17
Die Verloopfases van die Tegnologiese Proses

Die Verloopfases van die Tegnologiese Proses

  • Upload
    season

  • View
    122

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die Verloopfases van die Tegnologiese Proses. 10 Stappe van die Tegnologiese Proses. PROBLEEMSTELLING ONTWERPVOORLIGTING ONDERSOEK VOORLEGGING AANVANKLIKE IDEES NAVORSING ONTWIKKELING VAN DIE GEKOSE IDEE BEPLANNING MAAK/VERVAARDIGING TOETS, EVALUERING EN VERBETERING. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Die Verloopfases van die Tegnologiese Proses

Page 2: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

1. PROBLEEMSTELLING2. ONTWERPVOORLIGTING3. ONDERSOEK4. VOORLEGGING5. AANVANKLIKE IDEES6. NAVORSING7. ONTWIKKELING VAN DIE GEKOSE IDEE8. BEPLANNING9. MAAK/VERVAARDIGING10. TOETS, EVALUERING EN VERBETERING

10 Stappe van die Tegnologiese Proses

Page 3: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Tydens hierdie fase moet die tegnoloog (die leerders in die tegnologieklaskamer) die probleem of behoefte identifiseer waarvoor daar ʼn oplossing gevind moet word.

Dit word gewoonlik in ʼn enkele sin of twee as ʼn probleemstelling verwoord.

PROBLEEMSTELLING

Page 4: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

As die tegnoloog weet wat die probleem of behoefte is waarvoor daar ʼn oplossing gevind moet word, kan die tegnoloog in samewerking met die kliënt (wat die probleem ondervind of behoefte ervaar) ʼn ontwerpvoorligting formuleer.

Dit is tipies een of twee sinne wat breedweg aandui wat ontwerp behoort te word ten einde die probleem op te los of behoefte te bevredig.

ONTWERPVOORLIGTING

Page 5: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

In sekere gevalle sou die kliënt dit direk aan die tegnoloog kon kommunikeer

Page 6: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Noudat die tegnoloog weet wat die probleem of behoefte is, en watter produk breedweg as moontlike oplossing versamel word. Daar sou ondersoek ingestel kon word na bestaande produkte of aspekte daarvan wat as moontlike oplossings kon dien.

Die beskikbaarheid en bekostigbaarheid van geskikte materiaal waaruit die produk gemaak kan word, kan vasgestel word.

ONDERSOEK

Page 7: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Tydens die voorleggingsfase kry die tegnoloog geleentheid om sy tentatiewe oplossing met die kliënt te bespreek.

Dit bied ook geleentheid om te kontroleer of die probleem korrek geïdentifiseer en geïnterpreteer is.

VOORLEGGING

Page 8: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Die kliënt moet min of meer ʼn aanduiding kry van die produk wat voorsien word, die spesifikasies daarvan (afmetings, ens), en ʼn tydraamwerk hoe lank dit sal neem om te voltooi.

Page 9: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Sodra die kliënt tevrede met die rigting is wat die tegnoloog wil inslaan, kan die tegnoloog begin om idees daar rondom te ontwikkel.

Tydens hierdie kreatiewe fase plaas die tegnoloog sy/haar idees op papier by wyse van vryhandsketse

Deur middel van kritiese analise word die verskillende idees ten opsigte van hulle voor- en nadele teenoor mekaar opgeweeg

AANVANKLIKE IDEES

Page 10: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Uiteindelik kies die tegnoloog een idée wat verder ontwikkel sou kon word.

Page 11: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Dikwels is daar enkele aspekte van die gekose idée wat problematies is in die sin dat die tegnoloog onseker is hoe om dit te hanteer.

Ten einde antwoorde vir hierdie problematiese aspekte te vind, is navorsing daaroor nodig

Navorsing impliseer ʼn meer indringende en gerigte soektog na inligting as die aanvanklike ondersoek.

NAVORSING

Page 12: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Navorsing word gedoen om probleem op te los en om vrae met betrekking tot die problematiese aspekte van die gekose idée te beantwoord ten einde dit tot ʼn werkbare oplossing te ontwikkel.

Page 13: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Die resultate van die navorsing gee aanleiding tot die ontwikkeling en verfyning van die problematiese aspekte van die gekose idée.

ʼn Finale idée kry gestalte wanneer al die problematiese aspekte van die gekose idée uitgestryk is.

ONTWIKKELING VAN DIE GEKOSE IDEE

Page 14: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Sodra die finale idée ontwikkel is, kan daar vir die maak van die produk beplan word. Tydens die beplanningsfase word ʼn werkstekening (volgens skaal en met afmetings) met behulp van tekengereedskap geteken.

 ʼn Lys van al die onderdele van die produk, die groottes daarvan, en die materiaal waarvan dit gemaak moet word, word saamgestel.

BEPLANNING

Page 15: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

ʼn Lys met die gereedskap wat benodig word, word ook opgestel.

Die volgorde van die stappe waarin die produk gemaak gaan word, word op ʼn vloeidiagram aangedui. ʼn Tydskedule word ook opgestel.

Page 16: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Tydens die maakfase word daar uitvoering aan die voorafgaande beplanning gegee. Die produk wat gemaak word, moet in ooreenstemming met die werkstekening wees.

MAAK/VERVAARDIGING

Page 17: Die  Verloopfases  van die   Tegnologiese Proses

Toetsing is ʼn belangrike deel van ontwerp. Dit dui aan of die oplossing werk en indien wel, hoe goed dit werk.

Die funksionering van die produk kan getoets word (of dit werk of nie) of herhaaldelike toetse kan nodig wees om betroubaarheid te peil. As resultaat van die toetsing van die produk, mag dit nodig wees om verdere ontwerpwerk te doen om dit te verbeter, of selfs om die produk te herontwerp.

TOETS, EVALUERING EN VERBETERING