4
VANOGGEND SE DIENS GEES VAN KRAG, LIEFDE EN HELDER DENKE 2 TIM 1 V 3 - 18 (MICHIEL DE KOCK) God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar ‘n Gees van krag, liefde en helder denke. Vrees kom nie van God af nie, dit is ‘n menslike reaksie. Ons vrees dikwels die onbekende of dit wat iets van ons kan wegneem, soos siekte geweld en misdaad. Die dinge wat ons menswaardigheid of ons besittings en selfs ons lewe bedreig. Vrees het die vermoë om ons fisies en geestelik te verlam, ons perspektief te steel, ons visie op God te verdonker en so te verhoed dat ons as Christene ons Godgegewe roeping in Suid Afrika leef. Teenoor vrees staan die Heilige Gees van God. Hierdie Gees is ‘n Gees van Krag, Liefde en Selfbeheersing of Helder Denke. Die Heilige Gees vul ons met die teenwoordigheid en vrede van God. Hy gee ons krag, dit is die opstandingskrag van Jesus Christus waarmee ons kan opstaan teen dit wat nie van God af kom nie. Hy maak ons innerlik sterk om die wapens van die Gees ( Efes. 6 ) op te neem en om met helder denke en ‘n nuwe visie op God, die Liefde van Christus te leef. Die liefde wat ons dring om vir ons vyande te bid. Die liefde wat ons krag en moed gee om die wêreld vir God om te keer sodat HY sigbaar kan word. Die Liefde wat groter is as alle kwaad en ons help om GELEENTHEDE Vir SY Koninkryk te sien. God seën jou met Sy Gees van Krag, Liefde en Helder Denke. Michiel. HARTLIK WELKOM Besorgdheid oor ons land en die wêreld? Hoe hanteer ons dit in die huidige Suid-Afrikaanse konteks? Toe die Tempel in Jerusalem vernietig is (moontlik deur Nebukad- nesar van Babel volgens 2 Kon. 25:815), het Asaf sy klagte en vertwyfeling as ‘n klaagpsalm verwoord. Asaf het sy hulpgeroep as Psalm 74 verwoord. Sy klaagpsalm verraai ’n diepe besorgdheid oor die toekoms van sy volk. Asaf se openingswoorde was: Waarom, o God...?” Toe die Franse Hugenote ná die hervorming uit Frankryk na Ge- nève, Switserland oor die Alpe moes vlug (dit was nadat die Edik van Nantes herroep is wat aan hulle die vryheid van godsdiens sou waarborg), het hulle uit Ps. 74 gesing en gebid: “Waarom o God...?En net só het ook die Voortrekkers uit Ps 74 gesing en gebid toe Potgieter en Maritz hul manskappe teen Silkaats laat optrek het: Waarom o God...?” Vandag is daar ook onder ons gelowiges wat kyk na die nood om ons, en wat ook uit Ps 74 bid: “Waarom o God...?” Lees weer hierdie psalm: v1 “Waarom, o God, hou U aan om ons te verstoot? Waarom is U kwaad vir die kudde wat aan U behoort? v2 Dink tog aan u gemeente ...” Maar lees verder. Daar is ‘n belydenis en lojaliteit: v12 God is van altyd af my koning, dit is Hy wat op die aarde redding bring. Wat het hierdie psalm vir u en my te sê, veral as ons nuusberigte lees en kyk wêreldwyd? Welkom in die gemeenskap van hoorders wat gekom het om te hoor wat die Here vir ons wil sê. TEKS VIR DIE WEEK (Son 13 Julie): Ps 139 15:30 Groep vir enkellopendes in Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en ‘n behoefte het aan geselskap. Julle is almal baie welkom!! Wees Lig! Hartklop 6 Julie 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANOGGEND: Spes Koll. Radio Kansel

Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...trek. 'n Motor het om in te ry. 'n ed het om op te slaap. 'n adkamer het met warm water en 'n toilet. Ons dank U dat U sorg vir elke persoon wat nie het

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...trek. 'n Motor het om in te ry. 'n ed het om op te slaap. 'n adkamer het met warm water en 'n toilet. Ons dank U dat U sorg vir elke persoon wat nie het

VANOGGEND SE DIENS GEES VAN KRAG, LIEFDE EN HELDER DENKE

2 TIM 1 V 3 - 18 (MICHIEL DE KOCK)

God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar ‘n

Gees van krag, liefde en helder denke. Vrees kom nie van God af

nie, dit is ‘n menslike reaksie. Ons vrees dikwels die onbekende of

dit wat iets van ons kan wegneem, soos siekte geweld en misdaad.

Die dinge wat ons menswaardigheid of ons besittings en selfs ons

lewe bedreig. Vrees het die vermoë om ons fisies en geestelik te

verlam, ons perspektief te steel, ons visie op God te verdonker en

so te verhoed dat ons as Christene ons Godgegewe roeping in

Suid – Afrika leef.

Teenoor vrees staan die Heilige Gees van God. Hierdie Gees is ‘n

Gees van Krag, Liefde en Selfbeheersing of Helder Denke. Die

Heilige Gees vul ons met die teenwoordigheid en vrede van God.

Hy gee ons krag, dit is die opstandingskrag van Jesus Christus

waarmee ons kan opstaan teen dit wat nie van God af kom nie. Hy

maak ons innerlik sterk om die wapens van die Gees ( Efes. 6 ) op

te neem en om met helder denke en ‘n nuwe visie op God, die

Liefde van Christus te leef. Die liefde wat ons dring om vir ons

vyande te bid. Die liefde wat ons krag en moed gee om die wêreld

vir God om te keer sodat HY sigbaar kan word. Die Liefde wat

groter is as alle kwaad en ons help om GELEENTHEDE Vir SY

Koninkryk te sien. God seën jou met Sy Gees van Krag, Liefde en

Helder Denke. Michiel.

HARTLIK WELKOM

Besorgdheid oor ons land en die wêreld?

Hoe hanteer ons dit in die huidige Suid-Afrikaanse konteks?

Toe die Tempel in Jerusalem vernietig is (moontlik deur Nebukad-

nesar van Babel volgens 2 Kon. 25:8–15), het Asaf sy klagte en

vertwyfeling as ‘n klaagpsalm verwoord. Asaf het sy hulpgeroep as

Psalm 74 verwoord. Sy klaagpsalm verraai ’n diepe besorgdheid oor

die toekoms van sy volk. Asaf se openingswoorde was:

“Waarom, o God...?”

Toe die Franse Hugenote ná die hervorming uit Frankryk na Ge-

nève, Switserland oor die Alpe moes vlug (dit was nadat die Edik van Nantes herroep is wat aan hulle die vryheid van godsdiens sou

waarborg), het hulle uit Ps. 74 gesing en gebid: “Waarom o God...?”

En net só het ook die Voortrekkers uit Ps 74 gesing en gebid toe

Potgieter en Maritz hul manskappe teen Silkaats laat optrek het:

“Waarom o God...?”

Vandag is daar ook onder ons gelowiges wat kyk na die nood om ons,

en wat ook uit Ps 74 bid: “Waarom o God...?”

Lees weer hierdie psalm:

v1 “Waarom, o God, hou U aan

om ons te verstoot?

Waarom is U kwaad vir die kudde

wat aan U behoort?

v2 Dink tog aan u gemeente ...”

Maar lees verder. Daar is ‘n belydenis en lojaliteit:

v12 God is van altyd af my koning,

dit is Hy wat op die aarde redding bring.

Wat het hierdie psalm vir u en my te sê, veral as ons nuusberigte

lees en kyk – wêreldwyd?

Welkom in die gemeenskap van hoorders wat gekom het om te

hoor wat die Here vir ons wil sê.

TEKS VIR DIE WEEK (Son 13 Julie): Ps 139

15:30 Groep vir enkellopendes in Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie

groep aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag

alleen voel en ‘n behoefte het aan geselskap.

Julle is almal baie welkom!!

Wees Lig!

Hartklop 6 Julie 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANOGGEND: Spes Koll. Radio Kansel

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...trek. 'n Motor het om in te ry. 'n ed het om op te slaap. 'n adkamer het met warm water en 'n toilet. Ons dank U dat U sorg vir elke persoon wat nie het

MA. 7 JULIE DI. 8 JULIE WO. 9 JULIE

10:00 - 12:00 Saamkuier in die sitkamer

van die Dienssentrum. Welkom! Vir

vervoer of navrae, kontak Joan Ollewagen

028 316 2127 / 082 710 2787 of Hannie

Koch 028 316 1592 / 082 721 2290.

Sopkombuis

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak

‘n afspraak by sr. Calitz (073 152 5623) vir

bloeddruk, suikertoetse ens.

10:00 - 12:00 Saamkuier in die sitkamer

van die Dienssentrum. Welkom! Vir vervoer

of navrae, kontak Joan Ollewagen

028 316 2127 / 082 710 2787 of Hannie

Koch 028 316 1592 / 082 721 2290.

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.

10:00 - 11:30 Trimgim in die Anneks. Kom

lag, speel, geniet en oefen saam met al

die pragtige dames. Welkom!

DO. 10 JULIE VR. 11 JULIE SA. 12 JULIE

10:00 DIENSSENTRUM: Kom brei saam

met Yvonne. Kom ontspan en kuier

lekker saam.

9:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin

@ Dienssentrum is oop.

10:00 Kom bid saam in die

Gebedskamer vir ons gemeente. Welkom!

GEES VAN LIEFDE, KOM EN VUL ONS

TOT OORLOOP VOL VAN U LIEFDE VIR

MENSE - ALLE MENSE!

WAT GEBEUR SONDAG 13 JULIE ?

09:00 Erediens:Ds Jaco Sieberhagen

gaan voor. Welkom!

Sin Koll: Hawesending

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 25)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 14)

SIEKTE & NOOD

Ons bid vir elke persoon wat deur mis-

daad geraak word vir vrede ipv vrees,

vir heling en vir genade om vir die

oortreders te bid.

Ons bid ook vir elke persoon wat

vasgevang is in hierdie bose dade.

Vader, ons roep U naam aan, gryp in asb

Here, kom Heilige Gees en waai U

lewegewende wind deur elkeen van

hierdie mense waarvoor Jesus ook

gesterf het aan die kruis.

Ons Vader, ons dank U dat U die God van genesing is. Dankie Here, dat U ons genees volgens U goeie plan. Vir

fisiese (siekte) genesing dank ons U, vir die herstel van gesondheid en lewenskrag. Vir psigiese genesing dank ons U, vir normale gesonde gedrag. Vir geestelike genesing dank ons U, vir herstelde verhoudings met U en met ons medemens. Ons noem al die name van die siekes voor U.................. en ons dank U dat U, U arms om elke sieke sal sit en met U nabyheid hulle sal troos en sterk in hul vertroue op U.

Ons Vader, ons dank U as ons God van voorsiening. Dankie Here dat ons elke dag kos het om te eet. Klere het om aan te

trek. 'n Motor het om in te ry. 'n Bed het om op te slaap. 'n Badkamer het met warm water en 'n toilet. Ons dank U dat U sorg vir elke persoon wat nie het wat ons het nie. Ons dank U dat ons werk het om geld te verdien. Ons dank U vir ons families en dat ons ouer mense versorg kan word. Ons dank U dat U diegene wat swaarkry sal seën met die beste wat U vir hulle het.

Ons Vader, ons dank U dat U ons Herder-God is. Dankie dat ons nie soos verlorenes hoef rond te dwaal nie. Ons

dank U dat U ,U oor ons ontferm soos 'n herder wat voor sy skape uit stap om die ge-vare af te weer. Dankie dat as ons afdwaal U ons kom soek en terugbring. Dankie dat U ons vergewe en weer versorg. Dankie dat U U oog op ons hou en ons nooit verwaarloos nie.

Ons Vader, dankie dat U ons God is wat vrede gee. Dankie vir vrede in ons land en nie oorlog nie. Dankie dat U vir

elkeen wat U Naam aanroep die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Dankie dat U liefde ons leer om in vrede met ons medemens te lewe. Dankie vir U groot genade van vergifnes wat vrede tussen U en ons en tussen ons mense onderling herstel.

Ons Vader, dankie dat U ons God is wat aan ons die oorwinning skenk. Dankie dat U U Seun ge-offer het sodat ons verlos

kan word van die bande van die sonde. Dankie Jesus dat U tot die dood gehoorsaam was ter wille van ons. Vader ons dank U dat U altyd aanhou klop aan die deur van harte wat nog nie vir U oopgemaak is nie. Dankie dat ons reeds in die oorwinning leef en saam met U die triomftog sal meemaak. Dankie Vader dat niks ons uit U hand kan ruk nie, want U hou ons styf vas.

Rina vd Westhuizen

Hybré Lombard

Neil Human

Deon Smith

Bukkie Etsebet

Ras & Cissy Coetzee

Nico Roux

Thelma Stegman

Hettie Brink

Malan & Kobie Claasen

Joey Swart

Louis & Lorraine Fourie

Jaco Smit

Hennie Visser

Wilma Hanekom

Anita Sheriff

Ons bid hierdie week

spesiaal vir ons polisie

en veiligheidsdienste.

Ons bid vir beskerming,

vir krag en energie, vir

geduld en vir moed.

SPESIALE GEBED

GEEN KATEGESE

(VAKANSIE)

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

Abba Vader . . .

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...trek. 'n Motor het om in te ry. 'n ed het om op te slaap. 'n adkamer het met warm water en 'n toilet. Ons dank U dat U sorg vir elke persoon wat nie het

OMGEWINGSORGBEDIENING

Al ooit gewonder wat moet jy

doen met die ou rekenaar of drukker of

‘keyboard’ wat in die motorhuis staan? Dit

voel darem nie reg om dit saam met die vullis

uit te sit nie! Ons het die antwoord!

Neem dit gerus na:

M & E Electronics (by die nuwe DSTV kantore)

3 Mitchell straat, Hermanus, 028 312 4296

Enige elektroniese afval, dis nou rekenaar skerms, rekenaar

bokse, laptops en keyboards en selfs ou radios kan u daar ingee

om te laat herwin. Die ou toestelle word Paarl toe geneem waar

dit uitmekaar gehaal word en al die verskillende parte word

herwin of weer gebruik.

HET JY GEWEET? Jy kan ook

enige papier (koerante, tydskrifte

ens) na die kerk bring. Die hokkie

is by die ARK. En regs onder is ‘n

boksie waar julle ook gebruikte

battery kan ingooi na-ure. Welkom!

Vir enige ander navrae,

kontak gerus vir

De Wet Herbst by

[email protected]

of 082 652 7255

ARK

TEEN LOGIKA? Die optrede van gelowige, gehoorsame kinders van die Here in ‘n krisis, is teenoor die van die wêreldling wat optree soos hy voel. Die onlangse toename in huisbrake en gewapende roof bied ‘n perfekte toestand vir die inoefening van ons geestelike spiere.

Ek lees in die Woord dat ons God:

die wêreld (insluitende die kwaaddoener) onvoorwaardelik liefhet en Jesus vir almal se sonde gestraf het; dat ek God, myself, my naaste en my vyand moet liefhê en vir hom/haar moet bid;

dat ek (en alles waarmee God my vertrou as Sy rentmeester op aarde) aan God behoort;

dat ek nie dit moet vrees wat my liggaam kan skade aandoen maar my gees;

dat ek tot God moet nader en die bose sal van my af wegvlug;

dat ek as ambassadeur deur Vader God aangestel is om Sy koninkryk uit te brei deur die krag van die HEILIGE GEES en dat God se LIG in my die duisternis in die aanvaller verdryf.

Onthou jy wat jy uit die Woord leer en pas jy dit toe in ‘n krisis OF fokus ek op mense en omstandighede en maak vrees dat ek veg, vlug of vries? Oefen jou geloofspiere deur toe te pas wat jy as gehoorsame, geesvervulde kind van God uit die Woord leer in die alledaagse en as die krisis dan kom is ons fokus nie op die aanvaller of die omstan-dighede nie, maar op die Almagtige, Alomteenwoordige God en is dit dalk net dan wanneer God die verloregaande oortreder deur my optrede en woorde, Sy kind maak. Stof gerus weer die boek “Doelgerigde Lewe” af en werk dit deur om jou geloofspiere te oefen.

Chookie Naude (072 355 9633)

KOLWYNTJIE TEETUIN

@ DIENSSENTRUM VRYDAG 11 JUL 09:30-11:30

Baie dankie vir die nuwe besoekers wat kom oë wys het.

Wyke 8 en 9 word nou spesiaal uitgenooi om saam met al

die ander besoekers te kom ontspan.

Heerlike lemonmeringue- appel- en melkterte op tafel

asook 2 tuisgebakte soutterte.

ALMAL IS MEER AS WELKOM!

R20 vir nie-lede en R10 vir lede van die Dienssentrum

(koek en tee/koffie ingesluit)

BYBELSKOOL 2014

Die gesamentlike Bybelskool van die NG Gemeentes

Hermanus & Onrusrivier vir die tweede deel van die jaar,

begin weer op Wo. 30 Julie om 18:00 in Hermanus en

31 Julie om 09:00 in Onrus. Tensy ‘n ander reëling getref

moet word, sal voortgaan tot einde Oktober. Die lesing

van Wo. in Hermanus word weer op Do. in Onrus herhaal.

BLOK 1: 30/31 Julie tot 27/28 Augustus.

Tema: Die Opbou van die Gemeente volgens die Brief van die Efesiërs. Die Gemeentes ly vandag miskien ietwat anders as dié in

Bybelse tye. Wat sou ons by hulle kan leer van Gemeente-

wees in die 21e eeu? Is daar duidelike riglyne, beginsels

of kenmerke wat vandag van toepassing is op die ge-

meentes? Ons is tog ook maar die Kerk van Jesus

Christus. Kom kyk saam wat ons van hierdie Brief kan

aflei. Aanbieder: Dr JS Kellerman.

'n Groot dankie aan almal wat my deur gebed ondersteun het. Almal wat my in die hospitaal en tuis besoek het. 'Die Here het my weer styf vasgehou.' Annatjie Haumann

NISSIES BESKIKBAAR IN DIE GEDENKMUUR AAN

DIE WESTEKANT VAN DIE KERKGEBOU

Dit is met groot dank dat die eerste nissies klaar gebou

en beskikbaar is. Daar is nog

beskikbaar @ R2000 per nissie.

Indien u belangstel of meer

inligting verlang, kontak asb die

kerkkantoor.

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...trek. 'n Motor het om in te ry. 'n ed het om op te slaap. 'n adkamer het met warm water en 'n toilet. Ons dank U dat U sorg vir elke persoon wat nie het

SPOELKLIPPE: SO. 5 OKT. DV TREINRIT NA SIMONSTAD: Persone wat nog nie hul R220 inbetaal het nie, moet nou opskud! Nog net tyd tot 14 Julie! Daarna gaan persone op die waglys gekontak word. HUIS LETTIE THERON BASAAR 26 JULIE 2014 - 09:00 Grobbelaarsaal Ons benodig vanaf kontant, gebak soos koeke, beskuit, koekies, nageregte tot wit-olifant-items (skakel en ons sal kom afhaal) asook roomysbakke. Alle donasies welkom. WYKSBYEENKOMS Wyk 27 - 11 Junie om 18:00 by Cobus & Tilla, Huis no 4, Meerenbosh, 028 315-1722.

VROUENAWEEK 25-27 JUL Kom sit by God se voete. Kom haal asem en laat die Heilige Gees jou hart kom hervul met ons Vader se liefde vir

jou 25-27 Julie by Wortelgat se Melkhout-kamp, net buite Stanford @ R550 pp. alles ingesluit. Beperkte aantal plekke beskikbaar. Kontak Madeleine Russouw vir meer inligting by [email protected] of 078 841 9054.

KOSPAKKIES 14 JULIE 2014 DV Julle liefdegawes word weer uitgedeel aan hulle wat dit so nodig het. BAIE DANKIE!

SPOELKLIPPE VRYDAGAAND 18 JULIE DV Sop en brood 17:30 en praatjie 18:00. Praatjie deur Dr Vic Hamilton-Attwell: "Fynbos is wêreldwyd bekend en mense kom van oor die wêreld om dit te beleef. Hermanus is midde in die Fynbos-gebied en is die beste plek om biodiversiteit en die besonderse samestelling te beleef. Ons leef vandag in baie besige tye. Ons kyk verby die skoonheid om ons - veral die skoonheid om ons voete laag op die grond."

Na die lesing gaan Fynbos nooit weer dieselfde wees nie! Kom en geniet die aand! 'n" Griekse sangeres" kom ons ook besoek! Heerlike sop en vars brood word bedien. Slegs donasie.

DIENSSENTRUM DONDERDAG 24 JULIE @ 10:00 FLIEK: ANDRE RIEU - Roses from the South. Dis een van sy mooiste Dvd's! Kom ontspan en laat die pragtige musiek deur jou are vloei! Slegs donasie.

BOS TOT BACH KONSERT Sondag 6 Julie @ 12:00 (Botrivier). Smaaklike ete, kwaliteit wyn, goeie geselskap en musiek by die ou opstal, Goedvertrouw. Koste R200pp. Bespreek by Elreda 028 284 9769.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

STEWIGE BOKSE OM MEE TE TREK: Het jy gratis bokse nodig? Kontak Winnie by 076 276 6485.

TWEEDEHANDSE FIETS BENODIG vir ‘n werker by die kerk. Kontak asb vir Hanna by die kerkkantoor. Dankie!!

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM: Lidmaat-

skapfooie vir Dienssentrum 2014: kom betaal asseblief by Mervian. Onthou ledegeld is jaarliks betaalbaar. Fooie vir 2014 bly dieselfde. HUIS LETTIE THERON Ons wil graag alle per-sone wat hierdie tehuis ondersteun bedank vir al u liefde en omgee. Hulle het wel op hierdie stadium groot tekorte. By die deure sal u wit houers vind - u is welkom om enige donasie daarin te sit. Vir navrae, kontak asb vir Ananda Burger by (028) 316-3797.

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die Hartklop moontlik

maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

PERSONEEL OP VERLOF

ERIKA OOSTHUYSEN is op verlof vanaf

27 Junie - 21 Julie.

WILHELM BURGER is op verlof vanaf

27 Junie - 25 Julie

MICHIEL DE KOCK is op verlof vanaf

7 - 14 Julie

Kontak gerus vir Chookie of Clifford indien

u ondersteuning nodig het.

OPLOSSINGS VIR BEHUISING BEHOEFTES EN WERKSKEPPING Weet u van eiendom wat moet koop of verkoop - Verdien ‘n ek-stra inkomste om so ‘n verwysing deur te gee na ons. Moontlik oorweeg u ‘n beroep in die eiendoms bedryf – kontak ons asb.

Philip 082 9000 697/ 028 312 3385/6