24
JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL JAARVERSLAG 2013

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

JAARVERSLAG

2013

KONTAKBESONDERHEDE:

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

ADRES: POSBUS 107 JACOBSDAL 8710

TEL NO: 053 591 0039

FAKS: 053 591 0103

E-pos: [email protected]

SKOOLHOOF: Mnr. PW Tait

EMIS NO: 442104232

VERSLAG SOOS OP 31 OKTOBER 2013

VOORWOORD VAN DIE SKOOLHOOF:

INLEIDING:

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

Met die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ‘n paar basiese aspekte van 2013 se gebeure; Die Jakkies skop vanjaar af met die tema, ”Hoopvolle Jakkies”. Hierdie hoop het in ‘n gewoonte verander wat in ons ‘n gelukkige gees ontwikkel en ‘n helder toekoms weerspieël het.

Niemand wat die see ken en wat weet wat alles op die oop see kan gebeur, sal die see invaar op ‘n skip wat geen anker het nie, selfs al is dit die mees moderne en beroemde vaartuig. Daar kan skielik toestande ontstaan wanneer die skip en almal aan boord se enigste hoop, die anker sal wees, nie die kaptein of die bemanning nie, nie die masjiene, die kompas, die seile of die stuurwiel nie – maar die “anker”. Wanneer alle ander dinge misluk, is daar hoop in die anker.

Hierdie skool se hoeksteen is op 5 Oktober 1963 gelê met die volgende kragtige woorde, “ TOT HEIL VAN ONS JEUG” daarop gegrafeer. Wat ‘n bereikbare belofte waaraan ons onsself kan verbind. Die belofte behels dat hierdie skool, sy opvoeders en die ouers van die leerders sal moet sorg vir ons jeug se liggaamlike en geestelike welvaart, welsyn, veiligheid, geluksaligheid, redding en verlossing.

Vanjaar presies 50 jaar later besef ons dat alles wat ons volwassenes doen, nie altyd tot heil van ons jeug is nie, maar dat hierdie skool wel die heil, die anker, die redding, die welvaart, die veiligheid, die geluksaligheid vir baie van ons leerders gedurende 2013 was. Dit is verseker so, want ons skool het vanjaar vir baie van ons leerders ‘n visie vol hoop geskep deur opofferings wat gemaak is, bereikbare doelwitte wat gestel is, mense wat hier met waardigheid en respek hanteer is, planne wat gemaak is om beter geleenthede vir ons leerders te skep en ‘n beeld van positiewe denke wat na buite uitgedra is.

Ons glo om nie op ons hoop te steun nie, maar ons steun op ons enigste anker, ons Skepper, die bron van alle hoop. Ons enigste anker hierdie jaar was die beloftes van God. Met ‘n geseënde jaar agter die rug en met baie herinneringe vasgevang sien ons uit om die “HEIL VAN ONS LEERDERS “ te soek en te koester in 2014.

Die suksesse van 2013 kan toegeskryf word aan baie harde werk van al die lojale ouers, leerkragte en leerders wat die ekstra myl behoorlik gestap het. Ons was nie bereid om dit wat ons voorgangers hier vir ons geskep het en ons hard voor gewerk het sommer so te laat vaar nie. Hoop en geloof in mekaar en in ons Skepper was ons skool se behoud en ons gaan beslis in 2014 daarop voortbou. Alle eer aan Hom wat ons skool en ons kinders vir ons veilig bewaar het die afgelope jaar.

Ons het vanjaar ons uiterste bes gedoen om u as ouers 100% op hoogte te hou van al ons aktiwiteite, hoogtepunte en teleurstellings, asook die vordering van u kind d.m.v. ons weeklikse nuusbrief, SMS stelsel, ouervergaderings, webblad en leerders se vorderingsverslae.

My wens vir Jacobsdal Primêr is dat ons die toekoms van hierdie skool sal bou op die anker van hoop, geloof en liefde.

1. BASIESE INLIGTING EN STATISTIEKE: 2013

Totale ingeskrewe leerders soos op 31/10/2013: Seuns - 127 Dogters - 95

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

Graad R - 21TOTAAL - 243

GETAL LEERDERS WAT NUUT BY DIE SKOOL INSKRYF HET GEDURENDE 2013 IS:

Gr. R - 21 1 - 25

2 - 63 - 4 4 - 8 5 - 4 6 - 8

7 - 7 TOTAAL = 83

GETAL LEERDERS WAT DIE SKOOL VERLAAT HET GEDURENDE DIE JAAR - 9

2. LEERDERSAMESTELLING:

Ons skool se grootste voedingsbronne was vanuit die Petrusburg en Modderrivier distrikte. Ons skryf leerders van 18 distrikte vanuit die Vrystaat en Noordkaap in by die skool. Leerders ingeskryf vanuit Jacobsdal distrik: - 121 Leerders ingeskryf vanuit die 18 verskillende distrikte: - 101 Leerders word gehuisves in die spesiale klas [Inklusiewe klas] - 5

3. SKOOLDISSIPLINNE:

Die kamerastelsel wat gedurende 2012 geïnstalleer is het ‘n baie positiewe rol gespeel in die handhaaf van goeie dissipline by ons leerders en leerkragte. Die voordeel vir ons kinders se veiligheid en die handhaaf van dissipline in die klaskamer is hierdeur baie vergemaklik.

a. Insidente aangemeld per graad:

Graad Akademie + Akademie - Dissipline Gesondheid Sielkundig Tuiswerk PositiefGr. R 29 10 32 9 20 0 48Gr. 1 6 2 39 23 28 11 7Gr. 2 28 19 37 17 26 5 34Gr. 3 3 0 104 0 0 38 10Gr. 4 9 11 116 1 12 100 16 Gr. 5 3 13 118 1 9 188 10Gr. 6 29 53 268 0 9 442 19Gr. 7 3 4 134 0 4 250 35

b. Tugverhore: - 0c. Skorsings: - 0d. Uitsettings aanbeveel: - 0e. Uitsettings bevestig: - 0

4. BERADING – [Jan tot Okt. 2013] Gemiddeld % gevalle AFDELING: 2012 -

20134.1 Gesondheid - 10.7% - 10%

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

4.2 Akademie - 47.7% - 54%4.3 Sielkundig - 23.7% - 24%4.4 Depressie en selfmoordneigings - 0% - 1%4.5 Gesinne - 18.0% - 12%

TOTAAL LEERDERS IN FASE ONTVANG BERADING: 4.6 Grondslagfase - 454.7 Intermediêre fase - 374.8 Seniorfase - 154.9 Deur FAMSA - 274.10 Skool sielkundige - 64 4.11 Jeugwerker - Gem. per week 10

5. DIE FUNKSIONERING VAN KOMITEES: Die volgende komitees funksioneer uitstekend:

Ouerkomitee * Borgekomitee Koshuiskomitee * Ondersteunigskomitee Sportkomitee * Toelatingskomitee Finansiëlekomitee * IK-Komitee Busse-en toerustingkomitee * Mediakomitee Geboue-en terreinkomitee * Veiligheidskomitee Akademiesekomitee * Kultuurkomitee Prysuitdelingkomitee * Leermateriaal- / Hulpbronkomitee Kernwaardekomitee * Mediasentrumkomitee

6. KURRIKULUMAANBOD EN BEDRYWIGHEDE:a. Kernkurrikulumaanbod: KAV’s - Gr. R – 3 - Geïmplementeer 2012

KAV’s - Gr. 4 – 6 - Geïmplementeer 2013KAV’s - Gr. 7 - 2014

b. Buitekurrikulêre Bedrywighede:

SPORT:Someraktiwiteite: - Swem, atletiek, tweekamp, gimnastiek, krieket.

Winteraktwiteite: - Rugby, netbal, tennis.

KULTUUR EN AKADEMIES: - Skaak, redenaars, Jnr. konsert, koor, Amesa, Nautilus, Wêreldkennis olimpiades, VCSV Kamp,

Omgewingsvasvra, Bybelvasvra, rekenaars,leierskapopleiding te Soetdoring, ROStudiegroepe, Pro Christo,Verootmoedigingsdiens, Dankdiens, e.a

ANDER PROJEKTE: - Jeugprojek, herdenk openbare vakansiedae,Bekendstellingsdag, Jeugskou, Loslitdag July, Poppetee en Indiane braai, Entrepreneursdae, Herdenking van die kruis/Hemelvaart, Paaspret, Oupa- en oumadag, Koekieverkopings, vrouedag, Sport-en opvoedkundigetoer,e.a

c. Inligtings- en kommunikasie - Internet [Sommige leerders se eie], Wifi, van leer en onderrig. Dataprojektor aanbiedings, ontwikkeling

tegnologie ter ondersteuning van die Wiskunde Lab, rekenaars, Camivan leer en onderrig. stelsel [Mediasentrum].

d. Ander metodes gebruik vir onderrig en leer. - Didaktiese hulp, RO, Inklusiewe onderrig,

Wiskunde en Engelse ekstra klasse, ekstra

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

studietyd.

7. MAATSKAPLIKE EN SOSIO-EKONOMIESE OMSTANDIGHEDE:Ons skool is deur die Departement van Onderwys geïdentifiseer as ‘n Quintile 4 skool aangesien ons skool grens aan goeie woonhuise en ontwikkelde infrastruktuur, die dorp.

Die koshuis is oorkant die skool geleë en dit maak beheer en beveiliging van onskoshuisgangers maklik. Die skolierpatrollie funksioneer baie goed en ons personeel endie skolierpatrolliespan sorg dat ons leerders veilig oor die pad stap. Ons opregte dankook aan Peet en Vera Steenkamp asook Venita Coetzee wat die personeel behulpsaamwas in die oggende ook deur die koue wintersoggende getrou op hul pos was. Ons ouershet ingekoop in hierdie belangrike saak en tree met baie meer geduld enverantwoordelikheid op, baie dankie daarvoor.

Ons skool beskik oor ‘n veelrassige groep leerders van die gemeenskap wat hoofsaaklik‘n boerdery gemeenskap is en bedien ook leerders vanuit die Vrystaat en Noordkaap.

Die skool se voedingsbron is tans leerders vanuit 18 omliggende distrikte asook ‘nleerder uit Gobabis in Namibië. 64 Leerders word tans gehuisves in ‘n goed opgeknapteen toegeruste koshuis. Ons nuwe senior matrone, Adri du Toit, is vanaf 1 September permanent deur die Dept. van Onderwys aangestel en haar span het vanjaar meer as

1800 etes ekstra voorberei vir dagleerdes en die publiek.

Ons gemeenskap is die jaar erg beproef met ‘n baie droë seisoen wat die plant en oesvan gewasse bemoeilik het asook die weivelde en vee erg agteruit laat gaan het. Onsveeboere kry tans baie swaar en ons bid vir reën en spoedige uitkoms. Ons gemeenskapkry tans finansieel swaar, werk is baie skaars en elke sent moet omgedraai word om kopbo water te hou. Daarom het ons SBL hierdie jaar weer ‘n baie deeglik beplande enbillike begroting opgestel en ons skoolgeld slegs met 8.2% en ons koshuisgelde slegsmet 7% verhoog. Ons uitgawes word ongelukkig meer a.g.v die salarisse van ekstra personeel, elektrisiteit,brandstof en voedselpryse wat buitensporig verhoog asook die beperktepostevoorsiening en fondse vanaf die Departement van Onderwys. Dit alles maak diefinansiële bestuur van ons skool en koshuis ‘n groot uitdaging.

Ons gemeenskap en ouers se ekonomiese omstandighede is egter ‘n belangrike faktorwat ons skool se vooruitgang en getalle negatief beïnvloed. Buiten finansiële druk is daarook faktore soos verhuising, die verwaarlosing van morele waardes en onbetrokkenheidvan ouers wat beperkings op ons skool plaas. Swak huislike omstandighede en ouersorg is heelwat van ons leerders se probleme en hierdie kinders dra swaar aan emosionele bagasie. Dit veroorsaak dat effektiewe morelegroei, leer en onderrig nie altyd effektief kan plaasvind nie.

Dit is egter gerusstellend dat die meeste van ons leerders uit goed versorgde huise komwaar ouers vir hulle kinders omgee en hulle kinders dissiplineer en ondersteun. ‘n Grootpersentasie van ouerhuise is stabiele huisgesinne wat kwaliteit onderrig en leer ondersteun en lojaal is teenoor die skool, die bestuurspan en leerkragte.

Gelukkig, die meerderheid van die skool se ouers oorskadu die negatiewes deur hullojale, positiewe en bedagsame optrede. Die meerderheid van ons ouers is baie trots opdie skool en leerkragte van hul kinders en sal ten alle koste hierdie skool dien enbeskerm. Baie dankie vir julle, saam kan ons strewe na opwaarts, opwaarts!

Die skool poog sover moontlik om ons gemeenskap te dien en ervaar ‘n positiewegesindheid van ons sakesektor en boeregemeenskap t.o.v. die voortbestaan van hierdie

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

skool. Die gemeenskap ondersteun ons skool ook gereeld met borge en donasies virmenige van ons projekte en aktiwiteite. Saam staan ons sterk om vir ons kinders meer enbeter geleenthede te skep. Sonder hierdie finansiële hulp kan ons dit nie doen nie.

Ons gee vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar ‘n jaarblad uit, ‘n pronkstuk wat ons gebruik om ons skool te adverteer. Ons kry geweldige goeie terugvoering en onskan die groei van ons skool se getalle ook deels hieraan toeskryf. Dit is ‘n produk wat dieverlede vasvang en bewaar vir daardie dag as u net weer u gedagtes wil terugneem toe unog kind was. U kan gerus sorg dat u vanjaar vir u een aanskaf.

‘n Dorp sonder ‘n skool is soos ‘n skool sonder kinders. Koester u kind se skool en helpons skool en sy tradisies om te bly voortbestaan vir die behou van ons dorp en onsgemeenskap.

8. STATISTIEKE WAT ONDERRIG EN LEER BEMOEILIK IN DIE SKOOL:

Omstandighede: Persentasie leerders betrokke 2012 2013 1. Geskeide ouers. 18% 16 %2. Leerders wat nie by hul ouers bly nie. 0% 7.2 %3. Albei ouers is werkloos. 0.5% 0.5 %4. Albei ouers werk en is nie tuis vir ondersteuning. 79% 20.3%5. Gebruik medikasie vir ADHD, depressie en asma. 9% 12.6%6. Dra gereeld bril. 14.5% 12.6%7. Leerders wat nie tuiswerk doen nie. 14.4% 11.3% Aanmeldings van tuiswerk wat nie gedoen is nie.[Gevalle] 1343 10348. Persentasie kinders wat gereeld laatkom. 12.5% 4.5 %9. Onaktief by skoolaktiwiteite. [Sport, kultuur en ander] 8.8% 11.3%10.Leerders sukkel om te sosialiseer en maats te maak. 5.7% 4.5 %

Gevolgtrekking: - Meer stabiele huisgesinne met meer ouerondersteuning by die huis. Meer leerders met leerprobleme a.g.v. ADHD e.a. knelpunte. Minder leerders wat nie tuiswerk doen nie en beter presteer. Daar is minder leerders wat laat kom en meer verantwoordelikheid word deur ouers aanvaar om te sorg dat hul kinders betyds vir skool is. Daar is wel ‘n neiging dat leerders meer onaktief raak en dit lei tot oorgewig en makliker vatbaar vir siektes. Die geheel prentjie lyk oor die algemeen meer positief as in 2012.

9. OUERBETROKKENHEID BY ONDERRIG EN LEER:

Onbetrokke ouers bly vir die bestuurspan ‘n groot uitdaging want sonder die samewerkingen belangstelling van die ouer is hierdie skool se visie en missie onuitvoerbaar. In baieouers se geval laat hulle omstandighede dit nie toe nie, maar dit vrywaar nie ouers ombetrokke te raak by die onderrig van hul kinders nie. Afstande, werksomstandighedeen finansies bly van die belangrikste faktore wat ouerbetrokkenheid beïnvloed. Daar is ‘nlegio maniere waarop ouers betrokke kan raak by hulle kind/ers se skool kan. Diebestuurspan is altyd bereid om ouers hierin te ondersteun en aan te moedig om op een ofander manier betrokke te raak.

Ons ervaar dat ouers die klasbesoeke aan leerkragte asook die ouervergaderings baie swak bywoon. Beide ouers is deesdae meestal betrokke in die arbeidsmark wat kinders absoluut in die hande van die leerkragte en/of studieklasse plaas. Pa’s is oor diealgemeen onbetrokke by hul kinders se akademiese vordering en is meer gefokus op hulkinders se sport. Ons sal graag wil sien dat ouers meer met hul kinders oor verhoudings

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

en waardes moet praat om hul sosialisering en gedrag te verbeter. Ouers van leerderswat goed presteer is gewoonlik die ouers wat betrokke is by hul kinders se leerproses entoesighouding, wat goeie kontak maak met die leerkragte en wat goeie roetine in hulhuise handhaaf.

Die skool poog om deurlopend met probleemgevalle, die ouers te woord te staan en te motiveer. Ons het vanjaar altesaam 24 persoonlike onderhoude met verskeie ouerpare gevoer om ernstige probleme met hul kinders saam te probeer oplos.

Daar word kwartaalliks gebruik gemaak van die Departement van Onderwys seterapeute, sielkundiges asook FAMSA om leerders en ouers te ondersteun inemosionele en opvoedkundige aangeleenthede. Verder word daar maandeliks statistiekegehou om nie net ons ouers nie maar ook die Departement van Onderwys op hoogte tehou.

Ons jeugwerker, ds.Elize Stander, het hierdie jaar ‘n groot verskil aan baie van onskinders se komplekse lewens gemaak. Sy maak ons as personeel se hande sterk deurelke Woensdag vir 2 ure die skool te besoek en leerders met persoonlike en anderprobleme te ondersteun. Sy werk regtig op ‘n baie professionele vlak met ons leerders envoorsien die skoolhoof en beheerliggaam van verslae en doen aanbevelings viraanmeldings waar nodig. Ons is geseënd om ‘n borg te hê vir haar vergoeding wat ditmoontlik maak om van haar dienste gebruik te maak. Ons hoop ons kan hiermeevoortgaan in 2014.

Statistiek i.v.m. ouer- en leerderonderhoude:

Amptelike besoeke gebring aan skool: [Jan tot Okt.] Totaal

Pa’s - 9 Ma’s - 138 Voogde - 4

10. PERSONEELPROFIEL EN VAKATURES:

Onderwysers is die fondasie van goeie skole en goeie skole is die pilare van gesonde en demokratiese gemeenskappe.

Ek is baie trots op ons skool se leerkragte wat vanjaar weer baie hard gewerk het, kwaliteit onderrig verskaf het en nog die erns van ondewys besef. Onderwys is nie meer maklik nie en leerkragte ervaar geweldige druk om waardes by kinders te vestig, vakkennis doeltreffend oor te dra en balans tussen akademie en sport te handhaaf. Alles wat onderwysers doen is nie altyd sigbaar nie, maar as ons na ons doelwitte en suksesse wat ons vir onsself vanjaar daargestel het kyk, dan besef ons dat daar baie ure van swoeg, opoffering en waagmoed geopenbaar is. Baie dankie vir elke onderwyser en welgedaan!

Die Beheerliggaam stel mev. Maryna Scholtz in Julie aan as gr. 3 leerkrag om die las van die personeel te verlig nadat ons die dienste van mnr. W. du Buisson verlede jaar verloor het. Verder stel die beheerliggaam mnr. S.W. Meintjes aan as die nuwe HOD vanaf 1 Oktober 2013. Ons heet hierdie twee nuwe leerkragte baie welkom in Jakkieland en bid God se seën toe op hul werk.

Mev. Tienie Smit tree af as toesigkrag op 1 Julie en in haar plek word mej. A. Steyn wat ook inwonend is. Mev. Koorzen en mnr & mev Tait verlaat die koshuis. Ons nuwe koshuisouers, mnr. & mev. Sakkie Janse van Vuuren sal vanaf 1 Januarie 2014 die

leisels oorvat as koshuisouers. Mev. Tienie Smit verlaat ons aan die einde van 2013 na10 jaar en 8 maande se onbaatsugtige diens. Ons sal haar beslis baie mis en wens haar‘n wonderlike en geseënde aftrede toe.

Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

Ons neem na 15 jaar en 6 maande afskeid van Mev. Rina van Zyl. Sy was die RO juffrou en vir 6 maande waarnemende Departementshoof, sy was hoofsaaklik vir die effektiewe funksionering van die Grondslagfase verantwoordelik. Op vele ander terreine het sy haarself onmisbaar gemaak. Sy is die stigter van die suksesvolle RO studiegroep wat kwartaalliks baie leerkragte bemagtig het om beter RO te onderrig. Sy het haar beroep met passie beoefen en baie meer vir hierdie skool, kinders en ouergemeenskap gegee as wat daar van haar verwag is. Sy tree uit maar nie af nie, want die skool gaan in 2014 weer van haar dienste by die skool gebruik maak. Die beheerliggaam het haar weer aangestel om voort te gaan met die RO onderrig van ons leerders. Ons wens haar sterkte toe en is dankbaar dat ons weer op haar nommer kon druk.

Ons verloor ook die dienste van mev. Lanie Steenkamp ons sportorganiseerder na 7 jaar. Dit is vir ons skool ‘n geweldige groot verlies, want Lanie het ons skool se sport op ‘n uitsonderlike hoë vlak gebring, gedryf en bestuur. Ons gaan haar mis maar sy bly ‘n ouer van ons skool en ons glo dat sy die nuwe persoon wat die beheerliggaam gaan aanstel met die nodige raad sal bystaan om haar goeie werk voort te sit en uit te bou. Lanie het die grondslag vir puik sportprestasie in ons skool gelê en ek dink dit gaan ‘n groot uitdaging wees vir die bestuurspan, sportkomitee en sportorganiseerder om dit wat sy vir ons agter laat op dieselfde standaard te hou. Sterkte vir haar met dit waarmee sy haarself nou gaan besig hou.

Ons jaarlikse prysuitdeling is die stempel van erkenning wat leerder, leerkrag en ouers verdien. Ons stel ‘n hoë standaard met die toekenning van die pryse sodat leerders se toekennings nie goedkoop gemaak word nie. Ten spyte daarvan, spog ons met hierdie uitstaande statistieke.

2012 2013 Diplomas uitgedeel - 266 273Instansie diplomas [Amesa, bybelvasvrae, musiek] - 7 5Pennings - 12 15Balkies: - Akademie - 3 1

- Sport - 21 33Medaljes - 55 21Geldpryse - 30 32Boekpryse - 20 24Bekers - 56 52Totaal senior leerders ontvang akademiese pryse - 65 64Totaal senior leerders ontvang sportpryse - 63 41 kry 73 pryseTotaal junior leerders ontvang pryse - 89 89

1. PERSONEELSAMESTELLING: Dept. WERKNEMERS: DEUR SBL BETAAL : 1.1 OPVOEDERS - 11 2

1.2 NIE OPVOEDERS - 2 [S] & 5 [K] 9 [S] & 1 [K]

1.3 TOTAAL - 18 12

2 PERSONEELAANWENDING: GETAL TOTAAL O/W AANBIED

[Graad R juffrou is uitgesluit by hierdie opname]2.1 AANTAL ONDERWYSERS WAT VAKKE GEE

WAARVOOR HUL NIE OPGELEI IS NIE: - 13 3

2.2 AANTAL ONDERWYSERS WAT VAKKE GEE

Page 10: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

WAARVOOR HUL OPGELEI IS: - 13 10

2.3 AANTAL ONDERWYSERS WAT SPORTAFRIGTING AANBIED: - 13 10

2.4 AANTAL ONDERWYSERS WAT KULTUUR AANBIED:- 13 6

2.5 AANTAL ONDERWYSERS IN BESTUURSPAN [SMT] - 13 4

2.6 AANTAL ONDERWYSERS WAT KOSHUISTOESIG HOU: - 13 1

2.7 AANTAL ONDERWYSERS WAT AS VAKHOOFDE FUNKSIONEER: - 13 13

[Graad R is uitgesluit by hierdie opname]3. PROFESSIONELE ONTWIKKELING: - GETAL

3.1 Die aantal ontwikkelingsaktiwiteite wat deur die Dept. aangebied is. [ Werkswinkels en opleidingsessies ] 12

3.2 Die aantal ontwikkelingsaktiwiteite wat deur die SBL aangebied is. 0

3.3 Die aantal ontwikkelingsaktiwiteite wat deur die skool- hoof aangebied is. 4

3.4 Die aantal ontwikkelingsaktiwiteite wat deur die SAOU/ Fedsas aangebied word. 3

3.5 Ontwikkelingsaktiwiteite wat deur leerkragte aangebied is. 103.6 Ontwikkelingsaktiwiteite wat deur ander organisasies aangebied en bygewoon is. 5

3.7 Totale bedrag wat vir ontwikkeling van personeel en leerders [leiers] deur die SBL bestee is. - R 18 379

4 . PERSONEEL TEENWOORDIGHEID / AFWESIGHEID: TOTALE: O/W DAE

4.1 Onderrigpersoneel afwesig is: [+ Gr. R Leerkrag] { Siek-, Familie-, spesiale-, persoonlike- en onbetaalde verlof.} - 13 personeel = 50 dae

Gem. dae afwesig = 2.38%

4.2 Nie onderrig personeel afwesig is: - 17 personeel = 120 dae

Gem. dae afwesig = 4.98%

4.3 Dissipline en verhore deur skoolhoof t.o.v. personeel se afwesighede. - 0

4.4 Dissipline en/of verhore deur skoolhoof t.o.v. swak werksverrigting deur personeel. - 0

4.5 Hoeveelheid vakatures en / of oortollige personeel. - Vakature Oortollig

Page 11: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

4.5.1 Onderrig personeel - 0 1

4.5.2 Nie onderrig personeel - 2 0

4.5.3 Koshuispersoneel - 0 0

Stappe wat gevolg is om vakatures te vul:

Doen navrae deur die Dept. van Onderwys deur die SMDG telefonies te skakel asook statistiese opnames maandeliks deur die SA SAMS stelsel. Poste soos bv. die faktotum waarop die skool geregtig is, kan nie gevul word nie aangesien die Dept. nie genoegsame fondse het vir nuwe aanstellings nie. Poste vir koshuisvader en –moeder sal weer in 2014 aandag geniet na skriftelike versoek tot die Dept. rig.

11. LEERDERS:

AAN- & AFWESIGHEID: LEERDERS

2012 2013 Leerders wat klasse gereeld tydens skoolure verlaat. - 3.7%Lle 1.1%Lle Leerders wat skool gedurende skoolure verlaat vir afsprake. - 106 - 144

GEMIDDELDE AFWESIGHEDE PER KLAS: - 4.98%

GR. 1 GR. 2 GR. 3 GR.4 GR.5 GR.6 GR.72012 = 5.95% 5.97% 3.5% 4.74% 4.20% 4.90% 5.20%2013 = 5.70% 6.46% 7.74% 3.59% 6.15% 5.23% 3.80%

Ontrekkings uit klasse:Die skool poog om ouers aan te moedig om nie leerders tydens skoolure uit klasse te onttrek nie, maar kan ouers nie hulle kinders weier nie. Ouers het baie moeite gedoen om hul kinders se tuiswerk te kry en op datum te hou. Baie dankie. Leerkragte en die sekretaresse het ook baie moeite gedoen om goeie kommunikasie met die ouers te handhaaf en tuiswerk na leerders deur te stuur. Dit is ekstra moeite vir die sekretaresse, want daar is ‘n tuiswerkboek in personeelkamer tot die ouers se beskikking en ander ouers en maats kan ook daarmee help. Baie dankie aan personeel en die admin. personeel wat die ekstra myl hier stap. Ouers moet asb. poog om nie die verantwoordelikheid op die admin. personeel te plaas nie, maar gebruik te maak van ander hulpbronne.

Sommige van die ouers versuim nog om die skoolhoof/skool in kennis te stel indien hul kind/ers nie vir die dag skool toe kom nie. Daar was vanjaar ‘n drastiese verbetering in samewerking van die ouers gewees. Baie dankie aan al die ouers wat dit so getrou doen om die veiligheid van u kind te verseker en ons bestuur te vergemaklik.

Laatkommers:Ouers word verantwoordelik gehou vir die stiptelikheid van hul kinders. Leerders kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie. Hierdie tendens was vanjaar weer vir ons ‘n uitdaging en ouers is per skrywe in kennis gestel indien hulle kinders meer as 3 keer per kwartaal laat gekom het. Soms is dit buite beheer van ouers, maar moet ongelukkig aangespreek word.

12. LEERDERS SE AKADEMIESE PRESTASIES:

Die slaagsyfer vir Desember 2012 was: - 99,4%

DEPARTEMENTELE JNA TOETSE WORD EEN KEER PER JAAR GESKRYF: [Sept. 2013]

Page 12: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

Ons skool se JNA vraestelle is vanjaar deur die Departement van Onderwys gemerk en nie deur ons leerkragte nie. Die uitslae is ongelukkig nog nie beskikbaar nie na vele navrae. Die skool sal u as ouers dadelik d.m.v. die nuusbrief van die uitslae in kennis stel sodra ons dit ontvang het. NUWE KURRIKULUM: KAV’S

KAV’s is reeds in 2012 met sukes in die Grondslagfase en tydens 2013 in die intermediêre fase geïmplementeer. Die Departement van Onderwys het ons voorsien van handboeke en werkboeke wat die leerkragte kon gebruik as addisionele hulpmiddels om effektiewe onderrig te gee. Die Departement van Onderwys het ons reeds van sommige werkboeke voorsien vir 2014. Die res van die boeke asook tekorte word voor die einde van die jaar verwag.

Sommige van die senior fase leerkragte het tydens die September vakansie kursusse bygewoon om die KAV vir die senior fase vanaf Januarie 2014 te implementeer. Tydens Januarie 2014 gaan die res van die leerkragte opgelei word.

13. LEERDERS SE SPORT EN KULTUURPRESTASIES

Leerders in die skool wat aan geen buitemuurse aktiwiteite deelneem nie. - 25 Leerders wat vanjaar provinsiale kleure verwerf. - 30

DEELNAME AAN VRYSTAAT KAMPIOENSKAPPE EN PROVINSIALE KLEURE: {VRYSTAAT, SUID- VRYSTAAT, GRIEKWAS, NOORDKAAP}

SPORTKODE: { NET KATEGORIE A }: DEELNAME: VERWERF KLEURE:ATLETIEK [ 3 ] & SA’s SVS = 6GIMNASTIEK SVS = 9TWEEKAMP [ 2 ] & SA’s SVS = 9TENNIS SVS = 3VOLKSPELE NK = 1VARSWATER HENGEL NK = 1TENTPEGGING [ 1 ] Jnr. Springbok VS = 1

LIGA UITSLAE:

NETBAL: 0/10 - A span wen al hul wedstryde TENNIS : 0/11 Seuns - Wen die Kimberley liga. RUGBY : 0/13 - Eindig saam tweede in die Kimberley liga

NK KUNSTEFEES:

DIE KOOR: Koor behaal ‘n B+ en ‘n baie suksesvolle koorfees word aangebied.VOORDRAG, SANG EN MUSIEK: Uit die 68 deelnemers wat aan die NK Kunstefees deelgeneem het, behaal ons leerders; 6 A+, 41 A, 15 B+ en 4 B simbole.

BYBELVASVRAE:

4 Leerders [Span] behaal ‘n derde plek in die Vrystaat.

GLOBAL WISKUNDE OLIMPIADE:

6 van die graad 7 leerders neem vanjaar aan die kompetisie deel.

AMESA:

Page 13: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

50 Leerders neem deel en Danie De Waal en Maruis Esterhuizen behaal ‘n brons sertifikaat tydens die finale rondte.NAUTILUS:

Cecile van Graan was ‘n klaswenner [Gr. 6] tydens Noordkaap/Vrystaat kampioenskappe.

14. HULPBRONNE OM KWALITEIT ONDERRIG TE VOORSIEN:

BESKIKBAAR TOESTAND TEKORT GRADE

i. Handboeke √ Goed Geenii. Diktate √ Goed Geeniii. Skryfbehoeftes √ Goed Geeniv. Banke √ Goed √ GF - SFv. Stoele √ Goed √ GF - SFvi. Klaskamers/Lokale √ Goed √ Stoorplekvii. Data projektors √ Goed Geen viii. Rekenaars √ Goed √ Mediaix. Koshuisverblyf √ Goed Geenx. Elektrisiteit √ Goed Geenxi. Water √ Gehalte swak Koshuis en skoolxii. Toilette √ Goed Geenxiii. Leerkrag elke klas √ Goed Geen

Afrigters, apparaat en fasiliteite √ √ Sport

15.BEHEERLIGGAAM:

Die tweede termyn van ‘n goed gemotiveerde beheerliggaam is agter die rug. Ouers kan regtig met trots opsien na elkeen van hierdie lede wat u hier verteenwoordig. Hierdie span wat gelei word deur mnr. Danie Delport, laat nie gras onder hulle voete groei nie. Hulle is doelgerig en voeg die daad by die woord. Die wyse waarop hulle elke projek aanpak, probleme identifiseer en oplos en nuwe planne maak vir 2014 is ‘n toonbeeld dat hierdie mense lojaal is en hul taak met passie uitvoer om hierdie skool vir beter kwaliteit leerders toeganklik te maak. Elke komitee funksioneer doelgerig en funksioneel en groot planne word beraam om ons skool te bemark en te adverteer.

Van die projekte wat hul vanjaar suksesvol afgehandel het was die aanbeveling by die Jakkie sportkamertrust vir die aankoop van ‘n 25 sitplek bus om ons vervoer probleme aan te spreek. Die verf van ons stoepe se afdakke en die administratiewe blok. Dit is gedoen om ons skool se uiterlike beeld te verbeter.

Verder is daar met Eskom onderhandel om die skool se krag rekening te gewysig om sodoende ons kragrekening drasties te verlaag en vele rande te spaar.

Wi-fi, twee dataprojektors en ‘n skootrekenaar is aangeskaf vir leerkragte om hul te help met die aanbied van lesse d.m.v. verbeterde tegnologie.

Die hoofdoel van ‘n beheerliggaam is om toe te sien dat effektiewe onderrig in ‘n skool plaasvind en daarom is ‘n ekstra leerkrag aangestel om die las van die leerkragte te verlig.

Die aanstelling van die sportorganiseerder is nog in proses en die pos sal teen einde November gevul wees indien daar ‘n kwalifiserende kandidaat gaan wees.

16.FINANSIëLE PROFIEL:

Page 14: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

Baie geluk aan ons graad 2 klas wat vanjaar uitgestaan het as die klas wat die positiefste gereageer het met die insameling van fondse vir die skool en die koshuis. Hulle het die meeste geld ingesamel met die jagpakkette asook die meeste geld met die klasinsamelings. Baie dankie aan elke leerder, hul ouers en die klasvoog vir die puik samewerking, harde werk en jul positiewe gesindheid. Julle is vir elke kind in die skool ‘n pragtige voorbeeld.

Die graad 7 klas het ook baie hard gewerk om ‘n afskeidsgeskenk vir skool te koop. Ons opregte dank en waardering aan die klasvoog, mev. E. van Wyk, van die graad 7 ouers wat betrokke was met die insameling van fondse asook elke kind wat sy/haar deel bygedra het. Ons ontvang met groot dank die klankstelsel en die borde voor in ons saal.

SKOOL:

UITSTAANDE SKOOLGELD, KWYTSKELDINGS,SALARISSE, ONDERHOUD VAN GEBOUE EN TERREIN EN BRANDSTOF IS DIE GROOTSTE BEKOMMERNISSE TYDENS DIE OPSTEL VAN DIE BEGROTING.

TANS 223 LEERDERS, BEGROOT VIR 225 VOLGENDE JAAR. 182 VAN DIE 195 OUERPARE BETAAL HUL SKOOLGELDE 100%. BAIE DANKIE!!! DIS TELEURSTELLEND DAT 13 VAN ONS OUERPARE VERSUIM OM ENIGE

SKOOLGELDE TE BETAAL. TANS IS DAAR OUERPARE WAT OORHANDIG IS AAN SKULD INVORDERAARS

TEEN ‘N AGTERSTALLIGE BEDRAG VAN R 117 778 4 OUERS WAT GEDEELTELIKE KWYTSKELDING ONTVANG HET, IS AGTERSTALLIG

MET R 6 811,61 UITSTAANDE SKOOLGELDE BELOOP TANS – R 94 794.37 . HIERDIE BEDRAG KAN

NOG TOT EINDE NOVEMBER DAAL OF ESKALEER. 23 VAN ONS LEERDERS VAN 16 OUERPARE HET ALGEHELE OF GEDEELTELIKE

KWYTSKELDING ONTVANG, WAT ‘N BEDRAG VAN R 97 630 BELOOP VIR 2013. ‘N GESAMENTLIKE BEDRAG VAN HIERDIE 23 LEERDERS SE OUERS AAN ONS

VERSKULDIG, BELOOP R 27 951 VIR 2013 WAT HULLE OOK NOG VERSUIM OM TE BETAAL. REGSTAPPE IS EN GAAN TEEN HIERDIE OUERS AANGEGAAN WORD.

R 250 KORTING WORD AAN OUERS WAT HUL SKOOLGELDE VIR DIE JAAR VOORUITBETAAL AANGEBIED.

ONS VERLOOR 31 GRAAD 7 LEERDERS. INGESKREWE LEERDERS VIR GRAAD 1 IN 2014 BELOOP TANS 31 LEERDERS. VOLGENS DIE ANDER GRADE SE INSKRYWINGS VIR 2014 GAAN SOMMIGE VAN DIE GRADE VOL KLASSE WEES.

INDIEN ALLE OUERS HUL VERANTWOORDELIKHEDE SOU NAKOM WAT HUL SKOOLGELDE AAN BETREF SOU SKOOLGELD NIE SO DRASTIES VERHOOG HET NIE. DIE BL MOES NOODGEDWONGE SKOOLGELDE VIR 2014 MET 8.2% VERHOOG IN VERGELEKE MET 2011 SE 10,7% EN 2013 SE 7%. BL HET OUERS SE EKONOMIESE OMSTANDIGHEDE HIER IN AG GENEEM EN HOOP DAT OUERS HIEROP POSITIEF SAL REAGEER.

DIE BL HET SOVER MOONTLIK ‘N BILLIKE BEGROTING OPGESTEL. DEPARTEMENT VAN ONDERWYS WENTEL AL HOE MEER FINANSIëLE

VERANTWOORDELIKHEDE AF NA DIE OUERS. DIE DEPARTEMENT SE BYDRAE TOT ONS BEGROTING IS 6 % VIR 2014. ONS ONTVANG R 530 PER LEERDER VIR DIE JAAR WAARVAN R 262 P/L VIR BOEKE, R5.30 P/L VIR ONDERHOUD VAN GEBOUE EN TOERUSTING EN R 260 P/L VIR WATER EN ELEKTRISITEIT IS.

SKOOLGELD VIR 2014 BELOOP R 595.00 PER MAAND OOR 11 MAANDE.

SKOOL: OKTOBER 2013 R

a. DEPARTEMENTELE TOEWYSING ONTVANG 104 535b. SKOOLGELD ONTVANG 1 192 490c. HANDBOEKE AANGEKOOP 14 880

Page 15: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

d. SKRYFBEHOEFTES AANGEKOOP 22 370e. MUNISIPALE DIENSTE BETAAL 6 690f. ELEKTRISITEIT BETAAL 81 000g. INSTANDHOUDING VAN GEBOUE EN TOERUSTING 46 500h. KORTING GEGEE AAN VOORUIT BETALERS 6 750i. KWYTSKELDINGSBEDRAG AAN OUERS TOEGESTAAN 97 630j. AANTAL OUERPARE WAT KWYTSKELDING GEKRY HET. 16

KOSHUIS:

DAAR IS TANS 64 LEERDERS IN DIE KOSHUIS EN ‘N MOONTLIKHEID VAN 65+ LEERDERS VIR 2014 IN DIE KOSHUIS VOLGENS INSKRYWINGS TOT OP HEDE.

LOSIES VERHOOG MET 7% VIR 2014 VAN R860 TOT R920 VIR 11 MAANDE. PER MAAND BETALERS BETAAL R960 PER MAAND OOR 11 MAANDE. EENMALIGE VOORUITBETALING KRY R400.00 AFSLAG PER INWONER. MAANDBETALERS MOET SKRIFTELIK AANSOEK DOEN BY KOSHUISKOMITEE EN

VOORUITBETALING MOET GESKIED. INDIEN EEN MAAND OORSLAAN VERBEUR U DIE VERGUNNING.

BEOOG OM WEER IN 2014 ‘N GHOLFDAG TE REëL. GEEN GLYSKALE NIE.

KOSHUIS: OKTOBER 2013 R

k. KOSHUISGELDE ONTVANG 493 205l. MUNISIPALE DIENSTE BETAAL 6 373m. ELEKTRISITEIT BETAAL 68 540n. INSTANDHOUDING VAN GEBOUE EN TOERUSTING 135 9095o. KORTING AAN OUERS WAT VOORUITBETAAL. 4 400

17. VEILIGHEID:GEïMPLEMENTEER IN WORDING

a. Noodplan √b. Brandblussers diens √c. Heining en slotte √d. Alarm √e. Kamerastelsel in klasse en op terrein √f. Swembadreëls en boeie √g. Medikasie en registers √h. Noodhulp en noodhelpers √i. Kursusse vir opgradering [ Noodhulp] √j. Toerusting en beskerming √k. Noodhulptasse in elke klas / lokaal √l. Verslae en kontroleregisters √m. Skolierpatrollies √n. Elektriese hekke – Interkom √ EN √o. Terreindiens √p. Voorsien skoon drinkwater. {Nie munisipale water} √q. Elektriese sertifikaat van nakoming √

Page 16: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2013.docx  · Web viewMet die 43ste jaarverslag aan die beheerliggaam en ouers van Jacobsdal Primêre Skool word daar gefokus op net ... Ons

r. Veiligheidskomitee √

U wat positief was en wat ‘n positiewe gesindheid t.o.v. die skoolgemeenskap openbaar het, het nie net belê in u kind nie, maar wel ‘n verskil gemaak in die voortbestaan van hierdiè skool. Dis mos ons skool diè. Ons moet klou aan wat ons het.

Ek bedank in besonder al die omliggende gemeenskappe se ouers wat hul kinders na ons skool toe stuur vir u vertroue in ons en ons skool. Dankie dat u deurlopend ‘n voorbeeld van trots, lojaliteit en goeie gesindheid openbaar. U is trots op dit wat nie eers u eie is nie. Ons kan sien dit is vir u kosbaar en u koester dit, hoeveel te meer moet ons Jacobsdalers dan nie wees nie. Dankie dat u ons skool ondersteun en positief adverteer u in verskeie gemeenskappe, u is vir ons as Jakkies kosbaar.

Baie dankie aan elke borg, donateur, afrigter en elke positiewe en betrokke ouer. U is kosbaar vir ons skool. Bly positief en raak betrokke, werk en bou aan die toekoms van ons skool en u kind.

Baie dankie aan die lojale beheerliggaam, ouerkomitee, koshuiskomitee, personeel, borgekomitee en gemeenskap vir u ondersteuning aan ons skool die afgelope jaar, dit word opreg waardeer. Laastens dankie aan ons Skepper vir hierdie besondere skool. Mag HY en HY alleen ons inspirasie na geestelike volmaaktheid wees. Mag Hy hierdie skool bewaar teen die negatiewe elemente en ons in 2014 seën met voorspoed, sukses, vreugde en vrede.

‘n Geseënde kers- en oestyd word u toegewens.

Die bestuurspan en personeel 8 November 2013