14
2020-01-20 Geagte Ouer/Voog OMSENDBRIEF NOMMER 1 VAN JANUARIE 2020 WELKOM TERUG - MNR GERICKE Graag verwelkom ons al ons ouers, kinders en personeel terug na die vakansie. ʼn Besonderse woord van welkom aan ons ouers, kinders en personeel wat vir die eerste keer aansluit by die skool. Mag ons vir almal van u toebid ʼn voorspoedige en geseënde 2020, waarin u en u kind geluk, vreugde en prestasie kan ervaar. Ons glo en vertrou dat ons Hemelse Vader ons weer in hierdie nuwe jaar besonder sal seën soos al die vorige jare. Onthou asb. my kantoordeur staan oop vir enige ouer wat navraag of bekommernisse het. Indien u nie ʼn afspraak kry nie kan u my nogsteeds enige tyd na-ure skakel op 082 656 6038. My epos adres is [email protected] . Onthou opbouende kritiek maak ons skool net sterker en sterker. Byvoorbaat dankie aan u as ouer vir u ondersteuning, wees verseker ons waardeer u opreg. Hierdie jaar se tema: Skooldissipline skep ʼn goeie leeromgewing AANDAG ALLE OUERS - MNR GERICKE Neem asb. kennis dat geen ouer voor 13:30 by enige van die klasse mag staan nie, dit ontwrig die klasse en leerlinge se aandag word verdeel tussen ouers wat buite staan en gesels. Indien u met ʼn personeellid wil gesels rakende u kind, wag asb. totdat klasse verdaag het of reël ʼn afspraak in die oggend voor skool. Geen personeellid mag ʼn ouer sien terwyl hy/sy ʼn klas voor hulle het nie – Akademie kom eerste! Ons vra asb. u samewerking in die verband. Hekke word in die oggende 6:00 oopgesluit en weer om 7:30 gesluit. In die middae sal hekke 13:20 oopgesluit word en weer 17:30 gesluit word. Alle leerlinge moet na afloop van sport 15:00 die terrein verlaat, indien hulle nie onder toesig van ʼn personeellid is nie. 1

2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

2020-01-20

Geagte Ouer/Voog

OMSENDBRIEF NOMMER 1 VAN JANUARIE 2020

WELKOM TERUG - MNR GERICKE

Graag verwelkom ons al ons ouers, kinders en personeel terug na die vakansie. ʼn Besonderse woord van welkom aan ons ouers, kinders en personeel wat vir die eerste keer aansluit by die skool. Mag ons vir almal van u toebid ʼn voorspoedige en geseënde 2020, waarin u en u kind geluk, vreugde en prestasie kan ervaar. Ons glo en vertrou dat ons Hemelse Vader ons weer in hierdie nuwe jaar besonder sal seën soos al die vorige jare.

Onthou asb. my kantoordeur staan oop vir enige ouer wat navraag of bekommernisse het. Indien u nie ʼn afspraak kry nie kan u my nogsteeds enige tyd na-ure skakel op 082 656 6038. My epos adres is [email protected].

Onthou opbouende kritiek maak ons skool net sterker en sterker. Byvoorbaat dankie aan u as ouer vir u ondersteuning, wees verseker ons waardeer u opreg.

Hierdie jaar se tema: Skooldissipline skep ʼn goeie leeromgewing

AANDAG ALLE OUERS - MNR GERICKE

Neem asb. kennis dat geen ouer voor 13:30 by enige van die klasse mag staan nie, dit ontwrig die klasse en leerlinge se aandag word verdeel tussen ouers wat buite staan en gesels. Indien u met ʼn personeellid wil gesels rakende u kind, wag asb. totdat klasse verdaag het of reël ʼn afspraak in die oggend voor skool. Geen personeellid mag ʼn ouer sien terwyl hy/sy ʼn klas voor hulle het nie – Akademie kom eerste! Ons vra asb. u samewerking in die verband.

Hekke word in die oggende 6:00 oopgesluit en weer om 7:30 gesluit. In die middae sal hekke 13:20 oopgesluit word en weer 17:30 gesluit word. Alle leerlinge moet na afloop van sport 15:00 die terrein verlaat, indien hulle nie onder toesig van ʼn personeellid is nie.

HEK BY ADMINISTRATIEWE KANTOOR/KLEUTERSKOOLAPPARAAT - MNR GERICKE

Graag rig ons ʼn vriendelike versoek aan ons ouers en leerlinge om asb. nie die hek by die administrasie kantoor te gebruik as ʼn deurgang nie. Die hek is slegs vir ouers wat ʼn navraag het in die kantoor, ʼn afspraak wil maak of skoolgelde wil betaal.Die kleuterskool versoek asb. dat die laerskoolleerlinge nie voorskool of na skool op die apparaat speel nie, dit is slegs vir die kleuterskool se gebruik.

BEHEERLIGGAAM TUSSEN VERKIESING – MNR DENNER

1

Page 2: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

Daar is tans twee vakante posisies in die Beheerliggaam (ouerlede) van Laerskool Elspark.

Daar sal ʼn tussen verkiesing gehou word op Dinsdag, 18 Februarie om 18:00 in die skoolsaal. Ouers sal ʼn gedetailleerde brief ontvang wat die proses duidelik uiteensit.

Indien daar nie ʼn kworum is vir die eerste verkiesing nie sal daar ʼn tweede verkiesing plaasvind op Woensdag, 4 Maart om 18:00 in die skoolsaal.

SKOOLTYE EN TOESIG – MNR DENNER

Die amptelike skooltye van Laerskool Elspark is vanaf 07:30 tot 13:30. Leerlinge wat by die naskoolsentrum ingeskryf is sal onder toesig wees tot 17:30 tensy hulle ouers/voogde hulle vroeër kom afhaal.

Die leerlinge wat aan aktiwiteite na skool deelneem sal onder die toesig van die afrigter wees. Alle ander leerlinge wat nie aan aktiwiteite deelneem nie moet betyds afgehaal word voor 14:00 elke dag.

Geen leerling sal op die terrein toegelaat word sonder toesig na 14:00 nie. Bogenoemde reël geld ook vir die leerlinge wat by die skoolhekke wag vir hulle vervoer.

NASKOOLSENTRUM - ME McKENZIE

Baie welkom terug aan al ons leerlinge by die naskoolsentrum. Let asb. daarop dat ons tye nogsteeds stiptelik 17:30 is vir die afhaal van u kind.

Ons is ook baie bly dat Glynn Goodhart (Magic Moments) weereens vir ons beskikbaar is om vars voedsel aan ons kinders te verskaf.

Merk asb. al u kinders se skoolklere, kouse en skoene. Januarie se naskoolgelde was reeds betaalbaar.

Koste beloop R1 067 per maand. Moet asb. nie agter raak met die betalings nie. NB!!! U moet 30 dae skriftelik kennis gee indien ʼn leerling uit die Naskool gehaal word.

BUSVERVOER – MNR MULLER

Ons begin vanjaar met busvervoer vanaf Witfield/Delville en sal ook moontlik later vanjaar ʼn busdiens na Brakpan en terug instel.

Ons het ook nog ʼn addisionele voertuig aangekoop om die middag aflaai van leerlinge te vergemaklik. Skakel asb. met Mnr Muller indien u meer inligting i.v.m. hierdie diens wil bekom.

ALGEMENE JAARVERGADERING EN PROJEKTE 2020 – MNR GERICKE

Dankie aan alle ouers wat hierdie vergadering bygewoon het. Ons finansies lyk gesond en die volgende projekte vir 2020 is tydens hierdie vergadering goedgekeur.

Opgradering van telefoonstelsel Nuwe afrolmasjien, 50% deposito is reeds betaal Bouplanne en skoolveiligheid Deurgang vanaf Tierhout na Finchstraat en parkering

2

Page 3: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

Addisionele skoolvoertuig vir vervoer van personeel en leerlinge Opgradering van ontvangs voor by kantoor Opgradering van die LSEN area Veeldoelsaal Handjietennisbane

Al die bogenoemde projekte is egter onderhewig aan die inkomstes van 2020. U positiewe betaling van skoolgeld word opreg waardeer.

SKOOLGELDE VIR 2020 – MNR GERICKE

ITEM BEDRAG PER MAAND

BETALINGSTYDPERK BEDRAG VIR 2020

1 Skoolgeld vir enkelkind

R1 372 12 Maande R16 464

2 Skoolgeld vir tweede kind

R1 372 (R2 744)

12 Maande R16 464

3 Skoolgeld vir derde kind

R550 (R3 294) 12 Maande R6 600

Skoolgeld is vooruitbetaalbaar teen die 7de van elke maand. Januarie se skoolgeld moet betaal word op die eerste skooldag van 2020.

Indien volle skoolgeld vir 2020 voor of op 31 Mrt betaal is, sal een maand se skoolgeld as korting aan die ouer toegestaan word. (Indien geen betaling tot 31 Mrt gemaak word nie, moet ‘n skriftelike reëling met die skoolhoof getref word)4 Naskoolgeld vir 'n

enkelkindR1 067 11 Maande R11 737

5 Naskoolgeld vir tweede kind

R1 067 (R2 134)

11 Maande R11 737

6 Naskoolgeld vir derde kind

R1 067 (R3 201)

11 Maande R11 737

Naskoolgeld is vooruitbetaalbaar teen die 7de van elke maand. Januarie se geld moet betaal word op die eerste skooldag van 2020. Geen subsidie

word toegestaan nie.7 Kleuterskool

skoolgeld vir elke kind

R1 485 12 Maande R17 820

Kleuterskool skoolgeld is vooruitbetaalbaar teen die 7de van elke maand. Januarie se geld moet betaal word op die eerste skooldag van 2020. Geen subsidie word toegestaan nie. Geen korting word toegestaan indien u, u

jaar se gelde vooruitbetaal nie.

Uitstaande gelde!!!Daar is ouers wat alreeds agterstallig is met skoolgeld, kleuterskoolgeld en/of naskoolgeld. Alle agterstallige gelde is betaalbaar voor 31 Januarie 2020.

Bankbesonderhede:ABSA BankTjekrekening no: 230 301 360Takkode: 632005

3

Page 4: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

Verwysing: kind se rekeningnommer of naam, van en graad

Neem asb. kennis dat Laerskool Elspark CMM Attorneys (Prokureurs) gebruik om al die oorhandigings te hanteer.ABBA OUERS:Baie dankie aan ons ouers wat instaan as abba ouers ten opsigte van minder bevoorregte kinders se skoolgeld en ander uitgawes. U ondersteuning word waardeer! Indien daar nog ouers is wat hierby betrokke wil raak kan u die kantoor kontak of eenvoudig ʼn addisionele bedrag op u skoolgeld betaal. Onthou elke ekstra R10 help. DANKIE! DANKIE! DANKIE! Onthou net asb. om Me Wessels in kennis te stel indien u ʼn ekstra bedrag inbetaal vir ʼn minder bevoorregte leerling.

Kontroleer asb. u kleingeld en kwitansie voordat u die finansiële kantoor verlaat. Sonder ʼn kwitansie kan geen regstellings gedoen word nie. Bewaar asb. u kwitansie op ʼn veilige plek!

NB! Faks asb. bewys van betaling met uiteensetting ten opsigte van betaling na (011) 916-1963. Dit is baie belangrik dat u asb. altyd u kind se rekeningnommer as verwysing by alle bank inbetalings sal aandui. Indien u nie weet wat u rekeningnommer is nie, is u welkom om Me Wessels te skakel in die finansies kantoor.

GR 4 INLIGTINGSAAND – ME NELL

Datum: 29 JanuarieTyd: 18:30 tot 19:30Waar: Begin by registerklas en wissel daarna na ander vakonderwysers.LEOS – ME LOURENS

Die LEOS by Laerskool Elspark is ʼn groep mammas en pappas wat saamwerk om fondse in te samel om in ons behoeftige leerlinge se noodsaaklikste behoeftes te kan voorsien.

Die LEOS is in beheer van die meeste verkope by die skool se funksies, sportgeleenthede, koekverkopings, Mnr. en Mej. Elspark ens. Ouers word benodig om ons te help met verkope by ons tuisbyeenkomste .

Die LEOS voorsien ook ons behoeftige leerlinge van toebroodjies elke dag. Daar is ongeveer 70 leerlinge by ons skool wat afhanklik is van ons ouers wat elke dag vir die leerlinge ʼn kospakkie voorsien.

Indien dit vir u moontlik is om ʼn bydrae te lewer of van hulp te wees voltooi asb. een van die onderstaande skeurstrokies en stuur dit terug na Me Lourens. U is welkom om Me Lourens te kontak op 082 785 2953 indien u enige navrae het.

E-LEARNING@ELSIES – ME BRITZ

1. Tablette vir 2020:

Minimum vereiste : Android 7 en op

4

Page 5: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

Omhulsel/Omslag is ʼn moet

2. Ons wil dit ook net weer onder u aandag bring dat Infonerd gratis beskikbaar is vir alle graad 4 tot 6 leerlinge. Met hierdie program het u en u kind toegang tot lesse (visueel en ouditief), opsommings en oefen vraestelle.

Indien u reeds geregistreer is, is u welkom om dit te gebruik. Indien u nog nie geregistreer het nie is u welkom om alle inligting te kry deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected]

Infonerd sal wel later die skool besoek om seker te maak dat alle leerlinge toegang het tot die program.

3. sal ook weer beskikbaar wees vir die leerlinge vir die gebruik van handboeke. Usernames en passwords vir 2020 bly dieselfde. Let daarop dat net die graad waarin u kind is verander.

Student WiFi: 5tud3nt123Username: van(3)naam(3)4/5/6/7Password: van(3)naam(3)GR4/5/6/7#

(kleinletters behalwe GR)

Let op dat indien die kind se van met “Van” begin bv. van der Merwe word van gebruik as die eerste 3 letters van die van. Indien die kind se van “le Roux” is word net die Le gebruik vir die van. Dit geld ook vir de/du ens.

Byvoorbeeld: Pieter van Niekerk Gr 4Username: vanpie4Password: vanpieGR4#

Let asb. daarop dat die Moodle program nie net vir handboekgebruik is nie maar ook om ander belangrike inligting en addisionele werk te deel. Toetse word ook in sommige vakke daarop geskryf. Daarom is dit uiters noodsaaklik dat tablette elke dag by die skool sal wees. Lees asb. die tabletreëls in die dagboekie noukeurig deur.

5

Page 6: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

Louis van Rooyen ons IT tegnikus sal ook elke oggend om 07:00 in die kantoor beskikbaar wees om enige probleem uit te sorteer. Maak gerus van sy dienste gebruik. Vir enige ander eLearning vrae is u welkom om die skool te kontak.

Ons is baie trots daarop om te sê dat Laerskool Elspark die skool van die toekoms is met puik tegnologiese fasiliteite wat leer en groei van ons leerlinge bevorder.

OPDRAGTE, TAKE EN TOETSE (FORMELE ASSESSERING) – MNR DENNER

Dit is nie net die kwartaaltoets wat gebruik word om die kwartaal se punt te bereken nie, maar alle formele assessering deur die kwartaal gedoen.

Punte wat in berekening gebring word om die kwartaal se punt te bereken: Formele assessering asook take, opdragte, ondersoeke, toetse ens.

Wanneer die leerlinge enige van bogenoemde aktiwiteite ontvang vir formele assessering moet dit so volledig as moontlik voltooi word en betyds ingehandig word.

Formele assessering moet skriftelik aan die leerlinge deurgegee word. Take, projekte en ondersoeke moet ook voorsien wees van ʼn rubriek waarvolgens

punte toegeken gaan word.a) Die kostes vir die taak of projek moet minimaal wees. Gebruik materiaal wat

vrylik beskikbaar is.b) Materiaal en inligting i.v.m. die taak of projek word tuis versamel en die

vervaardiging van die taak of projek vind by die skool plaas (skoolure)c) Genoegsame tyd moet gegee word vir die versameling van materiaal en

inligting vir take en projekte.

NETBAL - ME LE ROUX

Wanneer: Maandag, 10 FebruarieTyd: 13:45 tot 15:00Waar: Netbalbane

Netbal oefening vir O/10 tot O/13 begin vir die oefengroepe wat tydens verlede jaar se proewe reeds gekies is asook vir alle nuwe dogters wat dalk wil netbal speel. Onthou asseblief gemaklike klere, tekkies en water.

MINI-NETBAL – ME DELPORT

Graag wil ons vir u inligting deurgee rakende die mini-netbal oefeninge.Vanaf die 10de Februarie 2020 sal oefeninge van 13:30-14:15 (Maandae tot Donderdae) plaasvind. 

Maak asseblief seker dat u dogters gepaste oefenklere en tekkies inpak vir die oefening.  Al die dogters oefen saam aan voetwerk, balvaardighede en motoriese vaardighede.  Onthou asseblief dat daar baie dogters is en almal ʼn regverdige kans moet kry.Dankie vir u positiwiteit en ondersteuning.  ATLETIEK - ME NOVELLIE

Sjoe, die atletiekseisoen is hier. Baie sterkte! Atletiekoefening het reeds begin, elke middag Maandag tot Donderdag vanaf 13:30 tot 15:00.

6

Page 7: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

BELANGRIKE DATUMSDag Datum Wie WaarDonderdag 23 Januarie Selectionpark WegMaandag 27 Januarie Die Arend WegDonderdag 30 Januarie Van Dykpark WegDonderdag 6 Februarie Interlaer Boksburg StadionVrydag 21 Februarie Blav Boksburg StadionVrydag 28 Februarie D6 Boksburg Stadion BOOGSKIET – ME JACOBS

Welkom terug na ʼn wel verdiende vakansie. Mag al ons pyle in 2020 in die kol wees. Alle kinders vanaf Gr 4 – Gr 7 is welkom om ons Intree kursus op Saterdag, 25 Januarie by te woon.Tyd: 13:00 tot 16:00Plek: Hoërskool ElsparkKlere: Gemaklik. Tekkies is ʼn moetKoste: R20 betaalbaar by Me Marna Jacobs. Plaas asb. die geld in ʼn koevert

met die kind se naam en gr bo-op geskryf.

Hoërskool kinders van Gr 8-12 en volwassenes is ook welkom. Kontak Thinus Jacobs (0823746035) of Marna Jacobs (0824584307).

Belangrike datums:28 Januarie Algemene Ouervergadering. Belangrike inligting word

deurgegee. Almal moet asb. teenwoordig wees. Laerskool Elspark skoolsaal om 18:30

1 Februarie Skype kompetisie by Elspark8 Februarie 3D kompetisie15 Februarie Kolle kompetisie by Elspark22 Februarie Kolle kompetisie Purfecto29 Februarie Kolle kompetisie Henley High and Preparatory7 Maart BAI Opleidingskursus14 Maart Kolle kompetisie Riebeeckrand4 April Skype kompetisie Elspark

Indien u enige navrae het kan u gerus met Mnr. Thinus Jacobs ( 082 374 6035) of Me Marna Jacobs (082 458 4307) in verbinding tree. REDENAARS – ME SERFONTEIN

Die temas vir die Afrikaanse redenaars vir 2020 is as volg:

GRAAD 1 tot GRAAD 3 Kaalvoet Wonder Fees

GRAAD 4 TOT GRAAD 5 Letters Voetspore Voel

7

Page 8: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

GRAAD 6 TOT GRAAD 7 Toekoms Liefhê Afronding

KOEKVERKOPING – ME LOURENS

Ons Gr 7's spring weg met die eerste koekverkoping op Vrydag, 31 Januarie. ʼn Brief met volledige inligting volg binnekort.

SNOEPIE – MNR LOURENS

Kyk gerus na die Snoepwinkel se “page” (Elspark Snoepwinkel) op Facebook vir die weeklikse spyskaart. Die spyskaart sal aanklank vind by al die leerlinge. Leerlinge kan bestellings plaas om hulle honger magies te stil.

Reëlings ten opsigte van bestellings: Leerlinge kan bestellings plaas tussen 7:00 en 7:30 by die Snoepwinkel Die bestelvorm is beskikbaar op die communicator, webwerf en die Facebook

bladsye van die snoepie en die skool. Die bestelvorm is ook beskikbaar by die snoepwinkel self. Die bestelvorm sal die spyskaart vir die hele week aandui en ouers kan dus

beplan vir wanneer hulle bestellings wil plaas. Daar gaan ʼn spesiale ry wees vir leerlinge om bestellings af te haal en hulle

sal dus nie in die algemene ry hoef te wag nie.

Wilma en haar span sien uit daarna om julle by die Elspark Snoepwinkel te sien.Kom maak gerus ʼn draai!

KOSKAS VIR BEHOEFTIGE LEERLINGE – ME KOMEN

Laerskool Elspark het ʼn koskas by die skool waaruit ons vir die leerlinge en hul gesinne voedsel verskaf vir naweke en vakansies. Ons koskas is op die oomblik dolleeg en ons sal graag dit weer wil volmaak vir tye wat ons die kos broodnodig het.

Ons vra dat leerlinge asb. sal deelneem aan ons bring-ʼn-blik-projek op Vrydae. Indien u bereid is om enige nie-bederfbare kos (bv. blikkies, bad benodigdhede, ens.) te skenk, stuur dit na u kind se registeronderwyser.

MEDIA - ME SNYMAN

HOO HOO!!! Welkom terug alle Boekuile! Mag dit 'n voorspoedige 2020 wees vol van lekker lees, lees en nogmaals lees!  

Die graad 2 en 3 leerlinge is reeds slaggereed om boekies uit te neem in hulle media periodes en 'n groot opgewondenheid heers onder die graad 1 leerlinge om uit te vind watter storie Lienkie die boekfeëtjie  volgende gaan vertel.  

Die seniors kan Dinsdae en Donderdae 1ste en 2de pouse of naskool Dinsdae en Donderdae vanaf 13:30 -14:30 die media besoek.   Sien julle binnekort dat julle ook wyse uile kan word.COMMUNICATOR/FACEBOOK – ME S DU TOIT

8

Page 9: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

Wil jy deel wees van ons Facebook gemeenskap? Ons deel inligting, prestasies en sommer net lekker wenke. U kan ons vind op Facebook - Elspark Elsie. Die communicator hou u op hoogte van gebeure by u kind se skool.

Gaan laai die D6 Communicator af op u rekenaar/ slimfoon op die playstore of gebruik die volgende skakel: http://www.school-communicator.com/

MY SCHOOL – ME DELPORT

Ons doen ʼn beroep op u as ouers om asb. so gou moontlik te registreer vir ʼn “My School” kaart. Elke aankope wat u doen kwalifiseer die skool vir n persentasie van die bedrag asook maandelikse pryse wat u kan wen. U ondersteuning sal opreg waardeer word.

Die aansoekvorm vir ‘n MySchool kaart is beskikbaar op die communicator.  Ondersteun asb. Laerskool Elspark op die manier.

Die kaart kan gebruik word by: Woolworths, Engen QuickShop, Waltons, Loot.co.za, Flight Centre, Worksheet Cloud, Power24.co.za, Wimpy Carnival Mall, Mugg & Bean Carnival Mall en Mugg & Bean Springs Mall.

GROENPROJEK – ME DELPORT

Leerders kan bydra tot die projek deur leë cartridges na die skool toe te bring.  Elke leerder sal ‘n spogkaart ontvang na die eerste drie cartridges wat hulle skool toe bring.  Alle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor.   Vir elke 3 Cartridges wat leerders skool toe bring sal ‘n punt afgeteken word.   Dus is dit beter om 3 cartridges op ‘n slag na die skool toe te bring om kontrole te vergemaklik en om nie leerlinge te na te kom met die beloningstelsel nie.

Baie dankie vir al die ouers en leerders wat cartridges getrou skool toe bring.  Leerders sal beloon word hiervoor. 

VOORTREKKERS – ME A DU TOIT

Die Voortrekkers begin amptelik op 27 Januarie om 16:00 langs die saal op die grasperk. Almal is welkom ook ouers wat graag wil betrokke raak. Sien julle daar!

KLEREBANK – ME A DU TOIT

Die klerebank het op die oomblik baie klere. Kom kyk wat ons het, voor u ten duurste op ander plekke koop.Klerebanktye: Woensdae – Voorskool vanaf 07:00

Naskool tussen 13:30 en 14:15

KOMMUNIKASIE – ME BRITZ

Personeel se e-pos adresse verskyn in die dagboek. Moenie huiwer om met personeel op hierdie manier te kommunikeer nie.

9

Page 10: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

Maak asseblief seker dat ons u korrekte e-pos adres het sodat u ook van die skool af kommunikasie kan ontvang.

DISSIPLINE - MNR MULLER

Ouers moet asb. sorg dat hulle kinders reg geklee is vir skool. Vrydagdrag is die wit sporthemp en die blou kortbroek met tekkies. Geen skooltrui of "pullover" mag saam met Vrydagdrag gedra word nie.

Dogters: Hare moet netjies vas wees met die korrekte kleur haarrekkies ens. Hare mag nie in hulle gesig hang nie.

Seuns: Hare moet netjies en kort wees. Geen, maar geen comb overs of snaakse style nie.

OPVOEDING - ME GROBLER

Elke kind smag na erkenning en aanvaarding. Hul wil raakgesien word en weet hulle is spesiaal!

Wenke aan ouers: Gee liefde: Laat u kind veilig en geliefd voel. Toon begrip: Maak tyd vir geselsies met u kind. Moedig individualiteit aan: U kind is uniek. Gee aanvaarding: Vir ʼn gesonde selfbeeld moet u kind aanvaar word vir wie

sy/hy is. Gee respek: Hanteer u kind met respek dan sal hy/sy u respekteer. Gee waardering: Sê dankie vir take wat hul tuis verrig.

Wees verseker hier by Laerskool Elspark is elke kind spesiaal en belangrik.

NAALDWERKKLASSE GR 2 TOT 7 – ME LABUSCHAGNE

Ek beplan om naaldwerkklasse aan te bied vir Gr 2 – 7 leerlinge. Ek wil eers net die belangstelling toets.

Indien u belangstel vul asb. die skeurstrokie in en stuur dit so gou as moontlik terug aan Me Labuschagne.

DANKBAARHEID

Dankie aan ons Hemelse Vader vir Sy liefde, genade en beskerming gedurende die skoolvakansie en dat ons almal veilig ʼn nuwe skooljaar kan begin.

Dankie aan al ons positiewe ouers en leerlinge wat die jaar op ʼn hoë noot begin. U maak ʼn groot verskil.

Baie dankie aan al ons personeel vir hulle effektiewe en harde werk, ons waardeer julle.

Filippense 3:16

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Elsiegroete 10

Page 11: 2011-08-11superelsies.co.za/pluginfile.php/42/mod_forum...  · Web viewAlle data word dus deur my ook gehou indien leerders hierdie spogkaart verloor. Vir elke 3 Cartridges wat leerders

W.F GERICKESKOOLHOOF

JAARTEMAS: ONS BEWAAR (2010)

EENHEID MAAK MAG (2011)TEMPO-ONDERWYS MAAK N VERSKIL (2012)

KOM GROEI SAAM (2013)AKADEMIE IS NO. 1! (2014)E-LEARNING@ELSIES! (2015)

VERNUWING BRING VOORSPOED (2016)WERKSETIEK EN HOË STANDAARDE (2017)

AANSPREEKLIKHEID EN VERANTWOORDELIKHEID (2018)VINDINGRYKHEID (2019)

SKOOLDISSIPLINE SKEP ʼN GOEIE LEEROMGEWING (2020)www.laerskoolelspark.co.za

Skeurstrokie – LEOS ONDERSTEUNER

Ek _______________________ ouer/voog van ________________ in gr ____ wil graag aansluit as ʼn LEOS ondersteuner.

_________________________ __________________________ HandtekeningKontaknommer

Skeurstrokie - Toebroodjies vir behoeftige leerlinge

Ek _______________________ ouer/voog van ________________ in gr ____ is bereid om toebroodjies te maak vir 50 leerlinge _____ keer per kwartaal.

_________________________ __________________________ HandtekeningKontaknommer

Skeurstrokie – NAALDWERKKLAS GR 2 - 7

My kind _____________________________ in gr ____ stel belang in die naaldwerkklas.

_________________________ __________________________ HandtekeningKontaknommer

11