7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 25 17 – 24 Augustus 2018 OUERS: REVUE: Baie dankie aan ouers wat hulle kinders na die Revue- vertoning in Bloemfontein geneem het. Dankie ook aan die onderwysers wat hulle vergesel het en vir julle harde werk om hierdie vertoning op die planke te bring. Ons is baie trots op julle! LANTIEVARIA HLS: Ons Revuegroep tree op 21 en 22 Augustus om 18:30 by Landboudal se Lantievaria op. Ouers moet asseblief seker maak dat hulle kinders se klere weer netjies gewas en gestryk is, saam met al hulle bykomstighede. Ouers word uitgenooi om die optrede op 22 Augustus om 18:30 by Landboudal by te woon. Kaartjies is @ R30 elk by die deure te koop. Die vertoning van 21 Augustus is slegs vir Landboudalleerders en hulle ouers. AFWESIGE LEERDERS: Dit is ouers se verantwoordelikheid om die skool vooraf skriftelik in kennis te stel indien u kind nie by die skool is nie. Verskaf asseblief ook aan ons ‘n rede waarom u kind nie hier is nie. Indien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag wat u kind weens siekte nie skool toe kom nie. Dit is leerders wat afwesig was, se verantwoordlik om verlore werk in al hulle vakke so gou as moontlik in te haal. NOORDKAAP KUNSTEFEES: Koorlede (Junior en Senior koor) wat nog nie hulle afskeurstrokies (Nuusbrief 24) ingehandig het nie, moet dit op Maandag, 20 Augustus by die klasonderwysers inhandig. Baie sterkte aan die leerders wat volgende week aan die Noordkaap Kunstefees gaan deelneem (voordrag). WOW-SPELKOMPETISIE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat deurgedring het na die tweede rondte van die WOW-spelkompetisie (name op nuusbrief 23), moet die afskeurstrokie invul om hulle vervoer te bevestig. Dit vind op Woensdag, 22 Augustus om 13:30 by Rosenhof Sekondêre Skool in Bloemfontein plaas. Die bus vertrek om 11:30 vanaf die skool en R80 busgeld is vooraf betaalbaar. GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG: Die graad 7-klas hou op Vrydag, 24 Augustus hulle Entrepreneursdag. Ouers en belangstellendes is welkom om vanaf 10:00 tot 12:30 die stalletjies te kom ondersteun. Leerders van graad 1 – 6 moet asseblief ook ‘n geldjie saambring om hulle maats te ondersteun. Ouers moet daarop let dat die graad 7’s se projekte geëvalueer word. Dit vorm deel van hulle EBW deurlopende punt vir hierdie kwartaal. FARR DRAADKARKOMPETISIE: FARR bied op Vrydag, 7 September om 11:00 ‘n draadkarkompetisie aan waaraan ons leerders mag deelneem. Sien die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is. KOSHUIS: DEPOSITO BETAALBAAR VIR 2019:

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 25 17 – 24 Augustus 2018 OUERS:REVUE:Baie dankie aan ouers wat hulle kinders na die Revue-vertoning in Bloemfontein geneem het. Dankie ook aan die onderwysers wat hulle vergesel het en vir julle harde werk om hierdie vertoning op die planke te bring. Ons is baie trots op julle!

LANTIEVARIA HLS:Ons Revuegroep tree op 21 en 22 Augustus om 18:30 by Landboudal se Lantievaria op. Ouers moet asseblief seker maak dat hulle kinders se klere weer netjies gewas en gestryk is, saam met al hulle bykomstighede. Ouers word uitgenooi om die optrede op 22 Augustus om 18:30 by Landboudal by te woon. Kaartjies is @ R30 elk by die deure te koop. Die vertoning van 21 Augustus is slegs vir Landboudalleerders en hulle ouers.

AFWESIGE LEERDERS:Dit is ouers se verantwoordelikheid om die skool vooraf skriftelik in kennis te stel indien u kind nie by die skool is nie. Verskaf asseblief ook aan ons ‘n rede waarom u kind nie hier is nie. Indien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag wat u kind weens siekte nie skool toe kom nie. Dit is leerders wat afwesig was, se verantwoordlik om verlore werk in al hulle vakke so gou as moontlik in te haal.

NOORDKAAP KUNSTEFEES: Koorlede (Junior en Senior koor) wat nog nie hulle afskeurstrokies (Nuusbrief 24) ingehandig het nie, moet dit op Maandag, 20 Augustus by die klasonderwysers inhandig. Baie sterkte aan die leerders wat volgende week aan die Noordkaap Kunstefees gaan deelneem (voordrag).

WOW-SPELKOMPETISIE: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat deurgedring het na die tweede rondte van die WOW-spelkompetisie (name op nuusbrief 23), moet die afskeurstrokie invul om hulle vervoer te bevestig. Dit vind op Woensdag, 22 Augustus om 13:30 by Rosenhof Sekondêre Skool in Bloemfontein plaas. Die bus vertrek om 11:30 vanaf die skool en R80 busgeld is vooraf betaalbaar.

GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG:Die graad 7-klas hou op Vrydag, 24 Augustus hulle Entrepreneursdag. Ouers en belangstellendes is welkom om vanaf 10:00 tot 12:30 die stalletjies te kom ondersteun. Leerders van graad 1 – 6 moet asseblief ook ‘n geldjie saambring om hulle maats te ondersteun. Ouers moet daarop let dat die graad 7’s se projekte geëvalueer word. Dit vorm deel van hulle EBW deurlopende punt vir hierdie kwartaal.

FARR DRAADKARKOMPETISIE:FARR bied op Vrydag, 7 September om 11:00 ‘n draadkarkompetisie aan waaraan ons leerders mag deelneem. Sien die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is.

KOSHUIS:DEPOSITO BETAALBAAR VIR 2019:Voornemende en huidige ouers moet asseblief kennis neem dat ‘n deposito van R1000 hierdie jaar betaal moet word vir nuwe leerders wat vir koshuisinwoning in 2019 aansoek doen. Leerders wat reeds hierdie jaar in die koshuis is, hoef nie ‘n deposito vir volgende jaar te betaal nie. Hierdie R1000 sal deel vorm van die nuwe leerder se eerste kwartaal koshuisgeld. (2019)Op las: Die Beheerliggaam

GROENTETUIN:Graag wil die personeel en kinders van Kareehof Koshuis die volgende persone bedank vir hulle skenkings:Anton Steyn (Konstruksie) van Bloemfontein: 200m swart pypCarike Goosen: Mikrospuite en pypiesJeanette Engelbrecht: Saad, vurkies, rypnet en “potting soil”Corna Britz: TuinslangDit word opreg waardeer!Die grond word al bewerk en daar sal teen volgende week gesaai en geplant word.

LEERDERDEELNAME:LANDLOOP:Sterkte aan die atlete wat op Saterdag, 18 Augustus aan die Vrystaat Landloopkampioenskappe by die Universiteitsbane in Bloemfontein deelneem. ‘n Program is op die groep geplaas en atlete wie se ouers hulle neem, het ‘n ingangskaartjie ontvang om by die kampus se hekke in te kom. Onthou asb. julle lisensienommers en R20 inskrywingsgeld.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag

TENNIS: UITSLAE TEEN DOUGLAS:0/13 seuns wen 5 – 10/13 seuns en dogters gemeng wen 5 – 1 0/11 seuns wen 28 – 26 (spelle – na 3 – 3 gelykop)0/11B verloor 3 – 0 0/9 verloor 4 – 2 Seuns tennisligawedstryde teen Eureka vind op Woensdag, 22 Augustus om 14:30 op die volgende bane plaas:0/13A en B: Landboudal se bane0/11A: Dorpsbane 0/9A en B: Skoolbane (Hulle begin reeds om 14:00 speel)

NOVALS TENNISTOERNOOI:Alle vorms moet op Maandag, 20 Augustus by tannie Adéle ingehandig word. Daar is reeds 22 van ons tennisspelers wat aan die toernooi gaan deelneem.

KRIEKET: Baie geluk aan die krieketspelers wat vir die Xhariep Krieketspan gekies is:0/11: Hanru Hugo0/13: Rian Steenkamp, Wessel van Niekerk en Jùhan SwanepoelHierdie span speel Saterdae wedstryde en neem in die September vakansie aan ‘n toernooi in Welkom deel. Spelers het inligtingstukkie ontvang.Die volgende krieketspanne speel op Dinsdag, 21 Augustus teen De Aar op die volgende velde: 0/13: Landboudal se veld0/11: Ons skool se veldLeerders mag om 13:30 verdaag.

JPS MINI-KRIEKETTOERNOOI:Ons jaarlikse Mini-kriekettoernooi vind op Saterdag, 25 Augustus vanaf 8:00 tot 13:00 op ons veld plaas. Ons 0/7 en 0/8 mini-krieketspanne gaan aan die dag deelneem. Spelers wat in die toernooi gaan deelneem, het inligtingsbriewe van hulle afrigters ontvang. ‘n Voorlopige program vir die dag sal by die nuusbrief ingesluit word. Daar sal heerlike verversings deur die skool se personeel aangebied word. Ondersteun ons asseblief!

ATLETIEKKLINIEK:Inskrywings vir die atletiekkliniek vir atlete en afrigters wat van 31 Augustus tot 1 September by Diamantveld Hoërskool plaasvind, sluit op Dinsdag, 22 Augustus. Navrae: Sportorganiseerder

SWEM:Ouers wat nog nie afskeurstrokies ingevul het om hulle kinders swem te laat oefen hierdie seisoen nie, kan dit nog tot Maandag, 20 Augustus na die klasonderwysers stuur. (Nuusbrief 24) Sonja van Niekerk sal vir ouers inligting stuur in verband met registrasies wat einde Augustus plaasvind.

7’S RUGBY: [AFSKEURSTROKIE]Diamantveld Hoërskool bied op 7 September ‘n 0/13 7’s rugbytoernooi in Kimberley aan. Ons skool wil graag twee spanne inskryf. Seuns wat belangstel om te gaan speel kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 20 Augustus by die die klasonderwysers inhandig.Oefening vir die toernooi begin op 28 Augustus en wel op Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00 tot 18:00.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Spelers wat aan die kwalifiserende skaaktoernooi op op 24 en 25 Augustus wil deelneem, kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 inskrywingsfooi op Maandag, 20 Augustus na die klasonderwysers terugstuur. Hierdie toernooi sal vir die volgende skaakseisoen (2019) tel.Onthou leerders moet aan ten minste 4 toernooie in ‘n skaakseisoen deelneem om in aanmerking te kom vir die Vrystaatspan.

BYBELVASVRA:Sterkte aan ons Bybelvasvraspan wat op Maandag, 20 Augustus om 14:30 die tweede rondte vraestel skryf.

ALGEMEEN:KOSBLIKKE / BOEKE / TAAKBENODIGDHEDE:Ouers moet asseblief kennis neem dat ons nie kos/kosblikke, boeke, taakitems, ens. wat u skool toe bring/stuur by kinders gaan aflewer nie. Dit sal in die voorportaal bly staan en as u kind dit nie kom afhaal nie, neem die personeel geen verantwoordelikheid daarvoor nie.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Oom Giel de Beer

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag

AFSKEURSTROKIE: 7’S RUGBYTOERNOOI (Vry, 7 Sept)

OUER: __________________________________

SPELER: _______________________________________________

STEL BELANG OM AAN DIE 7’S RUGBYTOERNOOI DEEL TE NEEM.

EK NEEM MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY:

MY KIND BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY: HANDTEKENING: ________________________

DATUM: _____________

Busgeld: R30

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

NAAM: ________________________________________

LEERDER/S: ________________________________________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI OP 24 EN 25 AUGUSTUS IN BFN.

HANDTEKENING: _________________________

SEL NR.: __________________

Inskrywingsgeld: R110

AFSKEURSTROKIE: WOW SPELKOMPETISIE (Woensdag, 22 Augustus)

OUER: _________________________________________

LEERDER: ______________________________________

NEEM MY EIE KIND NA BLOEMFONTEIN:

BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN: HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Busgeld: R80

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag

Loslitdag(Ten bate van mense met ‘n gestermdheid)

Vrydag 7 September 2018Jakkies Opwaarts Sentrum het LOSLIT plakkers vir ‘n donasie van R10 beskikbaar, dit is deel van ons jaarlikse fondsinsameling (‘n gedeelte van die

geld kry Jakkies Opwaarts Sentrum vir elke plakker wat verkoop word).

Die Loslit tema vir 2018 is “wees elke dag ‘n Held “

Plakkers is beskikbaar by Jakkies Opwaarts Sentrum of dit kan gekoop word by tannie Maryke

by die boekstoor.

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewIndien u kind skielik siek word is ‘n oproep vroeg in die oggend heeltemal aanvaarbaar. Ons benodig ‘n mediese sertifikaat op die derde dag