9
Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman,Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg 20 JUNIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA Upington Lizette Slabber ONS wêreld is lankal bekend vir sy unieke tra- disionele kosse soos skuinskoek, roosterkoeke en njammas en danksy Theresa de Vries van Brandvlei weet die res van Suid-Afrika dat niks by die Noord-Kaapse kokke en hul tradisi- onele kos kan kers vashou nie. Theresa kook al van 11 April saam met die ander kokkedore op kykNET se program Kok- kedoor. Dit is ’n werklikheidsprogram waar tien kinkelkokke en tien onthoukokke elke week ikon-geregte kook en só met hul nostal- giese geregte kykers terugneem na Ouma se kombuis en die lekker eet van toentertyd. Theresa en die kokkedore het in Februarie en Maart op Prins Albert in die Kokkedoor- stoor se kombuis gekook om as die kyk- NET-Kokkedoor van 2013 aangewys te word. Sy het op die nippertjie op die advertensie gereageer en is uit meer as 1 000 inskrywings vir ’n oudisie genooi. “Die oudisie was ’n erva- ring op sy eie, want dit was vir my fantasties dat daar mense was wat net so fanaties oor tra- disionele kos is soos ek.” Theresa het skuinskoek en suurdeeg na die oudisie geneem en die beoordelaars was in ek- stase oor veral die suurdeeg. “Hulle het glad nie suurdeeg geken nie . . . en daar besorg die oudisie my die bynaam tannie Skuinskoek.” Volgens Theresa was dit moeilik om ge- woond te raak aan die kameras wat om die kokkedore gedraai het. “Dit was moeilik om te konsentreer as ’n kamera opduik en ’n vraag uit die bloute gevra word, maar later het dit makliker geraak.” Die deelnemers het goed oor die weg gekom en daar is selfs resepte uitgeruil. Hulle het op ’n plaas gebly waar geen elektrisiteit was nie en vir die deelnemers was dit soms moeilik om soggens mooi genoeg te lyk vir ’n dag van kook in die Kokkedoor-stoor. “Sommiges het al 04:00 opgestaan om die betroubare blou krullers in die hare te sit sodat ons darem respektabel kon lyk. Maar ons is ook lekker met manikure, pe- dikure en masserings bederf.” Theresa sê sy het die hele ervaring vreeslik geniet omdat die konsep vir haar ’n dryfveer was. “Ek wou wys dat ons wat van die Noord- Kaap kom op ’n gelyke vlak met enigiemand op enige plek in die land kan meeding. Dis nou buiten vir die taal en uitspraak wat soms tot groot vermaak vir die span gelei het.” ) Sien foto’s van Theresa se Kokkedoor-erva- ring op bl. 3 en kry haar melksnyselresep waarmee die ergste koue verdryf kan word. Theresa hou naam hoog Wys in kookkompetisie NK kan by enigiemand kers vashou DIE Laerskool Sentraal op Kaka- mas het ’n prop- vol kwartaal vol belangrike skool- aktiwiteite met ’n heerlike verspotte speletjiesdag af- gesluit. Wian van Zyl (links) en Lley- ton Taylor pro- beer elkeen om ’n kussing-uitklop- hou in te kry. Sien nog foto’s op bl.9. Foto: verskaf LAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS TEL. 054-331-3482 Verspot op speletjiesdag

Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

Citation preview

Page 1: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman,Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg

20 JUNIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Upington

Lizette Slabber

ONSwêreld is lankal bekendvir syunieke tra-disionelekosse soos skuinskoek, roosterkoekeen njammas en danksy Theresa de Vries vanBrandvlei weet die res van Suid-Afrika datniksbydieNoord-Kaapsekokkeenhul tradisi-onele kos kan kers vashou nie.Theresa kook al van 11 April saam met die

ander kokkedore op kykNET se programKok-kedoor. Dit is ’n werklikheidsprogram waartien kinkelkokke en tien onthoukokke elkeweek ikon-geregte kook en só met hul nostal-giese geregte kykers terugneem na Ouma se

kombuis en die lekker eet van toentertyd.Theresa en die kokkedore het in Februarie

en Maart op Prins Albert in die Kokkedoor-stoor se kombuis gekook om as die kyk-NET-Kokkedoor van 2013 aangewys te word.Sy het op die nippertjie op die advertensie

gereageer en is uit meer as 1 000 inskrywingsvir ’n oudisie genooi. “Die oudisiewas ’n erva-ring op sy eie, want dit was vir my fantastiesdat daarmensewaswat net so fanaties oor tra-disionele kos is soos ek.”Theresa het skuinskoek en suurdeeg na die

oudisie geneem en die beoordelaars was in ek-stase oor veral die suurdeeg. “Hulle het glad

nie suurdeeg geken nie . . . en daar besorg dieoudisie my die bynaam tannie Skuinskoek.”Volgens Theresa was dit moeilik om ge-

woond te raak aan die kameras wat om diekokkedore gedraai het. “Dit was moeilik omtekonsentreeras ’nkameraopduiken ’nvraaguit die bloute gevra word, maar later het ditmakliker geraak.”Die deelnemers het goed oor die weg gekom

en daar is selfs resepte uitgeruil. Hulle het op’n plaas gebly waar geen elektrisiteit was nieenvir die deelnemerswasdit somsmoeilik omsoggensmooi genoeg te lyk vir ’n dag vankookindieKokkedoor-stoor. “Sommigeshetal 04:00

opgestaan om die betroubare blou krullers indiehare te sit sodat onsdaremrespektabel konlyk. Maar ons is ook lekker met manikure, pe-dikure en masserings bederf.”Theresa sê sy het die hele ervaring vreeslik

geniet omdat die konsep vir haar ’n dryfveerwas. “Ek wou wys dat ons wat van die Noord-Kaap kom op ’n gelyke vlak met enigiemandop enige plek in die land kanmeeding. Dis noubuiten vir die taal en uitspraak wat soms totgroot vermaak vir die span gelei het.”) Sien foto’s van Theresa se Kokkedoor-erva-ring op bl. 3 en kry haar melksnyselresepwaarmee die ergste koue verdryf kan word.

Theresa hou naamhoogWys in kookkompetisie NK kan by enigiemand kers vashou

DIE LaerskoolSentraal opKaka­mas het ’n prop­vol kwartaal volbelangrike skool­aktiwiteite met ’nheerlike verspottespeletjiesdag af­gesluit. Wian vanZyl (links) en Lley­ton Taylor pro­beer elkeen om ’nkussing­uitklop­hou in te kry. Siennog foto’s op bl.9.

Foto: verskaf

20 JUNIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS TEL. 054­331­3482

Verspot op speletjiesdag

Page 2: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013

5/24

NW-15

3/21

W-15

1/21

NW-15

Anena Burger

DIE Internasionale Lughawe Upington hetdie tweede jaar die eerbewys as beste streek-lughawe in Afrika in die kategorie 0 tot 2miljoen passasiers ontvang.Die eerbewys is deur die Internasionale

Lughaweraad (ACI) vir Diens en Gehalteaan Upington toegeken.EsmaraldaBarnes, oudbestuurder van dié

lughawe, en nou die nuwe bestuurder vandie Internasionale Lughawe Bram Fischerin Bloemfontein, het die eerbewys namensdie lughawe op ’n glansgeleentheid in Istan-boel ontvang.Sowat 200 lughawens van oor die wêreld

heen neem sedert 2006 jaarliks aan die opna-

me deel.Die Internasionale Lughawe Upington

ding op internasionale vlak mee in ’n groepmet lughawens soos Guayaqui inSuid-Amerika, Southampton in Brittanje,Bram Fischer in Bloemfontein en Kimber-ley.Die lughawens word met ’n puntetelling

van vyf gegradeer.Die opnames word deur die ACI ge-

doen.Ouditswordkwartaalliks op persele uitge-

voer.Daarna word die resultate verwerk en in

Switserland deur die ACI geëvalueer.Die proses word deur ’n eksterne maat-

skappy gedoen om deursigtigheid en regver-

digheid te verseker.Barnes het trots uit Istanboel gesê: “Dan-

kie vir die geleentheid wat aan my gegun isom die lughawe tot die hoogtes te kon bring.“Dit is regtig ’n eer.”Sy sê die warmte van die Upingtonners

wat haar van hul gemeenskap deel gemaakhet, het haar net aangespoor om nog harderte werk sodat hulle die soort erkenning konkry.Barnes is deur BanganiMaseko, besturen-

de direkteur van die Lughawensmaatskap-py van Suid-Afrika (Acsa), Busi Mazuka,voorsitter van die Acsa-direksie, en DeonCloete, hoofbestuurder van die Internasio-nale Lughawe Kaapstad, na die prestigege-leentheid vergesel.

Groot eer 2de keer vir lughawe

Charné Kemp

DIT is jammerdatdie jeug, temiddevanJeugdagviering,nie eintlikdievoordelevan hul vryheid kan geniet nie.AndrewLouw, DA-leier in die Noord-

Kaap, het Maandag op Upington gesêhoewel soveel jong mense toegang totonderwys het, is hulle nie bemagtig ge-noeg om ekonomiese voordele daaruitte put nie.Die DA het ’n pretdag op die dorp ge-

hou waarop die party se provinsialevoorsitter, Harold Mcgluwa, aange-dring het dat ’n nasionale jeugsubsidieonmiddellik in werking gestel word.Louwhetgesêwerkloosheidvir 15- tot

34-jariges het in 2011 op 35% gestaan.“Die Noord-Kaapse werkloosheidkri-

sis is grootliks ook die jeug se krisis.Ons regering is onbekwaam en kan niegeleenthede vir ons jeug skep nie. Daaris vele voorbeelde. Daar het niks gekomvan die digitale toegang tot internet indie JohnTaoloGaetsewe-streeknie.Dieregering het in plaas daarvan eerder so-wat R160 miljoen aan dieMaloofMoneyCup en ander projekte bestee.“Daarom het die meerderheid van

Noord-Kapenaars nie toegang tot die in-ternet nie. Hulle kan dus nie die vaar-dighede vandie digitale era aanleer nie.“Slegs 350 jongmense indie provinsie

vind baat by ’n opleidingsprogram wataan ’n ekonomiese geleentheid gekop-pel is. Die ander programme is net dieaanleer van vaardighede wat hullereeds het. Dus word sowat R23 miljoenin die water gegooi. Die ANC-regeringse ekonomiese beleid maak dit baiemoeilik vir jong mense met goeie oplei-ding om werk te vind.“Die DA het in die Wes-Kaap bewys

hoe geleenthede vir jong mense met di-gitale opleiding in openbare en privatevennootskappe ontsluit word. Daarword baie geld in nie-regeringsorgani-sasies gepomp wat werklike werkge-leenthede skep. Ons het ook nie daar opons laat wag om soortgelyke projektevan die jeugsubsidie in werking te stelnie. Die DA wil ’n boodskap van hoopaanNoord-Kaapse jeugdiges uitdra. Diejeug word hier agtergelaat deur ANC-kamerade wat hulself verryk eerder asom die jeug te help,” sê Louw.

Jeug blyagterweë

André Botha

DIE Nasionale Kre-dietreguleerder(NKR) het in ’n gesa-mentlike optredemet die polisie 13kredietverskaffersin die Siyanda-

streek inhegtenis ge-neem nadat meer as5 000 pensioenkaarteonder meer by hullegekry is.Nomsa Motshega-

re, uitvoerende hoofvan die NKR, sê dieoptrede opUpington,

Keimoes, Kakamasen Groblershoop sefokus was om kre-dietverskaffers vaste trek wat onwettigpensioenkaarte,bankkaarte, identi-teitsdokumente enpersoonlike identi-

teitsnommers (PIN-nommers) van hulkliënte as sekuriteithou.“Dit is ’n oortre-

ding van die Nasio-nale Kredietwet en’n misdaad.”Altesaam 32 kre-

dietverskaffers indie streek is onder-soek. Die ondersoek-span het 5 453 pen-sioenkaarte, 130identiteitsboeke en1 720 bankkaarte indie verdagtes se besitgekry. Motshegarehet gesê dié optredeis beslis nie die laas-te teen kredietver-skaffers wat die Kre-dietwet oortree nie.Altesame 63mense

is in dié optredes inhegtenis geneem.

Uitbuiting met krediet ontbloot

DIENG kerk Upington­Oos het op 7 Junie vir Sonja Herholdt en Tjokker die hond genooiom al die kleuters van Upington te vermaak. Al die omliggende kleuterskole is genooiom dié geselligheid by te woon en die kleuters was mal oor Sonja en veral Tjokkerse manewales. Die kleuters het lekker saam met die liedjies gesing. Leerlinge van dieKabouterland­kleuterskool het ook die geselligheid bygewoon en het ná die tyd foto’ssaam met Sonja herholdt geneem. Foto: Verskaf

Geniet vermaaklike konsert

Page 3: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013 3

THERESA DEVRIES het spesiaalhaar melksnyselsre-sepmet dieKalahariBulletin gedeel.

“Daar is niks watjou só ’n lekkerwarm gevoel op diemaag gee as melk-snysels nie.

“Daarom deel ekdit graag. Baie men-se het hul eie weer-gawe, maar hier ismyne.”

250 ml koekmeel15 ml botter½ teelepel soutkoue melk

Meng die sout enmeel en vryf die bot-ter in. Maak metmelk aan tot stywerolbare deeg. Roldeeg baie dun uit enstrooi mildelik metkoekmeel. Rol op soos rolkoek en sny in baiedun repies. Skud die repies los van mekaar.

Kook 1½ -2 liter volroommelk waarby 4groot stukke lemoenskil of pypkaneel ge-voeg is en voeg die snysels by. Kook tot sag,gaar en dik. Verwyder die skil of kaneel enstrooi met kaneelsuiker of wit suiker.

As jy lemoenskil gebruik, voeg net gewo-ne suiker by, maar kaneelsuiker is baie lek-ker.

Wenk: Moenie dit te lank voor die tydmaak nie, want dit raak pap. As eiers by diedeeg gevoeg word, is die snysels taai en gla-serig, so laat liewer die eiers uit.

Kokkedoor se resep

Lizette Slabber

THERESA DE VRIES, een van die deelne-mers aan die kykNET-program Kokkedoor,het op skool glad nie in kosmaak belang ge-stel nie. Die kookgogga het haar eers gebyttoe sy huishoudkunde as vak geneem het.

“Myma was ook ’n groot inspirasie. Sy hetgebak en spyseniering gedoen. By haar het

ek al die basiese vaardighede geleer. Skoon-ma en Kook en Geniet het ook gehelp.”

Theresa beskou haar aansluiting by dieVroue-Landbouvereniging (VLV) as een vanhaar beste besluite. By die VLV het sy geleerhoe om produkte skougereed te kry en meetsteeds haar produkte aan die standaarde.

Theresa se man is ’n vleis-, rys- en-aartap-pelman en daarom maak sy nie verskriklike

moderne kos nie, maar “as ek onthaal, rukek ’n spesiale haas uit die hoed. Ek is baielief vir bak en enige deeg is my passie. Ditis vir my terapeuties om met deeg te werk”.) Hoe voel jy oor tradisionele geregte ofhet jy dalk ’n lekker tradisionele resep watjy met ons wil deel? Gaan lewer kommentaarof deel jou resep bywww.facebook.com/kbul-letin.

VLV leer haar van kos

THERESA DEVRIES in die Kokke­door­stoor.

THERESA en haar spanmaat Ida hard aan die werskaf in die Kokkedoor­stoor. Foto: Verskaf

Page 4: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013 7

DIE Onse Kindersdag wat deurdie Ou Skool Gastehuis op Nei-lersdrift aangebied is, was só ’nreuse-sukses dat die volgendeOnse Kindersdag al vir 3 Augus-tus beplan word.

Volgens Carin Strydom, be-stuurder van die gastehuis, hetdie kinders van die begin tot dieeinde van die dag gelag.

“Kinders het rondgehardloopen vir ure by die opvoedkundigespeletjies vasgehaak.

“Een ma het tot gekla dat sy

net vinnig na die stalletjies woukom loer en nou sit sy al vir vieruur en wag vir haar kinders omklaar te speel,” sê Strydom.

Kinders kon diere voer enstreel, hulle is gewys dat ’n mensnie net groen jellie kan eet nie,maar dat dit wonderlike borrelsblaas en selfs ’n skattejag is aan-gebied.

En die ma’s kon rustig deurdie stalletjies wandel of ’n ietsieeet terwyl die kleingoed metklei speel en na stories luister.

Kinderdag suksesvol

DIE personeel van die Ou Skool Gastehuis wat die Onse Kindersdaggereël het. Foto: Suzanne Human

HOEWEL die dag beplan is om kinders op ’nopvoedkundige pret dag besig te hou, wasdaar tog ’n paar stalletjies wat vir grootmensebedoel was. Hier staan Juanita Jackson byhaar stalletjie. Foto: Suzanne Human

OUERS kon saammet hul kleingoed foto’s neem om die spesiale dagmee te onthou. Van links is Os, Wium en Carin Strydom.

Foto: Suzanne Human

The

independent

voice of the

Rivercity

The

independent

voice of the

Rivercity

Page 5: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013

André Botha

NÁ die sukses van die Kalahari Bulletin opUpington en Kurumanwas ’n volgende logie-se stap om ’n uitgawe van die koerant op Ka-thu te vestig.“Kathu is lankal nie meer een van daardie

plekke waar jy deurry op pad iewers heennie. Kathu is niemeer net deel van ’n reis nie,dit het ’n bestemming geword,” het Johannavan Eeden, redakteur van Volksblad, hier op’n bekendstellingsgeselligheid vir die Kathu-uitgawe van die Bulletin gesê.Groot opgewondenheid heers in die Volks-

blad-groep oor die sukses van die KalahariBulletin, die jongste koerant in dié groepwaarna ook verwys word as die Jong Leeu.Die Kalahari Bulletin op Kuruman is se-

dert 2007 een van Volksblad se plaaslike koe-rante in Sentraal-Suid-Afrika. Dit was voor-heen die Kuruman Bulletin en is deur diegroep gekoop as ’n belegging in die bloeiendeKuruman-Kathu-omgewing. Die koerant is,onder leiding van Annerie Louw, eerste re-

dakteur, endie verkoopspanomvormin ’n in-teressante, kleurryke en genotvolle gemeen-skapskoerant.In 2010 is die uitgawe opUpingtonbegin om

ook in lesers en adverteerders van daardieomgewing se behoeftes te voldoen.En nou het dié spogkoerant ook ’n Kathu-

uitgawe, die 13de plaaslike koerant van dieVolksbladgroep.Die Kalahari Bulletin se Upington-uitgawe

het reeds verskeie mylpale behaal. Dit isvroeër vanjaar op die Sanlam-eerbewysaandvir gemeenskapskoerante as een van die driebeste plaaslike koerante in die land aange-wys. Die koerant is met die koms van die Ka-thu-uitgawe nou amptelik die grootste koe-rant in die Noord-Kaap met ’n drukoplaagvan 28 000.Kalahari Bulletin Kathu en die Volksblad-

groep wil deel wees van die storie van Kathu,veral om die stories van die mense te vertel.“Want dit is wat ons doen – ons lê die ge-

skiedenis vas, ons vermaak, voed op, speeldie waghondrol en word ’n stem vir die ge-meenskap. Ons bied ook adverteerders diegeleentheid om met daardie gemeenskap tekommunikeer,” het Van Eeden gesê.Sy het die span van Kalahari Bulletin Ka-

thu aan sakelui en belanghebbendes wat diegeselligheid bygewoon het, voorgestel.Aan die advertensiekant is Madri Schee-

pers, ’n ervare advertensiekonsultant watoorgeplaas is van die Volksblad-kantoor inBloemfontein. Sy word redaksioneel byge-staan deur Ilse Watson, storieverteller enkind van die Kalahari.Watson het op Sishen grootgeword en het

’n passie vir die streek en sy mense.

Koerant kry 3de uitgawe

OP die bekendstel­lingsgeleentheid vandie Kathu­uitgawevan die Kalahari Bul-letin was van linksFergus Sampson,hoofbestuurder vanMedia24 Nuus, Ma­dri Scheepers, ad­vertensiekonsultant,Wilhelm Jooste,hoofbestuurder vanPaarl Coldset inBloemfontein, TanyaAucamp, bestuurder:kommunikasie vanKumba Iron Ore seSishen­myn, Johan­na van Eeden, re­dakteur van Volks-blad, Ina Knott, hoof­bestuurder van dieVolksblad­groep, enIlse Watson, joerna­lis.Foto: Christo van Staden

VOLGENS Christo van Staden, assistent-redakteur van Volksblad verantwoordelikvir die groep se plaaslike koerante, volgdie uitbreiding op Kathu op die grootsukses wat met die bestaande tweeuitgawes van die Kalahari Bulletin behaalis.“Ons is bewus van die behoefte van

gemeenskappe soos Kathu aan ’n plaaslikekoerant wat in daardie inwoners sebehoefte aan plaaslike nuus voorsien.“Ons voorsien ook in ’n belangrike

behoefte van adverteerders wat noublootstelling in al drie omgewings kry,omdat die advertensies in ’n groot matedeurgaans dieselfde in al drie die uitgawesis.“Ons sien uit daarna om ’n sterk

nuuskoerant vir die mense van Kathu enomgewing uit te reik wat as hoofnuusbronen hoofadvertensiebron vir die inwonerskan dien.”

Plaaslikenuus hier

Besoek die Kalahari Bulletin se webwerf bywww.kalaharibulletin.co.za.

Page 6: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013 9

DIE Laerskool Sentraal op Kaka-mas het ’n heerlike speletjiesdagvir sy leerlinge aangebied om ’npropvol kwartaal mee af te sluit.

Al die leerlinge en onderwy-sers moes volgens die fliek En-chanted aantrek en daar is be-hoorlik op dié dag gespeel.

Pret en plesier

DIRKIE DE VOS is die Laerskool Sentraal se amptelike hoela­hoep­koning. Foto: Verskaf

GERHARD JANSE VAN VUUREN help vir Francois Theron om mooimet ’n blaaspyp en veerpyltjies te korrel. Foto: Verskaf

DIE drie meisies maak reg om aan een vandie danskompetisies deel te neem. Van linksis Fabri­Ann van Rooyen, Sarlie Nel en KylaSwiegers. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Martin Oosthuizen(HMO) op Kakamas het “viraal ge-gaan”.

Al die leerlinge vandieHMOhetop ’n sportdag tuis teen die Hoër-skool Postmasburg net voor diehoofwedstryd aan ’n flash mobdeelgeneem.

’n Flash mob is ’n verassings-dans waarvan ’n reuse-groep men-

se deel is.Net voor die hoofwedstryd het

die leerlinge soos een man byme-kaargekom en tot die groot verba-singvantoeskouersaandiemassa-dans deelgeneem.

Volgens Barnie Mans, onderwy-ser aan die skool, het die flashmobongelooflike gees en opgewonde-heidbydieskoolveroorsaakenhet

die geleentheid die dorp as ’n ge-heel saamgesnoer. Ná die opwin-dende vertoninghet die eerste rug-byspan sommer oor Postmasburgse eerste span geloop.

Die skool het die video van dieflashmobopYouTubegelaai enna-dat ’nverstommendeaantalmensena die video op YouTube gekykhet, het Amoré Bekker van RSG

daarvantehoregekom.Bekkerhetop 5 Junie ’n insetsel daaroor opTjailatyd gedoen en die video isook op RSG se webtuiste gelaai.Daarna is die video binne ’n paaruur 10 000 keer gekyk.

Tydens die insetsel op RSG hetBekker gesê wat die video so spe-siaal maak, is dat ’n hele skool engemeenskap by só ’n aksie betrok-

ke is. Verder maak dit haar hartwarm dat daar nog op die platte-land skole is wat so goed funksio-neer en uitsonderlik presteer.) Gaan kyk na die video van dieflash mob op www.kalaharibulle-tin.co.za en as iemand aan ’n mooiAfrikaanse woord vir flash mobkandink, laatweetonsassebliefbywww.facebook.com/kbulletin.

Kitsroem vir HMODIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) se flash mob. Foto: Verskaf

Page 7: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013

Marietjie Gericke

DRIE besonderse aspekte laat dieVryfees bo ander kunstefeeste indie land uittroon, sê RoxanneKonco, bemarkingsbestuurder vandie Vryfees.

Sy sê: Dit is die enigste kunste-fees in die land waarop produk-sies in toegeruste teaters aange-bied word (nie in skoolsale nie).

Vanjaar word ál die produksiesop die Kovsie-kampus aangebiedwat beteken ál die teaters is binneloopafstand van mekaar. Jy kandus jou motor gratis parkeer endit eers weer aanskakel nadat jy’n hele dag lank alles gesien hetwat jy wou.

Die Vryfees is die enigstekunstefees waar jy nie toegangs-geld moet betaal om tussen diestalletjies op die kunstemarkter-rein rond te drentel nie. Vir diéwat nie weet nie:

Op ander feeste moet jy betaalom by die kos- en produkstalle-tjies te kom waar jy weer geldmoet uithaal as jy wil koop en eet.Nuut op die feesOnder die nuwighede op

vanjaar se Vryfees is die TownshipArts Experience en ’n wareburlesk-produksie deur ’n Suid-Afrikaanse geselskap wat ookinternasionaal optree.

Dié Big Top Burlesque toon metsang, musiek en dans die kunsvan subtiele humor en prikkeling– dit is sensueel, vermaaklik,snaaks en baie sexy.HoogtepunteOm hoogtepunte uit te lig bly ’n

tameletjie, want soveel hoofde,soveel sinne. Maar ’n produksiewat op die KKNK die toets met ’ntriomfantlike gejuig deurstaan het,is Laurika, Dorothy & Zoid:Liedjie vir jou.

Van die land se topkunstenaarsis hierby betrokke. Behalwe diedrie sangers is daar Antjie Krogas teksskrywer, Anna-Mart vander Merwe as stemkunstenaar en

die instrumentaliste Melissa vander Spuy, Schalk van der Merween Henry Steel.

Die produksie is ’n viering vanDorothy Masuka wat oor 60 jaarhaar spoor in ons musiek-erfenisgelaat het.

Ander beproefde hoogtepunte isdie dansproduksie SpectacularSpectacular met onder andere

Shaleen Surtie-Richards (ja, jylees reg), Droomland met ChrisChameleon en die BloemfonteinseKinderkoor en Steve Hofmeyr metsy beste liedjies die afgelope 25jaar.

Onder die dramas skop dievarke modder in almal se gesigte.The three little pigs het pas dieprys vir die beste drama op die

Woordfees ontvang, is gekeur virdie Edinburg-fees in Skotland enis vir verskeie pryse op die KKNKen Grahamstad-fees benoem. Maakook regmerkies by Die Leo’s (metSandra Prinsloo en Tobie Cronjé),Kanna hy kô hystoe (Adam Smallse trefferstuk), Kinders van stilte(vertaling van Children of a lessergod) en Vrek (onkonvensioneleteater oor hidrobreking, oftewelfracking). Musiekliefhebbers kanvanjaar met ’n geruste gemoedtoe-oë kies. Of dit klassiek,kabaret of musiekteater is, ditbeloof iets besonders, hoewel ’nTas vol Lloyd Webber deur dieBloemfonteinse Stadsorkes dalk ’nekstra regmerkie moet kry, omdatdit ’n klank- én visuele skouspelgaan wees. Elke liefhebber van

kontemporêre musiek sal sygunsteling-kunstenaar in dieprogram vind en as daar nie ’nkomedie is wat jou ten minstegaan laat giggel nie, kan jy jougeld terugvra.

Fliekvlooie het vanjaar ’n feesvan kortes en langes, oues ennuwes, in Afrikaans, Engels envreemde tale, en alles ’n keur vandie bestes uit onder meer dieSilwerskerm- en die KaapseWynlandfees.

Feesgangers op soek na ernstigepitkos sal dit in die boekbespre-kings en diskoers-reeks vind,terwyl dié met ’n aanvoeling virdie visuele kunste vermoedelikdubbel bevredig sal word deur dieHer-verbeelding van die Anglo-Boe-reoorlog in die Stegmann-galery.

Vryfees is uniek in land

KINDERS van die Stilte.’n PRODUKSIE wat op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees die toets met ’n triomfantelike gejuig deurstaanhet, is Laurika, Dorothy en Zoid in Liedjie vir Jou. Van die land se topkunstenaars is hierby betrokke.Foto: Verskaf

DIT is al oor en oor bewys:Komedies is die stapelvoedselvan Afrikaanse kunstefeeste endit is te verstane, want wie wilhuil as jy eerder kan lag?

Jy sal nie ’n fout maak metenige van die 13 komedies opvanjaar se Vryfees nie.

Elize Cawood en WilsonDunster se eerste Vryfees-op-trede gaan oor twee ougetroudes wat ’n krisis beleef.Hulle weet vandag is baiebelangrik, maar nie een kanonthou wat die dessitse datumso belangrik maak nie. IlneFourie het die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? vir dié teater-egpaargeskryf.

Iemand wat Strip! met Walde-mar Schultz en Johann Nel op dieKKNK gesien het, sê dit het baiemeer gebied as wat hy verwaghet.

Dieselfde word van Tjop en dopgesê, ’n satire oor jonkwees engrootword, en ook van Diemonster in die gang, ’n Hennievan Greunen-vertaling oor “daaivreemde mense wat daaropaandring dat hulle jou familie is”.

Gys de Villiers-aanhangers kandié akteur in sy solostuk Witmanne se wapens sien.

Marion Holm bied haar sketsein HOLM: geMARIONneer, enLida en Johan Botha is te sien inOuma en oupa op toer.

Vir ’n local-is-lekker-geur,maak ’n regmerkie by NicoLuwes se Buite-egtelike oupa enIlne Fourie se ValenPYNsdag,waarin sy self die oujongnooiFreda Fourie speel.Platform 9 gaan oor twee

vriende, gespeel deur TheodoreJantjies en Maurice Page, sewaarneming van “interessantekarakters” op ’n stasie.

Laastens is daar tweekomedies wat nie misgeloopmag word nie: Woza Andries?en Rekmerke. Rekmerke oor diepuik akteurs Stian Bam enNicole Holm en Woza Andries?omdat dit ’n uit-die-boks-,anderste, aweregse komedie is.

Ons gaanweer lag

’n TONEEL uit Rekmerke

Page 8: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013 15

PREFERENCEWILL BE GIVENTO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINEWITHTHE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN.

Only candidates who meet the stated requirements will be considered.APPLICATIONS RECEIVED AFTERTHE CLOSING DATEWILL NOT BE CONSIDERED.

How to apply:Interested applicants can forward an abridged CV to:

[email protected] or fax: 086 236 1188.The onus is on you to ensure that the reference

number is reflected on your application.Closing date: 5 July 2013.

If you have not been contacted within 30 days after theclosing date, kindly deem your application as unsuccessful.

www.ayandambanga.co.za 112951

Exciting Career OpportunitiesKuruman

United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent onsustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growingmanganese mine.UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman.Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and2 million tonnes of manganese each year’With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock yourtalents.

Control Room Operator(Technical and Operational) (Ref.CRO(TO) 112951)

Patterson Grade C Lower based on previous experienceThe Control Room operator is a shift role responsible for the effective operational control andmonitoring of the Process Plant through the control room control and management systems andto coordinate the general Mine situation as may be required.Responsibilities: • Mine operation within required parameters • Steady control of productioncircuit • React appropriately to abnormal activities and notify relevant Senior Officials and/orOperators by radio/telephone • Direct the activities of personnel on the mine to correct defects byallocating relevant tasks • Assist Engineering personnel to maintain equipment in Control Roomarea • Take charge during breakdowns and emergencies and notify standby personnel • Maintainand operate relevant fire/evacuation alarm system • Control entire process through utilization ofrelevant control systems like SCADA • Ensure that the activities in the Control Room area matchthe requirements of the whole mine • Maintain steady volume control of the circuit by monitoringit within entire mine parameters • Call in expertise where needed • Ensure correct proceduresare followed during start up and shut down of relevant circuits and equipment • Identify andcommunicate possible hazards and risks to responsible and affected personnel • Promote safetyawareness in allocation of all tasks over radio/telephone • Compile accurate shift report at theend of each shift • Generate report and trends for management on request • Log any incidents,instructions and important changes made in the plant and record breakdowns should they occur• Changing tasks and machine settings on the shift to minimize the effect of unexpected problems• Stopping the operation if the working conditions are unsafe and pose hazardous environment• Enter job requests into the “KARABO” maintenance system.Minimum requirements: • Matric or equivalent education • Artisan trade qualification • Minimumof 5 years’ experience as an Artisan in the mining industry • Computer literacy and role specificcomputer skills • Report writing and communication skills • Systematic approach • High degreeof numeracy.Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability towork under pressure and be independent • System knowledge and application of relevantpolicies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHE knowledge• Administration skills • Self-starter • Attention to detail • Results driven • Statutory knowledge ofrelevant legislation.

Receptionist (Ref.R 112951)

Patterson Level B LowerThe incumbent will be responsible for providing secretarial, clerical and administrative support inorder to ensure that UMK services are provided in an effective and efficient manner.Responsibilities: • Provide office support services to the Head of Department in order toensure efficiency and effectiveness within the UMK administration building • Receive, direct andrelay telephonic messages and fax messages • Greet, assist and/or direct visitors • Receivemail and distribute to the relevant staff member • Maintain the general filing system and file allcorrespondence •Assist in the planning and preparation ofmeetings, conferences and conferencetelephonic calls • Make preparations for UMK management meetings • Respond to immediatecommunity inquiries • Provide word-processing and secretarial support to UMK management• Monitor the use of supplies and equipment in the UMK office complex • Coordinate the repairand maintenance of office equipment • Perform receptionist functions • Assist UMK managementand other staff as requested • Perform other related duties as required.Minimum requirements: • Matric with 3 years’ relevant experience in office administration or asa receptionist • Analytical, problem solving and decision making skills • Computer skills includingthe ability to use spreadsheet and word processing programs at a highly proficient level • Stressmanagement skills • Time management skills • Ability to handle more than one request at a time• Effective verbal and listening communication skills.Key attributes (amongst others): • Computer literacy with Microsoft Excel, Word, Power Point,Outlook and Internet • Mining system knowledge • Data analysis and trend reporting • Measurablevalue adding initiatives • Demonstrate sound work ethics • Possess cultural awareness andsensitivity.

Please note that the reference MUST be quoted on your application.Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medicalcertificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric andother assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentialsmay be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) setrompoppies het vanjaar al vier keer opge-tree.

Die meisies het hul kordate passies al opdie Marchand-skou, die Upington-landbou-ekspo, LSK se sportdag en op die NG kerk Ka-kamas se basaar uitgevoer.

Meisies kenhul passies

DIE hele trompoppie­groep van die Laerskool Sentraal op Kakamas tydens ’n optrede.Foto: Arlene Nel

MINETTE VAN ZYL is die hoofleier van dietrompoppies. Foto: Arlene Nel

OTENG NOUSE, een van die vlagtrompop­pies, konsentreer baie hard voordat sy deurdie vlagroetine moet gaan. Foto: Lucas Becker

ANKE ENGELBRECHT is een van die hand­trompoppies. Foto: Lucas Becker

ELZE BECKER en die res van die handtrom­poppies doen hul roetine foutloos.

Foto: Lucas Becker

GWEN WIESE is die vlagleier van LSK se trompoppies. Foto: Lucas Becker

Page 9: Kalahari bulletin 20 junie 2013(geen ads)

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013

DIE Kalahari-Giminas-gimnastiekklub hetop 8 Junie aan ’n gimnastiekkompetisieby die Helena Botha-gimnastiekklub inBloemfontein deelgeneem.Duwannethy Bosman (vlak 1, 10 jaar en

jonger) was derde in die vloer, vierde indie balk, vyfde in die rekstok, vierde indie spronge en algeheel derde met ’ngemiddeld van 8.488.

Riana Oberholzer (vlak 2, sewe jaar)was vyfde in die vloer, eerste in die balken in die rekstok, tweede in die sprongeen algeheel eerste net ’n gemiddelde van8.91.Cornel Slabber (vlak 2, agt jaar) was

vierde in die vloer, eerste in die balk enin die rekstok, vierde in die spronge enalgeheel eerste met ’n gemiddeld van 8.88.

Ansuné Smit (vlak 2, nege jaar) wastweede in die vloer en in die balk, derdein die rekstok, vyfde in die spronge enalgeheel tweede met ’n gemiddeld van 8.87.Nadia Goussard (vlak 2, nege jaar) was

vyfde in die vloer, vierde in die balk enin die rekstok, sewende in die sprongeen algeheel vierde met ’n gemiddeld van8.76.Georgia Februarie (vlak 2, nege jaar)

was eerste in die vloer, sewende in diebalk, sesde in die rekstok, negende in diespronge en algeheel sesde met ’n gemid-deld van 8.61.Monja Dippenaar (vlak 2, 11 jaar) was

tweede in die vloer, vyfde in die balk,eerste in die rekstok, negende in diespronge en algeheel vierde met ’n gemid-deld van 8.71.

Gimnaste behaal plekke in Bfn

Die gimnaste is, voor: RianaOberholzer; van links,middel: NadiaGoussard enCornel Slabber;agter: Monja Dippenaar, Ansuné Smit en Georgia Februarie. Foto’s: Verskaf

DUWANNETHY BOSMAN