie is heilige grond van die Here vir jou en my.

Jan Smit

Page 18: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

15

Ek moet net eenvoudig getuig, al is dit ook hoe gering. Ek is deur my dierbare Jesus vriende Sannie en Jan Smit genooi om saam met hulle die dienste te Ebenhaezer in Oktober 2015 by te woon.

Na my geliefde lewensmaatjie (Dries Nell) se afsterwe op 28 Oktober 2014, was ek letterlik nie meer mens nie, en kon ek net nie meer aangaan met my lewe nie. Soveel so dat ek nie eers winkels toe kon gaan om die nodige lewensmiddele aan te koop nie, want ek en Dries het altyd alles saam gedoen, saam gebid, saam gelag, gesels, en vir mekaar gelewe.

Vir my was dit in baie opsigte 'n eerste keer. Die eerste tree na buite sonder Dries, na byna 'n jaar van afsondering, behalwe om kerkdienste by te woon. Dit was my eerste kennismaking met Ebenhaezer - waarvan ek al so baie gehoor het. Die eerste ware tree in geloof tussen mense, wie se gesigte ek deur soveel jare leer ken het tydens dienste wat ek bygewoon het in die Christelike Vereniging sedert my eerste besoek aan die Geeswerk vroeg in 1984 - nog by die ou kerkie in Pretoria, toe Kobus en Daleen Marè nog daar leiding geneem het.

Ek het weke voor die dienste te

Ebenhaezer gebid en vir die Here gesê ek sien met groot verwagting uit na hierdie afspraak daar in sy natuur. Ek het net besef Jesus roep my, en Hy gaan my heelmaak sodat ek weer bruikbaar kan wees in sy akker. 'n Besige tyd van voorbereiding het gevolg, en soms kon ek net saans verwonderd voor my Meester stilraak en vir Hom vra hoekom die gebeurtenis vir my so belangrik geword het? Ek het nog nie verstaan nie, en elke dag die Heilige Gees gevra om my skoon en leeg te maak, sodat daar in my plek sou wees vir wat Jesus ookal vir my in voorraad het. Dit is hoe groot my verwagting was - dat ek nie met leë hande of hart sou terugkeer van Ebenhaezer af nie.

So vertrek ons uiteindelik na Ebenhaezer op die 6 Oktober 2015. Net buite Klerksdorp trek ons van die pad af, en Sannie pleit Jesus se bloed oor ons en die voertuig. Ook vra sy vir ons 'n voorspoedige en veilige rit. Ons is vrolik en gesels in die algemeen totdat Jan vertel van die hekkepad wat ons gaan ry. Vir my was dit onbekend, maar met Vryburg omgewing was ek redelik vertroud. Dries het my jare lank vertel van die plase Lekkerlag en Koppiesrand waar hy, as kind, saam met sy voorgeslagte gewoon het. Hy wou dit nog eendag vir my

Mar

iana

Nel

lOOnnss VVaaddeerr ssee

ttrroouuee ssoorrgg

Page 19: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

16

gaan wys. Die besoek was nie vir ons saam beskore nie, tog het dit die reis na Ebenhaezer vir my baie meer spesiaal gemaak. In my hart het ek my Skepper reeds begin loof en prys vir die geleentheid wat Hy my bied om die buitekerk te kon besoek - al was dit dan net saam met my Heer (sonder Dries). By ons aankoms is die kamers aan ons toegeken deur Marieta, en toe begin die uitpak en nes skrop. Al singende rig ek en Sannie ons kamers in, terwyl Jan koffie maak en vir Sannie vrugtesappies aandra.

Die eerste biduur wat ek bywoon was aan huis van Jannie en Marieta, en wat my dadelik opval is die liefde wat uitstraal vanuit almal om my. Die onvoorwaardelike aanvaarding van myself as vreemdeling vir baie van die mense. Ek het so 'n groot begeerte in my hart om my en Dries se kinders en kleinkinders terug te bid, en smeek by Jesus om hulle met liefde terug te bring na die noue weg. Dries het by my gepleit om nooit op te hou bid vir ons kinders nie, en dit is my grootste lewenstaak nou, want Jesus gee nooit moed op met my, sondige mens, nie - so ek mag nie moedeloos raak met ons kinders nie.

Ek ontvang gedurende elke diens die naweek soveel seën uit ons Vader se hand, dat ek voel hoe my geloof en vertroue elke dag toeneem. Ek lewe so naby my Skepper dat elke aspek van my lewe so klein en nietig word. Ek staan beskaamd voor my God, omdat ek steeds soveel waarde heg aan aardse gevoelens en denke, besittings en oordele, dié dinge wat ek as sondige mens steeds daagliks aanhang. Ek

o n d e r g a a n b e h o o r l i k ' n gedaanteverwisseling binne in my wat ekself nie kan beskryf nie. Die Heilige Gees wys soveel dinge en gedagtes wat steeds verandering en vernuwing nodig het aan my uit. Ek besef nou hoeveel daar nog aan my gekap en gebeitel moet word, en ek begin opnuut bid dat my Jesus nie moet moeg word om aan my te skuur en skaaf nie, want ek wil so graag reg wees as Hy kom. Ek wil saam met Hom hemel toe gaan as Hy my kom haal. Vir die eerste keer in byna 'n jaar aanvaar en berus ek dat ek sonder my man steeds kan en moet voortbeur teen die storms van die lewe, want Jesus weet wat Hy doen, en Hy alleen weet hoe ver ek nog te kort skiet.

Tydens die aannemingsdiens daardie Saterdagaand besef ek hoe ek laat gaan het, en werklik gedink het dat ek reg is as die Meester my sou kom haal. Weer besef ek hoe baie tekortkominge en gebreke ek steeds het, en ek het gaan uitkniel vir gebed. Ek het weer besef hoe 'n lang pad ons voorgangers reeds saam met ons gesin gestap het, en saam met my deur gebid het, en dadelik vir die Here dankie gesê vir sy getroue werkers wat nog altyd daar was om saam met ons te bid. Ek het besef nie God of sy werkers gee ooit moed op met my, nietige mens nie. Hoe kan ek dan moedeloos raak, terwyl God my steeds lief het? Ons Skepper sê: "Bid vir mekaar en dra mekaar se laste." Hoekom is dit vir ons as mense dan so moeilik? Hoekom kritiseer en oordeel ons so maklik? Hoekom sien ons ander se foute raak, maar nie die goed in ons medemens nie? En ek besef, soveel trane as wat ek in die jaar

Page 20: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

17

gestort het oor die verlies van my eggenoot, soveel meer het die Here al gehuil oor my, sondige, nietige mens wat steeds nie na sy stem luister en gehoorsaam nie.

Ek weet nou solank ek nog hier op aarde die wedloop hardloop, ek moet strewe na volmaakte gehoorsaamheid aan my Heer en Meester, want nou besef ek hoe groot sy liefde werklik is. Baie groter as enige liefde wat ons ooit vir enige mens in ons lewe kan dink of voel.

Tydens die Nagmaaldiens besef ek wat 'n voorreg dit is om deel te hê en maaltyd te mag hou saam met my Koning. Hy is my Redder, Verlosser, Leidsman, en Hy het met sy lewe vir my betaal. Nou weet ek weer, ek wil net sy kind wees. Ek was so bang om my Here

weer teleur te stel dat ek gevra het Hy moet my gou kom haal voor ek weer kan afdwaal, en net daar hoor ek sy stem: "My kind, Ek het nog werk vir jou wat jy moet doen." Ek kon net huil en bid dat my Here my nooit alleen sal laat nie, en elke dag my hand sal vat en my sal lei deur die Heilige Gees om elke opdrag van Hom na te kom. Ekself is minder as niks, en tot niks in staat nie, maar ek wil lewe tot eer van God. Ek wil so groei dat ander Jesus in my lewe sien en verlang om sy kind te wees.

Ek wil elke dag dankie sê vir God vir al sy genade en oorvloed in my lewe. Ek wil met mense praat oor Jesus en sy goedheid en guns in my lewe, en nie meer van mense praat nie.

“U bystand het ek nodig elke uur;

deur u gena alleen kan ek verduur;

waar is ‘n beter gids om my te lei,

deur wolk en sonskyn, as U aan my sy?”

Page 21: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

18

Die Christelike Vereniging van Suid-Afrika het elke Oukersaand na die diens, twee vragmotors wat met spesiale leunwaens voorsien i s . Weerskan te van d ie leunwaens is daar baniere a a n g e b r i n g w a t a l m a l ' n geseënde Kersseisoen toewens. Vooraan die vragmotors is die naam van die kerk, en so ook aan die agterkant van die leunwaens. Eers word die kinders geneem vir 'n rit deur Klerksdorp, en op die rit word van die kerk se liedere gesing, vergesel en begelei deur trekklaviere en kitare. Dit is elke kind se droom (en moenie die ouers, ouma's en oupa's agterweë laat nie!) Vir die bejaardes is dit net so 'n groot ondervinding wat hulle vir altyd sal bybly.

Die twee vragmotors vertrek om 21h00 vanaf die kerk en gaan in verskeie rigtings. Waar daar van die kerk se huismense te siene is wat op die stoep of voor die huis wag vir Kersdag om aan te breek, sal die vragmotor so 'n wyle staan, en dan word daar vir die gesinne gesing. Jy kan die blydskap op die gesigte lees. Die mooiste Christelike Kersliedere word

gesing, afkomst ig ui t d ie Chr is te l i ke Veren ig ing se sangbundel. Ook is daar verskeie motors wat agter die vragmotor met sy singende vrag aanry. Vir die kinders wat die rit vir die eerste keer meemaak, is dit een groot onophoudende pret rit. Die vragmotors keer terug na die kerk terrein om en by 22h30- 23h00. Na die kinders se rit is dit die grootmense wat wil se kans om die stad aan die brand te gaan sing! Hulle keer eers teen 03h00-04h00 op Kersoggend terug.

Elke jaar is dit die Christelike Vereniging van Suid-Afrika wat terug gee aan gewone mense wat nie weggaan met die Kersseisoen of wat nie kan bekostig om weg te gaan. Vir my as vreemdeling wat my by die gemeente aangesluit het, en binne 'n paar maande so baie kon ervaar en meemaak wat die kerk se mense my gebied het, kon ek nie anders as om 'n lidmaat van 'n wonderlike geeswerkende gemeenskap te word nie! Ek en my wederhelf Sannie Viljoen (nou Smit), is so geseënd en ons kan nie wag v i r d ie volgende byeenkoms by die Krans nie.

Jan S

mit

2244 DDeesseemmbbeerr 22001155

Page 22: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

Ek wil begin deur te sê: “Ek het 'n boodskap so belangrik…” My Jesus kan alles doen, alles doen, Jesus kan alles doen!

In Desember 2012 was ek vir 'n mediese ondersoek. Wat aanvanklik 'n gewone roetine ondersoek moes wees het egter heeltemal anders verloop.

My huisdokter het my na 'n spesialis verwys, wie dadelik gereël het vir 'n chirurgiese biopsie. In Januarie 2013 was ek teater toe. Twee weke later tydens my opvolgondersoek het die spesialis gesê die uitslag was nie so gunstig as waarop hy gehoop het nie. Hy het voorgestel dat ek dadelik 'n dubbele mastektomie laat doen. Na vele oorweging en baie gebede het ek besluit om dit te laat doen. Die spesialis in Klerksdorp het my na 'n ander spesialis in Pretoria verwys. Daar het hulle weer toetse en ondersoeke gedoen, en die uiteinde was dat die spesialis besluit het om nie voort te gaan met die operasie nie.

Ek was baie verward en onseker oor wat vir my voorlê. Ek het 'n paar mense in my vertroue geneem en gevra om ernstig saam met my te bid. Ek moes op 'n gereelde basis ondersoeke en toetse in Pretoria ondergaan. Die afgelope drie jaar was ek sewe keer vir toetse en het drie biopsies ondergaan. Op 11 Februarie 2016 was ek weer in Pretoria vir 'n ondersoek en toetse en al die uitslae was gunstig.

Alle eer aan 'n groot God vir nog 'n wonderwerk wat gebeur het!

Elize

van

Ren

sburg

EEkk wwiill ddiiee HHeerree LLooooff!!

““MMeett mmyy hheellee hhaarrtt

wwiill eekk UU llooooff!!””

19

Page 23: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

20

En baie vroeg die môre, op die eerste dag van die week het Jesus aan Maria Magdalena verskyn in die tuin waar die graf geleë was. Volgens die Bybel was sy die eerste persoon wat Christus na sy opstanding gesien het. Die Here het dit so beskik dat 'n vrou daardie dag die eerste sou wees om die vreugde boodskap van die opstanding te kon verte l . Hoekom juis sy? Daar was tog baie ander hooggeplaastes wat die Here kon gebruik om die be langr i ke nuus aan d ie mensdom te verkondig, maar hulle het Jesus verwerp. Hulle wou Hom dood hê. Selfs Pilatus, wat sy hande in onskuld gewas het, het nie omgegee of hulle Jesus doodmaak nie. Nadat hy gesê het hy vind geen skuld in hierdie man nie.

Toe Maria en die ander vroue by die graf kom was die steen wat voor die opening was reeds weggerol en die graf was leeg. Toe almal van die leë graf weggegaan het, het Maria daar gebly. Liewe broers en susters, ons kan net dink hoe het Maria op daardie oomblik gevoel. Haar

Meester, wie sy so hartstogtelik liefgehad het, was nie meer daar nie. Sy het bitterlik geween. Sy sien toe twee engele daar met wit klere aan. Een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het. En hulle sê vir haar: “Vrou, waarom ween jy?” Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my Here weggeneem het en ek nie weet waar hulle Hom neergelê het nie.” Toe sy dit sê draai sy haar na agter en sien Jesus staan. En sy het nie geweet dat die Jesus was nie. Jesus sê vir haar: “Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy?” Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord Hom: “Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.” Jesus sê vir haar: “Maria!” Sy draai haar om en sê vir Hom: “Raboni!” Dit beteken meester. Nadat sy Jesus herken het het Hy dadelik vir haar 'n belangrike opdrag gegee. Eers sê Jesus vir haar: “Maria, moet My nie aanraak nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie, maar gaan na my broeders en sê vir hulle: 'Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.”

Mie

mie

van

Hee

rden

KKyykk,, ddiiee HHeeeerr hheett ooppggeessttaaaann!!

Page 24: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

verjaardag

Verjaarsdae

+

Junie2 Frans Blom Klerksdorp

3 Marieta Visagie (Labuschagné) Klerksdorp

4 Gert Barnard Klerksdorp

6 Brechtje Labuschagné (Van Jaarsveld) Pretoria

Hannes Fouché Pretoria

12 Frikkie le Grange Klerksdorp

14 Sarie van Rensburg (Van Rensburg) Bothaville

15 Bessie Labuschagné (Pypers) Klerksdorp

Kiewiet Stoltz (Henn) Vryburg

Dina van Rensburg (Van den Bergh) Carletonville

20 Tienie van Wyk (Duminy) Klekrsdorp

24 Ria Labuschagné (Rossouw) Klerksdorp

Sakkie Pretorius Klerksdorp25 Chris Snyman Pretoria26 Hannetjie Swart Pretoria28 Annetjie van Deventer(Swanepoel) Klerksdorp29 Pieter Rossouw Klerksdorp

Mei3 Lissie Blom (Minnaar) Klerksdorp5 Dorie Strydom (Scholtz) Klerksdorp6 Marie Stehlik (Pretorius) Klerksdorp8 Duifie Brand (Duminy) Springs11 Lienie van Rensburg (Meyer) Klerksdorp Sannie Rossouw (Swanepoel) Klerksdorp12 Gert Swanepoel Klerksdorp13 Thys Rossouw Klerksdorp15 Ems Duminy (Botha) Klerksdorp21 Willie van Rensburg Klerksdorp23 Daleen Rossouw (Malherbe) Klerksdorp27 John Brazer Klerksdorp

VVeerrjjaaaarrssddaaee 7700

21

Page 25: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

verjaatsdag

Verjaarsdae

Julie1 Jan Kriel Vanderbijlpark6 Jackie le Grange Klerksdorp Jan van Rensburg Johannesburg 11 Engela Roos (Smit) Klerksdorp Lenie Pretorius (Strydom) Klerksdorp15 Kitty Kriel (Strydom) Klerksdorp Jannie Rossouw Klerksdorp17 Gerrit Botha Klerksdorp18 Kosie Rossouw Leeudoringstad 19 Sannie Lindeque (Roos) Klerksdorp Charles Duminy Klerksdorp Pinkie Esterhuizen Pretoria23 Sarie Pretoius Klerksdorp26 Drienie le Grange (Strydom) Klerksdorp27 Caroline Visagie (Van Rooyen) Klerksdorp30 Emsie Strydom (Le Grange) Vryburg

Augustus5 Martie Swanepoel (Van Niekerk) Klerksdorp9 Sarel Lombard Klerksdorp11 Boetie Jordan Gansbaai12 Gert Strydom Klerksdorp13 Poppie Duminy (Strydom) Pretoria14 Hannie Rossouw (Smith) Klerksdorp18 Maggie Rossouw (Le Grange) Klerksdorp22 Ria Pretorius (Labuschagné) Klerksdorp Anne-Marie van der Merwe (Nel) Klerksdorp25 Tienie Duminy (Rossouw) Klerksdorp26 Marie Rossouw (Harmzen) Klerksdorp28 Bokkie Lombaard (Swanepoel) Klerksdorp

22

Page 26: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

Bryson Burger

Duwayne Burger

Harry Duminy

Bernard Harmzen

Harry Lubbe

Jan-Paul Lubbe

Thys Nienaber

Lian Rothman

Japie Smit

Gustav Steyn

Jacques van Staden

Pieter Visagie

Klerksdorp 26 Desember 2015

NNuuwwee LLiiddmmaattee

23

DDooppeelliinnggeeJanli Barnard Jan en Sally Klerksdorp 25/12/2015Daniël Fourie Charl en Raisa Klerksdorp 25/12/2015Lilene Fourie Charl en Raisa Klerksdorp 25/12/2015Henry Martin Henry en Leani Klerksdorp 25/12/2015Hayleigh Pelser Hendrik en Jacqueline Leeudoringstad 21/02/2016

Lou-Lean du Toit

Abigail Lupton

Corlize Pretorius

Khyla Vermeulen

Annatjie Swanepoel

Baviaanskrans 13 Februarie 2016Vianita de Lange

Hennie Grove

Hanco Mosterd

Page 27: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

24

HHuuwweelliikkee

Jan Taljaard en Mara de Lange is opSaterdag 16 Januarie 2016 in Leeudoringstad

deur ons Evangelis Fanie Visagiein die huwelik bevestig

Page 28: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

algemeen

AAllggeemmeennee iinnlliiggttiinngg

25

Finansiële ondersteuningDie Kerk se bankbesonderhede is as volg:

Christelike Vereniging van Suid-Afrika

ABSA bank (Tjekrekening) ABSA bank (Tjekrekening)Klerksdorp Pretoria Rekeningnommer 30 3023 0018 Rekeningnommer 40 5155 4280

HulpfondsABSA bank - Klerksdorp Rekeningnommer 93 0363 8806

Kerkkantoor (Klerebank en Museum)

Nina le GrangeTelefoon 018 462 2381Faks 018 462 4203 Selfoon 083 630 8148E-Pos adres [email protected] Posbus 330, Klerksdorp, 2570Kantoorure: Maandag en Donderdag 08:00 - 12:00

Adresveranderinge‘n Vriendelike versoek aan al ons lidmate om, wanneer u adres of kontakbesonderhede verander, ons so gou moontlik daarvan in kennis te stel.

Sodoende bly ons rekords op datum en kan ons u Ligdraer korrek versend en ook by u huisbesoek doen wanneer ons in u omgewing is. U kan die nuwe besonderhede aan enige van ons evangeliste verskaf, of dit e-pos na [email protected]

Page 29: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

algemeen

KontaknommersLeraar Fanie Visagie 018 462 1282 082 324 3248Evangelis Neels Botha 082 562 5628Evangelis Fanie Duminy 082 823 4861Evangelis Kosie Roos 076 486 6568Evangelis Fanie Visagie 082 331 0432

Baviaanskrans S 27°20’58.08” O 26°26’06.84”

Bloempark S 26°44’00.77” O 27°44’02.14”

Ebenhaezer S 26°34’13.82” O 24°30’11.86”

Klerksdorp S 26°52’27.70” O 26°39’04.06”

Leeudoringstad S 27°14’13.45” O 26°14’42.90”

Pretoria S 25°52’31.92” O 28°05’49.73”

Vryburg S 26°56’50.10” O 24°43’09.30”

GPS Koördinate van kerkterreine

26

Klankopnames

Alle Jongelingsverenigings, verskeidenheid van musiek en sang asook die boodskappe op Sondae in Klerksdorp sowel as tydens spesiale dienste is beskikbaar teen die volgende pryse (versendingskoste uitgesluit):

R20 per CD R40 per MP3 CDR50 per CD in argief (10 jaar en ouer) asook alle spesiale Cd’sR80 per 8GB geheuestokkie en die laai daarvan beloop R30 per GB. Kontak vir br Gert Strydom persoonlik by 083 654 4949 of 018 462 6833 om aan te dui watter opnames u op die geheuestokkie wil laat stoor.

CD bestellings en betalings kan ook gedoen word by die kerkkantoor.

Page 30: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

SStteerrffggeevvaalllleeFransie Nagel 2015.12.23 2016.01.05

Billy Swart

1932.02.202015.12.01

DriesStopforth1951.06.302015.12.01

GertScholtz

1931.07.232015.12.03

MalieBosman1938.07.082015.11.17

FransSwart

1952.01.182015.11.30

JohanPretorius1950.12.152015.11.10

32

LukasSwanepoel

1937.04.102016.02.22

Hettievan Rensburg

1953.06.252015.12.04

RoelieOberholzer

1944.04.042015.12.11

27

Page 31: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is

dienste

20172016

SSppeessiiaallee ddiieennssttee

28

Baviaanskrans12 tot 14 Februarie

Pretoria4 tot 6 Maart

Ebenhaezer24 tot 27 Maart

Bloempark15 tot 17 April

Klerksdorp3 tot 15 Mei

Pretoria12 tot 14 Augustus

Baviaanskrans9 tot 11 September

Ebenhaezer7 tot 9 Oktober

Bloempark11 tot 13 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

Pretoria10 tot 12 Februarie

Baviaanskrans10 tot 12 Maart

Ebenhaezer13 tot 16 April

Bloempark5 to 7 Mei

Klerksdorp2 tot 4 Junie

Pretoria11 tot 13 Augustus

Baviaanskrans8 tot 10 September

Ebenhaezer6 tot 8 Oktober

Bloempark10 tot 12 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

Page 32: Die April 2016 Nr 243 Ligdraer die ligdraer.pdf · 2016-04-13 · “U is die man!” Dit het my vir baie lank bygebly. Ek wil met elkeen gesels oor hierdie gedeelte – miskien is