3
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 11 24 – 31 Maart 2017 OUERS: JAKKIES SPORTDAG: Ons nooi al ons ouers om Saterdag die Jakkies Sportdag saam met ons te kom geniet. Heerlike eetgoed gaan reg deur die dag te koop aangebied word en die braaivleisvure word gedurende die middag by die swembadterrein aangesteek vir ‘n lekker bring en braai. Ouers moet asseblief hulle eie vleis, bykosse, eetgerei en drinkgoed saambring. Daar sal ook ekstra braaipakke @ R40 elk beskikbaar wees. Ons Ouerleierkomitee vra asseblief hulp by die verversingslokaal. Hulle is min en die dag is lank! SMS of Whattsapp asseblief vir Lida Botha by 0716748859 as jy kans sien om hulle te kom help. Al is dit net vir ‘n uur of twee! SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Baie dankie aan al ons toerouers wat lekker beskuit, koekies, produkte en vleis vir die toer geskenk het. Baie dankie aan die volgende borge: Lida Botha: Rugsakke vir die rugbyspan, twee afrigters en 6 toerkinders. ‘n Nuwe telbord by die rugbyveld Lydia van Zyl en Lanie Steenkamp: Rugsakke vir die netbalspan en twee afrigters Rossouw Stadler en OVK: 0/13-span se nuwe rugbytruie Jeanette Engelbrecht: Toerhempies GWK: Koekies en pasta Baie baie dankie daarvoor! Dankie ook vir ekstra fondse wat ingesamel is en donasies wat vir behoeftige leerders ingestuur is. Ons waardeer dit baie! Ons bid die Here se seën toe op hierdie toer en hoop dat die kinders dit baie sal geniet. BEGIN- EN UITKOMTYE: Die skool begin volgende week elke dag om 8:00 en verdaag om 13:00. BUITEMUURSE ROOSTER EN KWARTAALPROGRAM: ‘n Voorlopige buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. ‘n Voorlopige kwartaalprogram sal volgende week beskikbaar wees. Alles sal op ons webtuiste by www.jakkies.com geplaas word PAASPRET – 18 APRIL: Jakkies Opwaarts Sentrum bied weer op die eerste dag van volgende kwartaal hulle jaarlikse PAASPRET by die skool aan. Inskrywingsgeld beloop R5 per leerder en gelde kan by die klasonderwysers inbetaal word. Snoepie beskikbaar! Onthou om gewone klere te bring. KOSHUIS: SKENKINGS: Baie dankie aan al die ouers wat die afgelope kwartaal produkte aan die koshuis geskenk het. Wees verseker dat ons dit regtig baie waardeer!

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewgaan reg deur die dag te koop aangebied word en die . braaivleisvure. word gedurende die middag by die swembadterrein aangesteek vir ‘n ... Baie

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewgaan reg deur die dag te koop aangebied word en die . braaivleisvure. word gedurende die middag by die swembadterrein aangesteek vir ‘n ... Baie

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 11 24 – 31 Maart 2017OUERS:JAKKIES SPORTDAG:Ons nooi al ons ouers om Saterdag die Jakkies Sportdag saam met ons te kom geniet. Heerlike eetgoed gaan reg deur die dag te koop aangebied word en die braaivleisvure word gedurende die middag by die swembadterrein aangesteek vir ‘n lekker bring en braai. Ouers moet asseblief hulle eie vleis, bykosse, eetgerei en drinkgoed saambring. Daar sal ook ekstra braaipakke @ R40 elk beskikbaar wees.Ons Ouerleierkomitee vra asseblief hulp by die verversingslokaal. Hulle is min en die dag is lank! SMS of Whattsapp asseblief vir Lida Botha by 0716748859 as jy kans sien om hulle te kom help. Al is dit net vir ‘n uur of twee!

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER:Baie dankie aan al ons toerouers wat lekker beskuit, koekies, produkte en vleis vir die toer geskenk het. Baie dankie aan die volgende borge:Lida Botha: Rugsakke vir die rugbyspan, twee afrigters en 6 toerkinders. ‘n Nuwe telbord by die rugbyveldLydia van Zyl en Lanie Steenkamp: Rugsakke vir die netbalspan en twee afrigtersRossouw Stadler en OVK: 0/13-span se nuwe rugbytruieJeanette Engelbrecht: Toerhempies GWK: Koekies en pastaBaie baie dankie daarvoor! Dankie ook vir ekstra fondse wat ingesamel is en donasies wat vir behoeftige leerders ingestuur is. Ons waardeer dit baie!Ons bid die Here se seën toe op hierdie toer en hoop dat die kinders dit baie sal geniet.

BEGIN- EN UITKOMTYE:Die skool begin volgende week elke dag om 8:00 en verdaag om 13:00.

BUITEMUURSE ROOSTER EN KWARTAALPROGRAM:‘n Voorlopige buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. ‘n Voorlopige kwartaalprogram sal volgende week beskikbaar wees.Alles sal op ons webtuiste by www.jakkies.com geplaas word

PAASPRET – 18 APRIL:Jakkies Opwaarts Sentrum bied weer op die eerste dag van volgende kwartaal hulle jaarlikse PAASPRET by die skool aan. Inskrywingsgeld beloop R5 per leerder en gelde kan by die klasonderwysers inbetaal word.Snoepie beskikbaar! Onthou om gewone klere te bring.

KOSHUIS:SKENKINGS:Baie dankie aan al die ouers wat die afgelope kwartaal produkte aan die koshuis geskenk het. Wees verseker dat ons dit regtig baie waardeer!

LEERDERDEELNAME:ATLETIEK:Sterkte aan Wessel van Niekerk wat hierdie naweek aan die SA Kampioenskappe deelneem.

TWEEKAMP:Baie sterkte aan Wynand Botha, Hanru Krause, Ewan Burger en Jannes Krause wat op 8 April aan die SA Tweekampkampioenskappe in die Paarl gaan deelneem.

AFRIGTERS:Dankie aan al die buite-afrigters/ouers wat die afgelope kwartaal sport en kultuur by ons skool afgerig het. Dankie vir die lang ure wat julle in die son staan om ons kinders te help. Sonder julle sal ons nie die goeie sport- en kultuurprestasies kan lewer waarop ons so trots is nie. Ons is baie afhanklik van ons ouers se hulp en goeie gesindheid. Ons doen ‘n beroep op leerders en hulle ouers om hierdie afrigters die nodige dank en erkenning te gee wat hulle verdien. Ons maak staat op julle! Ons Beheerliggaam, Ouerleierkomitee en leerkragte het ‘n baie besige kwartaal agter die rug. Baie dankie vir julle lojaliteit en goeie gesindheid. Rus lekker uit!

ALGEMEEN:SWEMBAD:Neem asseblief kennis dat daar ‘n privaatfunksie op Maandag, 27 Maart vanaf 13:00 tot 17:00 by die swembad plaasvind.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewgaan reg deur die dag te koop aangebied word en die . braaivleisvure. word gedurende die middag by die swembadterrein aangesteek vir ‘n ... Baie

Die skool verdaag op Vrydag, 31 Maart om 11:00 en begin weer op Dinsdag,18 April om 8:00. Geniet die vakansie, ry veilig en rus goed uit.

..............................................Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Die Zondagh familie (Afsterwe van ouma Anita Niemann)

INSKRYWINGSGELD: R5