6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 30 20 – 28 September 2018 BEKENDSTELLINGSDAG: Graag wil ons vir die Ouerleierkomitee, onder leiding van Jeanette Engelbrecht, en die graad 7 mammas wat gehelp het of eetgoed gestuur het, baie baie dankie sê vir al julle voorbereidings vir die Bekendstellingsdag. Dankie ook aan Blikaspaai se mense wat ingespring het en gehelp het om ons saal so mooi te kom maak. Ons waardeer julle almal vreeslik baie! HERREGISTRASIEVORMS: Daar is steeds meer as 50 leerders van gr. R – 6 wat nie hulle herregistrasievorms vir 2019 ingehandig het nie. Sperdatum: Vrydag, 28 September. SKOOLWEEK: Ouers moet asseblief kennis neem dat volgende week ‘n normale akademiese week sal wees. Onderwysers gaan voort met werk en assessering. Ons verwag dat alle leerders skool sal bywoon. Dit is vir ons skool onaanvaarbaar dat leerders vir geen rede skool mis nie. PRESTASIEBALKIES: Alle Top 10 balkies moet op Dinsdag, 25 September by die kantoor ingehandig word. Steek dit vas aan ‘n papiertjie en skryf jou naam daarop. As jou balkie weg is, kan jy R30 by tannie Maritza betaal en jou kwitansie by die kantoor kom wys. Balkies wat nie betaal is nie, kom op ouers se skoolrekenings. SOKKIE: Jakkies Opwaarts Sentrum bied ‘n sokkie aan op Dinsdag, 25 September vanaf 18:00 tot 20:00. Almal welkom! Toegang is R5 en daar sal ook ‘n lekker snoepie beskikbaar wees. BUITEMUURS: Die volgende buitemuurs vind volgende week plaas: Dinsdag 25 September: Tennisrondomtalie Woensdag 26 September: Atletiekkliniek Donderdag 27 September: Atletiekkliniek SPEL- EN TAFELTOETSE: Die spel- en tafeltoetse wat op Dinsdag, 25 September sou plaasvind, word afgestel. BEGROTING - 2019: ‘n Konsepbegroting vir 2019 is in die voorportaal beskikbaar vir ouers se aandag. Hierdie begroting word op Maandag, 22 Oktober om 7:30 met die Ouerbegrotingsvergadering, aan ons ouers voorgelê vir goedkeuring. Ons sal ons ouers se teenwoordigheid by daardie belangrike vergadering baie waardeer. POSTE – 2019: Twee addissionele Beheerliggaamonderwysposte is vir volgende jaar by ons skool beskikbaar. Sien asseblief die twee advertensies wat by die nuusbrief ingesluit is. SWEMBAD-/ TENNISSLEUTELS: Ouers moet onthou om hulle swembad- en tennissleutels te kom hernu, of dit te kom inhandig voor Vrydag, 28 September. KWARTAAL 4 HUISWERKBOEK: [AFSKEURSTROKIE] Graad 4 – 6 kan huiswerkboeke vir kwartaal 4 met die afskeurstrokie bestel. Handig die strokie en R25 by julle klasonderwysers in.

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewingehandig word. Steek dit vas aan ‘n papiertjie en skryf jou naam daarop. ... Ons sal ons ouers se teenwoordigheid by daardie

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewingehandig word. Steek dit vas aan ‘n papiertjie en skryf jou naam daarop. ... Ons sal ons ouers se teenwoordigheid by daardie

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 30 20 – 28 September 2018 BEKENDSTELLINGSDAG:Graag wil ons vir die Ouerleierkomitee, onder leiding van Jeanette Engelbrecht, en die graad 7 mammaswat gehelp het of eetgoed gestuur het, baie baie dankie sê vir al julle voorbereidings vir die Bekendstellingsdag. Dankie ook aan Blikaspaai se mense wat ingespring het en gehelp het om ons saal so mooi te kom maak. Ons waardeer julle almal vreeslik baie!

HERREGISTRASIEVORMS:Daar is steeds meer as 50 leerders van gr. R – 6 wat nie hulle herregistrasievorms vir 2019 ingehandig het nie. Sperdatum: Vrydag, 28 September.

SKOOLWEEK:Ouers moet asseblief kennis neem dat volgende week ‘n normale akademiese week sal wees. Onderwysers gaan voort met werk en assessering. Ons verwag dat alle leerders skool sal bywoon. Dit is vir ons skool onaanvaarbaar dat leerders vir geen rede skool mis nie.

PRESTASIEBALKIES:Alle Top 10 balkies moet op Dinsdag, 25 September by die kantoor ingehandig word. Steek dit vas aan ‘n papiertjie en skryf jou naam daarop. As jou balkie weg is, kan jy R30 by tannie Maritza betaal en jou kwitansie by die kantoor kom wys. Balkies wat nie betaal is nie, kom op ouers se skoolrekenings.

SOKKIE:Jakkies Opwaarts Sentrum bied ‘n sokkie aan op Dinsdag, 25 September vanaf 18:00 tot 20:00. Almal welkom! Toegang is R5 en daar sal ook ‘n lekker snoepie beskikbaar wees.

BUITEMUURS:Die volgende buitemuurs vind volgende week plaas:Dinsdag 25 September: TennisrondomtalieWoensdag 26 September: AtletiekkliniekDonderdag 27 September: Atletiekkliniek

SPEL- EN TAFELTOETSE:Die spel- en tafeltoetse wat op Dinsdag, 25 September sou plaasvind, word afgestel.

BEGROTING - 2019:‘n Konsepbegroting vir 2019 is in die voorportaal beskikbaarvir ouers se aandag. Hierdie begroting word op Maandag, 22 Oktober om 7:30 met die Ouerbegrotingsvergadering, aan ons ouers voorgelê vir goedkeuring. Ons sal ons ouers se teenwoordigheid by daardie belangrike vergadering baie waardeer.

POSTE – 2019:Twee addissionele Beheerliggaamonderwysposte is vir volgende jaar by ons skool beskikbaar. Sien asseblief die twee advertensies wat by die nuusbrief ingesluit is.

SWEMBAD-/ TENNISSLEUTELS:Ouers moet onthou om hulle swembad- en tennissleutels te kom hernu, of dit te kom inhandig voor Vrydag, 28 September.

KWARTAAL 4 HUISWERKBOEK: [AFSKEURSTROKIE]Graad 4 – 6 kan huiswerkboeke vir kwartaal 4 met die afskeurstrokie bestel. Handig die strokie en R25 by julle klasonderwysers in.

GR 7 LANDBOUDALAANSOEKE:Landboudal het laat weet dat daar slegs enkele plekke in die koshuis beskikbaar is. Graad 7’s wat nog wil aansoek doen vir koshuisinwoning, moet hulle vorms by die administratiewe kantoor by HLS inhandig voor Dinsdag, 25 September om 16:00.

KOSHUIS:Die groentetuin by die koshuis is al mooi aan die gang. Die voëltjies is net besig om die nuwe groenteplantjies op te eet! Ons wil graag groen skadunet, “crop”-net of fyn ogiesdraad by die tuin gebruik om hulle uit te hou. As daar ouers is wat vir die koshuis van hierdie net/draad kan skenk, sal die koshuis dit baie waardeer!Gif en bemesting is ook baie welkom veral vir ons koolplantjies.

LEERDERDEELNAME:KLEURATLETIEK: Hiermee word ouers in kennis gestel dat die personeel en Beheerliggaam na hulle Strategiese Beplanning en Beheerliggaamvergadering besluit het om die Kleuratletiek weer terug te skuif na Januarie 2019.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewingehandig word. Steek dit vas aan ‘n papiertjie en skryf jou naam daarop. ... Ons sal ons ouers se teenwoordigheid by daardie

KRIEKET:UITSLAE:0/13: Wen met 55 lopies teen De Aar en met 7 paaltjies teen Hopetown.0/11: Wen met 6 paaltjies teen De Aar, met 38 lopies teen Staats en met 2 lopies teen Hopetown.Wel gedaan krieketseuns!

PRO 20 UITSLAE:0/13: Wen met 65 lopies teen Andalusia. Baie geluk!

WEDSTRYDE IN EERSTE WEEK VAN VIERDE KWARTAAL: 0/13 Speel Pro 20 teen Hartswater, op Staats se veld, op Woensdag,10 Oktober om 15:00.

Daar sal ‘n ekstra oefening vir julle wees op Dinsdag, 9 Oktober. Die 0/11 en 0/13 krieketspanne speel op Donderdag, 11 Oktober teen Koffiefontein op ons en moontlik HLS se veld.

Die 0/9 en 0/11 krieket staak ná 17 Oktober.0/9 oefen op Dinsdag, 9 en Woensdag, 10 Oktober.0/11 oefen op Woensdag, 10 Oktober.

TENNIS:UITSLAE TEEN HOPETOWN:0/13A en B verloor albei 6 – 0 0/11A verloor 5 – 1 en 0/11B verloor 4 – 2 0/9 verloor 5 – 1

NOVALS TENNISTOERNOOI:Ouers moet asseblief inskrywings-, verblyf- en vervoerbetalings in die skool se rekening doen voor 26 September. Die bus sal op 11 Oktober om 14:00 vertrek. Spelers sal inligtingstukke ontvang.

ATLETIEKKLINIEK:Leerders wat vir die Atletiekkliniek op 26 en 27 September ingeskryf het, moet genoeg water en sonblok saambring. TYE:Woensdag 26 September: Leerders verdaag om 13:30 en kliniek begin om 14:15Donderdag, 27 September: Kliniek begin om 10:00 en hierdie leerders mag met gewone klere skool toe kom.

TWEEKAMP:Sterkte aan die atlete wat op 29 September aan ‘n Interprovinsiale Tweekampkompetisie in Bloemfontein deelneem.

Maandag, 24 September is ‘n vakansiedag!Die skool sluit op Vrydag, 28 September om 11:00

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Delene Da Camara en Marleen le Gras en gesin

(oupa oorlede)Rina van Zyl (skoonsus oorlede)

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK – KW 4 (GR 4-6)

OUER: ___________________________________

LEERDER: __________________________________ GR.: _____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR DIE VIERDE KWARTAAL BESTEL.

INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: ____________

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewingehandig word. Steek dit vas aan ‘n papiertjie en skryf jou naam daarop. ... Ons sal ons ouers se teenwoordigheid by daardie
Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewingehandig word. Steek dit vas aan ‘n papiertjie en skryf jou naam daarop. ... Ons sal ons ouers se teenwoordigheid by daardie

Aangebied deurJakkies Opwaarts Sentrum

Datum: Dinsdagaand 25 September 2018Tyd: 6 tot 8Toegang: R5

SnoepieKom geniet die aand saam met ons!!!

Sokkie

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewingehandig word. Steek dit vas aan ‘n papiertjie en skryf jou naam daarop. ... Ons sal ons ouers se teenwoordigheid by daardie