32

Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

  • Upload
    dokhanh

  • View
    242

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),
Page 2: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

2 slingervel november/desember 2012

Die redakteur skryf

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...3 Oom Nico se Possak4 Verjaardaghoekie8 Oordenkings vir

laerskoolkinders12 Kasteelmeisie (3)14 God werk die

onmoontlike - Hy wek lewe uit die dood

15 Oordenkings vir tieners19 Blokkiesraaisel 44220 Bybelleesrooster vir

Desember22 Bybelleesrooster vir

Januarie23 Ken God se Woord ... 'n

Bybelverhaal24 Kersfees vir 'n sneeuman25 Teken 'n lammetjie26 'n Verklaring vir alles27 Inkleurprent28 Die mense rondom die

krip29 Boekeblad32 Ons Pretblad

Slingervel, Jaargang 54 Nommer 939, Nov/Des 2012

Die Die betekenis van Christus

se geboorteplekse geboorteplekDaar word in die “Book of World Records” gekyk na die snaakse plek ke

waar mense gebore is. Groot staatsmanne, helde in oorloë, sport-helde, mense van aansien en status heg soms groot waarde aan hulle geboorteplek, veral as hulle geboorte op ’n baie nederige plek was en hulle in die lewe uitgestyg het vanweë hulle prestasies. Vir elke mens is sy geboorteplek egter baie belangrik. Dit is die kolletjie op die aarde waar jou lewe begin het. In die lig hiervan is dit nie vreemd dat die Bybel ’n belangrike saak maak van die plek waar Jesus Christus gebore is nie. Met Kersfees word deur die Christene teruggedink aan die koms van Jesus na die aarde toe. Hy het na die aarde toe gekom soos ’n mens, deur geboorte, uit die maagd Maria. En dit het in Betlehem gebeur.

Omdat Christus die middelpunt van Kersfees is en nie die mens nie, gaan dit in hierdie tyd om Hom alleen. Alles wat met Jesus gebeur en alles wat oor Hom kom, is van die allergrootste betekenis – ook in die plek waar Jesus gebore is, sit daar ’n boodskap vir die gelowige.

Jesus is nie in een van die groot stede van daardie tyd – Rome, Jeru- salem, Aleksandrië, Atene, Damaskus, Nineve of enige van die ander wêreldstede – gebore nie.Jesus is gebore in die herdersdorpie, Betlehem, wat eintlik deur die men se verag is.Dalk is Betlehem die dorpie van die arm mense genoem omdat alles so eenvoudig is.Waarom sou God Betlehem vir Jesus se geboorte uitkies? Dit sit in

die dorpie se naam. Die naam Betlehem het ’n besondere betekenis. Die naam is saamgestel uit twee Hebreeuse woorde: bet en lehem. Die woord bet beteken in Hebreeus huis en lehem beteken brood. Die naam Bet-lehem beteken letterlik huis van brood of kort gesê: broodhuis. ’n Mens wil amper sê dat Christus op geen ander plek in die wêreld gebore kon word nie as net in Betlehem – broodhuis. Jesus sê van Homself dat Hy die Brood van die lewe is. Christus sê dat die gelowiges daaraan moet dink dat God, toe Israel deur die woestyn getrek het, van Egipte na Kanaän, vir hulle brood (“manna”) uit die hemel gegee. Vandag gee God nie meer “manna” uit die hemel nie, maar Hy gee sy Seun, Jesus Christus, wat die ware Brood van die lewe is (Joh. 10:32-36). Deur die geloof “eet” ons van die Brood uit die hemel.

Dit gee betekenis aan Kersfees. Kersfees kan nie oppervlakkig, aards, gewoon gevier word nie. Kersfees is Christusfees. Tydens Kersfees dink die gelowiges terug aan die Brood uit die hemel wat in Broodhuis gebore is, en deur wie hulle die ewige lewe het. Dit is die gees en trant van Kersfees en elke Christentiener moet daarop ingestel wees, want dan eers het Kersfees vir jou die regte betekenis! SV

Page 3: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2011 3

Oom Oom Nico se PossakNico se Possak

Dagsê Slingervelmaats,

November en Desember 2012 se Slingervel is weer ’n gesamentlike uitgawe wat

propvol Kersfeesstof is en iets om tydens die vakansie te doen. Die redaksie vertrou dat julle die dubbele Slingervel baie sal geniet.

Die redaksie hoop verder dat die inhoud van die Slingervel julle die regte perspektief op die betekenis van Kersfees vir die gelowiges sal gee. Dit betaam gelo-wiges om Kersfees te vier met die oop Bybel voor ons, sodat ons nie in al die feestelikhede net met onsself of die wêreld besig is en die Here Jesus Christus uit die oog verloor nie. Kersfees onderstreep vir ons die groot waarheid van God se liefde wat Hy in Jesus Christus aan ons gee. Die

Slingervel se adresse

[email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572Tel/faks 018 468 1782

redaksie wil aan elke Slingervelmaat ’n gelukkige en aangename Kersfees toe wens en ’n vakansie wat die nodige rus en ont-spanning gee na die jaar se harde werk. Dra asseblief ons Kersfeeswense ook aan julle ouers en julle gesinne oor. Dit is tog wonderlik om in die eenheid van die gesin hierdie fees te kan vier.

Ons vertrou dat elkeen van julle in hier-die Kersfeesmaand die geleentheid sal hê om iemand gelukkig te maak wat nie so geseënd is soos julle nie. Daar is baie arm kin ders, weeskinders, eensame kinders, hon ger kinders vir wie jy in hierdie tyd baie kan beteken.

Die Slingervelmaats wat iewers anders gaan vakansie hou, geniet dit en mag die Here julle reispad voorspoedig en ongeluk-vry maak. Mag dié wat met Jan Tuisbly se karretjie ry, dit ook geniet en lekker uitrus.

- Oom Nico

Page 4: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

4 slingervel november/desember 2012

verjaardagverjaardaghoekiehoekieDie volgende Vellies verjaar gedurende NOVEMBER 2012NOVEMBER 2012 . Baie geluk aan elkeen van julle. Geniet die dag

saam met julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryfi s as Velliemaat nie, skryf aan my, my adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal 1752; of e-pos [email protected]. Groete, Tannie Riana

11 Alti n du Plessis (Magol), Anke Minnaar (Laeveld), Antonios Stavrou (Wolmaransstad), Arendt Eloff (Ma-

gol), Chanelle Lourens (Vanderbijlpark-Trinitas), Conrad Badenhorst (Middelburg Mpumalanga), Mar leen Seidel (Middelburg Mpumalanga), Pieter Louw (Vanderbijlpark-Trinitas), Veruschka Lonergan (Wel kom-Noord), Wickus Booysen (Gobabis), Wiekie Fer reira (Bellville-Oos).

22 André van Zyl (Secunda), Bohlokwa Mlotshwa (Rand-burg),Jordan Buys (Randburg), Kagiso More (Rand-

burg), MJ Pieters (Vanderbijlpark-Trini tas), Pieter Roets (Buff eldoorns), Tommie Viljoen (Zee rust).

33 Albert du Preez (Potchefstroom-Oos), Arendse Mano (Randburg), Arendse Siziba (Randburg), Imke de

Kock (Potch-Die Bult), Ulrich Heydenrych (Brackenhof).

44 Bernus Pienaar (Vereeniging-Oos), Cheyney Bu-cha nan (Alberton-Wes), Divan Diedericks (Bloem-

fontein-Suid), Henrie Coetzee (Randburg), Ineke Josling (Wa terkloofrand), Nathan Erasmus (Se cunda), Ruan van der Westhuizen (Suidkus).

55 Danica du Toit (Bergbron), Heino Braun (Secun da), Jessica Erasmus (Laeveld), Pieter Minnaar (Potchef-

stroom-Oos).

66 Zak van der Walt (Bloemfontein-Suid).

77 Armand Grobler (Randburg), Christi aan Bur ger (Pot chefstroom-Oos), Henco le Roux (Nyl stroom),

Kira Hiestermann (Randburg), Layla de Bruyn (Laeveld), Nadine Trichardt (Secunda), Nika Hoo gendyk (Welkom-Noord), Ricki van Wyk (Be noni), Ruben Marais (Randburg).

88 Carla Pieters (Potchefstroom-Oos), Catherine le Grange (Paarl), Christi aan Labuschagne (Go babis),

Enzo Pelser (Montanapoort), Jan Papa chris toforou (Ku-ru man), Kyla Horn (Kuruman), Marcel Ac kerman (Berg-bron).

99 Chane Kruger (Lytt elton), Lara van Tonder (Be no-ni), Leon Haasbroek (Magol), Morné Schoe man

(Ver eeniging-Oos), MW Bernhardt (Gobabis), Rein hard Malherbe (Randburg).

1010 Jaden Theunissen (Messina), Zander Nie na ber (Be noni).

1111 Geena Wegner (Kaapstad), Gerhard Smit (Al-ber ton-Wes), Hannes van der Merwe (Lae veld),

Johan (jr) Aucamp (Brackenhof), Liam Prin gle (Rand-burg), Lillia Versveld (Brackenhof), Re nier van der Walt (Bloemfontein-Suid), Rochell Abbink (Randburg), Simoné Bos (Randburg).

1212 André van der Walt (Welkom-Noord), Charl de Klerk (Bethal), Eras Labuschagne (Vaal park), Ger-

di Steenekamp (Oudtshoorn), Karli se Scheepers (Water-kloofrand), Liam Pieterse (Boks burg), Marisha du Plessis (Lydenburg), Nicole Smits (Potchefstroom-Oos), Ralda Venter (Secunda), Ro byn Koen (Randburg), Ross Gloy (Vaalpark).

1313 Carien Bisschoff (Vereeniging-Oos), Ger hard Steyn (Lytt elton), Jason Greeff (Van der bijlpark-

Trinitas), Loutjie Kruger (Potch-Die Bult), Pieter Marais (Randburg), Ruan Erasmus (Kru gersdorp), Ruan van der Spoel (Randburg).

Page 5: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 5

1414 Chanté Smit (Secunda), Christal Venter (Se-cun da), Gabriella le Roux (Benoni), Imke

Rhee der (Potchefstroom-Oos), Kayla du Plessis (Ma-gol), Kian Moolman (Vanderbijlpark-Trinitas), Nisa van der Walt (Magol), Zeldené Kropff (Vereeniging-Oos).

1515 Anton Singleton (Welkom-Noord), Chané van der Zee (Bulawayo), Cheri-Lynne Henning (Buff el-

doorns), Lise van Vuuren (Heilbron), Michal van Rens burg (Chinhoyi).

1616 Andri Labuschagne (Gobabis), Dalize du Plessis (Magol), Deacon la Grange (Boks burg-Suid), Elri

van Vuuren (Kathu), Human Buys (Reitz), Johan Rei necke (Bloemfontein-Suid), Louis van der Merwe (Boks burg-Suid), Mathys Coetzee (Rand burg).

1717 Adriaan van der Walt (Kuruman), Carli Booysen (Boksburg), FC Venter (Potch-Die Bult), Juan Janse

van Vuuren (Randburg), Leila Steyn (Buff eldoorns), Marli Erwee (Messina), Petro Kriel (Middelburg Mpumalanga).

1818 Alida Collen (Kathu), Alta du Plessis (Magol), Ber-tus du Plessis (Nylstroom), Miclani Barkhuizen

(Bos hof), Renier Müller (Heilbron), Suré Franck (Magol), Talia Mushayabasa (Potch-Die Bult).

1919 Adolphina Rauwane (Randburg), Erik Lessing (Mid delburg Kaap), Henco du Plessis (Magol), Jus-

ti n Snyman (Brackenhof), Kaylie Bezuidenhout (Boksburg-Suid), Roelof van Wyk (Bethal), Theo van der Merwe (Lae-veld).

2020 Amogelang Molefe Ogd (Randburg), Beulah Gro bler (Krugersdorp), Brad Moolman (Vander-

bijlpark-Trinitas), Dieter Reinecke (Kuruman), Sumaré Prins loo (Kleinmond), Welné Smit (Secunda).

2121 Adam Nel (Secunda), Alida Singleton (Welkom-Noord), Christoff Erasmus (Magol), Marnelle Op-

perman (Middelburg Mpumalanga).

2222 Alida-Mari Breet (Middelburg Mpumalanga), Alsu-nett e Breet (Middelburg Mpumalanga), Andrea

Buys (Potch-Die Bult), Lisa-Liné Rheeder (Heilbron), Maar ten van Helden (Vanderbijlpark-Trinitas), Nica Roos (Wolmaransstad), Tiaan Jacobsz (Gobabis), Wian Collins (Alberton-Wes), Zinnia du Plessis (Laeveld).

2323 Benrico van den Berg (Bloemfontein-Suid), Christi an Wheeler (Oudtshoorn), Uli Gutt ner

(Vanderbijlpark-Trinitas), Xavier Weideman (Vanderbijl-park-Trinitas).

2424 Dylan du Plooy (Laeveld), Günther Wisser (Be-noni), Kanya Lourens (Vanderbijlpark-Trinitas),

Kyra Nell (Barberton).

2525 Amie Marx (Lytt elton), Amineh du Toit (Lytt elton), Ané Havenga (Potchefstroom-Oos), Gerhard

Bühr mann (Randburg), Janice du Plessis (Magol), Jay-Jay van der Westhuizen (Vanderbijlpark-Trinitas), Lee-Ann Mitchell (Vereeniging-Oos), Naisha Hatti ngh (Van der-bijlpark-Trinitas), Shanya Buys (Potch-Die Bult), Stefaans van Jaarsveld (Laeveld), Thomas Wiesner (Vanderbijlpark-Trinitas).

2626 Alicia Claasen (Magol), Du Toit Hartzenberg (Lae-veld), Joshua Forsyth (Randburg), Marais Botha

(Laeveld), Rayner van der Walt (Potch-Die Bult), Tanje Schoe rie (Vereeniging-Oos), Zanté du Toit (Boksburg-Suid).

2727 André Venter (Krugersdorp), Aneska van Zyl (Ver-eeniging-Oos), Duan Grobler (Randburg), Erhard

Tromp (Alberton-Wes), Gerhard Venter (Krugersdorp), Julius du Preez (Waterkloofrand), Liné Aucamp (Magol), Marna Potgieter (Vereeniging-Oos), Rinus Fleischmann (Kaap stad), Ruvan Pieters (Potchefstroom-Oos), Samantha Baardman (Heilbron), Stefan du Plooy (Randburg).

2828 Amélie Grobler (Randburg), Kristi e Marais (Buff el-doorns), Lianell Olivier (Vaalpark), Simoné Horn

(Randburg), Tarbi Smith (Vereeniging-Oos).

2929 Chrisli Verhoef (Krugersdorp), Genevieve van der Merwe (Laeveld), Jané van Niekerk (Boksburg-

Suid), Karst Smits (Duineveld), Kevin Supra (Boksburg), Omphile Mokodutlo (Randburg), Shania Krause (Bula-wayo), Wikus Kriel (Middelburg Mpumalanga).

3030 Dean Venter (Secunda), Isabella du Plessis (Wa-ter kloofrand), Kevin Koekemoer (Boksburg-Suid),

MC van Heerden (Bergbron), Michael Pretorius (Heilbron), Mieke van Wyk (Vanderbijlpark-Trinitas).

Page 6: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

6 slingervel november/desember 2012

verjaardaghoekieverjaardaghoekieDie volgende Vellies verjaar gedurende DESEMBER 2012DESEMBER 2012 . Baie geluk aan elkeen van julle. Geniet die dag

saam met julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryfi s as Velliemaat nie, skryf aan my, my adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal 1752; of e-pos [email protected]. Groete, Tannie Riana

11 Carma Loots (Laeveld), Daan Loock (Secunda), Dean Ca litz (Bergbron), Heleen Pretorius (Heilbron), Jay-Jay

van Tonder (Middelburg Mpumalanga), Jesica Yssel (Van-derbijlpark-Trinitas), Levi (jr) Kruger (Randburg), Ruanco Viljoen (Krugersdorp), Zander Neser (Bloemfontein-Suid).

22 Carel van der Merwe (Nylstroom), Cody Clements (Potchefstroom-Oos), Conner Dalton (Randburg),

Danie Meiring (Randburg), Juan-Michael Roux (Benoni), Shané Moss (Vanderbijlpark-Trinitas), Zarita Roux (Be-noni).

33 Chanelle Coetsee (Vereeniging-Oos), Duncan Ritchie (Be noni), Janku Luies (Middelburg Mpumalanga), Ni-

co laas Spangenberg (Kathu).

44 Aliya Wepener (Waterkloofrand), Arrie Putt er (Brac-ken hof), Charoné Moss (Krugersdorp), Eben Kruger

(Laeveld), Marcus Allers (Tshikondeni), Pieter Oelofse (Kaap stad), Sheré Janse van Rensburg (Vanderbijlpark-Tri-ni tas).

55 Carmen Neethling (Secunda), Marelize Erasmus (Van derbijlpark-Trinitas), Riekelt de Vries (Randburg),

Wie han Cook (Wolmaransstad).

66 Alise Schutt e (Zeerust), Armand Botha (Vanderbijlpark-Trinitas), Bianka Diedericks (Bloemfontein-Suid),

Elsje Schoeman (Kathu), Johan Strydom (Laeveld), Luke Ackroyd (Randburg), Nicolene Kruger (Kuruman), Simon du Toit (Kaap stad), Simone Breedt (Vaalpark), Sumehra de Bruyn (Lae veld), Wilmien Kruger (Kuruman).

77 AJ van der Walt (Middelburg Kaap), Andrée van Zyl (Kaap stad), Deniell de Vries (Potchefstroom-Oos),

Fran cois Erasmus (Duineveld), Nathan van den Berg (Rand burg), Sonja-May Erasmus (Bethal).

88 Alfred Nel (Laeveld), Dikeledi Rambau (Randburg), Gift Phaduli (Randburg), Inneke Mulder (Lydenburg),

Lizca Heystek (Middelburg Mpumalanga), Nita Butler (Ly-den burg), Sabasti aan Marx (Randburg).

99 Christi ne Krause (Bulawayo), Elshe Steyn (Boksburg), Esté van der Westhuizen (Alberton-Wes), Gerhard

Schutt e (Boksburg), Henk van der Wath (Middelburg Mpu malanga), Imone van Zyl (Kuruman), Jacques Cronjé (Rand burg), Luane Meredith (Bethal), Mia-Chanay Hat-ti ngh (Krokodilrivier), Nelmari Bonthuys (Reitz), Ruchè Min nie (Boksburg-Suid), Talia ten Haaf (Randburg).

1010 Hesti e Smit (Potch-Die Bult), Jaco van Zyl (Secunda), Justi n du Plessis (Randburg), Karabo

Motlhaolwa (Randburg), Leana Meyer (Randburg), Michaele Mashanda (Randburg).

1111 Chris Seegers (George), Christi van Zyl (Benoni), Da niël Basson (Potchefstroom-Oos), Pieter-Louis

Fouché (Potch-Die Bult), Ruben Smit (Lydenburg), Ryno Rud man (Kathu).

1212 Charly de Villiers (Vereeniging-Oos), Christi aan The ron (Randburg), Daniël Scheepers (Waterkloof-

rand), Jonathan Combrinck (Boksburg-Suid), Kari Goede (Vereeniging-Oos), Meandri Mitchell (Vereeniging-Oos), Ruhan Friedrichs (Alberton-Wes), Wynand Ober holzer (Mid delburg Mpumalanga), Zuané van Staden (Van der-bijlpark-Trinitas).

1313 Deseré van der Merwe (Reitz), Jean-Marie Pot-gieter (Boksburg), Lian Kruger (Boksburg-Suid),

Ma ru zaan Roets (Bloemfontein-Suid), Thato Semenya (Rand burg), Tokelo Mokoatsi (Benoni), Xavier Smit (Wol-ma ransstad).

Page 7: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 7

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskool-kinders

Marina KotzeJunior Rubrieke en Penmaats

Riana JonkerVerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en KopkrappersAttie Venter

Wetenskap-ArtikelsRika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Oom CarelTellie Skoop

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54 Nommer 941, November/Desember 2012

ISSN 0037 685 X

1414 Alexander Redgard (De Aar), An-ne marie Erasmus (Secunda),

Cass Hatti ngh (Randburg), Chris Grobler (Van der bijlpark-Trinitas), Christi aan Re-ti ef (Kru gersdorp), Karla de Beer (Water-kloof rand), Lara van Rooyen (Randburg), Shaun Muller (Vanderbijlpark-Trinitas).

1515 Alicia Blom (Welkom-Noord), Clau de (jr) Barnes (Alber ton-

Wes), Luan Kotze (Randburg), Mi chael Buys (Rand burg).

1616 Nicole Erasmus (Brackenhof).

1717 Annalia Smit (Potch-Die Bult), George Hamman (Nylstroom), Ja-

dene Gericke (Vanderbijlpark-Trinitas), Ja-nay Sander (Boksburg), Jandré Com brinck (Secunda), JG van der Schyff (Van der bijl-park-Trinitas), Larissa Coetzee (Vander-bijl park-Trinitas).

1818 Christa du Plooy (Vanderbijlpark-Trinitas), Elshadai Leach (Bloem-

fon tein-Suid), FC Momberg (Krugersdorp), Gabby Leigh Tapson (Randburg), Gherrit Doinet (Potchefstroom-Oos), Hayley Cam pher (Vanderbijlpark-Trinitas), Ian Johnsen (Vereeniging-Oos), Rian le Roux (Bethal), Richelle Yssel (Vanderbijlpark-Trinitas), Wian Myburg (Bloemfontein-Suid).

1919 Altus Nieman (Secunda), Anika Hen ning (Bergbron), Elani van

Rooyen (Randburg), Jaendre Naude (Secunda), MJ Roets (Vanderbijlpark-Tri-nitas), Rohan van Schalkwyk (Boks burg), Steve Dickinson (Mid delburg Mpu-malanga), Terry-Leigh Hatti ngh (Kro ko-dilrivier).

2020 Emile Venter (Randburg), Tharina van Niekerk (Wolmaransstad),

Van Sta den Roos (Boksburg).

2121 Dewald Erasmus (Krugersdorp), Gus tav Roux (Randburg), Hendrik

van den Heever (Buff eldoorns), Louwrens Jansen van Vuuren (Secunda), Marike Faught (Potchefstroom-Oos), Marti ne Steen kamp (Kaapstad), Megan Kruger (Van derbijlpark-Trinitas), Simónn Venter (Se cunda).

2222 Anigan Els (Brackenhof), Carina Nau de (Krugersdorp), Chan-Marie

Page (Vereeniging-Oos), Drian Venter (Van der bijlpark-Trinitas), Henre Nel (Wol-ma rans stad), Janu Visser (Barberton), Wil lem van der Sandt (Kathu).

2323 Abri Pretorius (Heilbron), Annie Booy sen (Gobabis), Ansua Bonne-

ma (Waterkloofrand), Lianel Jansen van Vuuren (Toti usdal), Roedolf Khosa (Bar-ber ton).

2424 Anje Schlebusch (Brackenhof), Ar mand Steyn (Brackenhof), Bo-

ni ta Calitz (Upington), Carmen Lubbe (Pot chefstroom-Oos), Isabella Vorster (Bot swana), Jaco Louw (Alberton-Wes), Ruben Cloete (Bloemfontein-Suid).

2525 Ian Roesch (Randburg).

2626 Allen Schmidt (Randburg), Lizzie Com brinck (Secunda).

2727 David Bateman (Bloemfontein-Suid), Izelle Naude (Potchef-

stroom-Oos).

2828 Francois Viljoen (Middelburg Mpu malanga), Handru Pelzer

(Zeerust), Pieter van der Walt (Potch-Die Bult), Tha rina Basson (Potchefstroom-Oos).

2929 Chané Homan (Messina), Esti an Nortje (Bloemfontein-Suid), Hen-

kie Becker (Reitz), Hugo Götze (Potch-Die Bult), Petr Havenga (Reitz), Xander Gro-bler (Vanderbijlpark-Trinitas).

3030 Chanellé Wardeck (Secunda), Di-han Roos (Boksburg), Ingrid Harm-

se (Potch-Die Bult), Marco Bezui den hout (Lydenburg), Megan Wentzel (Buff el-doorns), Nanett a Smit (Nylstroom).

3131 Brandon Beukes (Buff eldoorns), John Kruger (Potchefstroom-

Oos), Ko bus van Eeden (Lindley), Ma rise Havenga (Reitz), Quinn Sander (Boks-burg).

Page 8: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

8 slingervel november/desember 2012

dr. nico van der merwe

133. Die groet van die Verlosser Lees in jou Bybel Lukas 1:26-38 (vs 28)

Ave Maria is die Latyn vir “Gegroet Maria”. Dit is hoe die engel Gabriël vir Maria groet as hy aan haar vertel dat

Jesus uit haar gebore sou word. Vir eeue lank in die Ou Testament het God beloof dat sy Seun sal kom om die son-des weg te neem. Nóú gaan God se belofte waar word. Ma ria word begroet as “begenadigde”. “Ave Maria”. Maria is nie in haarself beter as ander vroue nie. Sy kry God se genade op ’n besondere manier. Dat sy begenadigde is, is God se werk en nie Maria s’n nie.

In die Seun van God, wat uit Maria gebore is, kan gelo-wiges vir mekaar sê: “Dagsê, begenadigde!” In die Seun van God wat uit Maria gebore is, kry gelowiges, ook jy as God se kind, God se genade. Só kan ons mekaar omhels en groet as begenadigdes van die Here! wat die ewige lewe besit.

134. Immanuel beteken God met ons Lees in jou Bybel Lukas 1:26-38 (vs 28)

Die engel Gabriël het ná Sagaria by ’n tweede adres aan-geklop … by Maria van Nasaret. Nadat sy gegroet is

met AVE MARIA (gegroet begenadigde) verseker die engel vir Maria: “Die Here is by jou.”

Dit is die werklike betekenis van die naam Immanuel. Im manuel beteken letterlik “God by ons” (Matt. 1:23). Dit is wat gebeur het toe Christus uit Maria gebore is (Jes. 7:14). GOD IS BY ONS! In Jesus Christus het God weer digby die mens gekom. Dit is die verlossing en die redding van die mense wat in sonde lewe.

Kersfees gaan nie om menslike sake nie. Die boodskap van Kersfees gaan nie om menslike plesier, vrolikheid en vreug de nie. Kersfees gaan om die vreugde dat God se be-loftes in Jesus Christus waar geword het. Dáárom is God by jou!

135. Maria is verbaas oor wat met haar gebeur Lees in jou Bybel Lukas 1:26-38 (vs 29)

Maria was nie voorberei vir die besoek van die engel Gabriël nie. Daarom was Maria so verbaas toe sy

die boodskap kry dat sy die lewe aan God se Seun gaan skenk. Geloofsverbasing is as jy as mens nie begryp dat God aan jou as sondaar dink en aan jou genade bewys nie. Wanneer jy na jou eie lewe kyk, sien jy dat jy ’n mens in sonde en ongehoorsaamheid is. Maar as jy dink aan wat God vir jou sê, sê Hy, IMMANUEL, God by jou in Christus. In Hom sien jy hoe verskriklik groot die Vader se genade en liefde vir jou is. Hy verlos jou van jou sonde en skenk aan jou die ewige lewe. Hy is werklik God met jou in die swaarste tye van jou sonde. Hy is by jou tot verlossing en seën. Dít is die boodskap van Kersfees wat jou baie bly moet maak. Deur al jou geskenke moet jy God se liefde vir jou sien.

136. Mense in wie God ’n welbehae het Lees in jou Bybel Lukas 1:26-38 (vs 30)

Om genade van iemand te kry, is nie iets waarvoor jy kan werk of dit bewerk nie. Genade is om wanneer jy

die slegste verdien, die beste te ontvang. Dit gebeur met Maria en met elkeen wat deur die geloof aan God behoort. Dít is immers die ware boodskap van Kersfees! Dat God die wêreld so liefhet dat Hy sy enigste Seun gee om vir die sonde van die mense te betaal (Joh. 3:16).

Hierdie ware Kersfeesboodskap is vir jóú bedoel. Dít is die boodskap wat die engele in die herdersvelde van Bet-lehem verkondig: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het” (Luk. 2:14). God gee vir jou genade al soek jy dit nie. Jy kry dit. Selfs al vra jy dit nie eers nie, gee die Here dit nogtans vir jou. Dit is die waarheid wat jy elke jaar met Kersfees hoor.

137. Die werklike Kersfeesboodskap Lees in jou Bybel Matteus 1:18-25 & Lukas 1:31

Die boodskap wat die engel Gabriël vir Maria bring, is dat God aan haar vertel dat sy die Seun van God in

die wêreld gaan bring. Gabriël kom die profesie van Jesaja 7:14 aan Maria bekendmaak. Wat vir eeue lank net ’n belof-te was, gaan nou uit Maria werklikheid word. God vergeet nie sy beloftes nie.

Kersfees is die fees van vervulling! Dít is die werklike Kers boodskap. Dít maak Kersfees ’n fees van ewige, on-be perkte vreugde, want Kersfees is die fees waartydens die beloftes van God van die verlossing van sondes en die ewige lewe werklikheid word. Die vreugde is die sekerheid dat die Here van ewigheid af aan sy kinders gedink het (Ef. 1:5) en dat op God se geskikte moment, volgens sy besluit, sy beloftes in Jesus Christus waar word. Dit is ’n waarheid met ’n ewige gevolg.

138. God se Seun is groot, Hy is baie be-langrik

Lees Filippense 2:5-13 & Lukas 1:32a

Vir Maria was die grootheid en die heerlikheid van Jesus net maar ’n profetiese waarheid. Teenoor die grootheid

van die Seun van God, wat uit haar gebore gaan word, staan sy as nederige vrou, klein en swak. Die werklikheid van sy grootheid van God se Seun is vir haar op daardie oomblik net woorde wat sy hoor.

Ons wat 21 eeue ná die geboorte van Christus lewe, weet uit die Bybel wat sy grootheid werklik was in sy op-tre de, sy preke, wondertekens, kruisdood, opstanding en hemelvaart. In jou Kersfeesvoorbereiding moet die groot-heid van Christus die middelpunt vorm en nie die klein krin getjie van jou eie plesier, verwagting en vreugde nie. Die grootheid van Kersfees lê nie in skitterblink gekleurde liggies, groot kersbome en duur geskenke nie. Jesus is groot, Hyself!

Page 9: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 9

139. Jesus is die Seun van die allerhoogste God

Lees Markus 14:53-65 & Lukas 1:32b

Met opset word Jesus die Seun van die Allerhoogste genoem omdat die lig van die evangelie op sy groot-

heid val. Daarmee word presies gesê Wie is die Seun wat uit

Ma ria gebore word. Allerhoogste wil sê dat God die enigste ware God is wat ver bokant alles en almal uittroon en met niks en niemand in die hemel en op die aarde vergelyk kan word nie (Ps. 89:7-8). Só hoog sal Jesus uitstyg bo die men se dat Hy een met die Vader is (Geloofsbelydenis van Nicea). Hy is self God! Jesus is mens, gebore uit Maria, maar terselfdertyd is Hy God omdat Hy op die bevel van die Allerhoogste deur die Heilige Gees in Maria verwek is.

Dáárom is Jesus in staat om in jou plek die straf van jou sonde te dra en jou daarmee vry te koop uit die mag van Satan en oor te bring na God toe.

140. Jesus is die troonopvolger van Da-wid

Lees 2 Samuel 7:8-29 & Lukas 1:32c

Koning Dawid, wat van die troon regeer het, was nie in staat om die kerk van die Here van die magte van

die sonde te verlos nie. Die heerskappy van Dawid was onbevoeg om die lewe van die Godsvolk van die slawebande van die sonde vry te maak. Dawid was inderwaarheid eeue der eeue al vergete. Ook die beloftes dat Jesus sou kom, is al vir eeue deur die volk vergeet, want sedert Maleagi is dit al vier eeue dat die stem van God teenoor sy volk swyg. Nou kom maak Gabriël bekend dat God wel trou is aan sy beloftes. Die ware Koning uit die geslag van Dawid gaan nou kom.

Vandag juig ons in die Naam van die Troonopvolger van Dawid. Dit is die Seun van God wat werklik van die sondes verlos en die ewige lewe skenk. Hy is groter as Dawid. Hy is die Verlosser.

141. Jesus sal as Koning heers Lees Daniël 7:13-28 & Lukas 1:33a

Die Kind wat uit Maria gebore sal word, sal as Koning heers. Hy sal heers oor die geestelike nageslag van

Ja kob (Rom. 9:6-8). Die koningskap van Christus oor die geestelike nageslag van Jakob is ’n werklikheid (Jes. 9:6-7; Jer. 23:5-6; 33:15-16). Daarmee word gesê dat Christus Koning sal wees en as Koning sal heers oor almal wat glo.

Die boodskap met Kersfees is dus dat Christus Koning oor jóú hele lewe is. Maar meer nog, Christus oefen sy Ko-ningsheerskappy op die aarde uit deur jou wat in Hom glo. Die Koningsheerskappy van Christus word in jou optrede as gelowige kind in die samelewing gesien.

Oral waar jy oor die sonde heers en die beginsels van die Woord van God prakties toepas, word dit sigbaar dat Je sus as Koning heers. Deur die gelowige pas Christus sy koningsgesag toe.

142. Jy moet uit die Kersfeesboodskap van God lewe

Lees Lukas 2:8-20 & Lukas 1:33b

Ons moet iets van die herders van Betlehem leer. Toe hulle van die stal in Betlehem weggaan, gaan hulle te-

rug om hulle daaglikse werk voort te sit, terwyl hulle “God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het”. Die engele kon rustig na die hemel teruggaan, want die lied wat hulle gesing het en die boodskap wat daarin vervat is, leef in die harte en lewe van die herders voort.

Dit verwag God van elkeen wat onder die prediking van die koms van die Seun verkeer het. Jy kan nie anders as om die vreugdeboodskap van Kersfees in jou hele lewe verder te dra nie. Ongelukkig is die moderne mens so uitgeput en gedaan van die jolige kerstyd met al die partytjies dat die kersboodskap vergeet word.

Al is jy ’n jong kind, kan jy die boodskap van Kersfees ont hou en vir almal vertel.

143. Verlossing in die tekens van skan-de Lees Jesaja 7:10-25 & Lukas 1:34

Maria gaan ’n baba kry sonder om omgang met ’n man te hê. Voor haar huwelik met Josef verwag sy

al. Om onder sulke omstandighede ’n baba te verwag, dui op huweliksgemeenskap buite die huwelik – wat ’n groot skande was. Almal wat dit gehoor het, sou dadelik vermoed dat sy onsedelik met ’n man verkeer het. Dit is ook die vraag in die gemoed van Josef (Matt. 1:18-19). Dit is ook die kern van die vraag in die hart van Maria self (vs 34). Christus moes egter kom om die mens te verlos van die skande van die sonde. So gaan die skande saam van die krip van Betlehem na die kruis, die skandaal van Golgota.

Daarin steek God die evangelie van verlossing weg. Vir die wêreld is die Gekruisigde Messias ’n skande (Gal. 5:11; Rom. 9:33; 1 Pet. 2:8; 1 Kor. 1:23). Maar vir die gelowige is dit verlossing!

144. Christus se buitengewone geboor-te Lees Lukas 1:26-38 (vs 35)

Op Kersdag dink ons aan ’n goddelike wonder, want Christus se geboorte was nie menslik moontlik nie.

Chris tus word nie deur ’n man verwek nie, maar deur die Hei lige Gees. Christus het wel ’n aardse ma, maar nie werk lik ’n aardse pa nie. Daar is wel ’n mens wat Christus ontvang (Maria), maar nie ’n mens wat Christus verwek nie (die Heilige Gees doen dit).

Dit vind so plaas omdat die mens nie kan meewerk aan die verlossing wat God gee nie. Die mens kan alleen maar ontvang. Jou verlossing hang nie af van jou eie inisiatief nie, maar van God se besluit.

Die Seun wat in Maria verwek is, is die werk van die Gees. Uit die hemel word Maria bevrug en gee geboorte aan ’n egte Seun, sonder sonde en God self, sodat Hy ’n ware Verlosser kan wees.

Page 10: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

10 slingervel november/desember 2012

dr. nico van der merwe

145. Die boodskap wat groot blydskap bring Lees in jou Bybel Lukas 2:1-20

Die wonder van Jesus se geboorte in Betlehem is nie geheim gehou nie. Dat Jesus gebore is, is bekend ge-

maak. God het voorsiening gemaak dat daardie selfde nag nog die boodskap van die koms van sy Seun uitgedra sal word. Toe daar nie meer profete beskikbaar is om die boodskap te bring nie, toe stuur God engele uit die he-mel om dit te doen. Hulle bring die boodskap van groot blydskap vir die skaapwagters en ook vir die hele wêreld. Toe het herders die boodskap by die engele oorgeneem en dit verder vertel (vs 20).

Daarna is die boodskap deur die Gees en Woord ge-bring tot die volke van alle tye tot vandag toe, ook vir ons in Suid-Afrika in Afrikaans. Elke gelowige kind, jongmens en volwassene het die opdrag om die blye boodskap verder te dra op al die gebiede waar jy as God se kind lewe.

146. Kersfeestyd is die tyd van lofliede-re Lees in jou Bybel Psalm 50 & Lukas 2:14

In Desembermaand weerklink daar kersliedere op in bykans al die tale van die wêreld. Die lofsang op die

koms van die Seun van God kon nie in die ruimte van die herdersvelde van Betlehem afgegrens bly nie. Dit moes al verder en verder uitgedra word sodat dit oor die hele aarde in die tale van die wêreld kon weerklink. Dit is inderdaad die enigste boodskap van vrede wat daar in die wêreld is deur al die eeue heen. Alleen mense in wie die Here wel behae het, kan vrede op aarde hê. Hierdie vrede is in Jesus Christus vir die welbehae-mense gegee.

Dit is die kernboodskap vir vandag – vrede met God deur Jesus Christus! En vrede met mekaar as medemense. Daaraan moet jy ook aktief deelneem, al is jy net ’n jong kind. God wil ook deur jou lewe en stem die blydskap van die koms van sy Seun bekend maak.

147. God besluit oor wat moet gebeur Lees in jou Bybel Lukas 2:1-7

In die wêreld waarin Jesus kom, lyk dit asof daar nie vir Hom plek is nie. Dit is omdat die heidense regering die

land regeer. Die keisers van Rome sou nie vir Christus plek maak nie. Daarom is daar in aardse sin geen plek vir die koms van God se Seun nie. Tog sê God, ja, daar is plek! Die volkstelling wat keiser Augustus beveel, gebruik God as middel om sy Seun, soos dit in die Ou Testament beloof is, in Betlehem gebore te laat word (Miga 5:1). Dit is ’n duidelike bewys hoe God die dinge wat op aarde gebeur, inspan om sy wil te laat geskied.

Ook in jou eie lewe kan jy seker wees daarvan dat die Here jou lewenspad bepaal. Jy moet op die Here vertrou dat Hy jou op die regte pad stuur. Omdat Hy jou in Jesus Christus van jou sonde verlos, lei Hy jou ook elke dag deur die Heilige Gees op sy pad.

148. God doen wat Hy belowe Lees in jou Bybel Genesis 21:1-21

As God iets belowe, dan doen Hy dit. God belowe dat Abraham en Sara ’n seun sal hê, al is hulle baie oud

(Gen. 18:10). Dit het 25 jaar geduur voordat God se belofte met Isak se geboorte waar geword het. Soms duur dit baie lank voor God se beloftes waar word en gebeur daar baie dinge intussen. Maar God is getrou en gee wat Hy beloof het. Dink daaraan dat God beloof het om die gelowiges te beskerm en op te pas. God doen dit deur Christus.

Die vernaamste wat God vir jou belowe het, is die ver-lossing van jou sondes in Jesus Christus. Met Kersfees dink ons daaraan dat God sy belofte met Christus se ge-boorte waargemaak het. Vir jou het God ook gedoen wat Hy beloof het. Dank Hom daarvoor! Hierdie Kersfees kan jy weer terugdink hoe God se verlossingsbelofte vir jou in Christus ’n werklikheid geword het.

149. God se belofte word vervul Lees in jou Bybel Genesis 21:1-8

God het die belofte wat Hy aan Abraham gemaak het, dat hy ’n groot nageslag sal hê, nagekom. Abraham

en Sara het al gedink dat God van sy belofte vergeet het. Daarom het Abraham ’n kind gehad by Sara se bediende, Hagar. Dit was verkeerd van Abraham en Sara om dit te doen. Al was Abraham al 100 jaar oud en Sara 90 jaar, kom God sy belofte na en Isak word uit Sara gebore. Isak is die seun deur wie God die groot nasie vir Abraham sal bewerk. Dit het ook gebeur met die ontstaan van Israel, die volk van God. God leer aan ons dat Hy al die beloftes wat Hy maak, nakom. Weet jy van die beloftes wat God aan jou gemaak het? Vra vir jou mamma en pappa om vir jou dié beloftes in die Doopsformulier te lees. Die vernaamste is dat God jou in Jesus Christus van jou sondes verlos en jou elke dag beskerm en oppas.

150. God maak Simeon baie bly Lees in jou Bybel Lukas 2:25-40

Wie kinderlik glo, hou nooit op om te hoop nie. Geloof laat jou nie tou opgooi nie. Dit sien ons baie duidelik

in die lewe van Simeon. Hy was al baie oud en hy het nooit opgehou om uit te sien na die koms van Christus, die Verlosser, nie. Die hoop en verwagting wat hy gehad het, het hom nie teleurgestel nie. Daarom het God sy wens laat waar word. Toe Josef en Maria met Jesus na die tempel gaan, kon Simeon vir Jesus in sy arms neem en besef dat Hy die Seun van God in sy arms vashou.

Die wêreld rondom ons, met alles wat gebeur, wil die hoop op ’n ewige toekoms in ons doodmaak. Ons weet eg ter dat Jesus Christus die skuld van ons sonde aan die kruis afbetaal het. God het ons die verlossing in Christus belowe en dit het waarheid geword. Jesus se geboorte in Betlehem was die begin daarvan.

Page 11: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 11

151. God se boodskap is vir alle mense Lees in jou Bybel Lukas 2:8-14

God se besluite is soms verrassend. Wie sou nou dink dat die skaapwagters van Betlehem die eerste mense

is om daardie Kersnag die boodskap te kry van Jesus se geboorte? Die Here vertel dit nie eerste aan die konings van die wêreld nie. Ook nie aan die priesters en Leviete of die skrifgeleerdes nie. Die eerste boodskap is aan een-voudige skaapwagters by hulle skape in die veld. Een-voudiger kan dit nie.

In die koninkryk van God gaan dit nie eerstens om men-se wat hoë posisies beklee nie. Die verlossing in Christus is nie nét vir vername en hoogaanstaande mense nie. Die verlossing is bedoel vir die eenvoudige gelowige wat deur die geloof by Hom ingelyf is. Dit is ook vir jou bedoel, want jy is God se kind en Hy is baie lief vir jou. Daarom is jy in die Naam van die Here gedoop.

152. Die Immanuel-boodskap in die By-bel Lees in jou Bybel Matteus 1:18-25

Tweemaal in die Ou Testament word Jesus Immanuel genoem (Jes. 7:13; 8:8, 10). Die naam Immanuel beteken

“God met ons”, of “God by ons”. Die Ou-Testamentiese beloftes word in Matteus 1:23 vir ons ’n waarheid toe Jesus gebore is. In Jesus is God by ons. Immanuel is dus ’n Kers feeswoord. Kort voor sy hemelvaart sê Christus vir sy dissipels: “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt. 28:20). Die gelowiges sal nooit sonder God wees nie. In ons plek was Jesus aan die kruis sonder God. Daarom vra Jesus: “My God, my God, waarom het U My ver laat?” Toe was Jesus in ons plek sonder God. Daarom kan God altyd by die gelowiges wees.

Dit is die boodskap van Kersfees. Kersfees gaan nie om geskenke en lekker eet nie, maar om God wat by jou is. Immanuel.

153. Jou plek met Kersfees Lees in jou Bybel Lukas 1:26-38

Toe die engel vir Maria die boodskap bring dat die Seun van God uit haar gebore gaan word, het Maria nie vir

’n enkele oomblik getwyfel nie. Tog moes daar baie vrae deur haar gedagtes gemaal het. Hoe is dit moontlik? Wat sal Josef daarvan sê, hulle is dan nog net verloof? Kan ’n vrou God se Seun in die lewe bring? Ten spyte van al die vrae en onsekerheid het Maria in geloof gesê dat God haar kan gebruik. Maria se optrede getuig van haar diepe geloof in God.

By die herdenking van die koms van Christus uit Maria moet jy met Kersfees vanjaar weer sê dat jy in God glo en dat die Here jou as jong kind ook kan gebruik. Deur jou wil God hierdie wonderlike boodskap in die lewe van ander mense laat weerklink. Lees in 2 Konings 5:1-6 hoe het die Here ’n klein dogtertjie gebruik.

154. Kersfees en twyfel Lees in jou Bybel Lukas 1:13-20

Desember is Kersfeesmaand. Ons kan aanvaar dat daar dwarsoor die wêreld baie mense is wat Kersfees

vier, maar nie in Christus glo nie. Dit kan ’n mens maar weet. Om egter in die Bybel te lees dat iemand vir wie God vertel van Christus se geboorte en hy daaroor twyfel, is skokkend. Dit is wat met Sagaria gebeur. Hy kan die boodskap van die engel aan hom net nie glo nie. Hy soek bewyse vir die boodskap van die Here. Dit is wantroue in God se belofte. Voordat jy aan Kersfees se geskenke of lekker etes of partytjies dink, moet jy eers stilraak by jou Bybel sodat jy in jou hart seker kan maak dat jy in Christus glo. Kersfees gaan om Christus en nie in die eerste plek om geskenke en lekkers en koeldrank nie. Met Kersfees moet jy die boodskap hoor van God se liefde vir jou en dan moet jy vir God daarvoor dankie sê.

155. Kom ons sing vrolik en bly as dit Kers fees is

Lees in jou Bybel Lukas 1:46-55

Kersfeestyd is ’n tyd van blydskap en vreugde en vrolikheid. Treurigheid, lang gesigte en terneergedruktheid pas nie

by Kersfees nie. In hierdie tyd hoor ons orals in winkels, oor die radio en die televisie die mooiste kersmusiek. Met die geboorte van Jesus in Betlehem was daar ook baie mooi musiek. Lees in die Bybel die lofsange van Sagaria en Maria (Luk. 1:46-80). En ook die sang van die engele (Luk. 2:13-14). Dit kan nie anders nie. Kersfees is vreugdetyd, want die boodskap van Kersfees is ’n vreugdeboodskap. Chris tus het na die aarde toe gekom om aan ons verlossing van ons sondes te gee. Daarom moet ons lofsange en vreug deliedere sing.

Kersfees is die tyd wanneer al die gelowiges vrolike Kers feesliedere moet sing. Alle lawwe liedjies moet ons vir sportdae en skoolkampe bêre.

156. Ons woonplek by die Here Lees in jou Bybel Lukas 2:1-7

God het Betlehem aangewys as die plek waar Jesus Christus gebore moet word (Miga 5:1). Maar in Betle-

hem is daar geen plek vir Hom nie. Die stad van Dawid het nie ’n plek vir die beloofde Messias van die Ou Testament nie. Die groot Seun uit die geslag van Dawid moet die eers te lewenslig in ’n stal aanskou, en sy ma het Hom in ’n voerkrip neergelê. Alle huise en harte in Betlehem behoort vir die Seun van God oop te staan. Die Seun van God moet egter die skande ervaar dat daar vir Hom nie plek is nie. Christus het egter gesorg dat daar vir elke kind van God ’n plek in die Vaderstad sal wees.

As daar in hierdie wêreld vir Jesus geen plek is nie, dan hoor ons die waarheid dat daar by Hom vir ons plek is. Maak in jou eie hart en lewe deur gebed plek vir Jesus Christus.

Page 12: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

12 slingervel november/desember 2012

Hoofstuk 3 van ons vervolgverhaal vir tieners ...

Kasteelmeisie

Rika du Plessis

“Haai, Lennert, jy loop na die verkeerde kant toe, jong,” sê Yolandi laggend toe Lennert nie berg se kant toe stap soos afgespreek nie.

“Nee, ek stap nie verkeerd nie. Ons gaan nie stap nie, ons gaan met ’n boot op die grag tot daar ry,” antwoord hy eff e geheimsinnig.

“Jy maak seker ’n grap. Almal weet jou pa laat niemand toe om met sy boot te ry behalwe hyself nie. En dit ook net wanneer hy belangrike besoekers op ’n rit op die grag reg rondom die kasteel se gronde neem.”

“Jy’s reg, my pa het nie sy boot vir my gegee nie. So erg bederf hy my nou darem nie. Hy het vir my ’n trapboot vir my verjaardag gegee, en ek het hom nog nie ingewy nie. Ons gaan nou daarmee op die grag ry. Hy het twee sitplekke en albei persone het pedale om te trap. Kyk, daar lê hy teen die kant net langs my pa se boot.”

“Blou en wit, en splinternuut. Hy is mooi,” sê sy en haar oë blink by die voor-uitsig om te gaan boot trap.

“My geliefk oosde twee kleure ... wit en blou ... blou soos jou oë. Jy het mooi oë, Yolandi,” antwoord hy hier langs haar waar sy by die boot tot sti lstand gekom het.

“Dankie vir die kompliment, Lennert,” antwoord sy ietwat verbaas toe hy sommer so doodluiters oor haar mooi oë kommentaar lewer.

“Ek praat net die waarheid. Toe, klim in, ek sal hom vashou, en na jou in-klim.”

Greti g klim Yolandi in en gaan sit op die linkerkantse sitplek. Sy bekyk die nuwe boot van hoek tot kant terwyl hy inklim en die ankertou losmaak. Die piekniekmandjie sit hy agter hulle sitplekke neer.

“Gereed?” vra hy en begin trap. Dadelik sit sy haar voete ook op haar kant se pedale en sommer gou is haar trap net so ritmies soos syne.

Die water klots-klots om die kante van die bootjie en die wind roer liggies in

haar hare. Meteens voel sy so vry en gelukkig soos sy lanklaas gevoel het.

“Dankie hiervoor, Lennert. Dit was nou ’n aangename verrassing, en ek geniet dit regti g.”

“Ek is bly, want ek geniet dit ook. Ons wy hom saam in. Het jy ’n vaste vriend, Yolandi?”

Genugti g, die man het ’n manier om sommer so uit die bloute iets te sê wat niks met hulle huidige gesprek te doen het nie. Dit gooi haar elke keer van stryk af.

“Nee, Lennert, ek het nie, en ek ver kies ook om nie nou al een te hê nie.”

“Mag ek vra hoekom nie?” vra hy rusti g, trap voort en kyk oor die breedte van die grag na die apies wat in die oorhangtakke van die wil-ger bome baljaar.

“Ek maak eers hierdie jaar klaar met skool en daarna wil ek my toe-komsdrome najaag sonder die ver antwoordelikheid wat ’n vaste ver houding bring, en my dalk kan strem.”

“Vertel my van jou toekomsdrome, asseblief.”

Net soos sy die vorige aand met haar ma gepraat het, vertel sy vir Len nert alles.

“Jy is die eerste meisie wat ek ont-moet wat ’n kwekery van haar eie ’n toekomsdroom maak. Interessant ... net soos jy is. Ek hou daarvan. So ja, hier is ons. Bly sit tot nadat ek die boot vasgemaak het, en klim dan uit.”

Eers toe albei uit die boot is, hy met

Page 13: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 13

die mandjie in die hand en sy met ’n reisdeken, stap hulle onder die koelte van een van die groot wilgers in. Sy gooi die reisdeken oop en hy sit die mandjie neer.

“Voor ons kom sit en gesels en eet, wil ek jou eers gou iets gaan wys,” sê Lennert, en spontaan laat sy toe dat hy haar hand in syne neem.

Hulle stap nader na die bergsoom toe tot waar die stroom water uit die berg in die grag met ’n reënboogval inloop. Snaaks, sy het al vantevore die waterval gesien, maar nog nooit het die reënboogkleure daaroor vir haar so mooi gelyk soos juis vandag nie.

“Dis mooi. Lyk amper soos ’n skil-dery. Ek was al hier, maar kan nie ont hou dat dit voorheen juis so mooi gelyk het nie,” erken sy.

“Dis omdat jy saam met my hier is. Jy besef dit nie, Yolandi, maar ons is vir mekaar bedoel. Alles sal vir ons mooier en beter lyk wanneer ons bymekaar is. Ten spyte van wat jy gesê het, wil ek tog vra of jy nie asseblief my vaste meisie sal wees nie.” Hy praat sag en elke woord laat haar verbasing styg.

“Lennert, is jy nie nou ’n bietjie oor-haasti g nie? Ons ken mekaar skaars, het maar gister eers ontmoet.”

“Ek is nie ’n wispelturige mens nie, Yolandi, en ek weet gewoonlik wanneer iets goed en iets mooi my lewe binnekom. Jy is so ’n geval. Ek weet ek sal jou graag as vaste meisie wil hê en beter leer ken.”

Yolandi voel skielik in twee geskeur. Sy hou baie van hom, maar wat gaan so ’n verhouding aan haar ideale doen?

“Ek weet waaraan jy dink. Jy is bang deur my vaste meisie te wees, gaan ek jou aan bande lê sodat jy nie jou ideale sal kan bereik nie. Is ek reg?” vra hy weer sag.

Verwonderd kyk sy na die mooi jong man hier langs haar. Dis of hy haar gedagtes gelees het. Is dit ’n goeie teken? Kan sy dit waag?

“Ja ... ja, jy is reg.”“Ek belowe om dit nie te doen nie.

Jy weet seker ek is op Stellenbosch se universiteit, of hoe?”

“Nee, ek weet eintlik niks van jou af nie. Wat studeer jy?”

“Ek wil ’n dokter word ... ’n snydok-ter. Van laerskooldae af was dit en is dit steeds my ideaal. Ek het nog drie jaar om te gaan voor ek in ’n hos-pitaal kan gaan werk. Moenie dink my pa gaan sommer vir my eendag ’n praktyk koop nie, o nee, ek moet dit self verdien. Die rede daarvoor is omdat my pa eintlik wou gehad het ek moet in sy voetspore volg en sy skeeps besigheid oorneem. Ek stel nie daarin belang nie, en ek weet hy is teleurgesteld.”

“Toe maar, my ma het aanvanklik ook nie met my saamgestem oor wat ek graag wil doen nie, maar ná gis teraand se openharti ge, ernsti ge gesprek met haar, verstaan sy en sy sal nie in my pad staan nie.”

“Wat ek eintlik hiermee vir jou wil sê, is dat jy mos volgende jaar in Kaap stad by die kwekery gaan werk. Dis tog nie so ver van Stellenbosch af nie, en aangesien ek my eie motor het, kan ons mekaar ten minste een keer per week sien sonder dat dit enig een van ons se werke beïnvloed. Met dit in oog, sien jy kans dat ons ons twee saam ’n kans gee?”

Yolandi het goed na hom geluister. Sy kan hoor hy is ernsti g en soek nie sommer ’n goedkoop verhouding met haar nie. Hy is ook ernsti g oor sy werk, en hoeveel jong mans van sy ouderdom is reeds so standvasti g, en boonop so aantreklik!

“Goed, ons kan probeer. Onthou net, ek is nog baie jonk.”

“Ek weet, meisiekind, en ek belowe om jou nie sommer al volgende jaar storm te loop en te vra om met my te trou nie!” terglag hy en druk haar hand sag.

“Jy beter nie, want ek wil eers aan myself bewys dat ek kan doen wat ek

myself ten doel gestel het voor ek aan trou en kinders aandag sal gee,” terg sy terug.

Hy trek haar aan die hand om ’n volgende bos en gaan staan dan sti l.

“Kyk daar ... dis ’n hangmat wat ek al jare terug vir my daar gemaak het. Ek het ure in daardie hangmat oor my toekoms omgedroom. Hierdie plek is vir my baie spesiaal, en ek het dit nog nooit vir enigiemand anders gewys nie. Ek wou dit egter vir jou wys, want jy is ook vir my spesiaal.” Hy kyk diep in haar oë, en sy voel hoe ’n warm blos teen haar nek opkruip.

“Dankie vir die mooi woorde, Len-nert. Jy laat my spesiaal voel, soos nog geen ander ou my laat voel het nie.”

“Dis die hele idee, Yolanditjie, en ek wil hê jy moet altyd so voel wanneer jy by my is. Dankie dat jy ingestem het om te probeer. Jy maak my vandag baie gelukkig, en ek sien sommer uit na volgende jaar se studies. Dink net, ek gaan elke week daarna kan uitsien om jou iewers heen te neem en ’n rukkie in jou geselskap deur te bring.”

“Noudat jy dit so stel, ja, dit sal ’n hoog tepunt wees elke week waar ons die afgelope week se gebeure met mekaar kan deel en mekaar so verder leer ken. Ek dink nogal dit kan werk.” Sy glimlag sag, en laat toe dat hy haar teruglei na die reisdeken waar hy vir hulle begin snoeperye uitpak.

Die gesels tussen hulle droog nie op en verval in ongemaklike sti ltes nie, en toe hulle veel later weer met die trapboot terug ry, is daar ’n vrolike stemming tussen die twee jongmense. Selfs toe Lennert haar voor hulle huis se deur eff ens nader trek en sag teen die voorkop soen, rem sy nie weg nie. Dit voel vir haar so reg. Wanneer sy terugdink aan van die ander seuns in haar verlede wat altyd meer van haar verwag het as wat sy bereid was om te gee, is Lennert ’n regte gentleman, soos die Engelse graag sê. vervolg

Page 14: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

14 slingervel november/desember 2012

Waarom sien jy uit na Kersfees? Is dit dalk vir die geskenke

wat uitgedeel word of is dit vir al die bekendes wat kom kuier? Is dit vir die glinstering van blink liggies en gekleurde papier, of dalk vir die heerlike samesyn en die smaaklike eet- en drinkgoed?

So is daar wêreldwyd baie drukte rondom die Kind in die krip. Verstaan die mensdom eg ter waarom dit gaan? Word die Kersevangelie ten volle be-sef? Begryp jy die kern van die kripboodskap; die diepte van die evangelie in die stal? Hier-die kernboodskap is aan ’n ver-dwaasde Maria verkondig: “Kyk, ’n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook ’n seun ontvang, en sy wat as on-vrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. Niks is vir God onmoontlik nie” (Luk. 1:36-37).

Hierdie boodskap het seker Ma ria se asem weggeslaan. Sy sou dit eenvoudig net nie kon glo nie. Daarom wil Gabriël aan haar ’n teken gee om haar geloof in hierdie boodskap te versterk. Wat in háár gaan gebeur, klink on moontlik – ’n kind uit ’n moe-der skoot wat nog nie geopen is nie! Dit is ’n Godswonder! Maar sy moet hoor dat God reeds ’n ander wonder bewerk het wat vir haar as bevestiging kan dien vir God se belofte aan haar. Dít gaan vir haar die teken, die bewys, wees dat God se woorde aan haar ’n werklikheid sal word. Haar hoogs bejaarde en onvrugbare bloedverwant, Elisabet, is alreeds

oom nico

God werk die onmoontlike - Hy wek lewe uit die dood

ses maande swanger. By enige mens wat haar geken het, was daar geen twyfel dat Elisabet in haar lewe as vrou nooit ’n eie kind sou kon hê nie. Daar is twee onomstootbare bewyse:

Sy is onvrugbaar (Luk 1:7a).Sy is op ver gevorderde leeftyd (Luk 1:7b).Menslik gesproke is dit onmoontlik vir haar om op daardie stadium

’n kind te kan verwag. Sy dra ’n dubbele dood in haar moederskoot om – onvrugbaarheid en ouderdom. Daar is geen moontlikheid dat op normaal-menslike vlak lewe in haar gewek sal kan word nie. Al sou die onvrugbaarheid verdwyn, is sy nou te oud. En al sou sy jonger gewees het, was sy onvrugbaar. Vir ’n vrou om in die Bybelse tyd nie kinders te kon hê nie, was ’n baie hartseer saak. Elke vrou wou graag kinders in die wêreld bring, met die hoop dat dit dalk die beloofde Messias sal wees. Vir Elisabet was hierdie moontlikheid afgesny. Sy sou in daardie vreugde nooit kon deel nie, want sy is onvrugbaar en nou ook te oud.

Maar God werk die onmoontlike (Luk. 1:37). Hy skep die lewe uit die dood. En dit is die teken vir Maria dat die boodskap aan haar, wat net so onmoontlik blyk te wees, waar is. Dit is die Kersevangelie. Dat God deur Jesus Christus lewe gee aan ’n wêreld wat in sonde en misdade dood is. Die enigste moontlikheid van verlossing is op die pad van die onmoontlike. Die pad van die onmoontlike loop ook oor Golgota. Net so menslik onmoontlik was dit dat die straf op die sonde aan die kruis op Golgota gedra sou word. Net so onmoontlik klink dit dat God die betaling vir jou sondeskuld van Jesus Christus sou vra aan die kruis. Juis dit gee God in Jesus! Lewe uit die dood! Dit is ’n boodskap wat ons by al die vreugde van Kersfees nie moet vergeet nie. SV

Page 15: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2011 15

dr. nico van der merwe

161. Advent: Christus het gekom en sal weer kom Lees: Maleagi 3:1-6 Teks: Maleagi 3:1c

Van November af word daar al aan Kersfees gedink. Desember is ’n maand met groot betekenis, gesien in die lig van Kersfees

waarna elkeen uitsien. In kerklike taal word dit Adventstyd genoem. Die woord Advent beteken die koms van Jesus. Advent beteken nie net Jesus hét gekom nie, maar dit sê ook: Jesus sal weer kom. In Maleagi se profesie word die koms van Christus geprofeteer. Dit is die een sekerheid in hierdie wêreld wat vol onsekerheid is. Moenie net aan Kersfees alleen dink nie. Dan gaan jy jou blindstaar teen aar dse dinge wat verbygaan en die werklike boodskap van Kersfees gaan by jou verby.

Jou herdenking van Jesus se koms moet nie net in die aardse voor bereiding vir Kersfees 2012 vassteek nie. Jy moet oor hierdie Kers fees na die wederkoms van Christus heen kyk.

162. Advent: ware vreugde en blydskap Lees: Jesaja 9:1-16 Teks: Maleagi 3:1b

Wat is die inhoud van jou Kersfeesvoorbereidings? Kersfees kan nie waarlik Kersfees wees as jy die Christus van Kersfees nie

ken nie. Maleagi praat van die “Verbondsengel”. “Verbondsengel” is ’n benaming vir Jesus (Gen. 16:7-10; Eks. 3:2, 4; Rigt. 6:11-14). Dit beteken Hy is die “gestuurde” van die Vader om die sondeskuld van die gelowiges te betaal. Sy geboorte in die krip te Betlehem het op sy dood aan die kruis op Golgota uitgeloop.

Dit is die Jesus van Kersfees in Wie jy vrolik moet wees. Dan steun jou vreugde nie op gekleurde papier, mooi geskenke en blink liggies nie. Dan staan jou vreugde en blydskap wat jy met Kersfees ervaar op die waarheid van die liefde van God in Christus. Dit laat jou wegkyk van alle aardse viering wat niksseggend is en laat jou Jesus Christus as God se Seun raaksien.

163. Advent: wag op die Here Lees: Matteus 25:1-13 Teks: Maleagi 3:1b

Dit voel asof die geskiedenis teen ’n slakkepas gaan. In die Bybel is die beloftes van die koms van God se Koninkryk. Tog gebeur

daar niks. Maleagi skryf: “… dan sal die Here na wie julle soek skie-lik na sy tempel toe kom.”

Ons ken nie die oomblik van die koms nie. Daarom is elke dag die allerbelangrikste dag in die lig van die koms van die Koninkryk. Jy moet nie koorsagtig wees in jou kersvoorbereidings nie, want Kers-fees gaan om jou diens aan die Here oor die volle spektrum van jou lewe. Onthou, Jesus Christus is die Koning van die Koninkryk van God. Met Kersfees dink ons aan sy eerste koms en sy oorwinning aan die kruis. Maar nóú wag ons op sy tweede koms! Elke Kersfees her inner ons ook aan die waarheid dat Jesus Christus wéér sal kom. In Hom gaan die geskiedenis sy afsluiting vind.

164. Advent: die koms na sy tempel toe Lees: 1 Petrus 2:1-6 Teks: Maleagi 1:1b

Die Here kom skielik na sy tempel, sê Maleagi. Met sy eerste koms in Betlehem was dit so en dit sal met sy wederkoms ook so wees.

Met tempel word die gelowiges bedoel. God se kerk is sy tempel en dit bestaan uit mense. Die afsonderlike lidmate is die lewende stene waarvan die tempel gebou is, met Christus as die hoeksteen. Alleen in hierdie tempel van Hom gee Hy sy genade volledig en deel Hy die skatte van die verbond uit. Alleen in die tempel woon Hy in vrede.

As gelowige tiener is jy ook ’n steen in hierdie tempel. Dan kom God ook na jou toe met ewige gawes! Dit is darem ’n baie dieper bood skap as wat die kersfeespartytjies, geskenke en jolyt vir ons op ’n wêreldse vlak gee.

Met Kersfees vanjaar moet jy alles in die werk stel om die werk-li ke diepte en betekenis van Kersfees te verstaan.

165. Advent: koms en wederkoms Lees: Matteus 3:1-12 Teks: Maleagi 3:1a

Christus die Koning kom nie voordat dit deeglik aangekondig is nie. God die Vader stuur ’n boodskapper vooruit om die koms van die

Seun bekend te maak. Johannes die Doper was die boodskapper in die Nuwe Testament (Luk. 1:17). Christus se wederkoms geskied ook nie sonder deeglike aankondiging nie. Vandag is die Woord van God die boodskapper van sy wederkoms.

Jy moet nie toelaat dat die wêreldse manier van Kersfees vier jou verwar en die werklike boodskap van die Bybel vir jou verdoof nie. Die ekonomiese Kersfees wat die wêreld vir jou opdis, is vals en be drieglik. Die ware boodskap van die koms van die Seun is in die Bybel opgeskryf. Daar vind jy die volle waarheid waarna jy hierdie Kers fees moet luister. Kersfees moet jou onder die erns bring van God se groot liefde in sy Seun, Jesus Christus.

166. Advent: genade en oordeel Lees: Maleagi 4:1-6 Teks: Maleagi 3:2

Die gekleurde liggies, blink papier, vrolike geskenke en opgewekte musiek in die kerstyd laat ons die gebeure van Kersfees eensydig

sien as nét vrolikheid en blydskap wat maar tot die uiterste grense kan gaan. Natuurlik is die koms van Jesus na die aarde toe ’n saak van groot blydskap. Christus se koms bring egter ook oordeel (Luk. 2:34). Hy kom soos vuur om die onbekeerlike sondaars uit te wis en die berouvolle gelowiges te red. Hy red nie net nie, maar oordeel ook. Hy verlos nie net nie, maar vernietig ook.

Saam met die vreugde van Kersfees gaan die ernstige roep tot bekering. Wie waarlik glo en so die lewe ontvang, kry die verlossing en ewige lewe. Jy moet dus baie waaksaam wees dat jy Kersfees nie eensydig vier en die ware boodskap daarvan vir jou verlore gaan nie.

167. Advent: die son van redding Lees: Jesaja 61:1-3 Teks: Maleagi 4:2a

Daar kan vreugde met Kersfees wees, al is dit so dat die Seun van God soos ’n vuur kom. Elkeen wat die Here in ongeloof verwerp,

sal deur die vuur van sy oordeel verteer word. Maar elke gelowige word in die warm strale van die son van redding gekoester. Juis dit is die vreugde van Kersfees vir jou. Die son van redding skyn met genesende strale (Mal. 4:2). Kersfees is die koms van hierdie waar-heid.

Die helder lig wat jy hierdie Kersfees sien, moet nie die skittering van lawwe, nagemaakte kersfeesliggies wees nie, maar die blink, helder lig van die son van redding. Wanneer die Here Jesus weer kom op die wolke van die hemel, dan sal die strale van redding in volle heerlikheid oor die uitverkore kinders van die Vader skyn. Soek na daardie lig met Kersfees vanjaar.

168. Advent: die fees van die verwagting Lees: Lukas 12:35-40 Teks: Lukas 12:36

Jesus kom sonder twyfel aarde toe. Dit is ’n waarheid wat vasstaan. Tog moet die gelowiges hom verwag. Jou wag op die koms van

die Here sal nie sy koms verhaas nie en dit ook nie vertraag nie. In die gelykenis van die waaksame slaaf leer Jesus dat dit die getroue slawe is wat op hulle eienaar gewag het. Daaruit spreek hulle liefde vir hulle eienaar. Jy kan nie vanjaar bloot na Kersfees uitsien net ter wille van die vrolikheid, die geskenke, die feesmaaltye en die lek-ker uitkamp nie. Die waarheid in verband met Kersfees strek veel dieper. Jou geloofsverwagting moet verby hierdie Kersfees na die wederkoms strek. Ons Kersfeesvieringe is ’n herinnering van Chris-tus se eerste koms, maar dit wys ook heen na sy wederkoms. Dit moet jy in gedagte hou as jy vanjaar saam met jou gesin en familie of jou maats Kersfees vier.

Page 16: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

16 slingervel november/desember 2012

dr. nico van der merwe

169. Advent: Maria se eerstelingseun Lees: Lukas 2:1-14 Teks: Lukas 2:7a

Die koms van God se Seun deur geboorte uit Maria is ’n geheimenis wat vir die mens se verstand te diep is om te begryp. God kom

na die mens toe in Jesus Christus wat mens word – die Woord wat mens word. Die Kindjie in die krip van Betlehem is die Seun van God, nie Maria se seun nie. Sy gee maar net liggaamlik geboorte aan die Seun van God omdat God dit so wou hê. Hier is net plek vir aan bidding en nie vir wetenskaplike ontleding en bewyse nie. Jy kan wat in Betlehem gebeur alleen deur die geloof aanvaar. God gee aan jou begrip en insig van wat in die stal in Betlehem gebeur het. Dat God sy Seun as mens gegee het sodat Hy die sondes van die mens kan versoen, is die Kersfeesboodskap.

Wie hierdie wonder deur die geloof begryp, kan eers dan werklik Kersfees in die ware sin van die woord vier.

170. Advent: God besoek ons Lees: Sagaria 1:1-6 Teks: Sagaria 1:6b

Sagaria vermaan die volk om hulle tot die Here te bekeer. Die Here sal sy volk besoek. Die besoek van die Here gaan wel ook met

die weerligstrale van sy toorn gepaard. Maar daar is ook die vrolike ligkant van God se besoek aan ons. Ons leef in ’n tyd waarin dit soms onmoontlik lyk dat die kerk staande kan bly. Dit blyk so ’n hopelose en wanhopige taak te wees. Die belofte bly staan: “Dan sal Ek weer by julle wees.” Dit is die duidelike Kersfees- en we-derkomsboodskap. In Christus het God na sy kerk gekom. In Chris-tus het God vir die sonde versoening bewerk. Sy besoek is bevry-dend en bemoedigend. Sy besoek gee krag en entoesiasme. Sy be soek inspireer en motiveer. In Jesus Christus en deur die Heilige Gees kan ons ons slegte lewe verander, want die oorwinning van die wêreld is ons geloof in Jesus.

171. Advent: alles is vooruit bekend gemaak Lees: Lukas 2:15-20 Teks: Lukas 2:15c

“As mens het Jesus in die wêreld gekom. Deur die Gees is be-vestig dat die reg aan sy kant is. Deur die engele is verkondig dat

Hy verskyn het. Aan die heidennasies is Hy verkondig. In die hele wêreld is Hy geglo, en in heerlikheid is Hy opgeneem” (1 Tim. 3:16). Jesus word wêreldwyd verkondig. Dadelik met Jesus se geboorte word dit deur die hemelse skare van engele bekend gemaak. Dit wek onmiddellik geloof in die harte van die herders. Hulle twyfel nie aan die boodskap nie en reageer dadelik daarop deur na die stal toe te gaan. Op die bekendmaking van Jesus se geboorte kom daar reaksie. Die herders sê vir mekaar: Kom ons gaan kyk.

Wat is jou reaksie op die blye evangelie? Jy kan nie opstaan en na Betlehem gaan nie, maar jy kan jou wel toewy aan God se Woord waarin alles geskrywe staan.

172. Advent: die blye boodskap word gehoor Lees: Lukas 2:15-20 Teks: Lukas 2:15c

Paulus skryf in sy brief aan Timoteus: “As mens het Jesus in die wêreld gekom, deur die Gees is bevestig dat die reg aan sy kant

is, aan die engele het Hy verskyn; aan die heiden- nasies is Hy verkondig, in die hele wêreld is Hy geglo, en in heerlikheid is Hy opgeneem” (1 Tim. 3:16). Die Naam van Christus weerklink dwars-oor die wêreld. God steek die goeie boodskap nie weg nie. Met Jesus se geboorte maak die koor van engele dit bekend. Dit wek on middellik geloof in die harte van die herders. Hulle twyfel nie aan die boodskap nie en reageer dadelik daarop deur na die stal te gaan, Jesus te sien en God te loof en te prys. Wat is jou antwoord op die bood skap van Christus se koms na die aarde toe? Kom daar in jou hart ook geloofsentoesiasme en onbeperkte vreugde? Soek daarna met ’n oorgegewe hart tydens vanjaar se Kersfees.

173. Advent: voortgang van die Kersboodskap Lees: Romeine 11:33-36 Teks: Lukas 2:20a

Kersfees 2012 gaan ook verby soos dit elke jaar die geval is. Maar is die betekenis van die Kersfeesboodskap verby? Leer van die

herders: Toe hulle van die stal in Betlehem weggaan, gaan hulle nie terug om in stilte hulle daaglikse werk te doen nie. Hulle doen iets! Hulle het “God geloof en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het”. Die engele kon rustig na die hemel teruggaan, want die lied wat hulle gesing het, leef in die harte en lewe van die herders voort. Dit ver wag God van elkeen wat onder die prediking van die koms van die Seun verkeer het. Jy kan nie anders as om die vreugdeboodskap van Kersfees in jou hele lewe verder te dra nie.

Die wonderlike boodskap van Kersfees mag jy nie soos die ge-kleur de liggies wegpak of soos die geskenkpapier weggooi nie. Jy moet daaruit gaan lewe.

174. Advent: Christus is die voorbeeld Lees: Filippense 2:1-11 Teks: Filippense 2:5

Nou dat die Kersfeesviering vir 2012 verby is, is dit die moeite werd om te dink aan die inhoud van Filippense 2:5. Hierdie paar

woorde is genoeg om die diepte van die Kersfeesboodskap raak te vat. Jesus se geboorte as mens, en die pad van lyding en kruisiging en dood wat Hy sou stap tot verlossing van die sondes, wys op die selfverloëning waarmee Hy dit gedoen het. Christus het alles geoffer om die kinders van die Vader te red.

Dit is die boodskap van naasteliefde wat van Kersfees moet uit-gaan en deur die gelowige in die lewe van elke dag toegepas moet word. Jesus het dit vir jou gedoen. Nou moet jy dit teenoor jou naaste doen. Soos Christus, so ook jy! God sê: “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.” Dit is jou opdrag ná Kersfees en vir altyd.

175. Advent: die brood uit die hemel Lees: Miga 5:1-14 & Lukas 2:1-7 Teks: Miga 5:1

God sê in die Ou Testament (Miga 5:1) presies dat Christus in Bet lehem gebore sal word. Betlehem was toe ’n nietige plekkie,

gemeet aan die groot stede van daardie tyd, soos Jerusalem, Da-mas kus, Rome, Atene, Nineve, Alexandrië, ensovoorts. Waarom kies God Betlehem? Dit het simboliese betekenis. Betlehem bete-ken letterlik Broodhuis. In Betlehem, Broodhuis, daal die Brood van die Lewe (Joh. 6:22c) neer. Daar gee God, soos die manna in die woestyn (Eks. 16), sy Seun as die Brood van die ewige lewe. Uit die hemel daal Christus neer as die Brood van God om die wêreld te versadig in hulle sondehonger; om aan die wêreld lewe te gee (Joh. 6:33). Vorentoe kan die gelowige in die sondedeurdrenkte wêreld nét oorleef as hy met die Brood vanuit die hemel gevoed word – Jesus Christus.

176. Advent: die noodsaaklike vergesig Lees: Lukas 2:25-38 Teks: Lukas 2:30

Simeon sê iets belangriks toe hy Christus in sy arms hou. Hy sê: “… omdat my oë u verlossing gesien het.” Wat het Simeon gesien?

’n Ouerpaar met ’n Kindjie. Dadelik toe Josef en Maria met Jesus by die tempel kom, het Simeon hulle gesien. Toe bely hy dat sy oë God se verlossing gesien het. Hoe het hy geweet? Die antwoord lê in die werk van die Heilige Gees (vs. 25-27). Die Heilige Gees het bekend gemaak dat Hy Jesus sal sien. Onder leiding van die Heilige Gees was Simeon in staat om Jesus Christus te herken en in Hom God se verlossing te sien. Met Kersfees pas verby en almal doodmoeg van die jolyt, is dit duidelik dat slegs diegene wat gelei is deur die Heilige Gees by die oppervlakkige en soetsappige kersversierings verbygekyk het en Jesus Christus in die verkondiging van die ware evangelie gesien het.

Page 17: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2011 17

177. Jy moet Jesus Christus weer verwag Lees: Lukas 12:35-40 Teks: Lukas 12:36

Die wederkoms van Jesus kan nie genoeg beklemtoon word nie. Die gelowiges moet Hom verwag. Dat jy die tweede koms van

Jesus verwag, sal nie bewerk dat Hy gouer sal terugkeer nie. Die ge lykenis van die waaksame slaaf vertel jou van die getroue slawe wat op hulle eienaar gewag het. In hulle getrouheid word hulle liefde vir hulle eienaar baie duidelik.

Jy kan vandag nie na Kersfees uitsien net vir die vrolike fees, die geskenke en die eet en drink nie. As jy Christus verwag, moet jy verby Kersfees na die wederkoms kyk. Kersfees 2012 wys jou op Christus se eerste koms, maar jy word terselfdertyd ook aan die wederkoms herinner. Kersfees is die tyd van reddingsvreugde, die we der koms van ewigheidsvreugde. Ons verlossingsvreugde nóú word ons ewigheidsvreugde met Jesus se wederkoms.

178. Wakend wag op Christus se koms Lees: Matteus 24:42-51 Teks: Matteus 24:42

Jou wag op die koms van Jesus moet ’n wakende wag wees. ’n Gelowige wag nie sonder meer op die koms van die Here nie,

want dan kan maklik met jou gebeur wat met die bruidsmeisies ge-beur het – hulle het aan die slaap geraak. Om wakend te wag, is om helder wakker en nugter te wees. God se liefde eis dit van jou. Aangesien die wederkoms so onverwags soos die koms van ’n dief sal wees, is dit noodsaaklik dat die gelowige wakend sal wag … elke oomblik gereed en reg. Jy moet oppas dat die wêreld met al die genot en plesier jou nie aan die slaap sus nie. Elke jaar wag jy vir die aanbreek van Kersfees wanneer die eerste koms van Christus herdenk word.

Van Kersfees af kyk ons vorentoe na Christus se wederkoms. Daar voor moet jy wakende wag, besig met jou diens aan God.

179. Werkend wag op Christus se koms Lees: Matteus 24:26-41 Teks: Matteus 24:40

As jy wakend wag op die koms van die Here Jesus Christus, bete-ken dit nie niksdoen nie. Tieners dink mos soms dat groot dele

van die lewe met niksdoen omgekry moet word. Wie op Jesus wag, het nie ’n brief om handjies gevou in ledigheid die tyd te verwyl nie. Die Koning op wie jy wag, roep jou tot arbeid. Christus wil elke gelo-wige op sy pos vind as Hy weer kom.

Die Kersfeesgees verlei ons om te dink dat die wag op die Here uit vakansie hou en feesvier bestaan. Natuurlik sit daar vreugde in! Dit hef egter nie jou roeping op nie, dit kanselleer nie jou lewenstaak nie. Die nag met die geboorte van Jesus het die engele die skaap-herders besoek terwyl hulle gewerk het. Hulle was besig met hulle taak. Hulle was op hulle pos. So wil Christus jou ook vind met sy we derkoms … in die geloof besig.

180. Die worsteling om wakend te wag Lees: Matteus 24:4-14 Teks: Matteus 24:13

Om werklik wakend te wag, is nie moontlik sonder worsteling nie. Want wie wag, al is dit wakend, word maklik verlei om te sluimer

en te slaap. Daarom is dit ’n worsteling om wakend te wag. Jy staan altyd voor die gevaar van ongeduldigheid om aan die gewag ’n einde te maak. Dit is dus ’n deurlopende stryd om wakend te wag. Wie só op die Here wag, kry ook met die aanvegtinge van Satan te doen. Sa tan wil jou verlei om die gewag te los en maar met ander dinge aan te gaan. Die wag op die koms van die Here word uiteraard ’n daag likse worstelstryd. Christus belowe egter: “Wie tot die einde vol-hard, sal gered word” (vs. 13).

Die dae rondom Kersfees voel sulke spanningsvrye, onbekom-merde dae. Moet nie in Satan se strik trap nie. Die stryd onderbreek nie ’n enkele dag nie.

181. Wag terwyl jy jou roeping vervul Lees: Matteus 24:26-41 Teks: Matteus 24:40

As jy wakend op die koms van die Here Jesus Christus wag, beteken dit nie dat jy niksdoen nie. Wie op Jesus wag, het nie

’n vrybrief om handjies gevou in ledigheid die tyd te verwyl nie. Die Koning op wie jy wag, roep jou tot arbeid. Christus wil elke gelowige op sy pos vind as Hy weer kom. Hy wil jou vind waar jy besig is om jou daaglikse roeping na te kom.

Die Kersfeesgees verlei ons om te dink dat die wag op die Here uit vakansie hou en feesvier bestaan. Natuurlik sit daar vreugde in die navolging van Christus! Maar dit hef nie jou roeping op nie, dit kan selleer nie jou lewenstaak nie. Die nag met die geboorte van Jesus het die engele die skaapherders besoek terwyl hulle gewerk het. Hulle was besig met hulle dagtaak. So wag die gelowige op Chris tus se koms.

182. Sekerheid van die wag op Christus Lees: Matteus 24:29-35 Teks: Matteus 24:33

Wie wakend wag op Jesus Christus se koms, tas nie in ’n donker, onbekende, onbereikbare toekoms rond nie. Om op die Here

te wag, beteken nie onsekerheid en twyfel en wanhoop nie. Jy wag omdat jy weet die wederkoms van Jesus Christus is ’n werklikheid. Dít is die waarheid wat Christus in die gelykenis van die vyeboom wil illustreer. “Wanneer sy takke begin sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby” (vs. 33).

Jy weet vandag dat die koms van die Here ’n sekerheid is. Die vro likheid, plesier en genietinge van Kersfees 2012 sal gou verby en vergete wees.

Die koms van die Here Jesus Christus is egter ’n vasstaande sekerheid wat met Kersfees weer opnuut uit die Woord beklemtoon is. Omdat jy dit weet en glo, is jy deel daarvan.

183. Geloofsekerheid en die wederkoms Lees: Lukas 1:13-20 Teks: Lukas 1:18

Ons kan aanvaar dat daar dwarsoor die wêreld mense is wat in die Kersfeesviering deel, maar wat nie in die Here glo nie. Om

egter in die Bybel te lees dat iemand aan wie die koms van die Seun bekend gemaak is, ongelowig daaroor is en twyfel, is skokkend. Dit is wat gebeur met Sagaria. Hy kan die boodskap wat die engel aan hom gebring het net nie glo nie. Hy soek bewyse dat die inhoud van die boodskap die volle waarheid is. By Sagaria is dit in werklikheid wantroue in God se belofte.

Die blye viering van die eerste koms van die Here Jesus Chris-tus gryp na die wederkoms vooruit. Jou vreugde vanjaar moet gevul wees met daardie geloofsekerheid, anders is dit tevergeefs. Die oor-denking van die eerste koms van Jesus Christus moet tot jou se-kerheid van die wederkoms bydra.

184. Geloofsekerheid is noodsaaklik Lees: Lukas 1:26-28 Teks: Lukas 1:38a

Toe die boodskap van die koms van die Seun van God deur die en-gel aan Maria bekend gemaak is, het sy nie vir ’n oomblik daaroor

getwyfel nie. Tog moes daar ernstige vrae deur haar gemoed gemaal het. Hoe is dit moontlik? Wat sal Josef daarvan sê? Kan ’n vrou aan God se Seun op aarde geboorte gee en Hom in die lewe bring? In dit alles het Maria in geloof haarself tot God se beskikking gestel. Maria se optrede getuig van gelowige oorgawe aan die Here.

By die herdenking van die koms van Christus uit die maagd Maria moet jy vanjaar ook jou eie geloofsoorgawe aan die Here op-nuut toets. Is jy tot God se beskikking sodat dit wat God besluit het, deur jou werklikheid kan word?

Die Kersfeesherdenking vanjaar moet die volle sekerheid in jou werk en jou aktief in die geloof maak.

Page 18: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

18 slingervel november/desember 2012

dr. nico van der merwe

185. Die genade van die Here Lees: Lukas 1:39-45 Teks: Lukas 1:43

Die herdenking van die koms van Christus na die aarde toe as mens, uit die maagd Maria, vra van die gelowige nederigheid,

oot moed en oorgawe. Dít is die gesindheid wat uit die optrede van Elisabet straal. Die glans van haar geloof en nederigheid steek skerp af teen die hoogmoed en ongeloof van haar man, Sagaria.

Die vraag wat Elisabet aan Maria stel, is ’n vraag wat jy jouself ook vanjaar met Kersfees moet afvra. Waaraan het ek dit te danke dat die Here na my toe kom? God het immers in sy Seun Jesus Christus na jou toe gekom. Die antwoord op die vraag kom uit die Skrif. Dit is die genade wat jou Vader in die hemel vir jou beskik het. Jy verdien daar niks van nie, omdat jy in sonde leef. Dit is aan jou ge gee deur sy genade alleen. Daarop moet jy met ’n dankbare lewe antwoord.

186. Die onwrikbare geloof in Jesus Christus Lees: Lukas 2:25-58 Teks: Lukas 2:25c

Wie kinderlik glo, hou nooit op hoop nie. Dit word duidelik in die lewe van Simeon. Die bejaarde Simeon het nooit opgehou om

uit te sien na die koms van die Verlosser van Israel, die beloofde Mes sias, nie. Die hoop het hom nie beskaam nie. Die verwagting het lewend in hom gegroei. Daarom het God die verwagting vir hom vervul. Hy sien nie net die beloofde Messias nie, maar hy kan Hom ook in sy arms vashou.

Die wêreld rondom ons met alles wat gebeur, wil die hoop op ’n ewi ge toekoms in ons smoor. Satan wil hê dat gelowiges sy hoop op aardse dinge sal plaas en nie op God nie. Laat Kersfees ook vir jou, te midde van lewenssorge en lewensmoeite elke dag, ’n dag van hoop wees. Hierdie hoop op God se beloftes maak alles makliker vir elkeen wat in Jesus Christus glo.

187. In Jesus is die lewe ’n lied Lees: Lukas 1:46-55 Teks: Lukas 1:46-47

Kersfeestyd is ’n tyd van blydskap, vreugde en lofsange. Hartseer, treurigheid, terneergedruktheid, pessimisme pas nie by die Kers-

feesatmosfeer nie. Sang en lied en musiek pas in hierdie tyd! Daarom is die geboorte van Jesus Christus deur lofsange omhul (Sagaria s’n, Maria s’n, die engele s’n). Dit kan nie anders nie. Kersfees is vreugdetyd, want die boodskap van Kersfees is ’n vreugdeboodskap van groot blydskap. By die koms van Christus na die aarde toe, om verlossing te bewerk, hoort lofsange en vreugdeliedere.

Is hierdie Kersfeestyd vir jou só ’n vreugdetyd dat jy dit met die lofsange in jou eie lewe kan vul? Die genade van God in Jesus Christus is só groot dat die lewe van die gelowige in geheel met lof-sange, vreugdeliedere en dankbaarheidspsalms gevul moet wees. In Jesus is die lewe ’n lied.

188. Christus se plek as Heerser Lees: Psalm 2 Teks: Lukas 2:1

In die wêreld waarin Jesus Christus deur sy geboorte uit Maria kom, skyn daar vir Hom nie plek te wees nie. Dit is nie die heersende

koninkryk van Dawid waarin Jesus, as die Seun van God, gebore word nie, maar dit is die omvattende wêreldryk van Rome met die keiser as staatshoof. Die heersers van Rome hou die voet op die nek van die Jode. Hulle moet onderdanig wees aan die heidense heer-sers. Daarom is daar na aardse mate gemeet geen plek vir die koms van God se Seun nie.

Tog sê God, ja, daar is plek! Die sensus van keiser Augustus ge-bruik God as middel om sy Seun, soos dit in die Ou Testament beloof is, in Betlehem gebore te laat word (Miga 5:1).

Jesus Christus kom sodat Hy eenmaal as Koning oor alles in die hemel en op die aarde kan regeer (Matt.28:18).

189. Daar was nie plek vir Jesus nie Lees: Psalm 130 Teks: Lukas 2:2

Dit is nie net die wêreld wat nie gereed is vir Jesus Christus se koms en nie vir Hom plek het nie, dit wil voorkom asof die ver-

bondsvolk van die Ou Testament óók nie gereed is om die Seun van God te ontvang nie. Die warmte in die harte vir die koms van die Messias is nie teenwoordig nie. Die godsdiens het verstar tot kille vormdiens in die tempel en in die sinagoges. Nóg in Betlehem nóg in Jerusalem het die getuienis van die herders in verband met die geboorte van Jesus Christus uit Maria enige indruk gemaak. Die koms van Jesus Christus het in die harte van die verbondsvolk niks geroer nie, omdat hulle Hom as die beloofde Messias van die Ou Tes tament verwerp. Hulle lewe hulle kille en strakke daaglikse lewe onder goewerneur Sirenius.

Hoe is jou hart ingestel hierop? Is jy geroer?

190. Ruimte vir Jesus in jou lewe Lees: Lukas 2:1-7 Teks: Lukas 2:6-7

In die dorp waarin Jesus gebore word, Betlehem, is daar geen plek vir Hom nie. Die stad van Dawid het nie ruimte vir die beloofde

Messias van die Ou Testament nie. Die groot Seun van God uit die geslag van Dawid moet die eerste lewenslig in ’n stal aanskou, terwyl Hy in ’n voerkrip neergelê is. Alle huise en harte in Betlehem en in die ganse wêreld behoort vir die Seun van God oop te staan. Die Seun van God gaan egter van sy geboorte af die weg van skande en verwerping en isolasie sodat daar vir elke kind van die Vader ’n plek in die Vaderstad sal wees.

As daar in hierdie wêreld vir Jesus geen plek is nie, is die waar-heid des te meer opmerklik dat daar by Hom vir alle mense wat glo, plek is. Deur die geloof moet jy in jou lewe vir Jesus Christus volle ruimte maak.

191. Verlossing vir gelowiges Lees: Lukas 2:8-14 Teks: Lukas 2:8a

God se besluite is soms verrassend. Wie sou kon dink dat die skaap wagters die mees geskikte persone was om die nag van

Christus se geboorte eerste die boodskap te kry daarvan? God gaan in sy boodskap die priesters en Leviete, die skrifgeleerdes en die oudstes, die maghebbers en regeerders verby om die baie blye bood skap aan die eenvoudige herders bekend te maak. Eenvoudiger kan dit nie.

In die koninkryk van God gaan dit nie om menslike aansien en prestige nie. Die verlossing in Christus is nie vir vernames en hoog aanstaandes, die aristokrasie en elite gereserveer nie. Die ver-lossing in Jesus Christus is ook vir die eenvoudige gelowige be doel, inderdaad vir elke mens wat deur die geloof by Hom ingelyf is. Hier maak stand en status en aansien by mense nie saak nie.

192. Wees gereed vir die wederkoms Lees: Lukas 17:20-25 Teks: Lukas 2:8b

Is die tyd waarin Jesus in Betlehem gebore word, wel die geskikste tyd daarvoor? Hy het op ’n tyd gekom toe niemand Hom verwag

het nie. Niemand het vir sy koms gereed gemaak nie, behalwe die paar mense digby Hom. Eintlik is dit net Maria en Josef, Elisabet en Sagaria wat daarvan bewus was. Die res is onverhoeds oorval. Ons tyd is egter nie God se tyd nie. En God se tyd is altyd die allerbeste, selfs al lyk dit na aardse oordeel nie so nie.

So sal dit ook met die wederkoms van die Seun van God wees. Omdat ons God se tyd nie ken nie, moet ons altyd gereed wees vir die koms van die Seun op die wolke van die hemel. Laat toe dat die Gees deur die Woord jou daarvoor gereed maak!

Telkens as Gods Woord aan jou bedien word, is dit ’n tree nader aan die wederkoms.

Page 19: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 19

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Sy het Dawid deur die venster laat afsak (1

Sam. 19:12).3. Wat sal hulle doen wat nou huil? (Luk. 6:21).5. 'n Stad in die bergland (Jos. 15:49).7. Wees ____ saam en bid altyddeur (Luk.

21:36).8. Ek is bly om te sien dat julle goeie ____ hand-

haaf (Kol. 2:5).10. Dawid sê hy is tussen hierdie diere (Ps. 57:5).12. Die engel van die Here het in die ____ die

tronkdeure oopgemaak (Hand. 5:19)13. Die naam van Lea se eerste seun (Gen.

29:32).

AF1. Jesus het vir sy dissipels gesê: “Aan My is

alle ____ gegee in die hemel en op die aarde (Matt. 28:18).

2. Jeremia wou weet of hy vir Israel was soos 'n stikdonker ____ (Jer. 2:31).

4. Dit is nie aan die mens te danke dat hy nog die ____ kan geniet nie (Pred. 2:24).

5. Hulle doen dit omdat hulle nie die skrif ken nie (Matt. 22:29).

6. Die stem van die ____engel sal weerklink (1 Tess. 4:16).

7. Ons moet ons met die gedagte ____ (1 Pet. 4:1).

9. Een van die diere agter wie Dawid aangaan (1 Sam. 17:34).

11. Hoe kan ____ mens duisende agtervolg? (Deut. 32:30).

Page 20: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

20 slingervel november/desember 2012

Die messias is al in die Ou Saligmake

Bybelleesrooster vir Desember Dr. Nico van der Merwe

Saterdag 1 Desember – Lees: Genesis 3:1-24 (vs 15)Moenie moedeloos word nie: daar kom verlossing.

Sondag 2 Desember – Lees: Jesaja 74:10-25Ons sal juis nie alleen wees nie.

Maandag 3 Desember – Lees: Jesaja 11:1-16Sy Koningskap staan vas ...

Dinsdag 4 Desember – Lees: Miga 5:1-16... Al kom Hy uit die geringe Betlehem.

Woensdag 5 Desember – Lees: Jesaja 9:1-6 Hy bring die lig van redding.

Donderdag 6 Desember – Lees: Daniel 7:15-18Sy Koningskap is ’n ewige Koningskap.

Vrydag 7 Desember – Lees: Jesaja 25:6-9Hy sal die dood kom doodmaak.

Saterdag 8 Desember – Lees: Jesaja 27:1-9Hy sal versoening bring.

Sondag 9 Desember – Lees: Jesaja 42:1-7Hy sal jou nie breek nie, maar dra.

Maandag 10 Desember – Lees: Jesaja 35:1-10Hy bring ewige vreugde.

Dinsdag 11 Desember – Lees: Jesaja 60:8-22Hy bring geregtigheid en vrede.

Woensdag 12 Desember – Lees: Jesaja 8:23 – 9:6Hy bring vrede en voorspoed.

Donderdag 13 Desember – Lees: Jesaja 60:1-7Hy bring lig.

Vrydag 14 Desember – Lees: Psalm 71:1-8Hy bring veiligheid.

Saterdag 15 Desember – Lees: Numeri 21:4-9 (Joh. 3:14)Hy bring lewe.

Sondag 16 Desember (Versoeningsdag) – Lees: Genesis 31:1-18Hy is die God wat krag gee.

Maandag 17 Desember – Lees: Psalm 103:1-6Hy bring verlossing.

Dinsdag 18 Desember – Lees: Maleagi 2:17 – 3:5Hy bring vrede en oordeel.

Woensdag 19 Desember – Lees: Johannes 1:1-8Hy verdryf sondeduisternis.

Donderdag 20 Desember – Lees: Maleagi 3:1-5Die boodskapper kom maak die pad reg.

Vrydag 21 Desember – Lees: Lukas 1:5-25Die geboorte van die boodskapper word aangekondig.Saterdag 22 Desember – Lees: Lukas 3:1-20Luister na Johannes se voorbereidingspreek!

Sondag 23 Desember – Lees: Lukas 1:30-33; 2:21Jesus is vir jou Jesus.

Maandag 24 Desember – Lees: Lukas 1:20-38Die wonder van God se liefde vir ons.

Page 21: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 21

Testament as Verlosser en er belowe

Dinsdag 25 Desember (Kersdag) – Lees: Jesaja 9:1-6’n Kind is vir ons gebore.

Woensdag 26 Desember – Lees: Lukas 2:8-15Nou het jy vrede en blydskap .

Donderdag 27 Desember – Lees: Lukas 2:15-20Nou word jy ook ’n boodskapper.

Vrydag 28 Desember – Lees: Psalm 90:10-17Was elke dag van 2012 vir jou ’n geleentheid om die Here te eer?

Saterdag 29 Desember – Lees: 1 Timoteus 1:12-20Was die preke van 2012 vir jou iets werd?

Sondag 30 Desember – Lees: Psalm 139Jou Vader kyk in liefde na jou.

Maandag 31 Desember (Oujaarsdag) – Lees: Psalm 121God beskerm jou mos jaar in en jaar uit.

Page 22: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

22 slingervel november/desember 2012

As Verbondskind van die Herverlossin

Bybelleesrooster vir Januarie Dr. Nico van der Merwe

Dinsdag 1 Januarie – Lees: Efesiërs 1:3-10 (vs 4-5)Verlossing uit die hart van God.

Woensdag 2 Januarie – Lees: Romeine 10:5-15 (vs 14)Die goeie nuus word bekend gemaak.

Donderdag 3 Januarie – Lees: 1 Johannes 2:18-27 (vs 27)Die onderrig wat nie weer verdwyn nie.

Vrydag 4 Januarie – Lees: 1 Korintiërs 1:1-9 (vs 9)Geroep om met Christus te lewe.

Saterdag 5 Januarie – Lees: 2 Timoteus 3:10-17 (vs 15)Jou kennis van die verlossingsboodskap.

Sondag 6 Januarie – Lees: Johannes 17:13-23 (vs 22-23)Jou eenheid met Christus.

Maandag 7 Januarie – Lees: Efesiërs 4:1-13 (vs 12)Die kerk is die liggaam van Christus.

Dinsdag 8 Januarie – Lees: Lukas 7:36-50 (vs 48-50)Jy ontvang sondevergifnis deur die geloof.

Woensdag 9 Januarie – Lees: Matteus 18:21-35 (vs 35)Vergewe mense soos God jou vergewe het.

Donderdag 10 Januarie – Lees: Romeine 8:9-17 (vs 14)Kinders van God deur die Heilige Gees.

Vrydag 11 Januarie – Lees: Galasiërs 2:15-21 (vs 20)Jy lewe in Christus.

Saterdag 12 Januarie – Lees: Efesiërs 2:1-10 (vs 10)Deur Christus is jy God se nuwe skepping.

Sondag 13 Januarie – Lees: Romeine 8:1-11 (vs 3)God het deur Christus met die sonde afgereken.

Maandag 14 Januarie – Lees: Filippense 2:5-13 (vs 12)Jy moet heilig as ’n verloste mens lewe.

Dinsdag 15 Januarie – Lees: Handelinge 16:22-34 (vs 31)Geloof gee jou deel aan die verlossing in Christus.

Woensdag 16 Januarie – Lees: Jakobus 2:14-26 (vs 26)Jou geloof moet sigbaar word in wat jy doen.

Donderdag 17 Januarie – Lees: Lukas 24:36-49 (Hand. 2:38)Deur bekering moet jy jou lewe heeltemal omkeer.

Vrydag 18 Januarie – Lees: 1 Johannes 4:16-5:5 (5:3)Liefde tot God vra van jou gehoorsaamheid aan God.

Saterdag 19 Januarie – Lees: Hebreërs 10:32-39 (vs 36)Dit is noodsaaklik om in jou geloof te volhard.

Sondag 20 Januarie – Lees: Deuteronomium 1:19-21, 26-31 (Fil. 1:6)Jy word deur jou hele lewe deur God gedra.

Maandag 21 Januarie – Lees: Romeine 8:28-39 (vs 38)Jy kan seker wees van jou verlossing in Christus.

Dinsdag 22 Januarie – Lees: Deuteronomium 29:16-21 (Ps. 119:165)Is dit vir jou as mens moontlik om seker te wees?

Woensdag 23 Januarie – Lees: Psalm 73:21-28 (vs 24)In Christus staan jy uit die dood op in die lewe.

Page 23: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 23

re het Hy in Christus vir jou ng beskik

Donderdag 24 Januarie – Lees: 1 Tessalonisense 4:13-18 (vs 16)Jy behaal die oorwinning oor die sonde in Christus.

Vrydag 25 Januarie – Lees: 1 Korintiërs 15:50-58 (vs 57)Oorwinning oor die sonde kry jy net in Christus.

Saterdag 26 Januarie – Lees: 2 Petrus 3:3-13 (vs 13)God se wil heers in die ewige lewe hierna.

Sondag 27 Januarie – Lees: Openbaring 20:11-21:5 (21:3)God is in die ewige lewe by die mens.

Maandag 28 Januarie – Lees: Psalm 96:1-13 (vs 7-8)Eer aan God in die hoogste hemel.

Dinsdag 29 Januarie – Lees: 1 Petrus 1:3-9 (vs 9)Die doel waarom jy moet glo.

Woensdag 30 Januarie – Lees: Handelinge 2:36-41 (vs 40)Waarvan moet jy verlos word?

Donderdag 31 Januarie – Lees: Handelinge 4:5-12 (vs 12)Die enigste in wie verlossing moontlik is.

MA

RIN

A

Page 24: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

24 slingervel november/desember 2012

Dit is Kersfees en die sneeufl ok-kies sak aanhoudend neer

op die aarde. Klein Andries staan by sy kamervenster en kyk verwonderd uit na buite toe. Hulle woon hier in die koue land, maar elke keer as hy sien hoe die sneeufl okkies soos donsige veertjies uit die lug kom, bly dit vir hom maar te mooi.

“Môre, boetman. Het jy lekker ge slaap?” vra sy ma skielik agter hom en hy kyk met ’n glimlag om.

“Ja, dankie, Mamma. Kyk hoe mooi is dit buite,” sê hy dan en kyk saam met haar weer deur die venster.

“Dit is pragtig en ek wil hê jy moet my kom help om vir ons ’n mooi sneeuman hier reg voor ons voordeur te kom bou wanneer jy klaar jou pap geëet het.”

“’n Sneeuman? Is dit omdat dit Kersfees is of hoekom wil Mamma ’n sneeuman juis vandag hê?”

“Jy weet mos dat ons elke jaar met Kersdag ’n groot vuur in albei die kaggels maak … dat ons lekker kos maak en dat almal wat hier verby stap, welkom is om in te kom en saam met ons Kersliedere te kom sing, nè?”

“Ja, Mamma, maar wat het dit met die sneeuman te doen?”

“Ons gaan die een arm van die sneeuman bokant sy kop in die lug bou en ’n hoed in sy hand sit. Dit beteken ons groet al die mense wat hier verby stap. Dan gaan ons ’n karton met ’n boodskap om sy nek hang waaop ons gaan skryf. Almal wat wil inkom en ’n ietsie saam met ons eet en saam met ons sing, sal welkom wees … dit sal ons skryf. Ons gaan die groot stoepligte almal laat brand en fl ikkerliggies aan die boom langs die sneeuman hang sodat mense

Tannie Rika du Plessis

Kersfees vir ’n sneeumanduidelik die boodskap kan sien.”

“Ons het dit nog nooit voorheen gedoen nie, Mamma. Hoekom dan hierdie jaar?”

“Pappa sê dat baie mense hierdie jaar hulle werk verloor het en baie mense het nie meer ’n huis om in te woon of elke dag kos om te eet nie. Ons weet ons kan nie almal help nie, maar ons wil graag op hierdie mooi dag iets vir hulle doen. Vir een dag sal hulle ten minste kan lekker eet en saam met ons bly wees oor die geboorte van Jesus wat ons elke jaar op hierdie dag vier en vir Hom dankie sê vir al ons seëninge.”

“Hoe gaan al daardie mense van die dorp hiervan weet? Ons bly mos buite die dorp, Mamma.”

“Pappa het gehoor dat al die mense sonder huise vanaand deur die dorp en ook by die plase om gaan stap om Kersliedere te sing, so hulle sal almal hier by ons verby stap en dan kan hulle sien hulle is welkom om in te kom.”

“Nou is ek haastig dat ons daardie sneeuman bou. Kan ek sommer gou my pap eet?” vra Andries nou opgewonde.

Sy ma glimlag en stap saam met hom kombuis toe. Daarna trek sy hom warm aan en dan stap hulle na buite toe waar hulle stukkie vir stukkie aan die groot sneeuman begin bou. Teen middagete se kant is hulle kant en klaar. Die swart hoed is stewig bo die sneeman se kop aan sy hand vasgemaak en die karton met die vriendelike woorde op hang groot en duidelik leesbaar om sy nek.

Daardie aand sit klein Andries weer by ’n venster in die sitkamer naby die een kaggel. Sy ogies brand al soos hy kyk wanneer die mense dan gaan kom. En dan hoor hy die mooi stemme … stemme van mense wat almal saam Die Heiland is gebore sing en hy kyk in die rigting waaruit die stemme kom. Omtrent 20 mense kom met ligte in hulle hande deur die sneeu aangestap en sing. Hy sien hoe hulle by die sneeuman vassteek en skielik bly almal doodstil en gesels sag met mekaar sodat Andries niks kan hoor nie. Dan kom een man stadig na die voordeur toe en lui die klokkie. Andries draf saam met sy ma om die deur te gaan oopmaak en luister dan hoe sy hulle vriendelik innooi. Hy het gedink sy ma het hopeloos te veel kos gemaak, maar nou is hy bly dat sy het, want hierdie is ’n klomp mense wat duidelik baie honger is. Hy kyk na hulle terwyl hulle eet en in sy hartjie kom ’n groot blydskap dat hy deel kan wees van hierdie mense se een aand waarin hulle kan sien dat hulle nie vergete is nie. Hy maak stil sy ogies toe en sê dankie vir die Here vir ’n mamma en pappa soos syne wat gehelp het om dit moontlik te maak.

Veel later gaan sit hulle almal op die mat voor die kaggels en terwyl hulle na die fl ikkerende liggies en blink ornamentjies aan die Kersboom kyk, speel sy ma klavier en sing hulle verder lekker Kersliedere saam. Andries verwonder hom aan al die mense wat so gelukkig en tevrede lyk, al het hulle soveel probleme. En hy weet … dit is omdat hulle glo dat die Here, wie se geboorte hulle hier saam met hulle vier, wel vir hulle oplossings sal bring. Dit het laat geword voordat die mense begin opstaan het om verder te stap. Andries se ma het vir elkeen ’n sakkie eetgoed gegee waarvoor hulle baie dankbaar was en Andries het steeds met ’n baie lekker gevoel in sy hartjie gaan slaap. SV

Page 25: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 25

Teken 'n lammetjie ...MARINA

God het vir die skaapwagters gewys waar Jesus gebore is. Lees die verhaal in Lukas 2:8-20.Volg die stappe hieronder en teken 'n lammetjie.

Page 26: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

26 slingervel november/desember 2012

Kyk of jy met hierdie stelling saamstem: as daar iets buitengewoons plaasvind of jy neem ’n buitengewone verskynsel waar, soek ’n mens altyd ’n verklaring daarvoor, met ander woorde jy wil weet wat is die oorsaak daarvan of hoe is so iets moontlik. Dit is ’n ingebore eienskap en ’n groot gawe van die Skepper. Daarsonder sou die ou lewe maar kleurloos gewees het. Dink net: nie eens ’n bietjie nuuskierigheid nie. Geen belangstelling nie. Twee-uur in die nag … ’n geskuifel van voete in die voorhuis … jy hou asem op: daar moet ’n oorsaak wees van die geluid. Die raaisel moet opgelos word.

Dit sit in jou bloed – die oplos van raaisels, van probleme. Daarsonder sou ook geen vooruitgang of wetenskap moontlik gewees

het nie.Hoewel dit ’n Newton gekos het om te vra presies WAT laat ’n appel aarde toe val? Is dit nou dieselfde krag wat die reëndruppels laat val of wat die maan in sy baan om die aarde hou?

In die alledaagse lewe het sommige gebeurtenisse of verskynsels voor-die-handliggende verklarings; ander probleme word met ’n bietjie moeite opgelos, nog ander verg sommer baie kopkrap, maar party is menslik gesproke, onoplosbaar.

Wat die natuurwêreld betref, kan ons met ’n rede-like mate van veiligheid sê dat nie een verskynsel ten volle verklaar sal word nie. ’n Kindjie sal byvoorbeeld oor weerlig vra: “Wat is dit wat so skerp lig?” Antwoord: Weerlig. Daarmee is hy ’n ruk lank tevrede, soos wat die mense eeue lank was. Later: Waar kom die weerlig vandaan? Dan kom die antwoord: “Dit is die

Oom Attie Venter

’n Verklaring vir allesstem van die Here.” Dit is natuurlik in ’n sekere sin waar, soos wat die Here deur baie natuurverskynsels met ons praat. As ons natuurwetenskaplik wil wees, is die antwoord: “Dit is ’n elektriese vonk wat van die wolke na die aarde spring.” Nog later kom die vraag dalk: “Hoe kom die elektrisiteit in die wolke?” As ons nie weet nie, sê ons: “Die Here het dit daarin gesit.” As ons weet, sê ons: “Dit is ’n oormaat van elektrone wat ’n negatiewe lading gee…” ensovoorts.

Dit is maar die tipe vrae wat in die loop van baie jare, maar veral in die afgelope paar jaar, gevra en be antwoord is. Elke antwoord ontlok as’t ware ’n nuwe vraag en maak die wêreld meer “oop”. En hy wil ’n antwoord hê. Op sigself is daar seker niks mee verkeerd nie.

Reg en verkeerdWat wel verkeerd is, is dat ons die “wil van God,”

die “krag van God,” sy “Raadsplan,” gebruik vir dinge waarvoor ons nie natuurlike verklarings kan uitdink of “bewys” nie. Kan jy sien hoe God byvoorbeeld in die bogenoemde voorbeeld van die weerlig al verder teruggestoot word tot in die verste hoekie van die heelal waar ons nie kan bykom nie?

Kyk hoe onnosel was ons voorouers, dink ons miskien. Hulle het gesê dis die asem van die Here wat die plante laat skroei. Vandag weet ons dat dit warm wind is. En wind is bewegende lug. En lug is “maar net” suurstof plus stikstof met ’n paar ander gasse gemeng. En suurstof bestaan uit …

Nee, ons moet die Skepper nie reserveer vir dinge buite ons beheer of begrip nie. Dis alles of niks. Selfs vir die wetenskaplike is ’n donderslag die stem van die Here. Dit is wel beeldspraak in ’n sekere sin, maar geen niksseggende beeldspraak nie, want “die hemele vertel die eer van God en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. Die een dag stort vir die ander ’n boodskap uit, en die een nag kondig kennis aan … onhoorbaar is hulle stem”.

Dit help ook nie om te sê: “Ja, maar die mens sal nooit ’n lewende sel kan namaak nie …” Wie sê hy sal nie? Tog, al sou die mens oor sê 1 000 jaar die funksie van elke sel in die brein begryp, of selfs na kan maak, bly dit nogtans die skepping van God en moet Hy tog maar elke stroompie daarin bymekaar hou. Al kan die mens eendag laat reën net waar hy wil, bly dit, soos ook die kraan- en boorgatwater, ’n beskikking van God, en moet hy Hom eer en dank dat Hy hom as koning laat heers oor die natuurkragte, al is dit “tweede-in-bevel”. SV

Page 27: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2012 27

Page 28: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

28 slingervel november/desember 2012

Dr. Nico van der Merwe

Die mense rondom die krip~ Lukas 2:8-14 ~

Mens verstom jou vir die eenvoud van die evangelie. Die Seun van God, Jesus Christus, die Hoof van die Kerk en die Koning van God se koninkryk, is gebore! Aan wie

word dit bekend gemaak? Skaapwagters in die veld! God stuur spesiaal ’n menigte engele uit die hemel om hierdie blye evangelie aan eenvoudige skaapwagters, op wag by hulle skape in die veld, bekend te maak. God is wonderlik in sy optrede.

Dit is nie die priesters en die Leviete in die tempel in Jerusalem wat die boodskap eerste ontvang nie. Dit is ook nie die Skrifgeleerdes en wetsgeleerdes in die sinagoges aan wie die engele verskyn met die goeie boodskap nie. Die hemelse berig is nie vir die vooraanstaande Jode en die mense met aansien en prestige in die samelewing nie. Dit is nie die goewerneurswoning met sy prag en praal wat opgesoek word met die ewige boodskap nie. Dit is nie die keiser wat op sy troon in Rome sit wat die boodskap kry oor die geboorte van die Verlosser nie.

God stuur sy leërskare van engele na die eenvoudige skaapwag-ters wat by hulle skape in die veld nagdiens doen. Eenvoudiger

kan dit nie, maar dit is God se voorkeur; dit is God se me-tode.

Sy evangelie is nie net vir geleerdes bedoel nie. Sy genade is nie net vir voor aanstaandes nie. Sy blye boodskap is nie uit- sluitlik vir belangrike mense bedoel nie.

Dit is bedoel vir alle mense, ongeag stand of status, volk of taal, kultuur of land, kleur of afkoms. Herders hoor die kersprediking. Herders buig in aanbidding by die Kindjie in die krip. Hulle wat klein, gering, geag word, is ryklik begenadig deur die hemelse besoek van die engele van God aan hulle.

Niemand is te eenvoudig en te klein vir deelname aan die vreugde met die koms van die Messias nie. Jy is nie te ver, te sondig, te dom, te lelik, te eenvoudig nie. Christus het gekom vir elkeen wat glo.

Wie in ware, opregte, oorge-gewe geloof voor Christus buig, is geskik en gereed om al die seëninge van Hom te ont-vang! SV

Page 29: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2011 29

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Dirks, Cor. 2011. Die Uile in die verlore stad. 4e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 168 p.

Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-471-0. (Die Uile-reeks 6.)

DDie vyf Uile is deur mnr. Scholtz en sy vriend, oom Danie Pretorius, vir die Julievakansie op ’n safari na die Kalahari saamgenooi.

Die doel was om na die verlore stad waarvan in die geskiedenis melding gemaak word, te gaan soek, en as bonus te probeer om die diamanteskat te vind wat Jan Filander volgens oorlewering daar gelos het. Dit het ’n vakansie geword wat niemand ooit sou vergeet nie.

Die dapper Uile (en grootmense) het grootwild (leeus en ’n luiperd) platgetrek om hulle eie lewens te red, moes een van hulle maats uit die kronkels van ’n luislang red en het op die koop toe met ’n slinkse plunderbende Kalahari-Boesmans te doen gekry. Of hulle toe ooit die verlore stad en die diamante gevind het, moet die lesers maar self uitvind.

Die Uile in die verlore stad vertel van die Uile se lewensgevaarlike avonture en ontberings, hulle pret en die heerlike kameraadskap wat hulle op hier-die vakansie deurgemaak en ervaar het. Hierdie span nende verhaal met bekende karakters word in sprankelende, lekkerlees Afrikaans vertel. Nog ’n heer like tieneravontuur in die gewilde Uile-reeks.

Moeyaert, Bart. 2011. Broers. Uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo. Pretoria: Protea

Boekhuis. 158 p. Prys: R130,00. ISBN: 978-1-86010-441-3.

BBroers is ’n versameling sketse deur Bart Moe-yaert, die jongste van sewe broers. Hy ver tel interessante staaltjies uit die sorgvrye kinder-

lewe van hom en sy ses broers. Die broers staan in die boek bekend as “die Oudste, die Stilste, die Op-regste, die Verste, die Liefste, die Vinnigste en ek”. As die jongste was die skrywer altyd stomgeslaan oor die vindingrykheid en idees van die ander broers, al het hy meestal sy eie mening oor ’n stelling of gebeurtenis gehad – en dit soms ook gewaag om uit te spreek.

Die mees alledaagse en onbenulligste episode of

gebeure was deur die oë van die jongste ’n wonderlike avontuur. Al is Broers eintlik as jeugliteratuur bedoel, sal oud en jonk dit geniet.

Nordqvist, Sven. 2011. Die verjaardagkoek. Vertaal deur Daniel Hugo. Pretoria: Protea

Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-406-2.

PPettson wil vir sy kat, Fielies, ’n verjaardagkoek van pannekoekdeeg bak, maar ontdek dat sy meel op is. Hierdie feit lei tot ’n hele ketting-

reaksie gebeure wat op ’n humoristiese en vrolike wyse vertel word. Nog meel moet gekoop word, maar die fi ets waarmee Pettson wil dorp toe ry, se band is pap – die gereedskap om die lek te herstel, is in die skuur, maar die skuur se sleutel is soek ... en so hou dit aan.

Die kostelike kleurillustrasies vul die verhaal prag tig aan. Jong kinders sal die boek baie geniet en skaterlag as die storie aan hulle voorgelees word of wanneer hulle dit self lees en die illustrasies geniet. Die taalgebruik is skitterend. Hierdie boek sal ’n heer-like aanvulling tot enige kind se boekery wees.

Van Schalkwyk, Johan. 2011. Die Stiltetydbybel vir jongmense. Vereeniging: Christelike

Uitgewersmaatskappy. 721 p. Prys: R179,95. ISBN: 978-1-77000-944-8.

DDie Stiltetydbybel vir jongmense bevat die hele Nuwe Testament van die Nuwe Le wen-de Vertaling, toegelig met inspirerende oor-

denkings. Die oordenkings is in 365 dae ingedeel, sodat jongmense in een jaar doelgerig deur die Nu-we Testament kan lees. Die oordenkings is gerig op die daaglikse lewe, behoeftes en begeertes van jongmense. Dit wil leiding bied in die verskeidenheid situasies waarin hulle hulle daagliks bevend, sodat hulle die uitdagings van jonkwees met grasie en as kon sekwente Christene kan hanteer en geestelik ver ryk kan lewe.

In die “Inleiding” word sinvolle wenke gegee hoe om produktiewe en effektiewe stiltetyd te hou sodat jy God werklik in sy Woord kan ontmoet en hoor praat en die inspraak van die Heilige Gees in jou lewe kan

Page 30: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

30 slingervel november/desember 2012

ervaar. Aan die einde van elke oordenking word ’n kerngedagte vir nadenke in die leser se midde gelê – mag hierdie nadenke ook lei tot geestelike groei!

Die Stiltetydbybel vir jongmense sal ’n gewaar-deerde en kosbare geskenk vir enige jongmens (of volwassene) wees. Dit bevat volop stimulerende pitkos en kan ook met vrug in Bybelstudie- en bespre-kingsgroepe gebruik word.

Jacobs, Jaco. 2012. Professor Fungus en die zombie-tamaties. Geïllustreer deur Johann

Strauss. Pretoria: LAPA Uitgewers. 40 p. Prys: R60,00. ISBN: 978 0 7993 5262 7.

JJenny en Bennie gaan kuier vir professor Fun-gus, want hy het belowe om hulle met hulle we-tenskaptaak te help. Hy wil egter eers sy nuwe

kweekhuis vir hulle wys waar hy fantastiese groente kweek met sy spesiale Gou-gou-groei-formule.

Die tweeling is baie opgewonde om te sien hoe gou sy groente groei – dit is egter eienaardige groen-te soos onder andere winterspanspekke wat nies, aartappels wat met hulle ogies knipoog en brandrissies wat bloedrooi vlamtonge uitskiet. Professor Fungus mompel iets van ’n ongewone newe-effek, maar dan moet hulle vinnig uit die kweek huis vlug vir ’n woedende skare honger zombie-tamaties. Hulle vlug tot in die boomhuis waar hulle vasgekeer word. Saam kan hulle gelukkig ’n slim plan beraam om hulself te red, indien dit net gaan werk!

Hierdie ongewone avontuurverhaal bevat skreeu-snaakse situasies en ’n heerlike avontuur vir jong lesers. Die taalgebruik is gemaklik en prettig en die humoristiese kleurillustrasies dra by tot die genot van die verhaal.

As bonus word een van professor Fungus se eks perimente beskryf sodat lesers dit self tuis kan uittoets – hoe om elektrisiteit met ’n suurlemoen op te wek.

Kulot, Daniela. 2011. ’n Baie verliefde klein krokodilletjie. Vertaal deur Daniel Hugo. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00.

ISBN: 978-1-86919-513-7.

KKrokodil het snaakse simptome, maar hy is nie siek nie, hy is verlief! Hy is sommer baie verlief op Kameelperd. Die probleem is nou net wat

hy kan doen sodat sy hom raaksien wanneer hy op sy mooiste glimlag, want sy is baie groot!

In hierdie vrolike prenteboek word op humoristiese wyse vertel watter planne Krokodil alles maak om Ka-

meelperd se aandag te trek – hy land daardeur selfs in die hospitaal. Toe Krokodil regtig moed verloor dat hy ooit daarin sal slaag, gebeur die onverwagse ...

Hierdie skreeusnaakse prenteboek met sy prettige kleurillustrasies sal jong kinders laat skaterlag.

Ahmen, Hannah & Voakes, Brian, ontwerpers. 2012. 100 Papiervliegtuie. Geïllustreer deur

Andy Tudor. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-742-1.

HHierdie interessante boek stel jou in staat om ’n vliegkampioen te word. Daar is 100 pragtig geïllustreerde bladsye wat uitgeskeur en in

vier verskillende soorte perfekte vliegtuie gevou kan word – ’n deltavegvliegtuig, ’n gogga, ’n ruimte-vuurpylstraler en ’n sweeftuig. Nadat al die vliegtuie gevou is, behoort jy ook ’n kampioen vlieg tuigvouer te wees!

Die boek gee presiese en duidelike vou- en vlug-aan duidings, asook interessante wenke en voorstelle vir speletjies. Met hierdie boek kan enige kind of vol-wassene ure se heerlike pret beleef.

Jacobs, Jaco. 2012. Zackie Mostert druk ’n drie. Illustrasies deur Alex van Houwelingen. Pretoria: LAPA Uitgewers. 48 p. Prys: R60,00. ISBN: 978 0

7993 5497 3. (Zackie Mostert-reeks 6.)

ZZackie Mostert bly in Granaatstraat nes sy beste maat, Vincent – en natuurlik ook die boe lie, Anton Meyer.

Zackie en Vincent speel vir die B-span rugby en hulle geniet dit baie, al het hulle span nog geen drie gedruk of enige wedstryd gewen nie. Hulle sien vreeslik uit na die rugbytoer die komende vakansie, al is hulle afrigter juffrou Stander wat gedurig met haar kêrel oor die selfoon gesels – sy gee ten minste baie vir haar spannetjie om!

Na die wedstryd teen Parksig onttrek die borge en die rugbytoer word tot almal se teleurstelling afgestel. Almal glo dit is Zackie se skuld. Dan is daar ook nog die humoristiese episode met Anton se rubystewels wat ’n hele reeks gebeure en heerlike verrassings tot gevolg het. Gebeure neem eensklaps ’n ander wen-ding.

Hierdie skreeusnaakse storie sal jong lesers laat grinnik. Die taalgebruik is pittig en die karakterbeelding sodanig dat jong lesers wat mal is oor rugby, maklik met die karakters kan identifi seer vir ’n heerlike lees-g enot. SV

Page 31: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

slingervel november/desember 2011 31

Page 32: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelnov-des2012.pdf · slingervel november/desember 2012 5 1144 Chanté Smit (Secunda),

32 slingervel november/desember 2012

onsons pretbladpretbladLandros: “Ek sien die klag teen jou is dat jy jou Kersinkope te vroeg gedoen het.” Frikkie: “Ja edelagbare.” Landros: “Hoe vroeg?” Frikkie: “Voor die winkel nog oop was.”

“Wat is sewe plus sewe, Gideon?” “Twintig, Juffrou!” “Verkeerd!” “Sê my wat is sewe plus sewe, Robert?” “Woensdag, Juffrou!” “Verkeerd!” “Wat sou jy sê is die antwoord, Andries?” “Dis veertien, Juffrou.” “Reg, en hoe het jy op daardie antwoord gekom?” “Maklik, ek het net Woensdag van twintig afgetrek.”

Die matrikulant soek ná die eindeksamen werk in die staatsdiens. “Wat kan jy doen?” vra die indiensnemingsbeampte?“Niks!!”“Gaaf, dan hoef ons jou nie op te lei nie.”

Chris kom opgewonde by sy pa: “Ek het ’n plek gekry in die rugbyspan!” “Dis wonderlik!” sê sy pa. “Watter posisie speel jy?” “Skrumstarter, Pa.”

Klein Saartjie sit in die sitkamer en teken prentjies. Saartjie: “Pa, hoeveel soorte melk is daar?” Pa: “Laat ek dink: vars melk, poeiermelk, afgeroomde melk, dikmelk en beesmelk. Maar hoekom wil jy weet?” Saartjie: “Ek is besig om ’n koei te teken en ek wil net weet hoeveel spene om te teken!”

Hoe het die olifant in die groot akkerboom gekom? Hy het ingeklim toe die boom nog klein was. Hoekom is die olifant se pote so groot en plat? Dis van al die uitspringery uit die bome. Hoekom is die naald so moeg? Omdat hy nooit ’n oog kan toemaak nie.

Hansie: “Ma, kan ek langsaan by Dirk gaan speel?” Ma: “Met daardie gat in jou broek?” Hansie: “Nee, Ma, met Dirk.”

Onderwyser: “Corrie, wat is daardie groot knop op jou kop?” Corrie: “Dis waar my pa my met die somme gehelp het, Meneer!”

“Stefan, wat gaan jy word as jy eendag groot is?”“’n Ruimtereisiger, Juffrou!”“Dis mooi om soveel drome te hê, Stefan. Hoekom het jy dit besluit?”“My pa het gesê daar is niks op aarde waarvoor ek goed is nie.”

Julle moet die blokkiesraai só invul dat 1, 2, 3 en 4 dwars en af dieselfde woord spel. Hier is die leidrade. Ons maak dit so ’n bietjie makliker deur die antwoorde se letters te skommel:

Een van die mooiste bome met die pragtigste blomme 1. (broosomo). Die mens se siele-lewe word soms sy ……..lewe genoem 2. (gisiesep). Dit is ’n ……..middel daardie vir vlieë (lodikede). 3. Daardie gebeurtenis het ’n groot …….. in sy lewe gebring 4. (koermeme).

Wat is klein, rond en groen en val kort-kort oor sy eie voete? ’n Ertjie wat te groot is vir sy skoene! Hoe ken jy ’n Indiese en Afrika-olifant uit mekaar? Jy vra hulle paspoorte!

Casper: “Hoekom word motte nooit vet nie?” Douw: “Want hulle eet net gate.”

Die Wiskunde-onderwyser vra vir die matrikulant: “Wat sit en gaap jy vandag so in my klas, verveel die les jou dalk?”Matrikulant: “Nee, meneer, maar ek het in die vorige klas geen oog toegemaak nie.”

Karel strompel die kombuis binne met ’n bloeiende been sodat sy ma haar katswink skrik. “Wat het gebeur?” gil sy. “Ma, ’n hond het my onder in die straat gebyt!” “Het jy iets daarop gesit?” vra sy uitasem. “Nee Ma, hy’t daarvan gehou net soos dit is!”