14
1 GEDRAGSREËLS PROTEA AFTREE-OORD DIE WILGERS SS 34/1991 PROTEA AFTREE-OORD, DIE WILGERS FASE 2 : SS 748/1997 Bladsy 1. Inleiding ………………………………………………………………………………………………………………. 2 2. Nakoming van Reëls .…………………………………………………………………………………………… 2 3. Gedrag ………………………………………………………………………………..………………………………. 2 4. Pligte van eienaars en bewoners van dele …………………………………………………………… 3 5. Diere, reptiele en voëls ……………………………………………………………………………………….. 4 6. Vullisverwydering ……………………………………………………………………………………………..5 7. Voertuie ……………………………………………………………………………….…………………………… 5 8. Fietse ens. …………………………………………………………………………………………….……….….. 6 9. Skade/veranderinge aan gemeenskaplike eiendom ……………………………………………. 6 10. Buite-voorkoms …………………………………………………………………………………………………...6 11. Tekens en kennisgewings ……………………………………………………………………………………. 7 12. Rommel …………………………………………………………………………………………….………………… 7 13. Wasgoed …………………………………………………………………………………………………………….. 7 14. Bewaring van ontvlambare en ander gevaarlike stowwe ……..……………………….…... 7 15. Verhuur van eenhede …………………….………………………….………... ................................ 7 16. Uitwis van plae ………………………………………………………..…………………………………………. 8 17. Tuinmaak, bome, struike en plante ……..………………………………….............................. 8 18. Braaigeriewe ………………………………..……………………………………………………………………. 8 19. Kinders/Inwoners …………………………..……………………..………………………………………….... 8 20. Huishulpe/Terreinwerkers/Versorgers .…...............……………………………………………… 9 21. Sake-bedrywighede ……………………………………………..……………………………………………… 12 22. Brandtoerusting ……………………………………………………..………………………………………….. 12 23. Swembad…………………. …………………………..……………………………………………………………. 12 24. Biblioteek………………………………………………..………………………………………………………..… 12 25. Instandhouding: Elektriese en Watertoevoer………..…………………………………………… 12 26. Sekuriteit ………………………………………………..………………………………………………………….. 13 27. Paniekknoppies ……………………………………..…………………………………………………………… 13 28. Regstappe …………………………………………..……………………………………………………………... 13 29. Sorgsentrum ……………………………………..……………………………………………………………….. 13 30. Woordomskrywing ……………………………..…………………………….................................... 14

GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

1

GEDRAGSREËLS

PROTEA AFTREE-OORD DIE WILGERS SS 34/1991 PROTEA AFTREE-OORD, DIE WILGERS FASE 2 : SS 748/1997

Bladsy

1. Inleiding ………………………………………………………………………………………………………………. 2 2. Nakoming van Reëls .…………………………………………………………………………………………… 2 3. Gedrag ………………………………………………………………………………..………………………………. 2 4. Pligte van eienaars en bewoners van dele …………………………………………………………… 3 5. Diere, reptiele en voëls ……………………………………………………………………………………….. 4 6. Vullisverwydering ……………………………………………………………………………………………..… 5 7. Voertuie ……………………………………………………………………………….…………………………… 5 8. Fietse ens. …………………………………………………………………………………………….……….….. 6 9. Skade/veranderinge aan gemeenskaplike eiendom ……………………………………………. 6 10. Buite-voorkoms …………………………………………………………………………………………………...6 11. Tekens en kennisgewings ……………………………………………………………………………………. 7 12. Rommel …………………………………………………………………………………………….………………… 7 13. Wasgoed …………………………………………………………………………………………………………….. 7 14. Bewaring van ontvlambare en ander gevaarlike stowwe ……..……………………….…... 7 15. Verhuur van eenhede …………………….………………………….………................................... 7 16. Uitwis van plae ………………………………………………………..…………………………………………. 8 17. Tuinmaak, bome, struike en plante ……..………………………………….............................. 8 18. Braaigeriewe ………………………………..……………………………………………………………………. 8 19. Kinders/Inwoners …………………………..……………………..………………………………………….... 8 20. Huishulpe/Terreinwerkers/Versorgers .…...............……………………………………………… 9 21. Sake-bedrywighede ……………………………………………..……………………………………………… 12 22. Brandtoerusting ……………………………………………………..………………………………………….. 12 23. Swembad…………………. …………………………..……………………………………………………………. 12 24. Biblioteek………………………………………………..………………………………………………………..… 12 25. Instandhouding: Elektriese en Watertoevoer………..…………………………………………… 12 26. Sekuriteit ………………………………………………..………………………………………………………….. 13 27. Paniekknoppies ……………………………………..…………………………………………………………… 13 28. Regstappe …………………………………………..……………………………………………………………... 13 29. Sorgsentrum ……………………………………..……………………………………………………………….. 13 30. Woordomskrywing ……………………………..…………………………….................................... 14

Page 2: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

2

1. INLEIDING

1.1 Hierdie reëls is kragtens die volgende wette, reëls en regulasies opgestel:

1.2 Die Wet op Deeltitels (95 van 1986) en spesifiek art 35(2)(b) daarvan. 1.3 Die Regulasies wat kragtens bogenoemde Wet opgestel is en in Staatskoerant 11245 dd 8 April 1988 gepubliseer is. (Aanhangsels 8 & 9 by dié Regulasies het betrekking). 1.4 Wet 65 van 1988 (Wet op Behuisingsontwikkeling-skemas vir Afgetrede Persone). 1.5 Wet 13 van 2006 (Wet op Ouer Persone)

2. NAKOMING VAN REëLS

2.1 Hierdie Reëls mag aangevul/gewysig/herroep word deur ‘n spesiale besluit van die lede van die Regspersoon. 2.2 Enige sodanige verandering sal, indien dit nie teenstrydig met bogenoemde wette en regulasies is nie, van krag word sodra ‘n toepaslike besluit geregistreer is. 2.3 Dit is die plig van elke eienaar/inwoner om op hoogte van hierdie reëls te bly, dit na te kom en om te verseker dat hul kinders/besoekers/bediendes dit eweneens doen. 2.4 Die Trustees kan enige skriftelike afwykings op sekere voorwaardes toegelaat, te enige tyd sonder opgawe van redes, herroep. 2.5 Nie-nakoming van hierdie reëls mag lei tot stappe deur die Trustees.

3. GEDRAG

3.1 Die waardigheid van die Protea Aftree-Oord Die Wilgers kompleks (hierna die "kompleks" genoem) moet ten alle tye gehandhaaf word. Geraas en algemene gedrag wat aan dié waardigheid afbreuk doen, is onaanvaarbaar.

3.2 Stilte moet tussen 13:00 en 15:00 en tussen 22:00 en 06:00 gehandhaaf word.

3.3 Radios, musiekinstrumente, cd-spelers, platespelers, televisiestelle en ander mag nie op die gemeenskaplike eiendom of aangrensende eenhede steurend wees nie.

3.4 Vuurwapens/windbukse/rekkers mag nie binne die kompleks afgevuur word nie.

3.5 Stokperdjies of ander aktiwiteite wat vir enige inwoner steurend mag wees, word nie toegelaat nie.

Page 3: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

3 3.6 Klagtes, probleme of algemene sake wat die kompleks of inwoners

daarvan raak, moet skriftelik aan die Trustees gerig word. Volle besonderhede moet vermeld word.

4. PLIGTE VAN EIENAARS EN INWONERS VAN EENHEDE

4.1 Statutêr en algemeen Volgens en bo en behalwe sy verpligtinge ingevolge art 44 van Wet 95 van 1986 is die volgende bepalings van Reël 86 van die Bestuursreëls van toepassing:

4.1.1 'n eienaar/inwoner mag nie sy eenheid, uitsluitlike gebruiksgebied, of enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom gebruik, of toelaat dat dit gebruik word op 'n wyse of vir 'n doel wat die reputasie van die kompleks kan skaad nie;

4.1.2 'n eienaar/inwoner mag geen wet, ordonnansie, verordening, proklamasie, statutêre reëlings, of die voorwaardes van enige lisensie wat betrekking het, of 'n uitwerking het op die bewoning van die kompleks, of die gemeenskaplike eiendom, of die dryf van sake in die kompleks, of die titelvoorwaardes wat betrekking het op sy eenheid, enige ander eenheid, sy uitsluitlike gebruiksgebied, of enige ander uitsluitlike gebruiksgebied, oortree of toelaat dat dit oortree word nie;

4.1.3 'n eienaar/inwoner mag geen veranderinge aanbring wat waarskynlik die eenhede en die gemeenskaplike eiendom of enige uitsluitlike gebruiksgebied sal benadeel nie;

4.1.4 'n eienaar/inwoner mag, wanneer die beoogde gebruik van 'n uitsluitlike gebruiksgebied, hetsy uitdruklik of by implikasie op, of deur 'n geregistreerde deelplan aangetoon word, nie sodanige uitsluitlike gebruiksgebied vir enige ander doel gebruik of toelaat dat dit aldus gebruik word nie;

4.1.5 'n eienaar/inwoner mag geen struktuur of verbetering aan die kompleks op sy uitsluitlike gebruiksgebied oprig of aanbring sonder die vooraf verkreë skriftelike goedkeuring van die Trustees nie, welke goedkeuring nie onredelik weerhou mag word nie;

4.1.6 'n eienaar moet die warmwatertoestel wat sy eenheid bedien, onderhou;

4.1.7 elke eienaar/inwoner is verantwoordelik vir die instandhouding of enige ander herstelwerk van watter aard ook al, aan die binnekant van sy eenheid;

4.1.8 indien 'n verstopping in enige rioolpyp of waterpyp voorkom, sal die koste van die verwydering van sodanige verstopping en verbandhoudende herstelwerk deur die Trustees gedra word.

4.2 Bindende aard Die bepalings van hierdie Reëls en die pligte van 'n eienaar/inwoner met betrekking tot die gebruik en bewoning van eenhede en gemeenskaplike

Page 4: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

4 eiendom, is bindend vir die eienaar van enige eenheid en enige huurder, of ander inwoner van enige eenheid ondanks andersluidende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of okkupasie-ooreenkoms.

4.3 Eienaar/Inwoner se versuim om in stand te hou Indien die eienaar/inwoner 4.3.1 versuim om sy eenheid te herstel of in stand te hou soos

bedoel in art 44(1)(c) van die Wet; of 4.3.2 versuim om enige deel van die gemeenskaplike

eiendom wat vir sy uitsluitlike gebruik en genot toegewys is, behoorlik te versorg; en enige sodanige versuim

voortduur vir 'n tydperk van 30 dae na skriftelike kennisgewing om te herstel of in stand te hou, kan die Trustees die eienaar/inwoner se versuim regstel en die redelike koste daarvan van sodanige eienaar/inwoner verhaal.

4.4 Versekering Die Regspersoon neem versekering uit op die geboue. Die inwoner is in die

geval van ‘n eis verantwoordelik vir enige bybetaling. 5. DIERE, REPTIELE EN VOëLS

5.1 'n Eienaar/inwoner van 'n eenheid mag nie sonder die skriftelike toestemming van die Trustees enige dier, reptiel of voël in 'n eenheid, of op die gemeenskaplike eiendom aanhou nie. Slegs een skoothond per eenheid mag goedgekeur word. Geen katte mag aangehou word nie.

5.2 Wanneer die Trustees sodanige toestemming verleen, kan hulle enige redelike voorwaardes stel.

5.3 Die Trustees kan sodanige toestemming terugtrek, indien enige voorwaarde opgelê kragtens subreël 5.2 verbreek word. (Kyk ook paragraaf 2.4.)

5.4 In die geval van honde, moet hulle aan 'n leiband gehou en behoorlik beheer word wanneer met hulle op die gemeenskaplike eiendom beweeg word.

5.5 'n Eienaar/inwoner kan versoek word om van 'n dier ontslae te raak waar die betrokke dier 'n oorlas veroorsaak.

5.6 Sindelike honde-kampe mag alleenlik met die goedkeuring van die Trustees opgerig word, maar moet vir tuindienste toeganklik wees.

5.7 Dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die eienaar van die troeteldier om enige ontlasting van sy troeteldier op die gemeenskaplike eiendom onmiddellik te verwyder.

5.8 Waar reeds toestemming vir die aanhou van 'n troeteldier verkry is, moet daar opnuut toestemming verkry word om sodanige troeteldier te vervang.

Page 5: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

5 6. VULLISVERWYDERING 6.1 'n Eienaar/inwoner van 'n eenheid moet

6.1.1 'n toe vullishouer, in 'n higiëniese en droë toestand op sy uitsluitlike gebruiksgebied, vir vullis hou;

6.1.2 verseker dat gebreekte glas goed toegedraai is voordat dit in die houer geplaas word, en in die geval van blikke en ander houers, dit vry van vloeistof is;

6.1.3 stewige plastieksakke vir die doel van vullisverwydering gebruik en dit plaas op 'n plek en 'n tyd soos deur die Trustees bepaal;

6.1.4 vullisbakke of ander vullishouers só by sy eenheid plaas dat dit nie vanaf die gemeenskaplike eiendom sigbaar sal wees nie;

6.1.5 Vullis word een keer per week verwyder. Sorg moet gedra word dat vullis in stewige plastieksakke geplaas word en dat sakke stewig vasgebind word wanneer dit buite eenhede geplaas word.

6.2 Vullis/afval moet volgens die voorskrifte van die munisipaliteit gehanteer

word. 6.3 Kartondose en verpakkingshouers moet plat gemaak en opgebreek word om

in plastieksakke verwyder te kan word.

7. VOERTUIE

7.1 Geen eienaar/inwoner mag sonder die skriftelike toestemming van die trustees 'n voertuig op die gemeenskaplike eiendom op 'n gereelde basis parkeer, of laat parkeer, of toelaat dat 'n voertuig op die gemeenskaplike eiendom geparkeer of gelaat word nie. Motorvoertuie van inwoners of van hul besoekers mag nie voor ander eenhede, motorhuise of afdakke op so 'n wyse geparkeer word dat die normale verkeersvloei belemmer word nie, en daar moet in die besonder daarop gelet word dat dit nie aanleiding gee tot steurnis of ongerief vir die inwoners nie.

7.2 Daar mag nie op 'n gereelde basis op grasperke parkeer word nie. 7.3 Die Trustees mag enige voertuig wat sonder toestemming gereeld op die

gemeenskaplike eiendom parkeer is, op die koste en risiko van die eienaar laat verwyder of wegsleep.

7.4 Eienaars/inwoners van eenhede moet sorg dat hulle voertuie en dié van hul besoekers nie olie of remvloeistof op die gemeenskaplike eiendom drup, of dit op enige ander wyse skend nie.

7.5 Geen eienaar/inwoner word toegelaat om op enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom, op 'n uitsluitlike gebruiksgebied, of op 'n deel daarvan, enige voertuig uitmekaar te haal en herstelwerk daaraan te doen nie.

7.6 Verkeer mag nie vinniger as 15km per uur op enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom beweeg nie en alle verkeerstekens moet gehoorsaam word.

Page 6: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

6 7.7 Inwoners se motors moet in hul motorhuise of afdakke geparkeer word

ten einde beweegruimte toe te laat vir ander voertuie. 7.8 Motortoeters mag nie op die gemeenskaplike eiendom gebruik word nie en

besoekers moet dienooreenkomstig ingelig word. 7.9 Indien voertuie skoongemaak word, moet sorg gedra word dat nie meer

water as wat redelik nodig is, gebruik word nie.

8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas,

sleepwaens, bote en handelsvoertuie, mag op ongemagtigde gedeeltes van die gemeenskaplike eiendom gelaat word nie.

8.2 Die gebruik van seepkiskarre, skaatsplanke en rolskaatse op die gemeenskaplike eiendom is verbode.

8.3 Skop of slaan van balle op die eiendom is verbode. 9. SKADE/VERANDERING AAN DIE GEMEENSKAPLIKE EIENDOM

9.1 'n Eienaar/inwoner van 'n eenheid mag nie sonder die skriftelike

toestemming van die Trustees enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom verf of merke daarop aanbring, spykers, skroewe of iets soortgelyks daarin slaan, of dit andersins beskadig of verander nie.

9.2 Nieteenstaande 9.1, mag 'n eienaar of 'n persoon deur hom gemagtig, waar die Trustees vooraf die aard en ontwerp van die toestel, asook die wyse waarop dit geïnstalleer word, skriftelik goedgekeur het : 9.2.1 enige sluittoestel, veiligheidshek, diefwering of ander

veiligheidstoestel vir die beskerming van sy eenheid aanbring; 9.2.2 enige skerm of ander toestel om diere of insekte uit te hou, installeer.

10. BUITE-VOORKOMS

10.1 Die eienaar/inwoner van 'n eenheid mag nie iets op enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom, patio's, stoepe en tuine plaas, of iets daarop doen wat na die oordeel van die Trustees esteties onaanvaarbaar of ongewens voorkom wanneer dit van buite die eenheid gesien word nie en moet hul eenhede in goeie, skoon, sindelike en leefbare toestand hou.

10.2 Toestemming om afdakke op te rig moet eers by die Trustees verkry word. 10.3 Geen strukturele veranderings mag aan die buitekant van 'n eenheid

aangebring word nie en die buitekant van 'n eenheid mag nie geverf of andersins behandel word nie, tensy die Trustees vooraf magtiging daartoe verleen het.

10.4 Die aanbring van lugreëlingstoestelle moet voor installering deur die Trustees goedgekeur word.

Page 7: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

7 11. TEKENS EN KENNISGEWINGS

Geen eienaar/inwoner van ‘n eenheid mag sonder die skriftelike toestemming van die Trustees, ‘n teken, kennisgewing, aanplakbord of advertensie van enige aard hoegenaamd op enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom, of van ‘n eenheid aanbring nie.

12. ROMMEL

‘n Eienaar/inwoner van ‘n eenheid mag nie rommel, insluitende vullis, sigaretstompies, oorskietkos of ander vuilgoed op die gemeenskaplike eiendom stort of gooi of laat stort of gooi, of toelaat dat dit gedoen word nie.

13. WASGOED

‘n Eienaar/inwoner van ‘n eenheid mag nie sonder die skriftelike toestemming van die Trustees sy eie wasgoedlyn span nie en mag ook nie enige wasgoed of ander items aan enige gedeelte van die gebou of die gemeenskaplike eiendom hang sodat dit van buite die gebou of van enige ander deel, sigbaar is nie en dit mag slegs in die binneplaas opgehang word.

14. BEWARING VAN ONTVLAMBARE EN ANDER GEVAARLIKE STOWWE

‘n Eienaar/inwoner mag nie in sy eenheid, of op die gemeenskaplike eiendom enige ontvlambare stof of materiaal bewaar, of enige ander gevaarlike handeling verrig of laat verrig of toelaat dat dit verrig word, wat die verhoging van die tarief van die premie betaalbaar deur die regspersoon op enige versekeringspolis kan meebring nie.

15. VERHUUR VAN EENHEDE

15.1 Alle huurders van eenhede en ander persone aan wie die reg tot okkupasie deur enige eienaar van ‘n betrokke eenheid verleen is, moet hierdie gedragsreëls nakom, ondanks andersluidende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of die toestaan van ‘n reg tot okkupasie.

15.2 Die eienaar van ‘n eenheid is verantwoordelik vir die betaling van heffingsgelde en enige ander gelde wat deur die eienaar verskuldig mag wees.

16. UITWIS VAN PLAE

‘n Eienaar/inwoner moet sy eenheid vry hou van witmiere, boorinsekte en alle ander insekte wat hout vernietig. Vir hierdie doel moet die Trustees en hul gemagtigde agente/werknemers toegelaat word om van tyd tot tyd die eenheid te betree om dit te inspekteer en sodanige plae uit te wis. Die koste van inspeksie, die uitwissing van sodanige plae as wat binne die eenheid gevind word, en die vervanging van enige

Page 8: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

8 hout of ander materiaal wat deel vorm van sodanige eenheid en deur sodanige plae beskadig is, word deur die eienaar/inwoner van die betrokke eenheid gedra.

17. TUINMAAK, BOME, STRUIKE EN PLANTE

17.1 Geen struike en/of bome wat deur die Trustees op die gemeenskaplike eiendom geplant is, mag verwyder word sonder die toestemming van die Trustees nie.

17.2 Geen struike/plante mag voor die gemeenskaplike straatligte wat aan wooneenhede aangebring is, geplant word nie. Straat- en voetligte moet altyd onbelemmerd wees.

17.3 ‘n Inwoner wat beoog om bome by sy eenheid aan te plant, moet vooraf goedkeuring van die Trustees verkry.

17.4 Tuingereedskap en ander tuinmaaktoerusting moet buite sig van ander eenhede en enige deel van die gemeenskaplike eiendom geberg word.

17.5 Bakke waarin blomme, ens., geplant is, moet sindelik en netjies gehou word.

17.6 Klippe en ander rommel moet op die bestemde plek, soos van tyd tot tyd bepaal, geplaas word.

17.7 Grensdrade moet om veiligheidsredes skoongehou word van plante en ander struike.

17.8 Geen tuine mag buite die grensdrade gemaak word nie. 17.9 Groentetuine moet beperk en netjies gehou word. 17.10 Geen onooglike beskuttings mag in die tuine, of aan die grensdrade

aangebring word nie.

18. BRAAIGERIEWE

18.1 Braaitoerusting word slegs tydens gebruik buite ‘n eenheid toegelaat. 18.2 Die gemeenskaplike braaiplek is vir die gerief van die inwoners en die gebruik

daarvan word aangemoedig. Na gebruik moet die terrein skoon en netjies gelaat word.

19. KINDERS / INWONERS

19.1 Inwoners moet toesig hou oor besoekende kinders sodat geen skade aan die gemeenskaplike eiendom, of ongerief vir ander inwoners veroorsaak word nie. In besonder mag kinders nie met posbusse, plante, bome, struike, versierings, naamplate, brandslange, buiteligte, ens. peuter nie.

19.2 Kinders word nie sonder toesig in die gemeenskaplike geboue toegelaat nie. 19.3 Inwoning by die Aftree-Oord is beperk tot persone waarvan een van die

inwoners ouer as 50 jaar moet wees. Tydelike inwoning deur kinders, familie, vriende, moet deur die Trustees goedgekeur word. 19.4.1 Permanente inwoning in die Aftree-Oord, met volle voorregte, word

beperk tot twee persone per eenheid.

Page 9: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

9

19.4.2 'nLoseerder,kuiergas,’n werknemer, 'n versorger of enige ander persoon wat nie 'n persoon soos genoem in par. 19.3 en par. 19.4.1 hierbo is nie, sal nie vir enige voorregte kwalifiseer nie.

19.4.3 Huurders, soos genoem in paragraaf 15 hierbo, sal ook nie aanspraak kan maak op "eienaarstariewe" t.o.v. voorregte nie, tensy die eienaar afstand van sy voorregte aan die huurder gedoen het vir die duur van so 'n huurooreenkoms. Gedurende hierdie tyd kan die eienaar geen aanspraak daarop maak nie.

19.4.4 Indien 'n eenheid in die naam van 'n maatskappy; of beslote korporasie; of trust; of boedel geregistreer is, moet die direkteure/lede/trustees/eksekuteur skriftelik aandui watter persone, met inagneming van par. 19.3, die eenheid sal bewoon. Sodanige maatskappy, ens. sal verantwoordelik wees vir enige heffings of ander gelde.

19.5 Alle persone aan wie vergunning van verblyf deur die Trustees verleen is, sal as besoekers beskou word en tariewe soos van toepassing op besoekers sal gehef word.

19.6 Besoeke deur kinders, familie en vriende vir langer as dertig dae, moet vooraf deur die Trustees goedgekeur word.

20. HUISHULPE/TERREINWERKERS EN VERSORGERS

20.1 In hierdie reëls het die volgende woorde en uitdrukkings die volgende betekenisse:

20.1.1 “PRIVAAT HUISHULP” is ‘n vroulike persoon wat deur ‘n inwoner in diens

geneem word om ooreengekome binneshuise take te verrig, met ooreengekome werksdae, werksure en lone. Die aanvangstyd van haar werksdag is soos ooreengekom maar nie voor 06h00 nie, en haar daaglikse werkeindigingstyd is nie later nie as 18h00, en dan verlaat sy die oord, en sy word nie toegelaat om in die werkgewer se eenheid of elders in die oord te oornag nie.

20.1.2 “INWONENDE HUISHULP” of ‘INWONENDE VERPLEëR” of ‘INWONENDE

VERSORGER” is ‘n persoon wat deur ‘n inwoner in diens geneem word om ooreengekome binneshuise take te verrig, met ooreengekome werksure en lone. Hy/Sy woon by die werkgewer in en oornaggeriewe word dus deur die werkgewer aan hom/haar verskaf.

20.1.3 “PRIVAAT TERREINWERKER” is ‘n manlike persoon wat deur ‘n inwoner in

diens geneem word om ooreengekome buitenshuise take te verrig, met ooreengekome werksdae, werksure en lone. Die tweede sin van 20.1.1 is mutatis mutandis op ‘n PRIVAAT TERREINWERKER van toepassing.

20.2 Die volgende sub-reël is van toepassing op privaat huishulpe en privaat

terreinwerkers:

Page 10: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

10

Die werkgewer moet die indiensneming by die bestuurder aanmeld en by haar aansoek doen om ‘n toegangspermit vir die voorgenome werker, met vermelding van die werker se volle naam, woonplek en ID nommer, wat die bestuurder alles sal aanteken. Die bestuurder maak twee fotostate van die werker se ID dokument (een vir die kantoor en en vir die werkgewer) en sy reik ‘n toegangspermit aan die werker uit. Sonder so ‘n toegangspermit word ‘n werker nie in die oord toegelaat nie.

20.3 Die volgende sub-reëls is van toepassing op INWONENDE HUISHULPE,

VERPLEEGSTERS en VERSORGERS. 20.3.1 Die indiensneming van sulke werkers mag alleen geskied met die

voorafverkreë toestemming van die trustees, waarvoor die inwoner skriftelik aansoek doen met verstrekking van sodanige besonderhede van die werker soos aangevra mag word, en in besonder:

a) Volledige persoonlike besonderhede van die voorgenome werker, in

besonder haar vorige werksplekke en haar dienssertifikaat, huwelikstaat, gesinsbesonderhede en kwalifikasies en met vermelding van redes vir die werkgewer se aansoek en besonderhede van die oornagakkomodasie wat aan die werker voorsien sal word. (Geen toestemming sal gegee word as gevra word dat die werker in die garage sal inwoon nie.)

b) Om te voorkom dat persone met misdaadrekords in die oord

toegelaat word het die trustees die reg om te vereis dat ‘n voornemende werker polisieklaring verkry, op koste van die werkgewer.

c) So gou moontlik nadat die bestuurder die werkgewer in kennis gestel

het dat die aansoek deur die trustees goedgekeur is, moet die werkgewer reëlings tref vir die opstel van ‘n skriftelike dienskontrak wat voldoen aan die bepalings van die arbeidswette. Die konsepdienskontrak moet vooraf deur die trustees goedgekeur word, met die reg aan die trustees om te vereis dat bepalings volgens hul goeddunke sal ingevoeg word wat die werkgewer en die trustees in staat sal stel om goeie orde te handhaaf en ter beskerming van die regte en gerief van ander inwoners van die oord. ‘n Kopie van die getekende dienskontrak word by die kantoor ingedien en in bewaring gehou. ‘n Toegangspermit word ook aan die werker uitgereik.

d) ‘n Aansoek om toestemming soos hierin voorsien, kan deur die

trustees geweier word sonder verstrekking van redes. ‘n Toestemming wat gegee is mag op enige stadium deur die trustees teruggetrek word indien die werker se gedrag, volgens die oordeel van die trustees so ‘n stap regverdig, en in besonder as die werker ‘n

Page 11: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

11 daad sou pleeg soos aanranding, diefstal, drankmisbruik en rusversteuring. In so ‘n geval sal die werkgewer verplig wees om die dienskontrak met die werker summier te beëindig en die werker te beveel om die oord onverwyld te verlaat.

e) Besoekers en kuiergaste van werkers word alleen toegelaat wanneer

‘n werker nie aan diens is nie, en dan slegs met die toestemming van die werkgewer, en na verkryging van ‘n toegangspermit deur die besoeker. Geen oornagbesoeke sal toegelaat word nie. Dit is die plig van die werkgewer om streng beheer toe te pas betreffende die toelating van besoekers. Gedrag deur enige besoeker wat aanleiding gee tot klagtes deur ander inwoners, en wat die bestuurder as geregverdigde klagtes beskou, sal aan die bestuurder die reg gee om so ‘n besoeker se toegangspermit summier in te trek.

20.4.1 Inwonende werkers is nie geregtig op “eienaarsvoordele” nie.

20.4.2 Geen werker mag in diens geneem word as hy/sy nie in besit is van ‘n identiteitsdokument nie, of as sodanige identiteitsboek aandui dat hy/sy nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie.

20.4.3 Nadat die voorafverkreë toestemming van die trustees daarvoor verkry is,

mag ‘n werkgewer van ‘n gekontrakteerde “span huishulpe” gebruik maak met die voorwaarde dat die span se toesighouer saam met die werkgewer verantwoordelikheid aanvaar vir die nakoming van die oord se gedragsreëls, en die werkgewer sal verplig wees om aan die toesighouer ‘n afskrif van die reëls te besorg. Die toesighouer se aansoek om toestemming word by die bestuurder ingedien met volledige besonderhede omtrent die kontrakteur en die toesighouer, aan wie daar dan ‘n toegangspermit uitgereik word. Sonder so ‘n toegangspermit word die span nie in die oord toegelaat nie. Die toesighouer se Id-dokument moet ook ingedien word en ‘n fotostaat deur die bestuurder bewaar word. Die sekuriteitswagte mag ook die spanlede se ID dokumente aanvra.

20.5 Inwoners moet nie inmeng met die werksaamhede van die Oord se

terreinwerkers nie; behalwe gedurende die tye wat hulle aan 'n spesifieke inwoner vir tuindiens toegewys is.

20.6 Gemeenskaplike oordwerkers vir eenhede en tuine ontvang 'n loon vir hulle werk en die gebruik om ekstra vergoeding te gee, behalwe vir na-ure werk, word nie toegelaat nie.

20.7 Inwoners mag nie geld aan oordwerkers vir eenhede en tuine, hekwagte, sorgsentrum- of kombuis-personeel leen nie.

20.8 Gemeenskaplike oordwerkers vir eenhede kan vir enige huishoudelike take, insluitend die skoonmaak van vensters, gebruik word, maar mag nie vir take buite die huis, soos die was van voertuie en tuinwerk, aangewend word nie, behalwe wanneer die inwoner met vakansie is.

Page 12: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

12 20.9 Inwoners mag etes aan gemeenskaplike oordwerkers verskaf, maar

is onder geen verpligting om dit te doen nie. 20.10 Werknemers aan wie skenkings van enige aard, voedsel ingesluit, gegee word

wat by die hek uitgeneem word, moet van 'n verduidelikende nota/brief wat die item(s) beskryf, en van watter eenheid dit kom, voorsien word sodat die sekuriteitswag dit kan uitklaar. Items sal teruggehou word indien hierdie vereiste nie nagekom word nie.

20.11 Inwoners moet die kantoor verwittig wanneer oordwerkers nie benodig word nie, sodat hul dienste elders benut kan word.

21. SAKEBEDRYWIGHEDE

21.1 Tensy vooraf deur die Trustees goedgekeur, mag geen sake-ondernemings, handelsbesigheid, vendusies, uitstallings ens., op die gemeenskaplike eiendom of in 'n eenheid bedryf word nie.

21.2 Kennisgewings mag alleen met die goedkeuring van die kantoor en teen

betaling van die voorgeskrewe tarief op kennisgewingborde aangebring word.

22. BRANDTOERUSTING

22.1 Brandslange/brandblussers/brandkrane mag slegs gebruik word vir die blus

van brande.

23. SWEMBAD 23.1 Die gebruik van die swembad vind op eie risiko plaas.

23.2 Die swembad is uitsluitlik vir gebruik deur die inwoners en hul gaste, mits hulle deur 'n inwoner vergesel word.

24. BIBLIOTEEK

24.1 Die biblioteek is daar vir die gerief van die inwoners. Die biblioteke se reëls moet eerbiedig word.

25. INSTANDHOUDING : ELEKTRIESE EN WATERTOEVOER

25.1 Inwoners mag onder geen omstandighede aan elektriese of waterapparaat

wat die gemeenskaplike eiendom bedien, peuter of daaraan werk nie. 25.2 Probleme ten opsigte van elektriese kabels, draad, apparaat, toerusting, of

watertoevoerpype en krane wat die gemeenskaplike eiendom bedien, moet by die kantoor aangemeld word.

25.3 Water moet spaarsaam gebruik word. Die voorgeskrewe tye vir die besproeiing van tuine moet streng nagekom word.

25.4 Instandhouding of herstelwerk aan elektriese toerusting of waterkrane binne 'n eenheid is die verantwoordelikheid van die inwoner en moet op sy/haar

Page 13: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

13 koste in stand gehou of herstel word. Lekkende krane/toilette sal deur die nutsman kosteloos herstel word. Inwoners betaal vir die onderdele.

25.5 ‘n Inwoner moet op eie koste die warmwatertoestel wat sy eenheid bedien, onderhou, insluitende, onder andere, die koste vir die verskaffing en die vervanging van die termostate en elemente daarvan; nieteenstaande die feit dat sodanige toestel verseker is ingevolge die polis wat deur die regspersoon uitgeneem is.

25.6 Ingeval ‘n warmwatertoestel bars en die regspersoon sodanige toestel teen so ‘n gebeurlikheid verseker het, moet die betrokke inwoner die bybetaling wat deur die versekeraar vereis word, self betaal.

26. SEKURITEIT

26.1 Sekuriteit is in die eerste plek die verantwoordelikheid van elke individu. Inwoners moet dus verseker dat hulle alle moontlike stappe doen om hulself en hul eenhede teen inbrake te beskerm en te beveilig.

26.2 Sekuriteitsmaatreëls by die kompleks is ingestel om te help dat elke inwoner veilig kan voel en gemoedsrus ervaar. Inwoners en hul besoekers moet hierdie maatreëls gehoorsaam.

26.3 Alle inwoners moet die Oord se plakker aan die regterkant op die voorruit van hul voertuig vertoon. Bestuurders van voertuie sonder hierdie geldige plakker sal noodwendig die toegangsbeheerregister moet teken.

27. PANIEKKNOPPIES

27.1 Paniekknoppies moet verkieslik ten alle tye binne die bereik van 'n inwoner wees. Dit moet slegs in noodgevalle geaktiveer word.

27.2 Hou paniekknoppies buite die bereik van kinders, son en nattigheid. 27.3 Die batterye van ‘n paniekknoppie sal wanneer nodig op die inwoner se koste

vervang word.

28. REGSTAPPE Indien regstappe genoodsaak word teen 'n inwoner, sal die Trustees geregtig wees om regs- en kliëntekoste van die betrokke eienaar te verhaal.

29. SORGSENTRUM

29.1 Die Sorgsentrum is daar om verswakte persone te versorg. 29.2 Tuisversorging sal onder spesiale omstandighede deur die

Sorgsentrumpersoneel in die wooneenhede gedoen word. 29.3 Inwoners van die Oord kry voorkeur vir opname in die Sorgsentrum. 29.4 Indien bedgeriewe beskikbaar is, word nie-inwonende persone op ‘n tydelike

basis toegelaat. 29.5 Volledige gedragsreëls vir die Sorgsentrum is beskikbaar.

Page 14: GEDRAGSREËLS · water as wat redelik nodig is, gebruik word nie. 8. FIETSE ENSOVOORTS 8.1 Geen fietse, motorfietse, driewiele, skopfietse, woonwaens, autovillas, sleepwaens, bote

14 29.6 Indien nuwe intrekkers (eienaars sowel as huurders) van die

Sorgsentrum gebruik maak, sal hulle binne die eerste jaar van hulle verblyf in die oord, die nie-inwonende tariewe moet betaal.

29.7 'n Eienaar en sy huurder kan nie gelyktydig van die sorgsentrum se fasiliteite gebruik maak nie. Die eienaar sal te alle tye voorkeur bo sy huurder op die sorgsentrum se fasiliteite aanspraak kan maak, tensy die eienaar in 'n skriftelike ooreenkoms afstand doen van sy voorregte ten gunste van sy huurder. Die huurder sal nie aanspraak kan maak op voorregte wat die eienaar toeval nie.

29.8 Wanneer 'n pasiënt, om welke rede ook al, nie in die Sorgsentrum hanteer kan word nie, moet die familie (naasbestaandes) reëlings tref om die persoon elders vir versorging te laat opneem.

30. WOORDOMSKRYWING

30.1 Eienaar - Deeltitelhouer 30.2 Bewoner - Lewensregokkupasiehouer of huurder 30.3 Trustees - Die Trustees van die Regspersoon 30.4 Kinders - Persone onder 16 jaar.