22
Redaksioneel Nouja, u het nou reeds u nuwe redakteur se eerste poging gesien. Ons poog om Die Doringtak so professioneel moontlik voor te berei en te versprei en tegelyk koste so ver moontlik te beperk. Dit is u nuusbrief, 'n praktiese manier om familiebande en samehorigheid te verstewig, familienuus oor te dra, en op hoogte te bly met die soet en die suur van familie-verwikkelinge. Neem besit daarvan, kritiseer positief, dra by, leef saam. Sorg dat u elke eksemplaar in die hande kry. Sorg dat ons u korrekte jongste posadres het, en elke grootgeworde kind s’n. Laat weet ons van huwelike, geboortes, en sterftes in u gesin. Ook alle nuus oor prestasies, bevorderings, vreugdes, byeenkomste, vakansies en wat nog alles. Waar u ander familielede raakloop, vertel hulle daarvan, verneem of hulle lede van ons Bond is, moedig hulle aan om aan te sluit. Al is die provinsie versplinter en herdoop, geld die Wet van Transvaal ongelukkig nog landswyd. Dit kos geld om die nuusbrief uit te gee. Die enigste inkomste is u jaarlikse ledegeldjie wat ons so laag as moontlik hou. Soos in Doringtak 34 aangekondig, bly ledegeld R20 per jaar per gesin – minder as die prys van 'n skaflike hamburger en Coke – om nie eers van 'n pizza te praat nie! – en R15 per pensioenaris-egpaar en is voortaan jaarliks voor of op 31 Januarie betaalbaar. Te veel van ons lede raak weg. Kinders word groot, gesinne verhuis en lede vergeet om ons van adresveranderinge te laat weet. Dan kom Die Doringtak, soos brood op die water, na vele dae na ons toe terug. En dan het 'n lid kontak verloor, ons het 'n posseël en 'n koevert verkwis en die Bond is verswak. Tjeks moet asb. uitgemaak word aan die: J J Steinberg Bond, en aan bogenoemde adres gepos word. Om sake vir u te vergemaklik, sluit ons hierby 'n adresveranderings-vormpie in, met 'n bank- aftrekorder daarby as u daarvan gebruik wil maak. Dan sal u lidmaatskap moeitevry in stand gehou word. Afrikaner-kultuurgoed word tans erg bedreig. Die beoogde verwydering van die Paul Kruger borsbeeld by die Kruger-hek van Suid-Afrika se wêreldbekende Krugerwildtuin het 'n sterk politieke kleur. Kuns, kunswaardering en kuns-bewaring word eweseer bedreig. Die aangrypende spel in vorm, tekstuur en balans van Coert Steynberg se grootse ruwe graniet Kruger-borsbeeld in sy wilde, gebroke omgewing is uniek in Afrika. Waarom iemand dit wil steur slaan mens dronk. Dit is kunsmoord sonder enige versagtende omstandighede. Ons land wat reeds taamlik arm is aan gehalte kunswerke sal hierdeur verder verarm word. Hoeveel armer sou bv. Frankryk, Italië en BEELDESTORMERY? KUNSMOORD Die Doringtak Nr. 35 Desember 2003 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Die Doringtak 35

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Citation preview

Page 1: Die Doringtak 35

RedaksioneelNouja, u het nou reeds u nuwe redakteur se eerste poging gesien. Ons poog om Die Doringtak so professioneel moontlik voor te berei en te versprei en tegelyk koste so ver moontlik te beperk. Dit is u nuusbrief, 'n praktiese manier om familiebande en samehorigheid te verstewig, familienuus oor te dra, en op hoogte te bly met die soet en die suur van familie-verwikkelinge. Neem besit daarvan, kritiseer positief, dra by, leef saam. Sorg dat u elke eksemplaar in die hande kry. Sorg dat ons u korrekte jongste posadres het, en elke grootgeworde kind s’n. Laat weet ons van huwelike, geboortes, en sterftes in u gesin. Ook alle nuus oor prestasies, bevorderings, verhuisings, vreugdes, kuiertjies, byeenkomste, vakansies en wat nog alles. Waar u ander familielede raakloop, vertel hulle daarvan, verneem of hulle lede van ons Bond is, moedig hulle aan om aan te sluit.

Al is die provinsie versplinter en herdoop, geld die Wet van Transvaal ongelukkig nog landswyd. Dit kos geld om die nuusbrief uit te gee. Die enigste inkomste is u jaarlikse ledegeldjie wat ons so laag as moontlik hou. Soos in Doringtak 34 aangekondig, bly ledegeld R20 per jaar per gesin – minder as die prys van 'n skaflike hamburger en Coke – om nie eers van 'n pizza te praat nie! – en R15 per pensioenaris-egpaar en is voortaan jaarliks voor of op 31 Januarie betaalbaar. Te veel van ons lede raak weg. Kinders word groot, gesinne verhuis en lede vergeet om ons van adresveranderinge te laat weet. Dan kom Die Doringtak, soos brood op die water, na vele dae na ons toe terug. En dan het 'n lid kontak verloor, ons het 'n posseël en 'n koevert verkwis en die Bond is verswak.Tjeks moet asb. uitgemaak word aan die: J J Steinberg Bond, en aan bogenoemde adres gepos word. Om sake vir u te vergemaklik, sluit ons hierby 'n adresveranderings-vormpie in, met 'n bank-aftrekorder daarby as u daarvan gebruik wil

maak. Dan sal u lidmaatskap moeitevry in stand gehou word.

Afrikaner-kultuurgoed word tans erg bedreig. Die beoogde verwydering van die Paul Kruger borsbeeld by die Kruger-hek van Suid-Afrika se wêreldbekende Krugerwildtuin het 'n sterk politieke kleur. Kuns, kunswaardering en kuns-be-waring word eweseer bedreig. Die aangrypende spel in vorm, tekstuur en balans van Coert Steynberg se grootse ruwe graniet Kruger-bors-beeld in sy wilde, gebroke omgew-ing is uniek in Afrika. Waarom ie-mand dit wil steur slaan mens dronk. Dit is kunsmoord sonder enige versagtende omstandighede.Ons land wat reeds taamlik arm is aan gehalte kunswerke sal hierdeur verder verarm word. Hoeveel armer sou bv. Frankryk, Italië en Neder-land wees as elke opvolgende ges-lag of owerheid geboue en stand-beelde verwyder het weens nuwe sieninge van die simboliek daarvan. Lenin- en Stalin-beelde staan

steeds in Rusland na die afwerping van die kommunisme. Kuns oorleef heersers en geslagte! Volgens berigte word die Gelofte-kerk op die terrein van die Voortrekkermuseum in Pietermar-itzburg nou omskep in die Kwa Zulu Museum, sonder die medewete van of raadpleging met verteenwoordi-gende menings van die Afrikaner in-stansies wat dit gefinansier en opgerig het en sonder om die Afrikaner se reg op bewaring van sy erfenis te erken.Elke Afrikaner ken die agtergrond van hierdie Geloftekerk met sy bronsbeeld van Voortrekkerleier Gerrit Maritz, gebeeldhou deur Coert Steynberg.Andries Pretorius en Sarel Cilliers het 'n gelofte afgelê om 'n kerk op te rig om hulle oorwinning by Bloedrivier te gedenk.By die heropening van die Coert Steynberg museum in 1996 het die Adjunk-Minister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, Mev. Brigitte Mabandla, vir Sir Seretse Khama, die eerste President van Botswana aangehaal wat gesê het, "A nation without a past is a lost nation. And a people without a past is a people without a soul". Sy het verwys na die hoë status wat hierdie uitspraak gee aan die bewaring van 'n land se erfenis en gesê dit gee vir ons 'n verlede en is 'n essensiële element van ons nasionale kultuurbronne. 'n Erfenis reflekteer ons geskiedenis en prestasies en is onmeetbaar omdat dit lê aan die wortel van ons identiteit, sin vir plek en selfrespek. Daarom vier ons die Internasionale Museum-dag.

BEELDESTORMERY? KUNSMOORD

Die Doringtak Nr. 35 Desember 2003Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Posbus 3501, Pietersburg 0700 (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 291 1421E-pos: [email protected]

Page 2: Die Doringtak 35

Sy sê verder o.a.: “We all know that the heritage and history of black South Africans has not been told in our museums and has been actively silenced over the years. Yet it is not only this aspect of our history that needs to be told. What people choose to mark as offi-cial heritage provides an interesting way of understanding the dominant values of a society. … today we are at the studio of South African sculptor Coert Steynberg. By restoring this studio as a museum the National Cultural History Museum is preserving an important part of our creative cultural heritage. There are so many museums depicting war, and only one museum - this one - preserv-ing an artist's studio, and thereby dis-playing the complex process that goes into creating art. … I believe that, apart from being a right of all citizens, the preservation of our country's her-itage is essential if we are to achieve the goals of peace and national unity which we have set out for ourselves. It is through historical and living cultural heritage that we achieve a sense of roots and a sense of ourselves. So long as we are assured about the value of our own heritage and talents we have nothing to fear from being open to other cultural influences. Through heritage we are also ex-posed to other cultures, beliefs and ways of life. In this way, heritage can be actively used to undo the fear of the hierarchy of difference. The promotion and preservation of the cultural heritage of all South Africans is therefore essential in giving content to our political democracy.”

Wat het nou van die beginsel van ver-soening en demokrasie geword? Hoor ons owerhede nie die nugter stemme van redelikheid in hulle eie geledere nie?Het dit nie tyd geword om eerder te bou as te breek nie?

ADVERTENSIES: Die bestuur het besluit: Advertensies en borge mag gevind word om die Bond se fondse te styf. So verskyn elders in hierdie uitgawe 'n betaalde advertensie. Familielede en ander wat 'n produk of diens in Die Doringtak wil adverteer kan met die Redakteur skakel.

STAMVADER JOST (vervolg 20)

In 1773 het Jost met “Aaltjie” Aletta Catharina Verrein (ook Ferryn geskryf) in die huwelik getree. Sy was die weduwee van Ernst Frederik Wepener wat saam met sy vader op die plaas Molenvliet langs die Liesbeekrivier geboer het. Aaltjie het twee kinders van Wepener gehad toe sy met Jost trou, en haar eerste kind van Jost was 'n seun, Petrus. As doopgetuies het Pieter Langenau en sy vroutjie, Catharina Steenberg, Jost se oudste dogter, opgetree. Hierdie seun ( b.7 ) se nageslagte sou deur eeue in Suid-Afrika voortleef.

Wat sou Aaltjie en Jost gesê het as hulle kon sien hoe hulle agter- agter- agterkleindogters in broeke rondloop? Selfs die haarsnit van dames verskil nie veel van dié van mans nie.Drie eeue gelede was die mode

vleiend maar net dames in die hoër rang het hoepelrokke gedra. In daardie tyd van welvaart uit handel was sy uit die Ooste volop. Aaltjie

se romp was wel wyd, maar sonder hoepel en die lengte net so dat die skoene kon wys. Die rok was prakties maar steeds deftig en kan beskryf word as deftiger model van 'n Voortrekker-rok. Op Suid-Afrika se platteland het die mode agtergebly terwyl met die draai van die eeu in Parys hoepelrokke deur die prinses-styl verdring is.Mans se klere was, na vandag se smaak, baie ornamenteel. Knope van baadjies en oorjasse was van goud, die knoopsgate opvallend versier en die onderbaadjie baie kleurvol. In destydse boedels was altyd melding gemaak van 'n hoeveelheid goue of silwer knope en skoengespes. Mans het hulle hare nie so kort geknip nie en het soms selfs eenvoudige pruike gedra. Jost sou hom seker skeef gelag het oor hoe vandag se regters wit, gekrulde pruike dra wat te klein vir hulle skedels is met natuurlike hare wat onder uitsteek.

Top kunstenaar Yvonne Steynberg

oorledeKunstenaar en voormalige Port Elizabeth joernalis, Yvonne Steyn-berg, (b11 c1.d4.e3.f7.g1.), 74, is op I Junie te Oudtshoorn oorlede na 'n lang siekbed.Sy was vroueredakteur van die Evening Post tot haar aftrede in

Page 3: Die Doringtak 35

1987. As voltydse joernalis het sy reeds naam gemaak as skilder. Sy het ook binnenshuise versiering gedoen voor sy 'n professionele kunstenaar geword het. Sy is in 1928 in Oudtshoorn ge-bore, waar sy gematrikuleer het. Later het sy aan Port Elizabeth se tegniese kollege en deeltyds aan die Michaelis School of Art by die Universiteit van Kaapstad ges-tudeer.In 1950 trou sy met George Steyn-berg wat gewerk het by 'n bande-maatskappy in PE. Na 40 jaar ver-laat hulle PE om in Oudtshoorn te gaan aftree waar George in 2001 oorlede is.Met haar liefde vir ryk flambojante kleure het sy graag die snelwisse-lende prag van die Karoo geskilder. Later erg gestrem en gepynig deur artritis en osteo-porose en gekluister aan 'n spe-siale stoel, het sy end-uit bly skilder. Sy het meer as 70 solo uitstallings in Suid-Afrika gehou. Anglo Ameri-can het een van haar werke ge-bruik op 'n Kerskaartjie wat inter-nasionaal versprei is.Van haar werke pryk in die ver-samelings van die Rembrandt Stigting, die Hester Rupert Galery, die Walter Battiss Museum, Mer-chant Bank, Anglo American en verskeie opvoedkundige inrigtings.Op haar versoek was daar geen begrafnisdiens nie.

Waar woon Ron? (Met apologie aan die onbekende persoon

wat hierdie idee by my gevestig het.)

Heelwat familielede, veral dié wat nie by die 2003 Graaff Reinet-fees was nie, mag dalk wonder waar die nuwe Sekretaris en Doringtak redakteur vandaan kom.Ek het onlangs vir 'n Kaapse vriend as volg geskryf:“Bly jy nog in die Kaap, of het dit al Ikapa of e-Thabo of iets geword?Ek het verhuis, maar nie geroer nie. Bly nog op dieselfde plek – maar hoe verduidelik ek dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?Ek wil 'n boodskap laat vir 'n klant in Mpumalanga.“Vra asseblief hy moet my in Polokwane skakel!” sê ek.“Waar??” vra sy so narerig, so asof sy 'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het.“Polokwane.”“Waar is dit?”“Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo.”Ek kan hoor sy dink ek is òf van lotjie getik òf het êrens ontsnap.“Waar is dit?” hou sy geduldig vol.“Wel,” beduie ek, “jy ry van Tshwane af, verby Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane, maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou as jy te vinnig ry. ... Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado.”Ek verstaan nie mooi waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand moet my bel nie.“Nee, wag meneer,” sê sy. “Waar is dié Makhado?”

“Tussen Polokwane en Musina,” probeer ek hulpvaardig wees.“En waar is dìt?” vra sy, nou duidelik erg verward.“Musina is tussen Makhado en Harare,” help ek so goed as wat ek kan.“Bly jy in Zimbabwe?” vra sy asof daar skielik vir haar 'n lig opgaan.“Nee,” sê ek. “Ek beduie net vir jou waar Polokwane is.”“In Zimbabwe?” vra sy hoopvol.“Nee, in Limpopo,” help ek haar reg.Sy sug moedeloos en sê: “Kom ons begin voor.”Ek glo sy wonder of of dit nie Leon Schuster is wat haar met 'n slap riem probeer vang vir een of ander advertensie nie. “Waar is Tshwane?”“Dis maklik,” sê ek, “...tussen Bela-Bela en Egoli.”“Nee meneer, ek bedoel die dorp.”“Ek ok,” sê ek. Sy is duidelik nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is.“Egoli is anderkant Tshwane as jy van Bela-Bela se kant af kom,” verduidelik ek.“Meneer,” vra sy, “is jy getrek?”“Nee,” sê ek. “Ek het nie getrek nie, hulle het net die naam verander.”“Wat? Het hulle het jou naam verander?”“Nee, nie mý naam nie, die dòrp se naam,” help ek haar geduldig reg.“Watter dorp se naam?”“Pietersburg.”“Bly jy in Pietersburg?” vra sy en ek kan hoor daar gaan nou 'n helder lig vir haar op.“Nee,” sê ek, “ek bly in Polokwane, maar dit was vroeër Pietersburg.”“Wragtig? sê-vra sy.“Wragtig? sê-bevestig ek.

“So, jy skakel van Pietersburg af wat nou Polokwane is?”“Einste,” sê ek.“Nou watter spul ander name het jy dan genoem?” vra sy en ek kan hoor die vrou het 'n diep behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land te wete te kom.“Toe verduidelik ek: “Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is Pretoria. As jy dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was, daarna by Modimolle wat Nylstroom was, verby Mookgophong wat Naboomspruit was tot by Potgietersrus wat nou Mokopane is. Na Mokopane kry jy Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt wat Makhado geword het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was.”“En Messina is by die Limpopo!” jubel sy.“Ja,” sê ek, “maar die Limpopo waarvan ek praat is die provinsie.”“Nou wat noem julle dan die rivier?” vra sy.“Limpopo,” sê ek.“Meneer, “ vra sy, “stook jy mampoer?”Nou-ja, nou weet julle ook.

FAMILIE-TAALIn familie-kringe ontstaan dikwels woorde of uitdrukkings wat aan die behoeftes van die oomblik voldoen. Dikwels is hulle so treffend of koddig dat die gesinslede hulle nooit vergeet nie en word hulle deel van die betrokke groep se eie woordeskat. Dit word 'n kosbare besitting wat eie aan 'n gesin of familie is.In die omgewing van Sybrandskraal waar my oupagrootjie, Hendrik Coenraad Steynberg, hom in 1875 gevestig het, het geslagte Steynbergs grootgeword en met die omgewing se mense gekommunikeer.

Page 4: Die Doringtak 35

My Tant Johanna was 'n stroomop Tannie wat nooit bes gegee het in 'n argument nie. As jy nou dink jy het haar oortuig van 'n saak, het sy jou uitgeboul met: “Ja, maar tog!” Dan weet jy jy het jou tyd gemors. Vandag nog sal jy Steynbergs met Sybrandskraal bande, as hulle nie verder wil of kan argumenteer nie, hoor die saak beklink met: “Ja, maar tog!”Daar was in die buurt ene Sanna Beukes wat ek nooit ontmoet het nie, maar sy het glo so oor die onderdeur geleun en uit die kombuis uit die boerdery regeer met 'n deurdringende stem wat oor die werf weergalm het. Vandag nog, as 'n familielid 'n bietjie hard praat, sal iemand droogweg opmerk: “O, Sanna Beukes is ook vanmôre hier!”As die son in Johann Steynberg (tans tesourier van die Bond), se oë geskyn het as klein seuntjie, het hy in so 'n klaagstemmetrjie uitgeroep: “Die son sien my!” Die gesinslede gebruik vandag nog die uitdrukking, min of meer in dieselfde stemtoon.'n Jong Hollandse onderwyser, Marthinus Ribbens, het by die Hartbeesspruit skool naby Sybrandskraal skoolgehou. Hy en my oupa se suster Annie het vir mekaar begin ogies maak. My Oom Ulrich sê die standerd 6 dogters van daardie tyd was al yslik groot. Sy is toe later tot groot vermaak van die familie met die “Kaaskop” getroud. Op 'n dag het 'n buurman laat “maal” en het die meel op die agterstoep neergesit. Toe daar 'n reëntjie uitsak, roep die Hollander hard na sy vrou: “Annie, die meel reën nat!”Onder Steynbergs – en moontlik ander familie ook - met 'n Sybrandskraal verbintenis, sal jy vandag nog dié uitdrukking hoor wanneer iemand onbeholpe of sonder inisiatief optree! (Daar lê drie Ribbens kindertjies in die kerkhof op Sybrandskraal begrawe – omstandighede onbekend.Het iemand nog inligting daaroor?)Marthinus Ribbens en Annie se kinders was: Agatha van Zyl – wat op hoë ouderdom nog die eerste familie-fees op Graaff Reinet bygewoon het – Hendrik C.S., Marthinus, Corrie Malan (Cornelia M.F. Ulrich) en kleindogter, C. M. F. Ulrich), Hubrecht en Leendert.

(Op die een gedeelte van Sybrandskraal – daar waar die meule was - het 'n weduwee Tant Annie Steynberg gewoon toe ek 'n klein seuntjie was. Ek het altyd gemeen dat sy die Annie van die “Annie, die meel reën nat”-storie was, tot Oom Ulrich my nou die dag per brief reggehelp het. Sy was getroud met my oupa se broer Piet. Hy en sy seun Danie is twee dae na mekaar oorlede in die Swart Oktober Griep van 1918. Sy is toe later getroud met Oom Abel Pienaar, van die Kenia pionier-boere aan die voet van Kilimandjaro, en vader van die skrywer Sangiro / A A Pienaar.)Daar was twee broers, Martiens en Kerneels. Laasgenoemde kon vreeslik baie eet. Op kommando in die Anglo-Boereoorlog is daar een aand kamp opgeslaan, 'n stukkie vleis uit die saalsak gebraai en met 'n beskuit geëet. Toe sê Kerneels vir Martiens, “Jy weet Martiens, ek is g’n ‘dik’ nie.”Martiens antwoord, “Maar Kerneels, jy weet mos jy word nooit ‘dik’ nie.”Kerneels kap toe terug met, “Dit lieg jy. Daardie dag by Kaalberg was ek ‘dik’!”Die Boere het op daardie dag 'n Engelse kamp oorgeneem en 'n paar Skotskarre met proviand buitgemaak. Nou word vandag nog gesê, By hierdie of daardie geleentheid was ek ‘dik’!Oom Ulrich vertel ook dat daar so 'n jaar of wat na sy vader se dood 'n sekere oom Kok vir sy ma kom kuier het op Sybrandskraal, 'n eenvoudige, bedeesde omie, 'n Israeliet in wie daar geen bedrog was nie, met so 'n tweedisselboom-treppie met 'n goed-versorgde perdjie. Hy kon so bedeesd antwoord as my oorlede ouma met hom praat, “E ... ja Lewiesa,” - tot groot vermaak van my eie vader, Hendrik, Oom Ulrich en my twee tannies, Anna en Johanna. Daar was ‘moord’ in my ouma se oë, maar voor die oom kon sy niks sê nie. Dié temerige sê-ding weerklink ook vandag nog in die familie-taal by paslike geleenthede.

Lewe!

”Glo jy in lewe na die dood?” vra die werkgewer vir een van sy klerke.“Ja,” antwoord die jong man.       ”Nouja, dan’s dit in orde,” reken die baas, “want gister na jy weg is na jou ouma se begrafnis toe, het sy hier ingeloer om jou te sien!”

Mooi HoendersAlmal wat Sybrandskraal geken het, het ou Sam Bay van Sybrandskraal Kontantwinkel – met Poskantoor agentskap - geken. 'n Klomp episodes vir Koöperasie-stories kon ewe goed hier verfilm gewees het. Op pos-dae het die omgewing se boere daar rondgehang en kopstukke gesels. Ou Sam, 'n Jood van iewers uit Europa, was 'n karakter in sy eie reg. Oor hom kan talle staaltjies vertel word.Oom Ulrich onthou dat Tant Cielie Bay, 'n Boere-nooi wat met die Joodse winkelier getroud was, 'n paar pragtige Swart Orpington-hoenders gehad het wat daar om die winkel geloop het. Toe iemand 'n opmerking maak oor die pragtige hoenders, merk ou Sam droogweg verontwaardig in sy koddige aksent op, “Ja, hulle moet wees mooi. Hulle het elkeen opgevreet drié sakke mielies!”

'n Ware Roof-storie

Wyle Tant Nance van den Berg, woonagtig in 'n ouetehuis in Waterkloof, Pretoria, is saam met 'n ou maat op 'n Saterdagmôre op pad winkels toe en maak gou 'n draai by 'n ABSA tak vir 'n bietjie kontant. Toe sy by die deur inkom, spring daar 'n swart man voor haar in en druk 'n Tokarev-pistool onder

haar ken. Sy dink dis 'n sekuriteitswag en sê, “Nee, wag my tatta, ek is haastig! Ek kom net 'n tjekkie wissel.”Die dame by die toonbank skree vir haar, “Bly stil, Tannie, dis 'n roof! Hy sal jou doodmaak Kyk hoe lê die mense op die vloer op hulle mage!”Tant Nance kyk hom kwaai aan sê vir hom, “Beroof julle die bank?” Hy sê “Ja’” en sy sê vir hom, “Julle moenie so maak nie! Die Here sal julle straf!”Die rower gryp haar en gooi haar bo-oor die toonbank, heupbeen af, vier maande in die hospitaal.R130 000 kontant is gesteel.

HERINNERINGE aan sy MOEDER

COERT LOURENS ERASMUS STEYNBERG (b11.c1.d2.e2.f3.g6)

Oom Coert onthou toe hy so vyf jaar oud was het daar drie groot lukwartbome langs die watervoor voor hulle huis gestaan. Op 'n dag klim hy ten spyte van vermaninge in die boom om 'n paar vruggies te pluk. Hy trap egter 'n tak mis en val uit die boom. Sy suster gil en sy ma storm nader en vind hom katswink op die grond. Sy benoude moeder wat reeds twee kinders aan die dood afgestaan het, gryp hom aan hand en voet en sleep hom 'n paar maal heen en weer deur die water. Dit had die regte uitwerking en hy kom skreeuend by. Die kleine Coert en sy suster moes altyd taamlik teësinnig kappies dra om sonstraal te verhoed. Dié is so styf met kenbande vasgemaak dat jy voel jy verwurg. Op 'n dag is hulle weer sonder kappies buite.Sy pa kwes 'n rooikopvoël met sy kettie. Die voël byt as jy aan hom vat. Ongemerk sit sy ma die voël op Coert se skouer en die voël byt hom aan sy oor dat die bloed loop. As die kinders daarna dit net buite waag sonder hulle kappies, het sy ma net die ore-voëltjie geroep, dan hol die kinders om hulle kappies te haal!

Page 5: Die Doringtak 35

Coert moes sy boetie Gertjie, twee jaar jonger as hy, oppas en het lekker met hom gespeel. Op 'n dag huil Gertjie en sê sy keel is seer en hulle sien sy keel is wit binne. Dadelik neem hulle vir Gertjie met die perdekar dokter toe in Pretoria, 50 km. ver. Die dokter diagnoseer “witseerkeel” en Ma en boetie moes dadelik hospitaal toe. Die huis is onder kwarantyn geplaas vir 14 dae.Twee dae later is Gertjie oorlede en weens die kwarantyn moes die gesin hom alleen begrawe. Sy ma was diep bedroef. Dit was haar derde kind wat sterf. Destyds moes mens vir 'n jaar rou – swart klere vir moeder en dogters; 'n rouband om pa en seuns se baadjie- en hempsmoue. Geld was maar skaars en swart rokmateriaal was 1 sjieling per jaart. Pa moes maar vinnig 'n vrag hout maak en gaan verkoop om die materiaal te kan bekostig.In 1930 trek die gesin na die plaas Goedgedacht sowat 10 kilometer van die Soutpansberg. Daar dit met hulle beter gegaan. Ma kry vir die eerste maal 'n huishulp.Elke winter is 'n bees geslag. Om wors te maak is daar 'n vark vetgemaak. Dit het vet gelewer vir die wors maar ook vir seep wat sy moeder self gekook het. Hy onthou goed hoe sy die vark se derms in lengtes gesny het en dit deeglik skoon gewas en gekrap het om die wors mee te maak.Hy en sy pa het die vleis met 'n handmeuletjie gemaal. Dan is dit met varkspek, speserye en tuisgemaakte asyn gemeng.Sy moeder het lemoene en ander vrugte in 'n meelsak in die koelte gehang. Na so 'n paar dae begin sop daar uit tap en in 'n erdekan opgevang. As al die sop uitgedruk is, word dit tot amper kookpunt gebring, afgekoel en dig gebottel. So het die ou mense asyn gemaak.Na alles goed gemeng is, is die wors gestop. Sy moeder het 'n beeshoring vol maalvleis gestop, om die punt van die horing is die derms geskuif en dan het sy die maalvleis met haar duime ingeforseer en so die derms gestop. Oom Coert sê om tot 60 kg wors so te stop, is baie moeilik. Hy het dit self probeer, maar met min sukses. Sy moeder het egter die

kuns verstaan. Sy het dit by haar moeder geleer.Destyds se manier van vleis inmaak het dan gevolg. Al die varkspek word uitgebraai. Die wors en beesvleis word dan in ou wynvaatjies of sommer in 25 pond koffieblikke gepak. Dan word die vleis geseël deur dit met varkvet toe te gooi.Sulke vleis hou tot ses maande.Na die slag, worsmaak en kaiings uitbraai, volg nog 'n reuse taak – seep kook. Die oorblywende varkvet kom in 'n groot seeppot. Die regte hoeveelheid seepsoda word bygevoeg en die mengsel word oor 'n matige vuur vir ure gekook en geroer. Die vuur moet net die regte hitte gehou word, anders brand die seep.Die volgende oggend word die afgekoelde seep in groot repe gesny, die loog word afgekrap, en die stroke in die koelte gepak tot dit buite om droog is. Dan word dit weer in bruikbare stene seep opgesny.Die hele operasie van slag en wors-maak, seep kook en droogmaak, biltong sny, sout, geur en ophang was 'n goeie week se harde werk. Tussendeur het sy moeder die huishouding aan die gang gehou en nooit gekla nie.Hulle koffie was van die wortels van die witgatboom gemaak, fyn gekap, gedroog, gebrand en gemaal.Sy moeder het vir jare las van malaria gehad. Die Bosveld het tussen 1930 en 1935 feitlik geen reën gehad nie. In die groot droogte en depressie het sy vader alles verloor, ook die plaas. In 1934 was daar 'n mooi koring-oes op die land. Toe kom vernietig 'n swerm sprinkane dit in een dag. Toe sê sy moeder sy wil nie in daardie wêreld begrawe word nie. So trek die gesin terug na hulle ou plaas, Hennopsrivier, wes van Pretoria en hulle begin weer van niks af met geleende osse en ploeg. Met twee jong dogters nog in die huis moes sy moeder swoeg en sweet om die gesin te versorg. Sy het self 'n blomtuin aangelê, bewerk en besproei. Elke Vrydag het sy en haar man 'n vrag blomme en vrugte gelaai en dit dan in Pretoria-Wes en Danville gaan smous.

Oom Coert het toe al gewerk, maar sy salaris van £4.0.0 per maand (R8.00), waaruit hy nog klere, losies en klasgelde moes betaal, was te min om sy ouers te kon help. In 1946 het hy plaas toe getrek om sy ouers by te staan omdat sy pa se gesondheid begin verswak het. In 1948 het hy die boerdery heeltemal oorgeneem. Sy ouers het steeds met die blomme en vrugte voortgegaan.In 1952 is sy vader een aand onverwags oorlede. Oom Coert het self die boedel beredder. Sy moeder het besluit om in haar eie huis aan te bly, hoewel sy saans by die Coert en Hannie geëet en geslaap het. Verder het sy self haar huiswerk bly doen en onafhanklik in haar huis gewoon. Af en toe het sy gevra dat Oom Coert of Hannie haar wegbring na een van haar ander kinders toe maar na 'n paar dae wou sy terug huis toe.Sy het elke aand van haar huis af die bruggie oor die watervoor oorgesteek en na hulle huis toe gestap. Hulle ou hond, Bles, het haar klokslag by die bruggie ingewag en saam met haar gestap. Een aand besluit sy om eerder by die groot hek uit te gaan en by oom Coert se motorhek in te kom. Skielik hoor hulle 'n luide gil en toe hulle buite kom, staan die bekommerde Bles daar met die tannie se een hand in sy bek. Hy het gesien dat sy ‘verkeerd’ loop en het haar op die regte pad gelei. Hierna het die troue hond haar saans ingewag en seker gemaak dat sy die ‘regte’ pad volg.In 1966 het sy by een van haar dogters gaan kuier. 'n Paar dae later bel Oom Coert se suster en sê hulle ma is siek. Toe hy 'n paar dae later daarheen ry om sy moeder te besoek was dit net betyds om haar te groet voor sy haar laaste asem uitblaas. Toe vind hulle dat sy reeds al haar begrafnisreëlings self getref het en gereed was om te gaan.Tydens hulle ouers se lewe het al die kinders op die Sondag naaste aan elke ouer se verjaardag op die plaas byeengekom – soms tot 60 mense op 'n keer. Hierdie tradisie was nog vir jare bewaar – tweemaal

per jaar het al die kinders en kleinkinders so byeengekom.Oom Coert sluit af, “Ek sien nog my moeder so voor die stoof, besig om witgatwortels te brand. By tye was daar niks anders op die plaas om te eet nie, geen inkomste nie, maar ons het darem altyd koffie by die pap gehad – en daar was nog 'n melkkoei.”(Oom Coert het sy vader en moeder se gesamentlike testament, opgestel en geteken te Pretoria op 20 Julie 1904, aan die Familiebond gestuur. Interessant, word oom Coert se vader, Coert Louren, se van op dieselfde dokument op 3 verskillende maniere gespel, naamlik “Steinberg”, “Steynberg” en “Steÿnberg”! EEN FAMILIE voorwaar! R.)

Familiefees 2003 Graaff Reinet -

(Agter die skerms)

Suid-Afrika is groot en familielede wat die Fees op Graaff Reinet bygewoon het, moes groot distansies aflê en ook groot koste aangaan. 'n Mens ry nie so ver net om gesellig te verkeer en braaivleis te geniet nie. Daarom moes daar ook 'n besonderse program wees.Ons kan nie nalaat om te vertel van familie wat hulle diens aangebied en voorstelle gemaak het nie.Feesgangers wat by hulle aankoms by Bourkestraat aangemeld het en deur Rita Steynberg met 'n lekker koppie warm tee verwelkom is, sou nie raai dat sy pas 'n maand tevore 'n groot operasie ondergaan het nie. Sy het niks daarvan verraai nie en almal was dadelik in 'n feestelike stemming.

Page 6: Die Doringtak 35

Vir die program het Dalina Steynberg van Randburg 'n Vasvra-Wedstryd voorgestel, maar sy was nie bereid om dit aan te bied nie. Steinie en Doris Steynberg van Bloemfontein sou graag gehelp het, maar omstandighede het dit verhinder. Fanie Steynberg van Table View het eers ingestem, maar toe loop sy planne deurmekaar. Tyd het min geword. Gelukkig het Prof. Dawie en Flo Steenberg tyd gevind om al die vrae op te stel en hulle het dan ook die Vasvra hanteer. Dawie het agterna gesê dat hy nie kon verstaan hoe almal net die maklike vrae gekies het nie.Een voorstel is gemaak deur Ulrich Steynberg van Wes-Rand, naamlik 'n opvoering van kort grepe uit die lewe van Stamvader Jost se lewe. 'n Goeie idee, maar moeilik om uit te voer. H.C.U. (Coert) Steynberg van Pietersburg het 'n paar jaar gelede op Warmbad met sy grap “Die Seekoei en die Naturellemeise” 'n blywende indruk van sy talent gemaak, en hy sou graag by die stuk ingeval het, maar sy werk het dit nie moontlik gemaak nie. Na lang oorweging het Ron Steynberg die saak aangepak. Hy het met behulp van baie leeswerk oor dié tydperk en Jost se lewe 'n alleenspaak saamgestel, 'n pruik en 'n outydse kostuum gehuur, en saam met sy jongste seun Johann die lang pad na die Karoodorp aangedurf. Al wat hy nog nodig gehad het was 'n klein verhoog, 'n tafel en 'n stoel, en daarvoor het Steve Steynberg gesorg. Johann het 'n video van die opvoering geneem en familielede wat dit sien sal sekerlik, soos alle Feesgangers, daarmee beïndruk wees.

Nog 'n voorstel was Die Uilhuis. John Steynberg van Kentridge was al daareen het, aangesien dit in die omgewing is, gereken dat dit 'n besoek werd is.Opinies oor die kunswerke verskil en dit is al as “kitsch” beskryf, maar dit bly besienswaardig en Fees-gangers het die besigtiging beslis waardeer.Baie voorstelle vir 'n Fees-aandenking is deur nie-familielede gemaak, o.a. bottels wyn met 'n Fees-etiket, skryfpapier en koeverte met 'n familiebond-wapen, koffie-bekers, skryfpenne, sakmesse, serpe ens. met familiewapen. En toe gebeur iets ongeloofliks.'n Vriend stuur uit die bloute uit Duitslad 'n pakkie, en glo dit of nie, dis 100 mans- en 100 dame-sakdoeke, suiwer wit katoen en klaar omgesoom! En dit as 'n skenking! Sakdoeke word deesdae min gebruik, maar aangesien hulle nou daar was, moes verder daarmee beplan word.Voorsien met 'n geborduude doring-takkie daarop, was die probleem van 'n Feesaandenking opgelos.Uit haar eie het Hester Steynberg aangebied om die Feesgangers op Ganora te onthaal met haar spesiale bobotie, geelrys, slaai en melktert asook 'n begeleide toer na die boesmantekeninge en rots-gravures, plus besigting van die artefakte in Jan-Petrus se privaat museum op hulle plaas.By enige fees is spyseniering belangrik. Pauline en Steve Steynberg het dit alles op hulle skouers geneem. Hulle het gesorg vir die huur van die saal, dek en versiering van die tafels, snoepighede, braaivleis met heerlike bykosse, drank, parkeer-plek, en al

die kleinighede waaraan 'n mens nie dink nie – en daarna die opruiming. Alles het seepglad verloop, en ons hoop dat hulle na die Fees gou kragte herwin het vir die beplande huwelik van hulle seun, Stephan.

Sterftes

"LOUW" Lourens Jacobus Stein-berg (b11.c7.d2.e7.f5.) van Orkney, is na 'n siekbed van drie weke in die Krugersdorpse hospitaal oorlede. As blinde het Louw na 35 jaar as telefonis by Vaal Reefs goudmyn afgetree. Hy het ook klaviere gestem en herstel en sy stokperdjie was hengel. Lou se ken-merkende opmerking was "Gee hier laat ek sien". Hy word oorleef deur sy vrou "Betsie" (gebore de Wet), een seun, twee dogters en agt kleinkinders.“SARIE” Susara Aletta Elizabeth Collins (geb. Steenberg b11.c11. d5.e6.f6.) se lewe het op 20 Okto-ber 2003 ten einde geloop en sy rus nou langs haar eggenoot “Koos” Jo-hannes Jacobus Collins wat haar nege jaar vooruitgegaan het. Sarie het in 1990 afgetree as Psigiatriese verpleegster by Witrand Sorg- en Rehabilitasie-Senrum op Potchef-stroom. Haar ouer suster Anna het Sarie beskryf as “een van die En-gele op Aarde”. Sy was een van tien kinders en met haar afsterwe op 78 jaar, bly nog net een van die gesin oor.

Verstaan?'n Tipiese vierjarige dogtertjie, oulik, nuuskierig, slim soos die houtjie van die galg, laat op 'n dag blyk dat sy nie die begrip van die huwelik mooi verstaan nie. Haar pa haal toe hulle troufoto-album uit. Hy meen die vi-suele beelde sal help. Bladsy na bladsy wys hy die bruid se aankoms by die kerk, die ingang, die huwelikseremonie, die teken van die register, die onthaal, ens.      ”Verstaan jy nou, my kind?” vra hy.”Ek dink so …,” sê sy. “Is dit toe Mamma by ons kom werk het?

GELUKWENSE

Brett Steynberg van HTS Newton in PE was verlede jaar die skool se enigste A-kandidaat. Hartlik geluk.

Die geheimOp sy 100ste verjaardag komplimenteer almal 'n sekere Oupa Steynberg met sy fiksheid en blakend gesonde voorkoms. “Laat ek vir julle my geheim vertel,” sê hy. “Ek stap vir die afgelope 75 jaar feitlik elke dag lang ente in die vars gesonde buitelug.” Al die gaste was beïndruk en wou weet hoe hy hierdie strawwe program volgehou het.“Kyk,” verduidelik hy, “my ou vrou en ek is 75 jaar gelede getroud. Op ons huweliksnag het ons mekaar plegtig belowe dat, wanneer ons 'n argument het, die een wat verkeerd bewys word

Page 7: Die Doringtak 35

sou uitgaan en 'n lang wandeling on-derneem.”

BrieweBok Steinberg van Levubu skryf:Net iets oor die Steinberg familie, almal oorspronklik van Mooiplaas, Hendrina (O-Tvl.) Peet Steinberg, een van die nageslag, boer nog steeds op Mooiplaas.Die oorspronklike geslag Steinbergs – 3 broers en 2 susters, is reeds almal oorlede, nl. Stony, Bok, Johanna (later Landman), Sarie (later Bredenkamp) en Piet (oorlede in 2001 – woonagtig op Mooiplaas vanaf geboorte tot afsterwe.) Die nageslag van bg. 5 bestaan uit 18 gesinne, verspreid vanaf Rawsonville (Sampie Landman) tot Levubu (Bok Steinberg) – 10 Steinberg gesinne, 5 Landman gesinne en 3 Bredenkamp gesinne – almal met kinders en kleinkinders.Ons groep kom al die afgelope 20 jaar gereeld byeen vir familiesaamtrekke (± elke 3 jaar). Ons mees onlangse byeenkoms was op Levubu (by ons op die plaas) tydens die algehele sonsverduistering 4 Desember 2002. Dit was 'n onvergeetlike ervaring waartydens ons 20 km. wes van Musina die totale eklips kon waarneem. ... As jy ooit in die omgewing kom, kom slaap gerus oor, dan kuier ons lekker saam.(Baie dankie Bok. Ek sal onthou. Ek sal veral graag saam kuier wanneer julle groep weer byeenkom. Ron.)

Ds Nico Steenberg van Queenswood skryf vir ons oor die seremoniële inwyding van hulle nuwe koolstoof!“Al moet ek dit nou self sê: Wat 'n genoeglike aand!Almal wat dit bygewoon het, praat met lof en waardering daarvan; en my kinders, wat nie met 'n koolstoof grootgeword het nie, het hulle “roots”

ontdek.Johan Botha, wat mondfluitjie gespeel het, is die pa van TV akteur At Botha en sy vrou Maggie het Land van ons Vaad’re gesing - wraggies mooi.In my “wydingsrede” het ek oor die herkoms van die koolstoof gepraat: die Dover met sy verskillende modelle: die Welcome, Rismore en die Emerald; dan die Union, die Pearl, die Jewel, die Esse en die Aga. My eie stoof is 'n 1896 Forrest en saam met die Amerikaanse Beaver is dit die Rolls Royce van koolstowe. Ek het die aand vir die kaiings gesorg en my vrou Dorothea vir die res van die ete soos op die spyskaart.Die hele idee was om 'n boere-KULTUUR-aand te hou en dit was m.i. baie geslaagd. Miskien kan familie in die res van die land rondom een of ander kultuursaak 'n fees hou. Mag

my aanbieding die aand die nederige begin wees van 'n herlewing van ons volkskultuur!” Die PROGRAM het so gelyk:

19:00 Amptelike verwelkoming.Skriflesing en gebed: Louw Myburgh

Wydingsrede: Die Koolstoof as saligversadigmakende Cornu copiae (Horing van Heil) vir die Volk – Nico

Steenberg Onthulling van stoof: Plegtige verwydering

van Perdekombers - GasheerSeremoniële aansteek van vuur:

MevrouMondfluitjie: Land van ons Vaad’re

– Johan BothaVlaghysing, die Vierkleur : Willem

KempenSamesang: Kent gij dat volk

Gesellige samesyn: Sjerrie / Port

SpyskaartKaroo-afval met kerrie-

aartappelsSkaapnekbredie *

(* alternatief vir teerdere geeste)

Stampmielies, geroer in afvalsous

Vetkoek met kaiings / vyekonfyt

Soetpatats / GroenboneNagereg: Pannekoek in

BrandewynsousMoerkoffie en kondensmelkWydpraat en nog moerkoffie

Afsluiting: Die Stem van Suid-Afrika

Father Richard Reese writes:

I was ordained three years ago and am therefore Father Richard Reese these days. I am still a member of the Capuchin Franciscan Order.A big interest of mine is Judaism. I preach a lot on the subject because it is the foundation stone of the Christian faith. I believe it is impossible to understand the New Testament without a background in Judaism. Anyway, it has led to my thinking a lot about the name Steynberg or Steinberg, etc.This name is not a German name, but I have read that the parts of the name (i.e. “Stein” and “Berg”) are typical of assimilated Jews in Germany. A name change was essential to assimilation, so to speak.I have this hypothesis that although Johan Jost Steinberg may well have been a Gentile, his forebears might have been assimilated Jews. Jewry had the choice (and still do) of either remaining steadfastly Jewish or becoming part of (assimilating into/with) the wider Gentile society in which they found themselves. This is a highly controversial subject among Jews, as one might well imagine.This process of assimilation was not universal – Eastern Jews did not assimilate easily, for example – but it was a special feature of German Jewry. In fact, these became more German than the Germans. They were unable to grasp what was happening when Hitler rose to power – other Jews understood easily that that another wave of persecution was underway, but the German Jews felt that they would be exempt. A long story, but that is the gist of it.It is something that I shall work on, but I guess it could take a while to

Page 8: Die Doringtak 35

research – again, it will have to be time permittng.

__________________Errol (b11.c11.d4.e3.f6.g1) en Emma Steenberg skryf uit George:... Baie dankie dat daar iemand soos jy is wat die redakteurskap oorneem by Lieselore. Ons waardeer dit baie.Baie dankie vir die aanvullende besonderhede van ons familie en ek vul dit graag verder aan. Ons het nou al twee kleinseuns en is baie trots op hulle.Carl en Estelle Stammer se eerste kind is gebore op 20.01.2000 – Raynard Carl Stammer. Die tweede is gebore 01.08.2003 – Zander Heinrich Stammer. Ons is baie bevoorreg om al ons kinders hier in George te hê. Ons woon in Outeniquastrand net 23 km van George af. Ander inligting wat ek het is dat Jacobus H. Steenberg (b11.c11.d4. e3.f9) se vrou, C.E. Maritz, oorlede is op 29 Junie 1998.Ek kry skaam omdat ek nie gereeld ons ledegeld stuur nie maar ek sluit hierby 'n tjek in vir R100. Laat my weet hoeveel ek nog verskuldig is, dan stuur ek dit aan voor 31 Januarie 2004.Baie groete van al die Steenbergs hierdie kant.

Elsie Ferreira van Steytlerville woon in die historiese huis waar die beroemde Afrikaanse digter, A G Visser, as kind gewoon en grootgeword het.Sy is die suster van Hendrik Steenberg, ondervoorsitter van die Familie-bond. Sy skryf 'n lekker geselsbrief en vertel o.a. dat haar jongste dogter se seuntjie, Arno (5jr),

eenkeer saam met sy ma en boetie Marko (9) straat-af ry en die huise langs die straat die straat bekyk.

“Mamma, wat weeg daardie en daardie huis?” wil hy weet.“Nee, ek weet nie.”“Marko, weet jy wat weeg huise?”“Nee,” sê Marko.“En 'n kameelperd, 'n leeu en ...” en hy noem sommer al die diere waaraan hy kan dink.Nie Mamma of Marko weet nie, waarop hy opmerk, “Julle weet dan niks nie. Dan het ek mos nie nodig om skool toe te gaan nie!”Op 18 maande staan dieselfde Arno voor die yskas met sy bekertjie en sê, “Mma, nanna.” Elsie weet hy soek iets om te drink. Daar is verskillende soorte koeldrank, water en melk, maar niks wat sy aanbied is reg nie. Dis elke keer “Nee.” Later vra sy, “Nou wat wil jy dan hê?” Waarop hy antwoord, “Psss – psss, Mma.” Dis toe Coke wat agter in die yskas lê. Hy ken dit aan die geluid van gas wat ontsnap as jy dit oopmaak!Dan vra sy ook wanneer hou ons weer 'n familie-reünie in die Transvaal. Sy het lekker baie familie hier. Meer as genoeg kuierplek – al moet sy elke keer hulle koek- en beskuitblikke vol bak en ook

marmelade, waatemoenkonfyt ens. saambring!

(Kyk maar elders in hierdie nuus-brief vir besonderhede van

komende familie-reünies. Ron)

Marika Steynberg skryf:… net 'n briefie om te vertel wie ek is. My gedig is gepubliseer in Dor-ingtak 34 bladsy 558, en ek glo nie een van julle weet wie ek is nie! Ek was vreeslik verbaas toe my pa my vra "watse gedigte skryf jy?" Ek het sommer die gedig op 'n Afrikaanse webwerf geplaas en siedaar!Ek is Martha Francina Frederika Steynberg, Marika kortweg, die oud-ste van vyf kinders. Die ander is Al-bertus Hendrik Hamman (Hamman), Christina Margaretha Susanna (Christi), Wanitha Deborah (Wanitha), Johannes Lodewikus (Jannes). Ek is 'n Kunstenaar en Veldgids, my boet Hamman is 'n Ambagsman in Witbank; Christi is 'n Natuurbestuurder en Ontvangs-dame naby Vryheid KZN, Wanitha studeer aan die Universiteit van Potchefstroom vir Geoktrooieerde Rekenmeester, en Jannes het nou pas Matriek geskryf. Ons is die enigste Steynberg nasate van Oupa Jan (Johannes Lodewikus Steyn-berg) (b11.c1.d2.e2. f1), Oom Coert Steynberg die beeldhouer, se pa. (Dan wys sy op 'n paar foute in die geslagsregister – Een Familie – waaraan ons sal aandag gee. Ron)Ek is baie jammer dat ons tot nog toe nie aktief deelgeneem het aan die familiebond nie, my pa is nie baie lief daarvoor om sy hand op papier te sit nie, maar baie lief daar-voor om staal-tjies te vertel. Dus

ken ek 'n paar staaltjies as julle daarin belang stel.Met vriendelike groeteMarika Steynberg (Dankie, Marika. Laat kom maar daar-die staaltjies. Ron)Annatjie Steinberg (b11.c7.d2.e10. f2.g1.) skryf per e-pos:Ek onthou dat ek op bls 20 (van die geslagsregister “EEN FAMILIE”) van Hendrik Coenraad Steynberg gelees het wat grond naby Cullinan bekom het van Sybrand Bronkhorst deur 'n ruil-transaksie.   Hierdie Sybrand was toevallig my ouma aan moederskant se vader, wat ook op sy oorblywende stuk grond gebly het.   Sy seun Daiel, het later jare met grondboontjies daar geboer.   Ons het as kinders baie saam met Ouma daar gaan kuier by Oom Daiel, haar broer.Ek hoop dit het darem 'n bietjie by julle ook gereën na die erge droogte wat julle beleef het.   Verder wens ek julle 'n Geseënde Feestyd toe indien ons nie vroeër van mekaar hoor nie.Johann en ek vlieg die 15de Desem-ber George toe om vir my suster op Riversdal te gaan kuier tot die 29ste Desember.   Ouma Bea wat nou 85 is, vlieg dieselfde tyd op die P.E. vlug na haar suster op Jeffreys-baai.   Ouma Bea, (my skoonmoeder) en Tannie Maatjie Steinberg   is met twee broers getroud, wat die kinders amper soos eie broers laat voel.      Groetend (Dankie Annatjie. Dit het einde No-vember eers regtig hier gereën. Damme is nog baie na aan leeg. Ron)

REGSTELLINGOp bl. 538 van Die Doringtak No. 33 het 'n paar foute ingesluip. Dit moet lees: “ZILDERIE Steynberg is gebore op 18

Page 9: Die Doringtak 35

Mei 2001 (nie 2002 nie). Sy is die dogtertjie van Coert Erasmus Steynberg (b11.c 1.d 2.e 2.f 4.g 6.h4) en Susan (ge-bore JACOBS – nie Kemp nie.)

________________

'n Besoek aan die Vreemde

Ds. Hendrik Steenberg (b11.c1.d5.e5.f3.g2.) 

Ek en Mavis het onlangs ons oudste seun, Leon, in Nieu-Seeland, besoek. In Auckland op die Noord-Eiland het ‘n afgetrede kollega en sy vrou ons rondgeneem, en ook na die bin-neland toe. Nieu-Seeland is vulkanies. By Rotorua kom hier en daar in parke stoom uit en jy ruik die swael in die lug. By die "toeristemekka" aan die kant van die dorp skiet kokende water en stoom soms die lug in. As jy af kyk, sien jy borrelende, kokende modder en jy die voel die vulkaniese warmte deur jou skoensole. Maori-huise op daardie plekke het geen verdere ver-warming in die winter nodig nie! Ek sal dit nooit waag om daar te woon nie; netnou ontplof die hele ou spulletjie en ek is sommer net daar gaar gekook! Daar is ook ‘n oond met stene bo op ‘n gat in die grond gebou waar stoom uitkom. Daarin word hele maaltye gekook; 'n natuurlike ‘Steam Cuisine”! Die toer eindig waar die Maori’s jou in 'n saaltjie onthaal met stamdanse en bloedstollende oorlogskrete. In Auckland behartig ek op uitnodiging 'n erediens - met 25 oud-Suid-Afrikan-ers teenwoordig! Interessant: Sondae hou die NG-gemeente in hierdie Sewendedag-Adventistekerk hulle erediens.Leon werk in Christchurch, die groot-ste stad op die Suid-Eiland, as ‘n me-

diese spesialis in die hospitaal terwyl hy twee oggende per week ook pri-vaat praktiseer saam met 'n kollega.

(Dis nou hy wat vir ons die lugkaartjies gestuur het sodat ons hom weer kon gaan besoek).Christchurch is ‘n idilliese "platte-landse” stad. Dit het glo 650 parke en digby die middestad is 'n groot park met ‘n pragtige botaniese tuin met ‘n spruit waarop wilde-eende rustig rondswem.Nieu-Seeland is ‘n toeristeparadys, en die Suid-Eiland is enige natuur-liefhebber se droom. Hoewel relatief klein, het Nieu-Seeland met sy pragtige groen weivelde meer as 60 miljoen skape en 20 miljoen beeste. Die talle kiwi-vrugpriële herinner aan die druiwepriële in die Hexriviervallei. Die kiwi-“wingerde” is omring met heinings van hoë bome om wind af te keer.Die Nieu-Seelandse Alpe (Weskus van veral die Suid-Eiland) is op plekke heeljaar met sneeu bedek, en die me-ters sneeu wat jaarliks op hulle val het etlike gletsers gevorm wat soos "riv-iere" van massas ys stadig voortbe-weeg en alles voor hulle wegvee. Ski is baie gewild en kinders leer van kleins af om te ski. My 9-jarige klein-seun het nou die dag saam met sy pa gaan ski.Tussen die berge en op ander plekke is pragtige boom-omsoomde mere waarin ongelooflike weerkaatsings jou gemoedtoestand op-helder.Van Nieu-Seeland af is ons via Sin-gapoer huiswaarts met die wete dat ons land darem ook pragtige natu-urskoon het wat toeriste se verbeeld-ing kan aangryp, want selfs die Karoo-bossie het sy bekoring.

(Hendrik en Mavis kuier nou weer daar tot in Mei volgende jaar. )

__________

Boeretannie maak 'n plan.

'n Bejaarde Tannie besoek die dokter. “Ek wil graag 'n klompie geboorte-beperkingspille hê,” sê sy.Uit die veld geslaan dink die dokter 'n oomblik en sê dan, “Maar Tannie! Tannie is 75 jaar oud. Waarvoor wil Tannie so iets hê?””Hulle help my beter slaap.”Die dokter krap sy kop en vra. “Hoe op aarde kan dit daarvoor help?”Die tannie verduidelik’ “Ek klits elke oggend een in my kleindogter se lemoensap, dan slaap ek snags rustig!”

REDAKTEUR VRA MOOI

Op 20 Julie 34 jaar gelede het die mens sy eerste tree geneem op die oppervlakte van die maan. Daardie een tree het die aarde skielik bai kleiner laat lyk. Vandag, na die be-treklik onlangse skepping van die Internet, het dit nog verder gekrimp. Jy en ek kan binne oomblikke met mekaar kommunikeer en my in staat stel om jou nuus met die hele fami-lie te deel. Ons is net 'n klik ver van kontak of hereniging met familielede waar hulle ookal op ons planeet is. Laat ons die tegnologie ten volle be-nut en die voordele en vreugde van lidmaatskap van ons Familiebond volkome geniet.

Alle familie en vriende wat e-pos adresse het, stuur asseblief vir my na [email protected] 'n e-pos met u

besonderhede: naam, posadres, en foonnommer. Ek sal graag vinniger en doeltreffender met familie kommuni-keer om die verkryging en opdatering van familienuus te bespoedig en vergemaklik.Persone sonder e-pos adresse kan gerus reël met kinders, familie of vriende om van hùlle e-pos gebruik te maak vir instuur van nuus, familie-verwikkelinge en interessante in-ligting. Ek is van u insette afhanklik. Ons wil graag Die Doringtak 'n nuttige, praktiese familienuusmedium hou.

DIE ERFGENAAM

Op sy sterfbed laat 'n bejaarde sakeman 'n ou vriend roep. Toe dié langs sy bed verskyn, sê hy swakkies, "Jan, belowe my as ek sterf sal jy my stoflike oorskot laat veras”. "Reg, my vriend, ek sal," antwoord Oom Jan. "En wat moet ek dan met die as doen?” Die ou sakeman sê: "Sit dit net in 'n koevert en pos dit aan die On-vanger van Inkomste. Skryf buite op die koevert, ‘Nou het jy alles.’”

Oom Ulrich vertelWillem Frederik Ulrich Steynberg ((b7.c6.d6. e6.f6), deesdae van die

Page 10: Die Doringtak 35

Paarl, stuur die volgende “opmerk-bare opmerkings”:Op Ariamsvlei, die grenspos na Namibië, het daar met die Sondvloed nie eers 'n ploegreën geval nie. By die ingang na die polisiestasie aan die Republiek kant is daar so 'n klipkraaltjie (rotstuin?) gepak, met 'n paar kraal-aalwyntjies wat veg om oorlewing en verder vol ou sigaret-stompies; met 'n groot kennisgewing: “Stay off the grass.”In 1933 met die groot depresse het die wolprys se boom uitgeval. Doerrr in die Karoo was 'n Jodewinkel wat plaaslike wol ingeneem het, dit P.E. toe gestuur het en dan later die opbrengs minus sy kommissie aan die eienaar uitbetaal het. Toe kom daar 'n ou kleurling met sy trollietjie aan met 'n baal wol wat ingeneem word.Later kom hy sy geld haal, maar die winkelier sê toe die wol se opbrengs het nie eers vir die vervoer betaal nie. Hy skuld nog 'n halfkroon daarop. Hy het toe nie 'n halfkroon nie en vra of hy maar met 'n hoender kan betaal. Hulle kom so ooreen. Na twee maande kom hy weer daar aan – met 'n baal wol en 'n hoender!Oom Ulrich vertel altyd graag van sy toegewyde en hardwerkende onder-wyser maat. Hy het hom mooi opgewerk en was later vise-hoof van 'n tweemanskooltjie.'n Ou oom uit Kuruman se wêreld bel 'n bekende wapenhandelaar. ‘Ou neef, ek sien jy skryf en praat oor skietysters. Ek wil vir die ou Tante 'n wapen koop. Kan jy vir my sê watter soort?”“Oom, nee. Ek sal eers moet weet waarvoor die ding gebruik sal word. Dan kan ek raad gee oor watter soort.”

“Kyk, ou Neef, as 'n inbreker deur die venster klim en die Tante skiet hom mis, dan moet die pleister hom doodval!”'n Juweelkarakter van die plaas Brandbach in ons omgewing was Oom Charles Bodenstein, sterk hardhorend en met 'n deur-dringende skel stemmetjie. Hy had 'n Bosveld-plaas langs die Olifantsrivier met 'n klompie mooi beeste en heelwat wild. Een môre het hy 'n paar vet slagkoeie by 'n veiling op Marble Hall. Die koeie kom in die ring en word opgeveil. Hy kan nie mooi hoor nie en vra vir 'n omstander, “Wat sê hulle nou!!?”“Hulle gaan nou by die tagtig pond verby.”“Stop, stop!” roep hy vir die afslaer. “Ek wou net sewentig pond gehad het!”By geleentheid was die jagseisoen vir Groblersdal distrik reeds gesluit, maar grondeienaars kon nog aansoek doen vir 'n permit. Op die aansoekvorm moes jy verklaar die ligging, naam en grootte van jou eiendom, die hoeveelheid en tipe wild daarop en hoeveel jy wil jag. Die vorm gaan dan aan die Hoof van Natuurbewaring wat 'n eienaarsjagpermit uitreik.Oom Charles en my swaer Willie Malan kom daar by my op Sybrandskraal aangery met Swaer Wille se bakkie. Hulle benodig 'n paar ekstra patrone. Ek sien my swaer voel nie te gerus oor die “permit” nie en hy vra die oom om dit vir my te wys.

Oom Charles haal die vorm uit, “Hier’s hy, vyf rooibokke en twee koedoes – gister by Slabbie (polisieman) gekry.”Ek help hom toe reg en sê die vorm moet eers Pretoria toe. Hierdie is nog nie 'n permit nie.Oom Charles vies hom en sê, “Man, kom ons gaan skiet hulle. Dis mý goed!”Ek het toe darem ook 'n bok gekry.(Nota: Oom Ulrich neem my erg kwalik en kapittel my oor ek in Die Doringtak 34 berig het dat hy net Standerd 8 gemaak het. Ek stel dit hiermee nederig en plegtig reg: Hy het STANDERD NEGE; geen grade nie, maar darem agt RADE in die gemeenskap, waaronder 45 jaar noue verbintenis met die Kommando as Kaptein, Landbou Unie Algemene Raad, Geswore– en Boedel-waardeerder, Landbou-krediet, Paaie, Sentra-Oes, Landbank en Vrederegter – tot tans. – Jammer Oom. Maar ek het nog nooit veel erg aan papiere gehad nie. Vir my gaan dit net oor wat 'n man kan doen. Ron.) Sê iets ...'n Jong nuwe dominee behartig sy eerste begrafnis in 'n nuwe gemeente en kan dus nie veel sê oor die oorledene nie. Hy vra toe, “Is daar iemand wat iets moois omtrent die oorledene kan sê?”Stilte.     Hy vra weer, “Kan iemand miskien iets goeds oor die oorledene sê?” Nog stilte. Hy probeer weer. “Is daar iemand wat enigiets oor die ontslape broer kan sê?”

Eindelik staan 'n oubaas op, gee 'n diep sug en sê, “Wel, hy was darem nie so sleg as sy broer nie!”

Maak kennis met:

Mavis Steenberg wat tans saam met haar man Hendrik (O.Voors. van die Familiebond) by hulle seun Leon in Christchurch, Nieu-Zeeland kuier. Hulle ontspan lekker en hou hulle be-sig met lees, studies, skryfwerk, stap, ens. Mavis is ook aan die brei.Sy is 'n baie aktiewe en welwillende mens. By die Montana Aftree-Oord in Pretoria waar sy en Hendrik woon, koördineer sy 'n projek waarin 'n stuk of 30 dames teddiebeertjies brei vir gestremde en terminaal siek kinder-tjies. Honderde teddies is al aan die betrokke organisasie gegee vir ver-spreiding.Kindertjies is lief vir teddies en dik-wels is dit werklik hulle enigste eie “besitting" waarmee hulle kan speel en saans getroos mee gaan slaap.Sy maak ook self persoonlike ver-jaarsdagkaartjies. Sy en Hendrik probeer om elke inwoner in die 301 huise by die Oord op sy/haar ver-jaardag te besoek. Elkeen kry 'n pragtige persoonlike kaartjieSy het ook 'n “korrespondensie-bedi-ening” - sy korrespondeer met 'n paar honderd mense en dikwels loop dit op berading uit.  Voor hulle vertrek uit SA op 24 September, moes Hendrik sowat 200 briewe pos met vooruit-gestelde kers- en nuwejaarswense, omdat hulle dan oorsee sal wees. Sy korrespondeer ook met tallekinders en kleinkinders van haar studentemaats, ken hulle name en ook meestal hulle geboortedatums.Dis 'n plesier en 'n voorreg om hierdie minsame, meelewende, uitreikende

Page 11: Die Doringtak 35

familielid te leer ken in 'n wêreld waar mense toenemend in isolasie leef . Ek wonder soms hoeveel mense reik vandag nog uit na hulle medemens, of  het ons maar in ons dop gekruip en leef ons in hierdie wereld in iso-lasie? Ken ons die name van ons bure in die stad? Of ly ons dalk ook aan die "elkeen-vir-homself-en-vergeet-van-die-res"-sind-room?

STEENBERG WINGERD

“Dit was met dagbreek aan die Kaap, dat die Swane verenig en in Paradys, aan die voet van die

BERGE VAN STEENgewei het” – dus was die naam van die plaas aanvanklik

SWANEWEIDEDie oorspronklike eienaar van die plaas was weduwee Catharina Üsting van Lübeck. Sy moes baie moed gehad het om die moeilike seereis na die Kaap aan te durf. Toe sy in 1662 aan die Kaap geland het, was dit beslis nie 'n “Land van melk en heuning” nie, maar 'n plek met streng wette, geseling, brandmerking en die galg. Catharina was net 22 jaar oud en het uitgevind dat dit nie 'n plek vir 'n alleenstaande vrou was nie en het gou 'n man gevind.

Na die huwelik het die bruidsgeselskap na Rondebosch vertrek. 'n die een koets was de bruid en bruidegom en in die ander 'n paar gaste. Goed aangeklam met Kaapse wyn, het die twee drywers besluit om reisies te jaag. Die pad was nou en rof, die gaste moes vasklou en het, soos ware Calviniste, gebede na die Hemel gestuur. Dit was ook nie lank nie of 'n botsing het plaasgevind. Die bruidegom, boor oor die soort gebeure op sy troudag, het uitgespring en in 'n stryery beland waarby hy essteek ontvang het. Die lem het in sy bors afgebreek, maar hy het dit oorleef. Catharina en Hans Ras het sewe kinders gehad voor hy deur 'n leeu gevang en gevreet is. Catharina, so vertel die legende, het 'n geweer gevat en die leeu agternagesit en geskiet.Die weduwee het weer getrou. Haar derde man is deur 'n Hottentot vermoor, en die vierde een deur 'n olifant vertrap. (Om te dink dit was net 300 jaar gelede!) Catharina het 'n vyfde keer getrou – met Mathys Michelse, 'n geharde Duitser.In 1682 het Catharina vir Simon van der Stel gevra vir 'n stukkie grond langs die Wagenweg en in 1685 het sy toestemming gekry om 25 morg aan die voet van die Steenberg te bewerk,ploeg, saai en te “besit”.Baron Rheede tot Drakenstein het die plaas besoek en Catharina het 'n ete bestaande uit radyse, vars gebakte brood en heerlike kool bedien. Volgens die baron was Catharina Michelse, of “Die Weduwee Ras”, soos sy bekend was, 'n “geweldig onafhanklike vrou” wat soos 'n Indiaan bloots perd ry.

In 1695 het Frederik Russouw die plaas gekoop, die U-vormige huis gebou en die eerste wyn op Swaneweide gemaak. Omdat Tafelbaai in die winter vir skepe onveilig was, het die VOC bepaal dat skepe in Simonsbaai moes anker. Swaneweide was dus 'n halwegstasiee – een dagreis van Kaapstad en weer een dagreis na Simonsbaai.Dit het meegebring dat baie reisigers verplig was om op die plaas te oornag. Dit was 'n goeie inkomste en bowendien kon skepe met voorrade voorsien word.Die jongste seun van Frederik Russouw en Christina (Diemer) het die plaas geërf en die “Holbol” gewel voor die huis gebou. Dit is die enigste gewel van sy soort in die Skiereiland.Die plaas het weer van eienaar verwissel en het aan die Louw-familie behoort totdat dit in 1990 deur J.C.I. (Johannesburg Consolidated Investments) gekoop en her-ontwikkel is tot vandag se spogwingerd.Onder die STEENBERG etiket prouseer die kelder die volgende wyne:

“Motif” Blanc; Sauvignon Blanc; “Motif” Rouge Sec;Cab Sauvi/Merlot/Shiraz;2001 Cabernet Sauvignon;2001 Nebbiolo; 2001 Merlot;2001 Shiraz; 2000 Catharina

ADVERTENSIE!Die rot-ren … gaan jy wen?!

'n Klagte wat ons dikwels by fam-ilie, vriende en kennisse hoor, is dat hulle nie geld het nie en dat hulle nie tyd het nie. Is dit nie vreemd dat ons ons leeftyd aan ons betrekking of beroep verkoop vir geld nie, en tog skyn ons nooit genoeg geld te hê nie, nie eers vir noodsaak-likhede nie. Om harder en langer te werk vir meer geld, beteken min-der tyd beskikbaar vir dié dinge wat regtig vir ons belangrik is – ons fami-lies, kinders en vriende.Hierdie lewenstyl word treffend genoem die rot-ren.Wat sou jy doen as jy uitvind daar is 'n alter-natief tot die rot-ren?'n Alternatief wat jou meer geld en meer tyd bied in die medium tot lang termyn as wat jy ooit moontlik geag het. Hierdie alternatief bestaan wel en is 'n groeiende industrie wêreldwyd. Dit is ook ve-rantwoordelik vir die skep van die meeste miljoenêrs in die Verenigde State, terwyl dit vir hulle tyd en vryheid gee waarvan die meeste mense net kan droom. As jy moeg is vir die rotte-wedren, stuur 'n e-pos aan:

Page 12: Die Doringtak 35

[email protected]

Toer deur Kroasië

Reisplanne is gemaak en besprekings gedoen. Kroasië? Nadat die Ooste my voorheen so geboei het, was ek aanvanklik min lus vir Kroasië.Eers het ons 14 dae in Duitsland gekuier.Sulke antieke stadsdele soos ons in Lübeck, Lüneburg, Hamburg en Bremen gesien het, ken ons nie in Suid-Afrika nie. Dele van die antieke ringmure bestaan nog. In die nou strate verdring eiesoortige ou huise mekaar. Selfs magtige kerke met stabiele dik pilare en hoë torings is met kenmerkende rooi bakstene die hoogte in gebou en vertoon binne en buite baie mooi. Orals word tafeltjies en stoele in die nou strate ingepas waar mense rustig koffie drink en koerant lees of eet in oulike restaurantjies. Op die markplein snuffel toeriste in piepklein winkels vir aan-denkings of lawe hulself met roomyse.Oudergewoonte had ons te veel bagasie. Vol koffers word al swaarder met gekoop-te geskenkies en goeters. Die elf keer se oorklim tydens ons treinreis was dus 'n marteling. Daarom het ons by Soost 'n rit met 'n luukse kar deur die Sauerland geniet. Daar word hoofsaaklik suikerbeet verbou en tog is die streek bekend as “Suurland”. 'n Oom vertel dat die suiker wat daar geproduseer word, genoeg is vir Duitsland se behoefte. Hy boer in die omgewing met suikerbeet en met oestyd help hy in

die fabriek waar die suikerbeet verwerk word. Opvallend is ook die aantal statig draaiende windwiele in die groot landerye wat 6% van Duitsland se krag opwek. As die oprigting daarvan goedkoper was, sou die probleem van lugbesoedeling en die gevare van Atoomkrag uitgeskakel kon word. Al langs die pad staan vrugtebome waar enigeen appels, pere en pruime kan pluk. Ons het ook gepluk en die vrugte was heerlik.

Toe sluit ons aan vir die toer deur Kroasië by die groep uit Suid-Afrika.Die verwaarlosing van bie pragtige ou geboue in die hoofstad Zagreb, was skokkend. Grootskaalse op-knapping is dringend nodig, maar die land is arm en oorlogskade is nog net gedeeltelik herstel. Die geel geverfde stadsaal en operagebou in die ou Weense styl is netjies en indrukwekkend. Zagreb is met reg trots op hulle ou kerkhof. Hierdie toeriste-aantreklikheid is omring met 'n geweldige klipmuur met stewige boë en oortrek met rankplante. Dis treffend versier met ou grafstene, baie van beroemde mense.

Split is 'n groot stad langs die helderblou see. Interessant was 'n begeleide toer deur 'n paleis wat in die jare 300 v.C. opgerig is vir Romeinse keiser Diokletian en nou as “Wêreld Erfenis” verklaar is. Dele daarvan is nog ruïnes, maar daar is lewe in talle klein winkels, museums, konsertsale en uitstallings wat dit 'n “lewende monument” maak.

Die vroeë oggend vismark moet nie misgeloop word nie. Van 2cm vissies tot groot tuna, seekatte, alle soorte skulpvis, mossels, kreef, krappe garnale, yslike seeslange en selfs lelike seemonsters word daar aangebied.Dubrovnik, die “Pêrel van die Adria”, was vir my die mooiste stad. Dit het 'n baie klein hawe en groot toeristebote moet buite in die baai anker en passasiers word met klein bootjies heen en weer vervoer. Die antieke hawe en die dorp teen die steil berg, is omring deur 'n 5 meter dik, 24 meter hoë en 2 kilometer lang muur wat, soos al die geboue van klip uit die omgewing gebou is.Ons het ook op die muur geloop en afgekyk in nou strate en op dakke van huise wat lyk of hulle mekaar verdring. Deur eeue-lange verkeer is die strate, die nou gangetjies en trappe, alles van dieselfde klippe, blink geloop soos gepoleerde wit marmer.

Die dorp het 'n besondere atmosfeer. Tafels en stoele staan ingeryg langs die nou straatjies, met spyskaarte in vier tale) om gaste te lok, en bo-oor, tussen die vier-verdieping huise, hang wasgoed. Hier en daar staan 'n paar potlante op trappies en enkele rankplante reik teen die mure op en breek die eetonigheid. Vanuit die toring op die markplein lui die klok tweekeer die tyd – in geval iemand dit die eerste keer nie hoor nie. In een van hierdie nou lane had ek die geluk om van die klen vissies wat ons op die vismark gesien het, te kon bestel. 'n Groot bord vol – en heerlik.Ontelbare klein eilande langs die kus word beskryf as “Laventel Eilande”. Ons was op Korcula en Hvar. Die

water is roerloos blou soos 'n swembad en oor die markplein hang die geur van laventel soos ywerig met sakkies laventelblomme en –olie handel gedryf word.Weerlig het Hvar getref en 'n

rampspoedige brand veroorsaak wat feitlik die hele eiland verniel het. Al die olyfboorde, laventel plantasies, wingerde, natuurlike woude en weivelde is swart verbrand met spierwit klippe wat die akkers omhein. Plaashuise wat nie verbrand het nie, staan leeg. Dis 'n treurige gesig en die arme boere sal vir drie jaar moet

Page 13: Die Doringtak 35

swoeg om weer 'n inkomste te kan verdien.Die rivier tussen Krka en Plitvice vorm die onbeskryflikste helder blou poele. Ons toergids het verduidelik dat minerale die intensiewe blou van die water veroorsaak. Talle watervalletjies verbind die watergate en in die turkoois water wemel groot skole visse nes harders, so houtgerus dat 'n mens na hulle wil gryp. Hierdie pragtige gebied lê in 'n natuurpark en ons is vertel dat die vissies nie gevang word nie. Hulle is buitendien smaakloos. By ons afskeidsgeselligheid het ons forelle geëet en ons was dit eens dat die vis, selfs met ekstra sout en suur-lemoensap, na niks smaak nie. Sou hulle ons met die blouwatervis verneuk het? Elke land het sy eie besiens-waardighede, en met herinneringe aan die andersheid van die antieke stede, die kuslyn en blou water van Kroasië , is ons weer veilig terug in Suid-Afrika, en bly dit steeds koning. L.S.

WETENSWAARDIG

In die Foto-Galery in Graaff Reinet verskyn twee unieke foto’s na aanleiding waarvan Danni Suskin uit Atlanta, Georgia, VSA 'n interessante brief geskryf het. Hy sê hy is 'n Suid-Afrikaanse ballon-vlieër wat nou daar woon. Verwysend na die foto getiteld “Hot Air Balloon Comes to Town 1899”, sê hy dat “Hot Air balloons” nie voor die 1960’s uitgevind is deur Ed Yost in die VSA nie, alhoewel “balloons filled with gas or smoke” reeds sedert die laat 1700’s in Frankryk gevlieg het. Die foto wat die

inflasie van die primitiewe ballon toon, is ongetwyfeld die van 'n rook-ballon, aangesien hulle met rook gevul was deur bokant 'n steenkoolvuur gehang te word op die metode hier uitgebeeld.Dis interessant omdat dit nie voorheen bekend was dat rook-ballonne in Suid-Afrika gebruik was nie. Daar is vandag net een rookballon vlieënier ter wêreld – Peter Krie, en hy het dit net elke 10 jaar of so gedoen. Sy finale vlug het 'n tyd gelede in Wisconsin plaas-gevind en dis hoogs onwaarskynlik dat daar weer 'n rookballon-vlug sal wees. Ooit!Die Engelse het in 1899 in Graaff Reinet hierdie taamlik lapperige seil-ballon, uitgevind deur sekere Professor Price, opgestuur om vir die Boere-magte uit te kyk.Tydens die opblaas daarvan het 'n skielike rukwind die affêre met sy menslike “ankers” oor die dorpsplein gesleep en een man het 'n arm gebreek!

VERGEWE MY(... tog net nie met wolwegif nie!)

Flater! In my pogings om vir die Bond koste te bespaar, het ek Die Doringtak No. 34 in 'n kleiner koevert uitgestuur. 'n Klerk by die Poskantoor het my verseker dat 'n standaard R1.65 seël voldoende is daarop mits die posstuk minder as 500 gram weeg. Die een wat ek geweeg het op 'n “Weigh-Less” skaal wat ek in die kombuiskas raakgeloop het, was net meer as 400 gram. Met 'n rein gewete pos ek toe aan elke familie hulle nuusbrief met R1.65 seël. Enkeles begin toe oudergewoonte terugkom omdat lede van adres verander het. Ander daag op, gemerk “R3.30 Tax”. D.w.s. daar was te min seëls op en die ontvanger moes dubbeld die ontbrekende R1.65 gaan inbetaal om hulle Doringtakke te kry! Enkeles het

geweier om dit te doen en ek neem hulle nie kwalik nie. Hoe kon hulle ook weet dis so 'n waardevolle posstuk wat wag?Aanvaar asseblief my opregte verskoning. Dit was sonder opset. Wat die poskantoorklerk nagelaat het om my te sê, was dat, al is die gewig onder 500g, jy steeds 'n ekstra seël moet gebruik as die dikte van die posstuk 5 mm oorskry. Dit lyk vir my asof dit die geval was met sekere Doringtakke wat nie ferm genoeg gevou en platgestryk was nie. Blykbaaar is sekere poskantore se personeel wakkerder as ander.Dit sal nie weer gebeur nie.Maar, so gepraat oor pos wat terugkom – en dis iets wat my baie hinder – wil ek graag meld dat ek besig is om ons adreslys op te dateer. Daarom voeg ek hierby 'n lysie in van familielede wie se jongste Doringtakke weer terug by my beland het.As jy van hulle ken en hulle huidige adresse het, skryf dit sommer op die lysie in en pos dit vir my. Om tyd en koste te spaar, kan jy dit ook vir my e-pos. Ek sal dit baie waardeer.

Ron

Nog 'n BriefJacobus Lodewikus “Kobus” Steenberg (b11.c11.d4.e1.f6.g2.h2) skryf uit Welkom:Ons sou graag wou kom (na die Graaff Reinet Fees 2003) maar ongelukkig vind die Internasionale Motorfie

ts Grand Prix op daardie naweek plaas. Daar sal 350 baanbeamptes tydes die MotoGP diens om die baan doen waarvan 100 van Welkom en Bloemf

ontein is en die ander van reg oor die land ... 30 van Kaapstad (Killarney renbaan), 20 van Natal, 100 van Kyalami (Johannes

burg), 20 van Port Elizabeth (Scribante renbaan) en 20 van die Mercedes renbaan in Oos Londen.Ek is die hoofbeampte vir die byeenkoms en dit is my plig om te sorg dat dat al hierdie beamptes gekwalifiseerd is en dat hulle om die baan die regte dinge op die regte tyd doen,

Page 14: Die Doringtak 35

soos byvoorbeeld om 'n fiets wat val so gou moontlik van die baan te verwyder en die ryer te beveilig. Yolanda is die Sekretaresse en is verantwoordelik vir verblyf van al hierdie beamptes en om te sorg dat 'n ieder en 'n elk tevrede is. Ons seun Jaco is ook betrokke en dit is sy verantwoordelikheid om die oor-blywende rondtes aan te dui sodat

die renjaers hulle taktiek daarvolgens kan beplan.Soos jy kan sien, is dit vir ons 'n familiesport wat ons baie geniet.GroeteKobus Steenberg__________________

Gedig

Eerste Reën  Hup-pel, hup-pel, hup-pel skapi

e bok-spring en steek vas, alles en al-mal jubel en die lemoen-dui-fie lag!  Tarentaal brabbeltaal ver-tel van Uste-un-ing,

van die won-der van wa-ter se plas… Die besef dat alles het Vader as leun-ing, kom slaan met 'n slag!  Druppel, drup-pel, drup-pel soet slaan

die reuk van reën in my vas, my vosperd se pas is 'n trip-pel so al langs

die huiswaartse pad  Ek hoor U magtige dre-un-ing en

die aarde word stil voor U mag… Die wind in my hart ve-ran-der van mening want U vernietig weereens my las                          Marika Steyn-berg

(Dankie, Marika. Juis in hierdie

droë jaar het jou woorde beson-

dere tre-fkrag. Ron)

TWEE

STREEK-SAAMTREKK

E VIR DIE

NUWE

JAAR

Alle fami-

lielede

in die Skierei-land, Wes-Ka

ap

en BolandJulle is almal welkom Son

da

g 25 Januarie.

KOM NA 'n GESELLIGE FAMILIEBRAAI

in Kaaps

tad, Bayviewlaan 33, Tamboerskl

oof vanaf11 uur

vm. Vroeg

in 2004 sal u

verdere

besond

erhede en 'n

padkaart

ontvangFoonnommer:

021-424 9651Faks:

021-424 0033

E-pos [email protected]

a

En nog een!

Alle fam-

i-liele

de in

Pre-toria en omstrekeword

har

tlik uitgenooi om op Saterd

ag 22

Maart

2004

SAAM GESELLI

G TE KOM

VERKEER BY

DERDEPOORT

STREEKPARK,

PRETORIA vir 'n heerlike

FAMILIE-SAAMTR

EK

9 vm tot 4 nm.

Vroeg in 2004 sal u verdere besonderhede en

'n padkaart

ontvang

Navrae aan: Nico Steenberg - 012 – 333 8539

Page 15: Die Doringtak 35

of

E-pos [email protected]

Hartlike fami

lie-K

ers

gr

oete en

Seënwen

seRon