37
WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME ENERGIE EN VERANDERING GRAAD 5 Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asb. erkenning aan PSP. ©PSP 2002 ’n Voorbeeld van ’n kort leerprogram in die Natuurwetenskappe en Tegnologie AKTIWITEITE 1: Maak ’n klasplakkaat om die verskillende vorms van energie te wys 2: Elektriese energie beweeg deur verskillende stowwe 3: Maak elektriese stroombane om lig-, klank-, hitte- en bewegingsenergie te skep 4: Ons kry ook lig-, klank-, hitte- en bewegingsenergie van die hooftoevoer 5: Hoeveel elektriese energie gebruik verskillende toestelle? 6: Waarvandaan kom die hooftoevoer-elektrisiteit? 7: Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?

Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME

ENERGIE ENVERANDERING

GRAAD 5

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asb. erkenning aan PSP. ©PSP 2002

’n Voorbeeld van ’n kort leerprogram in dieNatuurwetenskappe en Tegnologie

AKTIWITEITE1: Maak ’n klasplakkaat om die

verskillende vorms van energie te wys

2: Elektriese energie beweeg deurverskillende stowwe

3: Maak elektriese stroombane om lig-, klank-, hitte- enbewegingsenergie te skep

4: Ons kry ook lig-, klank-, hitte- enbewegingsenergie van diehooftoevoer

5: Hoeveel elektriese energiegebruik verskillende toestelle?

6: Waarvandaan kom diehooftoevoer-elektrisiteit?

7: Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?

Page 2: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

ONTWIKKEL DEUR DIE WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME-SPAN EN ONDERWYSERSHierdie leerprogram is daarop gerig om die volgende uitkomste in die Natuurwetenskappe te bereik:

s LU 1: Wetenskaplike OndersoekDie leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer en om verhoudings en probleme binne die konteks vanwetenskap, tegnologie en die omgewing te ondersoek en op te los.

s LU 2: Konstruksie van WetenskapkennisDie leerder ken en is in staat om wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis te interpreteer en toe te pas.

s LU 3: Wetenskap, die Samelewing en die OmgewingDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span en onderwysers in die GetInset-projek

Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Janet Ranson en vertaal deur Ronél Gouws

Western Cape Primary Science Programme

Edith Stephens-VleilandparkLansdownewegPhilippiPosbus 529Howard Place7450Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350e-pos: [email protected]: www.psp.org.za

Page 3: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

Inhoud• Hierdie boekie illustreer ’n voorbeeld van ’n kort leerprogram vir graad 5.• Dit ontwikkel begrippe, vaardighede, houdings en taal stapsgewys.• Dit sluit die volgende in: aktiwiteite en take vir leerders, take vir onderwysers,

steunmateriaal en voorstelle vir assessering.

2 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 1 Maak ’n klasplakkaat om die verskillende vorms van energie te wys

4 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 Elektriese energie beweeg deur verskillende stowwe

6 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 Maak elektriese stroombane om lig-, klank-, hitte-, en bewegingsenergie te kry.

12 . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 Ons kry ook lig-, klank-, hitte-, en bewegingsenergie van die hooftoevoer.

14 . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese energie gebruik verskillende toestelle?

17 . . . . . . . . .Aktiwiteit 6 Waarvandaan kom die hooftoevoer-elektrisiteit?

18 . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?

22 . . . . . . . . .Voorgestelde werkskema

23–26 . . . . .Assessering en rekordblaaie

27 . . . . . . . . .Kodes vir assessering

Taakkaarte vir fotostatering

28 . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 Deur watter stowwe kan elektrisiteit beweeg?

30 . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 Hoe om elektriese stroombane te maak om lig-, klank-,hitte-, en bewegingsenergie te kry

31 . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 Lig-, klank-, hitte- en bewegingsenergie

32 . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese energie gebruik verskillende toestelle?

33 Feitblad: Hoeveel energie word deur verskillende toestelle gebruik?

34 . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 A Die driepenkragprop35 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .B Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?

Steunmateriaal

37 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Veiligheid in die huis

38 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Hoe gloeilampe werk

38 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Agtergrondinligting oor batterye

39 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Selle en batterye

40 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Agtergrondinligting oor aarding

Agterblad . . . . . . . . . . . . . . ’n Kopkaart oor energie en verandering

Page 4: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

2

Aktiwiteit 11 Maak ’n klasplakkaat om dieverskillende vorms van energie te wys

Help leerders om prente in koerante en tydskrifte te kry om ’n plakkaat temaak. Help hulle om die verskillende vorms van energie in die prente teidentifiseer.

• Energie bestaan in verskillende vorms (daar is verskillende soorte energie – hitte, lig, klank, beweging, elektrisiteit)

Sleutelbegrip

Onderwysertaak

Vorms van Energie

Bewegingsenergie

Hitte-energie

Hitte-energie

Elektriese energie

Klankenergie

Ligenergie

LET WEL: Daar is ook

kernenergie (atoom-

energie) en opgegaarde

energie, maar ons verwag

nie om dit in hierdie

aktiwiteit te dek nie.

Page 5: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

3

Werk in groepe1. Versamel prente uit tydskrifte en koerante om te wys wat die

verskillende vorms van energie is.2. Maak ’n plakkaat teen die klaskamermuur.3. Skryf sinne oor die verskillende vorms van energie, byvoorbeeld golwe

het bewegings- en klankenergie.

Maak ’n klasplakkaat om die verskillendevorms van energie te wys

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die maak van ’n plakkaat om Die plakkaat moet die volgende hê:die verskillende vorms van a ’n opskrif, byvoorbeeld energie te wys “Verskillende vorms van energie”

a prente wat die verskillende vorms van energie soos klank, hitte, lig, beweging, elektrisiteit illustreer.

Die skryf van sinne oor die Die sinne moet:verskillende vorms van a verduidelik watter vorm van energie energie in die prent gewys word, byvoor-

beeld: golwe in die see het bewegingsenergie; die motor het bewegingsenergie; die strykyster gebruik elektriese energie; die vuur het hitte-energie

a die sinne moet sinvol wees.

Leerdertaak

AktiwiteitAAsssseesssseerriinngg11

Page 6: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

4

Elektriese energie beweeg deurverskillende stowwe

1. Gee aan elke groep leerders ’n flitsligbattery (elektriese sel), ’nflitsgloeilampie en twee stukkies geïsoleerde elektriese draad.

2. Vra leerders om die gloeilamp te laat brand deur die apparaat tegebruik. Kyk of die leerders ’n stroombaan kan maak wat die gloeilamplaat brand.

3. Verduidelik die woord “stroombaan” en wys die leerders hoe dieelektrisiteit deur die stroombaan beweeg – van die een punt van diebattery, langs die drade, deur die gloeilamp en terug na die battery seander punt. Vra die leerders om die stroombaan met hul vingers tevolg. Verwys na die steunmateriaal oor gloeilampe.

4. Nadat die leerders die stroombaan met ’n gloeilamp gemaak het, toetshulle verskillende stowwe om te kyk of dit elektrisiteit gelei. Hulle doendit deur ’n stroombaan soos hieronder te maak.

• Sommige stowwe gelei elektrisiteit. Dit word geleiers genoem.• Sommige stowwe gelei nie elektrisiteit nie. Dit word isolators

genoem.• Elektrisiteit vloei net deur ’n stroombaan wat uit stowwe wat

elektrisiteit gelei, bestaan.

Aktiwiteit 22

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

gloeilamp

sel

elektrisiteitsvloei

draad

5. Verduidelik die woorde “geleier” en “isolator”. Leerders koppel diestof wat hulle wil toets, aan die gloeilamp in die stroombaan. As diegloeilamp brand, is die stof ’n geleier (elektrisiteit kan daardeur vloei).As die gloeilamp nie brand nie, is die stof ’n isolator (elektrisiteit kannie daardeur vloei nie).

6. Laat die leerders die stowwe wat op die taakkaart aangedui word,toets.

gloeilamp

sel

elektrisiteitsvloei

draadmetaalspyker

Page 7: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

5

TaakkaartDeur watter stowwe kan elektrisiteitbeweeg?A.

1. Gebruik die apparaat om die gloeilamp te laat brand.2. Maak ’n tekening van hoe jy die gloeilamp laat brand het.

3. Waarom het die gloeilamp gebrand?

Omdat die elektrisiteit deur die gloeilamp beweeg het (deur die

filament en draad).

B.1. Maak nou ’n stroombaan soos hierdie een.

2. Brand die gloeilamp?

Ja3. Het die elektrisiteit langs die stroombaan beweeg?

Ja4. Gelei die spyker elektrisiteit?

Ja

Leerdertaak

Taakkaart virfotostatering opbladsy 28.LET WELLaat die leerders Avoltooi voordat jy Buithandig.

gloeilamp

sel

elektrisiteitsvloei

draad

gloeilamp

sel

elektrisiteitsvloei

draadmetaalspyker

Page 8: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

6

5. Toets nou nog dinge om te kyk of elektrisiteit daardeur vloei. Teken jou resultate in die tabel op.

Bespreek met die leerders wat gebeur het toe hulle die verskillendestowwe getoets het. Hulle behoort te besef dat net metaal ’n geleier is,terwyl plastiek, hout en ander nie-metale isolators is.

Skryf ’n kort verslag oor wat jy gedoen het.

Vandag het ons stowwe getoets om te kyk of dit geleiers of isolatorsis. Ons het uitgevind dat spykers, draad, blikkies, skuifspelde en

metaallepels elektrisiteit gelei. Dit is almal van metaal gemaak.

Dit is geleiers.

Ons het ook uitgevind dat wasgoedpennetjies, plastiekdoppies,

plastieklepels, plastiekknope en glas nie elektrisiteit gelei nie.

Dit is isolators.

Stof wat getoets Brand die gloeilamp? Beweeg elektrisiteit Is die stof ’n word Ja/Nee deur die stof? of ’n isolator?

Ja/Nee Ja/Nee

’n Metaalspyker Ja Ja Geleier

’n Skuifspeld Ja Ja Geleier

’n Metaalmuntstuk Ja Ja Geleier

’n Hout-wasgoed- Nee Nee Isolatorpennetjie

’n Plastiekdoppie Nee Nee Isolator

Metaaldraad Ja Ja Geleier

’n Metaallepel Ja Ja Geleier

Plastieklepel Nee Nee Isolator

’n Stukkie glas Nee Nee Isolator

’n Plastiekknoop Nee Nee Isolator

Leerdertaak(vervolg)

Onderwysertaak

Page 9: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

7

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

A Die gebruik van apparaat om ’n stroombaan Die leerders moet die volgende kan doen:te skep wat ’n gloeilamp laat brand a Koppel ’n gloeilamp suksesvol in ’n

stroombaan sodat dit brand.

a Teken ’n diagram van die stroombaan wat die volgende wys:

a Verduidelik dat die gloeilamp brand omdat dit aan ’n ononderbroke stroombaan gekoppel is wat toelaat dat die elektrisiteit deur die gloeilamp vloei.

B Die toets van verskillende stowwe om Die leerders moet die volgende kan doen:uit te vind of dit elektrisiteit gelei. a Toets voorwerpe wat van verskillende Die skryf van ’n verslag. stowwe gemaak is deur dit met die

stroombaan met die gloeilamp te koppel.

a Teken hul waarnemings korrek in die tabel op terwyl hulle die toets uitvoer.

a Skryf ’n kort verslag waarin die voorwerpeen stowwe korrek as geleiers of isolators geïdentifiseer word, byvoorbeeld alle metaal gelei elektrisiteit, terwyl hout, glas, papier, plastiek en rubber isolators is.

Elektriese energie beweeg deur verskillendestowweAktiwiteit

AAsssseesssseerriinngg22

gloeilamp

sel

elektrisiteitsvloei

draad

só, dis duidelik. netmetaaldinge gelei

elektrisiteit.

Page 10: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

8

Maak elektriese stroombane om hitte-,lig-, klank- en bewegingsenergie teskep.

1. Verskaf die volgende toerusting aan leerders om elektriese stroombanete maak:– flitsligbatterye– flitsgloeilampies– stukkies geïsoleerde koperdraad– staalwol– klein elektriese motors (van ou bandopnemers en draaitafels)– roomysstokkies of houtblokkies– drukspykers– wondergom– skuifspelde

2. Wys vir die leerders hoe om ’n skakelaar met ’n skuifspeld en draad temaak wat aan ’n stuk dik karton, ’n houtstokkie of -blokkie vasgemaakis. In elke stroombaan wat hulle maak, moet daar ’n skakelaar wees.

3. Verduidelik die naam van al die stukkies apparaat wanneer die leerdersdit voor hulle het (jy kan flitskaarte gebruik), byvoorbeeld battery,staalwol, skuifspelde, ensovoorts. Verduidelik ook die terme“stroombaan” en “elektrisiteitsvloei”.

• Ons kan hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie uit elektrisiteit kry.

• Om hierdie energie uit elektrisiteit te kry, moet ons ’n elektriese stroombaan maak.

• ’n Skakelaar word gebruik om ’n stroombaan te maak of te breek.• Ons kan elektrisiteit uit ’n battery (’n elektriese sel) kry.

Sleutelbegrippe

Aktiwiteit 33

draad

skuifspeld

drukspyker

draad

draad

skuifspeld

drukspyker

draad

Skakelaar in toe posisieSkakelaar in oop posisie

Onderwysertaak

Page 11: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

9

Taakkaart

Hoe om elektriese stroombane te maak om hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie te kry

1. Maak drie stroombane. Verduidelik wat gebeur as jy die skakelaartoemaak.

Leerdertaak

STROOMBAAN 1

Wanneer ek die skakelaar toemaak,

brand die gloeilamp.

STROOMBAAN 2

Wanneer ek die skakelaar toemaak,

loop die motor en die waaier draai/beweeg die

kompasnaald.

STROOMBAAN 3

Wanneer ek die skakelaar toemaak,

raak die staalwol warm en smelt.

Taakkaart virfotostatering op

bladsy 30.

Page 12: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

10

1. Skryf ’n gevolgtrekking op die bord met die hulp van die leerders.

2. Help leerders om te verstaan dat energie in batterye gestoor word endeur ’n chemiese reaksie vrygestel word wanneer die battery aan ’nstroombaan gekoppel word. Gebruik die agtergrondinligting om jou tehelp (bladsy 38–39).

3. Die chemikalieë in die battery gaar die energie op. Wanneer ons diebattery aan ’n stroombaan koppel, verander die gestoorde energie naelektriese energie in die drade.

4. Help leerders om die volgende sinne te voltooi.

SkryftaakKyk na die stroombane wat jy gemaak het.

Voltooi hierdie opsommings (energie-sekwensies) oor jou stroombane.

1. Wanneer jy ’n gloeilamp laat brand, verander gestoorde energie in diebattery na elektriese energie in die drade wat na lig-energie in die gloeilamp verander.

2. Wanneer jy ’n motor laat draai, verander gestoorde energie in diebattery na elektriese energie in die drade wat na bewegings- enklank-energie in die motor verander.

3. Wanneer jy staalwol verhit, verander gestoorde energie in die battery na elektriese energie in die drade wat na hitte-energie in die staalwol verander.

Onderwysertaak

Gevolgtrekking1. Toe ek die skakelaar toemaak, het die elektriese

energie van die battery na die gloeilamp en terugna die battery gevloei. Dit word ’n elektriesestroombaan genoem.

2. Ek kan hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie uitelektrisiteit kry. Die elektrisiteit kom uit diebattery.

Leerdertaak

Page 13: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

11

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die maak van elektriese stroombane om Die leerders moet die apparaat gebruik om die hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie te volgende suksesvol te maak:wys a ’n stroombaan waarin ’n gloeilamp brand

a ’n stroombaan waarin ’n stukkie staalwol verhit word

a ’n stroombaan waarin ’n motor ’n waaier laat draai (die motor en waaier sal ook klank maak) of waarin ’n kompasnaald verskuif wanneer dit onder ’n draad waardeur ’n stroom vloei, gesit word.

Die leerders moet in staat wees om die toerusting met selfvertroue te gebruik.

Die teken van stroombane en die skryf Die tekeninge moet:van ’n verduideliking om te sê wat gebeur a duidelik wys hoe al die komponente in die wanneer ’n skakelaar toe gaan. stroombaan aan mekaar gekoppel is

a wys wat gebeur wanneer die stroombaan gekoppel word, wys byvoorbeeld met stralende lyne om dit dat die gloeilamp brand, ens.

Die sinne moet noem dat:a die gloeilamp branda die staalwol warm worda die motor draai en die waaier laat draai

Die voltooiing van opsommings oor die Hier is die voltooide opsommings:volgorde van energievloei a Gestoorde energie in die battery verander na

elektriese energie in die drade wat na lig-energie in die gloeilamp verander.

a Gestoorde energie in die battery verander na elektriese energie in die drade wat na bewegings- en klank energie in die motor verander.

a Gestoorde energie in die battery verander na elektriese energie in die drade wat na hitte-energie in die staalwol verander.

AktiwiteitAAsssseesssseerriinngg33 Hoe om elektriese stroombane te maak om

hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie te kry

Page 14: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

12

Ons kry ook hitte-, lig-, klank- enbewegingsenergie van die hooftoevoer

1. Bring ’n radio wat met battery-energie of hooftoevoer-elektrisiteit(netkrag) werk, saam klas toe. Bring ook elektriese toestelle wat nethooftoevoer-elektrisiteit gebruik.

2. Bespreek met leerders wat hulle van battery- en hooftoevoerkrag weet.Vergelyk die agtergrondinligting oor batterye en hooftoevoerkrag opbladsy 38–40.

1. Prop ’n paar elektriese toestelle in en skakel dit aan.2. Teken op wat gebeur.

• Ons kry elektrisiteit van die hoofelektrisiteitstoevoer (netkrag)wat van ’n kragsentrale na ons huise kom.

• Hierdie elektrisiteit vloei in ’n stroombaan van die kragsentrale na ons huis en na die toestelle en terug na die kragsentrale

• Die elektrisiteit van die hooftoevoer is baie sterk en kan gevaarlik wees. Dit moet dus reg en versigtig gebruik word.

Aktiwiteit 44

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

Leerdertaak

Soort toestel Wat gebeur as ek dit aanskakel? Soort energie wat ons daarvan kry?

Ketel Die water word warm en kook. hitte-energie; klankenergiebewegingsenergie

Haardroër Dit maak ’n geraas en gee warm lug af. hitte-energie, klankenergie(of verwarmer) bewegingsenergie

Kosmenger Die klitser draai in die rondte en dit maak bewegingsenergie, (of waaier) ’n geraas. klankenergie

Radio Ons hoor klank. klankenergie

Lamp Die gloeilamp brand. ligenergie, hitte-energie

Page 15: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

13

SkryftaakVoltooi hierdie sinne:

1. Wanneer ek ’n ketel aanskakel, kry ek hitte-, bewegings-energie enklank-energie.

2. Wanneer ek ’n haardroër/verwarmer aanskakel, kry ek hitte-,bewegings-energie en klank-energie.

3. Wanneer ek ’n kosmenger/waaier aanskakel, kry ek bewegings-energieen klank-energie.

4. Wanneer ek ’n radio aanskakel, kry ek klank-energie.

5. Wanneer ek ’n lamp aanskakel, kry ek lig-energie en hitte-energie.

Ons kry ook hitte-, lig-, klank- enbewegingsenergie van die hooftoevoer

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die voltooiing van sinne oor Die sinne moet soos volg voltooi word:die energie wat ons kry 1. Wanneer ek ’n ketel aanskakel, kry ekwanneer ons elektriese hitte-, bewegings en klankenergie.toestelle aanskakel 2. Wanneer ek ’n haardroër/verwarmer

aanskakel, kry ek hitte-, bewegings- en klank-energie.

3. Wanneer ek ’n kosmenger/waaier aanskakel, kry ek bewegings- en en klankenergie.

4. Wanneer ek ’n radio aanskakel, kry ek klankenergie.

5. Wanneer ek ’n lamp aanskakel, kry ek ligenergie en hitte-energie.

AktiwiteitAAsssseesssseerriinngg44

Leerdertaak

Page 16: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

14

Hoeveel van die hooftoevoer seelektriese energie gebruik verskillendetoestelle?

1. Versamel prente van elektriese toestelle. ’n Mens kry dit veral inreklamebrosjures wat net voor die einde van die maand in die koerantverskyn. Knip dit uit.

2. Deel die prente aan die leerders uit. Met behulp van die tabel op dieleerdertaakkaart moet hulle die volgende besluit:– Wat is die belangrikste vorm van energie wat ons van elke toestel

kry?– Hoeveel energie (in Watt) gebruik elke toestel?

3. Maak ’n groot tabel soos die een hieronder op die bord.

• Ons kan ’n bykans onbeperkte hoeveelheid energie van die hooftoevoer kry.

• Verskillende toestelle benodig verskillende hoeveelhede elektriese energie om te kan werk.

• Ons kan uitvind hoeveel energie ’n toestel benodig deur te kyk na die hoeveelheid elektriese krag wat dit gebruik. Die krag word in Watt gemeet.

• ’n Watt is die hoeveelheid elektriese energie wat ’n toestel per sekonde gebruik.

Aktiwiteit 55

Sleutelbegrippe

Hoeveel energie word Hitte Klank Lig Bewegingper sekonde gebruik

10 Watt

100 Watt

250 Watt

500 Watt

750 Watt

1 000 Watt

2 000 Watt

3 000 Watt

ELEKTRIESE TOESTELLE

Onderwysertaak

Page 17: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

15

4. Die leerders sit hul prente van toestelle in die kolom vir die soortenergie wat ons daarvan kry en langs die hoeveelheid Watt elektrisiteitwat dit gebruik.

TaakkaartHoeveel van die hooftoevoer se elektriese energie gebruik verskillendetoestelle?1. Sit jou prent op die klastabel om te wys watter soort energie jy van

jou toestel kry en hoeveel elektrisiteit dit gebruik. Gebruik die tabelhieronder om jou te help.

2. Kyk na die voltooide klastabel en beantwoord dan hierdie vrae:a Watter toestel gebruik die meeste energie? a Watter toestel gebruik die minste energie?

baie elektrisiteit wordgebruik om dingewarm te maak!

ja, maar ons het nie baieelektrisiteit nodig om

klank en lig te kry nie.

ek wonder hoeveelelektrisiteit selfone

gebruik?

Blaai om na bladsy 16

Leerdertaak

Taakkaart virfotostatering op

bladsy 32.

Page 18: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die beantwoording van die Die volgende moet in die antwoorde wees:vrae oor hoeveel elektrisiteit a Toestelle soos verwarmers, stowe, ketels en warmplate gebruikverskillende toestelle gebruik die meeste energie.

a Toestelle soos radio’s, bandspelers en horlosies gebruik die minste energie.

a Toestelle wat hitte verskaf, gebruik die meeste energie.a Toestelle wat lig, beweging en klank verskaf, gebruik die minste

energie.

16

selfoonradio/bandspeler

buislig

tafellampnaaimasjien

yskasfaksmasjien

mikrogolfoondkleur-TV

boorhaardroërwasmasjienstofsuier

strykysterbroodrooster

elektriesebraaipan

ketelverwarmer

warmwatersilinderelektriese stoof

Die hoeveelheid elektriese krag wat toestelle gebruik

3. Kyk weer na die tabel hierbo. Voltooi hierdie sinne deur die ontbrekendewoorde in te vul.

hitte lig klank beweginga. Toestelle gebruik baie energie wanneer dit vir ons hitte

van elektrisiteit gee.

b. Toestelle gebruik min energie wanneer dit vir ons

beweging, klank en lig van elektrisiteit gee.

AktiwiteitAAsssseesssseerriinngg55 Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese

energie gebruik verskillende toestelle?

Page 19: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

17

Waarvandaan kom die hooftoevoer-elektrisiteit?

Verduidelik die volgende aan die leerders met behulp van die tekening“Waarvandaan kom hooftoevoer-elektrisiteit?”:

Die hooftoevoer-elektrisiteit in ons huise word by ’n kragsentraleopgewek. Drade koppel die kragsentrale aan ons huise. Wanneer ons’n toestel inprop, bring dit die elektrisiteit vanaf die kragsentrale nadrade in die toestel. Ons skakel die toestel aan – dit voltooi diestroombaan en laat die elektrisiteit toe om vanaf die kragsentrale nadie toestel en weer terug na die kragsentrale te vloei.

Die elektrisiteit van die hooftoevoer is baie sterk en kan uiters gevaarlikwees. Dit moet dus versigtig en korrek gebruik word.

• Hooftoevoer-elektrisiteitnetkrag word deur kragsentrales opgewek.

• Die elektrisiteit beweeg langs drade vanaf die kragsentrale na ons huise en skole.

• Wanneer ons elektrisiteit van die hooftoevoer wil gebruik, koppel ons die toestel met behulp van ’n driepenkragprop aan die kragpunt teen die muur en skakel die elektrisiteit aan.

• Die driepenkragprop het drie drade. Die bruin draad en die blou draad skakel met die hooftoevoer. Die draad wat geel en/of groen is, gaan in die grond in en skei gevaarlike elektrisiteit af.

Aktiwiteit 66

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

Waarvandaan kom hooftoevoer-elektrisiteit?

Kragsentrale

Huismuur

Die twee drade (bruin en blou) vorm’n volledige stroombaan vanaf die kragsentrale na die huis en die toestel en terug nadie kragsentrale. Krag kan dus vloei.

Stoom

bruin draad (lewendig)

blou draad (neutraal)

aarddraad (groen/geel)

Die aarddraad is in die grondbuite die huis begrawe.

Die aarddraad neem oortolligeelektriese energie veilig onderdie grond in.

Page 20: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

18

Hoe kan ons elektrisiteit veiliggebruik?

1. Deel die inligting oor “Veiligheid in die huis” uit (bladsy 37).2. Gee vir die leerders driepenkragproppe, elektriese koord en

skroewedraaiers. (Gebruik ’n toestel met sy drade en kragprop. Dieleerders kan die kragprop losskroef. Hulle kan die drade weer korrekkoppel.)

3. Deel die vrae oor “Waarom is daar drie drade?” uit. Vra die leerdersom hierdie vrae in groepe te bespreek.

4. Stel die idee van “Aarding” bekend. Gebruik die agtergrondinligtingoor “Aarding” as hulp (bladsy 40).

5. Verduidelik die term “elektriese skok” en herinner die leerders aangeleiers en isolators. Verduidelik dat alhoewel die drade in die koordgeleiers is, is dit met plastiese isoleerstof omring wat verhoed datmense wat die toestel gebruik, ’n elektriese skok ontvang. Gebruik dieagtergrondinligting oor elektriese skokke om jou te help (bladsy 40).

Taakkaart

A. Die driepenkragprop

1. Koppel ’n driepenkragprop korrek soos hieronder:

2. Bespreek die vrae oor “Waarom is daar drie drade?”.3. Kleur die drie drade met die regte kleure in.

• Die meeste elektriese toestelle gebruik energie van kragsentrales.

• Baie elektriese toestelle gebruik ’n klomp energie. Dit is dus gevaarlik om dit verkeerd te gebruik.

• ’n Toestel moet altyd met ’n driepenkragprop aan die hooftoevoer gekoppel wees.

• Die driepenkragprop moet korrek aan die toestel gekoppel wees.• Elektriese drade word met isoleerstof bedek om te verhoed dat

mense wat die toestel gebruik, ’n elektriese skok kry.

Aktiwiteit 77

Sleutelbegrippe

Leerdertaak

Taakkaart virfotostatering op

bladsy 34.

Onderwysertaak

Blou – neutraal

Geel/groen – aard

Bruin – lewendig

Page 21: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

19

Waarom is daar drie drade?

1. Fasiliteer ’n klasbespreking oor waarom daar drie drade in diedriepenkragprop is. Maak seker dat die leerders die vrae kanbeantwoord.

2. Knip die prente en sinne uit die inligting oor veiligheid op bladsy 37, ensit dit in koeverte vir die leerders.

Taakkaart

B. Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?Kan na die prente van mense wat gevaarlike werk met elektrisiteit doen.1. Bespreek:

a Wat is gevaarlik in elke prent?a Wat sal met jou gebeur as jy hierdie gevaarlike dinge met

elektrisiteit doen?2. Pas elke prent by die korrekte sin en sit die prente terug in die koevert.3. Skryf nou jou eie veiligheidsreëls vir wanneer ’n mens elektrisiteit

gebruik.

Onderwysertaak

Leerdertaak(vervolg)

moenie moet moenie

Taakkaart virfotostatering op

bladsy 35.

Leerdertaak

• Die blou draad word dieneutrale draad genoem.

• ’n Ander naam vir die groen/geeldraad is die aarddraad.

• As die groen/geel draad losraak,sal daar geen konneksie weesmet die veiligheidsdraad wat indie grond gaan nie. Dit neemoortollige stroom af grond toe asdie toestel foutief is.

• Die drade is met plastiek oorgetrek omdit te isoleer sodat ons beskerm teendie gevaarlike elektriese energie is.

• As die bruin ofblou draadlosraak, sal dit diestroom verbreek.Die elektriesestroom sal nie metdie draad langskan vloei nie. Dietoestel sal niewerk nie, wantdaar sal geenelektrisiteitdaaraan verskafword nie.

• Die omhulsel is uitplastiek gemaak om diedraad te isoleer en omons teen die gevaarlikeelektriese stroom tebeskerm. Binne-in dieplastiek is daar driedrade – die gelaaidedraad, die neutraledraad en die aarddraad.

• ’n Ander naam vir diebruin draad is diegelaaide draad.

Page 22: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

20

Reëls vir hoe ons elektrisiteit veilig by die huis kan gebruik

Wanneer ek elektrisiteit veilig wil gebruik, moet ek die volgende doen:

4. Maak ’n tekening van ’n elektrisiën wat besig is om te werk. Dink aanalles wat jy geleer het van elektrisiteit en hoe om dit veilig te gebruik.

Leerdertaak(vervolg)

1. Seker maak dat my hande droog is voordat ek aan ’n elektriese kragprop raak.2. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

3. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

4. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

5. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

6. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

7. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

Page 23: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

21

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die koppeling van ’n Die leerders moet die volgende doen:driepenkragprop a Gebruik die skroewedraaier vrymoedig om die kragprop te

bedraad.a Maak die drade styf vas.a Maak die groen/geel draad aan die aardpen vas, die blou draad

aan die neutrale pen en die bruin draad aan die lewendige pen.

Die beantwoording van Die leerders moet die volgende verstaan:die vrae oor die redes a Die bruin lewendige draad en die blou neutrale draad word aanwaarom daar drie drade is die stroombaan van die kragsentrale gekoppel wanneer ons die

toestel aanskakel. As een van hierdie drade los is, is daar nie meer ’n volledige stroombaan nie en kan die elektrisiteit nie vloei nie.

a ’n Groot hoeveelheid elektrisiteit vloei deur die lewendige draad.a Die groen/geel neutrale draad word aan die draad wat in die

grond gaan, gekoppel wanneer ons die toestel aanskakel.a Die aarddraad is daar om mense teen ’n elektriese skok te

beskerm. As dit los is, is daar geen veilige koppeling tussen die toestel en die aarde nie. Dit is gevaarlik as daar iets met die toestel verkeerd is.

a Die elektriese drade is van koper gemaak. Koper is ’n metaal wat ’n goeie geleier van elektrisiteit is.

a Die drade is met plastiek bedek, want dit gelei nie elektrisiteit nie. Dit keer dat elektrisiteit ontsnap en skokke veroorsaak.

Die skryf van hul eie Die leerders moet die volgende kan doen:veiligheidsreëls vir die a Identifiseer gevaarlike maniere om met elektrisiteit te werk,gebruik van elektrisiteit byvoorbeeld om kaal drade in ’n kragpunt te steek.

a Sê wat hulle dink sal gebeur as hulle elektrisiteit op hierdie gevaarlike maniere gebruik.

a Skryf ’n stel veiligheidsreëls om mense te waarsku teen die gevare wat hulle geïdentifiseer het.

Die tekening van ’n Die tekening moet die volgende wys:elektrisiën wat werk a Die elektrisiën dra gepaste klere, soos ’n uniform, diksoolskoene,

rubberhandskoene, ens.a Die elektrisiën gebruik gepaste gereedskap, soos ’n leer om by

die kragdrade uit te kom, ’n skroewedraaier, ensovoorts.a Die elektrisiën doen die soort werk wat ’n elektrisiën doen, soos

om ’n kragpunt te herstel, elektriese kabels in die straat te lê, ensovoorts.

Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?Aktiwiteit

AAsssseesssseerriinngg77

Page 24: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

22

PERIODE 1Aktiwiteit 1

• Leerders versamel prentevan soorte energie enmaak ’n plakkaat teen dieklaskamermuur (50 min)

PERIODE 2Aktiwiteit 1 (vervolg)

• Leerders skryf sinne oordie verskillende vorms vanenergie.

PERIODE 3Aktiwiteit 2

• Leerders maak ’nstroombaan om ’ngloeilamp te laat brand(10 min)

• Leerders toets verskillendestowwe om te kyk of ditgeleiers van elektrisiteit ofisolators is (40 min)

PERIODE 4Aktiwiteit 2 (vervolg)

• Leerders en onderwyserbespreek die resultate vandie ondersoek oor geleiersen isolators (20 min)

• Leerders skryf ’n kortverslag (20 min)

PERIODE 5Aktiwiteit 3

• Leerders maak skakelaars

• Hulle maak elektriesestroombane en isolators(35 min)

• Leerders skryf ’n kortgevolgtrekking (15 min)

PERIODE 6Aktiwiteit 3 (vervolg)

• Onderwyser en leerdersbespreek batterye en hoedit werk (20 min)

• Leerders skryfopsommings oor diestroombane wat hullegemaak het (20 min)

PERIODE 7Aktiwiteit 4

• Onderwyser bring ’n radiowat met batterykrag enhooftoevoer-elektrisiteitwerk (10 min)

• Leerders teken resultateoor energie en verskillendetoestelle op (35 min)

PERIODE 8Aktiwiteit 4 (vervolg)

• Leerders voltooi sinne oorenergie en toestelle (15 min)

• Onderwyser help leerdersom sinne reg te maak (20 min)

PERIODE 9Aktiwiteit 5

• Leerders sorteer en stalprente van verskillendetoestelle uit volgenshoeveel elektrisiteit ditgebruik en watter vorm vanelektrisiteit dit verskaf (40min)

PERIODE 10Aktiwiteit 5 (vervolg)

• Leerders skryf enbeantwoord vrae oorklasuitstalling (15 min)

Aktiwiteit 6

• Onderwyser verduidelikhoe elektrisiteit van diekragsentrale na ’n toestelin ons huis kom (gebruikdie diagram vanhooftoevoer) (30 min)

PERIODE 11Aktiwiteit 7

• Leerders koppeldriepenkragproppe(50 min)

PERIODE 12Aktiwiteit 7 (vervolg)

• Leerders bespreek die vrae“Waarom is daar driedrade?” (20 min)

• Onderwyser en leerdersbespreek die belang-rikheid daarvan om ’nlewendige, neutrale enaarddraad in ’n kragpropte hê (20 min)

Voorgestelde werkskema vir die graad 5-leerprogram:

ENERGIE EN VERANDERING

PERIODE 13Aktiwiteit 7 (vervolg)

• Leerders pas prente vanmense wat elektrisiteitgevaarlik gebruik by diekorrekte sinne (30 min)

• Leerders begin om hul eieveiligheidsreëls te skryf(15 min)

PERIODE 14

• Leerders voltooi hulveiligheids-reëls (30 min)

• Leerders maak ’n tekeningvan ’n elektrisiën wat werkterwyl hulle in gedagte houwat hulle alles vanelektrisiteit geleer het (geesoveel tyd soos hulle nodighet)

Totale tyd om aktiwiteite in hierdie leerprogramte voltooi = 14 lesse @ 50 min. elk = 11,6 uur. Ditis omtrent 3 weke se werk.

(Aanbevole tyd per week vir Natuurwetenskappeen Tegnologie = 4 uur.)

Page 25: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

28

TaakkaarteFotostateer vir leerders

Aktiwiteit 2

Deur watter stowwe kan elektrisiteit beweeg?A.

1. Gebruik die apparaat om die gloeilamp te laat brand.2. Maak ’n tekening van hoe jy die gloeilamp laat brand het.

diagram

3. Waarom het die gloeilamp gebrand?

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

B.

Maak nou ’n stroombaan soos hierdie een.

gloeilamp

sel

elektrisiteitsvloei

draadmetaalspyker

Page 26: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

29

2. Brand die gloeilamp?

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .3. Het die elektrisiteit langs die stroombaan beweeg?

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .4. Gelei die spyker elektrisiteit?

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5. Toets nou nog dinge om te kyk of elektrisiteit daardeur vloei.

Teken jou resultate in die tabel op.

Stof wat getoets Brand die gloeilamp? Beweeg elektrisiteit Is die stof ’n word Ja/Nee deur die stof? of ’n isolator?

Ja/Nee Ja/Nee

’n Metaalspyker

’n Skuifspeld

’n Metaalmuntstuk

’n Hout-wasgoed-pennetjie

’n Plastiekdoppie

Metaaldraad

’n Metaallepel

Plastieklepel

’n Stukkie glas

’n Plastiekknoop

Page 27: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

30

Taakkaart

Aktiwiteit 3

Hoe om elektriese stroombane te maak om hitte-, lig-, klank- enbewegingsenergie te kry

1. Maak drie stroombane. Verduidelik wat gebeur as jy die skakelaar toemaak.

STROOMBAAN 1

Wanneer ek die skakelaar toemaak,

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

STROOMBAAN 2

Wanneer ek die skakelaar toemaak,

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

STROOMBAAN 3

Wanneer ek die skakelaar toemaak,

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Page 28: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

31

Soort toestel Wat gebeur as ek dit aanskakel? Soort energie wat ons daarvan kry?

Ketel

Haardroër (of verwarmer)

Kosmenger (of waaier)

Radio

Lamp

Taakkaart

Aktiwiteit 4

Hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie

1. Prop ’n paar elektriese toestelle in en skakel dit aan.2. Teken op wat gebeur.

Page 29: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

32

Taakkaart

Aktiwiteit 5

Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese energie gebruik verskillende toestelle?1. Sit jou prent op die klastabel om te wys watter soort energie jy van

jou toestel kry en hoeveel elektrisiteit dit gebruik. Gebruik die tabel op die oorkantste bladsy om jou te help.

2. Kyk na die voltooide klastabel en beantwoord dan hierdie vrae:a Watter toestel gebruik die meeste energie? a Watter toestel gebruik die minste energie?

3. Kyk weer na die tabel langsaan. Voltooi hierdie sinne deur die ontbrekende woorde in te vul.

hitte lig klank beweging

a. Toestelle gebruik baie energie wanneer dit vir ons ——————————————van elektrisiteit gee.

b. Toestelle gebruik min energie wanneer dit vir ons ——————————————van elektrisiteit gee.

Page 30: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

33

TOESTEL Energie wat gebruik word (in Watts)

selfoon 3 W

radio/bandspeler 15 W

buislig 40 W

tafellamp 60 W

naaimasjien 75 W

yskas 150 W

faksmasjien 170 W

mikrogolfoond 230 W

kleur-TV 340 Wboor 360 W

haardroër 450 W

wasmasjien 500 W

stofsuier 700 W

strykyster 720 W

broodrooster 1 000 W

elektriese braaipan 2000 W

ketel 3 000 W

verwarmer 3000 W

warmwatersilinder 4000 W

elektriese stoof 8000 W

Page 31: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

34

Waarvoor is diegroen/geel draad?

Waarvoor is die blou draad?

Waarvoor is die bruin draad?

• Gee ’n ander naamvir die bruin draad.

• Gee ’n ander naamvir die blou draad.

• Gee ’n ander naam virdie groen/geel draad.

• Wat gebeur as diegroen/geel draad los is?

• Wat gebeur as die bruinof blou draad los is?• Waarom is die houer van

plastiek gemaak?

Wat is binne-in dié plastiek?

Aktiwiteit 7

Taakkaart A

Die driepenkragprop

1. Koppel ’n driepenkragprop korrek soos hieronder:

2. Bespreek die vrae oor “Waarom is daar drie drade?”.3. Kleur die drie drade met die regte kleure in.

Waarom is daar drie drade?

Blou – neutraal

Geel/groen – aard

Bruin – lewendig

• Waarom is diedrade metplastiek bedek?

Page 32: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

35

Taakkaart B

Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?Kan na die prente van mense wat gevaarlike werk met elektrisiteit doen.1. Bespreek:

a Wat is gevaarlik in elke prent?a Wat sal met jou gebeur as jy hierdie gevaarlike dinge met

elektrisiteit doen?2. Pas elke prent by die korrekte sin en sit die prente terug in die koevert.3. Skryf nou jou eie veiligheidsreëls vir wanneer ’n mens elektrisiteit gebruik.

Reëls vir hoe ons elektrisiteit veilig by die huis kan gebruik

Wanneer ek elektrisiteit veilig wil gebruik, moet ek die volgende doen:

1. Seker maak dat my hande droog is voordat ek aan ’n elektriese kragprop raak.

2. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -3. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -4. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -5. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -6. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -7. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

Page 33: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

36

Taakkaart B (vervolg)4. Maak ’n tekening van ’n elektrisiën wat besig is om te werk. Dink aan

alles wat jy geleer het van elektrisiteit en hoe om dit veilig te gebruik.

‘n elektrisiën

Page 34: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

37

VEILIGHEID IN DIE HUISGebruik elektrisiteit veilig en dit sal jou baie genot gee.

Bedraad altyd joukragprop reg.

Moenie ’n beskadigde koord gebruik nie.Vervang dit onmiddellik.

Geel/Groen – gronddraad Bruin – lewendig Blou – neutraal.

Moenie die kragprop aan die koordtrek nie. Skakel eers af en verwyderdan die kragprop.

Moet nooit kaal drade by kragprop-sokke insteek nie. Gebruik die korrekte kragprop.

Moet nooit ’n kragpropsok oorlaai nie.Gebruik ’n multi-kragprop.

Moenie jou vingers in ’n kragpropsoksteek nie. Gebruik ’n veiligheidskragprop.

Moenie ’n verlengingskoord plaas waarmense daaroor kan val nie. Lê die koordlangs die muur af.

Moenie elektrisiteit naby watergebruik nie. Water gelei elektrisiteit.

Page 35: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

38

Ondersteuning vir onderwysersHoe gloeilampe werk

’n Gloeilamp brand wanneer daar ’n pad is

waardeur die elektrisiteit kan vloei.

Die elektrisiteit moet van die

battery se een punt (pool) deur

die elektriese drade, deur die

filament (dun draadjie) in die

gloeilamp en dan terug na die

battery se ander punt (pool) vloei.

Wanneer jy ’n gloeilamp

konnekteer, moet jy seker maak

dat daar een konneksie met die

metaalpunt onderaan die gloeilamp

is en nog een na die metaalomhulsel

om die basis van die gloeilamp.

Elektrisiteit kies altyd die kortste

en maklikste roete langs geleiers.

As die maklikste roete dus nie deur

die filament gaan nie, sal die gloeilamp nie brand nie.

Agtergrondinligting oor batterye’n Flitsligbattery word ook soms ’n elektriese sel genoem. Die

algemeenste battery wat ons gebruik, is ’n droëselbattery met

chemikalieë wat in ’n omhulsel verseël is.

Die chemikalieë in die battery reageer saam. Die chemiese reaksie

wek elektrisiteit op wat gebruik kan word wanneer die battery aan ’n

stroombaan gekoppel word. Wanneer die batterye se chemikalieë klaar

gereageer het, hou dit op met werk en kan dit nie herlaai word nie.

Ons gebruik baie klein droëselbatterye om krag aan digitale

horlosies en sakrekenaars te verskaf. Hierdie batterye het ander

chemikalieë daarin.

Ander batterye kan met elektrisiteit herlaai word en weer gebruik

word. ’n Motorbattery bestaan uit verskeie loodsuurselle wat herlaai

kan word.

Dit is hoe ’n gloeilamp van binne lyk.

glasgloeilamp

wolframfilament

metaalomhulsel

plastiese pen

metaalpen

Page 36: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

Selle en batterye

Kwikbattery

Hierdie soort batteryword gebruik om kragaan digitale horlosiesen sakrekenaars teverskaf. Dit is ’nkwikbattery.

Batterysuur is ’nvloeistof of klam stof

Droëselbattery

Die gewonedroëselbatteryverskaf krag van 1,5volt. Die sink vormdie battery seomhulsel. Diebatterysuur isammoniumchloriedin die vorm van ’nklam pasta.

Loodsuurbattery

Loodsuurbatterye wordin motors gebruik. Ditword só genoem omdatdit elektrodes het watvan lood gemaak is enomdat die batterysuurswaelsuur is.

Die battery bestaan uitses stelle selle wat elktwee volt verskaf, dus’n totaal van 12 volt.

vernikkelde staalomhulsel

batterysuur

sinkpoeier

kwikoksied en grafiet

koolstofpen (positief)

ammoniumchloriedpasta

klemskroef

klemskroef

volmaakdeksel

sel

omhulsel

loodplate

positiewe plaat

sinkomhulsel (negatief)

39

Page 37: Energie en Verandinge [Graad 5 Afrikaans]

40

Agtergrondinligting oor AardingDie meeste huise wat krag van ’n kragsentrale (hooftoevoer) ontvang, het ’n draad

wat van die elektrisiteitsbord deur die muur gaan en daar naby in die grond begrawe

word. Dit word die aarddraad genoem. Hierdie draad is vir die veiligheid van die

mense wat elektrisiteit in die huis gebruik. Wanneer ’n elektriese toestel foutief is,

kan dit meer elektrisiteit neem as wat dit moet. ’n Foutiewe toestel is gevaarlik,

want as iemand daaraan raak, kan hulle geskok word. Die aarddraad gelei die

oortollige elektrisiteit in die foutiewe toestel met die draad langs onder die grond in,

waar dit skadeloos raak sodat dit nie sal veroorsaak dat die toestel aan die brand

slaan of dat iemand geskok word nie.

’n Mens se liggaam kan elektrisiteit gelei. Sonder die aarddraad sal die oortollige

elektrisiteit vanuit die foutiewe toestel deur die persoon in die grond in vloei. Die

persoon sal geskok word of brandwonde opdoen, en kan selfs doodgaan. As daar ’n

aarddraad is, sal die elektrisiteit daardeur vloei, want dit is ’n beter geleier as ’n

mens se liggaam.

Baie elektriese toestelle is van metaal gemaak en gebruik baie elektriese energie.

Sulke toestelle moet ’n aarddraad hê. Ander toestelle is van plastiek gemaak (selfs

party ketels en strykysters) en gebruik nie baie elektrisiteit nie. Hierdie toestelle het

nie ’n aarddraad nodig nie, want hulle is van isoleerstof (plastiek) gemaak. As ’n

plastiese toestel foutief is, kan die elektrisiteit nie maklik daardeur na die mens vloei

en hom of haar skok nie.

Agtergrondinligting oor elektriese skokkeWanneer ’n groot hoeveelheid elektriese energie deur iemand se liggaam gaan, sê

ons die persoon het ’n elektriese skok ontvang of is geskok. So ’n persoon sak

gewoonlik inmekaar, hou soms ’n kort rukkie lank op met asemhaal, kan ernstige

brandwonde opdoen en kan selfs sterf.

Wanneer iemand geskok is, moet ’n mens eers die elektrisiteit by die

hoofskakelaar afskakel voordat jy aan hom of haar raak om te help.

As die elektrisiteit nie afgeskakel is nie en die geskokte persoon is nog steeds in

kontak met die elektrisiteit, kan jy ook geskok word as jy aan hom of haar raak.