22
JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in diens van ons jeug, is dit tyd om halt te roep. So baie om oor dankbaar te wees, soveel mense het my lewe aangeraak en verryk. Tjokkies was vir my baie goed – Dankie HEER!! PERSONEEL Die volgende personeel verlaat Tjokkies. Ons beste wense vergesel hulle: Me Sumé Myburgh tree aan die einde van die jaar in die huwelik en sluit haar by haar man se besigheid aan. Mnr Lourens vd Merwe wat as departementshoof in die plek van mnr Louwrens Venter vanaf Grey Kollege oorgeplaas is, is bevorder as adjunkhoof by Wesvalia Sekondêre Skool in Klerksdorp. Mnr Nicolaas Slabbert is deur die Beheerliggaam aanbeveel om in die pos waar te neem totdat die pos volgende jaar in ’n amptelike departementele vakaturelys geadverteer word. Mnr Philip Marais en sy gesin emigreer aan die einde van die jaar na Kanada. Mnr Pieter du Preez is deur die beheerliggaam in die pos aangestel met ingang 1 Januarie 2019. Me Dorette Smith het vanaf 1 Januarie by ons aangesluit in die plek van me Zilke Mahabeer wat einde verlede jaar bedank het. Me Charlene van Loggerenberg (Gr 2), wat ‘n Beheerliggaampos beklee het, is permanent in ‘n Departementele pos aangestel. Twee juffrouens, Esbé Louw (Dippenaar) en Phelicia van Vuuren (Jacobs) is gedurende die jaar getroud. Verskeie opleidingsprogramme is deur die personeel bygewoon om hulle beter toe te rus. Mnr Neels Gunter en me Elsabé Claassen het ook ‘n Nasionale Leierskapberaad bygewoon. Me Leonie de Kock en Elzanne Stadler word vanaf 1 Januarie 2019 vir twee jaar gekoöpteer op die Uitvoerende Bestuurspan as deel van ons indiensopleidingsprogram. BEHEERLIGGAAM Dit was vanjaar weer verkiesingsjaar en die volgende ouers is tot die Beheerliggaam verkies: Bestaande lede wat herverkies is: Mnr Johannes Kriel – Voorsitter Mnr Chris Vosloo – Ondervoorsitter, veiligheid en regsaangeleenthede.

Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

JAARVERSLAG 2018

INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in diens van ons jeug, is dit tyd om halt te roep. So baie om oor dankbaar te wees, soveel mense het my lewe aangeraak en verryk. Tjokkies was vir my baie goed – Dankie HEER!! PERSONEEL Die volgende personeel verlaat Tjokkies. Ons beste wense vergesel hulle:

• Me Sumé Myburgh tree aan die einde van die jaar in die huwelik en sluit haar by haar man se besigheid aan.

• Mnr Lourens vd Merwe wat as departementshoof in die plek van mnr Louwrens Venter vanaf Grey Kollege oorgeplaas is, is bevorder as adjunkhoof by Wesvalia Sekondêre Skool in Klerksdorp. Mnr Nicolaas Slabbert is deur die Beheerliggaam aanbeveel om in die pos waar te neem totdat die pos volgende jaar in ’n amptelike departementele vakaturelys geadverteer word.

• Mnr Philip Marais en sy gesin emigreer aan die einde van die jaar na Kanada. Mnr Pieter du Preez is deur die beheerliggaam in die pos aangestel met ingang 1 Januarie 2019.

Me Dorette Smith het vanaf 1 Januarie by ons aangesluit in die plek van me Zilke Mahabeer wat einde verlede jaar bedank het. Me Charlene van Loggerenberg (Gr 2), wat ‘n Beheerliggaampos beklee het, is permanent in ‘n Departementele pos aangestel. Twee juffrouens, Esbé Louw (Dippenaar) en Phelicia van Vuuren (Jacobs) is gedurende die jaar getroud. Verskeie opleidingsprogramme is deur die personeel bygewoon om hulle beter toe te rus. Mnr Neels Gunter en me Elsabé Claassen het ook ‘n Nasionale Leierskapberaad bygewoon. Me Leonie de Kock en Elzanne Stadler word vanaf 1 Januarie 2019 vir twee jaar gekoöpteer op die Uitvoerende Bestuurspan as deel van ons indiensopleidingsprogram. BEHEERLIGGAAM Dit was vanjaar weer verkiesingsjaar en die volgende ouers is tot die Beheerliggaam verkies: Bestaande lede wat herverkies is:

• Mnr Johannes Kriel – Voorsitter • Mnr Chris Vosloo – Ondervoorsitter, veiligheid en regsaangeleenthede.

Page 2: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

2

• Mnr Riaan Strydom – Bemarking- en departementele aangeleenthede. Nuut verkies:

• Me Perle du Plessis – Tesourier • Dr Juanita Meyer – Kleuterskool- en leerlinge aangeleenthede. • Mnr Justus van Rooyen – Sport- en kultuursake.

Ge-koöpteerde lede:

• Mnr Rian Marais – Geboue en terrein • Mnr Danie van Jaarsveld – Geboue en terrein • Me Annalize v Staden – Voorsitter van die ouerkomitee

Onderwyspersoneel:

• Mnr Neels Gunter – Adjunkhoof • Me Lizette Buys – Departementshoof GSF • Mnr Jannie Oosthuizen • Me Elsabé Claassen – Gr R afdeling (ge-koöpteer) • Mnr Michael Coomans - Skoolhoof

Nie-onderwyspersoneel:

• Me Daleen Vermaak – Sekretaresse

Die Beheerliggaam het net na hulle verkiesing ‘n induksieprogram, aangebied deur FEDSAS, bygewoon om hulle vertroud te maak met hulle toegewese funksies en op hoogte te bring met die SA Skolewet. Die Beheerliggaam het kwartaalliks vergader om na die belange van die skoolhoof, personeel, leerlinge, ouers en finansies om te sien. Hulle intense belangstelling in die skool se doen en late, asook hulle bereidwilligheid om moeilike besluite te neem en uit te voer, is van onskatbare waarde vir Tjokkies. Die belangrike funksie van die aanstelling van ‘n nuwe skoolhoof moet eersdaags hanteer word en ek kan julle verseker dat hulle hierdie groot verantwoordelikheid biddend benader en geen steen onaangeroer sal laat om die regte persoon vir Tjokkies te kry nie. My opregte dank aan elke lid wat my hande hoog gehou het en vir elkeen se ware vriendskap. FINANSIES Onder die bekwame leiding van me Perle du Plessis, wat met ‘n valkoog oor ons finansies waak, kon ons ondanks taai ekonomiese tye en stygende debiteure daarin slaag om ons verpligtinge na te kom. Ons finansiële state word jaarliks, ooreenkomstig die voorskrifte van die skolewet, ge-oudit en daar word behoorlike rekord van ons inkomste en uitgawes gehou. Dit verdien vermeld te word dat die finansiële komitee ook die nodige maatreëls in plek het om uitstaande skulde in te vorder en ouers wat in gebreke bly om hulle verantwoordelikheid na te kom, aan te skryf. Me Daleen Vermaak, finansiële beampte, is uiters bekwaam en verrig ‘n reuse taak. Me Beaulah du Plessis, kassiere, staan haar getrou by en hulle werk as span goed saam.

Page 3: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

3

Baie dankie aan elke ouer wat gereeld en getrou hulle skoolgeld betaal het. Dankie dat u die waarde van goeie opvoeding vooropstel. Ouers word uitgenooi na ons jaarlikse begrotingsvergadering op Maandag, 5 November om 17:15 in die ouditorium, waartydens die begroting en nuwe skoolgeld vir 2019 goedgekeur moet word. ADMINISTRATIEF Me Liezl Boshoff is die hart van die kantoor en met haar innemende en vriendelike geaardheid staan sy ouers, besoekers en die skoolhoof in alles by. Geen taak is vir haar te veel gevra nie. GEBOUE EN TERREIN Ons geboue en terrein verg ’n groot inset van verskeie rolspelers. Die komitee, onder leiding van mnr Rian Marais, verdien vermelding vir fyn beplanning en hul toesig oor ons bouprojekte, en die afhandeling van begrote kapitaalprojekte. Mnr Hennie Greyling, terreinbestuurder, ons terreinwerkers wat omsien na die instandhouding van die skool en tuine. Alhoewel ons vroeër in die jaar lekker reën gehad het en die boorgat weer sterk loop, sukkel ons sportveld om mooi te bly. Die ongereelde reënval en baie voete wat dit dra maak dat dit steeds swaarkry. Ondanks die feit dat ons geboue en fasiliteite van hoogstaande gehalte is en deurentyd instand gehou word, kyk sommige ouers dit mis en staar hulle blind teen die gronde wat vaal lyk. Dit skep die indruk dat daar nie goed daarna omgesien word nie. Die volgende kapitaalprojekte is afgehandel: Projek Bedrag 1 Plaveisel (Tennisbane/Ouditorium/ingang langs swembad) R50 000 2 Kunsgrasperke en skadunette voor graad 1-klasse R43 000 3 Geute by saal R2 000 4 “Extractor fans” in die saal Geskenk 5 Nuwe pawiljoen in die plek van die “Love Tree” R134 000 6 Skadunetafdakke op die bestaande pawiljoen R35 000 7 Verf van pawiljoene R2 000 8 Kaalvoetkafee -- vervang wasbakkaste en werksoppervlakte R15 000 9 Ouditorium -- sitplekke herstel en verbeter self 10 Veiligheidskamera- sisteem uitgebrei R10 000 11 Rugbyveld gerehabiliteer - grassooie, kunsmis en ‘n bolaag Skenkings 12 Urinaalskerms self 13 Lugversorger adjunkhoof se kantoor skenking Totaal R291 000

BEMARKING Die komitee, onder leiding van mnr Riaan Strydom en Lizette Buys, sit nie stil nie en was deurgaans bedrywig om die beeld van Tjokkies na binne en buite te bevorder. Die skool se waardes is reeds oral op die skoolgronde in die vorm van fokuspunte aangebring.

Page 4: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

4

OUERKOMITEE Me Annalize van Staden en haar komitee verdien ’n pluimpie vir hulle harde werk en suksesvolle wyse waarop hulle elke geleentheid gereël het. Dankie vir die bekwame leierskap en goeie samewerking wat onderling geheers het. Tydens die Graad 1- sportdag, en die Tjokkie-hokkietoernooi, het hulle die mooi bedrag van R70 000 gegenereer. Me Mari Fourie, sameroeper van die graad 7-komitee, het met die vleiskompetisie R105 000 ingesamel. Mnr Pieter Smit en sy komitee het R27 000 ingesamel tydens die konsertaande. Hierdie geld word jaarliks gebruik om vir die skool ’n afskeidsgeskenk te koop en vanjaar word dit geskenk om die nuwe pawiljoen te finansier. ’n Naamplaat word eersdaags daar aangebring om erkenning aan die Gr 7-klas van 2018 te gee. Ons opregte waardering aan al die graadkomitees met hulle fyn beplanning en deeglike uitvoering van al die projekte. Baie dankie aan hierdie lojale ouers wat met hulle dienswillige leefwyse diep spore in mense se harte en op die skoolgronde getrap het. LEERDERROL Ons skoolrol staan tans op 860 leerders en alles dui daarop dat ons ongeveer 870 in 2019 sal wees. MIDDAGSTUDIE Ons middagstudie akkommodeer tans 220 leerlinge. Tans is daar 9 dames wat die fort hou. Ons opregte waardering aan me Alta van Heyningen en haar span wat met goeie sorg en toewyding na die Tjokkies, wat heeldag by die skool bly, kyk. Dit verg ‘n fyn aanvoeling om ‘n veilige omgewing te skep waarbinne die kinders gekoester kan word. Baie dankie aan elke toesighouer vir die liefde en omgee van elke kindjie. KAALVOETKAFEE Mee Méchelle Meyer en Suzette Hoogendoorn bestuur die snoepie namens die Beheerliggaam en probeer om ‘n goeie diens tot bevrediging van ons kliënte te lewer. Die winste wat gemaak word, word teruggeploeg in die verbeteringe van die skool. MA’S WAT OMGEE Hierdie klomp getroue mammas weet waar hulle krag lê en kom elke Donderdagoggend bymekaar om Tjokkies aan ons Groot Leermeester op te dra. Hulle gebedslysie bly vol, want daar is altyd ‘n onderwyser, leerlinge of ouers wat geestelike ondersteuning nodig het. JEUGWERKER Me Liezl Hiten doen wonderlike werk. Sy werk 3 dae per week by Tjokkies waar sy veral betrokke is by die geestelike en emosionele versorging van ons leerders. Sy is nou betrokke by die VCSV, Bybelsessies, saalopeninge en individuele terapie aan ons kindertjies met einas. Sy hanteer gebedsversoeke uit ons gebedeboks en met haar vriendelike glimlag, innemende persoonlikheid en as diep gelowige, doen sy koninkrykswerk. Gesprekke met ouers en aanbevelings na professionele terapeute word ook in oorleg met ons ondersteuningsdienste gedoen. Die jaarlikse VCSV-kamp wat sy reël is ook ‘n treffer en ons glo ons wen vele kinderharte vir die koninkryk van Jesus.

Page 5: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

5

LEERDERRAAD Die leerderraad het die heel eerste naweek van die jaar ‘n leerderraadkamp te Amanzi, wat deur Young Entrepreneurs aangebied is, bygewoon. Hulle het baie hierby gebaat en het ook die geleentheid gebruik om hulle aktiwiteite vir die jaar te beplan.

Die volgende aktiwiteite is suksesvol afgehandel:

• Valentynsdag • ‘n Geesvang- en spanbou-aksies is gehou. • Al die Gr.7-leerders is betrek by ‘n kreatiewe sessie waar hulle uit hernubare

hulpbronne sekere items moes vervaardig. • Vier uitreike (een per kwartaal) na die Athalia-huise vir hulpbehoewende

bejaardes is gereël en alle Gr.7-leerders kon hieraan deelneem. • Daar is ook vir die Athalia-inwoners ‘n Kersfees in Oktober gehou, waar elke

inwoner ‘n geskenkie gekry het wat deur die Gr.7-leerders opgemaak is en deel van ‘n PSW-taak was.

• Die Pretdag op 2 Junie 2018, te Tempe se Pantserskool was ‘n reuse sukses. Gesinne kon aan ‘n fietswedren en kaskarresies deelneem. Daar was ook kosstalletjies waar verversings verkoop was en baie pryse om te wen.

• Tydens ‘n Blikkieskos-insameling is 2 000 blikkes, nie-bederfbare voedsel, ingesamel en aan die gemeenskap geskenk.

• Daar word ook bokse en bokse klere ingesamel vir die Street Store-projek wat in Bloemfontein gehou word. Van die Gr.7-leerders het gehelp met die uitdeel daarvan.

• Die leerderraad versier elke Maandag die voorportaal met n blomme rangskikking.

• Bederftee’s is kwartalliks vir die onderwysers aangebied om hulle te bedank vir alles wat daar vir die Tjokkieleerders gedoen word.

• Hulle doen diens gedurende pouses as deel van hulle pligte. • Gedurende Lentedag word die stoepe opgehelder met vlaggies en blomme. ‘n

Oulike tema was aan die Tjokkieleerders gegee om klere van herwinbare materiaal te maak en aan te trek. Die leerling met die mees oorspronklike ontwerp het ‘n prys gekry.

• Gedagtes van meelewing was aan Personeel, wat hartseer en vreugdes ervaar het, gegee.

Baie dankie aan elke ouer en leerderraadslid wat die jaar hard gewerk het om Tjokkies lekker te maak vir mekaar en ander.

Veiligheid Veiligheid van ons leerlinge, personeel en ouergemeenskap bly vir ons ‘n prioriteit en ons streef deurgaans daarna om voorkomend op te tree. Die komitee vergader kwartaalliks onder leiding van mnr Nicolaas Slabbert, voorsitter. Mnr Harry Lewis, veiligheidskonsultant, staan ons by en adviseer ons waar nodig. Ons werk ook nou saam met Universitas GPF en Parkwegpolisie en veral kaptein Jones van die SAPD se helpende hand word opreg waardeer. Noodontruimings was kwartaalliks ingeoefen om die leerders en personeel paraat te hou vir enige gebeurlikheid.

Page 6: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

6

Ons veiligheidswagte verrig ‘n reuse taak en hulle sigbaarheid is van groot waarde. Flip Venter is reeds vir 8 jaar getrou op sy pos en werk bitter lang ure om na ons Tjokkies se veiligheid om te sien. Ons is groot dank aan hom verskuldig. Die skool huur ook ekstra veiligheidpersoneel om ons motors tydens aandfunksies op te pas. Behalwe ‘n paar armfrakture en snywonde is ons dankbaar dat daar geen ernstige gevalle gedurende die jaar was nie, en daarvoor dank ons ons Hemelse Vader. AKADEMIE: Dit is lekker om deur die hand- en werkboeke van ‘n suksesvolle akademiese jaar te blaai met die wete dat ons leerlinge geseën is met goeie vermoëns en baie talente. Die implementering van KABV (CAPS), wat enkele jare gelede tot beleid verklaar is, verg steeds sekere skaafwerk en uitdagings, maar in die geheel gesien het die onderwysers dit onder die knie en slaag ons daarin om ons leerlinge te leer om selfstandig en kreatief te werk en deel te word van ’n produktiewe ingesteldheid. Die klem word veral op addisionele materiaal en hulpmiddels gevestig, ten einde `n kompeterende standaard te bewerkstellig. Die SAOU het `n navorsingsprojek geloods oor hoofstuk 4 van die KABV, wat handel oor assessering. Opvoeders van regoor die land se kommentaar en terugvoer is versamel ten einde moontlike verbeteringe ten opsigte van assessering oor die huidige kurrikulum aan te bring.

Deur die loop van die jaar het ons besoeke van Departementele Fasiliteerders ontvang wat hulle waardering uitgespreek het teenoor die Tjokkie-onnies vir hulle aanpasbaarheid, kreatiewe denke en passievolle onderrig. Die onderwysers se gebruik van tegnologie, as hulpmiddel in die klasse, word ook hoog aangeslaan deur onderwyskundiges. Die Beheerliggaam word bedank vir die ruim begroting ter ondersteuning van akademiese uitnemendheid. Elke klas is toegerus met die nodige tegnologie en veiligheid om ons taak na die beste van ons vermoë te verrig. Ons is dankbaar teenoor die SOAU, ons vakbond, en FEDSAS wat deurlopend gehalte opleiding- en inligtingsessies gehou het om ons onderwysers op hoogte van die nuutste verwikkelinge te hou. Van ons leerlinge het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en ons skool met onderskeiding verteenwoordig. WISKUNDE Nautilus: Al die graad 4 - 7 leerders wat deur die jaar deelgeneem het, het besonder goed gevaar met verskeie eerste, tweede en derde plekke in hulle verskeie grade. Waldo Slabbert in graad 4, Jana Rossouw in graad 6, Wilandré vd Walt in graad 7 is leerders wat die pas aangegee het in hul verskeie grade. VS-NK Wiskunde Uitdaging: Al die graad 3-7 leerders het hierdie jaar weer die geleentheid gekry om die uitdaging te skryf. Die leerders het dit baie geniet en die volgende besondere prestasies is behaal:

Page 7: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

7

Graad 3: Wian Burger - Algehele 11de plek Corli Liversage - Algehele 11de plek Meninke Strauss - Algehele 11de plek Graad 4: Jenna du Plessis – Algehele 6de plek Graad 5: Celeste Owen - Algehele 1ste plek Elena Kriel - Algehele 1ste plek Liam Liversage - Algehele 1ste plek Graad 6: Jana Rossouw – Algehele 1ste plek Wildré Lloyd - Algehele 6de plek Elanie Vosloo - Algehele 18de plek Graad 7: Wilandré vd Walt - Algehele 1ste plek Cara Stevens - Algehele 9de plek Gerhardus J v Rensburg - Algehele 9de plek South African Mathematics Challenge (SAMC) Al die graad 4-7 leerders het hierdie jaar weer die geleentheid gekry om hierdie uitdaging in pare van twee te skryf. Die pare het ‘n sertifikaat ontvang indien hulle bo 50% vir die vraestel behaal het. Bronssertifikaat bo 50%. Silwer sertifikaat bo 60%. Gouesertifikaat bo 80%. Die leerders het dit baie geniet en die volgende besondere prestasies is behaal: Graad 4: I. Carstens & T. Hoffman - Brons sertifikaat L. Stevens & H. Lintvelt - Brons sertifikaat M. Greeff & R. Joubert - Brons sertifikaat W. vd Berg & D. Lamprecht - Brons sertifikaat Graad 5: L. Nortjé & T. Steenkamp - Brons sertifikaat E. Oosthuizen & L. le Grange - Brons sertifikaat L. Liversage & R. Becker - Brons sertifikaat E. Kriel & J. Visser - Brons sertifikaat M. Vorster & J. vd Walt - Brons sertifikaat R. Jacobie & J. vd Walt - Brons sertifikaat E. Niemand & C. Nolte - Brons sertifikaat J. Helmand & D. van Jaarsveld - Brons sertifikaat L. de Villiers & N. Viljoen - Brons sertifikaat C. Momberg & N. Coetzee - Silver sertifikaat V. Müller & A. de Bruyn - Silver sertifikaat T. Rossouw & T. Tiedt - Goue sertifikaat Graad 6: G. Nel & J. Groenewald - Brons sertifikaat R. Benade & R. du Preez - Brons sertifikaat D. Kruger & A. Pienaar - Brons sertifikaat A. Lamprecht & K. Annandale - Brons sertifikaat W. Lloyd & H. van Zyl - Silwer sertifikaat L. Usher & A. van Rooyen - Silwer sertifikaat A. Willemse & B. Calitz - Silwer sertifikaat C. Froneman & R. vd Merwe - Silwer sertifikaat

Page 8: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

8

E. Vosloo & L. vd Merwe - Silwer sertifikaat S. Malherbe & L. Jacobs - Silwer sertifikaat G. van Burick & A. Claassen - Silwer sertifikaat A. Hattingh & D. Hoffmann - Silwer sertifikaat W. Brits & M. Marais - Silwer sertifikaat R. Roelofse & A. Horn - Silwer sertifikaat Z. Wiid & J. Theunisen - Silwer sertifikaat J. Rossouw & Z. du Plessis - Goue sertifikaat Graad 7: L. van Jaarsveld & D. J v Vuuren - Brons sertifikaat B. Shaw & M. Taylor - Brons sertifikaat W. vd Walt & R. Fourie - Silwer sertifikaat M. Smit & A. Griesel - Silwer sertifikaat G. van Rensburg & R. vd Berg - Silwer sertifikaat PO LEUNG KUK 21e Laerskool Wêreld-Wiskunde kompetisie: Graad 7 – Cara Stevens & Wilandré vd Walt het die Vrystaat en Noord-Kaapspan, wat uit 4 spanlede bestaan, in Hong Kong in Julie 2018 gaan verteenwoordig. Gerhardus J v Rensburg was ook die eerste reserwe vir hierdie span. Graad 6 – Leerders wat onder die top 10 geëindig het. • Jana Rossouw • Wildré Lloyd Graad 5 – Leerders wat onder die top 10 geëindig het. • Thomas Rossouw Graad 4 – Leerders wat onder die top 20 geëindig het. • De Villiers Lamprecht • Thiamé Hoffman • Waldo Slabbert • Christoff Crous • Lienke Lloyd • Jenna du Plessis Wiskunde- en Wetenskap-in-Aksie: Die volgende Graad 6 en 7 leerders is uitgenooi na ‘n Pretdag wat op die 15de September by die Universiteit van die Vrystaat aangebied is as gevolg van sy/haar prestasie. Graad 6 : Wetenskap-in-Aksie Drikus Gibbons Graad 7 : Wetenskap-in-Aksie Cara Stevens Graad 6 : Wiskunde-in-Aksie Jana Rossouw Graad 7 : Wiskunde-in-Aksie

Page 9: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

9

Miané Smit Michelle Fleming Gerhardus J v Rensburg Cara Stevens Marlé van der Merwe Ons is werklik trots op al ons seuns en dogters en gee graag erkenning vir harde werk. REKENAARSENTRUM Dit was weereens ‘n goeie jaar vir Tjokkies se rekenaarsentrum. Onderhoud aan die

sentrum se rekenaars is beperk tot die vervanging van komponente van 'n aantal

masjiene sowel as die vervanging van ouer masjiene.

Die bediener (Server) is gedurende die jaar opgegradeer danksy ’n groot skenking van

’n dokter by ‘n hospitaal. Die rugsteunstelsel is ook opgegradeer om te verseker dat

geen data verlore gaan nie. Rugsteun van data word daagliks van al die

administratiewe rekenaars, en die Kleuterskool gedoen en gestoor.

Ons het die stelsel verder aangepas dat onderwysers vanaf hulle huis toegang tot hulle

rekenaar by die skool het. Die nodige sekuriteit is in plek gebring, sodat daar nie

ongemagtigde toegang na ons netwerk kan wees nie.

Ons ondersoek na ‘n Wi-Fi-stelsel vir die skool is afgehandel en die Beheerliggaam het

die kwotasie van R50 000 reeds goedgekeur. Hierdie gerief sal dit vir die onderwysers

moontlik maak om tegnologie-applikasies meer toeganklik as hulpmiddel in die klas te

gebruik. Die nodige veiligheidsmaatsreëls is ook in plek dat die leerlinge nie toegang

daartoe het nie.

Opvoedkundige sagteware wat die CAPS-leerplan ondersteun word gebruik waarvan die

resultate elke kwartaal aan leerkragte beskikbaar gestel word. Naslaanprogramme

word tans gebruik vir navorsing en take. Daar word jaarliks, in samewerking met ons

leerkragte, na al die sagteware gekyk ten einde te verseker dat ons op hoogte en in

pas bly met nuwe verbeterde programme vir ons leerders.

MEDIASENTRUM Tjokkies beskik oor ‘n goed toegeruste biblioteek. Die Dewey-stelsel is vanjaar op die mure aangebring om die soektog na enige boek te vergemaklik. Die biblioteek is nou ten volle elektronies en boeke word ingeskandeer vir uitleen en terugbesorg. Dit maak die opsporing van uitgeleende boeke baie makliker. Alle boeke in die biblioteek is ingelees en word deurlopend gemonitor vir ingeval ‘n boek dalk oorgeslaan is. Leerders is bevoorreg om in ‘n vrolike omgewing daagliks die genot van boeklees te geniet. Baie dankie aan die Media-assistente wat dwarsdeur die jaar ure in die bliblioteek spandeer en uitstekende werk gelewer het.

Page 10: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

10

INLIGTING-KOMMUNIKASIE –EN TEGNOLOGIE Primêre Skool Universitas spog met ‘n ten volle toegeruste rekenaar en televisieskerm in elke klaskamer. Onderwysers gebruik tegnologie op kreatiewe maniere om leerders by die leerproses te betrek. Tegnologie kan nie die onderwyser in die klaskamer vervang nie en dien slegs as ‘n hulpmiddel vir meer doeltreffende leer. Tjokkies beskik oor ‘n ICT-span van toegewyde personeellede wat gedurig maniere ondersoek waarop leerders op ‘n nuwe en interessante wyse kan leer. Gedurende 2018 het die ICT-span tabletopleiding deur FSDOE ontvang en elke grondslagfase klaskamer is toegerus met ‘n tablet waarop onderwysers die leerproses meer interaktief kan maak. In graad 5 is die gebruik van interaktiewe witborde ook ondersoek. Talle ander toeps is ook gedurende die jaar ondersoek en met die ander personeellede gedeel. Ons hoop om in 2019 nog interessante maniere van leer te vind deur die gebruik van tegnologie. ONDERSTEUNINGSONDERRIG In die Grondslag-, Intermediêre- en Seniorfases word leerders met leerhindernisse in gesyferdheid, geletterdheid, asook perseptuele vaardighede so gou moontlik geïdentifiseer. Indien leerders moet inskakel by ondersteuningsonderrig, word hul verwys na voorligtingsielkundiges vir evalueringstoetse en indien nodig vir ander terapie waaroor die skool nie beskik nie. In sekere gevalle, waar ons opmerk dat ‘n leerder nie suksesvol vorder met ons ondersteuningsprogram nie, word die leerder verwys vir moontlike inskakeling by Gespesialiseerde Onderwys. Die proses word altyd in samewerking met die ouers, terapeute/sielkundiges/neuroloë, skool se ondersteuningspan, asook die inklusiewe onderwysdepartement se ondersteuningspan gedoen. Gesyferdheid in al die fases verleen vele geleenthede tot ontwikkeling. Die vrees wat by leerders ontstaan vir gesyferdheid, word oorkom met die aanleer van vaardighede soos abstrakte denke en redeneervermoë, insig en probleemoplossings, visuele integrasie met konkrete hulpmiddels, asook deursettingsvermoë. Geletterdheid sluit in die ontwikkeling van lees-, spel- en skryfvaardighede. Leerders word gelei om die inhoud te ontdek en te verken, asook om met insig en begrip te lees. Leesmetodes en spelreëls speel ‘n deurslaggewende rol in elke leerder se taalontwikkeling en ‘n liefde vir lees en spel word gekweek. Met die verskeidenheid van programme en metodes wat die skool bied, word die leerder geleer dat lees interessant is en word hulle aangemoedig om dit te geniet. Daar word deurentyd aandag gegee aan die ontwikkeling van perseptuele vaardighede, aangesien dit die grondslag vorm van gesyferdheid en geletterdheid. Tydens 2018 het ons ondersteuningsprogram bestaan uit verskeie hulpmiddels, individuele werkstasies, ‘n hindernisbaan om groot motoriese ontwikkeling te bevorder, asook die ontwikkeling van perseptuele vaardighede. Werkswinkels, asook inligtingsessies, aangebied deur kundiges, word gereeld bygewoon wat deel vorm van ons personeel se persoonlike ontwikkeling en strewe ons nog meer daarna om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. In die Terapiekamer word gedrags- en emosionele probleme aangespreek en die nodige terapie toegepas. Die leerders word gehelp om vaardighede aan te leer om sodoende

Page 11: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

11

hul emosies beter uit te druk en te hanteer. Ons jeugwerker, Me Liezl Hiten, speel ‘n groot rol om van hierdie probleme te help oplos en ondersteuning te kan bied waar nodig. In die terapiekamer word ook evaluerings en toetsings gedoen deur sielkundiges, opgeleide persone en terapeute. Spraakterapie word op ‘n weeklikse basis deur Me Esthie van Vuuren aangebied. KULTUUR

Koerant: Op die voorblad van die Junie-uitgawe is ‘n pragtige foto van ‘n groep kleuters wat hul uitstappie na die Bloemfontein Gholfbaan gate uit geniet. Verder word berig oor die rugbyveld wat na goeie reën in April pragtig groen was. Vanaf bladsy 2 tot 4 kon lesers meer te wete kom oor Tjokkies se leesgewoontes, entrepreneursvaardighede en kampe wat bygewoon is. Die Kleuterskool berig op bladsy 5 tot 8 oor, onder andere, klein Tjokkies se maskerpiekniek en tentedag. In die GSF-afdeling kon, onder andere, gelees word oor Gr 1’s se vier stelle tweelinge, hoe lekker grootskool is en hoe aktief hierdie klein Tjokkies is. Op die laaste twee bladsye is verslag gedoen oor rugby, swem, atletiek en netbal. U kan uitsien na die tweede uitgawe teen einde November waarin u vir oulaas sal kan lees oor Coomie Conka se Tjokfabriek. Die redaksie wat hard werk om elke uitgawe met interessante leesstof beskikbaar te stel is: Redakteur: Leonie Corbett Sub-redakteur Tjok-kleuters: Jomy Lombaard Sub-redakteur Tjok 1-2-3: Chantal Janse van Rensburg Sub-redakteur Sport: Lianza Grobler Addisionele lede: Joans Bezuidenhout en Nico Buys Pom Pons: Die pompongroep het uit 20 graad 2 en 3 leerders bestaan. Hulle het Tjokkies se naam hoog gehou by verskeie optredes. Hulle kan ook weer spog met ‘n A+ wat hul by die Rivistakompetisie ontvang het. VCSV: Die VCVSV kom op Donderdae, tydens langpouse, bymekaar om die Here te loof en prys. Die hoogtepunt van die jaar is beslis die VCSV kamp by Retiefkampterrein onder leiding van Doxa Deo se jeugleiers. Ek staan verstom hoe mooi en eenvoudig die boodskap oorgedra word en hulle lewer ook ‘n produksie wat diep tot die kinders se harte spreek. Seniorkoor: Die Seniorkoor het hierdie jaar gespog met ‘n ledetal van 90 leerders. Op uitnodiging van Pellissiergemeente het ons by hul familiefees gaan deelneem en weggestap met ‘n eerste plek. Die foyeroptrede by Doxa Deo was vir die leerders ‘n hoogtepunt. Ons laaste optrede vir die jaar is op 5 November met die Kyknetopname. Ongelukkig moes ons hierdie jaar afskeid neem van Mnr. Philip Marais. Ons vertrou die Here vir die regte persoon om sy skoene volgende jaar vol te staan.

Page 12: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

12

Musiek: Die Tjokkieleerders het hierdie jaar weereens uitstekend presteer op musikale gebied. Gedurende die St Michael’s Festival in Meimaand het 168 leerders deelgeneem in 82 verskillende items. Hulle het 1 A+++, 14 A++, 40 A+, 25 A en 2 B+ simbole behaal. Harde werk is beloon!

Me. Maretha Steyn ontvang ‘n sertifikaat vir uitstaande klavieronderrig van UNISA na aanleiding van die praktiese eksamenuitslae van 2017. Vir hierdie prestasie moet 10 of meer leerders ingeskryf word vir die praktiese eksamen en die hoogste 10 leerders moet ‘n gemiddelde persentasie van meer as 80% behaal. Na afloop van hierdie eksamensessie is die volgende leerders dan ook op UNISA se ererol vir uitblinkers geplaaas, nl. Lohan Nortjé (92%), Bea Calitz (91%), Jana Helmand (90%) en Lienka Stevens (90%). Me Maretha het aan die einde van die tweede kwartaal bedank. Me René Burger is tydelik tot aan die einde van die jaar in haar plek aangestel.

Die UNISA klaviereksamens vir 2018 is ook reeds afgehandel en hier het die Tjokkies weer nie teleurgestel nie. Ansje Bekker het die hoogste punt behaal, naamlik 96%.

Na afloop van die UNISA teorie-eksamens in November 2017, is Deahané Lubbe op UNISA se ererol vir uitblinkers geplaas met haar uitstekende punt van 95%.

Die 2018 UNISA teorie-eksamens se uitslae word eers aan die einde van November bekend gemaak.

Gedurende Oktobermaand neem 32 leerders deel aan die Bloemfontein Blokfluitvereniging se Blokfluitfees op die kampus van die UV, saam met ander skole van die stad, sowel as leerders van Kimberley. Hier kry hulle geleentheid om in orkesverband, onder leiding van ‘n dirigent, op te tree.

Deur die loop van die jaar het verskeie leerders geleentheid gekry om by die onderskeie grade se debatoggende op te tree, asook by die Gr 1 Verwelkomingsaand.

Voortrekkers: Ons Voortrekkerkommando het ons slagspreuk vir 2018 naamlik “Voortrekkers Kan!”, uitgeleef en van krag tog krag gegaan. Ons is tans die Kommando met die grootste aantal jeuglede in die Vrystaat. Van ons hoogtepunte sluit die Kommandokamp en die Spesialisasiedae in. Ongelukkig kon ons fliek- en speletjiesaand nie plaasvind nie a.g.v. die weer. Die onderskeie Gebiedskampe te Doornkloof is deur 80 Voortrekkers bygewoon. Tjokkies maak hul merk deur hul teenwoordigheid en goeie Tjokkie-maniere.

Die 15 P.D. Voorslagknoop-kandidate het gewys dat hul weet van koershou en aanhou. Met hulle mooi uitslae (14 goud en 1 silwer) het hulle ons kommando trots gemaak.

Ons het groot waardering vir elke ouer wat dit moontlik maak dat u kind deel kan wees van Voortrekker wees.

Juniorkoor: Hierdie GSF-maats, onderleiding van me Jana Stoltz, het `n pragtige CD uitgereik asook ‘n paar optredes gehad. Baie dankie aan Du Preez Stoltz wat die koor bystaan tydens hul optredes deur die klank te verskaf.

Page 13: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

13

Ritmegroep: Die spontane, energieke en borrelende dansgroep bestaande uit 46 lede, het vanjaar geskitter in hul optredes. Optredes soos Kruitberg se Musiekfees in die Kovsiekerk, asook Fichardtpark Primêr se Revueaand was eerste aan die beurt.

Die hoogtepunt was egter hulle optrede by die Revue- en Trompoppiefees in die Sand du Plessis Teater waar die Tjokkies vir tweede jaar in ‘n ry, as algehele wenners van die aand aangewys en verower daarmee ‘n kontantbedrag en ‘n trofee.

Die groep vaar ook uitstekend by die Rivistakompetisie wat by Böhmer Sekondêre Skool aangebied is, waar ‘n punt van 87% A+(goud) behaal is. Op 5 November 2018 lewer die Ritmegroep hul laaste optrede vir die jaar tydens KykNET se opname by Tjokkies.

Voorwaar ‘n spoggroep en trots vir Tjokkieland!

Sprekers: Die redenaarskompetisie vir graad 6 en 7 het in Maart plaasgevind. Die ATKV se temas is gebruik. Elke spreker moes sy eie onderwerp uit die tema formuleer. Die temas was uurglas, hoop en teken. Die ATKV-kompetisie het gedurende Meimaand plaasgevind. Marné Botes en Marlé van der Merwe het na die volgende rondte deurgedring. Marné eindig onder die Top 10 in die Vrystaat. Gedurende Junie het graad 4 en 5 deelgeneem. Die ATKV temas is ook hier gebruik. Die temas was smaak, vingers en drup. Van die leerders het ook aan die ATKV-kompetisie deelgeneem. Nie een het na die volgende rondte deurgedring nie, maar het hul goed van hul taak gekwyt.

Gedurende Augustus het graad 1 – 3 deelgeneem. Wat die dag besonders maak, is dat die hele program aangebied word deur die Grondslagfase leerders. So word selfvertroue gekweek en vaardighede ontwikkel. Die ATKV-temas is ook hier gebruik. Die temas was goud, druppeltjies en miere. Juandré Rowe-Rowe het aan die kompetisie deelgeneem. 18 Oktober neem Marné Botes en Heini Bisschoff aan Willem Postma se kompetisie deel.

Konsert: Ons het ‘n pragtige produksie op die planke gebring wat net weereens getuig van goeie spanwerk. Die kostuums, musiek en danspassies het gehore elke aand betower. Welgedaan Tjokkies! SPORTVERSLAG 2018 Atletiek Die Kleure-atletiek was ‘n groot sukses en die skuif van die datum van Oktober na Janaurie het dit moontlik gemaak dat die GR 1 leerlinge ook kon deelneem. Vyf-en-negentig atlete neem aan die Zonebyeenkoms deel in Februarie waarvan vier-en-vyftig deurdring na die Motheobyeenkoms. Tydens die Fichardtparkbyeenkoms verbeter Inge Pretorius die verspringrekord vir D0/13 en word aangewys as die Beste Verspring Dogter by die byeenkoms. Mienke Delport ontvang die toekenning vir die Beste Hekkies Dogtersatleet (10-13jr). Tjokkies skitter tydens die Motheobyeenkoms. Ses-en-twintig atlete kwalifiseer hier vir die Vrystaatbyeenkoms. Die volgende rekords word verbeter: D 0/10 Verspring - Robyn

Page 14: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

14

Viljoen en D 0/13 Verspring - Inge Pretorius. Tjokkies ontvang ook die skild vir Beste 0/10 Dogtersgroepe by die byeenkoms. Die volgende atlete word in die Vrystaatspan opgeneem: D0/13- Mienke Delport Inge Pretorius Miane Smit Me Joans Bezuidenhout is as naelloop- en aflosafrigter verkies. Baie geluk aan haar en ons atlete. Tjokkies se atlete het hul goed van hul taak gekwyt by die SA Kampioenskappe in die Paarl. Miané Smit het ‘n bronsmedalje in die Spiesgooi huistoe gebring . Inge Pretorius het ‘n 5de plek in die Verspring behaal en Mienke Delport het brons in die aflosspan losgehardloop. HOKKIE Tjokkies het weereens vanjaar ‘n baie goeie hokkieseisoen beleef. Nagenoeg vierhonderd-en-tagtig kinders het vanjaar ingeskryf vir die hokkieseisoen. Ons het agt-en-veertig spanne van Gr. 1 tot O/13 in die vriendskaplike liga ingeskryf. Die seisoen was sewe weke lank en ses wedstryde is gespeel. Behalwe vir ons eie McTjokkie Hokkie Festival 2018 het Tjokkies ook aan die Eunice en Jim Fouche- toernooie deelgeneem. By Eunice het hoofsaaklik A en B-spanne gespeel, terwyl die laer spanne kans gekry het om by die JF-toernooi te speel. Daar is gepoog om elke speler speelkans te gee by die McTjokkie Hokkie Festival 2018. MacDonalds wat ons hoofborg was, het die dag opgehelder met hulle speletjies, tente en pryse wat uitgedeel is. Vanjaar het die UFS hulle nuwe vyf-aan-‘n-kantveld gratis aan on beskikbaar gestel en kon ‘n addisionele kompetisie vir die O/13 spelers daar aanbied. Die O/13A hokkiespanne het van 23 tot 25 Augustus aan die Eddie Walkertoernooi, wat deur Curro St. Conrad’s College aangebied is, in Klerksdorp deelgeneem. By hierdie toernooi het die dogters 5de geëindig en die seuns 4de. Die volgende spelers was ingesluit in die SVS-spanne wat in die Junievakansie aan verskeie toernooie deelgeneem het:

O/13 A seuns Arno Griesel O/13 B seuns Luhan van der Westhuizen O/13 B dogters Miané Smit Mia Ceronio O/12 A seuns Wilandré Lloyd Danrich Hoffman Riaan Benade Juanco Botha (ADHOK leerder) O/12 B seuns IJ Jonker

Aidan Hatting

Page 15: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

15

Vier van ons skool se hokkie-afrigters, Ursula Helberg, Elsabé Claassen, Kenny Khetsi en Marissa Laing tree as keurders by die Suid-Vrystaatproewe op. Kenny Khetsi is as afrigter van die 0/12A SFS seuns aangewys en Marissa Laing as afrigter van 0/12A SFS dogters. KRIEKET Die krieketseisoen het goed afgeskop. Ons ligaspanne was deur die bank uiters mededingend en kompeterend in die onderskeie ligawedstryde. Tjokkies se onder 13 A-krieketspan het deelgeneem aan Jordania se ses-aan-‘n-kant toernooi en het hul briljant van hul taak gekwyt. ‘n Privaat krieketakademie, onderleiding van mnre. Hermann Davin en Tian Benecke word by Tjokkies aangebied. Die ekstra blootstelling tydens die wintermaande dra daartoe by dat spelers se vaardighede en vermoëns ooglopend verbeter. Die afgelope jaar het `n verskeidenheid van hoogtepunte en prestasies opgelewer. Sewe van ons spelers is ingesluit in die Mangaung Metro Krieketstreek, wat die afgelope vakansie in Welkom aan die Vrystaat Krieketproewe deelgeneem het, nl:

O/11A: Lohan Nortjé o/11B: Adriaan de Necker RG Vorster O/13A: Ricu van der Bergh RJ Fourie O/13B: Miané Smit Dale Williams

Ricu van der Bergh het twee allermuntige honderdtalle gemoker. In `n voorafwedstryd teen Oos-Vrystaat het hy 115 van 112 balle geslaan en tydens die Vrystaat-toernooi het hy in ‘n wedstryd teen Verre Noord die kolf laat seëvier met ‘n 141 van 128 balle, nie uit nie. Die kersie op die koek is die feit dat die enigste roos tussen al die dorings, Miané Smit, nie net op meriete vir die Mangaung Metro Krieketstreek gekies is nie, maar ook ingesluit is in die O/13 A-Vrystaatspan vir dogters. Om alles te kroon is Ricu van der Bergh en Dale Williams ook ingesluit in die Vrystaat O/13 A-krieketspan wat die einde van die jaar aan die Nasionale Krieketweek in Benoni gaan deelneem. Mnr Ryno Eckard is gekies as O/13 B spanbestuurder van die Mangaung Metro Krieketspan en mnr Hermann Davin is gekies as keurder by die O/11 groep. Veels geluk aan hierdie twee menere en nogmaals dankie vir die harde werk en toewyding op provinsiale vlak. Mag ons die “foutballe” van 2018 agter die rug sit, ons verlustig in die wete dat die dag van môre ‘n nuwe beurt sal oplewer.

Page 16: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

16

NETBAL Die jaar 2018 was ’n hoogtepunt vir Tjokkies se netbal gewees. Die O/7 – O/13 spanne het elkeen ’n A- tot D-span ingeskryf vir die A-liga. Tjokkies se juniornetbalspanne het gedurende die seisoen aan verskeie Mini-Netbaltoernooie deelgeneem. Tjokkies bied ook ons eie Mini-Netbaltoernooi aan. Daar het altesaam 65 spanne ingeskryf vir hierdie toernooi. Die ouderdomsgroepe O/7 – O/9 speel Mini-Netbal. Die netbalspelers begin hulle voorseisoen deur aan die aandliga by Willem Postma deel te neem. Die ouderdomsgroepe O/11 tot O/13 het aan hierdie liga deelgeneem. Gedurende die eerste kwartaal het ons O/10 A/B tot O/13 A/B-spanne by Bloemfontein Laerskool aan die Itec-toernooi deelgeneem. Ons O/10 A, O/12 A en O/13 A-spanne was die trofee-wenners. Die O/12 A en B en O/13 A en B-spanne het ook aan die PBS-Netbaltoernooi deelgeneem. Die O/12 A en B, asook O/13 A-span wen elkeen hulle onderskeie afdelings. Hierdie twee toernooie is goeie voorbereiding vir die netbalseisoen wat voorlê. Die O/13 A-netbalspan is genooi om aan die Wilde Klawer Toernooi in Kimberley deel te neem. Tjokkies speel teen verskeie ander spanne, wat hulle goed voorberei vir die liga wat voorlê. Saterdag, 14 April 2018, neem ons O/7 tot O/13-spanne aan verskeie netbaldae deel. Tjokkies het die voorreg gehad om die Graad 1-netbaldag aan te bied. Die Vrystaatproewe is hierdie jaar by Universitas aangebied. Die volgende spelers word ingesluit in die Vrystaatspan. • O/13 Mienke Delport • O/12 Ansuné Humpfries Miané Smit Annezelle Wessels Roechelle van der Merwe Lee-Ann Usher Jana Rossouw Die O/13 A en O/12 A span eindig tweede tydens die Vrystaat uitspeelwedstryde en kwalifiseer om aan die SA-Primêre Skolenetbal te gaan deelneem wat vanjaar in Bloemfontein gehou is. Albei spanne het goed gevaar en hulle staal gewys tydens die SA-Kampioenskappe. Liga-uitslae: Die volgende spanne was onoorwonne tydens die liga: O/11 C - Dorette Smith O/12 C - Lianza Grobler O/12 B - Karen Marais O/12 A - Joans Bezuidenhout Tjokkies se netbalafrigters kwalifiseer elke jaar op ’n hoë vlak en woon reëlbesprekings en afrigtingsklinieke by. Lize-Marié Oosthuizen en Dorette Smith slaag die Vlak 1-Afrigtingskursus. Karen Marais, Odette van Niekerk, Sumé Myburgh en Joans Bezuidenhout is verkies as keurders van die Motheostreek. Karen Marais en Joans Bezuidenhout tree ook as Vrystaatkeurders op. Karen Marais word verkies as

Page 17: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

17

ondervoorsitter van die Primêre Skole Netbal. Karen Marais, Odette van Niekerk en Joans Bezuidenhout is gekies op die nuwe Motheo Laerskolebestuur in Bloemfontein. Rugby Ten spyte van die afgelope jaar se droogte kon Tjokkies tog daarin slaag om produktief op die effense groenigheid besig te wees. Die harde veld het ook sommer gemaak dat ons seuns bietjie yster kon wys. Veral die O/9 en O/11 ouderdomsgroepe het uiters goed gevaar in hul onderskeie ligas. Al die beskikbare afrigters by die skool is ingespan om die spelers die nodige vaardighede aan te leer. Tjokkies het weer vanjaar buite-afrigters, wat hoofsaaklik studente is, gebruik om te help met die afrigting van ons spelers. Die O/13A-spanne en O/11A-spanne het vir die tweede agtereenvolgende jaar aan die Bethlehem Rugbytoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi, wat gedurende Paasnaweek plaasgevind het, was uiters suksesvol en ons spanne het baie daarby gebaat. Die O11A span het baie goeie rugby gespeel en het, op aantal wedstryde gewen, gelyk tweede geïndig in die toernooi. Tjokkies het weer ‘n paar provinsiale spelers in 2018 opgelewer nl: O/12A: Philip Erasmus; I.J. Jonker; Dale Williams O/13B: Ricu van der Bergh; Stefan Venter O/13A: Luan Calitz Mnr Neels Gunter is ook verkies as bestuurslid van die Vrystaat Laerskole se Uitvoerendekomitee vir 2018/2019. Die Rugby-akademie wat in 2016 begin is onder leiding van mnr Hendrik Ras vind steeds op Vrydagmiddae plaas en ouers is welkom om hom te kontak indien u belangstel. Ons opregte dank aan al ons rugbyborge vir die jaar. Sonder u bydrae sal dit nie vir ons as skool moontlik wees om altyd kompeterend op die veld sowel as weg van die veld te wees nie. Mag Tjokkies se rugby van krag tot krag gaan. Skaak Skaakoefeninge is goed deur Tjokkie-leerders ondersteun en daarom kon ons hierdie jaar vier spanne vir die liga inskryf. Wedstryde het in die tweede kwartaal plaasgevind. Daar was twee juniorspanne en twee seniorspanne wat deelgeneem het. Die twee juniorspanne het altwee eerste plekke in hul onderskeie ligas behaal en was dus bekerwenners. Die 2 seniorspanne het derde in hulle onderskeie liga geëindig. Die juniorspan was ook die blitsskaak-kampioene. Leerders het ook gereeld deelgeneem aan toernooie en die skool kan dus trots wees op al die spelers wat vir die Vrystaatspan gekies is. Hulle is: 0/10: Reinhardt Bezuidenhout 0/10: Eckhard Hattingh 0/10: Corli Liversage 0/12: Heinrich Geyser 0/12: Wian Griesel

Page 18: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

18

0/12: Liam Liversage 0/14: Arno Griesel 0/14: Gerhardus J. v. Rensburg Swem Tjokkies se swemmers is in verskeie groepe ingedeel a.g.v. die groot hoeveelheid swemmers. Ons skoolgala was ‘n groot sukses. Die rasieleiers het hulself oortref en baie kinders is gemotiveer om deel te neem. Die vooraf oefening van liedjies maak dat almal lekker saam kan sing tydens die gala. Leerders, sowel as ouers, het die dag baie geniet. Na afloop van die gala is Anieke Helmand aangewys as die Victrix Ludorum en El-Jay Linde as die Victor Ludorum in die seniorfase. Die grondslagfase se beste swemmers was Caileigh de Beer en Luke Dreyer. Verskeie skole soos Willem Postma, Jakobsdal, Brandfort en Trompsburg was genooi om aan ons intergala deel te neem. Hier het ons Tjokkieswemmers ook baie mooi presteer. Heelwat leerders is ingesluit in Tjokkies se swemspan wat aan die Suid-Vrystaat Swemkampioenskappe deelgeneem het. Altesaam 15 swemmers verwerf Suid-Vrystaat erkenning en neem deel aan die Vrystaat Swemkampioenskappe. Drie leerders is in die Vrystaat Swemspan ingesluit wat van 9-14 Desember gaan deelneem aan die SA Swemkampioenskappe. o/12 Nachke vd Walt (multi-class) Francisca van Rooyen o/13 Anieke Helmand Francisca van Rooyen ontvang 5 goue medaljes en was die beste o/12 dogterswemmer asook die algehele beste dogterswemmer. Sy ontvang ook die Victrix Ludorum trofee. Nachke vd Walt was die beste “multi-class” swemmer met 3 goue medaljes. Francisca van Rooyen en Renier du Preez is Tjokkies se beste swemmers. Juf Lianza Grobler is herverkies as voorsitter van die Vrystaat Laerskole Swem. Antonie Botha is verkies tot addisionele lid. Met al die prestasies wat behaal word in en om die swembad, wys dit vir ons dat Tjokkies se swemmers goed presteer. Baie van ons beginnerswemmers het hulself opgewerk, of sal ons sê opgeswem, en by swemklubs ingeskakel. Ook hier presteer ons kinders baie mooi. Tennis Tjokkies se rondomtalie het op Vrydag, 2 Februarie 2018, by Muddplein plaasgevind. Die seuns en dogters het hier teen mekaar meegeding om sodoende ‘n ranglys te kon bepaal. Ons het vanjaar een 0/14-seuns- en dogterspan in die tweedeliga ingeskryf. Twee 0/14-seuns en dogters het ingeskryf vir die Mangaung Metro Tennisproewe vir 2019 wat

Page 19: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

19

op Vrydag, 12 Oktober en Saterdag, 13 Oktober 2018 plaasgevind het. Ons hou styf duimvas vir hierdie leerders. Ongelukkig het die belangstelling in so mate getaan dat tennis nie meer die kostes en mannekrag regverdig nie en het die Beheerliggaam besluit om tennis te privatiseer. Die skool se geriewe sal steeds beskikbaar wees, maar daar sal met ‘n privaatafrigter gekontrakteer word en ouers sal derhalwe direk met hom werk. Ouers sal eersdaag volledig ingelig word. TJOKKIES PREPRIMÊR (Elsabé Claassen)

Om 2018 vas te vang in ‘n neutedop is moeilik. Alles gebeur teen ‘n tempo. Een, twee, drie en ons kleuters is groot, gereed vir die “grootskool”. Maar dis mos juis waarvoor ons werk – om elke Gr. R-kleutertjie deur middel van doelgerigte speel- en leeraktiwiteite voor te berei en te ontwikkel tot ‘n selfstandige, skoolgereed kleuter. Daarom spring ons sommer op dag een al weg met die liedjie se woorde: “Kom ons tel van een tot tien, dit maak mens slim, ja jy sal sien!” Om hierdie verslag saam te stel, begin ek ook by een: Een… staan vir net EEN skool, ons geliefde Tjokkie-skool. Ons poog om die skool as gebou en terrein, sowel as instelling, deurgaans behoorlik in stand te hou, op te gradeer, te vernuwe en te bou tot ‘n plek waar liefde seëvier en kleuters nog kleuters kan wees. Twee… staan vir twee paar helpende hande wat ons in me Tsidi en me Johanna het. Hierdie hande is nie net skoonmaak-hande nie, maar ook trooster-hande. Hul gesindheid jeens Tjokkies is noemenswaardig. Drie… staan vir God-drie-enig. In afhanklikheid van Hom dra ons daagliks ons kleuters en ons werk aan Hom op en ervaar ons Sy beskermende hand oor ons skooltjie. Vier… staan vir vier klasse. Blou, Geel, Groen en Rooi. Daar word elke juffrou se passie uitgeleef, met ‘n gemeenskaplike doel om ‘n kleutervriendelike leeromgewing te skep waar elke kleutertjie tuis kan voel. Vyf… staan vir vyf skooldae in ‘n week. Maandag moet die naweek eers afgeskud word, dan word daar voluit gewerk vir die res van die week. Bederfdae op Vrydae is steeds ‘n beloning vir harde werk en ook ‘n wyse waarop ons fondse weekliks versterk word. Ses… staan vir bes, soos in “net my beste”, wat van die staanspoor af by ons kleuters vasgelê word om Tjokkietrots te help kweek. Sewe… staan vir sewe sakke sout wat ons saam met ouers en saam met kleuters spreekwoordelik opeet, om enige kwelpunte rakende ‘n kleuter se vordering aan te spreek en uit die weg te ruim. Niks is vir ons méér belangrik, as om hulp te verleen waar nodig nie. Agt… staan vir lekker lag. Om kop bo water te hou, koester ons die humor in elke dag.

Page 20: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

20

Nege… staan vir nege van ons op die personeel, almal met spesifieke pligte en verantwoordelikhede. Opleiding en opskerping geskied deur gereelde bywoning van kursusse. Projekte word aangepak en suksesvol deurgevoer om die beeld van die skool uit te dra. Gedurende hierdie jaar het Helena Potgieter in die huwelik getree en is sy nou Helena Pienaar. Mandie Verwey het ‘n baba ryker geword en Le-André van Deventer los tans in haar plek af. Henriëtte du Toit is in ‘n oggend-assistentpos aangestel. Tien… staan vir tien uit tien vir ons Tjokkie-ouers! Ons kon weereens vanjaar staat maak op ons ouers se positiewe gesindheid en lojale ondersteuning. Die Sosiale komitee, Redaksie en Terreinkomitee het deurlopend hard gewerk en ‘n groot bydrae gelewer tot die funksionering van die skool. Die Gholfkomitee se toegewydheid jeens Tjokkies is beloon met ‘n bedrag van R83 576.85 wat ingesamel is. Dis met groot nederigheid dat ek elke Tjokkie-ouer opreg bedank vir die ondersteuning en insette deur die jaar gelewer. “’n Terugblik op die jaar wat was en ek besef – Tjokkies is nommerpas!” MEEGEVOEL Tjokkies getuig sy innige simpatie met ouers, kinders en opvoeders wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Ons is ook bewus van ouers wat tans ’n stryd teen kanker en ander siektes voer en wil hulle verseker van ons volgehoue voorbidding. BEDANKINGS My opregte dank aan;

• Ons Hemelse Vader • Mnr W Cicilie, Kringbestuurder, en later vanjaar mnr M Mothlolometsi. • Die Beheerliggaam en alle Funksionele komitees. • Ouerkomitee • Die Bestuurspan • Personeel • Tjokkies Preprimêr se personeel. • Die administratiewe personeel. • Mnr Hennie Greyling en die terreinpersoneel. • Leerderraad • Ouers • Ma’s wat Omgee vir hulle gebede. • Borge en donateurs, veral G6 een-stop motordiensstasie (Mnr Werner

Griesel), Universitas Spar (Mnr Kallie Grobler), Midasgroep (Mnr Louis J v Rensburg), McDonalds (Mnr Arno Bakkes), Cartrack (Me Yvet Rust).

• Ouers wat ruim bygedra het en anoniem wil bly. • My vrou Ansie wat Tjokkies vir 25 jaar met my moes deel.

Indien ek iets of iemand in die jaarverslag uitgelaat het, vra ek nederig omverskoning.

Page 21: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

21

TEN SLOTTE Ons groet vanaand die graad 7-leerlinge en bid hulle die Here se seën toe. Die name van die graad 7-leerlinge met die aantal jare by Tjokkies verskyn in hakies. Die sterretjie dui aan dat hy/sy die laaste Tjokkie van die gesin is. Graad 7A Dogters Seuns Zelri Badenhorst (9)* Juan Badenhorst (9) Gizelle Bekker (8)* JP Cilliers (7)* Lea Bester (7)* Andries Greyling (10)* Mia Ceronio (9)* Byron Heyns (8) Kaitlyn Cloete (4)* Ricardo Jacobie (5) Nina-Marie Cloete (8) Jaco Kirstein (10) Bernice Coetzer (7)* Jan-Hendrik Kotzé (9)* Mienke Delport (8)* Vaughn Montgomery (1)* Jeanri Els (8)* Sean Sutherland (9)* Helen Fourie (8) Damian van der Walt (4)* Stephanie Hattingh (7)* Stefan van Rooyen (8) Lize Laubscher (7)* Lené Pieterse (9)* Cara Stevens (8) Sonika Stevens (9) Marlé vd Merwe (9) Graad 7B Charlize Beylefeld (8) Adriaan Barnard (4) Marné Botes (8)* Luan Calitz (8)* Gabriëlle Cloete (9)* Francois Cloete (9)* Anria de Beer (7) Edrich Crowther (9) Zané de Villiers (8) André de Freitas (9)* Michelle Fleming (8)* Johan Dreyer (8)* Bronwen Haai (1) Hanco du Rand (8)* Janneke Joubert (7)* Dewald Jansen van Vuuren (8) Shané Nell (7)* Aiden Leipoldt (4)* Marietha Pool (7)* Coenraad Pretorius (9)* Keara Potterton (8) Luhan van der Westhuizen (8)* Nedine Roodt (7) Lourens van Jaarsveld (8) Ané Schmidt (9) Stefan Venter (4) Annatjie Venter (7) Graad 7 C Abigail Botha (7) Hanko Botha (9)* Chanél Calitz (9) Divan Combrinck (7)* Lindie Combrink (7)* Kyle du Plessis (7)* Demi Denobili (8)* Arno Griesel (8) Stephné du Plessis (9)* Tristan Heckroodt (7) Anica Gous (4)* Kelvin Jacobs (9)* Carla Hillebrand (8)* Gerhardus Janse van Rensburg (9) Leandi Liebenberg (8) Tristan Osborne (10) Deahané Lubbe (8)* Riaan Potgieter (8) Xandrie Pieters (8) Ricu van der Bergh (9) Beaulah Shaw (7)* Mandré Venter (2) Miané Smit (9) Chantelle Stadler (9)* Diané Steyn (9)*

Page 22: Jaarverslag 2018 finaal - tjokkies.co.za 2018 .pdf · JAARVERSLAG 2018 INLEIDING En so breek my laaste jaar en oomblikke by Tjokkies aan. Na 25 Genadejare by Tjokkies en 42 jaar in

22

Marlienke Taylor (8) Nellie Vorster (7)* Graad 7 D Ané Botha (7)* Heini Bisschoff (9)* Ella Coetzee (8) Ruven Breydenbach (9) Tuané de Klerk (7)* Stephan de Lange (9)* Anieke Helmand (8) Lourens Erasmus (3) Larisca Labuschagne (9) RJ Fourie (9)* Sharnell Muller (8)* Nathan Jansen van Vuuren (3) Ankia Myburgh (7)* Stéan Marais (9) Dominica Pretorius (4) Louis Oosthuizen (9)* Inge Pretorius (7) Pieter Smit (8) Luné Prinsloo (7) Bruckner van der Lingen (8) Alrinda Saayman (9)* Wilandré van der Walt (7) Jeanné Swanepoel (8)* Aidan van Niekerk (7)* Clarisa van As (8)* Marc Wagner (6)* Anél van Niekerk (1)*

Woorde van Tjokkies se afskeidslied.

Ons spore lê oor Tjokkieland, Hier was ons harte aan die brand Ons het gekom om iets te leer,

En gaan hier weg met soveel meer. Ons leer en sing en speel en lag En Jesus dra ons deur die dag. So kom ons nader aan mekaar

En ons aanvaar Gods woord is waar.

Tjokkieland, waar ons leer en die toekoms vir ons begin, Hier gee onnies en ouers

En maats aan die lewe sin. Net my beste – onthou –

Ons kan altyd op God vertrou As ons groet is dit seer, maar

Ek weet eendag sien ek jou weer.

‘n Geseënde feesseisoen en wonderlike 2019 word die Tjokkie-familie toegewens. Mag ons Hemelse Vader Tjokkies, onder die leiding van ‘n nuwe skoolhoof, ryklik

seën en die skool steeds groot hoogtes bereik.