12
1 GKSA NUUSBROKKIES Sondag 31 Mei 2020 LIEF EN LEED Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 29 Mei Mev D Jooste (Deana), eggenote van dr SN Jooste (Simon) Reformed Church Southern Suburbs 30 Mei Mev E Oosthuizen (Elaine), eggenote van ds GD Oosthuizen (Orrie) GK Vaalharts JUNIE 1 Junie Ds EM Makhobozi (Edwin) -GK Tladi 1 Junie Mev S Struwig (Sanette), eggenote van ds OJ Struwig (Ockie) GK Frankfort 1 Junie Mev MPE Malan (Marieke), eggenote van ds DJ Malan (Danie) GK Uitschot 3 Junie Ds HK de Kock (Kruger) GK Randburg (Londenbediening) 4 Junie Ds PJ Hattingh (Peter) GK Okahandja 4 Junie Ds R Boersema (Reinhart) GK Vryburg Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 29 Mei Mev LJ Kruger (Louise), weduwee van ds GHJ Kruger (Gerrit) GK Durban 29 Mei Mev RA de Klerk (Ria), weduwee van ds PB de Klerk (Bouie) GK Klerksdorp 29 Mei Mev SL van der Walt (Susanne), eggenote van ds PJJ van der Walt (Philip) GK Brits-Wes 29 Mei Dr FRP de Bruyn (Frans) GK Klerksdorp

LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA [email protected] 082-377 1112 [email protected] 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

1

GKSA NUUSBROKKIES

Sondag 31 Mei 2020

LIEF EN LEED

Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 29 Mei Mev D Jooste (Deana), eggenote van dr SN Jooste (Simon) –

Reformed Church Southern Suburbs 30 Mei Mev E Oosthuizen (Elaine), eggenote van ds GD Oosthuizen (Orrie)

– GK Vaalharts JUNIE 1 Junie Ds EM Makhobozi (Edwin) -GK Tladi 1 Junie Mev S Struwig (Sanette), eggenote van ds OJ Struwig (Ockie) – GK

Frankfort 1 Junie Mev MPE Malan (Marieke), eggenote van ds DJ Malan (Danie) – GK

Uitschot 3 Junie Ds HK de Kock (Kruger) – GK Randburg (Londenbediening) 4 Junie Ds PJ Hattingh (Peter) – GK Okahandja 4 Junie Ds R Boersema (Reinhart) – GK Vryburg Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 29 Mei Mev LJ Kruger (Louise), weduwee van

ds GHJ Kruger (Gerrit) – GK Durban 29 Mei Mev RA de Klerk (Ria), weduwee van ds

PB de Klerk (Bouie) – GK Klerksdorp 29 Mei Mev SL van der Walt (Susanne),

eggenote van ds PJJ van der Walt (Philip) – GK Brits-Wes

29 Mei Dr FRP de Bruyn (Frans) – GK Klerksdorp

Page 2: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

2

29 Mei Mev SA Labuscagne (Alice), eggenote van dr GCP Labuscagne (Gerrie) – GK Vleuels

30 Mei Mev AM de Klerk (Annatjie), weduwee van ds JJ de Klerk (Kosie) – GK Boksburg

30 Mei Mev AJHM Myburg (Annatjie), weduwee van ds A Myburg (Andries) – GK Pretoria-Annlin

31 Mei Ds CD Jaftha (Kiepie) – GK Heidedal JUNIE 1 Junie Prof BJ de Klerk (Ben) – TSP 2 Junie Mev MJ Stemmer (Johanna), eggenote van ds GH Stemmer (Henry)

– GK Khuma 2 Junie Ds LJ Badenhorst (Lou) – GK Rustenburg-Noordoos 3 Junie Mev JM Prinsloo (Magda), weduwee van ds BDC Prinsloo (Ben) –

GK Elandskraal 4 Junie Mev SL Grobler (Susan), weduwee van ds HM Grobler (Herman) –

GK Potchefstroom-Oos 4 Junie Dr PW Bingle (Pieter) – GK Kaapstad 4 Junie Mev IG Kalanyane (Itseng), weduwee van ds KS Kalanyane (Simon)

– GK Huhudi 4 Junie Ds JA du Preez (Jan) – GK Germiston

Gods ryke seën word u toegewens vir die nuwe lewensjaar (Ps 16:5, 6)

KERKLIKE ADMINISTRASIE

Emeritering

Ds Dirk Pansegrouw van GK Hoëveld emeriteer aan die einde van Meimaand. Ds Pansegrouw het sy afskeidspreek op Sondag, 24 Mei 2020, gelewer. Dirk en Marja Pansegrouw

Page 3: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

3

Deputate Owerheid. GKSA [email protected] 082-377 1112 [email protected] 082-828 5811

26 Mei 2020

MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE WAT TOEGELAAT WORD

Die Deputate Owerheid van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika is baie dankbaar dat die Here dit so beskik het dat sy kudde eersdaags weer in ons land bymekaar sal kan kom. Saamwees en gemeenskap is deel van die wese van die kerk. Ons lees by die eerste dae van die Nuwe Testamentiese kerk in Handelinge 2:47: “Die Here het elke dag mense wat gered word by die gemeente gevoeg”, en dan ook telkens die refrein: Hulle was eendragtig bymekaar” Saam met die groot dankbaarheid kom daar ook nou groot verantwoordelikheid. Ons mag die Here nie versoek met tekse wat misbruik word, soos toe die duiwel gesê het Jesus moet van die tempel se dak afspring, want in Ps 91 staan daar dat die Here sal beskik dat jy jou voet teen geen klip sal stamp nie (Matt 4:6). Ons glo elke enkele gemeente in die GKSA sal in hul samekomste so optree dat ons nie ons eie of ander se lewe in gevaarstel, en so die 6de gebod oortree nie (Kyk Heidelbergse Kategismus, vraag 105). Ons deputate sal ook voortgaan om ons kerke en lidmate op hoogte te hou van wat die noodsaaklike vereistes en bepalings is, sodat ons ook in die opsig aan die Skrifeis sal voldoen om die gesag wat die Here oor ons gestel het te gehoorsaam. Elke gemeente sal met eie inisiatief moet kyk hoe kerkwees onder vlak 3 ten beste sal kan geskied. Ons dominees is nou baie preke agter, ons kan maar 5 dienste per Sondag hou! Ons glo dat die digitale inisiatiewe wat as “impakspeler” moes geld, steeds positief gebruik sal word. Ons is ook dankbaar dat die pastorale werk van predikante en pastore nou duidelik as noodsaaklike werk beskou word, iets wat al onder vlak 5 moes gebeur het, soos ons ook in ‘n skrywe aan die President versoek het. Natuurlik het die regering in baie opsigte foute gemaak in die besluitneming op hierdie onbekende terrein. Die aankondiging van die president en veral die wyse waarop hy dit gedoen het behoort egter die ongegronde vrese dat die kerk vervolg word te besweer. Ons is as deputate dankbaar dat ons nie in daardie strik getrap het nie, hoewel die versoeking soms groot was. In die gesindheid van saamwees-in-hierdie-krisis waarmee President Ramaphosa die samewerking van godsdiensgemeenskappe gevra het, wil ons ook ‘n ernstige beroep op die regering doen dat hiermee ‘n nuwe benadering in die COVID19 krisis ingelui word: om die toepassing van die COVID 19 maatreëls met respek en empatie te hanteer. Hardhandigheid deur wetstoepassers is virseker nie in lyn met die wellewende gesindheid wat daar van alle rolspelers gevra word nie. Die erkenning deur die President van die belang van elke sektor van die samelewing, en vanaand spesifiek die van geloofsgemeenskappe, moet ook ‘n sein uitstuur dat COVID 19 nie ‘n verskoning is vir totalitêre en militaristiese optrede deur die owerheid nie.

Page 4: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

4

Die kerke in die GKSA het reeds twee weke gelede besluit dat Sondag 31 Mei ‘n dag van verootmoediging en gebed sal wees. Ons is dankbaar dat ons dit nou ook saam met talle mede-gelowiges sal kan doen. Weliswaar sal dit nog onder die Vlak 4 regulasies hoofsaaklik digitaal moet geskied. Namens die Deputate Owerheid GKSA Ds. Cassie Aucamp (Voorsitter) Ds. Marcel Floor (Skriba)

PROPONENTE BEROEPBAAR GESTEL

Proponent GJ Venter (Jonker) Sel: 082 566 3216 E-pos: [email protected] Jonker en Erika met Alexander en Clarinda

Beroepbaarstelling ingevolge KO, art 11

Ds MJ Nkili (Jafta) Sel: 086 636 8212 / 076 489 8601

E-pos: [email protected]

Beroepbaarstelling is geldig tot 31 Augustus 2020

Page 5: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

5

Die volgende onderhoud van die redakteur van Die Kerkblad op Pta FM word weer op 7 JUNIE 2020 om 07:45 uitgesaai. Luisteraars kan inskakel op 104.2/106.6 MHz of TV oudiokanaal 887.

Page 6: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

6

Page 7: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

7

GEREFORMEERDE PUBLIKASIES (Calvyn Jubileumboekefonds = CJBF)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected] Tel: 018 297 3986 Prys R70.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected]

Tel: 018 297 3986

Prys R65.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected] Tel: 018 297 3986 Prys R25.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Page 8: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

8

Page 9: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

9

Op die GKSA se boekrak

JH van Wyk, 2015, Teologie van die koninkryk. Studies in dogmatiek en etiek, Pretoria, 484 bladsye (verkrygbaar by die Admin Buro, Potchefstroom). Prys R250 plus posgeld. Die boek bevat artikels wat die skrywer oor ‘n lang periode geskryf het en volgens die orde van die dogmatiek en die Nederlandse Geloofsbelydenis saamgestel het. Daar is artikels oor die Skrifleer, die Godsleer, die Christologie, die kerkleer, sakramente, apologetiek, etiek en die eskatologie (toekoms). Dit is byna ‘n soort verkorte dogmatiek. Daar is o.a. ‘n belangrike artikel oor die opkomende en aggressiewe ateïsme. Die boek is ideaal vir teologiese studente maar teoloë en belangstellende lidmate sal dit ook lesenswaardig vind.

JH van Wyk, 2018, Augustinus. ‘n Studie oor die etiek van ‘n kerkvader uit Afrika, Sun Press (African Sun Media), 233 bladsye. Prys ongeveer R200 plus posgeld. In die boek fokus die skrywer op die etiese gesigspunte van hierdie groot kerkvader uit Afrika, maar hy doen dit teen die agtergrond van die lewe van die kerkvader en sy dogmatiese gesigspunte. Augustinus word beskou as een van die heel grootste teoloë wat ooit geleef het en lewer ‘n illustrasie dat Afrika ook ‘n groot bydrae tot die teologie in die kerk- en kultuurgeskiedenis gemaak het. Die boek het ook in Holland heelwat aandag getrek in resensies wat daar verskyn het. In Suid-Afrika het die boek in 2019 die Andrew Murray-prys ontvang. Een van die keurders van die boek het opgemerk: “Ek oordeel dat hierdie een [die boek] een van die heel beste teologiese boeke is wat nog in Afrikaans geskryf is.” ‘n Ander keurder het geskryf: “Hierdie werk staan uit as een van die groot teologiese bydraes in Afrikaans die afgelope drie dekades.” Die boek is in vloeiende Afrikaans geskryf en studente, teoloë en belangstellende lesers sal deur die inhoud verryk word.

Page 10: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

10

“O, AARDE!”: FLITS 31 WAAR IS AL DIE OOIEVAARS HEEN? Vyftig jaar gelede was swerms swewende wit ooievaars (Ciconia Ciconia) in die somer ‘n algemene gesig in Suid-Afrika. In groot getalle het hulle op die grasvlaktes, vleie en mielielande gewy en allerhande ongewenste insekte, reptiele en knaagdiertjies verorber. Saans het hulle in ‘n swerm ‘n droë boom volgepak terwyl hulle nogal strelende roepgeluide die lug gevul het. Waar is die ooievaars heen? Soos familie: Ooievaars het vir eeue al ‘n spesiale verhouding gehad met Europeërs met wie hulle hul tuisland gedeel het. Vir mense was hulle mitologiese bringers van geluk en voorspoed terwyl, namate groot bome (ooievaars se oertuiste) uitgekap is om plek te maak vir woonbuurtes en boerdery, huisdakke, skoorstene, kerktorings en (later) kragpale en -torings nuwe nesbouplekke voorsien het. Daar het ook by mense die legende ontstaan dat hulle babatjies bring! Eerste immigrante: Ooievaars was die eerste Europese immigrante na Suid-Afrika, want elke jaar voor die aanbreek van die Europese winter met sy koue, sneeu, ys en absolute gebrek aan kos en beskerming vir die ooievaars, het hulle suidwaarts geëmigreer. Die van Oos-Europa het die oostelike roete gekies: oor die ooskus van die Middellandse See, Wes-Arabië en aan die oostekant van Afrika af tot in die verre suide. Die Wes-Europeërs het oor Spanje en die Wes-Sahara na Wes-Afrika koers gekry. Kundiges in navigasie en lugstrome: Merkwaardige navigasievermoëns het die ooievaars in staat gestel om ondanks reën- en windstorms, dwarswinde en teenwinde tog elkeen vir ongeveer 30 jaar hierdie jaarlikse tog heen-en-terug te voltooi: meer as 20,000 kilometers in ongeveer 49 dae vliegtyd – en dit terwyl elkeen daagliks ongeveer 1½ kilogram kos nodig gehad het! Die grootste suksesfaktor was hul gebruik van opwaartse warm lugstrome wat hul op verstommende wyse kon raaksien en waarop hul inspanningloos met oopgespreide vlerke kon opspiraal tot selfs 1500 meters en dan vorentoe afsweef tot aan die voet van die volgende stroom – en so byna sonder gebruik van energie honderde kilometers per dag aflê! “A, hier kom die ooievaars!”: Op hul roete word die ooievaars om, vir ons, soms bizarre redes verwelkom. In lande soos Lebanon is hul gesogte teikens vir “sport”-jagters op soek na trofeë. Wanneer ‘n swerm op by voorbeeld ‘n oase in die Sahara land, is hul vir die woestynbewoners soos kos uit die hemel – tot 3 kilogram eetbare vleis!. Op ander plekke kry mense hulle met wippe en vanghokke in die hande. Waar hulle op die grond wy, is daar allerhande soorte roofdiere wat ook lief is vir ooievaarvleis. Ongelukkig ook is baie van die plaagbeheermiddels wat vir oesbeskerming nodig is, ook dodelik vir ooievaars al is die boere die voëls hoe goedgesind. Waars die ooievaars heen? Tussen ontploffende mensegetalle en die ooievaars het ‘n onbedoelde kompetisie ontstaan. Bosse en woude wat die natuurlike bly- en nesbouplekke vir ooievaars was, is uitgekap, maar die ooievaars het aangepas en met mense begin saambly. Moerasse en vleilande waar ooievaars van amfibieë,

Page 11: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

11

reptiele en insekte geleef het is drooggelê of, soos in die ooste van Suid-Afrika, ook vergiftig en besoedel. Insekte wat deel van hul diëet was, is uitgeroei ter wille van doeltreffende landbouproduksie om kos vir groeiende mensgetalle te voorsien. Veral krimpende habitat en kosvoorraad het veroorsaak dat die getalle broeipare in Europa teen die einde van die vorige eeu so laag was dat Ciconia Ciconia tot “uiters bedreigde spesie” verklaar is. Kom die ooievaars terug? Ja! Onlangs is ooievaars as nie meer “uiters bedreig” verklaar. ‘n Algemene besef van die groot positiewe rol wat ooievaars speel in die verhouding tussen die mens- en dierewêreld en hoe groot die verlies sou wees as dit sou verdwyn, het veral in Europa vaardig geword – en mense tot positiewe aksie aangespoor. Ooievaargetalle het merkwaardig toegeneem as gevolg van ooievaarvriendelike landbou- en ander pryktyke en die bestryding van negatiewe bedrywighede en gesindhede. Toe Dr Henk Strooiprater, mondstuk van die GKSA se Deputate: Omgewing, hierdie artikel lees, skep hy sommer moed. Hy is al gewoond aan slegte nuus in verband met omgewingsbewaring en mense se uitbuiting van die skepping, maar hy kry nuwe krag vir die stryd. Weereens bewonder hy die omvattendheid van God skeppingsplan: klaarblyklik het hy nie ooievaars vir die mens as kos gegee nie (Lev 11:19; Deut 14:18), maar tog ‘n habitat voorsien (Ps 104:17) en ‘n beskeie, maar merkwaardige, plek in die diereryk (Job 39:13). Daardie vlerke is simbolies van vrye, onverwagte krag (Sag 5:9). Ooievaars ken hul plek in die skeppingsorde – anders as die mense (Jer 8:7). En, wonder doktor Henk, is hul spesiale plek dalk nie om die draers te wees van die boodskap: mense en die res van God se skepping hoort bymekaar! Chris Coetsee .

Page 12: LIEF EN LEED - gksecunda.co.za€¦ · 3 Deputate Owerheid. GKSA anberg@absamail.co.za 082-377 1112 marcelfloor07@gmail.com 082-828 5811 26 Mei 2020 MEDIAVERKLARING OOR EREDIENSTE

12

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Wie my opdragte het en dit uitvoer –

dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet,

hom sal my Vader liefhê, en Ek sal

hom ook liefhê en My aan hom openbaar.

Johannes 14:21