6
08 Februarie 2009 Pinkstersondag Godsdienstige lapwerk hou nie! Christene is feesvierende mense met nuwe klere en nuwe wyn, en in die teenwoordigheid van die Bruidegom, Jesus, en sy Ryk! “Jesus antwoord hulle: ‘Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? ...Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie... niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie...’” (Markus 2:19-22) Wat maak die Christelike godsdiens anders? Is daar iets nuut in? Wat is die grond van my redding: iets wat ek doen (soos vas) of om te deel in Jesus se bruilofsmaal? In en deur Jesus het ‘n nuwe tydvak aangebreek en het sy Koninkryk deurgebreek in hierdie wêreld! Dit – Hy – maak die verskil. Dit staan teenoor alle menslike pogings om jouself te red, soos wat die Fariseërs gemeen het dat hulle dit kan bereik deur te vas. Vir hulle was om te vas belangriker as om ‘n bruilofgas van Jesus se bruilof, sy verlossing, te wees. 1

Fokus-8Feb2009

Embed Size (px)

DESCRIPTION

afkondiging

Citation preview

Page 1: Fokus-8Feb2009

08 Februarie 2009

Pinkstersondag

Godsdienstige lapwerk hou nie!Christene is feesvierende mense met nuwe klere en nuwe wyn,

en in die teenwoordigheid van die Bruidegom, Jesus, en sy Ryk!

“Jesus antwoord hulle: ‘Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? ...Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie... niemand gooi ook

nuwe wyn in ou velsakke nie...’”(Markus 2:19-22)

Wat maak die Christelike godsdiens anders? Is daar iets nuut in? Wat is die grond van my redding: iets wat ek doen (soos vas) of om te deel in Jesus se bruilofsmaal?

In en deur Jesus het ‘n nuwe tydvak aangebreek en het sy Koninkryk deurgebreek in hierdie wêreld! Dit – Hy – maak die verskil. Dit staan teenoor alle menslike pogings om jouself te red, soos wat die Fariseërs gemeen het dat hulle dit kan bereik deur te vas. Vir hulle was om te vas belangriker as om ‘n bruilofgas van Jesus se bruilof, sy verlossing, te wees. Geloof, wil Jesus sê, beteken om in die teenwoordigheid van die Bruidegom feesvierend te leef in hierdie wêreld! Dit is die n(N)uwe!

Christenskap is daarom nie ‘n bietjie lapwerk van die “oue” van die wetsbepalings van die Fariseërs nie. Hierdie “oue” van selfredding, onder andere deur te vas, is nie te kombineer met die nuwe van sy Ryk nie. Net soos wat nuwe, gistende wyn die ou velsakke sou laat oopbars. Christenskap vra nuwe vorme van leef in Christus se Ryk op aarde. Nuwe vorme waarin sal blyk dat ons die uitnodiging na die Bruidegom se bruilof aanvaar het en vreugdevol in sy diens leef!

GPT

1

Page 2: Fokus-8Feb2009

Baie welkom by ons twee eredienste vanoggend – hier in die kerk en terselfdertyd nou in die saal vir gesinne met kleiner kinders (Voorskools - Gr. 4).

Die gesinsdiens word gelei deur prop. Bergh Müller. Ds Jan lei die Nagmaalsdiens by Siësta.

Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig.Ons orrelis is Johan Cromhout.

Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe.U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink.

Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toeAnder eredienste

Sothodiens: Vanmiddag om 15:00.Aanddiens: Geen aanddiens – wyksbyeenkomste soos gereël deur u

ouderling. Ds. Gert lei om 18:00 die ope wyksbyeenkoms in die Jeugkamer en ds. Jan dié in Wyk 25 (Kapt. Goodmanstr. 14).

Sondag, 15 Feb.: Oggend om 09:30 – ds. Jan (Nagmaal). Teks: Markus 2:23-28. Geen gesinsdiens die oggend: kleiner kinders kan na die Jeugkamer gebring word vir toesig (en pret!) tydens die diens. Aand om 18:00 – ds. Gert (Pastorale Gesprek).

DEURKOLLEKTES:01 Feb: Fonds vir Teologiese Fakulteit UVS R 1 228,0008 Feb. Lesotho Sending15 Feb. Biblia Hawesending

MEELEWING EN VOORBIDDING

Siekes tuis of in hospitaal:Sannette Greyvenstein (Whitesweg 14A), Tannie Anna Oosthuizen (Genl. Conroystr. 13), Marlian Schutte (Mockestr. 20), Irene Olivier (Constantiahof 11) en Mabel Viljoen (Jac van Rhijnlaan 7). Ansie Rall, jarelank lidmaat van Berg-en-Dal en nou inwoner van Noorderbloem, se gesondheid het erg verswak – ons bid vir haar en Oom Willie.

Meelewing:Ons dink in ons gebede aan Emmerentia en Weyers Strydom met die heengaan van haar vader, en aan Herman en Myrtle Verwey met die heengaan van sy moeder.

Baie Geluk!Thinus Cronjé – die seun van dr. Neil en wyle Annemarie Cronjé, is gister in die huwelik bevestig met Marguerite Wessels; ons bid hulle Gods seën op hul lewenspad verder saam toe.

Verjaarsdae:Baie geluk en seënwense aan die volgende lidmate wat in die week verjaar:

08 Feb. Susan Conradie, Lizelle Pretorius en Johann van Rooyen.09 Feb. Johan Hugo, Danie en Corine Joubert, Gerrit Redpath, Roelof Steyn,

Marietjie Vermaak en Marianne Janse v Rensburg.10 Feb. Desireé Bezuidenhout, Jaco Kritzinger, Johanré Els, Gert Olivier, Henk

Schepers en Johan van Niekerk.

2

Page 3: Fokus-8Feb2009

11 Feb. Wiaan Herbst, Sonia Kotzé, Hannelore Lubbe, Elmarie Snyman en Mart Janse van Rensburg.

12 Feb. Johann Albertse, Tania Rossouw en Catharina Visagie.13 Feb. Werner van Pletzen en Diena Wiese.

As u naam nie hier verskyn nie, mag dit wees dat ons nie u volledige besonderhede by die kantoor het nie; ook in die geval van nuwe intrekkers of

gelowiges wat graag by ons gemeente wil inskakel. Voltooi asb. ‘n geel kaartjie langs die bank en stuur dit saam in die kollektesakkie of plaas dit in die

houtposbus agter in die kerk. U kan ook ons skriba, Rita van Zyl, kontak – Sondagoggende nét na die erediens of gedurende die week, soggens in die

kerkkantoor (051-4362750).TEKKIESKLUBTekkiesklub vanmiddag om 15:30 hier by die kerk – alle jongspan welkom (voor-skools en laerskool). Tema: “Sending in Kongo”. GROOT NUUS: dis tyd vir ons herfskamp – hierdie Vrydagaand, 13 Februarie. Bring jou kampgoed en slaapgoed (slaapsak, kussing, ens.) saam...

CAMISARDSDie DVD “Indescribable“ verlede Sondagaand was net ongelooflik – awesome, regtig! Nou word alle tieners uitgenooi na die tweede byeenkoms van die Camisards – volgende Sondagmiddag, 15 Februarie, om 16:30 by die kerk (vir ontspan, sing, Bybellees en saampraat – oor ‘n baie aktuele tema, 150 jaar later...). Sien jou daar!

BYBELSTUDIES EN BIDUUR:Woensdag, 11 Februarie om 19:00 Openbaring 16.Donderdag, 12 Februarie om 09:00 Die “Onse Vader”-gebed (vyfde bede uit die

Heidelbergse Kategismus).Donderdag, 12 Februarie om 11:00 Biduur by Siësta (ds. Gert).

KERKRAADSAKEDiensbeurte:Ouderlinge08 Feb.: Marietjie Cilliers, Kobus Vermeulen, Chris de Wet, Abri van Vuuren en

Aylva Schoch.15 Feb.: Fanie van Jaarsveld, Jan Buter, Dirk van Zyl en Hannes Joubert.

Diakens08 Feb.: Johannes v Rooyen, Jaco Engelbrecht, Gerhard Nel, Linda Raath, DR

Samuel, Leon Badenhorst, Weyers Strydom, Louis Lategan, Alida Smith en André Prinsloo.

15 Feb.: Nagmaal: al die diakens op diens; om 08:00 by kerk vir die voor-bereiding van die Nagmaal.

Aanddiens: Cas Harris, Francois Ferreira, Jan Davel, Karin Jacobs, Wiehan v Staden, Nico Hefer, Johan le Roux, Cobus Botha, Rikus v Pletzen, Ben Steyn en Hendrik Swart.

Kerkraadsvergadering: Sondag, 15 Februarie om 18:00. Ons begin met die aanddiens – bring jou Bybel en Liedboek saam. Sakelyste vanoggend in die vakkies.

3

Page 4: Fokus-8Feb2009

BEDIENINGE

EREDIENSBEDIENINGTaizé Aanddiens:Ons het al in die verlede in Berg-en-Dal iets beleef van die mooi musiek, stemmige atmosfeer en gebed wat wêreldwyd en veral onder jongmense, deur die Taizé-gemeenskap in Frankryk bekendgemaak is. Die kerkraad het besluit om vanjaar die laaste Sondagaand van elke maand ‘n diens van Woord, gebed, musiek en stilte in hierdie styl aan te bied. Teken dus die eerste datum aan: Sondagaand, 22 Februarie om 18:00. Bring ‘n vriend & vriendin saam, ook jongmense – almal welkom.

GEMEENTEBEDIENINGGebedsaksie:Ons nooi alle lidmate, oud en jonk, sterk in die geloof of ‘n beginner, uit om deel te word van ons gebedsaksie: ons wil die gebede in ons eredienste, ook in ons lewens laat weerklink deur die week; vir siekes en beproefdes intree en saam met geseëndes dankie-sê; ons wil bid vir die werksaamhede van ons gemeente en vir die uitbreiding van die Koninkryk hier naby en daar ver weg. Jy kan deur ‘n SMS of telefoonoproep by ons aksie inskakel. Vanmiddag loods ons dit – om 15:30 by die Jeugkamer. Bring ook vriende saam! Vir meer besonderhede: kontak Elise Ferreira (051-436-6288) of Erna Gouws (051-436 5632).

Kuierklub:Die Kuierklub vergader op Woensdag, 11 Februarie, om 09:30 in die kerksaal. Me. Wilma Schoeman gaan oor “Sterwensbegeleiding” met ons gesels. Almal welkom.

Koinonia Sondag, 15 Februarie – Snoekbraai-ete:Op Sondag, 15 Februarie, ná ons Nagmaalsdiens, word ‘n Snoekbraai-ete hier by die kerk aangebied (dus geen bring-en-braai – als word voorsien). Koste beloop R 50,00 per volwassene (sluit glasie wyn of sap in) en R 25,00 vir kinders onder 12 jaar. Kaartjies is vanoggend beskikbaar onder die afdak. Kom kuier saam!

BARMHARTIGHEIDVigswesie-projek by Atangskool:Ons insameling in die eerste kwartaal vanjaar vir die Vigswesies van Atangskool (ons help 53 kinders in Grade 1 tot 3), is veral vir toiletbenodighede, inkopiesakke wat as boeksak kan dien en ’n Bybelversie in Engels/Sotho/Xhosa – alles met liefde verpak in ‘n roomysbak. Baie dankie!

Werkersklas:Ons Werkersklas het begin en is geesdriftig op dreef: alle Sothovroue (en ander) wat in ons omgewing werk, is welkom om Dinsdagmiddae om 14:00 by die Jeugkamer te kom saamwerk, saamleer, saamgesels. Moedig asb. u huishulp aan om dit te kom meemaak – sy sal dit baie geniet!

Tweedehandse “Shoprider” beskikbaar:‘n Groot model “Shoprider” (battery-aangedrewe) in puik toestand vir gebruik deur ‘n gestremde persoon, beskikbaar @ R 12 000,00 – vir navrae, kontak die kantoor.

GETUIENISBEDIENING

4

Page 5: Fokus-8Feb2009

Swartsakke vir Gryskoppe:Binnekort sal daar iemand by u deur opdaag met ‘n swartsak – dit is weer ons jaarlikse insameling vir bejaardes van die NGKA Bloemfontein-Noord (ds. Phahlane). Ons het veral nie-bederfbare kos nodig, maar ook klerasie & komberse vir die winter. U moet u bydrae in die swartsak plaas, u naam op die aangehegte lys afmerk en die sak na die volgende persoon op die lys/in die wyk neem. Die laaste persoon op die lys, besorg dit aan die kerkkantoor of kontak vir Erna Gouws (051-436 5632).

Huishulpkamp 2009:Net ‘n vroeë kennisgewing oor die kamp vir ons huishulpe wat vanjaar so ‘n bietjie later as in die verlede plaasvind. Datum: 24 tot 26 April te Mooigenoeg, en die koste beloop R 120,00 per persoon vir die naweek. Verdere inligting beskibaar by Martie Venter (082 822 4221 of 051-436 5041).

NUUS VAN ELDERS

Excesior Claerhoutkunstefees:Vind vanaf 13 tot 15 Februarie 2009 plaas – meer inligting is op die kennis-gewingborde beskikbaar.

5