4
HEMELVAART Eerskomende Donderdag … ons gaan dit DV e-vier. Missie: Effektiewe Woordbediening sodat die eerste liefde na binne en buite leef. Visie: Om ‘n eerste-liefde gemeente van Christus te wees. Ds. CA Jansen: Sel: 082 859 1499 Epos: [email protected] Admin/Koster: Marléne vd Walt Sel: 082 823 9827 Epos: [email protected] 1e Erediens 17 Mei 2020 TEMA: Onderwerp jou aan jou baas. ONTMOETINGSDIENS Votum Groetseën Lofsang Psalm 68:9 & 13 Belydenis van geloof—Nicea VEROOTMOEDIGING & VERSOENING Wet van die Here—Eks 20 (tweede gebod—HK Sondag 35) Sing Psalm 119:60 WOORDDIENS Gebed Skriflesing 1 Petrus 2:11 & 12, 18—25 Fokus 1 Petrus 2:18a Prediking ANTWOORDDIENS Dankgebed Sing Psalm 9:12, 13 & 14 Gebed vir seën 2e Erediens 17 Mei 2020 TEMA: In ons daaglikse werk gee ons getuienis van Jesus Christus ONTMOETINGSDIENS Votum Groetseën Lofsang Lied 151:1 & 2 WOORDDIENS Gebed Skriflesing 1 Petrus 2:11 & 12, 18—25 Fokus 1 Petrus 2:18a Prediking ANTWOORDDIENS Dankgebed Sing Psalm 73:9 & 10 Gebed vir seën

HEMELVAART - gksecunda · 2020. 5. 16. · 17 Mei Kruger Piater 082 851 2015, Claudelle Van der Merwe, (71) Herkie Venter 082 893 1636 19 Mei Adriaan Greyling, Willie Le Roux 079

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • HEMELVAART

    Eerskomende Donderdag … ons gaan dit DV e-vier.

    Missie: Effektiewe Woordbediening sodat die eerste liefde na binne en buite leef.

    Visie: Om ‘n eerste-liefde gemeente van Christus te wees.

    Ds. CA Jansen:

    Sel: 082 859 1499

    Epos: [email protected]

    Admin/Koster: Marléne vd Walt

    Sel: 082 823 9827

    Epos: [email protected]

    1e Erediens 17 Mei 2020

    TEMA: Onderwerp jou aan jou baas. ONTMOETINGSDIENS Votum Groetseën Lofsang Psalm 68:9 & 13 Belydenis van geloof—Nicea VEROOTMOEDIGING & VERSOENING Wet van die Here—Eks 20 (tweede gebod—HK Sondag 35) Sing Psalm 119:60 WOORDDIENS Gebed Skriflesing 1 Petrus 2:11 & 12, 18—25 Fokus 1 Petrus 2:18a Prediking ANTWOORDDIENS Dankgebed Sing Psalm 9:12, 13 & 14 Gebed vir seën

    2e Erediens 17 Mei 2020

    TEMA: In ons daaglikse werk gee ons getuienis van Jesus Christus ONTMOETINGSDIENS Votum Groetseën Lofsang Lied 151:1 & 2 WOORDDIENS Gebed Skriflesing 1 Petrus 2:11 & 12, 18—25 Fokus 1 Petrus 2:18a Prediking ANTWOORDDIENS Dankgebed Sing Psalm 73:9 & 10 Gebed vir seën

    mailto:[email protected]

  • Lief & leed in ons Gemeente:

    Petra Labuschagne (0798729320) het afgelope week ‘n

    chirurgiese prosedure aan haar knie ondergaan. Sy is reeds

    ontslaan en sterk tuis aan.

    Marthie vd Merwe (072 330 9411) ondergaan DV

    eerskomende Dinsdag vir ‘n knievervangingsoperasie in

    Hoëveld Medi Clinic. Ons bid vir haar krag toe vir die

    operasie en ook vir br Neels du Preez, kundigheid en wysheid

    vir die operasie wat hy moet uitvoer.

    Ons is dankbaar saam met Jan en Truitjie du Plessis dat

    daar mooi verbetering by hulle seun, Edrich is. Hy moes wel

    weer teater toe gaan om weefsel wat doodgegaan het agv

    gebrek aan bloedtoevoer, weg te sny. Maar dit gaan mooi

    beter met hom: liggaamlik en emosioneel.

    Diakens se bankrekening vir inbetalings van liefdegawes en kollektes:

    ABSA Takkode: 632005

    Rekno: 151 034 0465

    xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

    Kerk se bankrekening vir dankoffers: ABSA

    Takkode 632005 Rekno: 151 034 0023

  • Nuttige en bruikbare skakels vir leesstof, kykstof en

    blokkiesraaisels.

    1. LEESSTOF: 1.1 Vir almal: Die Kerkblad Mei 2020. Geplaas op GK Secunda se Facebookblad in PDF (soos dit ontvang is) 1.2 Vir die vroue: Gereformeerde Vroueblad, ook op GK Secunda se facebookblad in PDF (so is dit ontvang) of die skakel: http://mydigitalpublication.co.za/gkvroueblad/mei2020/ 1.3 Vir jongmense vanf 13—25 Kruispad. Hiervoor word die volgende skakel gegee: https://mailchi.mp/ef43b9b7b32d/ons-wag-op-die-here?e=6861fb9e29 1.4 Vir die kinders tot omtrent Gr 8 Die Slingervel. Gaan hiervoor na: http://www.ssplus.co.za/slingervel.html 2. GLOMEDIA.Tv Vir goeie kykstof vir oud tot jonk, gaan na https://glomedia.tv/ ‘n Projek van die GKSA en NHK om goeie kykstof te bied vir volwassenes en kinders. Jou intekening hierdie maand is gratis. 3. OM JOUSELF BESIG TE HOU Daar is interaktiewe blokkiesraaisels oor Bybelboeke, asook gewone Bybelblokkiesraaisels wat afgelaai kan word by http://www.ssplus.co.za/ruite.htm (ons gaan gereeld bywerkings doen)

    17 Mei Kruger Piater 082 851 2015, Claudelle Van der Merwe, (71) Herkie Venter 082 893 1636 19 Mei Adriaan Greyling, Willie Le Roux 079 513 020 20 Mei Frans Buys 082 462 5438, Pieter Van der Linde 074 585 7831 Jeanette Van der Merwe 062 020 7390 21 Mei Susan Pretorius 083 308 0472, Nadia Strydom 0835656226 22 Mei Jan Adriaan Louw 23 Mei Christine Golombick 083 354 1054, Nicolette Loock 082 927 5331, Leatitia Mulke 074 115 1834

    Mag die Here vir elkeen wat verjaar, inlei in ‘n nuwe lewensjaar wat Hy vul met sy genade en reg, sy goedheid en guns.

    Hospitaalbesoek:

    Indien daar lidmate, kinders of familielede wat siek is of in die hospitaal opgeneem is, kontak of sms vir Marléne 082 823 9827.

    Ons skort ons teedrink op tot einde 2020??

    Botswana "Lite"

    Toer vir Secunda Doppers beplan vir DV Jun/Jul 2021. 4x4 nie noodsaaklik nie. Vra vir Emile Blaauw by [email protected] vir meer

    inligting.

    Direkte kontakbybelstudie is

    onderbreek tot verdere kennisgewing.

  • Deputate Owerheid. GKSA

    [email protected] 082-377 1112 marcelfloor07@

    gmail.com 082-828 5811

    15 Mei 2020

    Geagte broers en susters,

    GRENDEL-BEPALINGS EN ONS KERKE

    Waar ons nou die agtste week van die grendeltyd nader, word dit „n saak wat ons kerke al hoe ernstiger raak. Met die aanvanklike drie weke van inperking, en selfs nog toe dit met twee weke verleng is, het ons as deputate het ons kerke aangemoedig om positief saam te werk ten einde die bedreiging van die COVID19 Virus gesamentlik die hoof te

    kan bied.

    Vir die samewerkinge en selfdissipline wil ons graag ons dank uitspreek. Intussen het ons as Deputate Owerheid sekere baie billike en beskeie versoeke tot die owerheid gerig, naamlik om een samekoms van „n maksimum van 10 persone per gemeente op „n Sondag toe te laat, en om duidelik die diens van pastorale berading deur amptelik gelegitimeerde predikante ook as noodsaaklike diens te erken. Ons het nog geen

    reaksie op ons versoeke gekry nie.

    Dit wil ook in die algemeen voorkom asof die regering die kerke as “stakeholder‟ in die hele proses verbygaan. In die huidige skedule van aktiwiteite wat op die verskillende vlakke toegelaat gaan word, word geen ruimte vir beperkte samekomste van gelowiges gelaat nie. As deputate is ons van mening dat daar in groot verantwoordelikheid sekere billike toegewings aan ons kerke gemaak kan word en dat ons in die verband groter pogings moet aanwend om gehoor te word. Ons bemerk ook „n toenemende mate van

    ongeduld by lidmate en ampsdraers in ons kerke.

    In die verband wil ons die volgende aan u meedeel en/of aan die hand doen;

    1. Ons Deputate gaan voort om ons billike versoeke en „n billike bedeling vir ons

    kerke onder die regering se aandag te bring.

    2. Ons is in gesprek met breër ekumeniese liggame om „n eenparige stem uit die

    breë kerklike gemeenskap te laat hoor.

    3. Ons het deur die jare die praktyk dat plaaslike kerke hul gesprek met die sentrale owerheid via ons Deputate doen, maar dat plaaslike kerke ook op plaaslike vlak

    ook hul getuienis moet laat hoor.

    Waar die huidige situasie enersyds elke plaaslike kerk in sy funksionering direk raak, en andersyds „n breë stem uit die kerke in hierdie opsig gehoor moet word, het ons as Deputate geen probleem daarmee indien plaaslike kerke ook doen wat hulle hand vind om te doen nie – soveel te meer omdat verskillende reëls vir verskillende gebiede mag geld en dieselfde reëls op

    verskillende plekke, verskillend toegepas word.

    In die verband wil ons vanuit ons ervaring en van die proses drie versoeke rig:

    3.1 Eerstens dat ons hoegenaamd nie die wet in eie hande neem en aksies reël wat deur die regulasies verbied word nie. Dit gaan u werklik net in ernstige moeilikheid laat beland. Ons is bewus daarvan dat Handelinge 5:29 dikwels gebruik (en telkens ook misbruik) word om ongehoorsaamheid in die verband aan te moedig. Ons wil egter vanuit ons ondervinding dit aan u meld dat hoewel sekere optredes van die regering onnadenkend en onbeholpe is, dit in die verband hoegenaamd nie as kwaadwillige vervolging van die kerk beskou kan word nie, wat duidelik die konteks was van die

    uitspraak in Handelinge 5.

    3.2 Ons wil regtig ‘n beroep op u doen dat u handelinge en uitsprake in die verband altyd die kerk van Christus waardig sal wees. Ons doen dit nie om vanuit ons posisie vir u te preek nie, maar omdat ons werklik in die reaksie van sekere ampsdraers die

    teenoorgestelde beleef het.

    3.3 Ons versoek ook dat u innoverende weë sal bedink om op plaaslike vlak saam met die plaaslike gemeenskap te werk om die saak in u area aan te spreek. Een goeie voorbeeld sou byvoorbeeld wees dat plaaslike gemeenskappe in gebiede waar die voorkoms van COVID 19 besmettings baie laag is, „n beroep op die regering sal doen om, soos die president in sy vorige toespraak beloof het, daardie gemeenskap na „n laer vlak van inperking sal “bevorder”, wat ook die kerk se werk daar tot voordeel kan

    wees.

    4. Ons as Deputate sit ook dikwels met die frustrasie dat dit baie moeilik is om ons stem in regeringskringe gehoor te laat word. Enige voorstelle, en aanduiding van moontlike kanale van kommunikasie in die verband, sal v erwelkom word. Baie dankie vir die geduld en DIE samewerking wat op „n werklik prysenswaardige vlak van bykans al ons kerke ontvang is. Mag die Here gee dat ons as kerke weer spoedig sal kan werk en funksioneer soos

    Hy van ons vra.

    Namens die deputate Skakeling met die Owerheid

    Ds. Cassie Aucamp (Voorsitter) s.Marcel Floor (Skriba)