13
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 8 4 – 11 MAART 2016 OUERS: BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING: Mev Shelene Oertel het van die Beheerliggaam bedank. Ons opregte dank aan haar vir die diens wat sy die afgelope jaar aan die skool verrig het. ‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Baie dankie aan toerouers wat al produkte kom aflewer het. Alle produkte moet asseblief op Maandag, 7 Maart by die boekstoor ingehandig word, sodat ons kan sien wat nog nodig is. Ons beskuit is ‘n bietjie min as iemand dalk vir ons kan bak? Toerlede ontvang weer die benodigdhedelys en ‘n toerprogram. Daar is leerders wat nog nie mediese vorms ingehandig het nie. Toergeld, borgvorms en sakgeld (4 x R50 in gemerkte sakkies) moet ook Maandag ingehandig word. Alle gelde op die borgvorms moet by die skool inbetaal word. Leë borgvorms moet ook ingehandig word. Ons moet sekere onkostes van die toer reeds volgende week betaal. U gee op Sondag, 13 Maart self vir u kind sy/haar sakgeld vir daardie dag. Baie dankie aan ouers en groothartige persone in ons dorp wat bydra om kinders wat dit nie kan bekostig nie, met hulle toergeld te help. Wees verseker dat hierdie kinders dit baie waardeer. OUERS WAT SAAM GAAN TOER: Ongelukkig kan ons u nie saam met die kinders by hulle aktiwiteite/uitstappies akkommodeer nie, maar ons nooi u hartlik uit om ons by die wedstryde te ondersteun en lekker saam met ons te kom braai die Dinsdagaand. Eie vleis, eetgerei en drinkgoed asseblief. BUITEMUURS VOLGENDE WEEK: As gevolg van die Jeugskou sal geen buitemuurse aktiwiteite, behalwe rugby- en netbaloefeninge, asook SA atletiek/tweekamp oefening, plaasvind nie. Klubswem het ook reeds gesluit. KLEUTERSKOOL SE KLEIN HEKKIE: As gevolg van die groot veiligheidsrisiko wat die klein hekkie by die Kleuterskool inhou, sal die hekkie voortaan om 8:00 gesluit word en slegs tussen 12:00 en 12:30 weer oop wees. Vir die res van die dag sal daardie hekkie dan ook gesluit wees. Die klein hekkie langs die swembadmuur word elke dag om 12:30 oopgesluit en is dan vir die middag oop. Maak asseblief van daardie hekkie gebruik om kinders af en op te laai vir sport. Slegs personeel en afrigters mag met motors op die skoolterrein ry. Leerders moet asseblief nie hulle tasse of sportsakke by die klein hekkie neersit en gaan speel nie. Dit word gesteel. Bêre dit eerder op die stoep voor die boekstoor. JEUGSKOU: [AKTIWITEITE / PROGRAM / AFSKEURSTROKIES] Ons sluit weer al die aktiwiteite van die Jeugskou by die nuusbrief in. Leerders wat aan die Papiervou (Origami) gaan deelneem, moet asseblief mooi kyk na die benodigdhede wat hulle moet saambring skool toe. Leerders kan nog vir oulaas Maandagoggend tydens adminperiode by die klasonderwysers inskryf. (R5 per afdeling) Die program word ook by die nuusbrief ingesluit. Worsbroodjies kan nog tot Donderdag, 10 Maart met die afskeurstrokie bestel word. Ons herinner pa’s en ma’s aan die “MASTERCHEF JAKKIEDOOR- KOMPETISIE” waaraan u kan deelneem op Vrydag, 11 Maart 10:00 tot 11:00. Vul die

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 8 4 – 11 MAART 2016OUERS:BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING: Mev Shelene Oertel het van die Beheerliggaam bedank. Ons opregte dank aan haar vir die diens wat sy die afgelope jaar aan die skool verrig het.‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul.

SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER:Baie dankie aan toerouers wat al produkte kom aflewer het. Alle produkte moet asseblief op Maandag, 7 Maart by die boekstoor ingehandig word, sodat ons kan sien wat nog nodig is. Ons beskuit is ‘n bietjie min as iemand dalk vir ons kan bak? Toerlede ontvang weer die benodigdhedelys en ‘n toerprogram.Daar is leerders wat nog nie mediese vorms ingehandig het nie. Toergeld, borgvorms en sakgeld (4 x R50 in gemerkte sakkies) moet ook Maandag ingehandig word. Alle gelde op die borgvorms moet by die skool inbetaal word. Leë borgvorms moet ook ingehandig word. Ons moet sekere onkostes van die toer reeds volgende week betaal.U gee op Sondag, 13 Maart self vir u kind sy/haar sakgeld vir daardie dag.Baie dankie aan ouers en groothartige persone in ons dorp wat bydra om kinders wat dit nie kan bekostig nie, met hulle toergeld te help. Wees verseker dat hierdie kinders dit baie waardeer.OUERS WAT SAAM GAAN TOER:Ongelukkig kan ons u nie saam met die kinders by hulle aktiwiteite/uitstappies akkommodeer nie, maar ons nooi u hartlik uit om ons by die wedstryde te ondersteun en lekker saam met ons te kom braai die Dinsdagaand. Eie vleis, eetgerei en drinkgoed asseblief.

BUITEMUURS VOLGENDE WEEK:As gevolg van die Jeugskou sal geen buitemuurse aktiwiteite, behalwe rugby- en netbaloefeninge, asook SA atletiek/tweekamp oefening, plaasvind nie. Klubswem het ook reeds gesluit.

KLEUTERSKOOL SE KLEIN HEKKIE:As gevolg van die groot veiligheidsrisiko wat die klein hekkie by die Kleuterskool inhou, sal die hekkie voortaan om 8:00 gesluit word en slegs tussen 12:00 en 12:30 weer oop wees. Vir die res van die dag sal daardie hekkie dan ook gesluit wees. Die klein hekkie langs die swembadmuur word elke dag om 12:30 oopgesluit en is dan vir die middag oop. Maak asseblief van daardie hekkie gebruik om kinders af en op te laai vir sport. Slegs

personeel en afrigters mag met motors op die skoolterrein ry. Leerders moet asseblief nie hulle tasse of sportsakke by die klein hekkie neersit en gaan speel nie. Dit word gesteel. Bêre dit eerder op die stoep voor die boekstoor.

JEUGSKOU: [AKTIWITEITE / PROGRAM / AFSKEURSTROKIES]Ons sluit weer al die aktiwiteite van die Jeugskou by die nuusbrief in. Leerders wat aan die Papiervou (Origami) gaan deelneem, moet asseblief mooi kyk na die benodigdhede wat hulle moet saambring skool toe.Leerders kan nog vir oulaas Maandagoggend tydens adminperiode by die klasonderwysers inskryf. (R5 per afdeling)Die program word ook by die nuusbrief ingesluit.Worsbroodjies kan nog tot Donderdag, 10 Maart met die afskeurstrokie bestel word.Ons herinner pa’s en ma’s aan die “MASTERCHEF JAKKIEDOOR- KOMPETISIE” waaraan u kan deelneem op Vrydag, 11 Maart 10:00 tot 11:00. Vul die afskeurstrokie in en stuur saam met R20 na die klasonderwysers op Maandag, 7 Maart. Skool verdaag op Vrydag, 11 Maart om 12:00AFRIGTER DRINGEND BENODIG:Ons is op soek na ‘n hulpafrigter by die 0/9 rugbyspannetjie. Indien enige pa dalk daarmee kan help kan hy Alfred Hodgson kontak. Ons het ‘n groot klomp seuntjies wat in daardie ouderdomsgroep speel en mnr Hardenberg het dringend hulp nodig.

LEERDERDEELNAME:TWEEKAMP:Baie geluk aan al ons tweekampatlete wat pragtig presteer het met die afgelope Suid-Vrystaat Proewe. Die volgende atlete was onder die eerste 6 plekke:Izeldi Jacobs: 3de plek D 0/9JC Lübbe: 1ste plek S 0/11CJ Marx: 6de plek S 0/13Jomari Lübbe, JC Lübbe, CJ Marx en Ninke Jacobs is in die Suid-Vrystaat Tweekampspan opgeneem om op 25 en 26 Maart aan die SA Tweekampkampioenskappe deel te neem. (Slegs van 0/11 af gaan SA’s toe) Ons is baie trots op julle!ATLETIEK:Baie geluk aan die volgende drie atlete wat met die Vrystaat Atletiekkampioenskappe presteer het en in die Vrystaat Atletiekspan opgeneem is en op 11 en 12 Maart in PE deelneem:Wikus Wessels: 2de plek 150mWessel van Niekerk: 3de plek VS, 3de plek 70HMiandi Steenkamp: 3de plek SG Ons is baie trots op julle!

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,

RUGBY EN NETBAL TEEN STAATS: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende spanne speel op Vrydag, 11 Maart vóórseisoen rugby- en netbalwedstryde teen Staats in Kimberley:Netbal: 0/8, 0/9, 0/10, 0/11 Rugby: 0/9, 0/11Die 0/13A en B netbalspanne en 0/13 rugbyspan speel op Saterdag, 12 Maart by Staats.

NB: 0/13 SEUNS:Seuns wat in die 0/13 rugbyspan speel, moet sorg dat hulle wit PT-broeke het waarmee hulle wedstryde speel. Julle speel by Staats in die swart PT-broekies om julle wit broeke skoon te hou vir die toer. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om vervoerreëlings na Staats te bevestig. R30 busgeld is vooraf betaalbaar.

NETBALOEFENING: Die netbal toerspan (0/13) oefen volgende week elke dag net na die Jeugskouaktiwiteite. (Ongeveer 16:30) Sorg asseblief dat julle elke oefening bywoon.

RUGBY TEEN PRIESKA:Sterkte aan ons rugbyspanne wat op Saterdag, 5 Maart teen Prieska gaan speel. Die bus vertrek 5:30 vanaf die skool. Moenie laat wees nie!

REDENAARSKOMPETISIE:Leerders wat deurdring na die finale rondte in die derde kwartaal sal eers na die tweede kompetisie in volgende kwartaal bekend gemaak word.

SKAAK:Geluk aan die skaakspelers wat met die afgelope Kwalifiserende Skaaktoernooi goed presteer het:HJ Noeth: Wen 3 uit 5Phillip Noeth: Wen 3½ uit 5Hanroux Poolman: Wen 3 uit 5

WÊRELDKENNIS OLIMPIADE:Graad 6 en 7 leerders het die geleentheid om aan die Wêreldkennis Olimpiade deel te neem. Inskrywingsgeld beloop R20 en kan by juffrou Tersia betaal word vóór of op Vrydag, 11 Maart. Die vraestelle word op 19 Mei hier by die skool geskryf.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die graad 2-ouers wat heerlike eetgoed en kontant gestuur het. Die klas het ‘n fantasiese bedrag van R2 327,00 ingesamel!

SWEMBAD:Die swembad is op Sondag, 6 Maart vir die hele dag en Donderdag, 17 Maart vanaf 14:00 tot 16:00 bespreek vir privaatfunksies. Geen toegang vir enige ander persoon.

PENNE:Daar is sekere leerders wat met penne skryf waarvan die skrif uitgevee kan word of na ‘n tyd verdwyn. Hierdie soort penne mag glad nie in die skool gebruik word nie. Kry asseblief so gou as moontlik die regte skryfbehoeftes.

…………………. Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Nic en Sarie Knoetze (klein Diané)

KINDERS SE SELFONE:

Ouers moet dringend kyk wat op hulle kinders se selfone aangaan.

Ons hoor van leerders wat “whatsapp”-groepe stig en dan allerhande kommerwekkende gesprekke daarop voer.

Maak asb. seker dat u ten volle ingelig is oor u kind se

hantering van ‘n selfoon.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,

JEUGSKOU 2016: INLIGTINGSTUK

KUNS: SAAL Maandag 14:30 – 16:00

GR: ART: Benodigdhede watleerders moet saambring:

LEER-KRAGTE:

R Huisie VetkrytMarisan JacobsNaomi

van Eck

1 Myself Vetkryt2 Blomme Vetkryt3 Visse Vetkryt4 Hond Pastelle5 Kat Pastelle6 Voël Pastelle

Die Skool verskaf papier aan al die leerders.

PAPIERVOU (ORIGAMI): SAAL Dinsdag 14:30 – 16:00

GR: ART: Benodigdhede watleerders moet saambring:

LEER-KRAGTE:

1 Spokie

1 x 15 by 15cm papier (Wit, gekleurd of bont)Inkleurpotlode en pritt

Opsioneel: Ogies vir die spokie (enige iets!)

MarynaScholtzSchalk

MeintjesMary

Jingose

2 Kat

2 x 15 by 15cm papier (Wit, gekleurd of bont)Inkleurpotlode en pritt

Opsioneel: Ogies vir jou kat (enige iets!)

3 Blom

8 x 75mm by 75mm strokies papier Enige kleure, kolle, strepePritt en ‘n sosatiestokkie

Opsioneel: Enige iets om senter te beklemtoon

4 Sambrero 1 x 15 by 15cm papier en pritt(Enige kleur of bont)

5 Sampioen

1 x 15 by 15cm papier (Enige kleur, bont, kolle, strepe ens.)

Inkleurpotlode en pritt

Opsioneel: Afvalkolletjies van ‘n pons

6 Das 1 x 15 by 15cm papier en pritt(Enige kleur, bont, kolle, strepe ens.)

7 Fotoraam

1 x 15 by 15cm papier en pritt(Enige kleur, bont, kolle, strepe ens. Aan beide kante

van die papier)‘n Foto of mooi prentjie wat by jou papier pas

(5cm by 5cm)GESKENKPAPIER WERK BAIE GOED!

KRITERIA:1. Daar mag net een vou wees op elke voulyn.2. Presiesheid van die hoeke is belangrik3. Kreatiwiteit

WETENSKAP: SAAL Woensdag 14:30 – 16:00

GR: ART:Benodigdhede wat

leerders moet saambring:

LEER-KRAGTE:

Gr 4Gr 5Gr 6Gr 7

Die maak van ‘n projek.

Eie keuse!

Leerder verskaf alle benodigdhede.

(Volledige inligting sal aan alle leerders in klasse verskaf word.)

Tersia MostertDeandri v Vuuren

Matthew Hardenberg

Die hele artikel word by die huis klaargemaak. Leerder kry geleentheid om ‘n voorlegging te doen oor dit wat hy/sy gemaak het.

BAK EN BROU: SKOOLSAAL Woensdag 14:30 – 16:00

GR: ART: Benodigdhede watleerders moet saambring:

LEER-KRAGTE:

GR R - 1 Versiering

van ‘n “cup cake”

Alles word aan leerders voorsienDelene Da

CamaraElizna Hattingh

Madeleine Koorzen

GR 2 – 3

GR 4 – 5 Dek van

‘n skinkbord

Tema: Skinkbord vir ‘n siek persoonBring eie skinkbord en alles wat jy nodig het vir

dek.Daar moet ‘n “word gou gesond” kaartjie op die

skinkbord wees wat leerder self moet maak.‘n Bordjie met iets om te eet is aanvaarbaar

mits dit self in die saal gemaak word.

GR 6 – 7

RANGSKIKKING: SKOOLSAAL Donderdag 14:30 – 16:00 GR: ART: Benodigdhede wat

leerders moet saambring:LEER-

KRAGTE:GR

R - 1

Roeskreatief

Elke kind bring sy/haar eie klein of middelmatige geroeste blikkie.

Elke kind bring hul eie 5 (vyf) items om mee te rangskik. (Bv.

Blomme, klippe, grasse)

Oases is vooraf by juffrou Rina @ R1 per blikkie beskikbaar.

Rina van Zyl

Karin PageElza van

Wyk

GR 2 – 3

GR 4 – 5

GR6 – 7

Beoordelaars kyk na die kreatiewe plasing van jou 5 items in of by die blikkie.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,

JEUGSKOU 2016PROGRAM

MAANDAG TOT VRYDAG: 7-11 MAART 2016 1. AKTIWITEITE KONVENORS PLEK: GRAAD: TYD:

TOTMAANDAG – 7 MAART

KUNS MARISAN/NAOMI SAAL 1&2 13H30

3 14H004+5 14H306+7 15H00

DINSDAG – 8 MAART

ORIGAMI MARYNA, SCHALK, MARY SAAL 1&2 13H303 14H004+5 14H306+7 15H00

WOENSDAG, 9 MAART

GEBAK MADELEINE, ELISNA, DELENE SAAL 1 14H002 14H30

3 15H00 - 15H304-7 16H00

NATUURWETENSKAP TERSIA / DEANDRI/MATTHEW SAAL 4-7 14H30

Teen 14h30 moet alle uitstallers se uitstalling reeds in die saal gereed wees vir die beoordelaars.

DONDERDAG, 10 MAART

RANGSKIKKINGS RINA / KARIN/ ELZA SAAL 1&2 13H303 14H004+5 14H306+7 15H00

VRYDAG, 11 MAART Saal word om 9h00 oopgesluit vir besigtiging deur ouers en leerders.

Masterchef [Ouers] – 10h00 – 11h00 op stoep voor saal. [Tafels]Prysuitdeling vind om 11h00 plaas.

12h00 opruiming deur alle uitstallers.

Skool verdaag 12h00 vir alle kinders. Sekere rugby- en netbalspelers gaan selfs nog vroeër verdaag vir die sportdag by Staats. Ons wag vir die

program.

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,

INLIGTING:DIE JEUGSKOU VIND IN DIE MIDDAE NA SKOOL PLAAS.

NEEM KENNIS DAT RUGBY EN NETBAL OEFENINGE WEL VOORTGAAN.

GRAAD R DOEN AL DIE AKTIWITEITE BY DIE KLEUTERSKOOL.LEERDERS WORD IN GROEPE VERDEEL BINNE ‘N SPESIFIEKE

TYDGLEUF.NEEM KENNIS:Personeel verkoop worsbroodjies [R15] en koeldrank [R10] tydens pouse.Die snoepie sal oop wees. [Nie kos en koeldrank nie]Vrydag word die leerders se artikels uitgestal in die saal vir ouers en leerders om te besigtig.Leerders het vooraf alle instruksies by leerkragte ontvang. [Ook in saal en op nuusbriewe] Leerders en ouers moet deeglik voorberei. Ouers en kinders ontvang ook die kriteria waarop hulle geassesseer gaan word. By sommige aktiwiteite verskaf die skool die voorrade en by sommige moet leerders al die voorrade self voorsien.Inskrywingsgelde is R5 per afdeling en inskrywings sluit Maandag, 7 Maart om 8h00. Eerste tot derde plekke krykontant pryse [R15, R10, R5] per afdeling en per graad en plekke 1, 2 en 3 ontvang ook elk ‘n diploma. Ons moedig maksimum deelname aan. Leerders: Kaartjies [plakkers] word voorberei met ‘n unieke nommer vir elke kind in al die afdelings. Dit word op elke kind se artikel vasgemaak/vasgeplak/vasgedruk sodat leerder hul eie artikels kan neem en nie die van ander kinders nie. Elke kind neem sy artikel/s eers na die prysuitdeling op Vrydag, 11 Maart wanneer hulle in groepe toegelaat gaan word om dit te doen. Die nommer lyk as volg: Bv: 1/7 dit beteken die leerder is die eerste leerder van graad 7.Leerkragte het/gaan aan leerders/ouers alle benodighede op skrif deurgee.LEERDERS NEEM ELKE DAG IN HUL SPORTDRAG DEEL. Geen eetgoed tydens aktiwiteite word in saal toegelaat nie, slegs waterbottels.

Opruiming: - Voordat leerders die lokaal verlaat moet dit skoongemaak en gereed wees vir die volgende groep.

ALGEMENE INLIGTING:

* Daar is vanjaar ‘n item vir ouers ook. Ons versoek ons ouers om deel te neem. Dit skep altyd ‘n lekker atmosfeer as kinders hulle ouers sien deelneem en hulle kan aanmoedig. R20.00 per inskrywing voor of op Maandag, 7 Maart om 8h00.* Neutrale en bekwame persone gaan die beoordeling doen. * Laat inskrywings kan gedoen word maar daar sal ‘n boete van R10 per item gehef word.* Van ons leerders kan ook as helpers aangewend word. [Kinders kan hulle hulp gaan aanbied]

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,

AFSKEURSTROKIE: NETBAL EN RUGBY TEEN STAATS (Vrydag 11 en Saterdag 12 Maart)

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN SPELER: ______________________________

NEEM SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

EN KAN ______ (AANTAL) SPELERS SAAM MET MY NEEM.

BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

HANDTEKENING: ________________________

KONTAKNOMMER: _______________________

AFSKEURSTROKIE: WORSBROODJIEBESTELLING ( Vir Vrydag 11 Maart) NAAM VAN OUER: _____________________________________

NAAM VAN LEERDER: ____________________________GR: ___

EK WIL GRAAG ‘N BESTELLING PLAAS VIR WORSBROODJIES:

_____ (AANTAL) @ R15 ELK.

BEDRAG INGESLUIT: R ________

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

AFSKEURSTROKIE: “MASTERCHEF - JAKKIEDOOR” (11 Maart 10:00) NAAM VAN MA: _____________________________________

NAAM VAN PA: _____________________________________

EK WIL GRAAG INSKRYF VIR “MASTERCHEF”:

BEDRAG INGESLUIT: R ________

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

Bring die volgende saam:

Twee groot appels, klein skerppunt messie, ‘n teelepel of spanspeklepeltjie, twee ander soorte vrugte (enige soort) en ‘n kleinbordjie.

U ontvang op daardie dag die instruksies vir u dis.

Beoordelaar: Nataniël ......

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,

DUITSE BLOEDLYN GREAT-DANE REUN TE KOOP

Ouers is geregistreerde Duitse BloedlynIngeënt en ontwurm

Kontak Classina: 0833814847

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,
Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web view‘n Tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou word om die vakature te vul. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE . TOER: ... (Origami) gaan deelneem,