12
28 April 2017 | Nuusbrief 4 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong Arende sweef Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid UIT DIE HOOF SE KANTOOR 1 AKADEMIE Die eerste kwartaal van 2017 is iets van die verlede en elke leerder het ʼn rapport as bewys van hulle insette gedurende die eerste kwartaal, ontvang. Ons gelukwensinge gaan aan elke leerder wat sy eie doelwitte bereik het. Dinsdagaand, 2 Mei, is die gebruiklike oueraand waartydens ouers, leerders en onderwysers die eerste kwartaal se punte sal bespreek. Dis nog net 5 weke dan begin ons Junie-eksamen. Alle leerders sal, ten spyte van die sport, baie tyd aan hulle akademie moet afstaan. Dit help nie om eers in die eksamen te begin studeer nie. Begin vroegtydig voorberei. Graad 11’s moet besef dat hulle punte vir volgende jaar se keuringsprosesse deur tersiêre instellings gebruik gaan word. AFWESIGHEDE Ons wil werklik ʼn beroep op ouers en leerders doen om skoolbywoning te verbeter. Indien ʼn leerder gereeld afwesig is, ly die akademie daaronder en kan ons nie goeie uitslae verwag nie. Integriteit is onder andere om die regte ding te doen en die regte ding is om getrou skool by te woon. Jaarlikse afwesighede kan, soos in die werksomgewing, as volg gekategoriseer word: 1 tot 3 dae afwesig – goeie skoolbywoning, 4 tot 7 dae afwesig – gemiddelde bywoning en meer as 7 dae afwesig per jaar - swak skoolbywoning. ʼn Werkgewer sal ook nie met laasgenoemde tevrede wees nie. Skool is waar ons ons kinders leer hoe die lewe buite die skool werk. Dit is ons plig om ons kinders te leer wat aanvaarbaar is in die beroepsomgewing, sodat hulle eendag hul plek in die samelewing op ʼn verantwoordbare wyse sal kan volstaan. Ons vra ons ouers se ondersteuning in hierdie verband. Ouers word daarop gewys dat kinders vir elke dag wat hulle afwesig is, ʼn afwesigheidsbrief by hulle registeronderwyser moet ingee. Ouers moet die skool ook soggens voor 08:00 per e-pos of telefonies laat weet indien hulle kinders afwesig is. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak. SPORTSAKE Ons dank gaan aan elke afrigter wat betrokke is by sportafrigting by Hoërskool Strand. Ons besef dat dit ʼn groot taak is, waar vaardighede, persoonlikhede en spelpatrone alles bymekaar gebring moet word. Dankie aan ons ouers wat ons sportgeleenthede so getrou ondersteun. Ons wil ʼn beroep op ouers doen om afrigters se spankeuses en afrigtingsmetodes te respekteer. Indien iets u pla, is u welkom om me. Tania van der Walt (sporthoof) te nader. PERSONEELSAKE Me. Christine van der Walt het ons aan die einde van die eerste kwartaal verlaat. Sy het ʼn pos in Nieu-Seeland aanvaar en sy en haar gesin het op 17 April geëmigreer. Me. Erna Groenewald het in me. Van der Walt se pos ingeskuif en me. Hanlie Laakman, wat al voorheen by ons afgelos het, neem vir die res van die jaar in me. Groenewald se plek waar. Me. Suna de Villiers het besluit dis tyd om af te tree en verlaat ons aan die einde van April. Me. Annemie van Rooyen is tot die einde van die jaar in me. De Villiers se pos aangestel. Me. De Villiers se twee Verbruikerstudieklasse sal onderskeidelik deur me. Wolff en me. Janse van Rensburg behartig word. Ons verwelkom mnr. Kobus Reyneke as nuwe terreinbestuurder. Ons wil die hoop uitspreek dat ons nuwe kollegas ʼn tuiste by Hoërskool Strand sal vind. ARENDFEES Ons is oorstelp van vreugde met die nuus dat ons meer as R 100 000 met die Arendfees ingesamel het. Ons dank gaan aan elke ouer en leerder wat tot hierdie sukses bygedra het. (Foto’s in vorige nuusbrief.) Laat ons saam met almal wat Bloemfontein besoek het, vir ons land en ook ons skool bid! BELANGRIKE KENNISGEWING Volle wintersdrag vanaf Dinsdag, 2 Mei. Leerders se voorkoms moet asseblief aan die skoolreëls voldoen.

HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/2017dokumente/Arendenuus 4_28 April... · oueraand waartydens ouers, leerders en onderwysers die eerste kwartaal

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

28 April 2017 | Nuusbrief 4

H O Ë R S KO O L S T R A N D

ARENDENUUSWaar jong Arende sweef

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

1

AKADEMIE

Die eerste kwartaal van 2017 is iets van die verlede en elke leerder het ʼn rapport as bewys van hulle insette gedurende die eerste kwartaal, ontvang. Ons gelukwensinge gaan aan elke leerder wat sy eie doelwitte bereik het. Dinsdagaand, 2 Mei, is die gebruiklike oueraand waartydens ouers, leerders en onderwysers die eerste kwartaal se punte sal bespreek.

Dis nog net 5 weke dan begin ons Junie-eksamen. Alle leerders sal, ten spyte van die sport, baie tyd aan hulle akademie moet afstaan. Dit help nie om eers in die eksamen te begin studeer nie. Begin vroegtydig voorberei. Graad 11’s moet besef dat hulle punte vir volgende jaar se keuringsprosesse deur tersiêre instellings gebruik gaan word.

AFWESIGHEDE

Ons wil werklik ʼn beroep op ouers en leerders doen om skoolbywoning te verbeter. Indien ʼn leerder gereeld afwesig is, ly die akademie daaronder en kan ons nie goeie uitslae verwag nie. Integriteit is onder andere om die regte ding te doen en die regte ding is om getrou skool by te woon.

Jaarlikse afwesighede kan, soos in die werksomgewing, as volg gekategoriseer word: 1 tot 3 dae afwesig – goeie skoolbywoning, 4 tot 7 dae afwesig – gemiddelde bywoning en meer as 7 dae afwesig per jaar - swak skoolbywoning. ʼn Werkgewer sal ook nie met laasgenoemde tevrede wees nie. Skool is waar ons ons kinders leer hoe die lewe buite die skool werk. Dit is ons plig om ons kinders te leer wat aanvaarbaar is in die beroepsomgewing, sodat hulle eendag hul plek in die samelewing op ʼn verantwoordbare wyse sal kan volstaan. Ons vra ons ouers se ondersteuning in hierdie verband.

Ouers word daarop gewys dat kinders vir elke dag wat hulle afwesig is, ʼn afwesigheidsbrief by hulle registeronderwyser moet ingee. Ouers moet die skool ook soggens voor 08:00 per e-pos of telefonies laat weet indien hulle kinders afwesig is. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

SPORTSAKE

Ons dank gaan aan elke afrigter wat betrokke is by sportafrigting by Hoërskool Strand. Ons besef dat dit ʼn groot taak is, waar vaardighede, persoonlikhede en spelpatrone alles bymekaar gebring moet word. Dankie aan ons ouers wat ons sportgeleenthede so getrou ondersteun. Ons wil ʼn beroep op ouers doen om afrigters se spankeuses en afrigtingsmetodes te respekteer. Indien iets u pla, is u welkom om me. Tania van der Walt (sporthoof) te nader.

PERSONEELSAKE

Me. Christine van der Walt het ons aan die einde van die eerste kwartaal verlaat. Sy het ʼn pos in Nieu-Seeland aanvaar en sy en haar gesin het op 17 April geëmigreer. Me. Erna Groenewald het in me. Van der Walt se pos ingeskuif en me. Hanlie Laakman, wat al voorheen by ons afgelos het, neem vir die res van die jaar in me. Groenewald se plek waar.

Me. Suna de Villiers het besluit dis tyd om af te tree en verlaat ons aan die einde van April. Me. Annemie van Rooyen is tot die einde van die jaar in me. De Villiers se pos aangestel. Me. De Villiers se twee Verbruikerstudieklasse sal onderskeidelik deur me. Wolff en me. Janse van Rensburg behartig word.

Ons verwelkom mnr. Kobus Reyneke as nuwe terreinbestuurder. Ons wil die hoop uitspreek dat ons nuwe kollegas ʼn tuiste by Hoërskool Strand sal vind.

ARENDFEES

Ons is oorstelp van vreugde met die nuus dat ons meer as R 100 000 met die Arendfees ingesamel het. Ons dank gaan aan elke ouer en leerder wat tot hierdie sukses bygedra het. (Foto’s in vorige nuusbrief.)

Laat ons saam met almal wat Bloemfontein besoek het, vir ons land en ook ons skool bid!

BELANGRIKE KENNISGEWING

Volle wintersdrag vanaf Dinsdag, 2 Mei. Leerders se voorkoms moet asseblief aan die skoolreëls voldoen.

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

AKADEMIE IS ONS BESIGHEID

Nuusbrief 4 28 April 2017AKADEMIE

2

AKADEMIESE UITSLAE: TOP 10 (EERSTE KWARTAAL)

Ons maak met trots die volgende uitslae bekend:

GRAAD 12

1. Emja Langeveldt 95.1%2. Anja Beyers 91.8%3. Francious Pheiffer 91.0%4. Ansela Burger 90.7%5. Elger Braasch 89.2%6. Ruan Buys 88.1%7. Carla Coetzee 87.5%8. Nicky-Louise Byrne 86.5%9. Nicole Andries 85.5%10. Chérise Louw 84.8%

GRAAD 11

1. Danie Theron 94.4%2. Barend Edwards 91.7%3. Gunter Möhr 90.1%4. Carli Viljoen 90.0%5. Jenna Blake 87.1%6. Minette van Zyl 85.2%7. Aneshka van Rooyen 85.0%8. Christiaan Goosen 82.4%9. Christopher Blair Hook 81.8%10. Pieter Welgemoed 81.5%

GRAAD 10

1. Chris Langeveldt 97.8%2. Marco Peek 95.8%3. Kristin Meyer 94.0%4. Zoé-Lee vd Merwe 93.7%5. Wesley Mc Carthy 92.1%6. Ruan vd Berg 90.2%7. Luke Booysen 89.8%8. Suzaan Eybers 87.8%9. Chicain Pavier 87.4%10. Tiaan Engelbrecht 86.8%

GRAAD 9

1. Deidré Barnard 89.78%2. Mieke vd Merwe 89.22%3. Esterlie Maré 88.56%4. Danico Maré 88.0%5. Elrika vd Westhuizen 87.67%6. Anel Swart 86.33%7. Gizella Rencken 86.22%8. Tara Kruger 86.11%9. Elizka Groenewald 85.78%10. Bianka de Villiers 84.89%

GRAAD 8

1. Ebert Wessels 91.0%2. Petra van den Bergh 88.67%3. Anjanka Olivier 88.44%4. CJ Smit 88.33%5. Derik Nortje 88.22%6. McKenzie Knipe 88.0%7. Mienke Burger 86.76%7. Lisa Westraat 86.76%9. Kayla Williams 86.22%10. Marli Botha 85.33%

UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD WISKUNDE-KOMPETISIE - me. Esther Loedolff

75 leerders het op 20 April aan die Universiteit van Kaapstad se Wiskunde-kompetisie deelgeneem. Die uitslae word aan die einde van die kwartaal verwag.

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

AKADEMIE IS ONS BESIGHEID

Nuusbrief 4 AKADEMIE 28 April 2017

2

3

KURSUS VIR JONG BIOLOË - me. Sandra van Rensburg

Ons twee jong bioloë, Kyle Burns en Christopher Blair Hooke, gaan van krag tot krag. Kyle het die afgelope naweek ʼn diamantstatus-toekenning vir uitmuntende diens by die Twee Oseane-akwarium ontvang. Hy het ook die skool se naam hoog gehou toe hy tydens die prysuitdeling ʼn puik toespraak gelewer het.

Christopher het reeds verlede jaar sy diamantstatus-toekenning ontvang, maar daar is steeds geen einde aan sy ywer nie. Hy het by dieselfde geleentheid as Kyle ʼn gratis duikkursus vir sy buitengewone toewyding, ontvang. Christopher het reeds ʼn allemintige 506 ure se vrywillige diens by die akwarium gelewer.

LOOPBAANEKSPO - me. Hannalie vd Merwe

Die loopbaanuitstalling op Woensdag, 19 April, is deur 40 uitstallers bygewoon. Tersiêre instansies regoor Suid-Afrika het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om hul kennis met ons leerders te deel.

Alle leerders van gr. 8 tot gr.12 het die geleentheid gekry om die uitstalling by te woon. Heelwat ouers het, saam met hul kinders, baie belangrike beroepsinligting bekom.

Baie dankie aan elke uitstaller, leerder, onderwyser en ouer wat bygedra het om van hierdie uitstalling ʼn reuse sukses te maak. Volgende jaar maak ons weer so, want SAAM DOEN ONS DIT BETER.

FROHE OSTERN - me. Ilze van Eeden

Paasfees is ʼn baie belangrike fees op ons kalender, en in Duitsland word dit op ʼn baie spesiale manier gevier. Leerders wat Duits neem by Hoërskool Strand het die geleentheid gehad om meer daarvan te wete te kom.

Die Graad 10 en 12- leerders moes ʼn vraelys voltooi nadat hulle die Duitse teks deurgelees het. As beloning kon hulle darem ook saam met die gr. 8 en 9’s kaartjies maak en paaseiers eet.

Reeds weke voor die tyd word eiers uitgeblaas, pragtig versier met verf en vorm dan deel van die versierings op die tafel tydens Paasfees. Tydens “Karwoche”, die week voor Paasfees, en op “Karfreitag”, GoeieVrydag, word daar geen vleis geëet nie. Op “Ostermorgen” steek ouers die vrolikgeverfde paaseiers (Ostereier) in die tuin weg en die kinders moet dit dan soek. Op Paassondag verlustig almal hulle aan lamsvleis en soetgoed.

“Basteln” is wanneer iets geskep word, soos in ons geval, deur te teken, knip en plak. Die kreatiwiteit van die leerders is te sien in die oorspronklike kaartjies met goeie wense vir Paasfees wat hulle gemaak het.

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

KULTUUR IS IN ONS BLOEDNuusbrief 4 KULTUUR 28 April 2017

4

SHAKESPEARE FESTIVAL BY DIE BAXTER-TEATER - me. Mary van Wyk

Hoërskool Strand neem op Donderdag, 11 Mei om 19:00 vir die eerste keer aan die Shakespeare Festival by die Baxter-teater deel. Ons produksie is “A Midsummer Night’s Dream” en ons is BAIE opgewonde!

Kaartjies teen R60,00 elk is by Computicket beskikbaar. Kom ondersteun ons gerus!

MUSIEKLEERDERS PRESTEER - me. Wilna Joubert-Dunbar

SCHOOL OF ROCK-EKSAMEN

Ons het in die vakansie verneem dat Mieke van der Merwe aangewys is as die leerder wat die hoogste punt in die land behaal het vir die School of Rock-kitaareksamen wat sy in Oktober 2016 afgelê het. Baie geluk aan beide leerder en afrigter, mnr. Andy Murray.

SOUTH AFRICAN CHAMPIONSHIPS OF PERFORMING ARTS

Deidré Barnard het in die vakansie aan die South African Championships of Performing Arts in Johannesburg deelgeneem. Sy het in nie minder nie as 13 afdelings meegeding en in 10 afdelings 8 goue medaljes, 1 silwer medalje en 1 brons medalje verwerf. Sy het ook ʼn spesiale skild ontvang vir die meeste medaljes in die sangafdeling.Baie geluk aan hierdie leerder en haar afrigter, me. Franky Lekas.

ATKV-REDENAARSKOMPETISIE - me. Lizette Dippenaar

Drie leerders, Ansela Burger (gr. 12), Anel Swart (gr. 9) en Derik Nortje (gr. 8) het deurgedring na die semi-finale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie wat op Vrydag, 26 Mei, by Hoërskool Parel Vallei plaasvind.

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

AKTUELE SAKE

28 April 2017AKTUEELNuusbrief 4

4

5

DANKBETUIGING

ʼn Groot dankie aan die oud- en huidige HS Strand-leerders wat die naweek in die NG Kerk Strand-Noord se Kinderkerk opgetree het.

Deesdae word kinders so maklik deur die media beïnvloed. Rolmodelle dra imposante kostuums, mantels en kan vlieg, maar die getuienis van ons oudleerder, Zaid Williams, en die aanbiedinge van Ti Amo en ons eie kerkaksiegroep van 2009, het die kinders verwonder gelaat en opnuut geïnspireer. Nou kyk hulle, met blink oë op na die rolmodelle wat tussen hulle staan!

Baie dankie vir julle kosbare tyd en koninkrykswerk!

Baie groete!

Bianca Nortje(NG Kerk Strand-Noord Kinderkerk-koördineerder)

SKOOLGELD - me. Loraine Verwey

Baie dankie aan die ouers wie se skoolgeld op datum betaal is. Skoolgeld is maandeliks vooruit betaalbaar. Indien nodig, kan reëlings met me. Loraine Verwey by [email protected] of 021 853 1056 getref word.

LW: Gebruik asseblief die korrekte verwysingsnommer (d.w.s. die rekeningnommer op u staat) vir elektroniese bankinbetalings.

TI AMO-VERENIGING - me. Sandra van Rensburg

Maandae is dit nou reeds ʼn instelling by ons skool om Morkels Cottage te besoek. Die opwinding aan weerkskante is telkens voelbaar. Dit is reeds die derde keer dat ons huiswerkklasse by hulle aanbied.

Ons grootste probleem tans is om ʼn geskikte ruimte te vind vir hierdie projek. Tans maak ons van ʼn klein kleuterskooltjie gebruik.

Daar was weer ongeveer 50 kleintjies wat gekom het vir hulp. Hulle ontvang eers ʼn toebroodjie en ʼn koeldrankie voordat ons begin, want wie is lus vir huiswerk op ʼn leë maag?

Dankie vir elke leerder wat hom/haar diensbaar stel vir hierdie projek. Ons het steeds ʼn dringende behoefte aan skryfbehoeftes.

Byvoorbaat dankie vir u ondersteuning met al die projekte wat Ti amo aanpak.

VEILIGHEIDSKURSUS VIR MOTOFIETSRYERS - me. Sandra van Rensburg

Ons leerders se veiligheid op motorfietse is vir ons ʼn prioriteit. Motorfietse is ʼn gerieflike vervoermiddel, maar dit kan ook baie gevaarlik wees as dit roekeloos en sonder die nodige verantwoordelikheid hanteer word.

Ons beplan ʼn veiligheidskursus op Vrydag, 12 Mei, by die skool. Dit sal om 15:00 begin en ongeveer 17:30 klaarmaak. Hierdie kursus word gratis deur die CMA (Christian Motorcyclist Association) aangebied.

Inligting is by me. Van Rensburg beskikbaar.

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 4 28 April 2017AKTUEEL

AKTUELE SAKE

6

BLOEDSKENK

Op Vrydag, 21 April, het personeellede asook graad 11- en 12-leerders die geleentheid gekry om bloed te skenk. Hierdie jaarlikse instelling is net nog ʼn manier waarop die Arende hul gemeenskap dien.

LANDSDIENS - me. Charmaine de Kock

Landsdienslede van die Hoërskool Strand het die eerste kwartaal van die jaar op ʼn warm noot afgesluit toe hulle op Dinsdag, 30 Maart, die Strand Brandweerstasie besoek het.

Die lede het vooraf pakkies opgemaak om aan elke personeellid aan diens te oorhandig. Hierdie pakkies was die leerders se manier om dankie te sê vir al hul harde werk, veral gedurende die begin van die jaar se onophoudelike brande waarin talle fauna en flora asook eiendomme verwoes is.

Hulle is hartlik ontvang en na die konferensiekamer gelei waar hulle ʼn bietjie meer te wete gekom het van die lewe van ʼn brand-weerman. Een van ons lede het ook die voorreg gehad om ʼn volle brandweerpak aan te trek. Twee van die brandweermanne het ons vertel dat hulle die Twee Oseane-halfmarathon in hul brandweerpakke aangedurf het. Die twee brandweermanne, mnr. Renaldo Duncan en die stasiebevelvoerder, mnr. Jermaine Carelse het geslaag in hul doel!

Ons is daar weg met ʼn baie beter begrip van die uitdagings wat ʼn brandweerman daagliks meet te kampe het.

FUEL: QUIZ NIGHT - me. Christel Smit

Op Dinsdag, 25 April, het die FUEL-bestuur hul eerste Quiz Night aangebied. Agt spanne van min of meer vyf lede elk het om ʼn R200-geskenkbewys van Roco Mamas meegeding.

Elke span moes sy eie naam kies. Sommige spanne het met interessante name soos Die Drie Dissipels en Vyf Apostelzzz vorendag gekom.

Die spanne is getoets op hul kennis van moderne musiek, die skool, films en vir die finale rondte, Die Bybel. Daar is ook ʼn troosprys aan die span wat die meeste moeite gedoen het, oorhandig.

Alle deelnemers sien beslis uit na FUEL se volgende Quiz Night!

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

AKTUELE SAKE

28 April 2017AKTUEELNuusbrief 4

6

7

ROTARY YOUTH LEADERSHIP AWARDS 2017 - me. Hannalie vd Merwe

Tydens die Aprilvakansie is vyf van die Hoërskool Strand se leerders na die Rotary Youth Leadership-kamp in Franschhoek genooi. Villiers Bosman, Ruan Buys en Dirk Lourens is as kampleiers genooi en Ben Edwards asook Aneshka van Rooyen as potensiële leiers.

Die kamp het daarop gefokus om leiers te help om hulleself te leer ken sodat hulle ander kan lei. Hulle is ook aangemoedig om hulleself te wees. Aneshka het die heel meeste van die fisiese aktiwiteite gehou terwyl Ben sommer net van alles gehou het.

Die drie kampleiers berig dat dit ʼn bietjie meer ingewikkeld was om die kamp op hierdie manier by te woon. Die leierskaps-vaardighede en die waardevolle mensekennis wat hierdie drie as kampleiers opgedoen het, sal hulle vir die res van hulle lewens kan gebruik.

Aan die einde van die kamp is daar uit die groep van 75 leerders 5 leerders gekies om in September fasiliteerders by die Rotariërs se volgende leierskapkamp te wees. Ben is as leier gekies vir die volgende RYLA-kamp. Hierdie is ʼn ongelooflike prestasie.

Hoërskool Strand is trots op die vyf leerders.

MATRIEKAFSKEID 2017 - me. Petro Maartens

Baie dankie aan die ouers en leerders wat die matriekafskeidvergadering op 21 April bygewoon het. Hiermee ʼn opsomming oor wat by die vergadering bespreek is:

Die datum van die matriekafskeid is op Saterdag, 26 Augustus, te Rusticana Estate.

Buitemetgeselvorms is aanlyn by www.hsstrand.co.za beskikbaar of kan by me. Martha Kuhn in kamer 204 afgehaal word. Aankoms van leerders by die skool begin om 16:00 en alle paartjies moet gereed wees om dan te arriveer. Slegs een voertuig per paartjie word toegelaat, maar dit sal goed wees indien paartjies saam in voertuie arriveer.

Daar sal ʼn ouergeselligheid vir slegs graad 12-leerders se ouers in die saal aangebied word.

Voedselallergieë asook vegatariese- en halaal-voorkeure moet voor 28 Julie skriftelik by me. Petro Maartens ingehandig word.

Dit is ʼn formele geleentheid en ons doen ʼn beroep op elke matriekleerder om daarvolgens op te tree. Enige navrae kan aan me. Maartens by: [email protected] gerig word.

MATRIEKAFSKEID 2018 - me. Petro Maartens

Elke jaar word daar van die graad 11-leerders verwag om die R450 vir die volgende jaar se matriekafskeid te betaal. Die rede hiervoor is dat daar in die leerder se matriekjaar baie ekstra kostes (matrieklapelwapen, matriektrui, Oranjerivierroei, bestuurder-lisensie, bestuurslesse, matriekafskeidsrok/pak, ens.) is.

Die laaste datum waarop die R450,00 betaal kan word, is Vrydag, 28 Julie 2017. Indien die bedrag nie inbetaal word nie, sal u kind ongelukkig die geleentheid verbeur om die matriekafskeid in 2018 by te woon. Leerders mag die gelde ook in paaiemente inbetaal, byvoorbeeld R100,00 per maand.

Bank: ABSARekeningnaam: Hoërskool StrandTakkode: 334312Rekeningnommer: 0420146620Verwysing: M/afskeid en leerder se van en seksie (bv. M/skeid Maartens 11A)

E-pos asseblief die bewys van betaling aan me. Maartens by: [email protected].

Indien u enige navrae het, kan u me. Maartens met vrymoedigheid by bogenoemde e-posadres kontak.

SPORTNUUS

Nuusbrief 4 28 April 2017SPORT

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 8

ELEKTRONIESE SPORT (EAGLES E-SPORTS) - mnr. W Wessels

Hoërskool Strand het “Elektroniese sport” as sportsoort goedgekeur. Seuns en dogters is welkom om aan te sluit, maar moet ʼn ingeskrewe leerder van ons skool wees. Die skool is by DGL (Digital Gaming League) as Eagles E-Sports (“Clan”-naam) geregistreer.

Leerders wat belangstel om deel te neem kan aansluit (registreer) deur op die volgende skakel te kliek:https://www.digitalgamingleague.co.za/clans/4344

Leerders kan hulle eie spanne saamstel sodra hulle by Eagles E-Sports geregistreer het. Stap-vir-stap inligting om te kan registreer, is ook by mnr. Wessels beskikbaar.

Wedstryde word oor die internet van die huis af met hulle eie toerusting gespeel. Een van ons spanne is reeds besig om aan die Genesis Cup (Rocket League) deel te neem.

Dit word in die vooruitsig gestel datHoërskool Strand in die toekoms ook teen ander skole sal kan meeding.

Besighede wat as borge betrokke wil raak, is welkom om me. Hannelie van Lill (Bemarker) te kontak.

SPORTNUUS

Nuusbrief 4 28 April 2017SPORT

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 8

9

ATLETIEK: NASIONALE KAMPIOENSKAPPE - me. Annamarie Louw

Aan die einde van Maart en gedurende die April-vakansie het van ons atlete aan die SA-skole kampioenskap in Durban en die ASA Jeug- en Junior kampioenskap in Kaapstad deelgeneem. Die uitslae is soos volg:

SA–SKOLE KAMPIOENSKAP

Caitlin Isaacs D.15: 100m 12,37s - 4e in finaal 200m 26,0s - 8e in finaal 4x100m aflos 2e Medley-flos 1eMarli Botha D.15: Hamergooi 36,93m - 8e in finaalChristall van Rensburg D.19: Hoogspring 1,53m -9e in finaalMercia Oosthuizen D.19: 100mH 15,41 s - 8e in finaal

ASA JEUG- EN JUNIOR KAMPIOENSKAP

Caitlin Isaacs D.18 100m Neem tot in semi-finaaldeel 200m Jada Dippenaar D.18 Hamergooi 41,94 - 9e in finaalKristin Meyer D.18 5 000m Stap 27:57,04 – 2e in finaalWJ Coetzer S.20 10 000m Stp 58:38,5 – 8e in finaal

Dit is ʼn baie goeie prestasie om aan enige van die nasionale kampioenskappe deel te neem. Om boonop met ʼn medalje huis toe te kom, is ʼn reuse bonus. Die skool is baie trots op Caitlin Isaacs met haar goue en silwer medaljes vir die aflos-items waaraan sy deelgeneem het en ook op Kristin Meyer, wat in ʼn loeiende suid-oostewind haar silwer medalje losgestap het.

HOKKIETOER: YORK EASTER FESTIVAL - me. Annamarie Louw

Die eerste hokkiespanne (seuns en meisies) het op 31 Maart na die York Easter Festival op George vertrek. Elke span het vanaf Saterdag, 1 April, tot Maandag, 3 April, sewe wedstryde teen skole van die Kaap, Oos-Kaap en selfs Mpumalanga gespeel.

Dit was goeie oefenwedstryde vir die spanne sodat die spelers mekaar in wedstrydsituasies kon leer ken en dit was ook ʼn gulde geleentheid vir die afrigters om die vaardighede, wat tydens oefeninge ingeoefen is, in ʼn wedstrydsituasie uit te toets.

Dit was ʼn uiters aangename naweek saam met die hokkiespanne en almal – afrigters, spelers en spanbestuurders – sien uit na ʼn seisoen vol hoogtepunte.

Die meisies se uitslae was soos volg:

D.18A Pinelands Invitational HS wen 4-0 D.18A Outeniqua 18B, George HS wen 5-0 D.18A Milnerton, Kaap HS wen 1-0 D.18A Durbanville, Kaap HS verloor 0-1 D.18A York Invitational, George HS wen 3-0 D.18A St Dominic’s, HS wen 1-0 D.18A Riebeek College, Port Elizabeth HS wen 5-0

Die seuns se uitslae was soos volg:

S.18A Port Rex, Oos-Londen HS wen 2 - 0 S.18A Durbanville, Kaap HS verloor 0-2 S.18A York Invitational, George HS verloor 0-1 S.18A El Shaddai, Kaap HS verloor 0-1 S.18A SACS Invitational HS wen 1-0 S.18A Milnerton, Kaap HS wen 1-0 S.18A Middelburg, Mpumalanga Gelyk 0 - 0

SPORTNUUS

Nuusbrief 4 28 April 2017SPORT

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 10

RUGBYTOER: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE - mnr. Danie Johnson

Die o.19A-span het vanjaar weer die rugbytoernooi by die Hoër Landbouskool Oakdale bygewoon. Hierdie toernooi word al 38 jaar aangebied en 30 spanne het deelgeneem. Die doel van die toernooi is om die spanne die geleentheid te gee om die sterkte van die span teen ander spanne te bepaal, asook om die kombinasies in jou span uit te sorteer.

In die eerste wedstryd het ons op die A-rugbyveld teen HS Upington gespeel, wat as ʼn rugbyskool gereken word. Ons spelers was nog baie oorweldig in die grootsheid van die toernooi en het nie hulle beste rugby gespeel nie. Die eerste span kon dus nie die knoop deurhak nie en het 17-5 verloor. Mickey du Toit is as die man van die wedstryd aangewys.

Die tweede wedstryd het ons teen HS Oosterlig gespeel. Ons spelers het hulle goed van hul taak gekwyt en 36-14 gewen. Hulle het in hierdie wedstryd gewys wat in hulle steek.

Die Woensdag het ons teen HS Lichtenburg gespeel. Die manne se lywe was gedaan, maar met ʼn bietjie liefde en aandag was hulle reg om te speel. Die wedstryd is deur HS Lictenburg met 20 – 7gewen. Die toernooi is op ʼn hoogtepunt afgesluit deurdat ons net voor die eindfluitjie ʼn uitstekende drie aangeteken het.

Ons sien uit na ʼn goeie seisoen wat voorlê. Ons het alle vertroue in ons seuns dat hulle dié jaar ʼn uitstekende seioen gaan hê.

AFRIGTER PRESTEER

Die afrigter van die O.19A-rugbyspan, mnr. Arnu-Koch Southey, het die afgelope 8 jaar in Brasilië rugby afgerig. Hy is daar deur die rugby-unie as die beste o.15 afrigter in Brasilië aangewys. Ons is dus bevoorreg om hom in ons midde te hê.

NETBALTOER: ARTHUR JOHNSON SPORTWEEK IN MOSSELBAAI - me. Mariaan Olivier

Ons het op Vrydag, 31 Maart, na Mosselbaai vertrek. Almal was baie opgewonde en het met groot verwagting na die toer uitgesien.

Daar aangekom, het ons na die “Santos Express Trein” gegaan om ons slaapplek in te rig. Dit was heerlik om daar te bly, slegs 30 m van die see af. Later die aand is ons by die Van Riebeeck Sportgronde verwelkom waar ongeveer 30 skole teenwoordig was.

Saterdagoggend het die afrigtingsessies en wedstryde begin. Dit was ʼn ongelooflike ervaring om onder leiding van Vanes-Mari du Toit, ʼn huidige Proteaspeler, afrigting te ontvang. Deur die loop van die toernooi het ons altesaam 10 wedstryde gespeel. Ons het in die algehele tiende posisie geëndig. Daar was altesaam 20 netbalspanne.

By die geleentheid is die 20 belowendste spelers van die toernooi aangewys. Ons is baie trots op Bianca van Deventer wat ook gekies is.Kayla Chatburn en Nikita Hammers is vir die oorsese toergroep na Skotland gekies. Baie geluk aan beide leerders.

Ons wil graag ons dank en waardering teenoor mnr. Malan, die beheerliggaam, ons borge en ons ouers uitspreek, vir die geleentheid om die toernooi te kon bywoon.

SPORTNUUS

HOKKIENUUS - me. Lydia Ziehl

Hierdie jaar het ons ons eerste amptelike 8-aan-ʼn-kant toernooi gehou. Die spanne het nie slegs uit hokkiespelers bestaan nie, maar verskeie netbal- sowel as rugbyspelers het ook hul verskuilde talente ten toon gestel. Wedstryde is elke Vrydagaand vir vier weke in ʼn ry op ons astro-baan gespeel.

Baie geluk aan ons eerste 8-aan-ʼn-kant toernooiwenners, die Vipers, gelei deur Ané van Zyl en Edward Rossouw. Colgate Active moes met die tweede plek tevrede wees.

Ons beoog om hierdie byeenkoms ʼn jaarlikse instelling te maak.

AFRIGTER PRESTEER

Me. Leani van der Merwe, afrigter van die eerste seunshokkiespan, is in die WP-span opgeneem, wat in Julie aan die SA Plattelandse toernooi in die Paarl deelneem.

SKAAK - me. Franca van Niekerk

Michelle Olivier is in die WP o.18 meisiespan wat van 14 – 17 Mei aan die Wes-Kaap toernooi in Kuilsrivier gaan deelneem, opgeneem.

Nuusbrief 4 28 April 2017SPORT

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 11

NETBAL: PROEWE-NUUS - me. Eleanor Verster

Ons is besonder trots op die volgende 8 netbalspelers wat deurgedring het tot die Wynlandstreek-netbalproewe (voorheen die semi-finale Bolandproewe): Kayla Chatburn, Suné Pentz, Rayhaana Abrahams, Anja Linde, Bianca van Deventer, Joy Arnolds, Nikita Hammers en Nicole Williams. Ons wens hulle alle sterkte toe.

Dan het ons ook die goeie nuus ontvang dat me. Tania van der Walt weereens tydens die Julie-vakansie die Wes-Kaap as skeids-regter by die All Ages-toernooi gaan verteenwoordig.

ROLBAL - me. Leana Scott

Juan Joubert het ʼn goue medalje as lid van die WP o.15 rolbalspan by die SA-rolbalkampioenskap in Bloemfontein verower. Michael Ferreira het as lid van die o.20 WP- span ʼn 4 de plek by die SA kampioenskap behaal.

Nuusbrief 4 28 April 2017PROMOSIEBLAD

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 12