22
Pretoria Bonsai Kai bestuur: Pretoria Bonsai Kai bestuur: Pretoria Bonsai Kai bestuur: Pretoria Bonsai Kai bestuur: Voorsitter – Org Exley 082 809 2037 Onder voorsitter – Francois van As 084 625 9761 Tesourier - Daan du Toit 012 567 2520 Sekretaresse – Esther van Aarde 082 450 7335 Skakelbeampte—Christa Vermaak 083 388 4736 Addisionele lede : Otto Koekemoer Ben Kruger Martin Kruger Johan Els In hierdie uitgawe Van die Redakteur. 1 Briewe bus / Vra is vry 2 Algemene jaarvergadering 4 Bestuur 2012 5 Vergadering 6 Maart 6 BRAT meeting 8 Lede profiel 11 Watter bonsai pot? 12 Vergadering 16 April 16 Bonsai kalender 21 Roy Nagatoshi by Pta kai 14 Tweede uitgawe 2012 Koeda Pretoria Bonsai Kai The word Koeda is Japanese and means: ‘Graceful branch’. It is pronounced Ko-eda. Van die redakteur. Enige idees, artikels of terug- voering rakende die nuusbrief kan gegee word aan Jaco Kriek by: [email protected] Beste bonsai lid Ons het ’n baie besige en aange- name twee maande in bonsai beleef. Die besoek van ’n internasionale bonsai persoonlikheid, Roy Naga- toshi, was ’n voorreg. Roy het na- tuurlik by BRAT en by die Pretoria kai opgetree en ’n paar lede het na altwee geleenthede gegaan om te leer van Roy. Sedert die vorige uitgawe het ons ook ’n nuwe bestuur gekies. Kyk op bladsy vyf wie die bestuur vir 2012 is. Ons groot dank gaan uit na die bestuur dat hulle bereid is om te dien. Dit is dikwels ’n ondankbare taak. Dankie daarvoor en sterkte. Kom ons gee almal ons ondersteun- ing aan die be-stuur om dit vir hulle ook makliker te maak. Ons is midde herfs en kan dit sien aan die pragtige herfskleure aan die bome langs ons paaie, en seker sommige bonsai ook. Geniet ook hierdie tyd van die jaar. Onthou die winter is op ons. Verlede winter het ’n hele paar lede baie skade aan bonsai gehad as ge- volg van ryp. Tref vroegtydig voor- sorg! Bonsai groete Bonsai groete Bonsai groete Bonsai groete Jaco Jaco Jaco Jaco Bonsai is an art form and as such an expression of self. William Wilson

Tweede uitgawe 2012 Koeda

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Tweede uitgawe 2012 Koeda

•••• Pretoria Bonsai Kai bestuur:Pretoria Bonsai Kai bestuur:Pretoria Bonsai Kai bestuur:Pretoria Bonsai Kai bestuur:

• Voorsitter – Org Exley 082 809 2037

• Onder voorsitter – Francois van As 084 625 9761

• Tesourier - Daan du Toit 012 567 2520

• Sekretaresse – Esther van Aarde 082 450 7335

• Skakelbeampte—Christa Vermaak

083 388 4736

• Addisionele lede : Otto Koekemoer

Ben Kruger

Martin Kruger

Johan Els

In hierdie uitgawe

Van die Redakteur. 1

Briewe bus / Vra is vry 2

Algemene jaarvergadering 4

Bestuur 2012 5

Vergadering 6 Maart 6

BRAT meeting 8

Lede profiel 11

Watter bonsai pot? 12

Vergadering 16 April 16

Bonsai kalender 21

Roy Nagatoshi by Pta kai 14

Tweede uitgawe 2012

Koeda Pretoria Bonsai Kai

The word Koeda is Japanese and means: ‘Graceful branch’. It is pronounced Ko-eda.

Van die redakteur.

Enige idees, artikels of terug-voering rakende die nuusbrief kan gegee word aan Jaco Kriek by: [email protected]

Beste bonsai lid Ons het ’n baie besige en aange-name twee maande in bonsai beleef. Die besoek van ’n internasionale bonsai persoonlikheid, Roy Naga-toshi, was ’n voorreg. Roy het na-tuurlik by BRAT en by die Pretoria kai opgetree en ’n paar lede het na altwee geleenthede gegaan om te leer van Roy. Sedert die vorige uitgawe het ons ook ’n nuwe bestuur gekies. Kyk op bladsy vyf wie die bestuur vir 2012 is. Ons groot dank gaan uit na die bestuur dat hulle bereid is om te dien. Dit is dikwels ’n ondankbare taak. Dankie daarvoor en sterkte. Kom ons gee almal ons ondersteun-ing aan die be-stuur om dit vir hulle ook makliker te maak. Ons is midde herfs en kan dit sien aan die pragtige herfskleure aan die bome langs ons paaie, en seker sommige bonsai ook. Geniet ook hierdie tyd van die

jaar. Onthou die winter is op ons. Verlede winter het ’n hele paar lede baie skade aan bonsai gehad as ge-volg van ryp. Tref vroegtydig voor-sorg!

Bonsai groeteBonsai groeteBonsai groeteBonsai groete JacoJacoJacoJaco

Bonsai is an art form and as

such an expression of self.

William Wilson

Page 2: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Briewe Bus / Vra is Vry

Page 2 Tweede uitgawe 2012

In die vorige uitgawe het Elric Pretorius van Windhoek die volgende oor sy Kremetart boom gevra: My Boabab is ongeveer 40 cm lank en redelik dik. Die lote/stamme aan die bo punt is ook ongeveer 30 cm lank soos julle kan sien. My vraag is nou: hoe lank moet die lote wees? Een van ons lede antwoord as volg: Elric, ek het na ’n paar foto’s van Kremetart bome gekyk wat ek al in die natuur afgeneem het. Ek het hulle proporsies, van waar die takke begin in verge-lyking met die hoogte van die boom, asook hoe wyd die takke is in vergelyking met die hoogte van die boom, vergelyk. In boom A kan jy sien dat die takke ongeveer halfpad op die stam uitkom. Die wydte van die takke is een en ’n half keer meer as hulle lengte. Boom B kom die takke baie laer op die stam uit en is meer as een en ’n half keer langer as die ‘stam’. Die takke is ook dieselfde wydte as hul lengte. Boom C is ’n baie jong boom. Die takke is korter as die hoogte van waar hulle begin en is amper dieselfde wydte as hul lengte. Ek vermoed soos wat die boom ouer word sal die proporsies baie so raak as wat boom D is, waar al die proporsies dieselfde is. Dit wil vir my lyk dat as jy die natuur wil naboots (ten minste hierdie vier bome) kan jy die lengte van die takke ten minste so lank, en langer maak, as waar hul op die stam begin, en hul wydte so lank, en langer maak as hul lengte.

Links: Boom C

Regs: Boom D

Bo: Boom A

Bo: Boom B

Page 3: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Briewe Bus / Vra is Vry

Page 3 Tweede uitgawe 2012

Meeste lede is bewus dat Marianne Erwee, ons vorige sekretaresse, se seun tragies in ’n motofiets ongeluk gesterf het. Ons betuig weereens ons innige simpatie en sterkte teenoor hulle as familie. Die onderste brief is van Marianne ontvang:

Page 4: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Algemene jaarvergadering.

Page 4 Tweede uitgawe 2012

Die skou was weereens ’n sukses. Dankie aan die lede wat bome gebring het vir die uitstalling. Dankie ook aan die lede wat hand bygesit het met die opstel en af-breek. Die lede wat diens gedoen het. Duncan vir die verkoops tafel. Dit word alles waardeer. Dan wil ek ook vir die bestuur dankie sê vir die harde werk wat hulle ingesit het deur die jaar. As dit nie vir hulle was nie sou dit nie so goed met die kai gegaan het nie. Hier wil ek vir Daan en Christa uitsonder. Daan wat deur die jaar gereed staan met die fi-nansies. Alles is op rekord en reg. Christa vir die raffles en aankoop van die boeke. Ek kan haar altyd

kontak om iets te reel en sy is altyd bereid om dit te doen. Ek wil ook net weereens vir die dames wat ge-moeid was met die kos voorbereiding vir die BRAT dag uitsonder en dankie sê vir al die moeite wat hulle gedoen het. Ons het terugvoer van die ander klubs gekry dat 60 mense die dag sou bywoon, ons het voorberei vir 80 mense en op die ou einde het meer as 100 mense opgedaag. Die dames het ’n plan gemaak en gesorg dat almal kos kry. Dan wil ek ook dankie sê aan lede soos Jaco, Wil-ma, oom Willie en die ander lede wat altyd bereid is om te help wanneer daar om hulp gevra word, of sommer op hul eie hulp aanbied. Dit word waardeer. Dan wil ek afsluit om net weer dankie te sê vir ’n baie lekker bonsai jaar wat verby is. Dit was lekker om dit saam met ’n groep mense soos julle te kon doen. Dankie. Org Exley.

Die algemene jaarverga-dering is gehou op 3 Maart 2012. Ons voorsitter, Org Exley het as volg verslag gele-wer: Die jaar wat verby is was weereens ’n baie goeie jaar vir die kai. Ek sê dit om die volgende redes: • Bywoning by die

vergaderings. Daar was nooit minder as 50 mense by die vergaderings nie. En dan is daar altyd nuwe gesigte wat weereens bewys dat ons kai lewendig is. Ek het by ’n BRAT vergadering ge-hoor dat daar van die ander klubs is wat sukkel om nuwe lede te kry.

• Die BRAT dag wat ons aangebied het, waar ons

’n rekord getal bywoning van mense gehad het. Ons al moet sien of van die ander klubs dit kan verbeter.

• Daar is meer lede van ons kai wat die BRAT

byeenkomste bywoon. Ek wil die lede wat dit nog nie bygewoon het nie aanmoedig om dit wel te doen. Dit is altyd baie interessant en leersaam.

• Die Durban konvensie waar daar 15 van ons lede

was. Dit was lekker om al die kai lede by die groot byeenkomste te sien. Dit wys ons lede se belangstelling en ek dink ons het die meeste lede per klub daar gehad.

• Die vriendelikheid, hulpvaardighede en en-

toesiasme van die lede deur die jaar. Julle staan vir niks terug nie.

Page 5: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Pretoria bonsai kai bestuur vir 2012.

Page 5 Tweede uitgawe 2012

Onder voorsitter: Francois van As

Voorsitter: Org Exley.

Sekretaresse: Esther van Aarde

Tesourier: Daan du toit

Addisionele lede: Ben Kruger Otto Koekemoer Martin Kruger Johan Els

Skakel beampte: Christa Vermaak

Bibliotekaresse: Erika Tredoux

Page 6: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Vergadering van 3 Maart

Page 6 Tweede uitgawe 2012

Otto sê dat hy altyd gehoor en gelees het dat mens nie van Akasia bome steggies kan groei nie. Iemand wat hy ken het ’n Akasia boom gesnoei en ’n takkie wat hy afgesny het in die grond gedruk om die voorkant van die boom te merk. Daardie takkie het toe gevat en gegroei. Otto het toe, wanneer hy sy Akasia bome snoei, steggies ingelê en hy sê dat hy baie sukses het met baie steggies wat groei. Otto se ’tip’ is dus: jy kan Akasia bome groei van steggies!

Vervolg op bl 7……..

“Tip of the month” - deur Otto Koekemoer

Daar was weereens heerlik aan bome gewerk voor die vergadering en daar was weereens nuwe lede wat aangesluit het by die kai. Baie welkom aan die nuwe lede!!

Page 7: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Vergadering van 3 Maart - vervolg

Page 7 Tweede uitgawe 2012

During the formal meeting Charles Ceronio presented a slide show of his visit, and involvement as demonstrator, at “The 2nd JAPANESE CULTURAL VESTIVAL AND 6th INTERNA-TIONAL BONSAI AND SUISEKI EXHIBITION” in Lithuanian during June 2011. The event was part of the 20th anniversary of recreation of diplomatic relationship between Japan and the Re-public of Lithuania. The main subjects of the exhibition were: bonsai, suiseki, kimono, caligraphy, sumi-e, haiku poetry, tea cer-emony, photography, ceramics, Nishikigoi fish, ikebana, echizen urushi, Japanese jazz, traditional Japanese dances, music, cooking secrets, martial arts - aikido, kendo, kyudo, origami, painting on shells. Charles was one of 20 invited bonsai demonstrators from over the world.

Charles showed pictures from the event and some of the bonsai styled. He also showed pictures of the city and its people. ♣

Page 8: Tweede uitgawe 2012 Koeda

The BRAT meeting was hosted by Shibui Bonsai Kai and the venue was the Floreum, Johannesburg Botan-ical Gardens. Roy Nagatoshi was the featured demonstrator. The interest in Roy as an internationally known bonsai master was shown as 111 delegates registered on the day. The following are some of the resume facts that Roy writes about himself on his web site, Four seasons bonsai:

‘I was born in the United States, but spent my early years in Ja-pan - through junior high school - and returned in 1957. My first encounter with bonsai was in 1959, working side-by-side with my father, Shigeru, learning the techniques of making bonsai. I watched him work with many different kinds of trees, pruning, wiring, shaping and potting. I was homesick, and the bonsai reminded me of the trees in the mountains, hills and shorelines of Japan. I thoroughly fell in love with bonsai. My education in bonsai also included attending classes under John Naka. In 1965, with the encouragement of Mr. Iura, my father's bonsai master, my parents opened the Fuji Bonsai Nursery in Sylmar, California, where my father and I conduct bonsai classes.

In 1975, I received a Bachelor of Science degree in Ornamental Horticulture from the Cal Poly University in Pomona, California. Also in 1975, I received my State Landscape Contractor's License, and started a landscape contracting business. In 1976, I gave my first lecture/demonstration to a local bonsai club. Since then, I have toured and conduct-ed workshops and lecture/demonstrations in numerous states in the continental United States. I taught beginner and advanced bonsai for four years at the Community College in Santa Barbara, Califor-nia. I was credited for creating bonsai for a major motion picture, Karate Kid III, in 1990, and was also involved in a bonsai educational video professionally produced by Puget Sound Bonsai Association, with funding provided by Weyerhaeuser Company of Tacoma, Washington. I am the President of the California Bonsai Society, and was Chairman of the 40th Anniversary Convention, held in the Spring of 1997. I have attended numerous bonsai conventions, including the first World Bonsai Federation Convention, in April, 1989, in Omiya, Japan.’ Roy said many people get started with bonsai after receiving a bonsai as a present. When they manage to keep that first tree alive, they are really hooked and excited. Then they strive to learn more and joins a club. Here they often become so involved in the running and politics of the club that they neglect working on and with their trees. They then loose interest in bonsai and often stops practising the art of bonsai. Roy says that that was what happened to him. His aim is therefore to not only share knowledge but to al-ways strive to keep people interested in actually working on their trees. Roy says that the most important thing is between you and your tree!

BRAT meeting of 31 March 2012

Page 8 Tweede uitgawe 2012

Continue on page 9……..

Page 9: Tweede uitgawe 2012 Koeda

During the week prior to the meeting Roy visited some members gardens and picked trees that were a chal-lenge to style. The before and after photos of some of the trees are shown below.

BRAT meeting of 31 March 2012 - continue

Page 9 Tweede uitgawe 2012

Continue on page 10……….

Left is a Crab apple. Roy explained that the most important thing with a tree like that is to get the basic structure/frame of the tree cor-rect. The less you have the more you see. You start by taking off what definitely doesn't belong in bonsai. You then work on developing the branches later. The same tree is shown on the right after Roy re-duced it to a basic struc-ture.

This Fig possesses a beautiful base and nebari as well as a good taper. Roy shaped the branches by reducing them and placing them in the required positions.

Page 10: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Below left shows a really challenging Juniper. Right is how Roy transformed the same tree.

BRAT meeting of 31 March 2012 - continue

Page 10 Tweede uitgawe 2012

Roy said he was taken to a nature reserve the week prior to the meeting and was very impressed with the beautiful landscape and nature. Afterwards when he saw some rocks in Erika's garden, they looked just like the rocks he saw on the nature reserve, and he wanted to re-create what impressed him on the reserve. Roy says that he has never before done his own saikei so this was a first for him. Below is what he created. ♣

Page 11: Tweede uitgawe 2012 Koeda

So wie is Francois wat so getrou met elke Koeda vir ons die handige raad gee met sy bonsai kalender? Francois is ook by die Uni-versiteit van Johannesburg, waar hy tans ’n lektor is in tegnologie, bekend as Dr van As. Francois het argitektuur gestudeer waarna hy by ’n argiteks firma gewerk het. Daarna het Francois in die onderwys betrokke geraak en vir 15 jaar onderwys gegee, onderandere by Afrikaans Seuns Hoër en ook by Waterkloof Hoër skool. Hy was daarna tegniese in-spekteur vir Gauteng. Francois het sy doctors graad in opvoedkundige sielkunde gedoen. Francois is sedert 1983 getroud met Elize en hulle het ’n seun en ’n dogter uit die huwelik. Hulle is ou-pa en ouma van twee kleinkinders. Francois sê dat hy in 1983 begin belangstel het in bonsai en vir hom Doug Hall se bonsai boek gekoop het. Hulle het egter in ’n woonstel gebly en dit was moeilik om bonsai aan te hou. In 2006 het hy ernstig begin om te eksperimenteer met boompies uit sy tuin soos die Witstinkhout, Chinese Maples en Privets. Hy het ook by kwekerye vir hom ’n paar Akasia bome gekoop. Op aanbeveling van Johan van Ton-der (’n lid by die kai) het hy in 2009 by die Pretoria bonsai kai aangesluit en ook Charles se begin-nerskurses gedoen. Hy het besef dat hy nie bonsai net uit boeke kan doen nie maar dat dit belangrik is om by ’n kai van ervare lede te leer. Francois sê dat bonsai vir hom terapie is. Bome is vir hom die top van die plante ryk. Bonsai gee hom ’n geleentheid om ’n boom te vorm na sy smaak en gee hom die vryheid om sy idees van wat ’n mooi boom is af te dwing, binne basiese reëls. Francois het so 120 bome in verskeie stadiums van ontwikkeling. Hy het 52 spesies in sy versameling.

Lede profiel - Francois van As

Page 11 Tweede uitgawe 2012

As raad sê Francois dat hy met die hand sy bome elkeen persoonlik water gee. Hy sê ook dat hy elke winter vroegtydig voorsorg tref om sy sensitiewe bome teen koue te beskerm. Francois versamel graag mooi klippe. Hy vertel dat hy ’n kranige tennispeler op sy dag was. Hy was baie jare be-trokke in die bestuur van ten-nis. Onderandere was hy 10

jaar lank die voorsitter van die Gauteng Noord hoërskool tennis. Hy was ook 11 jaar lank sekreta-ris van die Gauteng Noord tennis assosiasie en is ere visie president van die Gauteng Noord tennis assosiasie. Francois se strewe in bonsai is dat hy eendag bome sal hê wat skou gehalte is. Hy hoop ook dat hy op’n punt sal kom waar hy ander entoesiaste sal kan help en raad gee. Francois sê dat hy baie gelukkig is in die kai. Hy voel dat die kai gesond is en dat dit baie goed gaan in die kai. Die hulp en mededeelsaamheid van die ervare lede aan al die ander lede is vir hom ’n inspirasie. ♣

Page 12: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Watter bonsai pot? Deur Francois van As

Page 12 Tweede uitgawe 2012

Hoe besluit ek watter pot om te gebruik? ‘n Pot moet die karakter van die boom uitlig. Daar moet ‘n balans wees tussen die styl van die boom en die grootte (afmetings), vorm en kleur van die pot. As ’n algemene reël moet • die lengte van die pot ooreenkom met twee-derdes van die hoogte van die boom. • die diepte van die pot gelyk wees aan die deursnee van die stambasis.

Daar is natuurlik uitsonderings: • ’n Yamadori kan byvoorbeeld ’n uitermatige groot wortelmassa hê en omdat die boom se

toestand vir ons belangrik is, moet dit in ’n dieper as normale pot geplant word. Let ook op die volgende: Potte vir die halfhangstyl (semi-cascade) en die volhangstyl (cascade) moet dieper wees. Vervolg op bl 13…………...

Page 13: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Watter bonsai pot? - vervolg

Page 13 Tweede uitgawe 2012

Meervoudige stamme en groepplantings word in vlak potte of op plat klippe, byvoorbeeld leiklip geplant.

Bome met gekurfde stamme word in potte met geronde kante geplant.

Bome met reguit stamme word in potte met reguit kante geplant.

• Die boom word gewoonlik in die middel en bietjie na agter in die pot geplant. • Bome in reghoekige of ellipsvormige/ovaal potte, of op plat klip vir groepplantings

word meer-of-min uitmiddelpuntig geplant. Bron: Jeker, F. (2006). Bonsai, a practical guide to improve the aesthetical quality of your trees. Volume 1. Jeker Communication.

Page 14: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Op Woensdag 4 April het ons die voorreg gehad dat Roy Nagatoshi ons as kai by die Safari kwekery gewys het hoe hy van ons lede se bome styl. Daar was ’n opkoms van 40 lede maar ongelukkig het net 4 lede bome geneem waaraan Roy kon werk. Dit was in elk geval ’n groot voorreg om te kon sien hoe hy die stylering van ’n boom benader. Soos wat mens kan verwag het lede bome geneem wat hulle self nie geweet het wat om mee te maak nie.

Org het ’n baie groot Juniper geneem. Roy het gespot dat hy dog bonsai klein moet wees. Roy het ook gesê dat die boom eintlik ’n soort Sedar is. Nadat Roy die boom bestudeer het het hy besluit dat die boom hom die beste leen om ’n formeel regop te wees. Onder links is die boom voordat Roy aan hom gewerk het en regs nadat hy hom klaar styleer het. Org sal later die takke wat afgesny is ‘gin’.

Besoek van Roy Nagatoshi by die Pretoria bonsai kai.

Page 14 Tweede uitgawe 2012

Roy het Wayne Viljoen se Juniper (onder) van ’n natuurlike ‘semi-cascade’ tot ’n informeel regop verander.

Page 15: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Hannes Retief het hierdie Wildepeer geneem. Roy het gesê dat hy ’n baie mooi vir die toekoms sien maar dat dit nou drastiese stappe vereis. Daar is ’n lang reguit stuk stam met geen ‘taper’ waarvan Roy nie gehou het nie. Roy het dus die boom net bo die laagste takke afgesny. Sien onder. Sodoende is daar ’n baie mooi basis met drastiese ‘taper’. Hoe voel Hannes oor die drastiese stap?

Roy Nagatoshi by die Pretoria bonsai kai — vervolg.

Page 15 Tweede uitgawe 2012

————————————————————————————————————————————————————

Bonsai, part of nature.

This is a bonsai in training. The owner says that it was such a thrill to get to his bench one morning and find a beautiful mushroom growing underneath the trunk. It proves that, although bonsai are controlled by pruning, transplanting etc, they are still part and partial of nature.

Page 16: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Die vergadering het plaasgevind by die huis van ds Danie en Lienie Struwig op Delmas. Dit was heerlik om in die massiewe tuin te kon vergader en ook Danie se mooi bome te sien. Hulle (seker hoofsaak-lik Lienie) het ons ook groot bederf met heerlike sap, koffie en eet-goed. Baie dankie!! Dit was ook verblydend dat soveel lede die moeite gedoen het om al die pad Delmas toe te ry vir die byeenkoms.

Vergadering van 14 April 2012.

Page 16 Tweede uitgawe 2012

Nadat ’n klompie formaliteite afgehandel is het Johan Els gepraat oor die uitstal van bonsai en om bome te skou. Johan het ook ’n magdom skyfies gewys om te bevestig waarvan en waaroor hy gepraat het. Die middag was heerlik en leersaam. Op die volgende bladsy is die raad wat Johan gegee het.

Page 17: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Vergadering van 14 April 2012—vervolg.

Page 17 Tweede uitgawe 2012

Bonsai uitstalling—skou 1. Rede vir uitstalling—Hoekom? Elke bonsai kweker wil graag : • Spog met sy bome, skeppings, tegnieke, stylering,

landskap ens. • Genot van sy stokperdjie met die publiek deel. 2. Voorbereiding vir uitstalling • Boom ⇒ Verwyder groot, stukkende, gekneusde of deur

wurms gevrete blare ⇒ Verwyder alle dooie takkies en droeë internodes

van akasias. ⇒ Snoei oormatige groei terug. ⇒ Maak seker dat daar geen dopluise, spinnekoprakke

en ander ongewenste goggas op jou boom is nie. ⇒ Spuit betyds vir miere. ⇒ Sorg dat ‘jins’ en ‘shari’ netjies en natuurlik ver-

toon. ⇒ Bedraad takkies waar van toepassing om die styl op

die beste te laat vertoon. ⇒ Bedrading op die stam word nie toegelaat vir

uitstallings nie. Só ’n boom is dus nog nie gereed vir ’n uitstalling nie.

⇒ Spuit die blare skoon om alle stof te verwyder. ⇒ Gooi bome goed nat voor die uitstalling. ⇒ Maak seker dat die boom se regte voorkant gekies

word vir die uitstalling. • Landskap ⇒ Probeer om die landskap so natuurlik as moontlik

te skep. ⇒ Indien moontlik, gebruik verskillende mos soorte

om diepte te skep. Moenie mos by doringbome se stamme plaas nie omdat dit onnatuurlik lyk.

⇒ Moenie wit gruis gebruik nie aangesien dit onna-tuurlik vertoon.

⇒ Maak gebruik van natuurlike kleur sand of klippies. Klippies kan gewoonlik gekry word op grondpaaie.

⇒ Moenie klippe willoos op die pot plaas nie, indien van klippe gebruik gemaak word sorg dat dit natuurlik vertoon.

⇒ Indien daar wortels is wat uitstaan, vul dit met grond en bedek met klippies of mos.

⇒ Onthou die landskap rond die totale prentjie af en is aanvullend tot die estetiese verto-ning van jou boom.

• Pot ⇒ Sorg dat die pot behoorlik skoon is. ⇒ Gebruik ’n lappie met sonneblom of olyf

olie om die pot mee af te vee. ⇒ Gebruik verkieslik kwaliteit potte met aard-

se kleure. ⇒ ’n Boom kan nie in ’n swart sak of plastiek

pot uitgestal word nie. Vervolg op bl 18…..

Page 18: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Vergadering van 14 April 2012—vervolg.

Page 18 Tweede uitgawe 2012

• Staanders ⇒ Elke boom behoort sy eie stander of tafeltjie te

hê. ⇒ Indien jy nie oor ’n tafeltjie beskik nie kan hout-

skywe, boomskywe, riet-of bamboes matjies, lei-klip of grondkleurige teëls baie suksesvol gebruik word.

⇒ Sorg dat staanders skoon en gepoleer is. • Naamkaartjies ⇒ Maak seker dat die wetenskaplike en

noemnaam korrek gespel is. ⇒ Gee die volgende besonderhede betyds vir

Pieter du Plessis: • Wetenskaplike naam • Noemnaam • Geskatte ouderdom • Kwekingsdatem • Styl • Naam van eienaar 3. Aksentplante en suiseki (vertoonklippe) en figuurtjies. • Aksentplante ⇒ Miniatuur alwyne of vetplante pas gewoonweg by

Akasias, Kremetarte of dikstammige bome. ⇒ Miniatuur varings of biesies by wilgerboomstyl of

delikate bome. ⇒ Miniatuur blomplantjies vertoon goed by immer-

groen bome. ⇒ Sorg dat die houers van die aksentplante netjies

en skoon is. ⇒ Die aksentplant kan ook sy eie stander vertoon

word. • Suiseki ⇒ Figuurklippe kan afsonderlik uitgestal word. ⇒ In plaas van aksentplante kan figuurklippe ook

gebruik word om die boom se beste bates na vore

⇒ te bring. ⇒ Sorg dat die klippe netjies en skoon is. • Houtstompe en figuurtjies ⇒ Elegante of interessante houtfiguurtjies kan

ook as aksente gebruik word. ⇒ Figuurtjies kan slegs gebruik word by

landskappe (saikei) ⇒ Groter figure kan as aksentpunt afsonderlik

saam met jou boom uitgestal word. ♣

Page 19: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Francois het met die idée te voorskyn gekom om jaarliks ’n trofee aan die persoon te gee wat die meeste vir bon-sai in die Kai doen. Die trofee vir 2011 gaan aan Christa Vermaak. Christa is al ‘n hele paar jaar betrokke by die Kai. Vir ‘n groot deel daarvan was sy betrokke by die komitee in verskillende hoedanighede. Toe ek oorgeneem het as voorsitter het ek gereeld op haar knoppie gedruk as daar iets gedoen moes word. Met uitstappies na lede se huise toe, het sy hulle gekontak om uitsluitsel te kry oor die verversings en wat die Kai kan doen om te help. Met die BRAT dag het sy die reëlings op haar geneem om die kos te reël. Sy het dit op haar geneem om vir die Kai die Bonsai Focus tydskrif in te

voer. Ek kan haar enige tyd bel en sy sal altyd bereid wees om te help. Sy dryf die raffle met elke verga-dering om sodoende geld in te kry vir nuwe boeke vir die bibiloteek. So kan ek aangaan. Jy sal haar nooit hoor kla nie en sy doen alles altyd met ‘n glimlag.

Toe die tyd nader kom om die besluit te neem aan wie die trofee toegeken gaan word , is dit voor die komitee gelê om te besluit wie hulle voel het dit verdien. Die besluit was dat dit Christa moet wees vir alles wat sy vir die Kai doen en beteken. Org Exley ♣

Bonsai Nut!

Page 19 Tweede uitgawe 2012

Winter pruning can be done soon after your deciduous trees have lost their leaves. What one tries to achieve with winter pruning is the refinement of the foliage structure in the tree. This pruning also stimulates the development of adventitious buds along the branches. When there are no leaves on the tree it is easier to see crossing twigs, conflicts in direction, branches that are too thick and areas that are too densely foliaged. I have found that looking down on a branch from above, while holding a sheet of paper underneath it (your hand also works very well), clearly shows the ramification in the branch and allows you to remove those twigs that are not fanning out properly. Occa-sionally deciduous and semi-deciduous trees hold onto their leaves through the winter. In this situation you should study the auxiliary buds of the tree and if they are just swelling slightly then you can prune. Figs should be pruned later in the season. I have certainly found that a good winter pruning of a fig makes a tremendous difference to the neatness and compactness of the foliage masses.

Winter pruning - by Dr Carl Morrow

Page 20: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Terugvoering oor demonstrasie/werkswinkel bome.

Page 20 Tweede uitgawe 2012

Gedurende die vergadering van 4 September 2010 het Jurgen Nuss van Pietermaritzburg ons besoek, en die tema was wortel oor rots. Org het ’n Natal vy wat reeds op ’n rots gegroei het in ’n bonsai bak geplant en die fotos links (hoe hy gelyk het in sy groei skottel, en nadat hy in die bonsai bak geplant is) is in Koeda uitgawe vyf 2010 gewys. Onder regs is hoe die boom tans daar uitsien, ’n jaar en sewe maande later. Org het die boom net laat groei om goed te vat en het nog nie verdere stylering gedoen nie.

Gedurende dieselfde byeenkoms het Duvan Horn ’n baie klein Vytjie op ’n rots geplant. Die onderste twee fotos is ook in Koeda uitgawe vyf 2010 gewys. Duvan het die boompie na die vergadering in ’n groei bak geplant sodat die wortels sterk kan groei. Die boom is steeds in die groei bak en het goed gegroei, en Duvan het die foto gestuur van hoe die boom nou lyk.

Page 21: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Wat doen ons in Mei?

Die dae is al heelwat koeler

en ons boompies benodig

minder water, veral die

bladwisselende bome. Indien

jy aanhou om nat bome water

te gee sal hulle deurdrenk

raak en kan wortelvrot en/of

swamsiektes ontwikkel. Vir

hierdie tyd van die jaar kan jy

dus meer skade as goed aan-

rig. Immergroen bome hou

nie op met groei nie en sal

dus meer gereeld nat gemaak

moet word. Alle vrugte, bes-

sies en blare wat nog aan

bladwisselende bome sit moet

verwyder word aangesien dit

die boom gedurende die win-

termaande verswak. Omdat

die bome gedurende winter-

maande dormant is kan be-

mesting ook gestaak word.

Aangesien moontlike ryp-

toestande oppad is, is dit nou

die tyd om kouesensitiewe

bome te beskerm.

Wat doen ons in Junie?

Soos bo genoem, gaan daar die

volgende paar maande nie veel

aangaan wat betref die groei

van ons boompies nie. Voordat

jy egter dink jy kan nou maar

bietjie agteroor sit en niks doen

nie, hier is ‘n paar werkies wat jy

kan doen:

• Indien jy nog nie jou Vye,

Akasias en ander kouesensi-

tiewe bome uit die oopte

geskuif het nie moet jy dit

nou doen, indien nie reeds te

laat nie.

• Watertoediening moet nou

liefs nie laat-middag of aand

geskied nie. Watertoediening

in die oggend laat genoeg

tyd, gedurende die dag, vir

oortollige water om te drei-

neer. Gedurende baie koue

nagte kan oortollige water

veroorsaak dat die wortels

vrot.

Bonsai Kalender — Deur Francois van As

Page 21 Tweede uitgawe 2012

• Bladwisselende bome

moet heelwat minder wa-

ter kry as gedurende die

groeiseisoen. Wag dus

totdat die oppervlak begin

uitdroog voordat water

gegee word.

• Trek jou gereedskapkas

nader en maak jou ger-

eedskap skoon.

• Indien jy nie kan wag nie

kan jy maar teen die

tweede helfte van Junie

begin snoei, veral die

boompies wat eerste bot,

soos byvoorbeeld die Wit-

stinkhout. ♣

Freezing tent cocoon

Glows translucent in the mist;

Caterpillars gone.

Page 22: Tweede uitgawe 2012 Koeda

Snippets

Page 22 Tweede uitgawe 2012

Inspiration from nature

Dirk Venter het hierdei prag-tige boom afgeneem op “Contitutional Hill, Washing-ton, VSA”. Dirk sê: ‘Ek het hom self af-

geneem, en ek skat hy is omtrent

so hoog soos n telefoon paal.

Maar so leer n mens, volgende

keer sal ek nog n foto neem met

iemand langs die boom om per-

spek�ef te gee. Eers later daar-

aan gedink.’

Let op hoe die twee linkerkanste

takke heel onder kruis, en tog is

dit ’n prag�ge boom.

Our Environment. Energy / electricity for our home is becoming more and more expensive. Making your home more energy efficient will not only save yourself some money but also contribute to saving the environment. It is estimated that if every American home replaced just one conventional light bulb with a compact fluorescent light bulb, they would save enough energy to light more than 3 million homes a year.

The individual opinions expressed in this issue are not necessarily those of the Pretoria Bonsai Kai.