Die NG Kerk hier in Gordonsbaai is besonder aantreklik, nie net die gebou self nie, maar ook die ligging en uitleg daarvan. Ons kerkgebou speel ’n besondere rol in die lewe van baie van ons en dit het vir ons en vir die dorp ’n baken geword. Nou het die gebou honderd jaar oud geword. Dit staan vandag steeds stewig gevestig, letterlik op die hoogte neffens Kusweg, waar dit uitkyk oor die geskiedkundige ou Trekboom oorkant die pad en die uitgestrektheid van Valsbaai. In ’n geestelike sin is die kerk ook gevestig in die gemeente se lewensuitkyk van gereelde godsdiensbeoefening en praktiese medemenslikheid, waarin die gebou die poort is van die in- en uitkom van geroepenes van Christus. DIE EERSTE KERKGEBOU Dit was egter nie van die begin af daar nie. Die eerste gebou wat ons hier op Gordonsbaai vir kerkdienste gebruik het, was maar eintlik net ’n ou kerksaaltjie. Dit is nie bekend wanneer hierdie kerksaaltjie opgerig is nie, maar dit was op ’n erf wat behoort het aan die weduwee D Brink. Volgens bronne het dit van Julie 1887 as skool en kapél gedien. In 1890 het mev. Brink die erf aan die skool geskenk. In 1891 het die kerkraad van Somerset-Wes besluit om die gebou oor te neem en in ’n kerk te omskep. In Januarie 1892 is dit dan ook as kerk ingewy. Binne-in was daar ’n verhogie. In 1895 was daar drie syvensters, almal met geboë vorm, wat toon dat die kerkie verleng is om voorsiening vir ’n kombuis te maak. Daar is ook ’n pakkamer agter die kerk aangebou, met ’n deur aan die kant. Langs die pakkamer was ’n tydelike skerm. Voor die saaltjie was daar trappe wat sywaarts na die ingangsportaal opgeloop het, maar nog sonder eni- ge sykante. Dié sou later bykom. Die derde syvenster is later toegebou en ’n sydeur daar ingesit. Die eertydse pakamer is na weerskante toe verbreed. Die geboë vorm van die syvensters het metter tyd in die slag gebly en bloot reg- Posbus 15, Gordonsbaai, 7151 Tel: 021-856 1654 E-pos: [email protected] of [email protected] hoekig geword. Daar was ’n deur agter wat gelei het na die vergrote pa- kkamer. Die twee soldervenstertjies het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die begeleiding vir die sang verskaf. DIE NUWE KERKGEBOU Vanaf 1910 het die gemeente met ywer begin werk om ’n groter kerk- gebou daar te stel, aangesien dit totaal onprakties geword het om die ou klein kerksaaltjie wat uit toeka se tyd dateer, verder te benut. Gemeentelede het geld in ’n boufonds by die kerkraad van Somerset-Wes belê. ’n Basaar in 1912 het ’n mooi bedrag opgelewer - £70 in ons ou geldstelsel - en daarna het die gemeentelede begin om self ONS KERKGEBOU - 100 JAAR OUD! Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom! November 2016

Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom! · het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom! · het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die

Die NG Kerk hier in Gordonsbaai is besonder aantreklik, nie net die gebou self nie, maar ook die ligging en uitleg daarvan. Ons kerkgebou speel ’n besondere rol in die lewe van baie van ons en dit het vir ons en vir die dorp ’n baken geword.

Nou het die gebou honderd jaar oud geword. Dit staan vandag steeds stewig gevestig, letterlik op die hoogte neffens Kusweg, waar dit uitkyk oor die geskiedkundige ou Trekboom oorkant die pad en die uitgestrektheid van Valsbaai. In ’n geestelike sin is die kerk ook gevestig in die gemeente se lewensuitkyk van gereelde godsdiensbeoefening en praktiese medemenslikheid, waarin die gebou die poort is van die in- en uitkom van geroepenes van Christus.

DIE EERSTE KERKGEBOUDit was egter nie van die begin af daar nie. Die eerste gebou wat ons hier op Gordonsbaai vir kerkdienste gebruik het, was maar eintlik net ’n ou kerksaaltjie.

Dit is nie bekend wanneer hierdie kerksaaltjie opgerig is nie, maar dit was op ’n erf wat behoort het aan die weduwee D Brink. Volgens bronne het dit van Julie 1887 as skool en kapél gedien. In 1890 het mev. Brink die erf aan die skool geskenk. In 1891 het die kerkraad van Somerset-Wes besluit om die gebou oor te neem en in ’n kerk te omskep. In Januarie 1892 is dit dan ook as kerk ingewy.

Binne-in was daar ’n verhogie. In 1895 was daar drie syvensters, almal met geboë vorm, wat toon dat die kerkie verleng is om voorsiening vir ’n kombuis te maak. Daar is ook ’n pakkamer agter die kerk aangebou, met ’n deur aan die kant. Langs die pakkamer was ’n tydelike skerm. Voor die saaltjie was daar trappe wat sywaarts na die ingangsportaal opgeloop het, maar nog sonder eni-ge sykante. Dié sou later bykom.

Die derde syvenster is later toegebou en ’n sydeur daar ingesit. Die eertydse pakamer is na weerskante toe verbreed. Die geboë vorm van die syvensters het metter tyd in die slag gebly en bloot reg-

Posbus 15, Gordonsbaai, 7151 Tel: 021-856 1654 E-pos: [email protected] of [email protected]

hoekig geword. Daar was ’n deur agter wat gelei het na die vergrote pa-kkamer. Die twee soldervenstertjies het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die begeleiding vir die sang verskaf.

DIE NUWE KERKGEBOU

Vanaf 1910 het die gemeente met ywer begin werk om ’n groter kerk-gebou daar te stel, aangesien dit totaal onprakties geword het om die ou klein kerksaaltjie wat uit toeka se tyd dateer, verder te benut. Gemeentelede het geld in ’n boufonds by die kerkraad van Somerset-Wes belê. ’n Basaar in 1912 het ’n mooi bedrag opgelewer - £70 in ons ou geldstelsel - en daarna het die gemeentelede begin om self

ONS KERKGEBOU - 100 JAAR OUD!

Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom!

November 2016

Page 2: Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom! · het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die

Einde Julie 1916 is die bouery afgehandel. Die gronde is gelyk-gemaak en die terrein omhein. Op die terrein het nou die nuwe kerk sowel as die ou kerkie gestaan.

’n Hoogtepunt in die geskiedenis van die gemeente is op Woensdag 1 November 1916 bereik toe die deure van die nuwe kerk vir die verkondiging van die Woord van die Here oopgesluit is. Vooraf het ds. Pienaar egter eers ’n paar afskeidswoorde in die ou geboutjie uitgespreek. Die ou kerkie sou voortaan net as saal gebruik word, maar almal het besef die struktuur se dae is getel.

Die nuwe kerk is geopen met die sing van Psalm 100 vers 3. Ds. C H Radloff het die wydingswoord na aanleiding van Psalm 29:9 uit-gespreek: “In die Here se paleis sê elkeen: Heerlikheid!”

Mnr Hennie Morkel van De Bos het die drie kanselstoele geskenk ter herinnering aan sy seun (ook Hennie) wat twaalf jaar tevore op Kogelbaai verdrink het. Mev Christine Laubser het die orrel geskenk om die ou harmonium te vervang. Haar dogter Lettie het die kloktoring heelwat later (in 1938) geskenk.

’n Hele klompie leraars het deur die jare hul staan hier op die kansel gekry, waarvoor ons die Here baie dankbaar is.

Al is die mure daarvan gemaak van lewelose bakstene en sement, is die kerkgebou die setel van Nederduits-Gereformeerde gods- diens in ons gemeenskap. Dit word lewe gegee deur die mense wat daarin dien en wat daardeur bedien word: die gemeente. Die NG Gemeente Gordonsbaai self is meer as sestig jaar oud.

GEMEENTESTIGTING

Die stigting van ons gemeente is verweef met die verhaal van die geboue. Daar in die vroeë 1950’s – September 1952 om presies te wees - het die Gemeente Gordonsbaai tot

bakstene te vervaardig. So is 120 000 stene uiteindelik op die weduwee Langschmidt se werf gemaak van die grondstowwe en brandhout wat deur die weduwee geskenk is.

’n Boukommissie met opdrag om ’n nuwe kerkgebou te beplan, is in 1912 in die lewe geroep. Dit het ingesluit mnre G J V Loubser, J A Morkel, S A le Roux, P E Scholtz en later ook D J le Roux en J Bredell. Die kommis-sie het die tender van £1 000 vir die bouwerk van ene mnr. Townsend aanvaar. Van P E Laubser is ’n le-ning van £800 verkry en toe kon die bouwerk begin. Uiteindelik het die gebou £1 504 gekos, buiten die koste van twee erwe wat van Townsend gekoop is.

Een van die talle mense wat aan die nuwe kerk help bou het, was Jannie Storm. Hy en sy eggenote Jessie het hulle in 1914 op Gordons- baai gevestig. Hierdie Karooseun het ’n betrekking as winkelklerk op die dorp gekry en smiddae ná werk ywerig hand bygesit met die bouery. Hy het die eerste koster van die gemeente geword en 33 jaar lank in daardie hoedanigheid gedien. Daar word vertel dat sy vergoeding tien sjielings per maand was. Dit laat ’n mens terugdink aan “die ou dae” toe ’n pond nog ’n pónd was! Die hele gesin, veral Jessie, het fluks gehelp met onder andere die afstof van die banke en die was van die nagmaalglasies. Die straat wat langs die kerk oploop om by Millerstraat aan te sluit, is na hierdie Jannie Storm vernoem.

Op 23 Oktober 1915 is die hoeksteen van wat ons vandag as ons mooi NG Kerk teen die heuwel ken, deur ds. P J Pienaar gelê. Die inskripsie daarop lui: ‘Zoo wordt gij ook zelven als levende steenen gebouwd.’ By dié geleentheid is ook ’n silwertroffel deur die argiteks- firma William Black & Fagg Architects aan ds. Pienaar oor- handig. Die woorde ‘Presented to Rev. Pienaar on laying the Foundation Stone, Gordon’s Bay Church’ is daarop gegraveer.

stand gekom. Dit het eers onder die Gemeente Somerset-Wes geval. Dis verstommend om te dink dat slegs sowat 85 gesinne glo destyds op Gordonsbaai gewoon het. Propo-nent V O Nel het tot op daardie sta-dium Gordonsbaai en Sir Lowryspas-dorp bedien.

In 1952 het prop. Nel (nou ds.) die afstigting van die Gemeente Gordonsbaai vanaf die Gemeente Somerset-Wes geïnisieer en met die goedkeuring van die Ring, verleen op 22 September, het Gordonsbaai toe ’n selfstandige gemeente geword. Die moedergemeente het die nuwe gemeente bygestaan deur onder meer die kerkgebou en die kerksaal, ter waarde van £4 964 (nog in pond sterling), die pastorie ter waarde van £4 316 en ’n stuk grond naby Sir Lowryspasdorp ter waarde van £650, as bruidskat te skenk.

Ds. M J (Thys) Kritzinger (1952-1958) het die eerste vaste leraar van die NG Gemeente Gordonsbaai geword.

Met afstigting het die kerk binne ’n bietjie anders gelyk as nou. In Ds. Nel se tyd was daar ’n groot, geverfde lint in die nis agter die preekstoel, waarop daar geskrywe was: ‘Hebt geloof op God, bidt voor elkander.’ Op die kanselkleed het gestaan: ‘God is getrou.’ Rondom 1973 is die geverfde lint in die nis vervang met ’n houtpaneel met ’n kruis van ligte hout daarop. Onthou u dit? Uiteindelik is die kruis afgehaal sodat - in pas met moderne tegnologie - ’n elektroniese bord aangebring kon word waarop die liedere per rekenaar geprojekteer kon word.

Die kerkraad het in Oktober 1986 besluit om uiteindelik die saaltjie te sloop. Die sloping het saamgeval met

2

Page 3: Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom! · het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die

die voorbereiding van die terrein vir die bou van die nuwe huidige kerk-saal op dieselfde plek. Gemeentelede wat die sloping onthou, vertel dat die geboutjie nie eens behoorlike fondasies gehad het nie. Die bou-werk aan die nuwe saal het in Maart 1987 begin.

Vandag is dit ds. Strydom Bruwer en dr. Jannie le Roux wat die herderlike bediening voortsit. Ons is bevoorreg dat hulle al lánk met ons is – meer as twee dekades! ’n Onbetrokke buitestander sou dalk meewarig die kop skud en sê: “Duidelik is dit tyd om te gaan!” Nie só met ons twee dominees nie – van wie prof. Pieter van Jaarsveld tydens ’n oggendpreek gesê het dat ons “van die brightstes gekry het wat daar is,” en van wie oom Oubaas van 7de Laan sou sê: “Hulle is uit die boonste gestoeltes!” Ds. Strydom en Dr. Jannie het so diep in ons harte gekruip dat sommige gemeentelede vergewe sou kon word as hulle nie meer die vanne ken nie …!

Saam met ons leraars is daar die hele skare van vorige predikante en administratiewe en bestuurs- personeel wat hul tyd, hart en siel ingespan het om te dien, wat ons met dankbaarheid in die gedagte roep. Die gedugte span wat ons vandag het, sit die werk met groot vrug voort.

Uit ons eeu-oue kerkgebou klink Sondae gesange van dankbaarheid en lofprysing op. “Lofsing die Heer, buig voor Hom neer, bewys aan Hom die eer!” Lank lewe die Huis van die Here waarheen ons opkom. En lank lewe die NG Gemeente Gordonsbaai, nie terwille van homself nie, maar ter wille van die uitbreiding van ons dissipelskap van Jesus die Redder!

- Johan van Zyl

Op Dinsdag 10 Januarie 2017 is die grond amptelik aan die boukon-trakteur oorgegee en die bouery het Maandag 16 Januarie begin! Na jare se insameling en droom en beplan-ning is ons nou daar …

HOEKOM DIE LOFSENTRUM BOU?Ons gemeente lééf die roeping wat ons van God ontvang het, naamlik: Ons beleef God. God verander ons. Ons maak ’n verskil in ons wêreld! En die bou van die Lofsentrum stel ons in staat om hierdie droom uit te leef.

AGTERGRONDReeds in die sewentigerjare het die gemeente besef dat die huidige kerk-gebou te klein is vir die bywoning van lidmate. Grond is gekoop (waar die huidige Woolworths tans is) en later weer verkoop om die huidige saal te befonds. Gou het dit egter geblyk ’n korttermynoplossing te wees, want:

• Die gemeente het geweldig ge-groei en die aantal dienste wat aangebied word, het vermeerder, maar die getal lidmate is te veel vir die huidige gebou. In die vyftiger-jare was hier ongeveer 85 gesinne en die gemeente het gegroei tot 1 697 in 1994. Tans bestaan die ge-meente uit 2 600 lidmate (doop en belydend)!

• Wanneer volgepak kan die huidige gebou 330 mense huisves en die saal 200. Navorsing oor die wêreld heen bewys as ’n erediens bykans altyd 80% vol is, moet jy aanvaar dat jy óf nog ’n diens moet hou (soos ons tans reeds doen) óf dat eerstekeerbesoekers nie weer kom nie, en dat bywoning gaan begin daal. Ons is elke keer deur hierdie siklus en dit ondersteun die navorsing.

• Die gebrek aan voldoende parkering, veral oor naweke

as besoekers instroom, sowel as die feit dat daar te min parkeerplekke vir ons bywonende lidmate is, veroorsaak dat mense nie moeite doen om te kom nie.

• Uitbreiding op die perseel in Kusweg is ondersoek, maar ons kan nie verder daar uitbrei nie. Dis ’n historiese gebou en die onvoldoende parkering gaan dan munisipale regulasies oorskry.

• Die dorp het ontwikkel van ’n klein landelike plekkie na ’n ge- bied waarin meer as 35 000 mense woonagtig gaan wees.

• Ons missionale poging om ons roeping uit te leef, dwing ons om nog meer eredienste en dienste te lewer.

Ons is spreekwoordelik in die posisie waar die skoen die grootte van ons groei bepaal. Dit moet eerder wees dat ons groei die grootte van die skoen (ruimtes waarin ons groei kan laat gebeur) bepaal!

Die Kerkraad het besef dat ’n gebou wat 100 jaar gelede vol- doende was nie meer in al die huidige behoeftes kan voorsien nie. Daar sal nóg groeiruimtes moet kom. Daarom het die Kerkraad in die negentiger jare wéér grond gekoop met die oog op uitbreiding van die dienste.

WAAR IS DIE NUWE UITBREIDING?Dit is Dennehof (Pine Acres) Erf 4162 en die grootte is 8 805m². (Kyk die Google Earth-lugfoto)

DIE LOFSENTRUM...ONS BEGIN BOU!

3

Page 4: Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom! · het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die

BEGINSELS EN WAARDES?

Ons beginsel is om ROEPINGS- GEDREWE te wees: Ons beleef God. God verander ons. Ons maak ’n ver-skil in ons wêreld!

Hierdie WAARDES het gekristalliseer vir die funksionering van die Lofsen-trum:

- Godverering- Innoverend- Volhoubaar- Gemeenskap- Ekonomies vatbaar

Ons werk eers met ‘n “binne-na-buite”- (Inside-Out) i.p.v. “buite- na-binne”-benadering.

BEOOGDE GEBRUIKSFUNKSIES?a. Familievriendelike plek van

samekoms vir gemeente en gemeenskap met oog op geeste- like groei en dienste

b. Eredienste, lof- en aanbiddings-geleenthede

c. Kategese en opleidingd. Kleuterskoole. Gemeenskapsbehoeftes:

begrafnisse, troues, onthale, seminare, konserte

f. Spesialiskantore: pastoraat, maatskaplik.

PROSESSE

Daar is veral 3 prosesse wat gelykty-dig sal loop:

a. Missionale proses: Dis die proses van gebed en geloofsonder-skeiding om seker te maak by die Drie-enige God waarmee

God reeds besig is en waarby ons kan inval. Deel van hierdie proses sal wees om te besluit wat die aard van die eredienste en ander dienste in die Lofsentrum sowel as die huidige gebou sal wees. Dis belangrik dat ons nie die “metode” en die “missie” met mekaar verwar nie. Die doel is nie die geboue nie, maar waarvoor die Here ons roep om die geboue te gebruik om ’n gemeenskap te help groei en genees.

b. Konneksieproses: Dis die opname in die gemeente van “Wie is ons?”, m.a.w. wie vorm deel van die gemeente en wil graag deel daar-van vorm.

c. Fisiese bouproses: Dis die ont- wikkeling van die fisiese gebou. Dit sluit in om aandag te gee aan behoeftes wat nog kort, soos bv. stoele, klank- toerusting, kombuistoerusting, ens. Ons bou die fisiese gebou met ons beskikbare kon-tant en sal prosesse ontwerp vir die voorsiening in die ander behoeftes (bv. met behulp van ‘n banklening, skenkings, ens.).

Ons wil asseblief vra dat jy gereeld hiervoor sal bid sodat ons Here Jesus in alles sal bly volg. Ons is immers eers dissipels van Jesus!

SIEN GOD SE NUWE BEGIN

Jes. 43:16-21. Vers 19: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt

om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.”

As daar een feit oor hierdie lewe is, is dit dat ons gewaarborg is om veran-dering te beleef.

Mark Twain het gesê die enigste persoon wat van verandering hou, is ’n nat baba.

Om te groei, gaan altyd met verandering gepaard. As ons nie wil verander om te groei nie, is die kans goed dat ons nie oop is vir wat God vir ons bedoel het nie.

Hier in Jesaja verkeer die volk in ballingskap. God bring deur ’n profeet hoop vir die volk. Dan sê God dat hulle moet sien God is besig om die nuwe te begin. Dus, in die slegste tyd van die volk van God se bestaan, kom sê God hulle moet raaksien dat God ’n nuwe begin maak.

DRIE OPMERKINGS:

1. Jy kan nie die nuwe sien terwyl jy omkyk na die oue nie.

Jesaja 43:18 “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie.”

Paul Tillich skryf in ’n preek van hom oor hierdie gedeelte: “We cannot be born anew if the power of the old is not broken within us.”

God bedoel nie hiermee dat hulle nie God se magtige dade moet onthou nie. Natuurlik moet hulle onthou hoe God hulle gehelp het

4

Deel van die professionele span en die Bou-kommissie tydens die oorhandiging van die terrein en bouplanne

Op Sondag 22 Januarie 2017 het gemeentelede op die nuwe terrein gaan bid en die projek aan die Here opgedra

Page 5: Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom! · het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die

om die beloofde land binne te gaan. Hulle moet God onthou!

Maar hulle moet ophou om vas te klou aan die herinneringe wat hulle terughou. Jy kan nie die nuwe raak-sien terwyl jy omkyk na die oue nie. Hulle moet terselfdertyd nie dink dat die toekoms gaan wees soos die verlede nie. As jy die toekoms verwag soos jy die verlede onthou, maak jy ’n groot fout. Want God gaan iets an-ders doen.

2. Julle kan dit al sien kom

Jesaja 43:19 “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te geb-eur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.”

Wat ons dikwels as “toevallig” raak sien, is God wat lankal dinge in die rigting stuur waar dit moet wees.

Hoe kan jy die nuwe sien gebeur? Deur in die oomblik te bly. Waarmee is God nou besig?

Maar ons moet met nuwe oë kyk. Dis die oë van mense wat Jesus opge- staan en lewendig sien. Dis die oë van mense wat sien hoe alles verander wanneer mense Jesus aanneem en die Heilige Gees in hulle woon. Dis die oë van mense wat weer wonders raaksien.

In ons missionale manier van kyk is dit deurgaans ons vraag: Waarmee is God besig en hoe kan ons daar-by inval? Want: God is besig om die nuwe op te rig.

3. In gebrokenheid sien jy beter wat is

Ons moenie dink ons sien God eers regtig raak wanneer alles in ons guns is en ons al die bronne aan ons kant het nie.

Ons gebrokenheid is juis die tyd om saam te werk om die nuwe te bring wat niemand nog gesien het nie, maar wat God in mense se harte lê om sisteme te veran- der en mense aan te raak sodat daar ’n pad in die woestyn kan kom en water in die droë wêreld kan ontspring.

In die groter gemeenskap van Gordonsbaai en die Helderberg Kom en wyer kan ons juis saam met God werk om die nuwe te bring!

“Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.”

- So sê die Almagtige God!

- Dr Jannie le Roux

T N

T N DENNEHOF RO

AD

NB

OO

M R

OA

D

297.29.10

98,91

7,09

11,97

55.3

6.2

0

35,0

0

7,07

145.37.20

115,77

11

0,4

235

.53

.40

190.40.30

206.58.20

A

BC

E

F

G

6629

6628

6627

6626

6625

6624

6623

6622

6621

300 SW

450 S

W

450 SW

450 SW

CL 100.41

IL 99.42

CL 100.42

IL 99.04

?

CL 99.91

IL 96.20

CL 100.08

IL 98.71

450 SW

150 FS

150 FS

CL 99.76IL 96

TelkommerkerKabelmerker

Teer

Teer

Teer

Teer

Muur

Muur

100

100100

100

100

100

100

101

100

100

100

100

100

99.7

5

99.75

99.75

99.75

99.75

99.75

99.75

100.25

100.2

5

100.25

100.2

5

100.25

100.25

100.25

100.7

5

100.75

100.

50

100.5

0

100

.50

101.25

100.5

0

100.2

5

99.75

99.50

100.112

9595

99.686

99.622

99.670

99.701

99.529

99.895

99.694

100.035

99.716

99.908

99.765

99.775

99.750

99.993

99.602

99.845

99.729

99.825

99.884

100.234100.2

36

100.113

100.554

100.333

100.149

100.224

100.135

100.062

99.996

100.120

100.189

100.228

100.227

100.374

100.256

100.076

100.174

99.992

99.977

99.776

99.831

99.834

99.702

99.763

99.597

99.671

99.501

99.531

99.476

99.624

99.473

99.539

99.504

99.614

99.535

99.840

99.902

894

99.947

99.854

99.877

99.916

99.986

99.997

100.055

99.958

100.010

99.584

99.709

99.661

99.701

99.501

99.706

99.558

99.690

99.774

99.763

99.729

99.856

99.775

99.972

99.891

99.984

100.028

100.047

100.225100.1

82

100.278

100.273

100.233

100.298

100.374

100.554

100.344

100.581

100.552

100.164

100.391

100.157

100.323

100.086

100.245

100.168

100.193

100.165

100.089

100.141

99.808

100.087

99.743

99.979

99.693

99.771

100.098

100.070

100.157

100.143

100.050

100.106

100.075

99.914

100.102

100.178

100.277

100.246

100.288

100.309100.4

58

100.120

100.350

99.924

100.181 99.9

73

100.036

100.020

99.967

99.937

100.200

100.062

100.272

100.333

100.387

100.486

100.665

100.682

100.865

101.003

101.191

101.044

101.308

101.394

101.071

101.289

101.200

101.121

100.997

101.150

101.281

101.289

101.415 101.4

45101.3

38

101.239

100.993

100.801

100.753

100.940

100.678

100.883

100.806

101.014

100.649

100.577

100.430

100.520

100.745

100.607

100.649

100.500

100.363

100.456

100.429

100.307

100.267

100.280

100.383

100.414

100.387

100.386

100.408

100.418

100.306

100.354

100.380

100.347

100.420

100.495

100.330

100.411

100.335

100.420

100.508

100.478

100.427

100.397

100.378

100.473

100.421

100.460

100.101

100.486

100.279

100.193

100.115

100.262

100.294

100.299

100.068

99.963

100.226

99.985

100.104

100.075

100.005

100.002

100.077

100.045

100.104

100.098

100.297

100.211

100.365

100.467

100.420

100.309

100.393

100.446

100.491

100.452

100.463

100.502

100.486

100.470

100.489

100.588

100.751

100.730

100.753

100.376

Y 1

2280

A B C D

2

1

4

5

6

7

3

1.8 ALUMINIUMFIRE DOORWITH TOPLIGHT

1.8 ALUMINIUMFIRE DOORWITH TOPLIGHT

1.8 ALUMINIUMFIRE DOORWITH TOPLIGHT

1.8 ALUMINIUMFIRE DOORWITH TOPLIGHT

SLIDINGDOOR

PAVING

CEMENTPAVERS

12898

9982

10m

13m

42.91m6m

50m

7.09m

11.9

7m

35m

WALKWAY

780

COLDROOM

STORE

REFU

SE

SHEDNewChurchBuilding924.6m² YARD

G. TAP

G. TAP

G.TAP

FIREDOOR

SLIDINGDOOR

PHASE 2ALLOTMENT

NEWSEWERMANHOLECL 99.65IL 98.65

TREE

S TO

BE

RETA

INED

GARD

EN O

F RE

MEMB

ERAN

CE

INFORMALPARKING

CELTIS AFRIKANA &CELTIS SINESISPLANTED AT 5M CENTERS

250mm Raised ramp up fromexisting road to ERF

To stop ingress of SW into ERFPAVED area

interlocking cement

1.8m High sliding gate

1.8m High steel meshsecurity fence by specialist

1.8m High steel meshsecurity fence by specialist

1.8m

Hig

h st

eel m

esh

secu

rity f

ence

by s

pecia

list

1.8m High steel mesh

security fence by specialist

EXIS

TING

1.8

M H

IGH

VIBR

ACRE

TE W

ALL

10M BUILDING LINE

10M BUILDING LINE

110.42mErf Boundary

EVENTS LAWNAREA

SPIDER GUMTO BE REMOVED

MAIN ENTRANCE

SIGNAGE ON GABLE WALLTBC

SHRUBS

TELKOM & ESKOMCONNECTIONS

115.77m

ROADSURFACE:GRAVEL

CELTIS AFRIKANA &CELTIS SINESISPLANTED AT 5M CENTERS

INFORMALPARKING

INFORMALPARKING

RAMPGRADE

LOADING BAY

GAS

3000

3500

3500DISABLED

PARKING

DISABLEDPARKING

DRO

P-O

FF

INFO

RMAL

PARK

ING

4500

1240

0

INFORMALGRASS/GRAVEL

SURFACE.NOT HARDENED

CL 99.079IL 98.811

47.68m110 FS1:80

IECL 98.807IL 99.407

12.8611101:80

450 diaCONCRETE

TIE INTOEXISTINGMANHOLE

EARTHSTORMWATER

CANNELTO ENG SPEC

NATURAL V-DRAIN

NATU

RAL

V-DR

AIN

on Eng spec

6500 2500 6000 5500

7585

7500

EARTH APRONEARTH APRON

EAR

TH A

PRO

NEA

RTH

APR

ON

5000

5000

1613

050

30

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

6564

6362

6160

5958

5756

5554

5352

5150

4948

4746

4544

4342

4140

3938

3736

3534

33

3231

3029

2827

2625

2423

66 67 68 69 70 71 72 73 74 75

ALL CONSTRUCTIONWORKS MUST COMPLY

WITH NATIONALBUILDING

REGULATIONS ANDCONSTRUCTION

REGULATIONSOCCUPATIONAL

HEALTH AND SAFETYACT 2014

1:400 on A31:200 on A1Scale

NOTE* The Contractor must assure himself of all dimensions and levels onsite, as well as of the proposed building, and clear up alldiscrepancies and uncertainties before the commencement of any ofthe building works.* All structural works to be referred to Engineers drawings andspecifications.* All glazing to conform to SANS 10400-N specifications.* All works to be executed in strict accordance with National BuildingRegulations.* The correct setting out of the building is the sole responsibility of thecontractor.* Use given measurements in preference to scaled ones.* Copy right to remain the possession of the Architect.

CJ (Nelia) BOTHA85 Miller Street | Gordons Bay

Architect

Drawn by

Date

Project number

Architect

Client

Drawing no.

W. BarkhuizenSACAP 21384

C.J. BothaSACAP 7220

Description / Revisions DateNo

1 : 200

10/1

3/20

16 1

1:22

:58

AM

1310

12 OCT 2016

A100

SITE PLAN

Occupation: A4

SHEDULE OF AREAS

SITE 8805 m²

BUILDING 924.6 m²

COVERAGE 1001.4 m²11.3%

PARKING

Effective floor area 600 m²

1 bay per 6 [email protected]² per person 75 bays

Disabled (51-100) 2 bays

Steel mesh fence 275m

Zoning: CO1

FIRWOOD ROAD

SITE PLAN1:200 on A11:400 on A3

Newplace of worship

forNG KERK GORDONSBAAI

GEMEENSKAPSENTRUM

Gordons Bay: Erf 4162

SHEDULE OF AREAS

SITE 8805 m²

BUILDING 924.6 m²

COVERAGE 1001.4 m²11.3%

Die vloerplan van die Lofsentrum

Grafiese voorstelling van die Lofsentrum

5

Page 6: Een in liefde, een van hart, een in strewe. .. ALMAL welkom! · het die geboë vorm van die syvensters gehad. Binne-in die gebou was die verhoog, en ’n outydse rietorrel het die

Die boodskap hier onder bied ‘n uitgebreide verwelkoming aan Katedraal Coventry-gaste “getroud, geskei, weduwee, gay of verward”.

’n Baie spesiale welkom as jy enkel, getroud of geskei, is; of jy weduwee of wewenaar, gay, verward, stinkryk, gemaklik of brandarm is.

’n Baie spesiale welkom aan skreeuende babas en opgewonde kleuters.

Ons verwelkom jou – of jy nou mooi kan sing soos Pavarotti of net saggies vir jouself kan brom.

Jy is ewe welkom as jy ‘net kom rondkyk’, net wakker geword het of so pas uit die tronk kom.

Ons gee nie om of jy heiliger as die pous is, of nooit in die kerk was sedert Kersfees tien jaar gelede nie.

Ons verwelkom jou hartlik as jy oor 60 is maar nog nie grootgeword het nie, en ook as jy ʼn tiener is wat te vinnig grootword.

Ons verwelkom fiksheidsbewuste ma’s, rugbymal pa’s, honger kunstenaars, gaan-groen “freaks”, latte-drinkers, vegetariërs, en gemorskos-eters.

Ons verwelkom diegene wat besig is om te herstel, en ook elkeen wat nog verslaaf is.

Ons verwelkom jou as jy toegegooi is onder probleme, in ʼn diep depressie is, of niks hou van georganiseerde godsdiens nie.

Jy’s baie welkom – of jy nou een van dié is wat dink die aarde is plat, wat te hard werk, glad nie werk nie, of nie kan spel nie; of net hier is

omdat jou ouma kom kuier het en graag wou kerk toe kom.

Ons verwelkom elkeen wat getatoeëer, of oral met naalde en ringe deurboor is; of jy tatoes én “piercings” het, of geen het nie.

Ons wil diegene wat nou met ‘n gebed kan doen, wat godsdiens as kind in hul kele afgedruk gekry het, of wat verdwaal het in die stad en per ongeluk hier uitgekom het,

baie welkom laat voel.

Ons verwelkom pelgrims, toeriste, soekers, twyfelaars ... en vir JOU!

(Vry vertaal deur Wilma le Roux uit ‘Brilliant’ Coventry Cathedral welcome sign lauded on social mediaDeur James RODGER; 11:42, 9 Januarie 2017 in http://www.coventrytelegraph.net/news/coventry-news/

brilliant-coventry-cathedral-welcome-sign-12422814)

Die hart van ons Gemeente

6