13
1 28 MAART 2013 | OMSENDBRIEF 03 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong arende sweef UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gesprekke in die kantoor D ie skoolgemeenskap van Hoërskool Strand bestaan uit 1 123 leerders, 72 opvoeders en personeel, asook 1 754 pa’s en ma’s wat elke dag op ’n manier met mekaar saamwerk en saamleef. Uit al hierdie sosiale interaksie met mekaar is daar elke dag baie geleenthede vir positiewe interaksie, maar ook konflik. Dikwels is leerders, ouers of personeel bewus van sekere dinge wat pla of wat positief is of wat onduidelik is. Dit is onmoontlik vir almal om elke dag van alles bewus te wees. Deur oor hierdie dinge met die regte mense te praat kan daar baie vinniger by ’n goeie oplossing uitgekom word. Dikwels is ’n goeie oplossing ook nie die vinnigste oplossing nie. Soms neem sekere dinge langer om op- gelos te word omdat daar prosesse en strukture betrokke is. Maar neem asseblief die vrymoedigheid om op die regte manier met die regte mense ’n saak aan te roer wat u op die hart lê. Dit bly steeds die beste manier om iets op te los. Wintersport Ons wintersportseisoen het reeds die afgelope week met ons hokkieweek, netbal- en rugbywedstryde begin. Ons is baie bly oor die toename in die aantal spanne wat in die verskillende ligas ingeskryf is. Veral die netbal en hokkie toon ’n aansienlike groei in deelname. Gesonde deelname aan sport is goed vir die ontwikkeling van ons kinders, solank ons as ouers en afrigters die balans behou tussen wen en verloor, lewe en speel, en sport en akademiese vordering. By voorbaat dankie aan elke ouer, deelnemer en afrigter vir die seisoen wat voorlê. Die onderskeie sportsoorte se hoofde is me. Annamarie Louw ([email protected]) vir hokkie, me. Abranda Kruger ([email protected]) vir netbal en mnr. Leon de Jager ([email protected]) vir rugby. Hokkieweek Ons skool het die afgelope naweek weer ’n baie suksesvolle hokkieweek aangebied. Die skole, van sover as Windhoek, het dit baie geniet en dit was ook vir ons skool ’n waardevolle bemarkingsgeleentheid. Baie dankie aan me. Marlene eron wat dit georganiseer het en vir die hokkiepersoneel wat hul langnaweek opgeoffer het. Die fondse wat so gegenereer is, word weer vir hokkie aangewend. Soos ’n boodskap na afloop van die naweek lui: “Gelukwense vir ’n hokkiekliniek wat besonder goed geor- ganiseer is. Dit het HS se naam meer as gestand gedoen. Groot lof kom die organiseerders toe. Dankie vir die geleenthede wat die skool ons kinders bied...” Ontspan-naweke 2013 Die skool en sy ouergemeenskap gaan gebuk onder ’n baie vol program en dikwels is daar nie tyd om weg te breek en dit te doen wat vir ons lekker is nie. Die skool het daarom vanjaar begin met ’n inisiatief om twee naweke te identifiseer waarin daar geen skoolaktiwiteite sal plaasvind nie. Die doel hiervan is om aan gesinne die geleentheid te bied om ’n ontspan-naweek te beplan en te geniet. Die twee naweke vanjaar is 14 tot 17 Junie (in die eksamen) en 8 tot 11 Augustus. Beide is langnaweke. Ons wil graag hê dat ons ouers, kinders en personeel die twee naweke sal geniet en gehaltetyd aan dinge buite werksverband sal bestee.

HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

1

28 MAART 2013 | OMSENDBRIEF 03

H O Ë R S KO O L S T R A N D

ARENDENUUSWaar jong arende sweef

UIT DIE HOOF SE KANTOORGesprekke in die kantoor

Die skoolgemeenskap van Hoërskool Strand bestaan uit 1 123 leerders, 72 opvoeders en personeel, asook 1 754 pa’s en ma’s wat elke dag op ’n manier met mekaar saamwerk en saamleef. Uit al hierdie

sosiale interaksie met mekaar is daar elke dag baie geleenthede vir positiewe interaksie, maar ook konflik.

Dikwels is leerders, ouers of personeel bewus van sekere dinge wat pla of wat positief is of wat onduidelik is. Dit is onmoontlik vir almal om elke dag van alles bewus te wees. Deur oor hierdie dinge met die regte mense te praat kan daar baie vinniger by ’n goeie oplossing uitgekom word.

Dikwels is ’n goeie oplossing ook nie die vinnigste oplossing nie. Soms neem sekere dinge langer om op-gelos te word omdat daar prosesse en strukture betrokke is. Maar neem asseblief die vrymoedigheid om op die regte manier met die regte mense ’n saak aan te roer wat u op die hart lê. Dit bly steeds die beste manier om iets op te los.

WintersportOns wintersportseisoen het reeds die afgelope week met ons hokkieweek, netbal- en rugbywedstryde begin. Ons is baie bly oor die toename in die aantal spanne wat in die verskillende ligas ingeskryf is. Veral die netbal en hokkie toon ’n aansienlike groei in deelname. Gesonde deelname aan sport is goed vir die ontwikkeling van ons kinders, solank ons as ouers en afrigters die balans behou tussen wen en verloor, lewe en speel, en sport en akademiese vordering. By voorbaat dankie aan elke ouer, deelnemer en afrigter vir die seisoen wat voorlê.

Die onderskeie sportsoorte se hoofde is me. Annamarie Louw ([email protected]) vir hokkie, me. Abranda Kruger ([email protected]) vir netbal en mnr. Leon de Jager ([email protected]) vir rugby.

HokkieweekOns skool het die afgelope naweek weer ’n baie suksesvolle hokkieweek aangebied. Die skole, van sover as Windhoek, het dit baie geniet en dit was ook vir ons skool ’n waardevolle bemarkingsgeleentheid. Baie dankie aan me. Marlene Theron wat dit georganiseer het en vir die hokkiepersoneel wat hul langnaweek opgeoffer het. Die fondse wat so gegenereer is, word weer vir hokkie aangewend.Soos ’n boodskap na afloop van die naweek lui: “Gelukwense vir ’n hokkiekliniek wat besonder goed geor-ganiseer is. Dit het HS se naam meer as gestand gedoen. Groot lof kom die organiseerders toe. Dankie vir die geleenthede wat die skool ons kinders bied...”

Ontspan-naweke 2013Die skool en sy ouergemeenskap gaan gebuk onder ’n baie vol program en dikwels is daar nie tyd om weg te breek en dit te doen wat vir ons lekker is nie. Die skool het daarom vanjaar begin met ’n inisiatief om twee naweke te identifiseer waarin daar geen skoolaktiwiteite sal plaasvind nie. Die doel hiervan is om aan gesinne die geleentheid te bied om ’n ontspan-naweek te beplan en te geniet. Die twee naweke vanjaar is 14 tot 17 Junie (in die eksamen) en 8 tot 11 Augustus. Beide is langnaweke. Ons wil graag hê dat ons ouers, kinders en personeel die twee naweke sal geniet en gehaltetyd aan dinge buite werksverband sal bestee.

Page 2: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

2

Nuusbrief 3 28 Maart 2013AKADEMIE

Die eerste kwartaal is agter die rug en ons wil u graag die geleentheid bied om persoonlik met u kind se vakonderwysers kennis te maak en privaat met hulle te gesels. Ons nooi u dus vriendelik uit na die

ouergespreksaand wat op bogemelde datum plaasvind.

Die aand word aangebied in die vorm van gesprekke (ʼn kwartier elk) wat vooraf by die skool se sekretaresse bespreek kan word. Die betrokke onderwyser sal u dan op die afgespreekte tyd in die skool se voorportaal ontmoet.

Ons wil graag saam met ouers werk om die leerders akademies by te staan en maak staat daarop dat u op hierdie uitnodiging sal reageer.

Afsprake kan vanaf Maandag 15 April om 08:00 tot Donderdag 18 April om 12:00 by die volgende nommer gemaak word: (021) 853-1056/7. U moet asseblief die betrokke vakonderwyser se van meld wanneer u die afspraak maak.

Akademie is ons besigheidOuergespreksaand: 18 April - 17:30 tot 21:00

Matriekleerders nou slaggereed vir voorgeskrewe roman

Die Hoërskool Strand, in samewerking met Swerwersproduksies, het op Dinsdag 12 Maart die voorgeskrewe roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied.

Onder die bekwame leiding van die regisseur, JP du Plessis, kon matriekleerders van die Helderbergkom op ’n pittige, prettige en uiters innoverende wyse eerstehands kennis maak met Iris, ʼn veelfasettige vrou wat nie skroom om gesprekke met vreemdelinge aan te knoop nie, haar verstrooide ma, Els, die liefde van haar lewe, Peter, en natuurlik die Engel, Iris se ietwat onwillige beskermer, raadgewer en vertroueling.

Die akteurs het uitstekend daarin geslaag om ’n verwikkelde en komplekse verhaal, wat op verskillende vlakke gelees moet word, met net die nodige kostuumveranderings en rekwisiete, te ontsluit.

Die fynere nuanses van ironie en satire in die roman is op oortuigende en by tye uiters humoristiese wyse met ’n waarderende gehoor gedeel. Baker was wyd bekend om haar fyn humorsin en dit het goed weerklank gevind in die produksie. Die onbevange lag van die leerders het kort-kort opgeklink.

Na afloop van die opvoering het die leerders, nes Iris, besef die lewe is nie ʼn storieboek nie en ʼn naam maar net ʼn naam.

Harmony Wiskunde olimpiade

Verskeie van ons leerders het aan die Harmony Wiskunde olimpiade deelgeneem.

Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die tweede ronde wat op 14 Mei plaasvind: Gr 12: Annemie de Bruijn, Nicolise Goosen, Wilani Mulke, DJ le Roux en Jeanne-Mari Olivier.Gr 11: Dieter Klink, Jaco de Wet en Sané Erasmus.Gr 10: Annette Kritzinger, Arloue Lloyd, Delia Meyer, Joshua Lausberg en Wiehann Fourie.Gr 9: Adrian Bester en Mignon Erasmus.Gr 8: Kezia Rietoff

Page 3: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

2 3

Nuusbrief 3 AKADEMIE 28 Maart 2013

Universiteit van Kaapstad Wiskunde-kompetisie

Vyf-en-sewentig leerders gaan op 17 April aan die Universiteit van Kaapstad se Wiskunde-kompetisie deelneem. Ons sien met groot verwagting uit na hierdie massadeelname deur ons toegewyde

Wiskunde-leerders.

Computer talent search-olimpiade

Ongeveer 40 graad 11- en 12-leerders het vanjaar aan hierdie olimpiade deelgeneem.

In die teorie-afdeling is Stefan de Villiers in graad 12 as die algehele wenner van ons skool aangewys. Kort op sy hakke en in die gesamentlike tweede plek was Maurice Theron (gr. 11) en Shaun Summerbee (gr. 12).

Die praktiese deel van die olimpiade vind op 10 Mei plaas.

Baie geluk aan elke leerder wat so hard gewerk het.

Ondersteun ons borg

Die nuwe Cinnamon Spar in Gordonsbaaiweg het onderneem om 1 persent van alle aankope deur leerders, ouers en onderwysers aan ons skool te skenk.

U kan hierdie fondsinsamelingsprojek ondersteun deur elke keer u betaalstrokie (met u kontakbesonder-hede) in die spesiale Hoërskool Strand-posbussie te gooi.

Page 4: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

4

Nuusbrief 3 28 Maart 2013AKTUEEL

Aktuele sakeVanuit leerderraadgeledere

Die graad 8-leerderraadsverkiesing het die afgelope 2 weke plaasgevind.

26 kandidate het hulself vir die leerderraad beskikbaar gestel. Na die tussenverkiesing is die aantal kandidate na 6 verminder.

Die volgende drie leerders is tot leerderraadslede verkies:

Emja LangeveldtWillem du PlessisNicole Bryant

Baie geluk aan die drie jong leiers.

Ouerbetrokkenheidskomitee

Die OBK wil graag elke ouer in die skool uitnooi om by ons betrokke te raak.

Die OBK-komitee bestaan tans uit 35 ouers. Ons hooftaak is om die personeel by te staan. Dit doen ons deur onder andere op sportdae te help met die aankoop, voorbereiding en verspreiding van etes en versnapperinge. Tydens die jaarlikse Kaskarkaskenades verkoop ons, in samewerking met die snoepie, iets te ete. Deur die loop van die jaar wens ons die personeel met spesiale geleenthede, soos verjaarsdae, geluk. Ons bied ook elke kwar-taal ʼn klein personeelbederf. Later vanjaar gaan ons ook ons kant bring by die voorgenome Steakaand.

Ons het slegs een groot fondsinsamelingsgeleentheid per jaar – die baie gewilde Damesoggend in Oktober. Hierdie jaar is ons gelukkig genoeg om die talentvolle Valiant Swart as gaskunstenaar te hê.

Ons fondse word ook verder deur die My School Kaart aangevul. Dus, elke keer as u die kaart gebruik, word ‘n bedrag aan die OBK geskenk. Dit word net so weer in die skool teruggeploeg.

Ons het ook elke jaar ʼn spesifieke projek waarvoor ons die fondse aanwend. Hierdie jaar fokus ons op die Kindertrust Sentrum se breekgoed, die nuwe personeelkamer, asook die verfraaiing van die meisiesvierkant.

Kontak gerus vir Lelanie Loftie-Eaton by [email protected] indien u bereid is om u tyd, vaardighede en kennis met ons te deel. Ons is altyd dankbaar as daar ouers is wat kan help om ons skool ʼn beter plek vir almal te maak.

Mej. SA-internasionale Tiener

Simoné Meyer is tydens die jaarlikse kompetisie vir modelle as Mej. SA-internasionale Tiener aangewys. Sy gaan haar land van 24 tot 27 Julie in die VSA verteenwoordig.

Ons wens haar alle sterkte toe.

Selfverdediging vir dogters

Tydens ʼn saalbyeenkoms op Dinsdag 12 Maart het die stigterslede van die organisasie, Pink Army, Leonie Venter en Michelle Mulder, die personeel en leerders met behulp van ʼn kragpuntaanbieding en ʼn prak-

tiese demonstrasieles in die fynere kunsies van selfverdediging touwys gemaak.

Die doel van die kursus is om veral vroue te bemagtig om nie willose slagoffers van geweld te word nie.

Page 5: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

4 5

Nuusbrief 3 AKTUEEL 28 Maart 2013

Westelike Provinsie noodhulpkompetisie

Die jaarlikse WP-noodhulpkompetisie het op 16 Maart 2013 by Hoërskool Strand plaasgevind. Meer as 40 leerders van drie verskillende skole, nl. Hoërskool Strand, HHH en Parel Vallei het deelgeneem. Pasiënte

(gr. 8-leerders van Hoërskool Strand) het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.

Ons noodhulpleerders het die volgende prestasies behaal:

Gr. 12-span 1ste plek Natashja van der Merwe Ulrich Retief Vinley Wiese Marelize Koch

Natashja van der Merwe het ook in die gr. 12 individuele afdeling ʼn eerste plek met ʼn uitmuntende 99% behaal.

Gr. 11-span 1ste plek Sané Erasmus Lindie Steyn Janeke Olivier Werlise Rautenbach

Sané Erasmus het die 1ste plek en Werlise Rautenbach die 3de plek in die gr. 11 individuele afdeling behaal.

Gr. 10-span 1ste plek Mishka Steyn Anja van Zyl Ané Venter Nina Knijf

Die gr. 10-span is as die algehele wenspan van die dag aangewys.

Mishka Steyn het die 1ste plek in die gr. 10 individuele afdeling ingepalm en is ook as die beste kaptein van die dag aangewys.

Samantha Campbell en Isabel Naudé het albei 1ste plekke in die gr. 8 individuele afdeling behaal.

Ons is met reg trots op ons getroue noodhulpleerders.

Ti amo liefdadigheidsklub

Met die eerste kwartaal wat so pas verby is, het ons vereniging ook weer ons voelers in die gemeenskap uitgesteek. Die projekte waarby ons hierdie jaar betrokke gaan wees, is:

Helderberg Hospitaal, die DBV, ouetehuise, sopkombuise en ʼn nasorgsentrum in Temperance Town.

Vroeg in die nuwe kwartaal kan u op die skool se webtuiste gaan loer om te kyk wat ons reeds gedoen het.

Kaalvoetdag

Hierdie tweejaarlikse projek van Ti amo het weer wonderlike vrugte, of sal ons sê skoene, afgewerp. Leerders kon Dinsdag 19 Maart kaalvoet skool toe kom en met ʼn paar tweedehandse skoene, klere, ʼn kombers of R5 hul empatie met behoeftiges toon.

Dankie aan elke ouer wat ons hand sterk sodat ons weer terug kan ploeg in plekke waar daar nood is.

Page 6: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

66

Nuusbrief 3 28 Maart 2013AKTUEEL

Solidariteit Helpende Hand se skaduwerk-week

In samewerking met besighede landwyd bied Solidariteit Helpende Hand vanaf 2 tot 5 April ʼn skaduwerk-week vir hoërskoolleerders aan.

Vir meer inligting oor die ondernemings wat betrokke is, gaan na: www.loopbaan.co.za. Die kontakpersoon is: [email protected].

Die verantwoordelikheid rus op die leerder self om die betrokke besigheid of onderneming te kontak wat hy of sy wil besoek. Die skaduwerk-week het ten doel dat leerders meer leer oor ʼn spesifieke beroep om sodoende ʼn ingeligte besluit oor hul voorgenome studies en toekoms te maak.

Skoolkwartale 2014

Die goedgekeurde skoolkalender vir 2014 is soos volg:

KWARTAAL OPEN SLUIT

Eerste 13 Januarie (opvoeders)15 Januarie (leerders)

28 Maart

Tweede 07 April 27 JunieDerde 21 Julie 03 Oktober

Vierde 13 Oktober 10 Desember (leerders)12 Desember (opvoeders)

Openbare en Skoolvakansiedae in 2014:

01 Januarie Nuwejaarsdag 21 Maart Menseregtedag 18 April Goeie Vrydag 21 April Gesinsdag 27 April Vryheidsdag 28 April Openbare vakansiedag 29 April Skoolvakansiedag 30 April Skoolvakansiedag 01 Mei Werkersdag02 Mei Skoolvakansiedag16 Junie Jeugdag 09 Augustus Nasionale Vrouedag 24 September Erfenisdag 16 Desember Versoeningsdag 25 Desember Kersdag 26 Desember Welwillendheidsdag

Page 7: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

6 76

Nuusbrief 3 KULTUUR 28 Maart 2013

KultuursakeTalentaand

Die talentaand is vanjaar voorafgegaan deur ʼn baie geslaagde bemarkingsgeleentheid – die optrede deur ʼn bekende oudleerder, Robbie Wessels. Hierdie gewilde sangsensasie het die leerders op hul voete gehad

met van sy bekendste treffers. As spesiale toegif het hy ook ʼn paar grepe uit sy nuwe fliek, 100 Meter Leeuloop, vertoon.

Op Woensdag 13 Maart het 27 inskrywings, waaronder twee orkeste en ʼn kitaartrio, gesorg dat die gehoor nie ʼn tekort aan vermaak gehad het nie. Tussendeur het gasoptredes deur die Rhapsody Dance studio, Petro Ferreira (wenner van verskeie sangkompetisies), Bianca Lombard (met haar eie solo-CD) en ons eie mnr. Nico Human die gehoor aan hul stoele vasgenael gehou.

Die deelnemers aan die talentkompetisie het die beoordelaars, me. H vd Merwe, mnr. C Wiese en mnr. N Koekemoer, behoorlik laat kopkrap voordat die uiteindelike wenners aangewys is:

Eerste Plek - Rudi LourensTweede Plek - Jessica van NiekerkDerde Plek - Avron Josephs

Pryse is geborg deur: Musikale Produksie Suid-Afrika (www.mupsa.co.za)

Master Maths klasse: spesiale vakansie-aanbodLeerders kry hierdie vakansie die geleentheid om teen R80,00 per uur die eerste kwartaal se werk te hersien. Fooie is vooruit betaalbaar.

Klastye vir die vakansie sien as volg daaruit:

Maandag tot Donderdag: 10:00 - 19:00Vrydag: 10:00 - 17:00Saterdag: 09:00 - 13:00

Die sentrum sal op openbare vakansiedae en oor die Paasnaweek gesluit wees.

Page 8: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

8

Nuusbrief 3 28 Maart 2013SPORT

SportnuusAtletiek

Vier van Hoërskool Strand se atlete is in die Wes-Kaapspan opgeneem en het van 21 tot 23 Maart in Oos-Londen aan die SA-skole kampioenskappe deelgeneem:

Delia Meyer (o.17) - 5000m stapElke Briedenhann (o.17) - hamergooiShannon Vermeulen (o.15) - 200mMercia Oosthuizen (o.15) - 90m hekkies

Tydens hierdie geleentheid het Delia Meyer met ʼn tyd van 28:53:47 ʼn algehele vierde plek losgeslaan.

Die volgende drie atlete is in die Bolandspan opgeneem om van 4 tot 6 April in Pretoria aan die ASA jeug-en junior kampioenskappe deel te neem:

Elke Briedenhann (o.17) - hamergooiLeon Strauss (o.17) - hoogspringSavannah Käsner (o.17) - hoogspring

Delia Meyer is gekies om as lid van die Bolandspan aan SA-veelkamp en stapkampioenskappe te Germiston deel te neem. Ongelukkig kon sy nie hieraan deelneem nie, omdat dit op dieselfde tyd as die SA-skole Kampioenskappe in Oos-Londen plaasgevind het.

Muurbal

Twee van ons muurbalspelers, Paula Jacobs en Monique Pretorius het van 1 tot 3 Maart aan die Bloemfontein Ope deelgeneem.

Monique, ʼn graad 8-leerder, het in die o.14-kategorie in die 12de posisie begin speel, maar na 4 naelbytwedstryde, onder andere teen die nommer 3-speler in die land, gevorder tot die nommer 4 posisie vir dogters o.14. Hierna het Catherine Geard (o.19), Paula Jacobs (o.16) en Monique Pretorius (o.14) nog verdere prestasies behaal deurdat hulle uitgenooi is om die naweek van 21 tot 24 Maart 2013 aan die SA Ope-toernooi in Parkview Johannesburg deel te neem. Dit is ʼn eer wat slegs die vier beste spelers per ouderdomsgroep per provinsie te beurt val. Veral Catherine en Monique het baie goed presteer. Catherine eindig 19de, met nog twee toernooie waarin sy haar posisie kan verbeter. Monique het uitstekend gevaar en is tans die 8ste beste speler in die land.

Ons is met reg trots op hierdie spelers se prestasies.

Skaak

Ruan Buys in graad 8 is na afloop van die Bolandtoernooi op Vanrhynsdorp in die o.16-Bolandspan opgeneem om van 12 tot 13 April aan die Wes-Kaapse toernooi in Kuilsrivier deel te neem.

Tennis

Die sestienjarige Dominique Bersman is in die o.19-Bolandspan opgeneem. Vanaf 20 tot 24 Maart het sy Boland by die SA-kampioenskap te Pretoria verteenwoordig. Dominique het by hierdie geleentheid drie

van haar wedstryde (teen Limpopo, Gauteng en SWD) gewen.

Die o.19-Bolandspan het 9de uit 16 spanne geëindig.

Op 15 Maart het die skool se tennisspanne die seisoen met ʼn gemengde dubbelspeltoernooi afgesluit. 13 Spanne het hieraan deelgeneem. Vrydagaand het ouers, leerders en afrigters vir oulaas gesellig saamgekuier.

Page 9: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

8 9

Nuusbrief 3 SPORT 28 Maart 2013

Die volgende tennisspelers het toekennings ontvang:

Sophia Swart-beker vir beste dogter o.15 Emja LangeveldtBlackie Swart-beker vir beste seun o.15 Henrico Janse van RensburgBeste prestasie in tennis Dominic BersmanDe Villiers-beker vir beste dogter o.19 Christine GerberS Walters-beker vir beste seun o.19 Jan-Dirk van ZylLouis van Sittert-beker vir beste vordering Samantha Nolan

Volkleure: Melt Laten (langer as drie jaar in die eerste seunstennisspan) Christine Gerber (drie jaar) Anelmi Fourie (drie jaar) Halfkleure: Jan-Dirk van Zyl (twee jaar) Peter de Klerk (twee jaar)

Gholf

Die gholfspelers het van 9 tot 12 Maart aan die Dainfern Kollege Nasionale Gholtoernooi in Johannes-burg deelgeneem.

Tydens hierdie 3-dag toernooi, waaraan 52 spanne deelgeneem het, moes daar met beide spanne van die Hoërskool Strand rekening gehou word.

Na afloop van die toernooi het die A-span (Elmo Barnard en Deon Germishuys) in die algehele 10de plek geëindig.

Elmo Barnard het veral beïndruk deur met slegs 4 houe oor baansyfer in die algehele vierde plek klaar te maak.

Netbal

Op Vrydagoggend 29 Maart vertrek tien o.18A-netbalmeisies saam met hul afrigter, me. Johlene Pietersen, en spanbestuurder, me. Anina Joubert na die Arthur Johnson netbaltoernooi in Mosselbaai.

Die toernooi duur tot 3 April. Soggens ontvang die spelers afrigting en smiddags kry hulle die geleentheid om hul nuut verworwe vaardighede tydens uitspeelwedstryde toe te pas.

Vir ontspanning lê daar ‘n daguitstappie by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, asook die aanwys van ʼn Mnr. en Mej. Arthur Johnson, voor.

Rugby

Hoërskool Brackenfell sportdag

Op Donderdag 21 Maart het ons eerstespan aan die Hoërskool Brackenfell sportdag, waar ons ons laaste voorseisoense wedstryd gespeel het, deelgeneem.

Ons is aangewys om die hoofwedstryd teen Hoërskool Brackenfell se eerstespan te speel. Aan die begin van die wedstryd het die manne onder druk gespeel en Brackenfell het vinning met 12 - 0 voorgeloop. In die tweede helfte het Strand baie beter begin speel en Daniel Malan het ʼn afstormdrie gedruk om Strand op die tellingbord te kry. Na baie beter samespel tussen voor- en agterspelers kon Zayne Farmer en Rian Holtzhausen ook agter die doellyn gaan kuier. Arnand Swart het ook met 2 doelskoppe geslaag en Strand wen Brackenfell 19 - 12.

Page 10: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

10

Nuusbrief 3 28 Maart 2013SPORT

Boland Landbou rugbydag

Die voorseisoense vriendskaplike wedstryde vir die o.19A rugby-oefengroep het soos altyd by Boland Land-bou se sportdag, waar die spelers aan die 15-minute ʼn kant-wedstryde deelgeneem het, begin. Die span

het 5 – 15 teen Boland Landbou verloor, maar klop Bredasdorp met 10 – 5. Jaco de Wet en Ismael Stoffberg het goeie spel deur die dag opgelewer.

Skolerugbydag op Nuweland

Ons was vanjaar bevoorreg om genooi te word na die jaarlikse WP-skolerugbydag op Nuweland. Slegs die top skole in die WP-liga word uitgenooi.

Tydens die 20-minute aan ʼn kant-wedstryd word geen skoppe na die pale toegelaat nie. Dit het aanskoulike hardlooprugby tot gevolg gehad.

In ons wedstryd teen SACS het die manne baie goed vertoon en reeds in die eerste helfte punte aangeteken toe Jermaine Jansen ʼn drie gedruk het. Die rustydtelling was 5 - 0 in Strand se guns.

In die tweede helfte het ons besluit om al die reserwes ʼn kans te gee om ook op die beroemde Nuweland veld uit te draf.

ʼn Fout in die doodsnikke van die wedstryd het egter aan SACS die geleentheid gegee om punte aan te teken vir ʼn gelykoptelling van 5 - 5.

ʼn Spesiale ondersteunersbus is ook na die geleentheid gestuur om ons eerstespan te ondersteun en aan te moedig. Hopelik kan ons in die toekoms meer busse volmaak, aangesien daar ook ʼn prys is vir die skool wat sy span die beste ondersteun.

Hokkie

Paarl Gimnasium sportdag

Die uitslae van hierdie dag se hokkiewedstryde sien soos volg daaruit:Die o.18A-dogterspan klop Overberg 5 - 0 en speel gelyk teen Paarl Gimnasium, 0 elk. Hulle verloor 0 - 1

teen Hugenote.

Die o.16A-dogterspan klop Overberg 3 - 0, en speel gelyk, 2 elk, teen Paarl Gimnasium.

Elite seunshokkiekursus

Die Elite Seunshokkiekursus was weer eens ʼn reuse sukses en bykans 150 seunshokkiespelers kan na dese met heelwat meer vaardighede in hierdie mededingende sportsoort spog.

Die volgende spanne het aan die kursus meegedoen: Windhoek Gimnasium se A- en B-spanne, Windhoek Afrikaans Hoërskool, Hoërskool Duineveld (Upington), Hoërskool Montana (Worcester), Hoërskool Mon-tagu, Hoërskool Oudtshoorn, Hoërskool Bellville en Monumentpark.

Die kursusleiers was Kurt Cerfontyne en Bruce Jacobs, beide gerekende hokkie-afrigters op nasionale vlak. Hulle is deur 16 hulpafrigters van Maties, wat almal op nasionale of provinsiale vlak hokkie speel, ondersteun.Die kursus het begin met ʼn heerlike steakbraai op Woensdagaand 20 Maart. Op Donderdag- en Vrydagoggend is die spelers spesifieke vaardighede geleer wat hulle dan in mini-wedstryde kon toepas. Na middagete was daar uitspeelwedstryde op die skool se velde om die posisies vir laaste dag (Sondag) se wedstryde op Hartleyvale se astro-velde te bepaal. Elke span het ses wedstryde gespeel om die rangorde te bepaal. Saterdagoggend is met ʼn Amazing Race-spanbousessie ingekleur waarna die besoekers die geleentheid gekry het om die Kaap verder op hul eie te verken.

Windhoek Afrikaans Hoër het in die finaal daarin geslaag om in die laaste drie minute die wendoel teen Hoër-skool Strand aan te teken en sodoende as die uiteindelike wenner met 1 – 0 huis toe te gaan. Hoërskool Oudts- hoorn het in die derde plek geëindig en Windhoek Gimnasium se A-span in die vierde plek.

Page 11: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

10 11

Nuusbrief 3 SPORT 28 Maart 2013

Buitesport

Argus-fietstoer

Slegs vyf van ons leerders het vanjaar aan die alombekende en uitmergelende Argus-fietstoer deelgeneem. Die fietsryers het die volgende tye behaal:

JP le Roux (3:34:00)Hilton Africa (3:25:00)Jacques Oosthuizen (4:10:00)Shaun Steenkamp (6:00:00)Deoné van Loggerenberg (6:58:34)

Bergfietsry

Jacques Oosthuizen het vanjaar reeds aan twee bergfietsrykompetisies deelgeneem.

Tydens die Bouckaert-Soenen League Funride oor 42 km behaal hy ʼn 16de plek uit 179 ryers.

Kort hierna het hy aan die 99er Cycle Tour oor 64 km deelgeneem en ʼn 4de in sy ouderdomsgroep behaal. Branderplankry

Hoërskool Strand se branderplankryers het weer vanjaar skoonskip gemaak toe hulle tydens die Boland skole-liga spankompetisie die branders keer op keer met konsekwente presisie getroef het en sodoende

die Hoërskole Parel Vallei en Paul Roos Gimnasium op oortuigende wyse geklop het.

Milan van Rhyn is as die beste branderplankryer van die dag aangewys, terwyl die tweeling, Jacque en Tersia Botha die beoordelaars ook beïndruk het.

Ons hartlike gelukwense aan die volgende branderplankryers: Annerine le Roux, Tertius Snyman, Jacque Botha, Tersia Botha, Milan van Rhyn en Megan Owen (reserwe).

Diepseehengel

Juandré Geldenhuys in graad 10 is ʼn man wat weet hoe om geduldig te wag vir die vis om te byt. Hy is tydens die jaarlikse prysuitdeling met die volgende toekennings vir sy geduld en vaardighede as hengelaar vereer:

Die Kennedy-trofee vir die beste kuslynvangs Die Kingfisher-trofee vir die beste junior hengelaar Die Suidpunt Diepseehengelklub-trofee vir die swaarste vis Sy prestasies het ook verdere meriete verdien deurdat die geelstert wat hy in 2012 gevang het, se gewig nou amptelik as ʼn Suid-Afrikaanse rekord, asook ʼn All Africa rekord, aangeteken is.

Al hierdie prestasies besorg aan Juandré ʼn plek in die WP-diepseehengelspan wat van 2 tot 6 April aan die Na-sionale kompetisie in Durban gaan deelneem.

Driewielfietsry

Willie Kotzé het gedurende Februarie self puik vertonings gelewer.

Alhoewel hy nog nie 18 is nie, neem hy aan twee liga-byeenkomste vir die Westelike Provinsie deel.

Hy is gekies om einde Maart, as lid van die WP-fietsryspan, aan die SA-kampioenskap vir gestremde ryers deel te neem. Tydens hierdie kompetisie sal hy die kans kry om sy vernuf in die 5 km-, 10 km- en 18 km-wedrenne ten toon te stel.

Page 12: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

1212

Nuusbrief 3 28 Maart 2013SPORT

Metaalsilhoeëtskiet

Nellita Nel het tydens die WP Ope-metaalsilhoeëtskietkampioenskap twee goue medaljes in die junior handwapenkategorie gewen. Ten spyte van ʼn moedige poging moes sy egter weens siekte aan die res van

die toernooi onttrek.

Staanplankroei

Dylan Frick se deelname aan die 2013 SUP (Stand-up paddle boarding)-wêreldkampioenskap in Peru het aanvanklik wankelrig begin deurdat sy resiesbord nie betyds deur die doeane deurgelaat is nie. Tog het hy

dit reggekry om op die eerste dag met ʼn geleende bord ʼn 8ste plek te behaal.

Die volgende dag behaal Dylan, hierdie keer met sy eie bord, ʼn tweede plek in die 5km tegniese afdeling en steek sodoende die heersende wêreldkampioen die loef af.

Na afloop van die kompetisie word Dylan met ʼn brons medalje vir ʼn welverdiende algehele derde plek beloon.

Die Suid-Afrikaanse aflosspan waarvan Dylan ook ʼn lid is, het ʼn silwer medalje verower.

Voorwaar ʼn puik prestasie vir hierdie jong ambassadeur van Hoërskool Strand. Swem

Die jong swemmer, Lee-Anne Becker het die Matiespan van 22 tot 25 Maart by die Afrika-uitdaagreeks in Kaapstad verteenwoordig.

Toutrek

Die volgende leerders is in die WP-toutrekspan opgeneem en genooi om aan die Suid-Afrikaanse Jeug Toutrek Unie-kampioenskappe in Kimberley deel te neem:

JD Swanepoel, Samuel Schutte, Lourens Smart, Henry Visser, Merwil van der Merwe, Henco Bezuiden-hout, Louw Coetzee, Marko Willemse en Dian Conradie.

In ʼn aparte kompetisie tydens dieselfde kampioenskappe is die volgende leerders ook genooi om hul klub te verteenwoordig:Andrea Smuts, Brendon Breytenbach, Ivan Bidlingmaier, Jan-Paul Fourie, Johan Jordaan, Leandro Be-zuidenhout, Lijan Harrison, Ruan Matthysen, Samuel Schutte, Vivian Prins, Anine Kotzé en Chris Be-zuidenhout

BELANGRIKE KENNISGEWINGLeerderveiligheid

Onlangs was daar voorvalle waar van ons skool se leerders buite die skoolterrein en na-uurs beroof of aan-geval is. Daar is ook in die verlede gevalle aangemeld waar iemand homself aan leerders ontbloot het.

Die skool kan nie die veiligheid van leerders buite die skoolterrein en na-uurs (middae en saans) verseker nie, maar het ’n verantwoordelikheid om leerders bewus te maak van moontlike gevare.

Waar die skool bewus raak van ’n bedreiging of moontlike verdagte bedrywighede buite die skoolterrein, word die polisie dadelik daarvan in kennis gestel.

’n Beroep word egter op ouers gedoen om te alle tye te verseker dat hulle kinders veilig is, en waar hulle kinders in ’n ongewenste situasie beland, dit self by die polisie aan te meld. Die skool kan nie namens ’n leerder ’n klag by die polisie lê nie.

Page 13: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_3... · roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, van Eleanor Baker, aangebied. Onder die bekwame

12 1312

Nuusbrief 3 KULTUUR 28 Maart 2013ADVERTENSIES