4
LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR SKRIFGEDEELTE: Die hele Jakob verhaal (Genesis 25 – 35); Genesis 35:3b – God is by my oral waar ek gaan. BENODIGDHEDE: Bal Prente van Jakob se verhaal Agterop elke prent, skryf Gen 35:3b (“God is by my oral waar ek gaan”) Tou Wasgoedpennetjies Voorblad – Tent vir elke kind Agterblad – Bladsy met blok vir elke kind Kryte Skêre Gom INLEIDING: Storietyd: Almal staan in ‘n sirkel. Gooi ‘n bal van persoon tot persoon. Die ou wat die bal vang, moet een woord skree wat sy/haar jaar die beste beskryf/opsom; bv. fantases, hartseer, ens. Dus moet elke kind op die ou einde ‘n beurt kry om sy/haar jaar met ‘n woord op te som en dit te skree. Daarna kan die leier vir die kinders wat wil, geleentheid gee om uit te brei en een hoogtepunt van die jaar met die kinders te deel, bv. ek het ‘n hond gekry, of wat ookal. Die bal kan steeds hier gebruik word. HERSIENINGSPELETJIE: Ons gaan nou die hoogtepunte van Jakob se lewe bietjie hersien en kyk wat julle alles van sy storie onthou. Span twee toue ‘n hele ent uitmekaar uit. Hang aan die een tou die prentjies van Jakob se lewe “randomly” met was- goedpennetjies op. Los die ander tou skoon. Die aanbieder vra die volgende vrae en wanneer ‘n kind die antwoord reg het, kan daardie kind die prentjie gaan soek wat by die antwoord pas en dan kan hy/sy die prentjie aan die ander tou hang. Begin om die prente in chronologiese volgorde van links na regs aan die leë tou op te hang. Elke keer wanneer ‘n kind ‘n nuwe prent ophang, roep die hele groep die versie wat agterop die prente geskryf is: “GOD IS BY MY ORAL WAAR EK GAAN!” VRAE: 1. God het aan Abraham ‘n beloſte gemaak. Wat was hierdie beloſte? (Hy sal so ‘n groot nageslag hê, so baie soos die sterre in die lug.) (PRENT: ABRAHAM WAT STERRE KYK) 2. Wat het die Here vir Abraham gevra om te doen met sy seun Isak? Dit het hulle laat wonder of die beloſte dat hy ‘n groot nageslag gaan hê, ooit sal waar word. (Hy moes sy seun offer) (PRENT: ABRAHAM OFFER ISAK) 3. Jakob en Esau was ‘n tweeling. Wat was Esau se talent en wat was Jakob se talent? (Esau: In die veld, jag; Jakob: Boer, pas skape en bokke op) (PRENT: JAKOB & ESAU) 4. Wat het Jakob vir Esau aangebied toe hy eenkeer van die veld af teruggekom het? En wat het Esau vir Jakob gegee omdat hy so honger was? (Jakob het vir Esau lensiesop gegee en Esau het vir Jakob sy eersgeboortereg gegee) (PRENT: LENSIESOP) 5. Jakob wou baie graag die seën van sy pa, Isak, wat eintlik vir Esau bedoel was, hê. Hoe het Jakob sy pa en Esau be- drieg om die seën te kon ontvang? (Hy het ‘n bokkie geslag en sy velletjies op sy arms gesit om Isak te laat dink dat hy Esau is) (PRENT: JAKOB BY ISAK MET VELLETJIES OP ARMS) 6. Jakob moes vlug omdat Esau verskriklik kwaad was! Hy het sommer met sy kop op ‘n klip geslaap en toe het daar iets die nag gebeur. Wat was dit wat gebeur het? (Jakob het gedroom van engele wat op en af by ‘n leer stap) (PRENT: JAKOB DROOM) 7. Jakob het by sy oom Laban gaan werk en daar ‘n vreeslike mooi meisie gesien, nl. Ragel. Hy en sy oom het ‘n “deal” gehad oor Ragel. Wat was daardie “deal”? (Jakob moes 7 jaar vir die oom werk, dan kon hy met Ragel trou.) Onge- lukkig het Laban vir Jakob bedrieg. Wat het Laban ge- doen? (Na 7 jaar het Laban vir Lea gegee om met Jakob te trou en gesê Jakob kan met Ragel ook trou, maar hy moet daarna nog 7 jaar werk.) (PRENT: JAKOB SKRIK AS HY VIR LEA SIEN IN PLAAS VAN RAGEL) 8. Later jare het Jakob met sy familie getrek. By ‘n rivier het daar een aand iets vreemds met hom gebeur. Wat was dit? (Jakob en ‘n engel het gestoei) (PRENT: JAKOB STOEI MET ENGEL) 9. Jakob het besluit hy wil gaan regmaak met Esau, maar hy het glad nie geweet wat om te verwag as hulle mekaar weer sien nie. Wat het gebeur toe Esau vir Jakob sien? (Hy het na hom toe gehardloop en hom omhels) (PRENT: ESAU GEE VIR JAKOB ‘N DRUKKIE)

LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR les 21.pdf · LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR SKRIFGEDEELTE: Die hele Jakob verhaal (Genesis 25 – 35); Genesis 35:3b – God is by my oral waar ek gaan

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR les 21.pdf · LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR SKRIFGEDEELTE: Die hele Jakob verhaal (Genesis 25 – 35); Genesis 35:3b – God is by my oral waar ek gaan

LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR

SKRIFGEDEELTE: Die hele Jakob verhaal (Genesis 25 – 35);

Genesis 35:3b – God is by my oral waar ek gaan.

BENODIGDHEDE:

Bal

Prente van Jakob se verhaal

Agterop elke prent, skryf Gen 35:3b (“God is by my oral

waar ek gaan”)

Tou

Wasgoedpennetjies

Voorblad – Tent vir elke kind

Agterblad – Bladsy met blok vir elke kind

Kryte

Skêre

Gom

INLEIDING:

Storietyd:

Almal staan in ‘n sirkel. Gooi ‘n bal van persoon tot persoon.

Die ou wat die bal vang, moet een woord skree wat sy/haar

jaar die beste beskryf/opsom; bv. fantasties, hartseer, ens.

Dus moet elke kind op die ou einde ‘n beurt kry om sy/haar

jaar met ‘n woord op te som en dit te skree. Daarna kan die

leier vir die kinders wat wil, geleentheid gee om uit te brei

en een hoogtepunt van die jaar met die kinders te deel, bv.

ek het ‘n hond gekry, of wat ookal. Die bal kan steeds hier

gebruik word.

HERSIENINGSPELETJIE:

Ons gaan nou die hoogtepunte van Jakob se lewe bietjie

hersien en kyk wat julle alles van sy storie onthou.

Span twee toue ‘n hele ent uitmekaar uit. Hang aan die een

tou die prentjies van Jakob se lewe “randomly” met was-

goedpennetjies op. Los die ander tou skoon.

Die aanbieder vra die volgende vrae en wanneer ‘n kind die

antwoord reg het, kan daardie kind die prentjie gaan soek

wat by die antwoord pas en dan kan hy/sy die prentjie aan

die ander tou hang. Begin om die prente in chronologiese

volgorde van links na regs aan die leë tou op te hang. Elke

keer wanneer ‘n kind ‘n nuwe prent ophang, roep die hele

groep die versie wat agterop die prente geskryf is: “GOD IS

BY MY ORAL WAAR EK GAAN!”

VRAE:

1. God het aan Abraham ‘n belofte gemaak. Wat was

hierdie belofte? (Hy sal so ‘n groot nageslag hê, so baie

soos die sterre in die lug.) (PRENT: ABRAHAM WAT

STERRE KYK)

2. Wat het die Here vir Abraham gevra om te doen met sy

seun Isak? Dit het hulle laat wonder of die belofte dat hy

‘n groot nageslag gaan hê, ooit sal waar word. (Hy moes

sy seun offer) (PRENT: ABRAHAM OFFER ISAK)

3. Jakob en Esau was ‘n tweeling. Wat was Esau se talent en

wat was Jakob se talent? (Esau: In die veld, jag; Jakob:

Boer, pas skape en bokke op) (PRENT: JAKOB & ESAU)

4. Wat het Jakob vir Esau aangebied toe hy eenkeer van die

veld af teruggekom het? En wat het Esau vir Jakob gegee

omdat hy so honger was? (Jakob het vir Esau lensiesop

gegee en Esau het vir Jakob sy eersgeboortereg gegee)

(PRENT: LENSIESOP)

5. Jakob wou baie graag die seën van sy pa, Isak, wat eintlik

vir Esau bedoel was, hê. Hoe het Jakob sy pa en Esau be-

drieg om die seën te kon ontvang? (Hy het ‘n bokkie

geslag en sy velletjies op sy arms gesit om Isak te laat

dink dat hy Esau is) (PRENT: JAKOB BY ISAK MET

VELLETJIES OP ARMS)

6. Jakob moes vlug omdat Esau verskriklik kwaad was! Hy

het sommer met sy kop op ‘n klip geslaap en toe het daar

iets die nag gebeur. Wat was dit wat gebeur het? (Jakob

het gedroom van engele wat op en af by ‘n leer stap)

(PRENT: JAKOB DROOM)

7. Jakob het by sy oom Laban gaan werk en daar ‘n vreeslike

mooi meisie gesien, nl. Ragel. Hy en sy oom het ‘n “deal”

gehad oor Ragel. Wat was daardie “deal”? (Jakob moes 7

jaar vir die oom werk, dan kon hy met Ragel trou.) Onge-

lukkig het Laban vir Jakob bedrieg. Wat het Laban ge-

doen? (Na 7 jaar het Laban vir Lea gegee om met Jakob

te trou en gesê Jakob kan met Ragel ook trou, maar hy

moet daarna nog 7 jaar werk.) (PRENT: JAKOB SKRIK AS

HY VIR LEA SIEN IN PLAAS VAN RAGEL)

8. Later jare het Jakob met sy familie getrek. By ‘n rivier het

daar een aand iets vreemds met hom gebeur. Wat was

dit? (Jakob en ‘n engel het gestoei) (PRENT: JAKOB STOEI

MET ENGEL)

9. Jakob het besluit hy wil gaan regmaak met Esau, maar hy

het glad nie geweet wat om te verwag as hulle mekaar

weer sien nie. Wat het gebeur toe Esau vir Jakob sien?

(Hy het na hom toe gehardloop en hom omhels) (PRENT:

ESAU GEE VIR JAKOB ‘N DRUKKIE)

Page 2: LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR les 21.pdf · LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR SKRIFGEDEELTE: Die hele Jakob verhaal (Genesis 25 – 35); Genesis 35:3b – God is by my oral waar ek gaan

10. Watter deel van Jakob se storie laat ons besef dat God sy

belofte aan Abraham, Isak en Jakob nakom? (Die feit dat

Jakob 12 seuns gehad het en ons steeds deel is van Abra-

ham se nageslag) (PRENT: BABA)

AKTIWITEIT:

Kopieer vir elke kind ‘n tent bladsy en ‘n agterbladsy.

Knip die deure oop op die stippellyne, maar moenie dit

afknip nie. Op die agterbladsy, in die blok wat getrek is,

moet die kinders hulle gunsteling toneel van Jakob se

lewe teken. Plak die voorste bladsy op die buitlyne bo-

op die agterblad (onthou: moenie die tent so plak dat

die deure nie kan oop nie). Laat die kinders die deure

van die tent oopvou. Wanneer die tentdeure oopge-

maak word, kan hulle die prent van Jakob sien! Hulle kan

nou die lug rondom die tent versier met sterretjies om

hulle weer te herinner aan God se belofte aan Abraham.

1

2

5

3

4

Page 3: LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR les 21.pdf · LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR SKRIFGEDEELTE: Die hele Jakob verhaal (Genesis 25 – 35); Genesis 35:3b – God is by my oral waar ek gaan

6

8 9

7

10

Page 4: LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR les 21.pdf · LES 21 SCRAPBOOK VAN DIE JAAR SKRIFGEDEELTE: Die hele Jakob verhaal (Genesis 25 – 35); Genesis 35:3b – God is by my oral waar ek gaan

Teken jou gunsteling deel van Jakob se storie in

die blokkie.