9
Elvis Presley en Dean Elvis Presley en Dean Elvis Presley en Dean Elvis Presley en Dean Martin het ‘n liedjie Martin het ‘n liedjie Martin het ‘n liedjie Martin het ‘n liedjie gesing: “I’m so lone- gesing: “I’m so lone- gesing: “I’m so lone- gesing: “I’m so lone- some I could cry”. some I could cry”. some I could cry”. some I could cry”. Akon en die Akon en die Akon en die Akon en die Chipmunks sing: Chipmunks sing: Chipmunks sing: Chipmunks sing: “Lonely, I’m so lonely” “Lonely, I’m so lonely” “Lonely, I’m so lonely” “Lonely, I’m so lonely” Baie keer voel ons so een- saam dat ons sommer wil saam sing en dit terwyl daar mense om ons is. Voel jy eensaam? Voel jy verlate? Dit maak nie saak met wie ons is en waar ons onsself bevind nie; daar kom tye wanneer ons alleen en verlate voel. Dit is geensins abnormaal, geensins vreemd dat ons soms alleen voel nie, selfs in die geselskap van ‘n menigte, of in die teen- woordigheid van ‘n skare. Eensaamheid…….. Vanuit die Voorsitterswa Dagsê aan al die Mooistefonteiners Soos ek hier sit en skryf wonder ek oor alles wat gebeur het sedert ons laas gesels het, en alles wat nog vir hierdie jaar voorlê. Die eerste twee kampe van die jaar is al verby, en na ‘n verbete eindpoging is die Kopppisol reëlings nou ook in die bed. Vir die wat nie gelukkig is om saam te gaan nie, hou gerus die webblad en Facebook dop vir al die unieke brode wat ons hopelik daar gaan sien verskyn. Sterkte aan Hoepfner en sy span wat kampkommandante is vir die naweek. Ek was ongelukkig nie self by die Monateng kamp nie (ons het Mooifontein gaan verteenwoordig by die oop NUB vergadering), maar al die terugvoering was dat as jy nog nie Mariëtte en Wimpie se hamburgers geproe het nie, het jy nog nie hamburgers geëet nie. Dankie aan die Biermanne vir ‘n puik naweek. Februarie 2014 Die Mooifonteiner Hoogtepunte Oordtariewe skiet die hoogte in Sitrusfees— addisionele oord Brandstof pryse Oom Roelie word 65 Kerskamp 2013 2 Casa Caritas 3 Voetspore 5 Brandstofpryse 6 Eastco Parys 8 Kamp Wenke 8 Sitrusfees 2014 9 AJV 2014 9 IN HIERDIE UITGAWE: Vandag wil ek julle verseker dat ons nie alleen hoef te voel nie, want God is met ons. God het gesê: “Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie” (Heb 13:5 Blye Boodskap vertaling) God verseker ons in die Ampli- fied vertaling: “I will not in any way, fail you nor give you up nor leave you without support. [I will] not, [I will] not, [I will] not in any degree leave you helpless nor forsake nor let [you] down (relax My hold on you)!” (Heb 13:5 – Amplified translation) Soos gesien in die Amplified vertaling word die woorde “I will not” oor en oor herhaal. Net so kom die woorde nie minder as VYF keer in die oorspronklike teks voor nie. Die gebruik van herhaling plaas spesifieke klem daarop dat God ons nie sal verlaat nie, en daarom kan ons met sekerheid sê: “Selfs wanneer ons eensaam voel is ons nie alleen nie, want God is met ons” ……. en daarom moet ons eerder die liedjie sing wat sê : Never alone, no never alone He promised never to leave me never to leave me alone Wanneer ons eensaam is, is ons nie alleen nie, want God is met ons, elke dag, elke slag en elke tree wat ons gee. Mag jy in hierdie liefdes- maand die oorvloedige liefde en nabyheid van God in lewe ervaar. …...elke dag, …...elke slag ….. met elke tree wat jy gee Danie Dennis Danie Dennis Danie Dennis Danie Dennis

Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Elvis Presley en Dean Elvis Presley en Dean Elvis Presley en Dean Elvis Presley en Dean

Martin het ‘n liedjie Martin het ‘n liedjie Martin het ‘n liedjie Martin het ‘n liedjie

gesing: “I’m so lone-gesing: “I’m so lone-gesing: “I’m so lone-gesing: “I’m so lone-

some I could cry”.some I could cry”.some I could cry”.some I could cry”.

Akon en die Akon en die Akon en die Akon en die

Chipmunks sing: Chipmunks sing: Chipmunks sing: Chipmunks sing:

“Lonely, I’m so lonely”“Lonely, I’m so lonely”“Lonely, I’m so lonely”“Lonely, I’m so lonely” Baie keer voel ons so een-saam dat ons sommer wil saam sing en dit terwyl daar mense om ons is. Voel jy eensaam? Voel jy verlate? Dit maak nie saak met wie ons is en waar ons onsself bevind nie; daar kom tye wanneer ons alleen en verlate voel. Dit is geensins abnormaal, geensins vreemd dat ons soms alleen voel nie, selfs in die geselskap van ‘n menigte, of in die teen-woordigheid van ‘n skare.

Eensaamheid……..

Vanuit die Voorsitterswa

Dagsê aan al die Mooistefonteiners Soos ek hier sit en skryf wonder ek oor alles wat gebeur het sedert ons laas gesels het, en alles wat nog vir hierdie jaar voorlê. Die eerste twee kampe van die jaar is al verby, en na ‘n verbete eindpoging is die Kopppisol reëlings nou ook

in die bed. Vir die wat nie gelukkig is om saam te gaan nie, hou gerus die webblad en Facebook dop vir al die unieke brode wat ons hopelik daar gaan sien verskyn. Sterkte aan Hoepfner en sy span wat kampkommandante is vir die naweek. Ek was ongelukkig nie self by die Monateng kamp nie (ons het Mooifontein gaan

verteenwoordig by die oop NUB vergadering), maar al die terugvoering was dat as jy nog nie Mariëtte en Wimpie se hamburgers geproe het nie, het jy nog nie hamburgers geëet nie. Dankie aan die Biermanne vir ‘n puik naweek.

Februarie 2014

Die Mooifonteiner

Hoogtepunte

• Oordtariewe skiet

die hoogte in

• Sitrusfees—

addisionele oord

• Brandstof pryse

• Oom Roelie word 65

Kerskamp 2013 2

Casa Caritas 3

Voetspore 5

Brandstofpryse 6

Eastco Parys 8

Kamp Wenke 8

Sitrusfees 2014 9

AJV 2014 9

IN HIERDIE UITGAWE:

Vandag wil ek julle verseker dat ons nie alleen hoef te voel nie, want God is met ons. God het gesê: “Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie” (Heb 13:5 Blye Boodskap vertaling) God verseker ons in die Ampli-fied vertaling: “I will not in any way, fail you nor give you up nor leave you without support. [I will] not, [I will] not, [I will] not in any degree leave you helpless nor forsake nor let [you] down (relax My hold on you)!” (Heb 13:5 – Amplified translation) Soos gesien in die Amplified vertaling word die woorde “I will not” oor en oor herhaal. Net so kom die woorde nie minder as VYF keer in die oorspronklike teks voor nie. Die gebruik van herhaling plaas spesifieke klem daarop dat God ons nie sal verlaat nie, en daarom kan ons met sekerheid sê: “Selfs wanneer ons eensaam voel is ons nie alleen nie, want God is met ons” ……. en daarom moet ons eerder die liedjie sing wat sê :

Never alone, no never alone He promised never to leave me never to leave me alone Wanneer ons eensaam is, is ons nie alleen nie, want God is met ons, elke dag, elke slag en elke tree wat ons gee. Mag jy in hierdie liefdes-maand die oorvloedige liefde en nabyheid van God in lewe ervaar.

…...elke dag, …...elke slag

….. met elke tree wat jy gee

Danie DennisDanie DennisDanie DennisDanie Dennis

Page 2: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Ek weet rêrig nie waar jy nog daarvoor ook tyd kry nie, maar ons weet Mooifontein se mense kan mos. Helen is tans hard aan die werk om te help om die Junie-maand Gebiedskamp te reël by Warmbad, en daar is beson-der goeie pryse beding. Vra maar die ouens wat verlede jaar by die Nasionale saamtrek daar was (myself ingesluit) oor hoe aan-genaam die oord is, en be-plan solank jou naweek. Soos die klem maar die af-gelope paar jaar was, en eintlik ‘n standaard punt op enige bespreking behoort te wees, is ledewerwing, maar veral ledebehoud, van uiter-ste belang. Met die lekker kampe wat gereël word, en al die interessante dinge wat ons kampkommandante beplan behoort ledebehoud eintlik nie ‘n faktor te wees nie, maar tog het ons elke lid se hulp hier nodig. Weet jy dalk van ‘n nuwe kampterrein wat ons kan probeer? Laat weet ons asseblief! Met tolgeld, duurder brandstof, e-tol heffings en dan nog oorde

wat tot R500 per nag begin vra, raak dit al hoe moeiliker om bekostigbare kampe te hou. Kom met julle voor-stelle sommer nou al, want daar is al reeds ‘n paar kampe waarvoor ons alter-natiewe moet soek hierdie-jaar. Enige voorstelle vir ‘n alternatiewe oord in Sept? Die tariewe by Dube is baie hoog. Ons het ook julle voorstelle en kommentare nodig oor algemene sake van Mooifon-teinbelang. Of dit nou klagtes of pluimpies of voorstelle is, gee dit asseblief deur na bestuur sodat dit opgevolg kan word. Oorde raak ook al hoe taaier met hulle besprekings-voorwaardes, en ons kan hulle sekerlik ook nie ver-kwalik nie. Ons word nou baie hard gedruk om getalle vroegtydig vas te maak en te betaal, so julle hulp om sover moontlik by afsny en betaaldatums te hou maak die reëlings met die oord net soveel makliker. Onthou net dat as jy na die afsny datum agterkom jy kan dalk skielik die naweek gaan kamp, is dit

nie die einde van die wêreld nie. Skakel met Elize, want partykeer het ons dalk ‘n kansellasie, of kan daar nog iets met die oord beding word – geen waarborge na die afsny datum nie, maar hoekom nie probeer nie? Ons sien jou graag by die kamp. Met julle steun word daar nog ‘n klomp goed beplan, so hou jou posbus dop. Nuwe idees oor meer en meer informele kommuni-kasie, veral ook onder-mekaar, en sonder om jou baas kwaad te maak oor al die goed in jou posbus geniet aandag, en idees is hieroor ook welkom. Het jy al die Mamma Mia tafel besoek? Weet jy van Danie se houtskoolprojek? Hoe kan ons fondse insamel sonder om almal moeg te maak of ons eie beursies elke keer uit te put? Laat hoor! Nou ja, hiermee voort na die volgende kampe, en ons sien daarna uit om elkeen van ons lede (met jou gaste wat wil aansluit!) binnekort weer te sien. Groetnis van wa tot wa.

HennieHennieHennieHennie

NS. Weet julle hoe naby is die AJV alweer? Dink solank aan julle bestuursnominasies (Ja, jou eie een ook!), en praat met mekaar. Ons kort altyd hulp, en nuwe be-stuurslede en idees is nood-saaklik om ‘n streek vars te hou.

Bladsy 2

Kerskamp 2013

Klein Paradys

Ons 2013 Kersafsluiting was beslis een van die hoogtepunte van die jaar.

Daar is besluit op ‘n Bybelse Tema en ons het Bybelse kos voorgesit—lambredie, koring, gerooste kwartel vlerkies, romerige hoenderlewertjies, kraak vars slaai uit Abel se tuin……

Jonk & oud het saamgespeel en daar is aangetrek en getooi. Elke kind kon spog met ‘n By-belse gewaad wat ‘n feestelike atmosfeer geskep het.

Francois & Erika was soos gewoonlik verantwoordelik om die saal mooi te kry en die Kers-boom te reël. Erika het haarself oortref en die tafels kon kompeteer met enige spysenier se dekor! Kersmusiek het die prentjie afgerond.

Die Ross gesin het die hele dag gekook aan die heerlike lamsbredie, Elsa, Erna & Elize het ‘n berg vlerkies voorberei om te braai (200+), en Dawie & Hoepfner moes bontstaan om al die vlerkies betyds klaar te kry – en dit in bloedige Brits hitte!

Agter die skerms het Mariëtte & Wimpie gewerskaf om 10kg hoenderlewertjies gaar te kry en verskeie lede het vars brood gebak. Hulle het ook heelwat onthaal toerusting al die pad saamgery en beskikbaar gestel vir ons.

Dit was ‘n hengse spanpoging wat maar net weereens bewys het – ons Mooifonteiners weet hoe!

As jy nie daar was nie, maak sommer vroegtydig seker jy begin al spaar vir hierdie jaar se Kerskamp – daar is net 25 plekke beskikbaar. As die besprekings vol is, is dit vol, ons sal nie addisionele plek kan kry nie. Gryp jou selfoon en bespreek sommer nou by Elize.

Die Mooi fonteiner

Nou net voordat ons “agter-geblewenes” te depresief word oor wat ons misgeloop het, ‘n bietjie goeie nuus! Die Biermanne en die Britze is kampkommandante by Eastco Parys , en ek hoor allerhande stories van visse en braaie en goete wat dalk die naweek gaan gebeur, en dalk, net dalk, is daar ‘n kans om Mariëtte se fyn-proewersdisse te proe sodat ons ook darem kan saam-praat. Alhoewel Lea en Louis Lan-genhoven nog nie weer lede van Mooifontein was nie, was dit tog vir almal van ons ‘n groot hartseer en verlies, en natuurlik ‘n groot skok om te hoor van die afsterwe van Lea in Desember. Nadat sy vir baie jare nou betrokke was by Mooifontein en ook lank op bestuur ge-dien het, het sy gaan help met die stigting van Satelliet Bronberg. Ons gaan haar mis op soveel vlakke. Met Lea se afsterwe het ons dan ook ons Gebieds sekre-taresse verloor, maar soos ons vir Helen Dennis ken, het sy aangebied om in daardie pos oor te neem. Veels geluk Helen, en baie sterkte.

Page 3: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Die Mooi fonteiner B ladsy 3

Nuus van Casa Caritas…….

Page 4: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Anette Marais sit op ‘n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar is die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ‘n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasie kamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ‘n boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog…

Anette lees die woorde van Matt 10:29 – “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie?” Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ‘n vaal klein mossie op haar skouer. Die groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie kamp in Bethulie.

Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies op Bethulie ‘n baken van geloof en hoop word vir hier-die vrouens. Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ‘n vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het dit weer oorvertel en genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se klein-ste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ‘n park in London.

Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer bybeltjie oop en lees die “mossie” boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk.

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon ..... en dis die oproep waarvoor hy gewag het. Hy spring op die eerste trein en begin met ‘n lang dag se onderhoude. Moeg, maar gelukkig en met ‘n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.

Toe hy inklim sien hy ‘n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ‘n trein in London hou hy ‘n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ‘n mossie agter op.

Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stil staan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is, en dat gebed sy waarborg is in hier-die stukkende wêreld.

Vandag, ‘n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit ‘n 1c neer vir my vriendin met borskanker, nog ‘n 1c vir huwelike wat sukkel, ‘n 1c vir ie-mand na aan my hart se werks omstandigdhede, vir enkel ouers en wedu-wees, en ek besef die mossie boodskap is dalk net een versie in ‘n dik Bybel, maar ‘n Almagtige, liefdevolle Pappa staan agter dit!

Here, dankie, dat daar altyd hoop is.

Dankie vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees,

terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons om-standigdhede te verander.

Amen

Bladsy 4

2 Mossies vir ‘n Sent Geskryf deur Rosa Duvenhage

Die Mooi fonteiner

2013 is werklik ‘n jaar wat ek nie graag weer wil beleef nie…... Vier groot operasies later, ons kleindogter het ‘n groot operasie ondergaan vir ‘n gewas in haar lugpyp, my ma het Alzheimers gehad en ‘n onmenslike lyding deurgegaan totdat sy in Sept 13 oorlede is, my pa het Parkinsons & emfiseem, en moes ‘n groot operasie ondergaan, Danie het ‘n draai in die hospitaal gemaak en ons seun se besigheid het gevou agv die ekonomie. ‘n Afleweringsvoertuig het in my vasgery en ‘n vrou wat swaar onder die invloed van drank was, het van agter in ons vasgery. En dit met die gehuurde voer-tuig terwyl my eie voertuig by die paneelklopper was! Sjoe, wanneer ek die goed so lys, dan wonder ek hoe op aarde het ons daardeur gekom!! Soveel goed kan mos nie met een mens gebeur nie. Ten spyte van al hierdie dinge kon ons steeds 100% kampbywoning behaal, en onsself beskikbaar stel om op Mooifontein Bestuur te dien. Maar ek is ‘n ewige optimis—kyk net na al die goeie goed wat gebeur het: * Ons kleindogter het merkwaardig herstel en was nog nie weer in die hospitaal nie.

* Ons seun is byna onmiddelik ‘n baie goeie pos aangebied by ‘n skool naby sy huis, met ‘n uitstekende studie geleentheid.

* My pa het nooit nodig gehad om ICU toe te gaan nie, en ten spyte van sy ouderdom & enfiseem net een maal suurstof nodig gehad. Hy is binne 4 dae ontslaan en dit gaan baie goed met hom.

* Daar het uit die bloute ‘n begrafnispolis vir my ma opgeduik, en ons kon haar gratis van Bloemfontein af Jhb toe bring en begrawe.

* Ek het 30kg+ verloor (al het ek amper doodgegaan van honger in die proses)

* Ek moes my klerekas 3 x vervang gedurende 2013—min mense kan dit doen! Bietjie swaar op die beursie, maar nou ja….

* Ek kan nou elke week ‘n blik kondensmelk eet sonder om vet te word!!!

* Ek het uitgevind ‘n mens kan sonder ‘steak’ & braaivleis oorleef—moeilik, maar jy kan.

* As jy nou wil weet hoe om pampoen NIE gaar te maak nie—vra my!!! Party van my konkoksies sal selfs Hilda van 7e laan se hare laat rys…..

* Min mense weet hoe groot rol kos in jou lewe speel—jy vind eers uit as jy sekere goed nie meer kan eet nie.

* Ek spaar geweldig baie geld op vleis, want ek eet bykans net maalvleis…. En pampoen!! En so kan ek aangaan.

Op ‘n ernstiger noot—sonder al die gebede en hulp van kosbare vriende in Mooifontein sou dit baie moeilik gewees het om alleen hier-deur te kom. Ek moes werklik van voor af leer om die Here onvoorwaardelik te vertrou met my lewe. Partykeer verstaan ons nie die pad wat Hy ons laat loop nie, want daar’s so baie dorings, maar Hy weet waarom, en dis genoeg vir my.

Helen DennisHelen DennisHelen DennisHelen Dennis

Page 5: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Die Mooi fonteiner B ladsy 5

Page 6: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Bladsy 6

Jy weet die wêreld het verander…….

Brandstofpryse 2010—2014

(Loodvry, 93 & 95 Oktaan)

Die Mooi fonteiner

……...as jou motor se drankie meer kos as jou eie! Brandstof (93, loodvry) R13.75/liter Jou gunsteling drankie R12.99/liter

R7.00

R8.00

R9.00

R10.00

R11.00

R12.00

R13.00

R14.00

R15.00

Jan

-10

Ma

r-1

0

Ma

y-1

0

Jul-

10

Se

p-1

0

No

v-1

0

Jan

-11

Ma

r-1

1

Ma

y-1

1

Jul-

11

Se

p-1

1

No

v-1

1

Jan

-12

Ma

r-1

2

Ma

y-1

2

Jul-

12

Se

p-1

2

No

v-1

2

Jan

-13

Ma

r-1

3

Ma

y-1

3

Jul-

13

Se

p-1

3

No

v-1

3

Jan

-14

93

95

Dieselpryse 2010—2014 (groothandelprys)

6

7

8

9

10

11

12

13

14

Jan

-10

Ma

r-1

0

Ma

y-1

0

Jul-

10

Se

p-1

0

No

v-1

0

Jan

-11

Ma

r-1

1

Ma

y-1

1

Jul-

11

Se

p-1

1

No

v-1

1

Jan

-12

Ma

r-1

2

Ma

y-1

2

Jul-

12

Se

p-1

2

No

v-1

2

Jan

-13

Ma

r-1

3

Ma

y-1

3

Jul-

13

Se

p-1

3

No

v-1

3

Jan

-14

Page 7: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Die Mooi fonteiner B ladsy 7

Oom Roelie Cronje word 65

Die kleinkinders kon amper nie wag nie en almal het sommer gehelp kersies doodblaas.

Oom Roelie Cronje het sy 65e verjaarsdag saam met ons by Monateng gevier.

Saterdagaand is hy verras met ‘n lekker samekoms saam met sy vriende en daar is tot laataand ge-kuier.

Sondagoggend is ons al-mal genooi vir sjampanje & koek, en daar is heerlik gekuier om die tafel.

‘n Paar feite oor die jaar waarin oom Roelie gebore is: Daniel Francois Malan was die Eerste Minister in 1949 Harry Truman was die Amerikaanse President Een van SA se grootste treinrampe het plaasgevind toe ‘n trein by Waterval Boven in die Elandsrivier stort. 63 Mense is dood. In 1949 is Danie Craven as afrigter aangestel. Die Springbokke sou onder sy leiding 10 wedstryde na mekaar wen wat 'n 4-0 pak slae oor Nieu-Seeland op hulle 1949 toer na Suid-Afrika insluit. Ford was die topverkoper motor met 1,118,308 eenhede! Musiek—”Some Enchanged Evening” - Perry Como & “Ghost Riders in the Sky”—Vaughn Monroe was op die treffersparade Coca Cola was reeds ‘n gevestigde handelsmerk!

Aspoestertjie is ‘n bewys Aspoestertjie is ‘n bewys Aspoestertjie is ‘n bewys Aspoestertjie is ‘n bewys

dat ‘n paar skoene jou dat ‘n paar skoene jou dat ‘n paar skoene jou dat ‘n paar skoene jou

lewe vir ewig kan lewe vir ewig kan lewe vir ewig kan lewe vir ewig kan

verander!!verander!!verander!!verander!!

BORD VOOR KERK IN BESIGE STRAAT:

Page 8: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Mooifontein kamp by Eastco Parys tydens die langnaweek van 20-23 Maart 2014.

Tariewe is reeds uitgestuur in “Ons Geselsie”, en daar was nog net 5 plekke beskikbaar.

Die Britze & Biermans sal opgree as kampkommen-dante.

Dit is ‘n nuwe oord vir Mooifontein en daar word gekyk na ‘n visvangkom-petisie. Die oord is redelik klein (26 staanplekke) en ons gaan sommer lekker saamkuier.

Reëls ivm hoeveelheid persone per staanplek asook ouderdomme sal

baie streng toegepas word deur die oord. Maak dus baie seker jy gee vir Elize die aantal volw & kinders (met hul ouderdomme) wanneer jy bespreek.

Die sperdatum vir betaling is 28 Feb, en daarna ver-loor ons alle staanplekke wat nie betaal is nie.

Maak dus baie seker jou bespreking is betyds in!

Bladsy 8

‘n Paar wenke oor hoe om meer te kamp

Eastco Parys

dit as ‘n spaarvarkie, sodat jou kampgeld nie ‘n reuse hap uit jou begroting neem wanneer jy wil gaan kamp nie. Jou geld is veilig, en ‘n staat word elke maand gedruk om almal se balans na te gaan.

Jy kan bv nou al aan jou kerskamp begin afbetaal!

Beplan jou etes vooruit en kyk waarop kan jy bespaar. Hoender is bv baie goedko-

per om te braai as ‘n filet of lam vleis. ‘n Chinese braai is ook baie lekker en gesellig.

Kyk uit vir winskopies—blikkies/pakkies kos, vleis wat jy kan vries.

Oorde begin al meer ‘n tarief per persoon hef (bo en be-halwe die staanplek tarief).

Beperk die aantal persone wat saamgaan as die beur-sie knyp!

Met die aanhoudende sty-gens in brandstof, e-tol & oordtariewe raak dit al hoe moeiliker om te kamp. Hier is ‘n paar wenke om jou te help om beter te beplan.

Bekyk die program goed, en besluit watter kampe julle as gesin graag sal wil bywoon.

Begin om elke maand ‘n sekere bedrag oor te betaal aan Mooifontein—gebruik

Die Mooi fonteiner

Getroude kinders moet aansluit en self betaal.

Daar is dikwels ‘n glyskaal vir die tarief—hoe meer waens, hoe goedkoper word dit. Nooi gaste saam, en bel jou pel wat lanklaas gekamp het.

Sodra jy sekere kampe ‘vasgemaak’ het vir die jaar is jy meer gemotiveerd om te spaar en saam te gaan.

Komaan, gaan doen jou beplanning!

Onthou van die gebiedsaamtrek

13-16 Junie te Bela Bela

Die van julle wat in 2013 saam was, sal weet dat dit ‘n buitengewoon aangename naweek was, ten spyte van wat al die doemprofete voorspel het. SAWA & KASA deel die oord, dus is daar nie juis privaat besprekings nie. Aangesien dit in die middel van die winter is, is dagbesoekers nie juis ‘n probleem gewees nie, en almal kon heerlik in die warm bron ‘ontdooi’. Die geriewe is werklik 5*, die oord baie netjies en goed versorg. Alle fasiliteite is by die prys ingesluit, en die kinders kan heeldag, elke dag op die waterglybane speel sonder enige ekstra onkostes!

Daar is 100 staanplekke bespreek vir SAWA, en besprekings vir ten minste 45 staanplekke is reeds ontvang. Praat gerus met Hennie of Johan la Grange, Trevor Ross & Danie Dennis as jy meer wil hoor—hulle was almal daar met die vorige saamtrek.

Tarief is R900 vir die langnaweek—jy sal nie sommer ‘n beter oord teen dieselfde prys kan kry nie!

Gesprek tussen man & vrou: Vrou: Drink jy bier? Man: Jaaa…. Vrou: hoeveel ‘n dag? Man: Seker so 3….. Vrou: En hoeveel betaal jy per bier? Man: Seker so R9.00 (Teen hierdie tyd begin Man paniekbevange raak…) Vrou: En hoe lank drink jy al so? Man: Ek reken so 20 jaar Vrou: So, ’n bier kos R9, en jy drink 3/dag. Jy weet dit is R810/maand. In ’n jaar span-deer jy +- R9 855 op bier? Man: Korrek (te bang om meer te sê!) Vrou: So, sonder inflasie, het jy in die laaste 20 jaar R197 100 op bier spaneer? Man: Korrek Vrou: Weet jy dat as jy nie so baie BIER gedrink het nie, jy al ‘n Ferrari kon koop as jy rente en inflasie in ag neem! Man: Drink jy bier? Vrou: Nee Man: NOU WAAR’S JOU FERRARI??? Gee daai man ‘n Bells!!!

Page 9: Die Mooifonteiner - SAWADie groepie vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie

Die Mooi fonteiner

As gevolg van die hoë tarief by ATKV Buffelspoort is nog ‘n oord geidentifiseer as ‘n alternatief vir die wat dalk nie so duur wil betaal nie.

ATKV se tarief vir die naweek is R810, en be-sprekings sal gemaak word vir lede wat graag daar wil staan.

Die alternatiewe oord is Buffelspoortdam (regoor Omaramba).

Die tariewe is baie redelik, en die Buffelspoort Vallei Toerisme Vereeniging het ons verseker geen insi-

dente is gedurende die afgelope 6 jaar aangemeld nie.

Die geriewe is wel oud, maar goed versorg, skoon en netjies.

Daar kan ook visgevang word.

Tarief by die water R160/nag. Weg van water R130/nag. Addisioneel R25/p/nag

Doen jou bespreking so gou as moontlik, jy sal jou plaatjie ontvang ongeag watter een van die twee oorde jy verkies.

Nou kyk, as hierdie name en liedjies nie jou voete laat jeuk nie is dit tyd om jou dokter te gaan sien.

Dis moeilik om te glo, maar die volgende AJV is voor die deur.

En hierdie jaar gaan ons ‘n sestigs-tema hê– musiek, klere, kos, hare en bellbot-toms!!!

Maak nou al seker jy hou die naweek 29/30 Sept oop. Spaar al jou R5e in

Onthou jy nog:

Shoop Shoop Song…..

Silence is Golden…..

Good Vibrations…..

When a Man loves a Woman…..

House of the Rising Sun..

Die Beatles, CCR, Rolling Stones, Beach Boys…..

jou spaarvarkie, betaal elke maand ietsie by Hendrik in, want hierdie een mag jy nie mis nie! Stof jou bellbottoms af, soek daai fotos van pa met lang hare en ma met ‘n mini-rompie op rolskaatse, of waar ma op ‘n motorfiets sit met ‘n sjoebroekie aan, want ons gaan partytjie hou! Stuur nou al vir ons jou gun-stelingliedjies van die ses-tigs-era, stuur vir ons fotos, scan jou ou LP’s se om-slae in en stuur aan!

Bladsy 9

Oupa & Ouma se Antwoordmasjien:

Sitrusfees 2014

AJV 2014

5. As julle wil hê dat ons die kleinkinders by die skool moet gaan haal, druk 6. 6. As julle ‘n voorbereide maaltyd wil hê, of dit by julle huis aflewer wil hê, druk 7. 7. As julle hier wil kom eet, druk 8. 8. As julle geld nodig het, druk 9. 9. As julle ons vir ete wil nooi, of ons teater toe wil vat, begin praat, ons luister!

Goeie môre..... Ons is tans nie tuis nie, maar laat asseblief ‘n boodskap na die toon. As jy een van ons kinders is, druk die nommer kind wat jy is en druk dan een van die volgende nege opsies, sodat ons by ons tuiskoms kan weet wat ons moet doen. 1. As ons die kleinkinders moet kom oppas, druk 2. 2. As julle ons kar wil leen, druk 3. 3. As julle wil hê ons moet julle klere was en stryk, druk 4. 4. As jullle wil hê dat die kleinkinders by ons moet kom slaap, druk 5.

PRESIDENTE 2014 Ons Presidente kamp vir 2014 is weereens by Klipdraai (18-1 April) teen ‘n baie bekostigbare R620/langnaweek. Die besprekingsvorm is reeds uitgestuur en jy moet wikkel om jou bespreking te maak. Stuur jou vorm direk aan Hoofkantoor.