31
TEGNOLOGIE GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING Gestandaardiseerde Taak vir Assessering Afdeling A Graad 9 2009 ONDERWYSERSGIDS Tyd: 4 ure Punte: 120/2 = 60 No. Bladsye: 31

GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

TEGNOLOGIE

GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING

Gestandaardiseerde Taak vir Assessering

Afdeling A

Graad 9

2009

ONDERWYSERSGIDS

� Tyd: 4 ure

� Punte: 120/2 = 60

� No. Bladsye: 31

Page 2: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

2

INH

OU

DS

BL

AD

Taa

k

Ko

ntek

s / Inh

ou

d

LU

A

S

Ak

tiwiteite

Ty

d

Pu

nte

Ko

gn

itiewe v

lak

ke

Ben

od

igd

hed

e

Een

P

lekk

e om

te bly

L

U: 1

LU

: 3

AS

: On

derso

ek

AS

: Imp

ak

1

Nav

orsin

g: T

aak

Ind

ivid

ueel

30 m

inu

te 1

6

Ken

,verstaan

en

toep

assing

Tw

ee T

ermin

olo

gie en

skale

aangaan

de h

uise

LU

:1

LU

:2

Teg

nolo

giese P

roses

Stru

ktu

re

1

On

derso

ek

Gro

epw

erk

15 m

inu

te 1

0

Ken

en to

epassin

g

T

ermin

olo

gie en

skale

aangaan

de h

uise

LU

:1

LU

:2

Teg

nolo

giese P

roses

Stru

ktu

re

2

Kom

mu

nik

asie In

div

idu

eel 2

0 m

inu

te 0

6

Ken

en to

epassin

g

Sak

reken

aar

P

lanev

aluasie

LU

:1

LU

:2

Teg

nolo

giese P

roses

Stru

ktu

re

3

Gev

allestud

ie G

roep

2

0 m

inu

te 1

2

An

alisering

To

epassin

g

Evalu

ering

Potlo

od

en p

en

Drie

Grafiese k

om

mu

nik

asie L

U:1

On

twerp

Maak

Kom

mu

nik

eer

1

On

twerp

en

kom

mun

ikasie

Gro

ep

25 m

inu

te 1

2

Beg

rip

Verstaan

Potlo

od

en p

en

O

ntw

erp en

kom

mun

ikasie

LU

:1

On

twerp

Maak

Kom

mu

nik

eer

2

Fo

rmele tek

enin

g

Ind

ivid

ueel

20 m

inu

te 8

K

en

Verstaan

To

epassin

g

Potlo

od

en p

en

Uitg

ebreid

e

geleen

theid

Voorsien

ing v

ir fisiese

gestrem

dh

eid

Uitg

ebreid

e

geleen

theid

Uitg

ebreid

e geleen

theid

Uitg

ebreid

e

geleen

theid

Uitg

ebreid

e

geleen

theid

Uitg

ebreid

e

geleen

theid

06

T

oep

assing

Ken

Verstaan

Vier

On

twerp

kw

essies en

grafiese v

aardig

hed

e

LU

:1

Evalu

eer

On

twerp

Maak

Kom

mu

nik

eer

1

Evalu

asie en

On

twerp

Ind

ivid

ueel

35 m

inu

te 1

5

Verto

lkin

g

Evalu

eer

To

epassin

g

Evalu

ering

Potlo

od

en p

en

O

ptim

ale geb

ruik

van

materiale

LU

:1

Evalu

eer

On

twerp

Maak

Kom

mu

nik

eer

2

Tak

e In

div

idu

eel 1

0 m

inu

te 1

0

Evalu

ering

Ken

Potlo

od

en p

en

Vy

f H

idro

liese en an

der

meg

anism

es

LU

:1

Evalu

eer

On

twerp

Maak

Kom

mu

nik

eer

1

Pro

jek

Ind

ivid

ueel

20 m

inu

te 1

6

Verstaan

Ken

An

alisering

Potlo

od

en p

en

M

aak

LU

:1

Evalu

asie

Maak

Kom

mu

nik

eer

.2

Pro

jek

Gro

epw

erk

50 m

inu

te 1

4

An

alisering

Evalu

ering

Ken

To

epassin

g

Insp

uitin

gs, h

out,

strooitjies en

enig

e

gep

aste en k

oste-

effektiew

e materiale

To

taal

240

min

ute

120

Page 3: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

3

WAAROOR HANDEL HIERDIE GTA?

Hierdie Gemeenskaplike Taak vir assessering (GTA) is ontwikkel in die raamwerk van die Nasionale

Kurrikulum Stelling (NKS) en word nasionaal geïmplementeer.

Dit bestaan uit twee afdelings:

Afdeling A (60 %), wat al drie Leeruitkomste dek, fokus op Ontwerp, het ‘n sub-fokus op Hidrolika en word

gedoen as ‘n kort leerprogram.

Afdeling B (40 %), wat alle oogpunte van LU2 dek, naamlik Strukture, Stelsels & Beheer en Prosessering en

sommige oogpunte van LU1, word gedoen as ‘n een uur eksamen.

OMVANG VAN DIE GTA

Die 2009 GTA gebruik Impak van Tegnologie en Vooroordeel as ‘n onderliggende tema. Daar word van

professionele tegnoloë verwag om daartoe in staat te wees om kwessies wat hulle nie direk raak nie te kan

verwerk, en hulle moet navorsing doen ten einde die spesiale behoeftes van watter groep ookal waarvoor hulle

ontwerp, te verstaan.

Soos moderne medisyne verbeter, oorleef al meer mense tot ‘n hoë ouderdom en die behoeftes van die

bejardes moet dikwels deur die jonger geslag aangespreek word. Ekonomiese klimate dra ook by tot die

hervorming van die uitgebreide familie-eenheid waar bejaardes by hulle kinders of kleinkinders gaan woon

omdat ouetehuise onbekostigbaar geword het vir ons grootouers. In baie gevalle word die pensioen van die

ouer familielede gebruik om die hele uitgebreide “familie” te onderhou omdat werkloosheid ‘n realiteit bly.

Die jonger generasie moet leer om die waarde van die bejaarde lede van die gemeenskap te waardeer en om

aan hulle spesiale behoeftes te dink.

Afdeling A is ‘n kort leerprogram wat hoofsaaklik fokus op die ontwerp in die konteks van die behoeftes van

bejaarde mense. Bejaardes word gewoonlik meer fisiek gestrem soos die jare aanstap. Soos hulle ouderdom

vorder gaan hulle fisiese vermoëns algemeen agteruit totdat hulle hulpmiddels soos looprame en rolstoele

moet gebruik. Dit lei daartoe dat daar aanpassings aan hulle leefomgewing gemaak moet word. Indien ‘n

bejaarde grootouer by die familiehuis intrek moet daar veranderinge gemaak word aan die ingange,

badkamers, toilette, meubeluitleg, ens.

Leeruitkoms 3: Die leerder is daartoe in staat om sy begrip van die verhouding tussen tegnologie, die

gemeenskap en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard: • IMPAK: Herken en identifiseer die impak van tegnologiese ontwikkelings op die kwaliteit van mense se

lewens en die omgewing waarin hulle woon en stel strategieë voor om enige ongewenste effekte te

verminder.

• VOOROORDEEL: Verskaf getuienis wat besonderhede van opinies gee, gerugsteun deur feitlike

getuienis oor vooroordeel (ras, geslag, ouderdom, toegang) om tegnologiese besluite te neem en stel

strategieë voor om herstel te bewerkstellig.

Leerders sal ondersoek hoe huise aangepas moet word om te voldoen aan die behoeftes van ‘n bejaarde

persoon wat ‘n impak sal hê op die kwaliteit van sy/haar lewe as ons die ongewenste effekte verminder van ‘n

lewensomgewing wat vir normale mense ontwerp is. Soos hulle dit doen sal leerders die geleentheid kry om te

besin hoe die meeste leefareas nie ontwerp is om aan bejaarde en swak persone voldoende toegang te gee nie

(vooroordeel). Hulle maak ontwerpvoorstelle wat geskik is vir die behoeftes van ‘n bejaarde familielid wat by

die familie kom woon.

Leerders sal ‘n swak ontwerpte kenmerk ondersoek wat veronderstel is om fisiese gestremdes te help, hulle sal

dit herontwerp en die nodige verbeteringe aanbring sodat dit die doel daarvan voldoende kan bevredig.

Leerders sal hulle kennis van hidrolika en hefbome gebruik, wat ontwikkel is dwarsdeur die GET band, om ‘n

toestel te ontwerp wat daartoe in staat sal wees om ‘n pasiënt in ‘n rolstoel veilig in ‘n ambulans te laai vir

vervoer na ‘n hospital of kliniek. Hierdie taak oor ontwerp en maak vereis dat die skool die nodige materiale

voorsien vir die hystoestel, wat die meganiese voordeel voorsien deur die gebruik van hidroliese beginsels en

hefbome.

Page 4: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

4

Die sleutelkwessie is dat die leerders ‘n begrip van die gebruik van tegnologiese beginsels demonstreer om ‘n

probleem te oorkom. Die hidrolika en hefbome van hulle toestel moet die taak om die rolstoel op te lig

makliker maak en moet ook die las tot die verlangde hoogte oplig. Onderwysers mag hul eie hoogte stel in

terme van die gekose skaal – hierdie keuse mag beïnvloed word deur die hoeveelheid en tipe hulpmateriaal

wat beskikbaar is vir hul klasse.

Neem kennis dat waar daar ‘n meganiese kragvoordeel is, daar altyd ‘n hoogte nadeel sal wees. Met ander

woorde, as dit makliker is om op te lig, sal dit nie baie hoog oplig nie. Die leerders se ontwerpe moet

voorsiening maak vir hierdie kompromie wanneer hulle die hystoestel ontwerp om beide sterk genoeg te wees

en om hoog genoeg te kan lig.

Alle GTA take moet by die skool gedoen word. Leerders sal ook geleentheid kry om hul eie navorsing by

die huis te doen; en sal dus in staat wees om kwaliteit terugvoer te gee by die skool. Alle navorsing moet in

hulle eie woorde weergegee word en alle bronne van inligting moet erken word in ‘n toepaslik gestruktureerde

bibliografie. (Hulle behoort nou al te weet hoe om ‘n bibliografie te struktureer)

Hulle moet plagiaat vermy en onderwysers moet enige leerder straf wat hieraan skuldig is. Wees op die uitkyk

vir Amerikaanse spelwoorde, woordeskat wat nie tipies aan Suid-Afrikaanse tieners is nie en stukke teks wat

blindelings gekopieër en in dokumente gebruik is. Leerders moes geleer gewees het hoe om op te som en hoe

om vlugtig deur artikels te lees om toepaslike inligting te identifiseer.

BESTUUR VAN DIE GTA

Afdeling A is ‘n Leerprogram met ‘n spesifieke fokus en tel 60 %. Dit moet in die klas, onder jou leiding

gedoen word. Soos met enige Leerprogram sal jy leiding en vormende terugvoer verskaf soos die leerders deur

die take vorder. Sommige oogpunte mag voorbereidende onderrig verlang, veral as jy nie op ‘n spesifieke

oogpunt deur die jaar gefokus het nie, bv. 3de

hoek Ortografiese Tekening. Afdeling A van die GTA moet

gefasilliteer word deur die Leerarea onderwyser en onder geen omstandighede mag nie-tegnologie

onderwysers toesig hou nie.

Afdeling B is in eksamenformaat en tel 40 %, en sal onder toesig geskied. Hierdie GTA is onafhanklik van

Afdeling A omdat dit vrae bevat wat gebaseer is op die werk wat gedoen moes word gedurende die jaar

volgens jou skool se DAS program wat alle Assesseringstandaarde van Tegnologie bevat.

Fasilliteer leerder vordering soos hulle deur die Afdeling A aktiwiteite werk. Moenie toesig hou nie, maar

neem eerder aktief deel as jy die GTA bestuur, leiding gee en leerders deurlopend assesseer. Verduidelik

ingewikkelde begrippe en vreemde terminologie indien die leerders dit nie verstaan nie. Gee terugvoer

wanneer nodig om hulle te help om te verstaan. Jy mag, indien nodig, die GTA vir ‘n dag of wat opskort

indien jy tyd nodig het om ‘n vaardigheid te ontwikkel wat voorheen agterweë gelaat is. Die take is ontwikkel

as klaswerkaktiwiteite en sal in die normale tydrooster toegestaan aan Tegnologie, inpas, wat 8% is wat

132 minute in ‘n vyfdag-siklus is.

Tyd-vir-take [N.B.]

Elke aktiwiteit het ‘n voorgestelde tyd. Hierdie tyd was geskat as die tyd benodig om die aktiwiteit te voltooi –

dit sluit nie vooraf lees, voorbereiding van materiale en skoonmaak agterna in nie. ‘n Uitkomsgebaseerde

benadering moet “leerdersentries” wees sodat die tyd-vir-take in Afdeling A as ‘n aanbeveling beskou word en

daar ‘n mate van buigsaamheid toegelaat kan word. Stadiger leerders kan dus ge-akkommodeer word, maar

moenie dat tydvermorsers wegkom met doelbewuste taktiek nie. Die GTA moet voltooi word binne die

toegelate tyd vir die verloop van die GTA proses.

Afdeling B word geskryf onder eksamentoestande. Dit is ‘n twee-uur vraestel, maar die tyd moet geneem word

vanaf die tyd dat leerders opdrag gegee word om te begin skryf. Vooraf leestyd moet toegelaat word, veral

waar leerders ‘n LOLT gebruik wat nie hulle huistaal is nie. Indien nodig mag terminologie en die betekenis

Page 5: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

5

van ‘n vraag verduidelik word. Vir hierdie rede word dit aanbeveel dat die Tegnologie onderwyser(s)

teenwoordig is in die eksamenlokaal of beskikbaar is om deur die klaskamers to sirkuleer waar Afdeling B

geskryf word.

ASSESSERING

Elke aktiwiteit bevat vrae wat die leerders se begrip van die onderwerp peil. Daar is ‘n balans tussen meer en

minder uitdagende vrae. Insig vrae word meer punte toegeken as vrae wat slegs gebaseer is op die herroep van

kennis. Rubrieke, memorandums en merkskale sal gebruik word vir die assessering van toepaslike aktiwiteite,

bv. spandinamika, grafiese vaardighede, ens.

VEILIGHEID

Dit is belangrik vir onderwysers en leerders om aan veiligheidsfaktore te voldoen. Sommige van die

aktiwiteite wat gedoen word in die GTA vereis die gebruik van hulpmiddels en materiale wat streng beheer

moet word deur onderwysers, want dit mag ‘n gevaar inhou vir leerders indien dit nie effektief bestuur en

beheer word nie.

UITGEBREIDE GELEENTHEID

‘n Geleentheid is geskep om leerders die kans te gun om hulle punte te verbeter deur addisionele werk.

Alhoewel dit ekstra merkwerk vir jou beteken, moet dit regtig beperk word tot die paar leerders wat genoeg

gemotiveer is om te probeer om die ekstra punte te verwerf. Volgens jou oordeel kan ‘n Uitgebreide

Geleentheid aan leerders gegee word wat alreeds die assessering standaard bereik het, maar wat bereid is om

hulle prestasie te verbeter; die onderwyser kan dus die beste prestasie van die twee aanteken. Bykomend kan

leerders wat nog nie hulle vaardigheid getoon het nie uitgebreide geleenthede gegee word om hulle

vaardigheid te toon.

HULPMIDDELS:

Dit is ‘n beginsel van Uitkomsgebaseerde Onderrig dat “Skole die omstandighede skep vir sukses.”

In hierdie verband moet skole groepe van vier leerders van inspuitings voorsien wat gebruik word om hulle

model vir die hidroliese rolstoel-hystoestel te bou. Ten minste twee inspuitings, een groot en een klein, sal per

groep benodig word (afhangende van hulle ontwerp), om hulle in staat te stel om die werking van hulle toestel

te demonstreer. Indien voorraad beperk is, kan groepe beurte maak om die inspuitings te gebruik om die

doeltreffendheid van hulle onderskeie toestelle te vertoon. Hefbome en verbindings vir die toestel kan van

verskillende geskikte materiale gemaak word, wat ‘n verskeidenheid insluit van opgetelde materiale soos

stokkies, riete, bamboes, sterk gras en karton tot aangekoopte materiale soos tappenne, sosatiestokkies en

plastiekverbindings.

Page 6: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

6

TEMA: ONTWERP VIR LEWE

SUB-TEMA: OORWEEG DIE LEWENSKWALITEIT VAN ANDER

BEGINSELS: SOSIALE GEREGTIGHEID, MENSEREGTE en INKLUSIWITEIT.

Die Kritiese en Ontwikkelingsuitkomste, gelys in die Leerderboek, was gebruik gedurende die beplanning van

hierdie GTA.

Benodigdhede:

Leerders moet alle ondersoeke, antwoorde op vrae, sketse en werkstekeninge in ‘n GTA portefeulje plaas.

Hoe moet jy assesseer?

Leerders sal ge-assesseer word op hulle vermoë om:

• Te ondersoek:

� die behoeftes van ‘n spesifieke bevolkingsgroep (bejaardes en/of fisies gestremd)

� die herkenning van vooroordeel omdat hulle behoeftes gereeld geïgnoreer word

� die impak van oplossings op fisiese gestremde persone en hulle lewenskwaliteit.

• Navorsingsinligting

• Identifiseer ‘n probleem of geleentheid van ‘n gegewe konteks

• Evalueer ‘n produk teen ‘n gegewe punteskaal.

• Evalueer ‘n bestaande ontwerp in terme van geskiktheid en stel verbeteringe voor.

• Kommunikeer – Bied insette in ‘n logiese en goedgestruktureerde manier aan.

• Gebruik en bestuur bronne op ‘n volhoubare manier.

GEMEENSKAP EN DIE OMGEWING Opstel van die toneel

Verdeel jou leerders in groep van 4 of 6 leerders vir die meeste aktiwiteite.

Neem asb. kennis dat wanneer gemeenskapsprobleme geanaliseer word, dit belangrik is dat hulle dink aan die

beginsels van sosiale geregtigheid, menseregte, inklusiwiteit van gemeenskapslede en ‘n gesonde omgewing.

KONTEKS

As gevolg van die stygende lewenskoste kom ‘n bejaarde, fisies gestremde grootouer by jou familie bly.

Verblyf moet aangepas word vir die persoon. Leerders moet die behoeftes en belange van ‘n verskillende

ouderdomsgroep as hulle eie oorweeg. Dit sal van hulle verwag word om die probleme na te vors en om ‘n

graad van empatie aan bejaardes te betoon.

Page 7: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

7

OPDRAG: NAVORSING

PLEKKE OM IN TE LEEF

Aktiwiteit 1. Navorsing Tyd: 30 minute Punte: 16 �

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE AANGESPREEK:

LU1: Die leerder is daartoe in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en

verantwoordelik toe te pas deur die toepassing van toepaslike Inligting en

Kommunikasie Tegnologie

AS

Ondersoek: Identifiseer en verduidelik ‘n probleem, behoefte of geleentheid van ‘n

gegewe regte lewe situasie en ondersoek die verband, die aard van die behoefte, die

omgewingsituasie en die mense betrokke.

AS Ondersoek: Analiseer bestaande toepaslike produkte gebaseer op sleutelaspekte van

ontwerp: Mense, Doel, Veiligheid, Koste, en Ergonomika.

AS

Ondersoek: Gebruik ‘n verskeidenheid beskikbare tegnologië en metodes om: op te

spoor (gebruik biblioteekverwysingstelsel, Databasis ondersoeke, inhoudopgawes,

ens.), by mekaar te maak (vraelyste, data kollekteervorms, versoeke vir inligting,

inligting soeke, literêre waarnemings, ens.), te vergelyk, sorteer, verifieer en evalueer.

LU3: Die leerder is daartoe in staat om sy begrip van die verhouding tussen tegnologie, die

gemeenskap en die omgewing te toon.

AS Impak: Herken en identifiseer die impak van tegnologiese ontwikkelings op die

kwaliteit van mense se lewens en op die omgewing waaring hulle lewe en lewer

voorstelle om enige ongewenste effekte te verminder.

Jy sal op die volgende ge-assesseer word:

• Kennis van die werksmeganisme van ‘n rolstoel

• Kennis van veiligheidsaspekte moet in berekening gebring word wanneer met sekere -

Tegnologiese produkte gewerk word

• Kennis van die funksies van verskillende meganiese stelsels en hoe dit verbeter of aangepas

kan word om sekere kondisies te bevredig.

Die mens se liggaam is in staat tot ‘n wye verkeidenheid van ingewikkelde bewegings. Hierdie

bewegings is nodig om ons daaglikse take te verrig. In die meeste gevalle, wanneer mense huise

ontwerp, kyk hulle na die menslike liggaam en sy bewegings in die huis. Goed-ontwerpte huise laat

gemaklike beweging na en van die huis en daarin toe. In die huis word vaste onderdele soos

deurhandvatsels, traprelings en trappe so ontwerp dat dit die menslike liggaam toelaat om gemaklik

te beweeg.

As jy ouer word en beweging word moeiliker, is dit noodsaaklik om in ‘n huis te leef wat jou fisiese

beperkings in ag neem sodat jy gemaklik kan rondbeweeg.

1. Maak ‘n lysie van die moontlike behoeftes van ‘n bejaarde persoon in ‘n rolstoel of met ‘n

loopraam met betrekking tot verblyf. (Jy mag onderhoude voer met bejaarde persone om ‘n idee

te kry van hulle daaglikse probleme.) (4 x ½ ) = [2]

Maklike ingang en uitgang by die huis, werk, kliniek – opritte, sagte helling trappe.

Handrelings op trappe, langs opritte, langs baddens, toilette, ens. Enkel verdiepinghuise, winkels, klinieke, werksplekke OF hyser na boonste vloere, ens.

Glipvrye vloere, wye gange en deure ... wyd genoeg vir ‘n rolstoel.

Taak

� 30 Minute �16 Punte

1

Page 8: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

8

Sleutelkwessies: maklike toegang ����/ veiligheid���� (Klassifiseer leerderantwoorde in

hierdie twee kategorië)

2. Wat moet jy in aanmerking neem met betrekking tot veiligheid wanneer ‘n huis ontwerp word

vir so ‘n persoon? Gee TWEE voorstelle [2]

Toegang: opritte, wye deure, wye gange, hysers, naby parkering, glipvrye vloere. �

Veiligheid: handrelings op tappe/opritte, veligheidsreling op opritte, handrelings naby bad/toilet.�

Aanvaarbare alternatiewe: gemaklike en stewige meubels.

Page 9: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

9

3. Kyk na die prente hieronder en antwoord die vrae wat volg.

a) Identifiseer die probleme wat ‘n bejaarde persoon wat ‘n rolstoel of ‘n loopraam gebruik sal

ondervind indien hy/sy in hierdie huis bly. Identifiseer TWEE probleme per kamer. Skryf jou

antwoorde in die tabel hieronder: (6)

Die trap tussen die eet- en sitkamer.

Los matte; meubels nie gemaklik/geskik vir gestremdes. A

Sitkamer {enige TWEE} ��������

Smal spasie tussen muur en toilet – geen spasie vir rolstoel. Geen handrelings naby bad/toilet

B

Badkamer Ornamente maak badkamer beknop – lyk mooi, maar beperk beweging �������� Baie trappe

Trappe is steil C

Trappe ��������

b) Lys twee moontlike verbeteringe wat jy kan maak aan elke area van hierdie huis om dit meer

geskik te maak vir ‘n bejaarde persoon wat ‘n rolstoel of loopraam gebruik. (6)

Bou oprit of sagte helling tussen eet- en sitkamer.

Vervang los matte met volvloermatte of ander glipvrye oppervlak. A

Sitkamer ��������

Installeer gepaste handrelings

Verwyder ornamente B

Badkamer Skuif toilet �������� Installeer hyser

Installeer rolstoel hystoestel / meganiese sitplek. C

Trappe Plaas stoele op trapportaal vir bejaarde persoon om te rus. ��������

B

C A

Page 10: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

10

ONDERSOEK, KOMMUNIKASIE EN ONTWERP

Aktiwiteit 1. Ondersoek – Tyd: 15 minute Punte: 10 �

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE AANGESPREEK:

Leerders sal op die volgende ge-assesseer word:

• Gebruik van toepaslike tegniese ontwerp en ontwikkelingsvaardighede, tegniese taal en konvensies om

gegewe doele en spesifikasies te bereik.

• Integreer tekeninge en notas om effektief te kommunikeer en om ontwerpbesluite te regverdig.

• ‘n Begrip van meting en teken volgens ‘n skaal.

• Identifiseer en begryp die funksie van basiese struktuur komponente.

• Demonstreer ‘n begrip dat die stabiliteit van strukture beïnvloed word deur die grootte van die basis,

basishoek en die verdeling van die las.

Huise bestaan uit verskillende boukomponente (onderdele). In die konstruksie / bou van huise, speel

afmetings ‘n belangrike rol.

Bestudeer die diagramme/tekeninge op hierdie en die volgende bladsy om jouself vertroud te maak met die

korrekte terminologie van die verskillende onderdele van ‘n huis.

VERTIKALE DEURSNIT DEUR ‘n HUIS

LU1: Die leerder is daartoe in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en

verantwoordelik toe te pas deur die toepassing van toepaslike Inligting en

Kommunikasie Tegnologie

AS Ondersoek: Analiseer bestaande toepaslike produkte gebaseer op sleutelaspekte van

ontwerp: Mense, Doel, Veiligheid, Koste, en Ergonomika.

AS Ondersoek: Vergelyk en evalueer.

AS

Evalueer die produk of stelsel gebaseer op selfgegenereerde objektiewe kriteria. Stel

sinvolle verbeteringe of veranderinge voor wat duidelik tot ‘n meer effektiewe of beter

kwaliteit eindproduk sal lei.

LU2: Die leerder is daartoe in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en

verantwoordelik toe te pas.

AS Demonstreer kennis en begrip van strukture, eienskappe van materiale wat die

doeltreffendheid in strukture beïnvloed ( bv. gewig, hardheid, styfheid, buigbaarheid,

verwering, weerstand, treksterkte, omvang, afskuiwing)

Taak

� 50 Minute �28 Punte

2

Page 11: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

11

DEURSNIT DEUR ‘n HUIS.

Erkenning:

Van: Viva Technology Gr9 gepubliseer deur Vivlia Publishers ISBN: 978-1-77006-664-9

[Oorspronklik aangepas van Drawing & Graphics Standards deur Andre’ Grobbellaar: ISBN: 0620-077-875]

Page 12: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

12

1.1 Identifiseer ses komponente wat stewigheid (styfheid) en stabiliteit tot ‘n struktuur bydra. �

Spanstut ���� Hoofstyl ���� Spanbalk ���� Latei ����

Beton ondervloer ���� Fondasie ���� Vensterbank ���� Muur ����

Enige SES [6]

1.1 Werk in groepe van vier om die volgende metings by julle skool te neem: �

Elke groeplid moet een meting neem en dit in die tabel hieronder aanteken.

(a) Die hoogte van die vensterbank bo die vloer

(b) Die wydte van die deur

(c) Die hoogte van die deurhandvatsel bo die vloer

(d) Die hoogte (van die vloer af) van’n werksoppervlak in die klaskamer

NB: Skryf AL die antwoorde in millimeters. [4]

Antwoorde sal regoor die land verskil. Onderwysers moet die akkuraatheid van die meetings

nagaan. Nota: Sommige groepe mag besluit om verskillende items te meet, dus mag geldige

antwoorde in jou klas verskil.

a. b. c. d.

Page 13: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

13

Aktiviteit 2. Kommunikeer d.m.v. Skale Tyd: 15 minute Punte: 6 �

INLIGTING:

Voor ‘n huis gebou kan word, moet ‘n argitek die huis ontwerp deur dit op papier te teken.

Om die huis op ‘n stuk papier te pas, maak hy/sy gebruik van Skale, m.a.w. verklein of

vergroot die afmetings proporsioneel bv.

Skaal 1:1 {10 mm (1cm) = 10 mm (1cm) op papier},

Skaal 1:100 {10 mm (1cm) = 1 000 mm (1m) op papier}.

Skaal 1:500 {10mm (1cm) = 5000 mm (5m) op papier},

Skaal 1:1 250 {10mm (1cm) = 12 500mm (12.5m) op papier} ens. in die regte lewe.

Bestudeer die skaaldiagramme van huishoudelike items:

Skaal = 1:50 {10 mm verteenwoordig 500 mm}

A. Enkelbed

B. Dubbelbed C. Lessenaar + Stoel

D. Bad

E. Stort

1. Deur die gegewe skaal te gebruik, bereken die ware grootte van elke huishoudelike item

hierbo. Meet die lengte en breedte van elke item en skaal dit na ware grootte.

Skryf jou antwoord in die tabel hieronder: � 12 X ½ = [6]

A 40mm x 20mm ����

So die ware grootte =

2000mm x 1000mm ����

(of alternatief 2m x 1m)

B 40mm x 30mm ����

So die ware grootte =

2000mm x 1500mm ����

(of alternatief 2m x 1,5m)

C Leesenaar:27mm x 2mm ����

Stoel: 8mm x 4mm ���� Lessenaar: 1350mm x

600mm���� Stoel: 400mm x 200mm ����

D 37mm x 17mm ����

So die ware grootte =

1850mm x 850mm ����

E 18mm x 18mm ����

So die ware grootte =

900mm x 900mm ����

N.B: Die sleutel is die omskakeling (x50) en nie die algehele akkuraatheid nie – die drukproses mag die

oorspronklike groottes verwring het – die leerders moes hulle eie redelike akkurate meetings korrek

omgeskakel het.

Page 14: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

14

Aktiwiteit 3. Gevallestudie Tyd: 20 minute Punte: 12 �

‘n Huis, selfs ‘n klein woonstel of ‘n sitslaapkamer moet baie behoeftes bevredig.

So, jy moet eers dink en jou plan deeglik evalueer voordat jy besluite maak, veral as jy die plan self

teken.

Gebruik die volgende inligting om die twee planne in hierdie Aktiwiteit krities te evalueer (Pg11).

• Verkeersbane / Patrone – hierdie is die natuurlike paaie wat mense volg wanneer hulle in, uit,

of deur ‘n vertrek beweeg. Verkeersbane sal meubelplasing beïnvloed, want dit moet oop gehou

word. Verkeersbane moet rondom en nie deur aktiwiteitsareas gaan nie. Om gemaklik tussen

meubels te beweeg benodig jy ongeveer 750 mm spasie (meer vir rolstoele). By deure moet die

afstand verdubbel word om voorsiening te maak vir meer as een persoon om die deur tegelyk te

gebruik.

• Meubelgroeperings – rangskik meubels sodoende dat dit die doel vervul waarvoor dit bedoel

was, bv. stoele en rusbanke in die gespreksarea moet so gerangskik word dat mense mekaar kan

sien gedurende gesprek. Tafeloppervlaktes vir koppies, glase en boeke moet binne maklike

bereik wees. Laat gemaklike toegang toe tot elektriese proppe, vensters en deure.

• Spasie – probeer altyd om dit te laat lyk of daar spasie is – selfs in klein kamers. Daarom, beperk

die hoeveelheid meubels tot die noodsaaklikste en kies eenvoudige duidelike lyne. Maak die

meubelrangskikking voorsiening vir al die aktiwiteite wat uitgevoer moet word? Laat dit

gemaklike beweging toe of lyk die kamer beknop? Oorweeg die vorm van die kamer wanneer

meubel uitgekies word.

• Plasing van deure en vensters – fasilliteer dit verkeersvloei en die rangskikking van meubels?

Kan die slaaparea bereik word sonder om gesprekke te onderbreek in die leefvertrek? Is dit

maklik om by deur/e uit te kom of moet jy rondom meubels en werkende mense beweeg?

• Kan die beplande aktiwiteite in die kamer gedoen word – is daar genoeg elektriese proppe? Is

daar genoeg werksareas en is daar genoeg spasie om te beweeg?

• Is daar genoeg stoorplek vir klere, boeke en ander persoonlike besittings? Dit help jou om te

organiseer en jou kamer netjies te hou.

• Maak die plan die beste gebruik van privaatheid (kan omstanders in private areas in kyk), die

son (kry die slaaparea vroegoggend son?) en die uitsig (as jy in die leefvertrek sit, kan jy in die

badkamer of slaaparea in kyk of sien jy die tuin?)

Voorbeeld van ‘n ontwerp / plan met verkeersbane ingeteken.

Page 15: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

15

1. Bestudeer die volgende 2 planne noukeurig. �

A B Ingeboude kas Ingeboude kas

a) In ‘n groep, bespreek die gebruik van spasie in elke plan.

Som jul bespreking op, puntsgewys, in die spasie hieronder. � [4]

Toegang in terme van helderheid van denke en die verwantskap aan die gegewe kriteria van

die gegewe voorbeeld op die vorige bladsy – gebruik professionele oordeel.

Enige 4

b) Teken die verkeersbane in vir elke plan hierbo. � [4]

c) In watter plan was die beskikbare spasie die beste benut.

Gee 3 redes vir jou antwoord.

Skryf jou antwoord in die gegewe spasie hieronder. � (4)

Beste gebruik van spasie: dui jou keuse aan A ���� B

Die bedplasing gee meer privaatheid.

Die lessenaar in plan A belemmer verkeer minder as die bed in plan B.

Die lessenaar in plan A laat jou toe om te sien as iemand die kamer binnekom. Die stoel by die lessenaar in plan B raak aan die bed wanneer dit gebruik word en blokkeer die

pad na die ingeboude kas.

Een punt per korrekte antwoord ... maksimum 3 - - - Aanvaar alle ander geldige antwoorde.

Page 16: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

16

GRAFIESE KOMMUNIKASIE

Aktiwiteit 1. Opdrag Tyd: 25 minute Punte: 12 ��

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE AANGESPREEK:

LU1: Die leerder is daartoe in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik

toe te pas deur die toepassing van toepaslike Inligting en Kommunikasie Tegnologie

AS Ontwerp: Kies moontlike oplossings gebaseer op welberedeneerde argumente verwant aan die

spesifikasies en persoonlike opinies en ontwikkel ‘n gekose idee deur grafika

AS Maak Formele tekeninge wat afmetings en hoeveelhede aandui.

AS Kommunikeer: Stel idees voor (in ‘n projek portefeulje) deur formele tekentegnieke – skaal

AS Genereer ‘n reeks van moontlike oplossings wat beduidend verskillend is van mekaar en wat

duidelike verbande toon met die ontwerpoorsig en die spesifikasies

Jy sal op die volgende ge-assesseer word:

• Gebruik van toepaslike tegniese ontwerp, skaal en ontwikkelingsvaardighede, tegniese taal en

konvensies om gegewe doele en spesifikasies te bereik. • Integreer tekeninge en notas om effektief te kommunikeer en om ontwerpbesluite te regverdig • Besin oor die taak en stel maniere voor om die probleem op te los en aanvaar dat ander mense se

maniere van oplossing ewe geldig is.

• Herken, met inagneming van ‘n reeks beperkinge en kies van ‘n reeks van toepaslike tegnieke om

‘n keuse te maak.

• Pas grafiese tegnieke toe in ‘n verskeidenheid media en metodes van navraag, bv. vryhand en 2-D.

• Bepaal of die ontwerp die probleem oplos en aan die ontwerpspesifikasies voldoen.

VLOERPLAN VAN BESTAANDE HUIS WAT MOTORHUIS POSISIE AANTOON.

NB: TEKENING IS NIE VOLGENS SKAAL GEDOEN NIE.

Taak

� 40 Minute � 20 Punte

3

Page 17: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

17

Jou vader vra familielede, wat in pare saamwerk, om voorstelle te maak vir ‘n plan vir die

woonstelletjie. Jou taak is as volg: ��

1.1 Teken TWEE vryhand ontwerpe / oplossings – hou jou vader se spesifikasies in gedagte. Hierdie

tekeninge is slegs ROWWE SKETSE en benodig GEEN GRAFIESE SIMBOLE; maar die

GROOTTE van die kamer moet naastenby volgens SKAAL geteken word op die voorsiende

geruite papier en moet die geskatte posisies van MURE, DEURE en VENSTERS aantoon. [12]

1.2 Gebruik die bladsy met geskaalde diagramme van huishoudelike items wat voorsien is en doen

die volgende:

• Kies en knip die meubels uit wat jy graag in die woonstelletjie wil hê en rangskik en gom die

meubels op jou rowwe tekeninge . [6]

(NB. Gebruik ‘n verskeidenheid van meubels en gebruik verskillende rangskikkings om die

beste oplossings te verkry).

• Teken die verkeersbane op elkeen. [2]

1.1 Bestudeer jou TWEE ontwerpe/idees. Toon aan watter oplossing jy as die beste beskou. Gee

redes vir jou antwoord.

[4]

�� Voordele Nadele

Beste

Ontwerp

2de

Beste

Ontwerp

Jas al ge-assesseer volgens die logiese beredenering en volgens die wyse waarop jy jou redes

verbind aan die spesifikasies van jou vader aan die bokant van hierdie bladsy.

Situasie:

Omdat jou swak (sieklike) ouma, wat in ‘n rolstoel is, nie meer langer vir haarself kan sorg nie, kom

sy by julle familie bly. Die familiehuis is nie geskik nie omdat dit ‘n dubbelverdieping is. Jou vader

het besluit die motorhuis, wat aan die huis vas is, kan verander word in ‘n woonstelletjie vir haar om

in te bly.

Die grootte van die motorhuis is 4000mm (4m) X 7000mm (7m).

Omdat dit ‘n vertrek gaan wees vir ‘n rolstoel-gebonde persoon, het jou vader die volgende

spesifikasies vasgestel. Dit moet die volgende hê:

� ‘n Badkamer of stort wat maklik toeganklik kan wees vir ‘n persoon in ‘n rolstoel – besluit watter

rigting die deur moet oopmaak sodat dit die gemaklikste gaan wees vir jou ouma

� 1 of 2 groot vensters

� ‘n Deur wat na die huis lei – besluit op die mees geskikte plek om deur die muur te breek.

� ‘n Deur na buite met ‘n oprit en trappe – die huidige motorhuisdeur sal vervang word met ‘n

geskikte tipe deur en ‘n oprit en trappe sal gebou word.

� 2 Elektriese proppe.

� ‘n Ligskakelaar vir die badkamer en leefvertrek.

� ‘n Slaaparea.

� ‘n Alarmstelsel wat van twee plekke ge-aktiveer kan word, wat in jou ouers se slaapkamer sal lui.

Page 18: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

18

Page 19: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

19

HUISHOUDELIKE ITEMS GETEKEN VOLGENS SKAAL.

Leefvertrek en Kombuismeubels

Eetkamer

Slaapkamermeubels (Kabinette word apart vertoon)

Enkelbeddens Dubbelbeddens Kabinette Ingeboude kaste

Badkamermeubels

Storte Baddens Wasbakke + Kabinet Muur wasbakke WC = Voetstuk Toilette

NB: Sny meubelpatrone uit as reghoeke, vierkante of sirkels.

Page 20: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

20

Aktiwiteit 2. Formele Tekening Tyd: 20 minute Punte: 8 �

2.1 Teken ‘n netjiese en duidelike VLOERPLAN van die motorhuis op die geruite papier op die

volgende bladsy. Gebruik die skaal 1:50 i.e. {10 mm (1cm) = 500 mm (0.5m)}. [8]

NB: Gebruik dieTegniese ontwerpsimbole hieronder verskaf om aan te toon waar die

badkamer, deure, vensters, ligskakelaars, muurproppe, ens. geplaas gaan word.

Page 21: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

21

Voorbeeld antwoord: Die voorbeeld hierbo het die volgende goeie punte: deure is wyd genoeg, badkamer is netjies,

verkeersbane laat beweging van ‘n rolstoel toe, badkamerdreinering is langs kombuis en verminder

loodgieterskoste, vier ingeboude kaste voorsien genoeg pakplek, voorgestelde oprit en trappe

voorsien geskikte toegang deur groot skuifdeur, vensters en skuifdeur voorsien genoeg ventilasie,

badkamervenster laat uitlaat van vog toe, tweede gemakstoel laat sitplek vir ‘n besoeker toe, deure

maak buitentoe oop wat dit makliker maak vir ‘n persoon in ‘n rolstoel om te gebruik, bv. wanneer

die badkamer verlaat word (privaatheidkwessie) – hulp kan verleen word as die badkamer

binnegegaan word.

Page 22: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

22

Uitgebreide Geleentheid: Voorsiening vir die fisiese gestremdes in openbare geboue

Leerders wat swak vaar in enige van die vorige take mag die geleentheid gebied word om tot 7 addisionele

punte te verwerf om hulle swak resultate te neutraliseer. Hierdie geleentheid moet beperk word tot persone wat

die addisionele punte benodig om te slaag. Moenie hierdie geleentheid oopstel vir almal nie anders sal jy jou

merklas oorskry.

GEVALLESTUDIE: Identifiseer en verduidelik die kenmerke van openbare geboue wat gestremde mense

kan help en wat hulle kan verhinder.

Leerders moet, in hulle eie tyd, een of meer openbare geboue in die omgewing besoek (bv. stadsaal, polisie-

stasie, poskantoor, munisipale kantore, winkelsentrums, ens.) en kenmerke identifiseer wat mense met een of

ander fisiese gestremheid (bv. gesigsgestremheid, in ‘n rolstoel, bejaardes, ens.) kan help EN kenmerke wat

hulle kan verhinder.

Nadat sulke kenmerke geïdentifiseer is, lys leerders dit in die spasie hieronder:

Watter openbare gebou/e

het jy besoek?

Westgate winkelsentrum, Roodepoort Civic Centre, St John’s Oogkliniek,

Orlando Polisiestasie

Kenmerk Fisiese gestremdheid oorweeg Help Verhinder

Trappe Mobiliteit (beseer, oud, gestremd) ����

Hyser met Braille-knoppies Gesiggestremd ����

Oprit Rolstoele, looprame ����

Steil oprit Rolstoele, looprame ����

Rolstoel-vriendelike toilette Rolstoele ����

Smal deure Rolstoele ����

Lewer nou kommentaar op die behoefte vir hierdie kenmerke om by jou skool ingesluit te word.

Kenmerk Waar in die skool kan hierdie kenmerk geplaas word?

Opritte Ingang na kantoorblok; langs trappe op onderste gang

Die voorbeeld antwoorde wat hierbo gegee word dien slegs as ‘n riglyn. Die eintlike antwoorde sal verskil na

gelang van die spesifieke plekke wat bestudeer is en die uitleg van jou betrokke skool. Gebruik jou

professionele oordeel wanneer punte toegeken word. Die rubriek hieronder mag jou help:

Kode Vlakbeskrywing

7 Leerder besoek ‘n verskeidenheid openbare geboue en identifiseer verkeie verskillende kenmerke

wat gestremde mense help of verhinder

5 – 6 Leerder besoek meer as een openbare gebou en identifiseer een of meer kenmerke maar fokus

slegs op een tipe gestremdheid OF Leerder besoek een openbare gebou en identifiseer verskeie

kenmerke en fokus slegs op ‘n verskeidenheid gestremdhede.

3 – 4 Leerder besoek een openbare gebou en identifiseer een of meer kenmerke maar fokus slegs op een

tipe gestremdheid

1 – 2 Leerder besoek geen openbare geboue maar maak gebruik van verbeelding of geheue

Page 23: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

23

EVALUERING- EN ONTWERPTAKE

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE AANGESPREEK:

LU1: Die leerder is daartoe in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik

toe te pas deur die toepassing van toepaslike Inligting en Kommunikasie Tegnologie

AS Evalueer Evalueer die produk of stelsel gebaseer op selfgegenereerde objektiewe kriteria EN stel sinvolle

verbeteringe of veranderinge voor wat duidelik tot ‘n meer effektiewe of beter kwaliteit

eindproduk sal lei.

AS Ontwerpe Lys produk en ontwerpspesifikasies en beperkinge vir ‘n oplossing van ‘n geïdentifiseerde

probleem, behoefte of geleentheid gebaseer op al die ontwerpsleutelwoorde hieronder gelys.

Mense (Ouderdom, Teikenmark, Menseregte, toegang), Doel (Funksie, wat sal die produk

doen), Voorkoms en Estetika (Vorm, kleur, gevoel), Veiligheid (Vir gebruikers en

vervaardigers), Koste (Koste van materiale, vermorsing), Ergonomika, Kwaliteit. Kies

moontlike oplossings gebaseer op welberedeneerde argumente en ontwikkel ‘n gekose idee deur

van grafika gebruik te maak.

AS Maak Ontwikkel planne vir die maak wat die volgende insluit: Formele tekeninge wat afmetings en

hoeveelhede aandui. (ortografiese, isometriese aansigte).

AS Kommunikeer Stel idees voor deur die gebruik van formele tekentegnieke in 2-D wat die volgende kenmerke

insluit: Die gebruik van Suid-Afrikaanse konvensionele tekenstandaarde (skaal, buite- en

afmetingslyne, 3de

hoekse projeksie), notas wat ontwerpredes en sleutelkeuses beskryf.

Leerders sal op die volgende ge-assesseer word:

• Vertolk ‘n gegewe 3-dimensionele Isometriese plan

• Evalueer ‘n bestaande ontwerp en identifiseer ontwerpfoute

• Beplan regstellings of verbeterings wat die geïdentifiseerde probleme sal oplos

• Verander die verkeerde plan deur dit oor te teken met die verandering in ‘n gegewe styl (3de

hoek)

• Teken die gegewe plan oor in 2-Dimensionele 3de

hoek ortografiese projeksie deur gebruik te maak van

die korrekte Suid-Afrikaanse tekenkonvensies, insluitend tipe lyne en afmetings.

NOTA: Dit is baie belangrik dat die leerders foute in ontwerp identifiseer en daartoe in staat is om

lewensvatbare voorstelle te maak. Dit is van sekondêre belang dat hulle hoë-vlak tekenvaardigheid toon.

Hulle moet in staat wees om te onderskeid te tref tussen tekenstyle en moet in staat wees om ‘n redelike

tekening te maak in die korrekte styl. Maar, ons stel NIE belang daarin om netheid as die primêre faktor te

merk nie – dus, hoek wat nie mooi oplyn nie is nie ‘n groot kwessie nie en ook nie bladuitleg of die gebruik

van die stylsimbool gedurende die GTA nie.

Fout geïdentifiseer (enige 4 nodig) Punt Oplossing voorgestel (enige 4 nodig) Punt

Oprit te nou 1 Maak oprit breër tot ten minste 800 mm 1

Oprit te steil (5:1 gradiënt) 1 Verleng struktuur tot ten minste 4 m 1

Traphoogte te hoog 1 Voeg nog ‘n trap by 1

Geen handreling vir veiligheid van gebruikers

1 Voeg handreling by 1

Geen versperring om te keer dat rolstoel teen oprit afrol

Of

1

Voeg lae versperring by, bv. ry bakstene OF Voeg handreling by op wielhoogte (beter idee – leerders kan ‘n bonuspunt kry hiervoor)

Of

1

Aktiwiteit 1. Tyd: 35 minute Punte: 15 �

Taak

� 45 Minute � 25 Punte

4

Page 24: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

24

Joe Jones gee hierdie ontwerp vir ‘n oprit en trappe aan jou vader. Gelukkig is een van jou vader se

vriende, mnr. Mabasa, ‘n siviele ingenieur en jou vader vra hom om sy opinie rakende die

geskiktheid van die ontwerp

Mnr. Mabasa was geskok oor hoe swak die voorgestelde struktuur ontwerp was en dring toe daarop

aan dat jou vader die ontwerp verwerp. Jou vader was verras omdat die tekening baie netjies was en

hy het gedink dit lyk “nogal mooi”. Hy vra toe vir mnr. Mabasa wat hy fout gevind het.

1.1 Lys vier foute vir hierdie ontwerp wat ‘n goeie ontwerper nie sou gemaak het nie: [4]�

ENIGE VIER (1 Punt elk)

� Die oprit is te nou (600mm) vir ‘n rolstoel (750mm)

� Die oprit is te steil – 5:1 helling

� Die traphoogte (250mm) is te hoog vir ou of gestremde persone

� Daar is geen handrelings om gestremde mense te help nie

▪ Daar is niks wat keer dat rolstoele nie by die oprit afrol nie

▪ Daar is niks wat ‘n rolstoelgebruiker help wanneer die oprit sonder hulp opgegaan word nie

1.2 Lys vier verbeteringe vir hierdie ontwerp wat ‘n goeie ontwerper sou maak: [4]�

ENIGE VIER (1 Punt elk)

� Maak die nou oprit wyer vir ‘n 750mm wye rolstoel (800mm is die minimum)

� Voeg handrelings by om gestremde mense te help

▪ Voeg ‘n versperring by om te keer dat rolstoele by die oprit afrol

▪ Voeg ‘n lae handreling by om ‘n rolstoelgebruiker te help wat sonder hulp teen die oprit

opgaan

▪ Voeg ‘n ekstra trap by om die styghoogte tot 167mm te verminder

Page 25: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

25

1.3 Die tekening is gemaak in isometriese projeksie. Ortografiese projeksies word verkies vir planne. In terme

van die Graad Nege Assesseringstandaard word dit van leerders verwag om 3de

Hoek Ortografiese

projeksies te ken.

Gebruik die spasie hieronder (of ‘n aparte tekenvel) om die isometriese tekening van die oprit en trappe oor te

teken en verander dit na ‘n 3de

hoek Ortografiese projeksie. [7]�

N.B.: Soos jy begin teken, doen veranderinge wat mnr. Mabasa se besware sal bevredig. .

Voordat jy begin, kyk na die merkrubriek bo-aan bladsy 21 om te sien wat benodig word.

Merk Rubriek:

3de

hoek Ortografiese projeksie Die tekening het die nodige verbeteringe EN dit is korrek geteken in 3

de hoek Ortografiese projeksie:

6-7 Korrekte 3de

hoek, alle afmetings & lyntipes is korrek, netjies; en alle verbeteringe

Jy kan nie 6 of 7 punte kry alvorens verbeteringe ingesluit is nie en tegniek korrek is nie.

4-5 Korrekte 3de

hoek, alle afmetings & lyntipes is korrek, netjies; maar met weinig indien enige

verbeteringe OF

Korrekte 3de

hoek, meeste afmetings & lyntipes is korrek, onnet; maar met meeste verbeteringe

3 Korrekte 3de

hoek, meeste afmetings & lyntipes is korrek, onnet met sommige verbeteringe

1-2 Is ortografies (óf 1ste

óf 3de

hoek), sommige afmetings is korrek, weinig indien enige verbeteringe

Memorandum: BAO

Page 26: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

26

Nota: Gebruik hierdie rubriek, die tekening hieronder kry maksimum [5] punte, want dit is tegnies

korrek MAAR toon geen verbeteringe.

Vir die van julle wat minder vertroud is met

Tegnologiese Tekeninge, hierdie 3D skets sal

jou help

om te verstaan hoe die aansig van die oprit en

trappe georiënteer is. Die kyker is

geposisioneer om te kyk na die oprit in die

voorgrond en trappe in die agtergrond –

daarom stel V die VOORAANSIG voor, L is

aansig gesien van die LINKERKANT, en B

wys die aansig van die BOKANT.

Nota: Die inligting aan die onderkant van die

tekening word nie oorweeg as deel van hierdie

assessering nie.

Sien die volgende bladsy vir ‘n antwoord wat 6 of

7 werd is.

Beter Diagram wat verbeteringe aantoon en goeie tegniek wys:

Page 27: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

27

Die diagram is beter as die vorige een omdat dit verskeie regstellings van die ontwerpfoute toon wat

oorspronklik aan ‘jou vader’ gegee is.

1. Die oprit is wyer gemaak tot 800mm, wat voldoende is om die 750mm wye rolstoel te akkommodeer. ‘n

wydte van 900mm tot 1000mm sou veiliger gewees het, maar wyer as 1000mm sal die materiaalkoste

onnodig verhoog. NOTA: die eenhede (mm) word NIE getoon op diagramme nie, want ons gebruik altyd

mm in planne (deur konvensie)......... slegs rokmakers en mode gebruik nog sentimeters in patrone.

2. Die struktuur is verleng tot 4 meters om die gradient van die oprit te verminder sodat ‘n rolstoel dit

makliker kan gebruik. 5 of selfs 6 meters sou aanvaarbaar wees, maar langer lengtes sal die materiaalkoste

onnodig verhoog.

3. Die trappe is verbeter deur die toevoeging van nog ‘n trap. Dit verminder die traphoogte van 250mm tot

167mm, wat dit makliker maak vir gestremde mense om te gebruik. Alhoewel dit die koste ‘n bietjie

verhoog, is die verbetering die ekstra koste werd.

4. Ander verbeteringe wat leerders mag insluit (maar wat nie hier getoon is nie), kan handrelings wees vir

mense om te gebruik terwyl hulle die trappe gebruik en ‘n versperring wat sal keer dat rolstoele teen die

kant van die oprit afrol – die ideale versperring is ‘n lae reling omtrent dieselfde hoogte as een van die

rolstoelwiele (dit laat rolstoelgebruikers toe om teen op te trek terwyl hulle teen die oprit opgaan – dit is

nodig om die rolstoel te keer om agteruit te beweeg as hulle van greep verwissel op die ander wiel).

5. Gebruik jou professionele oordeel om die tekening teen die gegewe rubriek te beoordeel.

N.B.: Ontwerpverbeteringe is meer belangrik as tekenvaardigheid op hierdie vlak.

Maar, swak tekenvaardigheid moet die punte afgetrek word, sodat ‘n leerder slegs 7 kan kry as beide

verbeteringe en tekentegniek dit verdien.

N.B.: Die tekening op die volgende bladsy het die oprit na die ander kant verplaas – dit is nie ‘n

verbetering nie en het geen betekenis.

Page 28: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

28

Aktiwiteit 2. Tyd: 10 minute Punte: 10

Optimale gebruik van Materiale

‘n Houtwerker kom help jou vader om ‘n handreling te maak wat langs die oprit pas. Hy stel voor dat hy twee

groot velle laaghout koop en dan reghoeke uitsny “om hout te spaar”.

Kyk na die prent om te sien wat hy in gedagte het.

Lewer kommentaar op die idee voorgestel deur die houtwerker:

Hier het ons een moontlike manier geïllustreer om die afvalstukke te gebruik om vermorsing te verminder. ‘n

Duidelike skets soos hierdie is selfverduidelikend en is VIER werd. Kaste, boekrakke, ens. is alles geldige

voorstelle.

‘n Antwoord soos “Ek sal ‘n tafel maak” is slegs EEN

punt werd. Ons verwag ‘n verduideliking soos: “Ek sal ‘n

tafel maak deur twee reghoeke as bene en een reghoek as

blad te gebruik. Ek sal driehoeke van ‘n ander stuk afsny

om die laste sterker te maak.”

[Natuurlik sal dit meer koste-effektief wees om soveel as

moontlik van die paneel in planke te sny en dan die planke

te las om ‘n handreling te maak. Dit sal ten minste die

helfte van een van die velle los as ‘n groot stuk.]

VOORDELE (enige 3) �

Laaghout is sterk

Daar sal geen lasplekke wees nie

Die handreling sal sterk en stabiel wees

Die handreling sal mooi en netjies lyk [3]

NADELE (enige 3) �

Daar is baie vermorsing

Laaghout is baie duur

Laaghout is nie duursaam as dit nat word nie

Die laaghout moet gereeld behandel word met

buiteluggraad, UV-bestande vernis [3]

ONTWERPIDEES (enige 1) �

Kyk na die 8 stukke wat uitgesny gaan

word uit die laaghoutvelle. Wat kan jy

voorstel moet ons effektief met die

stukke doen om vermorsing te

voorkom?

Leerders kan skryf of ‘n vinnige skets

doen om hul idee te verduidelik.

[4]

Die stukke kan gebruik word vir tafels,

3 kan gebruik word om ‘n stoel of

sytafel of kas te maak, ens.

Gebruik jou professionele oordeel om

punte toe te ken vir geldige idees –

beloon oorspronklikheid indien

moontlik [4]

Page 29: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

29

PROJEK:

Hidrolika & ander Meganismes

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE AANGESPREEK:

LU2: Stelsels en beheer Demonstreer kennis en begrip van interaksie tussen meganiese stelsels en sub-stelsels, deur

praktiese analise en voorstelling en deur gebruik te maak van stelseldiagramme:

AS Hidroliese stelsels wat beperkers en eenrigting-kleppe gebruik of

Stelsels waar meganiese en hidroliese stelsels gekombineer word

LO1: Die leerder is daartoe in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe

te pas deur gebruik te maak van toepaslike Inligting en Kommunikasie tegnologie

AS Kommunikeer: Stel idees voor deur middel van sketse, in 2-D of 3-D.

AS Ontwerpe Skryf ‘n kort en duidelike verslag of ‘n ontwerpoorsig vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel

verwant aan die verband, probleem, behoefte of geleentheid wat hulle self geïdentifiseer het. {Lys

produk en ontwerpspesifikasies en beperkinge vir’n oplossing van ‘n geïdentifiseerde problem,

behoefte of geleentheid gebaseer op al die ontwerpsleutelwoorde hieronder gelys}

Mense (Ouderdom, Teikenmark, Menseregte, toegang), Doel (Funksie, wat sal die produk doen),

Voorkoms en Estetika (Vorm, kleur, gevoel), Veiligheid (Vir gebruikers en vervaardigers), Koste

(Koste van materiale, vermorsing), Ergonomika, Kwaliteit. Kies moontlike oplossings gebaseer op

welberedeneerde argumente en ontwikkel ‘n gekose idee deur van grafika gebruik te maak.

AS Maak: Kies en gebruik toepaslike gereedskap en materiale om ontwerpte produkte te maak met

meestal noukeurigheid en beheer. Meet/merk, sny/verdeel, vorm, voeg bymekaar/kombineer en

doen akkurate en effektiewe afwerkking op ‘n reeks van materiale. Gebruik meet- en

toetsprosedures gedurende die maakproses om kwaliteit en veranderinge te monitor en aanpassings

aan ontwerp te maak om praktiese probleme wat ondervind word te oorkom.

Onderwyersgids: Wys die leerders die prentjie van die ambulans en rolstoel. Dit is duidelik dat die

personeel dronkgeslaan is oor hoe om die rolstoel in die voertuig te kry.

Die Graad 9 leerder moet die probleem vasgelê in hierdie scenario identifiseer.

Wanneer hulle dit gedoen het, moet hulle voorstelle maak vir die ontwerp van ‘n hystoestel wat sal

help in hierdie situasie (Nota: ‘n oprit is nie geskik nie omdat die voertuig die toestel op enige plek

gedurende ‘n rit moet kan gebruik.)

Hulle moet ‘n ontwerpoorsig skryf wat die spesifikasies en beperkinge bevat en verduidelik hoe hulle

‘n toestel gaan maak wat gaan help om die rolstoel in en uit die ambulans te kry.

Voorbeeld ontwerpoorsig:

Ek sal ‘n stoelhystoestel ontwerp en maak deur gebruik te maak van hefbome wat verbind is sodat

dit sal OPLIG wanneer druk toegepas word deur middel van hidrolika. Die hyser sal die stoel

500mm van die grond af oplig Dit sal ‘n breë basis hê sodat dit stabiel en veilig kan wees vir die

pasiënt. Dit sal klein genoeg wees om vervoer te word in die ambulans vir gebruik by die beginpunt

en bestemming van elke rit. Dit moet sterk genoeg wees om ‘n gewig van 200kg te dra en op te lig.

Taak 5 � 70 Minute

30 Punte ����

Page 30: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

30

Aktiwiteit 1. Tyd: 20 minute Punte: 16 �

1.1 Watter problem(e) kan jy in hierdie illustrasie identifiseer?

Die rolstoel sal moeilik in die ambulans gelaai word [1]. Die twee personeellede sal

sukkel om die rolstoelpasiënt op en af te laai, veral omdat een ‘n vrou is – dit is volgens

arbeidswetgewing onwettig om werkers aan die risiko van rugbeserings bloot te stel [1]

� [2]

1.2 Skryf ‘n ontwerpoorsig vir die ontwerp van ‘n verplaasbare oplossing wat die gebruik van hidrolika

insluit saam met ander toepaslike meganismes wat in die geïllustreerde situasie gebruik kan word.

Leerders moet lys

1.1.1 Wat hulle gaan maak en wat die toestel moet kan doen

1.2.2 Watter meganismes dit sal gebruik om ‘n meganiese voordeel te kry

1.2.3 Watter beperkinge van toepassing is, bv. klein genoeg om in die ambulans te pas

Beskrywing = 1, een spesifikasie = 1, een beperking = 1

� [3]

Sommige leerders mag meer papier nodig kry

1.2 Skets ‘n idee vir die ontwerp van ‘n draagbare hystoestel. Teken dit in enige 3D tegniek.

Gebruik jou professionele oordeel om te besluit of die idee sal kan werk.

Merk die skets deur die rubriek hieronder te gebruik.

[7]

Rubriek vir Skets

7 3D Skets baie goed geteken, toon duidelik alle werkende dele en het verduidelikende notas

5 – 6 3D Skets goed geteken, toon duidelik die werking van beide hefbome en hidrolika

3 – 4 Skets gee amper ‘n idee van die toestel en hoe die hefbome OF die hidrolika werk

1 – 2 Geen skets of swak skets; kan nie bepaal wat die leerder in gedagte het nie

Page 31: GTA Afdeling A Onderwysersgids 2009edulis.pgwc.gov.za/jdownloads/Grade9CTAs2009/SectionAlearningAfdelinBLeerderBoek/...Tegnologiese Proses Strukture 3 Gevallestudie Groep 20 minute

31

2 Gebruik die blokke hieronder en voltooi ‘n stelseldiagram wat die gebruik van die toestel verduidelik �

INSET Rol die rolstoel oor die platform

van die toestel in die laagste

posisie. Maak die klep toe en

pomp die hidroliese

hoofsilinder.

PROSES

Hidroliese vloeistof vloei vanaf die

hoofsilinder na die groter

slaafsilinde wat die meganiese

voordeel verskaf. Die slaafsilinder

forseer die platform om te lig deur

middel van die verbinde

hefboomstelsel.

UITSET

Die rolstoel is nou gelig tot die

hoogte van ambulanvloer en kan

nou in die ambulans in gerol

word.

[4]

Rubriek vir Stelseldiagram

4 �

Stelseldiagram gee ‘n duidelike aanduiding van die werking van die toestel, gebruik

tegnologiese terminologie, geen aspekte was uitgelaat en alles word duidelik verduidelik

3 �

Stelseldiagram gee’n duidelike idee van die werking van die toestel, gebruik tegnologiese

terminologie MAAR sommige aspekte was uitgelaat en swak verduidelik

2 �

Stelseldiagram gee ‘n idee van die toestel se werking MAAR gebruik nie tegnologiese

terminologie en nie al die stadiums is duidelik getoon nie

1 Geen stelseldiagram of baie swak diagram; kan nie bepaal wat die leerder in gedagte het nie

Aktiwiteit 2. MAAK Tyd: 50 minute Punte: 14 �

MAAK: Organiseer die leerders om in groepe van vier te werk.

HULPMIDDELS:

Jy moet die volgende hulpmiddels vooraf reël per groep:

1 groot & 1 klein inspuiting, 50cm plastiese buise wat oor inspuiting pas.

Materiale geskik vir die konstruksie van ‘n hystoestel, bv. karton, draad, tappenne,

dekriet, bamboes of riete, plastiese verbindings, maskeerband, gom, ens.

• Bestudeer die sketse van die idees vir ‘n hystoestel geteken deur die individuele groeplede. Kies die beste

een deur stemming. Julle mag verskeie idees van die sketse van meer as een groeplid aanpas om ‘n nuwe

toestel te ontwerp.

• Gebruik toepaslike materiale om ‘n model van die toestel te vervaardig wat daartoe in staat is om ‘n

rolstoel in en uit ‘n ambulans te laai.

• Dit moet stabiel wees, hefbome en verbindingstukke gebruik en moet hidrolies aangedryf wees.

• Plastiese inspuitings moet gebruik word om die hoof- en slaafsilinders te simuleer.

Afdeling vir Model

7

Die model is sterk en goed gebou. Dit is stabiel en veilig indien dit deur ‘n bejaarde of gestremde

persoon in ‘n rolstoel gebruik word. Die toestel gee ‘n meganiese voordeel omdat die hoof- en

slaafsilinders die korrekte grootte is EN omdat die hefbome korrek verbind is.

5 – 6

Die model is sterk en goed gebou. Dit is stabiel en veilig indien dit deur ‘n bejaarde of gestremde

persoon in ‘n rolstoel gebruik word. Die toestel gee ‘n meganiese voordeel omdat die hoof- en

slaafsilinders die korrekte grootte is OF omdat die hefbome korrek verbind is.

3 – 4

Die model is sterk, maar swak gebou. Dit is onstabiel en kan onveilig wees indien dit deur ‘n bejaarde

of gestremde persoon in ‘n rolstoel gebruik word. Die toestel gee ‘n meganiese voordeel omdat die

hoof- en slaafsilinders die korrekte grootte is OF omdat die hefbome korrek verbind is.

1 – 2

Die model is flenterig en swak gebou. Dit is onstabiel en kan onveilig wees indien dit deur ‘n

bejaarde of gestremde persoon in ‘n rolstoel gebruik word. Die toestel gee ook geen meganiese

voordeel omdat die hoof- en slaafsilinders nie die korrekte grootte is nie of omdat die hefbome nie

korrek verbind is nie.

[7 x 2 = 14]