12
1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul vir eksamens voor te berei nie, is besig om beplanning en begrotings vir 2015 te hanteer. Sterkte aan almal... en mag julle almal julle werk met lekkerkry, klaarkry voordat die jaar om is! 1. GEMEENTES BIED AAN: BERG EN DAL KERMIS / PRETSTAP / FIETSRY: Hierdie altyd gewilde kermis, vind op Vrydag 17 Oktober 2014 vanaf 15:00 op die kerkterrein, h/v Albrecht- en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar plaas (oorkant Willem Postma Laerskool). Hier kan jy die heerlikste eetgoed soos, braaivleis, potjiekos, koeke, beskuit, kerrie en rys, basaarpoeding, “slap-tjips”, en vele meer kom koop en geniet! Kuier saam in hul teetuin terwyl die kinders met allerlei speletjies vermaak gaan word. SENEKAL-NOORD SE VONKELVROUE BIED AAN - (NAG IN WIT): Hierdie gewilde, met alles in wit getooi-geleentheid, vind op Vrydag 17 Oktober 2014, vanaf 18:30 23:00 by ‘n buitelug-venue in Senekal plaas. Die gewilde Jak de Priester gaan as gaskunstenaar optree en die gemeente skop hiermee ook hul kerkbasaar af. Die verpligte drag is elegant, stylvol en alles in spierwit. Kaartjies is R250/paartjie en R125 vir enkelpersone. Vir meer inligting oor dié geleentheid (reëls, kontakpersone, ensovoorts), besoek gerus die webblad by www.nuitenblanc.net ONZE RUST AFSLUITING VAN 50-JARIGE FEESVIERINGE: Op Vrydagaand 17 Oktober 2014 om 18:30, sluit dié gemeente hul 50-jarige feesvieringe af met ‘n heerlike musiekgeleentheid in die kerkgebou (Verkennerweg, Genl de Wet). ‘n Ockie Vermeulen-produksie, Christa Steyn en ek, word in samewerking met die volgende musikante aangebied: die Fichardtpark Primêr se Seniorkoor, onder leiding van Valérie Venter, Fichardtpark Hoërskool se dogterskoor, die Canto Amici-dameskoor onder leiding van Joanita Erasmus-Alt, die Jewel Voices onder leiding van Louwrens Strydom, Ockie Vermeulen op orrel en klavier, Lizelle le Roux, Sharon de Kock en Jeanne-Louise Moolman op viool en Susan Mouton op die tjello. Kaartjies teen R60pp, is beskikbaar by die koorleiers, Onze Rust se kerkkantoor (083 311 2257), Kobie Colditz (082 345 0985), asook by M&M Boekhandel (Muddplein Universitas 051 522 5877). NG STEYNSRUS KERSMARK IN OKTOBER: Hier is jou kans om reeds vroeg met Kersinkopies te begin! Dié geleentheid vind op Saterdag 18 Oktober 2014 vanaf 09:00 plaas by die Van Niekerkshof Gastehuis (langs die kerkgebou in Haasbroekstraat). Vir enige ander navrae oor hierdie kersmark, skakel gerus vir Welna Richter @ 082 378 4917. NG NOORDHOEK - PSALMFEES 2014: Dié geleentheid vind op Sondag 26 Oktober 2014 vanaf 15:30 by die NG Gemeente Noordhoek, Bloemfontein (Dawid Fouriestr, Noordhoek), plaas. Die kore van Eunice, cantando@bloem, Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: [email protected] www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

1

17 Oktober 2014 Beste Vrypossers

Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul vir eksamens voor te berei nie, is besig om beplanning en begrotings vir 2015 te hanteer. Sterkte aan almal... en mag julle almal julle werk met lekkerkry, klaarkry voordat die jaar om is!

11.. GGEEMMEEEENNTTEESS BBIIEEDD AAAANN::

BERG EN DAL – KERMIS / PRETSTAP / FIETSRY: Hierdie altyd gewilde kermis, vind op Vrydag 17 Oktober 2014

vanaf 15:00 op die kerkterrein, h/v Albrecht- en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar plaas (oorkant Willem Postma Laerskool). Hier kan jy die heerlikste eetgoed soos, braaivleis, potjiekos, koeke, beskuit, kerrie en rys, basaarpoeding, “slap-tjips”, en vele meer kom koop en geniet! Kuier saam in hul teetuin terwyl die kinders met allerlei speletjies vermaak gaan word.

SENEKAL-NOORD SE VONKELVROUE BIED AAN - (NAG IN WIT): Hierdie gewilde,

met alles in wit getooi-geleentheid, vind op Vrydag 17 Oktober 2014, vanaf 18:30 – 23:00 by ‘n buitelug-venue in Senekal plaas. Die gewilde Jak de Priester gaan as gaskunstenaar optree en die gemeente skop hiermee ook hul kerkbasaar af. Die verpligte drag is elegant, stylvol en alles in spierwit. Kaartjies is R250/paartjie en R125 vir enkelpersone. Vir meer inligting oor dié geleentheid (reëls, kontakpersone, ensovoorts), besoek gerus die webblad by www.nuitenblanc.net

ONZE RUST – AFSLUITING VAN 50-JARIGE FEESVIERINGE: Op Vrydagaand 17 Oktober 2014 om 18:30, sluit

dié gemeente hul 50-jarige feesvieringe af met ‘n heerlike musiekgeleentheid in die kerkgebou (Verkennerweg, Genl de Wet). ‘n Ockie Vermeulen-produksie, Christa Steyn en ek, word in samewerking met die volgende musikante aangebied: die Fichardtpark Primêr se Seniorkoor, onder leiding van Valérie Venter, Fichardtpark Hoërskool se dogterskoor, die Canto Amici-dameskoor onder leiding van Joanita Erasmus-Alt, die Jewel Voices onder leiding van Louwrens Strydom, Ockie Vermeulen op orrel en klavier, Lizelle le Roux, Sharon de Kock en Jeanne-Louise Moolman op viool en Susan Mouton op die tjello. Kaartjies teen R60pp, is beskikbaar by die koorleiers, Onze Rust se kerkkantoor (083 311 2257), Kobie Colditz (082 345 0985), asook by M&M Boekhandel (Muddplein Universitas – 051 522 5877).

NG STEYNSRUS – KERSMARK IN OKTOBER: Hier is jou kans om reeds vroeg met Kersinkopies te begin! Dié

geleentheid vind op Saterdag 18 Oktober 2014 vanaf 09:00 plaas by die Van Niekerkshof Gastehuis (langs die kerkgebou in Haasbroekstraat). Vir enige ander navrae oor hierdie kersmark, skakel gerus vir Welna Richter @ 082 378 4917.

NG NOORDHOEK - PSALMFEES 2014: Dié geleentheid vind op Sondag 26 Oktober 2014 vanaf 15:30 by die NG

Gemeente Noordhoek, Bloemfontein (Dawid Fouriestr, Noordhoek), plaas. Die kore van Eunice, cantando@bloem,

Jaar 12 - Uitgawe 34

Kontak ons: [email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

2

Serenitas en NG Noordhoek gaan optree, met Bouwer van Rooyen as die orrelis en Erika Pretorius as solis. ‘n Dankoffer sal by die deure opgeneem word.

WELKOM-WES VIER HULLE “50 JAAR-FEES VAN GENADE” vanaf Sondag 26 Oktober tot Sondag 2 November

2014. Alle oudleraars, oudlidmate en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi om deel te kom wees van dié feestelike geleentheid. Die vieringe skop af met ʼn bring-en-braai, Sondag 26 Oktober 2014 vanaf 12:00 by die kerk. Maandagoggend, die 27ste, begin ʼn Bybelleesmarathon en word die Bybel in een week deurgelees. Die laaste verse van Openbaring word op Sondagoggend 2 November 2014, net voor die aanvang van die erediens deur die huidige leraar, ds Marius Maree, gelees. Die voorafgaande Vrydagaand, die 31ste, vind ʼn aand van musikale akoestiek in die kerk plaas. Verskeie kunstenaars tree op en orrel- en vioolspel van hoogstaande gehalte sal gehoor word. Toegang is gratis en die aand begin om 18:30. ʼn Feespublikasie word voorberei en sal tydens die vieringe te koop

wees. Sondagoggend 2 November om 09:00 is die erediens en word die feeskoek na afloop van die erediens gesny. Om 12:00 is daar ʼn heerlike feesmaal –kaartjies hiervoor is beperk en kos R80pp. Kontak die skriba by 057 357 5860, of 082 900 8322. Die kerk is geleë op die h/v Fuschiasingel en Heidelaan in Jim Fouchépark, Welkom.

WILGEHOF – TIENDEMAAND-DANKOFFERFEES: Die bekende gospelsanger, Willie Joubert tree

tydens hierdie geleentheid op wat Sondag 26 Oktober 2014 om 09:00, gaan plaasvind (kerkgebou geleë te Johannes Rabiestraat 9, Wilgehof, Bloemfontein). Alle belangstellendes is welkom om dit by te woon, ‘n sagte kollekte sal opgeneem word. Kontakpersone is Dave Maartens op 072 699 5173, of Marietjie Smith by die kerkkantoor, op 051 522 2969 / 072 226 4589.

SMITHFIELD – KIKKER- KUIERFEES!: Hierdie geleentheid met hope pret vir oud en jonk, vind op Saterdag 1

November 2014 vanaf 09:00 tot 13:00 by die Smithfield Gholfklub plaas. Die volgende lekkernye word te koop aangebied: groot koeke, kleinkoekies, brode, terte, vleis, ingelegde- en handgemaakte produkte en tuisgemaakte lekkers. Daar gaan ‘n teetuin wees, lekker speletjies vir die kinders, asook ‘n 4x4 baan, gholf en nog vele verassings! Vir enige verdere inligting, kontak gerus vir ds Werner Klindt op 073 009 0241.

HUGENOOT SE “HERFSVREUGDE” (BEJAARDES) BIED AAN: ‘n Konsert met die gewilde Manie

Jackson op Saterdag 29 November om 10:00 in die kerksaal. Koste is R75pp (kaartjies moet by deur vertoon word) en is te koop by die kerkkantoor te Picardystraat 2, Bayswater (k/u Ma-Do 08:00 – 14:00 en Vr 08:00 – 12:30). By hierdie geleentheid word Manie se nuwe CD ook vrygestel, bring dus ‘n geldjie saam – vir navrae, kontak vir Elna Venter @ 051 436 2659 (k).

22.. DDIIEE BBYYBBEELLGGEENNOOOOTTSSKKAAPP VVAANN SSAA BBIIEEDD AAAANN::

BEKENDSTELING VAN DIE AFRIKAANSE “DIREKTE VERTALING” NUWE TESTAMENT & PSALMS: Hierdie geleentheid vind op Saterdag 25 Oktober 2014 om 18:30 by die NG Gemeente Langenhovenpark, plaas. Bloemfonteiners veral, word opgeroep om in hierdie geleentheid te deel, aangesien die 1ste Afrikaanse Bybelvertaling in 1933 te Bloemfontein geloods is. Dit is ‘n unieke geleentheid om die 3de Afrikaanse Bybelvertaling deur die Bybelgenootskap van SA, in ontvangs te neem en bekend te stel. Kaartjies @ R80pp vir onbespreekte plekke, is by die Bybelhuis (ds Gerrie van Dyk, 083 448 2127), die kerkkantoor van NG Langenhovenpark (051 446 2225) en by Joanita Erasmus-Alt, by 082 886 1888, beskikbaar. Kopieë van die nuwe Direkte vertaling sal te koop wees @ R35 elk – ‘n goeie kersgeskenk om nou reeds te bekom.

DIE BIKERS BIBLE RUN op Sondag 26 Oktober 2014:

09:00 - Erediens by die Bikers Church (langs Tempe Lughawe) - opstapel van Bybels – ‘n R50pp inskrywingsfooi word verlang wat ‘n uitreikbybel wat jy kan saamneem of vir iemand skenk, asook ‘n Bible Run-pin of lapwapen van die Bybelgenootskap, insluit.

Page 3: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

3

11:00 - Ontbyt te Maselspoort @ R80pp – die registrasie vir ontbyt word by die inskrywingstafel vóór die erediens gedoen.

Versoek - Bring asseblief ook enige ou Bybels saam wat die Bybelgenootskap sal ontvang.

Navrae oor hierdie geleentheid kan aan ds Gerrie van Dyk @ 083 448 2127, of by pastoor Wimpie Burger @ 083 456 6075, gerig word.

33.. AAAANNDDAAGG AALLLLEE NNGG GGEEMMEEEENNTTEESS IINN DDIIEE VVRRYYSSTTAAAATT EENN NNOOOORRDD--KKAAAAPP:: Teken asseblief solank

hierdie datum in julle 2015-dagboeke aan! Meer besonderhede volg binnekort – hou hierdie spasie dop! Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos aan Jana by [email protected].

44.. EEEERRSSTTEEJJAAAARRSSKKAAMMPPEE 22001155::

STELLENBOSCH - Die NG Stellenbosch Moederkerk en Kruiskerk bied weer ’n eerstejaarskamp in 2015

aan en enigeen is welkom! Die kamp word aangebied vanaf 18 tot 21 Januarie 2015 te Bergkroon, Wellington. Registrasie vind op 18 Januarie 2015 plaas by die Kruiskerk, Stellenbosch. Koste vir die kamp beloop R550pp (etes, verblyf en vervoer ingesluit). Die inskrywings vind aanlyn plaas by www.kruiskerk.com – klik hier vir direkte skakel. Vir enige navrae, kontak vir Loreza Mostert by [email protected], 072 969 5915, of 021 883 3458.

POTCHEFSTROOM – Die NG Gemeente Pukkandelaar bied hul kamp vanaf 6 tot 9 Januarie 2015 aan –

skryf aanlyn in by www.ngpukkandelaar.co.za, of rig navrae per e-pos aan [email protected], of skakel 079 494 7999.

55.. AAKKTTUUEEEELL:: Die 18de Sinodesitting van die NG Kerk Noord-Kaap het die afgelope week plaasgevind en

hul tema vir die geleentheid was, Wie sê julle is Ek? Die vergadering het as volg verloop:

Maandag en Dinsdag was die klem op: Tafelgesprekke oor onderwerpe wat voortspruit uit kommissies se verslae. Drie tafelgesprekke is

geïdentifiseer, naamlik:

Armes in hul sinodale streek. Voorgestelde wysiging Artikel 1.

Bediening kleinerwordende gemeentes. Bekendstelling van Caritas gemeenskapsfokus NPC Terugvoer oor grondhervorming

Woensdag en Donderdagoggend: Gesprek oor Bediening - kleinerwordende gemeentes word voortgesit. Kommissies se verslae en aanbevelings word hanteer.

Ds PG Otto van NG Griekwastad is as voorsitter en ds SW Theart van NG Daniëlskuil, is as ondervoorsitter vir hierdie vergadering verkies.

Page 4: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

4

Die Sinodesitting van die Oostelike Sinode begin op Sondag 19 Oktober 2014 – seën word ook vir al die betrokkenes toegebid.

66.. BBYYBBEELLMMEEDDIIAA –– GGRROOOOTT AAFFSSLLAAGG VVIIRR GGEEMMEEEENNTTEESS::

Uit die Beek - ná 89 jaar steeds die topverkoper-Bybeldagboek: Gemeentes kan nou hierdie gewilde dagboek – Uit die Beek 2015 – met groot afslag by Bybel-Media aankoop. Koop vyf dagboeke en kry die 6de een gratis. Vir elke vyf betaalde dagboeke kry jou gemeente dus een gratis. Só kan jy aan jou gemeentelede Uit die Beek teen minder as die rakprys bied. Adverteer gerus hierdie aanbod in jou gemeente en moedig gemeentelede aan om hierdie geestelike toerusting in 2015 te gebruik. Vir meer inligting of bestellings, kontak vir Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. Besoek gerus ook hul webtuiste by www.bybelmedia.co.za

Wees ook op die uitkyk vir die nuutste uitgawes van Kerkbode en LiG:

77.. VVAAKKAATTUURREESS::

LERAAR VASTETERMYN (3JR KONTRAK) - NG VIERFONTEIN: Aansoeke word vir hierdie pos ingewag

– klik hier vir meer inligting. Daar bestaan ‘n opsie om ná die drie jaar kontraktydperk, die kontrak te verleng – NB! sluitingsdatum is Vrydag 17 Oktober 2014.

LERAAR VASTETERMYN (KONTRAK) – NG AANDBLOEM: Dié Gemeente in Bloemfontein beskik oor

'n vakature vir 'n Leraar Vastetermyn (kontrak), wat hulle graag met ingang Januarie 2015 wil vul. Die suksesvolle kandidaat moet verkieslik 'n geëmeriteerde leraar wees, bokant die ouderdom van sestig jaar en onder sewentig jaar. Klik hier vir al die besonderhede – sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 22 Oktober 2014.

KOSTER – NG NOORDHOEK: ‘n Vakature vir ‘n koster bestaan tans by hierdie gemeente in

Bloemfontein. Persone tussen die ouderdom van 40 – 50jr met goeie gesondheid, ‘n kode 08-lisensie, sober gewoontes en Christelike waardes, kan soos volg aansoek doen: Handig CV in by Noordhoek se kerkkantoor te Wilcocksweg 25, of stuur per e-pos aan [email protected], of [email protected], of per faks na 086 696 9307. Vir enige navrae, skakel 051 433 1882 - sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 27 Oktober 2014.

NUWE SENDELINGPAAR VIR JAPAN: Missie Japan wil begin met ‘n proses om nuwe sendelinge na

Japan uit te stuur. Gelegitimeerde leraars van die NG Kerk kan hiervoor aansoek doen – klik hier vir meer inligting. Navrae hieroor moet vóór Vrydag 31 Oktober 2014 aangestuur word.

MEDELERAAR - NG ALIWAL-NOORD: Dié gemeente wag tans aansoeke in van leraars tussen 30 en 45

jaar oud, met die oog op die vul van ‘n tweede leraarspos. Klik hier vir meer inligting - die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 31 Oktober 2014.

LERAAR – NG WESSELSBRON-NOORD: Hierdie vakature ontstaan in Maart 2015 wanneer die huidige

leraar emiriteer – klik hier vir meer besonderhede. Sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 5 Desember 2014 en diensaanvaarding moet so gou moontlik in die tweede kwartaal van 2015 geskied.

Page 5: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

5

VAKATURES - ENGO: Beskik oor ‘n 4/5-pos vir ‘n Maatskaplike werker by hul kantoor in Bloemfontein, asook vir

Kinderversorgers by die Gladstone, asook die Carpe Diem Kinder- en Jeugsorgsentrums in Bloemfontein. Hierdie poste moet dringend gevul word – klik hier vir die besonderhede.

Direkteur Bestuurshulpdienste: Hierdie pos word vroeg in 2015 vakant – belangstellendes word versoek om so spoedig moontlik op hierdie advertensie te reageer, klik hier vir al die besonderhede.

Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Meer - Vakatures.

88.. NNBB!! HHEERRHHAALLIINNGGSS VVAANN BBEERRIIGGTTEE:: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos

verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis!

Algemeen: Jaarboek 2015 – Bestelvorm vir gemeentes

Gemeentes bied aan: NG Bfn-Noord (klipkerk) – Kersmark: vanaf 20 – 23/11

Kursusse / seminare / opleiding: Jeugseminaar, Tieners verhoudings en trauma – NG Langenhovenpark: 1/11 MTh in Praktiese Teologie – Univ Stellenbosch: 2015 – 2016

99.. VVEERRJJAAAARRSSDDAAEE:: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week

hul verjaarsdae vier - mooi wense vir ‘n geseënde en vreugdevolle nuwe lewensjaar:

17 Oktober: Ds Barry van Wyk - PARYS-WES - 056 811 4948, 078 593 4449, [email protected] Ds Jacob Badenhorst - PARYS-SUID - 056 811 3201, 082 669 6707, [email protected]

18 Oktober: Dr Willie Potgieter - VIERFONTEIN - 018 441 0026, 072 385 6042, [email protected] Ds Johan Bouwer - KROONSTAD-WES - 056 212 6282, 074 582 5037, [email protected]

20 Oktober: Dr Kobus Geyser - REITZ-WES - 058 863 1521, 084 503 5588, [email protected]

21 Oktober: Ds Johan Orsmond - ODENDAALSRUS-OOS - 057 354 1982, 082 807 9587, [email protected]

23 Oktober: Ds Jurie Swart - HOSPITAALPARK - 051 421 1107, 082 303 4099, [email protected] Ds Johannes Schabort – FICHARDTPARK - 051 421 0000, 076 847 4678, [email protected]

1100.. TTEENN SSLLOOTTTTEE:: Het Sinodesittings enigsins met verloop van jare verander? Dit is die vraag wat ds Mossie

Mostert van die Sinode Noord-Kaap tereg vra, ná aanleiding van hulle afgelope Sinodesitting. Hy het die volgende “tong-in-die-kies” artikel in hul Sinode se nuusbrief aangehaal – dié artikel het in Die Afrikaanse Patriot (15 Desember 1876, deel 1 no 12), verskyn (dankie ds Mossie, ek deel dit graag met Vrypos se lesers). Klik hier om dit te lees... Groetnis, tot volgende keer.

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat

Page 6: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

6

Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

INDIEN U OP VVRRYYPPOOSS WIL IINNTTEEKKEENN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp)

AS U VVRRYYPPOOSS WIL KKAANNSSEELLLLEEEERR, KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!)

Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na

hierdie adres

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

VAKATURE - LERAAR VASTETERMYN (3JR KONTRAK), NG VIERFONTEIN: Daar bestaan ‘n opsie om ná die drie jaar kontraktydperk, die kontrak te verleng.

GEMEENTEPROFIEL: Vierfontein is ‘n klein plattelandse dorpie in die Noordwes-Vrystaat, ongeveer 25 km vanaf Viljoenskroon, 45 km vanaf Bothaville en 45 km vanaf Klerksdorp. Tans bestaan die gemeente uit 220 belydende lidmate en 27 dooplidmate, met drie plaaswyke en 12 dorpswyke. Van hierdie lidmate is 53% ouer as 60 jaar, 34% is tussen 31 en 59 jaar en 13% is onder 30 jaar oud.

LERAARSPROFIEL:

‘n Gelegitimeerde predikant in die NG Kerk wat lief is vir die Here en vir die kinders van die Here, opgewonde is oor die bediening op die platteland met ‘n passie vir aktuele Woordverkondiging.

Gereelde kontak met lidmate deur middel van pastorale ondersteuning en besoeke, is vir die gemeente belangrik.

‘n Pligtestaat met Artikel 9 van die Kerkorde as basis, sal opgestel word.

VERGOEDING: ‘n Totale pakket tussen R25 000 en R35 000 per maand, is onderhandelbaar. ‘n Ruim pastorie is ook beskikbaar.

Voornemende kandidate word versoek om ‘n volledige CV en kontakbesonderhede van minstens drie referente aan te stuur. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n preekbeurt en/of onderhoud.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 17 Oktober 2014

RIG AANSOEKE AAN:

Die Skriba – NG Vierfontein Posbus 1, Vierfontein 2615 of stuur per e-pos aan [email protected]

RIG NAVRAE AAN:

Dr Willie Potgieter (uittredende leraar): 018 441 0026 (h) / 082 475 3127 Dries Cronjé (konsulent): 056 343 0051 / 082 921 0435 Johan Bester (skriba): 018 441 0063 (k) / 083 408 5935

TERUG NA INHOUD

VAKATURE LERAAR VASTETERMYN (KONTRAK), NG AANDBLOEM, BLOEMFONTEIN:

Die NG Gemeente Aandbloem is gesetel binne die Ring van Bloemfontein met 605 lidmate. Die oorgrote meerderheid van die lidmate is ouer as sewentig jaar en die gemiddelde ouderdom is rondom 80 jaar. Die Gemeente onderskryf die die Bybel as die heilige en onfeilbare woord van God, asook die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Dordtse Leerreëls en die Heidelbergse Kategismus as belydenisskrifte. Die gemeente is aktief oor 'n groot spektrum van bedieninge, waarby die lidmate ten volle betrokke is.

Die Gemeente het 'n vakature vir 'n Leraar Vastetermyn (kontrak), wat hulle graag met ingang Januarie 2015 wil vul. Die suksesvolle kandidaat moet verkieslik 'n geëmeriteerde leraar wees, bokant die ouderdom van sestig jaar en onder sewentig jaar. Die suksesvolle aansoeker sal vir die volgende pligte verantwoordelik wees:

Prediking tydens 'n oggenddiens, ten minste een keer elke drie weke.

Page 7: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

7

Week van Gebed elke derde jaar. Pinksterreeks elke derde jaar. Biduur en Bybelstudie elke tweede week. Nagmaal een of twee keer per jaar. Huwelike, doopbediening en aflegging van belydenis van geloof by hoogste uitsondering. Tree op by funksies en ander geleenthede soos nodig. Huisbesoek: Ongeveer 205 besoekpunte in die wyke, een keer per jaar en 70 besoekpunte in die verswakte

afdeling van Ons Tuiste, vier keer per jaar. Dit is ongeveer 485 huisbesoeke per jaar. Nuwe intrekkers word so gou as moontlik besoek.

Sterwensbegeleiding, siekebesoeke, begrafnisse hanteer, soos nodig. Daar is gemiddeld drie tot vier begrafnisse per maand.

Betrokke by die gemeente se Getuieniskommissie. Lid van die Bestuursraad van die gemeente. Lid van die broederkring (drie leraars van die gemeente) en ander ad hoc-kommissies van tyd tot tyd.

Geen verantwoordelikheid vir administratiewe take nie, behalwe rekordhouding van besoekwerk, met die oog op verslagdoening aan die Kerkraad. Die huisbesoek en gemeentelike aktiwieite vind grotendeels in die dag plaas.

Daar word van die suksesvolle kandidaat verwag om verpligtinge teenoor die Ring en Sinode en ander nie-gemeentelike organisasies tot die minimum te beperk, sodat die dienswerk in die Gemeente sy hoogste prioriteit sal geniet. Hy moet ook geen ander werks- of studieverpligtinge hê nie.

Die Kerkraad bied 'n bruto besoldigingspakket van R144 000 per jaar aan, sonder enige behuisingsvoordele of ander byvoordele. Die leraar kan die bedrag struktureer soos hy dit die beste ag. Hy is geregtig op 42 dae verlof per jaar.

Die aanstelling word van jaar tot jaar hernu volgens die diskresie van die Kerkraad. 'n Wedersydse kennisgewingperiode vir diensbeëindiging van 30 dae geld.

Skriftelike aansoeke met 'n kort CV en ten minste twee getuigskrifte moet asseblief vóór Woensdag 22 Oktober 2014 by die gemeentebestuurder ingedien word:

Mev Petro Delport (Ma-Vr 08:00-12:00) Adres: Van Heerdenweg 22, Bloemfontein (op die perseel van ENGO) E-pos: [email protected] Faks: 051 407 7619 Tel: 051 407 7631

TERUG NA INHOUD

NUWE SENDELINGPAAR VIR JAPAN: Missie Japan - ʼn Vennootskap tussen die NG Kerkfamilie en die Reformed Church in Japan

In biddende afhanklikheid wil Missie Japan begin met ʼn proses om nuwe sendelinge na Japan uit te stuur.

Profiel:

Gelegitimeerde leraar van die NG Kerkfamilie (verkieslik getroud),

of ʼn gekwalifiseerde onderwyser (of getroude egpaar) met ondervinding.

Tussen 25 en 40 jaar oud.

Oortuigde sendingroeping - om sendeling in Japan te wees, is ʼn lewenslange roeping.

Nederigheid, aanpasbaarheid en deursettingsvermoë, veral in ʼn kruiskulturele konteks.

Bereidheid om Japannees aan te leer.

Verankering in die gereformeerde (en evangeliese) tradisie, met sensitiwiteit vir ander gelooftradisies, godsdienste en kulture.

Rig navrae vóór 31 Oktober 2014 aan: Dr Gideon van der Watt Missie Japan Kantoor

Page 8: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

8

Posbus 11412 Universitas 9321 E-pos: [email protected] Tel: 051 406 6729 (k)

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – VOLTYDSE MEDELERAAR, NG ALIWAL-NOORD:

GEMEENTEPROFIEL: Aliwal-Noord is ’n plattelandse gemeente geleë tussen Bloemfontein en Queenstown in die

Noordoos-Kaap. Die gemeente het ongeveer 1 045 belydende en 308 dooplidmate. Binne die gemeente is ’n tehuis vir senior lidmate en twee skoolkoshuise en die Goedemoed Gevangeniswyk, met ongeveer 150 lidmate, wat 35 km van die dorp geleë is.

LERAARSPROFIEL EN AMPSPLIGTE:

“’n Goeie dienaar van Jesus Christus” (1 Tim 4:6) wat ’n innige liefde vir God Drie-enig en sy Woord laat uitvloei in die gemeente.

’n Leier met goeie menseverhoudinge wat na lidmate op alle sosiale vlakke kan uitreik. ’n Leraar moet, met inagneming van kerklike gebruike, met goeie onderlinge oorlegpleging met die

kerkraad, die gemeente en met die kerk in wyer verband kan saamwerk. ’n Leraar met baie sterk vermoëns om met die skoolgaande jeug, asook werkende jongmense te werk. ’n Leraar met ’n Skrifgegronde bediening onder die kleuters, jeug, werkende jongmense en jonggetroudes. ’n Mens-mens wat in die volle spektrum van gemeentewees kan inpas. ’n Spanverband-mens. Rekenaargeletterdheid en -vaardigheid in die gebruik van tegnologie in die erediens. Artikel 9 van die Kerkorde vorm basis van die dienskontrak.

VERGOEDING: Vergoedingspakket volgens sinodale riglyne.

AANSOEK: Aansoeke moet gedoen word op die voorgeskewe vraelys (verkrygbaar van die kerkkantoor). Die

vraelys moet vergesel word van ’n CV, nie langer as drie bladsye nie en kan per faks, e-pos of per pos aangestuur word na: Die Saakgelastigde, NG Kerk Aliwal-Noord Per faks: 086 582 8299 Per e-pos: [email protected] Per pos Posbus 36, Aliwal-Noord 9750

NAVRAE: Me Corrie Nel, Saakgelastigde 051 633 2632, ds André Theron 051 633 2777 / 076 903 8271

SLUITINGSDATUM: 31 Oktober 2014

DIENSAANVAARDING: Volgens ooreenkoms.

’n Kortlys sal saamgestel word en daar sal van die leraars op die kortlys verwag word om ’n onderhoud met die kerkraad te voer. Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

TERUG NA INHOUD

VAKATURES:

1. DRINGEND! ENGO KINDER & JEUGSORGSENTRUMS - MAATSKAPLIKE WERKER (4/5 pos):

Page 9: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

9

Posvereistes: 1. Graad /diploma in Maatskaplike Werk 2. Geregistreer by die SA Raad vir Maatskaplike Werkers 3. Rybewys 4. Ondervinding in die werk met kinders

5. Afrikaans magtig wees

Voordele: 1. Salaris onderhandelbaar 2. 13e Tjek 3. Pensioenfonds 4. Verlof

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2014 Diensaanvaarding: 15 November 2014 of sou gou moontlik daarna

Faks CV’s aan: 051 522 2508 Of e-pos aan: [email protected] Navrae: Rina @ 051 522 6914 / 082 449 0106

Die werkgewer behou die reg om nie die vakature te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis gestel word of die aansoek suksesvol was al dan nie. Indien geen terugvoer ontvang is in die vier weke tydperk nie, moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

2. DRINGEND! KINDERVERSORGER - GLADSTONE KINDER- EN JEUGSORGSENTRUM, BLOEMFONTEIN:

Voltydse versorger in satelliethuis waar 12 kinders versorg word.

Posvereistes: 1. Gr 12 2. Ouer as 35jr 3. Belydende Christen 4. Moet inskakel by NG Gemeente Hugenoot 5. Afrikaanssprekend 6. Geldige rybewys 7. Verpligte inwoning

Aanbeveling: 1. Ondervinding in die werk met kinders 2. Getroude egpaar sal voorkeur ontvang

Diensvoordele: 1. Salaris onderhandelbaar 2. Gratis inwoning – eie woonstel 3. 13e Tjek 4. Pensioenfonds 5. Ruim verlof

Diensaanvaarding: 15 November 2014

Aansoekvorms: Rina Maree, Van Heerdenweg 26, Wilgehof, Bloemfontein Faks: 086 655 9328 / 051 522 2508 Tel no: 051 522 6914 / 082 449 0106 E-pos: [email protected]

Die werkgewer behou die reg voor om nie die vakature te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis gestel word indien die aansoek suksesvol was .

3. KINDERVERSORGER - CARPE DIEM KINDER- EN JEUGSORGSENTRUM, BLOEMFONTEIN:

Voltydse versorger in satelliethuis waar 12 kinders versorg word. Posvereistes: 1. Gr 12 2. Ouer as 35jr 3. Belydende Christen 4. Afrikaanssprekend 5. Geldige rybewys

Page 10: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

10

6. Verpligte inwoning

Aanbeveling: 1. Ondervinding in die werk met kinders 2. Getroude egpaar sal voorkeur ontvang

Diensvoordele: 1. Salaris onderhandelbaar 2. Gratis inwoning – eie woonstel 3. 13e Tjek 4. Pensioenfonds 5. Ruim verlof

Diensaanvaarding: 1 Maart 2015

Aansoekvorms: Rina Maree, Van Heerdenweg 26, Wilgehof, Bloemfontein Faks: 086 655 9328 / 051 522 2508 Tel no: 051 522 6914 / 082 449 0106 E-pos: [email protected]

Die werkgewer behou die reg voor om nie die vakature te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis gestel word indien die aansoek suksesvol was .

TERUG NA INHOUD

HERHALINGS:

INHOUD

1. ALGEMEEN:

JAARBOEK 2015 – BESTELVORM: Die nuwe uitgawe sal eers gedurende Januarie 2015 beskikbaar

wees, maar bestellings kan reeds geplaas word - klik hier vir die bestelvorm. Neem asseblief kennis dat gemeentes en belangstellendes, dié publikasie self vanaf Bybelmedia moet bestel, dit word nie deur die Sinodale Kantoor, hanteer nie.

2. GEMEENTES BIED AAN:

BLOEMFONTEIN-NOORD – KERSMARK: Die Klipkerk hou weer hul gewilde jaarlikse Kersmark

vanaf 20 tot 23 November 2014 by die Gemeentesentrum te Tweedestraat. Daar sal stalletjies beskikbaar wees vir persone om hul ware te kom verkoop. Kontak die kerkkantoor vir inskrywingsvorms by [email protected], of skakel 051 448 1419 (k/u Ma-Vr 08:00-1200).

3. KURSUSSE / SEMINARE / OPLEIDING:

JEUGSEMINAAR – DIE WêRELD VAN TIENERS: VERHOUDINGS EN TRAUMA: Alle

jeugwerkers, leraars, onderwysers, kategete en ouers word uitgenooi om dié geleentheid by te woon wat op Saterdag 1 November 2014 by die NG Gemeente Langenhovenpark (h/v Boerneef- en Etienne van Heerdenstraat), sal plaasvind. Prof Jan-Albert van den Berg en dr Jeanine van den Berg gaan ‘n aanbieding lewer oor tienertrauma en tienerverhoudings. Hierdie kan ‘n wonderlike stuk gereedskap in jou gereedskapskis wees indien jy met jongmense werk. Die koste is R100pp, of R80pp vir ‘n groep van vyf of meer. Vir besprekings, kontak die kerkkantoor van NG Langenhovenpark by 051 446 2225, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. VBO-punte is ook van toepassing vir alle leraars wat dié oggend bywoon.

PROGRAM:

08:00 - 09:00 - Registrasie, koffie en tee

09:00 - 10:00 - Tiener-Trauma: Die identifisering en hantering daarvan: aangebied deur dr Jeanine van den Berg (45 minute-sessie, 15 minute-vraestelling)

10:00 - 10:30 - Uitstallings, tee en verversings

10:30 - 11:30 - Tienerverhoudings en trauma: aangebied deur prof Jan-Albert van den Berg

Page 11: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

11

MTh IN PRAKTIESE TEOLOGIE: Die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch bied 'n

twee-jaar (2015 – 2016) modulêre MTh-program in Praktiese Teologie (kontekstuele pastorale sorg) aan. Die doel van die program is om studente te begelei om kontekstuele pastorale kennis en vaardighede te ontwikkel deur middel van die integrering van teorie en praktyk. Klik hier vir meer inligting - inskrywings sluit op 31 Oktober 2014. Vir navrae, kontak me Bonita Robyn by [email protected].

TERUG NA INHOUD

GESTRUKTUREERDE MTh IN PRAKTIESE TEOLOGIE MET SPESIFIEKE FOKUS OP PASTORALE SORG EN BERADING 2015 – 2016:

Hierdie kursus word aangebied deur die dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie in die Fakulteit Teologie, van die Universiteit Stellenbosch.

KERNDOELWITTE: Hierdie kursus bied 'n unieke leerervaring aan alle studente wat in Pastorale Sorg en Berading belangstel. Die program is so saamgestel dat dit die vaardighede van die studente ontwikkel om pastorale versorgers te word deur die lees van akademiese materiaal, te reflekteer in ‘n leergemeenskap, vaardigheidsopleiding en artikulasie en die integrasie van teorie deur die skryf van werkstukke, verbatims en ’n mini tesis.

KERNASPEKTE: 'n Belangrike aspek van die leerervaring in hierdie kursus is geleë in die ekumeniese gemeenskap wat geskep word deur die studente. Tydens die modules, sal tyd bestee word aan die geestelike en persoonlike ontwikkeling van die studente om sodoende ʼn kultuur van groei te skep.

HOOFKOMPONENTE : Die program bestaan uit drie hoofkomponente:

ʼn Akademiese komponent wat bestaan uit ses akademiese modules (120 krediete). ʼn Praktiese komponent, wat bestaan uit opleiding, praktiese blootstelling en gevallestudie voordragte. ’n Navorsingskomponent, wat bestaan uit die skryf van 'n mini-tesis (60 krediete) wat voor die Fakulteit

verdedig moet word.

HOOFMODULES: Die volgende temas word in die MTh gedek:

Dogmatiese vrae (2 – 6 Maart 2015) Teologiese Etiek (27 – 31 Julie 2015) Teologie van die Pastoraat (26 – 30 Oktober 2015) Verhouding & Familie Pastoraat (8 -12 Februarie 2016) Toegepaste Pastoraat (23 – 27 Mei 2016) Gemeenskap Pastoraat (5 – 9 September 2016)

BELANGRIKE REËLINGS:

Die program word saamgestel uit ses kontakweke (modules) oor twee jaar. Dit is verpligtend om alle modules by te woon. Elkeen van die modules fokus op 'n spesifieke kern area

van die pastoraat. Studente moet voorbereid kom na die kontak weke deur die lees van die voorgeskrewe materiaal. Die klasse tydens die kontakweek vind plaas by die Fakulteit Teologie in Stellenbosch.

DOSENTE: Die dosente is lede van die Fakulteit Teologie en geakkrediteerde navorsingsgenote wat as praktisyns in hul onderskeie gebiede erken word.

AANSOEKE: Alle studente moet aansoek doen by die Universiteit Stellenbosch via die universiteit se webwerf by www.sun.ac.za.

Enige aansoek is onderworpe aan die toelatingsvereistes van die Universiteit Stellenbosch. Indien jou aansoek suksesvol is, sal jy teen die einde van November 2014 in kennis gestel word.

Vir meer inligting, kontak gerus:

Prof Christo Thesnaar by [email protected] of 021 808 3257

Page 12: Jaar 12 - Uitgawe 34 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 34-2014.pdf · 1 17 Oktober 2014 Beste Vrypossers Die kwartaal het afgeskop en diegene wat nie besig is om hul

12

Me Bonita Robyn by [email protected] of 021 808 3577

TERUG NA INHOUD BRIEF VAN ‘N SINODEGANGER: Die Synode

Waarde Neef,

Die Synode sit nog. Ek het so lank gehou, nou sal ek maar perbeer om end-uit te hou. Ons sit nou al amper 5 weke, en dit sal wel nog ’n week duur eer alles klaar is. Dit lyk ver my of ons sal moet opbreek, niet omdat die werk op is, maar omdat die lede algar weg is; want die Vergadering wort al bra leeg. En as sy my nou vraag wat ons gemaak het al die tyd? So te sê, niks? Ek sal maar so hier en daar vertel wat in myn gedagte kom.

Die eerste ding wat ek opgelet het, is dat hulle die meeste werk an Commissies gé en dat die die werk mar sleg doet. Kyk, die vorige Synode het ’n heelparty Commissies angestel wat in die tusschentyd die een dit en die ander dat moes doen. Mar die meeste rapporte was mar: “werk nie gedaan – of half gedaan – of sleg gedaan.” Ek sal opnoem wat ek onthou het:

a. Algemeene Synodale Commissie – sleg werk. In plaas van vergaderings te hou, vollens wet, wil hulle die werk afdoen met briewe; so doet hulle onwettige en slegte werk. b. Commissie voor Hulpbehoewende Gemeentes het so te sê niks gedaan nie; die Commissie is dan ook afgeschaf. c. Commissie om die Ordonansie te herroep moes met die Prokureur-Generaal raadpleeg en dan syn gevoele en hulle gevoele an die Ringe, verlede jaar, medeel het, so dat die Ringe die zaak kon overwege en an die Synode skrywe; dan kon die Synode nou uitspraak doen. En wat kom hulle vertel! Hulle kon die Prokureur-Generaal nie te spreek kry nie! Verbeel jou in 3 jare tyd! Wat seg Horak! d. Commissie om die Wette te hersien moes alle beskrywingspunte, waarin gevraag wort om wetsartikels te verander, 3 maande voor die Synode in die Kerkbode lat druk hê. Dis nooit gedaan nie. Die predikant van Carnarvon en van Noorder Paarl wou hê dat al sulke beskrywingspunte nie kon behandel worde nie. En hulle was reg ook. Mar wat seg die ander spul? Dan kan ons amper niks doen nie, want dan moet ons byna al die beskrywingspunte lat staan. Mar ek denk, dis beter gen werk as slegte werk. As jy dit reg beskou, dan is al die wetsveranderinge wat hulle in die Synode maak onwettig, om die rede dat dit nie, vollens besluit van die laaste Synode, 3 maande voor die tyd gepubliseer is.

Jy vraag, wat ons met die menigte beskrywingspunte dan gemaak het? Die meeste het ons somar die pen deurgetrek, veral soo’s die lange van die predikante van Swellendam en Lady Grey. En dis reg ook. Mar weet jy wanneer hulle bajang praat? Soos daar £.s.d.* staat. Alle wêreld, al is dat die nietigste dingetjie van die wêreld, dan moet jy hoor! Die Here Jesus het gesê: Mammon is die God van die wêreld; mar in die Synode lyk dit ook al amper so: Mammon is die God en £.s.d. is die Drieëenheid. Kyk om één ding te noem: dar is gebrek aan predikante, sendelinge en onderwysers. Wat maak die Synode nou. Hulle besluit: geld gé, om jong mense an te moedig! Dis alle wel, geld wat stom is, maak reg wat krom is! Mar moet Mammon dan ver ons versien van predikante, sendelinge en onderwysers?! Die Here Jesus seg: “Bid dan den Heer des oogstes dat Hij arbeiders uitstoote in zijn wijngaard.”

En dan die verregaande onstigtelikheid. Party predikante sit ’n rook en praat in die konsistorie, party sit ’n koerantlees en brieweskrywe in die vergadering, ander loop rond (dit lyk ver myn om stemme te werve) nes soldate en die ou koster, reg die ou kêrel is al te onstigtelik met syn rondlopery!

Mar ek sal mar stop, myn brief wort te lank. Vollende mal hoop ek die slot te gé. Nou sluit ek met die hartlike kompelmente, oek an Nig Annie en Neef Willem.

Jou Neef. * Ponde, sjielings en pennies

TERUG NA INHOUD

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld