6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 22 22 - 29 Julie 2016 OUERS: BEHEERLIGGAAM: Ons herinner lede aan die Finansiële vergadering op Maandag, 1 Augustus om 12:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00. AFWESIGE LEERDERS: Skakel asseblief die kantoor indien u kind nie by die skool gaan wees nie en verskaf ‘n rede vir sy/haar afwesigheid. Indien moontlik moet dit vooraf skriftelik of telefonies aan ons deurgegee word. Baie dankie aan die talle ouers wat dit so getrou doen! TROMPSBURG KUNSWEDSTRYD: [INSKRYWINGSVORM] Die jaarlikse Kunswedstryd vind op 12 en 13 September te Trompsburg plaas. Leerders kan Afrikaanse gedigte voordra. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om ook hierdie besondere vaardighede aan te leer. Ouers wat hulle kinders vir die Kunswedstryd wil inskryf moet asseblief op die volgende let: 1. U as ouer is self verantwoordelik vir die uitsoek en aanleer van u kind se gedig. 2. U moet u kind self afrig of reël dat iemand u kind help. (Die taalonderwysers is nie daarvoor verantwoordelik nie.) 3. Inskrywingsgeld van R15 per leerder is tot Vrydag, 19 Augustus by die klasonderwysers betaalbaar. (Geen laat inskrywings nie) 4. Geen onttrekkings gaan toegelaat word nie. Indien ‘n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld. 5. Ouers is self verantwoordelik vir die vervoer van leerders na Trompsburg en terug. 6. Voltooi asseblief die inskrywingsvorm en stuur dit saam met die inskrywingsgeld na die klasonderwysers (nie die finansiële kantoor nie). KWARTAALPROGRAM: Ouers kan die volgende datum op die kwartaalprogram aanbring: 7’s Rugbytoernooi vir 0/11, 0/12 en 0/13: Saterdag, 16 September, Eureka KOSHUIS: Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuiskomiteevergadering op Maandag, 1 Augustus om 7:45 in die eetsaal. LEERDERDEELNAME: GIMNASTIEK: Sterkte aan al ons gimnaste wat op Saterdag, 6 Augustus aan ‘n Suid-Vrystaat Gimnastiekkampioenskappe in Bloemfontein deelneem. TENNIS: UITSLAE TEEN HARTSWATER: 0/9: Wen 5 - 1

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien ‘n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien ‘n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 22 22 - 29 Julie 2016

OUERS:BEHEERLIGGAAM:Ons herinner lede aan die Finansiële vergadering op Maandag, 1 Augustus om 12:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00.

AFWESIGE LEERDERS:Skakel asseblief die kantoor indien u kind nie by die skool gaan wees nie en verskaf ‘n rede vir sy/haar afwesigheid. Indien moontlik moet dit vooraf skriftelik of telefonies aan ons deurgegee word. Baie dankie aan die talle ouers wat dit so getrou doen!

TROMPSBURG KUNSWEDSTRYD: [INSKRYWINGSVORM]Die jaarlikse Kunswedstryd vind op 12 en 13 September te Trompsburg plaas. Leerders kan Afrikaanse gedigte voordra. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om ook hierdie besondere vaardighede aan te leer.Ouers wat hulle kinders vir die Kunswedstryd wil inskryf moet asseblief op die volgende let:

1. U as ouer is self verantwoordelik vir die uitsoek en aanleer van u kind se gedig.

2. U moet u kind self afrig of reël dat iemand u kind help. (Die taalonderwysers is nie daarvoor verantwoordelik nie.)

3. Inskrywingsgeld van R15 per leerder is tot Vrydag, 19 Augustus by die klasonderwysers betaalbaar. (Geen laat inskrywings nie)

4. Geen onttrekkings gaan toegelaat word nie. Indien ‘n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld.

5. Ouers is self verantwoordelik vir die vervoer van leerders na Trompsburg en terug.

6. Voltooi asseblief die inskrywingsvorm en stuur dit saam met die inskrywingsgeld na die klasonderwysers (nie die finansiële kantoor nie).

KWARTAALPROGRAM:Ouers kan die volgende datum op die kwartaalprogram aanbring:7’s Rugbytoernooi vir 0/11, 0/12 en 0/13: Saterdag, 16 September, Eureka

KOSHUIS:Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuiskomiteevergadering op Maandag,1 Augustus om 7:45 in die eetsaal.

LEERDERDEELNAME:GIMNASTIEK: Sterkte aan al ons gimnaste wat op Saterdag, 6 Augustus aan ‘n Suid-Vrystaat Gimnastiekkampioenskappe in Bloemfontein deelneem.

TENNIS: UITSLAE TEEN HARTSWATER:0/9: Wen 5 - 10/11: Verloor 2 - 40/13: Verloor 2 - 4Sterkte aan die aangewese seuns tennisspelers wat op Maandag, 1 Augustus teen Luckhoff op ons bane speel. Wedstryde begin om 14:30.Sterkte aan ons 0/13 dogters tennisspelers wat volgende week aan ‘n tennistoernooi op Bethlehem gaan deelneem. Dankie aan die ouers wat as spanbestuurders optree en help met toesig.Ouers neem kennis dat daar GEEN buitemuurs sal wees op Dinsdag, 2 Augustus nie.

NAUTILUS:Graad 4 – 7 leerders wat aan die volgende Nautiluskompetisie op 20 Augustus wil deelneem, kan R150 inskrywingsgeld by die finansiële kantoor inbetaal.Sperdatum vir inskrywings: Vrydag, 12 Augustus om 13:30.

SPELKOMPETISIE:Al die Graad 1 – 7 leerders gaan gedurende die week van 15 Augustus aan ‘n verpligte spelkompetisie deelneem. Inskrywingsgeld beloop R5 per leerder.Pryse word toegeken aan die wenner van elke klasgroep.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien ‘n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Uitslae van verlede naweek se Kwalifiserende Skaaktoernooi:HJ Noeth: Wen 2 van 5JG Noeth: Wen 1½ van 5Phillip Noeth: Wen 3 van 5Heinrich Poolman: Wen 3 van 5Rian Steenkamp: Wen 2 van 5Johandre vd Berg: Wen 3½ van 5Hanroux Poolman: Wen 2 van 5CJ Marx: Wen 2 van 5 Geluk aan ons skaakspelers!Sterkte aan die aangewese skaakspelers wat op Maandag, 1 Augustus teen Luckhoff hier by ons skool speel.Spelers wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi van 5 en 6 Augustus in Bloemfontein wil inskryf moet op Maandag, 1 Augustus hulle afskeurstrokie en inskrywingsgeld van R110 by die klasonderwysers inhandig. Ouers is self verantwoordelik om hulle kinders na Bloemfontein te vervoer.

IFAW AMBASSADEURS:Baie geluk aan Brinkie en Luther wat as kinder-ambassadeurs vir IFAW (International Fund for Animal Welfare) aangewys is en wat ander kinders opvoed rondom die versorging van diere. Hulle eerste optrede vind by Holpan Primêr plaas. Sterkte met julle groot taak!

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief ‘n geldjie om die graad 5-koekieverkoping op Maandag,1 Augustus te ondersteun.

VCSV - PROJEKDie VCSV (Christelike vereniging) vier hulle 120ste bestaansjaar. Daarom wil ons graag as skool iets vir minderbevoorregte mense doen.Ons versoek ons kinders vriendelik om serpe / kouse/ musse / handskoene skool toe te bring wat ons vir hulle kan gee, indien julle voel julle wil ‘n bydra gee / maak. Plaas dit asseblief in die houer in juffrou Elza se klas.Baie dankie by voorbaat.

LOSLITDAG 2016:Loslitdag is op 2 September en die Tema die jaar is: SPAN SAAM (UP YOUR GAME).Jakkies Opwaarts Sentrum is geregistreer by Loslit en ons ontvang dus R4 van die R10 by Loslit. Kom ondersteun Jakkies Opwaarts Sentrum en kom kry jou LOSLIT PLAKKER van Maandag af by tannie Maryke deur ‘n donasie van R10 te gee.

Hou die spasie dop vir die verrassing wat ons beplan vir Loslitdag!!!!

STEMDAG:Woensdag, 3 Augustus is Nasionale Stemdag en ‘n openbare vakansiedag.Skool gaan normaal voort op 4 en 5 Augustus.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF GEBEDSLYS:

Al ons siek kindersLeza - Leigh Smith (Ouma siek)

Tannie Doris Crous

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien ‘n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI (5 & 6 Augustus)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN SPELER: ____________________________________

WIL GRAAG VIR DIE SKAAKTOERNOOI INSKRYF.

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

INSKRYWINGSGELD: R110

AFSKEURSTROKIE: KUNSWEDSTRYD: TROMPSBURG (12 & 13 September)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN LEERDER: __________________________________

GRAAD VAN LEERDER: ________

WIL GRAAG VIR DIE KUNSWEDSTRYD TE TROMPSBURG INSKRYF.

ONS AS OUERS SAL SELF ONS KIND NA TROMPSBURG VERVOER EN ONDERNEEM OM ALLE VOORWAARDES VIR DIE KOMPETISIE NA TE KOM.

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

INSKRYWINGSGELD: R15SLUITINGSDATUM: VRYDAG, 19 AUGUSTUS

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien ‘n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien ‘n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld