16
1 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3 Alle plasings in die Ligdraer per epos asseblief. Spertyd vir inhandiging: Donderdae voor 12h00 Oggenddiens 9h30 Aanddiens 18h00 (Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 – 7 jaar) DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus die blye boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir Christus in Roodepoort te maak! KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse leer en onderrig. Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee/ koffie in die saal te geniet. Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken. Bybelstudie in die Kerksaal: Maandae 19h00 Tema – Vreugdevol Vry Woensdae 8h30 Tema – Vreugdevol Vry Donderdae 9h00 Vroue Bybelstudie: Dinsdae 9h00 Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00 Bybelstudie vir jong volwassenes: Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709 Redaksie Ligdraer: [email protected] Kerkkantoor: [email protected] (011) 6723810

Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

1 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

Alle plasings

in die

Ligdraer

per epos

asseblief.

Spertyd vir

inhandiging:

Donderdae

voor 12h00

Oggenddiens 9h30 Aanddiens 18h00

(Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 – 7 jaar)

DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus die blye

boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir

Christus in Roodepoort te maak!

KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse

leer en onderrig.

Hartlik welkom aan elkeen vanoggend

by ons ontmoeting met die Here

Ons nooi almal vriendelik uit om na

afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee/ koffie in die saal te geniet.

Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.

Bybelstudie in die Kerksaal: Maandae 19h00 Tema – Vreugdevol Vry

Woensdae 8h30 Tema – Vreugdevol Vry

Donderdae 9h00

Vroue Bybelstudie: Dinsdae 9h00

Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00

Bybelstudie vir jong volwassenes:

Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709

Redaksie Ligdraer: [email protected]

Kerkkantoor: [email protected] (011) 6723810

Page 2: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

2 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

OGGENDDIENS 9H30 TEMA:

Oud en jonk moet die genade van God laat skitter!

Stemmingsliedere:

1. Lb 475: 1, 2

2. LB 547: 1, 2

3. Kategese: Die liefde van

Jesus is wonderbaar

ONTMOETINGSDIENS

Votum/Seën Lofsang: Ps.100:1+2+3+4

Geloofsbelydenis: Apostolicum

VERSOENINGSDIENS

Wet: Kol.2:6-7 + Kol.3:5-17 Sing: Lb.232:1+2

WOORDDIENS

Gebed Sing: Sb.2-4:1+3

Skriflesing: Titus 2:1-15 Fokus: Tit.2:10b

ANTWOORDDIENS

Gebed Sing: Ps.128:1+3

Wegstuurseën

AANDDIENS 18H00 TEMA:

Liefde is ons groot dankbaarheid!

Stemmingsliedere:

1. Lb 334:1, 4

2. 491 491: 4, 5

ONTMOETINGSDIENS

Votum/Seën Lofsang: Ps.18-2:1+7

Sing: Lb.231:1+3

WOORDDIENS

Gebed Skriflesing: Mat.22:34-40

Fokus: Mat.22:37-40 H.K. Sondag 34

ANTWOORDDIENS

Gebed Sing: Ps.19-2:3+4

Wegstuurseën Aandgebed:Sb.20-2:5+6+7

Page 3: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

3 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

PREEKSKETS: TITUS 2:1-15

Op min plekke in die Bybel leer ons so duidelik dat die kerk van Jesus Christus uit oud en jonk bestaan. Die genade van God in Christus moet dit vir oud en jonk moontlik maak om oor die generasie gapings heen mekaar met die liefde van Christus te bedien. Ons grootste gevaar is die wêreld waarbinne ons leef en beweeg... die kultuur of samelewing van ons tyd. Die kultuur op Kreta word vir ons goed beskryf in hfst 1:12 as Paulus een van hulle eie mense aanhaal wat gesê het: “Die Kretensers is altyd leuenaars, ongediertes, lui vrate.”

Die eerste ding wat moet reg wees sodat ‘n gemeente gesonde huigesinne kan hê wat op sy beurt ‘n gesonde gemeente daar gaan stel, begin by die dominee. DOMINEE’S MOET DIE GESONDE LEER

VERKONDIG. As ek na enige iets anders as suiwer Woordverkondiging soek in my dominee, dan is dit tyd dat ek dalk my eie hart moet gaan toets. “(G)esonde en onaanvegbare prediking” gaan oor “Die genade van God wat verlossing bring” en hoop gee. Die rede hoekom gelowige huisgesinne en gemeentes so totaal anderste lyk as ongelowiges, is omdat ons leef en beweeg vanuit die heerlike sekerheid dat Jesus het reeds gekom om ons vry te maak, MAAR ons wag Hom in. Hy kom weer.

DIE VERHOUDINGS BINNE DIE GEMEENTE moet aan elkeen van ons se verhouding met Christus gestalte gee. Die feit dat Paulus van al die groepe verwag om “verstandig” te wees beteken dat dit deur oud en jonk, ryk of arm, gedoen kan word. Verstandige gelowiges se harte en oë is op Christus gerig en wanneer hulle ‘n besluit maak om iets te sê, iets te doen, ook elke verhouding waarbinne hulle staan, dan lei die Gees my besluit op so ‘n manier dat dit Christus se hart weerkaats.

Nadat Paulus oud en jonk in die gemeente opgeroep het om Christus te laat skitter in die gemeente, skryf hy: “So sal hulle in alles wat hulle doen, die aansien van die leer van God ons Verlosser verhoog.” Die woord wat hier met “verhoog” vertaal word is ‘n woord wat in die oorspronklike Grieks gebruik is om juwele op so ‘n manier te rankskrik sodat hulle natuurlike skoonheid kon skitter. Nie net die prediking nie, maar elkeen van ons, oud en jonk, se optrede teenoor mekaar moet van so ‘n aard wees dat die skoonheid en heerlikheid van ons Verlosser Jesus Christus vanuit ons gemeente sal skitter! Mag ons gebede vir mekaar, mag ons liefde vir mekaar, mag ons omgee en hande vat van mekaar, God se genade wat verlossing bring vir elkeen van ons... in hierdie gemeente laat skitter!

Page 4: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

4 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

VIR VÊRDERE OORDENKING!

1. Watter prentjie kry jy in jou gedagte oor die Kretensers? (vgl.1:12; 2:2-9)

Vergelyk ook ons kultuur/samelewing van vandag met die van die Kretensers.

2. Wat moes ds. Titus doen om ‘n gesonde gemeente te kweek? (vgl.1:1-3;

2:1, 8, 15)

3. In Titus 2:11-14 som Paulus die goeie nuus van God in ‘n paar woorde op.

Let veral op op die twee verskynings van Jesus. Hoe verstaan jy dit?

4. Pas jouself in by een van die ouderdomsgroepe en gesels oor wat God deur

sy Woord vir jou leer. Maak ook ‘n besluit oor wat jy in jou lewe moet verander.

5. Wat moet oud en jonk vanuit hierdie gedeelte leer EN wat is jou “take

away” (dit wat jy nie mag vergeet nie) vanuit hierdie gedeelte?

6. Hoe gaan jy God in die week wat kom “verhoog”... LAAT SKITTER?

Page 5: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

5 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

LIEF EN LEED

Wian sterk goed aan in Wilgeheuwel hospitaal.

Tersia Liebenberg is ook in Wilgeheuwel na ‘n groot

rug operasie.

Fanie van Denventer is baie siek en gaan Maandag

vir belangrike toetse.

Anette vd Walt sterk nog aan in Flora Kliniek

Bid ook asseblief vir die Kleingroep-dissipelskap se

leiergroep wat Sondagaand afskop. Ook vir reen in

die Wes-Kaap en ander droog-getysterde gebiede.

Weet jy van iemand wat siek is en ‘n besoek sal waardeer, jyself dalk?

Bel asseblief vir Sonia Richards 082 633 1200 of Martie Diederichs 084 011 6288.

Hulle is die bereidwillige voete vir die maand Februarie 2018

DIAKONIEDIENSLYS

11 FEBRUARIE 2018 18 FEBRUARIE 2018

VANDAG: Ons herinner almal VAN 35 jaar en jonger, aan die ete aangebied deur die Vrolike Afgetredenes (Sondag) om 12h00 by die Kerk vir die lidmate VANDAG – VANDAG - VANDAG

OPLAAIBEURTE OPLAAIBEURTE

Ons Huis (1,2,3) Ons Huis (1,2,3)

Koos Richards (1 ) 082 633 1200 Bettie Voges (2) 072 424 5942

Olga Venter (2) 084 587 0101 Nardus vd Walt (1) 082 453 3600

D McDonald D McDonald

Koos Richards (1) 082 633 1200 Nardus vd Walt (1) 082 453 3600

Klein Helderkruin:

Elize Coetsee

072 490 5402 Klein

Helderkruin:Elize

Coetsee

072 490 5402

Middagdiens

Ons Huis 16:30

Middagdiens

Ons Huis 16:30

Page 6: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

6 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

Die Vrolike Afgetredenes gaan DV Dinsdag 13 Februarie 2018 na die Botaniese Tuine (as dit nie reen nie!). Reël met Rika of Leny indien julle

vervoer nodig het.

Ons huis is in die mark! Enige lidmaat wat iemand aanbeveel en

ons huis word daardeur verkoop, ontvang R5 000.00 as ‘n dankie-sê presentjie.

Oribistraat 8, Constantiakloof. Edgar en Petra Prozesky.

Liewe gemeente

Dis al weer tyd

Ons hou groot ontbyt!

Gee jou naam deur

Voor jy jou plek verbeur!

10 Februarie is voor die deur!

Radio-omroepers sê: liewe luisteraars – ons vra Liewe broers en susters.

Gee asseblief julle geldjie vir die preekopnames, sodat ons nuwe Cd’s kan aankoop

en daar nog baie preke opgeneem kan word.

Ook vir diegene wat ’n Almanak geneem en nog nie betaal het nie, doen so

asseblief spoedig.

KERKNUUS BEROEPE ONTVANG

Ds C Jooste (Christiaan) van Waterberg na Brits.

Ds FJ van Rensburg (Frikkie) van Rustenburg-Noordoos na Komatipoort

Kerkraadsvergadering

20 Februarie – Ouderlinge vergadering 19:00

27 Februarie – Ouderlinge en Diakens vergadering 19:00

Diensgroepverslae

Voorsitters van diensgroepe moet asseblief verslae instuur voor Sondag 18

Februarie 2018.

Page 7: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

7 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

VroueSaamtrek 2018

Hiermee word u hartlik uitgenooi om ons streek se jaarlikse

VroueSaamtrek by te woon. Die Gereformeerde Kerk Randburg sien daarna uit om u by ons saamtrek te ontvang.

Gasspreker: Prof Fika janse van Rensburg

Datum: 10 maart 2018

Tyd: Registrasie 8:00 – 9:00 Tema: Skuil onder God se vleuels (Rut 2: 12)

RSVP: 17 Februarie 2018

Adres: Gereformeerde Kerk Randburg, 3de Weg 41,

Northwold Koördinate: S 26º 04.335´ E27º 57.498´

Koste: R110 per Persoon DRAG: Vrolik

Baie geluk aan ons lidmate wat gedurende die komende week verjaar. Mag dit ‘n baie geseënde dag wees Almal se verjaardagdatums is op die kalender.

Page 8: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

8 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

‘n Vrugbare 2018

Dikwels werk ons hard om te presteer en om onsself te bewys. Besigwees is nie

dieselfde as vrugbaarheid en goddelikheid nie. ‘n Leefwyse van “altyd besig wees”

het heelwat negatiewe gevolge; stres, angs en ‘’n identiteit wat bepaal word deur

wat jy doen en nie aan wie jy behoort nie

Baie van ons angs en spanning is as gevolg vaan ons pogings om vir almal te

probeer bewys dat ons kan presteer. Ons vergeet so maklik Jesus se woorde in :

“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want

sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die

Here en sonder sy lewe wat deur ons vloei, het ons geen lewe nie. Die Here het

ons gevra om in Hom te woon, te rus en om Hom te vertrou. Wie is ek nou om

meer te probeer doen. Dit beteken nie dat jy op jou hande kan sit en niks doen nie.

In plaas daarvan dat ons aanmekaar werk, kan ons rus. Uit ons rus vloei ons werk

uit liefde vir die Here.

Gebedsversoek- afskeurstrokie. Plaas in kollektesak. Ek sal as gebedskoördineerder

dit na die diens insamel. Ja, jy kan anoniem bly of die versoek onderteken

Page 9: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

9 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

GEBEDSLEIDING

Hierdie keer lyk die gebedsleiding so effens anders. Soos die Here wil gaan

vanaand die opleiding van leiers vir ons Huisgemeents begin. Agter op die

preekskets sien julle oordenkingspunte. Die punte gaan by die vergadering

oftewel bymekaarkom van die Huisgemeentes gebruik word. Julle voorbidding vir

hierdie groot stap word daarom ook hiervoor gevra.

Hoe volhoubaar is gebed vir ons? Handhaaf ons ‘n gebalanseerde gebedslewe?

Volgelinge van Jesus Christus moet onthou hoe belangrik gebed in ons

verhouding met Hom is. Onthou “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly,

en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (Joh. 15:

5)

Hieronder is ‘n grafiese voorstelling van die aspekte wat in elkeen van ons se

gebedslewe moet voorkom.

Soos wat die duim elke ander vinger kan aanraak, so moet lofprysing my hele

lewe deurdrenk.

Ons glo dat Sondag die eerste dag van die week is. Elke Sondag sal ons teksverse

vir die week in die Ligdraer uitgee. Ons gee riglyne vir wie en wat om te bid.

Page 10: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

10 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

Sondag

Bid vir persoonlike leiding.

“Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal ardloop, maar

dat net die prys ontvang nie?” sê die apostel Paulus in 1 Korintiërs 9: 24. Bid dat

die Here jou sal help om vir hierdie prys in alles aspekte van jou persoonlike lewe

te hardloop. Maak ‘n lys van alle spesifieke gebedsversoeke vir Sy leiding in die

volgende belangrike aspekte – persoonlik, familie, werk/ skool, kerk en

gemeenskap. Memoriseer Romeine 12; 1 -2. Dank die Here vir alles wat Hy gedoen

het, besig is om te doen en nog gaan doen vir jou – omdat Hy dit belowe het.

Byvoorbeeld om elke dag meer en meer soos Jesus te word (Fil. 1: 6 en Romeine

8: 28 – 29). Bid dat jy daagliks van oomblik tot oomblik van Sy aanwesigheid bewus

is en dat jou lewe tot Sy eer is.

Maandag

Bid vir jou gesin

Maak ‘n lysie van elke familielid. As jy getroud is, sluit jou ega se naam by hierdie

lysie in. As daar ‘n nuweling bykom, troue; geboorte of adopsie, skryf hierdie naam

ook by jou lysie. Dra almal elke week op aan die Here, jy kan dalk ‘n Skrifbelofte

oor hulle afbid.

Voorbeeld: Dank U Here dat - - - - - - -die werk van U hand is, geskape om U goeie

werke te doen, goeie werke wat in die voortyd gereed gemaak is vir - - - - - - -om

te doen vergelyk Ef 2: 10. Bid dat die Here hulle sal seën, lei, bewaar en in Sy diens

gebruik, vir hulle in hulle nood bystaan en elke dag nader aan ons Here Jesus

Christus sal trek. Dank die Here vir wat Hy gedoen het, besig is om te doen en gaan

doen in hulle lewens.

Dinsdag

Bid vir die Geloofsfamilie

Bid vir die liggaam van Christus. Begin met jou eie gemeente. Skryf die name neer

van die predikant, kerkraad, Sondagskool-leiers en alle ander leiers. Hulle

wederhelftes en kinders, veral vir hulle wat jy ‘n drang voel om te bid. Voeg die

gemeentelede by waaraan jy jouself toegewy het. Die sendelinge wat deur julle

ondersteun word. Bid dat die Evangelie as DIE belangrikste verkondig sal word (1

Kor. 15: 1 – 11). Bid dat die Here hulle sal seën, lei, bewaar en elkeen sal gebruik,

Page 11: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

11 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

dan vir enige spesifieke behoefte. Bid vir die bekende Christelike leiers, vir almal

wat die ‘soutende sout’ in hulle gemeenskappe probeer wees.

“Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.

Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.” (Efesiërs 6: 18)

Woensdag

Bid vir die gemeenskap

“Wie is my naaste?” het iemand vir die Here gevra. Die Here het met die gelykenis

van die barmhartige Samaritaan daarop gereageer. (Lukas 10: 25- 37). Die wese

van hierdie gelykenis is “Dit maak vir my saak wat met jou gebeur”. Dit moet ons

in ons gebede vir die mense in gemeenskap lei, vir hulle wat naby woon, saamwerk,

by die skool ontmoet, raakloop in die winkels ensovoorts. Skryf die name van die

mense in die gemeenskappe neer wat jy ken. Bid dat die Here elkeen se behoefte

tegemoed sal kom, liggaamlik sowel as geestelik – volgens Sy wil. Dat elk die

waarheid van Johannes 10: 10 mag ken “’n Dief kom net steel en slag en uitroei,

Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Donderdag

Bid vir die volk

‘n Baie toegepaste teksvers om hier te bid is 2 Kronieke 7: 14, sodat Sy volk, wat

by Sy naam geroep is, hulle self verootmoedig en Sy aangesig soek en van hulle

slegte bose weë sal terugdraai. Dan sal die Here vanuit die hemel luister, hulle

sondes vergewe en die land genees. Bid vir die opleweing van God se volk in hierdie

land, dat hulle die Here Jesus aan die gewone mens as een van hulle sal voor lewe.

Bid dat die Here jou sal gebruik om ander nader aan Hom te bring. Vra vergewing

vir die land se sonde soos trots, hoogmoed, bevooroordeeldheid en onsensitiwiteit

vir die behoefte van ander. Skryf die plaaslike en nasionale geestelike en politieke

leiers neer, bid vir elkeen van hulle. Skryf politieke kwessies neer en bid daaroor.

Vrydag

Bid vir die hele wêreld

Bid vir ‘n wêreldwye uitstorting van die Heilige Gees, en sodoende word die

lewende liggaam van Christus gebruik om ander mense te help om Christus bekend

te maak en dat hulle Hom leer ken. Bid dat die nuwe gelowiges uitreik en ander

Page 12: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

12 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

mense vir Jesus Christus sal aanraak, deur aan hulle liggaamlike en geestelike

behoeftes te voldoen, soos wat die eerste volgelinge van die Here Jesus gedoen

het. ( Handelinge 3: 1 – 10). Bid dat hulle met Sy liefde, genade, omgee en wysheid

op sosiale probleme sal reageer. (Voeg die behoeftes waarvan jy bewus is aan jou

gebedslys toe). Bid ook vir die lande wat van Wes Afrika to Oos Asië strek, hulle

wat die behoeftigste mense is, waar die minste ge-evangeliseer word en waar die

meeste wêreld religies onderhou word. Bid vir die kerk wat vervolg word. Bid

laastens vir die bevordering van die Evangelie.

(Matt. 24: 14)

Saterdag

Bid vir die hulpeloses, hooploses, gewondes en verlorenes.

Begin met die wêreld, en soos jy bid jou volk, dan jou dorp en dan jou eie

gemeenskap. Skryf die name neer van hulle liggaamlik en geestelik aangetas is. Bid

dat die Here gelowiges, insluitende jou en jou gesin, sal gebruik om aan die

behoeftes van al die mense te voorsien. Almal wat honger en dors het,

vreemdelinge en diegene sonder klere, die siekes en gevangenes. (Matt. 25: 31 –

46) Vind uit wat die behoeftes in jou gemeenskap en gemeente is, hoe jou

gemeente aan hierdie behoeftes probeer voldoen. Skryf die pogings neer en bid

daarvoor. Bid vir die mense wat dit bestuur. Vra die Here hoe Hy jou hier wil

gebruik.

Die dae onderstaande bybelgedeeltes is ‘n riglyn om God te leer ken en

daarvolgens te bid.

04-Feb-18 Sondag Eksodus 25 - 27 Spreuke 4

05-Feb-18 Maandag Eksodus 28 -31 Spreuke 5

06-Feb-18 Dinsdag Eksodus 32 - 34 Spreuke 6

07-Feb-18 Woensdag Besinning

08-Feb-18 Donderdag Eksodus 35 - 37 Spreuke 7

09-Feb-18 Vrydag Eksodus 38 - 40 Spreuke 8

10-Feb-18 Saterdag Handelinge 1 - 3 Spreuke 9

Page 13: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

13 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

Wat is ‘n gelofte aan God?

Page 14: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

14 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

Page 15: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

15 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3

Wat is ‘n gelofte aan God?

Weet julle wat die woord gelofte beteken? Dit is om iets te belowe, iets wat mens

sal doen. Vra dat pappa of mamma vir jou Rigters 11 voorlees en luister baie mooi.

Die Here gebruik Jefta in die hoofstuk om vir Sy volk te sorg. Jefta het ongelukkig

baie heidense gewoontes aangeleer. Want hy sê vir die Here dat hy iets in ruil sal

doen as die Here vir hom sorg. Ons lees dat hy dus nie vol vertroue is op die Here

nie. Hy wil ‘n ooreenkoms met die Here aangaan.

Kan ons dit doen? Kan ons enigiets vir die Here gee?

Nee tog, alles op aarde is van Hom, Hy het alles gemaak en regeer nog steeds

daaroor. Alles wat ons is, kry en doen – dit kom uit die hand van God. Alle goeie

dinge wat ons doen, dis nie ons wat so oulik is nie. Nee, dit word in ons harte

gewerk. God die Heilige Gees werk in ons, sodat ons bly is wanneer ons van die hel

en ewige duisternis gered word.

Page 16: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die Here en sonder sy lewe wat

16 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3