54
1 Hoofstuk 8: Die Verlossingsproses Jan Roos

Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

1

Hoofstuk 8:

Die Verlossingsproses

Jan Roos

Page 2: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

2

Page 3: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

3

Hoofstuk 8:

Die Verlossingsproses

My seun, neem aan wat ek jou sê,

maak wat ek jou voorskryf jou eie,

hou jou ore oop vir die wysheid,

span jou in om te verstaan.

Roep insig by, vra na gesonde begrip.

Soek dit soos jy silwer sou soek,

spoor dit op soos 'n verborge skat.

Dan sal jy weet hoe om die Here te dien,

sal jy ontdek wat dit is om God te ken.

(Spr. 2:1-5)

Jan Roos

Posbus 43792

Heuwelsig

Bloemfontein

9332

Page 4: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

4

“Baie Suid-Afrikaners is op pad na die hel! – Wat moet ek doen?”

deur dr. J.C. Roos.

Eerste uitgawe 2013.

Geen kopiereg word op hierdie boek voorbehou nie. Die materiaal kan gebruik, gedupliseer en versprei word met die voorwaarde dat erkenning aan die outeur verleen word en geen veranderings aan die teks aangebring word nie.

Tensy anders aangedui is skrifaanhalings in die publikasie geneem uit die

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling): Bybelgenootskap van Suid-Afrika © 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Met dank aan die Bybelgenootskap – http://www.bybel.co.za/home/.

Asook skrifaanhalings uit die 1953-vertaling (OV); ‘Die Boodskap’ – Die Bybel in hedendaagse Afrikaans (2002), uit die “King James Version” (KJV) Bybel (e-Sword) en die New King James Version (NKJV).

Hierdie boek (elektroniese weergawe, PDF) kan gratis op die Webblad

gelees en afgelaai word by: www.hemelofhel.co.za

Dankbetuigings:

Aan my vrou (Bertie) vir geduld, kommentaar en liefde.

Aan al my broers en susters in die geloof. In besonder vir boeta Martin Taljaard, Johan du Toit en Andrew de Wet wat tegniese en taalversorging gedoen het.

Aan God die Heilige Gees vir my entoesiasme, wysheid, insig, kennis, raad, sterkte en eerbied vir die Here.

E-pos: [email protected]

Faks: 086 695 6850

Jan Roos

Mei 2013

Page 5: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

5

Voorwoord

Hierdie boek het op my hart kom lê nadat God Sy lig op my hart laat skyn het en my verlig het met Sy kennis. Ek moet dringend, maar uit liefde, vir my medemens waarsku dat die meeste nie op die regte pad is nie. Ek weet dit want ek was self daar. Baie Suid-Afrikaners dwaal en is mislei, hul prioriteite is nie reg nie en het nie ‘n idee wat hulle in die geestelike sfeer (realm) doen nie. Baie verstaan nie hulle geestelike roeping nie, is verblind, lou, en is op ‘n pad van vernietiging (na die hel), maar baie besef dit nie! Die mense sê: “Ons het niks van iemand nodig nie, want kyk net wat het ons alles!” Ai, al hierdie gespog maak dat julle heeltemal

blind is vir hoe pateties dit regtig met julle gaan. ‘n Mens wil eintlik

sommer oor julle aan die huil gaan. Kyk net hoe lyk julle: julle is

geestelik brandarm en bankrot. Boonop besef julle dit nie eens nie, want

julle is soos blindes.” (Openb. 3:17, Die Boodskap). En ons weet wat word van hulle – word uitgespoeg!

Let wel, ek sê op pad na die hel – so, daar is nog kans om ‘n rigting-verandering te doen – bekeer! Daarom wil ek, namens God sê: ‘Mense word wakker – draai weg van die sonde na God!’ Kyk wat sê die Woord: “Word wakker, word wakker, ruk jou reg, Sion (voeg jou naam hierin).” (Jes. 52:1). “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” (Ef. 5:14).

En die kerk vertroos ons met woorde soos ‘ons is maar net nietige sondaars en almal oortree, maar as jy net probeer is dit genoeg solank jy net gedoop (baba besprinkeling), voorgestel en aangeneem is!’ Onthou, jy word nie as ‘n Christen gebore nie, jy word nie ‘n Christen met jou babadoop nie, jy is nie ‘n Christen omdat jy kerk toe gaan nie. As iemand sê hy is ‘n Christen, maak dit hom nie ‘n Christen nie!

Ek is nie ‘n filosoof, teoloog, of sielkundige nie, maar ‘n wedergebore Christen wat kan lees en skryf! Ek het ‘n doktorsgraad in die natuurwetenskappe gedoen, maar genadiglik tot die besef gekom ek het nie die ewige LEWE nie! God het Sy goedheid aan my betoon en my uit die duisternis na die lig gebring en ek prys my God wat my gered het. Na wedergeboorte en eenwording met Christus (nuwe lewe), is jy geroepe as gesant (ambassadeur) van Christus en is dit ‘n voorreg en eer om in Sy plek te handel. (2 Kor. 5:20).

Page 6: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

6

Toe ek uit die duisternis na lig gebring is, was ek verbaas en hartseer om al die dooie bene om my te sien (familie, vriende, mede-kerkgangers wat morsdood is; net soos ek was) – soos die volk Israel in Esegiël (Eseg. 37). Maar die goeie nuus is dat God deur Sy Gees weer hieruit ‘n weermag kan bou! Dis eintlik die opdrag wat God ons gee om te doen. Daarom bid ek vir ‘n herlewing in elkeen se hart – herlewing vir ons land, Suid-Afrika.

Baie Suid-Afrikaners sê en dink hulle is ware Christene; maar is dit in werklikheid nie! Hulle is wêreldse (vleeslike) Christene (‘carnal Christians’) wat oppervlakkig in die siel en nie in die gees funksioneer nie. Hulle is nie met Christus verenig nie. Wat bedoel ek? Dit beteken dat ‘n persoon is nog nie wedergebore nie (‘n nuwe mens). Jy is nog ‘n sondaar voor God, jy is sonder die Heilige Gees en jy is sonder hoop – want die Bybel sê die ongeredde sondaar se toekoms is verdelging.

Die satan het geweldige beheer op aarde (Joh. 12:31 & 14:30) en dit sien ons in al die sfere van die samelewing. Daar is baie valse profete (dwaalleraars) en antichriste vandag (2 Pet. 2:1; 1 Joh. 4:1 & 1 Joh. 2:22), mense leef in ‘n leuen, en die wêreld is in vyandskap teen God! Mense leef in vrees, het baie bekommernisse en baie probleme. Mense is opsoek na geluk en wonder oor die geheim van die lewe? Maar Psalm 111:10 in Die Boodskap sê dit mooi: “Om gelukkig te wees moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim

van die lewe.” Hoeveel Suid-Afrikaners doen dit?

Daar is baie gelowe/godsdienste (‘religions’) en basies probeer hul almal om die gaping tussen God en die mens te oorbrug. Maar daar is net een, die Evangelie (‘gospel’) van Christus, waarin God na die mens uitreik. Godsdiens gaan jou nie red nie; om ’n goeie lewe te leef, red jou nie – jy het ’n Verlosser (Jesus) nodig. Min Christene verstaan bv. die verlossings proses en wedergeboorte. Jy kan nie verlossing verdien nie, jy kan dit nie koop nie, jy kan dit net deur geloof as ’n geskenk van God ontvang. Met dié boek wil ek my ervaring deel en die groter prentjie te wys.

Baie mense se ken-en-verstaan van die Bybel is piering vlak en dit lei tot hul eie vals redenasies, bv. hul sal sê: “Jesus het vir almal se sonde gesterf en sal ons uiteindelik almal weer in ‘n regte verhouding met God gestel word.” Maar nee, dis ‘n vals redenasie – dis nie wat die Bybel sê nie. Dis waar dat Christus vir almal se sondes gesterf het, maar as jy nie bekeer en Hom nie as jou persoonlike Verlosser aanvaar nie, dan is die vergifnis van sonde nie op jou van toepassing nie en gaan jy in die verderf beland! “Die HERE staan gereed om my (jou) te verlos.” (Jes. 38:20 OV).

Page 7: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

7

God het ons ‘n vrye will/keuse gegee: jy kies vir Hom en dan kies jy die ewige lewe (hemel) of jy kies teen Hom en gaan die dood (hel) tegemoet (Deut. 30:19). Dit is ‘n eenvoudig keuse, maar ‘n moeilike besluit! Hoekom? Omdat die satan en al sy demone (die magte van duisternis) jou wil verhoed om die lewe te kies. As jy dus hel toe gaan is dit omdat jy daarvoor gekies het (Jesus verwerp). Jou keuse sal deur God gerespekteer word en jy kry die loon vir die sonde wat die dood is (Rom. 6:23).

Die Bybel is een van die grootste geskenke van God aan die mens. Die Bybel is ‘n groot en komplekse boek (66 boeke deur 40 skrywers oor meer as duisend jaar), en dit is ‘n groot uitdaging wat baie tyd en wysheid vereis om dit reg te verstaan. Maar min mense wat ek ken, ken die kern waarhede en begrippe van die Bybel en baie mites word geglo. Algemeen word gesê: “Eva het ‘n appel in die tuin van Eden geëet”, maar die Bybel sê nie dit was ‘n appel nie – dit sê net ‘n ‘vrug’. Of daar word gepraat van ‘een paar van elke dier in Noag se ark’, maar daar staan ‘sewe pare van die rein diere en voëls’ (Gen. 7:2-3). Nog ‘n voorbeeld is dat ‘Noag 40 dae in die ark was.’ Nee, dit het 40 dae gereën; hulle was meer as ‘n jaar lank in die ark (377 dae).

Baie Suid-Afrikaners is op ‘n pad van vernietiging – die breë weg! (Matt. 7:13). Ons leef volgens die wêreld se valse reëls. My oproep en hartewens is daarom: moet nie verder tyd mors deur om doelloos op die leë, selfsugtige breë weg van die vleeslike lewe te wandel nie, want dit lei na die verderf! “Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn!” (Amos 4:12).

Die eindtyd waarin ons leef, sal gekenmerk word aan bandeloosheid, geweld, chaos; net soos dit vandag alreeds is en dit sal net erger word, want terwyl die gelowiges al hoe meer die heerlikheid van Christus deelagtig sal word, sal diegene wat sonder Hom leef, al meer en meer aan die satan gelykvormig word!

Daar is ‘n groot verantwoordelikheid op elke persoon om vas te stel waar hy of sy met die Here staan. Ondersoek opnuut jouself of jy werklik in die geloof is, in liefde leef, en of jy deur ‘n lewe van heiligmaking (transformasie) en geestelike groei, ‘n bruikbare getuie (‘n dissipel) vir Jesus Christus is. Is die Heilige Gees jou leidsman? Jou ewige lewe hang hiervan af! Lees die res van die boek. Moet nie dat die godsdienste gees (van die duiwel) jou verhinder om verder te gaan nie. Leer die Waarheid ken, en die Waarheid sal jou vrymaak! (Joh. 8:32).

Page 8: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

8

Ons as Christene het krag en glorie (heerlikheid) op ‘n manier wat nie beskikbaar was voor die Kerk op Pinksterdag begin het nie. Die Heilige Gees, God self, is nou binne ons! Christene is nie net “volgelinge van Christus” nie. Ons is deur die Gees met Christus verenig, ons het ‘n identiteit met Hom. Hy het ons sondigheid en swakheid verruil vir Sy sterkte en krag – ons is vrygemaak! “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en

dood.” (Rom. 8:2).

En nou as individuele lede van Sy Liggaam (kerk), as mense met Christus in ons, as Sy verteenwoordiger, laat ons ons opnuut verbind om Christus in die wêreld in te bring deur ons. Die wederkoms is baie naby, die oes is groot, maar die arbeiders is min, laat ons inspring en werk. Die wêreld het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei.

Ek hoop, vertrou en bid dat hierdie boek jou sal help om werklik in ‘n geestelik eenheid en harmonie met die Drie-enige God; Vader, Seun en Heilige Gees te kom en in vrede en vreugde te lewe.

Liefde in Jesus Christus die Here,

Jan Roos

Page 9: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

9

Hoofstuk 8: Die Verlossingsproses

8.1 Inleiding:

In die Bybel, gee die Here vir ons ‘n verlossingsplan (Die Heilsplan) om ons gees en siel te red van vernietiging en ons vir Sy diens toe te rus en tot geestelike volwassenheid te laat groei. Waarlangs loop die heilsweg, die weg van saligheid? Dit loop deur Jesus na God toe, en die Gees lei ons daarop. Jesus is die Weg, die Gees doen die werk, en om kinders van

God te word is die doel. (König, 2010).

Ons bereidwilligheid (geloof) en volle samewerking (gehoorsaamheid) is nodig om die plan te laat werk – dit verg inspanning. Ons moet die Bybelse riglyne volg as ons die tragedie van ‘n valse bekering of die teleurstelling van geestelike stagnasie of terugval (‘backsliding’) wil voorkom. Ons moet ons hoop op die lewende God vestig. Die verlossingspad wat God met elke mens loop is natuurlik anders, uniek, omdat elke persoon se situasie anders is en hul persoonlikhede verskil en uniek is.

o “Met hierdie vooruitsig span ons ons kragte in en stry ons, want ons het ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle mense, van almal wat glo.” (1 Tim. 4:10).

Die heel belangrikste is dat die evangelie van God erken moet word as die blywende, inwonende realiteit. Die realiteit is nie menslike goedheid, heiligheid, hemel of hel nie – dit is verlossing (Chambers, 2010).

Omdat God lief is vir ons almal, kan jy aanvaar: “You’re on Heaven’s most wanted list! “If God had a refrigerator, your picture would be on it!” (Max Lucado).

8.2 Agtergrond:

Die mens word as ‘n sondaar gebore, daarom sondig ons!

o “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.” (Ps. 51:7)

Die mens het ‘n sondige natuur (Adamiese natuur), m.a.w. is geneig om sonde te doen en hierdie natuur is wat ons van Adam geërf het. Wanneer ons dan sondig bring die sonde die dood. Ons is dus geestelik dood (‘spiritually dead’) en verwyder van God:

Page 10: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

10

o “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.” (Rom. 5:12).

o “Die loon wat die sonde gee, is die dood.” (Rom. 6:23)

o “Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes.” (Ef. 2:1).

Ons is dus van nature sondig (‘Naturally you sin’ – because you love sin!). Bewys: Jy hoef nie ‘n kind te leer verkeerde goed doen nie; hy doen dit vanself! Hy is totaal selfgesentreerd. Dit is ons sonde (oortredinge) wat skeiding gebring het tussen ons en God (Jes. 59:2).

o “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.” (Rom. 3:23).

o “In dié tyd was julle sonder Christus, ... sonder hoop en sonder God in die wêreld.” (Ef. 2:12).

Ons verhouding met God is na die sondeval verbreek – ons leef in vyandskap met God. Met ander woorde jy word nie as ‘n Christen gebore nie! Ons word nie met die Heilige Gees gebore nie! Jy ontvang nie die Heilige Gees met jou babadoop nie! Ons moet Christus en die Gees van

God deur geloof ontvang!

8.3 Versoening (‘Reconciliation’)

Versoening en vrede tussen God en mens is dus nodig – was deel van Sy plan en dit is deur Christus (die Messias – die Gesalfde – die Lam van God) se kruisdood en opstanding bewerkstellig; gedryf deur God se liefde. Ons ken die bekende, maar aangrypende, Johannes 3:16

o “God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Joh. 3:16).

o “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Rom. 5:8).

Jesus het ons vrygekoop/verlos (‘redeemed’) van sonde en die doodstraf opgehef en vrede met God is herstel – ons is nou versoen met Hom! Ons is vrygespreek! Dit is die evangelie (‘the gospel’) – die goeie nuus! – en ons moet dit glo!

o “God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.” (Rom. 5:1).

o “Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van Sy versoeningsdood.” (Rom. 5:9).

o “Hom (Jesus) het God gegee as offer wat deur Sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo.” (Rom. 3:25).

Page 11: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

11

• Sonder die Bloed is die Evangelie dood en het ons nie die ewige

lewe nie. Jesus het gesê:

o “want dit is My Bloed, die Bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.” (Matt. 26:28).

Deur Sy lewe vir ons af te lê, het Christus vir ons die lewe terug gewen waarmee die mens geskep is – met God wat in ons woon. Nou kan ons weer een word met God soos dit in die begin was! Daarom bid Jesus vir ons:

o “Net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees.” (Joh. 17:21).

[Christ was treated as we deserve, that we might be treated as He deserves. He was condemned for our sins, in which He had no share, that we might be justified by His righteousness, in which we had no share. He suffered the death which was ours, that we might receive the life which was His. "With His stripes we are healed."].

• En hierdie versoening lei tot ons redding:

o “Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van Sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van Sy Seun gered sal word.” (Rom. 5:10).

• En maak jou heilig:

o “Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.” (Kol. 1:22).

• En Jesus gee oorvloedige lewe!

o “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” (Joh. 10:10).

• En ons is verheug daaroor:

o “Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.” (Rom. 5:11).

• Dit is alles bewerkstellig deur die geweldige krag in die Bloed van

die Lam (Jesus):

i. Dit herstel vrede

• “Deur die bloed van Sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel.” (Kol. 1:20).

Page 12: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

12

ii. Dit gee verlossing en vergifnis van sonde:

• “Julle is losgekoop met die kosbare Bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.” (1 Pet. 1:19).

• “Deur die Bloed van Sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God.” (Ef. 1:7)

• “Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos.” (Openb. 1:5)

• “Met Sy eie bloed en nie met dié van bokke en kalwers nie, het Hy net een maal die heiligdom binnegegaan en 'n ewige verlossing tot stand gebring.” (Hebr. 9:12).

• “Met U Bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie.” (Openb. 5:9)

iii. Dit bewerk versoening:

• “Hom (Jesus) het God gegee as offer wat deur Sy Bloed versoening bewerk het vir dié wat glo.” (Rom. 3:25).

iv. Dit gee die ewige lewe – verenig jou met Christus:

• “Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe” (Joh. 6:54).

• “Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.” (Joh. 6:56).

v. Vrygespreek – geregverdig – word gered van die toorn:

• “Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in Sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.” (Rom. 5:9 OV)

• “Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van Sy versoeningsdood.” (Rom. 5:9)

• “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.” (Rom. 8:1).

vi. Deur die krag van Sy Bloed is satan oorwin:

• “Hulle het self die oorwinning oor hom (draak) behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het.” (Openb. 12:11)

vii. Dit reinig ons voortdurend van sonde:

• “Maar as ons in die lig lewe ... reinig die bloed van Jesus, Sy Seun, ons van elke sonde.” (1 Joh. 1:7)

Page 13: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

13

viii. Dit reinig ons gewete van dooie werke:

• “Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien!” (Hebr. 9:14).

ix. Bring jou naby God:

• “Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus.” (Ef. 2:13b).

x. Die bloed gee ons toegang tot die allerheiligste:

• “Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom.” (Hebr. 10:19).

Jesus Christus is nou nie net die Messias nie (Yeshua Ha’Mashiach), maar die Here en Koning van almal! (Openb. 17:14; Openb. 19:16).

Missler (2005) stel dit mooi: “Ons is begunstigdes van ‘n liefdesbrief; dit is geskryf in Bloed, op ‘n Houtkruis opgerig in Judea 2 000 jaar gelede.”

8.4 Dis alles genade:

God betoon genade en dit maak die deur van hoop oop. Genade is ‘n geskenk, jy moet dit net aanvaar! [‘Genade’ is ‘n ander woord vir ‘guns’.]

o “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus”. (Rom. 3:23-24).

Genade is om iets te ontvang wat jy nie verdien nie (bv. lewe) en iets verdien wat jy nie ontvang nie (bv. dood)! Ons verdien die dood, maar God is genadig en skenk ons die ewige lewe!

o “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 6:23).

Manning (2005) sê: “Through no merit of ours, but by His mercy, we have been restored to a right relationship with God through the life, death, and resurrection of His beloved Son. This is the Good News, the gospel of grace!”

En sy genade betoon Hy aan almal:

o “Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn.” (Tit. 2:11).

o “En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom.” (Luk. 3:6)

o “maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.” (Rom. 3:24).

Page 14: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

14

8.5 DIE VERLOSSINGSPLAN:

God het ‘n plan met die mensdom, Hy wil ons almal red!

o “God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:3-4).

o “Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?” (Rom. 8:32).

o “God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur Sy goedheid tot bekering wil lei nie?” (Rom. 2:4).

Hy wil ons Sy kinders maak, deel van Sy familie – vir ons om kinders van God die Vader te word, is die hart en kern van God se ongelooflike plan vir die mensdom!

o “Dan sal Ek julle aanneem, en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê die Here, die Almagtige.” (2 Kor. 6:17-18).

o En baie kinders na die heerlikheid bring (Hebr. 2:10 OV).

Maar onthou jy word nie deur jou goeie dade gered nie. Jy word nie gered omdat jy lid van ‘n kerk is nie. Jy word nie gered omdat jy ‘n ernstige mens is nie. Jy word nie gered deur jou intelligensie nie. Jy word net gered omdat jy sê ‘Jesus Christus is die Here’ (erken die heerskappy van Jesus) en glo dat Hy uit die dood opgestaan het en nou lewe.

o “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.” (Rom. 10:9).

8.1.1 Wat is verlossing (‘Salvation’)?

Verlossing is ‘n sambreel term; dit sluit alle aspekte van redding (bevryding) in. Die terme regverdiging, bekering, heiligmaking, en wedergeboorte beskryf verskillende aspekte van verlossing.

Verlossing is ‘n bonatuurlike lewensveranderende, kragtige, genade daad van God; dis ‘n geskenk (gawe) van God. Dit het niks met die mens self (dade of aksies) te doen nie, maar jy is wel betrokke deurdat jy moet antwoord op die roepstem, die gawes (geloof, ens.) aanvaar. Ons kan nie onsself red nie. [‘Spiritual rebirth’ – supernatural event by God.]

Die verlossingsproses is individueel, persoonlik, jy gaan alleen (met Jesus) hierdeur. Jy gaan alleen deur die hek (poort) – sonder familie of vriende; die weg en die hek is smal; 1 persoon op ‘n slag gaan daardeur – een vir een – soos draaihek by stadions! Maar, ek glo elke persoon ervaar die proses van verlossing verskillend.

Page 15: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

15

8.1.2 Die proses van verlossing:

Ek wil graag die proses van verlossing/redding/heil/saligheid (‘salvation’) meer verduidelik want ek sien baie mense verstaan dit glad nie – en dis fundamenteel vir elke Christen. Party sê daar is geen manier om al hierdie begrippe op ‘n ry te sit nie, maar ek dink dit is moontlik: want jy moet tog eers glo voor jy geregverdig kan word en jy moet eers jou sonde bely voor dit vergewe kan word, ens.

Ek het in Hoofstuk 2 reeds die basiese stappe van verlossing beskryf, nl. i) glo, ii) bekeer, iii) doop en iv) ontvangs van die Heilige Gees. Dit word mooi opgesom in Handelinge 2:38 (glo word geïmpliseer want jy sal nie bekeer as jy nie glo nie.)

o “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” (Hand. 2:38).

Maar die volledige proses word in Figuur 8.1 (A & B) voor gestel. Hier as ‘n twee dimensionele diagram wat my eie poging is waarmee ek die weg van die mens van DOOD na LEWE probeer verduidelik soos ek dit vanuit die Bybel verstaan – nie volmaak nie, maar ‘n poging. Die blokke bou op mekaar wat ‘n chronologiese orde en logiese orde kombineer. Natuurlik kan ek nie alles op die een blaai sit nie, maar die kernwaarhede en beginsels is daar. Lees die Figuur van onder af na boontoe.

Die diagram (Fig. 8.1 A) begin onder by die mens na die Skepping en sondeval, met die ‘Probleem van die mens’ – d.i. sy verlore toestand (geestelik dood), dan God se verlossingsplan, en dit verloop basies via die weg van saligheid wat bestaan uit: God se uitnodiging aan almal, verkryging van geloof met die lewens-veranderende besluit wat jy moet neem [neem Jesus as persoonlike verlosser aan en ontvang die ewige lewe, anders val jy terug soos die vet pyl wys – ons probeer weer; of jy verwerp Jesus en ontvang die 2de dood – swart pyl].

Dan bekering (erken en bely sondes), gevolg deur regverdigmaking, dan jou wedergeboorte wat uitloop op jou verlossing, maar dit eindig nie daar nie, nou volg jou heiligmaking waarin God Sy doel met jou bereik en finaal jou verheerliking en eenwording met die Drie-enige God in die Hemel! (Fig. 8 B).

Jesus Christus is die begin van ons geestelike lewe, en gelykvormigheid aan Hom is die hoogste doel waarna ons kan streef! Christus is die absolute middelpunt van die nuwe lewe wat Hy aan ons bied, want in Hom leef ons, beweeg ons, en is ons.

Page 16: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

16

Dit lyk na ‘n lang komplekse storie – baie moeitevol, maar dit is nie so nie – jy moet net ‘Ja’ antwoord op Sy roepstem; dis soos ‘Ja’ te sê vir ‘n huweliksaanbod, want ons is Christus se bruid; God, Jesus en die Gees sal die res doen!

Die hele proses kan in minute plaasvind, bv. as jy iemand langs die pad kry besig om te sterf, kan hy Jesus daar aanneem en gered word. Jesus het dit maklik gemaak, soos die huwelik, jy hoof nie alles te verstaan om wetlik getroud te wees nie maar wanneer jy getroud is sal jy die groter prent begin sien. Maar vir baie mense is die proses ‘n paar weke, vir sommige jare, vir baie ongelukkig nooit nie. Bestudeer die diagram noukeurig (Fig. 8.1 A & B) en besluit waar op die leer is jy? Soms kan alles in ‘n kort tydjie gebeur.

Die hele verlossingsproses kan soos volg opgesom word:

God kies jou, Hy roep jou, jy ontwaak, moet hoor en verstaan, jy kies God, glo die waarheid (Woord, Jesus) en erken dat jy ‘n sondaar is (verlore en geskei van God), bely jou sonde, aanvaar Jesus as jou verlosser, bekeer (‘repent’) – verander jou leefwyse, dan ontvang jy vergifnis (sonde afgewas deur Jesus se bloed), word wedergebore (GOD skenk wedergeboorte, bekering is die menslike aksie, wedergeboorte is ‘n Goddelike aksie) deurdat jou hart skoon gewas word met water (die Woord) en jy die Heilige Gees ontvang; “Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die

ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.” (Jak. 1:21 OV). Laat jou dan fisies doop, en dan begin jou nuwe geestelike lewe groei – heiligmaking.

Kyk Figuur 8.1. (A & B).

Page 17: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

17

Figuur 8.1: A) Grafiese voorstelling van die Heilsweg.

NB – lees van onder na bo! Die blokkies bou opmekaar.

3) MY BEKERING (‘REPENTANCE’)

Erken, bely sondes, vra vir vergiffenis – nie net jammer wees nie; nie net

‘n nuwe blaadjie om-slaan nie! ‘n Nuwe mens wees (geregenereer), jy

moet heeltemal verander: van hart (klip na vlees), van denke, houding,

prioriteite en leefstyl; draai weg van sonde na dinge wat van God is.

2) MY GELOOF – BESLUIT (‘FAITH’ – ‘DECISION’)

Geloof kom deur die prediking – hoor die Woord. Gees verhelder wil en

intellek, verstaan die Evangelie, begryp die waarheid omtrent Jesus,

Besluit om aan Jesus oor te gee; Antwoord: Ja! of nee. Neem Jesus as

persoonlike verlosser aan – nie a.g.v. my geloof nie, maar d.m.v. my geloof.

5) MY WEDERGEBOORTE (‘BORN AGAIN’)

‘n Werk van God – uit God gebore, Gereinig deur water, Ontvang die

Heilige Gees van bo – mistieke eenwording; Die Gees woon in jou;

Versoen, Verseël; Laat jou doop, Lewendig vir God, Kind van God

EK DIE MENS

‘n Sondaar – erf sondige natuur van Adam; Die probleem: geestelik dood,

verlore toestand is in die mag (gevangene) van satan, in die duisternis, geskei

van God; eindbestemming is die DOOD – Die hel (brandende oond, ewige

vuur – poel van vuur) – pyn en lyding; geween en kners van tande.

Die Heilsplan (verlossingsplan) van God is om mense, van alle nasies,

in Christus te verenig deur Jesus se kruisdood (versoening – ‘reconciliation’).

God wil ons red! “God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en

tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim 2:3-4).

4) MY REGVERDIGING (‘JUSTIFICATION’) – ‘n Nuwe posisie voor God

Ontvang vergiffenis, God vergewe en maak jou gewillig en bekwaam

om sy wil uit te voer – Jy doen wat die wet sê, word vrygespreek

(geregverdig). Aksie van God – verklaar jou ‘vry’.

Die

He

ils

we

g –

die

we

g v

an

sa

lig

he

id

Die Heilsweg, die weg van saligheid, loop deur Jesus Christus na God, en die

Heilige Gees lei ons daarop. Jesus is die weg, die Gees doen die werk, en om

kinders van God te word, is die doel.

1) GOD SE UITNODIGING – ROEPSTEM (‘INVITATION’ – ‘CALLING’) God begin die proses, Hy roep almal, God saai die saad, word bewus van

God, raak geïnteresseerd in Jesus, Hy verlig elke mens, wys dat almal

skuldig is aan sonde, trek almal na Hom.

Page 18: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

18

Figuur 8.1: B) Grafiese voorstelling van die Heilsweg – deel 2.

Volg op Fig. 8.1A. Hierdie deel pas nou bo-op figuur 8.1A.

NB – lees van onder na bo – volg die nommers.

6) MY VERLOSSING –

REDDING – HEIL –

SALIGHEID (‘SALVATION’)

Uit genade gered, deur geloof

‘n GESKENK van God–nie eie

werke Gaan oor van die DOOD

na die LEWE!

7) MY HEILIGMAKING – (‘SANCTIFICATION’)

(Proses van Geestelike groei na ‘n ware volwasse Christen – God werk verder in jou)

Streef na gelykvormigheid aan Jesus, Betoon liefde, Wees heilig, Gehoorsaam, Neem toe in

waarheid en lig, Doen goeie dade (vrugte), Gereelde gebed, Bybelstudie, Gemeenskap met

die heiliges, Daaglikse selfsterwe.

9) MY VERHEERLIKING – VOLKOME VERLOSSING (‘GLORIFICATION’)

Word ‘n onsterflike geestelike wese, ontvang die Ewige lewe, Woon by God, Een met

God, Verkry die heerlikheid van Jesus Christus, mede-erfgenaam, heerser saam met

Christus.

Ek word verlos VAN: my Sonde, die Bose

(satan), die Verderf, die

Dood, Verdrukking, my

Vyande, Geweld, my

Onrein-hede, my

Krankhede (siektes),

Ek word verlos UIT: die Mag van die

duisternis, die Slawehuis,

al my Node, Versoeking,

die Hand v.d. hater,

Vervolging en Lyding,

Angs en Doodsgevaar.

10) DIE TEENWOORDIGHEID VAN GOD (VADER, JESUS & HEILIGE GEES)

(HEILIGE KONING, HEER v/d here, LIEFDE, LIG, GENADIG, ALMAGTIG,

VIR EWIG!)

DOOD OF WEGRAPING

8) BEREIK GOD SE SKEPPINGSDOEL Dat ons in 'n liefdesverhouding met Hom moet lewe. Sy begeerte is dat ons te alle tye, en in

alle omstandighede, die vrede en vreugde van Sy liefde moet ervaar. Hoe meer ons die

liefde van God sal leer ken en ervaar, hoe makliker sal ons, in geloof, in 'n verhouding met

God wandel. Eer aan God.

HEMEL

Page 19: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

19

I. Uitverkies:

Jou verlossings proses begin by God – voor die grondlegging van die aarde het Hy ons almal uitverkies! Jy het dus niks hiermee te doen nie. God het ons almal lief, Jesus het vir almal se sonde betaal, almal is dus vrygekoop en enige een kan gered word, die wat kies om te aanvaar wat God vir hulle gedoen het, word gered.

o “So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens Sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.” (Ef. 1:4-5).

o “God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:3-4).

o “Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.” (2 Pet. 3:9)

• En God het groot planne met jou!

o “Maar God het my al voor my geboorte vir Hom afgesonder, en Hy het my in Sy genade geroep.” (Gal. 1:15)

o “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.” (Jer. 1:5).

Want Hy was van die begin af, toe ons nog sondaars was, lief vir ons en het die weg gebaan vir ons verlossing.

o “Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Rom. 5:8).

II. Uitnodiging/Roepstem (‘calling’):

Dit gaan in die Bybel altyd om God se inisiatief waarop ons moet reageer. Daarom rig Hy ‘n uitnodiging aan alle sondaars om vir die verlossing van hulle sondes na Hom toe te kom.

o “Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.” (Jes. 1:18).

• Hy roep jou:

God roep almal deur die prediking van Sy Woord (die goeie boodskap).

o “Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie.” (Jes. 45:22).

o “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer.” (Hand. 17:30).

Page 20: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

20

• Hy roep jou op jou naam!

o “Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” (Jes. 43:1).

o “Hy roep Sy skape op hulle name en lei hulle uit.” (Joh. 10:3).

God se roep is Sy prerogatief. Ons het nou die verantwoordelikheid om te antwoord op Sy roepstem – jy moet Ja of Nee sê.

• Hy trek ons harte na Hom:

o “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie.” (Joh. 6:44). – meestal deur gebed van ander.

• Hy klop aan die deur van jou hart – Hy kan dit nie oopmaak nie want die deurknop sit aan die binnekant!

o “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” (Openb. 3:20).

Mense vra, maar hoe kan jy God hoor as jy dood is (geestelik)? Onthou dis God wat praat, dan luister selfs die dooies – soos Lasarus. Sy woorde/Gees gee lewe!

o “Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe.” (Joh. 6:63).

Dit is slegs wanneer jy jouself en jou omstandighede aan Hom oorgee, dat jy Hom sal erken. Hoe meer roekeloos jy is – gewillig om jou alles vir Hom te waag – hoe duideliker sal jy Sy stem herken (Chambers, 2010).

• Onthou: God roep en red ons deur genade wat hy aan ons skenk

en nie deur ons werke nie:

o “Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van Sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het.” (2 Tim. 1:9).

III. Glo – Geloof:

Met jou menslike natuur (bedorwe, sondige verstand), het jy nie die vermoë om te glo nie! Maar sonder geloof kan jy nie God gehoorsaam nie.

o “As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil” (Hebr. 11:6).

Want geloof in God is aktief.

Page 21: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

21

• Die Gees bewerkstellig geloof in ons (geskenk van God). Die beginsel bly steeds dat die geloof deur die Woord van God is. Geloof kom deur aanhoor van die Woord.

o “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” (Rom. 10:17) – [‘Faith comes by hearing and hearing by the word of God’].

• Jy moet die evangelie (‘gospel’) hoor om te glo.

o “Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek?” (Rom. 10:14).

o “In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.” (Rom. 1:17).

• En dan sal jy God se wil doen – soos Jesus:

o “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen.” (Joh. 14:12).

o “So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.” (Jak. 2:17).

• God wil hê dat ons in Hom moet glo:

o “Israel, julle is my getuies, sê die Here, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken en in My kan glo en kan besef dat Ek die Here is. Voor My was daar geen god nie, en na My sal daar ook nie een wees nie.” (Jes. 43:10).

o “Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê!” (Mark. 11:22)

• En as jy in Hom glo sal jy die ewige lewe kry:

o “God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Joh. 3:16).

o “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word.” (Hand. 16:31).

IV. Ontwaak – reageer:

‘n Sondaar wat die Here se roeping tot bekering ontvang het, ontwaak geestelik en kom tot die besef van sy verlore toestand. Sy oë gaan vir sy sondes oop, asook vir die oplossing van sy sonde-probleem, naamlik die verlossingswerk van Christus.

o “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” (Ef. 5:14).

Page 22: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

22

• ‘n Ontwaakte sondaar is nog glad nie gered nie, maar hy het uit sy doodslaap wakker geskrik en besef dat hy na die verderf op pad is en dringend iets aan die saak moet doen. Hy word voor ‘n keuse gestel. Jy dors na God – dors jy na die suiwerste en ewige lewegewende water wat van God se troon vloei?

o “En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet.” (Openb. 22:17)

o “Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit.” (Openb. 22:1).

Jy word uitgenooi om soveel as wat jy wil van hierdie water te drink!

Dié wat positief op sy uitnodiging/roepstem reageer, word verkies vir verlossing (‘salvation’). Hoe? Deur te glo in die waarheid, te bekeer van sonde, word gedoop en ontvang die Heilige Gees.

o “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” (Hand. 2:38).

V. Hoor en verstaan!

Wanneer ‘n sondaar na ‘n goeie bekerings-boodskap luister, die Bybel of ‘n Christelike boek lees, wek die Heilige Gees geloof in sy hart op om te kan glo wat hy hoor, en ook daarop te reageer.

o “Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” (Matt. 13:23).

o “Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.” (Jes. 55:3)

• Jy moet verstaan dat as jy in jou sondes volhard, jy vernietig gaan

word!

o “God verpletter die kop van sy vyande, die kop van dié wat in hulle sonde volhard.” (Ps. 68:22).

• Jy moet Hom ook soek – met jou hele hart, dan sal jy Hom kry!

En as jy nie God se roepstem hoor nie, dan roep jy uit en Hy SAL hoor! God is nie baie ver weg en onbereikbaar nie, nee, Hy is sommer baie naby! 24/7/365! Soek Hom, roep Hom aan in opregtheid (in waarheid) en Hy sal jou gebed verhoor, jou red, en jy moet Hom prys. Onthou God het ons gemaak om Hom te soek.

Page 23: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

23

o “God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie.” (Hand. 17:27).

o “En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.” (Jer. 29:13 OV)

o “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” (Openb. 3:20)

• Roep Hom aan en Hy sal antwoord!

Gaan met al jou probleme na die Here!

o “Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.” (Jer. 29:12).

o “want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” (Rom. 10:13).

o “Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.” (Ps. 91:15).

God is altyd besorg oor ons en Hy luister na ons. By Hom vind ons die hoop en liefde meer as wat ʼn ouer vir sy kind het.

• Moet nie wag vir ‘n krisis nie, maar as jy in een beland, roep na God en Hy sal jou red!

o “Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” (Ps. 50:15).

• Doen nou iets! Bid (roep) vandag na die Here en Hy sal jou hoor! Sê soos die Psalm digter:

o “Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.” (Jes. 55:6).

o “Ek onthou wat U gesê het: “Julle moet My kom dien!” Ek is hier om U te dien, Here.” (Ps. 27:8).

En as die geestelike realm nie vandag vir jou draai nie, hou aan met bid; moet nie moedeloos word nie, want God sal gou na jou luister!

o “Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.” (lees Luk. 18:1-8).

o “Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook!” (Luk. 18:7-8).

“As long as I live and love and hear and work, I must pray at all times.” (Murray, 2007).

Page 24: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

24

VI. Neem die uitnodiging aan:

• Kies en kies reg!

God het soewerein besluit om aan engele én mense ‘n vrye wil te gee omdat Hy wil verseker dat ons Hom vrywillig en ongedwonge liefhet. Ons is nie manipuleerbare robotte nie, maar geestelike, verstandelike en emosionele wesens met ‘n innerlike oortuiging van reg en verkeerd. Ons is ten alle tye vry om ten goede óf ten kwade besluite oor ons lewe en ons verhoudings te neem (Malan, 2012a).

Julle moet positief op Sy stem reageer – Die stem van die Heilige Gees nooi ons uit om die regte besluit te neem – kies die lig, seën en lewe.

o “Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.” (Deut. 30:19).

“There then is our choice – to protest our innocence and go down to our house unblessed, dry of soul, and out of touch with God. Or to justify God and to enter into peace, fellowship, and victory through the blood of Jesus.” (Hession, 2004).

• Aanvaar Jesus as jou persoonlike verlosser:

Daar is slegs een manier waarop jy vernietiging kan vryspring!

o “Hý (Jesus Christus) bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” (Hand. 4:12).

o “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh. 1:12).

o “Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God.” (1 Joh. 4:15).

Jesus het vir Sy dissipels gevra, en Hy vra dit ook vir jou: “Wie sê julle is Ek?” (Matt. 16:15). Jy moet kan antwoord soos Petrus: “U is die Christus (d.i. die Messias –

die beloofde Koning uit die geslag van Dawid), die Seun van die lewende

God.” (Matt. 16:16).

• Reg of weg!

Almal wat nie God se uitnodiging aan neem nie, dit verwerp, m.a.w. al die ongereddes, moet hulself hierop voorberei, want as hulle nie tot bekering kom nie, sal hulle voor die groot wit troon die volgende verskriklike woorde hoor:

Page 25: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

25

o “Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is.” (Matt. 25:41).

Onthou: ons sal almal voor Christus gestel word, want daar is geskrywe:

o “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” (Rom. 14:11).

Dit is dus beter dat ons nou voor Hom buig en Sy kinders word as wat mense eendag voor Hom moet buig en besef hoe mislei ons was.

VII. Sondebelydenis:

Nou het jy die kennis ontvang dat jy moet bekeer van jou sonde – sondebelydenis! Kies God – gee aan hom oor. Maar ons natuurlike neiging is om Sy wette te weerstaan en nie daaraan te wil onderwerp nie! So, doen vandag iets!

o “Vandag, as julle Sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie.” (Hebr. 3:15; 4:7).

• Erken jy is ‘n sondaar!

So, om verlos te word, moet jy erken dat jy ‘n sondaar (ongehoorsaam aan God) is, verlore is en die dood/hel verdien!

o “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,” (Rom. 3:23).

o “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.” (Rom. 5:12). Dit is hoekom Rom. 6:23 sê: ‘die loon (betaling) vir sonde is die dood’.

o “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie... As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is Sy woord nie in ons nie.”(1 Joh. 1:8-9).

• Bely jou sondes en jy moet ernstig berou hê:

Jy moet jou sonde bely en dit laat staan! Die rede waarom God nie in my lewe kan inkom nie, is omdat ek nog nie by die plek van totale berou en belydenis is nie. Deel van die bekeer proses is dat jy jou sondes opreg moet bely en dan sal God jou vergewe:

o “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Joh. 1:9).

o “Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U.” (Dan. 9:9).

Page 26: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

26

Dit is nie ‘n geval van ‘n goeie Christen wat net ‘n beter een word nie, want soos God ons sien is daar geen goeie Christen nie, maar Christene wat eerlik bely dat hulle lewe ‘n vallei van droë bene is en deur dié belydenis kwalifiseer jy vir die genade wat van die kruis vloei en alles nuut maak! (Hession, 2004).

o “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.” (Spr. 28:13).

Onthou daar is nie ‘n algemene vergifnis nie, m.a.w. jy kan nie sê: Here U weet van al my sondes – vergewe alles nie! Nee, wees so spesifiek as moontlik – noem elkeen en doen weg daarmee! “God will accept broken hearts, but he must have all the pieces!” Belydenis van jou hele hart kan jou vrede herstel wat jou trots, vrees en self-regverdiging jou van beroof het!

o “Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis.” (Hand. 3:19).

Die mate van jou oorgawe aan GOD bepaal die mate waarin HY jou lewe kan beheer.

• Jy moet nederig wees!

Jy moet in nederigheid bely – geen hoogmoed voor God nie! God haat hoogmoed – daarom het Hy die satan uit die hemel gegooi!

o “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” (Jak. 4:6; 1 Pet. 5:5).

“God sends no one away empty except those who are full of themselves.” – D.L. Moody.

Trouens dit is wat ‘arm van gees beteken’; dit is iemand wat desperaat is vir God – geen trots – ‘n bedelaar, afhanklik – plat op die grond met jou gesig na onder!

o “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Matt. 5:3).

o “Salig (gelukkig) is die wat arm van gees is,...” (Matt. 5:3 OV).

o “Het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?” (Jak. 2:5).

• Die droefheid wat God behaag, is om ‘n berouvolle hart te hê wat

na ‘n ware bekering sal lei:

o “Want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei.” (2 Kor. 7:10).

Page 27: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

27

o “Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” (Jak. 4:8-10).

Sondebelydenis veroorsaak nie ‘n gevoel van sonde nie – dit veroorsaak ‘n gevoel van oneindige, onuitspreeklike waardeloosheid.

• Jy móét ander vergewe:

Vergifnis is ‘n belangrike deel van bekering – dis nie ‘n opsie nie, dis ‘n moet! Kies om mense te vergewe, dan kan God jou vergewe. Wie nie vergeef nie, mag nie vra vir vergifnis nie. Om God werklik te ken moet jy gewillig wees om al die wrokke, bitterheid, jaloesie, twis en vergelding neer te lê.

o “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” (Matt. 6:14-15).

o “Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” (Kol. 3:13).

o “En vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” (Ef. 4:32).

• Indien jy nie vergewe nie – het jy groot moeilikheid!

Jy sien, vergifnis is nie opsioneel nie en die ‘Trespass offering’ is nie opsioneel nie – dit is verpligtend. Want as God nie jou sondes vergewe nie is jy bestem vir die Hel!

(Kyk “The best kept secret from Hell”, Liebenberg, 2010b).

o “Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het. “So sal My Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.” (Matt. 18:34-35).

Maar, om ons wil aan God te onderwerp is nie ‘n natuurlik ding nie en daarom is dit so moeilik om te vergewe. Maar vergifnis gaan nie oor wat jy voel nie, dit gaan oor ‘n wilsbesluit.

Jy kan vir God sê: “Ek kies om die persoon te vergewe deur U krag omdat U dit beveel en dit tot my eie voordeel is. Maar God moet ons help; dis ‘n wonderwerk wat Hy in ons bewerk. Hy gee ons die behoefte om van Sy weë te leer, om ons aan Sy wil te onderwerp.

o “Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om Sy wil uit te voer.” (Filip. 2:13).

Page 28: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

28

o “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is.” (Matt. 7:21).

Ons doen dit uit liefde:

o “As julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer.” (Joh. 14:15).

• Onvergewensgesindheid lei tot bitterheid en dit blok seëninge en kan lei tot allerhande siektes en uiteindelik die dood!

o “Verbitterdheid maak 'n dwaas dood, onbeheerstheid vernietig 'n onverstandige.” (Job 5:2).

“He who cannot forgive others destroys the bridge over which he himself must pass.” – George Herbert. Lees ook die skokstorie van ‘n persoon in die hel a.g.v. onvergewensgesindheid – Hoofstuk 11.

VIII. Bekeer (‘Repent’):

• Wat beteken bekering?

Bekering beteken om vrywilliglik van jou sonde (duisternis) weg te draai na God (lig) – dis nie die uitvoer van ‘n aksie nie; dis die uitvoer van ‘n houdings verandering. Bekering beteken om om te draai – ‘n totale ommekeer (180º, teenoorgestelde rigting). Ware bekering kom van jou binneste (hart), en die gevolg van ‘n persoon wat werklik sy lewenstyl heeltemal wil verander.

Dit is die beginpunt van ons nuwe verhouding met God want sonder bekering is ons afgesny van God. Bekering is egter nie wedergeboorte nie.

o “Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie” (Jes. 59:2).

Bekering beteken dat jy deur gebed, jou sondes erken, bely, berou hê, vra vergifnis, draai weg van die verkeerde weë wat jy nou doen; verander jou denke en aksies; sentraal is verandering. [God said “Love me and I will change you!”] Bekering is dus ‘n integrale deel van verlossing want Lukas sê:

o “Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom!” (Luk. 13:3,5).

o “Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis.” (Hand. 3:19).

o “As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word.” (Jes. 30:15).

Page 29: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

29

Bekering is nie net jammer wees oor sonde nie, nie net ‘n nuwe blaadjie omslaan nie. Nie net ‘regret’ nie – jammer wat jy aan jouself gedoen het nie; nie net ‘remorse’ nie – jammer wat jy aan ander gedoen het nie, maar ‘repent’ jammer/berou wat jy aan God gedoen het. Vir ‘n persoon om werklik te bekeer moet daar ‘n totale verandering in jou lewe wees. Dis nie net ‘n emosionele ervaring nie; ware bekering vereis ‘n werklike verandering in ‘n mens se hart (van klip na vlees), jou houding, denkprosesse, en leefstyl. Jy moet uit die vlees kom (siel) na die Gees – vergeet die menslike kennis, filosofieë en teorieë. Dit gaan glad nie oor intellektuele kennis nie, maar oor die opening van jou hart se oë – geestesoë moet verhelder – om te sien wat ons in Christus het.

o “Huigelaars! Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom toe hy gesê het: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie.” (Matt. 15:7,9).

• En Hy wil jou help:

o “Besef jy nie dat God jou deur Sy goedheid (genade) tot bekering wil lei nie?” (Rom. 2:4).

o “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.” (Ps. 32:8).

o “Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.” (Hebr. 2:18).

• Bekeer want die oordeel kom!

o “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het.” (Hand. 17:30-31).

Geen enkele mens kan op grond van sy eie voortreflike lewe voor God se regbank onskuldig pleit nie! Paulus sê in Romeine 3, die mens is sondig en skuldig. Ons is op ‘n pad wat net verwoesting en ellende en hartseer bring en nie vrede nie. UAE (2008) stel dit mooi: “Om dit te aanvaar, is bitter moeilik, veral vir ons Westerlinge wat so gevoer is met die humanistiese idee van die wonderlikheid van die mens.

Daar is vir ons geen moeiliker ding as om te erken dat ons skuldige sondaars is nie. Want dit beteken dat ons van ons trotse ek-troontjie moet afklim en moet bely dat ons volkome van God se genade afhanklik is. Al wat ons aan Hom kan gee, is ‘n skaam gebroke en verslae hart.”

Page 30: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

30

Maar nou is dit presies die plek waar God jou wil hê. Sy evangelie is juis bedoel vir sulke mense met verslae, berouvolle harte; Salig is die wat treur. (Matt. 5:4). Hy gaan met sy evangelie by die selftevredenes en regverdiges verby, maar by ‘n berouvolle sondaar sal Hy nooit verbygaan tot in ewigheid nie. Jesus nooi jou uit:

o “God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur Sy goedheid tot bekering wil lei nie?” (Rom. 2:4).

o “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” (Matt. 3:2; Matt. 4:17).

o Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Mark. 1:15).

En as jy jou hart vir God gegee het; sal Hy daarin kom woon!

• Jy moet gekruisig word – dood gemaak word!

Baie mense sê dankie vir Jesus dat Hy vir ons aan die kruis gesterf het, maar min mense besef dat jy as sondaar (ou mens) ook gekruisig moet word – jy moet sterf, begrawe word sodat jy saam met Christus uit die dood kan opstaan! Die ou sondige mens moet gedood word sodat die nuwe mens kan opstaan.

Sarah (2013) beskryf dit duidelik: “For I tell you there is no price for salvation, it’s free, but hear Me when I say if you want to live in My Kingdom there is a price, the same price I paid, I gave My life and you

have to give your life. For I tell you if you want life you have to loose life and die to gain life. For if you live I cannot live in and through you but if you die I can live in and through you.”

Dit is presies wat met jou doop gesimboliseer word. Paulus verduidelik dit mooi dat die gelowige se doop simboliseer sy dood, begrafnis en opstanding saam met Christus (Rom. 6:3-5). Die Bybel praat nie hier van die kinderbesprinkeling nie, maar van ‘n persoon wat bekeer het en tot geloof in Jesus Christus gekom het – soos bespreek in Hoofstuk 2 & 3.

• Nou moet jy kan sê:

o “Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.” (Gal. 2:19-20).

Ons sterf aan onsself deur die vryheid prys te gee om te doen waarvoor ons lus is. Ons word nie meer emosies, gevoelens of begeertes beheer nie. En as jy soms nie lus voel vir ’n opdrag nie, doen jy dit in elk geval.

“God, I don’t feel like it ... BUT, I will!”

Page 31: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

31

• Bekeer nou!

o “Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.” (2 Kor. 6:2).

o “Maar solank daar nog 'n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.” (Hebr. 3:13).

Sarah (2013) skryf ook in een van die briewe van Jesus: “My grace and My forgiveness is not earned, you cannot DO anything to deserve it, BUT… I just ask you to do one little thing for Me, just one, and it is not done out of law or works, it is done out of love and obedience and the one thing I ask you is to REPENT, it is all that I ask.”

Want elke dag stapel jou sondes net op – teen die tyd seker al hemelhoog opgestapel!

o “Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God sy regverdige oordeel sal uitspreek.” (Rom. 2:5).

Wanneer die groot dag van God aanbreek en jy het jou nie bekeer nie, sal Hy jou daaroor straf. Ek dink dit is redelik duidelik: God is ‘n regverdige God, as jy gaan aanhou met jou sonde gaan Hy jou daarvoor laat betaal. Finito!

o “Dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.” (Rom. 2:8).

Jy moet van jou sondes afstand doen.

o “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.” (Rom. 8:13).

Want Jesus sê as jy jou nie gaan bekeer nie, dan gaan jy sterf – die tweede dood.

o “Ek sê vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom!” (Luk. 13:3).

Onthou bekering is ‘n omkeer, rigting verandering “weg van sonde, draai na GOD” Nie meer my wil en planne nie maar GOD se wil en planne.

• God wag vir jou!

So, hoekom wag? God staan met geopende arms, wag om jou te omhels. Hy sal geen vrae vra oor jou verlede nie. Net om jou terug te hê is al wat Hy begeer!

Page 32: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

32

Onthou, ons Redder is ‘n persoon, Jesus Christus – nie ‘n godsdienstige organisasie, ‘n stel wette, of kerklike rituele wat deur ‘n ampsdraer bedien word nie.

Ons moet ‘n persoonlike ontmoeting met die Here Jesus hê, asook die getuienis van sy Heilige Gees in ons hart dat ons aan Hom behoort.

Ons moet die deur van ons hart vir die Here Jesus oopmaak, want Hy is die redder van ons siel. (Malan, 2012a).

The Father has already declared, “I want you. I love you. Come home to My feast. It is time to eat.” – Heidi Baker.

• Hoe bekeer ek?

Sarah (2013) skryf dat Jesus sê: “How do you repent? You acknowledge, say you are sorry and change from your wicked ways, change your heart, your behavior, your mind, your attitude and replace it with My character, My Word, My thoughts, My will… ME!”

• Gebed vir bekering (aangepas van Murrell, 2011):

Hemelse Vader, ek erken dat die skeiding tussen ons as gevolg van my sondes is en ek bely dat ek gesondig het en dat ek van U heerlikheid ontbreek. Dankie dat U, U Seun gestuur het om die prys vir my sonde te betaal. Ek glo dat Hy vir my aan die kruis gesterf het. Ek glo dat U Hom opgewek het uit die dood. Ek is jammer vir my sondes en ek vra dat U my sal vergewe en skoon was met die Bloed van Jesus wat vir my gevloei het. Ek wil wegdraai van alles wat die Bybel sonde noem en U as My Here, Meester en Redder aanvaar. Help my om U lief te hê, te dien en te gehoorsaam vir die res van my lewe in Jesus se naam. Dankie dat ek nou U kind kan wees en U van nou af my VADER kan noem. Heilige Gees, U is welkom in my lewe, leer my om na U stem te luister in JESUS Naam, Amen.

As jy dit waarlik glo en met ‘n opregte hart bedoel, kan jy aanvaar jy is nou ‘n kind van GOD. Baie geluk. Weet nou ook dat daar blydskap in die hemel is oor jou.

o “Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.” (Luk. 15:10).

• Verbind jou aan God se wil – bid die volgende (voorbeeld):

In die naam van Jesus verbind ek my wil, my gedagtes, my emosies en verstand aan God se wil.

Page 33: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

33

Ek verbind alles waaroor ek beskik aan God se wil. Ek verbind my gees en die totale verhouding waarin ek tot God staan, aan Sy wil.

Ek vra in die naam van Jesus dat God my hele lewe onder Sy wil sal plaas.

Ek bid in die naam van Jesus dat God my lewe sal rig, sodat ek soos Paulus kan getuig dat ek nie meer leef nie, maar dat dit U is wat in my leef. Uit eie krag kan ek nie tot ware eer van God leef nie, en daarom vra ek dat die Heilige Gees in my, my sal lei om alles van myself prys te gee, sodat ek ‘n nuwe Jesus-gesindheid kan ontvang, wat waarlik tot God se eer wil lewe. ‘n Gesindheid soos in 1Pet. 2:22-23 : sondeloos; opreg; nederig; gehoorsaam.

Ek verbind my aan die waarheid van die Woord. Ek bid dat God my lewe inlyn sal bring met die waarheid van Sy woord. Ek verbind my aan die reinigende, beskermende bloed van Jesus.

Ek bind my gedagtes en gesindheid aan die gedagtes en gesindheid van Jesus. Ek verbind my tot die wysheid en insig wat slegs van God kom.

Ek verbind my tot die weg van versoening en heiligmaking en om te help om dit in ander se lewens te bewerkstellig.

Ek glo dat ek ‘n deelgenoot van die Goddelike natuur is.

Ek bind die sterk man. Jesus maak ons vry. Ons moet ander bevry in Sy naam.

Ek verbind my, onder leiding van U Heilige Gees, tot die wapens en die metodes van U Woord: “Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan

vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige

aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte

gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” (2 Kor. 10:4-5).

Ek verbind my aan U doel vir my lewe.

Ek verbind my aan U tydskedule, U metode van werk, U weg of manier.

Ek verbind my gedagtes, gesindhede, gewoontes, gedrag, begeertes, denkpatrone en oortuiginge aan dié eienskappe van Jesus en maak dit onderdanig aan die wil en die waarheid van God.

Ek verbind my tot die toekoms en potensiaal wat God vir my bestem het, en plaas al my planne in Sy hand.

Ek verbind my tot die voordeel van, en in diens van, die Liggaam van Christus.

Page 34: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

34

Ek verbind my daartoe om ingestel te wees op die influistering van die Heilige Gees in my lewe.

Ek verbind my daartoe om U beter te ken deur U Heilige Gees wat in my woon. Amen.

IX. Regverdigmaking (‘Justification’) – ‘n Nuwe posisie voor God:

Die mens is in die algemeen baie godsdienstig en in sy godsdiens soek die mens gedurig oplossings om homself voor God aanvaarbaar te maak. Maar ons kan dit nie self bereik nie. Die probleem is dat die Bybel ons leer in Romeine:

o “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie.” (Rom. 3:10).

Dit is nie wat ons vir God kan doen nie, maar wat God eerste vir ons

gedoen het.

o “Maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Rom. 5:8),

o “Want Hy (God die Vader) het Hom (Jesus Christus) wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” (2 Kor. 5:21).

• Ons regverdigmaking is ‘n handeling van God alleen waardeur Hy diegene wat die woord van die waarheid (wat die evangelie van ons redding verklaar) glo, regverdig verklaar. Stel jou vry van die straf van sonde.

o “Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.” (Rom. 8:33).

Die middel hoe God ons regverdigmaking bewerk is sy Genade alleen. Dit het niks te doen met ons verdienste nie. God reik uit in sy genade wat bewys word deur sy verskaffing van ons verlossing deur Christus wat vir ons sondes gesterf het!

o “en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” (Rom. 3:24).

• Geloof alleen is hoe ons regverdigmaking bekom!

o “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;” (Rom. 5:1)

Ons regverdigmaking kom van die geregtigheid van God deur geloof in Jesus Christus (Rom.3:21-22).

Page 35: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

35

• Ontvang vergifnis van God:

Hy vergewe en maak jou gewillig en bekwaam om Sy wil uit te voer. Jy doen wat die wet sê, word vrygespreek (geregverdig). Dis ‘n aksie van God; Hy verklaar jou ‘vry’.

Redding beteken dat ek by die plek gebring is waar ek gereed is om iets van God te ontvang deur die outoriteit van Jesus Christus, naamlik vergifnis van sonde. Malan (2006) stel dit duidelik. Die sondaar se redding deur die Here sluit twee duidelike aspekte in, naamlik die uitdelging van al sy sondeskuld (regverdigmaking), en ook die gawe van die ewige lewe wat aan hom geskenk word (wedergeboorte).

Hierdie twee sake is nóú aan mekaar verbonde en vind gelyktydig plaas. Sondaars is geestelik dood as gevolg van hulle sondes, en moet dus vergewe én geestelik lewend gemaak word.

o “Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met Sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.” (Kol. 2:13-14).

o “So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.” (Ps. 103:12).

o “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.” (Hebr. 10:17).

JESUS was al een wat die prys vir die oortreding van die wet kon betaal omdat HY die WOORD en die wet is.

o “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.” (Joh. 1:1-3).

X. Wedergeboorte – Geboorte deur Water en Gees:

Ons moet duidelik verstaan dat die verdorwe natuur van alle mense slegs deur ‘n geestelike weergeboorte verander kan word, want net dit skep vir ons die voorreg om ons met die nuwe natuur van Christus te beklee en sodoende nuwe mens te word. (Malan, 2012a).

o “Julle moet opnuut gebore word.” (Joh. 3:7)

Dit beskryf ‘n deurbraak na ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. [The phase ‘Born again’ literally means ‘born from above’] – uit God gebore.

Page 36: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

36

o “Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.” (Joh. 1:13).

o Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en

gebore word nie? Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. (Joh. 3:1 – 16).

Jesus het vir Nikodemus duidelik laat verstaan dat teologiese kennis en ‘n mooi lewe nie genoeg is om die koninkryk van God te beërf nie – hy móét weergebore word. Jy kan dus godsdienstig (‘religious’) wees, ‘n Christen, maar nie ‘n wedergebore kind van God nie! In Johannes 3 word van ‘n Geestelike wedergeboorte gepraat – spiritueel (geestelik), nie vleeslik (fisies) soos Nikodemus gedink het nie.

• Wat is die koninkryk van God?

o “Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” (Mark. 10:15).

‘n Mens moet sien daar is twee aksies – jy moet die koninkryk van God (outoriteit, heerskappy) ontvang voor jy daar kan ingaan! Dus voor jy die koninkryk kan ingaan moet dit eers in jou inkom. Jesus moet op die troon van jou hart sit; heerskappy oor jou lewe hê.

“What is dark and evil within me must first be cast out; what is of God must fill my being. Only what is born of God alone can inherit the kingdom and its heavenly life. There must be a heavenly nature before there can be a heavenly position.” (Murray, 1998).

Wedergeboorte is nie 2 geboortes nie! Dit verwys nie 1) na jou fisiese geboorte en 2) na jou geestelike geboorte nie, nee dis een geboorte, een aksie, een gebeurtenis! En nou is jy ‘n kind van God:

o “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, ... maar hulle is uit God gebore.” (Joh. 1:12-13).

• En dit kom deur geloof in Jesus Christus:

o “ELKEEN wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore.” (1 Joh. 5:1).

Met wedergeboorte word ons deur God se goedheid (liefde en genade) van ons onreinheid (sondes) skoon gewas deur die bloed van Jesus en vernuwe (gevul) deur die Heilige Gees op grond van Sy eie ontferming.

Page 37: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

37

Tabel 8.1 toon die verandering wat in jou gees, siel en liggaam plaasvind gedurende die verlossings proses.

o “Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en Sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van Sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee”. (Tit. 3:4-5).

• Wat is die water?

Daar is baie onsekerheid oor die betekenis van die water. Dit kan verwys na die water by jou fisiese waterdoop, maar dis nie die water by ‘n fisiese geboorte nie. Baie predikers aanvaar egter dat die water na die Woord

van God verwys. Die Woord reinig ons verstand, en was ons bose gedagtes en motiewe (sonde) af.

o “Dit het Hy (Christus) gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het” (Ef. 5:26). “nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord.” (Ef.5:26 OV) [‘That he might sanctify and cleanse it with the washing of water by the word.’]

o “Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.” (Eseg. 36:25).

o “Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.” (Tit. 3:5).

God maak jou hart dus skoon van jou onreinhede. Nou kan die Heilige Gees in jou kom woon! Daar is krag in die Woord van God. ‘Purify – cleansed; sanctification!’ Want dis eers redding deur die bloed dan reiniging deur die water. Die verloop is net soos in die tabernakel – eers die ingang (die deur) wat Jesus is, dan die bronsaltaar wat sondevergifnis (bloed) bewerkstellig dan die koperwaskom wat die reiniging met water voorstel.

o “Die Een wat deur die water van Sy doop en die bloed van Sy dood na ons toe gekom het, is Jesus Christus; nie net deur die water nie, maar deur die water én die bloed. Die Gees is die getuie daarvan, en die Gees is die waarheid.” (1 Joh. 5:6).

• Die geboorte met die (Heilige) Gees – Die krag van die Heilige Gees

Ons is by geboorte geestelik dood – wie kan ons lewendig maak? Die mens self kan dit nie doen nie. Wie het Christus uit die dood opgewek? Dieselfde krag wat Jesus Christus uit die dood opgewek het, naamlik die Heilige Gees van God – Hy gee lewe!

Page 38: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

38

o “Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.” (Rom. 8:11).

o “Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe.” (Joh. 6:63).

o “Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe.” (Eseg. 37:14).

Onbeskryflik kragtig! Hierdie is die wonder verskynsel van Pinkster, egte bekering, en die vrystelling – ontvangs van die Heilige Gees! Onthou die Heilige Gees is nie vir sondaars nie, maar vir gelowiges.

Murray (1998) sê: “By this power, feeble men were made mighty through God, and the slaves of satan were made God’s holy children.”

• God herstel jou nie, Hy maak jou nuut!

En iemand wat een is met Christus, is ‘n nuwe skepping! (2 Kor. 5:17). ‘n Nuwe motor het nie ‘n diens rekord nie, as jy in CHRISTUS is, is jou verlede verby.

Hy kan nie nuwe wyn in ou sakke gooi nie! Jou hart (sondige natuur) is verrot en moet vervang word!

o “Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens My voorskrifte leef en My bepalings gehoorsaam en nakom.” (Eseg. 36:26-27).

o “DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.” (Rom. 8:1-2).

Die Heilige Gees gee jou die wil, die krag, en die behoefte om God te gehoorsaam en ‘n Christelike lewe te lei. Sonder die Heilige Gees is dit onmoontlik. Die Heilige Gees maak ons wat God van ons wil hê: gelykvormig aan die beeld van Sy Seun – Jesus Christus!

• Die Heilige Gees is onontbeerlik!

Die ontvangs van die Heilige Gees is die aller belangrikste gebeurtenis wat ooit met ‘n mens kan gebeur omdat dit die oomblik is wanneer ‘n persoon getransformeer word na ‘n seun/dogter van God en jou liggaam word letterlik ‘n tempel van die lewende God! (1 Kor. 6:19). Jy MOET die Heilige Gees van God ontvang anders is jy nie Sy kind nie!

Page 39: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

39

o “Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.” (Rom. 8:9).

Tabel 8.1: Verandering wat in jou gees, siel en liggaam plaasvind gedurende die verlossings proses – wat gedoen is, wat besig is om te verander en hoe dit in die toekoms sal wees.

Ou mens (Ef. 4:22; Rom.

8:8)

Nuwe mens (Ef. 4:24; 2 Kor. 5:17; Kol.

3:10)

Gees

Vernuwe met weder-geboorte (Kol. 1:13)

Verlede – gedoen Onder die heerskappy

van Jesus

Siel

Word verander deur die Gees (Ef. 4:23)

Tans – in die proses

Verander om na die beeld van Christus gelyk te

word.

Liggaam

Sal verander word na Christus se gelykenis

Toekomstige

verandering

Word met die onverganklike beklee

• En al Christus se eienskappe is nou in jou: – Kyk Hoofstuk 9.

o “God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.” (Kol. 1:27).

o “Aangesien ons met Hom een geword het in Sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in Sy opstanding.”...Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. (Rom. 6:5, 8).

• Die belangrikste hiervan is die Liefde:

o “God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” (Rom. 5:5).

Page 40: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

40

• En die wedergebore kind doen nie meer sonde nie!

o “Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.” (1 Joh. 3:9).

o “Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?” (Rom. 6:2).

• Wedergeboorte is vir altyd:

Ons weet as iemand gebore is, is dit permanent. Wedergeboorte (gebore van God), plaas God Sy onverganklike saad in ons en het ons nou deel aan Sy Goddelike natuur:

o “Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.” (1 Pet. 1:23).

o “Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.” (Hebr. 7:25)

o “'n Slaaf bly nie vir altyd by 'n huisgesin nie; 'n seun bly vir altyd.” (Joh. 8:35).

o “As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.” (Rom. 11:29).

• Hoe ontvang ek die Heilige Gees?

Hoofsaaklik deur hande oplegging na doop – soos reeds bespreek Hoofstuk 3.

Maar onthou die Heilige Gees is reeds met Pinkster uitgestort ons moet dit net aanvaar – Jy moet net vir God vra!

o “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” (Luk. 11:13).

• En saam met die Heilige Gees ontvang ons God se liefde:

o “Want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” (Rom. 5:5).

o “GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.” (1 Joh. 4:7, OV).

o “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (2 Tim. 1:7).

• Hoe weet jy dat die Gees in jou is?

o “Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.” (1 Joh. 4:2).

Page 41: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

41

o “Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie.” (1 Kor. 6:19)

o “Sy Gees getuig saam met jou gees dat ons kinders van God is!” (Rom. 8:16).

• En jy sal Sy opdragte uitvoer:

o “As julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer.” (Joh. 14:15).

• En jy sal getuig:

o “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand. 1:8).

• En jy sal die wêreld oorwin:

o “Want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.” (1 Joh. 5:4).

Dit is soos God sê (Manning, 2005): ‘Jy het My liefde. Jy hoef nie daarvoor te betaal nie. Jy het dit nie verwerf nie en jy kan dit ook nie verdien nie. Jy moet net jouself oopmaak daarvoor en dit ontvang. Jy moet net JA sê vir My liefde – liefde bo enigiets wat jou kan voorstel of verbeel’.

Ina Janse van Vuuren stel dit mooi: “Yeshua, die Verlosser soek my en jou, vuil, straatkinders op in die donker, gevaarlike stegies van die wêreld. (Luk. 14: 23). Daar maak Hy ’n wonderlike aanbod aan elkeen van ons: ’n aanbod van ’n nuwe lewe as kind van God en AL wat jy moet doen is om “JA!” te sê en te erken en met jou mond te bely dat Yeshua die Seun van God is! (Rom. 10: 9-10).

Wedergeboorte is onmiddellik en permanent – jy kan dit nie verloor nie, maar daarna vind jou heiligmaking (‘sanctification’) stelselmatig/ gelydelik plaas waar jy nou in die geloof groei! “The fruit grows in the life of the born again.” The first fruit is love.

• En nou het ons Sy kinders geword:

o “Aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh. 1:12).

o “Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê die Here, die Almagtige.” (2 Kor. 6:18).

Page 42: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

42

Wanneer ons Hom as beide ons redder en ons Here ken sal ons in beide liefde en waarheid groei en geestelik volwasse word.

o “Jesus antwoord hom: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand.” (Matt. 22:37).

• Dit sal wees soos die verhaal van die verlore seun:

Een van die roerendste verse in die Bybel is van die verlore seun (Fig. 8.2):

o “Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.” (Luk. 15:20).

Ek dink op dieselfde manier sien God jou lankal al aankom en Hy wag vir jou om jou te omhels en sodat Hy Sy liefde en genade oor jou kan uitstort. Mag jy altyd bewus wees van hierdie fantastiese waarheid!

o “En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ’n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag.” (Jes. 30:18).

Want onthou Hy het jou gemaak en jou hele lewe is reeds in Sy boek opgeskryf – Hy wag vir jou! Dit is ‘Amazing grace’!

o “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” (Ps. 139:16).

o “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.” (Joh. 15:16)

o “So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.” (Ef. 1:4).

Sarah (2012) gee dié boodskap van die Here: “Dit is die laaste seisoen en dit is 'n jubilee jaar, dit is tyd vir My verlore seuns om huis toe te kom, dit is tyd vir My volk om Egipte te verlaat, en om uit Babilon uit te kom, HARDLOPEND, Ek sê vir julle hardloop, hardloop na My, hardloop in My hart in, tel op jou voete en kom gou, Ek is jou heil en jou veiligheid. Dit is die seisoen vir herlewing en om My merk te ontvang, deur die verbond, jy moet „n verbond maak met My, sodat My Gees jou kan seël! As jy nie in 'n verbondsverhouding met My het nie, is jy nie MY Bruid nie! My bruid, is getrou deur haar deel van die ooreenkoms na te kom.”

Page 43: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

43

Henri Nouwen (in Manning, 2005) skryf: “In my mind’s eye, I see Rembrandt’s painting ‘The Return of the Prodigal Son’. The dim-eyed old father holds his returned son close to his chest with an unconditional love. Both of his hands, one strong and masculine, the other gentle and feminine, rest on his son’s shoulders. He does not look at his son but feels his young, tired body and lets him rest in his embrace. His immense red cape is like the wings of a mother bird covering her fragile nestling. He seems to think only one thing: He is back home, and I am so glad to have him back with me again.”

(Fig. 8.2).

Figuur 8.2: Die verlore seun – ‘The Return of the Prodigal Son’, Rembrandt van Rijn, c. 1661–1669. Hermitage Museum, Saint

Petersburg.

Page 44: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

44

Ek glo dit is soos God oor ons voel as ons terugdraai van ons verkeerde weë en na Hom toe kom. So, hoekom wag? God staan daar met oop arms, wag om jou te omhels. Hy sal nie enige vrae oor jou verlede vra nie. Net om jou terug te hê is al wat Hy begeer!

o “Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis, hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos.” (Jes. 44:22).

Jesus sê ook aan Sarah (2013): “Tell My people, you do not always see Me or feel Me but I am there, always. I am continually looking at you and waiting for you to spend time with Me. Please My people spend more time with Me that you may know Me more, I long for you, I am waiting for you to run into My arms.”

Vier die oorwinning:

• En jy sê dankie!

o “Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer, want u liefde vir my was groot: uit die dieptes van die dood het U my gered.” (Ps. 86:12-13).

• Wen-Wen situasie:

So, as jy na God kom, sal hy jou met oop arms ontvang en Hy sal bly wees en die hemel juig:

o “Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer...” (Luk. 15:6-7).

Maak God se hart bly en jy kry die ewige lewe (en veel meer) as ‘prys’! Dit is mos ‘n wen-wen situasie!?

• En as jy die oorwinning behaal het, sal die tweede dood jou nie

raak nie!

o “Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Dié wat die oorwinning behaal, sal beslis nie deur die tweede dood getref word nie.” (Openb. 2:11).

• En jy sal van die goeie eet! - Die Here sê:

o “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.” (Jes. 1:18 – 20).

Page 45: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

45

Dit sal lei tot verskeie wonderwerke, soos– vrede wat jy nie kan glo bestaan nie:

o “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.” (Filip. 4:7).

Kyk Hoofstuk 9 om te sien wat alles met jou gaan gebeur!

• En die Here sal oor jou jubel!

o Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou! (Sef. 3:17).

• En dan word daar fees gevier!

As jy verlos is, dan moet jy ook feesvier:

o “Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuig en die Naam van die Here aanroep.” (Ps. 116:13).

Daar word baie fees gevier in die hemel!

o “Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.” (Luk. 15:32).

• En jy sal saam met Hom ete hou!

o “Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees; ellende en smart sal verdwyn.” (Jes. 35:10; 51:11).

o “Juig, hemel, oor wat die Here gedoen het, jubel, dieptes van die aarde, wees bly en juig, berge en bosse, want die Here het vir Jakob, vir Israel, verlos, die Here het sy mag laat blyk.” (Jes. 44:23).

• En dan moet jy Hom dank en prys! – ‘Glory to God!’

o “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.” (Ef. 1:14).

o “Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my verlos het.” (2 Sam. 22:47).

o “Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil.” (Hebr. 12:28).

• Sê dit vir almal!

Die een wat Jesus Christus vertrou en Hom as verlosser aanvaar het, moet dit in die openbaar voor mense bely!

Page 46: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

46

o “Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.” (Rom. 10:10).

Maar glo my, as jy wedergebore is, sal dit nie ‘n probleem wees nie, want dit sal uit jou borrel! Fontein van lewende water sal uit jou binneste vloei!

• OPSOMMING van wedergeboorte:

Wedergeboorte is noodsaaklik vir elke mens wat die ewigheid saam met God wil spandeer.

o “Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie.” (Joh. 3:7).

Deur ons eerste geboorte het ons deelgenote aan Adam se dood geword. Deur ons tweede geboorte het ons deelgenote aan die tweede Adam (Jesus) se dood geword. Elke gelowige wat vir Christus aanneem, word ‘n deelgenoot in die krag van Sy dood, en is dood vir sonde.

Met wedergeboorte ondergaan jy (die sondaar) ‘n verandering, eintlik ‘n omruiling. Jesus neem jou sondes op hom, terwyl jy die vryspraak (regverdiging) van Jesus kry. Verder neem Jesus ook op homself die straf van die sonde, naamlik die dood (jou dood as sondaar), terwyl jy die beloning van ‘n sondelose lewe ontvang, wat die ewige lewe is.

In hierdie ‘groot omruiling’ ontvang jy van God ook die gawe (geskenk) van die Heilige Gees om jou gewillig en bekwaam te maak om Sy wil uit te voer. (Filip. 2:13). Jy is nou deel van die liggaam van Christus, deel van die Kerk.

o “Hy (Christus) is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.” (Kol. 1:18).

Wedergeboorte is jou deurbraak na ‘n nuwe lewe; ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. Ons word deur God se liefde en genade van ons onreinheid (sondes) skoon gewas deur die water en vernuwe deur die Heilige Gees. As jy wedergebore is, het jy die Heilige Gees! Dis die wonderwerk! – Jy lewe geestelik! Jy is nou gereinig met die Woord en met God se Gees gevul! Dit alles is die werk van God.

Om van bo gebore te wees is ‘n voortdurende, onophoudelike, ewigdurende begin. Dit voorsien te alle tye ‘n varsheid in wat gedink, gepraat, geleef word – die voortgesette verrassing van die lewe van God. (Chambers, 2010).

Page 47: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

47

En al Christus se eienskappe is nou in jou:

So, alles is God se werk – Sy genade – ‘n geskenk! Jy moet net Glo en Ja sê vir die uitnodiging.

o “GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ’n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.” (1 Pet. 1:3 OV).

Mense dink hul moet net hul lewens regmaak om darem net “eendag” reg te wees vir die hemel. Nee! Jy kan (moet) nou al in God se volle outoriteit in Sy Koninkryk lewe, en oorwinning kry oor die satan en sy demoniese magte. Nog nie hemel op aarde nie, want ons is in ‘n worstelstryd, maar die krag in ons is groter as hy wat op die aarde is.

En nou is alles anders – baie anders! Nou is jy ‘n ware wedergebore Christen, volgens die Woord is dit: ‘Die opwinding, die sensasie van verlief raak op die opgestane, lewende Jesus Christus.

Hy wys ons die weg na die Vader, Hy stort op ons uit die Gees van Pinkster – nie dat ons beter mense met beter waardes sal wees nie, maar splinternuwe skepsels, menslike fakkels aangesteek met die vlammende Gees van die lewende God.’ (Manning, 2005).

Daarna sal die wêreld nog in chaos voortgaan, maar dié wat Jesus ken en lief het sal Sy innerlike vrede en vreugde ervaar. Chambers (2010) skryf: “Die teken van God se goedkeuring wanneer jy Hom gehoorsaam, is altyd vrede. Hy stuur ‘n onmeetlike, diep vrede; nie ‘n natuurlike vrede, die soort wat die wêreld gee nie, maar die vrede van Jesus.” Dit was vir my die opvallendste na wedergeboorte – jy is rustig – haat niemand – niks ontstel jou nie – jy is vir niks en niemand bang nie – nie vir die duiwel nie, nie vir die dood nie!

o “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” (Joh. 14:27).

Onthou: “If you don’t like the way you were born ... try being born again!’

God beloof dat niemand jou uit Sy hand sal ruk nie (Joh. 10:29), maar jy het nog steeds vrye wil en kan uit God se hand uitkruip! Maar volhard tot die einde dat jy nie die kosbare geskenk verloor nie!

o “Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.” (Matt. 10:22; 24:13; Mark. 13:13).

Slegs die wat volhard tot die einde sal gered word.

Page 48: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

48

Kyk Hoofstuk 9 vir baie ander belonings en eienskappe van die wedergeborene!

XI. Heiligmaking (‘Sanctification’):

In heiligmaking gee die weergeborene doelbewus die reg op sy eie lewe oor aan Jesus Christus en vereenselwig homself dan onvoorwaardelik met God se bediening aan ander.

Die Gees van Jesus kom in my deur die versoening wat aan die kruis van Christus behaal is. Dan moet ek my gedagtes geduldig begin vorm om dit in perfekte harmonie met my Heer te bring. God sal my nie dwing om soos Jesus te dink nie – ek moet dit self doen. Ek moet “... elke gedagte gevange (neem) om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” (2 Kor. 10:5). “Bly in My ...” (Joh. 15:4) wat intellektuele sake, geldsake en elke ander saak wat die menslike lewe raak betref. Ons lewe bestaan nie net uit een netjiese afgebakende area nie (Chambers, 2010).

• Jy moet soos Jesus wees:

• Beeld verander – al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word (2 Kor. 3:18)

• Lewe soos Jesus gelewe het (1 Joh. 2:6)

• Mekaar liefhê (Joh. 15:12)

• Weerspieël die heerlikheid van die Here (2 Kor. 3:18)

• Vergewe soos Jesus (Kol. 3:13)

• Bestem om gelykvormig aan Sy beeld te wees (Rom. 8:29)

• Regverdig wees soos Jesus regverdig is (1 Joh. 3:7)

• Rein wees soos Jesus rein is (1 Joh. 3:3)

• Ons lewe vir ons broers aflê (1 Joh. 3:16)

• Gestuur – soos die Vader My gestuur het, stuur ek julle ook (Joh. 20:21)

• Soos Hy wees wanneer Hy weer kom (1 Joh. 3:2)

• “So sal ons uiteindelik almal soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.” (Ef. 4:13).

Nou het God Sy skeppingsdoel met jou bereik, dit is dat ons in 'n liefdesverhouding met Hom moet lewe. Sy begeerte is dat ons te alle tye, en in alle omstandighede, die vrede en vreugde van Sy liefde moet ervaar.

Page 49: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

49

Hoe meer ons die liefde van God sal leer ken en ervaar, hoe makliker sal ons, in geloof, in 'n verhouding met God wandel. Eer aan God.

Platt (2012) stel dit mooi: “Daar is ‘n ewige eggo wat in elke mens weergalm – dit is dat God elke mens met die uitsluitlike doel geskep het om in ‘n intieme verhouding met Hom te leef.”

8.6 Doel van die boek?

Ek het aan die begin gevra: “Wat wil ek bereik?” Wel, as net een persoon in Suid-Afrika verstandig gaan wees en na die wil van God vra en tot Hom bekeer, dan was die boek deur en deur die moeite werd!

o “Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.” (Ps. 14:2).

“You have nothing to do but to save souls; therefore spend and be spent in the work.” – John Wesley.

Mag die lig vir jou opgaan!

o “Die volk wat in duisternis woon, het 'n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan.” (Matt. 4:16).

Want dan sal daar vreugde wees!

o “Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.” (Luk. 15:7).

• Kom ons bid saam:

Persoonlik – bid vir verlossing:

Vader in die naam van Jesus kom bid ek vir elkeen wat die boek lees, dat U hulle sal seën uit U groot genade. Ek wil ook bid vir U kinders wat nog nie teruggekeer het nie, dat U hulle nou sal aanraak deur U Gees en dat hulle na U toe sal draai. “Verlos ons deur u groot mag, en help ons, sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.” (Ps. 108:7). Here Jesus, U is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Here ek wil by U bly, by U leer en voluit vir U lewe. Help my vandag om met alle sondes in my lewe te breek. Ontmasker alle valsheid en leuens by my. Here U weet van diepgewortelde sonde waarmee ek nog sukkel. Sonde wat nog steeds by herhaling gebeur. Ek bely dit opnuut vandag en in U naam breek ek daarmee. Gee my asseblief die krag om daarvan weg te bly en nie weer te herhaal nie – my hart te verander om anders te dink en van die sonde weg te draai. Ek aanvaar vandag Jesus Christus as my persoonlike verlosser en wil Hom volg. Gee vir my krag Here om op my knieë voor U te bly.

Page 50: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

50

Here was my skoon met U bloed en met die water, die Woord, en vul my met U Heilige Gees. Here, skenk vir my die wonder van die wedergeboorte! Dankie, Here dat U ons gebed verhoor. Al die lof en eer kom U toe. Amen.

• Onthou God is ONGELOOFLIK BAIE lief vir ons!

Ek wil afsluit met een van die baie verse in die Bybel wat my verstand te bowe gaan – wat my werklik verstom! Ek kan verstaan dat God sy Seun volledig lief kan hê sonder voorbehoud (onvoorwaardelik), want Jesus is Sy perfekte Seun. Maar om te dink dat God die Vader my en jou net so lief het as wat Hy Jesus het? Wow! Dis ongelooflik!

o “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. (Joh. 17:23).

Maar jy moet dit natuurlik glo en aanvaar. Glo in Sy liefde, bly in God, dan sal Hy in jou bly:

o “En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.” (1 Joh. 4:16).

Onthou God is ‘n ewigdurende fontein van liefde en seëninge en, ek as Sy kind, is ‘n lewende kanaal waardeur die Gees en Sy lewe elke dag op aarde kan vloei. Murray (2011) stel dit baie mooi: “God is an ever-flowing fountain of pure love and blessedness. Christ is the reservoir wherein the fullness of God was made visible as grace, and has been opened for us. The Holy Spirit is the stream of living water that flows from under the throne of God and of the Lamb. God’s believing children, the Redeemed, are the channels through which the love of the Father, the grace of Christ, and the powerful operation of the Spirit are manifested on earth and imparted to others.”

• Daarom moet ons ook elke dag in liefde teenoor ons medemens leef!

Die gelowige wat bid dat sy liefde meer oorvloedig mag word in kennis, en werklik Christus se voorbeeld as die reël van sy lewe aanvaar, sal geleer word watter groot en heerlike werk daar vir hom is om te doen. Die kerk van Christus, elke kind van God én die hele wêreld het ‘n onuitspreeklike behoefte aan liefde – aan die bekendmaking van Christus se liefde. Die Christen wat werklik die Here Jesus se woorde: “Julle moet mekaar liefhê net soos Ek julle liefgehad het,” ter harte neem as ‘n opdrag wat gehoorsaam moet word, het ‘n krag in hom om ander met wie hy in aanraking kom, te kan seën.

Page 51: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

51

Liefde is die verklaring van die wonderlike lewe van Christus, en van die wonder van sy dood. God se liefde in sy kinders kan nog steeds sy groot wondere werk om ons soos Christus te laat leef. (Murray, 2003).

Jy moet net jou hart oopmaak en Sy liefde ontvang! Sê (hardop) vir God dis wat jy wil doen! – ‘Here Jesus, Ek skuif vandag my vrese eenkant

en open my hart vir U in vertroue’.

Dis eintlik al wat ek met hierdie boek wil sê! En dan sal die lewe (God se liefde) deur jou vloei en jy sal die grootste gebod baie maklik kan nakom en dit is om die Here jou God lief te hê met jou hele hart, siel, verstand en met al jou krag, en jou naaste soos jouself! (Matt. 22:37; Mark. 12:30; Luk. 10:27).

Doen dit en jy sal EEN met God wees! Terug waar jy begin het (by God wie jou geskep het), waar jy hoort en vir altyd en ewig by Hom wees sodat God alles in almal kan wees! Die alpha en die Omega!

o “Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy Hom ook self onderwerp aan die Vader wat alles aan Hom onderwerp het. So sal God alles wees vir alles.” (1 Kor. 15:28).

Seën vir jou!

o “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.” (2 Kor. 13:13).

8.7 Opsomming:

Vryspraak en versoening is God se ope uitnodiging aan almal. Maar ons moet dit glo, aanvaar en dit bely! Ek moenie iets anders doen nie, ek moet iets anders word! So, omdat ons dood is (geestelik) moet ons lewendig gemaak word met deur verlossing (‘salvation’), die wedergeboorte! Ek kan versoening net aanvaar of verwerp; ja of nee sê vir Sy liefde, ek kan dit nie inisieer nie. Die uitnodiging kom deur die kruis: “Jesus proposed on a cross”.

Dis duidelik dat die hele proses van verlossing van die begin tot die einde deur die Here gedryf word en nie deur ons eie meriete (verdienste), vermoë, of krag nie. Dus om na God te kom, moet deur Hom begin word en aangevoer word, maar dan moet ons kies om Sy weg (Woord) te aanvaar (of te verwerp) wanneer aangebied. God kies jou, Hy roep jou, Hy gee geloof deur Sy Woord (Rom. 10:17), jy Glo (aanvaar die waarheid), bekeer en ontvang verlossing:

Page 52: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

52

o “Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die

Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot

saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,

waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid

van onse Here Jesus Christus te verkry.” (2 Tess. 2:13 – 14 OV).

Manning (2005) sê: ‘The grace God is the totality by which men and women are made righteous.’

o “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe (geskenk) van God. Dit kom

nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede

om op homself trots te wees nie” (Ef. 2:8-9).

“In all praying, remember that sonship is a gift. No child has aught to do with earning the status of son or daughter. The earth child comes into being by the will of its parents. Even so, the child of God comes into grace and the new life of the Spirit by the will of the Father in heaven. Therefore must the kingdom of heaven – divine sonship – be received as by a little child. You earn righteousness – progressive character development – but you receive sonship by grace and through faith.” (Urantia, 2008).

En nou volg die dade van geloof, want onthou jy gaan op jou dade/ werke geoordeel word! Dade van geloof, nie van die wet, is dus wel belangrik want dit bepaal jou beloning in die Koninkryk (nie genade nie) – jy gaan oes wat jy gesaai het!

o “Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.” (Openb. 22:12).

o “Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade.” (Rom. 2:6).

Bid saam: “Here Jesus, ek skuif vandag my vrees opsy en open my

hart vir U in vertroue.”

As God nie dadelik antwoord nie – hou aan bid – wees geduldig!

“Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ’n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.” (Jes. 64:4). “Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.” (Jes. 30:18). Amen.

Onthou: “Though no one can go back and make a brand-new start, anyone can start now and make a brand-new ending.” – Carl Bard.

Page 53: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

53

Page 54: Hoofstuk 8 A5 Draft-Fin3+V - Hemel of hel

54

Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe.

Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.

(Joh. 14:6)