16
29 NOVEMBER 2012 VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG GRATIS TEL. 054-331-3482 Vonkel nou as Mnr. Twinklestar DIE nuwe Mnr. en Mej. Twinklestar is die naweek gekies. Lees volgende week se Kalahari Bulletin vir meer foto’s en gaan kyk ook op ons webtuiste, www.kalaharibulletin.co.za, se fotogalery vir ’n klompie foto’s. Van links is Rolan Louw (tweede prins), Kyle Barendse (Mnr. Twinklestar) en Vaughn Heydenreich (eerste prins). Foto: Anena Burger Lizette Slabber UPINGTON gaan binne die afsienbare toekoms vyf gekonsentreerde sonkragparke (CSP) hê en nie net die een soos wat aanvanklik verwag is nie. Eskom beoog om drie gekonsentreerde sonkragparke te bou. Hulle is klaar besig met die beplanning van ’n CSP wat 100 MW sal opwek en in die middel van die gebied lê. Daar is egter reeds beplan vir twee CSP-parke wat in die toekoms aan weerskante van dié een gebou kan word. Die Spaanse maatskappy Abengoa het reeds met bouwerk aan sy park begin en die departement van energie beplan om aan die oostekant van die Eskom-park self ’n gekonsentreerde sonkragpark op te rig wat tot 1 000 MW sal opwek. Zitholele Consulting het ’n reeks openbare vergaderings van Kuruman tot op Kakamas belê om die omgewingsimpak- studies oor die sonparke en die kraglyne, wat die krag na die Eskom-netwerk sal ver- voer, onder die aandag van die publiek te bring. Volgens André Joubert van Zitholele Consulting is Eskom van plan om tot 5 000 MW met sonkrag hier op te wek. Die eerste van Eskom se drie gekonsentreerde sonkrag- parke sal ongeveer 100 MW opwek en behoort teen 2016 in werking te wees. Om al die krag na die Eskom-netwerk te vervoer, moet verskeie 400 kV-transmis- sielyne en 132 kV-distribusiely- ne opgerig word. Een 400 kV- lyn kan ongeveer 1 200 MW hanteer. . ’n Gekonsentreerde sonkrag- park bestaan uit ’n veld van spieëls wat hitte op ’n toring konsentreer. In die toring word die hitte gebruik om stoom te maak wat dan weer elektrisiteit opwek. Eskom se gekonsentreerde sonkragpark sal 800 ha groot wees, uit 15 000 sonpanele bestaan, met ’n toring van 300 m hoog. . Lees berigte oor die impak van dié kraglyne en sonkrag- parke op bl. 3. Nog vyf parke opgerig Eskom wil 5 000 MW se krag hier opwek

Kalahari Bulletin 29 November 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kalahari Bulletin 29 November 2012

Citation preview

Page 1: Kalahari Bulletin 29 November 2012

29 NOVEMBER 2012 VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG GRATIS TEL. 054­331­3482

Vonkel nou as Mnr. TwinklestarDIE nuwe Mnr. en Mej. Twinklestar is die naweek gekies. Lees volgende week se Kalahari Bulletin vir meerfoto’s en gaan kyk ook op ons webtuiste, www.kalaharibulletin.co.za, se fotogalery vir ’n klompie foto’s. Vanlinks is Rolan Louw (tweede prins), Kyle Barendse (Mnr. Twinklestar) en Vaughn Heydenreich (eerste prins).

Foto: Anena Burger

Lizette Slabber

UPINGTON gaan binne dieafsienbare toekoms vyfgekonsentreerde sonkragparke(CSP) hê en nie net die eensoos wat aanvanklik verwag isnie.Eskom beoog om drie

gekonsentreerde sonkragparkete bou.Hulle is klaar besig met die

beplanning van ’n CSP wat100 MW sal opwek en in diemiddel van die gebied lê. Daaris egter reeds beplan vir tweeCSP-parke wat in die toekomsaan weerskante van dié eengebou kan word.Die Spaanse maatskappy

Abengoa het reeds metbouwerk aan sy park begin endie departement van energiebeplan om aan die oostekantvan die Eskom-park self ’ngekonsentreerde sonkragparkop te rig wat tot 1 000 MW salopwek.Zitholele Consulting het ’n

reeks openbare vergaderingsvan Kuruman tot op Kakamasbelê om die omgewingsimpak-studies oor die sonparke endie kraglyne, wat die krag na

die Eskom-netwerk sal ver-voer, onder die aandag van diepubliek te bring.Volgens André Joubert van

Zitholele Consulting is Eskomvan plan om tot 5 000 MW metsonkrag hier op te wek.Die eerste van Eskom se

drie gekonsentreerde sonkrag-parke sal ongeveer 100 MWopwek en behoort teen 2016 inwerking te wees.Om al die krag na die

Eskom-netwerk te vervoer,moet verskeie 400 kV-transmis-sielyne en 132 kV-distribusiely-ne opgerig word. Een 400 kV-lyn kan ongeveer 1 200 MWhanteer.. ’n Gekonsentreerde sonkrag-park bestaan uit ’n veld vanspieëls wat hitte op ’n toringkonsentreer.In die toring word die hitte

gebruik om stoom te maak watdan weer elektrisiteit opwek.Eskom se gekonsentreerde

sonkragpark sal 800 ha grootwees, uit 15 000 sonpanelebestaan, met ’n toring van300 m hoog.. Lees berigte oor die impakvan dié kraglyne en sonkrag-parke op bl. 3.

Nog vyfparkeopgerigEskomwil 5 000 MWse krag hier opwek

Page 2: Kalahari Bulletin 29 November 2012

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

22 / 32

NW – 20

22 / 28

NO – 30

21 / 26

NW – 35

Anena Burger

’n VROU (22) van Rosedale opUpington het verlede Dinsdagomstreeks 05:30 aan haarbeserings beswyk nadat syvermoedelik met ’n mes en ’nhamer in die woonbuurt aange-val is.Roxanne Tieties, wat ’n

werknemer van Elron Motors opdie dorp was, is wreed aangeval.Luidens ’n verklaring deur

kapt. Jacques September,

woordvoerder van die polisie,het ’n lid van die publiek diepolisie ontbied.September sê Tieties het ook

wonde aan haar gesig opgedoen.September sê die identiteit van

die vermeende aanvaller is aandie polisie bekend en hy salbinnekort in hegtenis geneemword.“Die polisie het beslag gelê op

wat moontlik die moordwapenskan wees: ’n hamer en ’n mes,”het September gister gesê.

Vrouwreed vermoor

’n SPLINTERNUWE sikspens wag op die leerlinge van die Gekombineerde Skool Rietfontein. Die departe-ment van openbare werke verf die skoolgebou en herstel al die toilette. Daarby word meganismes aange-bring om vandale en morsjorse te stuit. Foto: Verskaf

Verf skoolgebou vir 2013-skooljaar

Lizette Slabber

ESKOMhet Upington verlede weekbesoek as deel van ’n reeks openba-re vergaderings om sy prysverho-gings vir die volgende vyf jaar be-kend te stel.Eskom het as deel van sy Multi-

year Path Determination Path(MYPD3 – omdat dit die derde aan-bieding is) voorgestel dat Suid-Afri-kaners oor die volgende vyf jaarjaarliks 16%meervirhulkragmoetbetaal.Die MYPD3 is aan die Nasionale

Energiereguleerder van Suid-Afri-ka (Nersa) voorgelê en as Nersa ditgoedkeur, sal dit van April 2013 totin 2018 in werking gestel word.Volgens Lodine Redelinghuys

van Eskom betaal die huidige krag-pryse nie die volle koste om elektri-siteit te verskaf nie, maar Eskombesef dat prysverhogings veralklein ondernemings en die armstemense baie swaar tref. Daarom pro-beer hy om met dié 16%-verhoging’n goeie balans te vind.Om klein ondernemings en arm

mense te beskerm is subsidies inge-stel.Dit beteken nie almal sal ’n

16%-verhoging hoef te betaal nie.Munisipale tariewe sal met 13%jaarliks verhoog, stedelike, kom-mersiële ennywerheidseenhede sal21% meer vir krag betaal, terwyllandelike en landbou-eenhede slegs’n 15%-kragverhoging sal hê.Die laags besoldigde groep wat

net 20 A gebruik, sal 1%minder virkrag betaal, terwyl gewone huis-houdings ’n prysstyging van 14%sal ervaar.Een van Eskom se groot proble-

me is diemeeste van sy kragopwek-kingsgeriewe is al oud en die onder-houd daarvan raak baie duur.Daarom bou hy vyf nuwe kragop-

wekkingsgeriewe. Twee sal steen-kool gebruik, een pompwater in laekragverbruiktye op en laat dit deurturbines afhardloop in hoëge-bruikstye.Die ander twee is herwinbare

energieparke: ’n sonkragpark byUpington en ’nwindkragpark indieWes-Kaap.

Eskom lig inoor hoër pryse

Anena Burger

TWEE verkragters is in die streek-hof op Upington onderskeidelik tot15 en 8 jaar tronkstraf gevonnis.Luidens ’n verklaring deur die po-

lisie het Piet van Wyk (56) verledejaar ’n 32-jarige vrou vanRaaswaterbuite haar woning verkrag. Hy is 15jaar tronkstraf opgelê.In ’n ander geval hetDemixoloFa-

ku (36) in 2010 ’n 20-jarige vrou voorhaar jong kinders verkrag. Hy is totagt jaar tronkstraf gevonnis, opge-skort vir drie jaar.

Twee gevonnis

Page 3: Kalahari Bulletin 29 November 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012 3

Lizette Slabber

ZITHOLELECONSULTINGenEskomhet van19 tot 21 November ’n reeks openbare vergade-ringsvanKurumantotKenhardtgehouomdieimpak van die beoogde sonparke en kraglynewatdie sonparkemetdieEskom-netwerkgaanverbind, onder die publiek se aandag te bring.Diedepartementvanenergiebeoogom ’nge-

konsentreerde sonpark (CSP) van 1 000 MWnet oos van die Eskom-CSP op te rig wat100 MWkanopwek.Abengoa seCSP is netwesvan die Eskom-CSP.Die Eskom-CSP en die departement van

energie seCSPsal teen 2016 inproduksiewees,maar die huidige kraglyne sal teen 2016 net ’nekstra 150 MW na die Eskom-netwerk kan af-voer. Daarom is dit nodig om een 400 kV-krag-lyn na die nuwe Nieuwehoop- (noordoos vanKenhardt) substasie te bou, sowel as twee400 kV-kraglyne na Aries (suidwes van Ken-hardt) en een 400 kV-kraglyn na Ferrum (Kat-hu).Daarbymoet ’nnuwesubstasie bydie son-parke gebou word waarvandaan krag na dieander substasie afgevoer sal word.Verskeie 132 kV-kraglyne sal die sonparke

met die sonpark-substasie en die Gordonia-substasie verbind.Zitholele Consulting is al van Oktober 2011

besig om die impak van die sonparke, substa-sies enkraglyneopdieomgewing,plantegroei,grond, diere- en voëllewe, water en mense teondersoek. Omdie impak so klein asmoontlikte hou het Zitholele Consulting en Eskom virelke 400 kV-kraglyn drie moontlike liggingsvoorgestel.Wanneeral die impakstudiesklaaris, sal dieposisiemetdiekleinste impakgekiesword.In dié reeks vergaderings het hulle die pu-

bliek se vrese en gevoelens rondom die son-kragprojekte getoets om in hul verslae in tesluit.Hulle het ook die publiek se mening oor die

beste ligging vir die kraglyne getoets. Dit salook in berekening gebringwordmet die finalebesluit oor waar die kraglyne sal wees.Teen Junie 2013 sal die finale ontwerpe vol-

tooi wees. Grondonderhandelinge behoortteen September 2014 afgehandel te wees waar-na bouwerk in Oktober 2014 sal begin en tweejaar later voltooi sal wees.

Vergaderings skep bewustheid

Lizette Slabber

DIE bou, instandhouding en bestuur van diesonparke, kraglyne en substasies kan ’n baiegroot impak op die voël- en dierelewe, mense,plantegroei, grond enwater vandie omgewinghê.In Zitholele Consulting se omgewingsim-

pakstudie wat van 19 to 21 November in ’nreeks openbare vergaderings bespreek is,word daar egter ’n reeks versagtende maat-reëls voorgestelwaaraanEskommoet voldoenom die impak te verklein.Van die probleme wat kan ontstaan tydens

die bou en bestuur van die kragtorings is dieverlies aan plantegroei en die blootlegging enkompaktering van grond.Volgens Warren Kok van Zitholele Consul-

ting is hulle bewus daarvan dat die grond indié omgewingbaie vlak is enbaieminnutriën-te bevat en dat plantegroei nie van nature salhervestig nie. Van die versagtende maatreëlswat hulle hiervoor voorstel, is om slegs plant-spesies teverwyderwat ’ngevaar inhouvirdieveiligheid van die kraglyne.Daarby is daar 23 soogdiere, 17 reptiele en

39 geleedpotiges geïdentifiseer wat in die om-

gewing woon. Van hulle is twee rooidata-spe-sies en is daar ook vier rooidata-plante wathier voorkom.Daar is ook 18 rooidata-voëlspe-sies (meestal roofvoëls) wat hier woon.Van al dié spesies sal voëls die meeste beïn-

vloed word. Voëls vlieg in die drade vas enworddoodgeskok.VolgensKokhetEskomspe-sifieke tegnologie wat voëls daarvan weerhouomindiedradevas tevliegenhethullevoorge-stel dat dit geïmplementeer sal word.Die impak van ’n groot aantal konstruksie-

werkers wat hierheen sal kom tydens die bouvandie kraglyne en sonparke opdieUpington-se mense, kan egter veel groter wees. Hul stu-dies het getoon dat buiten vir die groot drukopdiedorpse infrastruktuur, lei ’ngrootskaal-se toename in mense tot verhoogde misdaad-vlakke, afname in tradisionele waardes, dietoename in seksueel oordraagbare siektes endie verlies aan werkers.Kok sê: “In die verlede het ons gesienmense

los hul werk om by die nuwe projekte te gaanwerk. Ná ’n jaar of wat is die projek voltooi enbinne twee jaar is dié mense op welsyn.”Om die probleem op te los gaan hulle aanbe-

veel dat plaaslike mense aangestel word enslegs werklose mense.

Impak kan groot wees

DIE vyf gekonsentreerde sonparke (CSP) wat naby Upington gebou gaan word. Die Abengoa-CSP, die Eskom-CSP en die departementvan energie se CSP is in geel gemerk. Die toekomstige twee Eskom-CSP-terreine is al geïdentifiseer, maar sal eers later ’n werklikheidword. Grafika: Johan de Beer

Page 4: Kalahari Bulletin 29 November 2012

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

Geloofsankerhou jou positiefHOE gaan ’n mens al die negatiwi-teit kan hanteer?Elke leser van die koerant beleef

daagliks negatiewe dinge om hom.Hy hoor en lees van diefstal, vanmoord, van korrupsie.Hy beleef daagliks misdaad – net

in verskillende grade van verskrik-king.Wanneer jou ou baadjie uit diemotor gesteel word, is dit nie so ergnie.Maarwanneer joumotor se ruituitgeslaan word en jou skootreke-naar met jou selfoon, persoonlikekaarte en kamera gesteel word, isdit ’n perd van ’n ander kleur. Ofwanneer by jou huis ingebreekword en jou waardevolle besittingsgesteel word. Of as iemand wat jyken ’n onbesonne daad van diefstalpleeg, wonder jy wat het van diemens se waardes geword.Lesersneemgereeldvanmoord in

koerante kennis. Wanneer diemoord deur ’n onbekende in ’n an-derprovinsieplaasvind, raakdit joudalk nie so erg soos wanneer dit opjou eie dorp plaasvind met mensewat jy ken nie. Die hartseer wek ne-gatiewe gevoelens. ’n Mens lees enhoor ook van molestering of van ge-sinsgeweld en die skokkende nuuslaat jou in opstand kom.Danhangdaardaagliks ’nkorrup-

siewolk oor die land, oor die provin-sie en oor die dorp. ’n Mens neemkennis van belastinggeld wat so on-reëlmatig bestee word terwyl diens-te heeltemal stilstaan. Van tender-bedrog, van skelm transaksies wataangegaan is.Bestaan daar nog ’n begrip soos

waardes? Hoe kan ’nmens nog enig-sins positief bly? Net as jy aan ’nbaie sterk geloofsanker vashou.

Laat Kersfeesmensehul fokus regkry

André de Villiers

ELKE Kersfees is die kerke volge-pak. Die vraag is: waarom daardieeendag?WatdoenKersfeesmééromop daardie dag tot mense te spreek?Irenaeus was ’n Katolieke pries-

ter en het tussen 115 n.C. en 200 n.C.geleef. Hy was een van die belang-rikste teoloëvandievroeëkerk.Eenbaie bekende spreuk van hom was:The Glory of God is a human beingfullyalive.Hybeklemtoondatdit virGod om die mens gaan. Hy wou sêwanneer die mens sy volle potensi-aal ontwikkel, raak diewêreld opge-wondeoorGod se goedheid engroot-heid enwordHymeer geëer, kryHyal hoe meer die erkenning wat Homtoekom.WaaromisJesusgebore?Waarom

Kersfees?As ons die vraag vir Jesussou vra, wat sou Hy antwoord?In Matt. 11:28 – 30 nooi Hy Sy na-

volgers omnaHom te komenHy salhulle rus gee. Dit bedoel glad nie ’npassiwiteit nie. Die vertaling TheMessage stel dit pragtig: Matt. 11:28:Are you tired? Worn out? Burned outon religion? Come to me. Get awaywith me and you’ll recover your life.I’ll show you how to take a real rest.(29)Walk with me and work with me– watch how I do it. Learn the unfor-ced rhythms of grace. I won’t lay any-thing heavy or ill-fitting on you. (30)Keep company with me and you’ll le-arn to live freely and lightly.Jesus wil ons help om waarlik

“vry” te lewe; ditwil sê sonder sorgeen laste, sonder dingewat ons terug-hou, om die lewe ten volle te geniet.Ja, ons het ons verantwoordelikhe-de in die lewe, maar Jesus bedoelmeer die dinge wat ons innerlik in-hibeer.Daar is soveel dinge wat mense

verhinder om voluit te lewe. Ons

verlede verhinder ons.Ons skaamteverhinder ons. Ons kulturele erfe-nis verhinder ons. Sommige (ver-keerde) godsdienstige oortuigingsverhinder ons.Omdiemens tewordwatwaarlikvry is, het ons ’n algehe-le innerlike transformasie nodig.Weer uit The Message lees ons inRom. 2:4 – God is kind, but he’s notsoft. In kindness he takes us firmly bythe hand and leads us into a radicallife-change.Wat behels die lewensverande-

ring?Ek noem enkele moontlikhede:

. Geloofsvorming is ’n lewenslangereis saam met Jesus. Dit is nie net’n oornag-bekering nie. Ons veran-der daagliks.. Geloofsvorming is ’n proses vanradikale innerlike transformasiewat op diens aan die naaste uitloop.. Dit gaan oor ’n eerstehandse erva-ring van Jesus, om eerstehands byHom te leer. Dit gaan nie oor watboeke van Jesus sê nie, of selfs hoeander oor Hom getuig nie. Dit gaanoor ’n outentieke, persoonlike bele-wenis van Hom.. Onsmoet ’n nuwe lewensritme ennuwe gewoontes aanleer. Ons moetbreek met gewoontes wat ons ver-hinder om tyd met Jesus te bestee.. Dit is ’n lewenslange proses vanin-oefening. Dit is soos ’n atleet watbaie ure moet bestee om eindeliksukses tebehaal.Ditkomnieoornagnie.Mag die Kersfees my en jou weer

helpomte fokusopdie lewensveran-dering wat ons moet ondergaan asnavolgers van Jesus, die Koning,wat vir ons gebore is.

Hond se kind se toekoms berus nou by BelangriksteAnnerie Louw

“EK wil nie weer ’n hond hê nie,”was Dierbaarste se woorde toe onsweimaraner in September op 12-ja-rige ouderdom dood is.Seker omdat ons so lief vir haar

was en ons haar einde moeilik ver-werk. Ek hoor nou nog haar fyntjankgeluidjies wanneer sy wil uit-gaan of haar toonnaels trippel opdie teëlvloer wanneer sy kos soek.Nou het Meneer aan die begin

van November ’n hondjie by eenvan die leerlinge vir sy verjaardag

gekry. Die dierbaarste klein JackRussell-foxterrierdingetjie in witmet ’n swart ring om sy stert. Hoe-wel Meneer erg beïndruk met diehondjie was, het hy tuis oor die ge-volge gebrom. Nogtans het hy homFrodo gedoop en slaap die hondjieheerlik op sy skoot.Frodo het sedertdien die hele

huishouding omvergewerp. My

skoene kan ek nie meer uitskop endaar los nie, want sy skerp tandjiesmaak skade oral waar hy kou. Sogaanditmet elke dingwat hy op diegrond beetkry. Ek kyk nie meer te-levisie nie, maar vir Frodo dat hynie plassies in die huis maak nie.Met ons kuier in die Kalahari

Vrydagaand was Frodo saam on-danks Dierbaarste se teenkanting.Gelukkig het ek die Amsterdam-mers,Mooiste enBelangrikste, aanmykant gehad enkonFrodo se rooineusie van groot genot op Vanzyls-rus se rooi sandduin getuig.

Ek stem saam met Dierbaarstedat Frodo ons rondritsery na anderplekke sal demp, want óf hy moetby iemand agterbly, óf hy moetsaamgaan, ’n keuse wat weer sy eiegevolge het. Almal dink nie altyd ’nander mens se hondjie is so ouliknie. Veral as hy nog huismanieremoet leer.Natuurlik is Belangrikste se me-

ning ’n faktor. Behalwe dat hy haarrokkie geskeur het toe hy met syskerp tandjies daaraan gehang het,hou sy nogal van hom. Sy kan ooknie meer vir hom op die bank vlug

nie,wantmet sy skerpnaeltjies hyshy hom teen die bank op. As hy eg-ter eers bo is, lê hy doodstil langshaar asof hy weet hy is op verbodeterrein.Sy knor en sy blaf verskaf die

grootste vermaak. Hy blaf met syhele vet lyfie en niemand kan dieknor ernstig ag nie.Of hy in die Louws se huishou-

ding gaan bly, hang alles van Be-langrikste af. As sy vir Frodo wilhou, bly hy.Soos ek haar en Dierbaarste dop-

hou, gaan Frodo bly.

Waardeer diesteun, gebedePIETER GROVÉ, Kuruman:

EERSTENS, aan al die beken-des en onbekendes wat vir onsgebid het, en nog steeds bid, baiedankie. Aan my vrou, Dalene,ouma Kola en kinders, dankie virjul ondersteuning en bystand.Aan Gerrit en oom Swannie watDalene met die veiling sevoortbestaan help, dankie. Fanus,jou bystand die dag met dievonnis en daarna, baie dankie.Andries en Dorothy Kruger, julleis sterre. Hennie Booysen, as ekjou as persoon te na gekom het,vergewe my, asseblief, soos ek jouen almal vergewe het. Groete aanalmal wat my ken. Jesus is metmy. (Romeine 8:31-39)

IN die veld op Sans Souci Safari’s, Alec en Lynette Whitehead se plaas in die Kalahari waar Elizma Therononlangs getroud is. Foto: Stefan Louw

Groet hartseerná 31 jaarTOM VAN STADEN, Kuruman:

GRAAG wil ek en my vrou,Elize, almal in die gemeenskapwat ons lief en leed gedeel het,selfs skouers geskuur het, groeten bedank vir ’n leeftyd methoogte- en laagtepunte. Om ná 31jaar jou wortels uit te trek gaannie maklik wees nie, maaromstandighede het ons laatbesluit om aan te beweeg en ’nnuwe toekoms elders te begin.Om iemand spesiaal te bedank

gaan onregverdig wees. Daarom

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kortbriewe gegeewaarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigingsis nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adresbevat asook ’n telefoonnommerwaar die briefskrywerbedagsgekontak kanword. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berigverwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asookdie datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voorom briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat pere­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

volg ons die middeweg deur almalwat ons pad gekruis het tebedank. Nietemin wil ons graagaan die personeel, ouers en leer-linge van die Laerskool Kurumandankie sê. Julle was ongeloofliken die ondersteuning wat ons vanjulle ontvang het, sal ons nooitvergeet nie – maar koester.Ons verlaat Kuruman met ’n

seer hart. Dit ons wens om nie ’nformele of amptelike afskeidsge-leentheid te hê nie, omredeKuruman nooit uit ons hart engedagtes sal wees nie.Ons gebede vir die Laerskool

Kuruman en gemeenskap is datGod met julle sal wees en datdaar vir Kuruman ’n bloeitydperken vooruitgang sal wees. Onsgroet julle.

Dankie vir hulpDIANA, Kuruman:

NAMENS Herman en diekinders wil ek vir almal dankiesê wat op Maandag 19 Novemberverbete geveg het om ons huiste red. Al het ons ons huisverloor, het daar soveel mensena vore gekom en gehelp.Dankie vir almal wat gehelp hetdat ons weer ’n plek het om tebly, elke SMS, elke oproep, elkegebed, elke BBM. Dankie vir diedrukkies. Dit is lekker om teweet dat ons in so ’n omgee-gemeenskap bly.

Annerie Louw

SKRYWERS het nog drie weke oorom aan die skryfkompetisie van dieKalahari Bulletin deel te neem.Die kompetisie behels die skryf

van ’n gedig van ses versreëls metdie tema Kersfees. Die gedig moetoorspronklik wees en nie meer asses versreëls nie.Faks inskrywingsna053-712-0303,

e-pos dit na [email protected] of lewer die skryfwerk bydie kantoor van die Kalahari Bulle-tin in Hoofstraat af.Diewennerwen ’n hardeband-ek-

semplaar vanKuier in ’n Plaaskom-buis deur Nico Moolman (verkoop-prys: R239,95.)

KERS’WEES’FEESdeur Pieter de Bruyn

Is kersfees Kersfees?Of is kersfees Cristusfees ?Of is dit dalk Kers’wees’fees?Wie gaan almal by jou tuis wees?Is kersfees Kersfees of is dit Christus-fees?Maak Kersfees weer Christusfees an-ders bly jy wees!

Drie wekeom jou inte skryf

Page 5: Kalahari Bulletin 29 November 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012 5

Annerie Louw

PRAGTIGE blomme met kerslig hetgemeentelede en besoekers in die voor-portale van die kerk begroet. Die NGkerke, die Moedergemeente en Die Oog,het die afgelope Sondag hul gesamentlikeKerssangdiens gehou. Die pragtige sangvan verskillende groepe het die stampvolkerkgebou gevul. Ou gunsteling-liedere isafgestof en smaakvol musikaal aangebied.Die twee predikante van die gemeenteshet die sang met voorlesings afgewisselom saam met gemeentesang die geboortevan Jesus te herdenk.

Musiekbringkerkebyeen

ELMA VAN WYK begelei die Laerskool Seodin se junior koor. Die solis Kobus van Wyk het die jong stemme in die koor met sy pragtigestem aangevul. Foto’s: Annerie Louw

DIE kriptoneel is deur kinders in die Kinderkrans voorgestel onder dieleiding van Dalene van den Berg, Hesta Jonck en Annemarie Louw.

HENZEN DE KOK, koster van die NG Moe-dergemeente Kuruman, het vanjaar die blom-me vir die Kerssangdiens gedoen. De Kok sêhy is lief vir verskillende kunsvorme. “My mahet my vertel dat ek my eerste kunskompeti-sie in ’n tydskrif op 6-jarige ouderdom gewenhet”. Hoewel hy ’n rukkie saam met sy pa opMarchand geboer het, is hy in die gasvry-heidsbedryf bekwaam. Hy het ’n diploma inhotelbestuur en ’n kleinsakebestuursertifi-kaat waarmee hy onder meer in Durban,Kemptonpark en Upington gewerk het. Hy hetook ’n beradingsertifikaat verwerf. Sedert Ju-nie is hy ’n gelukkige Kurumaniet, want hy glo’n plek is wat jy daarvanmaak. HoekomKuru-man? “As gelowige laat ek my deur my Skep-per lei,” sê De Kok.

Page 6: Kalahari Bulletin 29 November 2012

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

DIE Juweeltjies van Klein Kunswerke-kunsuitstalling kan van Dinsdag 4 Desem-ber tot in Januarie in Maud’s Placebesigtig word.

Die uitstalling is samevattend van diekunstenaars wat in 2012 in Maud’s Placeuitgestal het.

Die lekker verskil is dat die meerderheidkunswerke A4-grootte en kleiner gaan weesen dus vir daardie besonderse aankope virKersfees die sak pas.

Van die kunstenaars gaan ook afdrukkeen kaartjies van hul werk daar hê.

Te siene gaan wees Jumari du Toit sebaie gesogte Royal Albert-fynporseleinkop-pies in raampies of net geblok, asook haarnuwe, klein, geraamde impressionistieselandskappies, uitgevoer met ’n paletmes.Kaartjies en afdrukke van haar skilderyeop geblokte hout gaan ook te siene enbeskikbaar wees.

A4- en A3-afdrukke en kaartjies vanRita Weber se groot, kleurryke skilderyevan kinders in verwondering wat diewêreld om hulle ondersoek en haarhelderkleurige bosse blomme gaan op dieuitstalling wees. Rita se tydlose skilderyeraak toenemend in die kunswêreld inaanvraag.

Foto-realisme is die genre waarinTerence Archibald sy kunswerk gestaltegee. Hy verbeeld die voëls en diere wat hyskilder met foutlose akkuraatheid in kleuren tekstuur wat sy kennis en begrip van syonderwerp en temas weerspieël.

Lida Eksteen se baie gewilde ekspres-sionistiese portretstudies en ander kuns-werke, soos haar klassieke landskappe inwaterverf wat haar veelsydigheid askunstenaar bevestig, word uitgestal.

Deon van Niekerk stal weer vir ons vansy pen-en-inksketse uit, asook sy kleurstu-

dies in pastelle of waterverf, waarin hy dieonderskeie aspekte van dié mediumsondersoek en die tydlose karakter van sygeliefde bome meesterlik op papier vas-vang.

Die illustratief geskilderde kerkies, ’ngenré wat ’n vinnig groeiende mark het,deur Nicolene Jordaan is ook te besigtig,asook skilderye van vrugte en aalwyneuitgevoer in haar meer klassieke styl vanskilder in ’n palet wat aan die ou meestersherinner.

’n Beperkte aantal van Dawn Evans segesogte keramiekblokke word uitgestal,asook miniature van haar abstrakteskilderytjies en klein blokkies skilderdoekwat gemonteer is op so ’n wyse dat dit ineen kunswerkie en ook kaartjie is.

Eugene Scheepers stal ’n klompie diversewerke uit. ’n Paar geraamde gesiggies,stillewes en ander besonderse temas, sowat20 cm groot, word uitgestal. Dan sal daarook kaartjies van sy werk beskikbaar wees,“van alles en nog wat” soos hy dit stel.

Carina Schneiders se uitbeelding van dieKalahari se kameeldoringbome en plante,in miniatuurkunswerkies, gaan beskikbaarwees in kleurryke skilderye in verf en ookin beperkte weergawes van handgekleurdeetse uitgevoer.

Amanda Reyneke van den Berg beeldhaar siening van die Kalahari ook in kleinweergawes van etse uit en maak gebruikvan verskillende palette en mediums omdie storie wat elke kunswerk vertelhandgeverf te voltooi.

Op Saterdag 8 Desember is dit spesiale-kortingdag. Maak gerus ’n draai enontmoet van die kunstenaars om ’n lekkerstorie saam met jou Kers-aankoop te kry.

Rig navrae aan Amanda Reyneke vanden Berg by 072-210-8640.

Talle juweeltjies opuitstalling te vind

SPEEL-SPEEL is een van die kunswerke wat op die Kersuitstalling in Maud’s Place besigtigkan word. Foto’s: Verskaf

PIEKNIEK OP DIE DUINE is nog een van die kunswerke wat op die Kersuitstalling besigtigkan word.

Page 7: Kalahari Bulletin 29 November 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012 9

VERSKEIE rekenaars, drukkers,modems, luidsprekers, program-me en elektriese kabels wat ver-moedelik gesteel is, is in Paballe-lo gevind.Konst. Derick Steenkamp en

sers. Linton Beerwinkel vandie Suid-Afrikaanse Polisie-diens (SAPD) in Paballelo hetdié groot voorraad rekenaar-toerusting gevind nadat hulleop inligting gereageer en ’nhuis in Ralawestraat deursoekhet.Die twee verdagtes (albei 25

jaar oud) het beweer die toerus-ting is daar omdat hulle dit her-stel.Geen bewyse kon egter gelewer

word om die bewerings te staafnie.Hulle is in hegtenis geneem vir

die besit vanvermoedelik gesteel-de eiendom enhet reeds in die hofverskyn.Die SAPD het op die toerusting

beslag gelê en een van die reke-naars is reeds positief deur die ei-enaar uitgeken.Dit het aan ’n laerskool in Pa-

ballelo behoort waar vroeër van-jaar ’n inbraak was.Enigiemand wat met die onder-

soek kan help, word versoek omdie SAPD in Paballelo of diespeurtak by 054-338-3960 te kon-tak.Ao. Wilna van den Heever on-

dersoek die saak en indien enigevan die rekenaars bekend lyk ofpositief uitgeken kan word, kansy by die speurtak gekontakword.Hier is ’n volledige lys van die

rekenaartoerusting wat by dieSAPD uitgeken kan word:Vier Proline-rekenaarskerms,

een Mecer-rekenaarskerm, eenPhillips-rekenaarskerm, een HP-

drukker, een Samsung-faksma-sjien, eenHPOffice JetAll inOne,een LG-sleutelbord, een Genis-skandeerder, een Acer-sleutel-bord, ses Math Blaster-CD’s (re-kenaarprogramme), twee Proli-ne-rekenaartorings, een groen

geverfde MSI-rekenaartoring,een Acer-rekenaartoring, eengroen Duxbury-modem, eenSmartlink-modem, een grys in-bord, 14 rekenaarluidsprekers,ses Auditek-luidsprekers, 17 re-kenaarmuise, een groen houer en

twee Roxpro-tablette.Voorts is daar een paar wit

krieketbeenskutte, een grys lyf-band, een bruin doos met reke-naarpunte, een drasak met reke-naarpunte en een wit emmer metrekenaarpunte.

DIE speurders van die Suid-Afri-kaanse Polisiediens (SAPD) in Pa-ballelo het die afgelope tyd verskeiesuksesse met sake gehad en vonnis-se is opgelê.. Sers. Enock Vundisa het negemaande lank ’n moordsaak onder-soek wat in Februarie 2009 nabyElectronic Enginering plaasgevindhet. ’n Sekuriteitswag is aangeranden is dood aan kopbeserings. Op 31Oktober is die beskuldigde, FloydBennet Bosman (23), tot vyf jaar ge-vangenisstraf vir poging tot roofmetverswarendeomstandighede en10 jaarvirmoordgevonnis.Die tweevonnisse sal samelopend uitgedienword..Ao. Pieter Venter het vonnisse opdrie van sy sake gekry.Op 13Augus-tus 2010 is ’n voetganger, FytjieBooysen (50), in ’n motorongeluk inKingstraat raakgery. Die bestuur-der van die voertuig het weggejaag,maar is later opgespoor. Die beskul-digde, Kasaga Mafuta (47), is vir sesdae gevangenisstraf gevonnis, opge-skortvir een jaarmet ’nR3 000-boeteof 12 maande gevangenisstraf..AbramRooi (60) is op 5 Septemberin die deurloop tussen GoldenCloud- en Brandstraat doodgesteek.Dit het gladnie gelyk asof diemoordweens ’n roof plaasgevind het nie.Die oorlede het nog R250 in sy beur-sie gehad, sy polshorlosie was nogaan sy arm en sy bergfiets het daarnaby gestaan. Ao. Pieter Venter hetvinnig drie verdagtes aangekeer.Die saak teen tweevandieverdagtesis teruggetrek endiebeskuldigdeCJDrawer (18) is tot ses jaar gevange-nisskap gevonnis. Dit is vir vyf jaaropgeskort.. Johanna Mienies (45) is op 15Maart 2012 deur Solomon Beukes(41) doodgesteek. Hy het haar eersgesteek en daarna homself om dit telaat lyk asof hulle gebaklei het. Hyis tot 15 jaar tronkstraf virmoordge-vonnis.

VonnisseopgelêKomken toerusting uit

SERS. LINTONBEERWINKEL (links) en konst. Derick Steenkamp by die rekenaartoerusting wat vermoede-lik gesteel is. Foto: Verskaf

Page 8: Kalahari Bulletin 29 November 2012

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

Anena Burger

“ONS sê: Sien jou weer, Es, maar nooit totsiens nie,” is die boodskap van ’n gemeenskapaan Esmaralda Barnes, lughawebestuurdervan die Internasionale Lughawe Upington.Barnes, wat verlede weekmet ’n swaar hart

en baie trane op die ACSA-veertjie-toeken-ningsgeleentheid haar personeel en lojalediensverskaffers gegroet het, sal geweldig ge-mis word.Sy het diep spore getrap in die bykans nege

jaar wat sy aan die lughawe in Upington ver-bonde was. Onder Barnes se vlerk is die Inter-nasionale Lughawe Upington herskep en totop internasionale peil gebring.Die vele projekte wat onder haar toesig en

insighierposgevathet, is ondermeerdieBoes-man-taalprojek wat haar na aan die hart lê.Vanjaar het ACSA aangekondig dat hy R1,5miljoengaanaanwendom ’n skool vir dieKho-mani-San op Upington op te rig. Die projek salinwerking komwanneer ’n terrein vir die bouvan die skool gekry kan word. Die geld wordnie aan die Khomani-San oorhandig nie.Die vliegtuig-parkeerprojek is nog ’n projek

wat in die toekoms volwaardige werkskep-pingsgeleenthede tot gevolg sal hê en is dit ook’n eerste vir Upington en Suid-Afrika. Die In-ternasionale Lughawe Upington het vanjaar’n prys as beste streeklughawe in Afrika ont-vang.Barnesseboodskapaandiegemeenskapvan

Upington was om die geleenthede wat hullevoordoen met al die groot ontwikkelings wattans en in die toekoms op die dorp plaasvindaan te gryp en die beste daarvan te maak.“Ek wil graag oor ’n jaar terugkom en sien

hoe goed dit met die mense van Upingtongaan,” het sy gesê.Daar is geen geheim aan haar liefde vir die

wêreld met sy rooi sand nie. “Toe ek hier aan-gekom het, is daar vir my gesê: ‘Jy huil as jyhier aankom, maar huil nog harder die dag asjy hier weggaan.’ Dit was die waarheid en ekgaan Upington en sy mense geweldig mis.”

Barnes laat diep spore

ESMARALDA BARNES, lughawe-bestuurder van die InternasionaleLughawe Upington, sê tot wedersiens. Barnes sal van 1 Desemberin haar nuwe pos as die bestuurder van die Internasionale LughaweBram Fischer in Bloemfontein intree. Barnes sal geweldig gemis wordop Upington en dit was op die Veertjie-toekenningsgeleentheid weerduidelik toe baie mense nie hul trane kon keer nie. Foto’s: Anena Burger

INDUSTROSERVE CLEANING het vanjaar tydens die negende AC-SA-veertjie-toekenningsgeleentheid ’n eerbewys ontvang vir voortdu-rende ondersteuning en uitmuntende dienslewering. Industroservehet ook tydens dieAirport ServiceQuality- (ASQ) onafhanklike kliënte-diensopnames ’n 4,8-uit-5-puntetelling ontvang. Van links is ChrisStrydom (Industroserve), JohanNiemand (Industroserve), EsmaraldaBarnes (ACSA), Lawrence Bosman (Industroserve) en André Ver-meulen (ACSA).

DIE negende ACSA-veertjie-toekenningsgeleentheid wasweer vanjaar ’n glansgeleent-heid enig in sy soort. Eerbe-wyse is aan diensverskafferstoegeken wie se dienslewe-ring vanjaar van uitstekendegehalte was. ACSA het ookvanjaar finansiële skenkingsgedoen aan instansies watdie ondersteuning nodig het.Hier word ’n tjek vanR150 000 aan die instansieMispa-kinderhuis oorhandig.Van links is Suzette Jansevan Rensburg van ACSA,Hester en Deon Nieuwoudtvan die Mispa-kinderhuis enAnna Scholtz van ACSA.

Page 9: Kalahari Bulletin 29 November 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012 11

Lei leerlinge in 2013DIE Laerskool Sentraal op Kakamas se nuwe leerlingraad vir 2013 is op ’n spesiale saalopeningsgeleentheid aangewys. Van links is, voor:Niel Becker, Mea Swart, Nina Ackerman, Shania Koortzen en Joline van Zyl; agter: Kyla Swiegers, Jeanne Dykman, Miké Bothma, MickeEngelbrecht, Leyellen Lodewyk, Carmi Rossouw en Franco Rossouw. Foto’s: Verskaf

DIE Laerskool Sen-traal op Kakamas hetsy trompoppieleiersvir hul werk in 2012vereer. Van links isMea Swart (hooflei-er), Marna van Wyk(hoofvlagleier), Yo-landi van den Heever(afrigter) en DanelleCrafford (hoofstok-leier).

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het aandié kinders eerbewyse vir hul Academix lees,toegeken. Hier is, voor: Karolien Nel; vanlinks, agter: Antoinette Lerm, Tersia Koortzen(rekenaaronderwyser) en Anneke Jordaan.Antoinette het die meeste woorde per minuutgelees: 410 woorde per minuut in Afrikaansop roete sewemet 100%-begrip en 380 woor-de per minuut in Engels op roete sewe met100%-begrip. Anneke het ’n eerbewys vir diehoogste vlak van lees in Afrikaans en Engelsontvang. Sy het 230woordeperminuut inAfri-kaans op roete agt met 90%-begrip gelees enin Engels 215 woorde per minuut op roete agtmet 80%-begrip. Karolien Nel is as die belo-wendste leser in gr. 2 aangewys. Sy lees 120woorde per minuut op gr. 2-vlak met100%-begrip.

DIELaerskool Sentraal opKakamashet Lara-Mari Geldenhuys (links) as sy senior rede-naar vir 2012 en Zandri Thirion as junior rede-naar vir 2012 aangewys.

Page 10: Kalahari Bulletin 29 November 2012

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

DIE Laerskool Oranje-Noord semusiekleerlinge het saam methul musiekonderwysers, EstherKühn en Ina Nel, ’n treffende mu-siekaand aangebied.

Van die kleinste beginners totdie gr. 7’s wat met trane in hul oëvan hul geliefde onderwysers af-skeid geneem het, het die gehoor

met pragtige musiek bekoor.Klavierduette is afgewissel

met pragtige blokfluit-ensem-bles. Van prettige liedjies soosPunch and Judy tot meesleuren-de klassieke treffers soos Phan-tom of the Opera het getuig vandie hoogstaande gehalte van mu-siek wat gehoor is.

Leerlinge bekoor opmusiekaand

VAN links is, voor: Sanri Fokkens, Simoné Lonte enMiaVisagie; agter:Esther Kühn.

DIÉ twee sussies het ’n slag met die blokfluit.Hulle is Marisa (links) en Louise Smit.

DIÉ gr. 7-musiekleerlinge het moeilik afskeid geneem. Van links is Connie Conradie, Hesna Theron en Chané Luttig.Foto’s: Amorine Strydom

AGTER die klavier is Johané Bo-tha (links) en Ina Nel.

HIER is Lisa van der Steen (links)en Ina Nel.

Page 11: Kalahari Bulletin 29 November 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012 13

LITTLE MIRACLESDAYCARE/Babies from 3months to 4 years. R650monthly. Phone Melanie073 342 7152.

VAKANSIE-KUNSKLASSE: Vir die watnie kunstig is nie. Was-kunsprente word gemaakmet Encautic-yster en bye-was. Geen ondervinding isnodig nie. Encautic Art-produkte word verkoop.Klasse vir almal vanaf 5 jaaroud. Verskeie kunsklasseword aangebied vanaf R60.Skakel Kay 083 254 3120.

AANDAG: ALLE GROOTMANS! Groot nommers inwinkel beskikbaar.

Kontantafslag gewaarborg.Specials vir die week!Uitgesoek vir die somer.Kortmouhemde - R100Kortbroeke - R150

The Nu-Shop, Palm Gate-sentrum, Hoofstraat, Kuru-

man.Tel. 053 712 1264.

ARIBA-SKADUNETTE:Vir die oprig van skadunettein enige vorm asookstaalafdakke, die maak vandiefwering enveiligheidshekke. SkakelZelda 079 941 5057.

CO

LU

MB

IA-9

-10-0

8-K

B-L

H

ColumbiaCarpets/Blinds

053 712 1961

053 712 2068

ELEKTRIESE HEININGS:Beveilig u eiendom. Vir pro-fessionele installasie, skakelFrancois 072 156 4035.

GORDONS SKOONMAAK-DIENSTE:Stoomskoonmaak vanmatte, banke en matrasse.Skakel Dot by 083 578 3977.

HEKMOTORHERSTEL en-installasie. Skakel Okker082 829 0292.

LAPAS: Bou en herstel vangrasdakke. Skakel Wynand079 595 6458 of Annette076 650 0618.

MacDonald Pool:November Spesials5x4 Pool R28 0006x4 Pool R30 0005x4 Pool+6x4 Lapa R40 0006x4 Pool+7x4 Lapa R44 000Call Brandon082 763 7991

Selfsorg WoonstelleParow Noord.KaapstadNaby Canalwalk Panora-ma Hosp. Leona083 339 6939

HILUX 2400, 1989, R28 500.Mazda B1600, 1994, R25 000.Phone Thinus 072 472 8686Schweizer-Reneke.

ISUZU KB 280, 1998,R29 500. Mazda 2.2, 1997,R29 500. Phone 072 472 8686.

ISUZU KB 280, 2000,D/Cab, R44 500. MahindraD/Cab, 2006, R39 500. Phone072 472 8686.

CARS WANTED FORCASH OR BAKKIES:Below R30 000. PhoneMuriel 082 068 0929.

CONQUEST 160, 1992,R15 500. BMW 318, 1992,R12 500. Phone Thinus inSchweizer-Reneke072 472 8686.

COROLLA 160, 1999:R36 500. 2001 Mazda 130:R29 900. Phone ThinusSchweizer-Reneke072 472 8686.

OPEL 1300, 1990: R13 500.1987 Nissan Langley 1500:R13 500. Phone ThinusSchweizer-Reneke072 472 8686.

SENTRA 1600, 1991,R21 500. Uno, 1999, R21 500.Phone Thinus 072 472 8686Schweizer-Reneke.

2-TON-ENKELAS-sleepwa.Kan deur bakkie of trekkergesleep word. R4 000. Nieop pad geregistreer nie.Toegeboude sleepwaentjie(soos Venter-sleepwaentjie),R4 500. Skakel 082 461 9002.

V-TEC TRAILERSSpesiale somerpryse op allesleepwaentjies en onderdele,deur V-Tec verskaf - 10%korting. Nuut op die mark.'The African Wagon CattleTrailer Range'. Het 'n 5-mm-hoofonderstel met alleekstras wat op sy soort watdaar gestel is om by te komvanaf V-Tec. 15% korting.Hobsonstraat 10, Kuruman.Skakel Louwrens083 310 0272.

V-TEC TRAILERS KURU-MAN: Verkoop van nuwetrailers. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasie-waentjies. Skakel Louwrens083 310 0272/053 712 1072.Hobsonsingel 10 Kuruman

HUIS TE HUUR/HOUSETO LET: R7 500 p.m. Wateren ligte ingesluit. Skakel082 082 5488.

EENMANWOONSTEL tehuur: R4 000 p.m. krag inge-sluit. Baie lekker sentraalgeleë. Skakel 084 800 7779.

BESIGHEIDSERF: 2 141vk m. Leonardstraat, Da-niëlskuil. 3-slk-huis,dubbelm/h, boorgatwater enmunisipale water. Heelwatvrugtebome. Skakel FrikkieMeiring 083 232 2439 ofGeorge Meiring 082 567 1511.

HOEWE TE KOOP: 1 840 vkm. Klaar onderverdeel vir 6woonstelle, werkende boor-gat, bestaande huis wat intwee woonstelle verdeel kanword. Prysonderhandelbaar. Virnavrae, skakel Karel082 651 2775.

EK HET 5TWEESLAAPKAMERstudentewoonstelle, tenvolle gemeubileer (beddens,stoof, yskas, mikrogolf, TV,wasmasjien, lessenaar, rus-bank, betaalkrag,onderdakparkering,tuimeldroër) met uitsteken-de sekuriteit in die Uniloft-blok. Loopafstand vanaf UV.Ek wil dit verkoop: R750 000elk. Skakel Andre Baden-horst 082 461 8544.

ADMIN-DAME BENODIG:Op soek na 'n betroubaredame tussen ouderdom 26 en32 met ondervinding in De-biteure en Krediteure. Sogou moontlik diens aan-vaar. Salarisonderhandelbaar. Faks ofe-pos CV met afskrif van IDna 053 712 2523 of [email protected].

INSTRUCTOR FOR drivinglicence needed. Code C1 andB. Phone Claudine's DrivingSchool 072 043 0258.

PRAKTIESE OPLEIDINGin die gasvryheidsbedryf ensjef. Hotelposte. Inwoningen toelaag. Skakel072 132 6094.

SECURITY GUARDSNEEDED with PSIRAgrades. Only men neede.Fax CV to 086 773 6409.

BLM Makhaleme

In the estate late of BLMMakhaleme of House 1378,Steve Biko Street,Boichoko, Postmasburg.

Estate number: 3423/2010The first and finalliquidation and distributionaccount in theabovementioned estate willbe open for inspection of allpersons with an interesttherein for a period of 21days from 30 November2012, at the office of the Mas-ter of the High Court, Kim-berley and the Magistrate,Postmasburg.KBVS ATTORNEYSPO Box 56551 Beare StreetKuruman8460

P.J. v/d Walt

In die boedel van wyle Pe-trus Jacob van der Walt,identiteitsnommer340612 5005 088.Boedelnommer: 1352/2012Alle persone wat vorderingshet teen bogemelde oorlede-ne en/of sy boedel, wordhiermee versoek om sodani-ge vorderings binne 'n tyd-perk van dertig (30) dae van-af publikasie by dieeksekutriese teondergemelde adres in tedien.AC VAN DER WALTPosbus 20194Noordbrug2522

I.M. Shuping

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyleItseeleng Moses Shuping,identiteitsnommer480322 5647 083, getroud bin-ne gemeenskap van goed,met nagelate eggenoteMosadiwakgang GeorginahShuping, identiteitsnommer530622 0816 082, woonagtig teHuis No AE14, Nanana Sek-sie, Batlharos, distrik Kuru-man.

Boedelnommer 710/2012Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwida-sie- en distribusierekeningin bogenoemde boedel ter in-sae lê by die kantoor van dieMeester van die Hooggeregs-hof te Kimberley en 'n af-skrif daarvan by die Land-droskantoor, Mothibistad,vir 'n tydperk van 21 (een entwintig) dae vanaf 30 No-vember 2012.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460

S.J.L. Swanepoel

In die boedel van wyle So-phia Johanna LodewikaSwanepoel, voorheen woon-agtig by Albuttstraat 15, Ku-ruman.

Boedelnommer: 3501/2010.Kennis word hiermee gegeedat die eerste en finale likwi-dasie- endistribusierekening in boge-melde boedel ter insae sal lêby die kantoor van die Mees-ter van die Hooggeregshof,Kimberley en die Landdros-kantoor, Kuruman, vir 'ntydperk van 21 (een en twin-tig) dae vanaf 29 November2012.JORDAAN & MANS ING

Prokureur vir EksekuteurPosbus 27Bearestraat 26Kuruman8460Tel. 053 712 1091

T.E. Sechogela

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyleTshadinyane ElsieSechogela,identiteitsnommer260210 0317 081, getroud bin-ne gemeenskap van goederemet Reboeng DangerSechogela,identiteitsnommer240404 5586 080, in lewe vanHuis No 40E, Gatshikedi,distrik Kuruman.

Boedelnommer: 3063/2012Skuldeisers en skuldenaarsin bogemelde boedel wordversoek om hul vordering inte lewer en hul skulde te be-taal by die kantore vanondergenoemde binne 30(DERTIG) dae vanaf 30 No-vember 2012.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Page 12: Kalahari Bulletin 29 November 2012

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

BETREKKINGS

Page 13: Kalahari Bulletin 29 November 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012 15

BETREKKINGS

Page 14: Kalahari Bulletin 29 November 2012

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

Page 15: Kalahari Bulletin 29 November 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012 19

Wen silwermedaljeJOLIZE SWANEPOEL, ’n leerling aandie Voorbereidingskool Fanie Malan,het ’n silwermedalje in die afdeling gr. 1tot gr. 3 op die STA-tennisakademie setennistoernooi vir beginners gewen. Sywas eerste in haar groep en het toemet3 – 2 teen Bernice Nel van Keimoesverloor. Sy is in gr. 2 en word deur dieANTA-tennisakademie afgerig.

Foto: Verskaf

CARLI BRAND is as die Laerskool Sentraalop Kakamas se beste meisiestennisspeler vir2012 aangewys. Frikkie van Tiddens is as diebeste seunstennisspeler aangewys. Van linksis Carli, Karlien van Schalkwyk (afrigter) enFrikkie. Foto: verskaf

VERSKEIE van die Kalahari-Giminas-gim-nastiekklub opUpington se gimnaste het aandie Sentrale sone-gimnastiekbyeenkoms inPretoria deelgeneem. Dié byeenkoms is slegsvirmans- en vroue-artistiekegimnastiek vanvlak een tot vlak drie.

Nege provinsies het deelgeneem en diegimnaste het volgens hul gemiddeld ’n goue,silwer- of bronsmedalje ontvang.

Op vlak een het die volgende gimnastedeelgeneem:

In die ouderdomsgroep sewe jaar en jongerwas Riana Oberholzer elfde. Sy het ’n gouemedalje ontvang en was vierde op die balk.ZiaKlaasenwas dertiende. Syhet ’n goueme-dalje ontvang en was vyfde met die spronge.

In die ouderdomsgroep agt jaar en jongerwas Ansuné Smit 25ste en het ’n silwerme-dalje ontvang.

In die ouderdomsgroep 10 jaar en ouer wasMonja Dippenaar vyftiende en het ’n goue

medalje ontvang. Theuns Theunissen was21ste en het ’n silwermedalje ontvang. Hywas eerste op die vloer.

Op vlak twee het die volgende gimnastedeelgeneem:

In die ouderdomsgroep sewe jaar en jongerwas Cornel Slabber 45ste en het ’n bronsme-dalje ontvang.

In die ouderdomsgroep agt jaar en jongerwasNadia Goussard 35ste en het ’n bronsme-dalje ontvang. Georgia Februarie was 40steen het ’n bronsmedalje ontvang.

In die ouderdomsgroep 12 en jonger wasErna Theunissen 23ste en het ’n silwerme-dalje ontvang. Sy was derde op die rekstok.

In die ouderdomsgroep 10 en jonger wasFranco du Plessis 26ste en het ’n silwerme-dalje ontvang.

Rig navrae aan Lanie van der Merweby 082-683-3563 of [email protected].

Giminas vereerVAN links is Zia Klaasen, Nadia Goussard, Cornel Slabber, Elmé Slabber, Arina van Wyk,Jana Olivier en Monya Dippenaar. Afwesig: Georgia Februarie. Foto: Lizette Slabber

VOOR is Anya Bruwer; van links, agter: Franco du Plessis, Riana Oberholzer, Erna Theunis-sen, Ansuné Smit en Theuns Theunissen. Foto: Cindy Theron

Page 16: Kalahari Bulletin 29 November 2012

20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

TIEN gimnaste van die Kala-hari-Giminas-gimnastiekklubop Upington het aan dieSuid-Afrikaanse kampioen-skappe in Pretoria gaan deel-neem.Gimnaste van nege provinsies

het die kampioenskappe byge-woon.Slegs die eerste drie plekke op

die apparate het medaljes ge-wen.Op vlak vier, tien jaar en jon-

ger, was Anya Bruwer 63ste van96 deelnemers.Minette Swartwas 87ste van 96

deelnemers.

Op vlak vier, 12 jaar en jonger,was Mari Slabber 36ste van 77deelnemers.Al-delene Grewar was 39ste

van 77 deelnemers.Op vlak vier, 18 jaar en jonger,

wasGitte Jonas 33ste van 36 deel-nemers en Almë Venter 31stevan 36 deelnemers.Op vlak vyf, 10 jaar en jonger,

wasBernedette vanZyl 38ste van43 deelnemers.Op vlak vyf, 18 jaar en jonger,

was Nianke van Blerk 35ste van40 deelnemers.Op vlak vyf, 14 jaar en jonger,

was Christof du Toit vyfde van18 deelne-mers.Hy was

tweede opdie vloer,tweede op

die rekstoken derde opdie ringe.Hendré

Louw was 13devan 18 deelne-

Hy was sesde op die brug en

Rig navrae aan Lanie vander Merwe by 082-683-3563 of

op lanievdmerwe@web-

Gimnaste sit beste voetjie voor

VAN links is Minette Swart, Bernedette van Zyl, Nianke van Blerk, Gitte Jonas, Al-delene Grewar, Mari Slabber,Almé Venter, Christof du Toit en Hendré Louw. Foto: Lizette Slabber

deelnemers. was Christof du Toit vyfde van18 deelne-

die vloer,tweede op

die rekstoken derde opdie ringe.Hendré

Louw was 13devan 18 deelne-

mers.Hy was sesde op die brug en

vyfde op die vloer.Rig navrae aan Lanie vander Merwe by 082-683-3563 of

op [email protected].

CHRISTOF DU TOIT hetuitsonderlik gepresteer.Op die Suid-Afrikaansekampioenskappe was hytweede op die vloer, twee-de op die rekstok en derdeop die ringe.

Foto: Cindy Theron

WEN

Skakel 051 407 7301 vir meer inligting.

Terme en voorwaardes geld

WEN

GEMEENSKAPSKOERANTE

Frontier InnDihlabeng

Community Trust

For OUR CHILDRENPROJECT

WINa

Chevrolet

Buy a ticket for only R20 and stand a chance to win aChevrolet Spark Lite worth R100 000.

Tickets available at all NGSS sub programmes:Free State Youth Care Centres, KMD offices and Aged care facilities in the Free State.

Contact 051 407 7301 for more information.

Terms and Conditions apply

To the benefit of theFree StateYouth Care Centres

(Engo Child and Youth Care)

Tickets are available at Engo sub programmes,Mimosa Mall info desk, Imperial GM Bloemfontein

and Frontier Inn and Casino in Bethlehem