11

101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 1 2016/01/12 4:47 PM

Page 2: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

Hallo daar!

Die lewe saam met God is nie vaal en sonder pret nie. Dis vol avontuur en heerlike ervarings.

God nooi jou om jou rugsak te pak en saam met Hom te kom op hierdie avontuur.

Geniet die reis!

Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap

nooit nie.Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap

nie.Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou

van alle gevare.Bedags sal die son jou nie steek nie en

snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,

jou lewe sal Hy beskerm.Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou

en vir altyd.Psalm 121

’n Pelgrimslied

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 5 2016/01/12 4:47 PM

Page 3: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

Vir die grootmense

Kinders het ’n helderte aan hulle. Hulle is oop en ontvanklik en hou van stories. Veral stories wat hulle aan God kan haak. Diep in kinders is daar die hunkering om God beter te leer ken en te ervaar dat Hy hulle liefhet en vir hulle ’n pa wil wees op hul lewensreis.

Ons kinders se toekoms is in ons as ouers en grootouers en opvoeders se hande. ’n Kind wil nie bepreek word nie. Kinders mag ook nooit onderskat word nie. God self lê ’n diep bewussyn oor Homself en die ewigheid in hulle binneste.

Ons is daar om hulle te begelei. Dis ’n lewensverantwoordelikheid wat ons nie mag oorskuif na ander nie. Ons woorde en dade en lewens moet in lyn met mekaar wees.

Kinders verwag van ons opregtheid, ook oor ons eie saamstap met God. Hulle wil weet die reis is ons s’n ook. Die avontuur is daar vir almal.

Met 101 avonture saam met God vertel ek stories en staaltjies en gee riglyne oor hierdie grootste lewensavontuur. Die Bybelverse, gedagtes en gebede dra almal dieselfde boodskap uit: God het jou lief. Jy is kosbaar en spesiaal.

En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ’n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.

Markus 9:42(Bybel in Afrikaans 1933/1953)

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 6 2016/01/12 4:47 PM

Page 4: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

Deur die loop van ’n mens se lewe lees of hoor jy verhaaltjies wat jou bybly. Van die stukkies uit 101 avonture met God kom uit my eie kleintyd se storie-skatkis. Sommiges het ek met verloop van tyd in koerante of tydskrifte teëgekom, of via die internet raakgeloop. Party is mondeling aan my oorgedra. Party is my eie pennevrug. Ander se bron van herkoms ken ek nie. Ek plaas dit soos ek dit onthou.

Erkenning

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 7 2016/01/12 4:47 PM

Page 5: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

Inpaklysie1. Avontuur2. Geel pyltjies3. Rotsklim4. Woestynroos5. Gesigte vol blinkers!6. Rotsvas7. ’n Vlieër in die blou lug8. Wierook9. Vra net!

10. Verkeerslig11. Die dogtertjie met die swart oë12. Kan nie wag nie!13. ’n Handvol gebede14. Vlieg15. Knopies of ritssluiters?16. In die skemer vallei17. Horison18. Droomkis

Die avontuur begin! Merke. Gereed. Weg!19. Skip20. Ronde wit skulpies21. Sout in die meer22. Prins of mummie?23. Dryfhout

Inhoud

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 9 2016/01/12 4:47 PM

Page 6: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

24. Onsigbare letters25. Chinese vaas26. Dis joune, Meneer!27. Vuur28. Bonsaiboompie29. Luister!30. Sjuut! Luister ...31. Hoor die klokke!32. Jammer, Mamma!33. Die klein dingetjies34. My beste!35. Loof Hom!36. Ek vergewe jou ...37. Spore

Bangmaakgoeters38. Agter die muur39. Oeps! Ek wou nie!40. Klippe wat ons saamdra41. Die huisie met goue vensters42. Vere in die wind43. Vloek44. Handrem op45. Valdeurspinnekop46. Eina! Dorings!47. Die perd aan die stoel48. Ek wil dit nie hê nie!49. Masker50. Die groen monster

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 10 2016/01/12 4:47 PM

Page 7: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

51. Afmeet52. Dankie!53. Wat maak jy by my blomme?54. Geskeurde foto55. Klip in die pad56. Die sonde van niks doen57. Mossie, maar man!58. Ek kán!59. Begaanbaar60. Inplof61. Laaie62. Spieël63. Rooi papawer

Ek en my spanmaats64. Die kalf se voetpad65. Oogappel66. Ek is spesiaal67. Selfie68. Pêrels69. Myne!70. Drie musketiers71. Die Rooi Ridders72. Geheime skrif73. Vrolikheid!74. Meisie met die appels75. Konsert76. Wen!77. Wat ruik so lekker?

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 11 2016/01/12 4:47 PM

Page 8: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

78. Oog, hand, voet79. Só lyk liefde!80. Eggo81. My liefste boetie en sussie82. Hou aan!

God stap voor83. Oorlogskip van koers af84. U Naam85. U leer my hoe om te lewe86. Silwersmid87. Skuiling88. Ma-kat en gansies89. Ek is by jou90. Dubbeld myne!91. Branderplank ry92. Uilhok93. Vars water94. Die bang muis95. Twiet!96. Die Koning klop!97. Iemand om jou te troos98. Soos die wind99. Boontjies

100. Tonge van vuur101. God se seën

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 12 2016/01/12 4:47 PM

Page 9: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

Inpaklysie

Elke reis het ’n rugsak nodig. Pak vir jou ’n padkaart, padkos en ’n verkyker

vir jou avontuur saam met God in.

God se Woord is jou padkaart. Daarin vertel Hy vir jou presies watter pad jy elke dag moet volg.

Jou padkos is jou stil

tydjies met God wanneer jy

met Hom kan praat – en

wanneer Hy met jou praat.

Jou verkyker help jou om verder as vandag te kyk ... Jou verkyker se naam is Geloof en Hoop.

Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehou

sodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord. Psalm 119:101

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 13 2016/01/12 4:47 PM

Page 10: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

1 Avontuur“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die

duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Johannes 8:12

Almal hou van avontuur. Party hou van branderplankry. Ander hou van bergklim of kampeer. Of van fietsry. Ander hou van die avontuur wat boeke of flieks gee. Avontuur is daardie dinge wat ons vaal dae lekker vrolik kan inkleur.

’n Groepie seuns het eenkeer saam met hulle pa’s langs die rivier gaan kamp. Toe dit begin donker word, het hulle ’n kampvuur gemaak. Hulle het stokkies met malvalekkers vooraan oor die vlamme gebraai. Terwyl hulle so gesit het, het hulle spookstories vertel en mekaar probeer bangpraat. Die kleintjies het later sommer styf teen hulle pa’s gesit en het kort-kort geloer of daar niks in die donker bosse agter hulle uitloer nie.

Die groteres wou wys hoe dapper hulle is en het besluit om al langs die rivier af te stap. Hulle het tussen die digte bome verdwyn. Eers kon ’n mens hulle stemme hoor. Later was net die naggeluide hoorbaar. Skielik het die klompie by die kampvuur benoude gille en takke wat kraak, gehoor.

’n Rukkie later het die seuns skaam-skaam by die kampvuur aangekom. Die “spook” waarvoor hulle so groot geskrik het, was al die tyd ’n swart koei wat skielik in die donker kliphard reg voor hulle in die voetpad begin bulk het!

“Hoekom het julle nie julle flitse saamgeneem nie?” vra een van die kleiner seuntjies. “Dan sou julle mos die koei gesien het.”

So maklik! Wanneer die lig skyn, lyk alles skielik vriendeliker!

Here Jesus, dankie dat U die Lig op ons pad is en dat ons nie bang hoef te wees as ons in u lig bly nie. Amen.

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 14 2016/01/12 4:47 PM

Page 11: 101 avonture saam met God - cumbooks.co.zaOp die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en heerlik saam feesgevier! God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy

2Geel pyltjiesWanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem

hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” Jesaja 30:21

’n Klompie seuntjies het eenkeer ’n heerlike seerowerpartytjie bygewoon. Die mamma van die verjaarsdagseuntjie het vooraf na die kampterrein naby die dorp gegaan en oral bordjies met geel pyltjies langs die voet-paadjies opgesit. Toe het sy ’n groot bliktrommel vol partytjie-lekkernye weggesteek. By elke pyltjie het sy ’n briefie onder ’n klip weggesteek. Op die briefie was daar ’n wenk, byna soos in die TV-program Survivor. Op die laaste briefie het gestaan:

Volg die pyl tot by die hek.Jy’s amper by die wegsteekplek ...Loop tien treë verder met die pad ...Onder die bos wag daar ’n skat.

En daar onder die digte bos – het die trommel vol koeldrank en eetgoed gestaan.

Party seuntjies was te haastig om eerste by die “skatkis” uit te kom en het party van die pyltjies nie raak gesien nie. Hulle het heeltemal in die verkeerde rigting na die skat gesoek. Dan het die tannie gesê:

“Gaan terug na die vorige pyltjie en lees weer versigtig die briefie.”Op die ou end het al die partytjiemaats by die trommel uitgekom en

heerlik saam feesgevier!God wys vir ons die pad deur ons lewe aan. Sy Woord is soos die

geel pyltjies wat sê: “Stap hierlangs.” Die woorde uit die Bybel is soos die briefies onder die klippe wat vir ons vertel hoe ons moet lewe om uiteindelik by “die skatkis van die Ewige lewe” te kan uitkom en saam met Jesus Christus te kan feesvier!

Here Jesus, dankie dat U vir my wys watter pad ek deur die lewe moet stap sodat ek nie verdwaal nie.

Amen.

978-1-4316-0720-4 and 978-1-4321-2265-2_INSIDE.indd 15 2016/01/12 4:47 PM