7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 7 24 Februarie – 3 Maart 2017 OUERS: REDENAARSKOMPETISIE: Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes uit na ons eerste Redenaarskompetisie wat op Maandag, 27 Februarie om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. Deelnemers moet asseblief skoolklere aanhê, ook leerders wat toeskouers is. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Ouers moet asseblief kennis neem dat die toerkinders ‘n inligtingsbrief ontvang het. Leerders wat nog nie hulle toerafskeurstrokie ingehandig het nie, moet dit asseblief dringend doen om hulle plekke te verseker. SWEMBAD: Die swembad en terrein is vir Saterdag, 25 Februarie vanaf 8:00 tot 18:00 en Sondag, 26 Februarie vanaf 12:00 tot 16:00 vir privaatfunksies bespreek. Geen ander persone by swembad gedurende daardie tydgleuf nie. MUNTLEGGING VIR KANKER: Ons skool gaan op Donderdag, 23 Maart ‘n groot muntlegging vir KANSA by die skool hou. Kinders kan solank munte bymekaar maak om op daardie dag saam te bring. VRYSTAAT/NOORDKAAP WISKUNDE UITDAGING: [AFSKEURSTROKIE] Graad 3 tot 7 leerders wat hierdie jaar vir die Vrystaat/Noordkaap Wiskunde Uitdagingkompetisie wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R10 inskrywingsgeld by die klasonderwysers inbetaal. Deelnemers gaan ‘n oefenvraestel ontvang. Die uitdaging vind op 1 Augustus plaas maar ons moet nou al inskryf. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 10 Maart. JAKKIE SPORTSAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat ‘n Jakkie Sportsak wil bestel kan die afskeurstrokie invul en saam met R300 by die klasonderwysers inhandig. Daar sal slegs een bestelling van sakke gedoen word. LEERDERDEELNAME: FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS: Geluk aan die atlete wat met die Fichardtpark Atletiekbyeenkoms mooi presteer het. Ons sluit die uitslae by die nuusbrief in. MOTHEO/XHARIEP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE: Baie sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 25 Februarie aan die Motheo/Xhariep Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem. TWEEKAMP: As gevolg van die baie reën in Bloemfontein is die Suid- Vrystaat Tweekampkampioenskappe uitgestel tot Dinsdag, 28 Februarie. Baie sterkte aan ons atlete wat gaan deelneem. NETBAL: Die 0/13 netbalgroep vertrek op Woensdag, 1 Maart om 14:00 na Bloemfontein om aan die Willem Postma aandliga te gaan deelneem. Hulle is: Elana le Roux, Chrisna Roelofse, Chanel Niemann, Miandi Steenkamp, Anneline de Wet, Cayla Da Camara, Ninke Jacobs en Magdelize van Zyl. KRIEKET: Ons krieketspelers kan vanaf volgende week op ‘n Maandagmiddag op die volgende tye kom krieket oefen: 0/11: 14:30 tot 15:30

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL › Nuus2017sewe.docx  · Web viewDie 0/13 netbalgroep vertrek op Woensdag, 1 Maart om 14:00 na Bloemfontein om aan die Willem Postma aandliga te gaan deelneem

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL › Nuus2017sewe.docx  · Web viewDie 0/13 netbalgroep vertrek op Woensdag, 1 Maart om 14:00 na Bloemfontein om aan die Willem Postma aandliga te gaan deelneem

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 7 24 Februarie – 3 Maart 2017OUERS:REDENAARSKOMPETISIE:Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes uit na ons eerste Redenaarskompetisie wat op Maandag, 27 Februarie om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. Deelnemers moet asseblief skoolklere aanhê, ook leerders wat toeskouers is.

SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Ouers moet asseblief kennis neem dat die toerkinders ‘n inligtingsbrief ontvang het. Leerders wat nog nie hulle toerafskeurstrokie ingehandig het nie, moet dit asseblief dringend doen om hulle plekke te verseker.

SWEMBAD:Die swembad en terrein is vir Saterdag, 25 Februarie vanaf 8:00 tot 18:00 en Sondag, 26 Februarie vanaf 12:00 tot 16:00 vir privaatfunksies bespreek. Geen ander persone by swembad gedurende daardie tydgleuf nie. MUNTLEGGING VIR KANKER:Ons skool gaan op Donderdag, 23 Maart ‘n groot muntlegging vir KANSA by die skool hou. Kinders kan solank munte bymekaar maak om op daardie dag saam te bring.

VRYSTAAT/NOORDKAAP WISKUNDE UITDAGING: [AFSKEURSTROKIE]Graad 3 tot 7 leerders wat hierdie jaar vir die Vrystaat/Noordkaap Wiskunde Uitdagingkompetisie wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R10 inskrywingsgeld by die klasonderwysers inbetaal. Deelnemers gaan ‘n oefenvraestel ontvang. Die uitdaging vind op 1 Augustus plaas maar ons moet nou al inskryf.Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 10 Maart.

JAKKIE SPORTSAK: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat ‘n Jakkie Sportsak wil bestel kan die afskeurstrokie invul en saam met R300 by die klasonderwysers inhandig. Daar sal slegs een bestelling van sakke gedoen word.

LEERDERDEELNAME:FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS:

Geluk aan die atlete wat met die Fichardtpark Atletiekbyeenkoms mooi presteer het. Ons sluit die uitslae by die nuusbrief in.

MOTHEO/XHARIEP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE:Baie sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 25 Februarie aan die Motheo/Xhariep Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem.

TWEEKAMP:As gevolg van die baie reën in Bloemfontein is die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe uitgestel tot Dinsdag, 28 Februarie. Baie sterkte aan ons atlete wat gaan deelneem.

NETBAL:Die 0/13 netbalgroep vertrek op Woensdag, 1 Maart om 14:00 na Bloemfontein om aan die Willem Postma aandliga te gaan deelneem. Hulle is: Elana le Roux, Chrisna Roelofse, Chanel Niemann, Miandi Steenkamp, Anneline de Wet, Cayla Da Camara, Ninke Jacobs en Magdelize van Zyl.

KRIEKET:Ons krieketspelers kan vanaf volgende week op ‘n Maandagmiddag op die volgende tye kom krieket oefen:0/11: 14:30 tot 15:300/13: 15:00 tot 1600

TENNIS:Tennisspelers wat in die Xhariep- / Suid-Vrystaatspan is, kan vanaf volgende week op ‘n Maandag en Woensdag van 15:00 tot 16:00 by mnr Alfred Hodgson gaan tennis oefen.

SKAAK:Sterkte aan HJ Noeth, JG Noeth en Heinrich Poolman wat die naweek aan die Kwalifiserende Skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem.

JAKKIES SKAAKTOERNOOI: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende Kwalifiserende Skaaktoernooi vind op Vrydag 3, en Saterdag 4 Maart hier by Jacobsdal Primêre Skool plaas. Al die Jakkies wat skaak speel en graag vir die toernooi wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R80 inskrywingsgeld op Maandag, 27 Februarie by die klasonderwysers inhandig. Dit is ‘n lekker geleentheid om ‘n hele paar goeie skaakwedstryde te kan speel. Ons koshuiskinders wat gaan deelneem, kan Vrydagaand in die koshuis oorbly. (Geen kostes nie)Ouers wat belangstel in koshuisverblyf kan met Danie Noeth kontak maak. (Kostes: R140 vir bed en ontbyt)

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL › Nuus2017sewe.docx  · Web viewDie 0/13 netbalgroep vertrek op Woensdag, 1 Maart om 14:00 na Bloemfontein om aan die Willem Postma aandliga te gaan deelneem

Ons moedig ons skaakspelers aan om in te skryf vir hierdie toernooi!

BYBELVASVRA:Graad 4 tot 7 leerders wat graag in die Bybelvasvraspan wil kom kan Handelinge 1 & 2 goed bestudeer. Die kwalifiserende toets vind op Maandag, 6 Maart om 14:30 in die graad 2-klas plaas. Jy moet 80% of hoër kry om vir die span te kwalifiseer! Die span neem later vanjaar aan ‘n Nasionale Bybelvasvrakompetisie deel.

WÊRELDKENNIS OLIMPIADE: [AFSKEURSTROKIE]Graad 6 en 7-leerders wat hierdie jaar wil inskryf vir die Wêrelkennis Olimpiade kan die afskeurstrokie invul en saam met R20 inskrywingsgeld vanaf Maandag, 27 Februarie by die klasonderwysers inhandig. Met hierdie Olimpiade word kinders se algemene kennis getoets.Sluitingsdatum vir inskrywings: Maandag, 13 Maart

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 6-klas hou hulle koekieverkoping op Maandag, 27 Februarie. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

SKENKING:Baie dankie aan Vera Steenkamp wat boeke vir ons Biblioteek geskenk het. Ons waardeer dit!

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Vanita CoetzeeHennie Huyser

AFSKEURSTROKIE: SKAAKTOERNOOI BY JAKKIES (3 – 4 MAART)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL › Nuus2017sewe.docx  · Web viewDie 0/13 netbalgroep vertrek op Woensdag, 1 Maart om 14:00 na Bloemfontein om aan die Willem Postma aandliga te gaan deelneem

AFSKEURSTROKIE: SKAAKTOERNOOI BY JAKKIES (3 – 4 MAART)

AFSKEURSTROKIE: WISKUNDE UITDAGING (GR 3 – 7) (Sluitingsdatum: 10 Maart)) NAAM VAN OUER: ____________________________________

NAAM VAN LEERDER: _________________________________

GRAAD VAN LEERDER: ______

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE VRYSTAAT / NOORDKAAPWISKUNDE UITDAGING OP 1 AUGUSTUS 2017.

INGESLUIT MY INSKRYWINGSGELD VAN R10:

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

AFSKEURSTROKIE: WÊRELDKENNIS OLIMPIADE GR 6 & 7 (Sluitingsdatum: 13 Maart)) NAAM VAN OUER: ____________________________________

AFSKEURSTROKIE: JAKKIE SPORTSAK NAAM VAN OUER: ____________________________________

NAAM VAN LEERDER: _________________________________

GRAAD VAN LEERDER: ______

WIL GRAAG ‘N JAKKIE SPORTSAK BESTEL.

INGESLUIT MY R300 KONTANT:

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL › Nuus2017sewe.docx  · Web viewDie 0/13 netbalgroep vertrek op Woensdag, 1 Maart om 14:00 na Bloemfontein om aan die Willem Postma aandliga te gaan deelneem

Ons skool benodig‘n 2500L of meer watertenk

om skoon drinkwater op te gaar. Indien u so ‘n tenk het

wat u nie meer gebruik nieen bereid is om dit aan ons te skenk,

sal ons dit baie waardeer.

AFSKEURSTROKIE: WÊRELDKENNIS OLIMPIADE GR 6 & 7 (Sluitingsdatum: 13 Maart)) NAAM VAN OUER: ____________________________________

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL › Nuus2017sewe.docx  · Web viewDie 0/13 netbalgroep vertrek op Woensdag, 1 Maart om 14:00 na Bloemfontein om aan die Willem Postma aandliga te gaan deelneem

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLVAKATURE BESKIKBAAR

LEERKRAG: (Posvlak 1) Beheerliggaamaanstelling

POSBENAMING: Graad 5 - Klasonderwyser

MINIMUM VEREISTES: Onderwyskwalifikasie

VAKKE: Engels, Afrikaans, NWT, SW en LV

AANBEVELINGS: Goed tweetalig. Rekenaarvaardig.Vermoë om opdragte doeltreffend en stiptelik uit te voerGoeie organisasie en beplanningGoeie en aanvaarbare waardesSport en Kultuur vaardighedeGeen kriminele rekordOndervinding gaan in jou guns tel!

KONTRAK: Jaarliks

SALARISPAKKET: R10 000,00 per maand vir 12 maande

DIENSAANVAARDING: 18 April 2017

HANDIG DIE VOLGENDE IN, OF EPOS NA [email protected]

Aansoekbrief en Volledige CVGesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies en ID dokument

Sluitingsdatum: 16 Maart 2017

NAVRAE:

Skoolhoof, mnr PW Tait by: [email protected]: 053 5910039

Indien u nie binne twee weke, na sluiting van die aansoeke, iets van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.