2
REEKS —deur Peter Hammond Die Bybel in ’n neutedop SPREUKE Spreuke Deel 1 “Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.” Spreuke 1:7 (1933-vertaling) S preuke bevat kort, diepsinnige gesegdes wat insigryk, prak- ties, gevat en positief is. “Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd.” Spreuke 25:11. Spreuke kan in drie dele verdeel word: • Raad aan jongmanne (1-10) • Raad aan alle mense (11-20) • Raad aan konings en leiers (21-31) Raad vir die jeug Die raad vir jongmanne kan opgesom word as: Word wys! Wandel opreg! Wees waaksaam! Die jeug word in Spreuke 4:23-26 teen slegte vriende, onsedelikheid en dronkenskap gewaarsku: “Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie. Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit.” Die spreuk gaan van jou hart, na jou tong, na jou oë, na jou voete. Baie van die gesegdes in Spreuke word in ons alledaagse spraak aangetref: • “Wie die roede spaar, bederf die kind” • “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor” • “Hoogmoed kom voor die val” • “Yster slyp yster” Herkenbare karakters Die karakters wat 3 000 jaar gelede in die boek Spreuke beskryf is, kan vandag steeds maklik herken word: Die persoon wat te veel praat, die vrou wat altyd neul, die doellose jeug wat op straathoeke rondhang, die buurman wat gedurig inloer en te lank bly, die vriend wat vroeg in die oggend ondraaglik luid- rugtig is. Spreuke wys die kontras tussen keuses, en nagevolge daarvan uit Daar is meer as 900 spreuke en hulle spreek al die belangrike lewenskwessies aan. Hulle word dikwels as kontraste uitgebeeld: • Wysheid en dwaasheid • Hoogmoed en nederigheid • Liefde en wellus • Rykdom en armoede • Werk en luiheid • Heer en dienaars • Mans en vroue • Vriende en familie • Lewe en dood Bron van alle wysheid God is die alwyse God, die bron van alle wysheid. Dit is Sy wysheid wat die heelal en alle goeie dinge daarin geskape het. Dit was God se keuse om Sy wysheid ver- al deur die Skrif, maar ook deur ouers, grootouers en ander wat meer ervare as ons is, oor te dra. Wysheid van Salomo Toe koning Salomo die troon bestyg het, het God hom toegestaan waarvoor hy ook al gevra het. Salomo se versoek was vir wys- heid en God het hom nie net wysheid nie, maar ook roem, mag en rykdom geskenk. Salomo se wysheid was legendaries, dit het selfs die koningin van Skeba gelok om ’n lang reis te onderneem om Salomo se wys- heid self aan te hoor. Soos bekend, blyk dit dat Salomo wyser met sy spreuke was, as wat hy in sy eie lewe was. Salomo se voorbeeld herin- ner ons daaraan dat ons wys in ons denke kan wees sonder om wys in ons hart en dade te wees. Daar is ’n belangrike voor- waarde aan God se gawe van wysheid verbonde. Hy het vir Salomo gesê: “Ek gee jou ’n wyse en verstandige hart...As jy jou in jou optrede hou aan my voorskrifte en gebooie soos jou vader Dawid gedoen het...” 1 Kon 3:12-14. Salomo het Hooglied in sy jeug geskryf, Spreuke in sy middeljare en Prediker op sy oudag. Salomo was nie slegs ’n koning en ’n filosoof nie, maar ook die argitek van die Tempel wat een van die wonders van die wêreld was. Hoewel Salomo die meeste van die spreuke geskryf of versamel het, was hy nie die enigste outeur nie. Ander spreuke is dié van Hiskia, Agur en Lemuel. Daar word negentig keer in Spreuke na God as Jahweh verwys. Die wysheid in Spreuke kom van God. Dit was God se keuse om Sy wysheid deur die Skrif, maar ook deur ander mense oor te dra. Die boek Spreuke is geskryf om ons in wysheid te lei in ons daaglikse wandel met Christus. » 34 JOY! MAGAZINE JUIG! TYDSKRIF 37 Psalms en Spreuke In Psalms tref ons die Christen op sy knieë aan, in Spreuke vind ons hom op sy voete. Die Psalms is nuttig vir daaglikse gebede, Spreuke is toepas- lik op ons daaglikse werk en wandel. Die Psalms is vir ons stiltetyd en plek van aanbidding, Spreuke is vir die markplein, die werksplek, die klaskamer en die huis. Spreuke wys dat godvresendheid prakties is. Die spreuke in hierdie boek handel oor ons plig aan God en ons naaste, die plig van ouers en kinders, huweliksmaats, werkgewers en -nemers, landsburgers en maghebbers. “Die vrees van die Here is ’n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.” Spreuke 14:27. Hoekom is Spreuke geskryf? Spreuke is geskryf om ons in wysheid te lei. Die heel eerste stap tot wysheid is om die Here te vrees. Wanneer jy die heiligheid van God ons Ewige Regter begryp, en verstaan dat niks Sy aandag ontgaan nie en hoeveel Hy boosheid haat, sal ons ware wysheid leer deur God te vrees. 36 JUIG! TYDSKRIF

Die Bybel Psalms en Spreuke in ’n neutedop - FRONTLINE Articles...vergewe omdat God die rykdom van sy genade* 8 in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het,

  • Upload
    others

  • View
    22

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Bybel Psalms en Spreuke in ’n neutedop - FRONTLINE Articles...vergewe omdat God die rykdom van sy genade* 8 in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het,

REEKS

—deur Peter Hammond

Die Bybel in ’n neutedop

SPREUKE SpreukeDeel 1

“Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.”

Spreuke 1:7 (1933-vertaling)

Spreuke bevat kort, diepsinnige gesegdes wat insigryk, prak-ties, gevat en positief is. “Goue

appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd.” Spreuke 25:11.

Spreuke kan in drie dele verdeel word:• Raad aan jongmanne (1-10)• Raad aan alle mense (11-20)• Raad aan konings en leiers (21-31)

Raad vir die jeugDie raad vir jongmanne kan opgesom word as: Word wys! Wandel opreg! Wees waaksaam!

Die jeug word in Spreuke 4:23-26

teen slegte vriende, onsedelikheid en dronkenskap gewaarsku: “Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie. Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit.”

Die spreuk gaan van jou hart, na jou tong, na jou oë, na jou voete. Baie van die gesegdes in Spreuke word in ons alledaagse spraak aangetref:• “Wie die roede spaar, bederf die kind”• “Waar die hart van vol is, loop die

mond van oor”• “Hoogmoed kom voor die val”• “Yster slyp yster”

Herkenbare karaktersDie karakters wat 3 000 jaar gelede in die boek Spreuke beskryf is, kan vandag steeds maklik herken word:

Die persoon wat te veel praat, die vrou wat altyd neul, die doellose jeug wat op straathoeke rondhang, die buurman wat gedurig inloer en te lank bly, die vriend wat vroeg in die oggend ondraaglik luid-rugtig is.

Spreuke wys die kontras tussen keuses, en nagevolge daarvan uitDaar is meer as 900 spreuke en hulle spreek al die belangrike lewenskwessies aan. Hulle word dikwels as kontraste uitgebeeld:

• Wysheid en dwaasheid• Hoogmoed en nederigheid• Liefde en wellus• Rykdom en armoede• Werk en luiheid• Heer en dienaars• Mans en vroue• Vriende en familie• Lewe en dood

Bron van alle wysheidGod is die alwyse God, die bron van alle wysheid. Dit is Sy wysheid wat die heelal en alle goeie dinge daarin geskape het. Dit was God se keuse om Sy wysheid ver-al deur die Skrif, maar ook deur ouers, grootouers en ander wat meer ervare as ons is, oor te dra.

Wysheid van SalomoToe koning Salomo die troon bestyg het,

het God hom toegestaan waarvoor hy ook al gevra het. Salomo se versoek was vir wys-heid en God het hom nie net wysheid nie, maar ook roem, mag en rykdom geskenk. Salomo se wysheid was legendaries, dit het selfs die koningin van Skeba gelok om ’n lang reis te onderneem om Salomo se wys-heid self aan te hoor.

Soos bekend, blyk dit dat Salomo wyser met sy spreuke was, as wat hy in sy eie lewe was. Salomo se voorbeeld herin-ner ons daaraan dat ons wys in ons denke kan wees sonder om wys in ons hart en

dade te wees. Daar is ’n belangrike voor-waarde aan God se gawe van wysheid verbonde. Hy het vir Salomo gesê: “Ek gee jou ’n wyse en verstandige hart...As jy jou in jou optrede hou aan my voorskrifte en gebooie soos jou vader Dawid gedoen het...” 1 Kon 3:12-14.

Salomo het Hooglied in sy jeug geskryf, Spreuke in sy middeljare en Prediker op sy oudag. Salomo was nie slegs ’n koning en ’n filosoof nie, maar ook die argitek van die

Tempel wat een van die wonders van die wêreld was. Hoewel Salomo die meeste van die spreuke geskryf of versamel het, was hy nie die enigste outeur nie. Ander spreuke is dié van Hiskia, Agur en Lemuel. Daar word negentig keer in Spreuke na God as Jahweh verwys. Die wysheid in Spreuke kom van God.

Dit was God se keuse om Sy wysheid deur die Skrif, maar ook deur ander mense oor te dra.

Die boek Spreuke is geskryf om ons in wysheid te lei in ons daaglikse wandel met Christus.

»

34 JOY! MAGAZINE JUIG! TYDSKRIF 37

Psalms en SpreukeIn Psalms tref ons die Christen op sy knieë aan, in Spreuke vind ons hom op sy voete. Die Psalms is nuttig vir daaglikse gebede, Spreuke is toepas-lik op ons daaglikse werk en wandel.

Die Psalms is vir ons stiltetyd en plek van aanbidding, Spreuke is vir die markplein, die werksplek, die klaskamer en die huis. Spreuke wys dat godvresendheid prakties is. Die spreuke in hierdie boek handel oor ons plig aan God en ons naaste, die plig van ouers en kinders, huweliksmaats, werkgewers en -nemers, landsburgers en maghebbers. “Die vrees van die Here is ’n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.” Spreuke 14:27.

Hoekom is Spreuke geskryf?Spreuke is geskryf om ons in wysheid te lei. Die heel eerste stap tot wysheid is om die Here te vrees. Wanneer jy die heiligheid van God ons Ewige Regter begryp, en verstaan dat niks Sy aandag ontgaan nie en hoeveel Hy boosheid haat, sal ons ware wysheid leer deur God te vrees.

36 JUIG! TYDSKRIF

Page 2: Die Bybel Psalms en Spreuke in ’n neutedop - FRONTLINE Articles...vergewe omdat God die rykdom van sy genade* 8 in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het,

’n Woord vir ’n situasieDie Engelse woord ‘proverb’ kom van die Latynse woord ‘proverba.’ ‘Pro’ beteken ‘vir’, en ‘verba’ beteken ‘woord’. ’n Spreuk is dus letterlik ‘ ’n gepaste woord vir die situasie’. Wyse mense lê kennis weg.

Akrostigon (lettervers)Spreuke maak gebruik van letterverse, soos in hoofstuk 31 waar elke versreël in die

oorspronklike Hebreeuse teks met ’n nuwe letter van die Hebreeuse alfabet begin.

NumeriekIn ander gevalle is die struktuur numer-ies, byvoorbeeld: “Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ’n afsku het:

oë wat straal van hoogmoed, ’n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ’n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.” Spreuke 6:16-19. Hierdie vorme moet

die leser in staat te stel om die spreuk mak-liker te onthou.

ParallelismeDie poësie in Spreuke kom dikwels in paral-lelismes voor. Sommige is sinonieme paral-lelisme, byvoorbeeld: “Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val.”

Meer algemeen is teenstellende paral-lelisme, waar die tweede reël in kontras

met die eerste is: “’n Mens wat nie sy hande uit sy jou steek nie, word arm, dit is vlyt wat ryk maak.” Spreuke 10:4.

“Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang; wie hom nie laat teregwys nie, is ’n dom mens.” Spreuke 12:1.

Met saamgevoegde parallelisme word die gedagte in die eerste reël deur die tweede reël versterk: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorsprong van die lewe.” Spreuke 4:23.

Word vervolg...

REEKS

28 JOY ! MAGAZINE34 JOY ! MAGAZINE34 JOY ! MAGAZINE32 JOY! MAGAZINE

Spreuke en Jesus C hristus• Die Here Jesus Christus het in diebergpredikasie dieselfde keuses asinSpreukebeklemtoon:

• Diebreëwegvs.diesmalweg• Diewyepoortvs.dienoupoort• Omopsandtebouvs.omopdierotstebou

• Dieslegteboomvs.diegoeieboom• Slegtevrugtevs.goeievrugte• Diehelvs.dieHemel

Ons Here Jesus het beklemtoon:“HywatniemetMyisnie, isteenMy;en hywat nie saammetMy versamelnie,verstrooi.”

Spreuke beklemtoon hoe ons dielewe ten volle kan benut en waarskuonsteendiebaiemanierewaaroponsons lewekanverkwisof ruïneer.Daarwordklemgelêopintegriteitenwerks-etiek.DieoproepvanSpreukeis:Moe-niejouleweverkwisnie!

PETER HAMMOND is ’n sendeling, Bybelleraar en outeur. Vir meer inligting: Skakel: 021 689 4480; www.frontline.org.za

Salomo het Hooglied in sy jeug geskryf, Spreuke in sy middel-jare en Prediker op sy oudag. Salomo is nie die enigste outeur van Spreuke nie; die wysheid in Spreuke kom van God.

36 JOY! MAGAZINE

Die Bybel in ’n neutedop

SPREUKE SpreukeDeel 1

38 JUIG! TYDSKRIF

SagtebandR49,95

Luukse leerBladsye goudgerand. Duimgrepe, merklint

R99,95

Die Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV) is ’n direkte vertaling van die Nuwe Testament wat die oorspronklike Griekse teks so getrou moontlik en in keurige Afrikaans weergee. Dit word parallel aan die Nuwe Lewende Vertaling (NLV), wat ’n dinamies-ekwivalente vertaling is, aangebied sodat lesers dit maklik kan vergelyk en die wese en waarde van beide vertalings duidelik kan verstaan en daardeur verryk kan word.

AFRIK A ANSE STANDA ARD VERTALING NUWE LEWENDE VERTALING

EFESIËRS

Paulus skryf aan die gelowiges in Efese en stuur ’n seëngroet

1 Hierdie brief kom van Paulus. Ek is deur God gekies* om ’n apostel van Christus Jesus te

wees. Ek skryf aan God se mense* in Efese*, hulle

wat in Christus Jesus glo*. 2 Mag die genade* en vrede van God ons Va-

der en die Here Jesus Christus met julle wees.

Wonderlike geestelike geskenke

3 Prys God, die Vader van ons Here Jesus Chris-tus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het,* het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. 4 Deur wat Christus gedoen het, het God ons uit-gekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne* te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. 5 Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders* aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê.6 Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet*, het Hy genade* aan ons ge-gee. 7 Deur sy geliefde Seun* is ons verlos deurdat Hy sy bloed vir ons gestort het. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade*8 in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het, 9 het sy geheime plan* aan ons bekendgemaak. So het Hy dit reeds voorheen, met die fokus op Chris tus, goedgevind om hierdie plan 10 in die volheid van die tye tot uitvoering te bring. Hierdie geheime plan is om alles wat in die hemel en op die aarde is, onder een hoof te ver-enig; en hierdie hoof is Christus. 11 Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. 12 Die gevolg is dat God se grootheid deur ons

NLV 1:1a Grondteks deur die wil van God. 1:1b Grondteks die heiliges. 1:1c In sommige manuskripte ontbreek in Efese. 1:1d Of dié wat getrou is aan Christus Jesus. 1:2, 6b, 7b Of onverdiende goedheid. 1:3 Of In Christus. 1:4 Grondteks heilig. 1:5 Of seuns. 1:6a Grondteks In die Geliefde. 1:7a Grondteks Deur sy bloed. 1:9 Grondteks die geheimenis van sy wil.

EFESIËRS

Seëngroet

1 Paulus, apostel van Christus Jesus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is en in

Christus Jesus glo: 2 genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus!

Loflied aan God vir ons geestelike seëninge

3 Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, Hy wat ons geseën het met elke geestelike seëning in die hemele in Christus, 4 omdat Hy ons in Christus voor die grondvesting van die wêreld in liefde gekies het om heilig en onberispelik voor Hom te wees, 5 en Hy ons vooraf bestem het tot aanneming as kinders deur Jesus Christus, volgens sy goed-dunke en wil, 6 tot lofprysing van sy heerlike genade wat Hy ons goedgunstiglik geskenk het in die Geliefde. 7 In Hom het ons die bevryding deur sy bloed, die vergifnis van oortredings, ooreenkomstig die rykdom van sy genade, 8 wat Hy oorvloedig aan ons voorsien het in alle wysheid en insig, 9 deurdat Hy aan ons die geheimenis van sy wil bekendgemaak het, volgens sy goeddunke, wat Hy vooraf beplan het deur Christus, 10 tot volvoering daarvan in die volheid van die tyd, om alle dinge, alles in die hemele en op die aarde, in Hom – in Christus – saam te bring. 11 In Hom het ons ook ’n erfenis ontvang deurdat ons vooraf bestem is ooreenkomstig die doel van Hom wat alles tot stand bring volgens sy plan en wil, 12 sodat ons tot lof van sy heerlikheid kan wees,

Die uitgewer van Skrifgefundeerde publikasies waarop jy kan vertrouwww.cumuitgewers.co.za

Skakel 0860 110 321www.cumuitgewers.co.zaStuur ’n e-pos na [email protected]

Beskikbaar by CUM Boeke en alle toonaangewende boekwinkelswww.facebook.com/ChristelikeBoekeSA

’N UNIEKE EN VERRYKENDE BYBELLEES-ERVARING

Juig 111014.indd 1 2014/09/10 9:20 AM