6
Hartklop 29 JULIE 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DS MICHIEL DE KOCK GOEIE NUUS IN UITDAGENDE TYE (MATT 1:18-2:22 & JES 43:1-4) Dat ons Vader God nie die aarde eers in ‘n idilliese plek verander het voor Hy Jesus gestuur het nie maar Hom net so in hierdie gebroke wêreld vol haat, geweld en moord ingestuur het en Jesus self daaraan blootgestel is, as’t ware binne–in dit ingebore is, is juis vir ons vandag ‘n geweldige troos en bemoedi- ging. Hierdie gebrokenheid was juis die rede waarom Jesus gekom het. Hy is die Verlosser van die wêreld. Hy is Immanuel, God met ons. Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons, God in en om jou daagliks ervaar, met die uitdagings van elke dag. Dan sal Hy deur u en my leef en ons help om lig te wees in elke situasie. Ook nou hier, in Hermanus. Skryf jou naam in by Jes. 43:1 – 4, word daarmee stil en laat die Heilige Gees daardie woorde in jou hart en verstand skryf. God seën U. Hy is Immanuel, God met u, elke oomblik. Michiel HARTLIK WELKOM! “Wat sê jy?” is die vraag wat ons mense in dié dae stel. Te midde van die onrus en die sleepsel van die slang oor ons paaie en in ons woonbuurtes, soek ons mense woorde van wysheid en leiding. ‘n Franse digter en dramaturg Paul Claudel (1868 – 1955), sou vandag vir ons wou sê: “God het nie gekom om lyding weg te neem nie of om dit te verklaar nie. Hy het gekom om die lyding met sy teenwoordigheid te vul” Hoe kan ons (die kerk) Zwelihle, Mount Pleasant, Onrusrivier, Vermont, Hawston en die groter Hermanus vul met die Here se teenwoordigheid? Onthou, ons is in wese Protestante en ‘n Protestant is iemand wat protesteer. Ons (die kerk) het die juis nóú die roeping om te protesteer. Ons moet die stryd opneem. En ons moet onsself bewapen vir die stryd, maar nié met die swaard van yster en staal nie, eerder met die swaard van Gods Woord. Die Franse geestelike, Bernard van Clairvaux (1090 – 1153) het in sy tyd die Christene opgeroep om óók te protesteer teen die kwade: “Ons sal vasstaan tot die dood toe, nie met stokke en swaarde nie, maar met ons gebede en met ons trane” En waarteen? Ons moet protesteer teen die hoogverraad teen God. Daar is dié mense wat die goeie gawes van God ontvang, en dit misbruik om God se goeie orde vir die welsyn van alle mense, te verongeluk. Ons moet protesteer teen van die egosentriese Self - die self-liefde, self-handhawing, self-belange, en self- gelding. Die Self wat leef ten koste van die ander. Ons moet protesteer teen die liefdeloosheid, want liefdeloosheid is in sy wese ‘n opstand teen God. Liefdeloosheid wek vrees by die weerlose. Dit lei tot die uitbuiting van die afhanklikes en dit omskep wel-dade in wan-dade en latere mis-dade. Ons moet protesteer teen die vele gevalle van mislukking by die staat en teen die valse hoop (én die leuens) wat leiers by hulle kiesers mag skep. Ons moet protesteer teen ons eie onverdraagsaamheid en gebrek aan begrip. Immers, ons is eerstens burgers van ’n Hemelse Ryk en slegs tydelike bywoners en vreemdeling van ‘n aardse ryk. Dan moet ons kan bid soos die Here Jesus gebid het: “Vader, vergeef hulle, want HULLE WEET NIE wat hulle doen nie.” En dan sal dit ook tot ons deur dring dat Jesus nie die haat, die verwerping en geweld oorleef nie, maar Hy het wel herleef. (Belangrik om dit te besef....). AANDDIENS VANAAND @ 18:00 PREEK-IN-‘N-PET-REEKS BEGIN Die graag 7’s het die tema gekies asook hul insette gegee in die samestelling van die preek. Ons sien baie uit na die diens! Elke week kies die volgende graad (trek ‘n tema uit ‘n pet) waaroor die volgende Sondagaand se preek gaan en gee hul insette. Ons nooi graag alle tieners, jongmense, ouers en jonk van gees. Sien julle vanaand! DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes Koll. Sending: Mosambiek

Hartklop - ngkonrusrivier.co.za · Immanuel, God met ons. Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons,

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hartklop - ngkonrusrivier.co.za · Immanuel, God met ons. Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons,

Hartklop 29 JULIE 2018

VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DS MICHIEL DE KOCK GOEIE NUUS IN UITDAGENDE TYE (MATT 1:18-2:22 & JES 43:1-4)

Dat ons Vader God nie die aarde eers in ‘n idilliese plek verander het voor Hy Jesus gestuur het nie maar Hom net so in hierdie gebroke wêreld vol haat, geweld en moord ingestuur het en Jesus self daaraan blootgestel is, as’t ware binne–in dit ingebore is, is juis vir ons vandag ‘n geweldige troos en bemoedi-ging. Hierdie gebrokenheid was juis die rede waarom Jesus gekom het. Hy is die Verlosser van die wêreld. Hy is Immanuel, God met ons.

Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons, God in en om jou daagliks ervaar, met die uitdagings van elke dag. Dan sal Hy deur u en my leef en ons help om lig te wees in elke situasie. Ook nou hier, in Hermanus.

Skryf jou naam in by Jes. 43:1 – 4, word daarmee stil en laat die Heilige Gees daardie woorde in jou hart en verstand skryf. God seën U. Hy is Immanuel, God met u, elke oomblik. Michiel

HARTLIK WELKOM!

“Wat sê jy?” is die vraag wat ons mense in dié dae stel. Te midde van die onrus en die sleepsel van die slang oor ons paaie en in ons woonbuurtes, soek ons mense woorde van wysheid en leiding.

‘n Franse digter en dramaturg Paul Claudel (1868 – 1955), sou vandag vir ons wou sê: “God het nie gekom om lyding weg te neem nie of om dit te verklaar nie. Hy het gekom om die lyding met sy teenwoordigheid te vul”

Hoe kan ons (die kerk) Zwelihle, Mount Pleasant, Onrusrivier, Vermont, Hawston en die groter Hermanus vul met die Here se teenwoordigheid?

Onthou, ons is in wese Protestante en ‘n Protestant is iemand wat protesteer. Ons (die kerk) het die juis nóú die roeping om te protesteer. Ons moet die stryd opneem. En ons moet onsself bewapen vir die stryd, maar nié met die swaard van yster en staal nie, eerder met die swaard van Gods Woord.

Die Franse geestelike, Bernard van Clairvaux (1090 – 1153) het in sy tyd die Christene opgeroep om óók te protesteer teen die kwade: “Ons sal vasstaan tot die dood toe, nie met stokke en swaarde nie, maar met ons gebede en met ons trane”

En waarteen? Ons moet protesteer teen die hoogverraad teen God. Daar is dié mense wat die goeie gawes van God ontvang, en

dit misbruik om God se goeie orde vir die welsyn van alle mense, te verongeluk. Ons moet protesteer teen van die egosentriese Self - die self-liefde, self-handhawing, self-belange, en self-

gelding. Die Self wat leef ten koste van die ander. Ons moet protesteer teen die liefdeloosheid, want liefdeloosheid is in sy wese ‘n opstand teen God. Liefdeloosheid

wek vrees by die weerlose. Dit lei tot die uitbuiting van die afhanklikes en dit omskep wel-dade in wan-dade en latere mis-dade.

Ons moet protesteer teen die vele gevalle van mislukking by die staat en teen die valse hoop (én die leuens) wat leiers by hulle kiesers mag skep.

Ons moet protesteer teen ons eie onverdraagsaamheid en gebrek aan begrip. Immers, ons is eerstens burgers van ’n Hemelse Ryk en slegs tydelike bywoners en vreemdeling van ‘n aardse ryk. Dan moet ons kan bid soos die Here Jesus gebid het: “Vader, vergeef hulle, want HULLE WEET NIE wat hulle doen nie.”

En dan sal dit ook tot ons deur dring dat Jesus nie die haat, die verwerping en geweld oorleef nie, maar Hy het wel herleef. (Belangrik om dit te besef....).

AANDDIENS VANAAND @ 18:00

PREEK-IN-‘N-PET-REEKS BEGIN Die graag 7’s het die tema gekies asook hul

insette gegee in die samestelling van die preek. Ons sien baie uit na die diens!

Elke week kies die volgende graad (trek ‘n tema uit ‘n pet) waaroor die volgende Sondagaand se

preek gaan en gee hul insette. Ons nooi graag alle tieners, jongmense, ouers en

jonk van gees. Sien julle vanaand!

DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes Koll. Sending: Mosambiek

Page 2: Hartklop - ngkonrusrivier.co.za · Immanuel, God met ons. Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons,

MAANDAG 30 JULIE

GEBED: Here, U is ons Leidsman en laat ons in U beskerming leef. U is Oorwinnaar want U is ons Here. Uit U Genade, Liefde en Trou, weet ons hoe U ons liefhet, en wil beskerm teen onheil. Dankie dat U ons Herder is, wat ons na stil waters toe lei, wanneer ons dit nodig het.

15:00 MOSAÏEK OMGEEGROEP BYEENKOMS by Dienssentrum. Ds Anton Duvenhage kom met ons gesels oor sy bediening onder die jeug en uitreike. Almal welkom.

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?

DINSDAG 31 JULIE

GEBED: Dankie Vader, vir al die gawes wat ons van U ontvang. Dankie vir al die seëninge wat ons elke dag ontvang van U. Vader waak asseblief oor ons as Gemeente en Gemeenskap vandag. Dankie vir U onbeskryflike liefde in ons lewens.

ALGEMEEN SOPKOMBUIS DIENSSENTRUM HAARKAPPER: Ester is tans op siekverlof. KLINIEK: Ons kliniek is oop 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede. NAALDWERK OM 9H30 - 10H00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die ver-stellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

SITKAMER OM 10H00: Kom wees kreatief en werk saam. U is ook meer as welkom om sommer net speletjies saam met ‘n groep mense te kom speel.

WOENSDAG 1 AUGUSTUS

GEBED: Here, vandag bid ons vir ons kinders in die Gemeenskap. Ons bid vir krag, vir wysheid en begrip. Hulle verstaan nie wat aangaan nie. Hulle leef in vrees en weet nie wat om te doen nie. Ouers ken nie die antwoorde nie, ons bid Jesus se liefde en beskerming oor hulle. ALGEMEEN 11:00 - 13:00 DIE KLEREKAS IS OOP - WELKOM! 18:00 BYBELSKOOL by die NG Kerk Hermanus

DIENSSENTRUM VOETE- EN HANDEVERSORGING: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Tydens die wintermaande begin Marilyn eers om 08h30. TRIMGIM: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 per maand vir lede van die Dienssentrum en R60 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

DONDERDAG 2 AUGUSTUS

GEBED: Liewe Vader, ons dra al ons siek mense aan U op. Ons bid vir algehele genesing, want U is ons groot Geneesheer en ken elkeen se siekte en pyne. Ons bid vir almal wat in hospitale lê vir beterskap. Dankie Vader vir al die personeel in Hermanus Provinsiale Hospitaal en die Medi-Kliniek.

ALGEMEEN 09:00 BYBELSKOOL by die NG Gemeente Onrusrivier

DIENSSENTRUM SITKAMER OM 10H00: Kom speel

Rummikub en ander speletjies! U is meer as welkom. Lekker en vrolike geselskap rondom die speletjies met ‘n koppie tee/koffie. FILMKLUB - DON 2 AUG @ 14:30 (KONSISTORIE) Ons het hierdie DVD ‘n paar jaar gelede gekoop maar dit is altyd weer ‘n treffer, Namakwaland se blomme, grotte, mooiste sto-ries. Hierdie reis saam met Kobus Kritzinger is ‘n lewendige toer met die interessantste vertellings. Botaniese name en die Namakwa naam, so beskrywend. As jy nie self in die kar of in ‘n bus kan klim om die Natuurwonders te bewonder nie, kom ge-niet dit!! (Slegs donasies) Navrae: Ina Erasmus (082 508 7608)

VRYDAG 3 AUGUSTUS

GEBED: Here, dankie vir ons polisiepersoneel wat so hard gewerk het om Hermanus veilig te hou. Dankie vir almal wat betrokke was om hulle te help en te versorg. Vader, dankie vir mense wat bid en al die gebede wat opgegaan het na U toe. Here, seën elkeen van ons en ons gemeente. DIENSSENTRUM 09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE TEETUIN. Kom kuier saam!

SONDAG 5 AUGUSTUS

08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 19)

09:00 EREDIENS Dr Wilhelm Burger gaan voor. welkom! 18:00 AANDDIENS Ds Anton verwelkom alle tieners , jongmense, ouers en natuur-lik, alle jonk van gees. Kom sing saam, kom kuier saam!

SATERDAG 4 AUGUSTUS

FERNKLOOF STAPGROEP: Ons gaan die Droeëkloof aandurf. Sal dit nie aanbeveel vir mense wat erge hoogtevrees het nie. Dis ‘n steil opdraande wat 1 uur kan neem vir 2kil. Boop die berg is dit n maklike roete. Uitsig oor die hele Hermanus tot in Gansbaai. Die roete kan tot 3 ure neem. Afstand 5.63 km. Ons ontmoet by Mosselrivier ingang 7vm sal 7.15 begin stap. ‘n Wandelstok sal ek verseker Aanbeveel, water vir die dors. Ek neem naartjies saam. Ek hoop julle sal wil Deelneem, dis iets om af te merk. Sien jul daar, ons moet dit doen voordat dit te warm is. Mooi loop! Navrae: Sandri (082 907 4060)

Page 3: Hartklop - ngkonrusrivier.co.za · Immanuel, God met ons. Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons,

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

HUWELIKSTOERUSTINGKURSUS AANGEBIED DEUR DR WILHELM BURGER

DATUM: BEVESTIG ASB MET DR WILHELM

Ons nooi graag alle paartjies uit (verloof en getroud)

Ons gaan leer van goeie kommunikasie, verhoudingbou, probleemoplossing en vele meer.

Koste: R400 per paartjie (Sluit middagete en

verversings)

Kontak asb vir Wilhelm direk vir besprekings op

083 448 1651

Welkom!

LIGHUIS (Lewe In Gebed)

GEBEDSAKSIE (BEGIN SON 5 AUG)

Doelwit:

Elke huis word ‘n huis van gebed. Deur ‘n LIGHUIS te word, onderneem die deelnemer om gereeld vir spesifieke persone te bid

elke dag Die simboliek van die LIGHUIS is om ’n LIG te wees vir die persone vir wie jy elke dag bid.

Vir wie bid ons? Elke deelnemer moet 1 - 5 individue identifiseer vir wie hulle elk dag wil bid.

Waarvoor bid ons? Gebruik die akroniem BLESS. B Body (Liggaam) Bid vir die persoon se gesondheid en fisieke welstand L Labor (Arbeid) Bid vir die persoon se werk of soeke na

werk. Werksekuriteit. Werksbevrediging. Gemeentewerk, gemeenskapswerk, ens.

E Emotional (Emosies) Bid vir die persoon se persoonlike verhoudinge, vriendskappe, werksverhoudinge, rassever-

houdinge, ens S Spiritual (Geestelike) Bid vir die persoon se verhouding

met die Here. S Social (Sosiaal) Bid vir die persoon se aanpassing in die

lewe, in die gemeenskap, ens.

Kyk uit vir u Hartklop Sondag 5 Augustus. Ons gaan dan vir u ‘n pragtige boekmerk beskikbaar stel as deel van hierdie Gebedsaksie. Vir enige navrae, kontak

gerus vir Karin by die kerkkantoor.

PADLANGS OUERSKAPKURSUS 19 AUGUSTUS - 23 SEPTEMBER 2018

(DIREK NA DIE EREDIENS 10:30 - 12:00) DIENSSENTRUM SE SITKAMER

Ons nooi graag alle ouers met kinders nog op skool (oumas en oupas ook baie welkom).

Hierdie kursus gee praktiese raad en leiding hoe om moeilike situasies te hanteer en hoe om u kind

opbouend groot te maak.

Koste: R60pp vir die handleiding Bespreek asb u

plek by die kerkkantoor.

U is almal baie

Welkom!

TRANSKEI-UITREIK: KOKSTAD

(29 SEPT - 7 OKT 2018)

Enige finansiële bydrae van belangstellendes wat nie kan saam-gaan nie, sal besonder hoog waardeer word vir die hoë reiskoste en boumateriaal. Merk asb enige bydrae : “Transkei uitreik” as by die kerkkantoor inbetaal word. Die BARBIE popkleertjies wat in die maalruimte (Sondae) en by die kerk-kantoor (in die week) verkoop word is om fondse vir die uitreik te genereer. Dankie vir julle ondersteuning!

Kontak Ben Marais by 082-824-4431 of Elsa 082-373-6629

of mail na [email protected]

BYBELSKOOL 2018 Dr Johan van Schalkwyk, ons Ou Testamentikus en Bybelskooldosent, begin met ‘n nuwe reeks. Vir die dagboeke: 25/26 Julie, 1/2 Augustus, (maar nie 8/9 en ook nie 15/16 Augustus nie), en dan weer 22/23 en 29/30 Augustus. Baie welkom by ons nuwe reeks. Navrae by dr. Johan (028 316 3959)

NUUS OP FACEBOOK Thought for the day: I walked through Mnt Plea-sant to the new Mall earlier. As I walked down the slip road into the car park, I noticed a young guy

from Zwelihle coming towards me - he was singing. As we drew next to each other I stopped him. He stood back, suspicious and nervous. I took his hands in mine and said, "My Brother, don't ever stop singing." This brave, proud young man simply dissolved into tears - he cried and shook his head - and walked away. Today, and next week, more than ever before, I urge every one of us to remember the 3Cs: If you find someone who is angry - CALM him. If you find someone who is frightened - COMFORT him If you find someone who is hurting - CARE for him. Thank you for the Spirit of Love that motivated cool heads and warm hearts to encourage others through devastation and loss. May bleeding hearts be healed to recognize the opportunitity to focus foward for TRUE REstoration, REstructuring and REvival of RElationship for a new beginning for this beautiful place. Love conquers all.

Page 4: Hartklop - ngkonrusrivier.co.za · Immanuel, God met ons. Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons,

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

028 316 1745

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 27 JULIE 2018 (09:30 - 11:30)

Wat 'n voorreg om 'n wonderlike teetuin hier by die Dienssentrum te kan geniet. Daar is lekker geselskap, nuwe vriende word gemaak en ons ontmoet in die proses ook sommer nuwe lidmate. Kom drink tee/koffie en geniet 'n eetdingetjie vir slegs R30 (R20 vir lede). 'n Tweede koppie koffie gaan u slegs R5 kos. Dit is voorwaar die lekkerste eetgoed in Hermanus

BAIE DANKIE EN WELKOM!! ONS SIEN UIT NA JULLE KOMS!

Kontak asb vir Siska Conradie op 082 762 2732

vir enige groepbesprekings.

Die Dienssentrum is vir oud en jonk. Kom maak gerus 'n

draai by ons en sien hoe lekker dit is om in die Dienssentrum

net agteroor te sit en te ontspan saam met ander mense.

Kontak gerus vir Joan of Hannie Dinsdae tot Vrydae vanaf

09:30 - 12:30 vir enige navrae. Hartlik welkom! WAAROM MOET EK AANSLUIT BY DIE DIENSSENTRUM - 'N SPESIALE DIENS VIR SLEGS ONS LEDE: U kan nou meer inligting kry oor u siektetoestand by ons Dienssentrum. As u vrae het oor u siekte, die implikasies daavan op u leefwyse en u verlang meer inligting, skakel gerus sr Ronel Calitz( tel. 073 152 5623) en maak `n afspraak vir 'n Dinsdag-oggend (10h00 - 12h00) sodat sy die nodige agtergrondsinligting kan kry. `n Groep afgetrede geneeshere sal elke derde Donderdag van die maand beskikbaar wees om vrae te beantwoord, nuutste inligting te verskaf en berading te voorsien. Let asseblief daarop dat geen diagnose of behandeling verskaf sal word nie. LEDEGELD: Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar. PLAASBOTTER is beskikbaar by die Dienssentrum teen R50 vir 500g van Dinsdae tot Vrydae vanaf 09h00 - 12h30.

GESKENKBEWYSE OF GESKENKE: Dit is nie altyd so maklik om geskenke uit te soek nie. Onthou dat u altyd 'n geskenkbewys by Marilyn Prinsloo (082 532 6931) kan kry vir 'n voete– en/of handeversorging. Onthou ook dat ons by die Kolwyntjie Teetuin (028 316 1745 vra vir Joan/Hannie) geskenkbewyse het. U kan u vriendin/vriend van 'n geskenkbewys voorsien om heerlik by die teetuin te kom ontspan. U kan selfs 'n maand of meer se Trimgim by Mathilda (082 339 1085) borg vir u vriend/vriend. Wat van 'n haarversorging by Ester (081 453 8130)? Ons vrouens wil tog altyd mooi lyk! Bettie (076 129 3788) bak koeksisters, op bestelling, op die laaste Maandag van elke maand. Wat van 'n pakkie heerlike koeksisters as 'n geskenk vir 'n vriend/vriendin? Die Dienssentrum kan u help met die besluit vir 'n geskenk!

UITNODIGING VIR HEERLIKE

SOP EN SJERRIE OM TE KOM GENIET

BY DIE DIENSSENTRUM

DINSDAG 14 AUG 2018 @ 11:00

Koste is R40pp (R30 vir lede).

Bespreek asseblief voor Vry, 10 Aug,

by Hannie/Joan by 028 316 1745.

Ons hoop om u almal daar te sien.

Welkom!!

ONDERSTEUNINGSGROEP U word vriendelik uitgenooi na ons

ondersteuningsgroep vir almal wat aan Spierdistrofie, MNS, MS, Parkinsons,

Alzheimer en Demensie ly. Ons volgende byeenkoms van die jaar is op Dinsdag, 7 Augustus, om 10h00 - 11h00 in die

sitkamer van die Dienssentrum. By hierdie geleentheid gaan ons weer

lekker gesels oor ons bekommernisse en mekaar van raad/advies/ondersteuning

bedien. Navrae: Erika Ooshuysen 079 322 0998.

HEERLIKE HEERLIKE HEERLIKE GEWONE LASAGNE TE KOOP BY DIE DIENSSENTRUM OP WOENSDAG,

15 AUGUSTUS TEEN R55. Bestel asseblief voor Vrydag, 10 Augustus, om 13h00 by Joan/Hannie 028 316 1745.

Page 5: Hartklop - ngkonrusrivier.co.za · Immanuel, God met ons. Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons,

GODSTORIES GELEENTHEDE

VERDERE FOKUS OP DIE MAAK VAN EKOSTENE Die Overstrand Munisipaliteit was ‘n voorloper in die herwinning van afval en is reeds baie jare besig om nie herwinbare materiaal in die afvalterrein te stort nie. Een van die tragiese gevolge van onlangse gebeure in Zwelihle is dat die herwinningsaanleg heeltemal ver-nietig is. Om hierdie rede word ook herwinbare materiaal nou na die afvalterrein geneem.

Ons het voorheen geskryf oor die aktiwiteite van die Zwelihle Recycle Swop Shop. Hierdie organisasie het nou ‘n onsekere toekoms omdat hul inkomste juis afhanklik was van die lewering van herwinbare afval aan die herwinningsaanleg. Baie kinders het tydens die skoolvakansie herwinbare afval bymekaar gemaak, maar kan nou nie kos of ander benodighede verkry in ruil vir die afval nie. BirdLife Overberg is nou met ‘n veldtog besig om die Swop Shop te ondersteun en die organisasie is die begunsdigde van die Kersfees- in-Julie-dinee. Alle hulp in hierdie verband sal waardeer word.

Die vraag wat nou ontstaan is wat elkeen van ons kan doen om ons huishoudelike afvalstroom te verminder. Dit het nou baie belangrik geword omdat herwinning nie meer plaasvind nie. Baie kreatiewe maniere om afvalstrome te verminder word op die internet bespreek en die maak van ekostene is maar een daarvan. Twee weke gelede het ons dit hier bespreek en intussen het ‘n afsetgebied vir die stene by ‘n bouprojek in Stanford ontstaan.

In ons eie huishouding is ons al ‘n ruk lank besig met die maak van ekostene en praktiese wenke word by hierdie skakel gegee: http://www.westerncapebirding.co.za/overberg/conservation/638/ecobricks_and_the_fight_against_single_use_plastics Die belangrikste uitkoms hiervan is dat ons die inhoud van ons weeklikse swart afvalsak meer as halveer het. Nog meer opwindend is dat die sak met herwinbare materiaal nou byna onnodig geword het. Dit laat ‘n mens met die wonderlike gevoel dat ‘n klein bydrae gelewer word om nie-herwinbare plastiek te verminder. Kontak ons gerus vir praktiese raad oor hoe om die maak van ekostene aan die gang te kry. Anton Odendaal (082 550 3347)

Onder: Nuwe Teentrix Tetelestai hoodies beskikbaar @ R350. Kontak asb vir ds Anton vir bestellings.

Bo: Verlede Sondagaand was die opening van Teentrix vir hierdie kwartaal en daar was be-hoorlik gesing, gekuier, gespeel en geëet!

Links: Die Graad 7’s het Woensdagaand bymekaar gekom om saam met ds Anton Son-dagaand se diens te help beplan en bespreek. Ons is opgewonde oor jul insette!

Bo: Elke tweede Maandagoggend bedien ds Anton saam met ‘n span by Curro Hoërskool vir ‘n uur of wat. Baie dankie vir u voorbidding vir hierdie geleentheid.

Page 6: Hartklop - ngkonrusrivier.co.za · Immanuel, God met ons. Die vraag is, ken u persoonlik hierdie Verlosser en leef u vanuit hierdie sekerheid? Dan sal u Hom as Immanuel, God met ons,

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet Vorster 081 399 0557

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Martie Verster 084 510 4618

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

KERKKANTOOR

Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

57 Bergstr, Onrus

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Ernie Stephan, Etienne Louw, Leonie Koekemoer

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Rupert Mizon, Annette Norman, Trix Nortje, Sunsunet Gombert, Willem Pienaar, Bettie Rossouw

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Jan-Hendrik Malan, Francois vd Merwe, Elsie Benade, Babie Olivier, Johanna Groenewald, Westie Geldenhuys, Thea Kruger, Jan Ras. Ons bid vir die baie verswaktes in ’n siekeboeg asook alle versorgers (by sorgeenhede en huise).

ngkonrusrivier.co.za

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

TEKS VAN DIE WEEK VIR SONDAG 5 AUG 2018

(DR WILHELM BURGER)

In Aug fokus ons op die uitdra van die Goeie Nuus. Dit is Sendingmaand! Ons teks is Rom. 3:19-26 1. Baie mense vra: Wat sê ek as ek met iemand oor die evangelie wil praat? Waar begin ek? 2. Lees ons teks en probeer so 4 punte neerskryf wat u in ‘n gesprek kan gebruik. Was u al ooit in ‘n posisie waar u die evangelie moes deel?

KOSPAKKIES

Baie dankie vir u almal wat bydraes lewer. Sonder u kan ons beslis nie vir soveel gesinne ‘n verskil maak nie. Ons benodig egter weer konfyt, olie, margarine, boeliebief, grondboontjiebotter, hawermout en sardyne in tamatiesous. Indien u enigsins onseker is oor wat om te bring, gaan kyk gerus agter in die kalender (by die wyke) wat u wyk se spesifieke bydrae ’n maand is. Ons wil u ook graag aanmoedig om ‘n finansiële bydrae te lewer tot die kospakkies, waarmee die tekorte en maande-likse produkte betaal word. HOE LYK ‘N KOSPAKKIE VIR EEN MAAND? 1 blikkie sardyne, 1 blikkie boeliebief, 1 bottel olie, 1 pak suiker, 1 blik konfyt, 1 blik boontjies in tamatiesous, 1 bottel tamatiesous, 1 pak hawermout, 1 pak teesakkies (80), 1x 250g blik koffie, 1 pak spaghetti, 1 pak macaroni, 2-4 rolle toiletpapier afhangende van die grootte van die gesin, 2-4 liter melk, 1 pak rys, 2-4 liter melk, 1 buis tandepasta, 1 koekie seep. Die produkte wat maan-deliks aangekoop moet word is die volgende: 1 pak hoenderborsies met been, 1-1 ½ kg maalvleis, 500-1,5kg margarine, kaas, 1 – 1 ½ dos eiers, 500ml opwasmiddel, 500g seeppoeier, 1 bottel sjampoe, groente en vrugte (ongeveer R800 per maand vir die 9 persone wat tans op gereelde grondslag kospakkies ontvang. Weereens baie dankie vir al u getroue bydrae! Vir enige navrae, kontak gerus vir Ronelle van Zyl op 072 288 1439. Baie dankie!

Die Sopkombuis benodig dringend brood asb. Baie dankie!

Posbus 25 Onrusrivier 7201

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718