24

iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe
Page 2: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

2 slingervel julie 2013

3 Die redakteur skryf4 Verjaardaghoekie6 Bybelleesrooster vir

Augustus8 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Spreuke vir die

tiener verklaar11 'n Verrassing op

Saturnus se maan

Titan12 Die appelboom14 Handige Hannie (2)16 Ons

verantwoordelikheid18 Blokkiesraaisel 44919 Boekeblad22 Oordenkings vir

tieners24 Ons Pretblad

Slingervel, Jaargang 54 Nommer 948, Julie 2013

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

Slingervel Jaargang 54

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der MerweOordenkings vir tieners en

laerskoolkindersMarina Kotze

Junior Rubrieke en PenmaatsRiana Jonker

VerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina

Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-ArtikelsRika du Plessis en Sophia van der

WaltStories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR191,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54 Nommer 948,

Julie 2013

ISSN 0037 685 X

Page 3: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 3

Die maklikste manier om uit ’n uitdagende situasie te kom, is om tou op te gooi, te onttrek en weg te hardloop. Die mees onterende

manier om van ’n moeilike opdrag ontslae te raak, is om op te hou.

Ag, nee, sies! So tree ’n gelowige tiener nie op nie, want God verwag van jou om vas te byt en deur te druk. Iemand vertel die storie van twee paddas wat op ’n plaas in ’n kan room gespring het. Die een padda het dadelik tou opgegooi en gesê hulle kan net so wel ophou spartel, hulle gaan tog verdrink. Die ander padda sê: “Hou aan met swem, ons sal wel uitkom.” Die eerste padda het opgehou swem, na die bodem afgesak en is dood. Die ander een het dwarsdeur die nag al in die rondte geswem. Toe dit oggend word, het al die geswem die room so dik soos botter gekarring. Later was dit só dik dat hy gemaklik daarop gesit het en die vlieë gevang het wat ingevlieg het.

Dit onderstreep die waarheid dat as jy lank ge-noeg met ’n moeilike saak worstel en aanhou, sál jy ’n wenner wees. Die paddatjie leer ons wat volharding is. As jy na jou eie lewenssituasie as tiener kyk, mag jy dalk dink jy staan voor onoorkombare berge. Dit voel of jy in ’n diep, donker put is, met geen vooruitsig om daaruit te kom nie. Jou studies lyk vir jou net te veel; jou situasie tuis is kritiek, jou verhouding met jou maats misluk en jy sien geen uitkoms nie. Enigiets wat jy wil aanpak lyk vir jou onmoontlik, daarom gooi jy da-delik tou op.

Weet julle, die “Guinness Book of World Records” is propvol name van mense wat bykans die onmoontlike aangepak het, maar sukses behaal

het deur nougeset te volhard. In die Griekse geskie-denis lees ons van Milo van Croton, ’n stoei- en gewigoptelkampioen wat oor ’n tydperk van 24 jaar by die antieke Olimpiese Spele kampioen was. Van hom word vertel dat hy sy krag opgebou het deur ’n bulkalf, van sy geboorte af, elke dag op sy skouers te dra. Toe die bul vier jaar oud was, het Milo dit nog steeds reggekry om hom op sy skouers te dra. Dit is ’n voorbeeld van volharding. Milo se leuse was: Aanhouer wen!

Dieselfde gedagte leer ons ook in die Bybel (Heb. 12:1, Matt. 24:13, Mark. 13:13). Volharding is nie net nodig ten opsigte van jou daaglikse lewe nie. As kind van God moet jy ook volhard om te doen wat goed is (Rom. 2:7, Rom. 12:12, 1 Tim. 4:16). As jy volhard om goed te doen in jou skoolwerk, sport of ander buitemuurse aktiwiteite, het dit ook alles met jou godsdiens te doen. Omdat die Here aan jou gawes, talente en vermoëns gegee het, moet jy aanhou om dit te gebruik, want só sal jy sukses behaal. Met vertroue op die Here wat by jou is, kan jy jou sonder ophou toewy aan ’n saak wat vir jou belangrik is, waarin die Here ook vereer word as jy uiteindelik daarin slaag.

Dus? Van nou af is dit skouer-aan-die-wiel; vol-hou!! Stewig vasbyt!! Aanhou tot die bitter einde. SV

Die redakteur skryf ...

Moenie tou Moenie tou opgooi nie!opgooi nie!

Slingervel se [email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572 Tel/faks 018 468 1782

Page 4: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

4 slingervel julie 2013

11 Anja Kruger (Vanderbijlpark-Trinitas), Azel Bergh (Heilbron), Beate du Toit (Lydenburg), Christi Kru-

ger (Lyttlelton), Divan Albrecht (Bethal), Hendrik Nel (Secunda), Jaun Marco Swart (Rustenburg), Keitumetse Diale (Randburg), Rome Pretorius (Heilbron), Talitha Johnsen (Vereeniging-Oos).

22 Anton Myburg (Secunda), Junior Rich (Randburg), Marisa Strydom (Port Elizabeth), Rianco Rheeder

(Potchefstroom-Oos), Ziané van Biljon (Bloemfontein-Suid).

33 Anna Pretorius (Warmbad), Corlia Cornelius (Nyl-stroom), Duan Botha (Lydenburg), Ger-Jan van der

Merwe (Nylstroom), Louis Olivier (Krugersdorp), Suzel Les sing (Middelburg Kaap), Tayla Hols (Kuruman), Xan-der Marx (Boksburg-Suid).

44 Cornel Nagel (Nylstroom), Helé Engelbrecht (Berg-bron), Marelize Kruger (Secunda), Suné Mostert

(Suid kus).

55 Cobus Roestorff (Stilbaai), Devin Hartslief (Boks-burg-Suid), Eben Kruger (Benoni), Godfrey Ngozo

(Randburg), Jo-Dee Marman (Elsiesrivier), Robbie van Ee den (Messina), Ruan Brown (Randburg).

66 Anita Steyn (Kathu), Clariska Venter (Laeveld), Lara Scheepers (Laeveld), Marques van Baalen (Lyden-

burg), Vernon Fortune (Bergbron), Yolandi van der Linde (Zeerust).

77 Andre Redgard (Randburg), Corlia Engelbrecht (Se-cun da), Dané Nel (Gobabis), Elé Coetzee (Port Eliza-

beth), Erika Bos (Lyttelton), Franco Oosthuizen (George), Jano Schutte (Magol).

88 Aiden Austin (Middelburg Mpumalanga), Dynert Smit (Magol), Eduard Bakker (Benoni), Janko Aucamp

(Boksburg-Suid), Lydia-Mia Johnsen (Vereeniging-Oos), Michela Marnitz (Middelburg Mpumalanga), Neo Diale (Randburg), Wian Smit (Benoni).

99 Bernalize Helberg (Magol), Elsie van der Walt (Al-ber ton-Wes), Franco du Plessis (Suidkus), Hans-

Chris tiaan Hoogendyk (Krugersdorp), Karina Kanes (Wol-maransstad), Koba Mojela (Randburg), Lara Barn hoorn (Middelburg Kaap), Lume de Beer (Port Elizabeth), MC van Damme (Burgersdorp), Rosandra Harman (Zeerust), Wesley Robberts (Secunda).

1010 Gideon van Vollenstee (Heilbron), Kakanyo Ra-mo koka (Randburg), Lukas Jansen van Vuuren

(Wol maransstad), Simoné du Preez (Port Elizabeth).

1111 Brandon Rutherford (Potchefstroom-Die Bult), CJ van der Merwe (Wolmaransstad), Danel En-

gel brecht (Zeerust), Jacques Scholtz (Bergbron), Jason Oli vier (Potchefstroom-Oos), Nico Minnie (Middelburg Mpumalanga).

1212 Arno Hattingh (Buffeldoorns), Bare Vorster (Uping ton), Chané de Jager (Messina), Christiaan

Cloete (Brackenhof), Elri du Plessis (Alberton-Wes), Hein Backer (Randburg), Lisa Voogt (Randburg), Nathan David Kacev (Randburg), Tina Buys (Buffeldoorns).

verjaardagverjaardaghoekiehoekie

Die volgende Velliemaats verjaar gedurende JULIE 2013. Veels geluk aan elkeen, en geniet die dag saam met julle ouers en maats. As jy nog nie

ingeskryf is as Velliemaat nie, skryf aan my. My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal, 1752;

of e-pos [email protected] Groete, Tannie Riana

Page 5: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 5

verjaardaghoekie

13 Adriaan Labuschagne (Gobabis), Dylan Foord (Rustenburg), Heidi Cornelissen (Bergbron), Jaco

Visagie (Potchefstroom-Oos), Niek Blignaut (Messina).

14 Anje van Jaarsveld (Randburg), Armand Moller (Agulhas), Chrisna Briel (Reitz), Clarize Bezui-

denhout (Secunda), Isla Decia Theron (Randburg), Juan van Heerden (Welkom-Noord), Linelle du Toit (Klein-mond), Luricka Ellis (Wolmaransstad), Maryse de Villiers (Vereeniging-Oos), Sindie Schoeman (Bergbron), Stephan Beukes (Botswana), Stephan Jansen (Benoni).

15 Arno van der Westhuizen (Bergbron), Cecilie Op-per man (Gobabis), Xander Human (Rustenburg).

16 Donnélee Henning (Buffeldoorns), Hannes (jr) Graham (Rustenburg), Marja Herholdt (Lyden-

burg), Ronan Ehlers (Vanderbijlpark-Trinitas), Simoné Pot gieter (Benoni), Tracey Mojela (Randburg), Wilroe de Beer (Rustenburg).

17 Carla Voogt (Randburg), Cecile Theron (Warm-bad), Chelsy Botha (Randburg), Etienne Joubert

(Bergbron), Jannie Bothma (Wolmaransstad), Kylie Barn-hoorn (Middelburg Kaap), Liam John Wilson (Randburg), Marco Geyer (Magol), Neo Mokaleng (Randburg), Rico Robinson (Bethal), Rivan Schoonwinkel (Secunda).

18 Anmari van der Walt (Krugersdorp), Christien Diedericks (Bloemfontein-Suid), Elzaan Coetzee

(Krugersdorp), Herman van der Elst (Vanderbijlpark-Tri-ni tas), Ivey Kruger (Vaalpark), Jodan Keulder (Van der-bijlpark-Trinitas), Mieke Janse van Vuuren (Port Eliza-beth), Nicholas de Jong (Kaapstad).

19 Annalie van der Schyff (Potchefstroom-Oos), Anuska Wardeck (Secunda), Christiaan

Acker mann (Lichtenburg), Cilliers van Wyk (Benoni), Devon Nell (Barberton), Dian Roos (Boksburg), Gerrit Badenhorst (Bloemfontein-Suid), Leandré van der Loo (Rand burg), Shimare Venter (Buffeldoorns), Suzanne le Roux (Akasia).

20 Anebell Geel (Secunda), Anro Labuschagne (Vaal park), Chanelle van der Loo (Randburg),

Madré Erasmus (Kathu), Mimi van Rooyen (Randburg), Reinhardt Vorster (Botswana), Retief Marais (Welkom-Noord), Surei Powell (Wolmaransstad), Ty du Plessis (Rand burg), Zander Oschmann (Randburg).

21 Duané du Plessis (Buffeldoorns), Franco Burger (Gobabis), Julita Oelofse (Secunda), Mari Venter

(Port Elizabeth), PC van Zyl (Brackenhof), Steyn van Sta-den (Magol), Waldo Christen (Krugersdorp).

22 Arnold Martens (Rustenburg), Carla Geyer (Bloem fontein-Suid), Erika Martens (Rustenburg),

Esther de Klerk (Bergbron), Jeanne-Marie van der Walt (Ver eeniging-Oos), Sugitta Mulder (Krugersdorp).

23 Anja Venter (Lichtenburg), Dwayne Wiggett (Be-noni), Lenard Kruger (Boksburg-Suid), Maryke

Muller (Kathu).

24 Hannro Steenkamp (George), Hestertjie Botes (Wolmaransstad), Johanay Steyn (Kathu), Johané

Coomans (Laeveld), Johane Fourie (Bethal), Karien Harm-se (Potchefstroom-Die Bult), Michael du Plessis (George), Nania van Staden (Magol), Ruben Jansen (Benoni), Telana du Plessis (Lichtenburg).

25 Kamogele Maseko (Randburg), Stephis de Klerk (Vereeniging-Oos), Suzette Abbink (Randburg).

26 Amoré Coetzee (Laeveld), Carla Pieters (Vander-bijlpark-Trinitas), Leonora Roeleveld (Stilbaai),

Nohan du Preez (Vaalpark), Peter Ngozo (Randburg), Rochelle Aucamp (Brackenhof), Simoné Bornman (Be-noni).

27 Albert Uys (Randburg), Bianca van den Heever (Secunda), Hano Sliep (Messina), Keisha Plaatjies

(Vanderbijlpark-Trinitas), Megan Stahmer (Randburg), Philip Snyman (Vanderbijlpark-Trinitas), Simoné Schutte (Magol), Tarien Buys (Benoni), Theo Buys (Benoni), Tian Naude (Secunda).

28 Alinay Nieman (Waterkloofrand), Ané le Roux (Randburg), Burrie Smit (Rustenburg), Car-

li Bezuidenhout (Rustenburg), Erica Kanes (Wolma-ransstad), Lizé van der Vyver (Bergbron), Marko Vorster (Pot chefstroom-Die Bult), Mia du Toit (Magol), Pieter Erasmus (Krugersdorp), Shaen Jacobs (Bethal), Wilbert Viljoen (Potchefstroom-Die Bult), Zandre Strydom (Randburg).

29 Ben-Louw Marais (Kaapstad), Chris van der Mer we (Randburg), Dumisane Sindane (Rand-

burg), Leani Loretz (Nylstroom), Lucien Coetzee (Van-derbijlpark-Trinitas), Martinel Klopper (Botswana), Tiaan van der Merwe (Randburg), Zandré Durand (Boksburg-Suid).

30 Herco Jansen van Vuuren (Wolmaransstad), Lin da Suzaan van der Walt (Randburg), Nicole

Richter (George), Rachel de Jager (Laeveld), Ronald Miles (Warmbad), Sarel Haasbroek (Magol), Thilda Palesa Finger (Randburg), Wilco Buys (Reitz).

31 Ayden Roberts (Burgersdorp), Charmaine du Ples sis (Bergbron), Cheranté Snyman (Magol),

Juan Lombaard (Randburg), Marchant Schoeman (Magol), Marné Myburgh (Boksburg-Suid), Maryke Albertse (Port Elizabeth), Mieke le Roux (Randburg).

Page 6: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

6 slingervel julie 2013

God roep ons om Bybelleesrooster vir Augustus

1 Augustus – Lees: Johannes 13:1-7Verloste mense deur Christus bewys liefde aan mekaar.

2 Augustus – Lees: Romeine 1:8-15Gelowiges moet mekaar oor en weer ondersteun.

3 Augustus – Lees: Romeine 13:6-14Christene in die kerk moet mekaar baie liefhê.

4 Augustus – Lees: 1 Korintiërs 6:1-11Gelowiges maak nie hofsake teen mekaar nie.

5 Augustus – Lees: Galasiërs 5:13 – 6:2Gelowiges moet mekaar dien en nie mekaar benadeel nie.

6 Augustus – Lees: Efesiërs 4:1-16Gelowiges staan in ’n gemeenskap met mekaar.

7 Augustus – Lees: Kolossense 3:5-17Bekering bring mense in die regte verhouding met mekaar.

8 Augustus – Lees: 1 Tessalonisense 5:11-29Gelowiges moet mekaar moed inpraat en mekaar versterk.

9 Augustus (Nasionale Vrouedag) – Lees: Jakobus 5:9-20Gelowiges mag mekaar nie verwyt nie, maar moet vir mekaar bid.

10 Augustus – Lees: 1 Petrus 4:7-11Lidmate in ’n gemeente moet mekaar liefhê en mekaar bystaan.

11 Augustus – Lees: 1 Johannes 4:7-21

Uit die krag van God se liefde moet gelowiges mekaar liefhê.

12 Augustus – Lees: Markus 9:33-37Gelowiges mag nie met mekaar stry oor wie die belangrikste is nie.

13 Augustus – Lees: Johannes 13:1-17Gelowiges moet mekaar se voete was, vir mekaar iets beteken.

14 Augustus – Lees: Johannes 15:1-17Kinders van God moet mekaar baie liefhê.

15 Augustus – Lees: Romeine 1:8-17Gelowiges moet deur mekaar se geloof bemoedig word.

16 Augustus – Lees: Romeine 12:9-21Christene moet vir mekaar tot ’n voorbeeld wees.

17 Augustus – Lees: Romeine 15:1-6Gelowiges moet eensgesind onder mekaar wees.

18 Augustus – Lees: Romeine 15:14-21Gelowiges moet mekaar op die regte weg help.

19 Augustus – Lees: 1 Korintiërs 12:12-31Lidmate moet gelyke sorg vir mekaar dra.

20 Augustus – Lees: Galasiërs 5:13-18God se kinders moet mekaar in liefde dien.

21 Augustus – Lees: Galasiërs 6:1-10Mense wat verlos is, moet mekaar se laste dra.

22 Augustus – Lees: Efesiërs 4:1-7Christene verdra mekaar in liefde.

Page 7: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 7

“mekaar” te dienDr. Nico van der Merwe

23 Augustus – Lees: Efesiërs 4:25-31Gelowiges moet onder mekaar die waarheid praat.

24 Augustus – Lees: Efesiërs 4:30 – 5:5Gelowiges moet goedgesind en hartlik teenoor mekaar wees en mekaar vergewe.

25 Augustus – Lees: Efesiërs 5:15-21Gelowiges moet uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig wees.

26 Augustus – Lees: Kolossense 3:12-17Gelowiges leer en onderrig mekaar.

27 Augustus – Lees: 1 Tessalonisense 4:13-18

God se kinders moet mekaar troos.

28 Augustus – Lees: 1 Tessalonisense 5:12-28Verloste mense lewe in vrede met mekaar.

29 Augustus – Lees: Matteus 24:3-14Gelowiges moet mekaar liefhê en nie haat nie.

30 Augustus – Lees: Markus 9:42-50Gelowiges is in swaar tye op mekaar aangewys.

31 Augustus – Lees: Johannes 5:41-47Deur die sonde van egoïsme misbruik mense mekaar.

Page 8: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

8 slingervel julie 2013

dr. nico van der merwe

73. Jesus Christus die enigste hulp Lees in jou Bybel Johannes 6:16-21

Jesus se dissipels het op die Galilea See in ’n storm be-land. Hulle was baie bang dat hulle skuit sou sink en

hulle verdrink. In die stormwind het hulle darem vyf of ses kilometer geroei. Toe sien hulle iemand op die water aangeloop kom. Dit was Jesus, en tog was hulle bang, ook toe Jesus al baie naby hulle was. Jesus stel hulle ge rus: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.” Hier word nie gesê dat Jesus die storm stilgemaak het nie. Daar word net gesê dat Jesus by hulle in die skuit geklim het en dat hulle daarna veilig by die land aangekom het. In hierdie ge deelte leer ons dat die Here Jesus nie die mense wat in Hom glo, in die steek laat nie. As dit moeilik gaan in jou lewe as kind, kan jy vertrou dat die Here jou krag sal gee. Hy sal nie altyd die gevaar wegneem nie, maar Hy sal jou in die gevaar sterk maak en jou beskerm.

74. Wenners! Wenners! Wenners!Lees in jou Bybel Prediker 9:11-16 (vs. 11)

Om te wen, is vir jou seker baie belangrik. Elke kind wil graag die beste wees en beter doen as sy maats. In

jou huisgesin of by die skool is jy in kompetisie met ander kinders, en jy wil die beste daarvan afkom. Prediker 9:11 sê vir jou dat dit nie die bestes is wat altyd wen nie. Alles hang nie van die mens af nie. Dit hang nie daarvan af hoe goed jy jou voorberei, hoe goed jy oefen of hoe goed jy innerlik is nie. Waarom gaan dit dan? Alles is in die hand van die Here. God bepaal wat in die lewe van die mens gebeur. Daar om weet net God wat vir jou die allerbeste is. Hy weet wanneer dit vir jou meer voordeel inhou om te verloor as om te wen, hoe jy as kind ook al jouself voorberei het.

As jy nie altyd die beste is nie, moet jy jouself afvra hoe God jou in die lewe wil gebruik. Soek die antwoorde in die Bybel.

75. Máák tyd vir GodLees in jou Bybel Deuteronomium 6:1-9 (vs. 7)

Ek is seker as julle op die paviljoen sit tydens ’n baie belangrike rugbywedstryd en Pappa of ’n oom sê vir jou

jy moenie so vloek as jy opgewonde is nie, sal jy sê, los dit, dit is nie nou tyd vir godsdiens nie. Of as julle ’n lekker partytjie by die huis het en Mamma sê julle moenie sulke lelike liedjies sing nie, sal jy ook sê, dit is nie nou die tyd daarvoor nie.

Jy maak ’n groot fout as jy dink dat daar net sekere tye is waartydens godsdiens gepas is. Die Here sê ouers moet hulle kinders van God vertel by die huis, op die pad, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Hoekom? Dit is omdat jy in jou hele lewe ’n kind van God is. Op alle plekke en te alle tye is jy ’n kind van God wat gehoorsaam aan die Here moet optree. Daarom is enige plek en enige tyd geskik om oor God se sake te praat en te leer.

76. God help die gelowigesLees in jou Bybel Lukas 5:17-26

Die verlamde man se vriende neem hom na Jesus toe en probeer om hom naby Jesus te bring. Vanweë die

baie mense kon hulle dit nie regkry nie. Hulle maak ’n plan, maak ’n opening deur die dakteëls en laat sak die man af tot voor Jesus. Jesus sien die mans se sterk geloof en help hulle. Hy sê vir die verlamde: “Mens, jou sondes is jou vergewe” (vs. 20). Dit is vir die man belangriker om van sy sonde verlos te word as om van sy verlamming gered te word. Maar Jesus gee hom altwee. Hy verlos hom van sy son des en ook van die verlamming. Jesus maak sy spiere gesond en gee hom krag om op te staan en self verder te loop. Onthou, ’n mens kan nie sonder geloof hulp by die Here kry nie. Jy moet die Here nie net in jou nood ken nie, maar jy moet Hom elke dag dien. Dan sal Hy volgens sy wil jou help waar dit nodig is.

77. God versorg sy kindersLees in jou Bybel 1 Petrus 5:1-11 (vs. 7)

Jy as kind het seker ook bekommernis in jou hart oor een of ander ding. Dit is deel van die mens se lewe

om bekommerd te wees. Jy is bekommerd as Mamma of Pappa siek is, as jy moet eksamen skrywe, as jy aan ’n sportbyeenkoms moet deelneem. Jy is bekommerd omdat jy nie weet hoe die hele saak gaan uitloop nie. Die Here wil nie hê dat gelowige mense bekommerd moet wees nie. Hoekom nie? Omdat God vir jou sorg. Jou lewe word nie be paal deur Satan nie. Dit is God wat dinge in jou lewe laat gebeur. Daarom is daar net een manier om van jou be kommernis ontslae te raak. In vers 11 staan dat jy die be kommernis en spanning nie alleen moet dra nie, jy moet dit oorgee in die hand van die Here. God weet wat vir jou die beste is, daarom sal Hy sorg dat alles in jou lewe vir jou net vir die beste sal bring.

78. Gelowiges mag plesierig weesLees in jou Bybel Johannes 2:1-11

Jesus doen nie wonderwerke nie, maar wondertekens (Lees: Joh. 2:11; 4:45; 6:14; 7:31). Sy wonders beteken

iets. Die wonderteken van die water wat in wyn verander het, het dus ’n betekenis. Jesus se eerste wonderteken is water wat Hy in wyn verander. Moes Jesus nie teen die gebruik van drank wees nie? Jesus leer ons om dit te gebruik en nie te misbruik nie. Christus help die bruilofsgaste om vrolik te wees. Jesus se lekker wyn het hulle daarin gehelp.

God wil dat die mens vrolik en bly sal wees. Des te meer omdat Hy as die Verlosser van die sondes gekom het. Alles wat God geskep het, mag die mens gebruik – nie mis bruik nie. Jy mag die lewe wat God gee, geniet, jy moet vrolik en bly wees. Dit is nie sonde nie. As kind van God kan jy weet dat God jou al die plesier en vrolikheid in die lewe gun.

Page 9: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 9

79. Die verkeerde keuseLees in jou Bybel Genesis 25:29-34 (vs. 34)

As daar een ding is wat vir elke mens baie lekker is, dan is dit ’n lekker ete as jy baie moeg en honger is. Men-

se doen groot opoffering om lekker te kan eet. Dit was ook die geval met Esau. Toe hy baie moeg en honger by die huis kom ná ’n jagtog, vra hy vir Jakob van die lekker sop wat hy gemaak het. Jakob ruil toe die sop vir Esau se eersgeboortereg. Die oudste seun van elke gesin het gewoonlik meer van hulle pa geërf as die ander en dié seun was ook dan die hoof van die familie. Dit was ’n reëling van God. As Esau moet kies tussen die gawe wat God aan hom as oudste seun gegee het en die warm sop, dan kies Esau die sop. Daarmee gooi Esau alles weg wat van betekenis is, net omdat hy baie honger was. As jy tussen plesier en die Here moet kies, kies altyd vir die Here, want dit is die allerbeste.

80. Jerigo se val en ons verlossingLees in jou Bybel Josua 6:15-21 (20)

God bring Jerigo tot ’n val. Die weeklange tog van Israel om Jerigo was die voorspel van wat op die sewende

dag gebeur het toe die mure ingetuimel het en Israel die stad kon inneem. In die simbool van die ark was God teenwoordig (vs. 12). Die Israeliete het goed verstaan dat dit nie deur hulle slim planne of geweldige leër is dat Jerigo ingeneem is nie, dit was God wat dit gedoen het. Voor die oordeel van God kan die heidene nie staande bly nie. “Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval” (Heb. 11:30). Net so is die verlossing uit die sonde nie ’n briljante plan van die mens nie, maar dit is God wat jou sondes deur Jesus Christus wegneem. Al wat jy moet doen, is om in Jesus te glo. God breek vandag steeds die mure van die sonde af, in jou eie lewe, indien jy standvastig in die geloof aan God vashou.

81. God vra volle gehoorsaamheidLees in jou Bybel Josua 7:19-26 (12)

Wat met Akan gebeur het, was ’n waarskuwing vir die Is raeliete om op hulle dade te let. God beveel dat

Jerigo met alles wat daarin is, vernietig moet word. Israel mag niks van die goed vir hulle neem nie. Maar Akan luister nie en begrawe van die bangoed in sy tent. Toe verloor Israel die veldslag teen Ai. God sê iemand het gesondig en nou word die persoon, Akan, deur God uitgewys (vs. 18-21). Daarom kom God se oordeel oor Akan en alles wat aan hom behoort (vs. 25). God sê: “Israel het gesondig en my verbond verbreek” (vs. 11). God leer dat ’n heilige land net aan heilige mense kan behoort. Dit leer ons ook dat die oortreding van een mens die hele groep waaraan hy behoort, kan benadeel. As gelowige kindjie van God moet jy in alles doen wat die Here van jou vra. So alleen loop jy die pad wat God wil hê.

82. Noodsaaklike leesstofLees in jou Bybel Deuteronomium 17:14-20

Niemand se opvoeding is volledig sonder die Bybel nie. Mamma en Pappa, die onderwysers en jou katkisasie-

onderwysers kan jou alles onder die son leer, maar as jy nie onderrig is uit die Bybel nie, beteken dit niks. Jy kan al die kennis en die wysheid van die wêreld hê, maar as jy nie die Bybel ken nie, dan weet jy eintlik niks nie. Die Bybel is die manier waarop God met ons praat. As jy wil uitvind wie God is, wat God doen en wat Hy van jou verwag om te doen, sal jy elke dag uit die Bybel moet lees. Om gehoorsaam as kind van God te lewe, moet jy God se Woord lees, want daarin sê God vir jou wat reg is en wat verkeerd is.

Dit is baie belangrik dat jy elke dag uit God se Woord lees, en ook nie maar net lees nie, jy moet ook probeer verstaan wat God vir jou in die Bybel sê.

83. God is in beheerLees in jou Bybel Josua 8:18-23 (18)

Die inname van Ai word in besonderhede vertel. Dit wil voorkom asof Jerigo ingeneem is deur ’n wonder van

God, maar dat Ai ingeneem is deur die vernuf van Josua en sy manskappe. Dit is nie waar nie: Die Here sê vir Josua: “Steek die swaard wat jy in jou hand het, na Ai toe uit, want Ek gee die stad in jou mag oor.” Dit is duidelik dat die Here ook die planne van mense gebruik om sy wil te laat geskied. In jou eie lewe is dit ook waar. Kom ons neem die voorbeeld van ’n eksamen. Jy kan nie niks wil leer vir die eksamen en verwag die Here sal sorg dat jy goed doen nie. Jy moet getrou jou klaswerk en huiswerk doen. Jy moet intensief vir die eksamen leer, dan gee die Here vir jou sukses deur die inspanning wat jy daarin gesit het. So be werk God dinge in jou lewe as jy jou verantwoordelikheid nakom.

84. God hou sy beloftesLees in jou Bybel Josua 21:43-45 (vs. 45)

God het vir Moses gestuur om as leier op te tree. God wou sy eie volk, die Israeliete, na hulle eie land, Ka-

naän, lei. In hierdie proses het God beloftes aan die volk gemaak. God belowe aan hulle ’n eie land (Deut. 1:8 & 39) en Hy belowe aan hulle ’n rustige lewe ná die tyd van slawerny in Egipte en die 40 jaar van trek deur die woes-tyn (Deut. 12:10). Josua kan aan die einde van die pe-riode sê: “Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervuld gebly nie. Almal is nagekom.” In die boek Josua leer ons dat God baie nou-keurig die beloftes wat hy maak, nakom. Vir jou as kind van die Here is dit belangrik, want God het aan jou ook beloftes gemaak. Laat Pappa en Mamma vir jou vertel wat het God alles belowe toe jy gedoop is. En dit alles sal God vir jou laat waar word.

Page 10: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

10 slingervel julie 2013

dr. nico van der merwe

Die ware wysheid

Spreuke vir die tiener verklaar

Spreuke 9:10

Spreuke 9:7-12 skets die kontras wat daar is tussen ’n wyse man en ’n dwase man. Dit is dieselfde as die kontras tussen Wysheid

(Spr. 9:1-6) en Dwaasheid (Spr. 9:13-18). Daar is in werklikheid ’n groot gaping tussen Wysheid en Dwaasheid. Die vernaamste verskil is dat die wyse man na die stem van die Here luister en dan gaan doen wat die Here van hom vra, terwyl die dwase hom aan God en sy Woord nie steur nie en daar niks mee te doen wil hê nie.

Vir die Christentiener is dit lewensbelangrik om na die wysheid van God te soek! Dit is die bron van waaruit jy jou lewe rig. Ja, die wysheid is vir al-mal bedoel, niemand is uitgesluit wanneer die wyse spreuke meegedeel word nie. Deur middel van die spreuke kan alle mense rigting, leiding en koers in hulle lewe verkry. Dit is immers die doel van die Spreukeboek.

In Spreuke 1 word jou reaksie saamgevat:

Deur middel van die wysheid van die spreuke • moet jy kan onderskei wanneer iemand verstandig praat of dwaasheid kwytraak (vs. 2).So sal jy behoorlike opvoeding ontvang (vs. 3).• Op dié wyse verkry jy ’n sin vir regverdigheid en • goeie oordeel (vs. 3).Dit is ’n metode waarvolgens jy leer wat reg en • billik in die lewe is (vs. 3).Die spreuke leer jou om met ware kennis en •

oorleg op te tree in alles wat jy doen (vs. 4).

“Wysheid begin met die dien van die Here” (Spr. 9:10). Hoe jy die Here in die praktyk van die daaglikse lewe moet dien, word in Spreuke aan jou geleer. In die allerlaaste instansie kom dié wysheid immers van God af, wat dit juis bedoel het vir jou alledaagse lewe. Dit is nie bedoel vir sekere uitgesoekte fasette van jou menswees nie, maar vir alle aspekte van jou lewe. God gee hierdie wysheid vir jou om in alles daarvolgens te lewe.

Daarom is die spreuke iets wat vertolking en verklaring nodig het. Daar sit praktiese lewenswysheid in die Spreukeboek. In die woorde, beelde, raaisels en uitsprake sit dit verskuil. Diep binne-in sit dus waarhede wat oopgemaak en uitgehaal moet word, sodat jy dit prakties elke dag in alles wat jy doen, tot eer van God kan gebruik (Pred. 12:13; 1 Kor. 10:31; Kol. 3:17; 1 Pet. 4:11).

Dit sal die mens ontsaglik baat om hierdie spreuke een vir een na te lees en te oordink. God wil daarin iets sê. Jy moet dit vind.

Vanself kom die gebed in die hart op:

U wysheid, Heer, wat nimmer faal,het my geboortestond bepaal;voor iets van my ’t begin te lewe,was alles in u boek geskrewe (Ps. 139:8). SV

Page 11: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 11

TELLIE SKOOP

'n Verrassing op Saturnus se maan

Titan

Een van die planeet Saturnus se mane, Titan, is weer in die nuus. Ons het ’n paar keer in die verlede vir die Slingervelmaats oor Titan

geskrywe. Die Amerikaanse Ruimte-agentskap (NASA) het ’n ruimtetuig met die naam Cassini-Huygens na Titan gestuur om die maan te ondersoek.

Op 30 Junie 2004 het die ruimtetuig by die maan aangekom. Die Huygens-verkenningstuig het op Titan geland en die Cassini-ruimtetuig het om Saturnus gewentel en foto’s en opnames gemaak en na die aarde teruggesend.

Op 26 September 2010 is die verrassende ontdekking gemaak dat daar ’n riviervallei op Titan is van 400 km lank wat in die Ligeia Mare (see) uitmond. Die merktekens van hierdie rivier lyk baie soos die delta van die Nylrivier in Egipte (kyk die foto).

Die foto toon aan dat daar miljoene jare gelede ’n soort vloeistof, koolwaterstof, in die rivierbedding gevloei het. Titan is die enigste plek in die heelal, behalwe die aarde, waar wetenskaplikes bewegende, vloeiende vloeistof gevind het.

(Bron: Astronomy, April 2013. Foto: NASA)

Page 12: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

12 slingervel julie 2013

Dit is ’n nuwe appelboord wat die boer geplant het. ’n Klomp jong boompies staan in rye en rye die hele land vol. Hy gee vir hulle genoeg water en genoeg voedingstowwe in

die grond om lekker te kan groei.

Die boer is ’n bietjie bekommerd, want daar is vyf bome teen die een hoek van die land wat glad nie wil groei nie. Hulle bly net soos hulle was die dag toe hy hulle geplant het. Al is dit net vyf van die hele groot klomp, wil die boer darem baie graag weet hoekom net daardie vyf nie wil groei nie. Hy het vir hulle ekstra kos in die grond om die stamme gesit en ekstra water, maar na ’n maand lyk die vyf boompies nog niks langer nie. Hulle lyk mooi gesond, hulle wil net nie groei nie.

Daardie aand om die eettafel vertel die boer vir sy vrou van die eienaardige vyf boompies. Al die ander bome groei fl uks en behoort nog in die jaar lekker appels te dra. Klein Emma, hulle dogtertjie, sit nuuskierig na haar pappa en luister terwyl sy eet. Sy sal darem graag daai boompies wil sien. In haar gedagtetjies wonder sy of hulle nie towerboompies is nie. Dié gedagte maak haar nou eers nuuskierig om die boompies te sien.

Die volgende dag toe Emma se pappa na ’n ander land vol perskebome toe is, speel sy buite met haar mooi pop. Ou Wagter, hulle groot hond, lê altyd naby haar waar sy speel, want sy ounooi het hom beveel om vir Emma op te pas wanneer sy buite speel.

Emma hoor die telefoon in die huis lui, en sy weet nou gaan haar mamma weer lank met een van haar vriendinne gesels.

“Kom, Wagter, ons gaan na daai boompies toe. Ek wil weet of hulle towerboompies is,” gesels sy met die groot hond, wat gewillig opstaan om saam met haar te stap. Dis ver, maar Emma draf die eerste entjie vinnig om van die huis af weg te kom voor haar mamma sien sy is nie meer voor die deur nie.

Sommer van ver af sien Emma die vyf boompies wat baie kleiner as al die ander klomp is. Saam met haar stap Wagter tot by die boompies. Emma stap al om en om elkeen van die vyf boompies en bekyk hulle goed. Wagter gaan lê eenkant met sy

tannie rika du plessis

Die appelboom

kop op sy pote, maar sy oë bly op Emma gerig.

“Ek sien niks snaaks aan julle vyf boompies nie. Vir wat wil julle nie groei nie?” vra Emma sommer nou vies, omdat sy al die pad verniet geloop het, want hierdie boom pies lyk glad nie na to-wer boompies nie. Sy het da-rem gedink iets sal anders aan hulle lyk as hulle sulke spe siale boompies is.

“Omdat ons nie wil groei nie,” praat ’n stemmetjie met-eens agter Emma en sy swaai verskrik om. Daar is niemand nie en sy kyk oral om haar rond. Selfs Wagter het nou al opgestaan en sy ore staan kierts-regop.

“Wie is daar? Kom uit waar jy wegkruip. Ek het jou

Page 13: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 13

gehoor praat, en Wagter ook. Wie is jy?” vra Emma braaf, maar staan darem ’n bietjie nader aan Wagter met haar hand op sy groot kop. Sy voel darem veilig by hom. Met haar ander hand frommel sy een van die blaartjies van die appelboompie die naaste aan haar stukkend.

“Los my blaartjie, eina, jy maak my seer. Dis ek, die appelboompie hier by jou, wat met jou praat,” sê dieselfde stem weer, en hierdie keer skrik Emma nie so groot nie. Sy kyk na die verfrommelde stukkende blaartjie in haar hand en los dit. Sy kan darem nie glo die boompie het met haar gepraat nie.

“Bome kan nie praat nie,” probeer sy seker maak.

“Ek kan met jou praat. Ek weet jy is nuuskierig, en seker nou bang ook, maar jy hoef nie vir ons bang te wees nie. Ons kan jou niks maak nie. Ons wil net nie groei nie.”

“Maar hoekom nie?” vra Em ma nou, en los Wagter se kop om oor die boompie se blaartjies te streel.

Fyn giggel die boompie. “Oeee, jy kielie my, dis so lek-ker.”

Nou lag Emma en hou aan streel oor die blaartjies.

“Ek wil nog weet hoekom julle nie wil groei nie,” sê sy egter.

“Wanneer ons groot is, moet ons vrugte dra … appels, en dan kom die grootmense en hulle pluk alles af. Kan jy dink hoe seer gaan ons kry met elke appel wat hulle van

ons gaan afpluk?” vra die boompie.Emma staan en dink. Sy moet die boompies oorreed om te

groei. Dan dink sy skielik aan iets.“Jy is nog jonk, jy weet nie hoe dit is om appels aan jou takkies

te hê nie. Eers kom daar blommetjies uit, en hulle word dan klein-klein appeltjies. Daai appeltjies word groter en groter en groter tot hulle ryp genoeg is om afgepluk te word. Kan jy nie dink hoe vreeslik swaar gaan die klomp groot appels aan jou takkies hang en jou laat seerkry nie? Die mense pluk dit af en jy kry regtig nie seer nie. Dan is jou takke weer lekker lig en dra jy nie so swaar nie. As julle so klein gaan bly, gaan die boer julle uitkap en weggooi omdat julle nie vir hom wil appels dra nie.”

“Maar dan sal ons doodgaan,” sê die boompie nou verskrik.“Wel, die boer het julle gekoop om te plant om vir hom appels

te dra om te verkoop. As julle nie wil nie, beteken julle vir hom niks. Hy sal vyf ander in julle plekke plant.”

“Sal ons regtig nie seerkry as hulle ons appels pluk nie?” vra die boompie.

“Nee, julle sal nie, julle sal weer lekker lig en vrolik voel en verder groei.”

“Maatjies, ek dink ek wil liewer groei en appels dra as om uit-gekap te word en iewers in die veld te lê en doodgaan,” sê die boompie nou vir die ander vier boompies.

Al vier stem met hom saam. Nou is Emma baie bly en sy groet die boompies om saam met Wagter huis toe te stap.

Daardie aand by die eettafel kyk sy na haar pappa en mamma. Sy weet hulle gaan haar tog nie glo as sy sê die boompies het met haar gepraat nie.

“Pappa het gister gesê as die boompies nie nou begin groei nie, gaan Pappa hulle uitkap. Pappa moenie, gee hulle nog ’n kan sie. Pappa sal sien so teen volgende week se kant gaan hulle almal nuwe blaartjies hê en vinnig groei.”

“Nou toe nou, en hoe weet jy dit, my kindjie?” vra haar pappa laggend, en haar mamma glimlag ook ondeund.

“Ek weet sommer net. Die boompies het met my gepraat.”Haar ouers lag en knip vir mekaar oog. “Seker in jou drome,

my kindjie, maar goed, ek sal hulle nog ’n week kans gee,” sê Pappa.

Teen die einde van die volgende week kom haar pappa baie verbaas by die huis aan en kyk na haar.

“Wel, Emmatjie, jou boompies het hulleself gered, want hulle is eindelik besig om te groei. Dis maar goed jy het daai droom oor hulle gehad, anders was hulle nou uitgekap.”

Emma glimlag net en streel oor Wagter se kop. Dis haar en Wagter se geheim. SV

Page 14: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

14 slingervel julie 2013

Rika du Plessis

Handige HANNIE (2)

lees hoofst

uk

2 van ons n

uwe

vervolgverhaal

vir

tieners ...

By die motorhawe gee Roelf vir Hannie ’n oorpak wat vir haar pas, en gaan stel haar

dan aan Danie Lubbe voor – die jongman wat laasweek hier begin werk het.

“Wil Oom wraggies hê ’n mei-sie kind moet my kom help? Dis mos manswerk dié. Sy gaan net in my pad wees,” brom Danie na hy vlugtig na haar gekyk het.

“O nee, Danie, moet nie in haar mooi gesiggie vaskyk nie. Hier die meisie kan ’n motor enige tyd net so goed soos jy versien,” lag oom Roelf. “Nou toe, daar word die eerste twee ingetrek, laat julle gaan werk.”

“Ooo, Danie, kan ek asseblief daai pragmotor doen?” vra Han-nie opgewonde toe sy die blink, spog gerige rooi motor sien.

“Jong, liewer nie. Die eienaar van daai motor is nogal vol non-sies. Hy vind altyd iets om agter-na oor te kla. Doen jy maar daai Toyota.”

“Danie,” roep Roelf van ’n af-stand af. “Laat Hannie die rooie doen, sy’s ’n ekspert op hulle. Ek het haar self geleer.”

Laggend stap Roelf na sy

kan toor toe. Dis vir hom duidelik Danie het geen vertroue in Hannie se han dewerk nie. Baie mense het hulle al met Hannie se handigheid met motors misgis, maar hy, Roelf, het die volste vertroue in haar. Van kleins af het sy vakansies in sy motorhawe geboer en wou gretig alles by hom leer.

Brom-brom draai Danie weg na die Toyota toe en Hannie stap glim-laggend na die rooi gevaarte toe. Sy trek haar werkershandskoene aan, vryf die hande teen mekaar van lekkerte, en klim in die put af om met die motor se diens te begin.

’n Skraal kêreltjie klim agter haar aan en sy kyk verbaas na hom.“En nou? Wie’s jy?” vra sy.“Ek’s nou wat hulle noem jou handlanger, Juffrou,” glimlag hy met ’n

stel spierwit tande en glinsterende amper swart oë uit ’n donker gesig na haar toe. “My naam is Bennie.”

“Haai nou toe nou, ek het glad my eie handlanger! Laat ons werk, Ben nie, gee aan daai skroewedraaier,” lag Hannie vriendelik met hom.

Vir die volgende ruk is Hannie en Bennie druk bedrywig, en dan klim sy selfvoldaan uit die put uit, met Bennie op haar hakke. Alles het glad verloop en sy is in haar skik.

“Wat soek jy en die jafel hier onder my motor?” vra ’n bars stem met eens agter hulle en Hannie swaai verskrik om. Voor haar staan ’n middeljarige man met ’n weglê-snor en kyk fronsend ontevrede na hulle.

“Ek het Meneer se motor gediens. Hy gaan nou gewas word. Jis, Meneer het ’n mooi motor,” sê Hannie en ignoreer sy streng gesig. Sy lag op in sy befoeterde oë.

“Ek glo nie wat ek hoor nie. Het Roelf wraggies toegelaat dat ’n snui ter van ’n meisiekind en hierdie nat-agter-die-ore jafeltjie my motor diens? Waar is hy? Ek wil hom nou dadelik sien,” raas die man.

“Ag, word kalm, ou vriend. Jy sal geen fout vind met die diens wat Han nie gedoen het nie. Kom drink koffi e daar by my solank hulle jou motor skoonmaak,” praat Roelf meteens hier by hulle en neem die

Page 15: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 15

steeds befoeterde man liggies aan die arm.“Nee, Roelf man, met watse nonsies is jy nou besig?” brom die man,

maar stap darem tog saam met Roelf kantoor toe.

Hannie en Bennie kyk na mekaar. Bennie se oë is wyd gerek, maar Hannie trek haar skouers argeloos op en beduie vir ’n werker om die motor na die wasafdeling toe te vat en die volgende motor op die put te trek.

“Ek het jou gesê julle gaan teenspoed met daai ou kry. Hy kla altyd oor die onbenulligste ou dingetjie,” sê Danie net toe sy en Bennie weer in die put wil afklim.

“Ek steur my nie aan hom nie. Hy moet eers fout vind voor hy my kan kom oordeel. En ek weet hy sal nie fout vind nie,” antwoord Hannie vol selfvertroue.

“Ons sal sien,” mompel Danie en kyk met opgetrekte wenkbroue na haar.

“Kyk, Danie, wat het ek aan jou gedoen dat jy so onvriendelik en nors met my is? Ek werk maar net hier vir ’n verdienste, net soos jy,” besluit Hannie sy het nou genoeg van hierdie outjie se ontevrede gesig gehad.

Danie antwoord nie. Hy kyk net na haar. Hy wonder waar oom Roelf die mooi in hierdie meisiekind raaksien. Al wat hy voor hom sien, is ’n fi guur in ’n onvleiende oorpak, vaalbruin hare wat styf agter haar kop in ’n poniestert vasgevang is. Twee groot grys oë kyk vanuit ’n son ge-tinte gesig na hom toe. Al wat oukei lyk, is haar mooigevormde lippe, maar daar is nie eens ’n ou tikkie lipverf aan nie, en lyk ook maar on-interessant.

“En nou? Het iemand jou pap gesteel?” vra sy.“Nee, ek het maar net staan en dink. Hoe dink jy gaan jy ooit ’n kêrel

kry as jy lyk soos jy nou hier lyk? Hierdie is nie vroumenswerk nie.”“Hoekom pla dit jou as ek nie as gevolg hiervan ’n kêrel kan kry nie?

Dis mos my probleem, dan nie?”“Ja, toe, ou snip, loop werk. Ons gesels weer ná ou brombeer jou

oor ’n dag of wat onder hande gehad het,” grinnik Danie en stap na sy put toe.

“Juffrou moet jou nie aan Danie steur nie. Ek het mooi gekyk hoe Juffrou gewerk het, en daar was niks fout nie. Alles was maar presies gedoen soos hy dit ook sou doen. Ek was al sy handlanger ook,” probeer Bennie troos.

“Ag, Bennie, ek steur my ook nie aan Danie se norsheid nie. Sy meisie het hom seker die trekpas gegee, en nou is hy sommer met my onplesierig,” lag Hannie.

“Haai, hoe het Juffrou dit geweet?” vra Bennie grootogig.“Jy bedoel dis wat wel gebeur het?” vra sy.“Ja. Hy het met daai einste brompot van die rooi kar se dogter uitge-

gaan. Sy is ’n baie, baie mooi meisie, en sy het baie van Danie gehou. Maar Danie is te arm vir haar. Sy wou na plekke toe geneem word waar-heen hy haar nie kon neem nie, want hy verdien nie genoeg nie. Sy het eers gesê dit maak nie saak nie, sy sal betaal, maar Danie wou nie. Hy is mos trots. Boonop het haar pa gesê as Danie nie kan betaal vir die plesier in sy dogter se lewe nie, hoort hy nie by haar nie. Hy het Danie

’n ghriesmonkey genoem.”“Sjoe, jong, maar dis darem

lelik. Ek kan nie kleinkry hoekom sommige mense se vriendskappe beïnvloed word deur ryk en arm nie. Foeitog, nou verstaan ek hoe kom Danie so oeserig lyk. Eint lik is hy nogal ’n aantreklike mannetjie.”

“Danie sou môreaand na sy oom en tannie se huweliks her-denkingsfees gegaan het, en sy sou saam met hom gegaan het. Nou het sy hom gelos, en Danie sit sonder ’n maat. Hy wil nie alleen gaan nie, want almal gaan in pare daar wees, juis oor die spesifi eke geleentheid.”

Diep ingedagte diens Hannie die motor, en ook die volgendes wat vir die res van die dag op haar put beland. Daardie aand toe sy saam met Roelf wil huis toe gaan, stop die blinkrooi gevaarte voor die motorhawe. Brompot draai die venster af en glimlag wyd.

“Roelf, daai meisiekind van jou ken haar storie. Ek’s baie tevrede met die diens wat sy gelewer het,” roep hy, en trek spoggerig weer weg.

“Nou toe nou – blaas my siel,” mompel Danie hier by hulle waar hy ook op pad huis toe is.

Hannie glimlag net met hom en haak by haar oom in op pad huis toe. SV

Page 16: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

16 slingervel julie 2013

Ons verantwoordelikheid

Oom Attie Venter

In hierdie verband het ons twee uiteenlopende standpunte: dié van ’n ateïs en dié van ’n gelowige. Baie pogings is ook al aangewend om die teorie van die oerknal en evolusie te versoen met wat ons in die

Bybel oor die skepping lees.

Eerstens: omdat dit hier oor geloofsake gaan, moet ons duidelikheid hê oor wat die Christelike opvatting ten opsigte van hierdie dinge is. Dit is dat alles deur God geskape is en steeds deur Hom onderhou word. Hy het sy Seun, Jesus Christus, aan die kruis laat sterf en weer uit die dood opgewek sodat nietige, swak mensies soos ons gered kon word om tot in ewigheid saam met God te leef en te regeer.

Bewys of nieAs iemand sou vra dat ek my geloof moet bewys, moet ek erken dat

ek dit nie kan doen nie. Maar dit is mos presies wat geloof is – om te aanvaar wat jy nie kan bewys nie. Die sake in die Bybel waaroor baie mense deesdae verskil, is alles in werklikheid onbewysbaar, byvoorbeeld die maagdelike geboorte van ons Here Jesus, of sy opstanding en hemelvaart.

’n Mens kry soms te doen met die aggressiewe ateïsme, wat die bestaan van God aktief beveg. Hulle beweer dat sommige godsdienste in die verlede die mensdom negatief beïnvloed het. Daar was wel godsdiens-fundamentaliste wat die godsdiens skeefgetrek het en daardeur baie kwaad gestig het. Dink maar byvoorbeeld aan die kruistogte of die selfmoord-bomaanvalle wat nou nog plaasvind, of die vliegtuie wat so ’n dekade of wat gelede in die geboue vasgevlieg het. Dit is alles in die naam van een of ander godsdiens gedoen, en kyk net watter grusame lyding het dit nie alles veroorsaak nie!

As alle mense in die toekoms saamwerk en die omgewing begin bewaar, hoeveel langer sal die aarde kan volhou om die aardbewoners te onderhou? Sal ons ’n verskil van sê maar 100

jaar maak – en as ons dit kan doen, wat is die nut daarvan? Dit is dan mos maar net die uitstel van die onvermydelike.

Kan tegnologie en wetenskap ons in dié opsig help? Gaan dit dalk oor iets anders as die lee yd van die aarde, soos oor

die kwaliteit van die lewe? As Christene probeer ons immers om die natuur op te pas, omdat dit God se opdrag is om met

verantwoordelikheid te heers!

Om egter te beweer dat hier die dinge ’n bewys is dat alle gods-dienste ’n “siekteverskynsel” in die wêreld is, is ’n bietjie vergesog. ’n Sekere voorstander van dié sie ning het sover gegaan as om ad vertensies op die Londense rooi busse te laat aanbring soos: “There is probably no God, so relax and enjoy life.” Waarom het hy in elk geval die woord “pro-bably” in die advertensie ingeskryf as hy so seker van sy saak is?

Bewys van die dinge wat ek nie sien nie

Dus: ek kan net so min bewys dat daar ’n liefdevolle Vader in die hemel is as wat sulke mense kan bewys daar is nié ’n liefdevolle Va der in die hemel nie. Die verskil is dat ek dit soos ’n kind aanvaar. Ie mand het geskryf: “All I have seen teaches me to trust the Crea tor for all I have not seen” (alles wat ek sien, leer my om op die Skepper te vertrou vir dit wat ek nie sien nie). Daar is baie wetenskaplike onduidelikhede en ook geloofsonduidelikhede wat ons nog glad nie verstaan nie.

Bybel en wetenskap weer-spreek me kaar nie, maar die twee open barings VUL mekaar pragtig aan. Die rede waarom daar tans nog onduidelikhede of dowwe kol-le is, is omdat die mens nog nie die wetenskaplike kennis het nie, of omdat die Bybel verkeerd ver-staan of verkeerd gebruik word.

Page 17: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 17

Huidige kennis onvolmaakSeker die maklikste voorbeeld van hierdie

(vroeëre) verkeerde gebruik word deur mense gegee wat beweer dat in Psalm 119, Jesaja 66 en Prediker 1 geskrywe staan dat die aarde vas staan. Vandag sê die wetenskaplikes egter dat die aarde ’n planeet is wat rondom die son wentel. So, die Bybel is dus verkeerd oor die vasstaan van die aarde, en as die Bybel nou hieroor verkeerd is, oor watter ander dinge is die Bybel dan nog verkeerd? Die punt is: die Bybel is nie ’n wetenskaplike handboek nie, dus kan ’n mens nie die digterlike taal van die destydse Bybelskrywers vandag buite konteks, letterlik vertolk en dan sê die Bybel en wetenskap weerspreek mekaar nie. ’n Mens moet maar versigtig wees met jou uitsprake oor hierdie goed, want alle kennis is voorlopig. Daar is elke dag nuwe goed wat gegenereer word, en ek is van mening dat dit partykeer ’n bietjie voortvarend van natuurwetenskaplikes en ook teoloë is wat beweer dat hulle al die antwoorde het. Sulke stellings dat die oerknal en evolusie gewens is, sou ek graag ’n bietjie wou temper deur te sê dat die huidige wetenskaplike getuienis dit wil laat lyk asof daar ’n oerknal was en dat lewe deur evolusie op aarde gevorm is, maar dit is blote teorieë. (Onthou, daar is verskillende fasette van evolusie!) Geen mens kan met 100% sekerheid sê dat dit presies só plaasgevind het nie. Daarvoor weet ons net eenvoudig te min.

’n Mens kan egter ook nie die wetenskaplike ge-tuie nis ignoreer en dan, omdat die Bybel sekere goed sê, dit letterlik vertolk en sê die wetenskap is ver-keerd nie. Dan slaan ’n mens die bal ook mis. Dink maar aan Galileo se ontdekking dat die aarde om die son wentel en nie die son om die aarde nie!

Genade van GodDit bring my terug by geloof. Die twee weten-

skaplikes wat die menslike genoom ontrafel het, Fran-cis Collins en Craig Venter, het na presies dieselfde stel gegewens gekyk en Collins het gesê dat hy die “taal van God” in die DNA kan raaksien, terwyl Venter gesê het dat hy suiwer ateïstiese evolusie in aksie sien. Die feit dat die persoon glo en ’n ander een nie, beteken nie dat die gelowige slimmer of beter is of meer insig het as die ongelowige nie – dis blote genade van God.

Nou weer ons vraag wat ons aan die begin gestel het: Wil God dat ons die aarde bewaar, en wat is die nut of doel van alles?

Dit gaan in die eerste plek oor lewenskwaliteit • van onsself en van ander mense. Ongeag watter geloof iemand aanhang, selfs by ateïste, is daar ’n moraliteit in mense wat maak dat ons vir mekaar omgee, dat ons ander mense wat swaarkry, wil help en dat ons daarom die omgewing wil bewaar.Vir ’n Christen is dit egter nie die enigste doel nie. • Gelowiges pas die aarde in die eerste plek op omdat dit God se aarde is en die mens as rent-meester daaroor aangestel is. Dit bring natuurlik ’n dieper dimensie mee, want nou pas ons nie die aarde op asof dit net tot voordeel van onsself of ons medemens sal wees nie, maar ons sien die inherente waarde van God se skepping raak.Die Bybel leer ons dat ons nie die toekoms ken • nie, en die feit dat ons byvoorbeeld nie weet wan neer die wederkoms gaan wees en wanneer hierdie aarde nuutgeskape gaan word nie, ont-hef ons glad nie van ons verantwoordelikheid van rentmeesterskap nie. In elk geval bly dit vir ons tot groot troos dat God eendag al die onvolmaakthede van hierdie aarde gaan herskep sodat ons in volmaakte harmonie met mekaar en met God sal kan lewe. Tot daardie dag aanbreek, moet ons egter ons opdrag as rentmeesters nakom – en dit behels doodgewone, alledaagse dinge, soos om energie te spaar, hulpbronne spaarsamig te gebruik, dit nie te besoedel nie, en ook om aan prosesse deel te neem soos die pas afgelope gas-eksplorasie in die Karoo, waarop daar gelukkig ’n moratorium geplaas is. Dit wys dat ons nie magteloos met dié goed is nie, en dit gee ons baie moed vir die toekoms, waar die saak eers ordentlik ondersoek gaan word voordat dit voortgaan.

Om saam te vat ...Gelowiges glo dat God alles geskape het en dit

steeds beheer, al verstaan ons baie dinge glad nie. As ateïste meen gelowiges is naïef, is dit sekerlik hulle reg om so te dink. Maar ons moet bereid wees om na mekaar se standpunte te luister en dit te bly evalueer in die lig van die ontwikkeling van die natuurwetenskap en ook die ontwikkeling van die teologie. Dit is dinamiese wetenskappe – dinge gaan vorentoe en nie een mens op aarde weet alles nie. SV

(Gebaseer op ’n radiopraatjie op RSG deur prof. Kobus van der Walt.)

Page 18: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

18 slingervel julie 2013

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Simon van Cirene se seun (Mark. 15:21).3. Elkana was dit van Hanna (1 Sam. 1:8).5. Die skaap is deur hulle rondgejaag (Jer.

50:17).7. Die seun van Remalja (2 Kon. 15:25).8. Insig is 'n bron hiervan (Spr. 16:22).10. Jy moet moeite doen sodat hy jou nie voor

die regter ______ nie (Luk. 12:58).12. Silpa se oudste seun (Gen. 35:26).13. Die profeet se naam (1 Kon. 1:45).

AF1. Dit sal vir altyd krom buig (Rom. 11:10).2. Askelon sal dit doen en skrik (Sag. 9:5).4. Die Romeine sal dit van ons tot niet maak

(Joh. 11:48).5. In hierdie plek het die sonde van Sion begin

(Miga 1:13).6. So 'n swaard het twee snykante (Op. 2:12).7. Hy het na die geboorte van Reü nog 209

jaar gelewe (Gen. 11:19).9. Hy voorsien dit vir die aarde (Ps. 147:8).11. Josua se pa (Deut. 34:9).

Page 19: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 19

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Grundmann, Harriet. 2012. Die vyfde skaap. Illustrasies deur Tobias Krejtschi en uit Duits

vertaal deur Carmen Hansen-Kruger. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-

86919-526-7.

Toe Linda een aand weer lê en skape tel omdat sy nie kan slaap nie, bemerk sy dat skaap nommer vyf spits ore en skerp tande het – ’n wolf wat by

die skape aangesluit het!

Sy het hom uitgevra en hy het erken dat hy aan die wrede, wilde wolwe behoort. Die skape was baie bang vir hom, maar hy het hulle verseker dat hy vredeliewend is en eerder vrolik oor die wolkies wil spring as om hulle op te eet. Aangesien hy egter kan grom en kwaai wees, het hy op Linda se versoek die monster weggejaag wat haar elke nag uit die slaap gehou het.

Hierdie humoristiese storieboek met sy onder-steu nende illustrasies boei deur sy ongewone storie. Die boek is ideaal vir voorlees of selfl ees.

Wolf, Erlbruch. 2012. Leonard. Uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis.

Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-523-6.

Leonard weet baie van honde af, hy ken baie soor te honde en kan honde goed teken – hy tree selfs soos ’n hond op deur te blaf en te

byt. In werklikheid is hy doodbang vir honde en deur hierdie skyn-bravade probeer hy sy vrees verwerk.

Toe ’n feetjie hom eendag ’n enkele wens toestaan, het hy dadelik gekies om ’n hond te wees. Dit het egter ongelukkig nie sy vrees besweer nie, want nou was hy weer bang vir seuntjies!

Hierdie storieboek vir jong kinders met sy humo-

ristiese tekeninge vertel die verhaal amper uitdagend. Tog kom die eintlike rede vir Leonard se eienaardige gedrag deernisvol na die oppervlak.

Die boek laat blyk ook dat ouers hulle kinders onvoorwaardelik moet aanvaar, maar met hulle lief de en begrip jong kinders moet help om hulle skyn baar absurde vrese vir verskillende dinge (wat in eien-aardige gedragsuitings na vore kom) te help oplos. Die boek is ideaal vir selfl ees of voorlees.

Vanden Heede, Sylvia. 2012. Vos en Haas op die eiland. Illustreerder: Thé Tjong-Khing; uit

Nederlands vertaal deur Daniel Hugo. Pretoria: Protea Boekhuis. 108 p. Prys: R110,00. ISBN:

978-1-86919-448-2.

Vos en Haas hou op ’n eiland vakansie in die Suide. Hier is dit heerlik warm en nie koud soos die winter in hulle bos nie. Dit is egter

baie ver daarheen.

Hulle het ’n lekker knus tent tussen twee palmbome opgeslaan en het heerlike pretdinge gedoen. Hulle het ook vir Rob met Meermin op sy bors leer ken. Hy het allerhande handelsware op sy bootjie verkoop en skulpe as geld aanvaar.

Tog het hulle naderhand huis toe verlang, al was die seevakansie op die eiland baie lekker. Hulle het vir Uil gemis, en vir Tok en Kiep en Iek. Niks wou meer help vir die verlang nie – nie eers die luisterskulp of die swart boksie (selfoon) nie. Albei het besluit dat dit al lente in die bos behoort te wees en dat hulle moet teruggaan. Tuis het ’n heerlike verwelkomingspartytjie op hulle gewag, en almal was baie bly om mekaar weer te sien.

Die taalgebruik is eenvoudig in lekkerlees Afri-kaans. Die sinne is kort sodat beginnerlesertjies dit

Page 20: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

20 slingervel julie 2013

ook maklik self kan lees, en die woordeskat pas ook by jong kinders se begripsvermoë. Vos en Haas op die eiland is ook baie geskik vir voorlees.

Die illustrasies en die teks is humoristies en sorg vir groot pret. Hierdie boek sal groot byval by jong lesers vind.

Nolan, Allia Zobel. 2012. Die Tien Gebooie vir kleingoed. Illustrasies deur Janet Samuel.

Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 32 p. Prys: R79,95. ISBN: 978-1-77000-870-0.

In hierdie boek word die tien gebooie baie kripties en bevatlik vir kleuters en jong kinders verduidelik Die verskillende gebooie word as reëls voorgestel

waarvolgens ’n kind van die Here moet lewe.

By elke reël word ’n kort “defi nisie” van die reël ge-gee, daarna ’n sinnetjie of twee hoe hierdie spe sifi eke reël nagekom of nie nagekom is nie gedurende die tyd van die Bybel. Daarna volg ’n kort riglyn hoe die kleuter/jong kinders hierdie reël moet uitleef.

Vooraf word agtergrond verskaf van die uittog van die volk uit Egipte en hoe die tien gebooie aan Moses en die volk gegee is. In die boek is ook ver-skeie riglyne wat ouers, grootouers, onderwysers en andere kan gebruik om die tien gebooie aan kinders oor te dra en hulle te help dat die uitleef van die tien ge booie ’n lewenswyse word.

In die “Delf dieper”-afdeling word vrae met ant-woorde gegee om te bepaal of die kind werklik verstaan waaroor dit gaan. Daar is ook allerlei teksverwysings en ’n woordelys vir moeilike begrippe. Die taalgebruik is eenvoudig, duidelik en maklik verstaanbaar. Die kleurillustrasies is baie verduidelikend en op praktiese toepassing toegespits.

Hierdie boek is ’n besondere juweeltjie en kan met vrug gebruik word om geloofsgroei by kinders te stimuleer, sodat hulle God se liefde soos ’n goue draad deur hulle lewe kan ervaar en om die uitleef van

God se wil en gebooie in lewenswyse te help maak.

Jacobs, Jaco. 2012. Bastian Blom en die pratende portret. Illustrasies deur Celeste Vlok. Pretoria:

LAPA Uitgewers. 64 p. Prys: R80,00. ISBN: 978 0 7993 5508 6. (Bastian Blom-reeks.)

Bastian Blom se pa is die eienaar van ’n antiek-winkel. Hy en sy pa woon bokant die winkel. Hy het ook ’n troetelrot, Cheddar. Lindi se ma

werk in die antiekwinkel en die twee kinders het baie pret in die winkel.

Eendag het Bastian ’n ou portret ontdek wat sy pa saam met ’n ander klomp goed op ’n veiling gekoop het. Dit was die skildery van ’n ouerige dame. Tot sy verbasing het die dame in die pottretraam met hom begin praat en haar ontsteltenis te kenne gegee oor wat met haar skildery gebeur het ná haar dood. Die skilder van haar portret was ’n beroemde Nederlandse skilder – die skildery was dus baie werd.

Die vrou was só ongelukkig dat Bastian en Lindi besluit het om die regte koper vir die skildery te soek. Die keuring van die kopers het op ’n spanningsvolle avontuur uitgeloop wat selfs ’n nagtelike rooftog ingesluit het. Sou Lindi en Bastian ooit uiteindelik ’n regte koper kon vind?

Jong tieners sal van hierdie spannende avontuur-verhaal hou. Die taalgebruik is opwindend in lekker-lees Afrikaans en die illustrasies dra by tot die atmos-feer en leesgenot van die verhaal. Hierdie boek is die eerste boek in ’n kort reeksie. Jong tieners behoort hier die boek baie te geniet en uit te sien na die vol-gende boek in die reeks.

Die persverklaring van LAPA Uitgewers oor hierdie boek verklaar: “Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongeloofl ike avonture! Jong kin-ders sal Bastian se ongewone en humoristiese avon-ture verslind!” SV

Page 21: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 21slingervvel juliee 2 220101010133333 221111

Page 22: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

22 slingervel julie 2013

dr. nico van der merwe

97. ’n Christentiener gedra hom altyd goedLees: 1 Petrus 2:11-17 Teks: 1 Petrus 2:12

Word jy soms vies vir jou ouers wat gedurig sê jy moet jou goed gedra? Oorbeklemtoon ouers nie die saak as hulle van jou

as tiener verwag om altyd voorbeeldig te lewe nie? Dit is Gód wat verwag dat jy jou voorbeeldig sal gedra. Tieners moet vermaan en aangemoedig word, want Satan wil jou van God afvallig maak. Daarby, ’n kind van God kan tog nie ’n slegte voorbeeld stel nie. God wil hê dat selfs die heidene in jou lewe kan sien dat jy ’n kind van God is. Omdat God jou verlos van jou sonde, móét jy jou goed gedra, soos iemand wat verlos is. Dit is jou dankbaarheid vir die ver lossing. Jou lewe moet ’n voorbeeldige lewe wees, nie om jou ouers tevrede te stel of jou maats te beïndruk nie, maar omdat God dit van jou verwag. Omdat God jou verlos het, kán jy dit doen, want God het dit vir jou moontlik gemaak.

98. ’n Christentiener se skoonheid van GodLees: 1 Petrus 3:1-7 Teks: 1 Petrus 3:3-4

Mense is ingestel op liggaamlike skoonheid. Dit is nie die belang-rikste nie. “Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi voorkoms is nie

alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ’n vrou om geprys te word (Spr. 31:30).” Skoonheid is nie uiterlik nie, maar innerlik. Skoonheid van jou geloof is belangriker as skoonheid van jou liggaam (1 Pet. 3:3-4). God vra jou as tiener om eers te sorg vir innerlike skoonheid en daarna vir uiterlike skoonheid.

Spandeer meer tyd aan jou inner like skoonheid as aan uiterlike skoonheid. Jy moet eerstens ’n mooi tiener in die geloof wees, dan sal jy ’n mooi tiener in die lewe wees.

Spandeer genoeg tyd vir die opknapping van jou innerlike skoon heid deur jou Bybel gereeld te lees, gereeld tot God te bid en wat Hy jou beveel, in jou daaglikse lewe toe te pas.

99. Genade maak van binne mooiLees: 1 Petrus 3:1-6 Teks: 1 Petrus 3:4

Gelowige vroue moet nie hulle ongelowige mans met uiterlike skoonheid beïndruk nie (vs. 3). Uiterlike skoonheid is oppervlakkig.

Die vroue moet hulle mans met ’n innerlike skoonheid vir God wen (vs. 4). Dit geld ook vir mans. Tieners, dogters én seuns, wil graag mooi lyk! God sê dat almal innerlik mooi kan lyk. Dit is die skoonheid wat prioriteit behoort te geniet. Innerlike skoonheid is wanneer God se genade uitstraal in jou menswees, in jou woorde en dade.

Jou innerlike skoonheid moet selfs die ongelowiges beïndruk. Hulle moet God se teenwoordigheid in jou lewe kan raaksien sodat hulle ook aangespoor word om na God te luister en tot geloof en be kering te kom. Dit is een van die maniere wat God gebruik om men se na Hom te trek. Daarin kan jy ’n ambassadeur van God op aar de wees!

100. Onderwerp jou aan God se wilLees: Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:13

Herodes was baie ingenome toe sy stiefdogter vir sy gaste dans. Hy sê vir haar: “Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee” (Mark.

6:22). Herodes was vrygewig, maar terselfdertyd ook dwaas, want die dogter vra toe dat hy Johannes die Doper se kop sal afkap en vir haar gee (vs. 25). Sy dwaasheid het hom ingehaal. Jesus is ook vry gewig, maar glad nie dwaas nie. Hy sê: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen” (Joh. 14:13).

Jy sal seker nou sê dat dit nie waar is nie. Hoeveel keer het jy dalk al tot God gebid en daar het niks van gekom nie. Is jy te-leur gesteld in die Here? Die geheim lê in die woordjie “wat”. God gee vir ons wat ons Hom vra in ooreenstemming met sy wil. Die wil van God bewaar ons teen dwase gebede, dat jy dalk ook in die dwaasheid van Herodes beland.

101. Ontvang kritiek met grasieLees: 1 Petrus 3:8-12 Teks: 1 Petrus 3:9

Kritiek is nie aangenaam nie. Dit laat ’n bitter smaak in die mond as jy oor jou optrede gekritiseer word. Jy sal eerder geprys wil

word, want dit is lekker. Kritiek kan nie vermy word nie. God het belang daarby hoe jy kritiek hanteer. 1 Petrus 3:9 is

God se praktiese riglyn hoe om kritiek te ontvang. Jy mag nie in eie munt terugbetaal nie. Met ander woorde, moenie van kritiek wat jy ontvang ’n struikelblok maak nie. Jy moenie in jou binneste met die kritiek stoei en veg asof dit ’n vyand is nie. Omskep die kritiek tot ’n voordeel. Al maak die kritiek wat ander op jou het, seer, neem dan uit die kritiek dit waardeur jy kan verbeter.

Hanteer kritiek wat jy kry só dat God se seën daaruit gebore kan word. As jy dink kritiek wat jy kry, is negatief, maak dit positief. As jy voel dit is afbrekend, hervorm dit tot iets opbouend.

102. Die goeie is altyd die besteLees: 1 Petrus 3:13-17 Teks: 1 Petrus 3:13

Gelowiges is soms baie negatief omdat jy net op die verkeerde in die lewe konsentreer. In Engels sê ons: “Crime does not pay.”

Eintlik moet ons sê: “Righteousness does pay.” Petrus druk in vers 13 die vinger op die waarheid. Gelowige tieners moet die klem op die goeie laat val. Jy moet die kwaad met die goeie moet oorwin (Rom. 12:21). As gelowige moet jy jou beywer vir wat goed is, in die proses oorwin jy die kwaad. Die uitgangspunt van jou lewe is dan die positiewe en die goeie. Op die lange duur seën God jou ywer om te doen wat goed is.

Om na die goeie en die positiewe te streef, moet jou lewensleuse wees. Onthou: die goeie is altyd sterker as die slegte, omdat die goeie in God gewortel is en die kwaad in Satan. Konsentreer dus ywerig in jou lewe op die goeie en strewe in alles na God se wil.

103. Praat met die aartappelsLees: Matteus 6:25-34 Teks: Matteus 6:11

’n Man wat baie hard gewerk het en genoeg salaris verdien het dat sy gesin goed kan eet en leef, het sy vrou kwalik geneem

as sy bid voordat hulle eet. Hy het gesê so ’n gebed aan tafel is on nodig as ’n mens eerlik werk en jou kos kan verdien. Sy kan net sowel met die aartappels praat, het hy vir sy vrou gesê. Waarom moet ons dan vir God bid om ons daaglikse brood? Ons daaglikse kos is nie die resultaat van ons salaris nie.

Jou daaglikse kos is eintlik “genadebrood”, want Christus het aan die kruis vir jou gesterf sodat jy God se genade kan ontvang – en dit is jou hele lewe, ook die kos wat jy eet. Dat God jou as sy kind in alles versorg, is net genade. Daarom moet ons nie oor ons kos kla nie. Dit is nie net ’n paar Rand nie, dit het Jesus die dood aan die kruis gekos. Bid om God se genadebrood.

104. Die doel van jou optredeLees: 1 Petrus 4:7-11 Teks: 1 Petrus 4:11

As tiener het jy ’n doel hoekom jy dinge doen soos jy dit doen. Dink daaraan: jy oefen met die doel om fi ks te word, jy leer met

die doel om kennis te vermeerder, jy eet met die doel om gesond te bly, jy neem aan sport deel met die doel om te ontspan. Telkens moet jy jouself afvra wat is die doel waarom ek optree soos wat ek optree. Die apostel Petrus skryf wat die doel van elke daad moet wees: “So moet julle God in alles verheerlik” (vs. 11b). Dit maak nie saak WAT dit is wat jy doen en WAAR jy dit doen nie. Jou optrede as Christentiener moet in alle omstandighede wees met die doel om God te verheerlik. Maar dan moet jy lewe volgens God se wil (Rom. 12:2).

God verbied jou nie om aan die dinge van die lewe deel te neem nie. Jy moet net sorg dat jy só deelneem dat God verheerlik word.

Page 23: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

slingervel julie 2013 23

105. Geloof onder lydingLees: 1 Petrus 4:12-19 Teks: 1 Petrus 4:19

Mens dink nie graag oor lyding nie, want dit is die swaarkry-deel van die lewe – pyn, hartseer en rampe. Tog moet jy as tiener

ook dááraan dink. Satan wil die gelowige van God afvallig maak deur lyding. Satan haat die gelowige om 3 redes: 1. Gelowiges behoort aan God en verwerp Satan en sy bose dade. 2. Gelowiges is geheilig in Jesus se bloed en Satan kan dit nie verdra nie. 3. God se koninkryk beteken verlossing vir gelowiges en oordeel vir Satan. Daarom wil Satan gelowiges deur lyding van God afvallig maak.

Ook as tiener het jy te doen met lyding. Nie altyd liggaamlik nie, maar soms moet jy die “lekker” van die lewe ontbeer en die “sports” vermy, omdat dit jou van God afvallig maak. Dit is deel van lyding. Maar dit maak van jou ’n sterker gelowige as jy dit met geloof en vol harding oorwin!

106. Genade maak nederigLees: 1 Petrus 5:1-5 Teks: 1 Petrus 5:5

Genade vloei soos water van bo na onder en dit is nie vernederend nie. Om voor iemand te buig, kán vernederend wees. Dit is asof

jy iets van jouself moet prysgee. Hoe dieper jy onder die genade buig, des te meer ontvang jy. God haat hoogmoed en trots (Spr. 8:13). Christus het dit nie as vernederend beskou om as God in die sondige wêreld gebore te word nie (Fil. 2:5-11).

Nederigheid is ’n lewenshouding wat begin in jou verhouding met God (vs. 6). Nederigheid bewaar vrede en rustige samesyn. Ge lo wiges verdruk nie mekaar nie, maar help mekaar. Gelowiges ver vloek nie mekaar nie, maar seën mekaar. Gelowiges ignoreer me kaar nie, maar bid vir mekaar. Hulle trap nie op mekaar nie, maar deel mekaar se vreugde en leed. Nederigheid is ’n geloofshouding, nie papbroekigheid nie.

107. Hoe om jou bekommernis te hanteerLees: 1 Petrus 5:1-11 Teks: 1 Petrus 5:7

Gelowiges hoef hulle nie te bekommer nie (Matt 6:25-30), want God sorg vir almal. Petrus skryf aan mense wat vervolg word

van weë hulle geloof. Hulle bekommernis was of hulle vanaand of môre nog gaan lewe. Bekommernis gaan oor wat jy in die toekoms te wagte is. Jou daaglikse behoeftes, siekte, smart, beproewing, leed. Só swaar kan die lewenslas word dat jy as tiener selfs daaronder wil beswyk. God se antwoord is: “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle” (vs. 7).

Die uitkoms vir jou bekommernis lê in die gebed. Vertel God van jou bekommernis. God hou elke minuut van die toekoms in sy hand. Daarom kan jy jou bekommernis afgooi op Hom en Hy sal dit vir jou dra. Jesus het die allerdiepste nood, die kruishout, deurgemaak, daar om kan Hy jou swaar pak bekommernis verstaan en jou dra.

108. Doen wat in die Bybel staanLees: Jakobus 1:19-27 Teks: Jakobus 1:22

Wat die Bybel betref, moet jy nie net lees wat daarin geskrywe staan nie - jy moet dit ook doen. Dit is God wat met jou deur die

Bybel praat. Die Bybel is in werklikheid God se stem waardeur Hy direk met jou praat. Elke keer as jy die Bybel oopmaak en daaruit lees, hoor jy God se stem. Jy moet nie net na God luister nie, jy moet ook doen wat God sê. As ’n mens dink dit is genoeg om net te luister na God se Woord, bedrieg jy jouself. Wat jy hoor, moet jy doen. Dit is wat God van jou verwag. Dit help niks om die Woord van God te hoor en te bly voortleef soos jy altyd geleef het nie. Wat jy uit die Bybel hoor, moet ’n verandering in jou lewe bring. Dit moet jou nader aan God laat lewe.

Die Woord van God is die riglyn in jou lewe van hoe God verwag jy as Christentiener moet lewe.

109. ’n Speletjie wat kinders speelLees: Lukas 7:33-35 Teks: Lukas 7:32

In die Bybelse tyd het elke stad en dorpie ’n markplein gehad waar mense hulle groente, vrugte en diere kon verkoop en aankoop.

Maar as dié bedrywigheid verby is, het die kinders op die markplein gespeel. Jesus het die kinders so gesien speel. Net soos vandag, het die kinders tydens die speletjie soos hulle ouers opgetree. Jesus sien hulle huis-huis en trou-trou speel. Ander kere het hulle weer begrafnis-begrafnis gespeel. Jesus sê daar sal ’n tyd kom dat hulle op die fl uite sal speel, maar die kinders sal nie dans nie. Hulle sal ’n treurlied speel, maar nie huil nie. Toe Jesus gekom het, het die mense ook nie geweet of hulle moet huil of lag nie. Dit het vir hulle nie saak gemaak nie.

Dis ’n ernstige saak. As Jesus in jou lewe inkom, kan jy Hom nie ig noreer nie. Jy moet in Hom glo en Hom dien.

110. Gebruik die Bybel soos ’n brilLees: Romeine 3:9-20 Teks: Romeine 3:20b & 32

As jy nie goed kan sien nie, dra jy ’n bril. Met ’n bril kan die persoon dan duidelik sien wat vroeër vir hom onsigbaar of moeilik sigbaar

was. Van nature is die mens blind vir die sonde. Maar God het vir jou ’n bril gegee waarmee jy die sonde duidelik kan sien. Dit is die WET wat in die Bybel opgeteken is. Deur die bril van die wet kan jy die sonde duidelik raaksien en onderskei tussen wat goed en sleg is. In die Bybel is God se wil opgeskryf waaraan jy jou eie lewe kan toets, of dit reg is of verkeerd, goed of kwaad.

’n Gelowige moet daagliks deur die bril van die Woord na die lewe kyk sodat hy goed kan onderskei wat die wil van God is, wat vir God goed en aanneemlik en volmaak is (Rom. 12:2). Jou opdrag is dan om alles wat in God se wil staan, te doen en dit wat teen God se wil stry, te vermy.

111. Gebruik die Bybel as ’n hamerLees: Jeremia 23:23-29 Teks: Jeremia 23:29

Jou Bybel is nie alleen ’n swaard nie (Ef. 6:17), maar ook ’n hamer (Jer. 23:29). Die profeet Jeremia sê God se Woord is so sterk

“soos ’n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word”. Omdat die Bybel God se Woord is, daarom het dit soveel krag. Dit kan die klip-harde hart van ’n mens wat so is vanweë die sonde, stukkend breek en die opstandigste wil ten goede laat verkrummel.

As tiener moet jy nie God se Woord onderskat nie. In jou ge-sprek ke met maats moet jy die Bybel as hamer gebruik om hard-nekkige, verkeerde insigte te breek sodat nuwe gesindhede ge-kweek kan word. Met die Bybel in die hand as ’n hamer moet jy ook die sondekwaste in jou eie lewe verkrummel en tot niet maak. Jy moet dit ook doen in jou vriendekring sodat die werk van Satan ver nietig kan word.

112. Die Bybel is ’n swaardLees: Efesiërs 6:10-20 Teks: Efesiërs 6:17

Om ’n vyand te kan teenstaan en jou teen hom te kan verdedig, het jy ’n wapen nodig. Die gelowiges se vernaamste teenstander

is Satan. Sonder ’n wapen kan jy Satan nie aanpak nie. Die wapen daarvoor is die Bybel. Die Bybel is die swaard waarmee jy teen Satan veg. Aardse wapens is in hierdie geestelike stryd nutteloos. Net soos wat ’n soldaat geleer word om oorlogwapens te hanteer en doeltreffend te gebruik, moet jy jou oefen om die Bybel as swaard doeltreffend te kan hanteer. Daaglikse oefening is noodsaaklik, an-ders is jy dom en onhandig met dié swaard. Jy moet elke dag die Bybel lees en jou vaardighede oefen.

Dit moet egter nie net by lees bly nie. Jy moet ook die Bybelse waar hede oordink. ’n Suksesvolle manier om dit te doen, is om ’n dag stukkie-boek te gebruik. Koop gerus vir jou so ’n boek.

Page 24: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe

24 slingervel julie 2013

Probeer die volgende breinknoper (dit is eintlik ’n dieretuin-storie):

Seun: Hoeveel voëls en hoeveel diere is in die dieretuin?Man: Daar is 30 koppe en 100 pote

Hoeveel diere en voëls is in die dieretuin? Kom, julle slimkoppe, laat die antwoorde inrol!!

Jack skakel die hotel en vra hoeveel ’n kamer kos. Die ontvangsdame sê toe dat dit afhang van die grootte en hoeveelheid mense.Jack wil toe weet: “Vat julle kinders?”“Nee, meneer, slegs kontant en kredietkaarte!”

Onderwyser: “Riaan, hoeveel is die helfte van 8?”Riaan: “Hoe bedoel meneer nou? Vertikaal of horison-taal?”Onderwyser: “Maar wat het dit met die vraag te doen?”Riaan: “Wel meneer. Vertikaal is die antwoord 3 en ho ri-sontaal is die antwoord 0!”

Van watter soort hond sou ’n vampier hou? Enige soort bloedhond!

Wat lyk soos ’n halwe kat? Die ander helfte!!

’n Klein seuntjie staan by ’n roltrap en hou die handreling stip dop.“Is daar iets fout, Boetman?” vra die opsigter.“Nee, Oom!” sê die seuntjie. “Ek wag net dat my kougom weer verbykom!”

Dokter: “Ek het jou deeglik ondersoek. Sê my, het jy hierdie jukkerige swelsel al voorheen gehad?”Paul: “Ja, dokter. Verlede jaar.”Dokter: “Ek wil nie pessimisties klink nie, maar jy het dit weer!”

Susan: “Piet, het jy my lief?”Piet: “Ja, opreg.”Susan: “Sal jy ter wille van my sterwe?”Piet: “Nee, my liefde is onsterfl ik!”

Kosie: “Volgens Einstein gaan die aardbol oor ’n biljoen jaar ontplof!”Peet: “Wat!” Hy laat val amper sy koeldrank.Kosie: “Volgens Einstein gaan die aardbol oor ’n biljoen jaar ontplof.”

Peet: “Sjoe, nou het ek geskrik. Ek dag jy sê oor ’n miljoen jaar!”Wat is Egipte se nasionale voël? ’n Vlieg.

Wat is ’n arm snob? ’n Ou wat ’n luukse motor besit, maar dit self moet was.

Wat is swaar verkeer? Dis wanneer jy in jou motor sit en die voetgangers sien verbyfl its.

Raai-raai, jy gooi die buitenste weg en kook die binnenste, dan eet jy die bui tenste en gooi die binnenste weg. Wat is dit? ’n Groenmielie!

Anton: “Waarom woon jy aandklasse by?Bernard: “Ek wil leer om in die donker te lees.”

Floors: “Pa, het Pa ook soms op skool gedruip?”Pa: “Ja, my seun!”Floors: “Wel Pa, die geskiedenis herhaal homself.”

Pa: “Stefan, ek het vandag ’n briefi e van jou onderwyseres gekry.”Stefan: “Regtig, Pa? Gee my twee rand, dan sal ek nie vir Ma daarvan sê nie.”

Pasiënt: “Dokter, ek hoor sulke snaakse geluide in my kop.”Dokter: “Dan is daar ’n skroef los.”

Die trotse ma: “My baba is net 4 maande oud en sy weeg al 7 kilogram.”Die slagter belangstellend: “Met of sonder bene?”

Vervelige TV-programmeSommige van die TV-programme is so vervelig dat kinders wegsluip om hulle huiswerk te gaan doen.

Raad van kindersAs jou boetie van plan is om ’n renjaer te word, moenie ☺in sy pad staan nie.As jou rapport nie baie goed is nie, wys dit vir jou ☺ma terwyl sy met haar beste skinder-vriendin oor die telefoon praat.As jy ’n kat wil hê, moet jy begin om jou ouers vir ’n ☺ponie te vra.

knoper (dit is eintlik ’n storie):l diere is in die dieretuin?

Peeet: ““Sjoe, nou het ek gesskrikk. Ek dagg jy sêê oorr ’n miilljoen jaarr!”Watt iss Egipte se nasionalee voëël? ’n Vllieg

ons pretbladProbeer die volgende brein

dieretuin-S H l ël h

r