3
BEELD & EMIRATES LIONS GRATIS KAARTJIE PROMOSIE BEPALINGS EN VOORWAARDES – GRATIS KAARTJIEAANBOD 1. Deur dié koerant te koop, ontvang jy 1 (een) komplimentêre kaartjie ("die kaartjie") vir toegang tot die rugbywedstryd tussen die Emirates Lions en die Toyota Cheetahs op 25 April 2015 ("die wedstryd"). Die kaartjie is vir sitplekke in die boonste Oostelike Pawiljoen en sluit parkering uit. 2. Die wedstryd skop om 17:00 op 25 April 2015 af. Die hekke sal vanaf 13:00 oop wees. Die kaartjies is geldig vir die Vodacom Cup (Golden Lions vs Luiperds) wedstryd wat net voor die Lions vs. Cheetahs-wedstryd vanaf 14:30 plaasvind. Die wedstryd vind op Emirates Airline Park-stadion in Johannesburg plaas. 3. Toegang by hekke word aan jou verleen met die toon van ‘n oorspronklike koerantuitknipsel van die kaartjie. 4. Deur die kaartjie te gebruik en/of die kaartjie te aanvaar, verbind jy jou tot die bepalings en voorwaardes van hierdie promosie-/gratis aanbod en jy erken dat jy hierdie bepalings en voorwaardes gelees het. 5. Kaartjies word uitgereik onderhewig aan die reëls en regulasies van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Sanzar en die Emirates Lions Rugbyunie. 6. Die aanvaarding en/of gebruik van die kaartjie geld as aanvaarding van die Emirates Lions se grondreëls. Toelating kan geweier word indien die bepalings nie nagekom is nie. 7. Dit is die verantwoordelikheid van die kaartjiehouer om seker te maak van die wedstryd-datum en afskoptyd, asook om die hoofgedeelte van die kaartjie as toegangsbewys te hou. 8. Beeld en die Emirates Lions Rugbyunie aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige sit- of staanplek wat deur ongure weerstoestande beïnvloed word nie. 9. Die kaartjie is komplimentêr en is nie te koop nie. By implikasie kan dit ook nie deur die kaartjiehouer aan 'n derde party verkoop word nie. 10. Die kaartjie is slegs geldig vir die datum wat op die kaartjie verskyn en indien die wedstryd uitgestel word, vir die uitgestelde datum. Dit is die kaartjiehouer se verantwoordelikheid om die kaartjie te bewaar vir die uitgestelde datum. 11. Die wedstryddatum kan nie vir 'n bepaalde dag of 'n bepaalde tyd gewaarborg word nie en die Emirates Lions behou die reg

Gratis kaartjies: Bepalings en Voorwaardes (25 April 2015)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Beeld en Emirates Lions se gratiskaartjie-promosie se bepalings en voorwaardes.

Citation preview

BEELD & EMIRATES LIONS GRATIS KAARTJIE PROMOSIEBEPALINGS EN VOORWAARDES GRATIS KAARTJIEAANBOD

1. Deur di koerant te koop, ontvang jy 1 (een) komplimentre kaartjie ("die kaartjie") vir toegang tot die rugbywedstryd tussen die Emirates Lions en die Toyota Cheetahs op 25 April 2015 ("die wedstryd"). Die kaartjie is vir sitplekke in die boonste Oostelike Pawiljoen en sluit parkering uit.

1. Die wedstryd skop om 17:00 op 25 April 2015 af. Die hekke sal vanaf 13:00 oop wees. Die kaartjies is geldig vir die Vodacom Cup (Golden Lions vs Luiperds) wedstryd wat net voor die Lions vs. Cheetahs-wedstryd vanaf 14:30 plaasvind. Die wedstryd vind op Emirates Airline Park-stadion in Johannesburg plaas.

1. Toegang by hekke word aan jou verleen met die toon van n oorspronklike koerantuitknipsel van die kaartjie.

4. Deur die kaartjie te gebruik en/of die kaartjie te aanvaar, verbind jy jou tot die bepalings en voorwaardes van hierdie promosie-/gratis aanbod en jy erken dat jy hierdie bepalings en voorwaardes gelees het.

5. Kaartjies word uitgereik onderhewig aan die rels en regulasies van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Sanzar en die Emirates Lions Rugbyunie.

6. Die aanvaarding en/of gebruik van die kaartjie geld as aanvaarding van die Emirates Lions se grondrels. Toelating kan geweier word indien die bepalings nie nagekom is nie.

7. Dit is die verantwoordelikheid van die kaartjiehouer om seker te maak van die wedstryd-datum en afskoptyd, asook om die hoofgedeelte van die kaartjie as toegangsbewys te hou.

8. Beeld en die Emirates Lions Rugbyunie aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige sit- of staanplek wat deur ongure weerstoestande benvloed word nie.

9. Die kaartjie is komplimentr en is nie te koop nie. By implikasie kan dit ook nie deur die kaartjiehouer aan 'n derde party verkoop word nie.

10. Die kaartjie is slegs geldig vir die datum wat op die kaartjie verskyn en indien die wedstryd uitgestel word, vir die uitgestelde datum. Dit is die kaartjiehouer se verantwoordelikheid om die kaartjie te bewaar vir die uitgestelde datum.

11. Die wedstryddatum kan nie vir 'n bepaalde dag of 'n bepaalde tyd gewaarborg word nie en die Emirates Lions behou die reg voor om die geadverteerde wedstryddatum en byeenkomste te verander. Enige verandering sal op die Unie se webtuiste gekommunikeer word www.lionsrugby.co.za.Besoek asseblief die webtuiste voor jy enige wedstryd of byeenkoms bywoon.

12. Beeld behou die reg voor om enige kaartjiehouer toegang te weier wat nie aan hierdie bepalings en voorwaardes voldoen nie.

13. Geen fotokopie of afskrif van enige aard sal as 'n komplimentre kaartjie aanvaar word nie. Slegs oorspronklike koerantgedrukte kaartjies wat in Beeld gepubliseer is, sal aanvaar word.

14. As 'n kaartjiehouer erken jy dat jy in besit is van 'n geldige Suid-Afrikaanse ID en dat jy ouer as 18 jaar is. Indien jy jonger as 18 jaar is, moet jy deur 'n verantwoordelike volwassene vergesel word.

15. Komplimentre kaartjies sal slegs in 25 April 2015 se uitgawe van Beeld gedruk word.

16. Enige reiskoste of uitgawes wat jy mag h na of van die wedstryd en/of tydens die wedstryd is vir jou eie rekening. Beeld of ons filiale is nie verantwoordelik vir enige koste of uitgawes wat op jou aanvaarding en/of gebruik van die kaartjie betrekking het nie.

17. Beeld en/of ons filiale is ook nie verantwoordelik vir enige besering, skade, verlies of eis wat uit die gebruik of aanvaarding van die kaartjie mag voortspruit nie.

18. Die kaartjie is nie oordraagbaar nie en kan nie uitgestel, verander of omgeruil word vir kontant of enige ander item nie.

19. Jy mag nie die kaartjie aanvaar as jy toegang tot die Emirates Airline Park-stadion verbied is nie.

20. Die Emirates Lions behou die reg voor om te eniger tyd die wedstryd te verander, uit te stel, te staak of te kanselleer sonder enige kennisgewing en vir enige rede wat hulle as noodsaaklik mag ag. In geval van so 'n verandering, uitstel, staking of kansellasie, stem jy in om afstand te doen van enige regte, belange en verwagtinge wat jy rakende die wedstryd mag h en erken jy dat jy geen reg tot 'n skadevergoedingseis teen ons, ons filiale en derdepartyverskaffers het nie.

21. Deur die kaartjie of enige aspek daarvan te aanvaar en/of te gebruikaanvaar jy dat dit op eie risiko is.

22. Beeld en/of ons affiliale is nie verantwoordelik en sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies, verpligting, besering, koste of beskadiging van enige aard (hetsy direk, indirek, per ongeluk, bestraffend of voortvloeiend) wat jy mag ly deur nalatigheid of enige ander oorsaak wat uit jou aanvaarding en/of gebruik van die kaartjie voortspruit of weens enige optrede deur ons of ons affiliale ingevolge die bepalings en voorwaardes nie.

23. Jy, en in die geval van jou dood, jou familie, afhanklikes, erfgename, gemagtigde persone of enige ander begunstigdes van jou boedel vrywaar ons en ons filiale van enige eis van enige aard (hetsy direk, indirek, per ongeluk, bestraffend of voortvloeiend) weens nalatigheid of enige ander oorsaak wat verband hou met enige besering, verlies, verpligting, koste en/of skade wat jy mag ly deur die aanvaarding en/of gebruik van die kaartjie.

24. Vir alle doeleindes hierin, beteken "filiaal" ons vennote, medepromoters en borge van hierdie kompetisie, ons filiaalmaatskappye en verskeie houermaatskappye, die filiale van hulle houermaatskappye sowel as ons en hulle direkteure, amptenare, werknemers, agente en verteenwoordigers.

25. Beeld se beslissing oor enige saak rakende die promosie en/of enige saak wat uit die bepalings en voorwaardes voortspruit, is finaal en bindend op jou en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

26. Hierdie kaartjie werk op 'n eerste-daar-eerste-klaar-rel (first come, first served) en Emirates Lions behou die reg voor om enige komplimentre kaartjiehouer weg te wys indien die stadion sy kapasiteit bereik het.