9
1 28 Julie 2017 Welkom terug aan almal, julle is seker heerlik uitgerus na so ‘n lang vakansie! Die derde kwartaal is gewoonlik kort, maar baie besig met matriekafskeidsgeleenthede en matrieks wat regmaak vir een van die belangrikste eksamens van hul skoolloopbaan... dus, skud reg jou vere en pak hierdie nuwe kwartaal aan met ‘n lied in jou hart en ‘n glimlag op jou gesig! 1. NEEM ASSEBLIEF WEER KENNIS VAN DIE VOLGENDE: Na die lang vakansie het almal dalk ‘n bietjie van hierdie gebeure/inligting vergeet, dus herinner ek weer aan die volgende: PANEELGESPREK - NASIONALISME, POPULISME EN POLARISASIE - INTERDISSIPLINÊR-TEOLOGIES NAGEDINK: Die tema van die paneelgesprek is die internasionale, asook nasionale groei in nasionalisme en populisme, asook polarisasie. Hoe kan teologies hieroor gedink word en wat is die betekenis hiervan vir kerklike praktyke? Dié tema word op Woensdag 26 Julie 2017 vanaf 11:00 - 13:00 (k 120, Teologie) deur ‘n paneel bekende kenners bespreek. Die paneel bestaan uit prof Ruard Ganzevoort (Dekaan van die Fakulteit Teologie, Vrije Universiteit, Amsterdam asook internasionaal bekende praktiese teoloog); dr Ina Gouws ('n politieke wetenskaplike verbonde aan die UV) en prof Johann Rossouw ('n filosoof ook verbonde aan die UV). Almal is hartlik welkom! Bevestig asseblief dringend u teenwoordigheid by Annelize Dreyer by [email protected] DIE VOLGENDE GELEENTHEID WORD OOK DEUR DIE UV (Teol Fakt) AANGEBIED: Op Maandag 7 Augustus 2017 bied die Fakulteit Teologie en Yale Divinity School, gesamentlik 'n kongres by die UV aan oor apokaliptiese literatuur en mistiek – klik hier vir volledige program. Belangstellendes wat dit wil bywoon, moet asseblief vir Francois Tolmie kontak by [email protected] NB! BEURSE EN LENINGS - NG KERK VRYSTAAT: Die Sinodale Kerkkantoor ken jaarliks beurse en lenings aan voltydse teologiese, sowel as nie-teologiese studente, toe. Aansoekvorms vir beurse en lenings ten opsigte van die 2018 studiejaar, is reeds by hierdie kantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2017. Vir verdere navrae in dié verband, kontak gerus vir Danielle Theron by 051 406 6700, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. LET WEL, hierdie beurse en lenings word slegs aan studente (nie- teologies) toegestaan wat aan ’n Vrystaatse instansie studeer en wie se ouers in die Vrystaat woonagtig is, asook teologiese studente wat aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Voorwaardes geld. SKITTERVROUE SE NASIONALE VROUEKONFERENSIE VIR 2017: Hierdie Nasionale Vrouekonferensie wat op 8 en 9 September 2017 in die Kopanong-Sentrum (voorheen Kovsiekerk), te Bloemfontein, gaan plaasvind, beloof om ‘n geestelike hoogtepunt vir elke vrou te wees. Dr Jannie le Roux, die gasspreker, se tema vir die geleentheid is, DIE WONDER-WERK VAN VREUGDE! Gedurende dié Konferensie gaan vroue wat tydens die Tsunami in Phuket met wittebrood was getuig, asook vroue wat reeds vir baie jare ‘n stryd met kanker voer… Vroue, moet asseblief nie hierdie besondere geleentheid spesiaal vir julle, misloop nie, bespreek vroegtydig deur hier te klik. Onthou ook: Verblyf is beskikbaar teen R190/persoon by Oranje Meisieskool. Stuur asseblief vroegtydig ‘n e-pos vir Beneli by [email protected] Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

  • Upload
    others

  • View
    10

  • Download
    2

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

1

28 Julie 2017

Welkom terug aan almal, julle is seker heerlik uitgerus na so ‘n lang vakansie! Die derde kwartaal is gewoonlik kort, maar baie besig met matriekafskeidsgeleenthede en matrieks wat regmaak vir een van die belangrikste eksamens van hul skoolloopbaan... dus, skud reg jou vere en pak hierdie nuwe kwartaal aan met ‘n lied in jou hart en ‘n glimlag op jou gesig!

1. NEEM ASSEBLIEF WEER KENNIS VAN DIE VOLGENDE: Na die lang vakansie het almal dalk ‘n bietjie van

hierdie gebeure/inligting vergeet, dus herinner ek weer aan die volgende:

PANEELGESPREK - NASIONALISME, POPULISME EN POLARISASIE - INTERDISSIPLINÊR-TEOLOGIES NAGEDINK: Die

tema van die paneelgesprek is die internasionale, asook nasionale groei in nasionalisme en populisme, asook polarisasie. Hoe kan teologies hieroor gedink word en wat is die betekenis hiervan vir kerklike praktyke? Dié tema word op Woensdag 26 Julie 2017 vanaf 11:00 - 13:00 (k 120, Teologie) deur ‘n paneel bekende kenners bespreek. Die paneel bestaan uit prof

Ruard Ganzevoort (Dekaan van die Fakulteit Teologie, Vrije Universiteit, Amsterdam asook internasionaal bekende praktiese teoloog); dr Ina Gouws ('n politieke wetenskaplike verbonde aan die UV) en prof Johann Rossouw ('n filosoof ook verbonde aan die UV). Almal is hartlik welkom! Bevestig asseblief dringend u teenwoordigheid by Annelize Dreyer by [email protected]

DIE VOLGENDE GELEENTHEID WORD OOK DEUR DIE UV (Teol Fakt) AANGEBIED: Op Maandag 7 Augustus 2017 bied die Fakulteit Teologie en Yale Divinity School,

gesamentlik 'n kongres by die UV aan oor apokaliptiese literatuur en mistiek – klik hier vir volledige program. Belangstellendes wat dit wil bywoon, moet asseblief vir Francois Tolmie kontak by [email protected]

NB! BEURSE EN LENINGS - NG KERK VRYSTAAT: Die Sinodale Kerkkantoor ken jaarliks

beurse en lenings aan voltydse teologiese, sowel as nie-teologiese studente, toe. Aansoekvorms vir beurse en lenings ten opsigte van die 2018 studiejaar, is reeds by hierdie kantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2017. Vir verdere navrae in dié verband, kontak gerus vir Danielle Theron by 051 406 6700, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. LET WEL, hierdie beurse en lenings word slegs aan studente (nie-teologies) toegestaan wat aan ’n Vrystaatse instansie studeer en wie se ouers in die Vrystaat woonagtig is, asook teologiese studente wat aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Voorwaardes geld.

SKITTERVROUE SE NASIONALE VROUEKONFERENSIE VIR 2017: Hierdie Nasionale

Vrouekonferensie wat op 8 en 9 September 2017 in die Kopanong-Sentrum (voorheen Kovsiekerk), te Bloemfontein, gaan plaasvind, beloof om ‘n geestelike hoogtepunt vir elke vrou te wees. Dr Jannie le Roux, die gasspreker, se tema vir die geleentheid is, DIE WONDER-WERK VAN VREUGDE! Gedurende dié Konferensie gaan vroue wat tydens die Tsunami in Phuket met wittebrood was getuig, asook vroue wat reeds vir baie jare ‘n stryd met kanker voer… Vroue, moet asseblief nie hierdie besondere geleentheid spesiaal vir julle, misloop nie, bespreek vroegtydig deur hier te klik. Onthou ook: Verblyf is beskikbaar teen R190/persoon by Oranje Meisieskool. Stuur asseblief vroegtydig ‘n e-pos vir Beneli by [email protected]

Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

2

2. GEMEENTENUUS:

NG FRANKFORT: NG NOORDHOEK: Deon de Jager, bekende sanger in Bloemfontein, bied ‘n Winterlofprysing saam met Rina, Alex, Pieter en Marzaan aan.

Plek: NG Kerk Noordhoek te David Fouriestraat 6, Noordhoek in Bloemfontein. Datum: Sondag 6 Augustus 2017 Tyd: 09:30

Kom geniet ook sommer ‘n lekker koppie koffie of tee saam met hierdie vriendelike gemeente!

NG LANGENHOVENPARK: Hierdie gemeente in Bloemfontein, se jaarlikse kermis vind

weer op Woensdag 9 Augustus 2017 (Vrouedag), vanaf 09:00 op die bekende Boeremark-terrein plaas. Daar sal, buiten al die “gewone” kermislekkernye soos koek,

pannekoek, kerrie en rys, hamburgers en vele meer, ook ‘n handwerk- en tweedehandse tafel wees, asook soos altyd, baie vleis te koop en lekker vermaak vir die kinders. Gaan geniet gerus die oggend saam met hulle, dit is mos ‘n amptelike vakansiedag!

NG GARDENIAPARK: NG HOSPITAALPARK:

Kontak NG Gardeniapark se Kerkkantoor Ma-Vr vanaf 08:00-13:00 by 051 522 0392, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

3. WERKSWINKEL / KURSUS:

WERKSWINKEL - TRAUMATIC INCIDENT REDUCTION: Kom leer uiters bruikbare tegnieke om jou te help in pastoraat,

berading en lewensbegeleiding. Die kursus is deel van Applied Metapsychology International se materiaal.

Datum: 7 - 10 Augustus 2017 Plek: NG Kerk Wesselsbron-Noord te Wesselsbron

Page 3: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

3

Punte wat verwerf kan word: VBO 20 : PCD = 28 : SACSSP = 16 Koste: R4500, sluit in middagetes, verversings en materiaal Aanbieders: Yvonne Retief (http://yvonneretief.weebly.com) en ds Petri Coetzee

Getuienisse: “Vir die eerste keer voel dit of ek regtig mense kan help as Predikant” “Ek het geleer, trauma is die wortel van baie gedragsprobleme in ons lidmate en nou kan ek hulle help!” “My hele pastorale aanslag het verander. Ek is so opgewonde om meer te kan doen as net ʼn Bybelvers gee en bid.”

Kontak ds Petri Coetzee by 084 207 3508, of [email protected] vir verdere besonderhede en die inskrywingsvorm.

KURSUS OM AS SPIRITUELE BEGELEIER OPGELEI TE WORD: Die kursus word in sewe blokke van drie dae aangebied,

oor ’n tydperk van 15 maande. Die klem lê op ervaring en inoefening en word by die Stellastraat-gemeente van die NG Kerk in Brooklyn, Pretoria aangebied en ook gedeeltelik by verskeie Retreat-sentra naby Pretoria. Dit val onder toesig van die NG Ring van Suidoos-Pretoria en is ook met Excelsus van die NG Kerk gekoppel. Predikante kan 150 VBO-punte verdien - daar is sewe aanbieders betrokke - volgende jaar se kursus sal die negende een wees. Aansoeke sluit reeds op 30 September 2017 en die kursus begin op 18 Februarie 2018. Volledige inligting kan hier gevind word, of kontak dr Willem Nicol by [email protected], of 083 966 7831.

4. NUUS UIT ENGO-GELEDERE:

‘N HEERLIKE FONDS-INSAMELINGSGELEENTHEID - ALLE VROUE IS WELKOM:

ENGO WAS OOK BEDRYWIG BY DIE VRYSTAAT KUNSTEFEES!: ENGO se Vir Ons Kinders Projek was weer hierdie jaar

deel van die Vrystaat Kunstefees. ENGO wil graag baie dankie sê aan elkeen wat dié projek ondersteun het. Julle bydraes is vir hulle ongelooflik waardevol. Hierdie jaar was OMGIE, ENGO se mascot (gelukbringer), ook deel van die Kunstefees en het gesorg vir heelwat glimlaggies op al die klein gesiggies - ballonne is uitgedeel, saam met hope drukkies en high fives!

Indien jy nog nie jou kaartjie vir die Vir Ons Kinders Projek gekry het nie, is daar nog kans tot 20 Oktober 2017. Skakel jou naaste ENGO kantoor om ‘n donasie van R30 te maak en staan ‘n kans om ‘n splinternuwe Chev Utility 1.4 A/C te wen.

Vir meer inligting rakende die projek, besoek gerus ENGO se webtuiste by www.engo.co.za

Page 4: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

4

5. ANDER GEBEURE:

DIE BYBELGENOOTSKAP SE “BIKERS-RUN”: STRUWIG EKO-RESERVAAT - HOëRSKOOLLEERDERS NEEM KENNIS!: Ds Jurgens de Jager van die NG Gemeente

Witrivier skryf die volgende:

Ons het vir die hoërskoolkinders van ons land ‘n lekker ekologiese ervaringsgeleentheid geskep vir die vakansie in September. Hierdie is ‘n poging om Struwig Eko-Reservaat (ook ‘n Groot Vyf-reservaat) meer bekend te stel en ook om aan jongmense die geleentheid te bied om meer bewus te word van die natuur en die bewaring daarvan. Dit word onder toesig van die NG Kerk en die Voortrekkers aangebied – klik gerus hier vir al die inligting. Gemeentes, bring asseblief die inligting onder die jongmense se aandag!

6. NUUSBRIEWE:

CHRISTELIKE LEKTUURFONDS: ‘n Spesiale aanbod vir alle vroue (Augustus is mos Vrouemaand):

ENGO - JUNIE 2017: Ons gaan in die toekoms ook die twee-maandelikse nuusbrief van ENGO deur middel van Vrypos

bekend maak, lees gerus die jongste uitgawe hier.

BYBEL-MEDIA 12/2017: In dié eerste uitgawe vir die nuwe kwartaal, is Bybel-Media se fokus op die jongste Kerkbode en

die Augustus-uitgawe van LiG – lees dit hier.

Page 5: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

5

7. PREDIKANTENUUS: Die NG Gemeente Koppies-Weltevrede het vir dr HJJ (Hendrik) Barnard van die NG

Gemeente Valhalla-Suid (Noordelike Sinode), as voltydse leraar beroep.

8. VAKATURES:

VOLTYDSE LERAAR - NG KERKENBERG: Hierdie gemeente, geleë in Harrismith in die Oos-Vrystaat, beskik binnekort oor

‘n vakature vir ‘n voltydse leraar. Klik hier vir meer besonderhede, sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 25 Augustus 2017 om 12:00 en diensaanvaarding is onderhandelbaar vanaf 1 November 2017.

VOLTYDSE LERAAR - NG HERTZOGVILLE: Die gemeente beskik tans oor die vakature, klik hier vir al die inligting –

sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 31 Augustus 2017, met diensaanvaarding vanaf 1 Januarie 2018.

LERAAR VASTETERMYN, KONTRAK (3JR) - NG GEMEENTES ALLANRIDGE EN LINDLEY: Hierdie pos raak vanaf 1

Januarie 2018 vakant. Die NG Gemeentes Arlington en Lindley is reeds vir ses jaar in ‘n samewerkingsooreenkoms betrokke. Hierdie ooreenkoms behels dat die dienste van ‘n leraar gedeel word, hoewel elke gemeente onafhanklik op hul eie funksioneer. Klik hier vir meer inligting – sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 31 Augustus 2017.

VAKATURES - e-KERKBODE: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike

instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

9. HARTSEERNUUS: Die afgelope vakansie was eintlik ‘n baie hartseer een vir die Vrystaatse Kerk...

Mev Estelle Lombaard, die weduwee van wyle ds Johan Lombaard wat op 4 Mei 2017 oorlede is, is omtrent dag en datum, presies twee maande na oom Johan oorlede. Ons bid dat die Here ook met hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie.

Dr Jan de Man, Tentmaker-leraar van die NG Gemeente Viljoensdrif, se vader is ook oorlede en hulle moes al die pad Namibië toe reis om te gaan afskeid neem - mag die Here ook vir die familie tot vertroosting wees met die leemte wat hy nalaat.

Ds AJ (Bobbie) Scherrer: Ds Adolf Johannes Scherrer, gebore op 9 Februarie 1942, is op Saterdag 22 Julie 2017, in die ouderdom van 75 oorlede, na ‘n lang stryd met kanker.

Ds Bobbie, soos hy alombekend was, se 1ste gemeente was Kemptonpark (Feb 1970 tot Mei 1973), daarna was hy by Silverton- (Junie 1973 tot Julie 1975) en Silvertonkruingemeentes (Aug 1975 tot November 1978), waarna hy Vrystaat toe beroep is en op 24 November 1978 by die NG Gemeente Kerkenberg, Harrismith, bevestig is. Hy was leraar in hierdie gemeente tot en met 2007 toe hy emeritaat ontvang het en het ook daarna in Harrismith aangebly, tot en met sy afsterwe. Ds Bobbie was ook vir baie jare die voorsitter van die Sinodale Kommissie vir Administrasie en Finansies (SKAF), van die NG Kerk Vrystaat.

Namens al ons lesers (baie het hom persoonlik geken), wil ons hiermee ons innigste meegevoel aan sy vrou Ronel, asook die kinders en kleinkinders betuig. Mag die goeie herinneringe aan hom, julle almal deur hierdie hartseer tydperk dra en ons bid dat julle volle vertroosting by die Here sal vind – die NG Kerk Vrystaat eer sy nagedagtenis.

Die roudiens vind op Vrydag 28 Julie 2017 om 11:00 by die NG Gemeente Kerkenberg in Harrismith plaas en ds Johann Kemp, Skriba van die Ring van Harrismith, sal die diens lei.

Alle leraars wat beoog om die diens by te woon, word vriendelik versoek om asseblief hulle toga’s te dra, ter wille van ‘n erewag wat gevorm gaan word wanneer die kis na afloop van die diens, uit die kerk geneem word.

10. HERHALINGS: Lees die volgende berigte in ‘n vorige Vrypos hier:

#imagine- Save the date: Vyf-jaar feesvierings vanaf 6 - 8 April 2018 Steun Esperanza-Jeugsorgsentrum se poging om ‘n nuwe voertuig aan te koop - sluitingsdatum om kaartjies te koop is 31 Julie! NG Verkeerdevlei bied aan: Steve Hofmeyer op 11 Oktober 2017

Page 6: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

6

11. VERJAARSDAE: Seënwense vir almal wat die komende week verjaar, mag dit ‘n

besondere jaar vir elkeen wees:

28 Julie: Dr Juppi Steurer - SASOLBURG-FONTEIN - 082 375 0403, [email protected]

29 Julie: Ds André van Staden - FICHARDTKRUIN - 083 456 6709, [email protected]

31 Julie: Ds Stephan van Heerden - BLOEMFONTEIN-NOORD - 082 578 7840, [email protected]

12. TEN SLOTTE: ‘n Gebed vir besige mense, spesiaal vir besige tye wat voorlê...

Here, ons het ‘n moeë generasie geword! Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, moeg vir mense...

Ons het veral moeg geword om altyd alles reg te doen. Om aanvaarbaar te wees, moet ons suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees.

Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde familiemense en betrokke gemeenskapswerkers wees...

Sjoe! Dit is ‘n oorvol mondvol! Vandag wil ek sommer net by U kom rus en vra dat U my die regte prioriteite sal wys.

Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak en dié dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf? Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is... maak huis skoon met my, Here.

Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe... en leer my om sommer net U kind te wees te midde van al die chaos!

Groetnis tot volgende keer...

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS JY WIL , KLIK hier VRYPOS KANSELLEERStuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 14:00)

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

BYBEL-MEDIA NUUSBRIEF 12/2017:

Lees in die Kerkbode van 28 Julie: Van jong mense aan die Wes-Rand wat besef dat hulle gedeelde Christelike identiteit sterker is as hulle verskillende etniese identiteite.

Daar is ’n artikel oor Philippolis in die Vrystaat waar mense se geloof neerslag vind in praktiese omgee vir mekaar.

Lees ook ’n verhaal oor versoening uit die NG Kerk se susterskerk in Japan, van ‘n tentmakerdominee wie se “sekulêre werk” vir hom ’n bediening is en oor die Kerkhervormer Johannes Calvyn se pastorale kant.

Page 7: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

7

Daar is verskillende bydraes wat aansluit by die onlangse algemene vergadering van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke en inligting oor die komende hofsaak waarin gevra word dat die besluite van die Algemene Sinode van 2016 oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag, tersyde gestel word.

e-Kerkbode: Naas die hardekopie van Kerkbode, is ‘n elektroniese weergawe ook beskikbaar. Teken gratis in by: www.kerkbode.co.za en ontvang die kerknuus kraakvars op jou rekenaar.

Kerkbode - app: Android selfone, tablette en Apple iPhone en iPad - die app is gratis beskikbaar by Google Play en Apple se App Store en kan maklik opgespoor word deur vir die sleutelwoord, "Kerkbode" te soek.

Lees in die Augustus-uitgawe van LiG: Die bekende aktrise, IIse Roos, gesels met LiG oor hoe sy haar lewe eerlik en eenvoudig leef. In die Augustus-uitgawe gee ons ook 20 wenke om jou lewe te vereenvoudig. Lees wat Esther Scott geleer het toe sy die Bybel met die hand oorgeskryf het en hoe een vrou musiek gebruik om kinders vlerke te gee.

Ons praat ook met ‘n rokmaker wie se skeppings help om vroueharte te genees. Kry gespreksriglyne om met jou kind oor flieks en God te praat. Lees ook hoe vroue uit die Bybel iets van God se hart wys.

Stephan Joubert skryf hoe ons donker geheime lig raak wanneer ons dit met God deel.

Ons bak met sitrus en gee feestelike idees vir 'n teetafel hierdie vrouemaand. LiG se Augustus-uitgawe is nou te koop!

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

Skakel 086 026 3342 óf 021 864 8210

Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected]

Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

TERUG NA INHOUD

VOLTYDSE LERAAR - NG KERKENBERG (HARRISMITH):

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die bogenoemde vakature bekend.

GEMEENTEPROFIEL: ‘n Goed gevestigde gemeente geleë in Harrismith in die Oos-Vrystaat, met sowat 570 belydende- en 135 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit ‘n boerderygemeenskap en ‘n normale plattelandse omgewing.

VERGOEDING: Volgens sinodale riglyne tot en met kerf 5 en ʼn ruim pastorie word voorsien.

DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar vanaf 1 November 2017.

AMPSPLIGTE: Volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

LERAARSPROFIEL: Die volgende is vir die kerkraad belangrik in die vul van die vakature:

Gelegitimeerde proponente en predikante van die NG Kerk tot en met die ouderdom van 45 jaar, kan aansoek doen.

Opregte liefde vir Jesus Christus, sy mense en sy koninkryk.

Passievolle, Skrifgetroue en dinamiese prediking waar kinders en volwassenes betrek word in die erediensgebeure.

Liefdevolle pastorale sorg en gestruktureerde besoekwerk.

Sterk leierskap en samewerking in spanverband.

Aktivering en begeleiding van gesinne en die gemeentejeug deur ‘n gevestigde koffiekroeg en ander gesins- en jeugaktiwiteite.

Samewerking met buurgemeentes en kerke in wyer verband.

Opbouende verhoudings tot voordeel van die koninkryk.

‘n Vernuwende jeugdige bedieningstyl in pas met moderne tegnologie.

Belangstellendes word versoek om op die volgende te let:

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud, asook die waarneem van ‘n oggend-erediens.

Die kerkraad behou die reg voor om nie die vakature te vul indien ‘n geskikte kandidaat nie gevind word nie.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 25 Augustus 2017 om 12:00

Page 8: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

8

AANSOEKE: ‘n Volledige CV en die kontakbesonderhede van drie referente kan per e-pos gestuur word aan die skriba van die NG Kerk Kerkenberg, by [email protected] (verkieslik in MS Word-formaat).

NAVRAE: Dr J Ries (huidige leraar) by 072 551 6677 / 058 623 0066 Dr D Blake (leierouderling) by 083 306 4060

TERUG NA INHOUD

VOLTYDSE LERAAR - NG HERTZOGVILLE:

GEMEENTEPROFIEL: Hierdie gemeente is geleë binne in ‘n boerderygemeenskap in die Noord-Wes Vrystaat en ongeveer 140km vanaf Bloemfontein en is ‘n behoudende gemeenskap. Daar is 298 belydende- en 78 dooplidmate en bestaan uit ses plaaswyke en vyf dorpswyke. Hertzogville het ‘n baie goeie laerskool en beskik ook oor ‘n Bejaarde Dienssentrum vir selfversorgende bejaardes.

LERAARSPROFIEL:

‘n Gereformeerde en evangeliese prediker wat die gesag van die Skrif aanvaar.

‘n Leraar wat sal aanpas in ‘n plattelandse gemeenskap.

Leraar se vrou moet betrokke wees.

‘n Herder wat in spanverband kan saamwerk en met ‘n visie vir geestelike vernuwing – nie net suiwer verandering nie.

‘n Kreatiewe dinamiese persoon wat nie net oor tegnologiese vaardighede beskik nie, maar wat ook bestuursvernuftig is.

‘n Energieke persoon met ‘n passie vir mense.

Kontak deur middel van huisbesoek is baie belangrik.

Iemand wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig en die Lewende Woord in alle omstandighede suiwer bedien.

WERKSPROFIEL:

Ampspligte: Ingevolge Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding: Totale vergoedingspakket - onderhandelbaar “binne Sinodale riglyne”. Die gemeente bied ‘n gerieflike, ruim en netjiese pastorie vir inwoning.

AANSOEKE: Gee ‘n duidelike uiteensetting van hoe u, u rol as leraar sien, ‘n CV, met drie referente, moet u aansoek vergesel. Rig u aansoek en CV per e-pos aan, [email protected]

SLUITINGSDATUM: Aansoeke sluit Donderdag 31 Augustus 2017 DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2018

NAVRAE: Kontak vir Martie de Koker (skriba) by 053 421 9112 (k), of vir ds Francois du Plooy (konsulent), by 082 737 1792, of vir Johan van Rensburg (Voorsitter van die Kerkraad), by 082 374 7898.

Die kerkraad behou hom die reg voor om niemand uit die belangstellendes te beroep nie.

TERUG NA INHOUD

LERAAR VASTETERMYN, KONTRAK (3JR) - NG GEMEENTES ARLINGTON EN LINDLEY:

GEMEENTEPROFIEL: Die NG Gemeentes van Arlington en Lindley is reeds vir ses jaar in ‘n samewerkingsooreenkoms betrokke. Hierdie ooreenkoms behels dat die dienste van ‘n leraar gedeel word, hoewel elke gemeente onafhanklik op hul eie funksioneer. Die leraar hou Sondae ‘n erediens by elke gemeente en vir die week se aktiwiteite word sy tyd in verhouding (40/60) tussen die gemeentes verdeel. Elke gemeente het dus sy eie diensooreenkoms met die leraar.

Arlington Gemeente is ‘n klein gemeente van ongeveer 75 lidmate en bestaan hoofsaaklik uit ‘n boerderygemeenskap. Die gemeente is verdeel in vier plaaswyke en twee dorpswyke. Lidmate se ouderdomme is redelik gebalanseerd tussen oud en jonk.

Lindley Gemeente bestaan uit ongeveer 196 lidmate, waarvan die groter aantal ouer lidmate is en wat in die dorp woon. Die gemeente is verdeel in vyf plaaswyke en agt dorpswyke.

Die dorpe Arlington en Lindley is 20km uitmekaar geleë en is ongeveer 60km vanaf Bethlehem, 80km vanaf Kroonstad en 45km vanaf Senekal geleë.

Beide die dorpies is klein, met min infrastruktuur.

LERAARSPROFIEL:

Page 9: Jaar 15 - Uitgawe 21 Kontak ons: … UITGAWE...hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae sal wees, dit is nie maklik om beide ouers so kort na mekaar te verloor nie. Dr Jan de Man,

9

‘n Leraar wat sal aanpas in twee verskillende plattelandse gemeenskappe.

Oor ‘n sterk persoonlikheid beskik, maar nie dominerend is nie en ook nie beïnvloedbaar is onder groepsdruk nie.

Wat met verskillende kerkrade en gemeentelede sal kan saamwerk.

Goeie menseverhoudings kan handhaaf.

‘n Skrifgetroue, dinamiese en aktuele prediker, wat geestelike groei in beide gemeentes kan bevorder.

‘n Passie vir mense - oud en jonk.

Fisiese gesondheid moet van so ‘n aard wees dat hy sy pligte sal kan uitvoer ten spyte van lang afstande, slegte grondpaaie en laataand ure.

POSBESKRYWING:

Van die leraar word verwag om pligte te verrig ooreenkomstig die betrokke artikels en bepalings van die Kerkorde.

Die kerkrade verwag van die leraar om die normale ampspligte te verrig en ook spesifiek te fokus op die totale gesinsbediening en pastorale besoeke.

Die diensverhouding van die leraar tot die gemeentes word deur die bepalings van die samewerkingsooreenkoms beskryf.

Elke gemeente sal hulle eie diensooreenkoms met die suksesvolle kandidaat aangaan.

VERGOEDINGSPAKKET:

As gevolg van die finansiële posisie van die gemeentes, is hierdie ‘n vastetermynpos met ‘n dienskontrak vir drie jaar. Indien dit tot voordeel van die gemeentes en leraar strek, kan die termyn deur die kerkrade as verteenwoordigers van die gemeentes, in oorleg met die leraar verleng word, ooreenkomstig die besluite van die NG Kerk oor Vastetermyn-dienskontrakte.

Die gemeentes bied ‘n vergoedingspakket en voordele ooreenkomstig sinodale riglyne.

‘n Pastorie in Arlington, is vir bewoning beskikbaar.

AANSOEKE: Stuur asseblief u aansoek en CV, met twee referente aan:

Die Skriba, NG Kerk Arlington Posbus 88 Arlington 9602

óf stuur per e-pos na: [email protected] óf per faks na: 086 685 8894

KONTAKPERSONE: Fred Bertram 082 920 1953 Leierouderling, Arlington Gemeente Johan van Tonder 082 496 2557 Voorsitter pre-advies kommissie Kobus van den Berg 082 415 6924 O/voorsitter pre-advies kommissie Dawie Olivier 072 374 4308 Leierouderling, Lindley Gemeente

SLUITINGSDATUM: 31 Augustus 2017 (LW Die pos word eers vanaf 1 Januarie 2018 vakant)

Uit die aansoeke wat op 31 Augustus 2017 ontvang word, behou die Kerkraad die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak, óf om ‘n beroep uit te bring nie.

TERUG NA INHOUD

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld