84
Karakter van God Wie is Hy? Hoe is Hy? Hoe raak dit My? Johan Delport Tygerberg Gesinskerk www.gesinskerk.co.za

Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Karakter van GodWie is Hy? Hoe is Hy? Hoe raak dit My?

Johan Delport

Tygerberg Gesinskerk

www.gesinskerk.co.za

Page 2: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons
Page 3: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

R 40.00 is al wat dit vat!

Help ons asb om nog mense te bedien. Deur om R 40.00 donasie te gee vir hierdie boekie help jy ons om nog mense te bereik met die Woord.

Metode #1: Koeverte

Plaas jou R 40.00 in die koevert en gooi dit in die kollektemandjie of in die Posbus by die Infotafel.

Metode #2: Elektronies

Naam: Tygerberg Gesinskerk Verwysing: Bybelstudie Boekie Bank: ABSA Rek #: 4068 9596 99 Tak: 632 005 (SanTyger)

Metode #3: SnapScan

Page 4: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons
Page 5: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

1

Inhoudsopgawe

Spesiale dankbetuiging 3

Voorwoord 5

Inleiding 7

WEEK 1 - Almagtig en Soewerein 13

WEEK 2 - Heilig en Regverdig 21

WEEK 3 - Liefdevol en Genadig 27

WEEK 4 - Alwetend en Alwys 33

WEEK 5 - Alomteenwoordig 39

WEEK 6 - Ewig en Onverganklik 45

WEEK 7 - Onveranderlik 53

WEEK 8 - Goedheid 59

WEEK 9 - Ondeurgrondelik 65

WEEK 10 - God is God 71

Slotwoord 79

Page 6: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

2

Page 7: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

3

Spesiale dankbetuiging

Alle eer aan die Here!

“Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.” (Fil 2:13)

Tygerberg Gesinskerk is ‘n gemeente wat daarop gefokus is om mense te help om te groei in hulle geloof. Bybelstudies soos hierdie is spesiaal geskryf om daardie doel te bereik. Maar om Bybelstudies van hoë gehalte te skryf, het jy ‘n span nodig.

Ek dank die Here vir die mense wat Hy in en om ons gemeente ge-plaas het om ons te help met hierdie taak. Hierdie span werk hard en sit baie tyd opsy om seker te maak dat die Bybelstudies sinvol en geïntegreerd deel uitmaak van ons gemeente se groeiplan vir die gemeentelede.

Die span is soos volg:

Alex Steyn - Teologiese versorging Ronel Griessel - Taalkundige versorging Riaan le Roux - Ontwerp en vervaardiging

Baie dankie, julle is ‘n “great” span!

Die Here seën julle vir julle harde werk.

Page 8: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

4

Page 9: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

5

Voorwoord

Wie is God? Hoe is Hy... en hoe raak dit my?

In Johannes 8:19 sê Jesus vir die Fariseërs: “Julle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het.”

Hoe beter ek iemand ken, hoe `n sterker verhouding kan ek met daardie persoon bou. Dit neem tyd; ek leer nie iemand oor nag ken nie. Ek moet tyd maak om saam te werk, saam te kuier en sommer oor alles te gesels. Oor tyd bou ek `n sterk en soliede verhouding met daardie persoon.

Net so is dit met ons verhouding met die Here. Wanneer ons `n oor-gawe maak aan die Here Jesus en ons begin die pad van geloof stap, weet ons dalk min van die Vader. Maar soos ons groei in die Here Jesus, bestudeer ons sy Woord en laat ons toe dat die Heilige Gees in ons harte werk! So bou ons `n beter verhouding met die Vader.

My opregte gebed met hierdie reeks is dat ons die Vader van ons Here Jesus deur hierdie reeks beter sal leer ken!

Hierdie studiereeks is spesifiek geskryf vir Bybelstudiegroepe. Om saam om die Woord van die Here te sit, dieper te grawe en met me-kaar die ewige waarhede uit die Skrif oor God te deel, is een van die effektiefste maniere om geestelik te groei.

Mag ons almal deur hierdie reeks nader aan Hom beweeg soos ons die ewige waarhede van Sy wonderbare karakter leer ken.

Die Here seën.

Johan Delport

Page 10: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

6

Page 11: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

7

KARAKTER VAN GODInleiding

“Dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.” (Joh 17: 3)

Wie is Hy? Hoe is Hy?

En Hoe raak dit my?

Inleiding

Daar is `n ou verhaal wat vertel word van 6 manne wat blind gebore was. Eendag het hulle `n nabygeleë dorp gaan besoek en in hierdie dorp loop hulle `n mak olifant raak. Dit was die eerste keer dat hulle met `n olifant te doen gehad het.

Die blinde manne het die geleentheid aangegryp en aan die olifant geraak:

Die eerste blinde man het by die olifant se sy gestaan en toe hy aan die olifant raak, het hy gedink `n olifant is soortgelyk aan `n muur...

Die tweede blinde man het aan die slurp gevat en gedink `n olifant is soortgelyk aan `n slang...

Die derde man het aan die tand gevat en gedink `n olifant is soos `n spies...

Die vierde man het aan die been gevat en gedink `n olifant is soos `n boom...

Die vyfde man het aan die oor gevat en gedink `n olifant is soos `n waaier...

Page 12: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

InleIdIng

8

Die sesde man het aan die stert gevat en gedink `n olifant is soos `n tou.

Omdat hierdie ses manne almal blind was en omdat elkeen net aan `n gedeelte van die olifant geraak het, sou nie een van hulle werklik `n akkurate beeld van `n olifant kon weergee nie.

Net so worstel selfs volwasse gelowiges met presies dieselfde bep-erking as dit by `n akkurate beeld van God kom! Baie van dit wat mense oor God glo, is oorvertellings, persoonlike belewenisse en soms ook menslike filosofieë.

Om onwaarhede of selfs halwe waarhede oor God te glo, doen oneindig baie skade aan `n mens se geloof. Om die verkeerde goed van God te glo, beïnvloed:

• Hoe ons God sien

• Hoe ons ander mense sien

• Hoe ons `n verhouding met God bou, al dan nie

• Hoe ons besluite neem

• Hoe ons daagliks wandel

Baie mense glo dat God se liefde sal verhoed dat Hy die ongelow-ige mens tot die hel sal veroordeel. Die gevolge van sulke idees is natuurlik vêrreikend.

Daar is ook ongelukkig gelowiges wat glo dat God maar net sonde sal aanvaar; dat Hy almal tog maar sal vergewe. Dít weer, gee aan-leiding daartoe dat baie Christene geen dringendheid ervaar om die evangelie te verkondig nie...

Ons kan natuurlik dadelik sien dat hierdie foutiewe benaderinge is! In Matteus 13:40-44 maak Jesus dit duidelik dat die “genadetyd” waarin ons nou lewe nie verkeerd verstaan mag word nie. Daar kom `n dag van oordeel wanneer God die gelowiges gaan red, maar ook die sondaars sal straf met die ewige hel.

Page 13: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

InleIdIng

9

Aan die ander kant van die spektrum is daar ook Christene wat baie veroordelend lewe teenoor ander mense. Hulle verkondig die evan-gelie vanuit `n hoogmoedige posisie - amper asof hulle wil hê dat mense verlore moet gaan.

Is dit nie presies waar Jona homself bevind het toe die Here hom na Nineve toe gestuur het nie? Hy het God se boodskap teësinnig gaan preek en eintlik maar gehoop dat God die in- woners van Nineve sou straf.

Maar die waarheid is natuurlik dat God die verlorenes wil red! God is immers `n God van liefde. In 1 Johannes 4:8 lees ons dat diegene wie ander nie liefhet nie, God nie werklik ken nie, want God is dan liefde!

In Johannes 3:16-17 lees ons dat God die Here Jesus Christus na die aarde gestuur het juis om sondaars te red.

Hoe stel ons die probleem reg?

Ons kan duidelik sien dat hier `n probleem is. Om net te luister na stories van God, menslike belewenisse en mense se idees oor God, kan ons baie maklik op `n dwaalspoor sit.

Ons moet God se werklike karakter leer ken.

In Eksodus 3:5-7 lees ons dat God Homself aan Moses openbaar: “Die Here sê toe vir hom: ‘Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.’ 6Verder sê Hy: ‘Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.’ Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.”

Die Bybel is die geïnspireerde Woord van God (2 Tim 3:16-17). God openbaar Homself aan ons deur sy Woord. Alle ander bronne van inligting oor God is ondergeskik aan die Woord. Geen belewenis, hemels of aards, gesigte of visioene, profesieë of persoonlike open-

Page 14: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

InleIdIng

10

barings kan in die plek van die Woord van God gebruik word om God werklik te leer ken nie.

Paulus gee ̀ n baie sterk waarskuwing aan mense wat ̀ n lering verkon-dig wat teenstrydig is met die Woord:

“Al sou een van ons of selfs ‘n engel uit die hemel aan julle ‘n evan-gelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het - die vloek van God sal hom tref!” (Gal 1: 8)

So hoe maak ons seker dat ons die werklike karakter van God leer ken en dat ons nie mislei word deur valse stories en emosionele belewenisse nie?

Ons keer terug na die enigste bron van Waarheid: die spesiale open-baring van God – die Bybel!

Dit is slegs deur die unieke openbaring van God in die Bybel dat ons leer Wie God is en Hoe God is... en ook hoe dit ons lewens raak!

In hierdie studie

Vir die volgende 10 weke gaan ons die Woord bestudeer en elke week na `n nuwe eienskap van God kyk. Hierdie boekie se doel is nie om ons alles te vertel wat daar is om te weet van God nie. Hoe sal `n gebroke mens ooit God se karakter na waarde kan skat?

Hierdie Bybelstudieboekie is geskryf om ons uit te daag om weer te kyk na die oorvertellings en idees wat ons dalk oor God mag hê. Ons moet weer kyk na dit wat ons dink en glo oor God – is dit werklik wat die Bybel leer? Is dit regtig wie God is?

In Jeremia 24:7 sê die Here: “Ek sal hulle [die mens] insig gee om My te ken. Ek is die Here!” Jeremia praat hier van die afvallige Is-raeliete wat vir die soveelste keer afgedwaal het van hul verhouding met God. Nou, in Christus, kry hierdie verse ware betekenis! Nou kan ons God werklik deur sy Seun leer ken!

Page 15: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

InleIdIng

11

Jesus bid vir Sy dissipels tot God en in daardie paar verse sê die Here Jesus baie belangrike waarhede: “Dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.” (Joh 17: 3)

Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons gered word deur ons geloof in die Here Jesus. Paulus maak dit duidelik in Efesiërs 2: 8 dat ons deur geloof gered word, maar ons moet besef dat hierdie geloof nie losstaande is van die kennis van die Waarheid nie!

Wanneer ek God nie ken nie, kan ek Hom nie in Waarheid aanbid nie:

“Daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen.”

(Joh 4: 23)

Page 16: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

12

Page 17: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

13

KARAKTER VAN GODAlmagtig en Soewerein

“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.” (Open 1:8)

Wie is Hy? Hoe is Hy?

En Hoe raak dit my?

WEEK 1

Inleiding:

Daar is baie verskillende (en verkeerde!) persepsies wat mense het oor wie God is en hoe Hy is! Maar dit is van uiterste belang dat ons die regte beeld van God raaksien, want hoe ons God sien, het `n groot invloed op hoe ons lewe!

In die Ou Testament was een van die grootste probleme dat die volk Israel God nie werklik geken het nie en daarom ook nie verstaan het nie. Ons lees byvoorbeeld in Jesaja 59:1-2 dat die volk gedink het dat die Here hulle nie kan help nie; dat die Here `n onvermoë het om hulle te help... Jesaja moes die miskonsepsie regstel deur vir hulle, in effek, te sê:

“God wil julle help, maar julle sonde het `n muur tussen julle en God gebou.”

Nog `n voorbeeld van die volk se miskonsepsie oor wie die Here werklik is, sien ons in Jeremia 31: 29. Die Here het die volk gestraf oor hulle sonde. Hulle het erg by die Here gemurmureer oor die straf

Page 18: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 1 - karakter van god

14

en die Here beskuldig met die woorde: “Die ouers het groen druiwe geëet, maar die kinders se tande word stomp” – bedoelende die kinders word gestraf oor die ouers se sonde! Jeremia het die volk reggehelp en vir hulle gesê dat elkeen oor sy eie sonde gestraf word.

Ongelukkig is hierdie persepsies en miskonsepsies oor die Here nie net eie aan die Ou Testament nie, maar sukkel baie Christene vandag ook hiermee.

Hier is `n paar verkeerde beelde wat mense vandag oor die Here het (om maar net `n paar te noem):

Die polisieman: Baie mense sien God as `n kosmiese polisieman wat bloot getaak is om wet en orde te probeer handhaaf. Al wat

vir Hom belangrik is, is wet en orde en om oortreders te straf.

Die afwesige mag: God het alles gemaak en toe die skepping en alles daarin net so aan die mens oorgelaat. Hy is glad nie meer

betrokke nie en is iewers vêr weg van ons af.

Die iesegrimmige pa: Eintlik is God baie kwaai en gedurig kwaad vir ons. Hy is nie gelukkig met wat in die wêreld aangaan nie en

soek rede om ons “by te kom”.

Die polities-korrekte diplomaat: God gee eintlik nie om wat presies ons glo nie, hoe ons leef of waarmee ons onsself besig

hou in hierdie lewe nie, solank ons net alles in vrede doen en almal met respek behandel.

Dit is hierdie en nog vele ander miskonsepsies wat ons in hierdie studiereeks wil aanspreek. Oor die volgende 10 weke gaan ons kyk na...

Wie is Hy? Hoe is Hy?

En hoe raak dit my?

Page 19: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 1 - karakter van god

15

Maak die beste van hierdie studie

Hierdie reeks is geskryf om gelowiges uit te daag om:

• God beter te leer ken

• `n dieper liefdesverhouding met God te bou

• verkeerde persepsies reg te stel

• vrymoedigheid in geloof te kweek

Hier is `n paar wenke vir ons om die beste te maak van hierdie reeks:

Wenk #1: Lees die inleidende hoofstuk in hierdie studie deeglik.

Wenk #2: Berei die hart voor – maak tyd vir gebed voor elke week se studie.

Wenk #3: Kom voorbereid, lees die studie deur en vul die antwoorde in voor die sessie om ̀ n goeie begrip te hê van waaroor die studie handel.

Wenk #4: Lees elke week se verse weer na elke studie en doen die huiswerk noukeurig.

Almagtig en Soewerein

Tema teks: Jeremia 18:1-10 en Jeremia 32:17, 26-27 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om leeswerk te doen.

“Die Here regeer, die aarde moet juig...” (Ps 97:1)

“Die Here regeer, die volke erken bewend sy gesag...” (Ps 99:1)

“The Great need of our day is not the discovery of new truths but the

Page 20: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 1 - karakter van god

16

vitalization of old ones.” – John Daniel Jones.

1. Karaktereienskap: God is Almagtig

Lees Gen 1:1-3 en Joh 1:1-5

In hierdie gedeeltes sien ons dat God die Skepper is van alles. Ons sien ook dat God die Vader, Seun en Heilige Gees reeds van voor die begin van die skepping bestaan.

Hierdie waarheid is dalk te groot vir ons verstand om te verwerk, maar dat ons God en Vader Almagtig is - dat daar niks is wat Hy nie kan doen nie - is duidelik vanuit die Skrif.

Dawid bewonder die Here se Almag in Psalm 8:4: “As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het...”

Die skepping alleen is `n kragtige bewys dat geen wese in die heelal met God in Sy almag kan vergelyk nie.

2. Karaktereienskap: God is Soewerein

Lees Jes 46:10-11

Die Soewereiniteit van God gaan hand-aan-hand met Sy Almag.

Wanneer ons sê dat God almagtig is, dan beteken dit dat daar geen einde aan Sy krag en mag is nie. Niks is vir hom onmoontlik nie, niks is vir Hom moeilik nie en niks is vir hom moeite nie.

GespreksvraaG:Lees Rom 1:20 en Luk 1:37. Wat leer ons uit hierdie verse? Wat beteken dit as ons sê dat God almagtig is? Watter implikasie hou dit vir ons in?___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 21: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 1 - karakter van god

17

Wanneer ons sê dat God soewerein is, dan beteken dit dat God `n plan het vir hierdie wêreld en dat Hy binne Sy raadsplan optree sonder enigiemand se “goedkeuring”! Met ander woorde: God doen wat Hy wil.

In Jesaja 46:9-10 sê God onder andere: “Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie... Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek.”

Om dit baie eenvoudig te stel: God is Soewerein – dit wat God besluit het om te doen, dit doen Hy .

Hoe raak God se Almag en Soewereiniteit my lewe vandag?

Lees Joh 3:16 en Efes 2:8

Die Here se almag en soewereiniteit behoort vir ons baie troos en vrede te bied. In die Here se soewereiniteit het Hy besluit om Jesus na hierdie wêreld te stuur. Dit was `n besluit van die Here – Hy wou dit doen! Ons lees in Romeine 5: 11 dat die Vader vir ons versoening bewerk deur sy Seun, Jesus Christus.

Hy is dus gewillig om ons te red. Sy almag beteken verder dat Hy in staat is om te doen wat Hy wil doen. Niks kan God keer om dit wat Hy beplan het, uit te voer nie.

God is : Soewerein in ons verlossing. Soewerein in ons wandeling.

GespreksvraaG:Lees Ps 33:10-11 en Ps 147:15-18. Wat leer ons uit hierdie verse van God se soewereiniteit? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 22: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 1 - karakter van god

18

Opsomming:

Vandag se studie kan ons eenvoudig opsom met die volgende woorde:

God is in staat om te doen wat Hy beplan het. Daar is niks vir Hom onmoontlik nie, daar is niks vir Hom moeilik nie en niks is eers vir Hom moeite nie.

God doen wat Hy wil doen. Hy wil ons red.

In Sy genade en liefde het die Here`n plan bewerkstellig om deur sy Seun, die Here Jesus, vir ons verlossing te bekom. Die manier hoe God dit dan doen, bevestig ook in ons harte dat ons God Almagtig en Soewerein is.

GespreksvraaG:Lees Ps 33:10-11 en Ps 147:15-18. Wat leer ons uit hierdie verse van God se soewereiniteit? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 23: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 1 - karakter van god

19

WEEK 1: God is Almagtig en Soewerein

Om aan te dink...

God is Almagtig! Dit beteken dat daar geen beperking op God se mag en krag is nie. Niks is dus vir Hom onmoontlik nie.

God is Soewerein! Dit beteken dat dit wat God wil doen en beplan het om te doen, dit doen Hy! Daar is niks wat God kan keer om te

doen wat Hy beplan het nie.

Vers om te onthou

“Ek is God, daar is geen ander nie. Ek is God, daar is niemand soos Ek nie.” (Jes 46: 9)

“Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek

wil, doen Ek.” (Jes 46: 10)

Vraag om oor na te dink

Dink na oor die verse wat ons vandag gelees het. Hoe bied hierdie verse vir my troos in die Here?

Gebed om te bid

Vader, baie dankie dat U Almag en Soewereiniteit my lewe en my redding sekuur maak. U kan nie onkant gevang word deur wat in

hierdie lewe gebeur nie. U doen wat U gesê het. AMEN!

Page 24: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

20

Notas

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

Page 25: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

21

KARAKTER VAN GODHeilig en Regverdig

“Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.” (Op 15: 4)

WEEK 2

Inleiding:

In die vorige studie het ons gekyk na God se Almag en Soewereiniteit. In vandag se studie kyk ons na die Heiligheid en Regverdigheid van God.

Terwyl ons saam na die eienskappe van God kyk, sal ons merk dat die eienskappe nie net bymekaar inskakel nie, maar dat die eienskappe mekaar oorvleuel. Dit is ook belangrik dat ons moet verstaan dat die Vader, Seun en Heilige Gees drie Persone in die Drie-eenheid is en dat al drie Persone van God dieselfde eienskappe het. Die Vader, die Seun en die Heilige Gees is drie-in-een. Al drie is in wese God!

Tema teks: Ps 99: 3, 5, 9 en Ps 119: 7, 75, 106, 142 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om leeswerk te doen.

Heilig en Regverdig

1. Karaktereienskap: God is Heilig Lees Lev 11:45 en 1 Pet 1:15-16

Page 26: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 2 - HeIlIg en regverdIg

22

“Die serafs het mekaar telkens toegeroep: ‘Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teen-

woordigheid.’” (Jes 6: 3)

“God’s holiness means that he is separated from sin.” - Wayne Grudem

Vir die mens klink heiligheid miskien soos `n morele eienskap: Ie-mand wat heilig is, leef `n moreel “goeie” lewe. Maar wanneer ons na God kyk, is dit nie net `n morele kwaliteit van God nie, maar `n karaktereienskap. God is Heilig en besit `n totale onvermoë om sonde te kan doen.

Wat beteken dit werklik dat God Heilig is?

I. Dit beteken dat God afgesonder is.

In 1 Samuel 2:2 lees ons: “Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie.” Daar is dus niemand wat met God kan vergelyk nie. Hy is Heilig; Hy is in `n klas van Sy eie; Hy is afgesonder.

God kan geen sonde doen of iemand anders sonde laat doen nie. In 1 Johannes 3:5 lees ons dat daar natuurlik ook geen sonde in Christus is nie.

II. Dit beteken dat God nie foute maak nie.

In 1 Johannes 1:5 lees ons: “...God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” Mense maak foute, nie net omdat hulle sonde doen nie, maar omdat sonde hulle oordeel kom vertroebel het. God het nie hierdie probleem nie. God is lig, daarom kan Hy vry van enige negatiewe invloed besluite maak en aksie neem. God maak nie foute nie.

Page 27: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 2 - HeIlIg en regverdIg

23

III. Dit beteken dat God vol van heerlikheid is.

Wanneer die serafs in Jesaja 6:3 uitroep: “Heilig, Heilig, Heilig is die Here die Almagtige...” bring hulle eer aan die Here. Die Here se heiligheid maak dat niemand en niks met Hom kan vergelyk nie.

2. Karaktereienskap: God is Regverdig Lees Deut 32:4

In beide die Hebreeus (die oorspronklike Ou Testamentiese taal) en in die Grieks (die oorspronklike Nuwe Testamentiese taal) is daar net een woord vir albei die konsepte Regverdigheid en Geregtigheid.

Dit is daarom belangrik dat ons moet verstaan dat God in homself Regverdig is en dat sy aksies gegrond is in sy eie Geregtigheid.

Wayne Grudem sê dit baie mooi:

“God’s righteousness means that God always acts in accordance with what is right and is himself the final standard of what is right.”

Wat weet ons van God se Regverdigheid?

“Daar is egter maar een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg...” (Jak 4: 12)

God se volmaakte regverdigheid maak Hom alleen gekwalifiseerd

GespreksvraaG:Lees weer 1 Pet 1: 16 en Ps 99: 9. Wat is die implikasie van God se heiligheid op ons lewens volgens hierdie verse?____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 28: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 2 - HeIlIg en regverdIg

24

om die Wetgewer en Regter te wees.

Psalm 96:13 sê: “Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.”

God se volmaakte regverdigheid beteken dat God alleen in staat is om die wette te maak en dan die nasies en volke regverdig daar-volgens te beoordeel. In 2 Timoteus 4:8 sê Paulus dat die Here die Regverdige Regter is.

God se Heiligheid en Regverdigheid in Christus Lees Nah 1:1-3 en 1 Pet 2:24

In Nahum 1:1-3 maak God dit duidelik dat sy Krag en Mag groot is, so ook sy Genade, maar dat Hy Regverdig is en dat Hy sonde nie ongestraf laat bly nie. Dit raak ons direk!

Paulus skryf in Romeine 3:23 dat almal sonde gedoen het en God se straf verdien. Dit is een waarheid wat soos `n paal bo water staan: elke mens het sonde gedoen (1 Joh 1:8 en Rom 6:23).

Omdat God Heilig en Regverdig is, kan Hy sonde nie ongestraf los nie. Hy het sy eie Seun volgens 1 Petrus 2:24 gestuur om die straf vir ons sonde in Sy liggaam te dra (“genesing” in hierdie vers dui op verlossing van die “siekte” van sonde). God laat dus sy eie Seun die straf dra in ons plek (Jes 53:10 en 2 Kor 5:19).

Dit is die Evangelie! Die Evangelie is die goeie nuus van God!

GespreksvraaG:Lees Jes 5:16. Maak `n lys van die eienskappe in hierdie vers wat van God gemeld word. Hoe skakel dit met God se regverdigheid?____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 29: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 2 - HeIlIg en regverdIg

25

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh 3:16-17)

Opsomming:

God is volmaak Heilig en volmaak Regverdig. Geen mens kan met God vergelyk word nie. Selfs die “goeie” mense op aarde is besoedel deur die sondige natuur. Ons beste pogings om voor God geregverdig te staan op grond van ons eie goeie dade, is soos vuil klere en in onsself is ons maar verdroogde blare voor die Here (Jes 64:6).

Page 30: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 2 - HeIlIg en regverdIg

26

WEEK 2: God is Heilig en Regverdig

Om aan te dink...

Die Here is Heilig. Dit beteken Hy is afgesonder, sonder sonde en sonder enige tekortkominge.

Omdat God Heilig is, is Hy ook Regverdig. Sy oordele is reg en Sy geregtigheid maak dat Hy die enigste Een is wat waardig is om `n

Wetgewer en Regter te kan wees.

Vers om te onthou

“Wy julle aan My. Wees heilig, want Ek is die Here julle God.” (Lev 20: 7)

“Die hemel getuig: ‘God is regverdig, en Hy is die regter.’” (Ps 50: 6)

Vraag om oor na te dink

Hoe daag die verse in hierdie studie my uit? Hoe verander dit my lewe wanneer ek God se Heiligheid en Regverdigheid in gedagte

hou in my alledaagse lewe?

Gebed om te bid

Vader, ek bely my tekortkominge voor U. Wanneer ek dink aan U regverdigheid, dan besef ek hoe vêr ek tekort skiet in my wandel

met U. Dankie vir U Seun, dankie vir die Here Jesus Christus. Dank-ie dat U vir my gered het toe ek myself nie kon help nie. Ek eer U!

Amen.

Page 31: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

27

KARAKTER VAN GODLiefdevol en Genadig

“Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered” (Efes 2:5)

WEEK 3

Inleiding:

Tot dusvêr het ons gekyk na die volgende eienskappe van God:

Week 1: God is Almagtig en Soewerein Week 2: God is Heilig en Regverdig

Elke week bespreek ons `n nuwe dimensie van God se karakter. Elke karaktereienskap kan gesien word soos dele van `n legkaart. Sonde enige een van die stukke sal die legkaart nie volledig kan wees nie. Net so is dit belangrik om na al God se karaktereienskappe te kyk om `n goeie idee te kry wie ons God is, Hoe Hy is en hoe dit ons lewens raak.

Wanneer `n mens een eienskap ten koste van `n ander eienskap beklemtoon kry `n mens in effek te doen met `n wanvoorstelling van God en loop `n mens die risiko om in afgodsdiens te verval.

In vandag se studie kyk ons na God se Liefde en Genade...

Tema teks: Efes 2:1-10 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om lees werk te doen.

Page 32: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 3 - lIefdevol en genadIg

28

Liefdevol en Genadig

1. Karaktereienskap: God is Liefde Lees 1 Joh 4:8, 16 en Klaag 3:21-23

Wanneer dit kom by God se liefde stel J.I Packer dit die heel mooiste: “When we look at God’s wisdom, we saw something of His mind; when we think of His power, we saw something in his hand, when we consider His word, we learn something about His mouth, but now, contemplating his love, we are looking into his heart!”

God se aard en wese is een van liefde. Daar is ook perfekte liefde binne die drie-eenheid van God. Jesus skryf dat die Vader hom liefgehad het voor die skepping van die wêreld (Joh 17:24).

Omdat ons God se liefde gestalte sien kry het in Christus Jesus as die Verlosser van sondaars, is ons geneig om te dink dat die Israeliete God nie geken het as `n God van liefde nie. Dit is egter nie so nie, die Israeliete het God geken as `n God van liefde.

In 1 Kronieke 16:34 lees ons dat die volk die Here geloof en geprys het en telkens die Here toegesing het: “Aan sy liefde is daar geen einde nie!” Hierdie sinsnede kom 49 keer voor net in die Ou Testament.

Wat beteken “God se liefde”?

God se liefde beteken dat God nie koud en onverskillig teenoor die mens staan nie; inteendeel, God se liefde beteken dat Hy volle mee-gevoel met ons het (Heb 5:2). Hy het ons gemaak en Hy het ons innig lief. Dit is waarom Hy sy Seun aarde toe gestuur het:

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Joh 3:16)

Page 33: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 3 - lIefdevol en genadIg

29

Gesang 74,vers 1:

God is liefde, Juig ons harte En bedink wat liefde doen:

Dat Hy ons sy seun gestuur het Om ons sonde te versoen!

God het ons nie lief omdat Jesus vir ons gesterf het nie, nee dit is juis andersom! Dit is omdat God ons so liefgehad het, dat Hy sy seun, Jesus Christus in ons plek laat sterf het vir ons sondes (Rom 5:8)

2. Karaktereienskap: God is Genadig Lees 1 Kor 15:10, Heb 8:12 en Ps 145:8

God se karakter van liefde mag nooit losstaande gesien word van die ander eienskappe nie, veral nie van God se Heiligheid en Regverdigheid nie. Dit is juis hierdie ooglopende spanning dat God Regverdig en Heilig is en nie Sonde duld nie, teenoor sy absolute aard en wese van liefde wat ons help om God se Genade beter te verstaan.

Genade is God se sagte kant. Kom ons kyk na `n uiteensetting van wat God se genade beteken...

Genade is God se liefde in Aksie!

God weet waartoe ons in staat is “Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.” (Ps 103:14)

GespreksvraaG:Lees Rom 8:35-39. Wat sê hierdie verse vir ons oor God se liefde vir ons? Wat leer ons oor Christus in hierdie verse?__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 34: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 3 - lIefdevol en genadIg

30

In God se Genade hou hy ingedagte dat ons maar net stof is. God koester nie ̀ n onrealistiese verwagting oor die mens nie. Hy weet dat ons maar net mens is en dat elke mens verlore is in sy sonde. Juis daarom die volgende punt oor genade...

In God se Genade, kom maak Hy `n plan... `n Verlossings plan! “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Rom 5:8)

God se plan behels dat Hy sy eie Seun gestuur het. Die plan is gebore uit liefde! Genade behels dat God sy guns aan die mens in Christus wys, terwyl hulle nog vasgevang was in sonde.

God se Genade beteken Hy kom vergewe ons “Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God” (Efes 1:7)

Ons God is ryk aan genade – sy genade is verniet, maar nie goed-koop nie. Hierdie genade is vir enige een wat Christus aanneem as verlosser (Joh 1:12). Alhoewel die genade beskikbaar is vir almal, word ek eers deel daarvan wanneer ek Christus aanneem.

Mense wat dus volhard in hul sonde en Christus verwerp, verwerp dus ook die genade van God, en staan dus buite God se genade.

God se Genade beteken `n Verhouding bo die Wet “Vryspraak word nie verkry deur die wet te onderhou nie, 22maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo” (Rom 3:21-22)

In Galasiërs 2:21 sê Paulus dat Christus ons nou kom vryspreek het van wetsonderhouding. Ek het dus nou `n verhouding met God! Galasiërs 4:6 sê verder: “En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!”

Page 35: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 3 - lIefdevol en genadIg

31

Dit beteken: Vader!”

Deur Christus het God ons sy Genade kom wys deur om ons sy kinders te maak deur die Heilige Gees. Dit is genade, iets wat ons nie verdien het nie. Ons is daarom nou kinders van God. Deur God se Genade, is ons nou in `n nuwe verhouding met God geplaas.

Opsomming:

Soos wat ons die eienskappe oor God bestudeer sien ons hoeveel die eienskappe met mekaar oorvleuel en waarom ons nie eintlik ei-enskappe geïsoleer kan bestudeer nie.

In vandag se studie het ons vir mekaar gesê God is liefde en omdat Hy die mens so liefhet, het Hy sy eie Seun gestuur om as offer vir die sondige mens te dien. God se genade lê juis daarin dat God die mens se sonde tydelik ongestraf laat bly het. Dit het Hy juis gedoen om die mens kans te gee om na Christus toe te bekeer.

GespreksvraaG:Lees weer 2 Tim 1:9. Wat leer ons van God se gesindheid teenoor ons wat in Christus sy kinders is? Wat lees ons in die vers verwag God van ons?____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 36: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 3 - lIefdevol en genadIg

32

WEEK 3: God is Liefdevol en Genadig

Om aan te dink...

God se ewige liefde maak dat Hy homself gee tot voordeel van die mens. Die toonbeeld van God se liefde is sy Seun Jesus Christus.

God se genade word gewys op die manier hoe hy die straf vir die mens se sonde uitstel, deur om die mens kans te gee om na Chris-

tus toe te bekeer.

Vers om te onthou

“Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde” (Ps 145:8)

“Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak.

Uit genade is julle gered” (Efes 2:5)

Vraag om oor na te dink

Dink na oor God se liefde en genade. Bestudeer weer die verse in hierdie studie.

Waartoe dring God se liefde en genade my?

Gebed om te bid

Vader U liefde en genade is te groot vir my begrip. Ek kry skaam hoe ek soms nie aan ander die genade en liefde wys wat U in

oorvloed daagliks aan my skenk nie. Kom vergewe my hiervoor en help my om U genade en liefde so uit te leef dat ander mense

Christus in my lewe kan sien. AMEN!

Page 37: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

33

KARAKTER VAN GODAlwetend en Alwys

“O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe on-deurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!” (Rom 11:33)

WEEK 4

Inleiding:

In die afgelope 4 weke het ons gekyk na die verskillende eienskappe van God.

Week 1: God is Almagtig en Soewerein

Die Here het die vermoë om te doen wat Hy wil doen – Hy is almagtig!

Week 2: God is Heilig en Regverdig

Daar is geen sonde in God nie, sy oordele is regverdig omdat God se natuur een is wat nie deur sonde skade gelei het nie. God is volmaak en perfek in elke opsig.

Week 3: God is Liefdevol en Genadig

God is `n God van liefde. Hy het volle meegevoel met die mens is wys vir die mens sy genade deur sy seun Jesus Christus aan die kruis te laat sterf as offer vir hulle sonde.

Wanneer ons na hierdie eienskappe kyk, dan moet ons besef dat God slegs goeie intensies het vir die mens! Hy het `n hart vol liefde

Page 38: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 4 - alWetend en alWys

34

vir die mens. Ons sien God is almagtig en soewerein, ons sien Hy is heilig en regverdig en ons sien Hy is liefdevol en genadig... Maar kan God nie dalk binne Sy goeie intensie ook tog foute maak nie?

Die volgende twee eienskappe gaan vir ons uitwys waarom die Here nooit misluk met sy intensies nie.

Tema teks: Ps 147:4-5, Spr 9:10-12, Rom 16:27 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om lees werk te doen.

Alwetend en Alwys

1. Karaktereienskap: God is Alwetend Lees 1 Joh 3:20, Matt 10:30-31 en Jer 15:15

God weet ALLES van ALLES!

Gee `n oomblik sodat daardie gedagte eers insink en lees dit dan weer. Daar is niks in hierdie wêreld waarvan God nie kennis dra nie. Van God se Alwetendheid kan ons die volgende sê:

• God weet alles van die Wetenskap

God is die Skepper van alles wat ooit bestaan het (Jes 40:28). Geen mens kan iets uit niks maak nie en tog het God die heelal gemaak deur net sy Woord. God weet dus nie net alles van die wetenskap nie, Hy het die wetenskap ook Sy beperkings gegee – God is die God oor die wetenskap en die wetenskap self is `n dienskneg van God.

• God weet alles van die Geskiedenis

God was van die begin af (Gen 1:1 en Ps 139:16). Hy is nie soos `n mens wat net 70 of 80 jaar oud word nie (Ps 90:10). Nee, God was al - van vóór die Skepping.

Page 39: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 4 - alWetend en alWys

35

• God weet alles van wêreldgebeure

God is oral (Ps 139:7-12 en Spr 15:3). Nie net was God al daar voor die Skepping nie, maar God is ook oral. Omdat God oral was (en is), dra Hy ook kennis van alle wêreldgebeure.

• God weet alles van die toekoms

God is oor tyd en buite tyd (Ps 90:2 en Open 1:8). Al die profesieë in die Ou Testament en in die Nuwe Testament was afkomstig van God (2 Pet 1:21). Dit was `n openbaring van God wat die toekoms ken omdat Hy alles van die toekoms weet.

Omdat God reeds alles weet, kan Hy nie nuwe informasie bekom nie. Omdat Hy reeds alles weet, het God ook insig in elke mens se sake. Niks is vir Hom nuut nie en niks kan Hom verras nie.

2. Karaktereienskap: God is Alwys Lees Job 9:4, Job 36:5 en Rom 16:25-27

“Aan Hom, die enigste en alwyse God, behoort die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.” (Rom 16: 27)

By die vorige punt het ons gesê dat God Alwetend is. Dit het te doen met Kennis. Kennis het weer te doen met Inligting. Die imp-

GespreksvraaG:Lees Petrus se belydenis teenoor die Here in Joh 21:17. Het die Here Jesus geweet Petrus sou Hom verloën? Watter implikasie hou dit vir my in dat God alles van my weet - verlede, hede en toekoms?_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 40: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 4 - alWetend en alWys

36

likasie van God se Alwetendheid is dat Hy alle informasie besit. Hy het al die informasie oor alles - Hy weet alles van alles!

Maar God besit nie net al die kennis (of dan informasie) oor alles nie, Hy is ook Alwys! Wysheid is toepaslike kennis.

Iemand kan dalk `n enorme hoeveelheid kennis hê oor `n vakgebied sonder om die kennis op so `n manier te kan toepas dat dit wys dat hy ook insig het.

Soos wat Kennis te doen het met Informasie,

So het Wysheid te doen met Insig.

Die diepte van God se wysheid kan deur geen mens begryp word nie. In Romeine 11:33 lees ons dat God se oordele onnaspeurlik is. Geen mens kan God se bedoelings behoorlik peil nie. Ons is net gewone mense en ons verstand is beskadig deur die sondeval.

Die hoogtepunt van hierdie wysheid van God is in Christus. In 1 Korintiërs 1:25 lees ons dat hierdie wysheid van God vir die wêreld onsin is en dat hulle dit nie kan verstaan nie, maar dat die evangelie oor Christus juis die diepe geheimenis, die wysheid van God is.

God is die Alwyse. In Romeine 11:34 sê Paulus: “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?” en in vers 36 sê hy: “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge.” Hy is die Bron van alles en hou alles self ook in stand (sien ook Kol 1:16).

God is dus die Bron van wysheid vir die gelowige se lewe. Die wêreld se wysheid is `n vleeslike wysheid. Dit is `n wysheid wat God verwerp omdat dit God nie ken nie. Maar die werklike wysheid kom van die Alwyse en Hy gee dit vrylik vir Sy kinders wat daarna vra.

Page 41: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 4 - alWetend en alWys

37

Opsomming:

In vandag se studie het ons 2 belangrike eienskappe van God se karakter bespreek: God is Alwetend en God is Alwys. Wanneer ons hierdie twee eienskappe in die lig van die ander eienskappe sien wat ons reeds in die vorige studies behandel het, gee dit vir ons ̀ n dieper insig oor wie God is en hoe Hy werk.

GespreksvraaG:Lees Ps 19:8, Ps 111:10 en Jak 1:5. Lees hierdie verse versigtig. Wat leer ons uit hierdie verse oor die bron van wysheid en skryf wat elke vers se instruksie is oor hoe ons wysheid in die hande kry?Ps 19:8 ________________________________________________________ Ps 111:10 ______________________________________________________ Jak 1:5 ________________________________________________________

Page 42: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 4 - alWetend en alWys

38

WEEK 4: God is Alwetend en Alwys

Om aan te dink...

God is Alwetend. Dit beteken Hy weet alles van alles. Daar is geen kennis wat vir God weggesteek kan word nie. Hy weet alles van hierdie wêreld en weet ook alles van my.

God is Alwys. Nie net weet God alles nie, maar het Hy ook insig en wysheid. God verstaan alles en het insig in alle sake. God se

grootste wysheid sien ons in hoe hy die mens red.

Vers om te onthou

“O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!”

(Rom 11:33)

“Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.” (Spr 9:10)

Vraag om oor na te dink

Watter impak het God se Alwetendheid en Alwysheid op my lewe? Hoe roep dit my tot verantwoording of selfs bekering? Hoe bied dit

troos en moedig dit ons aan?

Gebed om te bid

Vader, dankie dat ek niks vir U kan wegsteek nie. Die gedagte laat my in verwondering en in aanbidding. Here, hierdie gedagtes laat my besef ek wil nader aan U lewe. Kom leer my om U met `n

opregte hart te dien. AMEN.

Page 43: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

39

KARAKTER VAN GODAlomteenwoordig

“Niemand kan in ’n geheime plek wegkruip sonder dat Ek hom sien nie, sê die Here. Ek is oral in die hemel en op die aarde, sê die Here” (Jer 23:24)

WEEK 5

Inleiding:

Oor die afgelope paar weke het ons beter kennis gemaak met `n paar eienskappe van God. Ons het tot dusvêr gesien:

• God is Almagtig en Soewerein• God is Heilig en Regverdig• God is Liefdevol en Genadig• God is Alwetend en Alwys

Hierdie is eienskappe wat net aan God toegedig kan word. Daar is nie `n mens wat met God vergelyk kan word nie. Die Psalmis ondersteun ook hierdie gedagte wanneer hy sê: “Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God?” (Ps 113:5)

In vandag se studie kyk ons na God se Alomteenwoordigheid. Wanneer ons hierdie eienskap van God begryp, dan begin ons die grootheid van God beter verstaan. John Wesley skryf oor die Alomteenwoordigheid van God en sê:

“God is in this and in every place!”

Page 44: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 5 - alomteenWoordIg

40

Tema teks: Ps 139:7-18 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om leeswerk te doen.

Alomteenwoordig

1. Alomteenwoordigheid: God is ORAL - ALTYD! Lees Ps 139:7-12

Terwyl Dawid mooi nadink oor die grootheid van die Here, beskryf Hy die wonder van God se Alomteenwoordigheid. God is ORAL - ALTYD. Daar is nie `n deel van die heelal waar God nie is nie. Paul Enns beskryf God se Alomteenwoordigheid so:

“OMNIPRESENCE: That attribute of deity that means God is everywhere present in His totality at the same time.” (The Moody Handbook of Theology)

Hierdie eienskap is eie aan God. Geen ander skepsel, maak nie saak hoe groot of hoe kragtig nie, kan op meer as een plek op een slag wees nie.

Selfs Satan, wat groot en kragtig is, kan maar net op een plek wees. In Job 1 lees ons dat Satan gebind is aan tyd en plek, want hy is beperk in sy wese.

As mens sukkel ons dalk om hierdie eienskap van God te verstaan. Ons is ook maar gebind aan tyd en plek. Ons kan net verklaar wat ons kan sien, aanraak en meet. Ons wil uit die natuur vergelykings kan tref en gebruik dan die natuur as maatstaf om ander items in die natuur mee te vergelyk. Maar God is nie nat-uurlik nie; God is bo-natuurlik. Niks kan met God vergelyk word nie. Ons kan daarom nie God in `n laboratorium toets om Hom beter te verstaan nie.

Page 45: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 5 - alomteenWoordIg

41

2. Niemand kan vir die Here wegkruip nie Lees Jer 23:24

Die eerste implikasie van God se alomteenwoordigheid is dat geen mens vir God kan wegkruip nie. Dawid sê dit ook:

“Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 8Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.” (Ps 139: 7-8)

Niemand kan homself op `n plek bevind waar die Here nie is nie. Niemand kan so vêr weggaan dat die Here nie meer weet waar hy is nie. Soms voel dit vir ons of God vêr is en of Hy ons verlaat het. Daar is gewoonlik een van 3 redes hiervoor:

Redes waarom dit kan voel of God my verlaat het:

Rede #1: Ek lewe in sonde (Jes 59: 2)

Wanneer ek sonde doen en moedswillig daarmee voortgaan, dan doen dit skade aan my verhouding met die Here. Dit voel dan vir my of God my verlaat het.

Maar my sonde maak nie dat die Here nie meer daar is nie; ek ervaar bloot nie meer Sy nabye teenwoordigheid nie. Hy is nog steeds daar, want Hy is oral - Hy bly alomteenwoordig!

GespreksvraaG:Lees 1 Kon 8:27. Salomo het die opdrag gekry om `n tempel te bou. Wat leer ons van God in hierdie vers? Hoe vergelyk hierdie vers met 2 Kron 2:6?_______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 46: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 5 - alomteenWoordIg

42

Rede #2: Ek gaan dalk deur `n moeilike tyd (Ps 22: 2-3)

Dawid het gevoel dat God hom verlaat het. Hy was midde in `n moe-ilike tyd van sy lewe en hy begin wonder waarom die Here hom nie wil help nie. So gaan elkeen van ons ook iewers in ons lewe deur `n moeilike tyd. In hierdie tye spandeer ons dalk meer tyd in gebed as gewoonlik, maar steeds kan dit vir ons voel asof daar nie uitkoms is nie...

Ek moet egter besef dat, selfs in my moeilikste tyd, die Here nog steeds daar is!

Rede #3: Ek het geestelik ophou groei (Open 3: 20)

Die Here Jesus kla die gemeente in Laodisea aan in hierdie gedeelte. Dit was `n ryk gemeente en die lede van hierdie gemeente het hulle lewens gelei asof hulle nie die Here nodig gehad het nie. Ja, hulle het tot bekering gekom; ja, hulle was deel van die gemeente. Maar hulle het nie meer in ̀ n aktiewe verhouding met die Here gelewe nie.

GespreksvraaG:Hoe kan ek hierdie fout regstel volgens 1 Joh 1:9? Watter 2 dinge gebeur wanneer ek dit regstel?_______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

GespreksvraaG:Hoe kan ek hierdie fout regstel volgens Matt 11:28-30? Wat is die resultate in my lewe wanneer ek hierdie fout regstel?_______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 47: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 5 - alomteenWoordIg

43

Hulle verhouding met die Here het flou geword.

Die Here Jesus sê nou vir hulle, kyk, Ek staan buite by die deur en Ek klop. Ek was altyd binne, maar julle het My uitgeskuif. Julle het afgekoel en lewe asof julle My nie meer nodig het nie.

Baie maal voel dit vir my asof die Here vêr is bloot omdat my ver-houding met die Here gestagneer het. Ek is gemaklik in my omstan-dighede en onbewustelik voel ek dalk asof ek piekfyn op my eie is. Dan, as ek my weer kom kry, is die Here Jesus nie meer deel van my daaglikse wandel nie en ervaar ek ook nie meer Sy nabyheid nie. Maar Hy bly alomteenwoordig, selfs wanneer ek verflou het in my verhouding met Hom.

Opsomming:

In vandag se studie het ons gesien dat God Alomteenwoordig is. Ons kan nie vlug of wegkruip vir die Here nie. Wanneer daar sonde is, moet ons dit bely; wanneer daar swaar tye is, moet ons ons toevlug vind in die Here; en selfs wanneer dit goed gaan met ons, mag ons nie in ons toewyding verslap nie.

God se Alomteenwoordigheid is ̀ n groot troos vir Sy kinders: Nie net het God sy Seun, Jesus Christus, vir ons gestuur om ons te kom red nie, maar Hy is ook 24 uur, 7 dae `n week, elke dag en elke jaar van ons lewens by ons!

GespreksvraaG:Hoe kan ek hierdie fout regstel volgens Open 3:20-22? Wat is die resultate in my lewe wanneer ek hierdie fout regstel?______________________________________________________________ ____________________________________________________________________________________________________________________________

Page 48: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 5 - alomteenWoordIg

44

WEEK 5: God is Alomteenwoordig

Om aan te dink...

God is Alomteenwoordig. Ek kan nie van Hom af wegvlug of vir Hom wegkruip nie.

Groot troos lê hierin: God sien alles - my diepste geheime lê oop en bloot voor Hom.

Vers om te onthou

“Ek is nie ’n God wat net naby is nie, sê die Here. Ek is ’n God wat ook ver weg is. 24Niemand kan in ’n geheime plek wegkruip

sonder dat Ek hom sien nie, sê die Here. Ek is oral in die hemel en op die aarde, sê die Here.” (Jer 23:23-24)

“Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.”

(Heb 4:13)

Vraag om oor na te dink

Dink weer oor die 3 redes waarom ons God soms as vêr-weg beleef. Watter een van hierdie redes kan dit wees waarom ek van-

dag God as vêr-weg beleef? Hoe kan ek dit regstel?

Gebed om te bid

Vader, baie dankie dat U nie soos `n mens is nie. Selfs my beste vriend is soms te vêr om te help, maar U, Here, is altyd daar. U laat my nooit alleen nie. Dankie dat ek altyd op U kan reken. Ek loof en

prys U en ek eer U Naam. AMEN.

Page 49: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

45

KARAKTER VAN GODEwig en Onverganklik

“Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde.” (Jes 40:28)

WEEK 6

Inleiding:

In die vorige studie het ons gekyk na die Alomteenwoordigheid van God. Dit beteken dat daar nie `n plek is waar die Here nie is nie. In die woorde van John Wesley: “God is in this and in every place!” Ons kan nêrens vir die Here wegkruip nie en ons kan ook niks vir Hom wegsteek nie.

In vandag se studie kyk ons na God se Ewigheid en Onvergank-likheid. Vir die voorbereiding van hierdie studie sou dit baie help om weer te kyk na Week 1: God is Almagtig en Soewerein en Week 5: God is Alomteenwoordig.

Om te dink aan God as ewig en onverganklik is dalk vreemd vir ons as sterflike mense. Ons word so dikwels gekonfronteer met ons eie sterflikheid en die tydelikheid van ons eie lewens. Moses som dit so mooi op in sy gebed in Psalm 90:10:

“Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe.”

Page 50: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 6 - eWIg en onverganklIk

46

So, om waarlik die volle omvang van God se ewigheid en onverganklikheid te begryp, is dalk nie vir ons as mens heeltemal moontlik nie. Maar ons wil in hierdie studie darem ̀n poging aanwend.

Tema teks: Ps 90: 1-17 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om leeswerk te doen.

Ewig en Onverganklik

1. Kom ons begin... by die Begin Lees Gen 1:1 en Ps 90:2

Wanneer ons Genesis 1 lees, dan moet ons onthou dat Moses die begin van die skepping beskryf, nie die begin van die Skepper nie. Ons lees in Genesis dat die begin, soos ons dit vandag ken, slegs die begin was van alles wat ons kan sien en waaraan ons kan raak soos sterre, planete, plante, diere en die mens.

Ons lees verder in Genesis 1:4 dat God die son en die maan gegee het om vir die mens tyd te gee. Wanneer die aarde een maal om die son beweeg het, is 24 uur verby – een dag en een nag – vir die mens!

In Genesis 1:14 lees ons dat God die sterre gegee het as tekens om die mens te kan help; die son in `n wentelbaan sodat die mens seisoene, dae en jare kan onderskei.

Tyd is `n begrip wat ons as mens help om `n vaste maatstaf, `n liniaal, te hê om ̀ n leeftyd mee te meet. Maar tyd is iets waaraan óns gebind is, nie God nie! God is losstaande van tyd.

Saam met die skepping skep God vir die mens `n konsep – Tyd. God bepaal dat die mens net soveel tyd op aarde sal hê. Soos Moses self gesê het in Ps 90:10 - ̀ n mens lewe maar net 70 jaar en 80 as hy baie sterk is.

Page 51: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 6 - eWIg en onverganklIk

47

2. Wie was daar in die Begin? Lees Gen 1:2, 26, Joh 1:1-4 en Joh 8:58

Dit is algemene kennis dat God die Skepper was aan die heel begin van alles, soos wat ons dit ken. Ons het ook nou vir mekaar gesê dat dit die begin van die skepping was, maar dat die Skepper nog altyd daar was.

Om die Ewigheid en Onverganklikheid van God beter te verstaan, moet ons ook kyk na die drie-eenheid van God. `n Mens kan ver-keerdelik onder die indruk wees dat God van die begin af daar was, Jesus eers later in die Nuwe Testament gekom het en die Heilige Gees eers nog later in Handelinge.

Maar die aard en wese van God is dieselfde. God die Vader, die Seun en die Heilige Gees was al drie teenwoordig en betrokke by die skepping van die heelal aan die heel begin. Kom ons kyk na die volgende verse:

• God die Vader Lees Gen 1:1 en 1 Kron 16:36

God die Vader was reeds daar in die begin.

GespreksvraaG:Lees Ps 90:4, 10 en 2 Pet 3:8. Hoe verskil ons tydsraamwerk met dié van die Here? Wat sê Jes 40: 28 van die Here? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 52: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 6 - eWIg en onverganklIk

48

• God die Seun Lees Joh 1:1-3, 14 en Kol 1:17

In hierdie gedeelte is dit baie duidelik dat Jesus ook betrokke was by die skepping. Jesus was dus reeds in die begin al saam met die Vader daar. Ons sien dat Jesus hierdie gedagte ook aan die Jode verduidelik het in Johannes 8:58 deur om vir hulle te sê: “Voor Abra-ham was Ek reeds!”

• God die Heilige Gees Lees Gen 1:2 en Eks 31:3

Ons lees eintlik baie van die Heilige Gees in die Ou Testament. Die Heilige Gees was nie net betrokke by die skepping nie, maar dit is Hy wat die mense toegerus het om God se werk te kon doen.

3. God is ook aan die Einde Lees Gen 1:1 en Open 1:17-18

Dit is baie duidelik: die drie-enige God was betrokke by die skep-ping. God was van voor die begin van tyd reeds daar. Nou gaan ons kyk aan die einde van tyd...

`n Ewigheidsbegrip is vir ons moeilik om te verstaan bloot omdat ons gebind is aan hierdie sterflike liggaam. Maar volgens die Bybel gaan elke mens tog die ewigheid ervaar. Die Woord leer dat almal van ons op een van twee plekke die ewigheid gaan deurbring: of

GespreksvraaG:Lees weer Gen 1:1, 2 en 26. Watter verskil maak dit aan ons geloof vandag dat beide die Here Jesus en die Heilige Gees betrokke was by die skepping? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 53: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 6 - eWIg en onverganklIk

49

in die hemel saam met die Here en die ander gelowiges wat die Here gedien het, of saam in die hel as straf saam met die duiwel, sy demone en die ongelowiges.

“Hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.” (Matt 25: 46)

Daar kom dus `n tyd, met die voleinding van die wêreld (Matt 28:20 en Heb 9:27), wanneer die ewigheid aanbreek. Daar sal ons `n verheerlikte liggaam ontvang, een wat God aan ons gee omdat hierdie aardse liggaam aan agteruitgang onderwerp is deur die skade wat erfsonde gedoen het.

Daar sal ons verstaan en sien wat die ewigheid beteken en dat God geen einde het nie. God is van Ewigheid tot Ewigheid!

4. God is Onverganklik Lees Rom 1:23, 1 Kor 15:50 en Ps 103:17

Uit hierdie 3 verse kry ons 3 verskillende gedagtes rondom God se onverganklikheid. Wanneer ons sê dat God onverganklik is, dan beteken dit nie net dat God nie `n einde het nie, dit beteken dat Hy Onsterflik is.

Die Engelse woord “immortal” beskryf dit so goed. Louw en Nida omskryf die Griekse woord vir “onverganklik” as volg: “God is not subject to decay and death, He is imperishable, immortal.”

GespreksvraaG:Lees Heb 1:12 en Open 22:13. Wat leer ons van God se karakter uit hierdie verse? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 54: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 6 - eWIg en onverganklIk

50

Lees die volgende verse en skryf neer waarvan dit praat. Ons lees van...

1 Kor 9:25 Onverganklike ________________

1 Kor 15:49-53 Onverganklike ________________

Ef 6:24 Onverganklike ________________

1 Tim 1:17 Onverganklike ________________

Opsomming:

In hierdie studie het ons gesien dat God Ewig en Onverganklik is. God het nie `n begin nie en Hy het nie `n einde nie. God staan dus buite tyd. Dit raak ons lewens direk! Saam met die ander eienskappe, God se Almag en Sy Alomteenwoordigheid, maak dit dat God nie kan sterf nie en dat Hy ons nooit alleen sal los nie!

GespreksvraaG:Dink oor hierdie verse wat ons so pas gelees het. Wat leer ons oor God se onverganklikheid? Hoe raak God se onverganklikheid Sy kinders? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 55: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 6 - eWIg en onverganklIk

51

WEEK 6: God is Ewig en Onverganklik

Om aan te dink...

Die Here ons God is `n Ewige God. Hy is die Alfa en die Omega; Hy is die Begin en die Einde!

Hy is ewig en onverganklik. Hy word nie oud nie, kan nie vergaan nie en kan ook nie sterf nie.

Vers om te onthou

“Kom, prys die Here julle God! Hy is van ewigheid tot ewigheid.” (Neh 9: 5)

“Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!” (Ps 90: 2)

Vraag om oor na te dink

In vandag se studie het ons vir mekaar gesê dat die eienskap van God se ewigheid en onverganklikheid ook `n impak het op

ons lewens. Wat is daardie impak? Hoe raak dit my lewensuitkyk vandag?

Gebed om te bid

Vader, ek loof U as die Ewige en Almagtige God. Waarlik, Here, U het geen begin en geen einde nie. Dankie Here, dat U my ook die ewige lewe kom gee het. Al sou ek hier op aarde sterf, is die ewige

lewe iets waarna ek uitsien. AMEN.

Page 56: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

52

Notas

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

Page 57: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

53

KARAKTER VAN GODOnveranderlik

“Die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.” (Ps 33:11)

WEEK 7

Inleiding:

Elkeen van ons behoort teen hierdie tyd `n ferm begrip te hê oor die Godheid van God. God is soveel anders as die mens. Sy Karakter en Wese verskil heeltemal met dié van ons. Soos hierdie studie vorder, word dit egter moeiliker om elke eienskap van God geïsoleerd te probeer bespreek. Soos reeds gemeld, oorvleuel die eienskappe baie en in hierdie sessie sien ons dit ook.

In vandag se studie kyk ons na die Onveranderlikheid van God.

Paulus skryf in 1 Korintiërs 13:11: “Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind. Maar noudat ek ’n man is, is ek klaar met die dinge van ’n kind.”

Elkeen van ons hou aan groei en ontwikkel as mens, dwarsdeur die lewe. Al is ons volwasse, soos ons verdere lewensondervinding opdoen en ouer word, hou ons aan ontwikkel, groei en verander - dalk nie so drasties soos toe ons jonk was nie, maar ons ontwikkel steeds.

Tema teks: Num 23:19-20 en Jak 1:16-18 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om leeswerk te doen.

Page 58: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 7 - onveranderlIk

54

God is Onveranderlik

A.W. Pink het gesê: “God cannot change for the better, for He is already perfect; and being perfect, He cannot change for the worse.”

1. God se Wese verander nie Lees Jes 40:8 en 28

God se wese verander nie. God kan nooit nie God wees of ophou om God te wees nie. Hy is altyd dieselfde – Hy bly altyd God! Hy word ook nie moeg nie en neem ook nie vakansie nie.

God en sy Woord is een. Dit is dan ook waar van God se Woord: omdat God onveranderlik is, kan sy Woord ook nie verander nie. Jesaja skryf dit so: “Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.” (Jes 40:8)

Hierdie waarheid bied baie sekerheid vir God se kinders. Ons God en Vader se wese en aard bly altyd dieselfde, daarom kan ons in Hom rus en gee Hy vir ons sekerheid. Die Psalmis het dit ook so beleef. Hy skryf in Psalm 121:4: “Die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.”

2. God se Karakter verander nie Lees Mal 3: 6

GespreksvraaG:Lees Ps 145:13. Dink mooi oor God se onveranderlikheid. Watter betekenis het hierdie vers vir ons lewens vandag? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 59: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 7 - onveranderlIk

55

Nie net verander God se wese nie, maar ook verander Sy karakter nie. God bly altyd getrou aan Sy wese en karakter.

Dit is dan wat Paulus vir ons beskryf in 2 Timoteus 2: 13: “Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie.”

God se karakter word nie aangeraak deur wat ons doen en hoe ons optree nie. Dit is juis hierom dat Maleagi 3: 6 so betekenisvol is. God se karakter verander nie, al verander ons. God se karakter bly altyd die konstante in ons lewens.

Wie is God en hoe is God se karakter?

Noem die eienskappe waarna ons reeds in hierdie boekie gekyk het:

Hy is: ____________________ en ____________________

Hy is: ____________________ en ____________________

Hy is: ____________________ en ____________________

Hy is: ____________________ en ____________________

Hy is: ____________________ en ____________________

God se karakter verander nooit nie!

GespreksvraaG:Lees 2 Tim 2:11-13. Wat leer ons van God se karakter in hierdie verse? Hoe raak dit ons wat ons reeds weet van God?_______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 60: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 7 - onveranderlIk

56

3. God se Omstandighede verander nie Lees Num 23:19

Dit gebeur dalk dat ons aan mense beloftes maak, maar dit dan nie kan nakom nie bloot omdat ons omstandighede verander het. Dit laat ons rooigesig staan voor mense en bring ons onder die versoeking om vir mense leuens te vertel om sodoende ons skande en skaamte effens te verdoesel! Dit gebeur dalk omdat onvoorsiene dinge gebeur het; iets het voorgeval en maak dat ons om watter rede ook al nie by ons woord kan staan nie.

God het egter nie hierdie probleem nie. Omdat God alles vooraf weet en insig het in almal se sake, vang niks Hom onkant nie! Omdat God alwetend en alwys is, word God nie verras nie en het Hy NOOIT nodig om van plan te verander nie.

Die mens verander, maar God nie. Die mens se omstandighede is baie onvoorspelbaar, maar nie God s’n nie. God hoef daarom nie enigsins aan Sy planne wysigings te maak om onvoorsiene omstandighede te akkommodeer nie.

4. God se Plan verander nie Lees Jer 29:11, Joh 10:10 en Joh 3:16

Dit is duidelik dat God se wese en karakter nooit verander nie. God word ook nie onkant betrap deur ons besluite of omstandighede nie.

GespreksvraaG:Lees weer Num 23:19. Watter hoop hou die gedagte in dat God se omstan-dighede nooit verander nie? Lees veral die laaste deel van vers 19. Watter implikasie hou dit vir ons in? _______________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 61: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 7 - onveranderlIk

57

Dit bring ons by die volgende belangrike punt: God se Plan verander nie!

Jeremia 29:11 se betekenis is veel dieper as net dat God mooi planne vir ons het. God se planne was reeds vasgestel vóór die grondlegging van die aarde.

God het nie in die Nuwe Testament `n nuwe plan kom maak en toe sy Seun gestuur nie. Dit was van die begin af die plan!

In God se alwetendheid en alwysheid het Hy geweet dat die mens in sonde sou val nog voordat dit gebeur het. God het die verlossingsplan al geformuleer gehad van die heel begin af. (1 Pet 1:20). God het ook nooit nodig gehad om veranderinge aan hierdie plan aan te bring nie.

Opsomming:

God se onveranderlikheid is `n moeilike eienskap om te verstaan. God weet alles van alles en alles van almal en Hy weet dit van voor die skepping van die heelal af. God se plan was toe al reeds in plek gewees en dit was nog nooit nodig om enigiets te verander nie! Hoe groot is ons God!

GespreksvraaG:Lees weer Joh 3:16-17 en Heb 13:8. Ons het gesels oor God se plan wat nie verander nie. Hoe sal ons vir iemand God se plan van verlossing verduidelik aan die hand van hierdie verse? ___________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 62: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 7 - onveranderlIk

58

WEEK 7: God is God is Onveranderlik

Om aan te dink...

God is onveranderlik. Sy wese en aard, Sy karakter en Sy planne bly dieselfde

van geslag tot geslag.

Dit wat God gesê het Hy sal doen, dit sal Hy doen! God is getrou.

Vers om te onthou

“Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie.” (Mal 3:6)

“Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.” (Jes 40:8)

Vraag om oor na te dink

Waarom sou jy dink is hierdie eienskap van God so belangrik? Hoe help hierdie eienskap my om `n sterker verhouding met Hom te

bou?

Gebed om te bid

Vader, baie dankie dat U so anders is as die mens. As ek terugkyk, net op my eie lewe, dan sien ek baie wisselvalligheid. Dankie dat U nie verander nie; dankie dat U nie van plan verander nie; dankie dat

U getrou is! Help my om vir U te leef. AMEN.

Page 63: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

59

KARAKTER VAN GODGoedheid

“U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte.” (Ps 119: 68)

WEEK 8

Inleiding:

“God is good all the time - And all the time God is good” (Don Moen)

Wanneer ons sê dat `n mens goed is, dan bedoel ons dat hy mooi eienskappe het. Of dit kan ook wees dat die persoon sekere vaardighede besit waarmee hy goed presteer.

Maar wanneer ons praat van die goedheid van God, dan bedoel ons eerstens dat God in wese volmaak is. Daar is niks fout met God nie en daar kan ook nie fout gevind word by Hom nie. Tweedens beteken dit dat Hy `n God is wat vol van volmaakte goedheid is en dat al Sy aksies vanuit Sy goedheid kom.

In Eksodus 34:6 beskryf God homself as `n Barmhartige God. Die Boodskap vertaal dit so: “Ek is die Here! Ek is die God wat mense help. Ek is jammer vir mense en geduldig met hulle!”

In hierdie studie gaan ons baie spesifiek kyk na die betekenis van die goedheid van God...

Tema teks: Klaagl 3:21-33 en Matt 7:7-12 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om leeswerk te doen.

Page 64: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 8 - goedHeId

60

Goedheid

1. God is Goed Lees Mark 10:17-18 en Gen 1: 4,10,12

In Markus 10 lees ons van `n ryk jongman wat Jesus aanspreek as “Goeie Leermeester”. Jesus antwoord hom: “Waarom noem jy my goed? Net God alleen is goed!” Met hierdie stelling ontken Jesus nie dat Hy God is nie; juis die teenoorgestelde: Jesus bevestig dat goedheid alleen aan God behoort en die feit dat die jongman Hom (Jesus) goed noem, bevestig dus dat Jesus God is, want God alleen is goed.

God alleen is volmaak goed en doen volmaak goed. Nie net is God nie in staat om sonde te doen nie, Hy is ook nie in staat om gemiddeld of “so-so” te wees nie. Hy het dus nooit `n “af” dag nie - `n dag waarin hy “minder goed” is nie. God is goed en tree konstant en heeltyd vanuit Sy goedheid op. God kan nooit nie goed wees nie.

God se intensie is daarom altyd rein en sonder bybedoelings en verskuilde agendas. God is `n goeie God.

Ons lees verder in Genesis dat God alles goed gemaak het. Selfs die mens is na God se beeld gemaak, maar daardie beeld het verwronge geraak toe die mens in sonde geval het. Met die sondeval het die mens die vermoë verloor om ook altyd goed te wees.

GespreksvraaG:Lees Rom 7:18-20. Bespreek die skade wat die sondeval in ons lewens aan-gerig het.? _____________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 65: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 8 - goedHeId

61

2. God se Geskenke is Perfek Lees Jak 1:17, Joh 3:16 en 2 Tim 1:9

God se aard en wese is goed en so is ook Sy bedoelings altyd goed, sonder bymotiewe. Uit die aard van wie God is, sal Sy geskenke dus ook goed en perfek wees.

In Matteus 7: 11 lees ons dat God vir ons al die goeie gawes sal gee. God staan nie blind teenoor ons behoeftes nie. Hy is ons Vader en soos die goeie Vader wat Hy is, sorg Hy goed vir Sy kinders. Wanneer dit kom by die behoeftes van Sy kinders, het God onderneem om te voorsien.

Maar dit is eintlik oor die Groot Geskenk waaroor ons eerste behoort te praat.

“Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het.” (2 Tim 1: 9)

God gee vir ons die heel grootste en heel beste geskenk ooit: Sy seun Jesus Christus! Dit wys God se genade aan ons. In Sy goedheid wil Hy ons red... Hy wil ons vryspreek van ons sonde...

Die goedheid van God kry vir ̀ n mens persoonlike betekenis wanneer so `n mens in Christus die genade ontvang om gered te word!

GespreksvraaG:Lees 1 Pet 1:3. In watter opsig stem hierdie vers met 2 Tim 1:9 ooreen? Hoe beleef ons God se goedheid in hierdie verse? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 66: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 8 - goedHeId

62

3. God se Goedheid en Strengheid Lees Rom 11:22-24

In hierdie gedeelte lees ons dat God in Sy goedheid plek gemaak het vir almal wat Sy genadegawe aanvaar, Jood of Griek - verlossing is nie net vir `n sekere groep nie. Sy goedheid kom vanuit Sy genade teenoor ons en nie omdat ons iets verdien het nie.

Maar daar is beslis `n keersy van die munt: God is Goed, maar Hy is ook Streng! Ons moenie God se goedheid met swakheid verwar nie! God is baie geduldig en gee baie kans vir bekering, maar die dag wanneer genadetyd verby is, dan is daar baie swaar straf wat wag.

In Jona 4:2 lees ons: “Ek het geweet U is ’n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het.”

In God se Strengheid kondig Hy straf aan teen die mense in Nineve oor hulle sonde. God kondig aan dat Hy die hele Nineve gaan verwoes (Jona 3:4).

Die hele stad het groot geskrik. Hulle het God se woord ernstig opgeneem, diep berou getoon oor hulle sonde en hulle bekeer. Ons lees van God se Goedheid in Jona 3:10: “Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie.”

`n Mens moet egter nie dink God se goedheid is iets waarmee gemors kan word nie. 134 Jaar nadat Jona in Nineve was, het die mense weer tot hulle sonde teruggekeer en God het Nineve toe verwoes. Die hele stad is weggevoer in ballingskap en die stad het hierna nie verder bestaan nie (Nah 3).

Page 67: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 8 - goedHeId

63

Opsomming:

God se goedheid is oorvloedig. Alles wat God doen, doen Hy met goeie intensie. God wil ons deur Sy goedheid nader aan Hom trek en ons red. Maar God se goedheid mag nie verwar word met swakheid nie. God se goedheid demonstreer juis God se krag om te doen wat in lyn is met Sy wese en karakter sonder dat enige invloed Hom kan affekteer.

God is geduldig en in Sy groot genade en volmaakte goedheid gee Hy mense die geleentheid om tot Hom te bekeer (Rom 2:4).

GespreksvraaG:Lees weer Rom 11:22-24 en 1 Kor 10:9, 22. Hoe is God se goedheid, ge-paardgaande met Sy strengheid, relevant tot ons eie lewens? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 68: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 8 - goedHeId

64

WEEK 8: God is Goed

Om aan te dink...

Die Here is oorvloedig in Sy goedheid! Hy gee net goeie geskenke en het net goeie bedoelings.

God se goedheid moet egter nie verwar word met swakheid nie. Wanneer God straf, straf Hy hard en sonder genade.

Vers om te onthou

“God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot beker-

ing wil lei nie?” (Rom 2:4)

“Alles wat God gemaak het, is immers goed.” (1 Tim 4:4)

Vraag om oor na te dink

Hoe bied God se goedheid vir ons vrede, sekerheid en stabiliteit? Op watter manier is God se strengheid vir ons `n waarskuwing?

Gebed om te bid

Vader, dankie vir al die goeie gawes wat ek so uit U hand kan geniet. Dankie dat U `n goeie God is en dat alles wat U doen goed

is. Here, help my om naby aan U te lewe. AMEN!

Page 69: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

65

KARAKTER VAN GODOndeurgrondelik

“Groots is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes.” (Ps 92:6)

WEEK 9

Inleiding:

Die afgelope paar weke het ons gekyk na verskeie karaktereienskappe van God. Om die eienskappe van God in isolasie te bestudeer, gee ons slegs `n eendimensionele prentjie van God se karakter. Dit is wanneer ons hierdie eienskappe saam bestudeer dat ons eers werklik sien hoe ryk en hoe diep God se karakter is.

In vandag se studie kyk ons na die Ondeurgrondelikheid van God se karakter.

Job beskryf God so mooi wanneer Hy sê: “God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie, sy jare kan nie bereken word nie.” (Job 36: 26) God se grootheid maak dat ons, vanuit ons eie tekortkominge en die skade wat sonde aan ons verstand kom doen het, op geen manier God se volheid en grootheid kan verstaan nie. Ons verstaan maar net die deel van God wat ons met ons verstand kan verklaar! Maar God se grootheid is vêr groter as dit..., vêr verby wat ons kan verstaan of ons kan indink.

Tema teks: Rom 11:33-36 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om leeswerk te doen.

Page 70: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 9 - ondeurgrondelIk

66

Die Kenbare-Onkenbare God

Kan `n mens God werklik ken? Die antwoord hierop is beide “Ja” en “Nee”...

1. Ons kan God nie met die blote Verstand begryp nie, want Hy is Ondeurgrondelik. Lees Ps 139:17-18 en Ps 92:6

In Romeine 11:33-34 lees ons dat God ondeurgrondelik en onnaspeurlik is. Dit beteken dat niemand God se bedoeling werklik kan verstaan nie.

Die Griekse woord wat hier gebruik word, het ̀ n baie sterk betekenis. Louw en Nida (twee bekende Griekse taalkundiges), verduidelik dit so: “[God is] impossible to understand on the basis of careful exam-ination or investigation — impossible to understand, unfathomable, impossible to comprehend.”

Die mens het `n onvermoë om God ten volle te verstaan en die rede, soos reeds genoem, is die skade wat sonde aan ons menswees kom doen het en die feit dat God net te groot is vir die menslike verstand om te begryp! Al sou die mens nooit sonde gedoen het nie, sou hy nog steeds net mens wees. Die skepsel sal tog nooit die Skepper met die blote verstand kan begryp nie.

Kan `n mens God dus ten volle ken en verstaan? Die kort antwoord is “nee”! God se grootheid, die kombinasie van wie Hy is en hoe Sy karaktereienskappe bymekaar inskakel, maak dat geen skepsel Hom ten volle kan verstaan nie.

“33O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!

34Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? 35Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te

doen?” (Rom 11:33-35)

Page 71: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 9 - ondeurgrondelIk

67

2. Ons kan God leer ken deur `n Verhouding met Hom te bou, want Hy is Genadig. Lees Joh 17:3 en 1 Joh 5:20

Ons kan God nie ten volle met die verstand begryp of verstaan nie, en tog is daar geopenbaarde waarheid oor God wat ons toegang tot het. Dit wat nodig is om van God te weet om `n sinvolle verhouding met Hom te bou, het God bekend gemaak deur sy Woord.

God openbaar Homself in sy Seun

“Deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.” (Fil 1:11)

Dit is nie moontlik om God as Vader te ken as ons nie deur die Here Jesus na Hom toe kom nie (Joh 14: 6). God maak Homself aan ons bekend in Jesus Christus:

“Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.” (Kol 1:15)

God openbaar Homself deur sy Woord

“Jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer...” (2 Tim 3:15-16)

God maak Homself aan ons bekend deur die Woord. Die Bybel is `n verhoudingsboek. God lê vir ons die pad uit om in die regte

GespreksvraaG:Lees Rom 11:36. Wat behoort ons reaksie te wees op wat ons so pas van God geleer het? Waarom? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 72: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 9 - ondeurgrondelIk

68

verhouding met Hom te staan. Die Bybel is daarom nie `n anatomie boek wat vir ons `n uiteensetting gee van die anatomie van God nie. Dit is bedoel om ons te help om in die regte verhouding met God te staan en `n lewe te kweek wat wys dat ons Hom eer en dien.

3. God se Kenbaarheid op menslike vlak Lees 1 Kor 13:11-13

“Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind. Maar noudat ek ’n man is, is ek klaar met die dinge van ’n kind.” (1 Kor 13:11)

In hierdie geval is die gesegde: “Ons sien dinge nie soos dit is nie, maar soos wat ons is”, baie waar. Wanneer ons nog geestelik on-volwasse is, sal ons dinge vanuit `n posisie van onvolwassenheid probeer verstaan, verklaar en verduidelik.

Ons strewe moet wees om geestelik volwasse te word in Christus, want dan sal ons soos volwassenes wees wat dinge beter verstaan.

Maar al is ons volwasse in die Here, ken ons steeds net ten dele (1 Kor 13: 12). Daar gaan `n dag kom wat die Here ons dieper insig en begrip sal gee oor die lewe, oor die ewigheid en oor God. Maar vir nou moet ons streef na geestelike volwassenheid en na `n dieper verhouding met God!

GespreksvraaG:Lees weer Joh 17:3 en 1 Joh 5:20. Wat leer hierdie verse ons oor die kenbaar-heid van ons God? Hoe leer ons Hom ken? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 73: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 9 - ondeurgrondelIk

69

Opsomming:

Wanneer ons kyk na al 13 die eienskappe van God wat ons reeds bestudeer het, dan kom ons agter hoe klein en nietig die mens werklik is. God se heerlikheid is heeltemal te groot vir ons verstand om te begryp.

Tog, wanneer ons die Woord lees, dan ervaar ons God se liefde. Ons sien dat Hy sy Seun, Jesus Christus, gegee het om in ons plek te sterf. God openbaar Homself en Sy karakter en maak Homself kenbaar aan ons sodat ons tog kan sê ons dien `n KENBARE God.

GespreksvraaG:Lees 1 Kor 14:20 en Kol 3:10. Wat leer hierdie verse ons oor die Kennis van God? Hoe help dit my om in `n beter verhouding met God te staan? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 74: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 9 - ondeurgrondelIk

70

WEEK 9: God is Ondeurgrondelik

Om aan te dink...

Die Grootheid van God, sy Ondeurgrondelikheid en Onnaspeurlikheid herinner ons aan hoe klein ons regtig is.

God se grootheid boesem by ons `n diepe eerbied en respek in. Ons verstaan nie noodwendig alles van God nie, maar ons weet

hierdie groot en heerlike God is `n God van liefde.

Vers om te onthou

“God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie, sy jare kan nie bereken word nie.” (Job 36: 26)

“Groots is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes. 7Wie dit nie besef nie, is ’n dom mens, wie dit nie insien nie, is

sonder verstand.” (Ps 92: 6-7)

Vraag om oor na te dink

Na aanleiding van vandag se studie, waarom is dit so moeilik om God heeltemal te verstaan? Wat bedoel ons met God se ONKENBAARHEID? Op watter manier kan ons God tog ken?

Gebed om te bid

Vader, U grootheid is te groot vir my menslike verstand. Hoe kan ek aan iemand verduidelik waar U kennis begin en U insig eindig? Dankie dat ek in U kan rus en kan weet U is `n goeie God vol van

liefde en trou. AMEN!

Page 75: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

71

KARAKTER VAN GODGod alleen is God

“Toe sê God vir Moses: ‘Ek is wat Ek is.’” (Eks 3:14)

WEEK 10

Inleiding:

Hierdie is die laaste studie in ons reeks oor die karaktereienskappe van God. Ons het oor baie verskillende karaktereienskappe van God gepraat.

In vandag se studie doen ons `n samevatting en kyk ons na die implikasie van hierdie eienskappe op ons eie lewens. Kom ons kyk eers hoeveel van die eienskappe ons kan onthou.

Lees elke vers en skryf dan die meegaande eienskap neer:

(Probeer om die eienskappe eers uit die verse te kry voordat jy terugblaai in die boekie)

• God is ____________________ Ps 24:10• God is ____________________ Ps 135:6• God is ____________________ Ps 99:5• God is ____________________ Ps 50:6• God is ____________________ 1 Joh 4:16• God is ____________________ Ps 116:5• God is ____________________ Jer 15:15• God is ____________________ Rom 16:27• God is ____________________ Ps 139:7-12

Page 76: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 10 - god alleen Is god

72

• God is ____________________ Deut 33:27• God is ____________________ Rom 1:23• God is ____________________ Mal 3:6• God is ____________________ Ps 119:68• God is ____________________ Ps 145:3

En vandag se studie...

• God alleen is ________________ Ps 50:1

Tema teks: Matt 22:34-40 en Eks 20:1-11 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep `n kans te gee om leeswerk te doen.

Die eerste 4 Gebooie Lees Eks 20:1-11

In hierdie gedeelte gee God aan die volk die Tien Gebooie. Die eerste 4 handel oor die mens se verhouding met God en die ander 6 oor die mens se verhouding met sy medemens.

Jesus som die hele wet op in Matteus 22:34-40. Wanneer die Heilige Gees in ons harte woon, dan is daar eintlik net twee gebooie waaronder ons staan:

• Heilige Gees Gebod 1: Liefde vir God• Heilige Gees Gebod 2: Liefde vir ons naaste

Kom ons kyk net kortliks na die eerste 4 gebooie wat handel oor ons verhouding met God:

Gebod #1: Daar is net een God (Eks 20:2-3)

God eis onverdeelde trou van ons. Dit is Hy wat ons uit die ystergreep van sonde kom red het en ons ̀ n nuwe lewe kom gee het. Hy het ons

Page 77: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 10 - god alleen Is god

73

vrygekoop deur Jesus Christus as `n offer te gee.

Gebod #2: Geen beelde mag aanbid word nie (Eks 20: 4-5)

Daar mag geen afgode in ons lewens wees nie. Niks mag eerste plek in ons lewe inneem bó God nie. God deel ons met niemand en niks nie.

Gebod #3: Hou die Here se naam Heilig (Eks 20: 7)

Ons moet `n heilige eerbied vir God hê. Ons as gelowiges verteen-woordig God in hierdie wêreld as Sy ambassadeurs en ons dra ook Sy naam: “Christen”. Ons is vernuwe deur die Heilige Gees en het gebreek met die ou mens en sy dinge. Ons moet waak om nie teen die Here se naam te laster met die tong of met ons lewens nie. Ons mag ook nie die oorsaak daarvan wees dat iemand anders teen God laster as gevolg van ons optrede nie.

Gebod #4: Eer die Here met `n rusdag, die Sabbat (Eks 20:8-11)

Ons het in Christus die Sabbatsrus ingegaan (Heb 4:9-10). Ons hou daarom nie meer `n dag nie (Kol 2:16-17), maar lewe in die vrede en rus van God in Christus Jesus. Ons lewens wys dat God waarlik rus gee vir die moeë siel en dat Hy almal troos wat na Hom toe kom (Matt 11:28).

Hoe moet ons reageer teenoor God?

1. Dien Hom Lees Ps 100:2 en Ps 145:19

Wanneer ons oor God se karakter nadink, behoort ons eerste reaksie te wees om Hom te dien! Die 1953 Afrikaanse vertaling praat van die “vrees van die Here”.

“Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!” (Ps 22: 24)

Page 78: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 10 - god alleen Is god

74

Om die Here te vrees, is om die Here te dien. Wanneer ons besef wie God is en wie ons is, kan ons nie anders as om Hom te dien nie. Om God te dien, is om in werklikheid `n slaaf van Hom te wees.

Paulus sê dit ook so in Romeine 6:18: “Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen.”

Om God te dien beteken om Sy slaaf te wees. Ons behoort aan Hom, ons is uitverkoop aan Hom en ons onderwerp onsself aan Sy reëls. God is ons Eienaar en daarom sorg Hy vir ons, want ons is Sy kosbare besittings.

2. Eer Hom Lees Ps 59:18 en Ps 22:24

Ons dien die Here - ons is die Here se slawe! Maar ons eer Hom ook. God is ons God en ons behoort aan Hom.

Gebod 1: Hy is die enigste God. Gebod 2: Ek het geen afgode in my lewe nie. Gebod 3: Ek eer die Here in hoe ek lewe. Gebod 4: Ek rus in Sy teenwoordigheid.

Omdat God ons redding bekom het en omdat die nuwe lewe vir ons so kosbaar is, word ons gedring om `n lewe te leef tot eer van God. Paulus sê dit ook in Romeine 14:8: “As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan

GespreksvraaG:Lees Rom 12:1-2. Op watter manier moedig Paulus ons aan om die Here te dien in hierdie verse? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 79: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 10 - god alleen Is god

75

lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.”

3. Verkondig Hom Lees Ps 145:1, 6-7 en Mark 16:15

Wanneer ons dink aan wie die Here is en wat Hy in ons lewens kom doen het, dan kan ons nie stilbly nie. Ons kan nie die Here se wonderlike gesindheid teenoor ons net vir onsself hou nie!

Ons reaksie op die Here se goedheid is om die Woord te verkondig. Ons lees in Handelinge 20:22 hoe Paulus vir die ouderlinge in Efese preek. Hy kan nie stilbly nie, want daar is soveel mense wat nog ongered is; soveel mense wat hulle nog tot die Here Jesus moet bekeer.

Dit is dieselfde gesindheid wat in ons moet wees. Daar moet `n dringendheid by ons wees om hierdie God wat ons ken, bekend te maak aan die wêreld. Paulus het aan almal die Woord verkondig in die hoop dat ten minste sommige hulle tot die Here Jesus sal bekeer (1 Kor 9:22).

GespreksvraaG:Lees 1 Kor 10:31. Hoe bring ons eer aan die Here? Waarom is dit so belangrik? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

GespreksvraaG:Lees 1 Kor 9:16. Wat sê Paulus in hierdie vers doen hy? Wat, laat die vers bleik, is sy gesindheid wanneer hy dit doen? _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 80: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 10 - god alleen Is god

76

Opsomming:

God is God! Niemand kan met Hom vergelyk word nie. Wanneer ons na al die eienskappe van God kyk, dan kom ons net dieper onder die indruk dat God groot en goed is en dat ons maar net klein en nietig is. Tog kom God na ons toe. In ons sondigheid en nietigheid kom bou die Almagtige God `n verhouding met ons as mens.

Page 81: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

Week 10 - god alleen Is god

77

WEEK 10: God is God

Om aan te dink...

God is God! Daar is niks of niemand wat met God kan vergelyk nie.

Al hierdie eienskappe het `n besliste impak op my lewe. God eis onverdeelde trou van my.

Vers om te onthou

“Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.” (Eks 20:5)

“God wil die gees wat Hy in ons laat woon het, heeltemal vir Homself hê” (Jak 4:5)

Vraag om oor na te dink

Al ooit nagedink oor die feit dat God waarlik God is? Hoe kan ek my lewe op so `n manier inrig dat ek toelaat dat God Here oor my

hele lewe is?

Gebed om te bid

Vader, Here, U is my God! Ek wil U eer met my hele lewe. Ek wil `n lewe leef wat bewys dat Christus se genadewerk aan die kruis

werklik `n deurdringende impak op my lewe kom doen het. Kom lei my deur U Gees om U te dien op U voorwaardes. AMEN

Page 82: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

78

Page 83: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons

79

Slotwoord

Wat `n voorreg was dit om die afgelope 10 weke saam tyd te kon spandeer in die Woord en sodoende God beter te leer ken!

Die doel van hierdie Bybelstudiereeks was nooit om vir ons alles te leer van God se karakter nie. Nee, dit was liewer om ̀ n honger by ons op te wek sodat ons dieper kan leer grawe deur selfstudie van die Woord. Paulus bid die volgende gebed vir die gemeente in Efese:

“Ek bid dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.” (Ef 1: 17)

Dit is ook my gebed vir jou en vir ons gemeente. Mag die Here ons help om nooit “genoeg” van die Woord te kry nie en dat ons altyd daarna sal streef om die Here Jesus en ons Vader elke dag beter te leer ken en `n dieper verhouding met Hom te bou! Mag die Here deur sy Heilige Gees sy Woord so in ons harte oopbreek dat ons Hom waarlik sal ken!

Kontak my gerus by [email protected]. Ek hoor graag van jou!

Die Here seën.

Johan Delport

Page 84: Karakter van God - bybelstudie.azureedge.net Van God/KarakterVanGod_Volledig.pdf · Die ewige lewe begin wanneer ons die Ware God ontmoet deur die wedergeboorte. Ons weet dat ons