12
Skoolkoerant van Dr. CF Visser Primêre Skool Uitgawe 17 Eerste Kwartaal 2015 Breggie Kühn Dit was ‘n pragtige dag toe Juf. Mineé en Mnr. Drikus hul huwelikslewe saam begin het op 12 Desember 2014. Alhoewel daar ‘n vinnige reënbui uitgesak Roxanna Building Aljo’s Spar Centre Allexandra Avenue Thaba Nchu Road (051) 430 0735 0733747895 Kay’s centre 15 Harvey Road Poon Street Brenjust Building Fleurdal Shop no. 9 (051) 522 4129 (051) 430 9868 Juf. Mineé, die bruid het net voor die kerkdiens begin het, was dit ‘n pragdag. Juf. Mineé het prentjiemooi gelyk terwyl hulle op die klanke van Bobby van Jaarsveld se liedjie, “Jy is my alles”, die dansbaan geopen het. Alles was pragtig, baie keurig voorberei en ons het heerlik gesmul. Voorwaar die regte manier om ‘n Desembervakansie te begin! Ons wens vir julle net die beste vir julle lewe saam. Mag ons Hemelvader jul lei en onder Sy beskerming hou. Juf. Mineé en Mnr. Drikus

Die visgraat 17

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die visgraat 17

Citation preview

Page 1: Die visgraat 17

Skoolkoerant van Dr. CF Visser Primêre Skool

Uitgawe 17 Eerste Kwartaal 2015

Breggie Kühn

Dit was ‘n pragtige dag toe Juf. Mineé en Mnr. Drikus hul huwelikslewe saam begin het op 12 Desember 2014. Alhoewel daar ‘n vinnige reënbui uitgesak

Roxanna Building Aljo’s Spar Centre Allexandra Avenue Thaba Nchu Road

(051) 430 0735 0733747895 Kay’s centre 15 Harvey Road Poon Street Brenjust Building Fleurdal Shop no. 9

(051) 522 4129 (051) 430 9868

Juf. Mineé, die bruid

het net voor die kerkdiens begin het, was dit ‘n pragdag. Juf. Mineé het prentjiemooi gelyk terwyl hulle op die klanke van Bobby van Jaarsveld se liedjie, “Jy is my alles”, die dansbaan geopen het. Alles was pragtig, baie keurig

voorberei en ons het heerlik gesmul. Voorwaar die regte manier om ‘n Desembervakansie te begin! Ons wens vir julle net die beste vir julle lewe saam. Mag ons Hemelvader jul lei en onder Sy beskerming hou.

Juf. Mineé en Mnr. Drikus

Page 2: Die visgraat 17

2 NUUS Die Visgraat, Eerste Kwartaal

Hanko Kruger Groot opgewondenheid het onder die Vissies geheers op 12 Maart 2015. Dit was STEMDAG en ons ouers kon by die skool kom stem vir ‘n nuwe Beheerliggaam. Die Vissies was opgewonde, omdat ons ryklik beloon sou word, indien ons ouers kom stem! Dit het toe inderdaad so gebeur. Honderd-vyf-en-dertig ouers het hul kruisies kom trek en talle Vissies kon, as beloning, vroeër huis toe gaan op Vrydag, 13 Maart. Ons skool se Beheerliggaam bestaan uit 9 lede: vyf ouers, twee onderwysers, een nie-onderwys personeellid en ons skoolhoof. Die nuwe Beheerliggaamslede is: Mnr. Roux Smith, Mnr. Johan Zeelie, Mnr. Rudi Maartens, Mnr. Daan Joubert, Mnr. Vivian Kühn, Mnr. Fred Kirsten, Mnr. Bernard Holtshauzen, Mev. Riekie Venter en Mev. Linda Zeelie.

Almal wat help tel het is tevrede dat alles goed afgeloop het

Oom Roux Oom Johan Oom Rudi Oom Vivian

Oom Daan Mnr. Kirsten Mnr. Bernard Juf. Riekie

Tannie Linda

Baie dankie aan al ons adverteerders wat in

hierdie Visgraat adverteer het. Sonder jul

ondersteuning was die koerant nie moontlik nie.

Ondersteun hulle asseblief in hul

besighede.

Roux Smith 0828908038 175 Church St Bloemfontein

Roux Smith 082 890 8038

175 Church St Bloemfontein

Page 3: Die visgraat 17

Die Visgraat, Eerste Kwartaal NUUS 3

Een appel steek al die ander aan. Een groot bak appels staan voor jou, rooies en groenes...

Johan, gr. 4

Kinders moet gesien en nie gehoor word nie. Stem ek saam? Alla wêreld, nee glad nie! Hierdie seining is so oud soos die berge en glad nie regverdig nie...

Nicole, gr. 3

Ek stem saam dat een vrot appel steek al die ander aan. As ons in die regte lewe kyk, sal ons sien dat, as daar ‘n vrot appel in ‘n sak is, maak dit die res vrot...

John-Paul, gr. 4

“One scabby sheep does infect the whole lot”. Die appel in jou slaai moet gesond wees anders is die vrugteslaai sleg. Jou vriendekring moet almal gesonde appels wees...

Niel, gr. 3

Roechelle Koekemoer

Die Vissie-redenaars het by ons eerste Redenaars-kompetisie van 2015 behoorlik die woorde laat vlieg. Hier volg gedeeltes van ons wenners se gevleuelde woorde.

Goeie middag Gogga, Bokkie, Sprinkaan en Varkie. A! Ek sien die twee Voorvatters, Rambo Riekie, Boerseun Bernard en Zakkie Zoëlogie is ook hier! Byname dra by tot ons menswees...

Hanko, gr. 6

...maar, maak dit werklik saak of jy die slimste of domste in die klas of die beste sportman is? Dis hoe jy van binne lyk! Die volwasse jongmens wat jy oor ‘n paar jaar gaan wees, wat tel...

Michael, gr. 7

Om die boompie te buig terwyl hy nog jonk is, beteken om ‘n kind te leer terwyl hy nog jonk is. Jong boompies buig makliker as ouer en groter bome, daarom moet ‘n kind van kleintyd af die waardes van die lewe geleer word.

JC, gr. 6

Buig die boompie solank hy jonk is. David Wilkenson, ‘n Europese skrywer het gesê:”Elke woord en daad van ouers is ‘n stukkie ingeweef in die karakter van ‘n kind...” Zantus, gr. 5

Karakter word geleer deur die kind in liefde leiding te gee en dit volgens die reels van die Tien Gebooie... Ouers, pas julle Godgegewe boompie met sorg op...

Ruhan, gr. 7

Al is dit baie seer, voel ek ‘n hou so af en toe, kan geen skade op jou agterkant doen nie. Inteendeel, dit help soms vir my en my broer...

AJ, gr. 5

Page 4: Die visgraat 17

4 NUUS Die Visgraat, Eerste Kwartaal

Ané Els

Baba Z... Dis hoe ons van die verwagte nuweling praat. Mnr. Zak en sy vrou, tannie Zana word ‘n baba ryker . Die verwagte datum is 16 Mei. Of dit nou ‘n pienk- of blou voet is, sal ons nie weet nie, want dit word as ‘n verrassing gehou. Die tegnologie is al so gevorderd, en Mnr. Zak-hulle kon al lankal geweet het, maar verkies om nie voor die tyd te weet wat die geslag is nie.

Wel, indien Baba Z ‘n pienkvoet sou wees, sal haar naam Tinnie wees. Indien dit ‘n blouvoet is, sal sy noemnaam Meinhard wees. Matteus Gerhardus sal op sy geboorte-sertifikaat verskyn. Die keuse vir baba Z se naam het spesiale betekenis vir mnr. Zak en tannie Zana. Dit is familie name.

Volgens mnr. Zak bly Tannie Zana lus vir sjokolade of nog beter – sjokolade koek! Die beste troos vir dié simptome is bruin “hasiemelk.” Die hospitaal tassie is nog nie gepak nie, maar Mnr Zak reken warm kleertjies vir baba is die belangrikste. Hy is ook glad nie bang vir ‘n vuil doek nie.(Gaan Mnr. dalk later ‘n ander deuntjie sing?).

By die huis staan Oupa se handgemaakte babawiegie reeds op sy plek. Maar, hierdie vakansie wag harde werk aan die babakamer vir mnr. en mev Z. Alles moet op die regte plekke wees vir baba Z se koms.

My ma sê: “Wanneer mens kinders het, loop daar ‘n gedeelte van mens se hart, buite jou liggaam rond.” Kindertjies is ‘n geskenk van Jesus, so volmaak en uniek! Ons bid dat baba Z net vreugde en tonne liefde sal bring.

Breggie Kühn

Nege brawe Graad 4-dogters het die seer van ‘n inspuiting trotseer om hulself te beskerm teen servikale kanker. Dit is ‘n projek wat jaarliks deur die Departement van Onderwys, in samewerking met die Departement van Gesondheid geloods word om die hoë voorkoms van dié kanker onder vroue te bestry. Die dogters het , met skriftelike toestemming van

hul ouers, die enting op 12 Maart ontvang. Party was baie braaf, maar daar het tog ‘n paar trane gevloei. Agterna het hul erken dat alhoewel die inspuiting baie gebrand het, hulle bly is dat hulle dit wel gedoen het. Hierdie dogters sal in Oktober die tweede dosis van die inenting ontvang. Mooi so, meisies! Julle stel ‘n goeie voorbeeld vir toekomstige Gr. 4’s.

Tannie Zana en mnr. Zak Steyn

Graad 4 dogters glimlag braaf.

Page 5: Die visgraat 17

Die Visgraat, Eerste Kwartaal NUUS 5

Hennie Pretorius

“Ek wil daardie lekkertjies hê!” Wat van daardie grillerige slym? “Nee, dankie!” So het dit geklink tussen die kinders by Dr. CF Visserskool se eerste entrepreneursdag, wat juf. Linda op 6 Maart 2015 by ons skool gereël het. Daar was baie kleurvolle stalletjies, maar die volgende drie Entrepreneurs het met die pryse weggestap: Abigail en Eben vir hulle oulike lekkergoed-sosaties, Ruaan Kleynhans wat pasteie en samoosas uit sy Mini-Spar verkoop het, en Quintin en Henning wat die kinders lekker besig gehou het met hulle veerpyltjies en “pool”-speletjie. Nico, in graad 1, sê hy is net baie bly oor sy vier goudvissies wat hy by Die Visblik kon koop, al moes hy so lank in die ry staan.

Regte goudvissies te koop

Die 5 Muisketeers

Ruaan se Mini-Spar JC se Kondensmelk-inspuitings

Abigail by hul Neon-stalletjie

‘n Stalletjie met allerhande “goodies” Zantus en Ian wag vir kliënte

Die SO-klas se Lekkerbek stalletjie

Page 6: Die visgraat 17

6 REDAKTEURSBRIEF Die Visgraat, Eerste Kwartaal

RESENSIE

Ons leuse beteken dat elke Vissie so moet leef om ander altyd hoër as myself te ag, om ander bo myself lief te hê en ook eerder te gee as te verwag. Altyd hoër beteken verder dat jy jou oë gerig sal hou op Jesus se voorbeeld. Sorg dat jou stapel boeke altyd hoër is as jouself! Werk hard, leer hard en gee jou bes - strewe altyd hoër !

Michael Kühn

Ons skool se leuse! Altyd hoër Het jy al ooit gewonder wat beteken die leuse wat jy elke dag aan die linkerkant van jou bors dra? Dr CF Visser is ‘n skool soos enige ander skool, maar EEN MAAL ‘n Vissie ALTYD ‘n Vissie!

Michael Kühn

In die fliek “SpongeBob Square Pants movie: Sponge out of water”, kom die wêreld se gunsteling karaktertjie wat onder die see woon, aan wal by ons wêreld vir een van sy mees super-held avonture nog ooit. Die lewe is maar alledaags in Bikini Bottom vir SpongeBob Squarepants (Tom Kenny) en sy vriende Patrick (Bill Fagerbakke), Squidward (Rodger Bumpass), mr Krabs (Clancy Brown) en Sandy (Carolyn Lawrence). Maar wanneer die top-geheime resep om Krabby patties te maak gesteel word, moet SpongeBob saam met sy ewige vyand Plankton (mnr Lawrence) planne beraam teen ‘n seerower genaamd Burger Baard (Antonio Banderas), wat sy eie planne het met die heerlike, geheime resep. Die fliek draai tans in 3D by Nu Metro, Loch Logan Waterfront en by Mimosa Mall, Brandwag. Kaartjies vir kinders wissel tussen R50 en R60 vir die fliek in 3 D.

THE

MOVIE

Page 7: Die visgraat 17

Die Visgraat, Eerste Kwartaal NUUS 7

Nikki Pretorius

...sou ek al die bank se geld steel en alles vir my koop wat ek graag wil hê!

Luan Verwey

…sou ek my boetie en

sussie vir ‘n dag lank in ‘n kamer toesluit sonder kos of

water! Antoiné van

Eeden

…sou ek my ma se kar vat, my 2 honde, ‘n slaapsak en tent inlaai en om die Weskus

gaan toer. Ané Els

…sou ek die skool afbrand?!

Hennie

Pretorius

…sou ek ‘n groot spinnekop in Juffrou se

laai sit! Michael Kühn

Redakteur

…sou ek sorg dat al die onderwysers presies doen wat

ek wil hê hulle moet doen!

Venetian Visagie

…sou ek in my ma se tuin

trap, al haar groente uittrek en die honde in die swembad

gooi. Nikki

Pretorius

…sou ek my ma se bed met tandepaste

besmeer en met moddervoete oor haar

bed loop.

Roechelle Koekemoer

…sou ek my boetie se papegaai, wat nie van my hou nie, in die vrieskas sit!

Hanko Kruger

…sou ek iemand se veters aanmekaarknoop en gom

op sy bank smeer! Zantus Zeelie

Page 8: Die visgraat 17

8 RUBRIEK Die Visgraat, Eerste Kwartaal

VISGRAAT WYSHEID...

NUUS

Hanko Kruger

‘n Prediker genaamd David Martyn Lloyd-Jones vra mense partykeer: “Is jy ‘n Christen?” As hulle sê: “Wel, ek probeer!”, weet hy hulle verstaan nie regtig nie. Om ‘n Christen te wees gaan nie oor hoe hard jy probeer nie. Dit gaan oor om te VERTROU.

Venetian Visagie

Luister en praat , lees en begrip , optel en aftrek , legkaarte en kleispeel... dink julle die nuwe graad 1’s geniet dit in die skool?. Wel, ek het met ‘n paar gr. 1’s daaroor gaan gesels. Hulle hou daarvan om hul huiswerk te doen en om te leer lees. Alhoewel Kayla nie baie van gr. 1 hou nie, geniet sy dit tog om legkaarte te bou. Surgio hou glad nie van legkaarte bou nie. Ons graad eentjies hou ook baie van klei speel. Hulle hou niks daarvan om raas te kry nie. Carla sê sy hou baie van graad1. Dis vir haar baie lekker en haar gunsteling vakke is Afrikaans en Engels. Sy hou ook daarvan om legkaarte te bou. My gevolgtrekking? Ons klein Vissies voel veilig hier in Vissieland!

Carla werk in haar Engelse boek

Surgio speel klei

Kayla bou ‘n legkaart

Met ons onlangse fonds-insameling het ons skool meer as R14 000 ingesamel. Die trekking het op Dinsdag, 10 Maart plaasgevind. Theo Mostert het lootjie nr. 1705 getrek. Die lootjie is deur Mnr. André Tobias gekoop. Dankie aan almal wat deelgeneem het aan hierdie fondsinsamelings projek.

Theo trek lootjie nr. 1705

Moenie vertrou op dit wat jy kan of moet doen nie, vertrou op wat God klaar gedoen het. WANT... Hy het ALLES gedoen!

Johannes 1:12 Maar almal wat Hom

aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in

Sy naam glo.

Page 9: Die visgraat 17

Die Visgraat, Eerste Kwartaal PRETBLAD 9

deur Hanko Kruger

WAG VIR DIE TV-NUUS

SPEEL-SPEEL

SLIM HOND

Page 10: Die visgraat 17

10 NUUS Die Visgraat, Eerste Kwartaal

ë

Min het ek geweet, dat juf. Riekie se buurman, ‘n perd het wat handdoeke kom gaps. Hy het seker gedink dis ‘n sappige wortel. Die onnosele ‘donkie’! Kan hy nie sien dis my gunsteling pers handdoek nie? ‘n “Trippie” na die spookhuis later die aand, het almal se broekspype laat bewe. Juf. Riekie het vir ons ‘n uitstekende leierskamp gereël. Dankie juf. Riekie…ons weet dat hierdie jaar ‘n “gatskop”lekker jaar gaan wees!

Antoiné van Eeden

Mmmm.!! Lekker skool mis vir ‘n dag…met ‘n leierskamp vol pret wat wag… Met Ruhan wat die voortou moes neem, het ons geleer van vertrou. Hulle het ons geblinddoek en ons oral rondgelei tot in ‘n boom. Ons het ook geleer dat geduld ‘n baie goeie eienskap van ‘n leier is. Verbeel jou, “paintball” met ‘n kettie? Skiet mis! Skiet raak! Almal skiet so deurmekaar! Na ‘n lang dag van swoeg en sweet, was dit tyd om te gaan. afkoel.

Michael Kühn

Dit was met ‘n swaar hart wat Dr CF Visser totsiens gesê het aan ons graad 7 leerders tydens ‘n uitstappie na Maselspoort op 28 November 2014. Dankie dat julle ons lewens oor jare verryk het. Ons sal die herinneringe koester! Mag Jeremia 29:11 in jou lewe duidelik blyk: “Ek weet wat ek vir julle beplan: voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir jou ’n toekoms gee…”

Help! Die water is te koud!

Swem maak mens honger!

Net soos Vissies geniet ons elke

oomblik in die water

Ek moet net nie nou neerslaan nie! Lawwe perd se kind

Spanne kompeteer teen mekaar Wat gaan agter my rug aan?

Page 11: Die visgraat 17

Die Visgraat, Eerste Kwartaal SPORTNUUS 11

Zantus Zeelie Die 0/9 krieketspan van Juffrou Riekie, het alreeds hierdie kwartaal drie wedstryde gespeel. Die onderskeie wedstryde was teen Koot Niemann, Bloemfontein Laer en St Andrews. Ongelukkig is slegs die wedstryd teen St Andrews gewen maar daar is waardevolle ondervinding opgedoen vir die wedstryde in die 4de kwartaal. JC van der Linde was die span se kaptein en het dan ook met voorbeeld die span gelei. Die beste kolwer en bouler tot dusver was onderskeidelik JC en Armand as kolwers en Armand as bouler. Oom Koos van der Linde het ook hand bygesit met die afrigting en daar word groot dank deur Juffrou Riekie uitgespreek vir sy bydrae. Ouers het ook vol entoesiasme die wedstryde ondersteun en daar is groot waardering vanaf die afrigters en spelers hiervoor. Juffrou Riekie is baie positief oor die wedstryde wat in die 4de kwartaal voorlê asook vir Dr Visser se krieket in geheel.

‘n Moeë, maar tevrede krieketspan

Luan Verwey

Wat ‘n wonderlike seisoen van atletiek het Dr Visser nie gehad hierdie jaar nie! Soveel deelnemers en soveel talent was hierdie jaar te sien. Die jaar het afgeskop met ‘n dag van gees en sang toe die blou en rooi spanne mekaar aangedurf het hier op die atletiek veld. Al die Vissies van Graad R tot Graad 7 was almal opgewarm en reg vir die oorlog. Die son het gebak en die atlete was vinniger as ooit. Die rooi span het die jaar nie op hulle laat wag nie en het die beker gevat as wenners. Om die dag te kroon was daar 5 nuwe rekords: Sheronna Robbertse 60m meisies 9j, Kaylin

Bornman 60m Meisies 7j, Chrissie Baartman Verspring Meisies14j, Zantus Zeelie Gewigstoot seuns 11 j en Hennie Bredenhann 80m Seuns 7j. Sjoe! Baie geluk aan hierdie atlete wat ons skool se naam so hoog hou. Nie lank na die skole atletiek is 45 van ons top atlete na die Sone C Atletiek waar hulle gewys het wat in hulle steek. Op 4 Februarie het 6 atlete gevorder na die Motheo /Gariep-byeenkoms. Monique v Eeden, Tshiamo Meko, Ruan Kruger, Hanko Kruger, Ruhan Smith en Heyn du Preez was die atlete wat deelgeneem het aan hierdie spog geleentheid.

Die Rooispan maak hul opwagting…

Die Blouspan se vloot was ook daar…

Jahn’s Electical

& Airconditioning

Jahn Verwey

082 569 5763

Juanita Callis 084 604 6033

[email protected]

Page 12: Die visgraat 17

12 SPORT Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Luan Verwey

Ruhan Smith met ‘n hoogte van 1,45m Hanko Kruger met ‘n afstand van 29m

Plot 65, Kruger Avenue, Estoire, Bloemfontein

Tel: (051) 433 2304 Trading Hours:

Mon-Sun

07h00 to 21h00

Luan Verwey

Saterdag, 7 Maart breek aan en 2 van die skool se uitblinkers vertrek 05:30 vanaf die skool om in Sasolburg te gaan staal wys. Hanko Kruger verower die dag ‘n 5de plek in sy afdeling vir spiesgooi en ons eie hoofseun ‘n 7de plek in hoogspring. Die kompetisie was

Moenie dat jou maats jou afskrik nie. Neem deel aan ALS! Wie weet, jy is dalk ons skool se volgende top alteet! So maats begin sommer nou al oefen vir die nuwe atletiek seisoen wat voorlê. Baie dankie aan al die atlete wat hulle middae opgegee het om te oefen. Julle maak ons TROTS!

taai, maar die manne het hulle koppe hoog gehou en met trots ons skool se wapen gedra. As jy volgende jaar deel van hierdie span wil wees, het Meneer Bernard hierdie advies: OEFEN ! OEFEN! OEFEN! Daagliks! Wanneer jy die skoolspan gehaal het, moet jy elke dag gemotiveerd wees om te oefen en jou beste te gee.

Fax: 086 212 7118

Tel: 051 406 3220

Mob: 082 909 8524

Trotse Dr. CF Visser

ondersteuners