29
INLIGTINGSDOKUMENT SKOOLREËLS EN ORDEREËLS Die volgende skoolreëls en ordereëls is van toepassing op alle leerders van Hoërskool Noord-Kaap. Hierdie reëls sal een keer elke semester aan die leerders voorgehou word vir kennisname of daar moet pertinent opdrag aan leerders gegee word om hulle daarvan te vergewis. ‘n Opsomming van hierdie dokument sal in elke klaskamer beskikbaar gestel word. Die skool ondersteun die volgende waardes: * Respek * Verantwoordelikheid * Regverdigheid * Harde werk * Betroubaarheid * Uitnemendheid 1. OPVOEDKUNDIG EN ADMINISTRATIEF 1.1 Van leerders word verwag om in hul kommunikasie die nodige respek teenoor personeel en ander volwassenes te toon, asook vanaf volwassenes tot leerders. 1.2 Die hooffunksie van die skool is die voorsiening van onderrig; daarom moet leerders hul skoolwerk pligsgetrou verrig, skool daagliks bywoon en aan die kurrikulêre en ko-kurrikulêre skoolprogram deelneem. 1.3 Dit is ‘n leerder se eie verantwoordelikheid om agterstallige werk a.g.v. afwesigheid in te haal en op die tweede dag na hy/sy terug is by die skool, aan die betrokke leerkrag te toon, tensy ander reëlings met die leerkrag getref is. 1.4 Leerders moet hulself daadwerklik beywer vir die skep en uitbou van ‘n leerkultuur in die skool; dit vorm immers die kern van die skoolprogram en die skool se visie en missie. 1.5 Elke leerder ontvang reeds in die eerste kwartaal die volgende: ‘n Leerderinligtingsvorm wat deur die ouer voltooi en teruggestuur moet word, ‘n toetsrooster waarop die hele jaar se toetse aangedui is en 1

GEDRAGSKODE - hnk.co.za«ls-2019.docx  · Web viewword teen leerders wat banke bekrap of op enige ander wyse beskadig. Leerders sal verantwoordelik gehou word vir die koste om ‘n

  • Upload
    lythien

  • View
    214

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

INLIGTINGSDOKUMENT

SKOOLREËLS EN ORDEREËLS

Die volgende skoolreëls en ordereëls is van toepassing op alle leerders van Hoërskool Noord-Kaap. Hierdie reëls sal een keer elke semester aan die leerders voorgehou word vir kennisname of daar moet pertinent opdrag aan leerders gegee word om hulle daarvan te vergewis. ‘n Opsomming van hierdie dokument sal in elke klaskamer beskikbaar gestel word.

Die skool ondersteun die volgende waardes: * Respek* Verantwoordelikheid* Regverdigheid* Harde werk* Betroubaarheid* Uitnemendheid

1. OPVOEDKUNDIG EN ADMINISTRATIEF

1.1 Van leerders word verwag om in hul kommunikasie die nodige respek teenoor personeel en ander volwassenes te toon, asook vanaf volwassenes tot leerders.

1.2 Die hooffunksie van die skool is die voorsiening van onderrig; daarom moet leerders hul skoolwerk pligsgetrou verrig, skool daagliks bywoon en aan die kurrikulêre en ko-kurrikulêre skoolprogram deelneem.

1.3 Dit is ‘n leerder se eie verantwoordelikheid om agterstallige werk a.g.v. afwesigheid in te haal en op die tweede dag na hy/sy terug is by die skool, aan die betrokke leerkrag te toon, tensy ander reëlings met die leerkrag getref is.

1.4 Leerders moet hulself daadwerklik beywer vir die skep en uitbou van ‘n leerkultuur in die skool; dit vorm immers die kern van die skoolprogram en die skool se visie en missie.

1.5 Elke leerder ontvang reeds in die eerste kwartaal die volgende: ‘n Leerderinligtingsvorm wat deur die ouer voltooi en teruggestuur moet word, ‘n toetsrooster waarop die hele jaar se toetse aangedui is en ‘n jaarprogram waarop aangedui is die hele jaar se aktiwiteite.

1.6 Leerders se portefeuljes is te alle tye vir die ouers by die skool beskikbaar.

2. SKOOL- EN PERSOONLIKE EIENDOM

2.1 Benewens dissiplinêre optrede, sal ‘n leerder wat skooleiendom beskadig ook verantwoordelik gehou word vir die vervanging of herstel van die beskadigde eiendom.

2.2 Daar sal streng opgetree word teen leerders wat banke bekrap of op enige ander wyse beskadig. Leerders sal verantwoordelik gehou word vir die koste om ‘n stoel te vervang indien hulle dit breek.

1

2.3 Geen vorm van vandalisme word toegelaat nie. Die aanbring van grafitti op skooleiendom of die brand van woorde op deure/deurkosyne word in ‘n baie ernstige lig beskou.

2.4 Handboeke is skooleiendom en moet volgens die voorskrifte oorgetrek en versterk word. 2.5 Die skool gaan nie verantwoordelikheid aanvaar vir skooltasse of enige eiendom wat

verlore raak of gesteel word nie. Leerders is te alle tye daarvoor verantwoordelik om hul eie besittings en geld op te pas. Indien ‘n selfoon gedurende die skooldag of tydens enige buitemuurse aktiwiteit verlore raak, kan die skool onder geen omstandighede vir so ‘n verlies verantwoordelik gehou word nie.

2.6 Vertrekkende leerders: Sal slegs ‘n oorplasingsvorm ontvang nadat skooleiendom ingehandig en alle ander

verpligtinge nagekom is. Sodanige eiendom moet persoonlik deur die leerder of ouer by ontvangs ingehandig

word. Handboeke mag by geen ander plek gelaat word nie. Betaling van uitstaande skoolgelde vind slegs by die finansiële kantoor plaas.

2.7 Geen leerder mag enige eiendom van die skool verwyder nie, tensy hy/sy skriftelike toestemming van ‘n personeellid het.

2.8 Indien ‘n leerder ‘n stoel of venster breek, moet die klasonderwyser dit by die graadhoof aanmeld. Die leerder sal verantwoordelik gehou word vir die herstelkoste.

3. ALGEMENE GEDRAGREËLS

3.1 Alle leerders moet die skool- en ordereëls nakom en moet die gesag van leerkragte en ander persone in gesagsposisies, insluitend die BK en VRL, respekteer.

3.2 Hierdie reëls geld ook terwyl leerders op pad is skool toe of huis toe, asook tydens aktiwiteite waar hulle die skool verteenwoordig, hetsy by uitstappies, toere of wedstryde, of waar leerders hul skooldrag aan het.

3.3 Die besit of gebruik van tabak/dagga/alkohol/dwelms op die skoolterrein, in skoolklere in die openbaar of waar die skool verteenwoordig word, hetsy by uitstappies, toere of wedstryde, is ontoelaatbaar en kan lei tot permanente uitsetting. Indien ‘n leerder positief toets vir enige onwettige middel sal hy/sy huis toe gestuur word tot ‘n negatiewe dwelmtoets aan die skool voorsien word. Terwyl die leerder tuis is, sal dit sy/haar verantwoordelikheid bly dat hy/sy al die nodige huiswerk ontvang. Tydens hierdie tydperk mag die leerder aan geen buitemuurse aktiwiteite (sport, kultuur of akademie) deelneem nie. Indien ‘n leerder vir ‘n tweede maal positief toets, sal die aangeleentheid na die SBL verwys word vir ‘n formele dissiplinêre verhoor wat kan lei tot ‘n permanente skorsing.

3.4 Die lukrake ondersoek en toetsing van leerders mag deur die skool gedoen word. Hierdie aksie is in lyn met die toepaslike wetgewing. (Departementele Staatskoerant 30637 Nr 31 van 2007. (Onderwyswetgewing Wysigingswet, 2007)

3.5 Selfone, beepers, MP 4-spelers/Ipods en luidsprekers is ontoelaatbaar . Indien ‘n leerder die reël oortree, sal die betrokke toestel gekonfiskeer word en vir EEN maand in die kluis gebêre word waarna die ouer dit persoonlik kan kom afhaal.

2

Alternatiewelik kan die ouer/leerder R100.00 afkoopboete betaal, ten einde die toestel terug te kry. In die geval waar die toestel weer afgeneem word, sal die opsie van die afkoopboete nie geld nie.

3.6 Die telefoonhokkies mag slegs gedurende pouses of voor en na skool gebruik word. 3.7 In geval van siekte, moet die ouer vanaf ontvangs geskakel word. ‘n Ouer moet ’n leerder

self kom haal of skriftelike toestemming aan iemand anders verleen om ‘n leerder by ontvangs te kom haal. ‘n Leerder sal nie toegelaat word om buite op die sypaadjie te wag nie.

3.8 ● Taalgebruik moet suiwer gehou word – daar sal ingevolge hierdie kode opgetree word teen leerders wat hulself skuldig maak aan die gebruik van kru, beledigende, skel- of onaanvaarbare taal.

● ‘n Leerder mag hom/haar nie skuldig maak aan die gebruik van taal wat van ‘n diskriminerende aard is nie.

3.9 Spoeg is onaanvaarbaar en word onder geen omstandighede toegelaat nie.3.10 Omdat die skool ‘n hoë premie op voorbeeldige en aanvaarbare gedrag plaas, is fisiese

kontak en gesoenery in skooldrag onaanvaarbaar. 3.11 Leerders mag nie in die klaskamer, saal of gymnasium eet of drink nie.3.12 Geen kougom word op die skoolterrein toegelaat nie.3.13 Netheid van leerders op alle terreine is baie belangrik. (Sien netheidsreëls vir seuns en

dogters).3.14 Seuns moet met die nodige respek teenoor dames en dogters optree.3.15 Dogters se algemene optrede moet so wees dat dit respek sal afdwing. 3.16 Geen leerder word in die kombuis, personeelkamer of afrolkamer toegelaat nie.3.17 Geen leerder word toegelaat om ‘n skêr in sy/haar besit te hê nie, aangesien dit as ‘n wapen

beskou word.

4. ORDEREËLINGS: OPTREDE OP SKOOLTERREIN

4.1 Dit is die verantwoordelikheid van elke leerder om die skoolterrein en fasiliteite van die skool met die nodige respek te benut.

4.2 Geen leerder mag gedurende pouses, voor of na skool, sonder toesig of toestemming in die gange, klaskamers, kantore, saal of gimnasium wees nie.

4.3 Niemand mag gedurende skooltyd by die motors of motorfietse kom nie. Indien’n leerder skade aan ‘n motor of motorfiets aanrig, sal hy/sy verantwoordelik gehou word vir die herstelkoste daaraan verbonde.

4.4 Klipgooiery, natgooiery, meelgooiery of enige ander middel, rowwe speletjies en bakleiery word verbied.

4.5 Rook, besit en/of gebruik van alkohol en gewoontevormende middels/dwelms, asook onaanvaarbare seksuele gedrag word op geen tydstip op die skoolterrein toegelaat nie en kan lei tot permanente uitsetting.

4.6 Dit is elke leerder se verantwoordelikheid om toe te sien dat geen rommel op die skoolterrein, in klaskamers of die skoolgebou gestrooi word nie.

3

5. AFWESIGHEID

5.1 Die skoolterrein mag slegs verlaat word na ‘n skriftelike/mondelinge versoek van die ouer/voog. ‘n Leerder teken dan by ontvangs uit in die uittekenregister en word persoonlik deur die ouer by ontvangs afgehaal, tensy alternatiewe reëlings skriftelik vanaf ouers deurgegee is. Die ontvangsdame behou hom/haar die reg voor om ‘n ouer te skakel indien hulle nie tevrede is met die reëlings nie.

5.2 Mediese afsprake moet na skoolure gereël word, tensy dit onmoontlik is (soos in die geval van ‘n ortodontis-afspraak).

5.3 Indien ‘n leerder van die skool afwesig is vir ‘n leerlingbestuurderlisensie- of bestuurderlisensie-afspraak, moet hy/sy self werk inhaal en sal hy/sy nul vir toetse of werkstukke kry.

5.4 Leerders mag slegs weens siekte, in geval van dood in die familie of weens sport – of kultuurverpligtinge van die skool afwesig wees. Ouers moet die skool skriftelik in kennis stel van die rede vir afwesigheid voor of op die eerste dag wat die leerder by die skool terug is.

5.5 Afwesigheid tydens toetse en eksamens moet met ‘n mediese- of ‘n doodsertifikaat bevestig word. Sodra die leerder na die skool terugkeer, moet hy/sy self sorg dat die sertifikaat by ontvangs ingehandig word vir liasering, sowel as ‘n afskrif by die vakonderwyser.

5.6 Indien ‘n mediese- of doodsertifikaat nie ingehandig word nie, sal ‘n leerder nie erkenning kry vir werk wat ingehandig moes word, of voltooi moes wees nie. In die geval van toetse/eksamens sal ‘n leerder nul vir die betrokke vraestel kry.

5.7 Skool- en periodetye moet stiptelik nagekom word. Slegs vier minute word toegelaat vir klaswisseling. Leerders moet soggens betyds wees en moet reeds 5 minute voor die klok lui na hul aantreeplek beweeg. Nadat leerders soggens die terrein betree het, sal hulle nie toegelaat word om weer die terrein sonder toestemming te verlaat nie.

5.8 Leerders wat nie in die oggend in die skool is nie, sal nie toegelaat word om op dieselfde dag aan enige buitemuurse aktiwiteit deel te neem nie.

5.9 Indien ‘n leerder laat is vir skool, moet hy/sy eers by ontvangs aanmeld voor hy/sy die res van die gebou betree. Die vakonderwyser sal egter ook ‘n strokie aan die leerder gee wat laat is.

5.10 Afwesigheid van die skool sonder ‘n aanvaarbare verskoning word as stokkiesdraaiery beskou, wat streng verbode is.

5.11 Leerders wat vir een tot drie agtereenvolgende dae van die skool afwesig is, moet met hul terugkeer ‘n skriftelike verduidelikig van hul ouers voorlê. Afwesigheid vir meer as drie agtereenvolgende dae sal slegs verskoon word indien ‘n brief deur ‘n geregistreerde mediese praktisyn voorgelê word, buiten in die geval van dood of trauma in die leerder se gesin of om ‘n ander rede wat deur die skoolhoof goedgekeur word.

5.12 Leerders mag nie vir meer as 20 dae ‘n jaar afwesig (sonder rede) wees nie. Indien n’ leerder die dae oorskry kan dit lei tot herhaling van die jaar.

4

6. OPTREDE IN DIE KLASKAMER

6.1 Leerders moet help om orde in die klas te handhaaf en hul deel bydra dat die werk so goed en vinnig as moontlik afgehandel kan word.

6.2 Goeie orde en dissipline moet te alle tye gehandhaaf word.6.3 Leerders mag nie gedurende periodes toestemming kry om die snoepwinkel te besoek nie. 6.4 ‘n Leerder mag slegs ‘n klas gedurende ‘n periode verlaat indien hy/sy toestemming by die

betrokke leerkrag verkry het. ‘n Leerder mag nie die klas sonder die houtblokkie verlaat nie.

6.5 Leerders is verantwoordelik vir die netheid van die klas en moet alle papiere en ander gemors optel en weggooi voor hulle die klas verlaat.

6.6 Geen leerder sal toegelaat word om gedurende ‘n periode te eet nie.6.7 Geen leeder mag sonder toestemming in die klas rondloop nie.6.8 ‘n Leerder sal slegs op ‘n klok aan die einde van ‘n periode reageer nadat die leerkrag

aangedui het dat hy/sy die les afgesluit het. 6.9 Stoele moet netjies op die tafels gepak word en alle vensters toegemaak word voordat

leerders die klas aan die einde van die dag verlaat. Leerders word onder geen omstandighede toegelaat om bo-oor tafels te klouter of daarop rond te hardloop nie.

6.10 Leerders sal slegs toegelaat word om ‘n klas aan die einde van die dag te verlaat nadat die klok gelui het.

6.11 Leerders moet op hulle stoele sit terwyl afkondigings oor die interkom gemaak word.

7. ALGEMENE REËLINGS

7.1 Die skool begin dwarsdeur die jaar om 07:25. 7.2 Die skool sluit elke dag om 14:00.7.3 As die interkom aangaan, sit elke leerder stil en luister na die afkondigings. Afkondigings

vind op Maandae, Woensdae en Vrydae in Engels plaas en in Afrikaans op die ander dae.7.4 Geen leerder mag enige klas verlaat voor die klok nie gelui het en die leerkrag

toestemming gegee het vir leerders om te verdaag nie.7.5 Geen leerder mag die voorportaal, asook die trappe wat na die voorportaal lei, as

deurloop gebruik nie. Slegs gr. 12-leerders mag van die kleedkamers op die grondvloer gebruik maak.

7.6 Daar word van leerders verwag om op te staan wanneer ‘n volwasse persoon by ‘n klas inloop of op enige plek op die skoolterrein by ‘n leerder verbyloop. Leerders word aangemoedig om volwassenes te groet met “Trots Groen”. Respek teenoor alle persone te alle tye is aan die orde van die dag.

7.7 Leerders sal slegs in die gange tydens klastyd toegelaat word met die houtblokkie by hulle. Geen leerder mag die badkamers tussen periodes of tydens klastyd sonder toestemming besoek nie.

5

7.8 Indien ‘n ouer ‘n leerder by die skool wil kom haal, moet die ouer vooraf met die ontvangsdame reël of ‘n brief saam met die leerder skool toe stuur. Die leerder moet dan toestemming by ontvangs verkry. Indien moontlik, moet die tyd wanneer die ouer die kind wil kom afhaal, ook vooraf deurgegee word.

7.9 Alvorens ‘n leerder uitgeteken word, moet hy/sy op die voorgestelde preforma toestemming kry van elke onderwyser wie se klas hy/sy vir die res van die dag nie gaan bywoon nie.

8. BUITEMUURSE AKTIWITEITE

8.1 Leerders word aangemoedig om aan die buitemuurse program van die skool deel te neem – ten minste een kultuur - en een sportaktiwiteit.

8.2 Stiptelikheid t.o.v. oefeninge, optredes, wedstryde, kampe en uitstappies is ‘n absolute vereiste.

8.3 Goeie sportmangees en positiewe deelname op die veld/baan en pawiljoen is ‘n absolute vereiste.

8.4 Wen en verloor met nederigheid!8.5 Die voorgeskrewe sportdrag moet te alle tye gedra word. Leerders wat nie hieraan

voldoen nie, sal nie toegelaat word om deel te neem nie. Geen “plakkies” of juwele sal saam met sportdrag toegelaat word nie

8.6 Ondersteuners moet ook in skooldrag geklee wees. 8.7 Kultuuraktiwiteite geniet voorkeur op Woensdae.8.8 Waardeperiode voor 1ste pouse op die eerste Woensdag van elke maand.8.9 Sportoefeninge: Soos gereël deur die sportkantoor.8.10 Indien ‘n leerder vir kleure in aanmerking wil kom, word daar van hom/haar verwag om die

aktiwiteit waaraan hy/sy deelneem, tot aan die einde van die seisoen/jaar te beoefen. ‘n Leerder wat ‘n aktiwiteit staak voor die seisoen/jaar om is, word outomaties gediskwalifiseer en sal nie in aanmerking vir enige kleure geneem word nie. Indien ‘n leerder positief getoets word vir enige onwettige middel of hom/haar skuldig maak aan voordurende wangedrag, mag hy/sy die reg tot kleure verbeur.

9. NETHEIDSREËLS

9.1 Algemene beginsels

Netheid is ‘n deurlopende aksie. Leerders moet dus te alle tye aan die vereistes voldoen en nie net op die dag van die netheidskontrole nie. Hierdie reël geld ook vir skooltasse.

Kleredrag moet te alle tye voldoen aan die neergelegde vereistes soos in die kode uiteengesit. Skooldrag moet altyd skoon en netjies wees.

Geen musse / hoofbedekkings en serpe buiten dié wat in die kleredragreëls voorgeskryf word, mag gedra word nie.

“Beanies” word nie in die skoolgebou gedra nie.

6

Alle leerders moet reeds op die dag wat die skool begin aan al die vereistes voldoen sodat dit nie nodig is om hul eers aan te spreek nie.

Netheidsreëls geld tot die laaste dag van die kwartaal, ook aan die einde van die jaar. Leerders wat nie aan die vereistes voldoen nie, sal nie toegelaat word om eksamen te skryf alvorens daar nie ‘n skriftelike reëling getref is nie.

Reëls geld in dieselfde mate vir alle leerders. Uitsonderings t.o.v. byvoorbeeld naels en hare vir ‘n buite-matriekafskeid, is dus onbillik teenoor die res van die leerders, en sal nie toegelaat word nie.

Geen hangertjies, kettinkies, armbande of soortgelyke versierings word as deel van skooldrag toegelaat nie. Armbande met ‘n simboliese betekenis word nie toegelaat nie. Die dra van liggaamsjuwele soos neus-, tong- en wenkbroujuwele is verbode.

Gaatjies in die ore, neus en lippe mag nie met pleisters toegplak word nie. Ongemagtigde items sal gekonfiskeer word en kan slegs aan die einde van die jaar by

die dissiplinêre kantoor afgehaal word. Dit is ‘n leerder se verantwoordelikheid om die items by die kantoor af te haal.

Gr .12-leerders mag wel matriekdasse en wit matriektruie in die plek van die normale, voorgeskrewe skooldas en –trui dra.

Witbaadjies moet gedurende amptelike saalbyeenkomste (insluitend Maandagoggende) gedra word.

Slegs die voorgeskrewe wit serp en handskoene sal gedurende die winter toegelaat word. Enige ander serp, handskoene of kledingstuk wat nie deel van die voorgeskrewe uniform vorm nie sal afgeneem word en in die kluis gebêre word tot aan die einde van die betrokke week.

Indien ‘n leerder se ouers nie die voorgeskrewe kleredrag kan bekostig nie, moet skriftelike vertoë aan die SBL gerig word vir ‘n beslissing in die verband.

Leerders word nie toegelaat om die baadjie van ‘n ander leerder te dra indien dit koorde het nie. Indien ‘n leerder so ‘n baadjie by ‘n ander leerder koop, moet hy/sy die koorde verwyder.

‘n Leerder mag nie enige balkies op sy/haar baadjie dra nie, tensy dit deur die skool of ‘n organisasie wat deur die skool goedgekeur is, toegeken is. Balkies word op ‘n baadjie se lapel gedra. Gedurende die somer word balkies op die krae van die meisies se hemde gedra, maar seuns word toegelaat om die balkies op hulle dasse vas te steek.

Indien ‘n leerder meer as een keer ‘n kleuretoekenning vir dieselfde aktiwiteit ontvang, word slegs die hoogste toekenning op sy/haar baadjie vasgewerk.

Die beheerliggaam kan na goeddunke toestemming verleen dat leerders by sekere geleenthede burger-/gewone drag dra. Sodanige drag moet netjies en welvoeglik wees.

9.2 Netheidsreëls vir seuns

Geen seun word toegelaat om sy hare in ‘n onnatuurlike kleur of strepe te kleur nie. Indien wel, sal hy dienooreenkomstig die kode gestraf word en moet sy hare binne 5 dae na die oorspronklike haarkleur terug gekleur wees of afgeskeer word.

7

Hare mag nie oor die ore en die kuif oor die wenkbroue hang wanneer die hare regaf gekam word nie.

Hare moet aan die agterkant op die natuurlike haarlyn netjies gehou word.

Naels moet skoon, kort en netjies versorg wees – geen lang pinkienaels word toegelaat nie.

Op die wangbeen mag die hare nie laer as die middel van die oor wees nie. ‘n Swart gordel vir seuns is verpligtend. Geen onnatuurlike haarstyle, bv. “mushroom”, “mohawk”, ens. word toegelaat nie. Hare

moet reëlmatig opgesny word. “Undercuts” is verbode. Swart skoolskoene met die voorgeskrewe skoolkouse moet gedra word. Die gesig moet te alle tye glad geskeer wees. Indien die reël oortree word, sal ‘n

leerder na ontvangs gestuur word om te gaan skeer. Indien ‘n leerder nie mag skeer nie, moet hy ‘n mediese sertifikaat by ontvangs inhandig.

Wat onderhemde betref, mag seuns slegs ‘n effekleurige / wit onderhemp dra wat onder geen omstandighede sigbaar mag wees nie.

Skoolbroeke mag onder geen omstandighede verstel of verander word tot “skinny” broeke nie.

Geen juwele word toegelaat nie, ook nie rekkies nie. Voorwerpe om gaatjies oop te hou, is ook ontoelaatbaar. Enige juwele sal afgeneem word en leerders kan dit eers aan die einde van die jaar terugkry.

Hemde moet te alle tye ingesteek word. Indien ‘n seun ‘n hemp met lang moue in die somer dra, moet die moue heeltemal

afgerol en netjies vasgeknoop wees. Alternatiewelik kan die moue opgerol wees, maar dan moet dit tot bokant die elmboog opgerol wees.

9.3 Netheidsreëls vir dogters

Naels moet te alle tye kort wees en nie verby die vingerpunte steek nie. Naellak is ontoelaatbaar. Geen uitsonderings sal gemaak word nie.

Slegs klein silwer en goue knoppies (pêreloorbelle vir matrieks) mag gedra word en wel in die onderste gaatjie indien ‘n leerder meer as een gaatjie in haar oor het. Geen ander oorbelle met steentjies is toelaatbaar nie. Ringetjies in die ore moet glad en rond wees met ‘n maksimum deursnit van 15mm.

Slegs een oorbel per oor in ‘n gaatjie op die oorbel van die oor word toegelaat. Geen ander juwele word toegelaat nie en sal gekonfiskeer word indien ‘n leerder die

reël oortree. ‘n Leerder sal juwele slegs aan die einde van die jaar terugkry. Geen ooggrimering of maskara mag gedra word nie. Indien ‘n leerder oortree, sal sy

gevra word om haar gesig te gaan was. ‘n Mediese onderlaag vir probleemvelle sal slegs toegelaat word indien ‘n mediese sertifikaat ingedien word.

Hare moet netjies wees en mag onder geen omstandighede in ‘n onnatuurlik haarkleur / onnatuurlike strepe gekleur word nie. Indien ‘n leerder oortree, sal dienooreenkomstig

8

die kode opgetree word en moet ‘n leerder haar hare binne 5 dae na die normale haarkleur terugkleur.

Lang hare of hare wat aan die onderkant van die kraag raak, moet netjies vasgemaak word. Dit geld ook vir verlengings.

Kuiwe wat oor die wenkbroue hang, moet vasgesteek word. Slegs wit, bruin en swart linte/rekkies/kammetjies/bolletjies word toegelaat. Indien ‘n

groen lint gedra word, sal dit slegs die lint wees wat by die Klerewinkel beskikbaar is. Knippies soos in die kode uiteengesit, mag gedra word.

Slegs swart skoolskoene met die voorgeskrewe skoolkouse/sokkies word gedra.Skoolkouse moet netjies omgevou word.

Hemde moet te alle tye by wintersdrag ingesteek wees. Onderklere moet met diskresie gedra word (geen donker of gekleurde stukke nie).

9.4 Netheidskontrole

Netheidsreëls sal een maal per semester met die leerders bespreek word. Netheidskontrole sal gereeld plaasvind. Die skool behou hom die reg voor om te enige tyd wat dit nodig geag word,

netheidskontrole te doen of individuele leerders oor netheid aan te spreek en volgens die kode op te tree. Oortredings word aangeteken.

Netheidsreëls geld van die eerste dag wat die skool begin tot die dag as die skool sluit.

Netheidsreëls moet ook gedurende eksamens eerbiedig word. ‘n Leerder wie se voorkoms nie volgens die reëls is nie, sal gevra word om dit eers reg te stel of ‘n skriftelike ooreenkoms aan te gaan alvorens hy/sy toegelaat sal word om eksamen te skryf.

Geen kombinasie van die verskillende skooluniforms word toegelaat nie.

9.5 Voorkoms tydens aktiwiteite buite skoolure

Geen “plakkies”, pantoffels of juwele sal saam met die skoolklere gedra word nie. Die normale voorkomsreëls wat geld vir die dra van skoolklere, geld ook vir sportklere. Enige leerder wat nie by die voorskrifte soos hierbo uiteengesit, hou nie, sal onmiddellik

huis toe gestuur word om reg aan te trek. Indien ‘n leerder nie oor die spesifieke kleredrag beskik nie, woon hy/sy die byeenkoms in sy/haar gewone skooldrag by.

10. SKOOLDRAG

Skooldrag is die skool en elke leerder se trots. Hierdie trots word weerspieël in die manier waarop skooldrag gedra en versorg word. Leerders moet te alle tye by die voorgeskrewe skooldrag hou.

9

1. DOGTERS

Somer: ‘n Groen skoolromp en wit kortmouhemp, wit skoolkouse en swart skoolskoene. ‘n Skoolbaadjie is opsioneel, maar ‘n trui mag nie sonder ‘n baadjie gedra word nie.

Winter: ‘n Groen skoolromp en wit langmouhemp met skooldas, lang broekiekouse en swart skoolskoene of ‘n grys langbroek en wit langmouhemp met skooldas, grys skoolkouse met swart skoolskoene. ‘n Baadjie is verpligtend, maar ‘n trui mag nie sonder ‘n baadjie gedra word nie. Slegs die voorgeskrewe wit skoolserp mag gedurende die winter deur die leerders gedra word.

Algemeen: Hemde word ingesteek en nie “opgerol” nie.‘n Das word te alle tye gedurende die winter gedra.Leerders mag slegs wintersklere dra wanneer dit amptelik deur die skoolhoof afgekondig is. Die lengte van die skoolromp mag nie korter wees as vier vingerbreedtes bokant die knie wanneer gekniel word nie.Die nate en some van die skoolromp moet netjies teruggevou en vasgewerk wees.Die synate van die grys langbroek mag nie rondom die skoene losgetorring word nie.Grys lanbroke mag ook nie afgewrk word om soos “skinny pants” te lyk nie.Die voorgeskrewe skooldrag is verpligtend, ook wanneer ‘n leerder na skoolure in skooldrag verskyn.

MATRIEKUNIFORM VIR DOGTERS:

Somer: Wit hemp met band, geruite romp, wit kouse en swart skoene. (Pêreloorbelle: studs)

Winter: Wit hemp, kameelkleur langbroek, matriekdas, matriektrui, grys kouse en swart skoolskoene. (Pêreloorbelle: studs)

2. SEUNS

Somer: ‘n Grys lang- of kortbroek met swart gordel, ‘n wit kortmouhemp of langmouhemp, skooldas en voorgeskrewe grys skoolkouse met swart skoolskoene. ‘n Skoolbaadjie is opsioneel, maar truie mag nie sonder ‘n baadjie aangetrek word nie.

Winter: Dieselfde drag geld as in die somer, behalwe dat ‘n baadjie en langbroek verpligtend is. Slegs die voorgeskrewe wit skoolserp mag gedurende die winter deur die leerders gedra word.

Algemeen: ‘n Das word te alle tye gedra.Gare van dasse mag nie uitgeryg word om dik, swart strepe op die dasse te laat nie.Die boonste knoop van die skoolhemp moet vasgeknoop wees (ook in die somer), sodat die leerder se das netjies styfgetrek kan word tot teen die boonste knoop. Die synate van die grys langbroek mag nie rondom die skoene losgetorring word nie.

10

Die voorgeskrewe skooldrag is verpligtend, ook wanneer ‘n leerder na skoolure in skooldrag verskyn.

MATRIEKUNIFORM VIR SEUNS:

Somer: Wit hemp, matriekdas, chino-broek, grys kouse en swart skoene. Winter: Wit hemp, matriekdas, chino-broek, matriektrui, skoolbaadjie, grys kouse en

swart skoolskoene.

11. REËLS TEN OPSIGTE VAN VERVOER VAN LEERDERS

11.1 Die vervoer van leerders na en vanaf aktiwiteite buite Kimberley, word deur die skool behartig, behalwe wanneer alternatiewe reëlings getref word.

11.2 Die koste van vervoer wat deur die skool gereël word, sal volgens die finansiële beleid van die skool bepaal word.

11.3 Van leerders word verwag om enige bus waarmee hy/sy vervoer word, met die nodige respek te behandel. Die volgende reëls geld: Die pak van die bus en/of die sleepwa, is die verantwoordelikheid van die leerders. Geen leerder sal toegelaat word om die bus te verlaat voordat die betrokke leerkrag nie

tevrede is met die netheid van die bus nie. Leerders moet sorg dat alle vensters toegemaak word voordat hulle die bus verlaat. Wanneer leerders van ‘n aktiwiteit waartydens die sleepwa gebruik is, terugkeer, is dit die

leerders se verantwoordelikheid om die sleepwa te bêre voordat hulle die terrein verlaat. Daar mag onder geen omstandighede enige slagspreuke op die buitekant van ‘n bus

geskryf word nie.

12. DISSIPLINÊRE STELSEL

Die dissiplinêre stelsel van die skool is ontwikkel met die nodige insette van al die rolspelers, nl. die leerkragte, leerders en ouers (die Skoolbeheerliggaam). ‘n Kopie van die reëls en die dissiplinêre stelsel is aan elke leerder beskikbaar gestel en sal op ‘n gereelde basis met leerders behandel word. Elke leerder is mede-verantwoordelik vir die handhawing van die goeie orde en dissipline van die skool.

12.1 Detensie / Studieklas

12.1.1 ‘n Volledige uiteensetting van elke oortreding en tugmaatreël is by hierdie dokument ingesluit. Leerders moet seker maak dat hulle, asook hul ouers, dit deurlees en verstaan.

12.1.2 Wanneer ‘n leerder ‘n oortreding begaan, sal hy/sy gevra word om ‘n strokie in te vul waarop die oortreding en datum aangedui word. Die strokie word dan deur diebetrokke leerkrag en leerder onderteken. Geen opmerking word deur leerders in die spasie “OPMERKINGS” gemaak nie – dit is slegs vir personeelgebruik.

12.1.3 Indien ‘n leerder op detensie / studieklas geplaas word, sal hy/sy ‘n strokie ontvang waarop die datum en tyd aangedui is.

11

12.1.4 Detensie / studieklas kry voorkeur bo alle buitemuurse aktiwiteite asook enige ander afsprake wat nie binne skoolverband is nie. Uitsonderings sal slegs gemaak word in

noodgevalle. Ouers moet die skool dan skriftelik inlig dat ‘n leerder nie detensie of studieklas sal bywoon nie.

12.1.5 Indien ‘n leerder nie detensie / studieklas kan bywoon nie, is dit sy/haar verantwoordelikheid om dit onder die dissiplinêre hoof se aandag te bring met ‘n skriftelike verskoning van die ouer. ‘n Leerder moet self alternatiewe reëlings tref om die detensie / studieklas op ‘n ander tyd in te haal. By versuim, sal die dissiplinêre reëls outomaties in werking tree.

12.1.6 Indien ‘n leerder een van die volgende strokies ontvang, moet hy/sy dit huis toe neem en deur die ouer laat teken. Dit word dan weer die volgende dag by die dissiplinêre hoof ingehandig. Dit bly die leerder se verantwoordelikheid om hierdie strokies by die dissiplinêre kantoor in te handig:- skriftelike waarskuwing - kennisgewing van detensie - finale waarskuwing

12.1.7 Leerders se oortredings word op die rekenaar aangeteken en geakkumuleer gedurende die jaar. ’n Leerder begin ‘n nuwe jaar met ‘n nuwe rekord, tensy hy/sy geen poging aanwend om sy/haar vorige rekord uit te wis nie.

12.1.8 Aan die einde van elke akademiese jaar, sal alle dissiplinêre rekords uitgedruk en geliaseer word vir verwysing, sou dit nodig blyk te wees.

LET WEL:

Leerders sal voor die skool se interne dissiplinêre komitee verskyn soos op die kode aangedui, waarna korrektiewe stappe geneem sal word. Indien ‘n leerder se optrede nie drasties verbeter nie of wanneer ‘n leerder ernstiger oortredings begaan, sal hy/sy na die dissiplinêre komitee van die Beheerliggaam verwys word. Prosedures sal in so ‘n geval aan ‘n leerder en sy ouer by wyse van ‘n amptelike brief uitgespel word.

Ernstige oortredings of die herhaling van sekere oortredings kan uiteindelik tot permanente uitsetting lei (sien lys van oortredings by ERNSTIGE WANGEDRAG).

Indien ‘n leerder hom/haar skuldig maak aan ernstige oortredings of herhaalde oortredings, kan die voorreg om aan sport- en kultuuraktiwiteite deel te neem of skoolfunksies, soos die matriekbal, by te woon, hom / haar ontneem word. Die voorreg tot deelname berus uitsluitlik by die diskresie van die skoolhoof en seniorpersoneel.

12.2 Interne dissiplinêre komitee

12.2.1 ‘n Interne dissiplinêre verhoor sal volgens die reëling op die kode plaasvind. 12.2.2 Die skool se interne dissiplinêre komitee bestaan uit die volgende persone :

12

Een of albei adjunkhoofde Die graadhoofde Dissiplinêre hoof Enige ander leerkrag wat by die saak ter sprake betrokke is

12.2.3 Dissiplinêre verhore sal in die konferensiekamer plaasvind.12.2.4 ‘n Saak kan volgens die diskresie van die skoolhoof direk na die dissiplinêre

komitee van die SBL verwys word.

12.3 Interne uitsluiting

12.3.1 ‘n Leerkrag kan, na oorlegpleging met die betrokke graadhoof, aanvra vir die uitsluiting van ‘n leerder uit sy / haar klas.

12.3.2 ‘n Leerkrag kan vra dat ‘n leerder intern uitgesluit word in die volgende gevalle : Indien ‘n leerder by herhaling in ‘n klas oortree deur nie werk te doen of in te handig

nie. Indien ‘n leerder herhaaldelik die klas ontwrig of hom-/haarself wangedra.

12.3.3 Die leerder sal ‘n vorm ontvang, nl. “Interne uitsluiting”, wat hy/sy moet voltooi en dan vir ondertekening by die betrokke graadhoof en adjunkhoof moet inhandig. Die vorm sal geliaseer word.

12.3.4 Die periode waartydens ‘n leerder geskors word, sal in oorlegpleging met die leerkrag en betrokke graadhoof bepaal word.

12.3.5 ‘n Leerder moet met die betrokke leerkrag in gesprek tree om weer tot die klas toelating te verkry. Indien ‘n leerder meer as een periode uit die klas afwesig is, sal dit beskou word as afwesig van klas sonder toestemming.

12.4 Rooikaart

12.4.1 ‘n Graadhoof kan ‘n leerder op ‘n rooikaart plaas volgens sy/haar diskresie of soos deur die kode bepaal.

12.4.2 ‘n Leerder word op ‘n rooikaart geplaas vir die duur van EEN of TWEE siklusse. 12.4.3 ‘n Graadhoof kan ‘n leerder op ‘n rooikaart plaas indien:

Hy/sy hom/haarself aan algemene wangedrag in klasse skuldig maak Indien ‘n leerder by herhaling nie sy/haar huiswerk in die klasse doen nie.

12.4.4 Die leerder moet die rooikaart aan die einde van elke periode vir die duur van die 7 of 14-dag siklus by die betrokke klasonderwyser inhandig vir ondertekening. Die leerkrag kan ook opmerkings op die kaart aanbring.

12.4.5 ‘n Leerder moet die kaart aan die einde van elke dag aan die betrokke graadhoof gaan toon. Daarna neem hy/sy die rooikaart huis toe en laat dit deur die ouer onderteken.

12.4.6 Aan die einde van die 7 of 14 dae sal die kaart deur die graadhoof ingeneem word vir liasering.

12.5 Finale waarskuwing

13

12.5.1 Indien ‘n leerder dieselfde oortreding by herhaling begaan of hom/haar skuldig maak aan ‘n ernstige oortreding, sal die leerder ‘n finale waarskuwing van die graadhoof ontvang.

12.5.2 Die waarskuwing sal skriftelik geskied en word bepaal soos in die kode uiteengesit.

12.5.3 Die waarskuwing sal duidelik aandui wat die oortreding is waarvoor ‘n leerder ‘n waarskuwing ontvang.

12.5.4 ‘n Leerder moet die waarskuwing huis toe neem en deur die ouers laat onderteken. Die waarskuwing moet die volgende dag by die betrokke graadhoof ingehandig word vir liasering.

12.6 Dissiplinêre komitee – SBL

12.6.1 Die dissiplinêre komitee van die SBL hanteer oortredings van ‘n meer ernstige aard soos uiteengesit in die kode.

12.6.2 Die komitee bestaan uit die volgende persone (sleg 3 persone): ‘n Voorsitter (ouer) Ouerlede Die skoolhoof Die adjunkhoofde ‘n Aanklaer (ouer)

12.6.3 Die prosedure is as volg : ‘n Leerder ontvang minstens sewe werksdae voor die verhoor plaasvind, ‘n

skriftelike kennisgewing van die klag en tyd wanneer die verhoor plaasvind. ‘n Leerder het dan sewe dae om op die klagtes teen hom/haar te reageer. ‘n Leerder het die reg tot verteenwoordiging, hetsy deur sy ouer / voog of enige

ander persoon soos hy/sy dit verlang. ‘n Leerder woon die verhoor in sy/haar skoolklere by. Indien ‘n leerder sonder ‘n rede nie betyds opdaag nie, sal die verhoor in sy/haar

afwesigheid plaasvind en sal die hele proses deurloop word. Dieselfde reëlings geld indien ‘n leerder nie vir ‘n verhoor opdaag sonder om vooraf reëlings te tref nie.

‘n Leerder het die reg tot appèl by die LUR vir Onderwys. Alle dokumentasie betreffende die verhoor sal na die departement gestuur word. ‘n

Volledige afskrif hiervan sal op die leerder se persoonlike lêer geplaas word. Die lêer sal die leerder vergesel indien hy/sy die skool verlaat en by ‘n ander skool inskryf.

Indien ‘n leerder skuldig bevind word, berus dit by die diskresie van die komitee om ‘n gepaste straf op te lê. LET WEL : Indien die aanbeveling is dat die leerder permanent uit die skool gesit word, word die leerder met onmiddellike effek uit die skool gesit. Die HOD van onderwys het dan veertien dae om hierop te reageer. Die leerder bly uit die skool tot die HOD sy beslissing gee.

Indien ‘n leerder slegs ‘n tydelike uitsetting van bv. vyf dae opgelê word, mag die leerder gedurende die tydperk geensins met die skool kontak maak nie. Hy/Sy

14

mag dus aan geen buitemuurse aktiwiteit deelneem nie en mag ook geen skoolfunksie bywoon nie. Indien hy/sy ‘n toets mis, is dit tot sy/haar nadeel en sal

hy/sy geen punte vir die toets ontvang nie. Die inhaal van werk wat die leerder mis, is sy/haar eie verantwoordelikheid.

12.7 Ouerkontak

12.7.1 Indien ‘n leerder ‘n ernstige oortreding begaan of ‘n oortreding gereeld herhaal, sal die ouer geskakel en daaroor ingelig word.

12.7.2 Afsprake sal ook in geval van ernstiger oortredings met ouers gereël word. 12.7.3 Die betrokke leerkrag sal die oproep / afspraak onder die aandag van die betrokke

graadhoof bring en ‘n aantekening sal op die leerder se persoonlike lêer gemaak word.12.7.4 In die geval van leerders by wie daar algemene wangedrag bespeur word, sal ‘n afspraak

met al die leerder se klasonderwysers en die ouer gemaak word.

13. AREAS WAT BUITE PERKE IS

Sekere areas rondom of binne die skoolgebou (sien die lys hieronder) is buite perke vir leerders. Leerders wat hulle in die areas bevind, sal volgens die kode gestraf word.

13.1 Die voorportaal en trappe aangrensend aan die voorportaal. 13.2 Die saal en gimnasium, tensy tydens amptelike funksies en saalbyeenkomste of onder die

toesig van ‘n leerkrag.13.3 Die area rondom die personeelkamer is vanaf 07:00 – 07:30 verbode, aangesien die

personeel elke oggend ‘n vergadering het.13.4 Die volgende plekke is gedurende skoolure verbode:

Die voorkant van die skoolgebou Die rugby- en hokkievelde Die voorportaal en trappe Die koshuis Die swembadarea Die gallery Die klankkamer Die kleedkamers en pakkamers van die algemene werkers Die fiets- en motorfietsarea

13.5 ‘n Leerder mag nie die kleedkamers gedurende periodes of tussen twee periodes besoek nie, tensy hy/sy toestemming het en die houtblokkie by hom/haar het nie.

13.6 Voor skool en gedurende pouses mag leerders nie in die gange rondbeweeg nie. ‘n Leerder word slegs toegelaat om die kleedkamers te besoek en mag dus net van die ingange en gange wat die naaste aan die kleedkamers is, gebruik maak.

15

14. ERNSTIGE WANGEDRAG

In ooreenstemming met die S.A. Skolewet (No. 6 van 1996), het die Noord-Kaap Onderwysdepartement in die Buitengewone Provinsiale Koerant van 16 Mei 1997 die volgende oortredings gelys as ERNSTIGE WANGEDRAG wat, na ‘n regverdige verhoor, kan lei tot permanente uitsetting uit die skool.

14.1 Verkragting14.2 Aanranding14.3 Seksuele teistering14.4 Aanranding met die doel om ernstig te beseer14.5 Aanranding van ‘n opvoeder14.6 Intimidasie van onderwyspersoneel, sowel as van nie-onderwyspersoneel.14.7 Vandalisme van enige eiendom van die Staat, sowel as van die skool.14.8 Diefstal14.9 Roof14.10 Die besit van ‘n gevaarlike wapen (‘n gevaarlike wapen is enige voorwerp wat ernstige

beserings kan veroorsaak).14.11 Die besit, koop of gebruik van onwettige middels.14.12 Die besit van obsene materiaal wat seksuele omgang op enige manier uitbeeld of suggereer.14.13 Onder die invloed van alkohol of ander bedwelmende middels op die skoolterrein of tydens ‘n

funksie wat deur die skool aangebied word buite die skoolterrein.14.14 Die gebruik, besit of verkoop van bedwelmende drank op die skoolterrein of tydens ‘n funksie

wat die skool aanbied buite die skoolterrein.14.15 Diefstal van eksamen- of toetsvraestelle en/of die besit van gesteelde eksamen- of

toetsvraestelle.14.16 Herhaalde oortredings van die skoolreëls.14.17 ‘n Seksuele verhouding met enige personeellid of opvoeder by die skool wat die leerder

bywoon.14.18 Seksuele omgang of enige seksuele aktiwiteit tussen leerders op die skoolterrein of

gedurende enige skoolaktiwiteit.14.19 Enige oortreding van die regulasies rakende veiligheidsmaatreëls by openbare skole.14.20 Enige ander oortreding wat, volgens die skoolhoof se mening, as ‘n redelik ernstige

oortreding beskou kan word.

15. SKOOLLEIERS

15.1 Die skoolleiers is saam met die personeel van die skool verantwoordelik vir algemene skooldissipline.

15.2 Skoolleiers moet leerders wat oortree na die personeel van die skool bring, waarna lynfunksies gevolg sal word.

16

15.3 Alle leerders moet enige redelike voorskrif van ‘n skoolleier gehoorsaam, en moet die skoolleiers ondersteun en samewerking verleen in die behoorlike uitvoering van hul pligte.

16. SKOOLKENNISGEWINGS

16.1 Alle leerders is verplig om alle kennisgewings wat die beheerliggaam, skoolhoof of ‘n opvoeder van die skool vir dié doel aan leerders uitreik, aan hul ouers te oorhandig, en om enige ontvangserkenning wat die ouers moet voltooi, stiptelik aan die klasopvoeder te voorsien.

17. MOTORVOERTUIE

17.1 Leerders mag nie motorvoertuie op die skoolterrein bring nie.

18. VRYSTELLING VAN BEPALINGS VAN DIE SKOOL- EN ORDEREËLS

18.1 Leerders kan op kulturele, godsdienstige of mediese gronde skriftelik by die beheerliggaam aansoek doen om algehele of gedeeltelike vrystelling van een of meer van die items wat in die gedragskode vervat is.

18.2 Sodanige aansoek moet volledige redes én stawende bewyse insluit. Die bewyslas rus dus op die leerder om die aansoek om vrystelling te staaf.

18.3 Aansoeke om vrystelling sal slegs aan die begin van elke skooljaar oorweeg word, tensy dringendheid of veranderende omstandighede aangevoer kan word.

18.4 In die oorweging van ‘n aansoek om vrystelling sal die beheerliggaam geregtig wees om enige inligting in te win wat hy vir ‘n regverdige beoordeling van die aansoek kan nodig ag.

18.5 Die beheerliggaam sal die aansoek om vrystelling met die nodige erns en verantwoordelikheid, en binne die raamwerk van die Grondwet en hofuitsprake oorweeg, en die leerder skriftelik van sy besluit inlig.

17

BELEID RONDOM DISSIPLINÊRE – EN DETENSIESTELSEL

1. REKORDHOUDING VAN OORTREDINGS

‘n Leerkrag hanteer ‘n oortredingstrokie in die klas met oorleg :- In die geval van minder ernstige gevalle word ‘n strokie slegs ingevul waar ‘n leerder ‘n

oortreding by herhaling begaan of waar alternatiewe strawwe deur die leerkrag onsuksesvol is.

- In die geval van oortredings soos ernstige wangedrag, voorkoms, oneerlikheid, ens. word ‘n strokie altyd ingevul.

‘n Leerkrag plaas die voltooide strokie in die toepaslike graadrakkies in die dissiplinêre kantoor - verkieslik nie later as een dag na die strokie ingevul is nie, aangesien dit chronologies gemonitor word en dienooreenkomstig opgetree word.

Dit is die leerkrag se plig om te verseker dat strokies volledig ingevul en geteken is. Onvolledige strokies kan ongelukkig nie in die rekenaar ingevoer word nie.

Die datum waarop gebeure plaasgevind het, is van besonderse belang. ‘n Leerkrag skryf sy/haar kode neer waar daar gevra word vir handtekening. Indien die

handtekening verskyn en onduidelik is, sal die strokie geïgnoreer word. Gedragsprobleme moet duidelik gespesifiseer/omskryf word in die spasie aangedui

“OPMERKINGS”. LW: Geen leerder word toegelaat om enige opmerkings te skryf nie.

2. OPTREDE TEENOOR LEERDER WAT OORTREE

Oortredingstrokie sal deur die dissiplinêre hoof in die rekenaar ingevoer word. Uitdrukke van oortredings sal gereeld aan graadhoofde deurgegee word.

‘n Dissiplinêre hoof sal : kennisgewings van detensie voorberei en in graadhoof se vakkies plaas kopieë van skriftelike waarskuwings of finale waarskuwings waar nodig ook in vakkies plaas name van leerders op detensie in die detensielêer op vorm skryf

Die dissiplinêre hoof liaseer die oorspronklike briewe in die graadlêer vir navrae. Graadhoofde handig die betrokke strokies daagliks uit. Dit is die leerder se verantwoordelikheid

om te sorg dat skriftelike waarskuwings deur hul ouers geteken word en na die skool teruggestuur word. Voogonderwysers hoef egter nie hieroor kontrole uit te oefen nie. Indien getekende briewe wel terugkom skool toe, word dit deur die voogonderwyser in die detensierakkies geplaas.

Graadhoofde sal leerders op ‘n rooikaart plaas indien nodig. Enige verslae wat deur graadhoofde hanteer word, word in die graadlêer geliaseer.

Personeel moet daarop let dat hul steeds leerders mag straf, maar met oorlegpleging van die graadhoof indien dit oor direkte detensie gaan.

Leerders wat voorkomsreëls oortree, word deur die betrokke onderwyser hanteer volgens die voorskrifte en slegs in uitsonderlike gevalle na die graadhoofde of adjunkhoofde gestuur. Dit geld ook vir gewone wangedrag.

3. DETENSIE

18

Detensie vind Maandag tot Donderdag in kamer 17 plaas. Maandae tot Donderdae is vanaf 14:10 tot 15:10. Hierdie tye geld ook vir koshuisleerders.

Leerders wat nie detensie kan bywoon nie, moet ‘n skriftelike verskoning van die leerder se ouer gedurende adminperiode/pouse by die betrokke dissiplinêre hoof inhandig. Slegs skriftelike verskonings sal aanvaar word.

Tydens detensie mag leerders NIKS doen nie, aangesien dit vir hul ‘n straf moet wees. Dus geen lees, gesels, speletjies, huiswerk of op arms lê sal toegelaat word nie.

Leerders wat sonder ‘n verskoning wegbly van detensie, se name sal aan die dissiplinêre hoof, wat die ouers sal kontak en inlig indien nodig, deurgegee word. Die nodige stappe sal dan teen die leerders geneem word.

Personeel moet leerders gereeld inlig hoe ernstig dit is as hy/sy nie opdaag vir detensie nie.

4. STUDIEKLAS

Studieklas vind Maandag tot Donderdag in kamer 16 plaas. Maandae tot Donderdae vanaf 14:10 tot 15:10. Hierdie tye geld ook vir koshuisleerders.

Leerders wat nie studieklas kan bywoon nie, moet verskoning maak by die Dissiplinêre kantoor met ‘n geldige rede. Indien ‘n leerder wegbly van studieklas sonder die nodige reëlings kry hy ‘n dag detensie by.

Onderwysers gebruik eie diskresie om leerders op studieklas te plaas. Die volgende redes word gebruik om leerders op studieklas te plaas:

Voortgesette versuim om huiswerk te doen.Boeke vergeet.Inhaal van agterstallige werk / portefeuljeopdragte

5. REKORDHOUDING

Wanneer ‘n graadhoof / adjunkhoof / hoof ‘n ouer spreek of wanneer ‘n dissiplinêre verhoor moet plaasvind, is inligting ter verduideliking van die leerder se algemene gedrag uiters belangrik. Daarom is die aanteken van alle inligting rondom leerders se oortredings, stappe geneem en ander verslae van kardinale belang. Dit bepaal die sukses van die dissiplinêre stelsel.

Die volgende inligting is baie belangrik en moet by die dissiplinêre kantoor vir liasering in die detensielêers ingehandig word :

- Oproepe na ouers gemaak (dui leerder se naam, datum van oproep en rede vir oproep op die toepaslike vorm aan)

- Enige vorm van briefies of ander geskrewe stukke (onderteken en skryf datum by)- Tussentydse verslae- Verslae (deur leerder onderteken) wat deur leerders geskryf is rondom enige voorvalle

(onderteken en skryf datum by)- Dissiplinêre stappe wat deur leerkrag geneem is, bv. strafwerk of uitskryfwerk, wat geen

resultate gelewer het nie- Leerders sal wel toegelaat word om hul voorgeskrewe boeke te lees: Engelse leerders

Afrikaans en Afrikaanse leerders Engels.- Afsprake met ouers / aanbevelings wat tydens oueraande aan ouers gemaak word

19

- Enige tersaaklike inligting

SKOOLREЁLS EN DISSIPLINÊRE KODE

Hiermee erken ons

1. Ouer / wettige voog se naam en van:

____________________________________________

2. Leerder se naam en van:

____________________________________________

ontvangs van die amptelike bundel skoolreëls en dissiplinêre kode van Hoërskool Noord-Kaap.

________________________ _____________________OUER / WETTIGE VOOG LEERDER

DATUM : _________________ DATUM : ______________

Ek, in my hoedanigheid as ‘n ingeskrewe leerder van Hoërskool Noord-Kaap onderneem hiermee:

1. om my neer te lê by die skoolreëls en dissiplinêre kode van ons skool,2. om my te onderwerp aan die gesag en dissipline van die skoolhoof en personeel van HNK in

ooreenstemming met die voorgeskrewe skoolreëls en dissiplinêre kode,3. om my te alle tye onberispelik te gedra sodat ek as ‘n ware voorbeeld en toonbeeld van ‘n

gedissiplineerde skolier van Hoërskool Noord-Kaap erken sal word,4. om die goeie naam van ons skool nooit oneer aan te doen nie en die tradisies en gebruike van

ons skool trots in stand te hou.

Geteken (leerder) ___________________________________, hierin bygestaan deur my ouer /

wettige voog _____________________________

DATUM : ____________________

20