23
Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar Dag van aanvaardig deur SBL: HANDTEKENING M. Freyzen (Voorsitter) M. van Zyl (Koshuis) E. Brand (Fondsinsamelings) D. de Carvalho (Dissiplinêre Verhore) JC Venter (Geboue / Terreine) P.A. le Roux (Skoolhoof) M.M.C. Gravett (Onderwyseres) W. Botes (Onderwyseres) L. Malan (Sekretaresse)

Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar

Dag van aanvaardig deur SBL: HANDTEKENING

M. Freyzen (Voorsitter)

M. van Zyl (Koshuis)

E. Brand (Fondsinsamelings)

D. de Carvalho (Dissiplinêre Verhore)

JC Venter (Geboue / Terreine)

P.A. le Roux (Skoolhoof)

M.M.C. Gravett (Onderwyseres)

W. Botes (Onderwyseres)

L. Malan (Sekretaresse)

Page 2: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

WAARDESISTEEM

1. Inleiding

Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur het. Die beheerliggaam het die ouers, leerders en opvoeders van die skool oor die inhoud van die gedragskode geraadpleeg. Die gedragskode is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, Wet 108 van 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (‘die Skolewet’); die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Wet 27 van 1996; Riglyne vir Gedragskode vir Leerders (Algemene Kennisgewing 776 in Staatskoerant 18900 van 15 Mei 1998); die Regulasies met betrekking tot Apparate vir Dwelmtoetsing en die Prosedure wat gevolg moet word (GK 1140 in Staatskoerant 31417 van 19 September 2008); Regulasies vir Veiligheidsmaatreëls by Openbare Skole (GK 1040 in Staatskoerant 22754 van Oktober 2001, soos gewysig) en toepaslike provinsiale wetgewing. 2. Doel Hoewel die Staat verplig bly om opvoeding beskikbaar en toeganklik te maak, moet dít aangevul word met die toewyding en verbintenis van verantwoordelike rolspelers, naamlik opvoeders, leerders en ouers. Hierdie gedragskode is bedoel om sodanige toewyding en verbintenis te bevorder. Die doel van hierdie gedragskode is om ʼn gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing te vestig wat toegewy is aan die bevordering en handhawing van die gehalte van die leerproses.

Page 3: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

EREKODE

AS ‘N LEERDER VAN LAERSKOOL DE AAR

SAL EK DIE HERE VEREER

EK SAL MY ONDERWYSERS EN MEDE-SKOLIERE RESPEKTEER

EK SAL MY SKOOLWERK PLIGSGETROU EN BETYDS NA DIE BESTE VAN MY

VERMOë AFHANDEL

EK SAL OP DIE SPORTVELD VOLGENS DIE REëLS EN IN GOEIE SPORTMANGEES DEELNEEM

EK SAL DIE SKOOLEIENDOM EN DIE BESITTINGS VAN ANDER

RESPEKTEER EN OPPAS

EK SAL NET WAT AAN MY BEHOORT GEBRUIK EN MY EIE BESITTINGS OPPAS

EK SAL SORG DAT MY SKOOLDRAG SKOON EN NETJIES IS

MAAR BO DIT ALLES SAL EK DAARNA STREEF OM EERLIK VRIENDELIK

EN OPREG TE WEES.

Page 4: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

VISIE

Die Laerskool De Aar is ‘n parallelmedium skool met Afrikaans en Engels as onderrigtaal waar alle leerders op ‘n voortreflike wyse onderrig en opgevoed word en met Christelike waardes toegerus word sodat elkeen eendag as ‘n gebalanseerde volwassene ‘n menswaardige bestaan in die samelewing te kan voer.

MISSIE Om die missie te bereik sal daar gepoog word:

Om sy leerders so op te voed dat hulle persoonlike lewens sal getuig van hul persoonlike verhouding met hulle Skepper en dat hul lewenswandel gesonde lewenswaardes, respek, eerlikheid, integriteit, sportmanskap, geloof en opregtheid en ‘n positiewe lewensuitkyk sal weerspieël.

Om ‘n hoë standaard van onderrig te handhaaf sodat leerders akademies tot hul volle potensiaal kan ontwikkel.

Om ‘n gebalanseerde buitemuurse program daar te stel waar die opvoedingsproses buite die klaskamer voortgesit kan word en waar die regte gesindhede tussen afrigter, skeidsregter, spanmaats en opponente gekweek kan word.

Om die deugde van netheid, dissipline en selfdissipline en verantwoordelikheidsin in te skerp.

Om ‘n liefde vir die eie kultuur en ‘n vaderlandsliefde in te skerp, maar ook om ander se standpunte en gebruike te erken en te respekteer.

Om as vennote in die opvoedingsproses met die ouers saam te werk in die belang van die leerders.

Om ‘n klimaat te skep waarin opvoeders en leerders geluk, tevredenheid en sekuriteit kan ervaar.

Om elke opvoeder in staat te stel om die professionaliteit van sy/haar beroep op ‘n menswaardige wyse uit te leef.

Om bekostigbare onderwys daar te stel deur die skool administratief en finansieel so te bestuur dat maksimum voordele uit die beskikbare bronne verkry kan word.

Om die beeld van die Laerskool De Aar op so ‘n wyse uit te dra en te bemark dat ons skool ‘n aanwins vir ons gemeenskap sal wees.

OM DIE VISIE EN MISSIE TE BEREIK

‘n Gedissiplineerde skoolomgewing moet geskep word om positiewe dissipline te bevorder, leerders en opvoeders self-dissipline aan te leer en voorbeeldige gedrag te vestig, asook ‘n vennootskap van gesamentlike vertroue tussen ouer, kind en skool daar te stel. Elke ouer van laerskool De Aar verbind hul tot die kweek van ‘n pligsbesef by leerders, die hantering van die opvoeders en bestuur met die nodige respek te behandel.

LAERSKOOL DE AAR IS DIE WATERSTROOM VAN OPVOEDING IN DIE

KAROO

Page 5: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

DEFINISIES

Leerder Enige persoon, hetsy ‘n kind of ‘n volwassene wat onderwys ingevolge die skolewet ontvang.

Ouer a. Die biologiese of aanneem-ouer of wettige voog van ‘n leerder; b. Die persoon met wettige aanspraak of sorg vir ‘n leerder; of c. Die persoon wat onderneem om die verpligtinge van ‘n persoon in paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding op skool na te kom.

Opvoeder Enige persoon, met uitsondering van ‘n persoon wat aangestel is om uitsluitlike buite-kurrikulêre werksaamhede te verrig, wat ander persone onderrig, opvoed of oplei of wat professionele opvoedkundige dienste, met inbegrip van professionele terapie en opvoedkundige sielkundige dienste, by ‘n skool lewer.

Prinsipaal ‘n Opvoeder wat as hoof van ‘n skool aangestel is of waarneem. (Skolewet 84 van 1996).

Departementshoof Hoof van die Onderwysdepartement, Hoof van die Provinsie (HD).

Beheerliggaam Is ‘n statutêre liggaam van demokraties verkose persone wat verkies is om die skool te beheer en hulle pligte en werksaamhede namens die skool uit te voer. Die lede bestaan uit ouers van leerders van die skool, opvoeders, nie-opvoeders, die prinsipaal (ex Officio Lid) asook gekoöpteerde lede. Die beheerliggaam is verantwoordelik vir die daarstelling van die beleid en reëls waarvolgens die skool georganiseer, bestuur en beheer word (artikel 20, 21, 23 van Skolewet 84 van 1996).

Gedragskode Beteken die gedragskode van die skool wat ‘n skriftelike stel reëls en beginsels is oor dissipline, griewe en gedrag in die algemeen. Dit dui aan watter soort gedrag ‘n skool sal duld en watter gedrag nie aanvaarbaar is nie. Verder stel dit ook sanksies voor wat toegepas sal word en omskryf die prosedure wat tydens ‘n ondersoek gevolg moet word. (Artikel 8 van Skolewet 84 van 1996).

Leerders en hul ouers/voogde moet hulself van die skool se gedragskode en die bepalings daarvan vergewis. Sodra leerders by die skool ingeskryf is, is hulle onderworpe aan die gedragskode, en moet hulle dit stiptelik nakom. Indien leerders die gedragskode oortree of minag, sal daar ooreenkomstig die dissiplinêre prosedure vir leerders teen hulle opgetree word.

Page 6: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

1. SKOOLREëLS EN ALGEMENE REëLS

SKOOLREËLS

HUISHOUDELIKE REËLS

Algemene reëls

1. Skoolbywoning is verpligtend vir alle leerders in die ouderdomsgroep 7 tot 16 jaar. Ouers word wetlik verplig om toe te sien dat hul kinders die skool gereeld bywoon.

2. Geen besoekers of ouers word toegelaat om personeellede, leerders of klasse te besoek sonder verlof van die kantoor nie. Boodskappe, pakkies ens. word by die kantoor gelaat. Verdere reëlings sal getref word.

3. Leerders sal hulle te alle tye as goeie ambassadeurs van die skool en ooreenkomstig die etiekkode van die skool gedra.

4. Terwyl leerders in die skool se drag of enige gedeelte daarvan geklee is wat voldoende is om hulle in die oë van die publiek met die skool te verbind, of terwyl leerders die skool verteenwoordig, hetsy direk of indirek, hetsy as deelnemers, ondersteuners, helpers, toeskouers of andersins, sal hulle hulself van enige gedrag weerhou wat die skool, personeel of hul medeleerders in ʼn slegte lig kan stel.

5. In hul wisselwerking met die skoolhoof, adjunkskoolhoof, opvoeders en ander skoolpersoneel, moet leerders te alle tye die nodige hoflikheid en respek betoon en hulle weerhou van optrede wat op oneerbiedigheid of opstandigheid neerkom.

6. Geen leerder mag afbrekend of vernederend teenoor enige personeellid optree nie. 7. Geen leerder mag die onderrigproses ontwrig deur ander leerders te verhinder om

deel te neem aan die onderrigproses nie of die leerkragte verhinder om onderrig te gee nie.

8. Terwyl ‘n leerder onder die skool se toesig is, mag hy/sy nie ‘n mede leerder se liggaamlike welsyn benadeel of in gevaar stel nie en mag nie wapens, speelgoed of stowwe wat liggaamlike beserings kan veroorsaak, in sy/haar besit hê nie, bv klipgooi, gevaarlike speletjies, baklei ens. asook aanranding, besit/dra van gevaarlike wapens.

9. Leerders moet sover moontlik selfbeheersing aan die dag lê en wedersydse respek en verdraagsaamheid betoon. In die besonder moet leerders hulle weerhou van enige gedrag wat daarop gemik is om die fisiese, geestelike en morele welstand van enige ander leerder te skend, of wat daartoe kan aanleiding gee. Bv baklei, intimidasie, diefstal of rassistiese opmerkings.

10. Enige seksuele of onbehoorlike fisiese kontak tussen leerders op die skoolterrein of enige ander plek waar hulle as leerders van die skool uitgeken kan word, is streng verbode bv. seksuele teistering en ontbloting/betasting.

11. ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline van die leerder volgens die gedragskode, gedurende die leerder se skoolbywoning en gedurende enige skoolaktiwiteit.

12. Dit is noodsaaklik dat leerders betyds vir skool en buitemuurse aktiwiteite opdaag. Mag nie laat kom nie en/of stokkiesdraai nie.

13. Geen leerder van die skool mag minagtend teenoor die Republiek, se nasionale simbole of dié van enige ander land of van die skool optree nie.

14. Leerders mag onder geen omstandighede die skoolterrein gedurende skoolure verlaat sonder toestemming van die Prinsipaal nie.

15. Leerders mag nie in die klaskamer, saal of biblioteek eet of drink nie. Die kou van kougom gedurende skoolaktiwiteite en in skool voertuie is verbode. Leerlinge mag gedurende periodes water drink.

16. Geen selfone word op die skoolterrein toegelaat tydens amptelike skoolure of na skoolure sowel as enige uitstappies / toere / sportbyeenkomste of enige ander skoolaktiwiteite nie, tensy personeel ander reëling tref. Selfone moet in die oggend by die kantoor ingehandig word en weer na skool gekry word. Onwettige selfone sal in die kluis bewaar word tot aan die einde van die kwartaal en sal teruggegee word nadat ‘n boete van R100 betaal is.

17. Skoolboeke moet in stewige boeksakke gedra word. Vissakke of seilsakke is nie aanvaarbaar nie, omdat boeke daarin verniel.

Page 7: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

18. Leerders is verantwoordelik vir die handboeke wat aan hulle uitgereik word. Indien ‘n handboek verlore raak, moet daar vir die boek betaal word teen ‘n prys wat deur die prinsipaal bepaal word. Alle handboeke moet teruggehandig word anders sal die leerling nie ‘n rapport ontvang nie.

19. Die rook, besit en/of gebruik van tabakmiddels, asook gebruik/besit van ‘n pyp en/of borrelpyp, drank, ander alkoholiese middels of dwelmmiddels gedurende enige skoolaktiwiteit of wanneer leerders in skooldrag geklee is, is verbode.

20. Leerders moet te alle tye gedissiplineerd en georden in rye staan en beweeg. 21. In geval van ʼn redelike vermoede dat leerders hulself aan ʼn oortreding van hierdie

gedragskode of die landswette skuldig gemaak het, het die skoolhoof of ʼn opvoeder die reg om sodanige leerders en/of die eiendom in hul besit vir enige gevaarlike wapens, gewere, dwelms of ander skadelike en gevaarlike middels, gesteelde goedere of pornografiese materiaal te deursoek wat die leerders moontlik op die skoolterrein kon bring. Sodanige leerders se menswaardigheid sal deurentyd gerespekteer word, en dus sal die deursoeking privaat, deur persone van dieselfde geslag, en in die teenwoordigheid van nóg ʼn persoon geskied. Die deursoekingsproses en -uitkoms moet opgeteken word.

22. Enige optrede wat die administrasie, dissipline of doeltreffendheid van die skool onbillik benadeel, sal as ʼn oortreding van hierdie gedragskode beskou word.

23. Skuldigbevinding deur ʼn hof aan ʼn strafregtelike oortreding sal as ʼn oortreding van hierdie gedragskode beskou word.

2. ALGEMENE REËLS

DOKTERSAFSPRAKE Leerders moet die volle duur van die skooldag in die skool wees en afsprake by die dokter of tandarts moet indien moontlik buite skoolure gereël word. Sou die leerder tydens die skooldag die dokter besoek moet hy / sy uitgeteken word en self die werk inhaal. Doktersbrief moet ingehandig word.

GEBREKE Indien leerders enige fisiese gebreke het, moet die prinsipaal en klasopvoeder ingelig word.

SPEEL Geen leerder mag vóór die skoolgebou speel nie.

FIETSE Alle fietse moet in die fietsrakke geplaas word en op geen ander plek nie. Fietse mag slegs gestoot word op die skoolterrein.

FIETSRY OP DIE SKOOLTERREIN Geen leerder mag met ‘n fiets op die skoolterrein rondry nie. Leerder klim by die hek af en stoot die fietse tot by die fietsrakke. Smiddae stoot leerders hul fietse tot by die hek en ry dan verder.

STOEPE / GANGE / KLASKAMERS Geen leerders word voor skool in die skoolgebou toegelaat nie of tydens pouses op die stoepe / gange of klaskamers toegelaat nie, behalwe as personeellede anders gereël het.

AKTIWITEITE BUITE DE AAR Wanneer leerders as ‘n groep aan ‘n skoolaktiwiteit buite De Aar deelneem, mag geen leerder daardie terrein verlaat of met ander vervoer terugreis nie, tensy die betrokke leerder se ouers persoonlik sodanige reëling met die betrokke personeellid getref het. Die voorgeskrewe sportdrag sal gedra word tensy anders gereël.

TOILETTE Leerders mag nie sonder toestemming gedurende klastyd die toilette besoek nie. Indien leerders blaasprobleme het, moet die betrokke opvoeder deur die ouers ingelig word.

Page 8: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

AFWESIGHEID VAN SKOOL - Leerders mag slegs in uitsonderlike gevalle afwesig wees van die skool. - Ouers moet vir kontroledoeleindes die skool inlig indien ‘n leerder van die

skool afwesig is. - Afwesigheid van die skool sonder ʼn aanvaarbare verskoning word as

stokkiesdraaiery beskou, wat streng verbode is. - Leerders wat vir een tot drie agtereenvolgende dae van die skool afwesig is,

moet met hul terugkeer ʼn skriftelike verduideliking van hul ouers voorlê. Indien ‘n leerling meer as drie agtereenvolgende dae afwesig is moet daar ‘n brief van ‘n mediese dokter indien word, buiten in die geval van dood of trauma in die leerder se gesin of om ʼn ander rede wat deur die skoolhoof goedgekeur word.

- Alle leerders wat aan aansteeklike of besmetlike siektes ly, moet toestemming verkry van die prinsipaal/dokter alvorens die skool weer bygewoon word.

- Geen leerder mag sonder ‘n geldige verskoning wegbly van enige skoolbedrywigheid waaraan hy/sy vrywillig besluit het om deel te neem nie.

- Indien leerling afwesig is van skool is dit sy verantwoordelikheid om werk in te haal.

AFWESIGHEID BY SKOOL : DEURLOPENDE ASSESSERING (BEPUNTING) EN EKSAMEN

- Ons ervaar werklik ‘n baie ernstige probleem by die skool met afwesigheid van leerders wanneer DAS (Deurlopende Assessering) punte afgeneem word.

- Deurlopende assessering vorm ‘n baie belangrike deel van leerders se punte en daar is baie duidelike voorskrifte vanaf die Departement van Onderwys in die verband.

- Ons wil graag ouers tegemoet kom, maar die aangeleentheid het nou so ontaard dat ons sekere riglyne moet neerlê, naamlik:

Wanneer ‘n leerder siek is, moet ‘n mediese sertifikaat getoon word. Dan word daar by die leerder se punt ‘n A geskryf wat beteken dat daar rede vir die afwesigheid is. Punte word aangepas. Indien nie, word ‘n nul (0) ingevul en die leerder verbeur die punte.

Indien ‘n leerder weens sportverpligtinge of kultuurverpligtinge afwesig is, moet daar deur die ouer ‘n skrywe van die moederliggaam ingedien word of bewys van deelname getoon word. Daar word ook ‘n A ingevul en punte word verwerk. Indien daar geen bewyse is nie, word ‘n nul (0) ingevul.

Skriftelike opdragte / take / projekte / stelwerk / lees / mondeling, ensovoorts moet op die vasgestelde dag ingelewer of gedoen word of punte word verbeur. Leerders sal genoeg tyd kry om die werk voor te berei of te voltooi. Dit is baie belangrik dat ons kinders verantwoordelikheid sal leer veral ook ten opsigte van hul skoolwerk.

ONAANGEKONDIGE DEURSOEKING – LUKRAKE EN KONFISKERING VIR ALKOHOL EN DWELMS Toetsing by die skool

Geen leerder mag ‘n gevaarlike voorwerp of onwettige dwelmmiddel op die skoolterrein of gedurende ‘n skoolaktiwiteit in sy/haar besit hê nie.

Ouers moet asseblief toesien dat leerlinge nie ‘n skerppunt skêr in hul besit mag hê nie. Slegs stomppunt skêre of papierskêre is toelaatbaar.

Deursoeking deur die SAPD kan enige tyd plaasvind.

Page 9: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

Die skoolhoof of sy afgevaardigde mag gedurende ‘n deursoeking, enige leerder se liggaam of besitting/-s deursoek vir enige gevaarlike voorwerp of onwettige dwelmmiddel.

Urientoetse en dwelmtoetse mag ingevolge die Skolewet uitgevoer word.

3. KLASREËLS

a. Die klasopvoeder moet, ná oorleg met die klasleerder, klasreëls opstel aan die begin

van elke skooljaar. b. Die klasreëls moet skriftelik opgestel word en –

* onmiddellik by die skoolhoof en die skoolbeheerliggaam ingedien word; * in duidelik leesbare skrif op ʼn prominente plek in die klaskamer aangebring word; en

* aan alle leerders en hul ouers beskikbaar gestel word. c. Leerders moet stiptelik en volledig voldoen aan die klasreëls sowel as enige mondelinge

opdragte wat die klasopvoeder of enige personeellid gee, en wat redelikerwys noodsaaklik is om hierdie gedragskode uit te voer en/of om die skool behoorlik en professioneel te bestuur.

d. Enige oortreding van die klasreëls sal as ʼn oortreding van hierdie gedragskode en skoolreëls beskou word

4. REëLS MET BETREKKING TOT SKOOLDRAG EN ALGEMENE VOORKOMS SKOOLDRAG (Onderstaande drag is die voorgeskrewe skooldrag) 4.1 Alle kledingstukke moet duidelik gemerk wees sodat verlore artikels maklik uitgeken

kan word. 4.2 Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure én ander skoolaktiwiteite soos

wat die beheerliggaam bepaal, gedra word. 4.3 Skooldrag moet altyd skoon en netjies wees. Wat onderhemde betref, mag seuns

slegs ʼn effekleurige, wit onderhemp dra wat onder geen omstandighede sigbaar mag wees nie.

4.4 Kleredragreëls:

SOMERSDRAG: SEUNS Wit hemp met geruite kraag. Grys kortbroek / langbroek Swart lyfband met klein gespe is aanvaarbaar. Lang grys skoolkouse swart toerygskoene (geen speksoolskoene)

SOMERSDRAG: DOGTERS

Kortmou, wit hemp met geruite kraag. Skooljurk – lengte 4 vingers bo die knie Kort, wit sokkies. Swart skoolskoene (toeryg of bandjie oor voet, maar nie sandale nie.) Blou, rooi of wit haarrekkies, linte of strikke. Kort donkerblou “ski pants” is toelaatbaar onder skooljurk.

WINTERSDRAG: SEUNS Voorgeskrewe donkerblou wintersbaadjie. Wit lang /kortmou hemp met geruite kraag. Grys langbroek (kortbroek is ook toelaatbaar). Swart lyfband met klein gespe is verpligtend. Donkerblou skooltruie (V-hals) Lang grys kouse. Swart toerygskoene (sien somer) Donkerblou / wit serp

Page 10: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

WINTERSDRAG: DOGTERS Voorgeskrewe donkerblou winterbaadjie. Lang / kortmou, wit hemp met geruite kraag Voorgeskrewe donkerblou skool langbroek Skooljurk met dik swart broekiekouse – lengte 4 vingers bo die knie Swart skoene (sien somersdrag) Donkerblou skooltrui. Donkerblou / wit serp. Kort, wit sokkies. Kort donkerblou “ski pants” is toelaatbaar onder skooljurk.

Geen musse of hoofbedekkings buiten dié wat in die kleredragreëls voorgeskryf word, mag gedra word nie.

Die beheerliggaam kan na goeddunke toestemming verleen dat leerders by sekere geleenthede burger-/gewone drag dra. Sodanige drag moet netjies en welvoeglik wees.

SPORTDRAG TENNIS Seuns: Skool sporthemp, donkerblou broek (algemene sportdrag), kort, wit

sokkies, tennisskoene en “rooi pette”.

Dogters: Donkerblou skorts / broek (algemene sportdrag), gholfhempies (algemene sportdrag), kort,wit sokkies, tennisskoene en “rooi pette”. Indien bykomende drag nodig is, sal die ouers dit op eie koste aankoop.

NETBAL Donkerblou skorts (soos by tennis), sporthempies, kort, wit sokkies, tennisskoene en “rooi pette”. Haarrekkies – donkerblou, wit of rooi of soos deur skool voorsien.

RUGBY Donkerblou / wit rugbybroeke en “rooi pette’. Rugbytruie word vanaf 2019 deur leerlinge aangekoop.

ATLETIEK Seuns: Donkerblou broeke, rooi sporthempies en rooi pette. Atletiekfrokkie is

opsioneel.

Dogters: Donkerblou skorts / broekies, sporthempies en rooi pette. Atletiekfrokkie is opsioneel.

KRIEKET Donkerblou broeke (algemene sportdrag), rooi gholfhempies, wit langkouse, hardloopskoene en rooi pette.

HOKKIE Donkerblou skorts (soos by tennis), sporthempies, voorgeskrewe hokkiekous, tekkies / hokkieskoene en rooi pette. Haarrekkies – donkerblou, wit of rooi of soos deur skool voorsien.

SWEM Voorgeskrewe swemdrag moet met alle oefeninge en gala’s gedra word.

SOKKER Sporthemp, blou broek, blou kouse en rooi pette. SKAAK Skooldrag

Page 11: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

5. VOORKOMS

5.1 Hare

Dogters • Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. Geen ligstrepe word toegelaat

nie. • Hare wat oor die kraag hang, moet vasgemaak word. • Slegs haarbykomstighede (linte, kammetjies en bolletjies) wat by die skool se

kleure pas, mag gedra word. Maksimum 2 linte, bolletjies. Geen ingevlegte krale word toegelaat.

• Hare moet stewig vasgemaak wees, geen “gel” of enige haarstileermiddels word toegelaat nie.

• Indien verlengstukke gebruik word moet dit dieselfde kleur as eie hare wees en ook vasgebind word sodra dit langer as die kraag is.

• Te lang kuiwe, onvanpaste en uitspattige haarstyle is ontoelaatbaar.

Seuns • Hare moet kort en netjies geknip wees. • Die gedeelte om die ore moet skoongeknip wees. Hare mag nie aan die ore

raak wanneer die hare regaf gekam word nie. • Wanneer die hare afgekam word, mag dit nie die wenkbroue raak nie. • Hare moet agter reëlmatig opgesny word. • Hare mag nie uitermate van die kop wegstaan nie. Geen vreemde haarstyle

word toegelaat nie. • Haarstyle wat onder uitgeskeer of -geknip word, oftewel “undercuts”, is

verbode. Leerlinge met etniese hare se hare moet oor die hele kop ewe lank wees.

• Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. • Geen gekleurde of ligstrepe is toelaatbaar nie. • Geen musse mag gedra word nie. • Geen “gel” word in hare toegelaat nie.

5.2 Juwele

• Geen juwele, soos ringe, armbande (rekkies óf leer),borsspelde of kettings, word toegelaat nie. Seuns mag geen juwele dra.

• Slegs polshorlosies word toegelaat, vir seuns en dogters. Geen horlosies met SIM kaarte word toegelaat nie.

• Die dra van liggaamsjuwele, soos neus-, tong- en wenkbroujuwele, is verbode. Wat oorringe vir dogters betref, mag slegs een goue of silwer knoppie of standaard- goue of silwer ringetjie per oor gedra word, en wel in die onderste gaatjie indien daar meer as een is. Die oorringe mag nie breër as 2mm en nie groter as 10mm in diameter. Die knoppies se deursnee mag nie meer as 4mm wees nie en moet ook sonder enige versierings wees.

• Geen steentjies van enige aard word toegelaat nie. • Standaard mediese plaatjies soos deur die prinsipaal goedgekeur. • Slegs leierbalkies wat deur skool voorsien word is aanvaarvaar.

5.3 Naels • Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie. • Geen naellak mag gedra word nie.

5.4 Grimering • Geen grimering word toegelaat nie • “Lip-ice” moet kleurloos en glansloos wees.

5.5 Tatoeëermerke en goud oorlegsels

Geen tatoeërmerke en goud oorlegsels word toegelaat nie. Slegs leerlinge wat in 2014 op die register aangebring is se tatoeëermerke en goud oorlegsels sal aanvaar word.

Page 12: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

6. SPORT- EN BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Deelnemers aan sport- en buitemuurse aktiwiteite:

6.1 Leerders wat gekies word om die skool as deelnemers in enige sport- of ander

buitemuurse aktiwiteite te verteenwoordig, moet gedurende en ná deelname aan sodanige aktiwiteit in die sportdrag, skooldrag of ander voorgeskrewe drag geklee wees soos wat die opvoeder wat vir daardie aktiwiteit verantwoordelik is, bepaal.

6.2 Alle leerders wat aan voormelde aktiwiteite deelneem, sal lojaal wees teenoor die skool en mededeelnemers. In die besonder moet deelnemers betyds en stiptelik by die plek aanmeld waar die aktiwiteit plaasvind of van waar deelnemers na die betrokke plek van deelname vertrek. Leerders wat gekies is om die skool in ʼn aktiwiteit te verteenwoordig kan slegs van bywoning verskoon word indien ʼn skriftelike verskoning vooraf aan die sport- of kultuurhoof oorhandig word. Onvermydelike afwesigheid van ʼn aktiwiteit sal slegs verskoon word indien die sport- of kultuurhoof nie later nie as drie dae na afloop van die betrokke aktiwiteit ʼn skriftelike verskoning ontvang.

6.3 Leerders wat die skool by sportaktiwiteite verteenwoordig, sal te alle tye hoflik optree teenoor, en aan die beslissings, voorskrifte en opdragte voldoen van: - die sporthoof en die opvoeder wat by die bepaalde sport betrokke is;

- die skeidsregter of beoordelaar ten aansien van die betrokke aktiwiteit; en - die spankaptein.

6.4 Alhoewel daar aanvaar word dat leerders wat aan sportaktiwiteite deelneem dit met oorgawe en volle inspanning doen, moet sodanige leerders steeds selfbeheersing en dissipline aan die dag lê. In die besonder moet leerders hulle van enige onsportiewe gedrag, vuil of beledigende taal, betrokkenheid in gevegte of voorvalle, of enige vuil of onbehoorlike spel weerhou.

6.5 Wanneer leerders as ‘n groep aan ‘n aktiwiteit buite De Aar deelneem, mag geen leerder daardie terrein verlaat of met ander vervoer terugreis nie, tensy die betrokke leerder se ouers persoonlik sodanige reëlings met die betrokke personeellid getref het.

6.6 SKOOLGELDE TEN OPSIGTE VAN BUITELUGOPVOEDINGS / SPORTBYEENKOMSTE EN PRYSUITDELING Leerlinge se skoolgelde moet ten volle vereffen wees alvorens hul aan buitelugopvoedings / sportbyeenkomste of prysuitdeling mag deelneem.

7. TOESKOUERS EN ONDERSTEUNERS BY SPORT-EN ANDER BUITEMUURSE

SPORTBYEENKOMSTE

7.1 Alle leerders wat enige skoolaktiwiteit as toeskouers of ondersteuners bywoon, sal,

benewens die nakoming van die bepalings van hierdie gedragskode, hulle van

ontwrigtende, onbehoorlike, opstandige, onnodig opruiende of onbetaamlike gedrag

weerhou. In die besonder mag leerders nie negatief op die beslissings van beoordelaars

of skeidsregters reageer nie.

7.2 Leerders wat enige skoolaktiwiteit as toeskouers of ondersteuners bywoon, sal hulle

onderwerp aan en neerlê by enige opdragte en aanwysings wat hulle voor, gedurende

én na afloop van die betrokke aktiwiteit ontvang van die skoolhoof, enige opvoeder, lid

van die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL), ander skoolleiers, of ouers wat

die skoolhoof aangestel het om met die vervoer, toesig of beheer van leerders te help

wat na of van die betrokke aktiwiteit vervoer word, of dit bywoon.

7.3 Bostaande reëls geld ook enige deelname aan enige ander buitemuurse aktiwiteite buite sport, behalwe waar dit ooglopend nie van toepassing is nie.

Page 13: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

8. SKOOLEIENDOM

8.1 ‘Skooleiendom’ sluit die volgende in: - Die grond en geboue wat deur die skool beset word sowel as enige

permanente aanhegting aan sodanige grond en geboue - Alle ander eiendom, wat toerusting, boeke, voorraad, motorvoertuie en dies

meer insluit, wat die skool besit, huur of berg, of vir die beskadiging of verlies waarvan die skool wetlik aanspreeklik gehou kan word.

8.2 Aangesien die skool ontwikkel en opgerig is vir gebruik deur alle leerders wat daar skoolgaan, is alle leerders verplig om alles in hul vermoë te doen om die skool se eiendom te bewaar, sodat dit tot voordeel van alle huidige en toekomstige leerders van die skool gebruik kan word.

8.3 Geen leerder mag enige skooleiendom van die skoolperseel verwyder sonder die vooraf toestemming van die skoolhoof of ʼn opvoeder van die skool nie.

8.4 Leerders mag nie enige eiendom van die personeel van die skool, medeleerders, besoekers aan die skool, of lede van die publiek hanteer, beskadig, merk, skend of vernietig nie. Hierdie reël geld eiendom op die skoolterrein, in die onmiddellike omgewing van die skool, by of naby die plek van enige skoolaktiwiteit, sowel as enige voertuig waarmee leerders vervoer word en die eiendom daarop.

8.5 Leerders mag geen fasiliteite en toerusting van die skool, insluitend dié vir buitemuurs, sonder toestemming van die prinsipaal, of iemand wat namens hom optree, gebruik nie en mag nie buite skoolure sonder verlof die skool se terrein betree nie.

9. DIE VERTEENWOORDIGDE RAAD VAN LEERDERS

9.1 Die VRL en skoolleiers is saam met die personeel van die skool verantwoordelik vir algemene skooldissipline

9.2 VRL-lede en ander skoolleiers moet leerders wat oortree na die personeel van die skool bring, waarna lynfunksies gevolg sal word.

9.3 Alle leerders moet enige redelike voorskrif van ʼn lid van die VRL of ʼn ander skoolleier gehoorsaam en moet die VRL en ander skoolleiers ondersteun en samewerking verleen in die behoorlike uitvoering van hul pligte.

9.4 Die totaal van die verskillende groepe mag verskil.

MONITORS / PREFEKTE – (16 IN TOTAAL)

Pligte:

Beman die dienspunte by die aantreeplekke buite die skoolgebou, asook sekere plekke in die gange.

Gangdiens gedurende pouses.

Gangdiens voor skool.

Hys en stryk van vlae.

Toesig tydens saalbyeenkomste.

Toesig / beheer met die instap van leerders tydens saalbyeenkomste.

Hanteer vlagseremonie tydens saalbyeenkoms.

Ontvang gaste by skool soos nodig.

Tree op as ambassadeurs van ons skool.

Neem die saalperiode waar op Vrydae.

Terreindiens

Sien om na die algemene toepassing van skoolreëls.

Help met die fondsinsamelingsprojekte bv. Valentynsdag, Loslitdag ens.

Sluit ingangshekke na pouses.

Doen saaldiens pouses.

Doen toiletdiens pouses SKOLIERPATROLLIE – (10 IN TOTAAL) Verantwoordelik vir die veilige oorgang van leerders elke dag na skool by die aangewese

voetoorgang.

Page 14: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

REKENAARPREFEKTE – (6 IN TOTAAL)

Sluit rekenaarsentrum oop en toe.

Skakel al die rekenaars aan.

Gradeer “anti spyware”op en hardloop deur rekenaars.

Hanteer die klanktoerusting tydens saalperiodes en sportbyeenkomste.

In geval van die oortreding van die Gedragskode deur lede van die VRL en ander

skoolleiers:

Wanneer ‘n lid van die VRL skuldig is aan ‘n oortreding in kategorie A: ontheffing van

pligte vir ‘n tydperk van 2 weke.

Wanneer ‘n lid van die VRL skuldig is aan ‘n oortreding in kategorie B: ontheffing van

pligte vir ‘n tydperk van 6 weke.

Wanneer ‘n lid van die VRL skuldig is aan ‘n oortreding in kategorie C permanente

verwydering van die VRL.

10. SKOOLKENNISGEWINGS

Alle leerders is verplig om alle kennisgewings wat die beheerliggaam, skoolhoof of ʼn opvoeder van die skool vir dié doel aan leerders uitreik, aan hul ouers te oorhandig, en om enige ontvangserkenning wat die ouers moet voltooi, stiptelik aan die klasopvoeder te voorsien.

11. SKOOLWERK EN HUISWERK

11.1 Daar sal te alle tye ʼn ordelike atmosfeer in die klaskamer heers. Leerders mag nie onderrig versteur of verhinder nie.

11.2 Leerders moet klasopdragte stiptelik nakom. 11.3 Alle leerders sal ʼn huiswerkboek ingevolge die skoolhoof of klasopvoeder se

voorskrifte hou en bywerk. 11.4 Leerders moet die voorgeskrewe huiswerk doen en dit stiptelik teen die bepaalde

spertyd by die betrokke opvoeder indien. Versuim om aan hierdie reël te voldoen kan slegs verskoon word indien die leerder op die dag waarop die huiswerk voltooi moes wees, ʼn skriftelike nota van sy/haar ouers met ʼn aanvaarbare verduideliking vir die versuim aan die opvoeder oorhandig.

11.5 Alle leerders moet hul voorgeskrewe skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding doen om sodoende ʼn deurlopende werksetiek te ontwikkel. Versuim om aan hierdie reël te voldoen, sonder ʼn aanvaarbare verskoning, sal as ʼn oortreding van hierdie reël beskou word.

11.6 Leerders is verplig om enige werk wat hulle misgeloop het, so spoedig moontlik in te haal.

11.7 Leerders beweeg vinnig in enkelgelid van die een klas na die volgende (indien die skoolrooster klaswisseling vereis. Onderwysers wissel klasse soos rooster vereis). Gesels in groepe of kleedkamerbesoeke gedurende klasruilings is nie toelaatbaar nie.

12. TOETSE EN EKSAMENS

Leerders moet hulle met die afneem van toetse of eksamens van enige vorm van oneerlikheid weerhou.

13. STIPTELIKHEID

13.1 Leerders sal op die bestemde tyd aan die begin van die skooldag en met die aanvang van enige ander skoolaktiwiteit opdaag. Wanneer leerders laat kom, moet hulle ʼn skriftelike verskoning van hul ouers verskaf. Leerders wat laat opdaag, moet eers by die kantoor aanmeld voordat hulle na hul betrokke klas gaan.

13.2 Die skool open en sluit op datums wat deur die Onderwysdepartement vasgestel word. Die prinsipaal beskik nie oor die bevoegdheid om die leerders verlof te gee om van hierdie datums af te wyk nie. Ouers se samewerking hierin word hoog op prys gestel.

Page 15: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

13.3 SKOOLTYE

SOMERTYE / SUMMER TIME (17 JAN TOT 28 MAART) (9 OKT TOT EINDE VAN JAAR)

MAANDAG MONDAY

DINSDAE TOT DONDERDAE TUESDAY TILL THURSDAY

VRYDAG FRIDAY

1 SAAL 07:15 – 07:43 1 Admin 06:55 - 07:10 1 06:55 – 07:24

2 07:43 – 08:10 2 07:10 – 07:40 2 07:24 – 07:53

3 08:10 – 08:37 3 07:40 – 08:10 3 07:53 – 08:22

4 08:37 – 09:04 4 08:10 – 08:40 4 08:22 – 08:51

5 09:04 – 09:31 5 08:40 – 09:10 Pouse Break

08:51 – 09:10

Pouse Break

09:31 – 09:51 Pouse Break

09:10 – 09:30 5 09:10 – 09:39

6 09:51 – 10:18 6 09:30 – 10:00 6 09:39 – 10:08

7 10:18 – 10:45 7 10:00 – 10:30 7 10:08 – 10:37

8 10:45 – 11:12 8 10:30 – 11:00 8 10:37 – 11:06

9 11:12 – 11:39 9 11:00 – 11:30 Pouse Break

11:06 – 11:20

Pouse Break

11:39 – 11:54 Pouse Break

11:30 – 11:45 9 11:20 – 11:49

10 11:54 – 12:21 10 11:45 – 12:15 10 11:49 – 12:18

11 12:21 – 12:48 11 12:15 – 12:45: 11 12:18 – 12:47

12 12:48 – 13:15 12 12:45 – 13:15 12 INTER- VENSIE

13:47 – 13:15

WINTERTYE / WINTER TIME (10 APRIL TOT 28 SEPTEMER)

MAANDAE MONDAY

DINSDAE TOT DONDERDAE TUESDAY TILL THURSDAY

VRYDAG FRIDAY

1 SAAL

07:25 – 07:55 1 Admin 07:25 - 07:45 1 07:25 – 07:55

2 07:55 – 08:22 2 07:45 – 08:13 2 07:55 – 08:22

3 08:22 – 08:49 3 08:13 – 08:41 3 08:22 – 08:49

4 08:49 – 09:16 4 08:41 – 09:09 4 08:49 – 09:16

5 09:16 – 09:43 5 09:09 – 09:37 Pouse Break

09:16 – 09:36

Pouse Break

09:43 – 10:03 Pouse Break

09:37 – 09:57 5 09:36 – 10:03

6 10:03 – 10:30 6 09:57 – 10:25 6 10:03 – 10:30

7 10:30 – 10:57 7 10:25 – 10:53 7 10:30 – 10:57

8 10:57 – 11:24 8 10:53 – 11:21 8 10:57 – 11:24

9 11:24 – 11:51 9 11:21 – 11:49 Pouse Break

11:24 – 11:39

Pouse Break

11:51 – 12:06 Pouse Break

11:49 – 12:04 9 11:39 – 12:06

10 12:06 – 12:33 10 12:04 – 12:32 10 12:06 – 12:33

11 12:33 – 13:00 11 12:32 – 13:00 11 12:33 – 13:00

12 13:00 – 13:30 12 13:00 – 13:30 12 INTER- VENSIE

13:00 – 13:30

Page 16: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

14. OMGEWING

14.1 Leerders het die reg op ʼn veilige omgewing en skool wat bevorderlik is vir opvoeding. 14.2 Leerders mag nie die skoolgronde of -geboue bemors nie. Geen rommel mag op die

terrein of in die gebou gestrooi word nie, maar moet in die beskikbare vullishouers geplaas word.

14.3 Leerders mag onder geen omstandighede gesels met persone of enige iets ontvang of gee oor / deur die skoolheining nie. As ‘n persoon vir ‘n leerder iets wil gee, moet dit by die kantoor afgegee word

14.4 Leerders wat toeskouers of ondersteuners by enige skoolaktiwiteit is, moet die terrein wat hulle beset netjies en skoon agterlaat, en moet seker maak dat alle rommel opgeruim en in vullishouers geplaas word.

14.5 Leerders moet toilette skoon agterlaat. Leerders mag ook nie sonder toestemming gedurende klastyd die toilette besoek nie. Indien leerders blaasprobleme het, moet die betrokke opvoeder deur die ouer ingelig word.

14.6 Enige optrede of versuim deur leerders wat ʼn gesondheidsgevaar vir ander leerders veroorsaak of moontlik kan veroorsaak, moet vermy word.

14.7 Geen slagspreuke (graffiti), plakkers, plakkate en dergelike dinge mag sonder die toestemming van die skoolhoof op enige oppervlak by die skool aangebring word nie.

14.8 Leerders moet gehoor gee aan die redelike opdragte van die skoolhoof, enige opvoeder, lid van die VRL of ʼn ander skoolleier met betrekking tot die handhawing van ʼn skoon en higiëniese skoolomgewing.

15. DISSIPLINE STELSEL

Daar word verwag dat die leerders te alle tye die skoolreëls gehoorsaam tydens skooltyd, alle skoolaktiwiteite, insluitende sport en kultuuraktiwiteite, asook wanneer in skooldrag. Met oortreding van die gedragskode sal die strafpuntstelsel toegepas word.

Page 17: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

LAERSKOOL DE AAR - STRAFPUNTESTELSEL

KATEGORIE A

1. Gebruik van gel of ander verbode haarmiddels/verkeerde snit/kleur van hare (Onmiddellike inskrywing op strafleêr – kry 2 dae geleentheid om hare reg te maak).

2. Dissiplinêre probleme in rye

3. Oortreding van terreinreëls, bv. Fietse op terrein, ingang by hoofhek, skolierpatrollie

4. Gedurende pouses op stoepe/in klaskamers sonder toestemming

5. Gesels/gee/ontvang enigiets oor/deur skoolheining

6. Huiswerk en / of klaswerk nie gedoen nie gedoen of nie voltooi nie.

7. Vergeet van boek/e- skryfbenodighede en items nodig vir take tuis.

8. Ontwrigtende / onaanvaarbare optrede

9. Gee nie aandag in klas en hou ander leerlinge uit die werk

10. Huiswerk afskryf

11. Disrespekvolle en / of aanhoudende pratery.

12. Spoeg / kougom kou in klaskamers

13. Strooi van Rommel

14. Versuim om skoolreëls na te kom soos in gedragskode uiteengesit, of enige van skool se beleide.

15. Wangebruik / misbruik van skooleiendom

16. Gebruik van beledigende en onaanvaarbare taal

DISSIPLINêRE OPTREDE:

1. 4 x Mondelingse waarskuwings (aangeteken deur opvoeders). 2. 1ste Skriftelike waarskuwing en skorsing vir 2 weke van alle aktiwiteite wat nie met opvoeding

verband hou nie, bv. Sport/kultuur/ander skoolaktiwiteite bv. Speletjiesdae / of detensie vir 2 agtereenvolgende Vrydae.

3. Samesprekings tussen ouers en prinsipaal. Finale skriftelike waarskuwing en skorsing vir 4 weke van aktiwiteite anders detensie vir 4 agtereenvolgende Vrydae, uitgesluit tydperke waar daar geen skoolaktiwiteite is nie, plus verwysing na die Maatskaplike Dienste van die Departement van Onderwys.

4. Dissiplinêre verhoor na nog 4 waarskuwings na punt 3 hierbo. 5. Leerders mag geen Opvoedkundige uitstappie bywoon indien uitstappie in skorsingstydperk

val. 6. Leerders in Gr. 6 kom nie in aanmerking vir verkiesing tot die leiersgroep of deelname aan die

stemming daarvoor nie. 7. Na goeie gedrag vir 6 maande verval die waarskuwings / of aan die einde van elke jaar.

Page 18: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

KATEGORIE B ERNSTIGE OORTREDINGS

1. Selfoon by skool

2. Beskadiging van skooleiendom

3. Oneerlikheid in toetse / eksamens / take / opdragte

4. Sonder toestemming skooleiendom verlaat

5. Stokkiesdraai

6. Disrespek teenoor onderwysers / personeellid / godsdiens / nasionale simbole.

7. Rook sigarette, pyp / Hubbly bubbly

8. Boeliery

9. Diefstal

10. Oortredings van gemene reg of staatsreg

DISSIPLINêRE OPTREDE:

1. Geen mondelingse waarskuwing. 2. Samesprekings tussen ouers en prinsipaal. Finale skriftelike waarskuwing en skorsing vir

die kwartaal van alle aktiwiteite wat nie met opvoeding verband hou nie of detensie elke Vrydag vir die kwartaal.

3. Leerders mag geen Opvoedkundige uitstappie bywoon indien uitstappie in skorsingstydperk val nie.

4. Leerders in Gr. 6 kom nie in aanmerking vir verkiesing tot die leiersgroep of deelname aan die verkiesing daarvoor nie.

5. Dissiplinêre verhoor na 2 de oortreding. 6. Alle oortredings verval aan die einde van die jaar.

KATEGORIE C OORTREDINGS WAT MAG LEI TOT SKORSING

1. Seksuele teistering

2. Besit of dra van gevaarlike wapens

3. Aanranding

4. Seksuele wangedrag (bv. ontbloting)

5. Pornografie

6. Urinering en/of ontlasting op skoolterrein of tydens skoolaktiwiteite

7. Besit /gebruik / verspreiding van alkoholiese drank

8. Besit / gebruik / verspreiding van dwelms en ander verbode middels

9. Grafitti

10. Haatspraak

11. Seksisme

12. Rassisme

13. Ernstige gemenereg en statutêre oortredings.

DISSIPLINêRE OPTREDE:

1. Onmiddellike dissiplinêre verhoor. 2. Leerders in Gr. 6 kom nie in aanmerking vir verkiesing tot die leiersgroep of deelname aan die

verkiesing daarvoor nie. 3. Leerling mag geen Opvoedkundige uitstappie bywoon. 4. Daar word verwag dat die leerders te alle tye die skoolreëls gehoorsaam tydens skooltyd, alle

skoolaktiwiteite, insluitende sport en kultuuraktiwiteite, asook wanneer in skooldrag. Met oortreding van die gedragskode sal die strafpuntstelsel toegepas word.

5. Aanmelding by die SAPD, indien nodig Die dissiplinêre stelsel geld tydens skooltyd, skoolaktiwiteite, insluitende sport en kultuuraktiwiteite.

Page 19: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

16. SKORSING EN UITSETTING:

Die Voorsittende beampte tydens ‘n dissiplinêre verhoor mag, na ‘n regverdige verhoor, enige leerder skors wat skuldig gevind is aan ‘n oortreding van die bepalings van die gedragskode.

Vir ‘n tydperk van 7 dae of minder.

Wanneer daar besluit is op ‘n leerder se uitsetting, mag sy / haar ouers appél aanteken teen die besluit van die hoof van die Onderwysdepartement by die Lid van die Uitvoerende Raad binne 7 dae na die besluit van sy / haar uitsetting.

In die geval van ‘n dissiplinêre verplasing, moet die Hoof van die Onderwys Departement ‘n skool vind vir die leerder totdat hy / sy nie meer ‘n verpligte skoolouderdom is nie, om te voorkom dat die reg van die leerder tot basiese onderwys nie van hom / haar ontneem word nie.

Al die besluite wat lei tot die skorsing of uitsetting moet toepaslike wette in ag neem bv. ‘n leerder wie se ouers nie in staat is om skoolgelde te betaal soos bepaal deur die beheerliggaam, mag nie geskors of uitgesit word nie.

17. DISSIPLINêRE PROSEDURE (ALKOHOL EN DWELMMIDDELS)

Indien daar redelike gronde is om te vermoed dat ‘n leerder in besit, gebruik of verspreiding van dwelmmiddels is op of naby die skoolperseel of tydens amptelike skoolaktiwiteite, moet daardie leerling by die prinsipaal aangemeld word.

Die prinsipaal moet die leerder inlig oor die bewering en die leerder die geleentheid bied om op die bewering te antwoord en sy / haar kant van die saak te stel.

Afhangende van die omstandighede en die noodsaaklikheid van vinnige optrede, mag die prinsipaal deursoeking van die leerder en / of sy / haar eiendom en die skooleiendom magtig.

Die prinsipaal moet die ouer / voog per telefoon (waar moontlik) inlig, bevestig deur ‘n brief, en ‘n ontmoeting moet met die ouer / voog gereël word om die aangeleentheid te bespreek.

Indien bevind is dat ‘n leerder in besit is van dwelmmiddels, moet ‘n dissiplinêre verhoor gehou word om die saak aan te hoor.

Indien ‘n leerder ingevolge die voorgeskrewe prosedure skuldig bevind word aan die gebruik, besit of verkoop van dwelmmiddels op of naby die skoolperseel of gedurende amptelike skoolaktiwiteite, moet die leerder vir die tydperk van hoogstens een week geskors word of ‘n alternatiewe straf opgelê word.

Indien die leerder geskors word vir die besit, gebruik of verkoop van dwelmmiddels op of naby die skoolperseel moet die prinsipaal die ouers / voogde skriftelik oor die skorsing en die duur daarvan inlig.

‘n Afskrif van die brief moet aan die Hoof van die Provinsiale Departement gestuur word.

Indien dit nodig is om ‘n leerder meer as twee keer gedurende ‘n skooljaar te skors vir die besit, gebruik of verkoop van dwelmmiddels moet die prinsipaal die ouers / voogde inlig dat die saak na die Hoof van die Provinsiale Departement verwys is, wat sal besluit of die leerder uit die skool gesit moet word, al dan nie.

Enige leerder wat skuldig bevind word aan die besit, gebruik of verkoop van dwelmmiddels op of naby die skoolperseel of gedurende amptelike skoolaktiwiteite, sal verplig wees om aan ‘n program vir dwelmberading en rehabilitasie deel te neem.

Gedetailleerde rekords moet gehou word van alle gevalle van dwelmmiddels in die skool, wat die naam van die betrokke leerder, die datum, die aard van die oortreding, die prosedure wat gevolg is en, in die geval van ‘n deursoeking, die wyse waarop die deursoeking uitgevoer is aantoon.

18. REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN BETROKKE PARTYE

Page 20: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

18.1 REGTE VAN LEERDERS

Laerskool De Aar is verbind tot die Grondwet van Suid-Afrika en daarom erken ons die regte van leerders soos volg:

18.1.1 Om ongehinderd te leer en geleer te word in ‘n veilige skoolomgewing. 18.1.2 Om opvoeding te ontvang en, waar prakties moontlik, vakke van hulle eie

keuse te neem binne die gegewe kurrikulum en standaarde soos voorgelê deur die Onderwysdepartement.

18.1.3 Om gereelde terugvoer te ontvang van hulle vordering ten opsigte van die akademiese en ander ontwikkelingsprosesse.

18.1.4 Om toegang te hê tot skoolreëls en tersaaklike dokumente. 18.1.5 Om deel te neem aan patriotiese aktiwiteite, maar om ook die reg te hê om

verskoon te word van sulke aktiwiteite mits dit teen hulle geloof, godsdienstige beginsels of persoonlike oortuiging is.

18.1.6 Om verseker te wees dat hulle griewe en opinies op ‘n vooraf goedgekeurde prosedure gelig en hanteer sal word.

18.1.7 Om ‘n skool by te woon wat vry is van enige diskriminasie, dwelms, wapens, alkoholmisbruik, viktimisasie, intimidasie, seksuele teistering en kriminele gedrag.

18.2 VERANTWOORDELIKHEDE VAN LEERDERS Elke leerder van Laerskool De Aar onderneem om: 18.2.1 Elke dag klas by te woon. 18.2.2 Alle akademiese opdragte betyds te voltooi.

18.2.3 Respek te hê vir die skool se toerusting en sy werkmateriaal op te pas. 18.2.4 Verantwoordelik te wees vir eie werk.

18.2.5 Hom / haarself op ‘n verantwoordelike wyse te gedra sodat die veiligheid van andere nie in gedrang kom nie.

18.2.6 Gehoorsaam te wees aan die skoolreëls, skoolregulasies, skoolprosedures en skoolstandaarde.

18.2.7 Respek te hê vir hulle opvoeders en volwassenes en te erken dat hulle opleiding en ervaring tot voordeel van die leerder kan strek.

18.2.8 Om hulle volle samewerking aan die opvoeders te gee en altyd hoflik teenoor hulle op te tree.

18.2.9 Die waardes van die skool op alle terreine uit te dra.

18.3 REGTE VAN DIE OPVOEDERS Ons by Laerskool De Aar erken die volgende regte van ons opvoeders:

18.3.1 Om die leerders op te lei na die beste van hulle professionele kundigheid. 18.3.2 Om die geleentheid gegee te word om gereeld blootgestel te word aan nuwe

neigings en ontwikkelings in die onderwys. 18.3.3 Om saam met die ouers, ‘n vennootskap te vorm in die leerproses van

leerders. 18.3.4 Om gerespekteer te word deur die leerders en hulle ouers vir die kundigheid

ten opsigte van die opvoeding van die kinders. 18.3.5 Om outoriteit en dissipline tydens die leerproses toe te pas, hetsy tydens

binne- of buitemuurse aktiwiteite. 18.3.6 Om paslike prosedures in plek te stel om oortredings en onaanvaarbare

gedrag deur die leerders te adresseer.

18.4 VERANTWOORDELIKHEDE VAN OPVOEDERS

Page 21: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

Elke opvoeder van Laerskool De Aar verbind hom / haar tot die volgende verantwoordelikhede: 18.4.1 Om gereeld en betyds op te daag vir werk. 18.4.2 Om elke dag voor te berei sodat die program interessant is en pas by die

belangstelling en vermoëns van die leerders. 18.4.3 Om goeie interpersoonlike verhoudings te ontwikkel met die leerders, ouers

en kollegas. 18.4.4 Om op ‘n verantwoordelike en professionele manier op te tree, sodat die

leerders die voorbeeld kan navolg. 18.4.5 Om effektiewe onderwystegnieke toe te pas, wat die leerder sal help om

tekortkominge te bowe te kom. 18.4.6 Om ‘n atmosfeer in die klaskamer te skep van respek, dissipline en goeie

gedrag waarin die leerproses kan plaasvind. 18.4.7 Om hulle te weerhou van afbrekende gedrag of taal teenoor ‘n leerder, kollega

of ‘n ouer. 18.4.8 Om die skoolreëls, regulasies, prosedures en standaarde te gehoorsaam. 18.4.9 Om redelike stappe te neem om die veiligheid van die leerders te verseker.

18.5 REGTE VAN OUERS

Elke ouer van ‘n leerder aan die Laerskool De Aar het die reg om:

18.5.1 Te dien op die beheerliggaam van die skool, indien demokraties verkies. 18.5.2 Toe te sien dat die standaard van die onderwys korrek en in lyn is met die

beginsels soos vervat in die Skoolwet (1996). 18.5.3 Deel te neem in die besluitnemingsprosesse soos van tyd tot tyd deur die

skool verlang. 18.5.4 Gereeld op hoogte gehou te word ten opsigte van die vordering van die

leerders by die skool. 18.5.5 In kennis gestel te word indien die leerder enige probleme in die akademiese

of buitemuurse aktiwiteite of afwykende gedragspatrone openbaar. 18.5.6 ‘n Tweede opinie in te win, indien die probleme soos uiteengesit in 3.5 en wat

onder die ouer se aandag gebring is, nie na wense aangespreek word nie. 18.5.7 Enige probleem met die opvoeder of die prinsipaal te bespreek, op so ‘n

manier dat die opvoeder se integriteit nie afgekraak word nie of regte nie aangetas word nie.

18.6 VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE OUERS

Elke ouer wat ‘n leerder/s aan Laerskool De Aar toevertrou vir hulle opvoeding het die volgende verantwoordelikhede:

18.6.1 Om toe te sien dat hulle kind/ers elke dag skool bywoon en indien hulle

afwesig is, dit onder die aandag van die skool te bring met die verstrekking van volledige redes vir afwesigheid.

18.6.2 Om toe te sien dat die kind gesond en skoon is en dat hy / sy geïmmuniseer is ten opsigte van kindersiektes soos masels, pokke en polio.

18.6.3 Om toe te sien dat die leerder/s die nodige toerusting het om hulle klaswerk en huiswerk te doen.

18.6.4 Om dit onder die aandag van die skool te bring indien die omstandighede van die leerder verander het of indien die leerder enige gedragsprobleme ervaar.

18.6.5 Om die skool te voorsien van die nodige telefoonnommers, adresse, geboortesertifikate en ook gereeld die skoolfonds te betaal.

18.6.6 Om ‘n positiewe verhouding te kweek tussen die leerder, die opvoeder en die skool deur aktief betrokke te raak by die skoolaktiwiteite.

18.6.7 Om toe te sien dat die kind/ers hou by die reëls en regulasies van die skool en ook hulself verbind tot die reëls.

Page 22: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

GEDRAGSKODE VIR OUERS

Die verantwoordelikheid van ‘n kind se opvoeding lê primer by die ouer. Die skool is die verlengstuk hiervan. Om elke kind tot sy volle potensiaal te ontwikkel en die suksesvolle opvoeding te verseker word die volgende van elke ouer verwag:

Onvoorwaardelike lojaliteit aan Laerskool De Aar.

Die volwassenheid om probleme wat mag opduik op ‘n verantwoordelike en vredeliewende wyse via die regte kanale op te los.

Ontevredenheid oor sake intern by die skool op te los en nie moedswillige stories(rumours) ten koste van die skool en vir eie gewin te versprei nie.

Aktief betrokke te raak by elke kind se onderrig.

Elke kind by te staan met die uitvoering van huiswerk en ander skoolopdragte.

Realisties en objektief te wees rakende u kinders se vermoë.

Sport, kultuur en ander skoolbyeenkomste te ondersteun op ‘n positiewe wyse.

Geen negatiewe kommentaar ten opsigte van opponente en skeidsregters by sport of ander byeenkomste te maak nie.

Altyd netjies geklee by skoolbyeenkomste op te daag.

Om respek te betoon aan elke opvoeder en afrigter by die skool.

Om nie enige personeellid voor u kinders te bespreek nie.

Om ten nouste betrokke te wees by fondsinsamelingsprojekte.

Om skoolfonds getrou te betaal.

Om die skool se eiendom te respekteer en op te pas.

Trots vir ons skool by u kinders en gemeenskap te kweek.

Altyd ‘n positiewe beeld van ons skool uit te dra.

Soos dit van elke onderwyser verwag word, verteenwoordig u ook die beeld van die skool na-ure.

KOM ONS WEES AS OUERS TROTS OP ONS SKOOL, PERSONEEL EN LEERDERS EN

KOM ONS WERK SAAM OM ‘N TROTSE SKOOL TE BOU!

18.7 REGTE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Die beheerliggaam is die statutêre liggaam wat demokraties verkies word om die skool te beheer. Die liggaam het ‘n reg op die volgende:

18.7.1 Om opgelei te word sodat hulle werksaamhede korrek en binne hul vermoëns

uitgevoer kan word. 18.7.2 Om die volledige ondersteuning van die prinsipaal en die departementshoof te

ontvang. 18.7.3 Om reëls en regulasies vir die skool daar te stel, soos onder andere:

Die Grondwet van die skool

Die missiestelling van die skool

Die gedragskode van die skool

Die taal en godsdiensbeleid van die skool en dit voor te hou aan alle vennote vir insette en goedkeuring.

18.7.4 Om persone met spesiale kundigheid te koöpteer tot die liggaam. 18.7.5 Om spesiale komitees aan te stel wat na sekere gespesialiseerde funksies sal

omsien, bv. die finansiële komitee, die opleidingskomitee en terreinkomitee. 18.7.6 Om betrokke te wees by die aanstelling van opvoeders by die skool; met dien

verstande dat aanbevelings van die beheerliggaam na die departementshoof gestuur word.

18.8 PLIGTE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Page 23: Gedragskode vir leerders van Laerskool De Aar...WAARDESISTEEM 1. Inleiding Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool De Aar, soos die beheerliggaam dit op 13 JUNIE 2018 goedgekeur

Die beheerliggaam is verantwoordelik vir die bevordering van die belange van die skool, daarom sluit hulle pligte in:

18.8.1 Om geldinsamelingaksies te loods om die gehalte van onderwys by die skool

te verbeter. 18.8.2 Om die finansiële posisie van die skool deeglik te oorweeg en te besluit op

die betaling van skoolgeld, inaggenome die finansiële posisie van die ouers. 18.8.3 Om die grond en die geboue te gebruik in belang van die werk wat by die

skool gedoen moet word. Om toe te sien dat die grond en geboue vir die doelwitte van die skool aangewend word.

18.8.4 Om om te sien na die roerende eiendom soos meubels, boeke, rekenaars ens.

18.8.5 Om die geld wat deur die skool ingesamel is of wat vir die skool geskenk is, te gebruik in ooreenstemming met die Skolewet en spesifiek vir enige opvoedkundige doeleindes.

18.8.6 Om jaarliks ‘n begroting op te stel en dit aan ‘n algemene vergadering van ouers voor te lê vir goedkeuring.

18.8.7 Om rekord te hou van alles wat met die geld en eiendom van die skool verband hou, bv. finansiële state en eiendomsregister.

18.8.8 Om die buitemuurse aktiwiteite van die skool en die leerarea-opsies te bepaal.

18.8.9 Om toe te sien dat genoegsame opvoedkundige materiaal, handboeke en toerusting vir die skool aangekoop word.

18.8.10 Om onderlinge vertroue te kweek tussen alle vennote deur altyd deursigtig op te tree ten opsigte van die skool.

Die gedragskode het die volgende wette as basis: Die SA Skolewet 84/1996 en die Grondwet van Suid-Afrika 108/1996. Artikel 8(1) van die Skolewet vereis van ‘n Beheerliggaam om met leerders ouers en opvoeders van die skool oorleg te pleeg alvorens die Beheerliggaam die gedragskode aanvaar. Hierdie vereiste word ook nagekom wanneer die gedragskode wesenlik gewysig word. Die uiteindelike besluit oor wat in die gedragskode vervat sal word en wat nie, berus egter steeds by die beheerliggaam. Dit beteken wel dat dit wat in die oorleggingsproses aan die beheerliggaam voorgelê word, ernstig, objektief en rasioneel oorweeg sal word. Die Gedragskode se doelwit is om ‘n klimaat van wedersydse respek, selfdissipline en verantwoordelike gedrag te bevorder.